South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2007 >> [2007] ZAWCHC 332

| Noteup | LawCite

S v Van Rooyen (SS.55/2007) [2007] ZAWCHC 332 (2 May 2008)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING, GEHOU

TE KNYSNA)



SAAKNOMMER: SS.55/2007

DATUM: 2 MEI 2008



In die saak tussen:

DIE STAAT

en

HEINRICH URWYLER VAN ROOYEN






UITSPRAAK




N C ERASMUS. R:



Die beskuldigde, Heinrich Urwyler van Rooyen, staan tereg op ses aanklagte. Die aanklagte is as volg:



Eerstens, onsedelike aanranding deurdat dit beweer word dat hy op 13 Oktober 2005 te of naby die St George's kerkgronde hier in Hoofstraat in Knysna, op 'n onsedelike wyse vir Jessica Caryl Wheeler aangerand het deur met haar

gemeenskap per anum te hou of ander onsedelike dade met haar te pleeg.



Tweedens, is hy aangekla van moord deurdat hy op dieselfde datum, tyd en plek, soos in aanklag 1, op 'n wederregtelike wyse die dood van Jessica Caryl Wheeler veroorsaak het deur haar gesig in die grond te druk en sodoende haar lugwee te blokkeer wat tot versmoring gelei het. Dit word ook beweer dat hy haar ander geweld aangedoen het. Die Staat het in die aanklag verwys na die bepalings van die Strafregwysigingswet wat voorsiening maak vir 'n minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf op hierdie aanklag, sou die beskuldigde skuldig bevind word.



Derdens, die verydeling of belemmering van die regspleging deurdat die beskuldigde op 'n tydperk tussen 10 en 13 November wederregtelik en met die opset om die verloop van die gereg te dwarsboom of te belemmer, handelinge verrig het deur vir Gabriel du Toit te versoek om 'n vals mededeling aan die polisie te maak en verder dat die beskuldigde 'n vals verklaring aan die polisie verskaf het om sodoende homself as 'n verdagte in die moord van Victoria Stadler uit te skakel en daardeur die polisie-ondersoek te belemmer of te verydel.

Vierdens, staan hy tereg op 'n aanklag van poging tot verkragting deurdat die Staat beweer dat hy op 10 November 2005 en in die omgewing van Hornlee wederregtelik en opsetlik gepoog het om met 'n vroue persoon, Victoria Stadler gemeenskap te hou sonder haar toestemming.



Vyfdens, is hy aangekla van moord op Victoria Stadler, dit sou plaasvind op 10 November 2005 in die omgewing van Hornlee deur haar te wurg, te slaan of ander geweld aan te doen. Dieselfde bepalings van die Strafregwysigingswet, soos van toepassing op aanklag 2, beweer die Staat is ook hier van toepassing.



Laastens, staan die beskuldigde tereg op 'n aanklag van opsetlike saakbeskadiging deurdat hy op 10 November 2005, na bewering wederregtelik en opsetlik die Volkswagen motorvoertuig van Victoria Stadler beskadig het deur dit aan die brand te steek met die opset om Victoria Stadler en haar eiendom te benadeel.



Beskuldigde het op al hierdie aanklagte onskuldig gepleit en 'n volledige pleitverduideliking is deur sy regspan aan die Hof voorgehou. Ek is van voornemens om net passasies daarvan in die rekord in te lees. Ten opsigte van die groep aanklagte met betrekking tot Jessica Wheeler het hy as volg voorgehou:

Hy het ontken dat hy Jessica Wheeler vermoor het of op enige wyse onsedelik aangerand het. Hy het erken dat hy op 12 Oktober en in die vroee oggendure van 13 Oktober 2005 van tyd tot tyd in Jessica se geselskap was. Hy het aangevoer dat hy en Jessica op 'n stadium vanaf die nagklub Stones na 'n plek gegaan het waar hulle gemeenskap met toestemming gehad het. Nadat hy na Stones en sy na Zanzibar onderskeidelik teruggekeer het, het hy met haar gepraat te Zanzibar; haar daar gelos en nie weer lewend gesien nie.



Met betrekking tot die aanklagte waar die oorledene Victoria Stadler betrokke is, het hy beweer dat hy Victoria Stadler reeds voor 10 November, dit is die aand wat sy vermis geraak het, ontmoet het.



Op daardie aand, 9/10 November, het hy en Vicky gedans,
gedrink en gevry. Vicky het aanhoudend vir horn drank
gekoop.
Later, nadat sy horn 'n geleentheid na Hornlee

aangebied het, het sy horn in haar motor gemasturbeer as gevolg waarvan hy ejakuleer het. Sy het horn in die vroee oggendure te Hornlee afgelaai en dit was die laaste keer wat hy haar gesien het.



Hy ontken enige geslagsgemeenskap of 'n poging daartoe, soos in die poging tot verkragting beweer. Hy ontken dat hy enigsins vir Gabriel du Toit versoek het of dat hy self valse verklarings aan die polisie gemaak het. Hy het ook enige aandadigheid aan die brand van die motor van Victoria Stadler ontken.



Die laatlente van die jaar 2005 was om verskeie redes dramaties vir die gemeenskap van Knysna. Nie net was die natuurskoon van die Tuinroete geruk deur ongekende ongure weersomstandighede nie, maar binne die bestek van 'n kort tydjie is drie jong mense wreed vermoor. Hierdie moorde was onderskeibaar van dit wat in die gewone loop van sake voorgekom het.



In die Hoofstraat van Knysna is daar twee gewilde kuierplekke feitlik regoor mekaar gelee. Dit is Stones en Zanzibar. Dit blyk dat veral die jeug gereeld daar gefuif het. Die patroon blyk te wees dat mense heen en weer oor die straat beweeg het tussen die twee klubs tot ongeveer twee-uur in die voormore.



Die beskuldigde was die platejoggie by Stones en was as sulks vriende of 'n kennis van die meeste besoekers daar. As 'n jarelange inwoner van Knysna en oudskolier aan die plaaslike skole, was die beskuldigde ook bekend aan die plaaslike inwoners.

Jessica Wheeler was 'n paar jaar jonger as die beskuldigde en het in die hospitaliteitsbedryf gewerk. Sy het die beskuldigde 'n tyd lank voor die gewraakte gebeure geken en dit blyk dat hulle by geleentheid mekaar se geselskap geniet het, soveel so dat die beskuldigde een aand in haar woonstel, wat sy met Mike de Jager gedeel het, oornag het.



Op die aand van 12 Oktober 2005 was die beskuldigde werksaam te Stones as platejoggie en het Jessica aldaar ontmoet. Hulle het gesellig verkeer en die indruk was dat hulle meer as net vriende was. Die twee, die beskuldigde en Jessica, het blykbaar ook die vorige aand daar gekuier en het James van Rooyen, geen verwantskap met die beskuldigde, maar bloot 'n kollega gevra om na die geslote kring televisie, sogenaamde CCTV opnames van die vorige aand te kyk ten einde hulle beskonkenheidstoestand te peil.



Kort na hulle aankoms het die beskuldigde en Jessica die klub verlaat, oenskynlik om na Zanzibar te gaan. Later het die beskuldigde alleen teruggekeer na Stones en na 'n rukkie alleen die klub verlaat. Jessica het inderdaad haar opwagting te Zanzibar gemaak. Sy het 'n tyd by die kroeg deurgebring en 'n gesprek met haar woonstelmaat De Jager gehad.

Ook teenwoordig te Zanzibar was Corrie Dickson en sy vriende. Hulle het die klub in die omgewing van kwart voor twee tot twee-uur verlaat waarna 'n stryery, wat by tye luidrugtig geraak het, ontstaan. Volgens Dickson en sy vriend Walter Daniel, is hulle kort na die stryery die dorp uit in die rigting van George. Ek sal later meer volledig na hierdie getuienis verwys.



Jessica het later na haar woonstel gegaan waar Mike de Jager en ander persone teenwoordig was. Sy het nie lank daar vertoef voordat sy weer na buite is nie. Sy het haar handsak geneem maar haar woonstelsleutels agtergelaat asof sy nie lank sou wees waarheen sy ook al op pad was nie. Kort voor dit, net voor twee, het De Jager Zanzibar verlaat om na sy woonstel te gaan. Dit is nie langer as vyf minute se looptyd weg nie. Jessica moes horn kort daarna volg, want hy het nie eens genoeg tyd gehad om tee of koffie te maak voordat sy opgedaag het nie. Dit wil se dat Jessica die woonstel kort na twee-uur moes verlaat het.



Kobus Minnie is woonagtig te George. Hy het op die aand 'n 414 tot 5 ton vragmotor bestuur waarmee hy broodaflewerings gedoen het. Volgens horn verlaat hy George ongeveer eenuur en was in die hoofstraat van Knysna tussen twee en drie in die oggend. Net nadat hy weggetrek het van 'n verkeerslig by 'n kruising in die omgewing van Stones en Zanzibar, het hy die toneel van die St George's Anglikaanse Kerk genader. Die kerk is reg langsaan die woonstelkompleks waarin Jessica woonagtig was. Die perseel is omring met 'n lae muur, waarvan die voorste hoek effens verder vorentoe gelee is as die woonstelgebou waarin Wheeler se woonstel was. Die hoek is verlig deur die normale straatligte van die hoofstraat tesame met 'n spreilig wat daarop skyn.



Volgens Minnie het hy die eerste keer toe hy die muurtjie nader, 'n man en 'n vrou daar gesien. Die man het gesit en die dame het ongeveer vyf meter van horn gestaan. Hy het na hulle gekyk en toe regs gedraai uit die hoofstraat. Na 'n draai om twee blokke, het hy weer die hoofstraat genader teen 'n 90° hoek. Dit moet bygevoeg word dat dit by dieselfde verkeerslig is as wat hy vroeer gestop het, net uit 'n ander rigting. Hy het weer regs gedraai en verby die twee persone gery. Hulle was steeds op dieselfde plek in gesprek met mekaar en beide het gerook.



Nadat Minnie die paartjie verbygesteek het, het hy 'n kaalkop middeljarige man van ongeveer 50 jaar oud opgemerk wat in die rigting van die paartjie geloop het. Minnie beskryf die man op die muur as een met 'n langerige ken, ge-wave-de hare, wat later blyk sy beskrywing van styf gevlegte hare te wees, geklee in 'n swart broek met 'n rooi bostuk. Die dame was geklee in 'n blou jean met 'n swart toppie wat 'n stukkie van haar maag of rug gewys het.



Nadat hy die observasies, soos hy beskryf, gemaak het, is hy vort na Hornlee, 'n voorstad van Knysna, om verdere aflewerings te doen.



Samantha Wright, wat in die omgewing van die woonstel van Wheeler woon, het die nag ongeveer twee-uur 'n meisie hoor skree en 'n slag gehoor. Met inagneming van die tyd, waarvan sy baie seker is, kan dit nie 'n verwysing na die aanval op Jessica Wheeler wees nie en ek gaan dus nie verder met haar getuienis handel nie.



Teresa Barlow, wat in 'n eerstevloerwoonstel skuins oorkant die kerkgronde woon, is die nag wakker gemaak van 'n geraas uit die rigting van Stones. Sy plaas die tyd om ongeveer twee-uur en dit blyk, volgens haar, dat die voorval vir 'n geruime tyd aangehou het want sy strek dit tot drie-uur in die voormore. Die vrouestem het woorde tot die volgende effek geuiter: "Fuck off and leave me alone".

Gedurende die loop van die argument, het die stemme nader aan haar beweeg en uit die res van die gesprek het dit geklink of daar vroeer 'n vertrouensbreuk tussen die partye was.



Ek is oortuig in die lig van al die getuienis wat hierna volg dat sy moontlik na die voorval van Dickson en sy vriendinne verwys het.



Jako Kiewiets is 'n karwag wat die nag diens gedoen het in die Hoofstraat van Knysna. Hy is as verdedigingsgetuie geroep.



Vanaf ongeveer middernag was hy in die omgewing van Stones en Zanzibar en hy bevestig die stryery van Dickson en sy vriende. Volgens hom het Dickson en Daniel die twee dames wat saam met hulle was in die straat, dit wil se in die dorp, agtergelaat. Na ongeveer vyftien minute het hulle teruggekeer en hy het later vasgestel dat hulle agter Zanzibar parkeer het. Dit is nou Dickson en Daniel.



Ongeveer twintig voor drie die oggend, het Kiewiets na die Suid-Afrikaanse Polisie se aanklagkantoor beweeg om die tyd vas te stel. Met sy terugkeer in die rigting van Stones, het hy opgemerk hoe 'n kaalkopman, wat hy as Dickson identifiseer, met 'n vrou naby die kerkhof staan. Daniel het hy glad nie in daardie omgewing gewaar nie.

Kruisondervraging van hierdie getuie het aan die lig gebring dat sy geloofwaardigheid ernstig in twyfel getrek behoort te word.



Dit was gemene saak vroeer in die verhoor deurdat sekere getuienis nie betwis is nie, dat die dames wat Dickson vroeer vergesel het, ten minste die een, saam met Dickson en Daniel die dorp verlaat het. Eers in kruisondervraging plaas Kiewiets die kaalkopman en vrou binne-in die kerkgronde. Hy het besonder kleigetrap om die staatsadvokaat se vrae te antwoord oor hoekom hy dit uitgelaat het.



Sy getuienis in hierdie hof is dat hy glad nie die vrou se kleredrag kon beskryf nie. Dit is in direkte teenstelling met getuienis wat in 'n polisieverklaring in die borgaansoek van die beskuldigde en aan 'n poligrafis verskaf is. Hy het homself by geleentheid vrywilliglik aan 'n poligraaftoets onderwerp, waar hy vollediglik die kleredrag van die vrou by die kaalkopman beskryf het.



In sy polisieverklaring, welke verklaring hy nou ook ontken, plaas hy beide Daniel en Dickson in die kerkhof, wat strook met sy mededelings aan die poligrafis. Sy pogings om hierdie duidelike weersprekings te verduidelik, was onoortuigend. Dit was opmerklik dat die getuie - en so het ek waargeneem en die rekord dui dit aan - toe hy met teenstrydighede gekonfronteer is, uitermatig begin sweet het. Sy getuienis in hierdie hof verskil lynreg met dit wat 'n privaatspeurder in die beskuldigde se borgaansoek getuig het oor wat Kiewiets sou kom getuig.



Ek ag dit dus nodig om op hierdie stadium, soos beloof, terug te keer na Dickson, Daniel en hul beweerde teenwoordigheid in die kerkhof of op die sypaadjie direk daarvoor.



Hulle het getuig dat nadat hulle Stones en Zanzibar verlaat
het, hulle nie weer daardie nag na die dorp teruggekeer het
nie.
Ter stawing hiervan is die getuienis van Claudia

Burmeister aangebied. Dit is reeds vroeg deur die

verdediging gesuggereer dat op grond van die getuienis van Kiewiets, hul (Dickson en Daniel) teruggekeer het en in a 11 e waarskynlikheid die moordenaars van Jessica Wheeler was.



Die volgende kan gese word oor die meriete van hierdie submissie: Claudia Burmeister, Dickson, Daniel en Heloise Botha het getuig dat Claudia hulle vergesel het uit die dorp na die stryery. Dit is nooit in kruisondervraging betwis nie. Die getuie was aan deurtastende kruisondervraging onderwerp en het 'n goeie indruk op die Hof gemaak. Die aanvalle op hul geloofwaardigheid is bloot geskoei op die getuienis van Kiewiets. Kiewiets se getuienis, na ons mening, gaan mank aan geloofwaardigheid en behoort nie op peil getrek te word behalwe waar daar onafhanklike stawing is of dit deur die objektiewe feite ondersteun word nie.



Andrew Johnstone het die volgende dag opgemerk dat Jessica horn 'n SMS probeer stuur het om 02:28. Mike de Jager het 'n SMS na Jessica se selfoon om 02:59 gestuur om haar in te lig dat hy die deur van die woonstel vir haar sou ooplos. Hierdie SMS is nie afgelewer nie. Dit blyk dat die selfoon reeds op daardie stadium beskadig was. Dit moes dus tussen 02:28:53 en 02:59:45 gebeur het. Die waarskynlikhede dui daarop dat dit ongeveer 02:28:57 of kort daarna moes wees wat haar selfoon buite aksie gestel is, aangesien die afleweringsboodskap wat toe gestuur is deur Johnstone se selfoon onafgelewer teruggegaan het.



Daar is gesuggereer dat Jessica 'n SMS gestuur het net voor sy die woonstel verlaat het. Haar selfoonrekords dui geen sodanige SMS aan nie. Haar laaste selfoonaktiwiteit voor die Johnstone SMS was 'n selfoonoproep om 00:50:52, dit wil se ongeveer net minder as nege minute voor een die oggend aan ene Gerhard Koekemoer met wie sy die voorafgaande twee ure konstant en verskeie kere selfoonkontak gehad het. Die beskuldigde se selfoon was afgeskakel tussen 20:17:13, dit wil se 17 minute oor agt op die aand van 12 Oktober, tot 03:31:40 sekondes op die oggend van 13 Oktober. Dit het geblyk dat daar nie met sekerheid gese kan word uit hoofde van die selfoonrekords alleen in watter gebied die beskuldigde horn bevind het nie aangesien beide sy ouerhuis en die middedorp gediens word deur dieselfde selfoontoring.



Louis Kleinhans was gedurende Oktober 2005 haweloos. Hy het vroegoggend van 13 Oktober 2005 deur die kerkgronde geloop en die lyk van die Jessica gewaar, waarna hy die polisie ontbied het.



Konstabel Keva het op die Kleinhans rapport gereageer en omstreeks 06:35 in die kerkgronde aangekom. Jessica, nou reeds oorlede, het op haar rug gele met haar jeans uitgetrek en oor haar gesig gegooi. Haar skoene het 'n entjie van die lyk gele en sy het slegs een sokkie aangehad. Haar gesig het kneusmerke getoon met grond daarop en naby die liggaam het 'n gebreekte stomp gele. Sy was verder geklee in 'n swart g-string, welke g-string as Bewysstuk 3 voor die Hof ingedien is, waarna ek later weer sal verwys.



Daar was versteurings in 'n blombedding wat aanduidend kan
wees van 'n struweling.
Die forensiese eenheid het
sigaretstompies en die handsak met die inhoud daarvan wat Jessica se selfoon ingesluit het, gevind.



Terwyl die polisie op die toneel doenig was, het Minnie weer verby die kerkgronde beweeg en die gebeure waargeneem. Hy het gestop en die polisie vertel wat hy die vorige nag, vroeer daardie dag, gesien het. Sy besonderhede is agtergelaat en gevolglik kon die polisie horn later kontak om by die verhoor te getuig.



Die verdediging voer aan dat die getuienis van Minnie "absurd" en "gebrekkig" is, en mank gaan aan geloofwaardigheid (my vertaling). Dit is insiggewend dat daar nie geargumenteer word dat die getuienis slegs onbetroubaar is nie. Mnr Price in sy betoogshoofde stel dit as volg:



"In the case of Minnie it is respectfully submitted that he did not make a honest mistake, but he deliberately mislead - ek neem aan dit moet wees misled - the Court and tried to convinced the Court that he was able to identify the person that he fleetingly saw at night in the early hours of the morning as Heinrich van Rooyen."

Daar word aangevoer dat Minnie die beskuldigde net aan sy hare ge'identifiseer het. Hierdie submissie strook nie met die totaliteit van die getuienis nie. Volgens Minnie het die hare horn opgeval. Hy het die persone reeds gesien toe hy die eerste keer vertrek het van die verkeerslig net na Stones teen 'n stadige spoed. Die twee persone sou so skuins voor horn wees. Hy het daarna tussen 15 en 20 meter van hulle, terwyl die toneel belig was, verby beweeg terwyl hy na hulle kyk. Hy het hulle kleredrag beskryf sowel as liggaamseienskappe van die persoon wat hy se die beskuldigde is.



Mnr Minnie was aanvanklik huiwerig - en te verstane - oor die beweegrede dat hy meer aandag as normaal aan die paartjie sou gee. Die rede vir sy belangstelling kan in sommige kringe as rassisties beskryf word. Hierdie Hof sal egter naief wees om nie te aanvaar dat dit daagliks nog gebeur dat paartjies vanoor die kleurgrens heen steeds aandag trek nie. Dit is derhalwe na ons mening nie 'n feit wat afbreuk doen aan Minnie se geloofwaardigheid nie, maar dit sou inteendeel vreemd wees as Minnie, met sy agtergrond en ouderdom, dit bloot as normaal afgemaak het.



Veel gewag is gemaak oor die sogenaamde fotoparade, waar Minnie die beskuldigde op foto's aan die polisie uitgewys het. Die gewig wat geheg word aan sodanige identifikasie kan slegs minimaal wees en ons waak daarteen om gewig te heg aan getuienis wat voortgebring is as gevolg van hierdie onbevredigende praktyke.



Dit is insiggewend dat die aanval op Minnie - of so is dit aan horn gestel toe hy getuig het - nie was dat hy die Hof doelbewus mislei het nie, maar dat hy 'n eerlike fout gemaak het. Mnr Price het die volgende aan Minnie gestel:



"Ek wil dit aan u stel, mnr Minnie, dat ek se nie u is kwaadwillig nie, u moet my mooi verstaan, maar ek se u maak 'n groot fout want die beskuldigde ontken dat hy op daardie aand, dit is nou die vroeg oggendure van 13 Oktober, op daardie muur met enige blanke vrou of for that matter kleurlingvrou gesit het. U maak 'n fout."



Die trant van die kruisondervraging was nie dat Minnie, soos in
die betoogshoofde voorgehou word, doelbewus die Hof mislei
het nie. Na ons mening, (onhoorbaar, onderbreking in
opname) as gevolg van die feite dat Minnie 'n goeie en
geloofwaardige indruk op die Hof gemaak het. (Onhoorbaar)
ooglopend mank gaan (onhoorbaar).
Ondanks die

ongelukkige ommeswaai van benadering van die verdediging bly dit steeds die taak van hierdie Hof om die betroubaarheid van Minnie se observasies te bepaal.



Alhoewel ons glo dat hy geloofwaardig is, is dit nie 'n outomatiese gevolg dat sy identifikasie betroubaar was nie. Ek sal later na hierdie aspek terugkeer.



Dr Mariette Hurst het die nadoodse geneeskundige ondersoek op die liggaam van Jessica Wheeler gedoen en 'n aantal monsters vir forensiese ontleding versamel. Haar primere bevindinge kan as volg opgesom word: Daar was grond teenwoordig op Jessica se gesig en in haar mond en farinks. Sy het veelvuldige verspreide skaafwonde sowel as twee skeure aan die voorkant van die anus wat 0,75cm in grootte gemeet het, gehad.



Hurst het bloed vir DNA-analise en die bepaling van alkoholvlakke geneem. Monsters is versamel onder die naels, die anus, intern in die rektum en vaginaal deur middel van deppers. Dit was opvallend dat die juweliersware van die oorledene steeds aan haar liggaam was. Hurst het aan die hand van haar ervaring afgelei dat Jessica versmoor en gesodomeer is. Volgens haar is dit onmoontlik om te bepaal of die geslagsdaad en moord gelyktydig gepleeg was en in watter volgorde. Sy sluit ook die moontlikheid van hardlywigheid as die oorsaak van die skeure aan die anus uit as gevolg van die feit dat hardlywigheidskeure nie normaalweg van die vel en buite die anus gevind word, soos hier nie. Daar was geen inflamasie of rooiheid waargeneem rondom die skeure nie. Dit suggereer, volgens haar, dat die beserings kort voor die dood of daarna toegedien is, want volgens Hurst, "within four hours even less, we will start seeing redness, maybe half to an hour or an hour we start seeing the redness".



Dit is nie in geskil dat die rektale depper en die depper van een hand 'n resultaat gelewer het wat die beskuldigde se genetiese materiaal daarop aandui nie.



Mnr Price het aan dr Hurst gesuggereer dat die seminale vloeistof van die beskuldigde glad nie rektaal deponeer was nie, maar dat dit daar kon inloop tewete deur die anus tot in die rektum. Hierdie moontlikheid is deur dr Hurst ontken. Mnr Price het wyslik in sy betoogshoofde toegegee dat die inloopteorie nie 'n basis het nie. Dit is nooit aan dr Hurst gestel of enige suggestie gemaak dat die volgorde van die neem van die monsters onskuldige kontaminasie kan veroorsaak nie. Die getuienis dat die depper wat intern rektaal gebruik is, materiaal van slegs daar sou voortbring, is nooit betwis nie.

Mnr Price voer nou aan in sy betoogshoofde, wat deur advokaat Joubert aan die Hof voorgehou is, dat die volgorde van die neem van die monsters die mees belangrike vraag in die hele verhoor is. Die suggestie val vreemd op. Wat dit nog vreemder maak is dat die beskuldigde in sy getuienis in hoof by implikasie nie anale penetrasie uitgesluit het nie. Vir die toppunt van hierdie betoe, word daar gepoog om op grond van 'n verklaring wat nie getuienis voor die Hof is nie, die hardlywigheidsteorie te bevorder. Na ons mening is daar geen meriete daarin nie.



Charmaine van Schalkwyk is werksaam by die forensiese laboratorium van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Sy het die monsters wat deur dr Hurst geneem is ontvang en geprosesseer. Daar is, onder andere, vermoedelike semen op die g-string van Jessica Wheeler gevind. 'n Lang debat het plaasgevind oor of dit voor of waar op die g-string was. Sy beskryf die gedeelte as die voorkant van die g-string, dit wat nie deur die tou gedek is nie. Ek het in voorbereiding van die uitspraak die bewysstuk gaan trek en vasgestel waar die gedeelte is wat uitgeknip is waar die semen gevind is. Om dit as voor op die g-string te beskryf, kan misleidend wees. Dit is die gedeelte net waar die toutjie begin wat die geslagsdele van die vroulike persoon wat dit dra, sal bedek.

Sharlene Otto, wat die analise van die bewysstukke gedoen het, het bevestig dat die semen op die G-string en die depper wat rekto-anaal gedoen is, DNA-materiaal bevat wat van die beskuldigde afkomstig is. Die naeldepper toon aansienlike hoeveelhede van die beskuldigde se weefsel. Dit is haar mening dat die hoeveelheid weefsel onder die vingernaels van Jessica sodanig was dat die krap wat dit opgelewer het, pynlik moes wees en dalk snymerke, maar ten minste die breek van die vel moes veroorsaak.



Dit is verder onwaarskynlik, volgens dr Hurst, dat Jessica haar hande of rektale gedeelte gewas het tussen die deponering van die DNA en haar dood, anders sou dit na alle waarskynlikheid vernietig gewees het.



Die oggend, na die moord op Jessica Wheeler, is daar krapmerke op die beskuldigde se rug opgemerk deur Nadia Nel. Die beskuldigde het ook later die dag gehuil omdat 'n vriendin van horn gesterf het. 'n Dag of wat later het James van Rooyen, na wie ek vroeer verwys het, met die beskuldigde gesels by Stones. Die beskuldigde het hartseer voorgekom en sy spyt uitgespreek omdat hy nie daar was by Jessica toe dit gebeur het nie. Volgens James, het die beskuldigde toe aangedui dat sy pa horn die aand van die voorval in die dorp kom haal het. Dit is deur die verdediging betwis.

Die moord op Jessica Wheeler het die gemeenskap tot so 'n mate geruk dat privaatspeurders aangestel is om 'n ondersoek parallel tot die polisie-ondersoek te doen. Mnr Darryl Els en mnr Christian Botha het na bewering opdrag van 'n sakeman wat, so word ek meegedeel, anoniem wil bly, ontvang vir die ondersoek.



Op 9 November 2005 het mnr Els by Stones aangedoen en die beskuldigde oor die moord op Jessica Wheeler en die omstandighede daar rondom ondervra. Meer hieroor later. Dit was toevallig dieselfde dag wat Vicky Stadler by Stones aangedoen het. Sy het ongeveer 'n week voor haar dood, wat plaasgevind het op 10 November, haar intrek op Knysna geneem. Sy was aan huis by Gabriel du Toit met wie sy pas 'n verhouding begin het.



Du Toit en Stadler was die aand van 9 November te Stones,
waar die beskuldigde ook teenwoordig was. Hy het die aand -
dit is nou Du Toit - met Victoria gekuier maar ongeveer eenuur
die klub verlaat. Sy het aangedring om nog langer daar te bly.
Hy het aangebied om liefs die aand by sy suster te slaap en
het die huissleutels vir Victoria gegee.
Sy verdere

boodskappe daarna aan Victoria het onbeantwoord gebly.

Toe hy haar die volgende oggend probeer skakel, het haar selfoon aangedui dat die intekenaar nie beskikbaar was nie. James van Rooyen het ook die aand vir Victoria ontmoet. Die beskuldigde het die twee aan mekaar voorgestel. Volgens James wou die beskuldigde he dat hy die sterkste "shooters" moes meng wat hulle beskikbaar gehad het in die klub. Hy het verder voorgestel dat James moes probeer om seksueel met Victoria te verkeer.



Victoria en die beskuldigde het gemaklik in mekaar se geselskap voorgekom. Sy het op 'n stadium vir James gevra om haar na haar motor te loop, hy was egter steeds aan werk. Die beskuldigde en Victoria het toe later saam die plek verlaat. Dit is gemene saak dat dit die laaste keer was dat sy in die dorp gesien is.



Die volgende dag het Du Toit begin onrustig raak en die beskuldigde gekontak om navrae te doen. Die beskuldigde het, volgens Du Toit, horn meegedeel dat Victoria horn by die Hornlee stop afgelaai het. Dit is gemene saak dat terwyl die vriende en familie van Victoria naarstiglik na haar gesoek het, haar steeds smeulende uitgebrande motor alreeds gevind was. Alhoewel die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontbied is en 'n polisiebeampte op die toneel was, het, na my mening, as gevolg van ernstige pligsversuim, daar niks verder gebeur nie.

Dit is kommerwekkend dat tot op hede, soos 'n mededeling deur die staatsadvokaat by die vorige verskyning, daar nie duidelik aan die Hof gegee kon word wat die uiteinde van hierdie pligsversuim was nie.



Du Toit is reeds vroeg na die aanklagkantoor om Victoria as vermis te rapporteer. Vir een of ander duistere rede is hy meegedeel dat hy eers 48 uur moes wag voordat die polisie 'n rapport sou neem. Dit is weereens deel van die reeks van gebeure wat die beeld en die rol van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in 'n besonder negatiewe lig stel en die hoop word uitgespreek dat al die insidente wat voorgekom het in die ondersoek van hierdie saak volledig ondersoek word en die nodige dissiplinere optrede geneem word waar gepas.



'n Dag of wat later het Du Toit weer met die beskuldigde gepraat, wie aangebied het dat hy sy vriende sou nader vir verdere inligting. Hy het ook, volgens Du Toit, aan Du Toit gese dat hy "nie sal verstaan hoeveel kak hierdie vrou, hierdie meisie vir my sal maak met my verlede". Hy het verder, na bewering, vir Du Toit gevra om "asseblief te se dat hy vir my 'n SMS gestuur het wat se 'Victoria just dropped me off, she is on her way back'." Du Toit het nooit so 'n SMS van die beskuldigde ontvang nie, maar was bereid om die leuen aan die polisie oor te dra. Dit is aan Du Toit gestel dat die beskuldigde nooit van 'n SMS gepraat het nie. Dit is verder gestel dat dit nie die beskuldigde was wat gepraat het van dat hulle verdink gaan word nie, maar eerder Du Toit wat aangedui het dat beide van hulle verdagtes sou wees.



Konstabel James Wildeman was die ondersoekbeampte van die vermiste-persoon-leer, wat uiteindelik toe na 48 uur oopgemaak is. Hy is op verskeie dwaalspore gestuur, welke dwaalspore ook sy weg gevind het tot die rekord in hierdie saak. Dit is jammer dat die advokate vir beide partye, die Staat en die verdediging, dit nie vroeer opgetel het dat ons nie onnodig daarmee moes tyd mors nie.



Maar belangrik van hierdie getuie, was dat hy met die beskuldigde 'n onderhoud gevoer het oor die vermiste Victoria. Hy beweer dat hy 'n eedsverklaring van die beskuldigde afgeneem het as 'n getuie. In daardie verklaring sou die beskuldigde verklaar dat Victoria horn om 00:15, met ander woorde ongeveer 'n kwartier na middernag op die oggend van 10 November te Hornlee afgelaai het.



Sy is daarna weer in die rigting van die N2. Volgens Wildeman het die beskuldigde daarop aangedring dat hy die volgende sin in die verklaring byvoeg: "Net nadat Victoria my afgelaai het, het ek vir Gabriel 'n SMS gestuur, om te se dat Victoria my afgelaai het". Die beskuldigde het ontken dat hy op enige stadium 'n verklaring aan Wildeman afgele het en dat Wildeman slegs versoek het dat hy sy handtekening op 'n blanko stuk papier plaas om sodoende sy seniors te oortuig dat hy (Wildeman) wel by die beskuldigde was.



James van Rooyen het hierna weer 'n gesprek met die beskuldigde gehad rakende Victoria, nadat dit berig is dat sy vermis was. Volgens James van Rooyen, het die beskuldigde horn meegedeel dat Victoria horn by die vulstasie te Lamco afgelaai het en verder gery het om dwelms te soek. Volgens horn, het die beskuldigde aangevoer dat hy Victoria na spesifieke mense verwys het. Dit is heftig betwis deur die beskuldigde dat hy op enige stadium enigiets van dwelms in verband met Victoria gese het, aangesien sy dwelms gehaat het.



Uiteindelik op 15 November 2005 is die polisie terug na die toneel waar Victoria se motor sedert 10 November reeds was. Nie ver van haar motor is haar erg ontbinde lyk gevind. Haar swart broek is eers 'n paar dae later 'n entjie van die lyk gevind, as gevolg van die feit dat die ondersoek op die toneel nie volledig gedoen is nie omdat, volgens die polisiebeamptes, dit kwansuis onwelriekend was. Die onsensitiwiteit daarvan is voor-die-hand-liggend. Dit is kommerwekkend dat dit die standaard van polisiering is. Die motor was teen hierdie tyd feitlik tot op die been gestroop. Die lyk is verwyder na die lykshuis waarna Johannes Kock, 'n superintendent in die Suid-Afrikaanse Polisie, verbonde aan die forensiese eenheid die toneel weereens besoek het.



As gevolg van 'n vorige studie in Botanie het hy die moontlikheid voorsien dat die plantmateriaal in die omgewing van die plek waar die lyk was, dalk leidrade kon verskaf. Hy het verskeie plantmateriaalmonsters versamel wat later deur 'n dr Dreyer ontleed is.



Om terug te keer na die liggaam van Victoria Stadler, het dr Hurst 'n lykskouing uitgevoer. Die liggaam was erg ontbind met uitgebreide maaiervoorkoms. Die oorsaak van dood is aangemerk as verwurging, alhoewel die liggaam totaal ontklee was, behalwe vir 'n oopgeknoopte buustelyfie en 'n gedeelte van 'n wit hemp wat weggebrand het, het sy steeds 'n ring en 'n hangertjie aangehad. Daar was brandmerke aan die liggaam, welke brandmerke nie bepaal kon word of dit voor of na die dood toegedien was nie. Daar was geen aanduiding dat sy in of by die motor was toe dit brandgesteek is nie, as gevolg van die afwesigheid van enige residu in haar lugwee. 'n Gedeelte van die oorledene se nek was reeds deur die maaiers weggevreet. Verder was dit as gevolg van die graad van ontbinding onmoontlik om te bepaal of sy op enige wyse seksueel aangerand is. Ons kan net wonder watter bydrae die laksheid van die polisiediens tot dit gehad het. Genoeg daarvan.



Dr Hurst is van mening dat die afleiding dat Victoria seksueel aangerand was, geregverdig sou wees, maar die blootstelling aan die elemente en die graad van ontbinding, het enige kans van 'n positiewe bevinding onmoontlik gemaak.



Dit is aan dr Hurst gestel dat daar getuienis gebring sou word
dat die oorledene twee oop wonde aan die nek met 'n skerp
voorwerp toegedien is.
Volgens mnr Price in

kruisondervraging, sou dit met soveel spoed toegedien gewees het dat die nek gebreek het. Geen sulke getuienis is egter later aangebied of is die Hof versoek om 'n getuie te roep wat dalk onwillig sou wees om met die verdediging saam te werk nie.



Charmaine van Schalkwyk het ook in hierdie geval bewysstukke ontvang. Sy het 'n kol op die swart broek van Victoria identifiseer wat voorgekom het asof dit semen was. In die boudnaat van die broek, nadat dit omgedop was en aan die binnekant getoets is, is 'n resultaat verkry. Veel gewag is in die verhoor gemaak of die vlek binne of buite die broek van oorsprong was. Ek ag dit nodig om uit die rekord aan te haal wat die getuienis hieroor was. Op vrae van die Hof het die getuie soos volg getuig:



"Ek wil net gou 'n sakie opklaar. Die foto's se dan dit is die agter binnekant? — Dit is waar die vlek uitgeknip is.

Ja, waar het u dit waargeneem op die materiaal, aan die buite- of binnekant? --- Goed, daar was geen sigbare vlekke nie. Daarna is die broek omgedop en aan die binnekant is dit getoets en dit is waar ek die resultaat gekry het.

Goed, die resultaat is aan die binnekant van die broek gekry? — Dit is waar ek gesoek het, ja."



Dit is insiggewend dat volgens die res van die getuienis van hierdie getuie was daar geen teken van 'n semenkol sigbaar op die buitekant van die broek. Dit is gemenesaak dat hierdie kol genetiese materiaal van die beskuldigde bevat het.



Dr Leanne Dreyer beskik oor 'n PhD in Plantsistematiek en spesialiseer in stuifmeelnavorsing. Sy het uitgebreide ervaring en deur 'n proses wat bedrewenheid in haar spesialiteitsveld vereis 'n vergelyking getref tussen die plantmateriaal en veral die stuifmeel daarvan wat versamel is deur superintendent Kock, waarna ek vroeer verwys het, en dit vergelyk met stuifmeel wat onttrek is van 'n broek wat deur die polisie by die woning van die beskuldigde op beslag gele is. Ek sal later terugkeer na die beslaglegging en die bewyswaarde en toelaatbaarheid van die broek.



Sy was van mening dat daar 'n aansienlike hoeveelheid, en 'n kombinasie van die stuifmeel, gevind is, van die stuifmeel wat gevind word op die toneel waar Stadler se liggaam gevind is ook teenwoordig was op die broek van die beskuldigde. Dit is aan haar gestel dat die stuifmeel kon opbou op die broek wanneer die beskuldigde by geleentheid kortpaaie na sy huis kies. Dit is ook uitgewys dat beide die twee hoofplante wat ge'i'dentifiseer is, ruim voorkom in die woongebied waar die beskuldigde woonagtig was.



Op hierdie stadium, na die vind van die liggaam, het die beskuldigde reeds begin gerugte hoor dat mense beweer hy betrokke sou wees en hy het 'n plaaslike prokureur gespreek. Die instruksies was dat hy niks moet se nie en dat hy die prokureur moes kontak sodra iets plaasvind.



Op 16 November, na aanleiding van videomateriaal, wat die beskuldigde se kleredrag op die aand van Victoria Stadler se verdwyning aandui, het inspekteur Riaan Meyer 'n plaaslike addisionele landdros genader ten einde 'n visenteringslasbrief te bekom. Dit dien vermeld te word dat die DNA-getuienis hierbo na verwys nog nie beskikbaar was nie.



Meyer het geensins 'n eedsverklaring in enige vorm voor die landdros afgele nie. Die landdros verklaar op die lasbrief dat sy getuienis onder eed gehad het. Dit is onwaar en vals, die verklaring van die landdros. Die landdros self het nie by die verhoor getuig nie, maar die Staat het wyslik toegegee dat as gevolg van die gebrek hierbo, en ander redes, die visenteringslasbrief ongeldig was. Die toelaatbaarheid van enige getuienis, reel of andersins, wat gevind is op sterkte van hierdie lasbrief, moet derhalwe benader word asof daar geen lasbrief was nie.



Die aspek was die onderwerp van 'n binneverhoor, waarna ek kortliks ex tempore redes verskaf het en die getuienis was voorlopig toegelaat. Ek het nou die voordeel gehad om die beskuldigde se getuienis aan te hoor wat die visentering verder in konteks plaas. 'n Geheelbeeld kan ook gevorm word van hoe die broek en dit wat dit mag oplewer impak sou he op die verhoor, die billikheid daarvan en die regspleging in die algemeen.

Ek is volledig deur die partye toegespreek oor die toepaslike gesag, met inbegrip van die uitspraak van die Hoogste Hof van Appel in die laatste beslissing van 10 April van BONGANI MTHEMBU v S, die inhoud waarvan ek oorweeg het vir doeleindes van hierdie uitspraak. Op my versoek het die partye my ook toegespreek oor die ratio in HER MAJESTY THE QUEEN v BRADLEY HARRISON in the Court of Appeal of Ontario wat gelewer was op 11 Februarie 2008. Laasgenoemde saak handel met artikel 24(2) van die Canadian Charter, 'n artikel wat soortgelyk is aan ons artikel 35(5) van die Grondwet. Dit is toevallig dat die Kanadese uitspraak 'n ruk na my uitspraak in die binneverhoor gegee is. Die ratio in daardie saak stem ooreen met dit wat ek in my ex tempore redes aangevoer het.



Met inagneming van die bepalings van artikel 14 en 35 van die Grondwet en die gesag waarna ek verwys is, die getuienis in hierdie saak ook ten opsigte van die deursoeking, die beskuldigde se houding, sy ingeligtheid van sy regte, en die openbare belang, is ek van mening dat die getuienis bekom as gevolg van die visentering toegelaat behoort te word, synde dat dit geensins sal afbreuk doen aan die beskuldigde se reg tot 'n billike verhoor nie. Die uitsluiting daarvan in die onderhawige geval, sal die regspleging meer skade doen as die toelating daarvan. Gevolglik word die getuienis as gevolg van die vind van die broek toegelaat.



Na die visentering van die beskuldigde se huis, is hy ondervra deur superintendent Mokgosi. Volgens die getuie het hy aan die beskuldigde sy regte verduidelik, waarop die beskuldigde aanvanklik bereid was om vrae te antwoord.



Hy sou aan Mokgosi se dat hy Stadler op die dag van haar verdwyning ontmoet het by 'n nagklub waar hy 'n platejoggie was. Hulle het later by Stones gedans en is toe na Zanzibar. Die oorledene Stadler het horn 'n geleentheid aangebied en in die motor van die oorledene het hulle gevry en mekaar - en ek vertaal - gehanteer. Sy het horn afgelaai in Hornlee en is vort. Die beskuldigde het die tyd geplaas tussen 01:30 en 02:00.



Gedurende die ondervraging het die beskuldigde ontken dat hy 'n verklaring gemaak het aan Wildeman. Die vader van die beskuldigde het op 'n stadium ingekom en die ondervraging is gestop om verskeie redes. Die getuie is veral gekonfronteer omdat sy notas nie beskikbaar was nie. Ek merk op uit die rekord dat die dagboek inderdaad aan die verdediging oorhandig is op 'n latere stadium. Die verdediging het egter nie hierdie aspek verder gevat nie.

Twee ander verklarings wat die beskuldigde na bewering gemaak het, is onderwerp aan binneverhore waarna ek beide verklarings voorlopig toegelaat het. In die verklaring aan kaptein Coerecius is later ook die korrektheid van wat ten tyde van die gesprek gese is in twyfel getrek. Coerecius was nie direk betrokke by die ondersoek van die saak nie en is deur sy areabevelvoerder versoek om met die ondervraging behulpsaam te wees. Hy was tot so 'n mate deur die verdediging vertrou dat hulle horn op 'n stadium genader het om verklarings van potensiele getuies te neem.



Volgens Coerecius het hy die beskuldigde volledig ingelig van sy regte en die beskuldigde het dit verstaan. Hier mag bygevoeg word dat op daardie stadium het die beskuldigde reeds ook 'n dokumentere verduideliking van sy regte ontvang. Daar is gekonsulteer met die prokureur van die beskuldigde halfpad deur die ondervraging. Die beskuldigde het in sy besit gehad, die geskrewe dokument waarna ek reeds verwys het. Die beskuldigde self het getuig dat hy daardie dokument verstaan het. Die antwoorde op die vrae aan Coerecius was van so 'n aard dat dit duidelik was dat die beskuldigde verstaan het waaroor dit gegaan het.

Die beskuldigde in sy getuienis het lynreg getuienis gelewer teenoor die stelling wat gemaak is in die binneverhoor, soveel so dat dit blyk dat die geloofwaardigheid van sy voormalige prokureur in twyfel getrek word. Beskuldigde beweer dat hy nie geweet het dat hy onmiddellik 'n prokureur kon kry nie, tog is dit die aspek wat in vetdruk weergegee word in die dokument wat hy ontvang het voor die ondervraging.



Van Coerecius kan nie gese word dat hy op daardie stadium bevooroordeeld was nie, aangesien hy onmiddellik na die ondervraging voorgestel het dat die beskuldigde vrygelaat word. Die beskuldigde het twee teenstrydige weergawes gegee oor hoe dit gebeur het dat sy prokureur uiteindelik geskakel is.



Daar was 'n verdere aanval op die toelaatbaarheid van hierdie getuienis deurdat die Staat nie die oorspronklike notas van Coerecius beskikbaar gestel het nie. As daar egter gelet word op die verklaring wat inderdaad beskikbaar gestel is, was dit net 'n herhaling van die handgeskrewe notas en derhalwe sou die oorspronklike notas geen impak gehad het op die beskuldigde se reg tot 'n billike verhoor nie.

Ek het geen huiwering om die getuienis wat gevloei het uit daardie ondervraging finaal toe te laat nie. Die vrae wat daar gevra is, was as volg:



"Ken jy die oorledene Victoria Stadler.

Ja.

Waar het jy die oorledene ontmoet?

By die Stones Klub waar ek 'n DJ is.

Hoe lank ken julle mekaar?

'n Hele paar maande.

Het jy haar gesien die aand van haar verdwyning?

Ja, sy was by Klub Stones die aand.

Wat was die verhouding tussen jou en oorledene?

Bloot vriende en saam drankies geniet by Klub

Stones.

Hoe laat het sy die klub verlaat?

Ons is saam die aand weg met toemaaktyd.

Waarheen was julle?

Sy sou my 'n geleentheid gee tot by Hornlee se afrit. Het jy onmiddellik gery?

Nee, ons het haar motor in die parkeerarea gesit en gesels.

Wat het gebeur in die parkeerarea?

Niks definitiefs nie.


Het julle enigsins gevry?

Nee, sy het my op 'n stadium in die motor gesoen.

Hoe het dit gebeur?

Sy wou he ons moes vry, maar ek wou nie omrede ek het 'n meisie het en haar nie wou verneuk nie. Los jy alles toe netso?

Ja, wat is so snaaks daaraan.

Het julle op enige stadium seksuele kontak gehad?

Nee, glad nie.

Wat het toe verder in die parkeerarea gebeur?

Niks, ons het toe gery en sy het my toe by Hornlee afrit afgelaai.

Hoekom het sy jou nie by die huis afgelaai nie?

Dit was op my versoek, sy ken nie die area nie en

ek wou nie he dat sy so diep binne die area ingaan

nie, netnou kry sy nie haar rigting terug nie.

Was dit die laaste keer wat jy die oorledene lewend

gesien het?

Ja.

Wanneer het jy gehoor dat die oorledene vermis is?

Die volgende dag en ek het baie sleg gevoel omrede sy my 'n geleentheid gegee het. Is u seker daar het niks gebeur nie en bevestig jy julle het geen seks gehad nie?

Ja, daar het niks gebeur nie en, kaptein, dit is duidelik jy glo my nie, en ek gaan nie verdere vrae antwoord voordat ek met my prokureur gepraat het nie."



Die res van die verklaring is nie relevant en opsigte van di ondervraging nie.



Die verdere binneverhoor het gegaan oor 'n waarskuwingsverklaring wat aan inspekteur Meyer gemaak is. Die mees ernstigste aanval hierop was dat die beskuldigde aangedui het dat hy wil swyg, maar dat hulle steeds voortgegaan het om vrae te vra.



As daar gelet word op die beskuldigde se getuienis wat gelewer is, is dit duidelik dat hy sy regte verstaan het, dat hy steeds sy swygreg verstaan wat hy ook uitgeoefen het. Daar is na my mening geen rede dat ek my vorige bevel oor die toelaatbaarheid van hierdie verklaring moet omverwerp nie.




Die vrae was as volg:



"Waar was u op 13.10.2005 tussen 02:00. (Onhoorbaar, onderbreking in opname) Het jy vir Jessica Wheeler geken? Ja, ja.

Wanneer was die laaste maal wat jy vir Jessica Wheeler gesien het?

Die Woensdagaand toe sy by Stones aangekom het toe ek loop. Op die dansvloer by Zanzibar en Stones. Ek het ge-DJ. Ons het op dieselfde dansvloer saam met ander gedans. Het jy ooit seksueel met Jessica Wheeler verkeer? Ja, ek het. Ek wil my swygreg beoefen ten opsigte van wanneer.

Ken jy vir Victoria Stadler? Ja.

Het jy 'n verklaring aan die polisie afgele in verband

met Victoria Stadler se verdwyning?

Ja.

Volstaan jy by daardie verklaring? Wat se verklaring? Ja.

Het jy enige SMS boodskappe in verband met haar

na enige persoon versend?

Nee.

Waar was jy op 10.11.05 tussen 00:01 tot 4:00? Ek wil my swygreg beoefen, ek het reeds voorheen aan die polisie verklarings gemaak oor tye en oor waar ek was.

Het jy ooit met Victoria Stadler seksueel verkeer? Ek wil my swygreg uitoefen.

Wanneer was die laaste maal dat jy vir Victoria Stadler gesien het?Op die Woensdag by Stones en ons het saamZanzibar toe gegaan en sy het my gaan drop op die punt waar sy my gedrop het.Het jy ooit die moorde van Jessica Wheeler en Victoria Stadler met enige lid van die SAPD bespreek?

Nee, nie wat ek van weet nie. Ek verstaan nie die vraag ten voile nie. Die vraag is aan my verduidelik en ek is gevra of ek inligting by enige polisielid gekry het oor tye. Ek wil my swygreg uitoefen.

Het jy enige mondelinge verklaring aan die ondersoekbeampte in verband met jou klere wat jy op 10.11.2005 aangehad het gemaak? Ek dink so, ja."



Die beskuldigde het ook in 'n uitgerekte aansoek by die landdroshof aansoek gedoen om borg. Daar is getuienis aangebied deur horn uit hoofde van eedsverklarings en namens horn deur beide verklarings en viva voce getuienis. Die oorkonde daarvan is as bewysstuk ingedien by hierdie Hof as 'n korrekte weerspieeling van dit wat daar gebeur en gese is. Dit word nou geargumenteer dat die getuienis wat daar aangebied is, nie gebruik kan word om die geloofwaardigheid van die beskuldigde in hierdie saak te toets nie omdat dit hoorsegetuienis is. Ek stem nie met hierdie submissie saam nie.



Die beskuldigde se getuienis wat hy self in eedsverklarings voorgele het, is klaarblyklik nie hoorsegetuienis nie. Die res van die getuienis is namens horn aangebied om die waarheid van die inhoud daarvan te bewys. Hy self was daar en is op sy instruksies gegee.



Die beskuldigde self het getuienis in hierdie hof afgele en in kort het sy getuienis daarop neergekom dat hy en Jessica Wheeler vir 'n geruime tyd voor haar sterfte 'n geheime verhouding gehad het en op een geleentheid vantevore seksueel verkeer het. Op die aand van die voorval het hulle konsensuele seks per vagina gehad. Hy het haar by 'n klub agtergelaat en moes reeds tuis wees toe sy vermoor is.



Hy het verder aangevoer dat daar die moontlikheid bestaan dat Corrie Dickson en Walter Daniel verantwoordelik was vir die moord. Hy ontken dat Kobus Minnie horn kon identifiseer in die dorp, soos hy getuig het en dat hy die stellings aan James van Rooyen gemaak het oor hoe hy die aand by die huis gekom het. Hy ontken dit wat die privaatspeurder by die borgaansoek getuig het deur horn as sodanig aan die privaatspeurder meegedeel is.



Wat Victoria Stadler aanbetref, meld hy dat hy 'n tyd voor die voorval vir haar ontmoet het en op die aand van die voorval in haar motor gevry het en dat hulle mekaar met hulle hande stimuleer het. Sy het horn gaan aflaai en dit is die laaste wat hy haar gesien het.



Deurgaans deur die verhoor is die moontlikheid geopper dat Victoria Stadler vermoor is deur ander persone wat insluit ene Kemoetie en Moses. Getuienis is aangebied dat Stadler in die teenwoordigheid van Kemoetie gesien is 'n ruk voor haar dood. Na my mening, het die twee getuies 'n goeie indruk op die Hof gemaak en ek bevind dat op hulle getuienis Stadler inderdaad in die teenwoordigheid van ten minste Kemoetie gesien was in die omgewing van Hornlee. Ek hoef nie verder daaroor uit te brei nie.



Laat ek handel, voordat ek die beskuldigde se getuienis evalueer, met die getuienis van Magdalena Witbooi. Magdalena Witbooi het by 'n vulstasie in die omgewing van Lamco gewerk. Sy beskryf dat sy op die aand van 9/10 November 2005 'n wit Golf gesien het by die vulstasie. Die voertuig was bestuur deur 'n persoon wat sy identifiseer as

Victoria Stadler. In haar getuienis in die hof plaas sy die tyd op 'n tyd wat sou wees nadat Victoria Stadler die beskuldigde sou afgelaai het. Dit is egter belangrik om hierdie getuienis deeglik te oorweeg. Sou sy korrek wees, dan is enige afleiding dat die beskuldigde aandadig was aan die dood van Victoria Stadler nie geregverdig op die feite nie.



Die getuie is gepols deur die Hof om te bepaal hoekom sy die voorval op die aand plaas van die moord, juis om die rede wat hiervoor uiteengesit het. Wat egter pla van die getuie se getuienis is (a) hoe die twee persone agter in die kar kon sit met die klere daarin; (b) haar verduideliking oor die tyd aan inspekteur Meyer waar sy dit baie vroeer plaas, dit is 'n tyd toe Victoria Stadler nog in die klub was, wat derhalwe die moontlikheid sou uitsluit dat Victoria daar kon wees tussen elf en twaalf.



Sy getuig in hierdie hof dat sy Victoria ge'identifiseer het omdat Victoria na links oor die passasier geleun het om die sleutels aan te gee en sy is na die vullerprop op daardie kant. Die foto's van Victoria Stadler se motor dui duidelik aan dat die vullerprop van haar motor aan die regterkant van die kar was. Dit doen egter afbreuk aan die betroubaarheid van haar getuienis en derhalwe kan ek nie haar getuienis aanvaar om daardie feit te staaf nie.

Die getuienis van Lucinda Damons, Natasha en andere wat ek nie noodwendiglik opgesom het nie, neem die saak nie verder nie.



Laat ek terugkom na die beskuldigde se getuienis. Soos reeds aangedui, is die liggaam van getuienis wat oorweeg moet word, dit wat ek reeds opgesom het, die beskuldigde se getuienis in die hof, sy verklarings wat hy gemaak het buite die hofkonteks, watter daarvan ook al toelaatbaar is, sowel as die getuienis in die borgaansoek.



Nou van meet af aan was dit duidelik dat die beskuldigde se getuienis wesenlik verskil van dit wat namens horn in die borgaansoek aangebied is. In daardie borgaansoek is die indruk geskep deur die privaatspeurder, wat namens die beskuldigde getuig het en wat met die beskuldigde 'n onderhoud gevoer het, dat die beskuldigde horn onder die indruk gebring het dat hy 'n tyd lank voor die aand van Wheeler se dood met haar seksueel verkeer het.



Die getuienis was baie duidelik dat die beskuldigde seker sou wees, na aanvanklike onsekerheid, dat sy pa horn in die dorp kom haal het. Sy getuienis hier was hy het gestap. Dit strook natuurlik met die getuienis van James van Rooyen, wat nou deur die beskuldigde ontken word. Na ons mening, bied die getuienis van die privaatspeurder in die borgaansoek stawing vir die getuienis van James van Rooyen en dit maak die beskuldigde se verduideliking leuenagtig. Sy getuienis oor die seksuele kontak met Wheeler in die konteks van die getuienis van die privaatspeurder in die borgaansoek, sowel as die vaagheid van sy verklarings, lei tot geen ander gevolgtrekking nie as dat die beskuldigde sy getuienis daaromtrent van tyd tot tyd aangepas het.



Indien die selfoonrekords nagegaan word, en die beskuldigde se verduideliking oor die tyd wat hy geslagsgemeenskap met Jessica Wheeler gehad het in ag geneem word, dan moes sy met horn geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy SMS-e vir iemand anders stuur, want die tye stem ooreen.



Die beskuldigde se tyd wanneer hy sy selfoon aangeskakel het by die huis is verdag, maar ek kan nie 'n negatiewe afleiding daarvan maak nie.



Minnie se getuienis ten opsigte van die kleredrag van die beskuldigde is nooit aangeval nie en die beskuldigde het kom bevestig dat hy daardie aand so geklee was. Dit maak sy observasie van die beskuldigde betroubaar. Die aandadigheid van Dickson en Daniel was aangedik, om die minste daarvan te se, in die borgaansoek. Natuurlik het die inligting van Kiewiets gekom, wat 'n bron was wat ongeloofwaardig was.



Die beskuldigde voer aan dat sy arrestasie en die wyses waarop hy ge'i'mpliseer word een groot komplot is. Na my mening, is daar geen meriete in so 'n argument nie. Dit is net te veel los omstandighede deur verskillende mense dat hulle almal 'n komplot kon smee; inteendeel die persone wat hy impliseer in hierdie komplot het sover gegaan - en ek verwys na inspekteur Meyer en van die ander polisiebeamptes - dat hulle juis verklarings geneem het wat ander mense impliseer in die misdrywe.



Die beskuldigde se beskrywing van die tyd tussen toe hy by Jessica Wheeler konsensuele geslagsgemeenskap gehad het en haar sterfte, moet betwyfel word op die getuienis van dr Hurst. Indien die besering op haar anus toe toegedien was, dan sou daar reeds 'n rooiheid ingetree het ten tyde van die dood.



Om terug te keer na die geslagsgemeenskap met Wheeler, van die verklarings, veral die eerste een in die borgaansoek, is dit duidelik as dit in die konteks gelees word met die getuienis van die privaatspeurder sowel as antwoorde verskaf aan die polisie, dat die beskuldigde die indruk wou skep dat daardie gemeenskap tussen hom en Wheeler plaasgevind het vroeg in die jaar.



In sy aanvullende verklaring, toe dit duidelik was dat sy semen in die liggaam van Wheeler gevind was, bevestig hy dit dus dat hy aan die polisie vertel het van die gemeenskap tussen hom en Wheeler. Dit moet in gedagte gehou word dat daardie mededeling geslaan het op 'n insident vroeer in die jaar en dit is weereens deur die beskuldigde se eie getuie in die borgaansoek bevestig.



Na ons mening probeer die beskuldigde sy getuienis aanpas om die teenwoordigheid van sy genetiese materiaal in die rektum van Jessica Wheeler te verduidelik. Dit help hom egter nie veel nie want sy getuienis is dat hy geensins binne die oorledene geejakuleer het nie. Indien dit so is, moet daar twyfel wees oor die beskrywing van Nadia Nel van die tyd wat die beskuldigde by die huis aangekom het.



Wat die aanklagte van Stadler aanbetref, die gebeure van 9/10 November en wat daarna gevolg het, was die fokus geplaas op ander potensiele daders. Soos ek reeds aangedui het, moet die getuienis aanvaar word dat Stadler Hornlee geken het. Sy het daar rondgery in die teenwoordigheid beweerde dwelmsmokkelaars.

Die tye deur die beskuldigde aan die polisie verskaf toe Victoria horn afgelaai het te Hornlee, strook nie met sy eie getuienis en verloop van gebeure nie. Hulle het Zanzibar net na twee verlaat, hulle is na agter die biblioteek waar hulle in die motor gevry het, oor en weer geklim het en toe gery het na Hornlee, dan kan hy nie daar gewees het om kwart oor twee nie. Dit moet derhalwe betwyfel word of die gebeure, soos hy beskryf, in die motor plaasgevind het.



Na my mening, in soverre dit die semen op Stadler se broek aanbetref, as dit dan op die buitekant gedeponeer was, soos wat die beskuldigde suggereer deurdat hy geejakuleer het op die bestuurdersitplek van die motor en Stadler per ongeluk daarin moes gesit het, dan sou 'n mens verwag het dat dit sigbaar moet wees op die buitekant al het dit ook deurgesyfer en nie op die binnekant nie, soos die getuienis is nie.



Na my mening was dit 'n mank poging van die beskuldigde om sy getuienis aan te pas omdat hy onder die indruk was dat die semenkol aan die buitekant was.



Sover dit Du Toit aanbetref en die SMS, watter rede het Du Toit gehad om 'n verskoning vir die beskuldigde uit sy duim te suig behalwe as dit gesuggereer was? Hy was die man wat gegrief was. Die beskuldigde het sy meisie het sy meisie afgevry, sy het met hom verdwyn. Hy se dit was gesuggereer - om sy woorde te gebruik - " I wanted to be a nice ou", maar dit eindig nie daar nie. Watter rede het Wildeman om 'n verklaring uit sy duim te suig en dit dan in die vorm van 'n beedigde verklaring te skryf? Later is daar gesuggereer dat daar glad niks aan Wildeman gese is nie, maar wel aan Nomdoe. Dit is ook 'n nagedagte, na my mening, van die beskuldigde.



Wildeman moes, indien die beskuldigde se weergawe aanvaar word, op 'n kwaadwillige wyse sonder dat hy eers weet op daardie stadium daar is 'n oorledene, toe hierdie verklaring geneem word die storie opmaak. Vicky Stadler is nog net vermis. Moes hy op 'n kwaadwillige wyse (a) voorsien het dat iets erger gaan gebeur en (b) hierdie storie uit sy duim gesuig het en dit dan op papier gesit het en die vorm nog ook so gekry het dat dit mooi inpas voor die handtekening. Dit is so verregaande, na my mening, dat ek dit kan verwerp wat die beskuldigde daaroor se.



Om terug te kom na James van Rooyen, James van Rooyen het 'n goeie indruk op hierdie Hof gemaak. Hy het positiewe sowel as negatiewe goed van die beskuldigde kwytgeraak. Ek wonder waar die gesprek van die dwelms vandaan sou kom of was dit dalk deur die beskuldigde gese om in te pas by die suggestie van ander mense waar sy gaan dwelms soek het, wat die moord gepleeg het. Waar sou James van Rooyen daaraan kom?



James van Rooyen is ook die persoon wat ons vertel het hoe hartseer die beskuldigde was, wat in sy guns getel het. Daar is gesuggereer dat die stuifmeel op die beskuldigde se broek is deur 'n hond daarop oorgedra, terwyl die beskuldigde geweet het sy weergawe gaan wees dat hy stap deur die bosse. Na my mening, gaan die beskuldigde se getuienis mank aan geloofwaardigheid en behoort dit verwerp te word waar dit strydig is met die getuienis van ander geloofwaardige, betroubare en/of objektiewe getuienis. Ek sal aanstons met die getuienis wat ek bevind het handel en daarop bepaal of die beskuldigde aan enige van die misdrywe skuldig bevind is op grond van die omstandigheidsgetuienis, dit sal dan evalueer word.



Met die uitsondering van die regsverydelingsaanklag, is daar geen direkte getuienis teen die beskuldigde op enige van die ander aanklagte nie en die Staat se saak berus uitsluitlik op omstandigheidsgetuienis. Die regsposisie is baie duidelik en is al verskeie kere deur ons howe in vorige beslissings uiteengesit. Ek is van mening dat een van die beter maniere hoe dit gestel kan word, kom voor in die uitspraak van S v REDDY EN ANDERE 1996(2) SASV 1 (A) en veral op bladsy 9. Ek haal aan uit die uitspraak van die Appelhof:



"In assessing circumstantial evidence one needs to be careful not to approach such evidence upon a piece-meal basis and to subject each individual piece of evidence to a consideration of whether it excludes the reasonable possibility that the explanation given by an accused is true. The evidence needs to be considered in its totality. It is only then that one can apply the oft-quoted dictum in R v Blom 1939 AD 188 at 202-3..."



En ek sal terugkeer en die dictum in R v BLOM in die rekord inlees:



"Where reference is made to the two cardinal rules of logic which cannot be ignored, these are, firstly, that the inference sought to be drawn must be consistent with all the proved facts and, secondly, the proved facts should be such that they exclude every reasonable inference from them safe the one sought to be drawn. The matter is well put in the following remarks of Davis, AJA, as he then was, in

R v De Villiers 1944 AD 493 at 508-9. The Court must not take each circumstance separately and give the accused benefit of any reasonable doubt as to the inference to be drawn from each one so taken. It must carefully weigh the cumulative effect of all of them together and it is only after it is done so that the accused is entitled to the benefit of any reasonable doubt which it may have as to whether the inference of guilt is the only inference which can reasonably be drawn. To put the matter in another way, the Crown must satisfy the Court not that each separate fact is inconsistent with the innocence of the accused but that the evidence as a whole is beyond reasonable doubt inconsistent with such innocence. Test on Evidence, 10th Addition, at pages 297 at 261 put the matter thus:

'The elements or links which compose a chain of presumptive proof of certain moral and physical co-incidences which individually indicate the principle fact and the probative force of the whole depends on the number, weight, independence and consistency of those elementary circumstances. A number of circumstances, each very slight, may so tally with and confirm each other as to leave no

room for doubt of the fact that the tend to establish. Not to speak of great numbers, even to articles of circumstantial evidence though each taken by itself weigh but as a feather, join them together, you will find them pressing on a delinquent with the weight of a millstone. Thus, on an indictment of uttering a banknote, knowing it to be counterfeit, proof that the accused used the counterfeit note amounts to nothing or next to nothing. Any person might innocently have a counterfeit note in his possession and offer it in payment but suppose further proof to be adduced that shortly before the transaction in question he had in another place and to another person offered in payment another counterfeit note of the same manufacture, the presumption of guilty becomes strong. Lord Colridge in R v Dickman Newcastle (indistinct) 1910 referred to in Wilson's Circumstantial Evidence, 7th Edition, at pg 46, made the following observations concerning the proper approach to circumstantial evidence; "It is perfectly true that this is a case of circumstantial evidence, and circumstantial evidence alone. Now circumstantial evidence varies infinitely in its strength and proportion to the character, the variety, the cogency, the independence, one of another of circumstances. I think one might describe it as a network of facts cast around the accused man. That network may be a mere gossamer thread as light and as unsubstantial as the air itself. It may vanish at a touch. It may be that strong as it is in part it leaves great gaps and rents through which the accused is entitled to pass in safety. It may be so close, so stringent, so coherent in its texture that no efforts on the part of the accused can break through. It may come to nothing, on the other hand it may be absolutely convincing. The law does not demand that you should act upon certainties alone. In our lives, in our acts, in our thoughts we do not deal with certainties, we ought to act upon just and reasonable convictions, founded upon reasonable grounds. The law asks for no more and the law asks for no less."


Ek kon dit nie beter gestel het as die Appelhof in daardie saak nie en ek vereenselwig my, soos ek gebonde is, aan daardie opmerkings.



Die vraag is dus: die Staat versoek hierdie Hof om die afleiding te maak dat die beskuldigde op die twee voorvalle die dood van die twee oorledenes veroorsaak het. Die eerste vraag wat ek moet beantwoord, is dit te vereenselwig met die bewese feite, is dit 'n afleiding wat ek kan maak op die feite? Die tweede vraag wat ek moet beantwoord is die feite van so 'n aard dat dit ander redelike afleidings uitsluit, in die geval van Jessica Wheeler dat iemand anders haar sou kon doodmaak en/of dat die gemeenskap op die onsedelike aanrandingsaanklag los staan van die aanval op haar?



Op die getuienis ten opsigte van die Stadler aanklag, is die afleiding geregverdig dat dit die beskuldigde was wat haar dood veroorsaak het daardie oggend? Is daar 'n ander redelike moontlikheid dat hy haar dalk afgelaai het en dat iemand anders haar doodgemaak het?



Kom ons gaan kyk na die feite. Ek het met opset die uitspraak gestruktureer soos ek dit gedoen het om te probeer 'n tydlyn aandui van die begin tot die einde soos die getuienis inmekaar vou. U sou opmerk dat die getuienis heeltemal uit verband bymekaar gesit is. Dit wat later aangebied is, verdedigingsgetuies, omdat ek van mening is dat dit is soos getuienis behoort evalueer te word in die totaliteit daarvan.



Die eerste vraag, is dit 'n redelike afleiding die feite in die Wheeler geval, dat dit die beskuldigde is wat aandadig was aan daardie daad? Die antwoord is ja vir die suiwer rede dat die tydvak, veral met inagneming van Minnie se getuienis, sluit ander redelike moontlikhede uit. Daarmee saam die beserings, en die beskuldigde se verduidelikings daarna. So, dit is 'n afleiding. Is dit die enigste redelike afleiding? Dit is nie vir 'n Hof om te spekuleer nie. Ja, die Hof moet objektief daarna kyk, maar ek vra die vraag watter ander moontlikheid is daar, ook in ag genome die aanwesigheid van die genetiese materiaal. Na my mening en ons mening gesamentlik is daar geen.



Stadler: Die beskuldigde is weereens, soos in die Wheeler geval, die laaste persoon wat met haar gesien was. Hy gee leuenagtige getuienis oor die aanwesigheid van sy genetiese materiaal wat gevind is op 'n broek wat nie ver van die lyk gevind is nie. Getuienis van dr Dreyer se gewig op sigself is soos daardie veertjie, maar saam met die ander omstandighede, die klein bietjie gewig wat dit daar bydra, kan ander moontlikhede uitsluit. Na my mening behoort beide vrae ook op daardie aanklag in die positief beantwoord word.



Die Staat het, na my mening, hoewel daar 'n sterk vermoede is, nie genoegsame getuienis aangebied om te bewys dat Victoria Stadler onsedelik aangerand was nie en in die lig daarvan kan ek nie die afleiding maak bo redelike twyfel dat daar ander moontlikhede was nie.



Wat die uitbrand van die kar aanbetref, moet dit volg, dieselfde persoon of persone wat verantwoordelik was vir die plaas van die liggaam daar en die veroorsaking van die dood moes die kar aan die brand gesteek het. Watter ander afleidings is daar en daarom moet die vrae ook in die positief op daardie aanklagtes beantwoord word.



Gevolglik is ons van mening dat op grond van die omstandigheidsgetuienis wat aangebied is op aanklagte 1, 2, 4, 5 en 6 en die direkte getuienis wat aangebied is op aanklag 3, dat die Staat geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die beskuldigde SKULDIG is aan onsedelike aanranding op Jessica Wheeler, die moord op Jessica Wheeler, die verydeling of die belemmering van die regspleging deur middel van die SMS, die moord op Victoria Stadler en die opsetlike saakbeskadiging van haar motor. Hy word sodanig skuldig bevind en VRYGESPREEK op die aanklag van poging tot verkragting.



N C ERASMUS, R