".... it is clearly foreseeable that, the young, loving children, at least, of a particular person seriously injured or killed
will shortly be informed of the injuries or death and may, in certain cases, then suffer such a serious instance of'nervous shock'
as to warrant holding the tortfeasor liable. Damage to such persons is certainly foreseeable in the ordinary course of human experience.
In some cases that damage may take the form of nervous shock."
Soos hierbo geblyk het, het Swart R die vraag gestel of indien 'n psigiese
letsel van iemand in die posisie van die appellant redelik voorsienbaar was, dieselfde
nie ges
moet word nie betreffende senuskok wat byvoorbeeld deur 'n oorlede kind
se grootouer in 'n hoors
geval opgedoen is. Slegs twee opmerkings is aangewese.
Die eerste is dat hoe nouer die verwantskap of verhouding tussen die prim
re
getroffene en die geskokte persoon is, hoe geredeliker gekonkludeer kan word dat
die veroorsaking van die skok redelik voorsienbaar was. Die tweede is dat ons in die
onderhawige geval slegs te doen het met die besonder innige verhouding wat
25
normaalweg tussen 'n moeder en haar jong kind bestaan.
My gevolgtrekking dat dit redelik voorsienbaar was dat die appellant senuskok sou ondervind, bring egter nie sonder meer mee dat die
app
l moet slaag nie. 'n Verdere vraag is of Laubscher se nalatigheid die regsoorsaak van daardie skok was. Dit is nouliks nodig om te
s
dat feitlike veroorsaking nie altyd voldoende is om ook as regsoorsaak van die betrokke gevolg aan die dader toegereken te word nie.
In hierdie verband is in S v Mokgethi 1990(1) SA 32 (A) 40 E ges
dat by die bepaling van jurisdiese oorsaaklikheid beleidsoorwegings ter sprake kom, en dat daarteen gewaak moet word dat 'n dader
se aanspreeklikheid nie die grense van redelikheid, billikheid en regverdigheid oorskry nie. Sodanige oorwegings verskil in wese
nie van di
waarop in die Engelse reg gelet word by beantwoording van die vraag of, ook in geval van veroorsaking van senuskok, die dader 'n
"duty of care" teenoor die benadeelde persoon gehad het nie.
26
'n Oorweging wat dikwels geopper word, is dat erkenning van
aanspreeklikheid in onder andere 'n hoors
geval tot 'n vloedgolf van litigasie
aanleiding sal gee. Aansluitend hierby word aangevoer, soos die hof a quo ook
gedoen het (op 1071 H-1072 C), dat daarteen gewaak moet word om nie 'n dader
soos 'n motoris met 'n potensieel ondraaglike las van aanspreeklikheid op te saal nie.
In hierdie trant het Navsa R in Clinton-Parker v Amdinistrateur Transvaal:
Dawkins v Administrator Transvaal 1996(2) SA 37 (W) 63 B-D, ges
:
"Accident cases present particular policy problems. The floodgates will open if claims for nervous shock are not contained within
manageable limits, An infinite number of people could claim for nervous shock upon viewing an accident and its consequences. So too
with relatives or friends to whom an accident and its consequences are communicated. The number of deaths and severe physical injuries
that occur in modem life due to motor vehicle and other accidents is great. The Courts may well, in adopting too liberal an approach
to these situations and allowing bystanders and relatives to the umpteenth degree to claim damages, cripple economic activity."
Ek stem saam met Navsa R se onderliggende premisse dat dit onredelik en
27
onbillik sou wees om in alle gevalle aanspreeklikheid vir veroorsaking van senuskok
slegs aan 'n nalatigheidsoordeel vas te knoop. Ek meen egter dat die vrees vir
oewerlose aanspreeklikheid oordrewe is. Per slot van sake het daar in die kwart eeu
sedert Bester beslis is nog slegs 'n handjie vol gerapporteerde sake, waarin
skadevergoeding op grond van nalatige veroorsaking van senuskok gevorder is, voor
ons howe gedien. En daar is min rede om te glo dat die situasie beduidend sal
verander indien die onderhawige app
l sou slaag. Hier dien weereens beklemtoon
te word dat die opdoen van senuskok in 'n hoors
geval iets is wat selde voorkom.
In hierdie verband is dit insiggewend om te let op inligting vervat in 'n verslag
van die Engelse Law Commision wat in Maart vanjaar gepubliseer is. Dit is getiteld
"Liability for Psychiatric Injury" en in para 6.14 (op p 87) word die volgende ges
:
"In New South Wales, The Australian Capital Territory and the Northern Territory legislative provisions permit the spouse (defined
in New South Wales to include a de facto spouse) or parent (defined to include stepparent, grandparent and persons in loco parentis)
of a person killed, injured or put in
28
peril by the defendant's wrongful act to recover damages fbr mental or nervous shock suffered as a result, regardless of whether they
saw or heard the
accident
Rather than f
nding that this legislation has resulted in a flood
of claims, it has come to be regarded as unduly restrictive."
'n Tweede oorweging wat ten gunste van beperking van aanspreeklikheid aangevoer word, is dat in die afwesigheid daarvan gesimuleerde
eise ingestel kan word. Hierop is daar 'n aantal antwoorde. Eerstens kan ook 'n persoon wat beweer dat hy senuskok opgedoen het weens
direkte waameming van, s
, die dood van 'n naasbestaande 'n bedrieglike eis instel of die omvang van die skok doelbewus aandik. Tweedens moet 'n eiser natuurlik
bewys dat hy 'n erkende psigiatriese letsel opgedoen het en sal hy dus in die re
l op ondersteunende psigiatriese getuienis aangewese wees. Derdens is dit sekerlik nie ongehoord dat in die geval van 'n suiwer f
siese besering 'n eiser 'n beweerde nagevolg daarvan in sy geheel often dele simuleer nie.
Anders as wat die respondent se advokaat betoog het, meen ek dus nie dat daar
29 in ons reg genoegsame beleidsgronde bestaan vir die uitsiuiting van
aanspreeklikheid in alle hoors
gevalle nie. Soos geblyk het, word 'n ander
standpunt in die Engelse reg, en bepaaldelik deur die House of Lords, gehuldig, maar
dit is betekenisvol dat in para 11 op p 123 van bogenoemde verslag van die Law
Commission die volgende voorgestel word:
"There should be legislation laying down that a plaintiff, who suf
ers a reasonably foreseeable recognisable psychiatric illness as a result of the death, injury or imperilment of a person with whom
he or she has a close tie of love and affection, should be entitled to recover damages from the negligent defendant in respect of
that illness, regardless of the plaintiff s closeness (in time and space) to the accident or its aftermath or the means by which
the plaintiff learns of it."
Die vraag of 'n handeling 'n dader as regsoorsaak van 'n gevolg toegereken
moet word, moet natuurlik van geval tot geval beslis word. Dit verg dus by
herhaling beklemtoning dat ons in hierdie geval te doen het met senuskok wat 'n
moeder betreklik kort na die oorlye van haarjong seun opgedoen het toe sy daarvan
vemeem het. Na my mening spreek beleidsoorwegings, en in besonder voorskrifte
30
van redelikheid en billikheid, nie teen die konklusie dat Laubscher se nalatige
bestuur die regsoorsaak van haar skok was nie. Wat die posisie in andersoortige hoors
gevalle sou wees, is nie vir huidige doeleindes ter sake nie.
Dit is nie nodig om veel te s
oor die tweede regsvraag wat in die gestelde saak geformuleer is nie. Die "treuring" van die appellant oor haar seun wat
in daardie vraag vermeld is, was klaarblyklik nie 'n psigiatriese letsel nie, want anders sou die vraag toutologies gewees het. 'n
Mens moet dus aanvaar dat die partye blote emosionele verdriet in gedagte gehad het. Die appellant se advokaat het dan ook tereg
toegegee dat skadevergoeding nie ten opsigte van sodanige verdriet verhaalbaar is nie.
Omdat die respondent se potensi
le aanspreeklikheid ten opsigte van die appellant se psigiatriese letsels verreweg die belangrikste aspek van die verhoor in die hof
a quo was, was die advokate dit eens dat indien die eerste vraag bevestigend beantwoord moes gewees het, die appellant geregtig
s op die koste van die verrigtinge in daardie hof.
31 Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
(1)
Die app
l slaag met koste.
(2)
Die bevel van die verhoorhof word deur die volgende vervang:
(a)
Die eerste vraag in 'die gestelde saak word bevestigend en die tweede ontkennend beantwoord.
(b)
Die verhoor word sine die uitgestel.
(c)
Die verweerder word gelas om die koste meegebring deur die uiteensetting en verhoor van die gestelde saak te betaal.
HJO VAN HEERDEN
Adjunkhoofregter
Stem saam: Vivier AR Nienaber AR Schutz AR Scott AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1998/84.html