South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 615

| Noteup | LawCite

Stellenberg v Scott (13367/2010) [2010] ZAWCHC 615 (9 December 2010)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WESKAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD)


Saaknommer: 13367/2010



In die saak tussen:

KARL STELLENBERG ….....................................................................................APPLIKANT

En

HERBERT SCOTT …..........................................................................................RESPONDENT



UITSPRAAK GELEWER OP DONDERDAG, 09 DESEMBER 2010



DLODLO, R

[1] Die Applikant doen hierin aansoek vir 'n bevel vir gevangenissetting van die Respondent op grond daarvan dat die laasgenoemde die Hofbevel uitgevaardig deur Regter Erasmus geminag het. Dit blyk uit die stukke dat op 22 Mei 2009 het die Rondgaande Hof te George 'n Tussentydse Bevel verleen ingevolge waarvan die Respondent, inter alia, gelas en beveel was om alle gelde wat hy namens die Applikant van kliente van die Applikant ingevorder het dadelik aan die laasgenoemde se regsverteenwoordigers te oorhandig. Die Tussentydse Bevel het ook die Respondent onder ander verbied om:

(i) Enige gelde te ontvang vanaf kliente en/of polishouers van die
Applikant;

(ii) Om op enige wyse in te meng met die werksaamhede van welke
aard ook al van die Applikant;

(iii) Op enige wyse die Applikant of sy verteenwoordigers te belaster en onwaarhede oor die Applikant te versprei en/of die Applikant se verteenwoordigers te dreig en/of aan te rand. Verder is dit duidelik dat die bogenoemde Tussenbevel op 24 Junie 2009 te Kaapstad bekragtig is. Die Applikant voer aan dat die Respondent wel die Tussentydse- asook die Finale Bevel verbreek het en dat hy gevolglik horn skuldig gemaak het aan minagting van die Hofbevel van Regter Erasmus. Mnr. Lotz en Mnr. Van der Schyff het onderskeidelik namens die Applikant en die Respondent verskyn.



[2] Ingevolge die Hofbevel moes die Respondent alle dokumentasie van die Applikant asook gelde wat deur hom ontvang is, oorhandig en oorbetaal aan die verteenwoordigers van die Applikant. Dit blyk egter dat geen gelde en/of dokumentasie deur die Respondent aan die Applikant oorbetaal en/of oorhandig is nie. As 'n mens aanhangsels "KS8" asook "KS9" tot die Funderende Eedsverklaring nagaan, blyk dit duidelik dat geen sodanige oorbetaling en/of oorhandiging plaasgevind het nie. Aanhangsel "KS10", 'n skrywe van "Prosperity Life" toon dat nieteenstaande die Hofbevel, die Respondent nog steeds voortgegaan het om kliente van die Applikant af te rokkel en oor te skrywe na "Prosperity Life". Die Eedsverklaring van ene Frikkie Geldenblom, Rosina Wildemans, Sarah Seconds, Rosie Ann Kees en Frendeline Stellenberg, laat dit blyk dat die Respondent verskeie kere die Tussentydse- asook die Finale Hofbevel verbreek het. Op 20 Mei 2010 het die Respondent volgens die stukke, die begramisboekie van ene Anna Wynand (een van die Applikant se kliente wat afgesterf het) bekom het en gepoog het om die begrafhis van die vrou deur 'n andesr onderneming te laat doen het. Uit die Respondent se eie Eedsverklaring blyk dit dat die Respondent te alle relevante tye bewus was en is van die onderskeie bevele en word dit nie deur horn in dispuut geplaas dat hy wel kennis gedra het van die onderskeie bevele soos deur Regter Erasmus verleen. Wat hierdie saak moeilik maak is dat ingevolge die Tussentydse Bevel asook die Finale Bevel, moes die Respondent alle dokumentasie en alle gelde wat hy in sy besit gehad het van die Applikant, aan die laasgenoemde oorhandig en oorbetaal, welke hy nie aangehoor gegee het nie, nieteenstaande die feit dat die Respondent in sy Opponerende Eedsverklaring erken het dat hy wel oor dokumentasie beskik het en dat hy gelde ontvang het van die Applikant se kliente.



[3] Dit is dus te verstane dat dit namens die Applikant uit die Funderende Eedsverklaring duidelik blyk dat die Respondent (in die verlede en ten minste tot so onlangs as die 20ste Mei 2010) nog steeds voortgaan om in te meng met die werksaamhede en kliente van die Applikant in die verbreking van die Hofbevele soos vroeer in hierdie Uitspraak gemeld word. Ter ondersteuning van sy betoog het Mnr. Lotz gebruik gemaak van die saak van Fakie NO vs CCII Systems (Ply) Ltd [2006] ZASCA 52; 2006 (4) SA 326 (SCA) en spesifiek die gedeelte van die uitspraak op bladsy 333 waar die volgende staan:

"[8] In the hands of a private party, the application for committal for contempt is a peculiar amalgam, for it is a civil proceeding that invokes a criminal sanction or its threat. And while the litigant seeking enforcement has a manifest private interest in securing compliance, the court grants enforcement also because of the broader public interest in obedience to its orders, since disregard sullies the authority of the courts and detracts from the rule of law.



[9] The test for when disobedience of a civil order constitutes contempt has come to be stated as whether the breach was commited 'deliberately and mala fide'. A deliberate disregard is not enough, since the non-complier may genuinely, albeit mistakenly, believe him or herslef entitled to act in the way claimed to constitute the contempt. In such a case, good faith avoids the infraction. Even a refusal to comply that is objectively unreasonable may be bona fide (though unreasonableness could evidence lack of good faith).


[10] These requirements that the refusal to obey should be both willful and mala fide, and that unreasanble non-compliance, provided it is bona fide, does not constitute contempt- accord with the broader definition of the crime, of which non­compliance with civil orders is a manifestation. They show that the offence is committed not by mere disregard of a court order, but by the deliberate and intentional violation of the court's dignity, repute or authority that this evinces. Honest belief that non-compliance is justified or proper is incompatible with that intent. " Mnr. Lotz het betoog dat die Applikant op die oorwig van waarskymlikheded aangetoon het dat die Respondent wel skuldig is aan 'n verbreking van die Hofbevel. In sy mening het die Applikant inderdaad aan die toets soos uiteengesit is in Fakie NO vs CCII Systems (Pty) Ltd supra voldoen. Mnr. Lotz het aan die hand gedoen dat sy klient (die Applikant) voldoen het aan die toets vir die aangevraagde regshulp en dat die aansoek met koste op die prokureur en klientskaal toegestaan behoort te word. Die Respondent aan die ander kant hou vol daarop dat die relevante paragraaf van die bevel nagekom is. Ter ondersteuning van hierdie standpunt word ek verwys na aanhangsel "KS9" van die stukke wat die skrywe is van Roux Prokureurs (Respondent se prokureurs) aan JR Reid and Associates (Applikant se prokureurs). Aanhangsel KS9" onder andere lees soos volg:

"U gemelde skrywe moet saam gelees word met u skrywe gedateeer 29 Julie 2009 in meer besonder die genommerde paragraaf 2 wat spesifiek handel met die lys wat hier ter sprake is. Die betrokke lys was reeds vanaf die aanvang van die hofverrrigtinge deel van u klient se saak en was ook dan aangeheg as aanhangsel "KS3" tot die Applikant se verwerende eedsverklaring. Ons bevestig dat alle dokumentasie wat in ons klient se besit was aan u oorhandig is en stem ons nie saam met u interpretasie van par. 1.2 van die hofbevel dat alle inligting beskikbaar gemaak moet word nie. Dit is ons submissie dat ons klient voldoen het aan die bepalings van die hofbevel. Dit is ook ons instruksie dat alle betalings wat aan u klient gemaak moes word inderdaad gemaak is. "



[4] Dit is so dat die Respondent ook aangevoer het day hy voldoen het aan die Hofbevel in sy Opponerende Eedsverklaring. Volgens Mnr. van der Schyff, die bostaande geskilpunt kom neer op "a disputed fact" wat uitsluitlik opgelos word deur middel van wat in Plascon- Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984 (3) 623 (AD) op 634 H-I beslis was. Volgens Mnr. van der Schyff het die Applikant se regsverteenwoordiger paragraaf 1.2 van die Hofbevel misverstaan en het ook verkeerdelik gesteun op Aanhangsel "KS10" wat, (volgens Mnr. van der Schyff), ontoelaatbare hoorse getuienis daarstel. Om hierdie laaste betoogpunt beter te verstaan moet 'n mens gaan kyk wat die inhoud is van aanhangsel "KS10". Hieronder gee ek sulke inhoud. "KS10" is 'n brief vanaf "Prosperity Life" gedateer 19 November 2009 en gerig aan Mnr. Karl Stellenberg wat soos volg lees:

"Dear Mr Stellenberg,

RE: HERBERT SCOTT: ID NO 6406255192083 The above named Mr Herbert Scott has been debarred in terms of section 14 (1) from Marketing Funeral Assistance Business, by the Financial Services Board as from 13th October, 2009, Properity Life, as a consequence of the debarment, has decided that Mr Herbert
Scott is forbidden to market any Prosperity Life products. The reason
for us only taking action on this date, and not at the time of his debarment, is that the incorrect ID number was supplied to us when perforing our checks on FSB website. The policies marketed by Scott was underwrittend by Properity Life as part of a group called SDL. and we were the underwriters from 1 June 2009 till the date mentioned above "

Die bostaande brief is onderteken deur die senior bestuurder van "Prosperity Life". Dit blyk dat Mnr. van der Schyff heg te veel betekenis aan die bostaande brief. Al wat "KS10" toon is dat die Respondent inderdaad kliente vir "Prosperity Life" geskryf het voordat hy deur die laasgenoemde maatskappy verbied was om hulle produkte te bemark.



[5] Mnr. van der Schyff het ook gehandel met die kwessie van die beweerde inmenging deur die Respondent met die Applikant se werksaamhede soos volg:

"...the Applicant avers that the Respondent is allegedly spreading untruths about the Applicant, Stellenberg and his wife. Not only is this unsubstantiated allegation denied by the Respondent, but the Court will also note that the Applicant has failed to set out any details as to how the Applicant's or persons were allegedly defamed."

Die Respondent in die Antwoordende stukke het nie beweer dat die bevel dubbelsinnig was en dat hy dit moontlik verkeerd verstaan het nie. Mnr. van der Schyff in sy betoog het ook nie betoog dat die Respondent moontlik die bevel verkeerd verstaan het nie. Op enige geval, die betekenis van die bevel kan nie betwyfel word nie. In die woorde van Trollip JA in Firestone South Africa (Pty) Ltd v GenticuroAG 1977 (4) SA 298 (A) te 304 D-F: "The basic principles applicable to construing documents also apply to the construction of a Court's judgment or order: the intention is to be ascertained primarily from the language of the judgment or order as construed according to the usual, well-known rules. See Garlick v Smartt and Another, 1928 A.D. 82 at p.87; West Rand Estates Ltd v New Zealand Insurance Co. Ltd. 1926 A.D. 173 at p. 188. thus, as in the case of a document, the judgment or order and the Court's reasons for giving it must be read as a whole in order to ascertain its intention. If, on such a reading, the meaning of the judgment or order is clear and unambigious, no extrincic fact or evidence is admissable to contradict, vary, qualify, or supplement it. " Bostaande uiteensetting moet egter met die kwalifikasie bevat in Administrator Cape and Another v Ntshwaqelo and Others 1990 (1) SA 705 (A) op 716 A-C wat soos volg lees:

"...[TJhe order with which a judgment concludes has a special function; it is the executive part of the judgment which defines what the Court requires to be done or not to be done, so that the defendant or respondent, or in some cases the world may know it. It may be said that the order must undoubtedly be read as part of the entire judgment and not as a separate document, but the Court's directions must be found in the order and not elsewhere. If meaning of an order is clear and unambiguous, it is decisive, and cannot be restricted or extended by anything else stated in the judgment. "



[6] In Fakie NO v CCII Systems (Pty) Ltd supra het die Hoogste Hof van Appel die sogenaamde '(Constitutional characterization of contempt of Court' onderstreep en het 'n slotsom bereik dat die bewyslas in hierdie verband soortgelyk is aan die strafbewyslas. Die Hof het die volgende verduideliking gegee:

'There are two principal reasons for this conclusion. The first is liberty: It is basic to our Constitution that a person should not be deprived of liberty, albeit only to constrain compliance with a court order, if reasonable doubt exists about the essentials. The second reason is coherence: It is practically difficult, and may be impossible, to disentangle the reasons why orders for committal for contempt are sought and why they are granted. In the end, whatever the applicant's motive, the court commits a contempt respondent to jail for rule of law reasons; and this high public purpose should be pursued only in the absence of reasonable doubt.' In die onderhawige saak is ek tevrede dat die Respondent die Hofbevel "deliberately and mala fide" geminag het. Hy was glad nie bereid om daaraan gehoor te gee nie. Die Respondent het homself skuldig gemaak aan die misdryf van minagting. Die kwessie van die koste moet soos normaalweg gehanteer word.



[7] BEVEL

Daar word soos volg gelas:

  1. Dat die Respondent daaraan skuldig is dat hy die Hofbevel soos deur Erasmus, R uitgevaardig is, geminag het.

  2. Die Respondent word ter Gevangenissetting vir dertig (30) dae verwys.

  3. Die Gevangenisstraf wat op (b) gemeld word, word derhalwe vir 'n periode van vyf (5) jaar opgeskort op voorwaarde dat die Respondent horn nie gedurende hierdie tydperk aan 'n minagting van enige Hofbevel sal skuldig maak nie.

  4. Die Respondent sal die Applikant se koste van hierdie aansoek op 'n skaal soos tussen prokureur en eie klient betaal.







DLODLO, R