![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saaknommer 28/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In diE saak tussen:
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE AppelLant
en
ABSA BANK BEPERK Respondent
Coram: BOTHA, E M GROSSKOPF, NESTADT, VAN DEN
HEEVER, ARR et NICHOLAS Wn AR Verhoordatum: 1 September 1994 Leweringsdatum: 30 September 1994
U I T S P R A A K BOTHA AR :-
2 Hierdie appèl het betrekking op 'n addisionele belastingaanslag wat die
appellant ("die Kommissaris") op 1 Desember 1986 teen Volkskas Bank Beperk
("Volkskas") uitgereik het vir die jaar van aanslag wat geëindig het op 31
Maart 1978. Volkskas het teen dié aanslag beswaar aangeteken en, nadat die
Kommissaris die beswaar van die hand gewys het, geappelleer na die
Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof. Daardie hof het op 3 Augustus
1989 die appèl gehandhaaf. Teen dié bevel het die Kommissaris, met die verlof
van die voorsittende regter (HARMS R), na hierdie hof in hoër beroep gekom.
Met die aanvang van die verhoor van die appèl in hierdie hof is daar namens
Absa Bank Beperk ("Absa") aansoek gedoen om 'n bevel dat Volkskas as die
respondent in die appèl vervang word deur Absa. Die aansoek is genoodsaak,
soos blyk uit Absa se versoekskrif. deur die feit dat Volkskas op 30 September
1991 ingevolge die bepalings van artikel 54 van Wet 94 van 1990 al sy bates
en laste aan Absa oorgedra het. Daardeur het al Volkskas se regte en
verpligtinge, insluitende die teenoor die Kommissaris wat saamhang met die
huidige gedingvoering, oorgegaan op Absa. Die aansoek is nie deur die
3 Kommissaris teengestaan nie. Gevolglik is 'n bevel uitgereik dat Volkskas deur
Absa vervang word as die respondent in hierdie appèl en dat Absa die koste
verbonde aan die aansoek moet dra.
Voor sy oomame deur Absa het Volkskas besigheid gedoen as 'n
handelsbank. (Na die oorname het Absa die besigheid voortgesit onder die
naam Volkskas Bank.) Volkskas het 'n aansienlike aantal aandele in 'n wye
verskeidenheid van maatskappye gehou en het van tyd tot tyd aandele
aangekoop en van die hand gesit. Twee aandeletransaksies van Volkskas, in
elk waarvan aandele verkoop is, is in hierdie appèl ter sake. Die eerste het
plaasgevind gedurende die jaar van aanslag wat regstreeks hier in die gedrang
is, dit wil sê die jaar eindigende op 31 Maart 1978. Dit was 'n transaksie
waarvolgens Volkskas die aandele wat hy gehou het in Bankbeheerkorporasie
van Suid-Afrika Beperk verkoop het teen 'n verlies van R9 175 459.80. Ek sal
na hierdie transaksie verwys as die "Bankkorp-transaksie", en na die betrokke
aandele as die "Bankkorp-aandele". Die ander transaksie het plaasgevind in
'n latere jaar van aanslag, naamlik dié wat geëindig het op 31 Maart 1981. In
4 daardie transaksie het Volkskas die aandele wat hy in Federale Mynbou Beperk
gehou het, verkoop teen 'n wins van R25 754 400,00 (die "Federale Mynbou-
transaksie" en die "Federale Mynbou-aandele").
In sy inkomste-opgawe vir die 1978 jaar van aanslag het Volkskas die
verlies van R9 175 459,80 in die Bankkorp-transaksie opgegee as 'n
handelsverlies en dit afgetrek van sy belasbare inkomste. In die Kommissaris
se oorspronklike belastingaanslag vir daardie jaar, gedateer 1 September 1978,
het hy die verlies as 'n aftrekking toegestaan by die berekening van Volkskas
se belasbare inkomste. In die addisionele aanslag wat vroeër genoem is,
gedateer 1 Desember 1986, het die Kommissaris egter die aftrekking nie
toegelaat nie, en die bedrag van die verlies bygetel by Volkskas se belasbare
inkomste. Dit is hierdie optrede van die Kommissaris wat in die gedrang is in
hierdie appèl.
Die verklaring vir die tydsverloop van 8 jaar tussen die oorspronklike
aanslag en die addisionele aanslag is te vind in die gebeure wat voortgespruit
het uit Volkskas se inkomste-opgawe vir die 1981 jaar van aanslag. In daardie
5 opgawe het Volkskas die wins van R25 754 400,00 uit die Federale Mynbou-
transaksie aangetoon as 'n wins van 'n kapitale aard. Die Kommissaris het dit
nie aanvaar nie en het die bedrag van die wins ingesluit by Volkskas se
belasbare inkomste en op daardie grondslag Volkskas aangeslaan vir belasting.
Volkskas het beswaar aangeteken, die Kommissaris het dit verwerp, en
Volkskas het na die Spesiale Hof geappelleer. Die appèl was suksesvol. Ek
sal na daardie saak (No 7786) verwys as "die eerste saak", om dit te onderskei
van die huidige saak. In die uitspraak in die eerste saak, wat deur die
voorsittende regter (MELAMET R) op 1 Augustus 1984 gelewer is. is daar
bevind dat Volkskas bewys het dat die Federale Mynbou-aandele as 'n kapitale
belegging gekoop was en dat die verkoop daarvan gedoen is as 'n realisasie van
kapitale bates op die voordeligste manier vir Volkskas. Gevolglik is die
aanslag tersyde gestel en die aangeleentheid na die Kommisssris terugverwys
om in die lig van die uitspraak 'n aanslag uit te reik.
In die eerste saak het die Bankkorp-transaksie ook ter sprake gekom,
soos te verwagte was. Dit is te berde gebring in die getuienis wat namens
6 Volkskas afgelê is deur sy eertydse besturende direkteur, mnr Van Huyssteen.
Ten aansien van die Federale Mynbou-aandele was dit Volkskas se kontensie
dat die aankoop daarvan 'n "strategiese belegging" was, anders as in die geval
van aandele wat in die gewone loop van besigheid deur 'n handelsbank gekoop
en verkoop word. Tydens die ondervraging van mnr van Huyssteen het dit
geblyk dat Volkskas die koop van die Bankkorp-aandele ook as 'n "strategiese
belegging" beskou het. Op grond van daardie getuienis, so blyk dit uit die
uitspraak van MELAMET R, is daar namens die Kommissaris betoog dat
Volkskas se beskouing en hantering van ander strategiese beleggings aantoon
dat Volkskas nooit die moontlikheid van verkoping, indien voordelig, uit die
oog verloor het nie. Hierdie betoog is verwerp. Die hof het bevind dat die
wyse waarop Volkskas die Bankkorp-transaksie in sy finansiële state en sy
opgawe vir 1978 gehateer het nie in die weg gestaan het van 'n bevinding dat
die Federale Mynbou-aandele deur Volkskas as 'n kapitale bate gekoop en
verkoop was nie. Die heredenering van MELAMET R op hierdie punt in sy
uitspraak in die eerste saak sal later van naderby beskou moet word. Op die
7 oomblik, om die geskiedenis van die geskilpunt in die huidige saak te
verduidelik, is dit net nodig om twee uitlatings te noem wat MELAMET R
gemaak het in die loop van sy beredenering. Die eerste is dat die verkoop van
die Bankkorp-aandele ten volle openbaar gemaak is in Volkskas se state en
opgawe vir 1978. Die tweede is dat die Kommissaris se aanslag van Volkskas
vír die jaar 1978 in ooreenstemming was met die gevestigde praktyk wat
destyds bestaan het, waarvolgens alle handelsbanke deur die Kommissaris
behandel is as sogenaamde "all in" maatskappye, en al hulle aandele voor die
voet beskou was as handelsvoorraad.
Die Kommissaris het appèl aangeteken teen die uitspraak in die eerste
saak, maar het later die appèl teruggetrek. Die eerste saak het egter veroorsaak
dat die Kommissaris besluit het om opnuut aandag te skenk aan die Bankkorp-
transaksie. Op 30 Julie 1986 het die Konmissaris 'n brief gerig aan Volkskas
waarin Volkskas meegedeel is dat, met die inligting wat uit die getuienis tydens
die verhoor en die uitspraak in die eerste saak bekend geraak het, die
Kommissaris homself tevrede gestel het dat die verlies wat Volkskas met die
8
verkoop van die Bankkorp-aandele gely het, van 'n kapitale aard was en
gevolglik nie as 'n aftrekking teen inkomste geëis kon geword het in die berekening van Volkskas se belasbare inkomste vir die 1978 jaar van aanslag nie. Die brief meld voorts dat die Kommissaris tevrede was dat die feit dat die verlies oorspronklik as 'n aftrekking teen inkomste toegelaat was, te wyte was aan 'n verswyging deur Volkskas van die ter sake dienende feite, en dat die Kommissaris van voorneme was om 'n addisionele aanslag uit te reik om die saak reg te stel. Volkskas se antwoord aan die Kommissaris was, om dit kort te stel, dat Volkskas enige addisionele aanslag sou bestry. Daarop het die addisionele aanslag van 1 Desember 1986 gevolg. Dit bevat onder meer, onder die opskrif "Opmerkings", 'n kort samevatting van die Kommissaris se standpum soos uiteengesit in sy bogemelde brief van 30 Julie 1986.
Volkskas se beswaar teen die addisionele aanslag was in die eerste plek gegrond op die bepalings van artikel 79 (1) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 ("'die Wet"). Kragtens artikel 79 (1) (a) het die Kommissaris die bevoegdheid om 'n addisionele aanslag uit te reik indien hy te eniger tyd
9 ootuig is dat 'n bedrag wat aan belasting onderhewig was en ingevolge die Wet
vir belasting aangeslaan behoort te gewees het, nie vir belasting aangeslaan is
nie. Terselfdertyd word die uitoefening van die bevoegdheid in sekere
omstandighede aan bande gelê deur die bepalings van paragrawe (i) tot (v) van
die voorbehoudsbepaling. Volkskas het hom beroep op die bepalings van
paragrawe (i) en (iii). Vir sover hier ter sake, lui dit soos volg:
"Met dien verstande dat die Kommissaris nie 'n aanslag ingevolge
hierdie subanikel doen nie -
(i) na verstryking van drie jaar vanaf die datum van die aanslag (indien daar een is) ingevolge waarvan 'n bedrag onder so 'n aanslag vir belasting aangeslaan behoort te gewees het maar nie aldus aangeslaan is nie . . . , tensy die Kommissaris oortuis is dat die feit dat die bedrag wat vir belasting aangeslaan moet gewees het nie aldus aangeslaan is nie . . . , te wye is aan bedrog of wanvoorstelling of verswyging van ter sake dienende feite; of
(ii) ....
(iii) indien die bedrag wat ingevolge die in paragraaf (i) van herdie voorbehoudsbepaling bedoelde aanslag vir belasting aangeslaan behoort te gewees het, ooreenkomstig die algemene gebruik wat op die datum van die aanslag geheers het, nie vir belasting aangeslaan is nie . . . ". Met betrekking tot paragraaf (i) het Volkskas aangevoer dat die verlies op die
Bankkorp-transaksie as 'n afsonderlike en spesifieke item aangetoon was in die
10 rekeninge en skedules wat sy 1978-opgawe vergesel het; dat niks gedoen was
om dit weg te steek of om dit voor te hou as 'n gewone besigheidstransaksie
nie; dat daar geen verswyging van wesenlike feite was nie; en dat daar geen
grondslag is waarop die Kommissaris oortuig kon wees dat die toelating van
die aftrekking in die oorspronklike aanslag te wyte was aan die verswyging van
materiële feite nie. Ten aansien van paragraaf (iii) was Volkskas se kontensies
dat die Kommissaris vir baie jare voor 1978 konsekwent die houding teenoor
Volkskas ingeneem het dat al sy winste en verliese op aandeletransaksies in
berekening gebring moes word vir belastingdoeleindes; dat die Kommissaris
daarop aangedring het dat Volkskas dit moes doen, in ooreenstemming met dic
Kommissaris se heersende stelsel en praktyk; en dat die heersende praktvk in
1973 was dat die Kommissaris alle banke beskou het as "all in" maatskappye
wat belasbaar was op hulle aandeletransaksies. ongeag of hulle of die
Kommissaris, die transaksies beskou het as van 'n kapitale aard te wees.
Volkskas se beswaar het 'n stap verder gegaan. Daar is aangevoer dat
die feitlike aspekte van sy beroep op die bepalings van paragrawe (i) en (iii)
11
van die voorbehoudsbepaling alreeds in geskil was in die eerste saak; dat die hof in die eerste saak volledige getuienis en betoë aangeboor het betreffende die eeskilpunte oor die Bankkorp-transaksie; dat die bof in die eerste saak tot 'n duidelike bevinding aangaande die betrokke feite geraak het; en dat die betrokke geskilpunte gevolglik res judicata was.
Om latere terugverwysing te vergemakiik, kan die gronde van Volkskas se beswaar kortliks soos volg saamgevat word:
A Daar was 'n volle openbaarmaking van die wesenlike feite in die 1978-opgawe (en gevolglik is paragraaf (i) van die voorbehoudsbepaling van toepassing). B Die bedrag van die verlies is nie vir beiasting aangeslaan nie ooreenkomstig die algemene gebruik wat in 1978 geheers het (en gevolglik is paragraaf (iii) van die voorbehoudsbepaling van toepassing). C Weens die feitlike bevindings van die hof in die eerste saak is die beginsels van res judicata van toepassing op die feite
12 genoem in A en B.
Met die aanvang van die verhoor van die appèl in die hof a quo in die
huidige saak het HARMS R die advokate van die partye versoek om die hof in
limine toe te spreek oor die grond van beswaar genoem in C hierbo. Na die
betoog is die appèl gehandhaaf en is aangedui dat die redes sou volg. Uit die
redes wat later verstrek is, blyk die volgende. HARMS R het verwys na die
twee aspekte van Volkskas se beswaar wat hierbo aangedui is as A cn B, en die
gedeelte van die uitspraak van MELAMET R in die eerste saak aangehaal
waarin die twee uitlatings wat ek vroeër genoem het, en wat daarop betrekking
het, voorkom, en daarna gesê:
"Dit is duidelik uit die aangehaalde gedeelte dat hierdie Hof in daardie appèl op die Kommissaris se aandrang die twee vrae na verwys in appellant se guns beslis het en bevind het dat daar 'n volle openbaring geskied het in die 1978-jaar en dat die aanslag ooreenkomstig die destyds geldende algemene gebruik uitgereik is. Die vraag is nou of hierdie Hof bevoeg is om getuienis aan te hoor ten einde te beslis of 'n vorige feitebevinding van hierdie Hof tussen dieselfde partye ten aansien van dieselfde belastingjaar juis of onjuis is,
Tydens betoog is aanvaar dat die leerstuk van sogenaamde 'issue estoppel', synde 'n verskyningsvorm van die exceptio rei judicatae, deel van ons reg is cn deur hierdie Hof toegepas moet word indicn die
13
vereistes daarvoor teenwoordig is. Hoewel twyfel al uitgespreek is oor die geldigheid van hierdie aanvaarding, is die reg in Transvaal gevestig en moet hierdie Hof die reg toepas soos hy dit vind: Liley and Another v Johannesburg Turf Club and Another. 1983(4) SA 548(W).
Behalwe vir wat later volg, is dit ook nie in geskil gestel dat die vereistes vir "issue estoppel" teenwoordig is nie. Immers, die vorige geding was tussen dieselfde partye, die betrokke geskil is vir beregting, alhoewel terloops, deur die Kommissaris bygesleep en is inderdaad bereg."
Voorts het HARMS R rwee argumente behandel wat namens die Kommissaris
geopper was. Die eerste was dat "issue estoppel" nie van toepassing is op
belaslingsake nie. Met verwysing na sekere Engelse beslissings wat so 'n
beginsel skyn te ondersteun, het HARMS R bevind dat dit nie in die huidise
geval van toepassing is nie, omdat die twee vrae (A en B) in die eerste saak
beantwoord is ten aansien van die relevante 1978 belastingjaar en die hof nie
gevra is um 'n bevinding ten aansien van die 1981 jaar op die 1978 jaar van
toepassing te maak nie. Die ander argument was gebaseer op die stelling dat
estoppel nie aangewend kan word in omstandighede waar die resultaat daarvan
sou neerkom op iets wat regtens ongeoorloof is nie. Wat dit betref, het
HARMS R bevind dat die stelling net van toepassing is op "estoppel by
14 representation" en nie op "issue estoppel" nie, en verder dat dit in ieder geval
nie onregmatig vir die Kommissaris is om byvoorbeeld sy diskresie verkeerd
uit te oefen, of om feite mis te kyk, of om 'n verkeerde praktyk te vestig nie.
Die argument namens die Kommissaris is dus verwerp, en op daardie grondslag
is die appèl gehandhaaf.
In hierdie hof het die betoog namens die Kommissaris ietwat anders verloop. Alvorens ek daarop ingaan, is dit egter gerade om die vraag wat beslis moet word, in perspektief te stel. Die vraag is of die slotsom waartoe HARMS R geraak het met betrekking tot die grond van beswaar genoem in C hierbo, korrek is. In die konteks van die huidige appèl is die gronde van beswaar in A en B hierbo, as sodanig, nie in geskil nie. Dit is tans nie ter sake of Volkskas feite verswyg het en of daar inderdaad 'n algemene gebruik bestaan het soos aangevoer nie. Ingelyks is dit nie ter sake of die verlies in die Bankkorp-transaksie van 'n kapitale aard was al dan nie.
Namens die Kommissaris het mnr Dunn ter aanvang van sy betoog aangevoer dat die vereistes van die gemeenregtelike exceptio rei judicatae nie
15 in die huidige saak aanwesig is nie, en in hierdie verband na 'n reeks
beslissings verwys wat begin met Bertram v Wood (1893) 10 SC 177 (op 180-
1) en eindig met Horowitz v Brock and Others 1988(2) SA 160 (A) (op 178 H-
J) Die vereistes wat gestel word in die ou bronne waama in die beslissings
verwys word, word bondig opgenoem deur Van der Keessel (Praelectiones ad
Gr 3.49.2): idem actor, idem reus, eadem res en eadem causa petendi.
Laasgenoemde twee vereistes is al weergegee as "demanding the same thine on
the same ground" (per STEYN HR in African Farms & Townships Ltd v Cape
Town Municipality 1963 (2) SA 555 (A) op 562 A), en "on the same cause for
the same relief' (per VAX WINSEN Wn AR in Custom Credit Corporation
(pty)Ltd v Shembe 1972 (3) SA 462 (A) op 472 A/B). Daar kan geen twyfel
wees nie dat aan hierdie streng vereistes nie voldoen word in die
omstandighede van die huidige saak nie. Mnr Smalberger. namens Absa. het
heeltemal tereg nie tot die teendeel betoog nie.
Gesien die afwesigheid van die gemeenregtelike vereistes vir 'n verweer
van res judicata was die betoog van beide kante toegespits op wat in die
16 uitspraak van HARMS R genoem is "die leerstuk van sogenaamde 'issue
estoppel'". Die advokate van albei kante het gepraat van "die leerstuk van
geskilpunt-estoppel. Daaroor het mnr Dunn se betoog die volgende hooftrekke
behels:
(a) Die leerstuk van geskilpunt-estoppel moet nie deel van ons reg wees
nie. Alhoewel dit onder die invloed van die Engelse reg in sekere
beslissings van die provinsiale en plaaslike afdelings aanvaar en
toegepas is, druis dit in teen die gemeenregtelike beginsels, soos
aangevoer is deur verskeie skrywers (bv Joubert (red) Law of South
Africa vol 9 par 363-4 op 188-9 en Hoffmann en Zeffertt SA Law of
Evidence (4de uitg) op 346-350), en kan dit tot onbillike resultate
aanleiding gee. Gevolglik behourt hierdie hof nou te beslis dat dit nie
deel van ons reg is nie.
(b) In ieder geval voldoen die feite van die huidige geval nie aan die
vereistes vir die aanwending van die leerstuk van geskilpunt-estoppel
nie. Die vereiste waarop mnr Dunn hom veral beroep het, is dat die
17 beslegting van die betrokke geskil in die vorige saak 'n "krities
noodsaaklike" deel moes gewees het van die beslissing in daardie saak;
waar dit gaan om 'n feit, moes dit 'n factum probandum gewees het, en
nie net 'n factum probans nie. In dié verband is daar veral gesteun op
die uitspraak van BALCOMBE LJ in Re State of Norway's Application
(No 2) [1989] 1 All ER 701 (CA) op 721 b-h. In die loop van die
betoog het mnr Dunn hom ook op 'n tweede vereiste beroep, naamlik
dat die betrokke punt in die vorige saak 'n geskilpunt moes gewees het,
soos blyk uit Horowitz v Brock and Others supra op 179 F-H. Ook aan
dié vereiste, so is aangevoer, is daar nie hier voldoen nie.
(c) Bowendien kan die leerstuk van geskilpunt-estoppel net ter sprake kom
as die hof in die vorige saak bevoeg was om 'n finale uitspraak te gee
oor die betrokke punt. Dit is nie die geval in die huidige saak nie
(aldus die argument), omdat die Spesiale Hof in die eerste saak geen
bevoegdheid gehad het om enige beslissing te gee ten opsigte van
Volkskas se belastingpligtigheid in die 1978 jaar van aanslag nie. In
18 hierdie verband is ons verwys na 'n aantal Engelse beslissings in
belastingsake ( bv Commissioners of Inland Revenue v Sneath [1932]
2 KB 362 (CA) op 386, 386-9, 391 en Caffoor 6 Others v
Commisioner of Income Tax. Colombo [1961] AC 584 (PC) op 597-
601).
Mnr Smalberger se beloog in antwoord op die voorgaande kan in die
voleende hoofpunte saamgevat word:
(aa) Die leerstuk van geskilpunt-estoppel is reeds ingeburger in ons reg, deur
die konsekwente aanvaarding en toepassing daarvan in die provinsiale
en plaaslike afdelings oor 'n tydperk van meer as sestig jaar. Sommige
van die gerapporteerde uitsprake word genoem in die Horowitz-saak
sunra op 179 D: 'n onlangse toevoeging van belang is Boland Bank
Bpk v Steele 1994(1) SA 259(T)op 268G-270F. Redes vir die bchoud
van die leerstuk in ons reg word aangevoer deur Basil Wunsh in 'n
artikel, "Is issue estoppel part of our Law?" in 1990 Siellenbosch Law
Review 198. Daar is geen gegronde rede waarom die gevestigde
19 praktyk omvergewerp hoef te word nie, en hierdie hof behoort nou te
beslis dat die leerstuk wel deel vorm van ons reg.
(bb) Die vereistes vir die aanwending van geskilpunt-estoppel in ons reg
behoort gehaal te word uit die beslissings in ons regspraak op
provinsiale vlak, waarin die leerstuk toegepas is, en nie uit resente
onrwikkelings in die Engelse reg nie. Volgens die Suid-Afrikaanse
gewysdes word geskilpunt-estoppel toegepas ten opsigte van 'n bepaalde
regs- of feitevraag in 'n geding, indien daar in 'n vorige saak tussen
dieselfde partye deur 'n bevoegde tribunaal 'n beslissing gegee is oor
dieselfde vraag 'wat logieserwys beslis moes word vir doeleindes van
die uitspraak". In die geval van 'n feitevraag is dit genoeg as die
betrokke feit in die vorige saak een van die facta probantia was, en dit
hoef ook nie in geskil te gewees het nie. In hierdie verband is daar
veral gesteun op die uitspraak van GREENBERG R in Boshoff v
Union Govemment 1932 TPD 345. Wat die huidige saak betref, het
mnr Smalberger toegegee dat die vereistes nie bevredig word met
20 betrekking tot die grond van beswaar genoem in A hierbo nie, omrede
die vraag in die eerste saak en die vraag in die buidige saak nie
dieselfde is nie: in die eerste saak was die vraag of daar 'n volle
openbaarmaking van die feite was, terwyl die vraag in die huidige saak
is of die Kommissaris "regsgeldiglik" tot die gevolgtrekking kon gekom
het dat daar 'n verswyging was. Vanweë hierdie toegewing laat ek
verderaan A hierbo buite rekening, en bepaal ek my by die vraag na die
geldende gebruik in 1978 soos genoem in B hierbo. Wat dit betref, het
mnr Smalberger volgehou dat daar wel aan die vereistes voldoen word.
(cc) Die Spesiale Hof is bevoeg om alle vrae te beslis wat nodig is vir die
beslissing van appèlle wat voor hom dien. In die eerste saak was dit vir
MELAMET R noodsaaklik om tot 'n beslissing te geraak oor die
algemene gebruik wat in 1978 gegeld het ten einde tot 'n beslissing te
kom oor die hoofgeskilpunt in daardie saak. Gevolglik was
eersgenoemde beslissing 'n bevoegde een wat die Kommissaris as
gevolg van geskilpunt-estoppel nie in die huidige saak kan heropen nie.
21
Vir sover die Engelse sake in 'n ander rigting dui, beboort hulle nie
gevolg te word nie. In hierdie verband is ons verwys na nog 'n artikel
van mnr Wunsh, "Issue estoppel in tax cases", in JC Noster Feesbundel
(1979) op 146.
Ter aanvang van die bespreking van die betoogpunte hierbo opgesom, is dit nodig om kommentaar te lewer oor die uitdrukking "die leerstuk van geskilpunt-estopper. Soos die advokate dit gebruik het, wek dit die indruk van 'n min of meer volledige stel beginsels of reëls wat deur die provinsiale howe uit die Engelse reg oorgeneem is, en dit lei tot die veronderstelling, in (a) en (aa) hierbo, dat hierdie hof geroepe is om te beslis of die oorname as 'n geheel gehandhaaf moet word, dan wel of dit in die geheel verwerp moet word. Ek stem nie saam met hierdie benadering nie, om die redes wat volg.
Die herkoms van die aanwending van geskilpunt-estoppel in ons praktyk
is te vind in 'n passasie in die eerste uitgawe van Spencer Bower, Res Judicata,
par 162, wat soos volg lui:
"Where the decision set up as a res judicata necessarily involves a judicial determination of some question of law or issue of fact, in the
22
sense that the decision could not have been legitimately or rationally pronounced by the tribunal without at the same time, and in the same breath, so to speak, determining that question or issue in a particular way, such determination, though not declared on the face of the recorded decision, is deemed to constitute an integral part of it as effectively as if it had been made so in express terms; but, beyond these limits, there can be no such thing as a res judicata by implication".
Hierdie passasie is vir die eerste keer, sover ek weet, in ons regspraak
aangehaal in Commissioner of Customs v Airton Timber Co Ltd 1926 CPD 351
op 359. Die hof het daar, sonder beredenering, aanvaar dat dit uitdrukking gee
aan die beginsel waarvolgens in ons reg bepaal moet word of 'n saak res
judicata is al dan nie. Die toepassing van die beginsel het gelei tot die
bevinding dat in die omstandighede van daardie saak dit nie die geval was nie.
Daama is Spencer Bower weer aangehaal in Boshoff v Union
Government 1932 TPD 345. Dit word allerweë aanvaar, tereg. dat hierdie saak
beslag gegee het aan die gebruikmaking van geskilpunt-estoppel deur die howe
op provinsiale vlak. Dit is dus nodig om vir 'n wyle daarby stil te staan. Die
feite was kortliks soos volg. Die eiser het die verweerder aangespreek vir
skadevergoeding op grond van bewerings dat die eiser in besit was van sekere
23
grond ingevolge 'n huurkontrak wat hy met die verweerder aangegaan het
kragtens die bepalings van 'n sekere wet, en dat die verweerder onregmatiglik die kontrak gekanselleer het en hom uitgesit het van die grond. Die verweerder het 'n pleit van res judicata geopper, gebaseer op 'n vorige aksie tussen die panye in die landdroshof. In daardie aksie het die verweerder 'n uitsettingsbevel teen die eiser gevorder ten opsigte van dieselfde grond, en in sy dagvaarding beweer, met verwysing na dieselfde huurkontrak, dat hy dit gekanselleer het kragtens die bepalings van dieselfde wet. Die uitsettingsbevel is toegestaan, by wyse van vonnis by verstek.
GREENBERG R het die verweer van res judicata gehandhaaf. Die beredenering in sy uitspraak begin met 'n bespreking van die gemeenregtelike bronne wat deur DE VILLIERS HR behandel is in Bertram v Wood supra. Onder meer wys hy daarop dat Vinnius dit as 'n vereiste stel dat daar dieselfde vraag (eadem quaestio) tussen dieselfde partye moet wees, en dat Voet as 'n verdere vereiste noem dat die eisoorsaak ook dieselfde moet wees (ex eadem petendi causal Wat dit betref, haal hy dan die opmerking aan van DE
24 VILLIERS HR in Wolfaardt v Colonial Govemment 16 SC 250: "As pointed
out by Voet (44.2.4), the cause of action is tbe same wbenever the same matter
is in issue". Daarna spreek GREENBERG R die mening uit dat Voet nie na
dieselfde eisoorsaak verwys in die enge betekenis wat die uitdrukking in die
praktyk ten opsigte van pleitstukke dra nie. Steun vir sy mening vind hy in
Voet se bebandeling van die geval waar 'n koper geregtig is om sowel die actio
redhibitoria as die actio quanti minoris in te stel: as hy eers die een instel en
daarna die ander, kan laasgenoemde die hoof gebied word deur die verweer van
res judicata, alhoewel, soos GREENBERG R daarop wys, die twee eisoorsake
verskillend is. Om te bepaal wat bedoel word met "same cause of action" of
same matter in issue", se die geleerde regter verder, sal dit nuttig wees om te
verwys na die Engelse reg. Dit is duidelik dat die oogmerk van die "rule' (die
verweer van res iudicata) in die twee regstelsels wesenlik dieselfde is. sê hy.
met aanhalings uit Voet en Phipson. Laasgenoemde skrywer sê verder ten
opsigte van die "rule" self dat die "matter in dispute" dieselfde moet wees in
albei gedinge, alhoewel dit nie nodig is dat dit die enigste geskilpunt in die een
25 of die ander hoef te wees nie. GREENBERG R gaan voort om die mening uit
te spreek dat "matter in dispute" presies dieselfde beteken as die "matter in
issue" waama verwys is in Wolfaardt v Colonial Govemment supra. en sê
dan: "I think one can safely tum to the English law as a guide on a point that
has not been specifically dealt with in our law". Op daardie grondslag gaan hy
dan oor tot die aanhaling van die uittreksel uit Spencer Bower (wat ek reeds
hierbo weergegee het). Dan sê hy: "I think that this extract correctly lays
down the rule", en dat, om dit toe te pas, die vraag gestel moet word "whether
the determination of the question of the cancellation of the lease was essential
to the decision in the magistrate's court". 'n Gerieflike manier om te toets of
die beslissing van die vraag van kansellasie noodsaaklik was vir die beslissing
in die landdroshof is om die bewering van kansellasie in die dagvaarding deur
te haal: as dit gedoen word, sou die landdros nie geregtig gewees het om 'n
bevel van uitsetting uit te reik nie. Dié bevinding lei dan tot die uiteindelike
gevolgtrekking dat die pleit van res judicata gehandhaaf moet word.
Dít is na my mening duidelik uit die voorgaande opsomming van
26
GREENBERG R se beredenering dat Boshoff v Union Govemment nie vatbaar
is vir die simplistiese beskouing dat die hof daar Engelse reg toegepas het in plaas van ons eie reg nie. Die hele uitgangspunt van die beredenering was gegrond op gemeenregtelike bronne. Die gedagte dat Engelse reg aangewend is ter verdringing van gemeenregtelike beginsels spruit voort uit die resultaat wat bereik is: die verweer van res judicata is gehandhaaf, alhoewel dit wat geëis is en die eisoorsaak nie dieselfde was in die twee aksies nie. Maar dit verloor uit die oog dat daar in die uitspraak aanknopingspunte vir daardie resultaat gevind is in die gemenereg. Die kern daarvan lê in die vereiste van eadem quaestio en die gelykstelling daaraan van die vereiste eadem petendi causa na aanleiding van Voet 44.2.4 en sy voorbeeld van die actio redhibitoria en die actio quanti minoris. GREENBERG R het die voorbeeld gebruik as steun vir die gedagte dat aan petendi causa eerder 'n wye betekenis geheg behoort te word as 'n enge een, maar inderwaarheid is die voorbeeld van veel groter betekenis as net dit. Dit wat geëis word met die actio redhibitoria is ongetwyfeld nie dieselfde as dit wat geëis word met die actio quanti minoris
27 nie, en tog is die exceptio rei judicatae toepaslik. Voet se voorbeeld en
GREENBERG R se aanvaarding van 'n wyer betekenis van petendi causa hou
albei die noodwendige implikasie in dat dit vir 'n verweer van res judicata nie
'n onwrikbare vereiste is dat dit wat gevorder word dieselfde moet wees nie.
Met verwysing na die teks in Voet het STEYN HR in African Farms &
Townships Ltd v Cape Town Municipality supra op 562B gesê:
"According to Voet, 44.2.4, it is not the form of action which determines the samencss of the causa petendi, but the identity of the question which is again raised or set in motion".
'n Verskil in die vorm van die aksie omvat klaarblyklik ook 'n verskil in dit wat
geëis word. Die afwesigheid van die vereiste wat DE VILLIERS HR in
Benram V Wood supra op 180 gestel het as "that the same thing must have
been demanded", skakel dus nie noodwendig 'n beroep op res judicata uit nie.
Dit blyk ook implisiet te wees in DE VILLTERS HR se verdere bespreking (op
181) van die vereiste, met betrekking tot opeenvolgende vorderings van rente
of kapitaal ingevolge 'n verband of huurgeld ingevolge 'n huurkontrak, waar 'n
verweer van res judicata nie suksesvol aangewend kan word nie, maar met
28 hierdie kwalifikasie:
"If, however, the defendant by his defence has, in effect, claimed a declaration that the bond or the lease, as the case might be, was itself invalid, a decision upon such a claim would thereafter be binding between the same parties".
Die kwalifikasie kan net beteken dat die vorige saak tog in bepaalde
omstandighede as res judicata kan geld, alhoewel iets anders geëis word. (Vgl
die opmerkings van VAN DIJKHORST R in Boland Bank Bpk v Steele supra
op 270 A-C).
Met die aanknopingspunte wat GREENBERG R in die gemenereg gevind het, moes hy nog oorweeg hoe dit op die feitekompleks voor die hof aangewend moes word. By hierdie oorweging het hy verdere aanknopingspunte gesoek en gevind in die Engelse reg. Dit het hy gedoen op die grondslag dat die onderliggende ratio van res judicata in ons reg en in die Engelse reg wesenlik dieselfde is. (Die ooreenstemming tussen die formulering van die ratio in Phipson, wat deur GREENBERG R aangehaal is, en dié in latere uitsprake van hierdie hof, is opvallend: sien Le Roux en 'n Ander v Le Roux 1967(1) SA 446 (A) op 461H-462A en Custom Credit Corporation (Pty) Ltd
29
v Shembe supra op 472A-E.) Op dié manier het hy by Spencer Bower
uitgekom, en aan die hand van wat hy gesê het, tot die slotsom gekom dat die bewering van kansellasie 'n onontbeerlike bestanddeel was van die eisoorsaak in die vorige saak, dat 'n beslissing daaroor noodsaaklik was vir die beslissing in die vorige saak, en dat die verweer van res judicata dus moes slaag. (Vgl die opmerkings van DIDCOTT R in Lurlev (Pty) Ltd v Unifreight General Services (Pty) Ltd and Others 1978(1) SA 74 (D) op 79 D-H.)
Om in hierdie omstandighede te sê dat die beslissing in Boshoff v Union Government verwerplik is omdat die hof die gemenereg versaak en Engelse reg ingevoer het, is na my mening kortsigtig. Volgens my beskouing van die saak het die besondere feite van die geval die hof genoodsaak om te oorweeg of die strene gemeenregtelike vereistes van die exceptio rei judicatae eng en beperkend toegepas moes word dan wel op 'n aanpasbare wyse met die oog op nuut-voorkomende feitekomplekse. Dat die hof 'n uitbreidende toepassing verkies het met 'n beroep op Spencer Bower beteken nie dat daar 'n volskaalse oorname met romp en stomp van al die Engelsregtelike reëls insake res judicata
30 plaasgevind het nie. Dit is wel waar dat GREENBERG R gesê het die
uittreksel uit Spencer Bower "correctly lays down the rule", maar in daardie
spreekwyse behoort nie meer gesien te word as dat die uittreksel beskou is as
die formulering van 'n toets wat geskik en gepas was om op die feite van die
saak toe te pas ten einde 'n resultaat te bereik nie. Daar was toe nog nie sprake
van 'n "leerstuk van 'issue estoppel'" nie; dit het eers later gekom. In soverre
Spencer Bower se formulering as die beliggaming van die latere "leerstuk"
beskou kan word, kon dit na my mening sekerlik nie die hof se bedoeling
gewees het om te beslis dat die "leerstuk" met huid en haar voortaan deel van
ons reg sou vorm nie.
Gevolglik is dit onvanpas om te postuleer dat hierdie hof moet beslis of
die leerstuk van geskilpunt-estoppel deel van ons res geword het. Die vraag
ontstaan eenvoudig nie. Die ware betekenis van Boshoff v Union Government
is dat die beslissing ingehou het dat die streng gemeenregtelike vereistes vir 'n
verweer van res judicata (in die besonder: eadem res en eadem petendi causa)
nie in alle omstandighede letterlik verstaan moet word en as onwrikbare reëls
31
toegepas moet word nie, maar dat daar ruimte is vir aanpassing en uitbreiding,
aan die hand van die onderliggende vereiste van eadem quaestio en die ratio
van die verweer. In hierdie lig beskou, kan daar na my mening in beginsel nie
fout gevind word met die benadering van die hof in Boshoff v Union
Govemment nie. Die onaanvaarbare altematief sou wees om met letterknegtige
formalisme vas te klou aan stellings in die ou bronne, wat onversoenbaar sou
wees met die lewenskragtige ontwikkeling van die reg om te voorsien in die
behoeftes van nuwe feitlike situasies. Dit is egter nie aangewese om 'n mening
uit te spreek oor díe vraag of die werklike resultaat wat op die feite van daardie
saak bereik is, bevredigend is al dan nie, omdat die feite van die huidige saak,
soos wcldra sal blyk, heeltemal verskillend is. Elke saak moet volgens sy eie
feite beslis word. Dit is ook nie doenlik om in abstrakte terme rigsnoere te
probeer formuleer wat op alle situasies van toepassing gcmaak sou kan word
nie. Byvoorbeeld, een van die feite in Boshoff v Union Govemment was dat
in die vorige saak vonnis by verstek verkry is. Uit 'n terloopse opmerking van
GREENBERG R op 351 blyk dit dat daardie feit nie namens die eiser opgehaal
32
is in antwoord op die verweer van res judicata nie. In 'n toekomstige saak mag
dit wel nodig word om te oorweeg of dit raadsaam is om in sulke omstandighede 'n uitgebreide aanwending van die verweer te erken. Maar dit is nie vir hierdie hof om in die huidige saak daaroor te besin nie, omdat die vraag nie hier ter sprake kom nie. Ons het le doen met 'n bepaalde stel feite waarop die hof a quo die rigting wat in Boshoff v Union Govemment ingeslaan is en wat daarna in 'n hele reeks sake gevolg is, toegepas het. Daardie rigting, soos ek probeer aantoon het, is op sigself nie in beginsel verwerplik nie. Ons taak is net om te bepaal of die toepassing daarvan op die huidige feíte geregverdig is.
Dit bring my by die advokate se argumente wat ek in (b) en (bb) hierbo opgesom het. Die onderliggende gedagte daanan is dat daar 'n stel afgebakende "vereistes vir die aanwending van die leerstuk van geskilpunt-estoppel" in ons reg bestaan. Dit verg kommentaar, aansluitend by die bespreking hierbo. Van die Kommissaris se kant word gesê dat die vereistes gevind moct word in die Engelse reg van vandag; van Absa se kant, dat dit
33 gevind moet word in die uitsprake in Boshoff v Union Government en die sake
wat daarop gevolg bet. Nie een van die standpunte is sonder kwalifikasie
korrek nie. Die vraag wat beslis moet word, is of die uitgebreide
aanwendingsveld van 'n verweer van res judicata wat in die beslissings op
provinsiale vlak aanvaar is, met die oog op die feite van hierdie geval aanvaar
behoort te word. Wat hierdie hof betref, is die "vereistes" waarvolgens die
vraag beantwoord moet word, nog nie uitgemaak nie; dit sal slegs kan geskied
by wyse van ontwikkeling van geval tot geval. Wat die huidige geval betref,
moet as uitgangspunt nagegaan word in hoeverre die feitlike omstandighede
ooreenstem met, of verskil van, dié wat recds in ons regspraak aandag geniet
het, en dus in hoeverre die beredenering in die uitsprake hier toepaslik is. Die
uittreksel uit Spencer Bower wat in Boshoff v Union Government aangehaal is,
kan as 'n gerieflike algemene uitgangspunt van die ondersoek gcbruik word.
maar in die loop van sy betoog het mnr Smalberger 'n veel verreikender
uitwerking daaraan toegeskryf. Hy het so ver gegaan as om voor te stel dat die
vereistes vir die gebruik van geskilpunt-estoppel in ons reg uitsluitlik in daardie
34 uittreksel opgesluit lê en dat daar nie verder as dit gekyk moet word nie. So
'n benadering is klaarblyklik verkeerd en dit word verwerp. Mnr Dunn se
beroep op die resente Engelse regspraak is nie misplaas nie, onderhewig aan die
voorbehoud dat dit in die regte perspektief gesien moet word. In soverre dit
die suggestie inhou dat die Engelse beslissings vanself bepalend is van die
vereistes vir die gebruik van geskilpunt-estoppel in ons reg, moet dit ook
verwerp word. Maar daar kan geen beswaar teen wees om by die verdere
ontwikkeling van ons reg oorweging te skenk aan die wyse waarop die
toepassing van "issue estoppel" in die Engelse reg ontwikkel het nie. Trouens,
vanweë die feit dat Spencer Bower se uiteensetting van die destydse posisie in
die Engelse reg as 'n leidraad gebruik is vir die beslissing in Boshoff v Union
Government. sou dit onverstandig wees om nie die verdere leidrade op te volg
wat in die Engelse beslissings sedendien gevind kan word nie.
Dit is wenslik om iets verder te se oor terminologie. Soos nou al reeds
geblyk het, kan dit misleidend wees om met betrekking tot ons reg te praat van
die "leerstuk" van geskilpunt-estoppel. Ons kan selfs klaarkom sonder die
35 uitdrukking "geskilpunt-estoppel". Terselfdertyd sou dit te puntenerig wccs om
kapsie te maak teen die gebruik van daardie uitdrukking, bloot omdat dit uit die
Engelse reg afkomstig is. Dit is reeds ingeburger in ons praktyk en dit is 'n
gerieflike tiperende beskrywing van gevalle waar daar streng gesproke nie aan
die tradisionele vereistes van res judicata voldoen word nie omdat in die twee