South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 64
| Noteup
| LawCite
Smit v Abrahams (109/1992) [1994] ZASCA 64; [1994] 4 All SA 679 (AD) (16 May 1994)
Download original files |
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. An English translation of this case is available at: http://saflii.org/za/other/ZAENGTR/1994/2.html |
LL Saak No 109/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèlAFDELING
In die saak tussen:
F J G SMIT Appellant
en
H I ABRAHAMS Respondent
CORAM: BOTHA, E M GROSSKOPF, KUMLEBEN, VAN
DEN HEEVER ARR et MAHOMED WND AR
VERHOORDATUM:
15 MAART 1994
LEWERINGSDATUM: 16 MEI
1994
UITSPRAAK BOTHA AR:
2
Op 22 Desember 1988 het daar 'n botsing plaasgevind tussen 'n
motorvoertuig wat bestuur is deur die appellant en 'n bakkie
waarvan die respon-dent die eienaar was. Die bakkie is
onherstelbaar beskadig. Die respondent (hierna: "die eiser")
het in die landdroshof van Piketberg 'n aksie om skade-vergoeding
ingestel teen die appellant ("die verweerder").
In sy
dagvaarding het die eiser beweer dat die botsing veroorsaak is
deur die nalatigheid van die verweerder en het hy
twee
afsonderlike eise uiteengesit. Die eerste eis was vir die
betaling van die markwaarde van die bakkie. Die tweede eis
was
vir die vergoeding van huurgeld wat die eiser na bewering betaal
het vir die gebruik van 'n ander bakkie wat hy moes
verkry het
ten einde sy besigheid as 'n smous te bedryf. Die verweerder se
verweer-skrif het al die wesenlike bewerings
in die dagvaar-ding
in geskil geplaas.
3 Met die aanvang van die verhoor
is die landdros deur die partye se regsverteenwoordigers
meegedeel dat hulle tot 'n vergelyk
gekom het oor twee aspekte
van die saak: die quantum van die eiser
se skade ten opsigte van die eerste eis is geskik op R3 630, en
daar is ooreengekom op 'n verdeling van die
skadevergoeding in
die verhouding 70% tot 30% ten gunste van die eiser. Wat die
eerste eis betref het daar gevolglik geen
geskilpunte oorgebly
nie. Ten aansien van die tweede eis het die eiser getuienis
afgelê, waaruit dit geblyk het dat
hy vir 'n tydperk van 3
maande, van 24 Desember 1988 tot 24 Maart 1989,'n bakkie gehuur
het van ene Patrick Esau teen 'n
huurgeld van R60 per dag.
Bereken teen 6 werksdae per week het sy totale vordering onder
die tweede eis te staan gekom
op R4 680. Die verweerder het geen
getuienis aangebied nie. Aan die einde van die verhoor het die
landdros vonnis toegestaan
ten gunste
4 van die eiser
vir die betaling deur die verweerder van 70% van R3 630 (op die
eerste eis) en 70% van R4 680 (op die tweede
eis), met
koste.
Teen die vonnis op die tweede eis het die
verweerder geappelleer na die provinsiale Afdeling Kaap die Goeie
Hoop. Die appèl
is deur ' n volle hof afgewys met koste.
Die uitspraak is gelewer deur FARLAM Wn R en dit is gerapporteer:
sien Smit v Abrahams 1992
(3) SA 158 (C). Die hof a quo het
aan die verweerder verlof verleen om na hierdie Hof in hoër
beroep te kom.
Soos sal blyk uit wat hieronder volg,
het die manier waarop die eiser se tweede eis behandel is in die
hof a quo verskil van die wyse waarop
dit behandel is in die landdroshof, alhoewel die resul-taat
dieselfde was. Ek is van voorneme
om eers stil te staan by die
manier waarop die saak in die land-droshof behandel is, om daarna
die benadering in die
5 hof a quo
te bespreek, en om uiteindelik kommentaar te lewer oor die
verskillende benaderings.
Die getuienis wat die eiser
in die land-droshof afgelê het, kan saamgevat word soos
volg. Ten tye van die ongeluk
het hy smouswerk gedoen tussen
Elandsbaai, Lambertsbaai en Kaapstad, en daarvoor het hy elke
dag, behalwe Sondae, sy bakkie
gebruik. Hy het geen ander werk
gedoen behalwe smous nie, en sonder 'n bakkie kan hy die werk nie
doen nie. As gevolg van
die botsing was sy bakkie 'n "totale
wrak". Twee dae na die ongeluk, op 24 Desember 1988, het hy
'n bakkie by
Patrick Esau gekry, vir die gebruik waarvan hy R60
per dag moes betaal, en daarmee het hy sy smousbesigheid
voort-gesit.
Hy het navraag gedoen by twee firmas en vasgestel
dat om daar 'n bakkie te huur, hom R550 per week meer sou gekos
het as
by Esau. Hy het te min kontant gehad om 'n bakkie te koop.
Ook in dié
6 verband het hy navraag gedoen, by
drie firmas. Daar was 'n bakkie beskikbaar vir R9 000, maar hy
kon dit nie bekostig
nie. Hy het ook nie geld gehad vir ' n
deposito nie. Hy het nog R600 op sy bakkie geskuld. Nadat hy Esau
se bakkie vir
3 maande gehuur het, tot op 24 Maart 1989, het Esau
die bakkie teruggevat omdat hy dit toe self nodig gehad het. Die
eiser
het toe 'n voorraad aartappels wat hy gehad het, met
stootwaentjies gesmous.
Onder kruisondervraging het
die eiser gesê dat hy 'n bakkie wou gehuur het net totdat
hy genoeg geld gehad het om
een te koop, en dat hy dit teen die
einde van 1989 sou kon gedoen het. Hy het besef dat hy iets in
die plek van sy bakkie
moes kry, en hy het gesoek, maar hy het
nie 'n bakkie gekoop nie omdat hy nie geld gehad het nie. Nadat
Esau sy bakkie
terug-geneem het en die eiser sy voorraad
aartappels verkoop het, het hy nie gewerk nie. Hy is werkloos
7
omdat hy nie 'n voertuig het nie. Op 'n vraag wat sy wins per dag
was, het die eiser geantwoord: "Omtrent R300 per
dag wins".
In herverhoor, volgens die landdros se optekening van die
getuienis in die oorkonde (die verrigtinge is
nie meganies
opgeneem nie), is die eiser gevra: "Het jy R300 per week
verdien?", waarop hy "Ja" geantwoord
het. Op 'n
latere vraag wat sy totale uitgawes per dag was, het hy
geantwoord: "R150 per dag".
Uit die
aantekeninge wat die landdros gemaak het van die argumente wat
namens die partye aan hom voorgedra is aan die einde
van die
getuienis, en wat in die oorkonde opgeneem is, is dit duidelik
dat die hele strekking van die betoog namens die
eiser was dat
die verweerder nie aangetoon het dat die eiser onredelik opgetree
het, of dat die bedrag van sy eis onredelik
is, of dat hy sy
skade kon verminder het nie, terwyl die betoog namens die
8
verweerder tot die teendeel was. Hierdie benadering tot die
geskilpunte en die bewyslas het waarskynlik voortgespruit
uit die
manier waarop die tweede eis in die dagvaarding geformuleer was.
Dit lui soos volg (met inagneming van 'n wysiging
van die datums
wat by die verhoor aangebring is): "CLAIM II:
-
1.
As a result of the collision referred to in Claim I, the Plaintiff, who is a hawker and requires the use of a bakkie, has had to obtain the use of another bakkie to conduct his business operation.
2.
As and from the 24th December 1988 to the 24th March 1989 the Plaintiff has had to pay the sum of R60 per day for the use of the aforesaid bakkie, which the Plaintiff holds the Defendant liable for."
Die eis is beskou as een vir die vergoeding
van uitgawes wat die eiser aangegaan het ten einde
die
skade te vermy wat hy andersins sou gely het in
die
vorm van ' n verlies aan inkomste uit sy besig-
9
heid. Dat dit die benadering was, blyk verder uit
die
feit dat die eiser, volgens die landdros se
aantekeninge,
hom beroep het op Cooper Motor Law Vol
2
op 392 par (c), waar die volgende gesê word (die
aanhaling
in die teks is uit die uitspraak van
CLAYDEN R in
Shrog v Valentine 1949
(3) SA 1228 (T)
op 1237-8);
"A plaintiff is entitled to claim for loss of income or loss of profits which results from his being deprived of the use of the vehicle while it is being repaired.
Since a party is bound to mitigate his loss a businessman should normally hire another vehicle in place of the damaged one, and he may then claim the expense of hiring it. In that event, however, he does not have to prove that the expense was reasonable, the reasoning being:
' . . . the lost prof its owing to the deprivation of the use of a vehicle are not required to be reasonable. They are the actual profits. Here that loss was avoided by the taking of steps by the plaintiff to hire a lorry to replace the damaged vehicle. The expense is an expense for which
10
the defendant is responsible unless he can show that the action of the plaintiff in hiring a lorry at all, or in hiring a lorry at that cost, was unreasonable.'"
Aansluitend by hierdie benadering het die
landdros in sy skriftelike redes vir vonnis die
volgende
gesê:
"5. Die Hof is van oordeel dat die Eiser in die omstandighede opgetree het soos 'n redelike man ook sou opgetree het en die bedrag wat Eiser vra redelik is om die volgende redes:
-
(a)
Toe hy opmerk sy voertuig waarmee hy sy brood en botter verdien is 'n wrak, het hy dadelik gesoek om 'n ander voertuig te koop, maar kon nie een vind wat hy kon bekostig nie.
(b)
Hy het daarna probeer om 'n voertuig te huur om te smous teen die mees redelike prys. Hy het ook hier uitgevind wat die goedkoopste is wat hy kon kry.
(c)
Die Eiser is 'n smous wat sy bakkie nodig het om sy beroep te beoefen. Hy ry selfs af-stande vanaf Kaapstad, Elands-baai, Lambertsbaai en terug.
11
Hy het besef hy moes sy beroep voortsit en die redelike man sou in hierdie omstandighede dieselfde gedoen het.
-
(d)
Die redelike man sou ook nie van beroep verander het, as hy dit op so 'n wyse kon voortsit nie.
(e)
Die Eiser eis slegs die koste van die gehuurde voertuig op die dae wat hy dit werklik vir sy werk gebruik het.
(f)
Die Eiser eis slegs die huur-tarief vir drie maande waar hy werklik die voertuig gehuur het.
(g)
Vir die tydperk na 24/3/89 eis die Eiser geen bedrag nie alhoewel hy sy werk verloor het as gevolg van Verweerder se nalatigheid van 70% in Eis 1.
6. Die Hof het bevind dat die Verweerder nie aangetoon het dat die Eiser nie soos 'n redelike man opgetree het nie en dat die bedrag en die tydperk wat die Eiser vra onredelik is nie.
Daar is geen getuienis voor die Hof dat Eiser 'n bakkie vir goedkoper as R9 000,00 kon gekoop het of 'n goedkoper huurtarief kon gekry het nie. "
Op die grondslag van die saak soos dit aan
12
die landdros voorgelê is, kan daar na my mening nie fout
gevind word met die bevinding waartoe hy geraak het nie.
Soos
blyk uit Shrog v Valentine supra op
1236-7 kan die eienaar van 'n voertuig wat hy in sy besigheid
gebruik en wat deur dle nalatigheid van 'n ander beskadig
word,
skadevergoeding verhaal ten opsigte van verlies aan inkomste as
gevolg van die ontneming van die gebruik van die
voertuig; huur
hy 'n ander voertuig om in sy besigheid te gebrulk in die plek
van die beskadigde een, is hy besig om die
intrede van skade
weens verlies aan inkomste te verhinder of te beperk; gevolglik
kan hy sy uitgawe ten opsigte van huurgeld
verhaal, tensy,
volgens die bekende beginsel wat geformuleer is in Hazis
v Trans-vaal and Delaqoa Bay Investment Co Ltd 1939
AD 372 op 388-9, die verweerder kan bewys dat die eiser se
optrede nie redelik was nie. Die landdros se bevind-ing in
paragraaf
6 van sy redes, hierbo aangehaal.
13 kom
daarop neer dat die verweerder hom nie van die bewyslas gekwyt
het nie, nóg wat betref die bedrag van die
eiser se
uitgawe, nóg wat betref die tydperk daarvan.
Wat
die bedrag betref, het die landdros nie bevind wat die eiser se
inkomste of wins uit sy besigheid was nie. As die eiser
se wins
minder was as die huurgeld wat hy aan Esau betaal het, sou daar
denkbaar geargumenteer kon geword het dat sy uitgawe
onredelik
was. Soos blyk uit die opsomming van die eiser se getuienis
hierbo, het hy oënskynlik teen-strydige antwoorde
oor sy
daaglikse wins en sy week-likse verdienste gegee. My indruk van
sy getuienis as 'n geheel is dat sy pertinente stelling
dat sy
wins R300 per dag was, as deurslaggewend beskou behoort te word.
Hoe dit ook al sy, in soverre die eiser se getuienis
op hierdie
aspek onseker mag wees, kan dit die verweerder nie baat nie: hy
het hom dan
14
nie van die las gekwyt om te bewys dat die uitgawe
onredelik was nie.
Wat die tydperk van die huur
betref, is dit implisiet in paragrawe 5(a), (b) en (c) van die
landdros se redes dat hy in
aanmerking geneem het dat die eiser
geldelik nie in die vermoë was om 'n ander voertuig te koop
nie. Die landdros
se benadering was reg. Om te beoordeel of 'n
eiser se optrede in verband met die vermyding of vermindering van
skade redelik
of onredelik was, moet daar gekyk word na al die
omstandighede waarin hy hom bevind het (vgl bv De Pinto
and Another v Rensea Investments (Pty) Ltd 1977
(4) SA 529 (A) op 529E-530B) . Een van die tersaak-like
faktore is die eiser se finansiële posisie. As hy weens
onvermoëndheid
nie oor die middele beskik om stappe te doen
waardeur die oplopende skade beperk kan word nie, dan kan hy
sekerlik nie
verwyt word vir sy versuim om sulke stappe te doen
nie. In die
15
huidige geval blyk dit uit die eiser se getuienis dat
hy
nie die geld gehad het, of redelikerwyse kon bekom
het,
wat nodig was om 'n ander voertuig te koop ter
vervanging
van die beskadigde een nie.
Die gronde van appèl wat in die verweerder
se kennisgewing van appèl na die hof a quo geopper
is, was oënskynlik steeds gebaseer op die wyse
waarop
die saak in die landdroshof behandel was. Die
strek-
king daarvan blyk uit paragrawe 1 en 3, wat
soos volg
lui:
"1. Die landdros het fouteer deur te bevind dat Appellant nie aangetoon het dat
Respondent nie soos 'n redelike man opge-tree het in en met die beperking van sy skade vir sover dit die huur van 'n ander voertuig aanbetref nie;
3. Die landdros het fouteer deurdat hy bevind het dat hy die Respondent se gelde-like posisie in ag moes neem, en deurdat hy dit inderdaad in ag geneem het, by die oorweging en bepaling van Appellant se aanspreeklikheid teenoor Respondent."
Na my mening was hierdie aanval op die landdros se
16
uitspraak ongegrond, om die redes hierbo aangegee.
Met
die beredenering van die appél in die hof a quo het die
saak egter 'n nuwe wending geneem: die betoog namens
die
verweerder is oor 'n ander boeg gegooi. Soos blyk uit die
gerapporteerde uitspraak van die hof a quo
(op 159I-160A) was die betoog dat vergoeding van die eiser se
skade (synde die huurgeld wat hy aan Esau betaal het) nie
verhaalbaar was nie omdat die skade teweeggebring is deur die
eiser se eie onvermoëndheid. In hierdie betoog, so blyk
dit
verder, is daar heeltemal wegbeweeg van die gedagte dat die eiser
die huurgeld betaal het ten einde sy skade in die
vorm van
verlies aan inkomste uit sy besigheid te temper. In plaas daarvan
is die eiser se uitgawe aan huurgeld beskou
as skade, die
ver-goeding waarvan die eiser gepoog het om te verhaal op grond
daarvan dat dit voortgevloei het uit die
ver-weerder se delik,
synde die nalatige en onregmatige
17 vernietiging van
die eiser se bakkie as 'n bruikbare voertuig. Met dié
uitgangspunt is aangevoer dat die oorsaaklike
verband tussen die
eiser se skade en die verweerder se optrede wat nodig is om
laasgenoemde aanspreeklik te hou, ontbreek,
vanweë die feit
dat die eiser weens sy onvermoëndheid nie 'n
plaasver-vangende voertuig gekoop het nie. Vir hierdie
betoog is
daar veral gesteun op die beslissing van die House of Lords in
Owners of Dredger Liesbosch v Owners of Steamship
Edison [1933]
UKHL 2; 1933
AC 449 (HL), ook gerapporteer as The Edison
[1933]
UKHL 2; [1933]
All ER Rep 144 (sien die uit-spraak a quo
op 160B; ek sal, soos die hof a quo, na
die saak verwys as "The Edison").
Die
hof a quo het hierdie betoog op sy
meriete behandel en dit verwerp. In hooftrekke was die
beredenering soos volg. Met betrekking
tot die vraag of die eiser
se skade "veroorsaak" is deur die verweerder, is daar
verwys (op 161C-162J) na die
18 onderskeid tussen
feitlike kousaliteit en juridiese kousaliteit, soos dit bespreek
is in, onder meer, Minister of Police v Skosana
1977
(1) SA 31 (A) op 34E-35D en Siman & Co (Pty)
Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984
(2) SA 888 (A) op 914F-915A. Daar is bevind dat, op die feite
van die huidige saak, die vereiste van feitlike kousaliteit
bevredig
is (op 163A-B). Ten opsigte van die vraag na juridiese
kousaliteit (soos geformuleer op 162E en 163B-C) is daar verwys
na verskillende toetse om dit te bepaal (op 163D-165D) en tot die
slotsom geraak dat die korrekte toets om toe te pas dié
is
van die redelike voorsienbaarheid van die betrokke skade, in die
sin van 'n "redelike moontlikheid" soos omskryf
deur
FARLAM Wn R (op 165E-F) . Op die feite van die saak is daar
bevind dat hierdie toets wel bevredig is (op 165G-I).
Die res van
die uitspraak (op 166-180) is gewy aan 'n diepgaande en
breedvoerige bespreking van
19 The
Edison, wat uiteindelik gelei het (op 180F) tot die
gevolgtrekking dat daardie beslissing nie in die weg staan van
die bevinding
dat die verweerder aan-spreeklik is om die eiser se
skade te vergoed nie.
In die konteks van die
kousaliteitsvraag stem ek saam met die resultaat wat die hof a
quo bereik het, naamlik dat die verweerder
aanspreeklik is om die eiser se skade te vergoed, maar die
beredenering wat my tot
daardie gevolgtrekking lei, is nie in
alle opsigte dieselfde as dié van die hof a quo
nie, soos sal blyk uit wat hieronder volg.
Die vraag
na feitlike kousaliteit verskaf nie probleme in hierdie saak nie
(soos meestal die geval is in die praktyk, waar
die kwessie van
veroor-saking ter sprake kom). In 'n feitlike sin is die eiser se
skade ongetwyfeld veroorsaak deur die
verweerder se optrede. Dat
die eiser nie in staat was om 'n plaasvervangende bakkie te koop
nie,
20
beteken dat sy onbemiddeldheid in 'n feitlike sin 'n
mede-oorsaak van die skade was. Dit is die omstan-digheid wat
aanleiding
gee tot die vraag of die vereiste van juridiese
kousaliteit bevredig is.
Gesien die belangrike rol
wat die beslis-sing in The Edison in die
hof a quo gespeel het (en trouens ook,
soos weldra sal blyk, in die betoog namens die verweerder voor
hierdie Hof), is dit gerade
om eers dié saak te behandel.
Die feite daarvan word uiteengesit in die uitspraak a
quo op 166A-G, en die tersaaklike gedeelte van die
uitspraak van LORD WRIGHT word aangehaal op 166G-167I. Dit is
onnodig om
dit alles hier te herhaal. Vir huidige doeleindes is
dit genoeg om die feite en die beslissing te vereenvoudig soos
volg.
Toe die verweerders veroorsaak het dat die eisers se
bagger-masjien sink en verlore gaan, het die eisers nie oor die
geldelike
vermoëns beskik om 'n plaasvervangende
21
masjien te koop nie. Om hulle besigheid voort te sit, het die
eisers 'n masjien teen hoë koste gehuur. In hulle
aksie om
skadevergoeding ten opsigte van die waarde van die verlore
masjien en van die uitgawe aan huurgeld, het die House
of Lords
beslis dat laas-genoemde eis nie kan slaag nie, omdat die uitgawe
teweeggebring is deur die eisers se onvermoëndheid
en
daardie onvermoëndheid "a separate and concurrent
cause, extraneous to and distinct in character from the
tort",
"an independent cause", was. Die uit-werking van die
beslissing, soos dit namens die verweerder aan
die hof a
quo (en aan hierdie Hof) voorgehou is, was om 'n
algemeen-geldende en onwrikbare reël neer te lê dat
skade bestaande
uit uitgawes wat meegebring is deur die eiser se
onver-moëndheid, in beginsel nie verhaalbaar is nie (vgl die
uitspraak
a quo op 160D/E). Ek sal
aanvaar (sonder om daarop in te gaan) dat die uitspraak in
22
The Edison wel voorgegee het om so ' n rigiede reël
neer te lê, en ek sal voortaan daarna verwys as "die
ratio van The Edison".
In ons reg kan daar na my mening geen
twyfel wees nie dat die ratio van
The Edison geen
bestaansreg
het nie. Die strakheid daarvan is
onbestaanbaar met
die soepele benadering wat in ons
reg gevolg word, soos dit verduidelik is in die
uitspraak
van hierdie Hof in S v Mokgethi en Andere
1990
(1) SA 32 (A). Met aanhalings (op 39E-H) uit
Minister
of Police v Skosana supra en S v Daniëls
en
'n Ander 1983
(3) SA 275 (A) as die aanknopingspunt,
het VAN
HEERDEN AR die volgende gesê (op 39J-41B):
"In die regspraak en die literatuur -hier te lande en in die buiteland - is daar dan ook voorstanders van 'n reeks kriteria vir die bepaling van juridiese kousaliteit; so bv die afwesigheid van 'n novus actus interveniens, 'proximate cause', 'direct cause', voorsienbaarheid en adekwate ver-
oorsaking Die voorstanders van die
verskillende kriteria het dit in gemeen: 'n
handeling wat 'n conditio sine qua non
23
van 'n gevolg is, kan te ver verwyderd van die gevolg wees om regtens as oorsaak daarvan beskou te word. Hulle meen egter dat 'n maatstaf waarvolgens 'n genoegsame noue verband tussen die dader se handeling en die gevolg vereis word, te vaag is. Vandaar die soeke na meer eksakte kriteria.
Dit spreek vanself dat 'n elastiese maatstaf sy nadele het. Dit het egter ook sy voordele. So bv sê Gordon (op cit op 109): 'Remoteness is at once the most difficult and the most useful of the causal criteria, because it is the vaguest.' Ek betwyfel dan ook of 'n regstelsel sonder 'n oorheersende elastiese maatstaf vir die bepaling van juridiese oorsaaklikheid kan klaarkom. Soos blyk uit die passasies wat hierbo uit Skosana en Daniëls aangehaal is, kom beleidsoorwegings ter sprake en moet daarteen gewaak word dat 'n dader se aan-spreeklikheid nie die grense van redelik-heid, billikheid en regverdigheid oorskry nie. Sodanige oorwegings en begrippe is moeilik vatbaar vir nadere omskrywing. Dit is daarom, meen ek, dat in Blaikie and Others v The British Transport Commission 1961 SC 44 op 49, gesê is:
'The law has always had to come to some kind of compromise with the doctrine of causation. The problem is a practical rather than an intellectual one. It is easy and usual te bedevil it with subtleties,
24
but the attitude of the law is that expediency and good sense dictate that for practical purposes a line has to be drawn somewhere, and that, in drawing it, the court is to be guided by the practical experience of the reasonable man rather than by the theoretical speculations of the philosopher.'
Wat die onderskeie kriteria betref, kom dit my ook nie voor dat hulle veel meer eksak is as 'n maatstaf (die soepele maat-staf) waarvolgens aan die hand van beleids-oorwegings beoordeel word of 'n genoegsame noue verband tussen handeling en gevolg bestaan nie. Daarmee gee ek nie te kenne nie dat een of selfs meer van die kriteria nie by die toepassing van die soepele maatstaf op 'n bepaalde soort feitekompleks subsidiêr nuttig aangewend kan word nie; maar slegs dat geen van die kriteria by alle soorte feitekomplekse, en vir die doeleindes van die koppeling van enige vorm van regsaanspreeklikheid, as 'n meer kon-krete afgrensingsmaatstaf gebruik kan word nie."
Dieselfde benadering is kort daarna deur hierdie Hof
toegepas met betrekking tot 'n deiiktuele eis
om
skadevergoeding: sien International
Shipping Co
25 (Pty) Ltd v Bentley 1990
(1) SA 680 (A) op 700H-701F.
In 'n stelsel waar
juridiese kousaliteit bepaal word deur die vraag te stel of daar
'n genoeg-same noue verband tussen handeling
en gevolg bestaan,
en dié vraag beantwoord moet word aan die hand van
beleidsoorwegings en die grense van redelikheid,
billikheid en
regverdigheid, is daar geen ruimte vir die aanwending van die
ratio van The Edison
nie. Die onvermoëndheid van die eiser as 'n mede-oorsaak van
die skade is maar net nog 'n feit wat tesame met al die
ander
feite van elke besondere saak in oorweging geneem moet word by
die toepassing van die "oorheers-ende elastiese
maatstaf"
waarvolgens bepaal word of die betrokke skade die verweerder
toegereken behoort te word.
Die voorgaande beskouing
is op sigself afdoende rede om die ratio
van The Edison opsy te
26
skuif as ontoepaslik in ons reg. Dit is gevolglik onnodig om in
te gaan op die kritiese ontleding waaraan die beredenering
van
LORD WRIGHT in daardie saak in die uitspraak van die hof a
quo onderwerp is, of op die kommentaar wat The
Edison ontlok het in die latere Engelse regspraak en
deur verskeie skrywers, wat in die uitspraak a quo
behandel word.
Op dieselfde grondslag is dit onnodig,
meen ek, om die beslissings in die provinsiale en plaas-like
afdelings waarin daar
verwys is na die ratio
van The Edison te onderwerp aan die
noukeurige ontleding wat hulle in die uitspraak a quo
te beurt geval het (op 174A-179C) . In die mate dat daar in
enkele van die belissings oënskynlik gesteun is op die
ratio
van The Edison om tot 'n gevolgtrekking
te kom aangaande die vraag na juridiese kousaliteit, kan daar, in
die lig van die soepele maatstaf
van ons reg, aan hulle geen
groter betekenis toegeskryf word as dat hulle
27
net illustrasies is van hoe die vraag in die bepaalde
feitekompleks van die betrokke geval opgelos is nie. Alles hang
altyd
af van die feite. In soverre die motivering van enige van
die beslissings stellings bevat wat dalk die indruk mag skep dat
die ratio van The Edison
toepaslik is in ons reg, is daardie indruk verkeerd.
Voor
hierdie Hof is daar nietemin namens die verweerder getrag om 'n
bestaansreg vir die ratio van The
Edison in ons reg uit te maak, by wyse van 'n
argument wat soos volg saamgevat kan word: in ten minste twee
sake, Charles v Malherbe, Bosch & Co (Pty) Ltd
1949
(3) SA 381 (C) en Muller NO and Others v
Government of the Republic of South Africa 1980
(3) SA 970 (T), was die ratio van The Edison
deel gemaak van die ratio decidendi in
daardie sake; in 'n paar ander sake (bv Ntuli v
Hirsch and Adler 1958
(2) SA 290 (W)) is die ratio van The
Edison aanvaar as
28 geldende reg, maar
bevind dat die feite van die betrokke saak onderskeibaar was van
die feite in The Edison; gevolglik is
die ratio van The Edison
reeds ingeburger in ons reg; dit moet dus beskou word as 'n reeds
gevestigde beleidsoorweging wat ook in die konteks van
die
soepele maatstaf toegepas moet word; dit is waarskynlik dat
"landsburgers hulle sake ingeklee het in die
veronderstelling dat die betrokke beslissings die reg juis
weergee" (Du Plessis NO v Strauss
1988
(2) SA 105 (A) op 142F); gevolglik behoort die Hof nie nou
van die bestaande regsposisie af te wyk nie.
Hierdie
argument moet verwerp word, met verwysing na elkeen van die
onderdele daarvan, om redes wat kortliks aangegee kan
word. Die
opmerkings wat ek hierbo oor die betrokke beslissings gemaak het,
dui reeds daarop dat hulle nie gebruik kan
word as 'n grondslag
waaruit 'n algemeen-geldende regsreël
29
geëkstraheer kan word nie. Daar was geen oorwoë ondersoek na die bestaan van so 'n reël of na enige beleidsoorweging nie. Ad hoc beskouings oor oorsaak-likheid kan nie aanleiding gee tot 'n rigiede beleidsoorweging wat lynreg in stryd is met die buigsaamheid van ons reg insake die maatstaf om juridiese kousaliteit te bepaal nie. Van inburgering kan daar nie sprake wees nie. Die gedagte dat mense hulle sake sou ingerig het na aanleiding van hierdie beslissings is vergesog. Dit is aan die hand gedoen dat die belissings 'n uitwerking sou gehad het in die versekeringswese, deurdat versekeraars hulle premies dienooreenkomstig sou aangepas en bereken het. Ek kan nie aanvaar dat hierdie suggestie verband hou met die werklikheid nie. Daar is geen rede om te dink dat enige vaste kommersiële praktyk voortgespruit het uit wat beskou kon gewees het as 'n gesaghebbende uiteensetting van enige algemeen-geldende regsreël
30
nie. Hierdie Hof het, sover my kennis strek, hom nog nie
uitgespreek oor die ratio van The
Edison nie. Daar is na my oordeel geen rede waarom
hierdie Hof nie nou sal beslis dat die ratio
van The Edison nie deel is van ons reg
nie.
Vervolgens moet die vraag oorweeg word of daar,
met die toepassing van die soepele maatstaf, 'n genoegsame noue
verband
bestaan tussen die verweerder se onregmatige daad en die
skade wat die eiser gely het. Die verweerder het die eiser
blywend
ontneem van die gebruik van sy bakkie, wat hy nodig gehad
het om sy besigheid te bedryf. Om nie sy inkomste te verloor nie,
het die eiser twee dae later 'n bakkie gehuur en daarmee sy
besigheid voortgesit. Die huur wat hy daarvoor betaal het,
blyk
volgens die getuie-nis redelik te gewees het. (Denkbaar kon hy
iets aan koste ten opsigte van die gebruik van sy eie
bakkie -as
hy een gehad het - bespaar het, maar dit is 'n
31
nietigheid wat nie geopper is nie en buite rekening gelaat
kan word.) Die eiser het nie oor die gelde-like middele beskik om
vir hom 'n plaasvervangende bakkie te koop nie. Gevolglik was hy
nie in staat om op dié manier die voortgesette
huur van 'n
bakkie te beeindig nie. Dié huur het voortgeduur vir 'n
tydperk van 3 maande, toe dit toevallig deur
die verhuurder
beëindig is. Die eiser se besigheid het tot 'n einde
gekom.
My beskouing van die feite is die volgende.
Die eiser is in 'n verleentheid geplaas wat veroor-saak is deur
die handeling
van die verweerder. Sy optrede in reaksie daarop
was in alle opsigte rede-lik. Om sy tekort aan geld en gevolglike
onvermoë
om 'n bakkie te koop, te beskou as 'n beletsel om
sy uitgawe aan huur te verhaal, sou onbillik en onreg-verdig wees
teenoor
hom. Die tydperk van 3 maande waartydens die eiser met 'n
gehuurde bakkie sy
32 besigheid aan die gang gehou
het, is nie onredelik lank teenoor die verweerder nie. Dit is nie
onbillik of onregverdig
om die verweerder verantwoordelik te hou
vir die onkoste wat die eiser oor daardie tydperk aangegaan het
om sy inkomste
te behou nie. As 'n kwessie van beleid, behoort
hierdie skade van die eiser die verweerder toegereken te word.
In
die uitspraak van die hof a quo (op
165E-I, 179B en E, en 180E-F) is die vraag na die redelike
voorsienbaarheid van die skade (in die betekenis wat FARLAM
Wn R
daaraan geheg het) beskou as die enkele deurslaggewende maatstaf
om aanspreek-likheid te bepaal. In die lig van die
uitsprake in
Mokgethi supra en International
Shippinq Co supra was daardie benadering nie korrek
nie. Redelike voor-sienbaarheid kan wel as 'n ondergeskikte toets
gebruik word by die
toepassing van die soepele maat-staf, maar
dit kan dit nie verdring nie. Op daardie
33 grondslag
stem ek in die breedste terme saam met die gevolgtrekking van die
hof a quo dat die eiser se skade redelik
voorsienbaar was, maar terselfdertyd dink ek nie dat die toets
van redelike voorsienbaar-heid
regtig van nut is om die eintlike
probleme wat in verband met juridiese kousaliteit in 'n geval
soos die huidige kan ontstaan,
op te los nie, om redes wat weldra
sal blyk.
In die betoog namens die verweerder voor
hierdie Hof is dit aanvaar dat dit redelik voorsien-baar was dat
die eienaar van
die bakkie waarmee die verweerder in botsing
gekom het, weens sy finansiële omstandighede nie in staat
sou wees om
'n plaasver-vanger daarvoor te koop nie, soos die hof
a quo bevind het (op 165H-I), maar is
aangevoer dat dit nog nie daaruit volg dat die skade wat die
eiser gely het redelik voorsienbaar
was nie. Die verdere
omstandig-hede wat in aanmerking geneem moet word, is dat die
34
eiser die bakkie vir die bedryf van sy besigheid gebruik het; dat
die produksie van sy inkomste geheel en al van die
gebruik van 'n
bakkie afhanklik was; dat die eiser en sy besigheid so
kapitaal-onkragtig was dat nie eens 'n deposito bygebring
kon
word om 'n bakkie op krediet te bekom nie; en dat die eiser
versuim het om enige voorsiening te maak vir die gebeurlikheid
dat sy bakkie iets kan oorkom, by wyse van die instandhouding van
'n reserwefonds of deur versekering uit te neem. Dit
is hierdie
sameloop van omstandighede, so is aangevoer, wat gelei het tot
die eiser se skade, en dit is so 'n buitengewone
sameloop van
omstandighede dat dit aangemerk moet word as iets wat nie
redelikerwyse voorsienbaar was nie. Daar is veral
klem gelê
op die eiser se verwytbare versuim om homself te beskerm by wyse
van 'n reserwefonds of versekering, en
in hierdie verband is ons
verwys na sekere uitlatings in 'n Kanadese beslissing en in 'n
35
artikel in 'n Kanadese regstydskrif (Albertan
Caterers Ltd v R Vollan (Alta) Ltd et al 81 DLR
(3rd) 672 op 683 en The Canadian Bar Review
Vol LXVI 129 op 130). In die loop van die argument is voorbeelde
voorgehou van die eienaar van 'n seevarende skip of 'n
groot
fabriek sonder reserwes of versekering, wat enorme bedrae van
skadevergoeding ten opsigte van verlore inkomste sou
wou verhaal
van 'n verweerder wat nalatig die skip laat sink of die fabriek
laat afbrand het. Die beginselvraag, so is
aangevoer, is of die
eienaar van die skip, of die fabriek, of die bakkie, toegelaat
moet word om die huurgeld van 'n plaasvervangende
voorwerp te
verhaal vanaf die datum van die delik tot op die datum wanneer hy
vonnis teen die verweerder verkry vir die
betaling van die
mark-waarde van die verlore artikel. In die huidige geval het die
botsing plaasgevind op 22 Desember 1988.
Die verhoor in die
landdroshof het plaasgevind op 25
36 Januarie 1990,
en vonnis is op daardie datum verleen. As die eiser se huur van
Esau se bakkie nie toevallig na 3 maande
beëindig is nie en
die huur oor die hele periode voortgesit sou gewees het, sou die
bedrag van sy vordering bykans
R20 000 beloop het, terwyl die
waarde van die bakkie (volgens ooreenkoms) maar net R3 630 was.
Al hierdie oorwegings, so
is ten slotte aangevoer, toon aan dat
die eiser se eis in beginsel verwerp moet word.
Ter
aanvang van die bespreking van die voorgaande betoog ag ek dit
noodsaaklik om 'n paar opmerkings van 'n algemene aard
voorop te
stel. Die belangrikheid en die krag van die oorheersende
maat-staf om vrae van juridiese kousaliteit op te los,
wat in
Mokgethi supra en International
Shipping Co supra aanvaar is, lê juis in die
soepelheid daarvan. Dit is my oortuiging dat enige poging om aan
die buig-saamheid daarvan
afbreuk te doen, weerstaan moet
37
word. Vergelykings tussen die feite van die geval wat opgelos
moet word en die feite van ander gevalle waarin daar alreeds
'n
oplossing gevind is, of wat hipoteties kan ontstaan, kan
vanselfsprekend nuttig en waardevol, en soms miskien selfs
deurslaggewend, wees, maar 'n mens moet oppas om nie uit die
verge-lykingsproses vaste of algemeen-geldende reëls
of
beginsels te probeer distilleer nie. Die argument dat die eiser
se eis "in beginsel" verwerp moet word, is
misplaas.
Daar is net een "beginsel": om te bepaal of die eiser
se skade te ver verwyderd is van die verweerder
se handeling om
laasgenoemde dit toe te reken, moet oorwegings van beleid,
redelikheid, billikheid en regverdigheid toegepas
word op die
besondere feite van hierdie saak.
Op hierdie
grondslag is die Kanadese bronne en die voorbeelde van vragskepe
en groot fabrieke wat aan ons voorgehou is,
alhoewel interessant,
van
38 weinig nut by die oorweging van die huidige
feite, wat darem te verskillend is van daardie soort gevalle (hoe
húlle
ook al opgelos behoort te word). Ons het te doen met
die onbemiddelde eienaar van 'n motor-voertuig wat dit gebruik in
'n eenmansbesigheid waaruit hy sy lewe moet maak. Daar is
derduisende sulke mense in ons land - huurmotorbestuurders,
smouse,
kleinbouers, kleinboere, verkoopsagente, en wat nog. Om
te dink, in die sosio-ekonomiese toestande wat in ons land heers,
dat sulke mense reserwefondse aanhou of versekering uitneem om
hulle te beskerm teen die verlies van hulle voertuie, is gewoon
onwerklik. Na my oordeel is dit vir elkeen wat op 'n openbare pad
ry redelik voorsienbaar dat hy die risiko loop dat die
eienaar
van 'n voertuig waarmee hy bots, 'n onbemiddelde persoon is wat
die voertuig gebruik om 'n lewe mee te maak, dat
hy geldelik nie
in staat sal wees om dadelik 'n ander
39 voertuig te
koop nie (selfs nie met 'n deposito nie), en dat hy 'n ander
voertuig sal moet huur om nie sy inkomste te
verloor nie. Daarmee
wil ek egter geen-sins te kenne gee dat ek redelike
voorsienbaarheid as die beslissende toets sien
nie; ek sê
slegs dat ek verskil van die betoog namens die verweerder in
hierdie verband. Die voorsienbaarheidstoets
is 'n oneksakte
maatstaf en geleerde mense kan verskil oor die uitslag van die
toepassing daarvan op bepaalde feite, soos
byvoorbeeld in verband
met die sogenaamde talem qualem "reel"
of die sogenaamde "eierskedel-gevalle" (vgl die
uitspraak a quo op 180B; en Neethling en
Potgieter in 1993
THRHR
157 op 161). Selfs al sou daar gemeen word dat die
sameloop van omstandighede wat gelei het tot die eiser se skade,
veral met
verwysing na sy onvermoë om selfs 'n deposito op
'n ander bakkie te betaal, so uitsonder-lik is dat dit nie
redelikerwyse
voorsienbaar was
40 nie, sou my
beskouing van die feite soos ek dit hierbo gestel het, dieselfde
bly: die aanwending van die oorheersende
buigsame maatstaf lei
steeds tot die gevolgtrekking dat die eiser se skade die
verweerder toegereken behoort te word.
Die
oorblywende vraag wat in die betoog namens dle verweerder geopper
is, verdien vervolgens aandag: moet 'n verweerder
dan in 'n geval
soos die huidige aanspreeklik gehou word vir al die skade wat
opgeloop het vandat die delik gepleeg is
totdat die verhoor van
die saak plaasvind en vonnis toegestaan word, selfs al is die
skadevergoeding (soos hier) bykans
ses keer meer as die waarde
van die voertuig? Die antwoord, soos altyd, is: dit hang af van
die feite. Al die omstandighede
moet in oënskou geneem word
om, met die toepassing van die soepel maatstaf, te bepaal hoe ver
die verweerder se aanspreeklikheid
strek. Die suggestie in die
betoog, van 'n bykans
41
grenslose aanspreeklikheid, is ongegrond. Die nodige
begrensing lê in die maatstaf self, die toepassing waarvan
in
die huidige konteks veral toegespits sal wees op die
redelikheid of andersins van die eiser se optrede en die grense
van
billikheid en regverdigheid teenoor die verweerder. In
hierdie opsig lyk dit nie vir my of die toets van redelike
voorsienbaarheid
enige nuttige funksie kan vervul nie.
In
die geval waar die beskadigde voertuig herstelbaar is, soos in
Shrog v Valentine supra, sal die eiser
se behoefte aan 'n gehuurde plaasvervanger uit die aard van die
omstandighede tydsgebonde wees. As uitgangspunt
is die posisie
nie wesentlik verskil-lend waar die voertuig onherstelbaar
beskadig is nie. Dit kan selfs nie van 'n vermoënde
eiser
verwag word om onmiddellik 'n ander voertuig te koop nie. Hy moet
'n redelike tyd gegun word om hom aan te pas by
die verleentheid
waarin die verweerder hom gedompel
42
het, om ' n geskikte ander voertuig te soek, om sy
geldsake te reël, selfs om te oorweeg of dit nie gerade is
om tydelik
(of permanent) van besigheid of werk te verander nie.
Gedurende 'n redelike tydperk van aanpassing is dit billik en
regverdig
dat die verweerder hom moet vergoed vir sy onkoste om
'n gehuurde voertuig te gebruik. Die geldelike posisie waarin die
eiser hom bevind, is 'n faktor wat in aanmerking geneem moet word
by die beoordeling van die redelikheid of onredelikheid van
die
eiser se optrede, ook met betrekking tot die tydperk waaroor die
huur voortgesit word. 'n Ander faktor wat 'n rol kan
speel, is
die houding van die verweerder. As hy besef, of moet besef, dat
hy aanspreeklik is om die eiser te vergoed vir
die markwaarde van
die beskadig-de voertuig, dan sou dit in sekere omstandighede as
onredelik aangemerk kan word dat hy
betaling van die eiser
weerhou tot by die verhoor van die saak. So 'n
43
geval het voorgekom in Zweni and Another v Modimoqale
1993
(2) SA 192 (B AD). Die verweerders ('n staats-amptenaar en 'n
staatsminister) het nie aanspreeklik-heid betwis om die eiseres
te vergoed
ten opsigte van die onherstelbare beskadiging van 'n
motor wat sy in haar besigheid gebruik het nie, soos geblyk het
uit
die feit dat haar eis in dié verband toegegee is
enkele dae voor die verhoor. Benewens daardie eis (vir R9 700) is
die eiseres se verdere eis ten opsigte van onkoste aangegaan om
'n huurmotor te gebruik vir haar besigheid, deur die verhoorhof
toegestaan vir die hele tydperk van die datum van die botsing tot
die datum van die verhoor (ten bedrae van R12 852). Die
appèl
teen die beslissing van die verhoorhof is afgewys, op grond
daarvan dat "the defendants unjustifiably
'kept the
plaintiff out of her money' until after the commencement of the
trial", en dat die toekenning van die betrokke
eis
44
beskou is as "not only approprlate but also
eminently
reasonable" (op 196C-E). In sy
uitspraak het KOTZE
Wn AR gesê (op 196E):
"It should be stressed that the appropriate period during which consequential damage flowing from physical damage should be calculated depends on the facts of each particular case."
Dit is nie moontlik om riglyne vir die beoordeling
neer
te lê wat op alle feitlike situasies van toepas-
sing
sal wees nie.
Op die feite van die huidige saak is ek
van oordeel dat die eiser, met inagneming van die predi-kament
waarin hy hom bevind
het, nie onredelik opge-tree het deur 'n
bakkie te huur vir 'n tydperk van 3 maande nie, en dat dit nie
onbillik of onregverdig
is teenoor die verweerder om hom
aanspreeklik te hou vir die vergoeding van die eiser se skade
nie.
Om die voorgaande redes stem ek saam met die
gevolgtrekking waartoe die hof a quo
gekom het.
45 Ten slotte is dit nou nodig om kortliks
kommentaar te lewer oor die verskillende maniere waarop hierdie
saak in die landdroshof
en in die hof a quo
behandel is. Soos ons nou gesien het, lei albei metodes om die
geskilpunt op te los tot die-selfde resultaat. Watter benadering
is te verkies? My antwoord is dat dit nie nodig is om te kies
nie. Dit is interessant om daarop te let dat in die Engelse
reg
die keuse tussen die twee benaderings inderdaad tot verskillende
resultate aanleiding gee. In die konteks van 'n eiser
se
sogenaamde mitigasie-plig aanvaar die Engelse howe deurgaans dat
die eiser se onvermoëndheid in aanmerking geneem
moet word
by die beoordeling van die redelikheid van sy optrede; dit word
hom nie verwyt dat hy nie stappe gedoen het om
sy skade te temper
wat hy nie kon bekostig het nie. Die toonaangewende saak in dié
verband is The Clippens Oil Co Ltd v Edinburgh and
District Water
46
Trustees [1907]
AC 291. Maar in The Edison, waar
die
eisers se eis aan die hand van die
kousaliteitsvraag
behandel is, het LORD WRIGHT die
saak van Clippens
Oil
onderskei, om tot die gevolgtrekking te kom dat
die
eisers se onvermoëndheid wel in die weg staan van
hulle
eis (sien die uitspraak a quo op 167D-G
en
171B-F). Gevolglik is die keuse van beskouing in
die
Engelse reg van wesenlike belang, en dit
het
aanleiding tot baie probleme gegee. In McGregor
on
Damaqes (15de uitg) par 321 op
195-6 is daar 'n
bespreking van die Engelse regspraak
ná Clippens Oil
en The
Edison (ook Liesbosch), wat
afgesluit word met
die lakonieke opmerking dat
"... it is thought that the precise point at which the dictum in Clippens takes over from the decision in Liesbosch may still have to be worked out."
In ons reg bestaan die probleme nie.
Sonder die tirannie van die ratio van The Edison,
47
speel die redelikheidsmaatstaf by ons 'n deurslag-gewende rol by albei benaderings, soos blyk uit die hele bespreking hierbo. Dit is dus nie verbasend nie, maar te verwagte, dat die resultaat dieselfde sal wees. Daar kan egter gevalle voorkom waar dit dalk nodig sal word om 'n keuse te maak. Een moont-likheid is waar die ligging van die bewyslas 'n verskil kan maak. 'n Ander moontlikheid is dat in die ontwikkeling van ons reg 'n eis erken mag word vir die vergoeding van uitgawes om 'n beskadigde of ontneemde artikel deur 'n gehuurde artikel te vervang selfs waar eersgenoemde nie in die produksie van inkomste gebruik word nie, soos deur verskeie skrywers voorgestaan word (sien bv Lee en Honoré Law of Obliqations (2de uitg) par 576(iii) op 252; Boberg Law of Delict Vol 1 op 627; Stoll en Visser in 23 (1990) De Jure op 347 e v; en Neethling, Potgieter en Visser Deliktereg (2de uitg) op 231), in welke geval
48
daar nie 'n mitigasieplig in die tot nog toe erkende
betekenis van die woord te pas kom nie. Aangesien dit in die
huidige
saak egter nie nodig is om 'n keuse te maak nie, gaan ek
nie verder op daardie moontlikhede in nie.
Die appèl
word van die hand gewys met koste.
A S BOTHA AR
E M GROSSKOPF AR
KUMLEBEN AR
STEM SAAM
MAHOMED WND AR
VAN DEN HEEVER AR
2
Ek het die voorreg gehad om die
meerderheidsuitspraak te lees en stem saam met alles daarin wat
gaan oor die reg, met slegs
een geringe voorbehoud. Ek het
bedenkings of die redelikheid van 'n eiser se optrede beoordeel
behoort te word teen die
moontlike onredelikheid van dié
van 'n verweerder wat betaling van die waarde van 'n beskadigde
saak weerhou tot
by die verhoor van die saak. Dit is onbillik
teenoor alle eisers wat delikskade ly, dat geen rente gelas kan
word nie op
skadevergoeding totdat die bedrag daarvan deur
getuienis of ooreenkoms bepaal is. Dit is 'n leemte in ons reg
wat die aandag
van die wetgewer verg (5A EAGLE
INSURANCE CO LTD v HARTLEY [1990]
ZASCA 106; 1990
(4) SA 833 (A) 941-G-842B) eerder as van die hof en dan
boonop op 'n ad hoc grondslag.
Maar soos ek die getuienis verstaan, was dit nóg
eiser se saak nóg bewys dat onvermoëndheid oorsaak
was
van sy gevolgskade. Sy probleem was eerder om dadelik 'n
plaasvervanger te vind vir dit wat hy verloor
3
het.
So 'n verskil in omlyning van die probleem kan beleidsbesluite
verg wat nie in die onderhawige geval oorweeg is nie.
Indien ek
'n artikel het met 'n markwaarde van slegs RX maar geen
plaasvervanger daarvoor kan vind teen daardie prys nie,
is ek
geregtig om op koste van die verweerder 'n (waarskynlik meer
moderne en beter) plaasvervanger daarvan aan te skaf
teen dubbel
die prys? - want dit is wat eiser voornemens was om te doen. Sy
getuienis m.b.t. syfers was amper so deurmekaar
as ander
feitelike bewerings gemaak in die loop van sy meermaal gewysigde
pleitstukke. Hy het byvoorbeeld aanvanklik beweer
dat hy 'n ander
bakkie van Dorothy Hoffman gekry het om sy besigheid mee voort te
sit. By die aanvang van die verhoor verdwyn
sy uit die stukke en
word haar naam vervang met die van Patrick Esau. Volgens sy
pleitstukke was dit sy omset wat ongeveer
R300 per dag was. In sy
getuienis word "omset" en "wins" blykbaar
sinoniem beskou. Daar is egter namens
verweerder voor ons
toegegee dat aanvaar kan word
4
dat eiser se wins darem meer as R60 per dag was terwyl
hy
met sy bakkie gesmous het.
Waar hy aanvanklik huur vir 'n
plaasvervangende voertuig vir 'n onbepaalde tyd gevorder
het, is dit beperk in nadere besonderhede tot 30
November 1989. By die aanvang van die verhoor is die
tweede eis verminder om slegs huur te vorder vir ses dae
per week vanaf 24 Desember 1988 tot 24 Maart 1989. Wat
betref 'n plaasvervangende bakkie was sy getuienis in
hoof as volg aangeteken:
"Ek het probeer om bakkie te koop by Atlantis Toyota Motors en by 'Auctions'. Daar was 'n bakkie vir R9 000 maar ek kon dit nie bekostig nie. Ek het ook nie 'deposit' gehad nie."
Hy sê nie dit was die goedkoopste wat hy kon vind, of
die eweknie van wat hy verloor het nie. Hy self het
"nooit gedink" aan die waarde van sy beskadigde voertuig
nie, ondanks die feit dat namens hom 'n landdroshofreël
24 (9) kennisgewing geliasseer is waarvolgens hy
voornemens was om deskundige getuienis aan te bied dat
5
"the market value of the Plaintiff's mctor vehicle just
prior to the collision was the sum of R5 000". Van hierdie
voorneme het niks gekom nie omdat daar by die aanvang van die
verhoor ooreengekom is op die markwaarde. Qnder kruisverhoor
het
hy vertel dat hy R2 500 na die ongeluk gehad het om 'n voertuig
te koop, en dat hy van plan was om R9 000 te betaal
vir 'n
plaasvervanger, wat hy gemeen het dat hy 'n jaar na die botsing
sou kon vermag. Dit is aan hom gestel dat hy een
sou kon gekoop
het vir R5 000. Ek aanvaar hierdie bedrag kom uit sy eie reël
24 (9) kennisgewing. Sy antwoord op hierdie
stelling was "Miskien
hier rond maar nie waar ek bly nie". Daar is nie verder
ingegaan op besonderhede van sy
pogings om 'n plaasvervangende
voertuig te bekom nie. Daar is egter geen getuienis deur
verweerder aangevoer dat eiser
binne minder as drie maande 'n
plaasvervanger vir dit wat hy verloor het sou kon gevind het nie.
Volgens die pleitstukke
was dit 'n bejaarde bakkie, 'n 1975
Toyota Hilux. Volgens die
6 ooreenkoms tussen die
partye was dit slegs R3 630 werd.
Die landdros se
bevinuing dat die verweerder hom nie gekwyt het van die bewyslas
om te toon dat eiser se optrede onredelik
was nie, nóg wat
betref die eiser se uitgawe op huur, nóg wat betref die
tydperk daarvan, kan nie aangekyf
word nie.
Indien
dit pertinent by die verhoor geopper was dat eiser nie 'n
plaasvervangende voertuig kon koop nie vanweë sy
onvermoendheid (en nie omdat hy gemik het na 'n verbetering op
dit wat vernietig is nie. Die verweerder se plig is om eiser
te
vergoed vir sy skade, nie om hom te verryk nie) en dat die perke
van verweerder se aanspreeklikheid t.a.v. die tweede
vordering
beoordeel moet word aan die hand van juridiese kousaliteit, sou
die oorkonde waarskynlik anders gelyk het as
dié aan ons
voorgelê. Alles hang inderdaad altyd af van die feite, by
die beoordeling van waar die streep
getrek behoort te word om
juridiese kousaliteit te bepaal. Die tersaaklike feite is na my
mening, met
7 eerbied, nie behoorlik uitgepluis in
die onderhawige saak nie, omdat dit nie die grondslag was waarop
die verhoor van
die saak gevoer is nis.
Ek stem saam
dat die appél van die hand gewys word met koste.
L VAN DEN HEEVER AR
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. An English translation of this case is available at: http://saflii.org/za/other/ZAENGTR/1994/2.html |