South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1997 >> [1997] ZASCA 78

| Noteup | LawCite

Absa Bank Bpk. v Coetzee (317/96) [1997] ZASCA 78; ; [1998] 1 All SA 1 (A); (26 September 1997)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
VAN SUID-AFRIKA
Saaknr 317/96 In die saak tussen
ABSA BANK BEPERK Appellant en
C O COETZEE      Respondent
CORAM: EKSTEEN, HOWIE, OLIVIER, SCHUTZ et
PLEWMAN ARR VERHOOR: 22 AUGUSTUS 1997 GELEWER: 26 SEPTEMBER 1997
UITSPRAAK
EKSTEEN AR

2
Die respondent ("Coetzee") en sy gewese vrou het gedurende 1990 en vir 'n aantal jare voor dit, afsonderlike bankrekeninge by die Arcadia-tak van Volkskas Bank gehad. Hulle was geskei en mev Coetzee het blykbaar die beheer en toesig oor die minderjarige kinders gebore uit die huwelik gehad. Een van die bepalinge van die akte van dading was dat Coetzee 'n Diners Club kredietkaart in sy naam sou bekom, maar dit aan mev Coetzee sou gee vir haar uitsluitlike gebruik. Die doel hiermee was dat sy dit sou gebruik vir "noodsaaklike aankope, sou sy geld nodig gehad het vir die kinders." Diners Club moes dan die maandelikse rekeningstate aan haar, by haar adres stuur, en sy moes die verskuldigde bedrae vereffen.
Alles het skynbaar goed verloop en Coetzee het geen rede

3 gehad om te kla oor die manier waarop sy vrou die kaart gebruik
het nie. Op 14 Desember 1990, egter, is 'n tjek van R18 000 deur
Diners Club aan Coetzee as begunstigde uitgemaak, en f regstreeks
aan mev Coetzee gegee f na haar adres gestuur. Daar sy die tjek
op dieselfde dag, nl. 14 Desember 1990, in haar bankrekening
inbetaal het, blyk eersgenoemde moontlikheid die mees
waarskynlike te wees. Hoe dit gekom het dat Diners Club so 'n tjek
uitgemaak het blyk nie uit die getuienis nie. Coetzee kon geen
verduideliking hiervoor bied nie.
Die tjek is uitgemaak aan "mnr C O Coetzee", gekruis en
gemerk "nie verhandelbaar nie: Rek. begunstigde alleenlik".
Agterop verskyn daar 'n endossement wat aanvaar word "C O
Coetzee" is. Coetzee ontken dat dit sy handtekening is, en hy
ontken ook dat hy ooit die tjek ge ndoseer he . Daarna is die tjek

4 by die Arcadia-tak van Volkskas Bank aangebied vir betaling en die
bedrag van R18 000 is in die rekening van mev Coetzee betaal.
Coetzee was geheel en al onbewus van die bestaan van hierdie tjek
asook van die inbetaling van die bedrag in mev Coetzee se rekening
totdat Diners Club hom gedurende Januarie of Februarie 1991 gebel
het en verwittig het dat sy rekening by hulle nie betaal is nie. By
verdere navraag het hy te wete gekom van die transaksie. Mev
Coetzee is intussen insolvent verklaar en gesekwestreer. Gevolglik
kon sy nie vir Diners Club betaal nie en kon Coetzee ook niks van
haar verhaal nie. Hy was verplig om die hele verskuldige bedrag
plus rente aan Diners Club te betaal.
Met ingang 1 Augustus 1992 het appellant ingevolge die
bepalinge van Artikel 54 van die Bankwet 94 van 1990 al die bates,
laste, regte en verpligtinge van Volkskas Bank oorgeneem.

5 Op 3 Augustus 1993 het Coetzee dagvaarding in die
landdroshof vir die distrik van Pretoria teen appellant uitgereik
waarin hy betaling van die bedrag van R18 000 met rente en koste
van die geding vorder. Hy het sy eis gegrond op die bewering dat
hy die ware eienaar van die tjek was; dat sy handtekening agter op
die tjek vervals is; en dat appellant se Arcadia takkantoor nalatig en
onregmatig opgetree het deur die bedrag van die tjek in mev
Coetzee se rekening te betaal terwyl hulle in besit was van
proefhandtekeninge van beide homself en sy eggenote en dus
vertroud moes gewees he met hul onderskeie handtekeninge. Na
aanhoor van die getuienis van respondent as eiser, en van Mev
Kapp, 'n bankteller, namens die appellant as verweerder, het die
landdros, steunende op die bepalinge van Artikel 58 van die
Wisselwet, 34 van 1964, ("die Wisselwet") die eis van die hand

6 gewys. Coetzee het daarna in ho r beroep gegaan na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling. Daardie Hof het bevind dat die
landdros fouteer het om steun te soek by die betrokke artikel van
die Wisselwet; dat Coetzee die ware eienaar van die tjek was; en
dat die appellant se beamptes nalatig was om die tjek in mev
Coetzee se rekening in te betaal sonder om vas te stel of die
endossement werklik Coetzee se handtekening was, veral gesien in
die lig van die woorde "rek. begunstigde alleenlik" wat hulle tot
versigtigheid moes gemaan het. Die app l is gevolglike gehandhaaf
en appellant is gelas om die bedrag van R18 000 met rente en koste
van geding aan Coetzee te betaal. Dit is teen hierdie bevel dat die
onderhawige app l gebring is.
Dit is gemene saak dat om in sy eis te slaag Coetzee moet
bewys dat hy die eienaar van die tjek was. As hy nie hierin slaag

7 nie verval sy hele eis. In die uitspraak van die geleerde Regter a
quo word daar, in navolging van die terminologie in Indac
Electronics (Pty) Ltd v Volkas Bank Ltd [1991] ZASCA 190; 1992 (1) SA 783 (A), na
"die ware eienaar" van die tjek verwys. In First National Bank of
SA Ltd v Ouality Tyres (1970) (Pty) Ltd [1995] ZASCA 65; 1995 (3) SA 556 (A) te
567 I tot 568 C word daar egter op gewys dat die uitdrukking "ware
eienaar" van 'n tjek, soos dit in Art. 81 van die Wisselwet gebruik
word, 'n spesiale betekenis het, maar dat in die konteks van 'n geval
soos die onderhawige, waar die geskil slegs gaan oor die oordrag
van die eienaarskap van 'n tjek van een persoon na 'n ander, het die
woord "ware", as kwalifiserend van "eienaar", geen wesenlike inslag
nie.
Dit is voor ons gemene saak dat die vraag wat hier ontstaan
of eienaarskap van die tjek te enige tyd na Coetzee oorgegaan het.

8 Hierdie vraag moet be-antwoord word aan die hand van die gewone
gemeenregtelike re ls wat die oordrag van die eiendomsreg van
roerende sake van een persoon na 'n ander raak. Daar moet
gevolglik lewering van die saak (in hierdie geval die tjek) wees deur
die oorhandiger aan die ontvanger en dit moet gepaard gaan met 'n
ooreenkoms tussen die twee dat daarmee eiendomsreg gegee en
geneem word. (Sien ook Air-kel (Edms) Bpk H/A Merkel Motors
v Bodenstein en 'n Ander 1980 (3) SA 917 (A) op 922 E-F.)
Enigeen van die partye kan natuurlik by so 'n handeling deur sy
gevolmagtigde agent verteenwoordig word.
Die geleerde Regter a quo het in sy uitspraak bevind dat
Diners Club die bedoeling gehad het dat Coetzee, wat as
begunstigde genoem is, die tjek moes ontvang en eienaar daarvan
word; dat mev Coetzee "die gemagtigde agent" van Coetzee was

9
"ten opsigte van die rekening" en dat sy gevolglik die tjek as sy
gemagtigde agent ontvang het. Hieruit sou dit dus volg dat Coetzee daardeur eienaar van die tjek geword het. Ek kan egter nie met hierdie redenasie saamstem nie.
In die eerste plek was daar geen getuienis dat Diners Club bedoel het om die eiendomsreg in die tjek (in teenstelling met die opbrengs van die tjek) aan Coetzee oor te dra nie. "The argument confuses the proceeds of the cheque ... with the cheque itself and the ownership of it." (Ouality Tyres-saak, supra, op 569 A-C.) Diners Club was bewus daarvan dat mev Coetzee die uitsluitlike gebruik van die kaart gehad het en o nskynlik geregtig was om geld daarmee te trek. Sy het ook self deurgaans alle bedrae wat aan Diners Club verskuldig was, vereffen.
Die betoog dat mev Coetzee, in die bre , as haar man se

10
agent gesien kon word om, deur die gebruik van die Diners Club
kaart, sy krediet te verbind, gaan ook nie op nie. Al was dit ook so, hou dit nie noodwendig in dat sy ook in hierdie geval as sy agent opgetree het nie. Maar die getuienis dui op die oorwig van waarskynlikhede daarop dat sy in hierdie transaksie deurgaans opgetree het om haarself te verryk. Sy het waarskynlik die kredietkaart gebruik om Diners Club te oorreed om die tjek uit te maak en aan haar te oorhandig. Sy het daarna die endossement, wat voorgee Coetzee s'n te wees, f self agter op die tjek aangebring f dit laat aanbring, en die tjek nog dieselfde dag in haar eie bankrekening laat inbetaal. Coetzee was te alle tersaaklike tye onbewus van die bestaan van die tjek en daar kan dus geen sprake daarvan wees dat hy die bedoeling kon gehad het om eiendomsreg in die tjek te neem nie. Trouens, die ooreenkoms tussen hom en

11
mev Coetzee was dat sy die uitsluitlike gebruik van die kaart sou h
vir haar eie benodigdhede en dat sy self alle verskuldigde bedrae sou vereffen. Daar was geen bedoeling of ooreenkoms dat sy ooit die kaart vir Coetzee se voordeel sou gebruik nie. Die feit dat sy in die finale instansie Coetzee se krediet verbind het, maak haar nie sy agent nie. Sy posisie was eerder analoog aan di van 'n borg as van 'n prinsipaal. Dit kan dus nie ges word dat mev Coetzee by die inisi ring en deurvoering van hierdie transaksie, wat uits uitlik daarop gerig was om haarself te verryk, in enige fase daarvan as Coetzee se agent opgetree het nie. Wat hom betref, was hy onbewus van die hele transaksie en sy het geen die minste bedoeling gehad dat hy die eienaar van die tjek moes word nie. (cf. Ouality Tyres-saak, supra, p 569 G - 570 B). Haar bedoeling was deurgaans dat n g die tjek n g die opbrengs daarvan ooit by

12 Coetzee moes uitkom. Daar is regtens geen ruimte vir die betoog
dat sy haar opset slegs kon deurvoer deur die eiendomsreg in die
tjek eers na Coetzee te laat oorgaan nie. So 'n betoog is reg ens
onhoudbaar. (Ouality Tyres-saak, supra, p 566 H-J).
Laastens het mnr Roestorff, wat namens Coetzee voor ons
opgetree het, steun gesoek by die bepa inge van Artike 19(4) van
die Wissselwet. Die tersaaklike bepalinge lees soos volg:
"(4) ndien 'n wissel nie langer in die besit is nie van 'n party wat dit as trekker.... geteken het, word 'n geldige en onvoorwaardelike lewering deur hom vermoed totdat die teendeel bewys is."
"Lewering" word in artikel 1 van die Wet omskryf as
"werklike of fiktiewe oordrag van besit van een persoon aan
'n ander."
Om hierdie artikels van die wet op die feite van die onderhawige saak toe te pas, sou meebring dat waar die tjek nie

13 meer in Diners Club se besit is nie, daar 'n vermoede bestaan dat 'n
geldige en onvoorwaardelike lewering van die tjek as 'n roerende
saak van Diners Club na 'n ander persoon geskied het, wat neerkom
op die oordrag van die besit van die tjek deur Diners Club aan
daardie ander persoon. Dit hou voorts in dat Diners Club die
bedoeling moes gehad het om die besit van die tjek aan die ander
persoon oor te dra en dat daardie persoon die animus possidendi
moes gehad het by die neem van die tjek. Mnr Roestorff het
gepoog om hierdie bepalinge so uit te l as sou dit 'n vermoede
skep dat Diners Club die eiendomsreg in die tjek aan Coetzee
oorgedra het en dat die bewyslas gevolglik op appellant gerus het
om die teendeel te bewys.
Hierdie betoog kan egter nie opgaan nie. Artikel 19(4) gaan
nie oor die oordrag van die eiendomsreg in 'n tjek nie maar slegs

14 oor die besit daarvan. Dit skep ook nie die vermoede dat die

trekker die besit aan die begunstigde oorgedra het nie, maar slegs
dat hy die besit oorgedra het aan die persoon aan wie hy dit
oorhandig het.
Weereens is gepoog om terug te val op die submissie dat mev Coetzee haar man se agent kon gewees het by die ontvangs van die tjek en dat hy derhalwe deur haar die besit daarvan kon verkry het. Ek het reeds met hierdie aspek gehandel en dit verg geen verdere oorweging nie. Op die oorwig van waarskynlikhede is daar geen ruimte vir so 'n betoog nie.
Dit volg dus dat Coetzee nie daarin geslaag het om aan te toon dat hy die eienaar van die tjek geword het nie. Bygevolg is dit nie nodig om enige van die ander gronde vir die app l te behandel nie.

15 Die app l word gevolglik met koste gehandhaaf en die bevel
van die Hof a quo word gewysig om te lees
"App l van die hand gewys met koste."
EKSTEEN AR
STEM SAAM: HOWIE AR
OLIVIER AR SCHUTZ AR
PLEWMAN AR