![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 138/97
In die saak
tussen:
PAULUS PHILLIPUS
BRUMMER Appellant
en
GORFIL
BROTHERS INVESTMENTS
(PTY) LTD Eerste Respondent
SOLLY
GORFIL Tweede Respondent
DAVID GORFIL Derde
Respondent
NYLSTROOM HOTEL BK Vierde Respondent
Coram: VAN HEERDEN AHR, NIENABER, HARMS, STREICHER ARR en NGOEPE Wnd AR
Verhoor: 12 NOVEMBER 1998
Gelewer: 5 MAART
1999
___________________________________________________________________________________________
UITSPRAAK
___________________________________________________________________________________________
STREICHER AR:
Die wesenlike vraag wat in hierdie appèl
beslis moet word, is of `n eksekusieverkoping wat gehou word om `n skuldenaar se
reg, titel en belang in `n aksie te bekom ten einde die litigasie te
beëindig en nie om die onderliggende vonnisskuld te verhaal
of gedeeltelik
te verhaal nie regsgeldig is en of dit teen die openbare belang is en tersyde
gestel kan word.
Die appellant het `n aksie vir skadevergoeding uit hoofde
van die beweerde repudiasie van `n kontrak teen die tweede, derde en vyfde
respondente ingestel. Hy het later die aksie teen die tweede en derde
respondente teruggetrek en is beveel om hulle koste te betaal.
Die getakseerde
koste het R52 436,48 beloop. Die appellant het nie die koste betaal nie waarop
die tweede en derde respondente opdrag
aan die balju gegee het om beslag te
lê op sy reg, titel en belang in die aksie teen die vyfde respondent
(“die hangende
geding”). Die balju, die vierde respondent, het
daarop op die appellant se reg, titel en belang in die aksie teen die vyfde
respondent beslag gelê as synde sy enigste bate en dit in eksekusie
verkoop. Die eerste respondent, `n maatskappy, was die
koper teen `n koopprys
van R300 welke bedrag nie eers die koste van die beslaglegging en
eksekusieverkoping gedek het nie. Die tweede
en derde respondente is vader en
seun en die vyfde respondent, die oorblywende verweerder in die hangende geding,
is `n beslote korporasie
waarvan die tweede respondent die enigste lid is. Die
eerste respondent, die eksekusiekoper, is `n maatskappy wat die tweede en derde
respondente as sy enigste aandeelhouers en direkteure het.
Ten tyde van die
verkoping was die hangende geding deels verhoor en het die verhoorregter reeds
`n aansoek deur die vyfde respondent
om absolusie van die instansie van die hand
gewys. Na die eksekusieverkoping het die eerste respondent se prokureurs die
appellant
se prokureurs in kennis gestel dat die eerste respondent reghebbende
geword het van die appellant se belang in die hangende geding
en opdrag gegee
dat verdere litigasie gestaak moes word. Die appellant het daarop aksie
ingestel teen die respondente vir die tersydestelling
van die eksekusieverkoping
op grond daarvan dat dit 'n misbruik van die "hofprosedure" daargestel het en
contra bonos mores was. In die onderhawige geval moes die
eksekusielasbrief uitgereik word deur die griffier van die hof en ingevolge die
reëls
van die hof en moes die eksekusieverkoping plaasvind ingevolge die
reëls van die hof. Vir die rede word die eksekusieverkoping
in die
appellant se besonderhede van vordering beskryf as 'n misbruik van die
hofprosedure. Ek verkies om te praat van die regsproses
synde die prosedure wat
daargestel is vir die verhaal van 'n geldskuld. Dit sluit dus die
litigasieproses sowel as die eksekusieproses
in. Slegs die eerste, tweede,
derde en vyfde respondente het die aksie verdedig. Ek sal voortaan na hulle
gesamentlik verwys as
die respondente.
Die hof a quo het die
appellant se aksie van die hand gewys. Die uitspraak is gerapporteer as
Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd 1997 (2) SA 411 (T). Die
hof a quo het beslis dat waar eksekusiestappe gedoen word en dit nog nie
volvoer is nie, daar geen twyfel bestaan dat `n hof in gepaste gevalle
daarmee
kan inmeng nie maar dat die posisie anders is waar die eksekusieproses reeds
volvoer is. In laasgenoemde geval sou `n hof
slegs inmeng as daar `n hersienbare
onreëlmatigheid in die proses was wat die skuldenaar benadeel het.
Bybedoelings, bedekte
beweegredes of selfs nydigheid, sou dan nie meer aangevoer
kon word as gronde waarop die volvoerde proses tersyde gestel moes word
nie.
Met die verlof van hierdie hof appelleer die appellant teen die uitspraak.
Tydens die voorverhoorsamespreking het die respondente erken dat hulle
gesamentlik besluit het om beslag te laat lê op die
appellant se reg,
titel en belang in sy eis en om dit te koop by die eksekusieverkoping. Hulle het
verder erken dat hulle hoofbedoeling
was om `n einde aan die litigasie te maak.
In die opdrag aan die balju om voort te gaan met die eksekusieverkoping het die
respondente
se prokureurs in opdrag van die tweede en derde respondente en tot
die kennis van die eerste en vyfde respondente, gesê dat
hulle kliënt
glo dat die aksie kwelsugtig is. Die afleiding kan gevolglik gemaak word dat die
beslaglegging en eksekusieverkoping
nie geskied het met die doel om die tweede
en derde respondente se koste te verhaal nie.
`n Reg op skadevergoeding uit
hoofde van kontrakbreuk is `n onliggaamlike saak. Dit is `n bate in die
reghebbende se boedel en kan
in die reël deur hom verkoop word en by wyse
van sessie oorgedra word. Na instelling van aksie deur die reghebbende en voor
litis contestatio kan die reg steeds deur hom verkoop en oorgedra word.
In die Romeinse reg was die voorwerp van die oordrag `n aksie en nie `n reg
nie
(Scott, The Law of Cession, 2de uitgawe, bl.12). By litis
contestatio het `n actio in personam `n actio litigiosa
geword waarvan die oordrag verbode was (Waikiwi Shipping Co. Ltd. v Thomas
Barlow and Sons (Natal) Ltd. 1978 (1) SA 671 (A)
(“Waikiwi”) op 676H). In Waikiwi is die vraag
oopgelaat of die Romeinse verbod steeds geld, d.w.s. of die oordrag van `n eiser
se reg, titel en belang in `n aksie
steeds nie na litis contestatio kon
geskied nie (678F). Dit is egter wel beslis dat indien dit gedoen kon word, `n
gepoogde vervreemding slegs effektief kon wees
tot die mate wat die verweerder
nie daardeur benadeel word nie (678F). Soos uitgewys in Waikiwi op 677G
is sedert 1926 in `n aantal Suid-Afrikaanse sake óf aanvaar óf
aangeneem dat `n actio litigiosa gesedeer kan word. In beginsel is daar
geen rede om die sessie van `n reg vóór litis contestatio
toe te laat, maar nie die sessie van die reg, titel en belang van die
reghebbende in die aksie, onderhewig aan die regte van die
verweerder, ná
litis contestatio nie. Na my mening geld die Romeinse verbod gevolglik
nie meer nie.
Die appellant betoog dat die beslaglegging en verkoping slegs
die beslaglegging en verkoping van `n spes was, en met `n beroep op die
beslissing in Mears v Pretoria Estate and Market Co. Ltd 1906 TS 661 op
668, dat `n spes nie beslaglegbaar is nie. In Waikiwi, op 677H, is
`n onderskeid getref tussen die reg ten opsigte waarvan die aksie ingestel is,
die reg wat voorspruit uit litis contestatio om die aksie te
volvoer tot sy einde en die vooruitsig op voordele wat mag voortspruit uit `n
suksesvolle volvoering van die aksie
of te wel `n spes. Of `n bepaalde
vervreemding `n vervreemding is van die reg ten opsigte waarvan die aksie
ingestel is, of slegs van `n spes, is `n vraag wat aan die hand van die
feite van die bepaalde geval beantwoord moet word (Waikiwi op 678 in
fine). In die onderhawige geval was die beslaglegging en verkoping nie `n
beslaglegging en verkoping van die spes of die vooruitsig op die voordele
wat die appellant moontlik kon toeval as gevolg van `n gunstige volvoering van
die hangende geding
nie, maar wel van die appellant se reg, titel en belang in
die hangende geding.
Die appellant betoog verder dat alhoewel die tweede en
derde respondente beslag kon lê op sy reg, titel en belang in die
hangende geding en dit in eksekusie kon laat verkoop, hulle dit nie kon doen
met die doel om die geding tot 'n einde te bring
nie. So’n oogmerk,
is aldus die appellant se betoog, `n “ulterior motive” wat
“die regmatigheid van andersins
regmatige optrede negativeer”. Die
appellant voer aan dat dit uiters onbillik en teen die openbare belang is om
so’n
verkoping toe te laat. As gesag steun hy hoofsaaklik op die
beslissing in Whitfield v Van Aarde 1993 (1) SA 332 (EC)
(“Whitfield”).
In Whitfield het die applikant
aansoek gedoen vir die opskorting van `n eksekusieverkoping tot 14 dae na die
finale afhandeling van `n aksie deur
hom ingestel teen die respondent. Die
aksie was vir skade wat na bewering deur die applikant gely is as gevolg van
nalatige behandeling
deur die respondent, `n neurochirurg. Op die dag waarop met
die verhoor begin sou word, is die aksie op versoek van die applikant
uitgestel
omrede een van sy deskundige getuies hom die aand vantevore meegedeel het dat hy
van mening verander het. Die applikant
is beveel om die koste te betaal en op
grond van `n getakseerde kosterekening het die respondent op die applikant se
reg, titel en
belang in die aksie teen hom beslag gelê. Nepgen R het
beslis dat die hof `n inherente diskresie het om `n eksekusieverkoping
op te
skort (337F). In dié verband het hy gesteun op Graham v Graham
1950 (1) SA 655 (T) op 658 waar Clayden R na 'n verwysing na `n skuldeiser se
reg ingevolge die toepaslike reël om `n eksekusielasbrief
uit te reik,
gesê het “the discretion must, I think, still be in the Court to
stay the use of its process where ‘real
and substantial justice’
requires such stay, where injustice would otherwise be caused.”
Daarbenewens het Nepgen R gesteun
op Strime v Strime 1983 (4) SA 850 (C)
op 852A met dieselfde strekking; Soja Ltd v Tuckers Land Development
Corporation 1981 (2) SA 407 (W) (“Soja”) op 411A-C;
Bestbier v Jackson 1986 (3) SA 482 (W) op 484 I en First Consolidated
Leasing Corporation Ltd v Theron 1974 (4) SA 244 (T) op 247.
Ten
aansien van die vraag of hy sy diskresie ten gunste van die applikant moes
uitoefen, het Nepgen R gesê (op 339C-G):
“In my judgment a factor which has a considerable bearing on the
question of whether I should exercise my discretion in the
applicant's favour is
that the respondent has little, if any, prospect of obtaining satisfaction of
the whole or any part of the
judgment debt should the sale in execution be
allowed to take place. However, of even greater importance in this regard is the
fact
that it is apparent that the respondent is not really seeking satisfaction
of the judgment. His motive is to put an end to the litigation
by obtaining
possession and control of the applicant's claim against him. During the course
of argument this was expressly stated
by Mr Buchanan, who appeared on behalf of
the respondent, to be the respondent's only motive. . .
I have no hesitation whatsoever in coming to the conclusion that I should exercise my discretion in the applicant's favour. The contentions to the contrary, insofar as they relate to the actual payment of the costs, advanced on behalf of the respondent are of no significance, once it is realised that the respondent's motive is not to recover such costs but to put an end to the litigation. This is not a case of a judgment debtor having to pay the price of forfeiting his claim in order to put the judgment creditor in possession of funds which will go towards satisfying his claim, for the judgment creditor is not in this case seeking to obtain such funds. Therefore the reliance the respondent seeks to place on the dicta referred to in Madden's case supra and Marais v Aldridge and Others (supra), is unfounded. The true position is that the respondent is attempting to make use of a process of the Court, which is designed to enable him to obtain satisfaction of the judgment for costs granted in his favour, for the purpose of putting an end to the litigation against him and for that purpose only. His purpose is therefore an ulterior one. In this regard it is in my view appropriate to refer to what was stated by De Villiers JA in Hudson v Hudson and Another 1927 AD 259 at 268:
'When therefore, the Court finds an attempt made to use for ulterior purposes
machinery devised for the better administration of justice,
it is the duty of
the Court to prevent such abuse. But it is a power which has to be exercised
with great caution, and only in a
clear case.'
A clearer case of an abuse of the process of Court than the present one is
difficult to imagine.”
In Bestbier v Jackson 1986 (3) SA
482 (W), `n ander beslissing waarop die appellant steun, het die verweerder op
grond van `n kostebevel vanweë `n
uitstel van die saak op die eiser se
belang in die aksie beslag gelê. Hangende `n aansoek vir die hersiening
van die taksasie
van die betrokke kosterekening het die verweerder opdrag gegee
aan die balju om voort te gaan met die eksekusieverkoping. Die eiser
het daarop
aansoek gedoen vir die opskorting van die eksekusieverkoping. Coetzee R het die
aansoek toegestaan. Hy het saamgestem
met Nestadt R se beslissing in Soja
op 411A dat hy `n diskresie het om so’n bevel te maak. Dit was vir Coetzee
R duidelik dat die belang waarop beslag gelê
is geen waarde gehad het vir
enigiemand anders as die twee verweerders nie; dat, indien dit opgeveil sou
word, dit verkoop sou word
vir feitlik niks nie en dat die eiser van sy
vordering in die saak waarin die kostebevel gemaak is, ontneem sou word. Op
485B-F
het hy gesê:
“(T)his kind of execution is something that ought not to be and will
not be encouraged by the Courts. . . .
It is perfectly obvious that justice requires that this review of taxation be
proceeded with, or at least that the applicant be given
an opportunity to
proceed with it, and that, pending that, this rather harassing sale in execution
of his very cause of action in
that action, be stayed.”
Die
appellant betoog dat die feit dat, anders as in Whitfield, in die
onderhawige geval reeds `n verkoping plaasgevind het, nie enige verskil maak nie
omrede die tersydestelling van die eksekusieverkoping
nie die regte van
onskuldige derdes affekteer nie en dit moet volg, aldus die betoog, dat indien
die beslaglegging teen die openbare
belang is, die verkoping ook teen die
openbare belang moet wees.
Enige twyfel wat mag bestaan het oor die
bevoegdheid van `n hof om `n verkoping in eksekusie op te skort, is uit die weg
geruim
deur die bepalings van hofreël 45A wat uitdruklik bepaal dat die
hof die uitvoering van `n bevel mag opskort vir sodanige tydperk
as wat dit mag
goeddink. Waar die vonnisskuldeiser en beslaglegger van `n eiser se reg, titel
en belang in `n aksie die verweerder
in daardie aksie is, sal die feit dat die
eiser se eis, indien suksesvol, sy vonnisskuld teenoor die verweerder sal
uitwis, `n relevante
faktor wees wat die hof in die uitoefening van sy diskresie
ingevolge reël 45A in ag sal moet neem. Indien die verweerder `n
teeneis,
anders as `n vonnis maar wat deur die eiser erken word, teen die eiser gehad het
vir die betaling van `n geldsom, sou die
eiser ingevolge reël 22(4) kon
vra dat uitspraak ten opsigte van daardie gedeelte van die verweerder se teeneis
wat deur sy
eis, indien suksesvol, uitgewis sou word, uitgestel word tot tyd en
wyl uitspraak op sy eis gegee is. Uitspraak op die verweerder
se teeneis sou dan
in die geheel of gedeeltelik uitgestel word tensy die hof anders sou beveel.
Dit kan duidelik onbillik teenoor
`n verweerder wees om van hom te verlang om sy
skuld aan `n eiser te betaal indien dit moontlik uitgewis sal word deur `n
ongelikwideerde
teenvordering wanneer vonnis ten opsigte daarvan gegee word. Dit
is waarskynlik die oorweging wat aanleiding gegee het tot die aanname
van
reël 22(4). Dieselfde oorweging geld ook waar `n party tot `n geding `n
kostebevel teen `n ander party wat `n ongelikwideerde
vordering teen hom het,
wil afdwing. In die onderhawige geval was die beslaglegger natuurlik nie die
verweerder in die betrokke aksie
nie.
In Eastwood v Shepstone 1902
TS 294 (“Eastwood”) op 302 het Innes HR gesê:
“Now this Court has the power to treat as void and to refuse in any way
to recognise contracts and transactions which are against
public policy or
contrary to good morals. It is a power not to be hastily or rashly exercised;
but when once it is clear that any
arrangement is against public policy, the
Court would be wanting in its duty if it hesitated to declare such an
arrangement void.
What we have to look to is the tendency of the proposed
transaction, not its actually proved result.”
Ooreenkomste is
“against public policy” indien hulle teen die openbare belang is
(sien Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A)
(“Sasfin”) op 8A-C). Smalberger AR sê in Sasfin
op 8D:
“Agreements which are clearly inimical to the interests of the
community, whether they are contrary to law or morality, or run
counter to
social or economic expedience, will accordingly, on the grounds of public
policy, not be enforced”.
Alhoewel normaalweg `n onderskeid
getref word tussen kontrakte wat onwettig of onafdwingbaar is omrede hulle teen
die openbare belang
is of omrede hulle contra bonos mores is, wys
Smalberger AR daarop dat die klassifikasie van kontrakte in kontrakte wat
contra bonos mores is en kontrakte wat teen die openbare
belang is, omruilbaar is, en dat wanneer `n hof weier om `n kontrak af te dwing
dit per slot
van rekening gedoen word op grond van die openbare belang (8E-F).
Vir dié rede is die feit dat die appellant in sy besonderhede
van
vordering beweer het dat die verkoping contra bonos mores
was, maar betoog het dat dit teen die openbare belang was, van geen belang
nie.
Die waarskuwing in Eastwood om nie te geredelik te weier om
erkenning aan `n kontrak of transaksie te verleen op grond daarvan dat dit teen
die openbare belang
sou wees om dit te doen nie, is weer eens beklemtoon in
Sasfin. Smalberger AR sê in dié verband op 9 B en E:
“No court should ... shrink from the duty of declaring a contract
contrary to public policy when the occasion so demands. The
power to declare
contracts contrary to public policy should, however, be exercised sparingly and
only in the clearest of cases, lest
uncertainty as to the validity of contracts
result from an arbitrary and indiscriminate use of the power. One must be
careful not
to conclude that a contract is contrary to public policy merely
because its terms (or some of them) offend one’s individual
sense of
propriety and fairness. . . .
. . .
In grappling with this often
difficult problem it must be borne in mind that public policy generally favours
the utmost freedom of
contract, and requires that commercial transactions should
not be unduly trammelled by restrictions on that freedom.”
`n
Faktor wat in ag geneem moet word by die beoordeling van die vraag of `n
transaksie teen die openbare belang is al dan nie, is
dat die openbare belang
ook gedien word deur “simple justice between man and man” (sien
Sasfin op 9G en ook per Van Heerden AR op 28A-B; sien ook Botha (now
Griessel) v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A) op 783A-B).
Ek
handel eers met die vraag of die beslaglegging en eksekusieverkoping met die
doel om die hangende geding te beëindig en
nie om 'n vonnisskuld, synde die
tweede en derde respondente se getakseerde koste, te verhaal nie, 'n misbruik
van die regsproses
daargestel het.
In Hunter v Chief Constable of West
Midlands and Another [1981] 3 All ER 727 (HL) (“Hunter”)
het Lord Diplock gesê op 729:
“My Lords, this is a case about abuse of the process of the High Court.
It concerns the inherent power which any court of justice
must possess to
prevent misuse of its procedure in a way which, although not inconsistent with
the literal application of its procedural
rules, would nevertheless be
manifestly unfair to a party to litigation before it, or would otherwise bring
the administration of
justice into disrepute among right-thinking people. The
circumstances in which abuse of process can arise are very varied; those
which
give rise to the instant appeal must surely be unique. It would, in my view, be
most unwise if this House were to use this
occasion to say anything that might
be taken as limiting to fixed categories the kinds of circumstances in which the
court has a
duty (I disavow the word discretion) to exercise this salutary
power.”
Wat in `n bepaalde geval as `n misbruik van die
regsproses in Engeland beskou mag word, sal natuurlik nie noodwendig as sodanig
in Suid-Afrika beskou word nie. Die beginsel hierbo aangehaal en waarop die saak
beslis is, is egter dieselfde beginsel as waaraan
erkenning verleen is in
Hudson waarna in Whitfield verwys is en wat ook hierbo aangehaal
is. In Hudson het die eiser `n eksepsie opgewerp teen `n tweede
verweerder se verweerskrif op dieselfde basis as waarop eksepsie onsuksesvol
geneem
is teen die eerste verweerder se verweerskrif. Die hof het bevind dat dit
gedoen is slegs om `n uitstel te verkry en dat dit `n misbruik
van die
regsproses was. Die eksepsie is gevolglik geskrap. Die respondente het gepoog om
Hudson te onderskei op die basis dat die eiser in Hudson geen
bedoeling gehad het om `n eksepsie op te werp nie terwyl die bedoeling in die
onderhawige geval wel was om op die betrokke
reg beslag te lê en dit in
eksekusie te verkoop. In Hudson is geen aanduiding te vinde dat die
beslissing enigsins anders sou gewees het indien die eiser, ten einde `n uitstel
te verkry, van
voorneme was om deur die futiele oefening, om sy eksepsie te
argumenteer, te gaan nie. Dit blyk ook nie dat die hof van mening was
dat dit
nie die bedoeling van die eiser was nie. Dit is nietemin, aldus die respondente,
die basis waarop die beslissing in Hudson versoen moet word met die
beslissing in Tsose v Minister of Justice 1951 (3) SA 10 (A)
(“Tsose”).
In Tsose het Schreiner AR op 17G-H
gesê
“For just as the best motive will not cure an otherwise illegal arrest
so the worst motive will not render an otherwise legal
arrest
illegal.”
Tsose is gearresteer op `n klagte dat hy onwettig op `n
plaas was. Die saak teen hom is uitgestel en hy is op borgtog vrygelaat.
Daarna
en voor die datum waarna die saak uitgestel is, is hy weer eens gearresteer. Die
saak is na dieselfde datum as die vorige
een uitgestel maar geen borgtog is aan
hom verleen nie. Hy het aansoek gedoen vir `n interdik wat die polisie sou
verbied om hom
te arresteer op `n klagte van betreding terwyl `n ander klagte
van betreding hangende was. Dit was nie betwis dat die polisie te
kenne gegee
het dat hulle sou voortgaan om hom te arresteer wanneer ookal hy op die plaas
gevind word tot tyd en wyl hy die plaas
verlaat het nie. Die vraag was of
hierdie motief die arres onregmatig gemaak het. Schreiner AR het ten aansien van
hierdie vraag
beslis op 17 C-E:
“If the object of the arrest, though professedly to bring the arrested
person before the court, is really not such, but is to
frighten or harass him
and so induce him to act in a way desired by the arrestor, without his appearing
in court, the arrest is,
no doubt, unlawful. But if the object of the arrestor
is to bring the arrested person before the court in order that he may be
prosecuted
to conviction and so may be led to cease to contravene the law the
arrest is not rendered illegal because the arrestor’s motive
is to
frighten or harass the arrested person into desisting from his illegal
conduct.”
Tsose is geen gesag vir die proposisie dat waar die
prosedurereëls van die hof aangewend word ten einde `n ander doel te bereik
as
waarvoor hulle bestem is, `n hof niks daaromtrent kan doen nie. Die
arrestasies was waarskynlik wettige arrestasies ingevolge die
Strafproseswet 31
van 1917 wat op daardie stadium gegeld het en is nie gedoen ingevolge die
prosedurereëls van die hof nie.
Hulle is gevolglik nie geraak deur die
beginsel waarna in Hudson en Hunter verwys is nie.
In
Estate Logie v Priest 1926 AD 312 (“Estate Logie”)
het die hof beslis dat dit nie onbehoorlik van `n krediteur was om aansoek
te doen vir die sekwestrasie van sy skuldenaar se boedel
met die doel om
betaling van sy skuld te kry en nie om `n concursus creditorum te
bewerkstellig nie. Die hof was van mening dat die beweegrede van persone wat
sekwestrasieverrigtinge aanhangig maak normaalweg
was om betaling van hulle
skuld te verkry en dat hulle nie beïnvloed word deur altruïstiese
oorwegings of besorgdheid oor
ander skuldeisers wat hulle eie belange kan
behartig nie (319). Die hof was gevolglik van mening dat die regsproses nie
misbruik
is nie. In sy uitspraak het Solomon AR verwys na King v
Henderson [1898] AC 720 (“King”). Volgens Solomon AR (op
320) is in King beslis dat “it is neither fraud nor an abuse of the
powers of the Court to petition for a sequestration order with an indirect
motive, that is, for a purpose other than the equal distribution of the
testator’s assets, as, for example, to exclude the
appellant from a
partnership”. Hierdie passasie was egter nie bedoel om te sê dat
motief of doel nooit ter sake is nie
en dit is ook nie hoe Solomon AR dit
verstaan het nie. Al wat in King beslis is, is dat motief op sigself nie
`n misbruik van die regsproses daarstel nie. Lord Watson het op 731
gesê:
“In the opinion of their Lordships, mere motive, however reprehensible,
will not be sufficient for that purpose (to constitute
an abuse of process or a
fraud on the Court); it must be shewn that, in the circumstances in which the
interposition of the Court
is sought, the remedy would be unsuitable, and would
enable the person obtaining it fraudulently to defeat the rights of others,
whether legal or equitable.”
[Die gedeelte tussen hakies is deur my
ingevoeg.]
Ter illustrasie het Lord Watson verwys na Ex parte
Gallimore 2 Rose 424 (“Gallimore”); Ex parte
Wilbran 5 Madd. 1 (“Wilbran”); In re Davies 3 Ch.
D. 461 (“Davies”)en Ex parte Griffin 12 Ch. D. 480
(“Griffin”). In Gallimore is sekwestrasieverrigtinge
tersyde gestel nieteenstaande die feit dat al die vereistes aanwesig was omrede
die applikant `n indirekte
en onbehoorlike doel gehad het, naamlik die
beëindiging van `n huurkontrak. Dit is beskou as `n gebruik van die
prosedure vir
`n bedrieglike doel (King op 732). Na verwysing na en
goedkeuring van die stelling in Wilbran dat “the courts of justice
had no concern with the motives of parties who asserted a legal right” het
Lord Watson op
732 gesê:
“Motive cannot in itself constitute fraud, although it may incite the person who entertains it to adopt proceedings which, if successful, would necessarily lead to a fraudulent result; and it is not the motive, but the course of procedure which leads to that result, which the law regards as constituting fraud.”
(My kursivering.)
Hierdie passasie is met oënskynlike goedkeuring
deur Solomon AR aangehaal in Estate Logie (320).
In In re Majory
[1955] Ch 600 op 623-624 het Evershed M.R., Jenkins en Romer L.JJ. na
verwysing na verskeie gewysdes, ook Wilbran, gesê dat daar `n
algemene reël is “that court proceedings may not be used or
threatened for the purpose of obtaining
for the person so using or threatening
them some collateral advantage to himself, and not for the purpose for which
such proceedings
are properly designed and exist; and a party so using or
threatening proceedings will be liable to be held guilty of abusing the
process
of the court and therefor disqualified from invoking the powers of the court by
proceedings he has abused.” Die beginsel
dat die regsproses misbruik word
wanneer dit gebruik word vir `n doel waarvoor dit nie bestem is nie word ook in
Australië erken
(sien Packer v Meagher [1984] 3 NSWLR 486 op 492 en
T J M Products (Pty) Ltd v A & P Tyres (Pty) Ltd [1988] 78 ALR 579
(Federal Court) op 585).
Sedert die beslissing in Hudson is ook in
verskeie Suid-Afrikaanse beslissings geweier om toe te laat dat die regsproses
misbruik word deur die aanwending daarvan
vir 'n doel waarvoor dit nie bestem is
nie (vgl Janit v Motor Industry Fund Administrators (Pty) Ltd 1995 (4)
SA 293 (A) op 308G; Beinash v Wixley 1997 (3) SA 721
(SCA) ("Beinash") op 734G).
In Beinash moes die hof beslis of
die uitreiking van 'n getuiedagvaarding 'n misbruik van die regsproses was.
Mahomed HR sê op 734 F-G:
"What does constitute an abuse of the process of the Court is a matter which
needs to be determined by the circumstances of each case.
There can be no
all-encompassing definition of the concept of 'abuse of process'. It can be
said in general terms, however, that
an abuse of process takes place where the
procedures permitted by the Rules of the Court to facilitate the pursuit of the
truth are
used for a purpose extraneous to that objective. ... A subpoena
duces tecum must have a legitimate purpose."
In Standard
Credit Corporation Ltd v Bester 1987 (1) SA 812 (W) is in nog meer algemene
terme gesê (op 820A-B):
"In general terms, however, an abuse of the process of the court can be said
to take place when its procedure is used by a litigant
for a purpose for which
it was not intended or designed, to the prejudice or potential prejudice of the
other party to the proceedings."
In Goldsmith v Sperrings Ltd
[1977] 2 All ER 566 [CA] was die vraag of sekere aksies `n misbruik van die
regsproses daargestel het. Scarman LJ het die toets soos
volg geformuleer op
582c:
“In the instant proceedings the defendants have to show that the
plaintiff has an ulterior motive, seeks a collateral advantage
for himself
beyond what the law offers, is reaching out ‘to effect an object not
within the scope of the process’: Grainger v Hill (1838) 4 Bing NC 212
at 221 per Tindal CJ. In a phrase, the plaintiff’s purpose has to be
shown to be not that which the law by granting a remedy offers
to fulfil, but
one which the law does not recognise as a legitimate use of the remedy sought:
...”
Dit is nie net die hoofdoel waarvoor 'n spesifieke
regsproses bestem is wat geoorloof is nie en ek meen nie dat die voormelde
formulerings
van die toets om te bepaal of 'n aanwending van die regsproses 'n
misbruik daarvan is, verstaan moet word om te sê dat dit
die geval is nie.
Die aanwending van 'n regsproses vir 'n doel anders as die spesifieke doel
waarvoor dit bestem is, kan nietemin
redelik wees. Dit sal die geval wees
indien daardie doel binne die breë bestek van die betrokke regsproses val.
So byvoorbeeld
kan in sekere omstandighede aansoek gedoen word vir 'n bevel dat
die eiser sekuriteit vir koste verskaf. 'n Verweerder wat so 'n
aansoek doen
met die doel om 'n einde aan die litigasie te maak, maak nietemin redelike
gebruik van die betrokke regsproses omrede
sy doel binne die breë bestek
van die betrokke regsproses val. Dit is in die woorde van Mahomed HR 'n
"legitimate purpose".
Daarteenoor, indien dit onredelik is om die regsproses
vir sodanige doel te gebruik, word dit misbruik. Dit sal die geval wees
indien
die regsproses gebruik word vir 'n doel wat geen verband hou met die doel
waarvoor dit bestem is nie.
In King, Wilbran en Estate
Logie was die hof nie van mening dat die regsproses onbehoorlik aangewend is
nie. In beide Wilbran en King is beslis dat `n sekwestrasie om die
vennootskap wat aan die applikant geld skuld te ontbind eenvoudig `n bymotief
was wat geen misbruik
van die prosedure daargestel het nie. In Estate
Logie is na my mening heeltemal tereg bevind dat die aanwending van die
sekwestrasieprosedure ten einde betaling van `n geldskuld te bekom
nie `n
onbehoorlike aanwending van daardie prosedure was nie.
Weer eens word nie
te kenne gegee dat wat elders beskou is as `n misbruik van die regsproses ook in
Suid-Afrika so beskou sal word
nie. Opvattings verander van tyd tot tyd en van
gemeenskap tot gemeenskap
Die uitwinningsprosedure vervat in die
hofreëls is bestem om gebruik te word om `n vonnisskuld te verhaal. In die
onderhawige
geval het die respondente die uitwinningsproses ten opsigte van die
appellant se reg, titel en belang in die hangende geding teen
die vyfde
respondent aangewend, nie om die appellant se vonnisskulde teenoor die tweede en
derde respondente of `n gedeelte daarvan
te verhaal nie, maar wel om sodanige
reg, titel en belang te bekom ten einde die litigasie te beëindig.
Die
respondente betoog dat soortgelyke optrede goedgekeur is in die sake Marais
v Aldridge 1976 (1) SA 746 (T) (“Marais”), Madden v BP
Southern Africa (Pty) Ltd 1967 (2) SA 326 (D) (“Madden”),
Mahabeer v Rajpathi 1961 (4) SA 269 (D) (“Mahabeer”)en
Klisser v Gold 1961 (1) SA 821 (D) (“Klisser”). Na my
mening is dit nie so nie.
In Marais het `n derde party op `n eiser
se belang in `n aksie beslag laat lê en is dit in eksekusie verkoop aan
die verweerder in die
aksie. Enige samespanning tussen die derde party en die
verweerder is ontken. Daar was geen suggestie dat die derde party nie gepoog
het
om die eiser se vonnisskuld teenoor hom te verhaal nie. Onder die omstandighede
stem ek saam met die stelling van Melamet R wat
die saak beslis het, dat dit nie
saak maak dat die koper die reg van die eiser om met die aksie voort te gaan,
sou frustreer nie
(750C). Die uitwinningsprosedure is nie misbruik nie. Die
derde party het dit gebruik om sy vonnisskuld te verhaal.
In Madden
het die respondent beslag laat lê op die applikant se belang in die
uitslag van `n appèl wat die applikant aangeteken
het teen `n vonnis ten
gunste van die respondent betreffende die applikant se reg op okkupasie van
sekere persele. Die applikant
het aansoek gedoen vir `n opskorting van die
eksekusieverkoping op grond daarvan dat die respondent sy reg kon inkoop en die
appèl
kon frustreer. Miller R het soos volg beslis (328 A-C):
“It seems to me to be correct that in the event of Mr. Friedman's
clients purchasing this particular asset, namely the interest
which the judgment
debtor has in the appeal presently pending, he could in effect frustrate the
applicant's whole intent and purpose,
which is to have the decision of this
Court set aside by a higher tribunal. It does not follow, of course, that the
judgment creditor
will acquire this right at the sale in execution but, even if
he does and decides to utilise his right in a way which would frustrate
the
applicant's right of appeal, that is merely one of the incidents of the sale in
execution; it is part of the price which the
judgment debtor, who cannot pay his
creditor in any other way, has to pay in order to put the judgment creditor in
possession of
funds which will go towards satisfying his claim.
No other ground has been advanced by the applicant why the advertised sale
should be stayed nor am I aware of any.”
Dit is dus nie aangevoer
dat die uitwinningsprosedure nie aangewend word om `n skuld te verhaal nie. Wat
die effek sou wees indien
dit die geval was, is gevolglik nooit deur die hof
oorweeg nie.
Ook in Klisser en Mahabeer, waarin die
applikante aansoek gedoen het vir bevele wat die balju magtig om op hul
teenpartye se belange in die betrokke gedinge
beslag te lê, is nie
aangevoer dat die uitwinningsprosedure nie aangewend word vir die doel waarvoor
dit bestem is nie en dat
dit gevolglik `n misbruik van die regsproses daargestel
het nie.
Alhoewel die sake waarna hierbo verwys is en waarin gehandel
word met 'n misbruik van die regsproses, meestal handel met 'n misbruik
van die
resproses insoverre dit betrekking het op die litigasieproses,bestaan daar na my
mening geen logiese rede of beginsel op
grond waarvan 'n hof se plig om 'n
misbruik van die "machinery devised for the better administration of justice"
(synde die woorde
gebruik in Hudson) te voorkom, beperk behoort te word
tot die litigasieproses nie en waarom dit nie ook moet geld ten opsigte van die
eksekusieproses
nie.
Dit is onwaarskynlik dat enigiemand anders as `n
verweerder, of `n vriend van die verweerder, of `n persoon wat `n belang in die
verweerder het (hierna `n handlanger genoem), met die doel om `n einde aan die
litigasie te maak, op `n eiser se eis teen die verweerder
sal laat beslag
lê en dit sal koop op die eksekusieverkoping. So’n aanwending van
die eksekusieproses is `n aanwending
daarvan vir `n doel wat geen verband hou
met die doel waarvoor die uitwinningsproses bestem is nie. Daar is ander
prosedures wat
gevolg kan word om `n eiser aan bande te lê indien beweer
word dat die verrigtinge deur hom ingestel, kwelsugtig is. So’n
aanwending
van die uitwinningsproses is verder `n aanwending daarvan wat onbillik teenoor
`n verweerder kan wees en wat die regsadministrasie
in `n swak lig kan stel.
Indien dit toegelaat word, kan enige kostebevel of enige ander skuld van `n
minvermoënde eiser teenoor
die verweerder of `n handlanger of 'n skuld wat
deur die verweerder of handlanger bekom kan word, fataal wees vir die eiser se
eis.
Dit kan meebring dat hy, omrede hy nie `n skuld kan betaal nie, sy eis
ontneem word sonder dat sy skuld enigsins verminder word en
dít deur die
aanwending van `n prosedure wat nie vir daardie doel bestem is nie. Dit is so
omrede litigasie `n baie duur
en uitgerekte proses kan wees en in baie gevalle,
veral waarskynlik waar die eiser `n minvermoënde, ongesofistikeerde persoon
is; die verweerder `n vermoënde persoon is; die eis hand en tand beveg word
en die bewys daarvan afhang van die eiser se getuienis,
daar hoegenaamd geen
mark vir daardie eis sal wees nie. Indien so’n proses toegelaat word, word
die minvermoënde eiser,
indien hy 'n fout in die geding deur hom ingestel
sou maak wat 'n kostebevel teen hom tot gevolg het, uitgelewer aan die genade
van die verweerder. Die feite in Whitfield illustreer die onbillike
resultate wat sulke optrede tot gevolg kan hê. In die onderhawige geval
het die appellant, wat met
regshulp litigeer en wat geen ander bates gehad het
waarop beslag gelê kon word nie, dan ook sy eis verloor sonder dat sy
vonnisskuld
teenoor die tweede en derde respondente verminder het. Aan die ander
kant sal dit geensins onbillik wees om nie die verweerder of
`n derde toe te
laat om so op te tree nie. Al wat van hulle verlang word, is om nie die
regsproses te gebruik vir `n doel waarvoor
dit nie bestem is nie.
Vir die
voormelde redes is ek van mening dat die beslaglegging op appellant se reg,
titel en belang met die doel om dit by die eksekusieverkoping
te koop ten einde
`n einde aan die litigasie te maak en nie om die onderliggende vonnisskuld te
verhaal nie, `n misbruik van die
uitwinningsproses was wat nie toegelaat behoort
te word nie.
Dit is betoog dat selfs indien die beslaglegging tersyde
gestel kon word dit nie meer die geval was toe die verkoping plaasgevind
het
nie. Aldus die betoog moes die appellant aansoek gedoen het vir die opskorting
van die tenuitvoerlegging van die hofbevel. Nieteenstaande
die feit dat die
appellant nie aansoek gedoen het vir die opskorting van die beslaglegging nie,
was die eksekusieverkoping `n integrale
deel van die misbruik wat van die
uitwinningsproses gemaak is. Die misbruik is van so 'n aard en die gevolge
daarvan is sodanig
dat dit teen die openbare belang is om dit toe te laat. Die
verkoping as sulks was gevolglik teen die openbare belang
In
Sookdeyi v Sahadeo 1952 (4) SA 568 (A) op 572A verwys Van den
Heever AR na die traagheid, volgens ons gewysdes, om met eksekusieverkopings wat
reeds
uitgevoer is in te meng. Hy noem egter ook dat hulle in sekere
uitsonderlike gevalle aangeveg kan word. Daar kan na my mening geen
rede bestaan
waarom `n eksekusieverkoping wat teen die openbare belang is nie tersydegestel
kan word as geen onskuldige derdes deur
so’n tersydestelling geraak sal
word nie.
Ek meen gevolglik dat die appèl behoort te slaag en
dat die eksekusieverkoping tersyde gestel behoort te word.
__________________
P E STREICHER
APPéLREGTER
NGOEPE Wnd AR - Stem saam
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1999/7.html