In die onderhawige geval skuld die eienaar van die grond 'n gedeelte van die prys daarvan, asook besitrente, aan die vorige eienares
van die grond wat die grond aan hom verkoop het. Waar die verkoper ter vordering van gemelde skuld m die hof van die distrik waarin
die grond gele
is aksie teen die koper instel, val dit m i nie te betwyfel nie dat die grond in direkte en oorsaaklike verhouding tot die aksie
staan nie. Benewens die voorbeelde van aksies in personam deur Jones en Buckle bygehaal, meen ek voorts dat die landdroshof vir die
distrik Kroonstad insgelyks jurisdiksie sou h
ten opsigte van 'n aksie om hinder deur die appellant se buurman ingestel waarin die buurman kla oor 'n beweerde oorlas wat die appellant
deur bedrywighede op sy grond op die buurman se plaas sou veroorsaak.
Die app
l word met koste van die hand gewys.
G G HOEXTER
VAN HEERDEN AHR)
HARMS
AR) stem saam
MELUNSKY Wn
AR)
FARLAM Wn
AR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1998/83.html