![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saaknommer:421/91
DE WITT Appelant
KNIERIM Respondent
Saaknommer 421/91 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
L L DE WITT APPELLANT
en
CARL KNIERIM RESPONDENT
Coram: JOUBERT, HEFER, EKSTEEN, VAN DEN HEEVER ARR
et KRIEGLER Wnd AR. Verhoor: 17 Augustus 1993 Gelewer: 28 September 1993
JOUBERT AR:
/2
2
UITSPRAAK
Hierdie is 'n appèl teen 'n
uitspraak van SELIKOWITZ R in die Kaapse Provinsiale Afdeling wat die appellant
("De Witt") se
aksie teen die respondent ("Knierim") met koste van die hand
gewys het. Die uitspraak van die Hof a quo is gerapporteer in 1991(2) S A
371 (C). Verlof om te appelleer, is deur die Hof a quo geweier. Met
verlof in terme van art 20(4)(b) van Wet 59 van 1959 kom De Witt tans in
hoër beroep na hierdie Hof.
De Witt, wat op Riviersonderend woon, is die
eienaar van die plaas Glyhoogte geleë in die distrik Bonnievale waarop sy
seun Nols
ten behoewe van hom boer. Hy was ook die eienaar van die plase
Hoekland en Bergsig wat suid van die plaas Glyhoogte geleë is.
Digby die
noordelike grens van die plaas Hoekland is twee damme A en B ongeveer 15 m van
mekaar af geleë. Tussen hulle is 'n
pompstasie met 'n elektriese pomp wat
water vanuit hulle pomp om deur 'n pyp na 'n grondsloot geneem te word. Van
daar
3
vloei die water ongeveer 1 km ver in die grondsloot na 'n
stoordam op die plaas Hoekland. Vanaf hierdie stoordam word die water oor
'n
afstand van 5 na 6 km in 'n grondsloot na 'n waterdam op die plaas Glyhoogte
geneem.
Wat die ligging van die plaas Hoekland en Bergsig betref, is hulle
nie aangrensend aan die plaas Glyhoogte nie maar wel naby mekaar
geleë. Die
plase Hoekland en Bergsig strek ongeveer 2 km suidwaarts na die
Riviersonderendberge. In laasgenoemde ontspring die
Boesmansrivier wat ongeveer
15 km noordoos vloei om by die Breërivier aan te sluit. Die
Saterdagsvoetpad-rivier is 'n sytak
van die Boesmansrivier wat ook sy oorsprong
in die Riviersonderendberge het. Dit vloei oor die plaas Hoekland oos van damme
A en
B om by die Boesmansrivier aan te sluit.
25 November 1980 het De witt die plaas Hoekland aan Knierim verkoop onderhewig aan die volgende voorwaardes betreffende sekere serwitute ten gunste van die
4
plaas Glyhoogte oor die plaas Hoekland, te wete :
"Die verkcping is onderworpe aan die volgende
serwituutregte wat deur die verkoper uitgehou word ten behoewe van sy plaas algemeen bekend as 'Glyhoogte', naamlik:
(a) 'n Serwituutreg van stoordam, ten opsigte van die nuwe dam op die plaas 'Hoekland' soos deur die partye aan mekaar uitgewys, tesame met serwituutregte van sloot en van toegang soos redelik benodig;
(b) 'n Serwituutreg op die twee bestaande fonteine op die plaas 'Hoekland' met die alleenreg vir die gebruik van die water van qenoemde fonteine tesame ook met die gebruik van die sloot wat daarmee saamgaan, en soos tans vir gebruik. Die elektriese pomp by die fonteine bly die verkoper se eiendom.
(c) Verkoper sal te eniger tyd geregtig wees om die serwitute voormeld op eie koste te laat registreer en sal koper alle nodige dokumente teken vir hierdie doel wanneer daartoe versoek."
(My onderstreping).
Ek sal na hierdie voorwaardes as die "serwituutooreenkoms"
verwys en sal straks met die inhoud daarvan handel. Op
5
hierdie stadium is dit voldoende om daarop te wys dat die woord
"fonteine" in klousule (b) slaan op damme A en B. Knierim het besit
van die
plaas Hoekland geneem terwyl De Witt die serwitute geskep deur die
serwituutooreenkoms veral tydens die droë somermaande
Januarie, Februarie
en Maart ten behoewe van sy plaas Glyhoogte uitgeoefen het.
Gedurende Maart
1985 het Knierim dam C iets meer as 60 m noord van dam B gebou. Die grondvlak
van dam C is laer geleë as die
grondvlakke van damme A en B. De Witt het in
die Kaapse Provinsiale Afdeling 'n dringende interdik teen Knierim verkry om hom
te
verbied om water uit dam C te pomp terwyl verlof aan De Witt toegestaan is om
water uit dam C te pomp hangende die instel van 'n
aksie deur De witt teen
Knierim.
Die aksie wat De Witt op 8 Januarie 1986 teen Knierim ingestel het, is 'n actio confessoria in rem wat teen die onregmatige inbreuk deur Knierim op die erfdiensbaarheid ten gunste van die plaas Glyhoogte as
6
praedium dominans ten aansien van damme A en B op die piaas Hoekland as praedium serviens gerig is. Volgens De Witt se Besonderhede van Eis het die onregmatige inbreuk bestaan in die wederregtelike maak van dam C "wat die toevloei van water na die fonteine opvanq of verhinder as gevolg waarvan die water in die fonteine wesentlik verminder het". (My onderstreping). Die fonteine word in sy Nadere Besonderhede toegelig as "twee natuurlike fonteine waar water natuurlik op die oppervlakte ontspring". Hierdie "fonteine" is in damme A en B geleë.
In sy pleit het Knierim erken dat hy dam C gemaak het. Hy het egter ontken dat dam C wederregtelik die vloei van water na die "fonteine" in damme A en B opvang of verhinder. Hy het spesifiek gepleit dat die water wat in dam C versamel nie water is wat na die gemelde "fonteine" vloei nie.
Die verwysing in die pleitstukke na "fonteine" in damme A en B is nie korrek nie. Volgens sy
7
gewone betekenis is 'n fontein 'n waterbron waar ondergrondse
water op 'n natuurlike wyse uit die grond ontspring. Tegnies gesproke
is dit 'n
plek waar die watervlak van ondergrondse water die grondvlakte sny.
Dit is
gemene saak dat daar geen sprake van ondergrondse water is wat in bepaalde of
vaste are (venae) na damme A en B vloei nie. By damme A, B en C het 'n
mens te doen met die ontbloting van grondwater deur gate in die grondoppervlakte
te grawe. Dit is in hierdie verband dat die begrip plaatvloei ter sprake
kom. Kriel, 'n siviele ingenieur, wat as deskundige ten behoewe van Knierim
getuig het, het daarop gewys dat die plase
Hoekland en Bergsig in 'n breë
vallei geleë is wat vanaf die Riviersonderendberge noordwaarts strek en in
die weste deur
die Boesmansrivier begrens word. Die Boesmansrivier is die
laagste punt in die vallei wat laer raak in die rigting waarin die
Boesmansrivier
vloei. Die vallei bevat alluviale grond wat as draer vir die
ondergrondse water dien.
8
Laasgenoemde is reënwater wat as ondergrondse syferwater vanaf die Riviersonderendberge deur die vallei, insluitende damme A B en C, na die Boesmansrivier en sy sytak die Saterdagsvoetpad-rivier vloei. Dit is wanneer plaatvloei van die ondergrondse water plaasvind, d.w.s. die ondergrondse water sprei oop in 'n breë plaat of front in die boonste laag van die grond sonder om 'n spieëlgladde of stilstaande watermassa te wees. Dit is 'n bewegende massa ondergrondse water wat steeds teen verskillende snelhede en watervlakke vanaf 'n hoër na 'n laer viak vloei totdat dit uiteindelik in die Boesmansrivier of Saterdagsvoetpad-rivier aankom.
Fourie, 'n landbou-ingenieur, wat as deskundige ten behoewe van De Witt getuig het, het die begrip plaatvioei in beginsel onderskryf.
Volgens ons gemene reg kan die eienaar van 'n grondstuk al die ondergrondse privaatwater gebruik wat nie die bron van 'n publieke rivier is nie tensy hy deur 'n
9
serwituut die reg ontneem is om dit te doen. Raadpleeg D 39.3.21 (Pomponius),
D 39.3.1.12 (Ulpianus), Voet 8.3.6, Union Government (Minister of Railways
and Harbours) v Marais and Others, 1920 A D 240 op bls 246-247,
269-270.
Om terug te keer na die serwituutooreenkoms in die onderhawige
geval. Dit beding o.a. 'n serwituutreg op damme A en B "met die alleenreg
vir
die gebruik van die water van genoemde fonteine [damme]". "Alleenreg" beteken
die uitsluitende reg wat 'n monopolie ten aansien
van damme A en B se water
verleen ( Rex v Boshoff, 1938 A D 464 op bl 472, Van den Berq and
Another v Rand Water Board, 1945 A D 691 op bls 706 - 707). Die bedoeling
van De Witt en Knierim as partye tot die serwituutooreenkoms was dat De Witt,
netsoos
voor die aangaan daarvan op 25 November 1980, kon voortgaan om al die
water uit damme A en B met die elektriese pomp te pomp en dit
dan met die sloot
te lei vir gebruik op die plaas Glyhoogte. Die elektriese pomp het die water
van damme A en B vanuit hierdie damme gepomp.
10
Die plaas Hoekland is wel in die naam van Knierim
geregistreer. Die inhoud van die serwituut-ooreenkoms is nog nie ten gunste van
dle plaas Glyhoogte
geregistreer nie. Knierim het transport van die plaas
Hoekland geneem terwyl De Witt die serwituutregte uitoefen sodat hulle informeel
gevestig is en inter partes tussen De Witt en Knierim bindend is.
Raadpleeg 1959 (22) T H R - H R bl 253-261 en die aangehaalde gesag.
Eiser De
Witt se pleitstukke is geensins 'n toonbeeld van helderheid wat betref die aard
van die ondergrondse water voordat dit in
damme A en B te voorskyn kom nie asook
die rigting waarin die ondergrondse water na damme A en B vloei nie. Op
verweerder Knierim se vraag in sy Versoek om
Nadere Besonderhede of die water na die fonteine "met 'n bepaalde of bepaalbare
ondergrondse stroom of aar
vloei of dat dit syfering is", is die antwoord in
para 3.2 van eiser De Witt se Nadere Besonderhede soos volg :
"Eiser maak geen bewerings omtrent die aard
11
van die ondergrondse vloei van water na dle fonteine nie. Vir die doeleindes van Eiser se saak is die besonderhede irrelevant en dit word gevolglik geweier."
Eers tydens die verloop van die verhoor het dit algaande duidelik geword dat De Witt se saak nie was dat Knierim die ondergrondse water wat suid na noord onderweg na damme A en B was, deur dam C wederregtelik onderskep, afgesny of verminder was nie. De Witt se saak het ontvou as sou Knierim wederregtelik deur dam C die vlak van die water in damme A en B verminder het. De Witt het egter geensins sy pleitstukke verander om met hierdie nuwe casus - posisie rekening te hou nie. Dit het die eintlike geskilpunt geword of De Witt daarin geslaag het om hierdie nuwe casus -posisie te bewys. Sy regsadviseurs was blykbaar van mening dat die bewering in sy Besonderhede van Eis as sou dam C wederregtelik "die toevloei van water na die fonteine [damme A en B] opvang of verhinder" wyd genoeg bewoord is om hierdie
12
nuwe casus - posisie te dek sonder dat sy pleitstukke
gewysig hoef te word.
Volgens die leke getuienis van De Witt en Nols was die
posisie voor die maak van dam C dat dit 12 uur geneem het om dam A leeg te
pomp.
So ook wat dam B betref. Na die konstruksie van dam C het damme A en B nooit
meer so hoog soos voorheen gestyg nie. Volgens
De Witt het die volvoorraadhoogte
van dam A maklik 2,5 m en dam B s'n 0,5 m gesak. Hulle is weerspreek deur die
getuienis van Knierim
asook Van Rhyn wat vir laasgenoemde getuig het. Afgesien
daarvan dat die Hof a quo na my mening tereg bevind het dat De Witt in
vele opsigte 'n onbevredigende en leuenagtlge getuie was, is die leke getuienis
na my
oordeel van weinige nut om die geskilpunt te besleg. Die geskilpunt moet
aan die hand van die deskundige getuienis van Fourie en
Kriel met inagneming van
drie toetse wat uitgevoer is, beslis word.
Kriel het die relevante gebied van die alluviale grond suid van damme A en B ondersoek ten einde die
13
aard van die ondergrondse water in die bolaag van die grond, die rigting van die vloei daarvan asook die watervlakke of waterhoogtes daarvan te bepaal. Met behulp van 'n graaf-masjien het hy 14 toetsgate in die betrokke gebied laat grawe. Soos supra vermeld, het hy vasgestel dat die ondergrondse water die aard van plaatvloei het wat in die rigting van die damme A B en C, die Boesmansrivier en die Saterdagsvoetpad-rivier vloei. Op 'n kontoerkaart het hy op skaal van die betrokke gebied die vloeilyne aangebring wat die bewegingsrigting van die ondergrondse water in die bolaag van die grond aandui. Vloeilyne kan wel van rigting verander maar nooit mekaar oorvloei nie. Hy het ook met kontoerlyne die watervlakke of waterhoogtes (in syfers) van die ondergrondse water aangedui. Die watervlakke is nie orals dieselfde nie. Ongelukkig was die aard van die terrein geleë vanaf damme A en B na dam C sodanig dat dit vir 'n graafmasjien ontoeganklik was. Hoe jammer dit ookal was dat geen toetsgate in hierdie terrein gemaak kon word om die
14
rigting en watervlakke van die ondergrondse water te bepaal
nie het dit egter desondanks Kriel se wetenskaplike bevindings, afleidings
en
gevolgtrekkings nie minder aanvaarbaar of aanneemlik gemaak nie.
Die volgende
is die mees relevante wetenskaplike stellings, beginsels en gevolgtrekkings wat
Kriel met betrekking tot damme A B en
C gemaak het:
1. Damme A B en C het elk hul eie afsonderlike en totaal onafhanklike sub-akwifere of bronareas wat hulle respektiewelik voed. Hierdie drie afsonderlike sub-akwifere vorm deel van een geheel. Die een wat vir dam C voed, kom uit heeltemal 'n ander rigting as damme A of B s'n. Vloeilyne wat dam A voed, is nie dieselfde vloeilyne wat dam B voed nie. Insgelyks is vloeilyne wat dam C voed nie dieselfde as wat vir dam A of dam B voed nie.
2. Dam A het 'n uiters beperkte sub-akwifer van waar ondergrondse water na hom vloei sodat dam A 'n minimale
15
hoeveelheid water in vergelyking met dam B kan lewer.
3. Die watervlakke in damme A en B staan nie met mekaar in verband nie sodat ontrekking van water uit die een nie die ander nadelig beïnvloed nie.
4. Daar kan geen sprake daarvan wees dat nadat dam c gemaak is water wat vroeër na damme A en B sou gevloei het nie meer by hulle uitkom nie maar in dam C beland.
5. Die blote bestaan van dam C beïnvloed nie die rigting van die vloeilyne na damme A en B nie.
6. Damme A B en C keer nie ondergrondse water voor nie. Hulle vang dit nie op nie en hulle stoor dit nie. Hulle ontbloot ondergrondse water deur gate wat gegrawe is. Daar vind gedurig vloei van grondwater deur hulle en ook onderdeur hulle plaas.
7. Wanneer ondergrondse water in dam B aankom as 'n kontinue bewegende stroom en dit word nie daar by aankoms of ontvangs uitgeneem nie, dan gaan dit by die stroomafwal van dam B in die grond wegraak, onderqronds
16
verder stroomaf beweeg en in alle waarskynlikheid in dam C arriveer. Indien dit by dam C nie verwyder word nie herhaal die proses homself en gaan dit by die stroomafwal van dam C weer in die grond wegraak en verder ondergronds beweeg na die Boesmansrivier wat die laagste punt in die alluviale vallei is.
Fourie wat as deskundige vir De Witt getuig het, was baie skepties oor die wetenskaplike grondslag van Kriel se getuienis asook die korrektheid van sy berekenings. Ek het reeds daarop gewys dat hy Kriel se begrip van plaatvloei in beginsel aanvaar het. Onder kruisonder-vraging het Fourie algaande al hoe meer toegewings gemaak wat Kriel se wetenskaplike stellings asook teoretiese berekenings daarop gebaseer, betref. Hy het bv. toegegee dat ondergrondse water in die algemeen van dam B beweeg deur die grond tussen dam B en C en dan verder ondergronds teen die helling af vloei indien dit nie in dam C uitgepomp is nie. Hy het sy vroeëre stelling verander deur toe te gee dat dit
17
moontlik is dat ondergrondse water in dam A of dam B wel
in
dam C kan beland. Die strekking van Fourie se getuienis was om 'n meer
praktiese benadering te probeer volg deur aanvanklik toets
A te doen wat hy deur
toetse B en C opgevolg het. Dit verg 'n kort ondersoek na hierdie toetse wat
deur sy tegnikus Lötter gedoen
is. 'n Algemene kritiek teen die wyse waarop
die drie toetse gedoen is, is dat hulle in vele opsigte aan presiesheid en
wetenskaplike
akkuraatheid tekort geskiet het. Toets A
Dit is gedurende 30 Januarie 1987 en 5 Februarie 1987 gedoen. Dit het ten doel gehad om deur dam C leeg te pomp, vas te stel of dit enige invloed op die watervlakke van damme A en B gehad het of nie. Die resultaat was dat dam C nie vir dam B nadelig beïnvloed het nie terwyl dam A se watervlak 11 cm gesak het.
Fourie was nie gelukkig met die resultaat van toets A nie. Dit het nie aangetoon dat die leegpomp van dam
18
C totdat dit leeg is 'n invloed op die watervlak van dam A
gehad het nie. Op toets A alleen kan die moontlikheid nie uitgeskakel word
nie
dat dit slegs die leeghou van dam C is wat die watervlak van dam A laat sak het
nie. Hy het toegegee dat wanneer dam C vol is,
het dit geen invloed op die
watervlakke van damme A en B nie. Op aandrang van De Witt is toetse B en C toe
gedoen.
Kriel daarenteen het toets A aanvaar omdat damme A en B se
watervlakke nie deur die leegpomp van dam C skerp gedaal het nie. Volgens
hom
bevestig dit dat damme A B en C hidrolies totaal onafhanklik van mekaar
funksioneer. Dam A word volgens hom deur 'n baie klein
akwifer bedien. Toets A
het sy teoretiese berekenings bevestig. Toets B
Dit was deur Lötter gedurende die tydperk 17 Augustus 1987 tot 21 September 1987 gedoen. Op 14 September 1987 was Lötter nie aanwesig om toesig te hou nie.
Volgens Fourie was die doel met toets B om vas
19
te stel of die waterlewering van damme A en B deur die maak van dam C verminder het sodat hulle 1/3 van die water lewer wat hulle voorheen gelewer het (soos De Witt en Nols beweer het). Het pompery uit dam C 'n invloed op damme A en B se waterlewering ? Dam B is nie leeggepomp nie. Dam A is wel leeggepomp terwyl damme B en C onaangeraak is. Toe is die opvultyd van dam A aangeteken. Daarna is dam A weer leeggepomp. Vervolgens word dam C leeggepomp en vir 3 dae leeg gehou. Dam A word toe leeggepomp terwyl dam C leeg is. Volgens Lötter wat noukeurig die tye om leeg te pomp en te laat volloop aangeteken het, het dit geblyk dat wanneer dam C leeg gehou word, dam A min of meer dieselfde volume water lewer ongeag die tyd wat dit gelaat is om vol te loop.
Fourie was nie tevrede met toets B nie en daarom het hy Lötter opdrag gegee om toets C te doen. Toets C
Hierdie toets was basies 'n herhaling van toets B behalwe dat dam C langer leeggehou is. Dam B is
20
glad nie leeggepomp nie. Die eerste fase van die toets was om dam C vol te hou terwyl dam A leeggepomp is en die tyd gemonitor is. Die tweede fase was om dam C leeg te maak terwyl water in dam A loop. Daarna is dam A leeggepomp vir sover dit water bevat het. Toe is dam C leeggepomp en daarna is dam A leeggepomp. 'n Vergelyking is toe gemaak met die tye wat dit geneem het om dam A leeg te pomp met dam C vol teenoor wat dit geneem het om dam A leeg te pomp met dam C leeg. Die resultaat was dat die tyd wat dit geneem het om dam A leeg te pomp met dam C leeg heelwat minder was as die geval toe dam C vol was. Fourie se gevolgtrekking was dat toets C bewys het dat dam C wanneer dit leeg is 'n nadelige invloed op dam A het. Volgens hom was die verklaring daarvoor dat die uitpomp van water uit dam C waarskyniik die watertafel versteur het, dit verlaag het en laat krimp het in die omgewing van damme A en B. Deur water uit dam A te onttrek, vorm daar 'n konus of vortex wat sy maksimum area in die grond bereik wanneer dam A leeg is. Die verskil in
21
watervlakke met dam C leeg en met dam C vol is daaran te wyte
dat uitpomp van water uit dam C die watertafel in die omgewing verlaag.
Dit het
'n effek op die hidroliese gradient deurdat dit die vloei van ondergrondse water
na dam C versnel. Volgens Fourie was daar
'n hidroliese verbintenis tussen dam C
en dam A.
Onder kruisondervraging het Fourie egter belangrike toegewings
gemaak. Hy het toegegee dat hy nie die moontlikheid kon uitskakel dat
De Witt
wel in die week vooraf uit dam C gepomp het nie. Hy het erken dat dit nie
moontlik was om met toets C 'n akkurate wetenskaplike
toets te doen nie. Hy het
ook erken dat die herhaalde leegpomp . van dam A meer water uit die sisteem
onttrek het as wat die sisteem
kon aanvul in die kort tydsduur van toets C.
Ofskoon dam B nie tydens toets C leeg gepomp is nie sou die uitwerking op dam B
ook
wees dat dit minder water sou lewer weens die leeghou van dam C.
Die erkennings en toegewings wat Fourie onder
22
kruisondervraging gemaak het, was gebaseer op wat Kriel
sou
getuig - Kriel het dit inderdaad getuig. Hy het ook getuig oor sy
wetenskaplike stellings, beginsels en gevolgtrekkings soos supra vermeld.
Dit verg geen herhaling nie. Volgens hom was toets A die korrekte toets. Toetse
B en C was leweringstoetse. Na sy mening
het dam A 'n baie klein beperkte
akwifer gebied sodat as onttrekking vinniger uit dam A plaasvind as wat die
geval met aanvulling
is dan kan dit 'n verminderde lewering van water
veroorsaak. Dit het gebeur deur vierkeer tydens toets C uit dam A binne 'n kort
tydbestek water te pomp. Volgens hom was die pomptempo van dam A te vinnig vir
die natuurlike aanvullingstempo. Die pomptempo van
dam A het sy verminderde
lewering veroorsaak. Daar was geen hidroliese verbintenis tussen dam A en dam C
nie. Tydens kruisondervraging
is sy getuienis geensins ontsenu nie.
Die Verhoorhof het die getuienis van Fourie bo Kriel s'n verkies sonder vermelding van redes (p 384 E - F).
23
Daarmee kan ek nie saamstem nie. Kriel het vir die siviele ingenieurswese gespesialiseer in die waterrigting met hidrolika en hidrologie as hoofvakke. Daarbenewens het hy in die praktyk 'n intensiewe kennis van die beweging van water in die boonste laag van die grond opgedoen. Hy het ook eerstehandse kennis met betrekking tot die alluviale valiei in die onderhawige saak opgedoen voordat die litigasie tussen De Witt en Knierim ontstaan het. Sonder om Fourie enigsins te na te kom, is dit my oorwoë mening dat Kriel se gevolgtrekkings 'n diepgaande wetenskaplike basis het (soos bevestig word o.a. deur Fourie se toegewings). Ek verkies Kriel se wetenskaplike verduidelikings en gevolgtrekkings bo Fourie s'n. Na my oordeel het die Verhoorhof derhalwe fouteer om te bevind aan die hand van Fourie se toetse dat daar 'n hidroliese verbintenis tussen dam C en damme A en B was (p 384 F - H). Verder het die Verhoorhof na my oordeel fouteer om ook te bevind dat die bou van dam C, weens 'n hidroliese verbintenis tussen dam C en
24
damme A en B, inbreuk op die watervoorraad in damme A en B
gemaak het (p 384 H - I).
Ek is dit eens met die Verhoorhof om die eise van
De Witt af te wys. My probleem is egter met die ratio decidendi van die
Verhoorhof se uitspraak wat nie net omslagtig is nie maar ook verwarrend en
onoortuigend sodat dit nie bindend kan wees nie.
In die onderhawige saak was
die bewyslas volgens die pleitstukke op De Witt om te bewys dat Knierim deur die
wederregtelike bou van
dam C die toevloei van ondergrondse water na damme A en B
wesentlik verminder het. Dit was gemene saak dat die konstruksie van dam
C
geensins ondergrondse water wat van suid na noord na damme A en B vloei
wederregtelik onderskep, afgesny of verminder het nie.
Hier was geen sprake
daarvan dat die ondergrondse water van noord na suid na damme A en B vloei nie.
Insgelyks het De Witt nie daarin
geslaag om te bewys dat die bou van dam C
wederregtelik die watervlakke van ondergrondse water in damme
25
A en B laat verminder het nie. Vergelyk die nuwe casus -posisie waarna ek supra verwys het.
Dit volg dat die appél nie kan slaag nie.
Teenappèl is
aangeteken teen soveel van die bevel van die verhoorhof as wat Knierim die
kwalifiserende fooie van Kriel ontsê.
Afgesien daarvan dat dit voor die
hand liggend is dat hy onontbeerlik bystand aan Knierim se regspan moes verleen
het, was daar weinig
aangeleenthede aan die einde van die saak waaroor nog
wesentlike verskille tussen die deskundiges bestaan het en was die besluit
om sy
kwalifiserende koste nie toe te laat nie, arbitrêr.
Die volgende bevele word gemaak :
1. Die appèl word afgewys met koste. 2. Teenappèl slaag met koste.
26
3. Die appêl van die Hof a quo word soos volg gewysig deur toevoeging van :
"which costs are to include the qualifying costs of Kriel."
C. P. JOUBERT AR.
HEFER AR
EKSTEEN AR Stem saam.
VAN DEN HEEVER AR
KRIEGLER Wn AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1993/142.html