South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 117
| Noteup
| LawCite
Deysel v Karsten (160/1992) [1993] ZASCA 117; 1994 (1) SA 447 (AD); [1994] 1 All SA 357 (A) (14 September 1993)
Download original files |
LLSaak No 160/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appêl van:
CHRISTOFFEL JACOBUS DEYSEL Appellant
teen
GIDEON JACOBUS KARSTEN Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, HEFER, KUMLEBEN, EKSTEEN
en VAN DEN HEEVER, ARR
VERHOORDATUM: 31 AUGUSTUS 1993
LEWERINGSDATUM:
14 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende Februarie 1988 was die respon-dent, sy
vrou, hul negejarige dogter en hul twee-jarige seuntjie woonagtig in 'n huis
("no
8") in Cypressstraat, Cradock. Skuins oorkant die straat was die woonhuis
("no 7") van 'n Van Zylfamilie. Die middag van 2 Februarie
1980 het die
appellant se minderjarige seun, Lotie, sy motorfiets in Cypressstraat bestuur.
'n Jong hondjie ("die bulhond") wat op
die grasperk van no 7 was, het tot op die
sypaadjie gekom en toe skuins oor die straat gehardloop. Hy het direk voor die
motorfiets
inbeweeg en is deur die voorwiel daarvan getref. As gevolg daarvan
het Lotie geval en vrywel ernstige beserings opgedoen.
Die bulhond
was die eiendom van die respondent en dit is in die reël ingeperk gehou in
die agterplaas van no 8. Daaruit kon dit
op slegs twee wyses tot in
Cypressstraat kom. Die eerste was.
3 deur by die agterdeur in en by die voordeur uit te beweeg. Dan moes
egter nie net daardie twee deure oop gewees het nie, maar ook
'n sekuriteitshek
voor die agterdeur. Tweedens kon die hond tussen die muur van die motorhuis
("die eerste muur") en 'n verlenging
van ' n muur van die huis ("die tweede
muur") na die voortuin beweeg indien 'n hek wat bestem was om daardie spasie te
versper nie
kon toemaak nie of nie toegemaak was nie.
Tydens die
botsing was die respondent se vrou ("mev Karsten") en haar twee kinders in die
huis van no 7. Hulle het redelik kort vantevore
vanaf no 8 daarheen gegaan en
indien die bulhond toe in no 8 se agterplaas was, het dit op een of ander wyse
uit die agterplaas ontsnap
en hulle na no 7 gevolg.
Voortspruitende
uit die voorval het die appellant in sy persoonlike hoedanigheid, asook in sy
hoedanigheid as Lotie se voog, 'n aksie
vir skade-
4 vergoeding in die Oos-Kaapse Afdeling teen die respondent ingestel.
Voor die verhoor is die omvang van die skade wat die appellant
en Lotie gely het
by ooreenkoms bepaal. Gevolglik moes die verhoorhof slegs besleg of nalatigheid
aan die kant van die respondent
'n oorsaak van daardie skade was, en of Lotie
bydraend nalatig was. Die tweede geskilpunt is in die guns van die appellant en
die
eerste in die respondent se guns besleg. Slegs laasgenoemde is tans nog ter
sake.
Die appellant het met die verlof van die verhoorhof (Jones R)
na 'n volle hof van die Oos-Kaapse Afdeling geappelleer teen die bevel
van
absolusie van die instansie wat verleen was. Soos sal blyk, het die volle hof op
'n ander grondslag as Jones R bevind dat die
respondent nie aanspreeklik was
nie. Met die nodige verlof kom die appellant nou in hoër beroep na hierdie
hof.
5
Die respondent en sy vrou het getuig dat
die hek na die
agterplaas van no 8 toegemaak kon
word. Teen die eerste muur was 'n
houtpaal en
daarlangs 'n ysterpaal. Die hek was vas teen
die
tweede muur en wanneer dit oopgemaak was, het dit
weg
van die eerste muur in die rigting van die
voortuin
geskarnier. In die houtpaal was 'n spyker wat in
'n
L-vorm gebuig was, terwy 1 daar ' n ring aan die
hek
was. Om die hek toe te maak, hoef 'n mens slegs
die
ring oor die regop gedeelte van die spyker te
laat
sak het. Die bulhond kon dan nie die toe hek
oop-
stamp en kon ook nie deur die draadwerk
daarvan
beweeg nie.
Die respondent en sy vrou het egter
volgens hul getuienis nog 'n verdere voorsorg getref sodat die hek sou toebly.
Mev Karsten het
blykbaar op ' n geleentheid gesien dat haar seuntjie wat in die
agterplaas was na die ring van die hek getas het. Sy
6
was toe bekommerd dat hy die ring sou kon oplig, die hek sou kon oopkry
en deur die hekopening sou kon beweeg. Sy het die probleem
met die respondent
bespreek en van toe af het sy van 'n stuk dik elektriese koord gebruik gemaak.
Sy het naamlik die hek met die
koord om die ysterpaal vasgebind deur dit twee
keer te knoop.
'n Bediende wat by 'n buurhuis werksaam was, het
toestemming van die respondent en sy vrou gehad om 'n buitetoilet in die
agterplaas
van no 8 te gebruik. Ten einde dit te doen, moes sy die hek oopmaak.
Mev Karsten sê dat sy haar gemaan het om altyd die hek
weer toe te maak en
ook gewys het hoe om die hek aan die ysterpaal vas te knoop. Op geen geleentheid
het mev Karsten gevind dat die
bediende die hek oopgelaat het of nie vasgebind
het nie.
Mev Karsten getuig voorts dat sy die middag van 2 Februarie
1988 wasgoed vanaf 'n draad in die
7
agterplaas afgehaal het. Sy het na die hek gekyk en gesien dat dit toe en
met die koord vasgebind was. Op daardie stadium was die
bulhond en hul ander
hond, 'n terriër, in die agterplaas. Kort hierna is sy saam met haar twee
kinders na no 7. (Die botsing
het plaasgevind terwyl sy daar was, maar dit is
nie duidelik of sy toe daarvan bewus was nie.) Nadat die appellant by no 7
opgedaag
het en haar beskuldig het dat sy vir die botsing verantwoordelik was,
het sy na haar huis teruggekeer en die honde in die agterplaas
aangetref. Die
hek was toe.
Die bulhond was ten tye van die botsing nog 'n lafbek
van nie drie maande oud nie en was volgens die respondent en sy vrou lomp op
sy
pote. Albei sê ook dat hy nie vinnig kon hardloop nie, maar dit blyk dat
hierdie bewering berus op 'n afleiding eerder as
op waarneming. Die dag na die
voorval het die respondent 'n brief geskryf aan die Suid-Afrikaanse
8
Vervoerdienste, by wie hy toe in diens was en wat die
eienaar van no 8 was. Dit lui soos volg:
"Hiermee doen ek vriendelik aansoek vir die herstel aan my tuinhekke asook hekke langsaan die huis. Die hekke kan nie toemaak nie en hou ' n gevaar in vir my kinders wat minderjarig is.
Ek sal dit hoog op prys stel as u my saak sal oorweeg."
Die respondent het verduidelik dat hy verkeerdelik te kenne gegee het dat
hekke langs die huis nie kon toemaak nie. Daar was inderdaad
slegs een hek langs
die huis - die een waarna hierbo verwys is - aangesien hy 'n hek aan die ander
kant van die huis as't ware toegespan
het sodat dit glad nie kon skarnier nie en
dus permanent toe was.
Die verhoorhof het bevind dat 'n redelike
persoon in die plek van die respondent sou voorsien het dat die bulhond, indien
nie ingeperk
nie, oor of in die straat sou kon hardloop en aldus in botsing met
bv 'n fiets of 'n motorfiets sou kon kom.
9
Gevolglik het daar 'n plig op die respondent gerus om deur die neem van
redelike voorsorgmaatreëls teen so 'n gebeurlikheid te
waak.
Wat die gehalte van die getuies betref, is opgemerk dat
sommige van hulle in sekere opsigte nie bevredigende getuienis gegee het nie,
maar dat niemand se getuienis in die geheel verwerp kon word nie. Die hof kon
egter nie die appellant se weergawe van mededelings
wat mev Karsten kort na die
botsing sou gemaak het - en waarop ek later terugkom -aanvaar nie. En hoewel die
respondent nie die bewoording
van bogenoemde brief bevredigend kon verduidelik
nie, was die hof nie bereid pm op grond daarvan sy en sy vrou se getuienis oor
die
funksionering van die hek te verwerp nie.
Ten slotte het die
verhoorhof bevind dat die respondent wel redelike stappe getref het om toe te
sien dat die bulhond in die agterplaas
van no 8
10 ingeperk word, en dat die feit dat die hond ontsnap en die botsing
veroorsaak het dus nie aan nalatigheid aan sy kant gewyt kon
word
nie.
Die volle hof was bereid om te veronderstel dat die hek nie
behoorlik kon toemaak nie. In hier-die veronderstelling is egter bevind
dat in
die afwesigheid van besondere omstandighede - wat in casu nie bestaan het
nie - 'n eienaar of beheerder van 'n hond nie aanspreeklik is nie indien hy die
hond toelaat om tot in 'n straat te
beweeg en aldus skade soos op die
onderhawige wyse te veroorsaak. In besonder is bevind dat 'n obiter
dictum van Kotze AR in O'Callaqhan NO v Chaplin 1927 AD 310 te wyd
geformuleer was.
In daardie saak, waarin beslis moes word of die
actio de pauperie hier te lande geresipieer is, het Kotze AR in sy aparte
uitspraak op p 368 die volgende gesê:
11
"An owner of a dog, who allows it to stray into a public street, contrary
to the principle of the edict, is considered to be guilty
of negligence. Such
was the opinion of this Court in Robertson v Boyce
(1912,
A.D. 367) I think it may be taken
as matter of
common knowledge that the majority of dogs have a propensity to rush at, and
often to obstruct, a motor car, and especially
a motor cycle, when going along
the street, thereby not infrequently causing a collision and injury to the
cyclist. This in itself
is a menace and danger to personal safety, as well as
calculated to damage the machine. It is not essential, in order to fasten a
defendant with liability for mischief of this kind, that his dog should attack
the motorist personally. Nor, as we have seen, is
it necessary that, before an
owner can be made liable, knowledge on his part of the tendency of his dog to
rush at passing machines
must first be established. Take the case of a dog
straying at night into the street, and going to sleep in the road; a motorist on
his cycle, without any fault on his part, runs over the dog with the consequence
that he loses his balance and is injured. Here there
can be no doubt whatever
that the owner of the dog will be liable, for it is his plain duty to keep his
dog from being at large in
the public street."
In Robertson v Boyce 1912 AD 367, waarop
12
Kotze AR gesteun het, het die eiser sy motorfiets teen 'n spoed van 20
myl per uur in 'n straat in Johannesburg bestuur. Die verweerder
se skaaphond
het oor die straat gehardloop en die motorfiets het daarmee gebots. In 'n geding
waarin die eiser getrag het om skade
wat hy as gevolg van die botsing gely het
van die verweerder te verhaal, was daar getuienis dat die hond geneig was om
motorfietse
te jaag, maar is nie bewys dat die verweerder daarvan bewus was
nie.
Die vyf lede van hierdie hof het op appèl uiteenlopende
uitsprake gegee. Lord de Villiers HR het bevind dat beide partye oorsaaklik
nalatig was. Hy het nie saamgestem met die siening van die hof a quo dat
die verweerder geensins nalatig was deur sy hond toe te laat om in die omgewing
van die straat rond te loop nie, en het in hierdie
verband die volgende
gesê (op pp 371-2):
13
"The animal had been in the habit of rushing at and in front of bicycles, and although the defendant may not have known of this habit of this particular dog he must have been aware of the natural propensity of dogs generally, whether big or small, to run after and in front of rapidly-moving objects. It is a propensity which does not necessarily prove a vicious disposition, but it may be productive of as much mischief as the disposition to bite, which is supposed to be inherent in all dogs."
Innes AR was van mening dat die verweerder wel aanspreeklik was omdat die hond in werklikheid die eiser aangeval het. Hy het hom dus nie oor die kwessie van nalatigheid van die verweerder uitgelaat nie.
Solomon AR het nie bogenoemde mening gedeel
nie en het ook van die siening van
die Hoofregter
verskil. Sy benadering blyk uit die
volgende
passasie (op pp 379-80):
"In the absence ... of proof of actual knowledge on the part of the defendant, we
are asked to say that there is a natural
propensity on the part of dogs to rush at
14
and in front of a moving object like a motor-cycle, and that the owner of every dog is therefore guilty of negligence in allowing it to be in a public street, seeing that it may at any time indulge in this mischievous propensity. ... I am not disposed to extend liability of owners of dogs further than has been already done, or to hold that, because some dogs bark at and rush before rapidly-moving objects, this is a natural mischievous propensity on the part of dogs generally. When a dog behaves in that way, it is not necessarily because he is an animal ferae naturae, or because he is indulging in any ferocious propensity. It is a mischievous habit of some of the mildest tempered of dogs, and one in which by no means all fierce dogs indulge. To lay down, therefore, that every owner of a dog is in law presumed to know that this is a propensity on the part of dogs generally, and that it is his duty to guard against it by keeping his dog under proper control, is to go further than I am prepared to do. In my opinion, it is necessary in these cases to prove actual knowledge on the part of the owner before he can be held liable in such circumstances ..."
Maasdorp RP se kort uitspraak is, met
eerbied, nie duidelik nie, maar dit kom voor dat hy
in
hoofsaak die siening van Solomon AR gedeel het.
15
In sy uitspraak het De Villiers RP in wese met Innes AR saamgestem en dit derhalwe nie nodig gevind om te beslis of die verweerder aanspreeklik sou gewees het indien die skaaphond nie as't ware die eiser of sy fiets aangeval het nie.
Uit bostaande blyk dat, behalwe in die
uitspraak van Lord de
Villiers HR, geen steun te vind
is nie vir die reeds aangehaalde
dictum van Kotze AR
in Chaplin. Volgens daardie dictum
word blykbaar 'n
bykans absolute aanspreeklikheid toegeskryf aan
'n
eienaar wat toelaat dat sy hond in 'n straat
afdwaal
en sodoende skade aan persone soos 'n motorfiets-
of
fietsryer berokken.
In Double v Delport 1949
(2) SA 621 (N), is tereg daarop gewys dat Kotze AR se beroep op
Robert-son nie geregverdig was nie. Ter sprake was 'n geval waarin
'n hond in 'n straat van Pietermaritzburg blykbaar op 'n fietsryer - die
eiser -
afgestorm het.
16
Dit het veroorsaak dat die eiser
geval en beserings opgedoen het. In die landdroshof is bevind dat nie bewys was
dat die eienaar van
die hond - die verweer-der - nalatig was deur die hond toe
te laat om in die straat te beweeg nie, en wel omdat die hond baie mak
was en
nie in die verlede 'n neiging geopenbaar het om f ietse te jaag nie. In die lig
van hierdie bevinding het die Natalse hof
gekonkludeer dat nalatigheid aan die
kant van die verweerder nie bewys was nie.
Die volle hof in ons
geval het saamgestem met die implisiete bevinding van die Natalse hof dat 'n
blote versuim van die eienaar (of
beheerder) van 'n hond om toe te sien dat dit
nie in 'n straat afdwaal, nie nalatigheid daarstel nie. Soos reeds aangedui, het
eersgenoemde
hof inderdaad verder gegaan en beslis dat in die afwesigheid van
besondere omstandiqhede so 'n versuim nie tot aanspreeklikheid.
17
van die eienaar kan lei nie. Presies welke
omstandighede die hof in die oog gehad het, is nie
uitgestippel nie. Vroeër in die uitspraak is egter
die volgende gesê:
"It must be stated at the outset that there are no special circumstances in the present case which might impose on respondent a greater duty of care than on the ordinary dog owner. The scene of the accident was in a residential area of a country town. There is no suggestion that traffic conditions were such that dog owners in that area should take any special precautions. Nor was the dog one that required to be confined in any way. It was, as already stated, a puppy, which respondent had obtained exactly a month before the accident. There was no history of it chasing cars or cycles, or running into the road, or other conduct which might reguire a diliqens paterfamilias to guard against possible injury to others. We are dealing here with an ordinary dog kept as a pet in an ordinary household in an ordinary residential area."
In 'n geval soos die onderhawige het 'n
mens nie met 'n
regsprobleem te doen nie. Die reëls
wat toegepas moet word,is
geyk.Die eerste vraag is
18
of die eienaar (of beheerder) van die hond redeliker-wyse behoort te voorsien dat dit oor of in 'n straat of pad kan hardloop en sodoende skade aan bv 'n fiets- of motorfietsryer kan veroorsaak. Volgens menslike ervaring is daar honde wat sodanige ryers aanval of probeer aanval en ander wat hulle slegs jaag. Baie honde het egter die neiging om oor 'n straat te hardloop, hetsy omdat hulle 'n kat jaag, hetsy om by ander honde aan die oorkant van die straat aan te sluit, hetsy omdat hulle van ander aanvallende honde wil wegkom, hetsy om 'n ander rede. Sodoende kan hulle lig 'n gevaar vir gebruikers van die straat skep. Ek meen dus dat die benadering van die volle hof te rigied is. Trouens, in die reël sal 'n redelike eienaar juis voorsien dat indien sy hond vryelik kan beweeg dit op bogenoemde wyse skade kan aanrig. Klaarblyklik sal dit nie die geval wees nie indien byvoorbeeld die hond te jonk, of te oud, of te
19 bekwaald of genoegsaam gedissiplineerd is. Die begriplike moontlikheid
dat so 'n hond nogtans oor 'n straat kan hardloop, kan weliswaar
nog bestaan,
maar sou so gering wees dat die redelike eienaar dit buite rekening sou laat.
Die blote feit dat sy hond nog nie sulks
opgetree het nie sou egter nie die
hipotetiese eienaar gerus stel nie, want daar kan altyd 'n eerste keer
wees.
In casu was die bulhond ( 'n tefie)
nog
jonk. Die respondent en sy vrou het getuig dat
sy
nog onvas op haar pote was, maar die verhoorhof
het
getuienis dat die hond redelik vinnig oor die
straat
gehardloop het, en na die botsing opr 'n
muur
gespring het, aanvaar. Ek is dus bereid om
te
veronderstel dat die respondent die moontlikheid
moes
voorsien het dat, in die afwesigheid van
voorsorg-
maatreëls soos inperking van die hond in sy
agter-
plaas, die tefie buite die erf yan no 8 kon beland,
20
oor die straat kon hardloop, en
sodoende skade kon aanrig deur met 'n fiets of 'n ander ryding te bots. In
breë trekke is dit
juis wat die respondent wel voorsien het. Een van die
vernaamste redes waarom hy die hond ingeperk gehou het, sê hy, was om
te
verhoed dat sy in die straat verongeluk.
Die volgende vraag is of
die respondent redelike stappe geneem het om teen bostaande moont-likheid te
waak. By die verhoor van die
appèl in hierdie hof was dit tereg gemene
saak dat indien die hek wel kon sluit en in die reël gesluit gehou was soos
die respondent en sy vrou getuig het, hy wel die nodige voorsorg getref het. Die
appellant se advokaat het egter betoog dat hulle
ongeloofwaardige getuies
was.
In eerste instansie is aangevoer dat mev Karsten aanvanklik die
indruk probeer skep het dat dit nie die bulhond was wat by die, ongeluk
betrokke.
21
was nie. Hierdie kritiek is egter nie gegrond nie. Haar houding was bloot
dat sy nie die botsing waar-geneem het nie en dat omdat
beide toe sy die huis
verlaat het en by haar terugkeer albei hul honde in die agterplaas was en die
hek toe was, sy nie kon erken
dat dit wel die bulhond was wat met die
motor-fiets gebots het nie.
Tweedens is betoog dat beide die
respondent en sy vrou opsetlik 'n misleidende prentjie van 'n pap en
ongekoördineerde jong hondjie
probeer skilder het. Die kritiek op die
optowering van daardie prentjie - veral deur mev Karsten - is tot 'n mate
gegrond, maar ek
sou aarsel om op grond van hul oordrywing van die hond se
onstewigheid en onbehen-digheid hul getuienis oor die toestand van die
hek te
verwerp.
Die belangrikste punt van kritiek hou verband met die
reedsgenoemde brief wat die
22
respondent die dag na die ongeluk geskryf het. Daardie brief skep
ongetwyfeld die indruk dat die hekke langs die huis nie behoorlik
kon toemaak
nie en is dus, aldus die appellant se advokaat, heeltemal onvereenselwigbaar met
die respondent en sy vrou se getuienis
aangaande die toestand van die hek tussen
die twee mure wat voorheen deur my beskryf is.
Die respondent se
poging om die inhoud van
die brief te verduidelik was nie oortuigend
nie. Hy
het gesê dat toe hy geskryf het van hekke wat
'n
gevaar vir sy kinders ingehou het, hy bedoel het
om
te verwys na die hekke voor die inrit na
die
motorhuis. Hierdie hekke kan egter klaarblyklik
nie
as "hekke langsaan die huis" beskryf word nie.
En
indien 'n hek of hekke langs die huis nie
behoorlik
kon toemaak nie, bestaan daar twyfel oor die
wyse
waarop die hek tussen die twee mure volgens
die
respondent en sy vrou toegehou is.
23
Dit is egter nodig om ook die volgende in ag te neem:
(1) In
die brief word melding gemaak
van hekke - die meervoud dus - langs
die huis. Daar
was wel vroeër 'n hek in 'n heining tussen
die
noordekant van die huis en die heining van
'n
aangrensende erf, maar, soos reeds gemeld, is
die
hele stuk heining voor die botsing op so 'n
wyse
herspan dat daardie hek nie meer oop kon maak
nie.
Die verhoorhof het dus tereg bevind dat indien
die
respondent beoog het om na die hek tussen die
twee
mure te verwys; hy die brief in elk geval
onakkuraat
bewoord het deur die meervoud te
gebruik.
(2) Die verhoorhof het ook tereg daarop
gewys
dat die Karstens se seuntjie nie met veiligheid
in die agterplaas
gelaat sou kon word nie indien die
hek tussen die twee mure (hierna
weer bloot die hek
genoem) nie kon toemaak nie. Indien dit die
geval
24
was, sou 'n mens dus verwag het dat die respondent -wat 'n ambagsman was
- wel iets sou prakseer het om te keer dat die seuntjie by
die hek
uitgaan.
(3) Net soos die verhoorhof vind ek dit
moeilik
om te aanvaar dat die Karstens hul getuienis
oor die gebruik van die
koord uit die duim gesuig
het. Volgens hulle kon die bulhond nie die
hek
oopstamp indien die ring oor die spyker was nie,
en
was dit dus onnodig om verdere voorsorgmaatreëls
te
tref om die hond ingeperk te hou. Dit was
gevolglik
onnodig om die aanwending van die koord te
versin.
En hul weergawe dat van die koord gebruik gemaak
is
nadat die seuntjie aan die ring begin raak het,
en
slegs om hom te beveilig, klink waar.
(4) Die
respondent het bykans drie jaar
na die ongeluk getuig en moes toe 'n
rekonstruksie
gee van sy kennis en oogmerk tydens die skrywe
van
die brief. Vanweë die klem wat hy op die
veiligheid,
25
van sy kinders laat val het, is dit vir my nie onaanneemlik nie dat hy
wou verwys na die hek wat moontlik deur sy seuntjie oopgemaak
sou kon word tensy
van die koord gebruik gemaak was, en welke voorsorgmaatreël volgens sy
afleiding die vorige dag om een of
ander rede nie afdoende was om die hek toe te
hou nie.
Die appellant se advokaat het ten slotte gesteun op
opmerkings wat mev Karsten kort na die ongeluk sou gemaak het. Die appellant
sê
dat hy haar in die huis van no 7 aangetref het. Hy het haar gevra of sy
bewus was dat sy seun met haar hond gebots het. Sy het geantwoord
"ja, die' hond
moes seker weer agter my aangekom het". Later die middag was hy by mev Karsten
in haar huis en het sy gesê dat
die respondent "al 'n geruime tyd sukkel
met die Spoorweë om die hekke toe te maak".
By die verhoor het die respondent
se
26
advokaat aanvaar dat hierdie getuienis teen die respondent toelaatbaar
was en ek veronderstel ten gunste van die appellant dat dit
wel die geval
was.
Mev Karsten het hierdie relase betwis. Sy sê dat toe die
respondent by no 7 aangekom het hy op haar begin skreeu het. Nadat
hy gesê
het dat hy haar verantwoordelik sou hou omdat die bulhond weens haar nalatigheid
die botsing veroorsaak het, het sy
hom versoek om nie op haar te skel nie en
gesê dat hy met die respondent in verbinding moes tree. Die appellant het
toe uit
die huis gestap. Op daardie stadium, aldus haar getuienis, was sy nie
eens bewus dat 'n hond by die botsing betrokke was nie. Later
het die appellant
na haar huis gekom en verskoning vir sy vorige optrede gevra. Sy het gevra
waarom die polisie nog nie 'n verklaring
van haar kom neem het nie, en hy het
toe weer kwaad geword en gesê dat hy 'n aksie teen haar sou instel.
Gedurende die kort
27
gesprek is slegs van die hekke voor die oprit na die motorhuis melding
gemaak. Hy het gesê dat daardie hekke oop was. Sy het
dit beaam, gemeld
dat hulle nie kon toemaak nie en bygevoeg dat die Spoorweë gevra sou word
om die hekke reg te maak.
Die verhoorhof was nie bereid om mev
Karsten se bostaande getuienis te verwerp nie. Inteendeel is bevind dat die
appellant as gevolg
van die beserings wat Lotie opgedoen het waarskynlik
ontsteld en ontstoke was, en derhalwe aggressief teenoor mev Karsten kon
opgetree
het. Ek hoef slegs te sê dat die waarskynlikhede nie tot so 'n
mate die appellant se weergawes van die inhoud van die gesprekke
begunstig dat
ek oortuig is dat die verhoorhof verkeerdelik nie daardie weergawes aanvaar het
nie.
Die vraag bly egter hoe die bulhond by no 7 beland het. In die
veronderstelling dat die hek wel.
28
kon toemaak, is daar die volgende moontlikhede:
(a) Mev Karsten - of moontlik haar
dogter - het op een of
ander stadium die hek
oopgemaak en vergeet om dit weer toe te
maak.
Hierdie moontlikheid druis natuurlik in teen
mev
Karsten se getuienis wat egter selfbeskermend sou
wou
getuig het.
(b) Die bediende kon die hek
oopgelaat
het toe sy die toilet wou gebruik, en na die
botsing
en die terugkeer van die bulhond weer die
hek
toegemaak het. Met die oog op die kort
tydsverloop
tussen haar gepostuleerde oopmaak en toemaak van
die
hek kan hierdie moontlikheid egter ,nie
sterk
aangeslaan word nie.
(c) Mev Karsten kon die
betrokke middag
vergeet het om die agterdeur en die
veiligheidshek
toe te maak sodat die bulhond by die voordeur
uit
haar en haar kinders na no 7 kon gevolg het.
29
(d) Voor hulle vertrek kon die bulhond ongesiens die huis binnegekom het en daarna soos voornoemd by die voordeur uitgegaan het.
Slegs nalatigheid aan die kant van die respondent - in teenstelling tot
sy vrou, sy kind of die bediende - is ter sprake, en na opweging
van al
bogenoemde faktore kan ek nie bevind dat sodanige nalatigheid bewys is
nie.
Dit word geboekstaaf dat by die verhoor van die appèl
die appellant se aansoeke om kondonasie van die nie-tydige aantekening
van
appél na hierdie hof asook van die laat liassering van 'n prokurasie
toegestaan is, en dat die appellant gelas is om die
koste meegebring deur
daardie aansoeke te betaal.
Die appèl word met koste afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR
HEFER AR
KUMLEBEN AR STEM SAAM
EKSTEEN AR
VAN DEN HEEVER AR
2
Ek wil met eerbied my distansieer van enige stelling dat dit in die
reël voorsienbaar is dat 'n hond, sou hy oor die straat hardloop, skade
aan ander kan berokken. Soos by elke gevolgtrekking gegrond op
feite, moet
daardie gevolgtrekking steeds afhang van al die tersaaklike omstandighede, soos
byvoorbeeld die soort en aard van die
hond, en die soort en aard van die
betrokke omgewing wat insluit die soort van verkeer wat gewoonlik daar beweeg.
Respondent het
ook nie voorsien dat sy hond skade aan ander kan berokken sou dit
op straat getref word nie, maar (wat na my mening eerder in die
reël
voorsienbaar sou wees, indien enigsins van 'n reël gewag gemaak moet word)
dat hy self skade sou ly deurdat die hond
beseer of gedood sou
word.
Ek stem egter saam, sou aanvaar word dat daar 'n plig op
respondent gerus het om sy hond tuis te hou, dat nie bewys is dat hy nie
redelike voorsorgmaatreëls getref het om dit te doen of self nalatig was
nie, en gevolglik met die bevel van my kollega.
3 L VAN DEN HEEVER
AR