![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
LL Saak No 505/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appél van:
CLAUDE C WAMBACH Appellant
teen
MAIZECOR INDUSTRIES (EDMS) BPK Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, EKSTEEN,
F H GROSSKOPF ARR en VAN COLLER Wnd AR
VERHOORDATUM: 1 MAART
1993
REDES INGEHANDIG: 11 MAART 1993
REDES VIR UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Gedurende September 1987 het die appellant sy bakkie op die ou
Warmbad-Pretoriapad bestuur. Naby 'n skool het die appellant sy bakkie
na regs
laat draai. Dit is toe getref deur 'n voorhaker wat 'n sleepwa met 'n tenk
daarop ("die kombinasie") getrek het. Die bestuurder
van die voorhaker was ene
Matsepe. As gevolg van die botsing het die voorhaker en die kombinasie omgeslaan
en is hulle vrywel ernstig
beskadig.
Later het die respondent die appellant
in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van skadevergoeding
aangespreek. Die respondent
het onder andere beweer dat dit die eienaar van die
voorhaker en die kombinasie was, en dat die botsing veroorsaak was deur die
nalatigheid
van die appel-lant. Laasgenoemde het die tweede bewering ontken en
bewys van die eerste geverg. Wat betref die verloop van sake totdat
die verhoor
begin het, hoef ek nog
3 slegs te meld dat tydens die
voorverhoorsamesprekings
genotuleer is dat "die verweerder [die appellant]
... sal ... die eiser [die respondent] se locus standi erken so gou bewys
daarvan gelewer is".
Nadat die respondent drie ooggetuies van die botsing,
insluitende Matsepe, opgeroep het, is 'n dokument by ooreenkoms tussen die
partye
ingehandig. Daarin het die partye op sekere "feite" ooreengekom. Ene
Retief, wat gesê het dat hy vlootbestuurder van die "Maizecor
groep" was,
het toe ten behoewe van die respondent getuig. 'n Aansoek om absolusie van die
instansie is gerig nadat Retief sy getuienis
voltooi en die respondent sy saak
gesluit het. Die appellant het toe aangevoer dat nie bewys is dat die respondent
die eienaar van
die voorhaker en die kombinasie was nie. Hierdie betoog is deur
die verhoorhof verwerp. Gevolglik is die aansoek afgewys. Die appellant
het
vervolgens self getuig en ook ander getuienis aan-
4 gaande die plaasvind van
die botsing gelei. Aan die einde van die verhoor het die verhoorhof bevind dat
die botsing te wyte was
aan die uitsluitlike nalatig-heid van die appellant.
Vanweë hierdie bevinding, asook sy vorige bevinding dat die respondent
genoeg-saam bewys het dat dit die eienaar van die voorhaker en die kombinasie
was, is vonnis ten bedrae van R76 567,20 met rente
en koste ten gunste van die
respondent toegestaan. Met die verlof van hierdie hof kom die appellant in
hoër beroep teen daardie
bevel.
Die eerste vraag wat voor ons beredeneer
is, was of die respondent wel sy beweerde eiendomsreg bewys het. Indien nie, was
dit vanselfsprekend
on-nodig om die nalatigheidsbevindinge te oorweeg.
Bogenoemde dokument lui soos volg:
"Die partye kom oor die volgende feite ooreen:
1) Die perd [die voorhaker] en sleepwa, wat die onderwerp van hierdie geding
5 vorm is:
a) geregistreer in die naam van
Maizecor
Bemarkingsmaatskappy
(Edms) Bpk
b) aangekoop in die naam van Maizecor
Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk
d
m v 'n huurooreenkoms waarvol-
gens lg maatskappy die krediet-
opnemer
was
c) rekenkundig as 'n bate verreken is
vir belastingdoeleindes in
die
naam van Silgro Voere (Edms) Bpk
a g v die feit dat die
gemelde
voertuie deur laasgenoemde maat-
skappy aangewend is.
2) Die Eiser is die houermaatskappy van
die Maizecor groep. Beide Silgro
Voere (Edms) Bpk en Maizecor Bemark-
ingsmaatskappy (Edms) Bpk is vol-
filiale van die Eiser; dus die Eiser
hou 100% aandeelhouding in die twee
maatskappye.
3) Die Eiser is 'n filiaal van 'n ander
maatskappy d w s 'n ander maatskappy
het ook aandeelhouding in Eiser, maar
nie uitsluitlik nie.
4) Die Versekeraar van die betrokke
voertuie het aan die Eiser die verlies
voortspruitend uit die tersaaklike
botsing, minus 'n bybetaling van
R5 000,00, betaal ...
6
5) Elke maatskappy hierbo vermeld dien 'n aparte belastingopgawe in."
Die huurooreenkoms waarna in para
l(b)
verwys word, is nie voor die verhoorhof geplaas nie.
'n Mens weet dus
nie of dit 'n meganisme bevat het
waarvolgens die "huurder" eienaar van die
verhuurde
sake kon word nie. Ten gunste van die respondent
veronderstel ek
egter dat op een of ander stadium
voor die botsing een van die maatskappye
in die Maizecor-groep wel eienaar van die verhuurde goed geword het.
Retief
se getuienis is nie van veel waarde nie. Hy was nie lid van die direksie van die
res-pondent of enige van sy filiale nie en
was slegs in beheer van die vloot
voertuie wat deur die groep gebruik is. Van die finansiële betrekkinge
tussen lede van die
groep het hy geen kennis gehad nie. Sy eerstehandse
informasie kan soos volg opgesom word:
7
(a) Die respondent se direksíe, by monde van mnr Johann Roode wat die houer van 90% van die respondent se aandele is, het hom opdrag gegee om die voorhaker en die kombinasie "aan te koop". Dit moes hy doen namens Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk ("Bemarkings"). (b) Die kontrak (of moontlik kon-trakte) waarvolgens die bates "aangekoop" is, is aangegaan tussen Bemarkings en 'n ongeïdentifiseerde bank. (c) Bemarkings het die verskuldigde bedrae betaal. (d) Alle voertuie wat deur die groep gebruik is, is deur die jare deur Bemarkings aange-koop. (e) Die respondent het ongeveer 13 filiale, insluitende Bemarkings, gehad en sy direksie het besluit welke filiaal 'n bepaalde voertuig sou
8 gebruik.
(f) Roode en
die bestuurders van Bemarkings en Silgro Voere (Edms) Bpk ("Silgro") was die
direkteure van die respondent.
Retief het ook gesê dat Bemarkings nie '
n eie direksie gehad het nie, en dat daar slegs ' n
"Maizecor direksie" was. Sy getuienis hieroor is
alles behalwe duidelik,
maar 'n mens kan aflei dat
die direksie van die respondent effektief as
direksie
van elke filiaal opgetree het.
Die verhoorhof se motivering vir
die afwys van die aansoek om absolusie van die instansie is, met eerbied,
moeilik begrypbaar. Dit
is dus onnodig om daarby stil te staan.
Wat vasstaan,
is dat die tersaaklike kon-trak aangegaan is tussen die verhuurder en
Bemark-ings; dat laasgenoemde die betaalbare bedrae
vereffen het, en dat dit
geskied het in opdrag van
9 persone wat as direkteure van die respondent en
Bemarkings fungeer het. Benewens die bank was Bemarkings dus prima facie
die enigste kontraksparty. En indien iemand vanweë die kontrak eienaar van
die verhuurde goed geword het, was dit Bemarkings.
Dit is natuurlik moontlik dat
Bemarkings as verteen-woordiger van 'n ongeopenbaarde prinsipaal - die
respondent - opgetree het. Geen
getuienis ter ver-gestalting van hierdie
moontlikheid is egter gelei nie. Inteendeel spreek die feit dat Bemarkings die
verskuldigde
bedrae betaal het teen sodanige hipo-tese.
'n Ander moontlikheid is dat Bemarkings na die aangaan van die kontrak sy regte daarvolgens aan die respondent oorgedra het. Weer eens is daar egter geen getuiênis wat daarop dui dat dit wel gebeur het nie.
Die respondent se advokaat het nietemin
10 betoog dat eiendomsreg van die voorhaker en kombina-sie in die respondent gesetel het omdat, so is aan-gevoer, sy direksie die volle beskikkingsreg daaroor gehad het, en veral omdat die direksie kon besluit oor die aanwending en vervreemding daarvan. Die feit dat die direksie van 'n kontrolerende maatskappy effektiewelik oor die lotgevalle van 'n bate van 'n filiaal besluite kan neem, bring egter nie mee dat dit daarom 'n bate van die kontrolerende maatskappy is nie. Spesifiek wat vervreemding betref, bly die betrokke saak 'n bate van die filiaal totdat gevolg gegee word aan 'n vervreemdingsbesluit. Dan ook kon die direkteure van die respondent nie as sulks Bemarkings regtens bind nie. Hulle kon dit slegs doen indien, en dan omdat, hulle tegelykertyd ook direkteure van Bemarkings was.
Maar welke bevoegdhede die direksie van die respondent ook al ten opsigte van bates van Bemark-
11
ings kon uitoefen, is daar geen getuienis van uit-oefening daarvan nie. Op sy
beste vir die respondent was die posisie van sy direksie
analoog tot dié
van
'n agent wat deur sy prinsipaal gemagtig is om laas-genoemde se bate te
vervreem. Totdat vervreemding geskied, bly die saak die eiendom
van die
prinsi-paal.
Die respondent se advokaat het tereg aan-vaar dat die respondent
en Bemarkings afsonderlike entiteite is, elk met sy eie regte en
verpligtinge.
Hy het hom egter beroep op 'n aantal - meestal Engelse - gewysdes waarin, so is
aangevoer, daar 'n ontsluiering van
korporatiewe identiteite plaasgevind het ten
einde gevolg te gee aan kommersiële realiteite. Nie een van dié
gewysdes
is in die onderhawige geval van nut nie. Enige poging tot ontsluiering
lei tot totale duisternis. 'n Mens weet nie wat die bestaansreg
van Bemarkings
is nie. ,Ook
12 nie waarom nou juis Bemarkings, en nie, sê, die
respondent, die een kontraksparty was nie. Ook nie of die voorhaker en
kombinasie
in die finansiële state van die respondent en Bemarkings as
bates van die een of die ander aangetoon word nie. En ten slotte
ook nie waarom
die respondent die voertuie blykbaar in eie naam verseker het nie.
In die
verbygaan kan ek meld dat in Adams and Others v Cape Industries PLC and
Another (1990) Ch 433 op 532 en 543, die Court of Appeal klaarblyk-lik nie
akkoord gegaan het nie met uitlatings in vroeëre beslissings
aangaande
ontsluiering waarop die respondent se advokaat peil probeer trek het.
Die
respondent het gevolglik nie bewys nie dat dit die eienaar van die voorhaker en
kombinasie was, of trouens op enige stadium een
of ander reg daarop verkry
het.
Om bogenoemde redes is die appél by die
13
verhoor daarvan met koste gehandhaaf en is die bevel
van die verhoorhof met die volgende vervang:
"Absolusie van die instansie met koste word verleen."
Ten slotte word geboekstaaf dat tydens die
beredenering van die appél die respondent se aansoek
om kondonasie van sy versuim om tydig ingevolge
Appélhofreël
5(3)(c) 'n volmag te liasseer, toege-
staan is, en dat die respondent gelas is om die koste
meegebring deur die
aansoek te betaal.
H J O VAN HEERDEN AR
SMALBERGER AR
EKSTEEN AR AR
STEM SAAM F H GROSSKOPF AR
VAN COLLER Wnd AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1993/28.html