![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
LL Saak No 145/1994
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appèl van:
VRYSTAAT MOTORS Appellant
teen
HENRY BLIGNAUT (EDMS) BEPERK Respondent
HOF: CORBETT HR, VAN HEERDEN, VIVIER,
MARAIS ARR en VAN COLLER Wnd AR
VERHOORDATUM: 6 NOVEMBER 1995
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1995
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende Februarie 1993 het die appellant 'n aansoek teen die respondent in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling aanhangig gemaak. Daarin het hy o a betaling van die som van R97 000 gevorder. Die tersaaklike bewerings in die funderende verklaring kan soos volg saamgevat word:
(1) Op 26 Mei 1992 het die appellant vier bakkies van die respondent aangekoop teen kooppryse wat in totaal R97 000 beloop het. (Gerieflikheidshalwe verwys ek voortaan na hierdie voertuie as "die Toyota" en "die ander drie bakkies".) Die appellant het die totale koopprys betaal en die volgende dag is die voertuie aan hom gelewer. (2) Tydens 'n telefoniese gesprek op 8 Junie is ooreengekom dat die aankoop van die Toyota gekanselleer sou word omdat o a die masjien daarvan in 'n swak toestand was, en dat die respondent 'n tjek vir die betrokke koopprys (R23 250) sou oorhandig aan die appellant se bestuurder wat die Toyota by die respondent se besigheidsperseel in
3
Germiston sou terugbesorg.
(3) Teruglewering het op 10 Junie geskied maar die respondent het versuim om 'n tjek aan die bestuurder te gee. (4) Nadat die respondent verskeie beloftes nie nagekom het nie, is die appellant op 17 Julie deur die respondent meegedeel dat die Toyota moontlik 'n gesteelde voertuig was en dat die partye eers die afhandeling van 'n polisieondersoek moes afwag. Die appellant het toe 'n dagvaarding teen die respondent in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling laat uitreik. Daarin het hy betaling van die som van R23 250 gevorder op grond van die aangevoerde ooreenkoms van 8 Junie. (5) Die ander drie bakkies is mettertyd (dit moes voor 17 Julie gewees het) deur die appellant aan drie verskillende persone verkoop en gelewer. Op daardie datum is die appellant deur adjudant-offisier Abrams meegedeel dat die drie bakkies vermoedelik gesteelde voertuie was en dat hy op hulle beslag wou lê ten einde 'n inspeksie uit te voer.
4
As gevolg van 'n latere reëling tussen die appellant en Abrams is twee van die bakkies toe in Bloemfontein, en die ander een in Kaapstad, geïnspekteer. Dit het gelei tot beslaglegging op die drie bakkies ingevolge art 20 van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet").
(6) Op 27 Julie het die appellant die kooppryse van die drie bakkies aan die drie kopers terugbetaal nadat die betrokke koopkontrakte konsensueel gekanselleer is. (7) Alvorens die ondersoek van die polisie afgehandel was, het die appellant se prokureur op 24 November 'n skrywe aan die respondent se prokureur gerig. Daarin is die respondent versoek om die appellant by te staan in sy strewe om herbesit van die bakkies te verkry. Aangeheg by die skrywe was 'n brief gerig deur eersgenoemde prokureur aan die polisie waarin teruglewering van al vier bakkies ingevolge art 31(1) van die Wet gevorder is weens die lang tydsverloop vanaf Julie. Die respondent het egter geweier om enigsins saam te werk.
5
(8) Hierna het die appellant se prokureur 'n skrywe van die
polisie, gedateer 11 Desember, ontvang. Daarin is o a die volgende gesê:
"Nieteenstaande die feit dat die ondersoek nog nie in alle fasette voltooi is nie, is dit reeds op hierdie stadium duidelik dat bovermelde voertuie gesteel is en gesteel gebly het en dat u kliënt dit derhalwe nie wettiglik mag besit nie. (In die verband word u respekvol venvys na die bepalings van artikel 31 van die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977) saamgelees met die uitspraak van Van Heerden AR in Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A).
Alhoewel die Suid-Afrikaanse Polisie, uit vrees daarvoor dat die ondersoek en daaropvolgende vervolging benadeel kan word, nie van voorneme is om u van volledige gronde te verskaf nie, kan dit gemeld word dat die koderingsnommers wat op die voertuie verskyn nie aan die voertuie behoort nie. Verder is tekens van peutering in die omgewing van die nommers duidelik sigbaar. Aangesien dieselfde valse nommers ook op die registrasiedokumente voorkom is die afleiding feitlik onafwendbaar dat die voertuie gesteel is en gesteel gebly het.
In die omstandighede, neem die uiteengesette gronde vir u kliënt se aanspraak, nie die aangeleentheid enigsins verder nie en is dit met spyt dat ek u moet meedeel dat die voertuie nie terugbesorg sal word nie."
6
(Die inhoud van hierdie brief is in 'n aparte beedigde verklaring van 'n
polisiebeampte bevestig.)
Hier dien gemeld te word dat hoewel die
appelïant nie in soveel woorde so sê nie, dit duidelik is dat die
brief van 11
Desember ook op die Toyota betrekking gehad het. Soos hieronder
blyk, is hierdie bakkie ook deur die polisie in beslag geneem.
Samevattend
het die appellant sy aanspraak op temgbetaling van die totale koopprys berus op
die premisse dat weens die diefstal van
die bakkies die appellant nie weer in
besit daarvan gestel sou word nie en dus uitgewin is.
In die bestrydende
verklaring het die respondent in eerste instansie gesteun op kloasule 2 van die
verkoopsvoorwaardes vervat in 'n
skriftelike dokument wat die partye by die
aankoop van die vier bakkies geteken het. Dit het soos volg gelui:
"I [die appellant] agree that the Owners [die respondent] have
7
given no warranty whatever as to the state, condition or quality of the Vehicle, or as to its fitness for any purpose and any implied warranty is expressly excluded and the Vehicle is sold 'voetstoots'."
Wat die Toyota betref, het die respondent ontken dat dit onderneem het om die
koopprys aan die appellant terug te betaal. Al wat ooreengekom
is, so is beweer,
was dat die respondent die voertuig sou herstel na terugbesorging daarvan by die
respondent se perseeï. Kort
na teruglewering het die polisie op die Toyota
beslag gelê as synde 'n gesteelde voertuig en daama in besit daarvan
gebiy.
Die respondent het voorts beweer dat dit die vier bakkies in Mei 1992
van Markos Investments CC ("Markos") aangekoop het as "vehicle
status number 3"
voertuie, d w s heropgeboude voertuie wat opnuut geregistreer was. Op sterkte
van 'n aantal dokumente het die respondent
voorts twyfel probeer werp op die
polisie se bewering dat die vier bakkies gesteelde voertuie was.
8
In repliek het die appellant o a gesteun op 'n beëdigde verklaring van Abrams wat teen daardie tyd 'n luitenant was. Samevattend sê hy dat hy betrokke was by 'n omvangryke ondersoek rakende 160 voertuie. Hierdie ondersoek was toegespits op grootskaalse diefstal van veral bakkies deur 'n sindikaat diewe. Drie verdagtes was reeds gearresteer en verhoorafwagtend. Die vier bakkies wat tans ter sprake is, en wat klaarblyklik deel van die 160 voertuie was, se valse koderingsnommers het oorspronklik behoort aan voertuie wat algehele wrakke was. Die vier bakkies is nie van sodanige wrakke na hul huidige toestand verander nie en daar is voorts tekens van peutering in die omgewing van die koderingsnommers. Dieselfde vals nommers kom ook voor op die vier bakkies se registrasiedokumente. Wat dus gebeur het, is dat nadat die vier bakkies gesteel is hul koderingsnommers by wyse van vervalsing vervang is met die wrakke se sodanige nommers, en dat hulle toe met die vals nommers hergeregistreer is.
9
In die hof a quo het die respondent blykbaar op verskeie gronde aangevoer dat die aansoek afgewys moes word. Een daarvan was dat al sou die appellant uitgewin gewees het, die respondent weens die bepalings van die hierbo aangehaalde klousule 2 van die verkoopsvoorwaardes nie verplig was om die koopsom aan die appellant terug te betaal nie. Die hof het bevind dat daar heelwat te sê was vir die konstruksie dat die woorde "any implied warranty" ook die stilswyende waarborg teen uitwinning uitgesluit het. Weens oorwegings wat vir my nie duideiik is nie, is egter voorts bevind dat al sou daar twyfel bestaan het oor die juiste uitleg van klousule 2 dit voorsienbaar was dat 'n feitelike dispuut aangaande daardie uitleg sou ontstaan, welke dispuut slegs deur die aanhoor van mondelinge getuienis bygelê sou kon word. Gevolglik is die aansoek met koste afgewys. Later het die appellant ingevolge art 21(2), saamgelees met art 20(4)(b), van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, verlof verkry om teen bedoelde bevel na
10
hierdie hof te appelleer.
Dit is dienstig om ter aanvang op die effek van
klousule 2 van die verkoopsvoorwaardes te let. Selfs in die veronderstelling dat
dit
aanspreeklikheid vir uitwinning uitsluit, baat dit nie die respondent nie.
Meestal met 'n beroep op D 19.1.11.18 leer 'n hele aantal
van ons ou skrywers
naamlik dat 'n beding waarvolgens die verkoper in geval van uitwinning nie
aanspreeklikheid oploop nie, nie in
die weg staan van 'n uitgewonne koper se
vordering vir terugbetaling van die koopprys nie. So 'n beding bring slegs mee
dat die koper
nie ook skadevergoeding kan verhaal nie. Sien o a Van Leeuwen C F
1.4.19.14; Voet 21.2.31; Groenewegen, nota 20 by De Groot 3.14.4;
Matthaeus, De
Auctionibus 1.14.5, en Van der Keessel, Praelectiones Th 640. Van Nieustad en
Kooren, vonnis 68, vermeld ook 'n gewysde
van die Hoogen Raad van Holland,
Zeeland en West Friesland waarin in dier voege beslis is. En in Alpha Trust
(Edms) Bpk v Van der
Watt 1975 (3) SA 734 (A) 745-6, is
11
met blykbare goedkeuring na meeste van hierdie bronne verwys.
Voet se motivering vir die gedeeltelike onafdwingbaarheid van
die beding
onder bespreking is dat "a bonae fidei contract does not admit
of this
covenant that the purchaser should lose the thing and the seller
should keep
the price". (Gane se vertaling, band 3, p 686.) Pothier,
Contract of Sale, se ietwat soortgelyke motivering lui:
"... as the buyer is not obliged to pay and does not in fact pay the price, but in consequence of the seller's promise to cause him to have the thing, if the seller does not fulfil this promise, the cause for which the buyer pays the price no longer subsists, and the seller, being in possession of it without cause, is consequently bound to restore it." (Cushing se vertaling, p 115.)
In aanvullende betoogshoofde het die respondent se advokaat
nietemin betoog dat hierdie hof nie gevolg aan bostaande reël moet gee
nie. In eerste instansie is aangevoer dat Schorer 'n
teenoorgestelde
standpunt ingeneem het (aantekening CCCL op De Groot 3.14.6.)
Die
beroep op Schorer is egter heeltemal misplaas. In die betrokke
12
aantekening verwys hy naamlik glad nie na 'n beding wat aanspreeklikheid vir
uitwirming uitsluit nie, maar wel na 'n geval waarin
die koper bewus is dat die
saak nie die eiendom van die verkoper is en nie sorg dra dat die koopkontrak 'n
beding bevat wat hom uitdruklik
teen uitwinning vrywaar nie. In so 'n geval,
sê Schorer, leer sommige skrywers dat indien die koper uitgewin word hy
nogtans
die koopprys van die verkoper kan verhaal, maar dat die Hof van Mechelin
en die Raad van Brabant anders beslis het.
Morice, Sale in Roman-Dutch Law, p
130, se beroep op Schorer is eweneens mis, en in die verbygaan kan daarop gewys
word dat na oorweging
van talle gemeenregtelike brorme Roberts Wnd R beslis het
dat selfs in die geval waaroor Schorer dit het die koper in die reël
die
koopprys mag terugvorder. In Van der Westhuizen v Yskor Werknemers se Onderlinge
Bystandesvereniging 1960 (4) SA 803 (T), het
hy naamlik die volgende
regsreël geformuleer (op p 812 A-B):
13
"Waar 'n koper wetende 'n res aliena koop, sonder kwade trou en sonder om uitdruklik of deur sy optrede te kenne te gee dat hy 'n emptio spei aangaan, dan is hy, by uitwinning, geregtig op terugvordering van die koopprys, maar nie op verhaal van die id quod interest nie."
Mackeurtan, Sale of Goods in South Africa, 5de uitgawe, p 172, n 3, en
Norman, Purchase and Sale in South Africa, 4de uitgawe, p 291,
gee ook te kenne
dat Schorer afwyk van bostaande standpunt van Voet et al. Hulle gaan egter
verder deur hul ook op De Groot 3.14.6
te beroep. Maar hierdie teks het dit nog
minder as Schorer se aantekening oor 'n beding wat aanspreeklikheid vir
uitwinning uitsluit.
Sover ek kon nagaan, is daar dan ook nie 'n enkele
gemeenregtelike skrywer wat bedoelde standpunt betwyfel nie.
Wat moderne
skrywers betref, word die standpunt as 'n gevestigde regsreël aanvaar deur
Wessels, The Law of Contract in South
Africa, 2de uitgawe, band 2, para 4602, en
De Wet en Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg, 5de uitg., band 1, pp 331-2.
14
Hoewel hy nie bostaande gemeenregtelike posisie betwyfel nie, meen Mostert,
Uitwinning by die Koopkontrak in die Suid-Afrikaanse Reg
(ongepubliseerde
proefskrif) vol 1, p 358, en vol 2, pp 472-3, egter dat dit nie hedendaags
nagevolg moet word nie. (Sien ook Mostert,
Joubert en Viljoen, Die Koopkontrak,
p 154, en Mostert in Acta Juridica 1968, p 52.) Sy vernaamste argument - wat ook
een is wat
aanvanklik namens die respondent aangevoer is - kom daarop neer dat
die reêl waarvolgens die verkoper normaalweg vir uitwinning
aanspreeklik
is tot die reêlende reg behoort, en dat daar dus geen logiese rede is
waarom die partye tot 'n koopkontrak nie
by ooreenkoms die reël kan
uitsluit nie.
Die bondigste antwoord op hierdie argument is natuurlik dat
volgens die gemeemegtelike opvatting die reël dat die verkoper in
geval van
uitwinning verplig is om die koopprys terug te betaal juis nie deel van die
reélende reg is nie. 'n Mens moet nietemin
toegee dat die redes waarom
dit die regsposisie is uit 'n oogpunt van logika nie ten volle
15
bevredigend is nie. Soos reeds dikwels opgemerk, is die reg egter nie altyd
volkome logies nie: vgl Du Plessis v Strauss 1988 (2)
SA 105 (A) 143 H-I. En dit
is sekerlik nie onbillik nie dat die koper wat deur uitwinning die saak ontneem
is selfs in die aanwesigheid
van die meermaal genoemde beding die koopprys -
maar nie ook skadevergoeding nie - van die verkoper kan verhaal. Immers, die
koper
ondemeem om die koopprys te betaal in die stellige verwagting dat hy nie
uitgewin sal word nie.
Daar bestaan dus nie 'n dwingende rede nie waarom
hierdie hof moet afwyk van 'n reël wat eenstemmig deur ons ou skrywers
aanvaar
en bowendien deur die Hooge Raad toegepas is. Dit het die advokaat vir
die respondent dan ook aan die einde van sy mondelinge betoog
toegegee.
Gevolglik kon die respondent hom nie op grond van klousule 2 van die
verkoopsvoorwaardes, in sy veronderstelde uitleg,
teen die appellant se
vordering vir terugbetaling van die koopprys verweer nie.
16
Uitwinning vind in die reël plaas wanneer die koper die verkoopte saak geheeï of gedeeltelik ontneem word 6f omdat die verkoper nie eienaar daarvan was nie óf omdat sy eiendomsreg beperk was. Die Massieke geval van uitwinning is natuurlik dié waarin die koper op aandrang van die ware eienaar die saak aan laasgenoemde lewer. Die vraag ontstaan nou of en, indien wel, wanneer 'n beslaglegging op 'n saak ingevolge art 20 van die Wet uitwinning tot gevolg het.
Art 31(l)(a) en (b) van die Wet lui soos volg:
"(a) Indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met 'n in artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so 'n voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so 'n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit.
(b) ïndien niemand so 'n voorwerp wettiglik mag
besit
nie of indien die polisiebeampte belas met die
ondersoek
redelikerwys nie weet van iemand wat so 'n voorwerp
wettiglik
mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat
verbeur."
17
Art 30(c), wat in art 31(l)(a) vermeld word, het betrekking op 'n voorwerp
wat ooreenkomstig art 20 in beslag geneem is en wat in
bewaring van of namens
die polisie gebly het, soos die geval met die onderhawige vier bakkies
was.
Ingevolge art 32 geld gelykluidende bepalings vir die geval waarin
strafregtelike verrigtinge in verband met die voorwerp ingestel
word en die
beskuldigde sy skuld ooreenkomstig die bepalings van art 57 erken.
Art 34(1)
is van toepassing by beëindiging van strafregtelike verrigtinge wat
ingestel is in verband met 'n in art 33 bedoelde
voorwerp. So 'n voorwerp is een
wat in art 30(c) vermeld word en wat by 'n strafverhoor vir doeleindes van
bewyslewering of van 'n
hofbevel nodig is. Behoudens 'n tans ontersaaklike
kwalifikasie bepaal art 34(1) dat die regter of regterlike amptenaar wat by
strafregtelike
verrigtinge voorsit by beëindiging daarvan 'n bevel moet gee
dat so 'n voorwerp:
18
"(a) aan die persoon teruggegee word van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwcrp wettiglik mag besit; of
(b) indien so 'n persoon nie op die voorwerp geregtig is of die voorwerp nie wettiglik rriag besit nie, aan 'n ander persoon wat daarop geregtig is, teruggegee word, indien daardie persoon die voorwerp wettiglik mag besit; of (c) indien geen persoon op die voorwerp geregtig is of indien geen persoon die voorwerp wettiglik mag besit nie of, indien die persoon wat daarop geregtig is, nie opgespoor kan word nie of onbekend is, aan die Staat verbeur word."
(So 'n bevel kan ook later gemaak word : art 34(3).)
(Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A) 933-4, is beslis dat 'n gesteelde
voorwerp
nie ingevolge art 31(1) teruggegee mag word nie aan die origens onskuldige
persoon uit wie se besit dit kragtens art 20 in
beslag geneem is indien hy van
die diefstal bewus geword het. (Gerieflik-heidshalwe gebruik ek die frase
"gesteelde voorwerp" ter
aanduiding van 'n voorwerp 'n vroeëre diefstal
waarvan tot datum van beslaglegging voortgeduur het, of, soos dit in Datnis
gestel
is, 'n voorwerp wat gesteel
19
is en gesteel gebly het.) Die rede is dat so 'n persoon dan nie die voorwerp
wettiglik mag besit nie. Bostaande geld klaarblyklik
ook vir artikels 32(1) en
34(1). Maar selfs al sou bedoelde persoon die voorwerp wettiglik mag besit, kan
dit ingevolge art 34(1)
slegs aan hom teruggegee word indien hy bowendien daarop
geregtig is.
'n Koper van 'n voorwerp waarop ingevolge art 20 as 'n
vermoedelik gesteelde voorwerp beslag gelê word, word klaarblyklik nie
deur die blote beslaglegging uitgewin nie. Die voorwerp mag immers aan hom
terugbesorg word. Net so klaarblyklik is so 'n koper wel
uitgewin indien die
voorwerp volgens òf art 31(l)(b) òf art 32(2) òf art
34(l)(c) aan die Staat verbeur word,
of aan iemand anders - gewoonlik die
eienaar- terugbesorg word. Maar moet die koper nou vir 'n onbepaalde tydperk na
die beslaglegging,
wat jare mag wees, wag aleer hy op grond van uitwinning teen
sy verkoper kan optree omdat sodanige verbeuring of terugbesorging geskied
het?
Ek meen van nee. So gou dit blyk dat
20
die voorwerp nie aan die koper - of aan iemand wat deur hom 'n reg op besit van die voorwerp verkry het - terugbesorg sal word nie, is die koper immers reeds uitgewin aangesien sy tydelike verlies aan besit van die voorwerp weens die beslagïegging nou 'n permanente een geword het. Anders gestel, is hy nou in effek permanent die saak ontneem, òf deur die Staat òf deur die persoon aan wie die voorwerp terugbesorg staan te word.
Uit bostaande volg dat die appellant in eerste instansie moes aangetoon het dat die vier bakkies wel gesteelde voorwerpe was. Ek het reeds verwys na verklarings van polisiebeamptes waarin gesê is dat die bakkies wel gesteelde voertuie was o a omdat hulle valse koderingsnommers gehad het; daar tekens van peutering in die omgewing van die nommers was, en dieselfde vals nommers ook op die betrokke registrasiedokumente voorgekom het. (Die woord "koderingsnommers" slaan klaarblyklik op masjien- en onderstelnommers.) In die bestrydende
21
verklaring het die respondent enige suggestie van diefstal van die bakkies probeer weerlê deur onder andere te steun op aangehegte motorvoertuigklaringvorms ("klaringsvorms"). Soos reeds genoem, het die respondent op sy beurt die vier bakkies van Markos aangekoop en vermoedelik is hierdie vorms deur laasgenoemde van die polisie verkry ten einde die voertuie te herregistreer. Al wat egter uit die vorms blyk, is dat bakkies met sekere koderingsnommers, en in drie gevalle sekere registrasienommers, nie by die polisie as gesteel aangemeld is nie. Dit beteken nie dat hulle nie inderdaad gesteel is nie. Eerstens kon die eienaar versuim het om 'n diefstal aan te meld. Tweedens, indien die koderingsnommers van die vier bakkies wat aan die appellant gelewer is, vervals was, sou diefstal van voertuie met daardie nommers uiteraard nie as gesteel aangemeíd gewees het nie. Ek kom later in meer besonderhede terug op die gegewens wat op die vorms voorkom.
Voorts het die respondent wat die ander drie bakkies betref,
22
gesteun op aangehegte dokumente met die opskrif: "Kennisgewing van diefstal of permanente ongeskiktheid van geregistreerde motorvoertuig" (hierna aanmeldingsdokumente genoem). Hierdie dokumente is blykbaar vanweë die bepalings van Ordonnansie 21 van 1966 (Natal) deur die aanmelders van drie bakkies ingevul, geteken en by die polisie ingehandig. 'n Oningevulde aanmeldingsdokument maak voorsiening vir aanmeïding dat 'n voertuig gesteel is ("rede (a)") of permanent vir gebruik as motorvoertuig ongeskik geraak het ("rede (b)"), en bevat twec blokkies waarin die aanmelder deur 'n merk soos 'n kruis te kenne kan gee welke rede op die aanmelding van toepassing is. Die een blokkie ("blokkie (a)") moet gemerk word as die voertuig gesteel is en die ander ("blokkie (b)") indien rede (b) geld.
Die eerste aanmeldingsdokument het betrekking op 'n bakkie ("bakkie (1)") met registrasienommer NP 30145 en in aïbei blokkies is kruisies aangebring. Die toepaslike datum betreffende beide redes vir
23
aanmelding word verstrek as 1 Januarie 1992 en daar word te kenne gegee dat
diefstal van die bakkie op daardie dag by die polisie
in Hilton gerapporteer is.
Onder blokkie (b) verskyn egter in manuskrip: "Accident/Wright off". (Die woord
"Wright" is waarskynlik
as gevolg van 'n spelfout in plaas van "Write" gebruik.)
Die enigste aanvaarbare afleiding is óf dat die aanmelder blokkie
(a) per
abuis gemerk het, óf dat die bakkie wel gesteel is en op dieselfde dag -
allig toe dit deur die dief of 'n trawant
bestuur is - in 'n ongeluk betrokke
was. Hoe dit ook al sy, in die dokument wat 21 Januarie 1992 gedateer is, word
gemeld dat dit
vergesel gaan van die bakkie se registrasiesertifikaat.
Een
van Markos se fakture het betrekking op 'n voertuig met registrasienommer NP
30145, d w s dieselfde een as dié wat op bogenoemde
aanmeldingsdokument
asook op een van die klaringsvorms voorkom. Die faktuur meld egter nie enige
koderingsnommers nie. Die masjiennommer
op die aanmeïdingsdokument verskil
geheel en al van
24
sodanige nommer wat op die betrokke klaringsvonn voorkom, en ook van die
masjiennommer van elk van die vier bakkies wat aan die appellant
gelewer
is.
Die tweede aanmeldingsvorm het betrekking op 'n bakkie ("bakkie 2") met
registrasienommer NR 10155. Blykens 'n faktuur van Markos
is 'n bakkie met
hierdie registrasienommer aan die respondent verkoop op 22 Mei 1992, en volgens
laasgenoemde is dit een van die
ander drie bakkies wat weer aan die appellant
verkoop is. Die faktuur vermeld nie enige koderingsnommers nie maar beide die
masjien-
en onderstelnommer van voertuig NR 10155 is op die aanmeldingsdokument
ingevul en kom ooreen met dié van 'n tweede van die
ander drie bakkies
wat aan die appellant gelewer is. Dieselfde nommers verskyn ook op een van die
klaringsvorms en die registrasienommer
op daardie vorm is ook NP 10155.
Slegs blokkie (a) is op die tweede aanmeldingsvorm gemerk,
25
en die betrokke gedeelte van die dokument gee te kenne dat bakkie 2 op 11 November 1991 gesteel is en dat die diefstal by die polisie in Howick gerapporteer is. Onder blokkie (b) verskyn egter die volgende in manuskrip: "Vehicle burnt out back". Dit laat 'n mens twyfel of die eienaar nie beoog het om die bakkie as permanent ongeskik, eerder as gesteel, aan te meld nie. Indien nou in ag geneem word dat die aanmelder in die dokument ook te kenne gee dat dit vergesel gaan van die betrokke registrasiesertifikaat, wat waarskynlik slegs in geval van aanmelding weens rede (b) ingedien hoef te word; dat die koderingsnommers en registrasienommer vermeld in die tweede aanmeldingsdokument dieselfde is as dié wat op een van die klaringsvorms voorkom, en dat in daardie vorm te kenne gegee word dat 'n voertuig met bedoelde nommers nie as gesteel gerapporteer is nie, is dit vir my aanneemliker dat bakkie 2 in die betrokke aanmeldingsdokument as permanent ongeskik, eerder as gesteel,
26
aangemeld is.
Ek kom dan by bakkie 3. Volgens die derde
aanmeldings-dokument is die registrasienommer daarvan NIX 2293. Hierdie nommer
kom ook voor
op een van Markos se fakture, gedateer 22 Mei 1992, en een van die
klaringsvorms, en volgens die respondent is die bakkie waarop
dit betrekking het
een van die ander drie wat aan die appellant gelewer is. Die koderingsnommers
van een van sodanige bakkies is
dieselfde as dié vermeld in die
klaringsvorm, en die masjiennommer van daardie bakkie stem ooreen met die een
wat in die derde
aanmeldingsdokument ingevul is. (In daardie vorm word nie 'n
onderstelnommer vermeld nie, terwyl die faktuur geen besonderhede oor
die
koderingsnommers bevat nie.) Die rede vir die aanmelding blyk duidelik uit die
aanmeldingsdokument, nl permanente ongeskiktheid
vir gebruik as motorvoertuig.
Die oorsaak van die ongeskiktheid lui soos volg: "involved in an accident,
damaged beyond repair".
27
Volgens 'n vierde faktuur van Markos, gedateer 7 Mei 1992, is 'n verdere
bakkie aan die respondent verkoop. Die faktuur vermeld geen
koderingsnommers nie
en slegs 'n Transvaalse registrasienommer wat blykbaar by herregistrasie aan die
voertuig toegeken is. Op die
klaringsvorm waarop die respondent steun, kom geen
registrasienommer voor nie; in die toepaslike mimte is slegs "Vir Reg" (blykbaar
betekende "vir registrasie") ingevul. Die koderingsnommers op die klaringsvorm
is egter dieselfde as dié van die Toyota wat
aan die appellant gelewer
is.
Betreffende die Toyota het die respondent nie 'n aanmeldingsdokument
aangeheg nie maar wel gesteun op 'n dokument wat voorgee uitgereik
te gewees het
deur die Kwazulu Departement van Finansies op 16 Oktober 1991. Volgens
dié dokument is 'n bakkie ("bakkie 4")
op daardie datum aan 'n ongenoemde
persoon verkoop op 'n sogenaamde "Kwazulu redundant motor vehicle sale". Die
dokument vermeld
nie 'n registrasienommer of die toestand van die voertuig
nie,
28
maar die koderingsnommers wat daarop voorkom is dieselfde as dié van
die Toyota wat aan die appellant gelewer is.
Samevattend is dit die
respondent se saak dat bakkies 1 tot 4 dieselfde bakkies is as dié wat,
sy dit dan ook tot 'n mate opgebou,
aan die appellant gelewer is. In die
veronderstelling dat die dokumentasie waarop die respondent steun in sy guns
toelaatbaar is,
bewys dit egter nie dat die vier bakkies wat aan die respondent
gelewer is nie gesteelde voertuie was nie. Die teendeel is eerder
waar.
Aangenome dat bakkie 1 as gesteel aangemeld is en een van bogenoemde vier
bakkies is, is die posisie dat bakkie 1 vier maande
na die aanmelding met
aangifte van dieselfde registrasienommer (NP 30145) deur Markos aan die
respondent verkoop is, en 'n paar dae
later met 'n valse masjiennommer deur
laasgenoemde aan die appellant verkoop en gelewer is. Gesien die kort tydsbestek
is dit vir
my onwaarskynlik dat die polisie bakkie 1 na die diefstal en die
vervalsing van die masjiennommer sou opgespoor en aan
29
die Natalse eienaar terugbesorg het, en dat laasgenoemde dit daama verkoop
het op 'n wyse wat dit voor 22 Mei 1992 in Markos se besit
in die Transvaal sou
laat beland het. Kortom, in bostaande veronderstelling was bakkie 1 'n gesteelde
voorwerp toe dit aan die appellant
gelewer is. Indien hierdie bakkie egter bloot
as permanent ongeskik aangemeld is, geld dieselfde as wat hieronder betreffende
bakkies
2 en 3 gesê word.
Laasgenoemde twee bakkies was as't ware
wrakke tydens die onderskeie aanmeldings. Dit pas in by Abrams se beskrywing van
die werkswyse
van die sindikaat, nl om die koderingsnommers van gesteelde
voertuie te vervang met dié van wrakke. En indien bakkies 2 en
3 na die
aanmeldings verkry is deur Markos of iemand anders wat hulle op 'n onskuldige
wyse bloot heropgebou het, sou dit natuurlik
nie nodig gewees het om in die
omgewing van hul koderingsnommers te peuter nie. Die aanduidings is dus dat
bakkies 2 en 3 nie dieselfde
bakkies is as dié met ooreenstemmende
koderingsnommers wat aan die appellant gelewer is nie,
30
maar dat laasgenoemde bakkies gesteelde voorwerpe was die koderings-nommers
waarvan valslik deur dié van bakkies 2 en 3 vervang
is.
Die
dokumentasie waarop die respondent steun en wat op bakkie 4 betrekking het, werp
nie juis lig op die lotgevalle daarvan nie. Dit
is egter ietwat vreemd dat die
faktuur van Markos wat volgens die respondent op bakkie 4 van toepassing is geen
koderingsnommers
en ook nie die vorige Natalse registrasienommer vermeld nie.
Hoe dit ook al sy, 'n mens weet nie of bakkie 4 ten tye van die veiling
reeds so
te sê 'n wrak was, of daarna een geword het nie, en indien hierdie bakkie
na die veiling deur 'n onskuldige verkryer
bloot heropgebou was, sou dit
natuurlik net so min as in die geval van bakkies 2 en 3 nodig gewees het om in
die omgewing van die
koderingsnommers daarvan te peuter. Die peutering wat wel
plaasgevind het xn die omgewing van die Toyota se koderingsnommers dui
dus
daarop dat dit 'n gesteelde voorwerp was waarin die voertuig se oorspronklike
sodanige nommers by wyse van
31
vervalsing vervang is deur dié van bakkie 4.
Die knoop word verder
deurgehak deur Abrams. Soos reeds aangedui, sê hy dat die koderingsnommers
van die vier bakkies waarop
beslag gelê is dié is van ander
voertuie wat totale wrakke geword het, en dat die vier bakkies nie voor enige
moontlike
opbouing fisies sodanige wrakke kon gewees het nie; m a w, dat die
koderingsnommer van die vier bakkies vervals is. Voorts weet ons
dat die
masjiennommers, en in twee gevalle ook die onderstelnommers, van drie van die
bakkies wat aan die appellant gelewer is, dieselfde
is as dié van bakkies
2, 3 en 4. Die aanmeldings van bakkies 2 en 3 en die verkoop op 'n veiling van
bakkie 4, asook die diefstal
van bakkie 1 (indien dit wel gesteel is), het in
Natal tussen Oktober 1991 en Maart 1992 geskied, en indien hulle dieselfde
voertuie
is as dié wat aan die appellant gelewer is, moes hulle op 'n bra
toevallige wyse al vier voor omstreeks 22 Mei 1992 in besit
van Markos in die
Transvaal gekom het.
32
ïn die lig van al bogenoemde oorwegings meen ek nie dat daar realistiese
sprake is nie dat die vier bakkies wat aan die appellant
gelewer is voorheen
gesteeï is; dat hul koderingsnommers toe vervals is waama hulle aan hul
eienaars terugbesorg is, en dat
weens daaropvolgende vervreemdings deur die
eienaars hulle uiteindelik al vier deur Markos bekom is. Samevattend is dit dus
waarskyniik
dat die bewuste vier bakkies gesteelde voorwerpe was.
In die
verbygaan dien gemeld te word dat die feit dat bakkie 1 as gesteel aangemeld is
- gestel dat dit wel die geval was - nie noodwendig
spreek teen Abrams se
bewering dat die vervalste koderings-nommers van die vier bakkies waarop beslag
gelê is dié was
van vier wrakke wat nie tot die aan die appellant
gelewerde bakkies heropgebou kon gewees het nie. Ek sê dit omdat bakkie 1
natuurlik na die veronderstelde diefstal as gevolg van, sê, 'n botsing in
'n wrak kon verander het.
33
Die respondent se advokaat het egter betoog dat Abrams nie uitdruklik
sê waar hy kom aan die kennis dat die koderingsnommers
waama hy verwys
voorheen dié van totale wrakke was, en dat die in beslag genome vier
bakkies nie voor heropbouing sodanige
wrakke kon gewees het nie. Dit is so, maar
dit bring geensins mee nie dat Abrams nie uit eie kennis spreek nie of dat die
betrokke
getuienis slegs deur 'n deskundige - wat Abrams moontlik nie is nie -
gegee kon gewees het. So byvoorbeeld is dit sekerlik nie vergesog
nie dat Abrams
die vier wrakke persoonlik kon besigtig het en dat sy waarnemings dié was
wat selfs 'n leek kon gemaak het.
En indien die respondent twyfel gehad het of
die betrokke bewerings van Abrams toelaatbaar was, kon dit aansoek gedoen het om
verlof
om Abrams mondelings te laat getuig, of om 'n toepaslike verdere
beëdigde verklaring in te dien.
Namens die respondent is ook met 'n
beroep op die beslissing in Westeel Engineering (Pty)Ltd v sydney Clow and Co
Ltd 1968 (3) SA
34 458 (T) betoog dat al sou die in beslag genome bakkies
gesteelde voorwerpe gewees het, die appellant nie ten opsigte van daardie
bakkies (met uitsondering van die Toyota) uitgewin is nie. Dié beroep is
mis. In Westeel was daar geen uitwinning van - of
'n dreigement van uitwinning
teen - die uiteindelike koper van 'n saak wat in besit daarvan was op die
stadium toe sy onregstreekse
voorganger 'n bedrag gelykstaande aan die beweerde
waarde van die saak aan die eienaar daarvan betaal het nie. Derhalwe is beslis
dat die voorganger ook nie uitgewin was nie. (Sien ook Louis Botha Motors v
James and Slabbert Motors (Pty) Ltd 1983 (3) SA 793 (A).)
In die onderhawige
geval is die koopkontrakte van die ander drie bakkies egter gekanselleer voordat
dit geblyk het dat hulle gesteelde
voorwerpe was. Na die kansellasies het die
drie kopers dus nie meer enige belang by die drie bakkies gehad nie. By
ontstentenis van
die kansellasies sou die drie bakkies nie aan die drie kopers
terugbesorg gewees het nie, want hulle sou allig in kennis gestel gewees
het dat
die
35
bakkies gesteelde voorwerpe was en sou dus nie wettiglik in besit daarvan geplaas kon gewees het nie. Weens die kansellasies het die appellant teenoor die drie kopers op besit van die drie bakkies geregtig geword. Hy weet egter reeds van die diefstalle en daar is dus geen sprake dat die bakkies uit beslaglegging aan hom besorg sal word nie. Kortom, na die kansellasies het niemand ander as die appellant op grond van 'n titel wat regstreeks of onregstreeks na die koopkontrak tussen hom en die respondent teruggevoer kan word, 'n aanspraak op die drie bakkies gehad nie, en daardie aanspraak is weens die bepalings van die Wet verydel. In effek is die appellant dus wel uitgewin.
Dit is nog nodig om die kwessie van uitwinning betreffende die Toyota van nader te beskou. Onthou sal word dat hierdie voertuig op die perseel van die respondent in beslag geneem is nadat, volgens die appellant, die verkoop daarvan gekanselleer en dit aan die respondent teruggelewer was. As dit so is, was daar natuurlik geen sprake van
36
uitwinning van die appeïlant ten opsigte van die Toyota nie. Die
respondent ontken egter die appellant se bewerings. Volgens
eersgenoemde was die
verkoop nie gekanselleer nie en het dit die Toyota ten tye van die beslaglegging
daarvan namens die appellant
besit. As dit die geval was, is die appellant in
die lig van bostaande natuurlik wel uitgewin. Dit volg dus dat welke van die
botsende
weergawes ook al juis is, die appellant geregtig is op terugbetaling
van die koopprys van die Toyota, sy dit dan ook op verskillende
gronde. Hier
dien nog gemeld te word dat die respondent se advokaat hom tereg nie beroep het
nie op 'n verweer van lis alibi pendens
betreffende die aksie wat die appellant
voor aanhangigmaking van die aansoek vir terugbetaling van bedoelde koopprys
ingestel het.
Die appèl slaag met koste en die bevel van die
verhoorhof word deur die volgende vervang:
"Die aansoek slaag met koste en die respondent word gelas
37
om die som van R97 000 asook moratore rente teen 18,5% per jaar aan die applikant te betaal."
H J O VAN HEERDEN AR
CORBETT HR
VIVIER AR STEM SAAM
MARAIS AR
VAN COLLER Wnd AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1995/146.html