behoorlike en gepaste vonnis opgel
het nie. 'n Vonnis van 25 jaar effektief, alhoewel dit tien klagte is, is 'n geweldige swaar vonnis en ek sal meen dat, inaggenome
die kumulatiewe effek van die vonnis op die tien klagte, 'n periode van 15 jaar eerder 'n gepaste vonnis sou wees.
Die verskil tussen die vonnis wat ek sou opl
en die vonnis wat die streeklanddros opgel
het is van so 'n aard dat die vonnis inmenging regverdig."
Die vonnis word gevolglik gewysig tot driejaar gevangenisstraf op elk van die 10 klagtes waarvan l
jaar vir vyf jaar opgeskort word, 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf.
Ek stem saam dat inmenging met die verhoorhof se vonnis, om die redes deur die hof a quo genoem, volkome geregverdig was. Maar met
alle eerbied geld presies dieselfde oorweginge ook ten opsigte van die nuwe vonnis wat die hof a quo self opgel
het. Met inagneming van die al die versagtende en verswarende omstandighede wathier ter sprake was, sou 'n vonnis van l0 jaar gevangenisstraf
myns insiens meer gepas gewees het. Die verskil tussen 10 jaar gevangenisstraf
6 en 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf is so aansienlik dat dit
opsigself inmenging op app
l sou regverdig. Destemeer is dit die geval waar 'n
vergelyking getref word met die volledige vonnis wat deur die hof a quo opgel
is, te wete 30 jaar gevangenisstraf. Meermale is al deur die howe geleer dat die
opgeskorte gedeelte van 'n vonnis 'n integrale deel daarvan uitmaak (vgl S v Allart
1984(2)SA731 (T)733H-734A;S v Labuschagne and 19 Other Cases 1990(1)
SASV 313 (E) 315-g; S v Ndaba 1993 (2) SASV 633 (A) 638b-c). Dit beteken
nie dat die opgeskorte gedeelte van die vonnis buite rekening gelaat moet word
wanneer die kumulatiewe effek van so 'n vonnis oorweeg word nie; wat dit wel
beteken is dat die hof van app
l wat die kwessie oorweeg iets moet toelaat vir die
moontlikheid dat die opgeskorte gedeelte van die vonnis dalk in werking gestel
word. Wat daardie toelating in die huidige geval ook al mag wees, 'n vonnis van
15 jaar plus is net te kwaai.
Waar inmeging op hierdie grondslag geregverdig is, kom dit nie daarop aan
7 of daar, soos voor hierdie hof betoog is, mistastings deur sowel die verhoorhofas
die hof a quo begaan is nie.
In beide howe benede is 'n gedeelte van die vonnis vir 'n termyn opgeskort. Die verhoorhof het dit as 'n kwessie van genade gedoen.
'n Ander oorweging mag juis gewees het om die kumulatiewe ef
ek van die vonnisse wat opgel
is in 'n mate te versag. Na my oordeel is daar in die omstandighede van hierdie geval geen dwingende rede om enige gedeelte van die
vonnis op te skort nie en kan die kumulatiewe effek van die vonnis eerder geakkommodeer word in 'n korter termyn van direkte gevangenisstraf
Hierdie hof is by magte om al die klagtes vir doeleindes van vonnis saam te oorweeg en 'n globale vonnis op te l
. Die besware wat daar teen so 'n prosedure bestaan waar 'n laer hof 'n gekonsolideerde vonnis opl
, geld nie waar hierdie hof dit op app
l doen nie (vgl S v M1994 (2) SASV 24 (A) 30j-31e).
Die volgende bevel word gemaak:
8
1.
Die app
l teen vonnis slaag.
2.
Die vonnis wat deur die hof a quo opgel
is, word tersyde gestel en met die volgende vonnis vervang:
"Die beskuldigde word ten opsigte van al 10 aanklagte tot 'n periode van l0 jaar gevangenisstraf gevonnis."
P M NIENABERAR
Stem saam :
Van Heerden AHR Plewman AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1998/22.html