nodig, in terme van Re
l 17 (2), om die wesenlike feite waarop hy steun, ter stawing van sy eis, te beweer. . . . Dit is nie doenlik om elke moontlike verweer,
a priori, toe te stop nie want dit kan die funksie wat die totaliteit van pleitstukke vervul, naamlik om die geskilpunte pittig te
identifiseer, onnodiglik vertroebel. Dit
s die verweerder se taak om aan te dui waarom die eiser nie geregtig is om sy eis af te dwing nie . .. . Die blote feit dat dit deur
die verweerder geopper word benadeel hom glad nie ten opsigte van die bewyslas nie. Hy isoleer slegs die besondere feit wat, in casu,
regtens deur eiser bewys moet word aleer hy sy reg .. . kan afdwing."
Natuurlik sal 'n hof nie rente in stryd met die in duplum-re
l
gelas as die feite duidelik is nie, net so min as wat 'n hof betaling van
woekerrente in sulke omstandighede sal beveel. Dit beteken egter nie
dat die hof op eie houtjie 'n soektog op tou moet sit om vas te stel of
so 'n re
l oortree is nie. Ook handel die hof nie op grond van 'n blote
suspisie nie (vgl Senekal v Trust Bank of Africa Ltd 1978 (3) SA 375
(A) 386H). In beginsel verskil 'n eis om rente in stryd met die in
13 duplum-re
l nie van byvoorbeeld 'n eis in stryd met art 2(1) van die
Wet op Strafbedinge 15 van 1962 wat die verhaal van
skadevergoeding bykomstig tot, of in plaas van, 'n strafbeding
verbied. 'n Mens kan met vertroue aanvaar dat 'n skuldenaar nie
vooraf van beide hierdie regte afstand kan doen nie1 ,maar dit volg nie
dat as 'n verweerder nalaat, vir welke rede ook, om die verweer te
opper, die hof dit namens hom moet doen of uit brokkies getuienis
saamflans nie (Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander
1990 (4) SA 463 (A) 474F - 475D).
Heelwat gewag is van Yannakou v Apollo Club 1974 (1) SA
614 (A) gemaak ter ondersteuning en ter afwysing van die app
l.
In Oneanate in hierdie hof (op 828D) is die terloopse stelling gemaak dat van die re
l nie afstand gedoen kan word nie. Uit die gesag waarop staatgemaak is, blyk dat dit om voorafgaande afstanddoening gegaan het. Ek
is nie oortuig dat 'n skuldenaar wie se rente opgeloop het tot 'n bedrag gelyk aan die kapitaal, nie kan ooreenkom dat, ten einde
bv litigasie te vermy, hy hom nie op die re
l sal beroep nie.
14 Trollip AR het namens die meerderheid (nie dat die minderheid oor
die beginsel getwis het nie) beslis dat:
"... it is the duty of the court to take the point of illegality mero motu, even if the defendant does not plead or raise it;
but it can and will only do so if the illegality appears ex facie the transaction or from the evidence before it, and, in the latter
event, if it is also satisfied that all the necessary and relevant
acts are before it." [Op bl 623 G-H.]
In die huidige saak is die transaksie nie op die oog af ongeldig nie. 'n Eis om betaling van rente of die betaling daarvan in styd
met die in duplum-re
l is nie onwettig ("illegal") nie. Dit val hogenaamd nie in die kader van die oortreding van 'n strafregtelike verbod soos
'n Sondagkontrak in Cape Dairy and General Livestock Auctioneers v Sim 1924 AD 167 (waar dit gemeensaak was dat die kontrak op 'n
Sondag gesluit is) of 'n immorele kontrak soos in Vuurman v Universal Enterprises, Ltd 1924 TPD 488 nie. Maar, soos Trollip
15 AR beklemtoon het, die verpligting van die hof om die wette en
morele standaarde te handhaaf al bekommer die partye hulle nie
daaroor nie, ontstaan slegs indien die feite duidelik is en alles voor die
hof geplaas is.
In ieder geval, ek het reeds bevind dat 'n verweerder die
verweer moet opper as dit nie ex facie die eiser se stukke blyk dat die
renteverbod oortree is nie. Al wat dan ter oorweging oorbly, is die
vraag of al die nodige en relevante feite geboekstaaf is. Ek het daarop
gewys dat Southwood R bevind het dat dit nie so is nie en dat die
bank sy saak op 'n ander grondslag sou gevoer het as die punt in
geskil was, 'n bevinding waarmee ek nie fout kan vind nie. En
aangesien die appellante se advokaat, myns insiens tereg, toegegee het
dat dit nie uit d
e rekord blyk dat die re
l inderdaad verbreek is nie
maar dat daar hoogstens 'n vermoede kan bestaan dat dit die geval is,
16 is dit na regte die einde van die saak. Dis egter gewens om kortliks
aan te dui waarom die toegewing gemaak is en waarom dit tereg
gemaak is.
Die wysiging wat die appellante aan die pleit wou aanbring, het
die geleende bedrag op R370 000 gestel. Dit stem ooreen met die
aanvanklike fasiliteit wat voorsien is en die eerste dekkingverband
wat ter versekurenng daarvan geregistreer is. Tydens betoog voor ons
is aanvanklik egter voorgehou dat die bedrag R344 177,36 was.
Daarvoor is op die appellante se eie maar onbewese nadere
besonderhede staatgemaak. Dit is in stryd met die feit dat die
appellante, pas na instel van die aksie, op 16 Augustus 1995 beweer
het dat die uitstaande kapitale voorskot R321 124,16 beloop het.
Geen een van hierdie "feite" het enigsins 'n aanduiding gegee oor wat
die leningsbedrag beloop het nie.
17 Daarenteen dien die volgende. Die oorspronklike
dekkingsverband vir R370 000 het ook alle rente op daardie bedrag
gedek. Nogtans is twee verdere dekkingsverbande ten gunste van die
bank geregistreer, een vir R250 000 en 'n ander vir R100 000, in
totaal R620 000. Telkens is aparte voorsiening vir rente gemaak. Of
die verdere verbande geregistreer is as gevolg van verdere
kapitaalvoorskotte, 'n skikking of 'n novasie weet ons nie.
Belangriker egter is die eerste appellant se bewerings soos vervat in
besonderhede van vordering in 'n aksie wat gedurende November
1993 teen die bank ingestel is ter regstelling van rentedebiete op
hierdie oortrokke rekening. Daardie bewerings kan as erkennings
gebruik word, nie alleen teen die eerste appellant nie maar ook teen
die tweede, omdat hy die litigasie vir en namens eersgenoemde
gevoer het. Die eerste appellant het in die eisuiteensetting aangevoer
18 dat R158 507,83 rente verkeerdelik teen die rekening gedebiteer is.
Voorheen reeds het die bank egter erken dat daar 'n fout was van
R103 614,72 en beweer die eisuiteensetting dat die bank vantevore al
'n regstelling in daardie mate gedoen het. Uit daardie pleitstukke blyk
dat dit die eerste appellant se saak was dat daar nie alleen verskeie
ander debiete soos bankkoste en versekeringskoste teen die rekening
gedebiteer is nie, maar dat, byvoorbeeld, daar gedurende Augustus
1991 - lank nadat die aanvanklike voorskot van R370 000,00
voorgeskiet is - 'n "kontanttrekking" in die bedrag van R93 847,71
plaasgevind het. Dit was, terloops, die een debiet waaroor getwis is
en wat teen die appellante uitgewys is. As al die debiete wat
appellante opgenoem het (rente uitgesonder) opgetel word, is dit meer
as die helfte van die e
sbedrag van R934 955,67. Terloops, in daardie
saak is ook nie beweer dat die in duplum-re
l oortree is nie - en dit ten
19 spyte van 'n noukeurige analise van die rekening in 'n geding wat net
met rente gehandel het, en waar die debietsaldo reeds op 30 April
1993 meer was as dubbel van wat nou betoog word die leningskuld
is.
Daarby moet in ag geneem word dat die vonnisbedrag
saamgestelde rente wat na instel van die aksie opgeloop het oor 'n
tydperk van bykans veertien maande, insluit. Die rentekoers wat die
partye gebruik het, blyk nie en dit is onmoontlik om selfs te skat wat
dit beloop het. Die berekening moet mens doen ten einde te bepaal
wat die omvang van die rente-element na instel van die aksie beloop
omdat sodanige rente buite berekening gelaat moet word by
beoordeling van die vraag of die re
l oortree is ( Oneanate beslissing
in hierdie hofop bl 834).
20
In die lig van voorgaande word die app
l van die hand gewys
met koste.
L T CHARMS
APP
LREGTER
VAN HEERDEN Wnd HR
SMALBERGER AR
PLEWMAN AR
FARLAM Wnd AR Stem saam
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1998/65.html