South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1994 >> [1994] ZASCA 23

| Noteup | LawCite

Caroluskraal Farms (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk, Red Head Boer Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk (326/92, 327/92, 328/92) [1994] ZASCA 23; 1994 (3) SA 407 (AD); (24 March 1994)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

Saak No 326/92 327/92 328/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

IN DIE SAAK TUSSEN

CAROLUSKRAAL FARMS

(EIENDOMS) BEPERK APPELLANT

RED HEAD BOER GOAT

(EIENDOMS) BEPERK APPELLANT

SLEUTELFONTEIN

(EIENDOMS) BEPERK APPELLANT
en
EERSTE NASIONALE BANK
VAN SUIDER-AFRIKA BPK RESPONDENT

CORAM : HEFER, E M GROSSKOPF, GOLDSTONE, VAN DEN HEEVER et HARMS ARR.

AANGEHOOR : 18 FEBRUARIE 1994

GELEWER : 24 MAART 1994

UITSPRAAK

HEFER AR/

2

HEFER AR:
Hierdie drie appèlle is gelyktydig aangehoor en word in een uitspraak behandel omdat identiese geskilpunte daarin geopper en beredeneer is. Wesenlik gaan dit in elkeen om die korrekte vertolking van art 23(1) van die Wet op Landbou-krediet 28 van 1966, soos gewysig ("die Wet"). (Sedert 1983 word die Wet beskou as een wat op eie sake betrekking het en is dit deur die afsonderlike huise van die parlement gewysig. In hierdie uitspraak word bepalings aangehaal soos dit deur die Volksraad gewysig is.) Die advokate is egter versoek om die hof ook toe te spreek oor die vraag of die bevel waarteen geappelleer word vatbaar is vir appèl. Daarom is dit nodig om kortliks aan te dui hoe art 23(1) ter sprake gekom het in die hof a quo en wat die bevele is waarteen geappelleer word.

3

Die appellante is lede van 'n groep maatskappye wat gesamentlik boerdery bedryf. Aanvanklik het die huidige respondent aansoek gedoen vir die voorlopige likwidasie van 'n vierde lid van die groep -Stapleford Estates (Proprietary) Limited ("Stapleford"). Dit was egter nadat Stapleford reeds 'n sertifikaat wat ooreenkomstig art 21(1) van die Wet uitgereik heet te gewees het, by die hof ingehandig het. Op grond hiervan het VAN NIEKERK R die aansoek van die hand gewys. Die respondent het daarna aansoeke geliasseer vir die likwidasie van die appellante ten spyte daarvan dat . hulle reeds dergelike sertifikate ingehandig het. Laasgenoemde het hulle op die sertifikate beroep deur (1) in limine in hulle opponerende verklarings aan te voer dat die respondent se aansoeke nie ontvanklik was nie, en (2) substantiewe aansoeke gelyktydig met die opponerende verklarings in te

4

handig vir die ter syde stelling van die likwi-dasie-aansoeke as onreëlmatig ooreenkomstig reël 30 van die Eenvormige Reëls op grond o a van die inhandiging van die sertifikate. (Die kennis-gewings van mosie opper ander gronde ook maar al wat vir huidige doeleindes ter sake is, is die beroep op die sertifikate.) Na die inhandiging van hierdie dokumente, d w s voordat die respondent 'n repliserende verklaring ingehandig het, het die partye ooreengekom om eers uitsluitsel te verkry oor die effek van die sertifikate. Dit het hulle bewerkstellig deur die likwidasie-aansoeke ter . rolle te plaas maar argument by die verhoor te beperk tot die vraag waaroor uitsluitsel verlang is. Hierdie beperkte argument is deur BERMAN R aangehoor. Sy gevolgtrekking en die resultaat daarvan blyk uit die laaste paragraaf van sy uitspraak wat soos volg lui:

5

"It accordingly follows that the certi-ficates filed in the Court do not consti-tute a bar to the liquidation proceedings being brought by the bank against each of the respondents and their application in each case is DISMISSED with costs"

Nadat BERMAN R verlof aan die appellante verleen
het om na hierdie hof te appelleer, is
kennisgewings van appèl ingehandig waarin daar in

elke geval appèl aangeteken is teen

" die hele uitspraak en bevel in

welke uitspraak en bevel sy Edele Regter BERMAN die appellant se aansoek en/of beswaar in limine van die hand gewys het met koste."

Ek behandel eers die vraag of die bevel

vatbaar is vir appèl. Die antwoord hang natuurlik

daarvan af of dit 'n "uitspraak of bevel" is soos

bedoel in art 20(1) van die Wet op die Hooggeregs-

hof 59 van 1959. In hierdie verband dien aanvank-

lik opgemerk te word dat gelet moet word, nie op

die vorm van BERMAN R se beslissing nie, maar wel

6

op die effek daarvan (South African Motor Industry Employers' Association v South African Bank of Athens Ltd 1980(3) SA 91 (A) op 96 H - 97 A). Daarom is die feit dat die beslissing in die vorm van 'n bevel gegiet is waarvolgens substantiewe aansoeke onder reël 30 van die hand gewys is, nie deurslaggewend nie. Ek sal later meer te sê hê oor die effek van die beslissing.
Die uitdrukking "uitspraak of bevel" ("judgment or order") in art 20(1) en sy voor-gangers het, soos bekend, aanleiding gegee tot 'n reeks uitsprake waarin gepoog is om prakties gestalte daaraan te gee. Ek ag dit nie nodig om al die regterlike uitlatings oor die onderwerp wat in die hofverslae versamel is weer te ontleed of te probeer herlei tot algemeen geldende beginsels of selfs te konstateer nie. Daardie taak is groten-deels reeds verrig in Van Streepen & Germs (Pty)

7

Ltd v Transvaal Provincial Administration 1987(4) SA 569 (A) op 580D-586E en Zweni v Minister of Law and Order 1993(1) SA 523 (A) op 531B-536B. Vir

huidige doeleindes is dit voldoende om die aandag te bepaal by punt 8 van die opsomming in Zweni op 532I-533A en in besonder by die vereiste dat die beslissing waarom dit gaan "must have the effect of disposing of at least a substantial portion of the relief claimed in the main proceedings."
Indien hierdie vereiste behels dat daar slegs gelet word op die effek van die beslissing op die regshulp deur die eiser (of applikant in die . geval van mosieverrigtinge) aangevra, kwalifiseer die beslissing in die onderhawige saak klaarblyklik nie as 'n "uitspraak of bevel" nie aangesien die regshulp deur die destydse applikant aangevra onaangeraak was en dit hom steeds vry gestaan het om voort te gaan met die likwidasie-aansoeke. Uit

8

die appellante se oogpunt is die posisie egter totaal anders. In wese was hulle beroep op die sertifikate 'n spesiale verweer wat, indien suksesvol, sou meebring dat die likwidasie-aansoeke op daardie stadium, en totdat die sertifikate ingevolge art 21(2) van die Wet sou verval, nie kon slaag nie. Dat BERMAN R bedoel het om f inaal uitsluitsel te gee oor die effek van die sertifi-kate ly geen twyfel nie. (Vgl SA Eaqle Verseker-ingsmaatskappy Bpk v Harford 1992(2) SA 786 (A) op 792 D-E. ) Die effek van sy beslissing was dus dat 'n spesiale verweer wat die appellante pertinent geopper het finaal uitgeskakel is; in die hof a quo kon hulle nie verder daarop steun nie.

So beskou, is die onderhawige saak nie onderskeibaar van sake soos Labuschaqne v Labuschagne; Labuschaqne v Minister van Justisie 1967(2) SA 575 (A), Smit v Oosthuizen 1979(3) SA

9

1079 (A) en Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba
1986(3) SA 27 (A) nie. In die Labuschagne saak is
die bevinding dat die afwysing van'n spesiale
verweer vatbaar is vir appél soos volg gemotiveer:

"Die eerste verweerder het in sy spesiale pleit 'n afdoende verweer geopper wat geheel en al los staan van sy verweer op die meriete wat hy voort gepleit het, en op grond daarvan het hy verligting aange-vra, nl. dat die eiser se eis teen hom

met koste afgewys word Die verhoor

voor Regter SMUTS het geskied ten aansien van hierdie geskilpunte, wat geensins betrekking het op die meriete van eiser se saak nie, en sy uitsluitsel was dat, alhoewel eiser nie die beweerde afstand-doening bewys het nie, eerste verweerder se spesiale verweer nie gehandhaaf kon word nie, daar die betekening van 'n dagvaarding, en nie die uitreiking daar-van nie, vir die doeleindes van art. 32 die instelling van die geding is....

Dit volg dus na my mening dat die uitspraak van Regter SMUTS die geskil-punte wat deur die spesiale pleit geopper is finaal besleg het. Die verligting wat eerste verweerder na aanleiding van die bewerings in sy spesiale pleit aangevra het, is hom geweier. Indien die verhoor voortgesit sou gewees het sou die Hof nie bevoeg gewees het om weer opnuut die vraag te oorweeg of die spesiale pleit

10

gehandhaaf behoort te word, aldan nie. By die verdere verhoor en die daarop-volgende uitspraak sou slegs die geskil-punte betreffende die meriete van eiser se eis ter sprake gewees het. Die uitspraak waarteen eerste verweerder in hoër beroep is, is dus, wat betref die Hof wat die uitspraak gegee het, 'n finale en onherstelbare afhandeling van 'n selfstandige en afdoende verweer wat eerste verweerder geopper het as grond-slag vir die regshulp wat hy in die spesiale pleit aangevra het."

(Per WESSELS AR op 583 A-F. Kyk ook Smit v
Oosthuizen op 1089 A-D en Constantia Insurance op

35 E-F en 36 F-H.)

Ek moet daarop wys dat hierdie hof in

Heyman v Yorkshire Insurance Co Ltd 1964(1) SA 487
bevind het dat die afwysing van 'n alternatiewe
verweer wat afsonderlik verhoor is, nie vatbaar is
vir appèl nie. In daardie geval was die redenasie

soos volg:

"In the present case the relief claimed in the action is the payment of a sum of money, alternative relief and costs. The ruling given by the Court a quo on the

11

issue in question, does not decide whether or not any such relief is to be granted in any form. As indicated above, it left undecided a number of other issues which had been raised. No such relief could be granted until they had been determined by the Court or settled by the parties. If the appeal should fail, the matter would, as agreed by the parties, have to be reinstated on the roll of the Court below for the trial of those issues,and it is only on the con-clusion of the resumed trial that the Court would be able to give judgment on the relief sought in the action. The ruling already given would then become part of the reasons for the final judg-ment. (Cf. Union Government & Registrar of Asiatics v. Naidoo, 1916 A.D. at p. 52). It is, therefore, not a judgment or order against which an appeal lies at this stage in terms of sec. 20 of the Act."

(Per STEYN HR op 490H-491B. ) Word

hierdie uitlatings vergelyk met dié bv in die
aangehaalde gedeelte uit die uitspraak in die
Labuschagne saak blyk dit dat die verskillende
resultate te wyte is aan 'n verskil in benadering:

in Heyman is gelet op die regshulp deur die eiser

12

aangevra en in die ander drie sake op die regshulp deur die verweerder aangevra. Die grondslag van beide benaderings is die bekende stelling in Dickinson and Another v Fisher's Executors 1914 A D 424 op 427 tot die effek dat ' n "bevel" slegs verleen kan word ten opsigte van aangevraagde regshulp. In die Dickinson saak is die regshulp waarop hierdie grondreël betrekking het, nie beperk tot dit wat deur die eiser of applikant aangevra word nie. Trouens, in sy uitspraak het INNES Wn HR uitdruklik verwys na 'n "distinct application by one of the parties for definite relief." (My kursivering. ) Wanneer dit dan - hetsy in 'n aksie of in mosieverrigtinge - gaan om 'n spesiale verweer wat afsonderlik verhoor is, kom dit my logies voor om te let op die effek van die uitspraak op die regshulp wat deur die verweerder of respondent aangevra is. In wese is die

13

verhoorhof in so 'n geval gemoeid met 'n versoek van die verweerder of respondent om die eis van die hand te wys op grond van ' n verweer wat niks te make het met die meriete van die saak nie. Dit is die regshulp wat op daardie stadium ter sprake is.
In die onderhawige geval was die verhoor-hof ook slegs gemoeid met 'n versoek van die des-tydse respondente om die likwidasie-aansoeke van die hand te wys op grond van die sertifikate. Soos reeds aangedui, is daardie versoek uitdruklik en onherroeplik van die hand gewys. Wat vorm sowel as effek betref is 'n geskilpunt wat spesiaal deur die destydse respondente geopper is met 'n versoek om die aansoeke op grond daarvan van die hand te wys, finaal uitgeskakel. Myns insiens is die bevel wat gemaak is inderdaad 'n "bevel" wat vatbaar is vir appèl.

Wat die meriete van die appèl betref, is
14

twee punte ter sprake. In hierdie hof het respon-dent se advokaat aangevoer (1) dat die sertifikaat waarna in art 23(1) van die Wet verwys word, een is wat uitgereik is nadat daar reeds 'n geding soos in art 21(1) bedoel, ingestel is en (2) dat art 23(1)(c) in elk geval nie van toepassing is op die likwidasie van 'n maatskappy nie. Beide bene van die betoog berus op wat, volgens respondent se advokaat, die korrekte vertolking van art 23(1) is. Aangesien die artikel natuurlik vertolk moet word volgens die samehang en in ooreenstemming met die algemene strekking en doel van die Wet sal ek eers na enkele ander bepalings verwys.

Die algemene doel van die Wet is om voorsiening te maak vir bystand aan persone wat boerdery beoefen of onderneem om dit te beoefen, en boere op hierdie wyse in staat te stel om op hulle plase te bly (vgl Maclean v Haasbroek N.O. and

15

Others 1956(4) SA 677 (A) op 682D; Koller N.O. v Steyn N.O. en 'n Ander 1961 (1) SA 422 (A) op 430C). Met die oog hierop is 'n raad, bekend as die Landboukredietraad, ingestel wat kragtens art 10(1) gemagtig is om bystand te verleen aan enige persoon wat tot bevrediging van die Raad boerdery beoefen of onderneem om dit te beoefen. Dit kan geskied óf by wyse van 'n lening óf deur die verkoop of verhuring van onroerende of roerende goed aan die betrokke persoon óf "in verband met 'n skikking" (art 10(1)(c)). Die skikking waarna hier verwys word, is 'n skikking met skuldeisers . waarvoor in Deel III van die Wet voorsiening gemaak word. Om so 'n skikking te bewerkstellig, word 'n vergadering van skuldeisers belê (art 22(1)) waar 'n skikkingsvoorstel ingedien word waarin voorsiening o a gemaak kan word vir die gehele of gedeeltelike ontheffing van die skuldenaar van sy

16

skulde of dat uitstel van sy verpligtinge aan hom verleen word (art 24(4)). Word die voorstel aanvaar, of word dit onder art 24(5) beskou as deur al die skuldeisers aanvaar te wees, tree art 26 in werking. Daarvolgens word die skuldenaar oa , tot die mate wat die skikkingsvoorstel daarvoor voorsiening maak, onthef van sy skulde. In so 'n geval word'n beredderaar verkies of deur die Meester aangestel (art 27) met die doel om uitvoering te gee aan die skikking. Word die voorstel nie aanvaar nie, kan, nadat die toestemming van die skuldenaar verkry is dat daar . ingevolge die artikel met sy bates gehandel word, 'n kurator op die vergadering verkies word of daarna deur die Meester aangestel word waarna die skuldenaar onthef word van sy skulde en sy bates oorgaan op die kurator (art 28). Laasgenoemde beskik daaroor soos 'n kurator in 'n insolvente

17

boedel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van

die Insolvensiewet (art 29(2)).

Arts 21 en 23(1) lui soos volg:

"21. (1) 'n Geding wat in 'n hof teen 'n persoon ingestel is tot verhaal van 'n bedrag deur hom verskuldig, of tot beslaglegging op, of verkoop van bates wat aan hom behoort, by die tenuitvoerlegging van 'n vonnis van daar-die hof, word opgeskort deur indiening by daardie hof, van 'n sertifikaat onderteken deur die voorsitter of ondervoorsitter van die raad of die voorsitter van 'n komitee van die raad wat aangestel is vir die doeleindes van die toepassing van hierdie Wet in die gebied, waaruit blyk dat die bedoelde persoon (in hierdie Deel die applikant genoem), aansoek om bystand gedoen het en dat daar na die oordeel van bedoelde voorsitter of ondervoorsitter 'n redelike vooruitsig bestaan dat die raad aan die applikant bystand sal verleen.

(2) Indien-

(a)die raad die aansoek van die appli-kant van die hand wys;
(b)daar ingevolge artikel 25 verklaar is dat alle verrigtings ingevolge hierdie Deel ten opsigte van die applikant verval het;
(c)die raad bystand aan die applikant verleen,

18

verval genoemde sertifikaat en kan 'n geding in subartikel (1) bedoel, behoudens die bepalings van artikel 24, voortgesit word.

23. (1) Met ingang van die datum van die indiening van 'n in artikel 21 (1) bedoelde sertifikaat by 'n hof of, indien geen sertifi-kaat aldus ingedien is nie, met ingang van die datum van publikasie van 'n in artikel 22 (1) bedoelde kennisgewing, en totdat bedoelde sertifikaat ingevolge artikel 21 (2) verval-

(a)mag geen persoon onroerende of roerende goed van die applikant waarop by die tenuitvoerlegging van 'n vonnis van 'n hof beslag gelê is, verkoop nie, tensy hy van die indiening van die sertifikaat of die publikasie van die kennisgewing, na gelang van die omstandighede, onbe-wus is en daar nie redelikerwys van hom verwag kan word om daarvan te weet nie;
(b)mag die applikant nie sy skulde betaal of sy bates van die hand sit of beswaar nie, behalwe met die toestemming van die raad;
(c)mag geen skuldeiser van die appli-kant in 'n hof 'n geding instel om die applikant se boedel te sek-westreer of om betaling van 'n skuld deur hom verskuldig, af te dwing nie;
(d)mag geen persoon enige trekker of

19

ander landboumasjinerie of enige landbougereedskap of besproeiings-masjinerie of vragmotor wat onder-worpe aan 'n opskortende of ontbindende voorwaarde aan die applikant verkoop is en uitsluitend in verband met sy boerdery gebruik word, in besit neem of 'n geding vir die teruggawe daarvan instel nie;

(e) mag geen skuldvergelyking tussen 'n skuldeiser en die applikant toegepas word nie."

(Art 21(1) is aangehaal soos dit gelees

het ten tye van die verrigtinge in die hof a quo.
Sedertdien is dit gewysig in opsigte wat nie vir
huidige doeleindes ter sake is nie.)

Wat die wetgewer met hierdie twee

artikels wou bereik, is duidelik. Ooreenkomstig

art 22(1) mag 'n skikkingsvoorstel behels dat daar

op 'n bepaalde manier beskik word oor die applikant

se bates en/of dat hy geheel of gedeeltelik onthef
word van sy verpligtings en/of dat uitstel vir

voldoening daaraan aan hom verleen word. So 'n

20

voorstel veronderstel natuurlik, enersyds, dat die betrokke bates inderdaad beskikbaar sal wees vir aanwending op die voorgestelde manier en, ander-syds, dat een skuldeiser nie bevoordeel word ten koste van die ander nie totdat die skuldeisers as groep besluit het oor die mate waartoe of die stadium waarop aan elkeen se eis voldoen sal word. Tussentydse voorsiening moes dus gemaak word om te verseker dat die bates en laste intak gelaat word totdat skuldeisers besluit het oor die voorstel of totdat die aansoek om bystand weens ander redes verval. Dit is die oogmerk van artikels 21(1) en .23(1).

In die hof a quo het BERMAN R,bevind dat, aangesien die onderhawige sertifikate ingehandig is terwyl daar geen hangende gedinge teen die applikante was nie, dit ongeldig was en nie die likwidasie-aansoeke ooreenkomstig art 23(1) in die

21

weg gestaan het nie. Die basiese premisse van sy

redenasie is dat 'n sertifikaat soos in art 21(1)
bedoel geen effek het op gedinge wat nie reeds

hangende was ten tye van die inhandiging daarvan

nie en slegs gemik is op die opskorting van

hangende gedinge van die aangewese soort.

Voortgaande het die belese regter soos volg

geredeneer:

"To debar a creditor from instituting sequestration or liquidation proceedings in terms of section 23(1)(c) there must have already been filed, i.e.prior to the institution of these proceedings a 'certificate referred to in section 21(1)' i.e. a valid and effective certificate which means a certificate which had been filed in order to stay proceedings for the recovery of a debt or for the attachment or sale of assets. The certificates relied on by the respondents in these applications are said to be ones issued pursuant to section 21(1) ... But ... [there] was no occasion for the issue of any such certificate. There were no proceedings as contemplated in section 21(1) in existence. The chairman of the board had neither the authority nor the power to cause such certificates to be filed or to authorise any other person to file them. There was no

22

justification for their issue or filing and accordingly they cannot, in my view, preclude the bank from pursuing its application for the winding up of the three respondents."

Hierdie redenasie kan, met eerbied, nie

ondersteun word nie. Dit is natuurlik so dat art
21(1) slegs voorsiening maak vir die opskorting van
hangende gedinge van die aangewese soort en dat 'n

sertifikaat wat ingehandig is terwyl daar geen
dergelike gedinge is nie, geen effek onder art

21(1) het nie. Dit volg egter nie dat die
voorsitter of ondervoorsitter op daardie stadium

nie die bevoegdheid het of nie gemagtig is om 'n

sertifikaat uit te reik nie. Hoewel die

bevoegdheid om dit te doen nêrens uitdruklik

verleen word nie, is dit die duidelike implikasie

van die beskrywing van die inhoud van die

sertifikaat in art 21(1) dat dit uitgereik kan word

sodra die ondertekenaar in staat is om te

23

sertifiseer dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat die Raad bystand aan die applikant sal verleen. Niks verhoed die voorsitter of ondervoorsitter om 'n sertifikaat uit te reik, selfs wanneer daar geen hangende geding is nie, met die oog daarop dat die skuldenaar dit kan inhandig sodra een ingestel word.
Wesenlik gaan dit egter nie oor die bevoegdheid om 'n sertifikaat uit te reik nie; wat ter sprake is, is die effek, vir doeleindes van art 23(1), van 'n sertifikaat wat ingehandig word terwyl daar geen hangende gedinge is nie. Die . grondslag van BERMAN R se vertolking is die verwysing in art 23(1) na 'n "in artikel 21(1) bedoelde sertifikaat" wat volgens hom beteken "a valid and effective certificate ... a certificate which had been filed in order to stay proceedings for the recovery of a debt or for the attachment or

24

sale of assets". Klaarblyklik bevat art 21(1) twee elemente: die een behels die beskrywing van 'n sertifikaat met bepaalde inhoud en deur 'n bepaalde persoon onderteken, en die ander 'n aanwysing oor die effek van so 'n sertifikaat. Wanneer daar dan in art 23(1) melding gemaak word van " 'n in art 21(1) bedoelde sertifikaat" kan met veiligheid aanvaar word dat die wetgewer die beskrywing van die sertifikaat in gedagte gehad het eerder as die effek daarvan. (Die verwysing op hierdie manier in een artikel van 'n wet na 'n beskrywing wat in 'n ander artikel verskyn, is immers 'n bekende tegniek . om herhaling te vermy.) Klaarblyklik het die inhandiging van 'n sertifikaat 'n bepaalde effek ooreenkomstig art 21(1) maar 'n totaal ander effek ooreenkomstig art 23(1). Daarom kan dit nouliks aanvaar word dat die wetgewer met die verwysing in laasgenoemde na 'n "in artikel 21(1) bedoelde

25

sertifikaat" enigiets anders voor oë gehad het as die beskrywing wat reeds in art 21(1) verskyn.
Daar is egter 'n meer wesenlike beswaar teen BERMAN R se vertolking wat juis uit die feite van die onderhawige saak na vore kom. Dit word allerweë aanvaar dat 'n geding soos in art 21(1) bedoel nie 'n aansoek om die sekwestrasie van die applikant se boedel insluit nie (Robert Hudson & Sons (Pty) Ltd v Crocker 1965(4) SA 418 (N) op 419 en sake daar aangehaal). Daarom word so 'n aan-soek, selfs al sou dit ingestel word nadat die applikant aansoek gedoen het om bystand onder die Wet, nie ooreenkomstig art 21(1) opgeskort deur die inhandiging van 'n sertifikaat nie. In hierdie verband kom die hoofdoel (soos dit genoem is in Koller NO v Steyn NO en 'n Ander supra) nou ter sprake. In Maclean v Haasbroek NO and Others supra op 685 D het CENTLIVRES HR opgemerk dat

26

" the Act (verwysende na die Boere-
Bystandswet, 1935 - die voorganger van die Wet) was designed to interfere with the rights of creditors and to prevent them from seguestrating the estate of the farmer in order to enable him to remain on the land."

Die Boere-Bystandswet is vervang deur die Wet maar
die basiese skema is behou en sommige van die
bepalings daarvan is feitlik woordeliks herhaal.
Die hoofdoel het ongetwyfeld dieselfde gebly. Myns

insiens het die wetgewer met die oog daarop en

gedagtig aan die ontoereikendheid van art 21(1)

juis bedoel om in art 23(1) 'n middel te bied wat,

onafhanklik van art 21(1), die sekwestrasie van die

boedel tydelik sal verhoed; vandaar, anders as in

art 21(1), die spesifieke verbod op die sekwestra-

sie van die applikant se boedel en vandaar die

voorskrif dat die verbod in werking tree, selfs in

die afwesigheid van 'n sertifikaat, by die publi-

kasie van die kennisgewing van 'n vergadering van

27

skuldeisers.
Met hierdie oorwegings hou BERMAN R se vertolking nie rekening nie. Daarvolgens het 'n sertifikaat wat ingehandig word terwyl daar geen hangende gedinge is nie eenvoudig geen effek nie en staan dit skuldeisers vry om te dagvaar en voort te gaan met eksekusieverkopings en selfs om die boedel te sekwestreer. Die eienaardige resultaat is dat, indien die applikant gedagvaar word vir skuld nadat 'n sertifikaat ingehandig is, hy die opskorting van daardie geding kan bewerkstellig - en art 23(1)(c) ook in werking stel - deur die inhandiging van 'n nuwe sertifikaat; word daar egter aansoek gedoen vir die sekwestrasie van sy boedel sonder dat 'n dagvaarding eers uitgereik word, is hy weerloos. Ek kan nie aanvaar dat die wetgewer so 'n resultaat be-oog het nie.

Dit mag gesuggereer word dat daar nogtans
28

'n ander aanduiding in art 23(1) is dat BERMAN R se vertolking tog korrek is. Dit is die verwysing in al die paragrawe na "die applikant" wat volgens art 21(1) blyk te wees 'n persoon teen wie 'n geding van die aangewese soort in 'n hof ingestel is. Ek meen nogtans nie dat die wetgewer sy eie definisie konsekwent toegepas het in al die ander bepalings in Deel III nie. Ek het reeds daarop gewys dat so 'n vertolking, wat art 23(1) betref, strydig is met die hoofdoel van die Wet. Boonop word daar ook in art 22 na "die applikant" verwys. Indien hierdie uitdrukking deurgaans dieselfde betekenis dra, sal . dit meebring dat 'n vergadering vir die oorweging van 'n skikkingsvoorstel nie belê kan word nie tensy daar reeds'n bepaalde soort geding aanhangig gemaak is. Dit sou meebring dat bystand in verband met 'n skikking eenvoudig nie verleen kan word nie tot tyd en wyl ' n geding van die bepaalde soort

29

ingestel word of, anders gestel, dat slegs boere wat reeds gedagvaar is vir skuld of wie se bates reeds in beslag geneem is, onder Deel III gehelp kan word. Ek kan my nouliks voorstel dat so 'n drastiese beperking bedoel kon gewees het. Uit art 22(1) blyk dit dat boere wat reeds voorlopig of finaal gesekwestreer is of maatskappye wat reeds in voorlopige of finale likwidasie geplaas is, nie bystand onder Deel III kan ontvang nie en, indien enige verdere beperking beoog is, sou dit in alle waarskynlikheid ook uitdruklik vermeld gewees het. Dit is opmerklik dat in art 5 van die Boere-. Bystandswet 'n reeks gevalle genoem is van boere wat aansoek kon doen om bystand. In art 5(b) is oa verwys na enige boer teen wie skuldeisers stappe gedoen het of gedreig het om te doen wat dit vir hom ondoenlik sou maak om sy boerdery voort te sit met 'n redelike vooruitsig op sukses. Art 5 is van

30

tyd tot tyd gewysig en uiteindelik is die Boere-

Bystandswet deur die Wet vervang. Die Wet het egter weggedoen met al die vereistes wat destyds in art 5 verskyn het en die enigste tans-geldende een skyn te wees dat die applikant se boedel nie gesekwestreer of voorlopig gesekwestreer of, in die geval van 'n maatskappy, dat die maatskappy nie in likwidasie of voorlopige likwidasie moet wees nie.

My gevolgtrekking is dus dat die feit dat
die sertifikate in die onderhawige geval ingehandig
is terwyl daar geen hangende gedinge teen die
appellante was nie, nie meebring dat die
. likwidasie-aansoeke ontvanklik was nie.

Ten slotte behandel ek die betoog dat 'n sertifikaat soos in art 21(1) bedoel geen effek ooreenkomstig art 23(1)(c) het op 'n aansoek om die likwidasie van 'n maatskappy nie. Dit is hoofsaaklik gebaseer op die feit dat in die

31

betrokke bepaling slegs melding gemaak word van die

sekwestrasie van 'n applikant se boedel.

Hoewel, soos aanstons sal blyk, dit

aanvanklik nie die geval was nie, kan 'n maatskappy

wat boerdery bedryf of onderneem om dit te doen,

aansoek doen om, en bystand ontvang ooreenkomstig

Deel III van die Wet. Art 22(1) bepaal bv dat 'n

vergadering van skuldeisers belê kan word as dit na

die oordeel van die Raad wenslik is dat 'n skikking

met skuldeisers getref word

"tensy (die applikant se) boedel gesekwestreer is of, in die geval van 'n maatskappy, die maatskappy in likwidasie geplaas is..."

. Boonop bepaal art 28(5) dat, hoewel die applikant

by die verkiesing of aanstelling van 'n kurator

onthef word van al sy skulde en sy bates op die

kurator oorgaan, hy by die toepassing van ander

wette

"nie as 'n insolvente persoon en sy boedel nie as gesekwestreer of, in die geval van 'n

32

maatskappy, die maatskappy nie as in likwida-sie geplaas, beskou (word) nie."

Respondent se advokaat het veral gesteun op die uitdruklike verwysing in artikels 22(1) en 28(5) na die likwidasie van 'n maatskappy in teen-stelling met art 23(1)(c) waarin slegs melding gemaak word van die sekwestrasie van die applikant se boedel. 'n Verandering van woorde in verskil-lende artikels van dieselfde wet is egter niks meer nie as 'n prima facie aanduiding van 'n veranderde bedoeling (Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Lourens Erasmus (Eiendoms) Bpk 1966(4) SA 434 (A) op 443 F-H) en dan slegs wanneer dit doelbewus geskied. Daarom verg elke geval tog maar die gewone ondersoek na die bedoeling van die wet-gewer.

Wat in die onderhawige geval sterk na vore kom is die afwesigheid van enige waarneembare

33

rede vir 'n onderskeid - en dit slegs in 'n gedeelte van 'n enkele klousule van art 23(1) -tussen natuurlike persone en regspersone, gepaard met die skynbaar onredelike resultate van so 'n onderskeid. Ek het reeds daarop gewys dat die oogmerk van artikels 21(1) en 23(1) is om die applikant se bates en laste intak te laat totdat sy skuldeisers geleentheid gehad het om oor 'n skik-kingsvoorstel te besluit. Daarom was dit nodig om, soos die wetgewer inderdaad in art 23(1)(c) gedoen het met betrekking tot natuurlike persone, die sekwestrasie van die boedel vir tyd en wyl te . verbied. 'n Ooreenstemmende verbod in die geval van 'n maatskappy skyn ewe noodsaaklik te wees. Ek het ook gewys op die hoofdoel van die Wet en aangedui dat die sekwestrasie van die applikant se boedel terwyl sy aansoek om bystand hangende is en daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat dit verleen sal

34

word, nie in ooreenstemming met die hoofdoel is nie. Op die oog af geld dit ook vir die likwidasie van 'n maatskappy wat boerdery beoefen. Gedagtig verder daaraan dat hangende gedinge, ook in die geval van 'n maatskappy, ooreenkomstig art 21(1) opgeskort word deur die inhandiging van 'n sertifikaat en dat al die verbiedinge elders in art 23(1) ook in daardie geval in werking tree, is dit moeilik om te begryp waarom die wetgewer nogtans die likwidasie van die maatskappy - en, prakties gesproke, daarmee die ruïnasie van die skikkingsvoorstel - doelbewus sou wou toelaat.

Feit bly nietemin dat art 23(1)(c) so bewoord is dat dit slegs by wyse van ekstensiewe interpretasie toegepas kan word in 'n geval soos die onderhawige. Die vraag is of so 'n vertolking geregverdig is op grond van die oorwegings wat so pas genoem is.

35

Aanvanklik moet daarop gewys word dat die feit dat 'n statutêre bepaling anomale of onrede-like gevolge het, nie op sigself voldoende rede bied vir afwyking van die gewone betekenis van die woorde wat gebruik is nie (Constantia Insurance Co Ltd v Hearne 1986(3) SA 60 (A) op 69 F-G) . Soos blyk uit die beslissing in Ebrahim v Minister of the Interior 1977(1) SA 665 (A) op 678 A-G en sake daar aangehaal, kan van die gewone betekenis van die gebruikte woorde slegs afgewyk word in die uitsonderlike gevalle waarin dit duidelik is dat daardie betekenis strydig is met die "duidelike en onbetwyfelbare bepaalde bedoeling van die wetgewer,

en nie bloot 'n veronderstelde bedoeling nie "

(Per BOTHA AR in Du Plessis v Joubert 1968(1) SA 585 (A) op 595 A.) By ekstensiewe vertolking is daar boonop die kompliserende faktor dat die leemte wat die hof gevra word om aan te suiwer 'n casus

36

omissus mag wees wat nie aangevul kan word nie.
Die probleme met hierdie vorm van vertolking blyk
uit die volgende opmerkings van CORBETT AR (soos hy
toe was) in Summit Industrial Corporation v
Claimants aqainst the Fund comprising the Proceeds
of the Sale of the M V Jade Transporter 1987(2) SA

583 (A) op 596I-597B:

"The principle in Venter's case supra has generally been used in order to cut down the wide meaning of the words employed by the Legislature, but in exceptional cases it may also be permissible for a Court to expand the literal meaning of the words (see Barkett v S A National Trust & Assurance Co Ltd 1951(2) S A 353 (A) at 363A-F).
As has been remarked in various judgments, it is dangerous to speculate on the intention of the Legislature (see eg the reference in Savage v Commissioner for Inland Revenue 1951 (4) S A 400 (A) at 409A) and the Court should be cautious about thus departing from the literal meaning of the words of a statute (see remarks of Solomon JA in Dadoo Ltd and Others v Kruqersdorp Municipal Counsel 1920 AD 530 at 554-5) . It should only do so where the contrary legislative intent is clear and indubitable (see Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) at 594-5). Moreover, it is not the

37

function of the Court to supplement a statu-tory provision in order to provide for a casus omissus (see Walker v Carlton Hotels (SA) Ltd 1946 AD 321 at 330; Barkett's case supra at 363F-G )." (Kyk ook S v Takaendesa 1972(4) SA 72 (R A D) op 77

D-F.)
In die onderhawige geval moet die vraag of art 23(1)(c) ook van toepassing is op die likwidasie van maatskappye benader word onder die besef van die perke van die hof se bevoegdheid as vertolker, bedag daarop om nie 'n toevoeging te maak anders as in die oortuiging dat daardeur uitvoering gegee sal word aan die versweë bedoeling van die wetgewer nie, en gedagtig daaraan dat laasgenoemde beweegredes mag gehad het waarvan die hof nie bewus is nie (Moser v Milton 1945 AD 517 op 525).

Dit is van belang om daarop te let dat die voorreg om bystand te ontvang aanvanklik nie

38

vir maatskappye beskore was nie. In sy oorspronk-like vorm het die Wet (in art 10) voorsiening gemaak vir die verlening van bystand aan "enige persoon wat 'n blanke is en tot bevrediging van die Raad boerdery beoefen of onderneem om dit te beoefen". Nêrens in die Wet was daar enige aanduiding dat bystand ook aan regspersone verleen kon word nie. (Trouens, op grond van die verwysing na 'n blanke persoon en die beginsel neergelê in Dadoo Ltd & Others v Krugersdorp Municipal Council 1920 AD 530 sou dit kwalik gesuggereer kon word dat 'n maatskappy 'n "persoon" was wat bystand kon ontvang.) Daarom is daar destyds in artikels 22(1) en 28(5) slegs verwys na die sekwestrasie van 'n applikant se boedel. Die Wet is egter telkens gewysig. Vir huidige doeleindes is die wysigings aangebring deur Wet 66 van 1970 ter sake. Die effek daarvan was dat "'n maatskappy waarin 'n

39

beheersende belang nie deur of ten behoewe of ten voordele van 'n ander persoon as 'n persoon wat 'n blanke is, besit word nie" voortaan ook gekwalifi-seer het as 'n "persoon wat 'n blanke is" en dus bystand kon ontvang. Hierdie uitbreiding is teweeggebring deur die wysiging van enkele woord-omskrywings en van artikels 22(1) en 28(5) wat niks meer behels het nie as die invoeging van 'n verwysing na die likwidasie van 'n maatskappy benewens die sekwestrasie van 'n boedel. Art 23(1)(c) is egter nie ooreenstemmend gewysig nie. Vandag nog verskyn dit in sy oorspronklike vorm in . die Wetboek.

Na my mening kan art 23(1)(c) nie op so 'n wyse vertolk word dat dit die likwidasie van 'n maatskappy belet nie. Die howe het herhaaldelik daarop gewys dat die Wet, net soos sy voorganger, die regte van skuldeisers drasties inkort en dus

40

beperkend vertolk moet word (Marais v Rottcher 1936 TPD 120 op 122-123; Bowles v Kirsten; Thompson v Kirsten 1959(4) SA 532 (E) op 532-533; Weichelt v Van Rensburq NO en Andere 1990(1) SA 545 (T) op 547 E-F). Dit op sigself skep nie 'n onoorkomelike probleem nie want by beperkende vertolking is dit uiteindelik tog ook maar die bedoeling van die wetgewer wat deurslaggewend is. Nogtans moet die aard van die Wet - en veral van art 23(1) (c) waaroor dit hier gaan - in gedagte gehou word wanneer die hof homself afvra of dit met die nodige mate van sekerheid aanvaar kan word dat die wet-. gewer bedoel het om natuurlike persone en regs-persone deurgaans oor dieselfde kam te skeer.

Wat hierdie vraag betref, het ek reeds opgemerk dat daar geen waarneembare rede bestaan op grond waarvan maatskappye slegs vir doeleindes van 'n gedeelte van art 23(1)(c) verskillend van

41

natuurlike persone behandel moet word nie. Ek het ook aangedui dat gelyke behandeling noodsaaklik skyn te wees ten einde gevolg te gee aan die hoof-doel van die Wet en in besonder aan die oogmerk van art 23(1). Dit op sigself open nie die deur vir die uitbreiding van die bepaling nie. Dit mag wees dat die wetgewer van oordeel was dat 'n maatskappy wat boerdery bedryf bystand kan ontvang maar nogtans nie dieselfde mate van beskerming as 'n natuurlike persoon verdien nie. Moontlik was dit 'n oorweging dat alle maatskappye wat boerdery beoefen nie afhanklik is van hierdie bron van . inkomste nie. Kortom: die moontlikheid kan nie uitgesluit word nie dat die wetgewer, weens redes aan die hof onbekend en waaroor slegs gegis kan word, juis be-oog het om ' n mindere mate van beskerming aan maatskappye te verleen. Andersyds mag dit ook wees dat die weglating in art 23(1)(c)

42

van 'n verwysing na die likwidasie van 'n maat-skappy 'n blote oorsig was. Ek mag egter opmerk -gesien die feit dat die Wet gedurende 1970 spesiaal gewysig is om voorsiening te maak vir bystand aan maatskappye en die wetgewer se aandag dus pertinent op die onderwerp toegespits was - dat dit moeilik te begrype is hoe een van die belangrikste hoekstene van die beskerming waarmee bystand gepaard gaan, oor die hoof gesien kon gewees het. Hoe dit ookal sy, meen ek nie dat dit met sekerheid bepaal kan word of die wetgewer be-oog het om beskerming ooreenkomstig art 23(1)(c) teen die likwidasie van 'n maatskappy te verleen nie.

Boonop is daar nog 'n ander probleem. Soos bekend, spruit die likwidasie van 'n maat-skappy nie altyd voort uit sy onvermoë om sy skuld te betaal nie. Selfs al sou die wetgewer dan beskerming teen likwidasie be-oog het, is dit

43

hoegenaamd nie duidelik of enige likwidasie
gebaseer op enige van die gronde in art 344 van die
Maatskappywet 61 van 1973 genoem, daarby ingesluit

is nie. In The Firs Investments (Pty) Ltd v
Johannesburq City Council 1967(3) SA 549 (W) op 557
E-F is opgemerk dat

"... a strong factor militating against the

implication of any such limitation is the

difficulty of formulating it. In contract a
term will not be implied where considerable
uncertainty exists about its nature and scope,

for it must be precise and obvious ... I think

that the same must apply for implying a term

in a statute, for the process is the same ...."

Hierdie opmerking is reeds met goedkeuring aange-haal in Rennie NO v Gordon and Another NNO 1988(1) SA 1(A) op 22 G-H en ek stem met eerbied daarmee saam. In die onderhawige geval is dit onmoontlik om die omvang te bepaal van die bepaling wat die hof in effek gevra word om in te lees.

Die gevolgtrekking is dus onvermydelik dat die

44

sertifikate in die onderhawige geval nie in die weg
gestaan het van die likwidasie-aansoeke deur die
respondent ingestel nie.

Die appèl word van die hand gewys met

koste insluitende dié verbonde aan die dienste van
twee advokate.

J J F HEFER AR.

E M GROSSKOPF AR )

GOLDSTONE AR ) Stem saam.
VAN DEN HEEVER AR )

HARMS AR )