SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 111

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en 'n Ander Verenigende Gereformeerde Kerk in SuiderAfrika (536/96) [1998] ZASCA 111; 1999 (2) SA 156 (SCA); [1999] 1 All SA 480 (A) (27 November 1998)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 536/96
In die saak tussen :
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (OVS)  Eerste Appellant
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (PHORORO)      Tweede Appellant
- en-
VEREN GENDE GEREFORMEERDE KERK
IN SUIDERAFRIKA  Respondent
Coram:   Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.
Verhoor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998
UITSPRAAK
VIVIER AR

2 VIVIER AR:
Die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika ("die NGKA") het by sy gewone vergadering van Julie 1991 besluit
om "struktureel" met die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-
Afhka ("die NGSK") te verenig("die kerkvereniging"). By dieselfde
vergadering is vooraf ingrypende wysigings van sy grondwet ("die
kerkorde") aangebring wat verband gehou het met die besluit tot
kerkvereniging. Daarna, op 14 April 1994, is 'n stigtingsinode met
verteenwoordigers van die NGSK gehou waar 'n nuwe kerk, die
Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika ("die VGK") gestig en
sy grondwet goedgekeur is. Verskeie gemeentes van die NGKA in die
Vrystaat ("die NGKA-OVS") en Noordkaap hoofsaaklik ("die NGKA-
Phororo") was van meet af nie gediend met die kerkvereniging en die
wysigings van die kerkorde wat dit voorafgegaan het nie. Hulle het die

3 houding ingeneem dat die wysiging van die kerkorde sowel as die
kerkvereniging ongeldig was en nie hulle bestaan as gemeentes van die
NGKA geraak het nie. Uiteindelik was ongeveer 100 NGKA gemeentes
(76 gemeentes in die Vrystaat en 26 gemeentes in die gebied van Phororo)
nie bereid om die kerkvereniging te aanvaar nie. Verskeie pogings om die
geskille op te los, het nie geslaag nie en die streeksinode van die NGKA-
OVS het inderdaad voortgegaan om 'n vergadering op 27 September 1995
te hou.
Daama het die VGK op 26 Februarie 1996 'n aansoek gebring in die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling vir 'n verklarende bevel dat die
NGKA en die NGSK op 14 April 1994 regsgeldig verenig het om die VGK
te vorm; dat die NGKA gevolglik nie meer bestaan nie; dat "alle regte,
voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA
oorgedra is na die ooreenstemmende regspersone van die VGK" en dat die

4
streeksinode NGKA-OVS wat op 27 September 1995 vergader het, oor
geen regsbevoegdheid beskik het om enige regsgeldige handelinge namens
die voormalige NGKA in die Vrystaat te verrig het nie. Die hofaansoek
was aanvanklik gerig teen 161 respondente synde die individue en
gemeentes wat betrokke was by die streeksinodesitting van 27 September
1995. Nadat 'n tussentydse interdik toegestaan is wat nie tans ter sake is
nie, is die NGKA-OVS en NGKA-Phororo op hulle versoek as verdere
respondente gevoeg. Uiteindelik was hierdie twee respondente die
enigste wat die aansoek teengestaan het. Die Hof a quo (Van Coller R)
het die aansoek met koste toegestaan en aan die betrokke twee respondente
verlofverleen om teen sy uitspraak en bevele na hierdie Hof te appelleer.
Dit is ter aanvang nodig om kortliks te verwys na d e gebeure wat die
algemene sinode van die NGKA se besluite op sy sitting van Julie 1991
voorafgegaan het. Die NGKA is op 7 Mei 1963 gestig na die vereniging

5 van die NG Bantoekerk in Suid-Afrika met die NG Sendingkerke in die
Oranje-Vrystaat, Transvaal en Natal. Soos blyk u t die stukke voor ons,
het die vier kerke se gemeentes, ringe en sinodes (laasgenoemde as
streeksinodes) bly voortbestaan sonder enige oordrag van bates. Hierdie
kerkvereniging was dus, soos later sal blyk, wesenlik verskillend van die
kerkvereniging wat in die huidige saak ter sprake is. In 1975 het die
algemene sinode van die NGKA besluit om hom te beywer vir eenwording
met die ander drie lede van NG Kerkfamilie naamlik die NG Kerk, die
Refbrmed Church in Africa en die NGSK. Hierdie besluit is daama telkens
herbevestig. Gedurende 1987 het die sinodes van die NGKA en NGSK 'n
gesamentlike gesprekskornmissie ("die GSK"), waarop albei verteenwoordig
was, gestig met die oog op die veren ging van slegs hierdie twee kerke. In
sy verslag wys die GSK daarop dat die vereniging van di twee kerke as
'n begin beskou moet word en dat die uiteindelike doelwit van beide kerke

6
die eenwording van al die NG Kerke is. Die GSK het ook aanbeveel dat die algemene sinode van die NGKA 'n verdere belydenisskrif, naamlik die Belydenis van Belhar, wat reeds deel gevorm het van die belydenisskrifte van die NGSK, aanvaar. Hiervoor was 'n wysiging van art 36.1 van die NGKA se kerkorde nodig, soos ek later sal aantoon. Tydens 'n buitengewone vergadering van die algemene sinode van die NGKA gedurende 1990 is daar toe gepoog om eenwording met die NGSK te bewerkstellig maar die poging is laat vaar toe dit blyk dat dit nodig was om eers die kerkorde te wysig. Dit is gedoen by die algemene sinodesitting in Julie l991.
By hierdie sinodesitting is art 36.1 en 36.2 van die kerkorde eers eenparig gewysig ten einde die algemene sinode te magtig om op sy eie, en met 'n twee-derde meerderheid, die belydenis van die NGKA te verander. Art 36.1 en 36.2 het voorheen as volg gelui:

7
"36.1 Die wysiging van die belydenis van die kerk kan alleen geskied met twee-derde meerderheid en nadat elke streeksinode afsonderlik, met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit het; en nadat alle kerke van Nederduitse Gerefbrmeerde Kerkverband geraadpleeg is.
36.2 Met uitsondering van die belydenis (Art 1) mag die Algemene Sinode die kerkorde wysig of aanvul met 'n twee-derde
meerderheidstem."
Soos gewysig, het art 36.1 en 36.2 as volg bepaal:
"36.1 Die wysiging en uitbreiding van die belydenis van die Kerk kan alleen geskied met twee-derde meerderheid deur die Algemene Sinode.
Enige besware van lidmate, Ring of Streeksinodes teen sodanige wysigings of uitbreidings mag by wyse van Gravamina (beswaarskrifte) en/of memoranda aan die volgende vergadering van die Algemene Sinode voorgel word vir oorweging.

8
36.2 Die Algemene Sinode mag die Kerkorde wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheid."
Die algemene sinode het verder eenparig bes uit om 'n nuwe artikel,
genommer art 61, in die kerkorde in te voeg wat, volgens die notule, as volg
lees :
"61 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afr ka mag te enige tyd met 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die Algemene Sinode met een of meer van die kerke wat in Art 2 genoem word strukturee verenig. Wanneer die NGKA sou besluit om met 'n ander kerk ofkerke te verenig moet die besluit deur die Algemene Sinode met 'n twee-derde meerderheidstem sowel as twee-derde meerderheidstem van die streeksinodes geneem word. Wanneer sodanige besluit geneem is, hou die kerk op om as NGKA te bestaan, en gaan op in die nuwe kerk. Alle regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA word daarmee oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone van die verenigde kerk wat uit die vereniging ontstaan."

9 Aangesien die NGSK een van d e kerke is wat in art 2 genoem word,
het die wysiging beteken dat 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die
algemene sinode alleen voldoende was vir kerkverenig ng en die stigting van
'n nuwe kerk.
Voorts het die algemene sinode art 1.1 van die kerkorde gewysig
deur die Belhar Belydenis by die belydenisskrifte te voeg en daama die
volgende besluit geneem:
"1.1.34 Die Sinode besluit dat wanneer hy in uitvoering van sy besluit om struktureel met die NGSK in SA te verenig wettiglik saam met die ver eenwoordigers van die NGSK tot 'n stigtingsinode gekonstitueer is, die Algemene Sinode van die NGKA kragtens art 61 van sy Kerkorde as regspersoon sal ophou om te bestaan en te ontbind, en dra al sy regte, voorregte, eiendomme, bates, laste en verpligtinge, niks uitgesonder nie, oor aan die Algemene Sinode van die verenigde kerk wat uit die vereniging van die NGKA en

10
NGSK in SA ontstaan."
Volgens hierdie besluit ontbind die algemene sinode en dra sy bates ens aan die algemene sinode van die nuwe kerk oor op die tydstip wanneer die stigtingsinode wettiglik gekonstitueer is. Die algemene sinode was klaarblyklik van mening dat hy nie by magte was om soortgelyke ontbindingsbesluite ten opsigte van streeksinodes, ringe en kerkrade te neem nie, of anders gestel, dat sy ontbindingsbesluit nie daardie liggame kon bind nie. Daarom is drie verdere besluite geneem ten opsigte van die streeksinodes, ringe en kerkrade. Inbesluite 1.1.35 en 1.1.36 word aan die streeksinodes en ringe onderskeidelik opgedra om self ontbindingsbesluite soortgelyk aan di van die algemene sinode te neem. In besluit 1.1.37 word aan alle gemeentes opgedra om self stappe te neem vir die voortsetting van die gemeente "as regspersoon met 'n nuwe identiteit". Geen sodanige

11 ontbindingsbesluite of stappe is ooit deur die streeksinodes van die NGKA-
OVS of NGKA-Phororo of enige van die 102 gemeentes waarna hierbo
verwys is, geneem nie.
Soos ek reeds gemeld het, het die algemene sinodes van die NGKA en die NGSK op 14 April 1994 'n gesamentlike stigtingsinode gehou. Volgens die betoog namens die VGK het die konstituering van die vergadering die laaste twee sinne van art 61 in werking gestel en is 'n nuwe kerk, die VGK, gestig.
Die eerste vraag wat ontstaan is of die NGKA se algemene sinode by magte was om art 61, wat o a aan hom die bevoegdheid verleen het om 'n nuwe kerk te stig met die oordrag van alle bates van die NGKA se regspersone aan die nuwe kerk, in die kerkorde te voeg. By die oorweging van hierdie vraag moet nie uit die oog verloor word nie dat art 6l nie aan die algemene sinode die bevoegdheid verleen om sonder meer te ontbind

12
nie. Die bevoegdheid in art 61 is om te besluit om te verenig met 'n ander
kerk en wanneer die besluit geneem is, hou die NGKA op om te bestaan. Ingevolge die artikel volg ontbinding outomaties op die besluit om te verenig en is dit insidenteel tot die besluit om te verenig.
Namens die VGK is betoog dat die algemene sinode wel by magte was om art 61 in te voeg uit hoofde van die wysigingsbevoegdheid wat aan hom verleen is in art 36 van die kerkorde soos dit gelees het voor en na die wysiging van laasgemelde artikel. Daar is verder betoog dat volgens 'n juiste uitleg van die kerkorde die algemene sinode in elk geval, selfs sonder art 61, die inherente of stilswygende bevoegdheid gehad het om sy gemelde besluit tot kerkvereniging te neem.
Omdat art 36 in sy konteks gelees moet word, is dit gerieflik om die twee beto grotendeels saam te behandel. Eerstens wys ek daarop dat ons howe al meermale beslis het dat die NG Kerke vrywillige of

13
onderlinge verenigings is waarvan die lede kontraktueel gebind word deur
die betrokke kerkordes. Sien De Vos v Die Ringskommissie van die Ring
van die NG Kerk, Bloemfontein, and Another 1952 (2) SA 83 (0) op 93
F-H en die sake daar aangehaal; Theron en Andere v Ring van Wellington
van die NG Sertdingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) en
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur
1994 (2) SA 191 (WPA) op 194. (In 'n ongepubliseerde proefskrif van
Pienaar, Die Gemeenregtelike Regspersoon in die Suid-Afrikaanse
Privaatreg, op 299 word die standpunt ingeneem dat lede nie kontraktueel
nie maar ingevolge wat genoem word interne verbandsreg gebonde is. Dit
kom vir huidige doeleindes op dieselfde neer.) Dit is ook nie nodig om
te beslis of die NGKA 'n regspersoon is of nie aangesien dit nie die
vertolking van die kerkorde raak nie (cf die De Vos-saak, supra, op 93 H,
en Wilken v Brebner and Others 1935 AD 176 op 180 en 188). Soos

14 ek later sal aantoon, is die plaaslike gemeentes van die NGKA wel
regspersone.

Die eksemplaar van die kerkorde wat voor ons geplaas is, bevat die artikels van die algemene sinode van die NGKA sowel as die bepalings en reglemente van die streeksinode van die NGKA-OVS. Beide is bindend op die lede van die NGKA-OVS. Die advokate het ons meegedeel dat die bepalings en reglemente wesenlik dieselfde is as di van die NGKA-Phororo.
Vir 'n behoorlike uitleg van die kerkorde is dit nodig om die woorde daarvan te oorweeg met inagneming van die aard en opset van die kerkorde, en ook na die samehang van die woorde in die kerkorde as geheel (Swart en 'n Ander v Cape Fabrix (Pty) Ltd 1979 (1)SA 195 (A)op 202 C). Die sg bre kontekstuele agtergrond sluit ook in wat genoem word die matriks van feite waarindiekerkorde geset is. Lord Wilberforce het

15 dit as volg gestel in Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL) (op
239 j):
"The time has long passed when agreements, even those under seal, were isolated from the matrix of facts in which they were set and interpreted purely on internal linguistic considerations ... We must enquire beyond the language and see what the circumstances were with reference to which the words were used, and the object, appearing from those circumstances, which the person using them had in view."
Later in the uitspraak het Lord Wilberforce die volgende beperking
geplaas op die bewysmateriaal wat gebruik kan word (op 241 f-g):
"In my opinion, then, evidence of negotiations, or of the parties' intentions, ... ought not to be rece ved, and evidence should be restricted to evidence of the factual background known to the parties at or before the date of the contract, including evidence of the 'genesis' and objectively the 'aim' of the transaction."
Hierdie beperking word ook in die uitsprake van ons howe erken. In
Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis 1955 (3) SA 447 (A) op 454 G het

16 Schreiner AR toelaatbare omstandigheidsgetuienis beskryfas

"matters that were probably present to the minds of the parties when they contracted (but not actual negotiations and similar statements)."
Sien ook Cinema City (Pty) Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd
and Others 1980 (1) SA 796 (A) op 803 G - 805 H.
Wat betref die bre kontekstuele agtergrond waarteen die kerkorde
vertolk moet word, is die belangrikste feit sekerlik, soos blyk uit die
be digde verklaring van Prof Strauss, dat dit voorsiening maak vir 'n
gereformeerde of presbiteriale stelsel van kerkregering. Dit is in
teenstelling met ander stelsels van kerkregering soos die Roomse, die
episkopaalse of die kollegialistiese stelsels van kerkregering. (Geldenhuys,
Die regsposisie van die Kerkraad,Ring en Sinode soos toegepas in die
Gefedereerde Ned Ger Kerke in Suid-Afrika 25-34; Kleynhans,
Gereformeerde Kerkreg, Vol 1 64-90 en Pienaar, op cit 255-267). Al

17 drie hierdie skrywers noem as een van die hoofkenmerke van die
gereformeerde stelsel dat elke plaaslike gemeente die sigbare openbarring en
organisasie van die kerk en dus op sigself volledig kerk is. Die plaaslike
gelowiges self vorm die kerk en daarom is die gereformeerde kerk uit sy
aard 'n belydenis-kerk (Geldenhuys op cit 33). Kerkverband tussen
kerke wat nie dieselfde belydenis het nie of wat dieselfde belydenisskrifte
verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseer is, is nie
moontlik nie, aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by
kerkverband is (Pienaar op cit 268-269). Alhoewel kerkverband met
ander gemeentes noodsaaklik is, kan 'n losstaande gemeente nie verhinder
word om hom 'n gereformeerde gemeente te noem nie. (Pienaar op cit
269, Geldenhuys op cit 142-146, Kleynhans, op cit vol 3 op 8).
Meerdere vergaderings nl die ringe, streeksinodes en algemene sinodes is,
soos ek later sal aantoon, tydelik van aard en raak nie die selfstandigheid

18 van die plaaslike gemeente ofkerk nie.
Dat die NGKA die verband of verbintenis tussen afsonderlike
plaaslike gemeentes is, blyk duidelik uit art 3.1 van die kerkorde wat soos
volg lui:

"3.1 Die Nederduitse Gereformeerde kerk in Afrika is die verband van alle plaaslike gemeentes wat bogenoemde belydenis en hierdie kerkorde aanvaar en wat in die toekoms deur die kerkverband as gemeentes erken word."
Die belydenis waama hier verwys word, word uiteengesit in art 1, wat voor
die sitting van die algemene sinode in Julie 1991 soos volg gelees het:
"Artikel 1
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika is gebou op die fbndament Jesus Christus, gegrond op die Bybel, die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die kerk in ooreensternming met Gods Woord bely, staan uitgedruk in:
1.1 Die Formuliere van Enigheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naaml k

19
die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, die vyf Dordtse Leerre ls en 1.2 Die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Belydenis van Nicea en die Belydenis van Athanasius."
Die woorde "en die Belhar Belydenis" s, soos reeds geme d, deur die algemene sinode by sy sitting gedurende Julie 1991 ingevoeg aan die einde van art 1.1.
Volgens die woordomskrywing in hoofstuk 4 van die kerkorde is 'n gemeente "die kerk van Christus op 'n bepaalde plek" en bestaan dit uit gemeentelede en ampsdraers. "Kerk" word omskryf as die vergadering van gelowiges wat, hoewel oor die hele w reld versprei, tot openbaring kom in die plaashke gemeentes. In die woordomskrywing word b gevoeg dat die verskillende plaaslike gemeentes verplig is om met mekaar in kerkverband te tree.

20 Ons howe het tot dusver gemeentes van verskillende denominasies
konsekwent as regspersone beskou. Uit die kerkorde is dit duidelik dat
dit ook die geval is met elke plaaslike gemeente van die NGKA. As
regspersoon is die gemeente die wettige eienaar van sy goedere,
eiendomme en fondse. (Venter en Andere v Den Kerkeraad der
Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6; Prinsloo and Others
v Ned. Herv. of Geref Church 1889 SAR 220; Peach and Co v The
Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345; Dutch Reformed
Church, Van Wijk's Vlei v Registrar of Deeds 1918 CPD 375 op 377-8 en
Ex parte Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA
377 (W).)
Art 17 van die kerkorde maak voorsiening vir vier organe of
vergaderings van die NGKA naamlik die kerkraad, ring, streeksinode en
algemene sinode. Aan hierdie vergaderings word, vo gens art 18, maar

21 onderhewig aan bepaling 78, die opsig oor, die regering van en die tug in
die kerk toevertrou. Volgens art 20 word die opsig en tug oor die
gemeente en die regering daarvan aan die kerkraad soos saamgestel uit
leraars of evangeliste, ouderlinge en diakens toevertrou. Die kerkraad is die
bestuursorgaan van die plaaslike gemeente, dit verteenwoordig die plaaslike
gemeente en neem besluite namens die gemeente. Dit dien reeds as die
eerste vorm van kerkverband (Kleynhans op cit vol 3 op 42). Bepaling
78 van die kerkorde lees as volg :
"Bepaling 78

Die kerklike vergaderinge bepaal hulle werksaamhede binne die grense van hulle bevoegdheid, sodat hulle niks behandel wat uitsluitlik tot die bevoegdheid van 'n ander kerkvergadering behoort nie."
Hierdie bepaling het sy oorsprong in art 30 van die Dordtse Leerre ls
van 1618-1619 van die Gerefbrmeerde Kerke in Nederland na die

22 hervorming, wat as volg gelees het:

"In meerdere vergaderingen zal men niet handelen, dan hetgeen dat in mindere niet heeft afgehandeld kunnen worden, ofdat tot de kerken der meerdere vergadering in het gemeen behoort."
Bepaling 78 erken dus die selfstandigheid van die kerkraad deur aan die
ander kerkvergaderings 'n beperking op te l ten einde te verhinder dat hulle
hul met sake wat van plaaslike aard is, en aan die kerkraad toevertrou is,
bemoei. Die kerkraad het dus eksklusiewe seggenskap oor die vele sake
wat die kerkorde aan hom opdra. Een daarvan is om namens die gemeente
met laasgenoemde se eiendomme te handel.
Die regering oor die geheel van saamverbonde kerke of gemeentes
word aan die meerdere vergaderings toevertrou. Gemeentes word deur
die streeksinodes in ringe gegroepeer. Die ring word saamgestel uit alle
leraars van gemeentes binne die ring se gebied en een ouderling of evangelis

23 of diaken uit elke gemeente. In die gemeentes waar meer as een leraar is,
dien een ouderling of evangelis of diaken per leraar op die ring. Tot die
werksaamhede van die ring behoort o a die stigting en ontbinding van
gemeentes (art 25.4). Die streeksinode word saamgestel uit alle leraars
binne sy gebied, saam met een ouderling ens soos die geval is met die ring.
Voorsiening word ook gemaak vir ander persone om in adviserende
hoedanigheid sitting te h op die streeksinode. Art 30 bepaal dat die
streeksinode volle seggenskap oor sy eiendomme, finansies en
werksaamhede behou wat hy "voor vereniging gehad het ofdaarna verwerf
behalwe die wat volgens hierdie kerkorde aan die Algemene Sinode
oorgedra is of sal word ..." Die "vereniging" waarna verwys word, is die
vereniging op 7 Mei 1963 soos hierbo gemeld. Art 29 omskryf die taak en
bevoegdhede van die streeksinode en hiertoe behoort, volgens art 29.2 "die
behartiging van alles wat die plaaslike kerke in die gebied in gemeen het,

24 met uitsondering van die sake wat by die Algemene Sinode tuishoort".

Die algemene sinode word saamgestel uit vier lede van elke streeksinode en een leraar plus een ouderling of evangelis of diaken uit elke ring binne die gebied van die samestellende streeksinodes. Daarbenewens word sitting in 'n adviserende hoedanigheid verleen aan een verteenwoordiger elk van die ander drie kerke in die N G Kerkfamilie en sekere ander persone (art 32).
Uit bogemelde bepalings blyk dit dat terwyl alle gemeentes direk verteenwoordig is op die ringe en streeksinode, slegs sommige gemeentes indirek deur die ringe en streeksinodes waaronder hulle sorteer op die algemene sinode verteenwoordig word. Geen gemeente het 'n direkte verkose verteenwoordiger by die algemene sinode nie. Die algemene sinode is verder, anders as die kerkraad, bloot tydelik van aard en is geen permanente bestuursliggaam nie. Sy bevoegdheid eindig met die

25 uiteengaan van die vergadering. Die algemene sinode is nie by magte om
'n besluit te neem in stryd met die kerkorde nie. (Geldenhuys op cit 251-
252, Pienaar op cit 295.) Tussen sinodesitting handel kommissies met
omskrewe funksies. Die motief agter die besluit, hoe lofwaardig ook al,
is irrelevant. Die volgende dictum van hierdie Hof in die saak van
Minister of the Interior and Another v Harris and Others 1952 (4) SA 769
(A) op 793 A-B geld ook vir die algemene sinode :
"If an Act is beyond the competence of a legislative body, its motives are irrelevant, whether they be ethical, legal or political."
Die algemene sinode is verder nie by magte om 'n bepaling in die kerkorde
te wysig ten einde 'n doel te bereik wat buite sy magte is nie. In Collins
v Minister of the Interior and Another 1957 (1) SA 552 (A) het Schreiner
AR op 574 die volgende in hierdie verband ges (op 574 E-F):
"In general the parts of a scheme take their character

26
from the whole. A scheme to defraud is an obvious example. Another is a scheme to get round a legislative obstacle."
Art 34 van die kerkorde omskryf die werksaamhede en bevoegdhede
van die algemene sinode. Daaronder val onder andere die behartiging van
die ekumeniese belange van die kerk (art 34.1); die administrasie van en
beskikking oor eie fondse en eiendomme (art 34.2); die bepaling van die
beleid wat gevolg moet word in verband met die werksaamhede wat deur die
streeksinodes behartig word (art 34.3); die behandeling van alle sake wat
deur die streeksinodes na hom verwys is en die beslissing oor tugsake wat
die leer van die kerk raak (art 34.4). Art 34(5) sluit die volgende in onder
die algemene sinode se werksaamhede :
"34.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word, die vasstelling en vertaling van die belydenisskrifte van die kerk, die kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die sangbundel en die orde van die erediens."

27 Ek behandel later die juiste betekenis van hierdie sub-artike .
Teen hierdie agtergrond kan die wysigings van die kerkorde deur, en
die besluite van die 1991 algemene sinode nou oorweeg word. Eerstens is
daar art 36. Voor die wysiging het art 36 van die kerkorde bepaal dat die
algemene sinode, met die uitsondering van die belydenis, die kerkorde kon
wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheidstem. Vir die wysiging
van die belydenis moes, soos ek reeds ges het, elke streeksinode ook
afsonderlik met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit.
Die beginsel wat hier gestel was, was dat elke gemeente van die kerk, deur
sy verteenwoordigers in die streeksinode, inspraak in 'n moontlike
wysiging van die belydenis moes h . Ten opsigte van die belydenis, wat
deur Kleynhans, op cit vol 3 op 154 as die grondslag en beleid van die
kerk by uitnemendheid, beskryf word, was daar dus 'n beperking met
betrekking tot die bevoegdheid van die algemene sinode in die kerkorde

28 ingebou. Na my mening was die belydenis verskans in art 36 en die
algemene sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur 'n
eensydige wysiging van art 36 nie.
Wat betref die reg van die algemene sinode om ingevolge art 36.2
wysigings in die kerkorde aan te bring, moet verder gelet word op die
algemene beginsel wat Lord Tomlin in Hole v Garnsey 1930 AC 472
(HL) op 500 gestel het dat die bevoegdheid van 'n vrywilhge vereniging
om sy grondwet te wysig, beperk moet word tot wysigings wat
redelikerwys geag kan word binne die beskouing en bedoeling van die
partye was tydens die sluiting van die kontrak, inagnemend die aard en al die
omstandighede van die kontrak. In Swanepoel v OVS Nederduitse
Gereformeerde Kerk 1949 (4) SA 919 (O) het De Beer RP met
goedkenring na hierdie beginsel verwys maar in 'n vroe re beslissing,
waarna nie in die Swanepoel-saak verwys is nie, Fairham v Cape Town

29 Mutual Aid Fund 1949 (1)SA 925 (C), was Ogilvie Thompson Wnd R
nie bereid om die beginsel deur Lord Tomlin gestel, sonder kwalifikasie
te aanvaar nie. Op 928 het die geleerde regter ges dat die beginsel
oorweeg moet word saam met 'n ander beginsel naamlik dat die hof
normaalweg me sal inmeng met dit wat te goeie trou gedoen word tot
voordeel van die betrokke vrywillige vereniging nie. Dit is nie nodig vir
huidige doeleindes om te oorweeg of hierdie kwalifikasie geregverdig is nie.

Na my mening is dit duidelik dat by die invoegjng van art 61 die algemene sinode die wysigingsbevoegdheid in art 36 gebruik het om 'n resultaat te bereik wat nie alleen nooit bedoel kon gewees het nie, maar ook strydig is met die hele oogmerk van die wysigingsbevoegdheid in art 36.
As deel van die bre kontekstuele agtergrond kan verder aanvaar word dat die waarskynlike bedoeling agter die kerkorde was dat die NGKA vir altyd sou bestaan. So het Hoofregter Wessels in Wilken v Brebner

30 and Others, supra, op 184, die volgende ges :
"In the case of a universitas or collegium, a church or hospital, or what the German jurists call a 'stifftung', the intention is that the association shall continue for ever and that it shall carry out the purposes of its founder or founders."
Ek kan my kwalik voorstel dat toe die NGKA in 1963 gestig is, die
opstellers van die kerkorde iets anders in gedagte gehad het as dat die
NGKA vir altyd sou bestaan. Die getuienis was dat die gedagte van
kerkvereniging eers in 1975 ontstaan het. Dit is vir hierdie rede, meen ek,
dat geen uitdruklike voorsiening in die kerkorde gemaak is vir die ontbinding
van die NGKA of vir kerkvereniging nie. Die basis van die
wysigingsbevoegdheid in art 36.2 was dus die veronderstelling dat die
NGKA bly voortbestaan. Dit was gemik op die voortsetting, verbetering
en aanpassing van die kerkorde soos omstandighede van tyd tot tyd dit sou
vereis. Die invoeging van art 61, daarenteen, was daarop gemik om die

31
fundamentele doelstelling van die NGKA ongedaan te maak en het tot gevolg gebad die stigting van 'n nuwe kerk, die ontbinding van die NGKA en die bee ndiging van die NGKA se kerkorde. Dit was n e die bedoeling agter art 36 nie en ook nie sy funksie nie. Na my mening was die invoeging van art 6l gevolglik nie 'n wysiging binne die betekenis van art 36 nie en het die algemene sinode buite sy bevoegdheid gehandel toe hy die artikel ingevoeg het. Vgl Murray v S A Tattersall's Subscription Rooms 1910 WLD 35 op 41. Op gesag van die beslissing in Kahn v Louw NO and Another 1951 (2) SA 194 (C) op 211 E-F is namens die VGK aangevoer dat die bevoegdheid om die konstitusie van 'n vrywillige vereniging te wysig die bevoegdheid insluit om die vereniging te ontbind. Ek is nie oortuig dat so 'n algemene beginsel inderdaad bestaan nie; maar, selfs al sou dit die geval wees, gaan art 61 veel verder as die ontbinding van die NGKA Ek het reeds opgemerk dat die effek van die artikel is dat

32 ontbinding insidenteel sal wees tot 'n besluit om met 'n ander kerk te
verenig. Wanneer so 'n besluit geneem word, hou die NGKA, volgens art
61, op om as sulks te bestaan, gaan dit op in die nuwe kerk en word alle
regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone daarin
oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone in die nuwe kerk.
Wesenlik kom dit daarop neer dat elke gemeente met al sy regte, voorregte,
bates ens eenvoudig opgeneem, en sonder enige deelname aan die besluit,
in 'n nuwe verband gedwing word.
Ek behandel vervolgens die betoog namens die VGK dat op 'n
behoorlike uitleg van die kerkorde die algemene sinode selfs sonder die
invoeging van art 61 die inherente of stilswygende mag gehad het om sy
besluit tot kerkvereniging te neem. Ek het reeds hierbo verwys na die
werksaamhede wat die kerkorde aan die algemene sinode opdra sowel as na
di liggaam se verhouding teenoor die ander mindere kerkvergaderings.

33
Dit blyk duidelik uit die kerkorde dat die algemene sinode, anders as die drie
ander kerkvergaderings, jurisdiksie het oor die saamgebonde gemeentes en dat die ander vergaderings hulle aan sy uitsprake en besluite moet onderwerp (bep 75). Soos verskillende skrywers oor die onderwerp, aangehaal deur Geldenhuys, op cit 259, uitwys, is daar egter vele sake waaroor die algemene sinode geen jurisdiksie het nie. So is dit nie by magte om 'n besluit oor 'n gemeente se bates te neem nie of eensydig die gemeente se aard of identiteit te verander of te ontbind nie. Die NGKA is, soos reeds ges , die verband tussen die gemeentes as afsonderlike plaaslike kerke. Daaruit volg, meen ek, dat dit nie vir die algemene sinode is waar, soos ook reeds ges , die gemeente nie direk verteenwoordig is nie, om eensydig die gemeente se kerkverband te verander nie. Meer nog, as onamanklike regspersoon besit die gemeente sy eie eiendom en bates en regtens kan sy eiendom hom nie teen

34 sy wil ontneem word nie. Dat dit die effek is van die algemene sinode se
besluit (1.1.34), is duidelik.
Dit is al meermale deur ons howe beslis dat die algemene sinode se
inherente bevoegdheid nie die reg insluit om sonder die goedkeuring van al
sy lede, dit wil s al die gemeentes, die kerkverband te verander en 'n ander
kerk te stig nie. In die saak van The Nederduitsch Hervormde
Congregation of Standerton v The Nederduitsch Hervormde or
Gereformeerde Congregation of Standerton 1893 SAR 69 was die feite
kortliks as volg. In Februarie 1885 het die onderskeie algemene sinodes
van die Nederduitsche Hervormde ("NH") en die Nederduitsche
Gereformeerde (NG") Kerke, feitlik eenparig besluit om te verenig en
'n nuwe kerk te stig wat, tot daar op 'n naam ooreengekom sou word,
voorlopig bekend sou staan as die Nederduitsche Hervormde of
Gerefbrmeerde Kerk ("NH of G"). Kort daarna is die boeke van die NH

35 gemeente van Standerton aan die NH of G gemeente aldaar oorhandig en
die sleutel van die kerk met die koster gelaat wat dit namens die NH of G
gemeente ontvang het. Sekere lidmate van die NH gemeente was nie
tevrede met die kerkvereniging nie en in 1892 het 'n leraar en 'n aantal
persone in die omgewing van Trichardtsfontein as kerkraad aanspraak
gemaak op die kerkgronde en kerkgebou op Trichardtsfbntein welke
eiendom voor die kerkvereniging aan die NH gemeente van Standerton
geskenk is. Hulle het hulself steeds as die NH gemeente van Standerton
beskou en het 'n hofaksie ingestel teen die nmve NH of G gemeente waarin
hulle die kerkeiendom terugge is het. Die aksie is gehandhaaf in die
volgende woorde van Hoofregter Kotze op 81-82.

'It is clear that if, at the time of the completion of the union in 1885, there were any members of the Nederduitsch Hervormde congregation who did not concur in the union, or acquiesce in it at a later date, those members must be considered to have remained

36
hervormd, and as still constituting the Hervormde
congregation of Standerton, and therefore as being
entitled to the ownership of the piece of donated land at
Trichardsfontein with the church buildings on it. This
follows from the nature of a corporation or religious
body (Universitas), such as a church association, and
from the doctrine applicable thereto. Thus Ulpian says
(Dig. 3. 4, 7, s. 2), 'Sed si universitas ad unum redit,
magis admittitur posse eum convenire et conveniri,
cum jus omnium in unum reciderit, et stet nomen
universitas. (Compare Voet, 3. 4, s. 1.)
The two separate corporations, to wit, the Hervormde
congregation and the Gereformeerde, resolved in 1885
to terminate their existence as such, and together to
form another and new corporation or body. This could
only be brought about by the consent or acquiescence of
each individual member of the two separate
corporations. The majority, that is the General
Church Assembly, could indeed bind the minority with
reference to everything which came within the scope
and object of the corporation or church association, for
such power is within its authority; but when the majority
attempts to dissolve and terminate the corporation or
church association, by a resolution to unite it with
another association, and so to bring another and new
corporation into being, then the majority exceeds the
limits of its authority; it is then acting ultra vires. The

37
General Church Assembly of the Nederduitsch Hervormde Church cannot, by its resolutions of 1882 and 1885 to unite with the Gereformeerde Church and form a new church or corporation, compel the members of the former church who did not wish for union, to join in it, however desirable and praiseworthy the union may happen to be."
Namens die VGK is betoog dat Hoofregter Kotze in die
aangehaalde passasie niks meer ges het nie as dat die Hervormde gemeente
van Standerton bly voortbestaan het. Ek stem nie saam nie. Hoofregter
Kotze behandel in die eerste gedeelte van die aangehaalde passasie, wat
eindig met die aanhaling van Ulpianus se Digesta-teks, wel die posisie van
die gemeente, maar gaan daama veel verder. Die Digesta-teks, volgens
die Watson-vertaling, lees as volg : "But if a corporate body is reduced
to one member, it is usually conceded that he can sue and be sued, since the
rights of all have fallen to one and the corporate body continues to exist in
name only". Dat een oorblywende gemeentelid die gemeente kan vorm,

38 moet in die huidige omstandighede, in die lig van die bepalings van die
kerkorde waarvolgens die kerkraad die gesagsorgaan is wat namens die
gemeente optree, moontlik gekwalifiseer word. Dit is egter nie vir huidige
doeleindes nodig om hierdie aspek te beslis nie. Dit raak nie die res van
die aangehaalde dictum van Hoofregter Kotze nie, waar hy met die
bevoegdheid van die algemene sinode handel. Daarin verklaar hy
onomwonde dat die algemene sinode nie gemagtig is om sonder die
toestemming van alle lede (of dit nou gemeentes of gemeentelede is) tot
kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk te besluit nie. Sien verder
The Nederduitsche Hervormde Congregation of Rustenberg v The
Nederduitsche Hervormde or Gereformeerde Congregation of Rustenberg
12 CLJ 140 op 141 waar die feite soortgelyk was aan di van die
Standerton-saak; Dwane v Coza and Others 17 EDC 8 op 18; Coates
(and Cottrell v St John's Benefit Society 23 SC 38 op 40; Solomon v The

39 Alfred Lodge 1917 CPD 177 op l80 en 184 en Cape United Sick Fund