South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1994 >> [1994] ZASCA 142

| Noteup | LawCite

Flemming v Kommissaris Van Binnelandse Inkomste (748/92) [1994] ZASCA 142; 1995 (1) SA 574 (AD); [1995] 1 All SA 510 (A) (30 September 1994)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

Saaknommer 748/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
T.FLEMMING Appellant
en

KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Respondent

Coram: JOUBERT, BOTHA, SMALBERGER, HARMS ARR

et NICHOLAS Wn AR

Datum van Verhoor: 13 September 1994

Datum gelewer: 30 September 1994

U I T S P R A A K JOUBERT. AR:

Hierdie is 'n appèl direk na hierdie Hof vanaf die Noord-Kaapse Inkomstebelasting Spesiale Hof ("die Spesiale Hof') kragtens an 86A (5) van die Inkomstebelastingwet 58 1962 ("die Wet'"). Die geskilpunt tussen die

2

patye is of die Kommissaris van Binnelandse Inkomste ("die Kommissaris") se beshssing korrek is dat die appellant ("Mev. Flemming") as belastingpligtige vir dic belastingjaar geëindig 28 Februarie 1990 nie uit hoofde van an 11 (d) van die Wet by die berekening van haar belasbare inkomste op 'n aftrekking van R10 447-00 geregtig is nie. Mev. Flemming se appêl na die Spesiale Hof teen die Kommissaris se beslissing is afgewys en die aanslag is bekragtig.

Mev. Flemming is die vruggebruikster van die plaas Leeubosch wat aan 'n maatskappy behoort. Vir 'n inkomste verhuur sy die plaas as 'n weiplaas. Haar seun mnr. H.C.J. Flemming het ten behoewe van haar in die Spesiale Hof getuig. Volgens hom het mev. Flemming die plaas teen R14 000 per jaar aan mnr. Meintjies verhuur. Daar is op die plaas 'n bestaande boorgat (waama ek as die "eerste boorgat" sal verwys) met 'n windpomp en 'n gronddam om water vir die boerdery te verskaf. Algaande het die eerste boorsat nie meer dieselfde volume water as vantevore gelewer nie. Mnr. Meintjies het as huurder aangedring op verbetering van die watervoorsiening deur die eerste boorgat vir die behoorlike uitoefening van sy veeboerdery. Mnr. Flemming het toe reëlings met 'n boorman getref om 'n ander boorgat te boor. Die tweede boorgat is tot 'n diepte van 56m geboor maar dit is 'n droe" boorgat. Daar is toe 'n derde boorgat ongeveer 600m vanaf die eerste boorgat geboor. Dit is 81m diep en lewer voldoende water. 'n Nuwe windpomp is op die derde boorgat opgerig
3 met pype wat na 'n nuwe dam aangelê is. In die derde boorgat is net soos in

die eerste boorgat 21 m boorgatvoering geplaas. Volgens mnr. Flemming is die
eerste boorgat nie 'n droë boorgat nie. Dit lewer wel 'n straaltjie water wat
deur 'n swart gesin benut word wat op die plaas woon maar, soos vermeld, is

dit onvoldoende vir boerderydoeleindes. Die aftrekking van RlO 447-00

waarop mev. Flemming uit boofde van art 11 (d) van die Wet aandring, omvat

die koste vir die boor van die tweede en derde boorgate, die 21m

boorgatvocring, die aankoop en oprigting van 'n nuwe windpomp en

windpomptoring vir die derde boorgat, die bou van 'n dammetjie en die aanlê

van pype daarheen vanaf die nuwe windpomp.

Art 11 (d) van die Wet lui soos volg:

"Algemene aftrekkings hy vasstelling van belasbare inkomste

toegestaan.

By die vasstelling van die belasbare inkomste deur 'n persoon verkry uit

die beoefening van 'n bedryf in die Republiek word daar as aftrekkings

van so 'n persoon se aldus verkreë inkomste toegelaat -

(a). . .
(b)...
(c)...
(d)onkoste werklik gedurende die jaar van aanslag aangegaan aan herstel van eiendom wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waarvan inkomste ontvang kan word, met inbegrip van onkoste aldus aangegaan aan die behandeling teen aanval deur kewers van hout wat deel van bedoelde eiendom uitmaak en bedrae uitgegee aan die herstel van masjinerie, gereedskap,
werktuie en ander artikels wat deur die belastingpligtige vir die doeleindes van sy bedryf gebruik word."
Art 11 (d) van die Engelse teks van die Wet wat onderteken is, lui soos

volg:

"General deductions allowed in determination of taxable income For the purpose of determining the taxable income derived by any person from carrying on any trade within tbe Republic, thcrc shall be allowed as deductions from the income of such person so derivcd -
(a) ...
(b) ...
(c) ...
(d) expenditure actually incurred during the year of assessmenl on repairs of property occupied for the purpose of trade or in rcspcct of which income is receivable, including any expenditure so incurred on the treatment against attack by bcetles of any timber forming part of such property and sums expended for the repair of machinery, implements, utensils and other anicles employed by the taxpayer for the purposes of his trade".

Die aftrekkings van onkoste waanvoor art 11 (d) voorsiening maak, kan

in drie kategorieë verdeel word:

1 Die eerste kategorie slaan op onkoste wat gedurende die jaar van aanslag werklik aan "repairs of property" wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waanvan inkomste ontvang kan word, bestee is. Die woord "property" ("eiendom" in die Afrikaanse teks) is blykbaar grond en geboue soos uit die konteks blyk deur die

gebruikmaking van die werkwoord "occupied" ("geokkuneer word" in die Afrikaanse teks).
2 Die tweede kategorie verwys na onkoste wat gedurende die jaar van aanslae werklik aangegaan is om hout wat deel van bedoelde eiendom ("such property") uitmaak deur behandeling ie beskerm leen aanvalle deur kewers. Hier verwys "bedoelde eiendom'' ("such property") terug na "property" ("eiendom") soos aangewend supra in die eerste kategorie, d.i. na grond en geboue wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waarvan inkomste ontvang word.
3 Die derde kategorie het betrekking op onkoste wat bestee is aan die "repair" ("herstel") van masjinerie ensovoorts wat die belastingpligtige gedurende die jaar van aanslag vir doeleindes van sy bedryf gebruik het. Prima facie verwys "masjinerie, gereedskap, werktuig en ander artikels" na roerende voorwerpe.

Die woorde "repairs", "repair" en "herstel" word nie in die Wet omskryf nie. Dit volg dat hul gewone grammatikale betekenis aan hulle geheg moet word ooreenkomstig die regsbeginsels soos toegelig in Landboukredietraad v Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk en Andere 1990 (1) SA 106 (A)op pll2 F-G:

"Dit is 'n erkende beginsel by die vertolking van wetgewing dat die

6
woorde van 'n wetsbepaling in hul gewone grammatikale betekenis verstaan moet word tensy dit uit die samehang van die betrokke Wet sou blyk dat so 'n vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sou see of tot 'n resultaat sou lei wat strydig met die duidelike bedoeling van die Wetgewer sou wees, in welke geval 'n hof bevoeg sou wees om van die sewone grammatikale betekenis van die woorde af te wvk ten einde aan die duidelike bedoeiing van die Wetgewer gevolg te gee"

en die gesag aldaar verwys.

Dit is die eerste kategorie van onkoste vermeld in ant ll(d) wat in

hierdie appêl ter sprake is. Gevolglik is dit gerade om te let op die
grammatikale betekenis wat standaard woordeboeke aan sleutelwoorde in art 11

(d) se eerste gedeelte heg:

(a) Oxford English Dictionary. 2nd ed., vol 13 s.v. repair sb [substantive]

1 (a) The act of restoring to a sound or unimpaired condition; the

process by which this is accomplished; the result attained [obsolete]. Also pl [plural]. (b) spec [specifically]. Restoration of some material thing or structure by the renewal of decayed or wom out parts, by refixing what has become loose or detached etc; the result of this. Also pl [plural] (freq in mod. use) [frequently in modcm use].

2 (a) Relative state or condition of something admitting or susceptible

of restoration in event of actual or possible damage or decay; chiefly of buildings or other composite structures and in phr. [phrase] in good (or bad) repair. s.v. repair v [verb]

2 10 restore (a composite thing structure etc.) to good condition by renewal or replacement of decayed or damaged parts, or by refixing what has given way: to mend.
3 To renew, renovate (some thing or part); to restore to a fresh or sound condition by making up in some way for previous loss, waste, decay or exhaustion (In later use commonly with approximation to sense 2).
(b) Websters Third New International Dictionary. 1993
s.v.repair n [noun]
1 (a): the act or process of repairing: restoration to a state of
soundness, efficiency, or health (the boat was beyond repair).
2 (a): relative condition with respect to soundness or need of repairing
(the car is in reasonably good repair, the building is in poor repair).
3 repairs pl [plural]: the portion of maintenance charges expended to
keep fixed assets in adequate and efficient operating condition and
recorded on the books as expense - contrasted with renewal and
replacement
(c) The American Heritage Dictionary of the English Language 1981
s.v. repair tr. v. [transitive verb].
1To restore to sound condition after damage or injury.
2To set right, remedy.
3To renew or refresh.

(d) HAT. Verklarende Woordeboek van die Afrikaanse Taal. 1994
s.v. herstel w w [werkwoord]

1 (a) Terugplaas, terugbring . . .

(b) In sy oorspronklike toestand bring: 'n Herstelde skildery, geskiedkundige gebou, ou Statebybel.

2 Weer in 'n bruikbare toestand bring: 'n Motor herstel, Kan ons
nie probeer om hul griewe te herstel nie?

4 Weer tot sy vorige goeie toestand terugkeer: Die veld. mark
herstel stadigaan.

s.v. herstel snw [selfstandige naamwoord]

s
Proses resultaat van herstel herstelling. s.v. herstelwerk

Werk bestaande in die heelmaak van stukkende goed. Die garage se herstelwerk is nie na wense nie. (e) Labuschagne en Eksteen: Verklarende Afrikaanse Woordeboek, 8ste druk, 1992 s.v. herstel (s) [selfstandige naamwoord]

1 Genesing, beterskap
2 Regmaak
3 Terugplasing
s.v. herstel (w) [werkwoord]
1Genees
2In die vorige toestand terugbring of terugkom
3Wat stukkend is repareer, in orde bring
4Verbeter
5Terugbesorg
6Gesond word
7Ongedaan maak
8Verwyder, uit die weg ruim. s.v. herstelwerk

Werk wat gedoen word om iets reg te maak.

Die gemeenskaplike betekenis van al hierdie omskrywings in die woordeboeke van "repair", "repairs" en '"herstel" is dat huile betrekking het op die reemaak, opknap of herstel van 'n voorwerp wat in vergelyking met sy vorige toestand 'n gebrek of tekortkoming opgedoen het. Uit die samehang van art 11 (d) blyk dit dat daardie voorwerp fisies of konkreet is soos grond en
9 geboue. masjinerie, gereedskap, werktuie ensovoorts wat deur die

belastingpligtige vir doeleindes van sy bedryf gebruik word. (Volgens an 1 se
omskrywing van die woord "bedryf" sluit dit die "verhuur van eiendom" in.)

Mnr. Derksen het namens mev. Flemming betoog dat die plaas

Leeubosch 'n kapitaalstruktuur is. Voortbouende hierop het hy beweer dat die

grondliggende beginsel tot art 11 (d) is dat 'n belastingpligtige geregtig sou wees

om die verdienvermoë van 'n kapitaalstruktuur in stand te hou tot die mate wat

laasgenoemde gehad het toe dit oorspronklik deur die belastingpligtige verkry

is. Waar daardie verdienvermoë egter met tydsverloop verswak of verklein het,

soos in die onderhawige geval met die eerste boorgat se watervoorsiening,

behoort 'n belastingpligtige geregtig te wees kragtens art ll(d) op 'n aftrekking

van sodanige uitgawes wat nodig is om die verdienvermoë te herstel of te

behou wat die kapitaalstruktuur gehad het toe die belastingpligtige sy of haar

regte ten opsigte daarvan verkry het. Op hierdie basis sou mev. Flemming uit

hoofde van art 11 (d) geregtig wees op die aftrekking van die onkoste van

RlO 447-00 weens die herstel van die verdienvermoë van die plaas Leeubosch

deur die herstel van sy watervoorsiening.

10

My probleem met hierdie betoog van mnr. Derksen is dat cit uit die 002

verloor dat art 11 (d) nic regstreeks gemoeid is met onkoste wat vir die herstel van die verdienvermoë van 'n eiendom deur 'n belastingpligtige aangegaan is nie. Art 11 (d) het betrekking op onkoste wat aan die herstel van die eiendom self bestee is. Ons is ook nie deur hom verwys na enige bepalings van die Wet waarop hierdie betoog kan stcun nie. Na my oordeel is hierdie betoog sonder meriete en derhalwe onaanvaarbaar.

In die Engelse regspraak word probieme ervaar om riglyne daar te stel ten einde tussen die begrippe "repair" (herstel) en "improvement" (verbetering) te onderskei. Dit blyk veral uit gewysdes waar "covenants to repair" aangegaan is maar kan ook op wetgewing betrekking hê. Die probleme word vererger deur die erkenning dat "repair might involve some degree of improvement." In Morcom and Others v Campbell-Johnson and Others [1955] 3 All ER 264 (CA) het Denning LJ tereg op p 266F die volgende erkenning gemaak: "I find great difficulty in framing a definition of what is an 'improvement' as distinct from a 'repair'." Raadplceg ook gewysdes soos: Lurcott v Wakely and Wheeler [1911] 1 K B 905 (CA) Margrett (H M Inspector of Taxes) v The

11

Lowestoft Water and Gas Company 19 T.C. 481. Wates v Rowland [1982] 1 All E R 470 (CA).
Ons regspraak het tot dusver ook nie daarin geslaag om presiese riglyne neer te lê ten einde die begrippe "repair" (herstel) en "improvement" (verbetering) van mekaar te onderskei nie. Die oplossing moet gevind word deur die toepassing van die grammatikale betekenis van "repair" (herstel) op die feite van elke spesifieke geval.

Ek behandel nou die toepassing van die grammatikale betekenís van die woorde "repair","repairs" en "herstel" in die onderhawige saak.Mnr.Derksen het betoog dat die eerste boorgat en die windpomp daarop as 'n ondergeskikte deel van die plaas beskou moet word, en dat "herstel van eiendom" ("repairs of property") in an 11 (d) ook insluit die vervanging van 'n ondergeskikte deel van eiendom wat onklaar geraak het, soos byvoorbeeld blyk uit ITC 1264. 39 SATC 133 en die gesag daar aangehaal. Die probleem met hierdie betoog is dat dit nie pas op die feite van hierdie saak nie. Mev. Flemming het nie bewys dat die eerste boorgat of die windpomp daarop onklaar geraak het nie. Haar getuie het gesê hy "glo" dat die wande van die boorgat weggekalwe het, maar
dit blyk dat sy geloof op hoorsé berus het dit was gebaseer op "advies" wat hy van 'n boorman gekry het. Elders in sy getuienis spreek hy die mening uit dat die eerste boorgat op 'n "swak aar" was. Daar is dus geen toelaatbare of aanvaarbare getuienis dat daar iets met die boorgat self verkeerd gegaan het wat die vervanging daarvan genoodsaak het nie. Die feitelike grondslag van mnr. Derksen se betoog bestaan dus nie. Volgens die aangevoerde getuienis moet dit aanvaar word, omdat die teendeel nie bewys is nie, dat die beskikbaarheid van water uit die eerste boorgat verminder het bloot as gevole van die feit dat daar ondergronds op daardie plek minder water beskikbaar was. Op daardie grondslag kan die nuwe boorgat nie beskou word as 'n herstel dcur vervanging van die eerste een nie, maar was dit 'n aanvulling van die plaas se watervoorraad.

'n Analoë geval het hom in ITC 1097, 28 SATC 290, voorgedoen waar 'n verhuurder as belastingpligtige op sy verhuurde plaas 'n nuwe boorgat met 'n windpomp 50 treë vanaf 'n ou boorgat gesink het. Laasgenoemde het wel water gelewer maar veel minder as voorheen. Geen herstelwerk is aan die ou boorgat gedoen nie. Die Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof het tereg
13 die verhuurder se appèl dat die onkoste vir die nuwe boorgat in terme van

art 11 (d) neerkom aan "herstel van eiendom" algewvs. Trollip R beslis op

p29l soos volg:

"Gevalle van eintlike reparasies aan 'n bestaande boorgat is maklik om te bedink en hierdie is nie so 'n geval nie. Ons insiens, kan die sinking van 'n nuwe boorgat op 'n ander plek op die plaas geensins as reparasie van die bestaande boorgat beskou word nie. Nog minder kan dit as
reparasie of herstelwerk aan die plaas self geag word nie."

Verder beslis hy op p291 oor die nuwe boorgat die volgende:

"Nog die ou boorgat nóg die plaas is daardeur herstel of gerepareer nie; die ou boorgat werk nog steeds alhoewel met verminderde waterlewering . . ."

Na my oordeel het Trollip R tot die korrekte resultaat gekom.

Die R10 477-00 het mev. Flemming nie as onkoste vir die herstel van die eerste boorgat as 'n ondergeskikte en onafskeidelike deel van die plaas bestee nie. Sy het hierdie bedrag bestee aan die tweede en derde boorgate met 'n nuwe windpomp nie "on repairs of property" soos art 11 (d) vir 'n aftrekking vereis nie. Sy het dit bestee vir die verbetering van watenoorsiening wat niks met "repairs of property" te doen het nie en derhalwe volkome irrelevant vir
14 doeleindes van art 11 (d)is.

Dit volg dat na my oordeel het die Spesiale Hof tereg mev. Flemmins

se appèl teen die Kommissaris se beslissing afgewys en die aanslag bekragtig.

Die appèl word afgewys met koste.

C.P. JOUBERT AR

BOTHA AR

SMALBERGER AR STEM SAAM

HARMS AR

NICHOLAS Wn AR