![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
CG SAAKNOMMER: 390/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
CAIN
UBISI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HEFER, VIVIER et VAN DEN HEEVER ARR AANGEHOOR: 24 AUGUSTUS 1995
GELEWER: 7 SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK
VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant het in die Gazankulu Streekhof tereggestaan weens die diefstal,
gepleeg gedurende díe nag van 5-6 November 1989,
van 'n Mitsubishi trok
met registrasienommer HHL 854 T, die eiendom van mnr Derek Khosa. Hy is skuldig
bevind en gevonnis tot vier
jaar gevangenisstraf. Die Transvaalse Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof het sy appèl teen beide skuldigbevinding
en vonnis afgewys, maar aan hom verlof verleen om in hoër beroep teen die
skuldigbevinding te kom. Hy doen egter nou aansoek
dat sy skuldigbevinding en
die vonnis deur die Streekhof aan hom opgelê, ongedaan gemaak word en hy
die geleentheid gebied
word om verdere getuienis voor die verhoorhof te plaas
ter ondersteuning van die verweer wat hy destyds geopper het, sou sy
appèl
nie daarsonder slaag nie. Ek handel eers met die
appèl.
Die kardinale feite is die volgende. Klaer het in
September 1982 'n splinternuwe roomkïeur 1982-model Mitsubishi trok vir R36
000 gekoop van Nova Sigma op Alberton. Die tersaaklike
3
huurkoopooreenkoms, Bewysstuk A, gee die model reeksnommer aan as FK 115 J, en die enjinnommer en (onderstel-) reeksnommers as 5222100 en 52719P onderskeidelik. Die trok is volgens Bewysstuk B in sy naam gelisensiëer met registrasienommer HHL 854 T. Op 5 November 1989 het sy broer die trok op appellant se perseel en die sleutels daarvan in appellant se huis gelaat, nadat hy die voertuig gesluit het. Die volgende oggend was die trok weg. Appellant het die diefstal by die polisie aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie. Hy het mettertyd die registrasie van die trok op sy naam gekanselleer maar steeds op die uitkyk gebly vir sy vermiste eiendom. Op 3 Desember 1991 - dus feitlik twee jaar na die diefstal - op pad tussen Johannesburg en Nelspruit het hy 'n voertuig gesien wat getrek het na sy vermiste eiendom. Die nommerplaat het reeds sy agterdog gaande gemaak, want die trok was 'n 1982 model met 'n NWW nommerplaat, en in daardie jaar het die owerhede nog nie naby "N" registrasienommers uitgekom nie. Hy het die voertuig agtervolg. Toe dit op Machadadorp by 'n motorhawe intrek
4
het hy ook daar stilgehou en van die geleentheid gebruik gemaak om dit
onder goeie beligting behoorlik te besigtig. Wat hy opgemerk
het, het hom
oortuig dat dit sy vermiste trok was. Hy het vooruitgery en deur bemiddeiing van
die polisie op Nelspruit die trok daar
voorgekeer. Daar is beslag daarop
gelê. Dit is nou gelisensieer op naam van appellant onder
registrasienommer NWW 590 T. Die
persone op 3 Desember 1991 in beheer daarvan,
was in diens van appellant.
By die aanvang van die verhoor op 8
Oktober 1992 het appellant onskuldig gepleit. Deur sy prokureur, destyds mnr
Bremmer, het hy ter
pleitverduideliking gesê dat hy die voertuig waarop
beslag gelê is, op of ongeveer 30 Mei 1990 aangekoop het vir R43
000 van D
& O Sales (Pty) Limited ("D & O"). Daar word deur hierdie stelling
implisiet twee geskilpunte geopper: klaer maak
'n fout waar hy die trok uitken
as sy vermiste eiendom; maar, al sou hy reg wees, het appellant sonder dieftige
opset in besit daarvan
gekom.
Die Streeklanddros het bevind dat klaer 'n objektiewe, eerlike en
5
betroubare getuie was en dat op die uitkenning van dit wat hy wel kon uitken, staat gemaak kan word. Die kajuit en laaibak is ongetwyfeld dié van sy vermiste trok, oor die onderstel kan daar nie dieselfde sekerheid bestaan nie, en die enjin is beslis 'n vervangde. Hierdie bevinding van die verhoorhof kan nie aangekyf word nie. Klaer het insidente genoem elkeen waarvan die trok 'n letsel berokken het. Hieronder was een waardeur die dak van die kajuit gekraak was op 'n wyse wat, volgens 'n inspeksie deur mnr Bremmer aangevra, nie opsigtelik was nie. Volgens klaer het water daar ingelek met reënweer. Kortom, iemand wat die trok net bekyk maar nie geken het nie, sou nie daarvan bewus gewees het nie. Die laaibak is volgens sy voorskrifte vervaardig, en hy het self agt gate in elke wand geboor om dwarsstawe te hou, waarop tamatiekissies gepak kon word. En die sleutel van sy trok wat sy broer in sy huis gelaat het die aand voordat die trok verdwyn het, het gepas op die deure van die trok. Die enjin kon daarmee aangeskakel word, soos aan die polisie op Nelspruit gedemonstreer is toe hy uitwysings aan die voertuig gedoen
6
het. Sy reaksie, toe mnr Bremmer dit aan hom stel dat appellant sou
getuig dat hy hierdie einste trok van D & O op Boksburg gekoop het,
was - verstaanbaar hoewel ongrammatikaal - "which means where did
they find that truck if they sell it to him?"
Na die eerste dag van die verhoor is dit verdaag. Toe dit hervat
word op 7 Desember 1992, is namens appellant sy pleitverduideliking
gewysig: wat hy van D & O vir R43 000 gekoop het was die trok se
onderstel met enjin en kajuit. Die laaibak het hy teen Rl 500 van Tiger
Spares in Johannesburg gekoop. Sy prokureur het daarop uitgebrei:
"During initial consultation with client, it would appear that he purchased the whole truck from D & O Spares, but it later appeared that D & O Spares had referred him to Tiger Spares with regard to the bak."
In antwoord op navraag deur die landdros, het appellant dit
bevestig.
Klaer se getuienis het dit reeds duidelik gemaak dat daar
met die trok in verskeie opsigte gepeuter is sedert dit uit sy besit geneem
is.
Dit het ook verdere letsels in andermanshande opgedoen.
Luitenant-Kolonel
7
Kruger van die Gazankulu polisie het verder uitgebrei op die tekens dat gepoog is om die identiteit van die trok te verberg. Die registrasienommer is verander, dit het 'n nuwe enjin met 'n eie oorspronklike nommer (169250) gekry. Hy was van mening dat die onderstelnommer links voor ingepons (55238) nie eg was nie, ondermeer omdat hy regs 'n roeskol op die onderstel gevind het en tekens dat dáár met nommers gepeuter is. 'n Plaatjie in die kajuit wat die onderstelnommer 55238 aangee, bevat egter die reeksnommer FKH5KRBJ (pleks van die FK 115 J in Bewysstuk A aangegee). Die plaatjie, Bewysstuk 1, is aangebring oor merke wat aandui dat 'n vorige plaatjie wat daar aangeheg was, verwyder is. Daarbenewens pas die inligting aan die lisensie-owerhede verstrek toe die trok op appellant se naam geregistreer is, ook nie volledig met wat op die trok te vinde is nie. Sekere mnr Nel van D & O het vertel dat D & O 'n 1983-model voertuig wat die firma op 'n Poskantoor vendusie aangekoop het, aan appellant verkoop het, altans as onderstel en kajuit, sonder laaibak. Hy
8
self het nooit die trok gesien nie. Kmisverhoor het ontlok dat D & O
polisie-klaring verkry het t.o.v. die poswa. Die tersake
polisiesertifikaat is
as bewysstuk G ingedien. Daarvolgens het polisierekenaars getoon dat 'n wit 1983
Mitsubishi trok met masjiennommer
166354, vorige masjiennommer SA 00274U en
onderstelnommer 10155238 nie as gesteel aangemeld is nie. Mnr Bremmer het ook
deur mnr
Nel 'n faktuur as bewysstuk F ingedien waarvolgens die Primrose tak van
D & O op 9 September 1991 aan appellant, met 'n Maputo
adres, 'n enjin
verkoop het vir R9 500 aan kontant. Geen BTW is by die prys bygevoeg nie, die
nommer van die masjien is nie op die
stadium toe dit verkoop is op die faktuur
aangebring nie, die woord "export" wel.
Die landdros het getuienis
aangevra van die Poskantoor, en van die vervaardigers van Mitsubishi
trokke.
Mnr van Jaarsveld, 'n senior administratiewe beampte in
diens van die Poskantoor en in beheer van sy voertuigvloot, het vertel dat
die
Poskantoor die Poskantoornommer van elkeen van sy voertuie sedert
9
1980 sandstraal in daardie voertuig se ruite. 'n Mitsubishi poswa, d.w.s.
vragmotor met 'n toegeboude vragkajuit wat heeltemal verseël
was agter op,
is in 1988 verkoop by 'n openbare veiling. Sulke voertuie word gewoonlik
onveranderd van die hand gesit. Deur mnr Bremmer
gevra, het hy 'n afskrif erken
van 'n Poskantoorstuk, bewysstuk H, waarvolgens daar op 19 April 1988 'n 1983
Mitsubishi trok met
departementele nommer P152-089, enjinnommer SA00274U en
onderstelnommer 10155238 verkoop is aan ene Michael James Ors. Mnr van Jaarsveld
het die trok waarop die polisie beslag gelê het, ondersoek. Geen van die
ruite het 'n gesandstraalde poskantoornommer daarop
nie. Hy was by toe daar
dié oggend 'n plaatjie uit die kajuit geneem is, bewysstuk 2. Daarop
staan "Sigma Motor Corporation"
en die vervaardigersreeksnommer FKK1G101,
onderstelnommer 55238.
Mnr Ludick van Samcor Motor Korporasie
(voorheen Sigma Motor Korporasie) het ook die trok geïnspekteer. Dit is 'n
FK 115 K-reeks
trok en die onderstelnommer kom voor eg te wees. Dit word
tydens
10
vervaardiging links voor op die onderstel aangebring, waar die nommer in hierdie geval ook verskyn. Daar bestaan nie soiets soos 'n onderstelnommer 10155238 vir 'n Mitsubishi trok soos hierdie nie: hy vermoed dat wie ook al die nommer so aangegee het, die laaste deel van die reeksnommer FKKB1G101 gaan aanlas het voor die onderstelnommer. Die huidige reeks bestaan maar uit ses syfers, in die ou reeks was dit vyf, daar is geen onderstelnommers wat uit agt syfers bestaan nie. Die fabriek vervaardig die trokke tot op die stadium waar 'n onderstel met kajuit en enjin na die staalwerke geneem word, waar die bak volgens spesifikasies van die persoon wat die trok bestel het, gemonteer word. Bewysstuk 1, die plaatjie wat die polisie in die kajuit van die trok gevind het, is 'n vervalsing: dit kom nie uit Samcor se fabriek nie. Dit dra die naam Sigma Power Corporation. Hy weet nie van so 'n maatskappy nie. Dit lyk anders as Samcor se plaatjies en bevat andersoortige inligting as wat Samcor se plaatjies doen. Bewysstuk 2 het hy self die oggend uit die kajuit van die trok geneem. Die het wel Sigma
11
se naam op maar is van 'n tipe wat gewoonlik in die enjinkompartement van 'n passassiersvoertuig aangebring word: Mazdas en Peugeots het dit destyds gekry. Die onderstelnommer daarop kom egter ooreen met dié wat op die trok se onderstel ingepons is. Hy verduidelik oortuigend waarom daar geen moontlikheid bestaan dat die plaatjie in die fabriek in die trok aangebring kon gewees het nie.
Toe die staat sy saak sluit was die posisie dus as volg:
1. Met die voertuig wat op naam van appellant geregistreer is, is doelbewus en knap gepeuter om sy werklike oorsprong(e) te verberg en hom 'n skyn van legitimiteit te verleen. 2. Klaer het oortuigend daarop aanspraak gemaak dat dit sy gesteelde trok is, volgens die voorkoms van die sigbare dele, d.w.s. die bak en kajuit. 3. Appellant het verduidelik dat hy dit (scil onskuldig) aangekoop het van D & O; wat verander word na: van D & O wat betref die trok en Tiger Spares t.a.v. die bak.
12
4. Die getuienis van Nel van D & O is dat die Grma 'n trok wat hy in April 1988 by 'n poskantoor-vendusie gekoop het, twee jaar later aan appellant verkoop het nadat dit inmiddels opgeknap is - want hoewel die onderstelnommer van die verkoopte trok dieselfde is as die onderstelnommer van die aangekoopte trok, is die enjin vervang. Hoewel bewysstuk H, deur appellant se regsman aan die hof voorgelê deur die Poskantoorbeampte toon dat die voertuig aangekoop is deur Ors, moet mens egter van die polisiesertifikaat, bewysstuk G, aflei dat Ors maar namens D & O opgetree het. Die sertifikaat meld dat dit D & O was wat die sertifikaat aangevra het t.a.v. die voertuig wat by die poskantoor-vendusie in Johannesburg gekoop is. 5. Van die trok wat die Poskantoor aan D & O verkoop het, is al wat oorbly wat op appellant se naam geregistreer is, die onderstel.
Hiervolgens was dit dus nie D & O wat die voertuig in sy finale saamgeflansde vorm aan appellant verkoop het nie. Dat D & O 'n nuwe enjin aangebring het in wat die Poskantoor van sy vloot onttrek het, is
13
te verstane, om die trok weer te kan verkoop. Daar is geen rede om te
vermoed dat dit nodig was om die kajuit te vervang nie; maar,
indien dit nodig
was om dit wel te doen, is dit onwaarskynlik, hoewel natuurlik nie onmoontlik
nie, dat 'n kajuit met o.a. 'n kraak
in die dak gebruik sou word sonder om enige
aandag aan daardie kraak te gee, bowendien eers meer as 18 maande nadat die trok
aangekoop
is (want klaer se trok, en dus die kajuit as deel daarvan, is eers in
November van 1989 gesteel). En dit is nie in geskil nie, dat
die verkoopkontrak
tussen D & O en appellant, nie verduidelik hoe appellant dan in besit gekom
het van die bak van klaer se gesteelde
trok nie.
Appellant het die
hof vertel dat hy karweiwerk doen tussen Maputo en die Rand. In 1990 het hy
reeds 'n vierton Toyota Dyna trok gehad
toe hy 'n Mitsubishi van D & O
aankoop. Die tersaaklike faktuur, bewysstuk E, is uitgemaak aan N C Ubisi van
Tembisa deur die
Witfield tak van D & O op 30 Mei 1990. Daarvolgens is "one
only used Mitsubishi FK - LWB chassis & cab" teen kontant aangekoop.
Die
14
onderstelnommer word aangegee as 10155238, maar die eerste drie syfers is deurgehaal. Die masjien nommer word aangegee as 166854. Betaling het geskied d.m.v. R18 600 aan kontant en twee UBS-tjeks ten bedrae van Rl 400 en R23 000.
Hy is toe na Tiger Spares waar hy Rl 500 betaal het vir 'n bak, wat
dié Grma op die trok monteer het. Die voertuig is toe in
sy naam
geregistreer op 4 Junie 1990 onder nommer NWW 590 T en die ondersteï en
enjinnommers aangegee as 55238 en 166854 onderskeidelik.
Sedertdien het hy 'n
nuwe enjin by die onderdeïe-tak van D & O, op Primrose, gekoop en in
die trok laat aanbring.
In kruisverhoor het appellant klaer se
uitkenning van die trok betwis met stellings wat nooit aan klaer self gedoen is
nie. Klaer
se sleutel het nie op die trok se deur gepas nie. Hy het inderdaad
die deur se slot beskadig toe hy dit probeer oopsluit het. Een
van appellant se
medebeskuldigdes het egter ondubbelsinnig gepraat van klaer se spontane vreugde
toe die trok deur die polisie voorgekeer
is: sy eerste woorde
15
was "It is long that I have been looking for this truck". Die ander het vertel hoe klaer sonder aarseling merke op die trok ter identifikasie uitgewys het. Appellant het ook vertel dat die verkoopsman by D & O, toe appellant die vervangende enjin in September 1991 gekoop het, op eie houtjie aan hom in die betrokke faktuur, bewysstuk F, 'n fiktiewe adres in Maputo toegedig en op die faktuur "export" geskryf het, om BTW vry te spring - wat natuurlik onsinnig is. Hy het verder getuig dat dit nooit nodig geword het om enige van die vensters van die kajuit te vervang nie; en dat die vals plaatjies bewysstukke 1 en 2 reeds in die kajuit van die trok was toe hy dit van D & O gekoop het. Dit beteken natuurlik nie alleen dat D & O die kajuit van klaer se trok op die Poskantoor se onderstel moes aangebring het nie, maar om geen denkbare rede nie probeer het om dit - die kajuit - te vermom. Waar D & O in elk geval openlik verander en verbeter het aan wat hy van die Poskantoor aangekoop het, sou dit slegs nodig wees om die bestaande plaatjie uit die vervangende kajuit te verwyder. Om vervalste plaatjies aan te bring om
16
die wettige onderstelnommer te weergee, sou nie net onnodig wees nie, maar onnosel.
Dat die toeval twee dele van klaer se trok weer bymekaar gebring het in appellant se hande, ses maande na die diefstal, is darem te swaar 'n sluk aan die bottel waar die diefstal in New Forest in Gazankulu gepleeg is, die kajuit by D & O in Boksburg opdaag, en die bak by 'n aparte onderneming, Tiger Spares, wie weet waar, beland.
Dit bring my by die aansoek om appellant se getuienis aan te vul.
Appellant wil getuienis aanvoer dat hy op 29 Mei 1990 'n bak geskik vir 'n Mitsubishi trok gekoop het van mnr Jack Dedlow, besturende direkteur van Tiger Truck Spares (Edms) Beperk; en wil self getuig dat 'n verkoopsman by D & O hom juis verwys het na daardie Grma omdat hy daar 'n geskikte bak vir die trok wat hy by D & O gekoop het sou kon kry. Mnr Dedlow het 'n beëdigde verklaring verly waarvolgens appellant se (nuwe) prokureur hom versoek het om die rekords van sy maatskappy, wat op Elandsfontein sake doen o.a. as
17
handelaars in gebmikte trok-onderdele, na te gaan vir die tydperk end Mei/vroeg Junie 1990. Appellant het mnr Dedlow vertel dat hy 'n bak vir Rl 500 daar gekoop het waarvoor hy betaal het met 'n UBS tjek vir Rl 400 wat hy ten gunste van Tiger Truck Spares endosseer het, plus R100 aan kontant. Mnr Dedlow het 'n kontant faktuur nr 10398 gevind, gedateer 29.5.1990 waarvolgens 'n bak vir 'n Mitsubishi FK verkoop is vir Rl 500. Op 30 Mei is geld gebank in Tiger Truck Spares se rekening. Die depositostrokie toon dat 'n UBS tjek ten bedrae van Rl 400 plus R100 gedeponeer is ten opsigte van hierdie faktuur. 'n Tjek is by UBS opgespoor gedateer 12 April 1990 ten gunste van appellant en ge-endosseer aan die verkoper Grma wat in Tiger Truck Spares se rekening op 30 Mei inbetaal is. Hierdie getuienis bewys egter slegs dat appellant 'n Mitsubishi bak gekoop het - boonop die dag voordat hy die trok by D & O gekoop het, volgens die betrokke faktuur, en nie dat hy klaer se bak gekoop het nie. Vir al wat ons weet pryk Tiger Truck Spares se bak nou op die onderstel van klaer se trok. Die getuienis is
18
dus nie wesenlik relevant tot die uitslag van die verhoor
nie.
Maar word mnr Dedlow se getuienis aanvaar as van toepassing op
die bak van klaer se gesteelde trok, word die enormiteit van die toeval
dat wat
saam gesteel is ses maande vroeër, maar daarna geskei is, weer so bymekaar
sou uitkom, selfs versterk. Daar wil slegs
op appellant se getuienis gesteun
word, dat 'n verkoopsman van D & O (wat self 'n onderdele-afdeling bedryf),
hom na Tiger Truck
Spares verwys het. Dit is ondenkbaar dat D & O indien hy
hier met onhebbelikhede doenig was wat hy nogal onnodig probeer toesmeer
het,
appellant sou verwys na daardie Grma wetend dat by Tiger Truck Spares
juis die bak wat van die kajuit geskei is, daar beskikbaar was. Dit moet die
risiko van uitkenning verhoog.
Sonder sulke kennis, is die toeval, dat wat reeds
ses maande vroeër in Gazankulu verdwyn het juis deur dieselfde persoon van
verskillende maatskappye feitlik terselfdertyd aangekoop sou word, dalk moontlik
maar na my mening nie redelik moontlik nie. Van
die Staat word nie verwag om sy
saak buite alle twyfel te bewys nie. Vgl S v
19
Gïegg 1973 (1) SA 34 (A), 38-9. Na my mening is die enigste
redelike afleiding uit die totaliteit van die getuienis, dat die onderstel
van
die Poskantoorwa wat D & 0 aan appellant verkoop het, gebruik is daarna om
klaer se trok 'n metamorfose-plus-vermomming te laat ondergaan. Daar was
geen rede om die Poskantoorwa te vermom nie.
Daar is nie voor ons
betoog ten aansien van die vonnis aan appellant opgelê nie, hoewel beide
advokate se betoogshoofde daarmee
handel. Die versuim was vermoedelik doelbewus,
want verlof is nie deur die hof a quo verleen om teen die vonnis te appelleer
nie.
Die landdros was aan die einde van die verhoor van mening dat
klaer geregtig was op 'n bevel dat die trok aan hom gelewer moet word
maar het,
soos ek die effek van die prosedure wat gevolg is verstaan, 'n bevel in dier
voege opgeskort vanweë die appèl
wat aangeteken is. Hoewel appellant
betaal het vir die onderstel en enjin wat nou tot klaer se kajuit en bak gevoeg
is, is klaer
sy eie trok se enjin en onderstel kwyt deur appellant se toedoen,
sodat inwerkingtrede van so 'n bevel billik sou
20
wees.
Beide die appèl en die aansoek vir tersydestelling van die skuldigbevinding en vonnis sodat verdere getuienis aangevoer kan word, word van die hand gewys.
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM: HEFER AR) VIVÏER AR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1995/89.html