![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID AFRIKA
In die saak tussen
VAAL REEFS EXPLORATION
AND
MINING COMPANY
LIMITED Appellant
en
BRENDA
BENJAMIN BURGER Respondent
HOF: VAN HEERDEN Adj HR, GROSSKOPF, HARMS, MARAIS en STREICHER ARR
VERHOOR: 27 Augustus 1999
GELEWER: 21 September 1999
Sleutelbegrip: Art 15 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984
UITSPRAAK
MARAIS/AR
MARAIS AR:
[1] Ek het die
voordeel gehad om die uitspraak van Harms AR te lees. Ek is dit met hom
eens dat die appèl moet slaag maar om ander redes. Ek glo nie dat dit op
die pleitstukke die
hof vrystaan om te bevind dat die sessie aksessoor t.o.v.
die hoofskuld is en nie die borgverpligting nie. Appellant (eiser) se
saak was
juis die teendeel. In bede (c) het appellant uitdruklik gevra vir ‘n
verklarende bevel “declaring the plaintiff
to be holding as security
for the aforesaid claim against the defendant [nie die hoofskuldenaar
nie] the proceeds standing to the credit of account number 11994091009 with
Saambou Bank and declaring the
plaintiff to be entitled to the proceeds so
standing to the credit of such account up to a maximum of R500 000,00". (My
beklemtoning.)
As appellant sou beweer het dat die sessie ter onderskraging
van die hoofskuldenaar se verpligting gegee was, sou respondent dit
moontlik
betwis het en, indien nodig, in die alternatief gepleit het dat, as die
ooreenkoms anders vertolk moet word dit nie ‘n
juiste weerspieëling
van die gemeenskaplike bedoeling was nie.
[2] Die bede berus ook, na
my mening, op die korrekte vertolking van die dokument. Nêrens is daar
enigiets daarin
te vinde wat sou aandui dat die sessie nie ter ondersteuning van
die borgstelling was nie maar ter ondersteuning van die hoofskuldenaar
se skuld.
Trouens, sonder die meegaande borgstelling sou dit moeilik gewees het om te
konkludeer dat die sessie nie ‘n uit
en uit sessie maar ‘n sessie
in securitatem debiti was. Selfs as die mondelinge getuienis voor die
hof a quo as toelaatbaar beskou word nieteenstaande die afwesigheid van
enige eis vir rektifikasie deur die appellant, is daar geen stawing
vir so
‘n bevinding nie. Dit is nie verbasend nie want, soos ek voorheen
gesê het, was dit nie die appellant se saak
dat die sessie ter
ondersteuning van die hoofskuld was nie. Toe die appellant se advokaat die
appellant se saak geopen het, het
hy gesê “Your Lordship will note,
it is a composite document this. It has two elements; it has a cession and it
has
a suretyship. No doubt the defendant will contend that it (sic) is
inextricably tied up and interdependent.” Die respondent
se advokaat het
op sy beurt die volgende gesê: “In the plaintiff’s particulars
of claim what they claim is firstly
.................. payment of the amount of
R500 000,00 which is the amount of the suretyship, and then in prayer (c) a
declarator
to the effect that the plaintiff is holding as security the cession
of the investment. So what plaintiff (my onderstreping) contends is that
they are interrelated and the cession was done as a security, and the argument
of the defendant
in that regard would be that that is specifically excluded by
the powers bestowed on the curatrix in terms of the court order. She
cannot
cede anything unless it is for a valid reason.” Hy het later gesê:
“If your Lordship finds that the suretyship
was valid, then the matter
will continue as to whether there was any indebtedness, and everything is
dependent on the principal debtor’s
indebtedness. If your Lordship finds
that the suretyship is valid (sic - hy het klaarblyklik
“invalid” bedoel) in law, then the defendant contends that the
plaintiff’s claim cannot succeed
at all.” Kort daarna het die hof
gesê: “You say a finding on the validity of the suretyship is
simultaneously
a finding on the validity of the cession?” Die antwoord
was: “Yes, and I would point out to your Lordship that in terms
of the
powers given to the curatrix, ............. she cannot pledge
anything....................................” Laasgenoemde
verwysing was
na die woorde “of vir enige regsgeldige rede te verpand, of met verband te
verswaar” in paragraaf 4 van
die aanhangsel tot die hofbevel. Daar was
daarna geen poging aangewend om aan te toon dat die sessie nie ter ondersteuning
van die
borgstelling was nie of dat dit van die borgstelling skeibaar was
nie.
[3] Ek glo nie dat dit gesê kan word dat die sessie en
die borgstelling volgens algemene beginsels skeibaar is nie.
Geen sodanige
betoog is deur appellant se advokaat geopper nie. Die blote feit dat die sessie
se ware juridiese kleur (in securitatem debiti) slegs bepaalbaar is as
gevolg van sy koppeling aan die borgstelling is op sigself ‘n sterk
aanduiding dat hulle nie bedoel
was om skeibaar te wees nie.
[4] Nog
‘n aanduiding dat hulle nie selfstandige en skeibare verpligtings is nie
is dat die enigste verwysing in die
betrokke dokument na ‘n beperking van
aanspreeklikheid tot die bedrag van R500 000,00 in die borgstelling gedeelte
daarvan(as
daar van gedeeltes gepraat kan word) te vinde is. As die
borgstelling weggedink word, word die sessie nie alleen ‘n uit en
uit
sessie nie maar ook ‘n sessie van al die geld wat tot die krediet van die
betrokke rekening mag staan. Selfs as dit nog
steeds as ‘n sessie in
securitatem debiti beskou sou kan word, en selfs as aanvaar kan word dat die
sessie ter ondersteuning van die hoofskuld was, as die bedrag bv R600 000,00
was
en as die hoofskuldenaar dieselfde of ‘n groter bedrag verskuldig was, sou
dit volg dat die hele R600 000,00 deur die skuldeiser
aangewend sou kon word ter
betaling van die skuld. Dit was seer sekerlik nie die bedoeling van die partye
nie en dit sou lynreg
met die gewone betekenis van die betrokke dokument
bots.
[5] Die gevolg hiervan is dat die saak benader moet word op
die grondslag dat, soos deur die hof a quo bevind, die sessie en die
borgstelling nie van mekaar geskei kan word nie en dat, as dit so is dat die
borgstelling ongeldig is,
dit moet volg dat die sessie, as aksessore
verpligting, onafdwingbaar is. Dit is derhalwe nodig om te beslis of daar enige
ander
grondslag is waarop bevind kan word dat die sessie en borgstelling geldig
en afdwingbaar is.
[6] Uit die aard van die saak kon die hof wat mev
Burger as kurator aangestel het nie die bepalings van art 14 en 15 in gedagte
gehad het nie want daardie bepalings was destyds nie van toepassing op die
huwelik nie. Daar was destyds geen statutêre beperking
op die
gemeenregtelike bevoegdheid van die pasiënt om ‘n borgstelling aan te
gaan en die gemeenskaplike boedel daardeur
te verbind nie. Toe die hof besluit
het om die pasiënt se gade as sy kurator aan te stel wel wetend dat hulle
binne gemeenskap
van goedere getroud is, moes dit besef het dat, as gevolg van
die aanstelling, mev Burger die enigste persoon sou wees met die bevoegdheid
om
namens beide hom en die gemeenskaplike boedel op te tree. Gegewe die intieme
verhouding tussen haar en die pasiënt, die
mutualiteit van belange, en die
praktiese probleme waarvoor sy te staan sou kom in haar daaglikse lewe indien sy
nie vir alle doeleindes
met die bevoegdhede van die pasiënt beklee sou word
nie, was dit te verwagte dat die hof wye magte aan haar sou toestaan.
[7]
Volgens paragraaf 2 van die bevel word mev Burger “aangestel .......as
kurator tot sy persoon en goedere en met die
bevoegdheid en magtiging
beklee........... om in die algemeen alle sake met betrekking tot sy persoon en
goedere te behartig, ooreenkomstig
die voorskrifte van aanhangsel
‘A’ ........”. Sommige van die voorskrifte is deur Harms
AR aangehaal. As daar gekyk word na die verreikende magte deur die hof aan
mev Burger verleen, is die moeilik om te bevind dat sy nie
gemagtig was om
‘n borgstelling aan te gaan wat die gemeenskaplike boedel sou verbind nie.
Trouens, as sy nie daardeur gemagtig
was om dit te doen nie, sou daar destyds
niemand gewees het wat bevoeg sou wees om dit te doen nie. Ek vind dit moeilik
om te aanvaar
dat dit die hof se bedoeling was.
[8] Toe die
tersaaklike bepalings van die Wet toepaslik gemaak is op huwelike binne
gemeenskap van goed wat voor die inwerkingtreding
van die Wet gesluit is, was
Mev Burger alreeds deur die hof as kurator aangestel en gemagtig om haar
eggenoot en die gemeenskaplike
boedel ooreenkomstig ‘n borgstelling te
verbind. Die feit dat die wysiging van die Wet daarna op hulle van toepassing
geword
het, het meegebring dat sy in haar eie reg magte bekom het wat sy nie
voorheen gehad het nie, maar dit het nie die magte deur die
hof aan haar verleen
toe sy as kurator aangestel is tot ‘n einde gebring of beperk nie. Sy het
bevoeg geword as gevolg van
art 14 van die Wet om ‘n borgstelling namens
haarself aan te gaan en die gemeenskaplike boedel daardeur te verbind mits sy
haar eggenoot se skriftelike toestemming bekom het. Sy was alreeds bevoeg as
gevolg van haar aanstelling deur die hof om namens
haar eggenoot ‘n
borgstelling aan te gaan en die gemeenskaplike boedel te verbind. Die
gekombineerde uitwerking van die aanstelling
as kurator en die wysiging van die
Wet was in wese om sy en haar eggenoot se juridiese bevoegdhede in haar te
verenig.
[9] Ek is met Harms AR dit eens dat so ‘n
geval nie deur art 15 (2) geraak is nie. Die bepaling het betrekking op
‘n situasie waar die gade
wat die betrokke regshandeling wil verrig die
toestemming van die ander gade nodig het en dit nog nie het nie. In hierdie
geval was
mev Burger beklee met die bevoegdheid om die regshandelinge te verrig
wat sy verrig het. Om die redes deur Harms AR uitgestip sou dit absurd
wees om daarop aan te dring dat sy toestemming aan haarself op die formalistiese
wyse in die Wet uiteengesit
moet gee voordat sy ‘n party tot ‘n
regsgeldige transaksie kan wees.
[10] Ek stem ook saam met
Harms AR se opmerkings i.v.m. prof de Wet se siening in sy
oorspronklike bydrae in 1 LAWSA par 107 dat “a contract can
only come
into being by agreement between at least two persons”.
[11]
Na my mening moet die appèl slaag met koste en die bevel van die hof a
quo vervang word met die volgende bevel:
“(a) It is declared that the cession in securitatem debiti and the suretyship obligation contained in the undertaking of 7 December 1994 are valid in law and binding upon the joint estate;
(b) Defendant is ordered to pay the costs attributable to the separate hearing of specific issues.”
R M MARAIS
APPèLREGTER
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1999/68.html