South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1997 >>
[1997] ZASCA 51
| Noteup
| LawCite
Lambons (Edms) Bpk. v BMW (Suid Afrika) (Edms) Bpk. (18/95) [1997] ZASCA 51; 1997 (4) SA 141 (SCA); [1997] 3 All SA 327 (A); (27 May 1997)
Download original files |
DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 18/95
In die saak tussen:LAMBONS (EDMS) BEPERK Appellant
en
BMW (SUID AFRIKA) (EDMS) BEPERK Respondent
Coram: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF, HOWIE, HARMS en SCOTT ARR
Verhoordatum: 2 Mei 1997 Leweringsdatum: 27 Mei 1997
UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die appellant het skadevergoeding ten bedrae van R14 161 774,00
vir beweerde kontrakbreuk van die respondent in die Vrystaatse
Provinsiale Afdeling ge
is. Die appellant se eis is gebaseer op 'n
mondelinge ooreenkoms wat d
e partye na bewering op 28 Januarie 1993
in Bloemfontein aangegaan het. Dit is die appellant se saak dat die
respondent die ooreenkoms op 15 Junie 1993 gerepudieer het, dat die
appellant daardie repudiasie aanvaar het en dat die appellant as gevolg
van die repudiasie skade gely het. By die aanvang van die verhoor in
die hof a quo het Van Coller R ingevolge re
l 33(4) van die
Hooggeregshofre
ls gelas dat die bepaling van die appellant se skade vir
latere beregting oorstaan. Die kerngeskil by die verhoor was of die
appellant, verteenwoordig deur sy besturende direkteur, mnr K P
Bodenstein ("Bodenstein"), en die respondent, verteenwoordig deur sy
handelaar-ontwikkelingsbestuurder, mnr B Willis ("Willis"), tydens 'n
3telefoongesprek op 28 Januarie 1993 'n bindende mondelinge kontrak
gesluit het waarkragtens die respondent vir die appellant as 'n nie-eksklusiewe BMW-handelaar in Bloemfontein aangestel het.
Die partye het botsende weergawes aan die verhoorhof voorgel
. Die hof a quo het die getuienis in detail ontleed en bevind dat wat die twee hoofgetuies betref, Bodenstein 'n betroubare getuie
was en Willis nie. Ook wat die ander getuies betref het die verhoorhof die appellant se weergawe bo di
van die respondent aanvaar. Die saak is gevolglik op die appellant se weergawe besl
s. Die vraag was egter of die appellant bewys het dat daar op sy weergawe 'n regtens afdwingbare kontrak tot stand gekom het.
Die hof a quo het bevind dat die mededeling van Willis aan Bodenstein op 28 Januafie dat die appellant as BMW-handelaar aangestel
is, en Bodenstein se aanvaarding daarvan, nie 'n ooreenkoms wat op eie bene kon staan, tot stand gebring het nie. Volgens die hof
a quo was daar sekere wesentlike bepalings aangaande die regte en verpligtinge van
4die partye waarop nog nie ooreengekom was nie. Die geleerde
verhoorregter het verder soos volg beslis:
"Indien al die feite en omringende omstandighede reeds na verwys in aanmerking geneem word, is ek van mening dat op die eiser
se saak dit nie bewys is dat die mededeling wat Willis gemaak het 'n aanbod was wat gemaak was met die bedoeling dat by die aanvaarding
daarvan 'n afdwingbare kontrak tot stand sou kom nie."
Die hof a quo het gevolglik absolusie van die instansie met koste beveel,maar met uitsluiting van die koste vanaf die tydstip wat die appellant as
eiser sy saak gesluit het totdat die argument begin het. Die hof a quo
het verlof om te appelleer geweier, maar op grond van 'n petisie na die
Hoofregter is daar verlof aan die appellant verleen om na hierdie hof te
appelleer.
Die mondelinge ooreenkoms waarop die appellant steun, is soos
volg in sy besonderhede van vordering uiteengesit:
"3.1 Op of omtrent 28 Januarie 1993 en te Bloemfontein, het die partye 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan in terme waarvan:
5
3.1.1
verweerder vir eiser aangestel het as nie-eksklusiewe handelaar vanaf 1 April 1993 wat geregtig sou wees om te Bloemfontein in die
kleinhandel BMW motorvoertuie te verkoop en BMW motorvoertuie te diens en te herstel;
3.1.2
verweerder ondemeem het om aan eiser BMW motorvoertuie en onderdele direk of deur ander bronne te verkoop;
3.1.3
eiser onderneem het om herstelwerk en dienste aan BMW motorvoertuie te verrig, insluitende die verskaffing van BMW onderdele;
3.1.4
eiser onderneem het om gebruikte BMW motorvoertuie in te ruil en/of te verkoop;
3.1.5
eiser onderneem het om die bestaande besigheidspersele waaruit hy handel dryf, te omskep en te vergroot om voorsiening te maak vir
die verkoping en diens van BMW motorvoertuie en om voorsiening te maak vir die berging en verkoping van BMW onderdele.
3.2 Ten tye van die aangaan van die gemelde ooreenkoms was eiser verteenwoordig deur mnr K. P.
6BODENSTEIN en verweerder verteenwoordig deur mnr BARRY WILLIS."
In die loop van die argument in hierdie hof het mnr Trengove namens die appellant aansoek gedoen om wysiging van die besonderhede
van vordering wat tot gevolg sou h
dat die appellant in die alternatief ook op die bepalings van die respondent se gebruiklike kontrak, die sg "Dealer Agreement"
("standaardkontrak"), steun. Die voorgestelde invoeging in die besonderhede van vordering is op versoek van die hof op
skrif gestel en is sedertdien tot ons beskikk
ng gestel. Dit lui soos volg:
"3.1 A ALTERNATIEWELIK tot paragraaf 3.1:
Eiser herhaal paragraaf 3.1. Dit was voorts 'n inbegrepe beding van die ooreenkoms dat die eiser se aanstelling onderhewig is aan
die bepalings van die verweerder se gebruiklike kontrak met sy nie-eksklusiewe handelaars."
Die vraag is of so 'n ingrypende wysiging van die appellant se7
skuldoorsaak op hierdie laat stadlum sonder benadeling van die
respondent toegestaan kan word. Die appellant het naamlik in antwoord
op 'n vraag van die respondent vir doeleindes van verhoor geantwoord
dat die bepalings van die ooreenkoms soos in paragraaf 3.1 van sy
besonderhede van vordering uiteengesit die enigste bepalings van die
ooreenkoms is. Die appellant se saak het deurgaans op die uitdruklike
bepalings gemeld in paragraaf 3.1 berus, en dit was die saak wat die
respondent moes weerl
het. Ter ondersteuning van sy aansoek om
wysiging het die appellant se advokaat hom op die bekende beginsel
neergel
in Shill v Milner 1937 AD 101 op 105 beroep en aangevoer dat
alle aspekte rakende die bepalings van die kontrak behoorlik in die
verhoorhof uitgepluis was. Ek is nie daarvan oortuig dat die respondent
nie die saak anders sou benader het as die wysiging betyds aangevra was
nie. (Kyk in die algemeen wat dergelike wysigings betref Stead v
Conradie en Andere 1995(2) SA 111(A) op 122 A-H en sake daar
aangehaal). Na my oordeel help die beoogde wysiging egter nie vir die
8
appellant nie aangesien dit nie deur die appellant se eie getuien
s onderskraag word nie, soos later aangetoon sal word. Sonder om 'n bevinding oor die respondent se potensi
le benadeling te maak, sal ek egter die app
l benader op die veronderstelling dat die voorgestelde wysiging wel deel van die besonderhede van vordering uitmaak.
Vir sover die appellant op die gebruiklike bepalings van die respondent se standaardkontrak steun, is die appellant ook gebonde aan
die bepalings van klousules 11.3 en 12.9 wat die handelaar se reg om skadevergoeding van die respondent te eis, beperk. Klousule
11.3 lui soos volg:
"11.3 Ordinary Notice to Terminate by BMW.
BMW may terminate this Agreement at any time by giving 90 (NINETY) days written notice to the Dealer
Klousule 12.9 bepaal:"12.9. Exclusion of claim for damages by Dealer.
9
In the event of this agreement being terminated for whatever reason the Dealer shall have no claim for damages against BMW."
Mnr Fabricius wat namens die respondent verskyn het, het nie op die respondent se weergawe gesteun vir sover daar feitegeskille was
nie. Hy het trouens toegegee dat die app
l op die grondslag van die appellant se weergawe beslis kan word. Die saak is op daardie basis voor ons beredeneer en sal verder so
beoordeel word.
Dit is Bodenstein se getuienis dat die appellant reeds vir baie jare besigheid as Ford-hande
aar in Bloemfontein doen, en ook diens en onderdele verskaf. Bodenstein was die alleenaandeelhouer van die appellant en het die besigheid
beheer en bestuur. Gedurende die tweede
helfte van 1992 het Bodenstein begin belangstel in 'n aanstelling as BMW-handelaar in Bloemfontein. Hy het sy prokureur mnr Van Zyl
("Van Zyl") opdrag gegee om die respondent in di
verband te pols. Van Zyl het Willis op 7 Januarie 1993 in Midrand gespreek en Willis het
10
Van Zyl meegedeel dat hy hom nie op 'n beter tydstip kon genader het nie. Dit blyk uit die getuienis dat die respondent op daardie
stadium sekere probleme met sy bestaande BMW-handelaar in Bloemfontein, bekend as Bill Troskie Motors ondervind het en dat die respondent
na 'n tweede of ander BMW-handelaar in Bloemfontein gesoek het.
'n Afspraak is vir 19 Januarie 1993 om 8 uur die aand in Bloemfontein gere
l sodat Willis die appellant se besigheidsperseel, gebou en fasiliteite kon inspekteer en die besigheid sowel as Bodenstein kon evalueer.
Bodenstein het intussen 'n foto-album met foto's van die appellant se perseel laat saamstel, asook voorlopige planne deur 'n argitek
laat opstel vir sekere beoogde veranderinge aan die bestaande gebou sodat dit beide Ford en BMW kon huisves.
Tydens die besoek van 19 Januarie was Willis vergesel van mnr L Ruis ("Ruis"), die respondent se dienstebestuurder. Willis
en Ruis was beide be
ndruk met Bodenstein en baie tevrede met wat hulle daardie aand gesien het. Dat dit so is, blyk ook duidelik uit 'n memorandum wat
11Willls op 21 Januarie 1993 vir die respondant opgestel het en waarin hy die aanstelling van die appellant sterk aanbeveel het.
Volgens die getuienis van Bodenstein en Van Zyl wou Willis die
aanstelling van 'n verdere handelaar in Bloemfontein geheim hou. Hy
wou veral nie gehad het dat dit tot die kennis van mnr Bill Troskie
("Troskie") moes kom nie, onder andere omdat Willis die moontlikheid
voorsien het dat Bill Troskie Motors die bestaande handelaarskontrak met
die respondent summier kon ops
as hulle van die beoogde aanstelling
van nog 'n BMW-handelaar in Bloemfontein sou hoor. Willis het vir
Bodenstein ges
dat die respondent op die gele
tydstip self vir Troskie
van die verwikkeling in kennis sou stel. Willis het egter vir Bodenstein
gevra of hy binne 24 uur as BMW-handelaar kon begin optree as die
bestaande handelaarskontrak summier be
indig sou word. Bodenstein het
daardie onderneming gegee, maar Willis meegedeel dat sy finansi
le jaar
einde Maart afsluit en dat hy graag op 1 April 1993 sou wou begin.
Willis het ingestem tot 1 April as aanvangsdatum. Dit sou die appellant
12ook die geleentheid gee om d e nodige veranderinge aan die gebou aan te bring.
Dit blyk dat Bodenstein gretig was om as addisionele BMW-handelaar in Bloemfontein aangestel te word en dat hy dit ook so vir Willis
laat verstaan het. Hy het verder vir Willis verseker dat hy reeds met die Ford-mense gepraat het en dat hulle geen beswaar sou h
indien die appellant ook 'n BMW-handelaar word nie.
Bodenstein het daardie aand vir Willis en Ruis deur al die afdelings van sy ondernem
ng geneem en aan hulle verduidelik watter veranderinge hy beoog om aan die gebou aan te bring om voorsiening te maak vir 'n aparte
ontvangslokaal vir BMW-kli
nte, vir 'n aparte BMW-vertoonlokaal, asook vir 'n aparte onderdele-afdeling. Volgens Bodenstein het Willis nog voorgestel dat die
ruite in die BMW-vertoonlokaal tot op grondvlak moet strek, en Bodenstein het ingewillig om die voorgestelde verandering aan te bring.
Willis en Ruis het na dic voorlopige argiteksplan gekyk en Bodenstein het die foto-album aan
13Willis oorhandig.
Tydens hierdie besoek op 19 Januarie het Bodenstein en Willis in bre trekke oor die verkoop van nuwe en gebruikte motors gepraat, en ook oor die verskafGng van onderdele en die lewering van diens. Hulle het egter geen definitiewe ooreenkoms oor enige van hierdie aspekte bereik nie. Dit is trouens duidelik dat verskeie aspekte van die beoogde besigheidsverbintenis glad nie deur hulle bespreek is nie. So het Bodenstein bv geen aanduiding gehad van hoeveel nuwe voertuie die respondent aan die appellant beskikbaar sou stel om te verkoop nie, en hoe die appellant se kwota tussen die verskillende BMW-reekse verdeel sou word nie. Bodenstein het ook nie geweet op watter winspersentasie die appellant sou moes werk nie. Willis het slegs vir hom ges dat die respondent dit sou verkies dat die appellant nie groot afslag aan kli nte gee nie, en dat dit vir nuwe sowel as gebruikte voertuie asook vir onderdele geld.
Op 28 Januarie het Bodenstein nog nie geweet presies watter
14
vereistes die respondent alles aan sy handelaars stel nie. Van belang in
hierdie verband is dat Bodenstein nooit insae in die respondent se
standaardkontrak gehad het nie en dat hy glad nie geweet het watter
terme, bepalings en voorwaardes daarin vervat is nie. Hierdie
standaardkontrak met sy skedules is deel van die app
loorkonde en
beslaan altesaam 129 bladsye. Dit is 'n omvattende kontrak wat elke
moontlike aspek van die verhouding tussen die respondent en die
handelaar re
l. Daarbenewens was daar die sg "New Dealer Evaluation
and Status File" met aanhangsels (wat 'n verdere 71 bladsye beslaan)
wat voltooi moes word. Daarby ingesluit was 'n persoonlike borgkontrak
wat Bodenstein nog moes onderteken. Alvorens die standaardkontrak
gesluit kon word, moes die partye egter nog onderhandel en ooreenkoms
oor verskeie aspekte bereik. In die onderhawige geval moes onder
andere die area waarbinne die appellant as BMW-handelaar besigheid
kon doen nog deur ooreenkoms tussen die partye bepaal word en in die
kontrak beskryf word.
15Na Willis se besoek van 19 Januane het hy Bodenstein op 27 Januarie getelefoneer en hom soos volg meegedeel:
"The Board has approved you as a BMW dealer."
Willis het Bodenstein versoek om dringend sy balansstaat per faks aan
hulle te stuur aangesien dit al is waarop hulle wag vir die appellant se
aanstelling. Willis het terselfdertyd 'n afspraak gere l sodat Bodenstein
die respondent se topbestuur op Woensdag 3 Februarie 1993 in Midrand
kon ontmoet.
Bodenstein het sy balansstaat die oggend van 28 Januarie 1993 aan
die respondent gestuur en daardie selfde middag het hy 'n telefoonoproep
van Willis ontvang. Willis het ontvangs van die balansstaat erken en
Bodenstein soos volg meegedeel:
"Congratulations, you have been appointed a BMW dealer. See you on Wednesday."
Die appellant se hoofeisoorsaak is dat Bodenstein se aanvaarding van hierdie "aanbod" op 28 Januarie sonder meer 'n finale en regtens
16
afdwingbare kontrak op daardie dag tussen die partye tot stand gebring het, en wel op die basis van die samesprekings wat op 19 Januarie tussen Willis en Bodenstein plaasgevind het. Die respondent het betoog dat die appellant in die lig van die pleitstukke slegs kon steun op die terme wat uitdruklik op 28 Januarie ter sprake was. Ek kan nie saamstem dat die appellant so beperk moet word nie. Na my oordeel was al die bepalings waarop reeds uitdruklik op 19 Januarie ooreengekom was, soos bv die aanvangsdatum van 1 April 1993, by die respondent se "aanbod" inbegrepe. Dit beteken egter nie dat die aanvaarding van daardie "aanbod" tot 'n regtens afdwingbare kontrak gelei het nie. Dit bly steeds die vraag wat die bedoeling van die partye was; maar selfs al was dit hulle bedoe ing om 'n bindende kontrak op 28 Januarie te sluit (wat nie bevind word nie), is die verdere vraag of daar by gebrek aan ooreenkoms oor al die wesentlike bepalings wel so 'n kontrak op 28 Januarie of daarna tot stand gekom het.
Die appellant steun in sowel sy hoof- as sy alternatiewe
17
skuldoorsaak op 'n finale en bindende kontrak wat in sy volle omvang op 28 Januarie gesluit is. Op beide skuldoorsake was daar dus
geen sprake van enige verdere onderhandelinge tussen die partye ten einde finale ooreenkoms te bereik nie. Soos later sal blyk, was
dit Bodenstein se getuienis dat dit die bedoeling van die partye was om na 28 Januarie nog oor die bepalings van die standaardkontrak
te onderhandel. Daardie getuienis is onversoenbaar met die appellant se hoof- en alternatiewe skuldoorsake.
Die regsposisie wat in dergelike gevalle geld, is in verskeie sake uiteengesit, maar dit is telkens benadruk dat elke saak op sy eie
feite beoordeel moet word, en dat daar in die lig daarvan beoordeel moet word of die partye bedoel het om 'n regtens afdwingbare
kontrak te sluit, dan wel 'n onvoltooide of bloot voorlopige ooreenkoms soos bv in die geval van OK Bazaars v Bloch 1929 WLD 37. (Vgl in die algemeen Christie, The Law of Contract in South Africa. 3e uitgawe 36-38.)
18In Blundell v Blom 1950(2) SA 627(W) het Millin R met
verwysing na OK Bazaars v Bloch en ander soortgelyke sake die posisie
soos volg op 632 saamgevat:
"Those are cases where it was found on investigation of the facts that the parties had negotiated and had come to terms on certain
main features of their contract, but had clearly contemplated that there were other points outstanding which would have to be agreed
upon between them before a binding con
ract came into force."
Na my mening pas die feite van die onderhawige saak in 'n groot mate in by die bostaande uiteensetting in Blundell v Blom.In Pitout v North Capc Livestock Co-operative Ltd 1977(4) SA
842(A) sit Corbett AR die posisie soos volg uiteen op 850C-D:
"The question which arises, accordingly, is whether the undertaking, given as it was during the course of uncompleted negotiations,
had, or has been shown to have had, contractual force. Was the undertaking an offer made, animo contrahendi, which upon acceptance
would give rise to an enforceable contract, or was it merely a proposal made by the appellant while the parties were in the process
of negotiat
ng and were feeling their way towards a more precise and comprehensive agreement? This
19
is essentially a question to be decided upon the facts of the particular case."
En verder op 85IF-G:
"It seems to me that, in circumstances such as these, before the Court will conclude that a promise (such as the undertaking),
made during the course of the aborted negotiations, is effective as an independent and substantive contract, it must be satisfied
as a matter of probability that the parties - and especially the promissor - intended the promise to constitute a concluded bargain
on those precise terms, that no additional material terms were intended to be agreed upon and that they were content to stand by
that bargain irrespective of the course that further negotiations might take."
Indien daar in die lig van hierdie uiteensetting gevra word of die respondent, as aanbieder in die onderhawige saak, op die waarskynlikhede
bedoel het dat sy aanbod by aanvaarding daarvan 'n finale en bindende kontrak tot gevolg sou h
, is die antwoord na my mening klaarblyklik nee. Ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat 'n groot organisasie soos die respondent so 'n
belangrike en ingewikkelde
20ooreenkoms sommer informeel met 'n enkele opmerking oor die telefoon
sou sluit. Die respondent het immers die standaardkontrak vir dergelike
ooreenkomste met handelaars beskikbaar gehad. Ek aanvaar ook nie dat
Willis se gewraakte woorde objektief 'n ander indruk kon geskep het nie.
Bodenstein was self reeds jare in die bedryf en na my mening moes hy
besef het dat Willis se "aanbod" van 28 Januarie nie bedoel was om
sonder meer by aanname 'n finale bindende ooreenkoms tussen appellant
en respondent tot stand te bring nie. Dat Bodenstein dit wel besef het,
blyk uit sekere passasies in sy getuienis waarna ek later sal verwys.
Die regsposisie is verder soos volg deur Corbett AR uiteengesit
in CGEE Alsthom Equipments et Enterprises Electriques, South
African Division v GKN Sankey (Pty) Ltd 1987(1) SA 81(A) op
92A-F:
"There is no doubt that, where in the course of negotiating a contract the parties reach an agreement by offer and acceptance,
the fact that there are still a number of outstanding matters material to the contract upon which the parties have not yet agreed
may well prevent the agreement from having contractual force. A
21
good example of this kind of situation is provided by the case of
OK Bazaars v Bloch (supra) (see also Pitout v North Cape
Livestock Co-operative Ltd (supra)). Where the law denies such
an agreement contractual force it is because the evidence shows
that the parties contemplated that consensus on the outstanding
matters would have to be reached before a binding contact could
come into existence (see Pitout's case supra at 851B-C). The
existence of such outstanding matters does not, however,
necessarily deprive an agreement of contractual force. The parties
may well intend by their agreement to conclude a binding contract,
while agreeing, either expressly or by implication, to leave the
outstanding matters to future negotiation with a view to a
comprehensive contract. In the event of agreement being reached
on all outstanding matters the comprehensive contract would
incorporate and supersede the original agreement. If, however, the
parties should fail
o reach agreement on the outstanding matters,
then the original contract would stand. (See generally Christie The
Law of Contract in South Africa at 27-8.) Whether in a particular
case the initial agreement acquires contractual force or not depends
upon the intention of the parties, which is to be gathered from
their conduct, the terms of the agreement and the surrounding
circumstances (see Pitout's case supra at 851D-G). I did not
understand counsel to dispute the correctness of these general
propositions."
Dit is nie die appellant se saak op die pleitstukke dat die22