![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
5 aansoek in die hof a quo geloods is, het hy nog steeds op die grond
geboer. Kragtens 'n ooreenkoms met Schoeman, wat waarskynlik
namens die Bk opgetree het, het Smit okkupasiehuur ten opsigte van
d
e grond aan die vierde respondent, Boland Bank betaal. Die
okkupasiehuur was volgens Smit besonder hoog ten einde "Schoeman"
te vergoed vir sy insetkoste met betrekking tot die basissaad wat verkry
is van Camiasaad.
6 wees om die bastermieliesaad te oes en aan Camiasaad te lewer teen
'n ooreengekome koopprys.
7 word egter deur die Ko
p verskaf nie. Die Ko
p het dus geen werklike
of bona fide feite-dispuut ten opsigte van Smit se bewering dat hy
bastermieliesaad geoes het, opgewerp nie. Onder die omstandighede
moet die saak beslis word op die basis dat Smit wel die
bastermieliesaad wat hy aan Carniasaad gelewer het, vir sy eie
voordeel geoes het en dat hy teenoor die eienaar van die grond geregtig
was om dit te doen. Smit het dus eienaar geword van die geoeste
bastermieliesaad wat deur hom aan Carniasaad gelewer is.
9 oorgedra. Voordat die bastermieliesaad geoes sou word, sou dit deel 11 ingevolge daardie ooreenkoms ingesamel son word nie. Wat betref die 12 The Law of South Africa (First Re-issue) vol 2 para 242). Aan die 13 produksie-ooreenkoms was dit 'n voorwaardelike vorderingsreg ten 14 Carniasaad gelewer soos wat hy ingevolge sy ooreenkomste met 15 kennis gehad het nie.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
verleen het om lewering van die bastermieliesaad van die Bk te eis; dat
die Bk slegs 'n persoonlike reg verkry het om betaling vir die
bastermieliesaad wat hy aan Carniasaad lewer te vorder; dat die Bk sy
vorderingsreg op die opbrengs van die oes van die bastermieliesaad aan
die Ko
p gesedeer het; dat 'n sessie van toekomstige regte toelaatbaar
is; dat die Bk nie daarna die vorderingsreg aan Smit kon oordra nie en
dit ook nie gedoen het nie, en dat die reg so gesedeer steeds in die
Ko
p setel. Op grond van hierdie bevindings het die hof a quo bevind
dat die Ko
p geregtig is op die opbrengs van die oes wat aan
Carniasaad gelewer is.
vorm van die grond en sou die eienaar van die grond ook die eienaar
van die bastermieliesaad wees. Die Bk kon nie by wyse van sessie die
eiendomsreg in die ongeoeste bastermieliesaad van die eiendomsreg in
die grond skei nie. Na afskeiding van die bastermieliesaad van die
grond sou dit 'n roerende saak wees waarvan die eiendomsreg ook nie
by wyse van sessie oorgedra kon word nie. Vir sover die Bk met die
sessie gepoog het om sy eiendomsreg in sy verwagte oeste aan die
Ko
p oor te dra, was die poging gevolglik oneffektief. Dieselfde geld
wat betref die eiendomsreg in die opbrengs van die verwagte oeste. Die
Bk kon wel enige bestaande of toekomstige vorderingsreg ten opsigte
van die opbrengs van sy oeste of verwagte oeste aan die Ko
p sedeer.
Namens die Ko
p is dan ook betoog dat sodanige vorderingsreg deur
die Bk aan die Ko
p gesedeer is.
oeste, aan die Ko
p gesedeer het, is die posisie soos volg. Op die
datum van die sessie was die eerste produksie-ooreenkoms tussen die
Bk en Carniasaad reeds gesluit gewees. Ingevolge daardie ooreenkoms
het die Bk teenoor Carniasaad die reg op betaling van 'n ooreengekome
koopprys teen lewering deur die Bk aan Carniasaad van
bastermieliesaad wat ingevolge daardie ooreenkoms geproduseer is,
verkry. Dit is 'n voorwaardelike vorderingsreg ten opsigte van 'n
verwagte toekomstige oes. Daardie voorwaardelike reg is deur die
sessie oorgedra aan die Ko
p. Die tweede produksie-ooreenkoms
tussen die Bk en Carniasaad was egter nog nie gesluit gewees op die
datum van die sessie nie. Geen vorderingsreg, voorwaardelik of
andersins, het dus bestaan ten opsigte van die oes wat na verwagting
tweede produksie-ooreenkoms was die sessie dus 'n sessie van 'n nie-
bestaande reg wat moontlik in die toekoms kon ontstaan d.w.s. van 'n
spes. Die hof a quo het tereg bevind dat so 'n sessie geldiglik
aangegaan kon word (sien Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The
Master 1987 (1) SA 276 (A) op 294C). Daar is 'n verskil van mening
oor die presiese werking van so'n sessie (sien Waikiwi Shipping Co Ltd
v Thomas Barlow and Sons (Natal) Ltd 1978 (1) SA 671 (A) op
677H). Aan die een kant is daar diegene wat aanvoer dat 'n blote
verwagting nie oorgedra kan word nie met die gevolg dat die sessie van
'n toekomstige reg tot gevolg het dat wanneer die reg ontstaan dit eers
in die boedel van die sedent vestig en dan, sonder enige verdere
oordragshandeling, oorgaan op die sessionaris (sien Muller NO v Trust
Bank of Africa Ltd 1981 (2) SA 117 (N) op 126D-G en 128H; Joubert,
ander kant is daar diegene wat meen dat die toekomstige reg reeds by
aangaan van die sessie aan die sessionaris oorgedra word sodat dit
wanneer dit ontstaan direk in die boedel van die sessionaris val (sien
die uitspraak van Olivier AR in First National Bank of SA Ltd v Lynn
No 1996 (2) SA 339 (A) op 3601). Dit is nie vir doeleindes van hierdie
saak nodig om te beslis of die toekomstige vorderingsreg, wanneer dit
materialiseer, eers vestig in die sedent en dan oorgaan op die
sessionaris en of dit direk vestig in die sessionaris nie. Toe die tweede
produksie-ooreenkoms aangegaan is, het die Bk, soos in die geval van
die eerste produksie-ooreenkoms, teenoor Carniasaad die reg op
betaling van 'n ooreengekome koopprys, teen lewering deur die Bk aan
Carniasaad van bastermiehesaad wat hy ingevolge daardie ooreenkoms
geproduseer en geoes het, verkry. Soos in die geval van die eerste
opsigte van die Bk se verwagte toekomstige oeste. Die voorwaarde
waaraan beide vorderingsregte onderhewig was, was dat die Bk
bastermieliesaad wat hy ingevolge sy produksie-ooreenkomste met
Camiasaad geproduseer en geoes het aan Carniasaad lewer. Ingevolge
die sessie het die twee voorwaarde
ike vorderingsregte op die laatste
by sluiting van die tweede produksie-ooreenkoms in die Ko
p gevestig.
Teen vervulling van die voorwaarde sou die Ko
p en nie die Bk
teenoor Carniasaad geregtig wees op betaling.
Bk aan die Ko
p oorgedra is, onderhewig was, is dus nooit vervul nie.
Smit het as huurder van die grond die bastermieliesaad-oes ingesamel
soos wat hy geregtig was om te doen. Daarna het hy die oes aan
Carniasaad verplig was om te doen. Ingevolge sy ooreenkomste met
Carniasaad het hy teen lewering van die oes geregtig geword op die
voorafboreengekome koopprys. Sodanige koopprys is die opbrengs van
sy oes en nie die opbrengs van die Bk se oes nie. Die Ko
p het nie uit
hoofde van die sessie enige aanspraak op die obrengs van die
bastermieliesaad wat deur Smit geoes is en aan Carniasaad gelewer is
nie.
op 'n hoors
stelling dat Schoeman so sou ges
het. Geen basis op
grond waarvan hierdie hoors
getuienis toegelaat kan word, is voor die
hof geplaas nie. Smit ontken dat dit die geval was. Dit is dus nie nodig
om te beslis wat die posisie sou gewees het indien Smit wel sodanige
1
Die app
l slaag.
2
Die tweede respondent word beveel om die koste van die
1
16 app
l te betaal.
3 Die bevel gemaak deur die hof a quo word tersyde gestel
en vervang met die volgende bevel:
3.1
3.2
3.3
SMALBERGER AR
)
F H GROSSKOPF AR
) Stem saam
NIENABER AR
)
SCHUTZ AR
)
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1998/58.html