![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
CG SAAKNOMMER: 422/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak van:
TERENCE MICHAEL BLOCK Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: NESTADT, VAN DEN HEEVER ARR et VAN COLLER WAR AANGEHOOR: 24 NOVEMBER 1992 GELEWER: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant is in die Oos-Londen Streekhof skuldig bevind aan verkragting en
gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte
op gepaste voorwaardes
opgeskort is vir 5 jaar. Sy appèl na die Oos-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof is van die hand
gewys, maar verlof aan hom verleen om hom op
hierdie hof te beroep.
Die klagstaat het beweer dat hy op 21 Desember 1989
"vir Hazel Groep . . . aangerand het, en teen haar wil met haar vleeslike
gemeenskap
gehad het".
Hoewel hy toe hy onskuldig pleit, deur sy
regsverteenwoordiger, mnr Van Heerden, sy goeie reg uitgeoefen het om geen
erkennings te
maak nie, is dit gemene saak dat hy met klaagster gemeenskap gehad
het. Mat in gedrang was, en ook hier is, is of dit bewys is dat
dit teen haar
wil gebeur het.
Klaagster, toe 16 jaar oud, het gekuier op Shawnville, King
William's Town in Desember 1989. Sy was by haar tante tuis. Haar niggie,
mev
Priscilla Jafta,
3 . werk in die week daar vanuit haar moeder se woning
maar
gaan naweke huis toe na haar man en skoonfamilie op Stutterheim. Op 21
Desember sou klaagster daarheen saamry om te kyk waar Priscilla,
wat daar goed
wou aflaai, bly. Die persoon, sekere George, met wie Priscilla vir hulle vervoer
wou reël, was nie by sy werk
by Lewis Stores nie. Dáár het
klaagster reeds vroeër in Priscilla se geselskap die eerste keer vir
appellant gesien.
Hy werk ook daar. Hy (en sy huwelikstaat) is deur die twee
vrouens bespreek, wat reeds effe vreemd is. Priscilla het dié dag
vir
George 'n boodskap gelaat by die werk. Dit was egter appellant wat in sy plek by
Priscilla se woonplek opgedaag het om 19h30
of 20h00. Klaagster het hom toe
ontmoet en weer later toe hy 'n groep mense daar kom oplaai het na Stutterheim:
klaagster wat voor
by hom gesit het, Priscilla, haar broerskind, sekere
Lorraine, en dié se dogtertjie, plus nog bagasie en kruideniersware.
Die
plan was om dieselfde nag nog terug te kom.
4 Klaagster vertel hoe dit gekom het dat, nadat
almal en alles op Stutterheim afgelaai is,
hulle twee alleen in appellant se kar daar weg is. Hy het alleen in die voorhuis
gesit
terwyl die huismense elders doenig was. Hy het haar na hom toe geroep, en
uit die huis beweeg. Sy het hom gevolg. Hy het gesê
"dat ons af winkel toe
gaan". Sy het wat blykbaar 'n aanbod was om hom te vergesel, aanvaar - sy
sê, omdat sy honger was; maar
erken onder kruisverhoor dat sy dit nie aan
hom vertel het'nie. Dit is duidelik dat dit al nag was.
Hulle het heel
gemoedelik gesels, maar volgens klaagster onder meer oor 'n vreemde onderwerp:
sy het hom gevra of hy getroud is, en
hy het dit ontken.
Hy het op 'n donker
plek gaan stilhou, waar hy haar eers gevra het om hom te soen, wat sy geweier
het. Toe het hy haar skouer gemasseer
met sy hand, wat sy weggedruk het. Later
het hy haar klere uitgetrek en gedurende 'n lang en rowwe interaksie met haar,
tweekeer
sy geslagsdeel in hare gekry. Dit het binne in die kar
5 gebeur,
hoewel sy op 'n stadium ook buite die kar was terwyl 'n ander voertuig aangekom
het. Ek kom later terug na vollediger besonderhede
van haar weergawe van wat
tussen hulle daar plaasgevind het.
Appellant se vertelling daaroor was
anders. Hy was dadelik aangetrokke tot klaagster toe hy haar ontmoet, en die
gevoel was wederkerig
want die vryery by Stutterheim het warm en suksesvol
verloop. Daarná het hy teenoor haar gebieg dat hy ' n getroude man is.
Eers toe tel hy by haar teespoed op, en wou sy nie saam met hom terugry na die
Jaftas se huis nie; wat vir hom op 'n verleentheid
kon uitloop omdat hulle al
lank weg was van die Jaftas se woning.
Waaroor daar weer 'n mate van eenstemmigheid is, is dat toe hulle daar terugkom by die ander, laasgenoemde al ongeduldig was en wou weet waarom die twee so lank weggebly het. Klaagster het hulle vertel dat hulle 'n tydjie in die dorp vertoef het. Volgens haar, het nòg Priscilla nóg Lorraine enige onraad
6
gemerk.
Die volgende dag was daar volgens haar blou
kolle aan haar arm en bene, en het klaagster vir die
eerste keer beweer
dat sy "ge-rape" was: teenoor 'n 16-
jarige verlangse bloedverwant, Colette Magerman, by dié
se
vakansiewerk; teenoor Priscilla, wat haar afgeraai
het om appellant aan te
kla want "dit gaan 'n groot ding
word"; en teenoor ene Nigel wat
"wil . . . geweet (het) wie dit is. Toe sê ek dit is Terrence. Toe kom ... toe weet hy nou nie van wie ek nou praat nie en toe het hy gesê ek moet hom gaan wys. Toe was hy besig en toe het ek ... maar 'n mens kon hom gesien het, hy was daar agter. Toe het ek vir hom gewys wie dit is".
Nigel het haar toe na die polisiestasie geneem maar
waarom sy juis vir hom
uitgesoek het as vertroueling,
weet ons nie, want ons weet niks meer van
Nigel se
identiteit nie as sy voornaam.
Die distriksgeneesheer op King William's Town,
dr Westensee, het klaagster ondersoek om ongeveer 15hl5
op 22 Desember 1989. Sy verslag op die gebruiklike
7
vorm, het aangedui dat daar kneusings was aan haar arms
en regter
binne-dy, dat haar nek gevoelig was, en ook
haar geslagsdele. Daar was ligte
interne bloeding
afgeskei, wat hy aangemerk het as "getuie
van
verkragting". Hoewel die vorm meld dat die maagdevlies
"NIE intak" was, het hy in die hof verduidelik dat sy
geen maagdevlies
gehad het nie. Hy het af gestap van sy
verslag en toegegee dat die
bloederigheid in die vagina
veroorsaak kon gewees het ook deur omgang met
toestemming; dat hy geweldstoepassing aflei van die
kneusplekke aan haar arms en been; en uiteindelik,
nie alleen dat party mense makliker kneus as ander nie,
maar dat die
kneusings wat hy gevind het nie noodwendig
op gebrek aan toestemming dui nie:
"As daar toestemming gegee word, sal die persoon, sal dit dan afhang van hoe seksueel aktief hulle besig ... die seksuele proses sal natuurlik afhang van die besering, hoe, soos hulle sê in Engels, hoe 'passionate' die hele seksuele omgang plaasvind, sal natuurlik al die beserings kan bepaal. U weet van een persoon tot 'n ander persoon, die een persoon kan iemand beseer met seksuele omgang en die ander persoon sal miskien nie."
8
Die Oos-Kaapse Afdeling het die appél afgewys
in 'n uitspraak op Engels waarin 'n foutiewe vertaling
van dr Westensee se
getuienis moontlik 'n aandeel gehad
het. Waar die arts se verslag noem dat
die groot en
klein skaamlippe en voorhof teer was, is dit weergegee
as sou dr
Westensee daar 'n skeur gevind het - "injuries
in the form of a tear". Die uitspraak is hoofsaaklik
daarop gegrond dat,
ondanks die feit dat haar
"failure to complain does indeed immediately raise a guestion-mark against the evidence of the complainant ...(t)he magistrate saw and heard the witnesses who testified before him and steeped in the atmosphere of the trial as he was, he was in my view in a better position than we are to assess the possibilities ..."
Die landdros het egter in verskeie opsigte misgetas in sy benadering tot die
getuienis.
Die mistastings is ten opsigte van die inhoud van dr Westensee se
getuienis; die landdros se bevinding dat klaagster die toets van
kruisondervraging "met vlieënde vaandels geslaag het" en dat haar
9
getuienis geen wesenlike weersprekings of inherente onwaarskynlikhede bevat nie
sodat dit "nie om enige gegronde rede verwerp behoort
te word nie" (wat prima
facie nie die korrekte toets is om in 'n strafsaak toe te pas nie); en ten
opsigte van die redes wat die
landdros aanvoer waarom hy appellant se getuienis
verwerp. Vanweë daardie mistastings, waaroor meer hieronder, staan dit
hierdie
hof vry om op die oorkonde te oordeel of appellant se skuld buite twyfel
bewys is.
Die landdros bevind dat dr Westensee gesê het dat sy kliniese
waarnemings nie inpas by gemeenskap met toestemming nie en dat
hy gebly het "by
sy mening dat gemeenskap sonder toestemming plaasgevind het". Dr Westensee het
geen so 'n besliste mening geuiter
nie.
Die getuienis van die eerste persoon
teenoor wie klaagster sou gekia het, Colette, het aanvanklik nie eers
geslagsomgang genoem nie,
en nooit dat klaagster beweer het dat sy "ge-rape" is
nie. Toe klaagster die
10
blou merke aan haar arms wys en Colette haar daarna
uitvra, vertel
klaagster dat appellant haar na 'n
afgeleë plek geneem het
"en toe het hy haar gemolesteer nou.
Wat se indruk ... u sê molesteer, wat bedoel u
daarby? Hy het haar aangerand het sy vir
my gesê.
HOF: Nou het Hazel op enige wyse vir jou gesê
hoe sy gemolesteer of aangerand was? Sy
het gesê hy het, hy het haar eerste so gegryp en sy het probeer loskom en naderhand het hy haar so gehad dat sy nie meer haarself kon beheer nie. Maar het sy op enige stadium gepraat daarvan
dat hy met haar geslagsomgang gehad het?
Ja."
Ek meen dat dit onnodig is om te veel detail
van klaagster se verhaal, veral van wat daar gebeur het
in die donker waar hulie geparkeer het, te weergee. In
kort kom dit daarop neer dat sy appellant se toenadering
verwerp het. Hy het die rugleuning van haar sitplek
laat sak en haar gegryp. Hoewei sy geskop en geskree
het, het hy haar styfspannende fietsry-kniebroek en haar
onderbroekie in die kar uitgetrek. Sy het daarin
11
geslaag om by die kar uit te kom, en wou aantrek, maar hy het dit verbied en haar na "so 'n heuweltjie" geneem, waar hy haar op die grond neergegooi het toe 'n kar aangekom het. Toe het hy haar weer in die kar gegooi en beveel om te lê. Moeg gespartel het sy tog geskree en gehuil toe hy sy penis indruk in haar skaamdeel, en aanhoudend vir haar sê sy moet haar bene wyer oopmaak, en dit oopdruk. Sy het weer losgekom en agter in die kar gaan sit, aan die bestuurderskant (en na haar horlosie gekyk en gesien dit word laat); maar op sy aandrang weer voor ingeklim waar hy weer sy geslagsdeel in hare gedruk het. Toe hy van haar afklim het hy haar gehelp soek vir haar amperbroekie wat buite op die grond was, en haar kans gegee om haar hare, waarvan die strik vroeër uitgeval het, reg te kry: hy was baie bekommerd oor haar hare, het sy vertel.
Sy en Priscilla vertel, dat op pad terug na King William's Town, nadat hy die ander by die Jafta woning opgelaai het, het appellant by die Commercial
12
Hotel aangedoen het en gaan drink terwyl die vrouens in die kar agtergebly
het, totdat Priscilla vir Lorraine ingestuur het om hom
te gaan
roep.
Klaagster het die volgende oggend bloed gesien toe sy haar gaan was,
"en ek het die klere vir die vrou gegee wat die wasgoed was,
toe het sy dit
gewas".
Die landdros maak twee punte van kritiek teen
klaagster se getuienis te maklik af. Hy vind
'n
bevredigende antwoord op die vraag, waarom klaagster
stilgebly het tot die volgende dag, in haar getuienis
dat
"sy bang (was) om in die teenwoordigheid van die beskuldigde te praat en wou ook nie in die teenwoordigheid van Lorraine praat nie omdat Lorraine dan maklik sou praat en sy gevrees het dat sy ook die beskuldigde sou skel".
(Die hof van tweede instansie het die vraag geopper maar onbeantwoord gelaat behalwe deur te verwys na die "atmosphere of the trial", soos hierintevore aangehaal.)
Al sou die rede wat klaagster aangegee het 'n
13
aanvaarbare gewees het, kan dit nie opgaan nie: voor
die Commercial Hotel
het Lorraine hulle verlaat om te
gaan kyk waar appellant dan is. Dat
appellant inderdaad
bereid was om by die hotel aan te doen en die
vrouens
alleen te laat, versterk die afleiding wat klaagster se
verhaal
van sy optrede nadat hulle omgang gehad het,
reeds noop. Dáár het hy haar aangemoedig om haar hare
reg te maak en het hy haar gehelp om haar onderklere te
vind. Dit is
duidelik dat hy aanvaar het dat klaagster
nie alleen nie gaan klik oor wat tussen hulle gebeur het
nie, maar van plan sou wees om voor te gee dat juis niks
gebeur het nie. En dit is juis wat sy gedoen het. Die
landdros sê ook:
"Verder kan die klaagster se navrae oor beskuldigde se huwelikstaat ook bevraagteken word, maar ek is van mening dat geen nadelige afleiding hieruit gemaak behoort te word nie."
Hy sê nie wáárom nie. Sy het appellant uit die huis uit
gevolg toe hy haar roep nog voordat hy vertel het wat sy
planne was. Haar storie dat sy ingestem het om saam te
14 ry na "die
winkels" omdat sy honger was (wat sy nie vir hom gesê het nie) is dubbeld
vreemd. Hulle het pas 'n vrag kruideniersware
afgelaai, en kos moes daar in die
huis gewees het. Bowendien het sy nie enige van die huismense vertel waarheen sy
gaan nie. Waarom
dan die man wat in die nag inkopies wil doen, vra wat sy
huwelikstaat is, tensy sy in hom belangstel - ook nie intellektueel nie,
want
vir bloot gesels is huwelikstaat irrelevant.
Ander aspekte van haar getuienis
wat bevraagteken moet word, is waarom sy nie veel erger beserings opgedoen het
nie indien appellant
haar werklik neerqegooi het op die heuweltjie en in
die kar geqooi het daarna, soos sy vertel. Probleme het hy gehad sonder
weerstand van haar, want dit is gemene saak dat die bestuurder se deur van
sy
kar nie kon oop nie, en hy oor haar geklim het om agter die stuurwiel te kom -
wat moontlik 'n kneusplek of twee aan haar kon
verduidelik. Dan ook stel dit
hoë eise aan die verbeeldingskrag om te
15 probeer indink hoe 'n man 'n
fietsry-kniebroek wat soos 'n tweede vel pas, van 'n meisie kon uittrek met
onder-amperbroekie ook,
waar hulle saam op die voorste sitplek van sy kar was,
sonder dat sy hom help. Die landdros beskryf haar terloops as "'n redelik
sterk
geboude jong dame" en volgens haar het sy geskree en "geskop en te kere gegaan
in die kar in".
Die landdros kyk ook verby dat sy nie alleen geen klag by Priscilla gelug het nie, maar aan haar niggie toé sy by haar uitkom volgens dié 'n dubbeldoor leuen vertel het: in antwoord op navraag, waarom sy en appellant so lank weg was, het sy nie alleen gesê dat hulle 'n tydjie in die dorp vertoef het, maar dat niks gebeur het nie.
Die landdros het bevind dat Priscilla ook ' n goeie getuie was. Priscilla se
getuienis, dat Hazel "snaaks" gelyk het toe sy en appellant
terugkom by die huis
op Stutterheim het egter aangewas tot "dit het gelyk asof sy gehuil het",
ondanks klaagster se
16 getuienis, reeds genoem, dat die twee getroude
vrouens geen onraad gemerk het nie. Priscilla het haarself weerspreek oor
klaagster
se optrede gedurende die rit terug na King William's Town. Die
aanklaer se vrae het sonder twyfel die tydvak geïdentifiseer
waaroor hy
haar uitgevra het, as in die loop van dáárdie terugrit. Priscilla
het gesê klaagster "het stil gesit
en het gelag. As ons miskien grappe
maak, dan het sy net gelag en so, sy het nie sommer gepraat nie". Onder
kruisverhoof het sy ontken
dat klaagster gelag het, en die botsing probeer
verduidelik met "ek het gedink u praat van toe ons op pad (na Stutterheim) is,
nie
terug nie". Priscilla het ook erken dat sy klaagster afgeraai het daarvan om
'n klag by die polisie aan te gee -vreemde raad indien
sy van mening was dat
haar niggie werklik die vorige nag verkrag is, en 'n aanduiding dat klaagster
dalk eiewys en nie onskuldig
en naïef is nie dat sy dit veronagsaam
het.
Appellant se storie was dat die hofmakery
17 wedersyds was, soos vroeër genoem. Al wat hoef bygevoeg te word by wat reeds gesê is van sy weergawe, is dat sy aan hom sou gevat het, hy aan haar borste gevat het en aan haar boud, "toe het sy haar tights begin uittrek". Daarna het hulle omgang gehad, tweekeer. Hy het heelwat besonderhede gegee, waarskynlik oordrewe, van hoe hy gesukkel het met haar na die vryery, nadat hy gebieg het dat hy ' n getroude man is; en haar hardhandig in die kar moes kry. Dit is so dat appellant nie 'n baie bevredigende getuie was nie, en traag was om te erken dat hy van die staanspoor omgang met klaagster in gedagte gehad het. Die kruisverhoor waaraan hy onderwerp is en die landdros se kritiek, neem egter die sprong wat nie in logika regverdigbaar is nie, dat dit beteken dat hy vasbeslote was om met of sonder haar toestemming daardie voorneme tot volvoering te bring. Die landdros neem appellant kwalik (moreel korrek, in regte irrelevant) dat hy by klaagster die indruk gelaat het dat hy ongetroud is, "en 'n mens vra jouself die
18
vraag af, waarom", en ook "'n mens vra jou dadelik af
waarom neem hy haar
hier na die donker plek toe, hy is
'n getroude man en hier 'n jong dogter wat agt jaar of
wat jonger as jy
is". Die voor die hand liggende
antwoord daarop wat appellant lomp probeer
het om te
gee, is "Hope springs eternal . . . " . So ook is die
kritiek op
hom,
"dit is opmerklik dat hy nêrens in sy getuienis sê dat hy uitdruklik vir die klaagster gevra het om met haar gemeenskap te hou nie en dat hy ook nooit sê dat sy uitdruklik toestemming verleen het nie"
onbillik. 'n Jong paar wat in die donker gaan parkeer
is nie bedag op kontraksluiting nie.
Om op se som, klaagster was 'n enkel getuie
wie se getuienis nie gestaaf is nie waar stawing beslis
te verwagte was. Daar was heelwat gebreke in die Staat
se saak wat die landdros nie raakgesien het nie.
Antwoorde op
geregverdigde vrae het uitgebly. Hoewel
appellant 'n onbevredigende getuie beskou kan word, is
die toets steeds dié gestel in R v DIFFORD 1937 AD 370:
19
is sy storie hoewel onbevredigend in sommige opsigte, redelik moontlik waar? Na
my mening soos blyk uit wat reeds gesê is,
behoort daar by die landdros
twyfel te gewees het of klaagster teensinnig was tot omgang en dit te kenne
gegee het. Die voordeel
van daardie twyfel moes die appellant toegekom
het.
Die appél slaag. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
L VAN DEN HEEVER AR
NESTADT AR)
STEM SAAM
VAN COLLER WAR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1992/227.html