South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 520

| Noteup | LawCite

S v Mdingi en Anders (A766/2010) [2011] ZAWCHC 520 (4 November 2011)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A766/2010

DATUM: 4 NOVEMBER 2011

In die saak tussen:

ANDILE MDINGI …......................................................................................1ste Appellant

ABDUL SHAMBO ….....................................................................................2de Appellant

MYATAZA ZWELENDABA ….......................................................................3de Appellant

en

DIE STAAT …...................................................................................................Respondent

U IT S P R A A K




FORTUIN, R:



Die appellante, die 31-jarige mnr Andile Mdingi, die 37-jarige mnr Abdul Tshambo en die 43-jarige Myataza Zwelendaba (hierna die eerste., tweede en derde appellante onderskeidelik) is op 19 Mei 2010 skuldig bevind aan vier aanklagte van roof met verswarende omstandighede; twee aanklagtes van poging tot moord; een aanklag van besit van 'n vuurwapen sonder lisensie en een aanklag van besit van onwettige ammunisie. Die appellante is effektiewelik gevonnis tot 35 jaar gevangenisstraf. Die bepalings van artikel 51 van die Strafprosesewet, 105 van 1997, was van toepassing op die vier aanklagtes van roof.



Die appellante het in die streekhof te Tulbagh aansoek gedoen om verlof tot appel teen beide skuldigbevinding en vonnis. Die aansoek was geweier en 'n petisie is na hierdie hof gerig waar verlof teen slegs vonnis toegestaan is.



Die besonderhede van die misdryf is in kort soos volg: Op of ongeveer 18 Februarie 2006 en te Gouda Hotel in Gouda, het die appellante om ongeveer tienuur die betrokke aand by die Gouda Hotel opgedaag waar mev Elizabeth Miles, die eienares van die hotel, haar twee seuns, haar bejaarde moeder, mev Croucamp, mev Whaley sowel as 'n gesinsvriend in die hotel teenwoordig was. Die hotel was nie gesluit nie, maar slegs met 'n hangslot van binne gehaak.



Een van die appellante het 'n vuurwapen gehad en hulle beveel om hulle besittings te oorhandig. Die 80-jarige mev Croucamp is tydens hierdie roof ernstig deur die appellante aangerand.



Die appellante is later dieselfde aand 'n klein entjie vanaf die hotel in 'n veld opgespoor. Die goedere wat uit die hotel geneem is, is by die appellante of in die onmiddellike omgewing gevind. Die appellante het deurgaans ontken dat hulle by die rooftog betrokke was. Die eerste appellant het beweer dat hy in die omgewing was omdat hy en 'n vriendin in die veld was vroeer die aand waar hulle geslagsgemeenskap gehad het. Die tweede appellant het aangevoer dat hy in die veld was omdat hy sy nood daar wou verlig, aangesien hy nie die hotel kon betree nie op grond van godsdienstige redes. Die derde appellant het aangevoer dat hy in 'n kafee was en toe hy uitkom, was sy motor weg en was daar chaos.



Soos vroeer vermeld, is verlof tot appel ten opsigte van die skuldigbevinding van die hand gewys. Die verhoorhof het bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig was en het gevolglik van die voorgeskrewe minimum vonnis ten opsigte van die roofklagtes afgewyk.



Dit is geykte reg dat 'n hof van appel slegs met die vonnis van 'n verhoorhof sal inmeng indien die vonnis wat opgele is so onredelik is dat dit gesien word as skokkend onvanpas, waar die verhoorhof se diskresie foutiewelik uitgevoer is of waar daar 'n mistasting ten opsigte van die reg of die feite begaan is.



By oorweging van die faktore wat ter sprake kom by vonnisoplegging, is ek van mening dat die verhoorlanddros die faktore ewewigtig beoordeel het.



Ek is verder oortuig dat die individuele vonnisse op elke
aanklag van elke beskuldigde gepas is.
Ek is in

ooreenstemming met die verhoorlanddros dat die feit dat die appellante vir 'n periode van vier jaar verhoorafwagtend was tot hulle voordeel in aanmerking geneem behoort te word.



Ek is egter van oordeel dat daar na die kumulatiewe effek van die vonnisse gekyk moes word. Dit is inderdaad so dat die kumulatiewe effek van die vonnisse ietwat skokkend is. Ek is van mening dat meer van die aanklagtes saamgeneem moes word vir doeleindes van vonnis en dat van die vonnisse samelopend uitgedien behoort te word. Ek is verder van mening dat dit nie enigsins inbreuk sal maak op die effektiwiteit van die vonnis in geheel nie.



In die omstandighede sou ek die appel teen die vonnis laat slaag en die vonnis vervang met die volgende:



Aanklagtes 2 en 3 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellante word gevonnis tot TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Aanklagtes 4 en 5 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant word gevonnis tot VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Vir doeleindes van vonnis word dit gelas dat die vonnis ten opsigte van klagtes 2, 3, 4 en 5 samelopend uitgedien word.

Op aanklag 6 word die appellante gevonnis tot TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Op aanklag 7 word die appellante gevonnis tot SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Aanklagtes 8 en 9 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellante word tot TWAALF (12) MAANDE GEVANGENISSTRAF gevonnis.

Vir die doeleindes van vonnis word dit gelas dat die
vonnisse opgele ten opsigte van klagte 6, 7, 8 en 9
samelopend uitgedien word.
Die appellant word gevolglik tot 'n effektiewe vonnis van 21 jaar gevangenisstraf gevonnis.


FORTUIN, R



Ek stem saam.

VAN STADEN, WnR

Dit word so beveel.

FORTUIN, R