![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 138/97
In die saak
tussen:
PAULUS PHILLIPUS
BRUMMER Appellant
en
GORFIL BROTHERS INVESTMENTS (PTY) LTD Eerste
Respondent
SOLLY GORFIL Tweede
Respondent
DAVID GORFIL Derde Respondent
NYLSTROOM HOTEL
BK Vierde Respondent
CORAM : Van Heerden AHR, Nienaber, Harms, Streicher ARR
en
Ngoepe Wnd AR
VERHOOR : 12 November 1998
GELEWER : 5 Maart
1999
________________________________________________________________
UITSPRAAK
________________________________________________________________
/NIENABER AR
NIENABER AR:
Die uitspraak van Streicher AR het ek gelees. Ons
verskil, vrees ek, wesenlik van mekaar oor die tweede van die twee vrae wat in
die loop van die appèl ter sprake gekom het. Die vrae is:
(1) of die “reg, titel en belang” waarop beslag gelê en wat in eksekusie verkoop is, regtens beslaglegbaar was; en
(2) of die beslaglegging en eksekusieverkoping
agterna nietig verklaar kan word.
Ad (1) : Of die “reg,
titel en belang” waarop beslag gelê en wat in eksekusie verkoop is,
regtens beslaglegbaar was.
Nóg die eksekusielasbrief, nóg
die stukke in verband met die geregtelike verkoping het van die dokumentasie
voor die
hof deel gevorm. Wat verkoop is, is agtereenvolgens in die
pleitstukke, die voorverhoornotule en in die korrespondensie beskryf
as die
eiser se reg, titel en belang “in die hangende geding”, “in sy
eis” en “in die betrokke saak”.
(Ek verwys, na gelang van die
geval, na die appellant as die eiser en na die betrokke respondente as die
verweerders.)
Die eiser betoog dat wat in werklikheid tydens die geregtelike
verkoping verkoop (en gevolglik gesedeer) is ‘n spes was, te wete,
die spes dat die hof, na afhandeling van die geding, ‘n bepaalde
bedrag aan hom sou toeken; en dat daar regtens, volgens Mears v Pretoria
Estate and Market Co Ltd 1906 TS 661 en die gesag wat daarop gevolg het, nie
op ‘n blote spes beslag gelê kan word nie.
Tydens betoog
is daar nie na Waikiwi Shipping Co Ltd v Thomas Barlow and Sons (Natal) Ltd
and Another 1978 (1) SA 671 (A) verwys nie. In die uitspraak van Jansen AR
is daar wel dicta wat met die eerste oogopslag die indruk mag skep dat
wat in die geval van ‘n res litigiosa sedeer word, juis
‘n spes is (te 677H; 678A; 678H-679B). Blykens die uitspraak het
‘n actio in personam in die gemene reg by litis contestatio
‘n actio litigiosa geword. Voor daardie moment kon ‘n
vorderingsreg ten opsigte waarvan aksie ingestel is, wel sedeer word. Na
litis contestatio verander die posisie egter. Aldus verklaar Jansen AR
te 678E-H:
“That after litis contestatio a plaintiff should not be entitled by mere agreement between himself and a third party to transfer his right to prosecute the action, appears to be not only in conformity with the basic principles of our law but also in conformity with our present day practice. If the Roman prohibition against alienation of actiones litigiosae still obtains - cadit quaestio. If the relaxation of the prohibition, which clearly occurred in Holland in respect of res litigiosae, is also related, by way of analogy, to the alienation of actiones, it follows that such purported alienation cannot be complete - it is only effective salvo jure the defendant. In practice any purported transfer after litis contestatio could only become effective if the Court allowed the cessionary to be substituted as the plaintiff. This is a matter apparently within the discretion of the Court and the Court will refuse the substitution if there is any prejudice to the other side (Friedman v Woolfson, supra at p. 525H). The transfer is, therefore, only perfected when the Court gives its seal of approval by granting the substitution.”
Waikiwi was nie begaan oor
beslaglegging en geregtelike verkopings nie. Daar was die vraag of die
verweerder (die eiser in rekonvensie)
wat sy “right, title and interest to
the claim” teen die eiser (die verweerder in rekonvensie) na litis
contestatio aan ‘n derde sedeer het, daarmee sy locus standi
verbeur het om die saak voort te sit. Die verhoorhof oordeel van ja; hierdie
hof van nee.
Die beginsel wat na my mening uit die Waikiwi-beslissing
te abstraheer is, is dit: waar ‘n vorderingsreg wat die onderwerp van
‘n geding is na litis contestatio sedeer word, moet die
sessionaris, as hy die geding in eie naam wil voortsit, by die hof aansoek doen
om as eiser gesubstitueer te
word; alvorens hy dit doen, beskik hy nie oor die
nodige locus standi nie; die keersy is dat die sedent, tot tyd en wyl
sodanige substitusie plaasvind, nie sy locus standi verbeur nie. Dit is
‘n suiwer prosesregtelike aangeleentheid waarvoor daar gesonde praktiese
redes bestaan.
Afhangende van wat die partye afspreek, gaan die
vorderingsreg waaroor daar gelitigeer word by die sessie daarvan, op een aspek
na,
op die sessionaris oor. Daardie aspek is die sessionaris se bevoegdheid om
die aksie in eie naam voort te sit. Dit staan die partye
natuurlik vry om
onderling ooreen te kom dat die sedent, wat sy locus standi behou (vgl
Portion 1 of 46 Wadeville (Pty) Ltd v Unity Cutlery (Pty) Ltd
and Others 1984 (1) SA 61 (A)), die aksie in eie naam sal voortsit en aan
die sessionaris van die opbrengs daarvan rekenskap doen. Andersins
is
substitusie nodig.
In die loop van die uitspraak word na Government of
the Republic of South Africa v Ngubane 1972 (2) SA 601 (A) verwys. Daar het
dit gegaan oor ‘n reg op genoegdoening wat nie voor nie maar wel na
litis contestatio sedeerbaar was. Om hierdie eienaardigheid te verklaar,
het Holmes AR in Ngubane se saak ‘n onderskeid getref tussen die
“interest in the claim” en die “interest in the result of the
litigation”.
In Waikiwi het Jansen AR hierdie onderskeid te 677H
na drie gevalle verfyn, te wete, “(i) the original founding right, (ii)
the right
arising from litis contestatio to proceed with the action to
its conclusion, (iii) the spes in respect of the benefits that will
flow from the successful conclusion of the proceedings.”
Op 678H tot
679A word dan gesê:
“To the extent that the dictum in Ngubane's case assumes that a right to prosecute a claim is not freely cedable, it, with respect, appears to be correct. It is, therefore, understandable that it could be said that a cession after litis contestatio should be construed as a cession of the spes, thus giving some immediate legal effect to the agreement. This, however, can only be the general rule. The agreement may in terms envisage a transfer of the right to prosecute the action, but in such a case it will only in law divest the plaintiff of his right if and when the Court grants substitution of the plaintiff.”
Die klem val op die
woord “freely”. Wat nodig is, indien die sessionaris die aksie wil
voortsit, is ‘n addisionele
stap, te wete, sy substitusie as eiser. Die
verwysing na ‘n spes is ‘n verwysing na die situasie waarmee
Ngubane se saak te doene gehad het.
Of die onderskeid wat tussen die
drie genoemde gevalle in Waikiwi getref word, dogmaties suiwer is, is
debateerbaar (vgl Lubbe, (1980) 43 THRHR 117 126-129). Dit bly ‘n vraag
of dit regtens
doenlik is om die bevoegdheid “to prosecute the
action” van die vorderingsreg self af te skilfer (vgl First National
Bank of SA Ltd v Lynn NO and Others 1996 (2) SA 339 (A) te 352C-D; 2 Lawsa
(first re-issue) par 229 voetnoot 14; par 241 voetnoot 3; par 272 voetnoot
14); en of die
dictum in Waikiwi tred hou met die regsreël
dat ‘n vorderingsreg nie by wyse van sessie en sonder die instemming van
die skuldenaar versplinter
kan word nie (2 Lawsa a.w. par 259). Dit daar
gelaat.
Ek is dit met my kollega eens dat Waikiwi nie meebring dat
die vorderingsreg in die onderhawige geval nie regsgeldig deur middel van die
geregtelike verkoping op die eerste
verweerder oorgedra is nie; voorts, dat wat
die eerste verweerder aldus ingekoop het, nie bloot ‘n spes was
nie.
Gevolglik is dit nie nodig om op die verdere vraag in te gaan of die
beredenering in die Mears saak, supra, op die feite van die
huidige geval van toepassing is nie.
Ad (2) : Of die beslaglegging
en eksekusieverkoping agterna nietig verklaar kan word:
Dit wil voorkom
of daar twee gronde is aan die hand waarvan gesê word dat die betrokke
beslaglegging en die eksekusieverkoping
agterna nietig verklaar kan
word.
Die eerste is dat sodanige optrede op ‘n misbruik van die
sogenaamde regsproses neerkom. Die tweede is dat die eerste en vyfde
verweerders se optrede met die openbare belang strydig is.
Indien
eersgenoemde ‘n goeie grond vir die aanvegting van die beslaglegging en
die eksekusieverkoping is, is laasgenoemde grond
onnodig. Kom die
regshandelinge waarteen beswaar gemaak word daarenteen nie op ‘n misbruik
van die regsproses neer nie, is
dit moeilik in te sien hoe hulle origens met die
openbare belang strydig kan wees. Ewewel, die tweede grond kom net te pas as
die
eerste grond misluk.
Wat die begrip “misbruik van die
regsproses” presies behels, is nie allesins duidelik nie. Die gesag
waarop daar in
die uitspraak van my kollega gesteun word, het te make met
‘n moontlike misbruik van die hofproses (“abuse of the
process of the court”) en nie met ‘n misbruik van die
regsproses (“abuse of the legal process”) nie. Word dit in
die breedste sin verstaan, het mens denkbaar met die leerstuk
van
“misbruik van reg” te doen, iets waarna die advokaat vir die eiser
in sy betoog verwys het, maar wat nie in my ampsbroer
se uitspraak genoem word
nie. Van daardie leerstuk kan daar in die onderhawige geval in elk geval nie
sprake wees nie aangesien
die verweerders opgetree het, nie met die uitsluitlike
oogmerk om die eiser te na te kom nie, maar om die belange van die vyfde
verweerder
te bevorder (vgl Neethling et al Deliktereg, 3de uitg,
112-113).
“Misbruik van die regsproses”, wat dit ookal presies
mag beteken, moet onderskei word van “misbruik van die hofproses
oftewel
hofprosedure”. In laasgenoemde sin is dit gepleit. ‘n Hof, so is
meermale al geleer, beskik oor die inherente
bevoegdheid om enige misbruik van
sy verrigtinge hok te slaan. Dit is ‘n bevoegdheid wat aan die gemene reg
ontleen en gedeeltelik
ook statutêr gereël word. (Sien oor die
algemeen Herbstein & Van Winsen, The Civil Practice of the Supreme Court
of South Africa, 4de uitg, 546-7; 1110 - 1113; die Wet op Kwelsugtige
Gedinge 3 van 1956; en artikel 173 van die Grondwet 108 van 1996.)
Ek bepaal
my hoofsaaklik by die gesag waarna my kollega in sy uitspraak verwys. Die
buitelandse gewysdes het deur die bank met ‘n
beweerde misbruik van die
hofproses in die loop van die litigasieproses te doen.
Wat die Engelse reg
betref, bepaal Order 18 soos volg:
“1) The Court may at any stage of the proceedings order to be struck out or amended any pleading or the indorsement of any writ in the action, or anything in any pleading or in the indorsement, on the ground that -
(a) it discloses no reasonable cause of action or defence, as the case may be; or
(b) it is scandalous, frivolous or
vexatious; or
(c) it may prejudice, embarrass or delay the fair trial of the
action; or
(d) it is otherwise an abuse of the process of the Court;
and may order the action to be stayed or dismissed or judgment to be entered accordingly, as the case may be.”
Die
woorde “an abuse of the process of the Court”, so is gesê,
“connotes that the process of the Court must be used bona fide and properly and must not be abused. The court will prevent the improper use of its machinery, and will, in a proper case, summarily prevent its machinery from being used as a means of vexation and oppression in the process of litigation” (The Supreme Court Practice (1995) 344).
In re Majory [1955] 1 Ch 600 623 het te doene
gehad met die vraag of die skuldeiser “extortion” (soos dit in
daardie saak verstaan
is) beoog het. In Goldsmith v Sperrings Limited
[1977] 2 All ER 566 (CA) verduidelik Lord Denning die beginsel soos volg te
574:
“In a civilised society, legal process is the machinery for keeping order and doing justice. It can be used properly or it can be abused. It is used properly when it is invoked for the vindication of men's rights or the enforcement of just claims. It is abused when it is diverted from its true course so as to serve extortion or oppression; or to exert pressure so as to achieve an improper end. When it is so abused, it is a tort, a wrong known to the law. The judges can and will intervene to stop it. They will stay the legal process, if they can, before any harm is done. If they cannot stop it in time, and harm is done, they will give damages against the wrongdoer ...
At other times the abuse can only be shown by extrinsic
evidence that the legal process is being used for an improper purpose. On
the
face of it, in any particular case, the legal process may appear to be entirely
proper and correct. What may make it wrongful
is the purpose for which it is
used. If it is done in order to exert pressure so as to achieve an end which is
improper in itself,
then it is a wrong known to the law. This appears
distinctly from the case which founded this tort.”
Die klem val
telkens op die onbehoorlikheid van óf die optrede óf die oogmerk.
In die Engelse reg, blykens die dictum, kan die misbruik van so ‘n
aard wees dat dit op ‘n “tort” neerkom. By ons kan dergelike
optrede in gepaste
gevalle onder die algemene rubriek van “kwelsugtige
gedingvoering” tuisgebring word (vgl, oor die algemeen, 15 Lawsa
par 595
en volgende). Dit verg bewys van die afwesigheid van “reasonable and
probable cause”.
Die begrip “misbruik” veronderstel
onbehoorlikheid (waarby ongeoorloofdheid inbegrepe is). Die onbehoorlikheid in
die
geval van misbruik van die hofproses kan geleë wees, in Engeland sowel
as hier, óf in die aard van die optrede van die
betrokke litigant
óf in die resultaat wat hy nastreef, óf albei.
Voorbeelde van
eersgenoemde soort geval, waar die metodes wat hy aanwend onbehoorlik is, is
onder meer Hudson v Hudson & Another 1927 AD 259 en Janit &
Another v Motor Industry Fund Administrators (Pty) Ltd & Another 1995
(4) SA 293 (A).
In Hudson het die eiser, wie se eksepsie teen die
eerste verweerder se verweerskrif voorheen misluk het, twee dae voor die verhoor
‘n
aanvang moes neem wesenlik dieselfde eksepsie teen die tweede
verweerder se verweerskrif geopper, tesame met ‘n aansoek om
uitstel van
die verhoor. Die tweede verweerder antwoord daarop met ‘n aansoek om die
deurhaling van die eksepsie. Die aansoek
slaag, die uitstel word geweier en dit
lei tot die afwysing van die eis. Op sy beurt misluk die eiser se appèl
teen gemelde
bevele. Die optrede van die eiser, om ‘n eksepsie te opper
wat vantevore reeds misluk het en aldus geen meriete gehad het
nie, was ‘n
blote taktiese set om ‘n uitstel te bekom waarop hy andersins nie geregtig
was nie; en was as sodanig klaarblyklik
onbehoorlik. Dit is in daardie verband
wat die dictum van De Villiers AR te 268 verstaan moet word:
“When therefore the Court finds an attempt made to use for ulterior purposes machinery devised for the better administration of justice, it is the duty of the Court to prevent such abuse. But it is a power which has to be exercised with great caution, and only in a clear case. In the present instance I have no doubt that the exception was taken solely for the purpose of forcing the postponement which had been refused by WATERMEYER, J. on the same day.”
In Janit het dit onder meer gegaan om
‘n interdik om die respondent te verbied om van ‘n gesteelde
bandopname wat vertroulike
en geprivilegeerde en andersins irrelevante
besonderhede bevat het, gebruik te maak. Die respondent het die bandopname
blootgelê.
Hy het dit van die dief ontvang wat ‘n grief teen die
appellant gekoester het. Die respondent was van voorneme om in die
hangende
geding tussen die partye daarvan gebruik te maak wat vir die appellant in die
pers ‘n verleentheid kon skep. Dit
is ‘n klinkklare geval waar die
optrede van die party as sodanig onbehoorlik was; die taktiek is
gefnuik.
Gevalle van misbruik wat ‘n onbehoorlike oogmerk behels, is
legio. So byvoorbeeld sê Lord Watson te 732-3 van King v Henderson
[1898] AC 720, ‘n beslissing waarna sydelings in my kollega se uitspraak
verwys word:
“In In re Davies the Court of Appeal refused to make an adjudication in bankruptcy, where it was clearly shewn that the proceedings had been used and was meant to be used for the illegitimate and fraudulent purpose of extorting money from the debtor. And, again, in Ex parte Griffin, the same Court, although there was a good petitioning creditor's debt, and an act of bankruptcy had been committed, refused to make an adjudication. The ratio of the decision was thus explained by James L.J.: 'I think I never knew a case so transparent as to the fraud with which the whole thing was conceived, and the oppression which it was intended to exercise. It would, I think, be a shocking thing for any court of justice in a civilised country to be made the instrument of proceedings like these'.”
Dié soort geval
kom ook voor waar ‘n litigant in die loop van die gedingvoering stappe
doen wat opsigself geen meriete
het nie en bloot bedoel is om sy opponent te
treiter. ‘n Tipiese voorbeeld hiervan is Beinash v Wixley 1997 (3)
SA 721 (A). Daar het dit gegaan oor die tersydestelling van ‘n
dagvaarding duces tecum. Op grond van die wye en onpresiese strekking en
die tydsberekening daarvan, word bevind dat die uitreiking van die dagvaarding
met
‘n onbehoorlike oogmerk geskied het - om te teister - en as sodanig
tersyde gestel moes word. Aldus word deur Mahomed HR te
736I-737C
gesê:
“Significantly, the appellant declined all of these opportunities. The inference which I am forced to draw is that the appellant's objective in invoking the machinery of Rule 38(1) did not constitute a bona fide attempt to secure documentary evidence which he thought he needed for the preparation of his case. The impugned subpoena appears to me to be intended as a missile to oppress and harass the respondent.
Mr Zar
contended that the discovery provisions of Rule 35 and the subpoena provisions
of Rule 38 constitute independent and separate instruments,
both of which a
litigant is entitled to employ in the preparation of a case. I have no doubt
that this is indeed so. The objective
of Rule 35 is to enable a litigant to
discover documents in the possession or control of another party to the
proceedings, whereas
the primary objective of Rule 38 is to secure the
production of documents from persons who are not necessarily parties in the main
proceedings, such as Wixley. The distinction is perfectly sound, but the
machinery contained in both of these Rules must be utilised
in a bona
fide manner and not for the purposes of pursuing ends extraneous to the real
objectives sought to be attained through these Rules. The
existence of bona
fides is the basic precondition upon which both of these Rules are
premised.”
Die blote aanwending van ‘n bepaalde hofprosedure
vir ‘n doel anders as waarvoor dit primêr bestem is, is tiperend,
maar nog nie voldonge bewys, van mala fides nie; daarvoor is die
verdere afleiding nodig dat die resultaat wat beoog is, soos in Wixley,
onbehoorlik was. ‘n Sodanige aanwending (vir ‘n doel anders as
waarvoor dit primêr bestem is) is dus ‘n
kenmerk, eerder as die
definisie, van mala fides.
‘n Voorbeeld van die werking van die
beginsel is te vinde in sekwestrasieverrigtinge. Die primêre oogmerk van
sekwestrasie
is om ‘n concursus creditorum te bewerkstellig. In
Estate Logie v Priest 1926 AD 312 is pertinent beslis dat dit, anders as
in die Engelse reg, nie onbehoorlik is indien die sekwestrasieprosedure
aangewend
word nie om ‘n concursus creditorum teweeg te bring nie
maar om die skuldenaar aan te spoor om sy skuld te delg. Dieselfde gedagtegang
is ook aan te tref in Kalil v Decotex (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA
943 (A) te 955 waar Corbett AR verklaar:
“The English authorities so relied upon seem to be distinguishable as they emphasise that it is a scandalous abuse of process of the Court to seek to use a winding-up procedure to seek to enforce payment by the company of a disputed debt as a means to exercise pressure to seek to exact payment. To seek to enforce payment by way of such proceedings is legitimate in South Africa. Estate Logie v Priest 1926 AD 312 at 319, 320; Laeveldse Koöperasie Beperk v Joubert 1980 (3) SA 1117 (T) at 1121H-1122F. ... The fact that the application is intended to enforce payment is irrelevant to the appellant bringing his application as a member of the first respondent; and is, in any event, not a good ground in law, as such intention is legitimate in such proceedings.”
Weer eens val die klem, ondanks die
aanwending van die prosedure vir ‘n sekondêre doel, op die
regmatigheid en dus die
behoorlikheid van die uiteindelike oogmerk.
Daarbenewens ondervang dié dictum heelwat van die Engelse gesag
waarop my kollega hom verlaat.
In die onderhawige geval gaan dit nie om
‘n beweerde misbruik in of tydens die litigasie as sodanig nie. Die
“regsproses”
waarvan daar in my ampsbroer se uitspraak gewag gemaak
word, is die volgende: (i) ‘n Vonnisskuld van die eiser. (ii) Versuim
deur die eiser as vonnisskuldenaar om die vonnisskuld te delg. (iii) ‘n
Beslaglegging deur die vonnisskuldeisers (die tweede
en derde verweerders) van
die eiser se vorderingsreg teen die vyfde verweerder. (iv) Volgehoue wanbetaling
van die vonnisskuld deur
die eiser. (v) ‘n Eksekusieverkoping
ooreenkomstig die voorskrifte van die reg ingevolge waarvan die vorderingsreg
deur die
balju aan ‘n bondgenoot van die vyfde verweerder, die eerste
verweerder, verkoop word.
Tot sover skeel daar niks aan enige van die stappe
wat deur die verweerders geneem is en kan daar van onbehoorlikheid aan hul kant
ook geen sprake wees nie. As iemand te blameer is, was dit die eiser self. Dit
was hy wat die verkeerde partye voor die hof gesleep
en ‘n kosterekening
van oor die R50 000 opgeloop het wat hy op sy beurt nie vereffen het nie. Sy
vorderingsreg teen die vyfde
verweerder was ‘n bate in sy boedel. Dit was
‘n bate waarop hy self, in sy besonderhede van vordering in die aksie,
‘n waarde van oor die miljoen rand geplaas het. As dit enigsins ‘n
realistiese beskouing was, was die beslaglegging
daarvan terdeë
voorsienbaar.
Volgens die eiser setel die onbehoorlikheid wat die geldigheid
van die uitwinningsproses in gedrang bring daarenteen in die oogmerk
van die
verweerders om die eis in te koop met die uitsluitlike oogmerk om ‘n einde
aan die hangende geding te maak. Die doel
ontheilig as 't ware die middel. Was
dit die eiser self of een van sy bondgenote wat die eis ingekoop het, sou die
transaksie stellig
in orde wees. So ook as ‘n derde die eis ingekoop het,
al was hy nie van voorneme om die aksie voort te sit nie.
Oogmerk of motief,
selfs ‘n moedswillige of kwaadwillige motief, is oor die algemeen nie
‘n onregmatigheids- of ongeldigheidskriterium
nie (vgl Bress Designs
(Pty) Ltd v G.Y. Lounge Suite Manufacturers (Pty) Ltd and Another 1991 (2)
SA 455 (W) 475C-476A). Vandaar die dictum in Tsose v Minister of
Justice 1951 (3) SA 10 (A) te 17G-H:
“For just as the best motive will not cure an otherwise illegal arrest so the worst motive will not render an otherwise legal arrest illegal”,
waarop die hof a quo hom beroep het.
Aldus sou die oorname deur ‘n verweerder van al sy eiser-maatskappy se
aandele nie aanvegbaar wees nie, al
was dit uitsluitlik gedoen met die oog
daarop om beheer oor die maatskappy te verkry en sodoende ‘n einde aan die
hangende
geding te maak; so ook indien ‘n verweerder om dieselfde
oorweging ‘n klag lê wat tot sy eiser se deportasie en
die
gevolglike abandonering van die litigasie lei. Mens kan jou talle dergelike
gevalle voorstel.
‘n Onbehoorlike motief kan, soos reeds gesê,
egter wel ‘n faktor wees waar misbruik van die hofproses ter sprake
is.
Die formele beëindiging van ‘n geding is deel van die hofproses. Die
uitbuiting, op ‘n onbehoorlike wyse of
vir ‘n onbehoorlike doelwit,
van ‘n bepaalde hofreël wat op die beëindiging van die geding
betrekking het,
sou dus binne die verskynsel van misbruik van die hofproses val
(vgl Castanho v Brown & Root (UK) Ltd [1981] AC 577; en die
Australiese sake waarna in my kollega se uitspraak verwys is, t.w. Packer v
Meagher [1984] 3 NSWLR 486 en TJM Products (Pty) Ltd v A & P
Tyres (Pty) Ltd [1988] 78 ALR 579 (FC)).
Die huidige geval is iets heel
anders. Die voortsetting van die hofgeding is in gedrang nie as gevolg van die
interne (ofskoon onbehoorlike)
aanwending van ‘n hofreël wat op so
‘n beëindiging betrekking het, deur die ander litigant, die vyfde
verweerder,
nie. Die voortsetting van die geding word hier bedreig deur
‘n eksterne faktor wat los staan van die hofreëls of hofprosedure.
Sou die vyfde verweerder self die eiser se vorderingsreg ingekoop het, was die
eksterne faktor die werking van confusio (vgl Grootchwaing Salt Works
Ltd v Van Tonder 1920 AD 492 497). Dit is egter nie die vyfde verweerder
wat die vorderingsreg ingekoop het nie, maar sy bondgenoot, die eerste
verweerder.
Op sigself bring die inkoop van ‘n vorderingsreg deur
‘n buitestander nie ‘n einde aan die geding nie. Dit sou
eers die
geval wees indien, soos in ons geval, die eerste verweerder as nuwe reghebbende
opdrag gee om die aksie te staak en daar
aan sodanige opdrag uitvoering gegee
word. Dat hy ‘n bondgenoot van die vyfde verweerder is en die vyfde
verweerder se belange
op die hart dra, kom nie daarop aan nie. As die werking
van confusio in die hande van die vyfde verweerder self nie onbehoorlik
sou wees nie - wat eintlik die vraag is - kan die eerste verweerder se
samewerking met die vyfde verweerder om ‘n einde aan die aksie te maak,
ook nie onbehoorlik wees nie. Van ‘n onbehoorlike
komplot kan daar, in
die afwesigheid van ‘n onbehoorlike motief aan vyfde verweerder se kant,
dus nie sprake wees nie.
Die beoogde beëindiging van die geding het met
misbruik van die hofproses as sodanig dus eintlik niks te make nie. Maar daar
is gesag wat daarop dui dat die uitwinningsproses as deel van die hofproses
beskou word (vgl Graham v Graham 1950 (1) SA 655 (T) 658; Strime v
Strime 1983 (4) SA 850 (C) 852A), al geskied dit ook na afloop en na
afhandeling van die litigasie; en vir doeleindes hiervan sal ek dié
benadering in die guns van die eiser as korrek aanvaar. In daardie opsig kan
die vyfde verweerder se motief dus wel relevant wees.
Net soos in die geval
van “misbruik van die hofproses” in egte sin, moet die misbruik hier
ook ‘n element van onbehoorlikheid
inhou, hetsy in die optrede self, hetsy
in die resultaat wat beoog word. Die enkele feit dat die
“regsproses” anders
as vir sy primêr bestemde doel aangewend
word, is, volgens die uitspraak van my kollega, op sigself darem nie fataal nie,
want
so iets sou tog deug mits dit redelik was om dit te doen. Die keersy
daarvan is dat dit wel tersyde gestel sou kon word indien
die aanwending van
die regsproses onredelik sou wees. As onder “regsproses”
“hofproses” verstaan word, en
“onredelikheid” as
“onbehoorlikheid” vertolk word, pas dit in by die bespreking van die
gesag hierbo.
Die onredelikheid, oftewel onbehoorlikheid, setel volgens die
eiser in die uitgespoke oogmerk van die eerste en vyfde verweerders
om ‘n
einde aan die geding te maak. Dit gaan om hul, veral die vyfde verweerder, se
motief. Maar indien hul motief die deurslaggewende
faktor is, moet dit nie
selektief beoordeel word nie, maar in sy volle omvang. Die motief van die
eerste en vyfde verweerder blyk
uit ‘n skrywe van hul prokureur aan die
balju, gedateer 3 November 1992 wat op 413C-D van die gerapporteerde uitspraak,
Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1997 (2) SA 411
(T), voorkom:
“U sal merk dat dit die saaknommer is waaronder hierdie lasbrief uitgereik is. Mnr. Brummer het ‘n aksie teen ons kliënt gebring en ons kliënt glo dat die aksie kwelsugtig is. Ons kliënt wil op die reg, titel en belang beslag lê en dit dan per veiling inkoop om sodoende die aksie tot niet te maak.”
‘n Verweerder wat van
‘n statutêre prosedure gebruikmaak, naamlik die beslaglegging en
inkoop op die ope mark van
‘n vorderingsreg, ten einde op dié wyse
‘n aksie teen hom tot niet te kan maak wat hy as kwelsugtig beskou, het
myns insiens nie ‘n afkeurenswaardige of onbehoorlike oogmerk nie. Die
vraag of sy siening van die saak as kwelsugtig objektief
gesproke geregverdig
was, is nie ter sake nie, want dit gaan, op die eiser se benadering, bloot om
die vyfde verweerder se motief.
Maar selfs al sou die kriterium
“bybedoeling plus onredelikheid” wees, soos in my kollega se
uitspraak gesuggereer word,
kan die vyfde verweerder op die ooreengekome feite
na my mening nie verkwalik word nie.
Dit is geen antwoord om te beweer, soos
in my kollega se uitspraak gedoen word, dat daar ander middele is om kwelsugtige
optrede
af te weer nie. Die vraag is nie of die eiser se optrede werklik
kwelsugtig was en aan die vereistes van Wet 3 van 1956 voldoen
nie, maar,
vanuit die vyfde verweerder se oogpunt, of hy geglo het dat die aksie kwelsugtig
was. As hy dit werklik geglo het, was
sy motief nie onbehoorlik of selfs
onredelik nie. Op die feite wat hier gemeensaak was, kan die teendeel nie
betoog word nie.
Na my mening was die besluit van die twee verweerders om
op die vorderingsreg beslag te lê en dit by die geregtelike verkoping
in
te koop (ten einde op dié manier van ‘n aksie ontslae te raak wat
met behulp van regshulp teen die vyfde verweerder
gevoer word sodat hy op stuk
van sake op eie koste litigeer), nie onbehoorlik nie, nie onredelik nie, en nie
deur ‘n afkeurenswaardige
motief aangevuur nie.
In Madden v B.P.
Southern Africa (Pty) Ltd 1967 (2) SA 326 (D) is te 328A-B gesê:
“It does not follow, of course, that the judgment creditor will acquire this right at the sale in execution but, even if he does and decides to utilise his right in a way which would frustrate the applicant's right of appeal, that is merely one of the incidents of the sale in execution; it is part of the price which the judgment debtor, who cannot pay his creditor in any other way, has to pay in order to put the judgment creditor in possession of funds which will go towards satisfying his claim.”
Die dictum is
met goedkeuring aangehaal in latere sake soos Marais v Aldridge and
Others 1976 (1) SA 746 (T) te 750B-C en Soja (Pty) Ltd v Tuckers Land
Development Corporation (Pty) Ltd and Another 1981 (2) SA 407 (W) te 410B-C.
Met daardie siening gaan ek akkoord.
Sowel die eiser as my kollega steun
swaar op Whitfield v Van Aarde 1993 (1) SA 332 (E) en sekere beslissings
wat dit voorafgegaan het. Dit is almal sake wat te doene gehad het met ‘n
aansoek
om ‘n voorgenome eksekusieverkoping tydelik op te skort. Die hof,
so is daar beslis, beskik oor ‘n diskresie om dit
te beveel. Indien die
benadering van die eiser en van my kollega reg is, is al hierdie sake natuurlik
verkeerd beslis, want dan
was die beslaglegging en die daaropvolgende verkoping
uit wans uit nietig en het die kwessie van ‘n diskresie glad nie ter
sprake gekom nie. Maar op die veronderstelling dat so ‘n diskresie wel
bestaan, sal ‘n hof vanselfsprekend alle relevante
faktore in ag neem.
Een daarvan kan stellig wees dat die beslaglegging en die eksekusieverkoping
besmoontlik tot die beëindiging
van ‘n aksie kan lei wat op die oog
af meriete het en wat op die punt staan om beslis te word. Dit is iets heel
anders as
om te konkludeer dat ‘n beslaglegging en die daaropvolgende
eksekusieverkoping wat behoorlik en reëlmatig geskied het,
op ‘n
misbruik van die regsproses neerkom wat as sodanig deur ‘n hof tersyde
gestel kan word omdat die voortsetting
van die aksie daardeur bedreig word.
(Vgl, vir die erkende gronde vir die tersydestelling van so ‘n geregtelike
verkoping,
Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) en Andere 1984 (4) SA 252
(T).)
Die tweede grond wat vir die nietigheid van die beslaglegging en die
eksekusieverkoping aangevoer word, is dat dié regshandelinge
met die
openbare belang in stryd sou wees. Dié grondslag sou alleen ter sprake
kom indien ‘n misbruik van die hofprosedure
(of die regsproses) nie bevind
kan word nie. En as dit nie bevind kan word nie, kan dit ook nie ‘n
faktor wees by die oorweging
van wat nou eintlik met die openbare belang in
stryd sou wees nie.
Die uitreiking van ‘n lasbrief, die beslaglegging
en die eksekusieverkoping is opeenvolgende regstappe, statutêr
gereël,
ten einde die delging van ‘n vonnisskuld te bewerkstellig
(Herbstein & Van Winsen a.w. 754). In die onderhawige geval het al
dié stappe reëlmatig en sonder teenkanting van die appellant
geskied. Die
bedrag wat by wyse van geregtelike verkoping deur die eerste
verweerder vir die inkoop van die eis betaal is, is in die afhandeling
van die
proses aangewend.
‘n Eksekusieverkoping is in wese ‘n ooreenkoms
wat, soos enige ander ooreenkoms, ongeoorloof en as sodanig nietig sou
wees
indien, algemeen gesproke, die sluiting daarvan, die prestasie wat daarvolgens
gelewer moet word, die strekking daarvan of die
oogmerk van albei die
kontrakterende partye met óf die reg, óf die goeie sedes
óf die openbare belang (en dus
die openbare beleid) in stryd sou wees
(vgl Van der Merwe et al Contract General Principles, 139).
‘n Onbehoorlike oogmerk sou die ooreenkoms slegs aanvegbaar maak indien
dit die bedoeling van albei die kontrakterende
partye was. Daarvan is daar hier
geen sprake nie. Die onbehoorlike oogmerk wat een van die kontrakterende partye
mag koester, is
irrelevant (Van der Merwe et al a.w. 143).
Wat dan
oorbly, indien die misbruik van die sogenaamde regsproses buite rekening gelaat
word, is, blykens die uitspraak van my kollega,
onredelikheid, onbillikheid,
“simple justice between man and man” en die afleiding wat skynbaar
gemaak word dat die eiser
“‘n minvermoënde, ongesofistikeerde
persoon” is wat uitgebuit kan word deur ‘n “vermoënde
persoon” wat die eis hand en tand beveg. Dat die appellant met regshulp
ageer, is ‘n faktor wat na my mening buite rekening
gelaat moet word.
‘n Litigant wat regshulp ontvang is, afgesien daarvan dat sy eis deur die
staat gesubsidieer word, nie
vis-à-vis sy teenparty regtens in
‘n sterker posisie as enigiemand anders nie.
Kom dit by die eiser se
beroep op billikheid en die openbare belang, is ek bevrees dat my kollega en ek
op die feite van hierdie
geval eenvoudig net van mekaar verskil. Hy is
geneë om die beroep te handhaaf. Ek nie. Openbare beleid, gegrond op die
openbare
belang, is g'n juridiese doepa nie. Die juiste benadering daartoe word
gekenskets deur drie onlangse dicta. Die eerste het te doen met
billikheid, die ander twee met die openbare beleid.
In Fisheries
Development Corporation of SA Ltd v Jorgensen and Another 1979 (3) SA 1331
(W) te 1340B-D verklaar Nicholas R:
“The Courts do not however act on abstract ideas of justice and equity. They must act on principle. Cf the Western Assurance Co case supra at 275. And see the remarks of INNES CJ in Kent v Transvaalsche Bank 1907 TS 765 at 773-774:
“(The appellant) also asked us to stay the proceedings on equitable grounds, urging that we had an equitable jurisdiction under the insolvency law. The Court has again and again had occasion to point out that it does not administer a system of equity, as distinct from a system of law. Using the word 'equity' in its broad sense, we are always desirous to administer equity; but we can only do so in accordance with the principles of the Roman-Dutch law. If we cannot do so in accordance with those principles, we cannot do so at all.”
Die tweede dictum kom ook van Nicholas
Wnd AR in Longman Distillers Ltd v Drop Inn Group of Liquor Supermarkets
(Pty) Ltd 1990 (2) SA 906 (A) te 913G-914C, wat op die feite ‘n veel
sterker saak as die eiser s'n is vir ‘n beroep op die openbare
beleid:
“Public policy is an imprecise and elusive concept. It is said to reflect the mores and fundamental assumptions of the community (Cheshire, Fifoot and Furmston's Law of Contract 11th ed at 345). Wessels Law of Contract in South Africa vol 1 s 488, says:
'An act which is contrary to the interests of the community is said to be an act contrary to public policy.'
Public policy is the general sense of justice of the community, the boni mores, manifested in public opinion ... When a court is asked to hold that something is against public policy, it does well to remind itself of the much-quoted passage in the judgment of Burrough J in Richardson v Mellish (1824) 2 Bing 229 at 252 (130 ER 294 at 303):
'I, for one, protest ... against arguing too strongly upon public policy; - it is a very unruly horse, and when once you get astride it you never know where it will carry you. It may lead you from the sound law. It is never argued at all but when other points fail.'
I cannot see how public policy can be at all involved in a question whether a particular incorporeal right should be attached ad fundandam, or whether a particular incola should be permitted to sue a particular peregrinus in the Cape Provincial Division. Only the interests of Longman and Drop Inn are involved, not the interests or general sense of justice of the community. The question does not raise any important moral issue, or any principle affecting the fundamental assumptions of the community. It seems to me that au fond Longman's objection is that the attachment was 'unfair'; and that its representatives have attempted to elevate this into a matter of public policy.”
Die derde dictum word deur my
ampsbroer self aangehaal. Dit is die vermanende woorde van Smalberger AR in
Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A) te 9B:
“One must be careful not to conclude that a contract is contrary to public policy merely because its terms (or some of them) offend one's individual sense of propriety and fairness.”
Die appèl word van
die hand gewys met koste.
............................
P M NIENABER
APPÈLREGTER
STEM
SAAM:
Van Heerden AHR
Harms AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1999/6.html