SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1999 >> [1999] ZASCA 57

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Venter (2) (XXXXX) [1999] ZASCA 57 (8 September 1999)



IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA



SAAKNOMMER: 381/97




In die saak tussen


ABRAM PAULUS VENTER Appellant


en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HARMS, MARAIS et SCOTT ARR

VERHOORDATUM: 2 SEPTEMBER 1999

LEWERINGSDATUM: 8 SEPTEMBER 1999





UITSPRAAK





MARAIS/AR





MARAIS AR:
[1] Ek beskou die diefstal deur die appellant gepleeg in ‘n baie ernstige lig. Hy het die geleentheid deur die brutale en wrede aanranding van sy makkers op die oorledene gebied, uitgebuit. Die neem van die weerlose slagoffer se horlosie in sodanige omstandighede was ‘n gemene en gevoellose daad. Die oorledene was klaarblyklik nie ‘n welgestelde persoon nie en die verlies van die horlosie sou vir hom aansienlik gewees het. Die beskuldigde was nagenoeg 17 jaar oud toe die misdaad gepleeg is en alle aanduidings was dat hy die leefwyse van ‘n volwassene alreeds begin ervaar het. Hy was nie meer op skool nie.
[2] Ek sou hom heelwaarskynlik of na ‘n verbeteringsskool verwys het of, as die prognose vir suksesvolle rehabilitasie ongunstig was, hom tot tronkstraf vir ten minste een jaar gevonnis het. Aangesien hierdie ‘n minderheidsiening is, is dit nie nodig om verder daarop in te gaan nie. In alle ander opsigte stem ek met my kollegas saam.
R M MARAIS













HARMS, MARAIS ET SCOTT ARR





SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1999/57.html