![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer 166/92 /al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van :
EDDIE
TEBOGO MASHILE APPELLANT
EN
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : HOEXTER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER WND. AR
EX TEMPORE UITSPRAAK GELEWER OP 24 MEI 1993
KRIEGLER WND. AR/..
2
KRIEGLER WND. AR :
Die appellant is in die landdroshof te Phalaborwa skuldig bevind aan 'n
oortreding van a. 120(1) van die Padverkeerswet no 29 van
1989 deurdat hy 'n
motorvoertuig op die openbare pad tussen Mica en Phalaborwa nalatig bestuur het.
'n Appèl (teen skuldigbevinding
alleen - die straf was 'n opgeskorte
boete) na die Transvaalse Provinsiale Afdeling word afgewys maar verlof tot
verdere appèl
word aldaar verleen.
Die verhoorhof se feitebevindings
word - en kan nie - betwis word nie. Die appellant het teen 'n lang opdraende na
'n blinde hoogte
oor 'n sperstreep 'n reeks bewegende voertuie ('n motorkar
agter 'n voorhakker-leunwa-en-sleepwa-kombinasie) verbygesteek. Die bestuurder
van die motorkar het juis agter die vragmotor-kombinasie gebly omdat hy
verbysteek gevaarlik geag het. Die betroubaarheid van sodanige
oordeel staan
vas: die bestuurder was
3
'n ervare verkeersbeampte; sy kollega en passassier beaam dit
en, les bes, die verhoorlanddros het na aanleiding van 'n inspeksie
ter plaatse
tot dieselfde slotsom gekom.
In die hof a quo - en opnuut in hierdie
hof -is die betoog namens die appellant gebaseer op relatiewe snelhede, afstande
en onderlinge sigbaarheidsperke.
Aan die hand daarvan is dan aangevoer dat daar
nie bewys is dat die appellant enige potensiële gevaar geskep het nie.
Vervolgens
is dan geredeneer dat die skuldigbevinding berus bloot op die
veronagsaming van die sperstreep en gevolglik 'n bedekte aanwending
van die
versari in re illicita-leerstuk is.
Maar die betoog is beide in sy vertrekpunt en in sy ontplooiing wesensgebrekkig. Ten eerste, wat betref die vertrekpunt, is dit prinsipieel verwerplik om 'n rekenkundige metode op geskatte gegewens toe te pas en dan die resultaat as eksak
4
aan te bied. In hierdie geval, soos dikwels in verkeersake gebeur, is die basiese gegewens niks meer nie as die getuies se rekonstruksie in die hof van indrukke ten tyde van die gewraakte gebeure. Dis aanvanklik feilbare skattings, wat dan deur opvolgende gebeure en geheuevervaging vertroebel word. Om dit dan met matematiese formules te gaan verwerk in die geloof dat 'n naastenby akkurate resultaat tevoorskyn gaan kom, is 'n dwaling. Daar kan met vrug herhaal word wat Van den Heever AR op kenmerkend treffende wyse in Santam Bpk & African Guarantee & Indemnity Co Ltd v Moolman 1952 (2) PH 016 (A) gesê het:
"Ons is vergas op 'n rekenkundige vertoog omtrent die relatiewe bewegings en stand van ... voertuie op verskillende tydstippe. Myns insiens was dit tydverkwisting ... Dan steun die berekeninge verder op gissings omtrent snelheid uitgedruk in soveel voet per sekonde.
5
Om die rekenkundige metode op rekbare gegewens
toe te pas is slegs om die ongewisse met die
onbekende te
vermenigvuldig." Presies hoe vinnig iedereen van die voertuie mag gery het; wat
hulle afmetings en volgafstande mag gewees
het; wat nou juis die "kruin" van die
blinde hoogte en die afstand van daar na die een of die ander van die
voortsnellende voertuie
op 'n bepaalde tydstip was, is alles rekbare
gegewens.
Wat nie rekbaar is nie is dat twee verkeersbeamptes ten tyde
én die verhoorhof deur middel en met behulp van 'n inspeksie die
appellant se maneuver as gevaarlik aangemerk het. Sodanige oordeel lê
natuurlik die skuldigbevinding ten grondslag en nie '
n beroep op die lank reeds
gediskrediteerde leerstuk nie. Die feit dat daar ' n sperstreep was, is maar een
van die omstandighede
wat in die weegskaal geplaas is - en tereg. Dit is immers
vir die motoris 'n aanduiding
6
dat die verkeersowerhede meen dat verbysteek gevaarlik kan wees. Daar is geen blyke in die verhoorhof se uitspraak dat die aanwesigheid van die sperstreep tot sluitsteen verhef is nie. Die appél word afgewys.
J.C. KRIEGLER WND. APPèLREGTER
HOEXTER AR ]
STEM SAAM EKSTEEN AR ]
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1993/65.html