SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 8

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Barnabas (146/90) [1991] ZASCA 8 (8 March 1991)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


1.

Saak nr 146/90 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPelAFDELING)

In die saak tussen:

KENNETH BARNABAS Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent
CORAM: VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN ARR.
VERHOOR: 21 Februarie 1991.

GELEWER: 8 Maart 1991.

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2/...
2.

VIVIER AR:

Die appellant kom in hoër beroep teen 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is deur STEENKAMP R in die Noord-Kaapse Afdeling, nadat hy skuldig bevind is aan moord met versagtende omstandighede. Verlof om te appelleer is deur die Verhoorregter geweier, maar is daarna aan die appellant toegestaan na 'n versoekskrif aan die Hoofregter.
By die verhoor het die appellant skuldig gepleit aan moord. 'n Verklaring ingevolge art 112(2) van Wet 51 van 1977 is daarna deur sy advokaat by die Verhoorhof ingelewer. Daarin sê die appellant kort en bondig dat hy die oorledene een hou met 'n mes in die nek gesteek het in die loop van 'n argument toe hy deur die oorledene uit laasgenoemde se huis gestoot is. Hy

3/...

3.

sê verder dat hy onder die invloed van drank was maar dat hy nogtans wederregtelik en met indirekte opset om te dood gehandel het. Die advokaat wat namens die Staat opgetree het, het die Verhoorhof meegedeel dat hy die pleit aanvaar en die appellant is daarop aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind. Daarna is die appellant se vorige veroordelings, wat hy erken . het, voorgelê en het die advokate die Verhoorhof toegespreek oor vonnis. Uit die Verhoorregter se uitspraak, wat onmiddellik hierna gevolg het, blyk nog die volgende oor die omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is: die appellant was vroeer die betrokke aand in die huis van die oorledene, met wie hy bevriend was. 'n Argument het tussen die twee ontstaan en die appellant het geloop, maar later die aand weer teruggekeer. Die stryery het weer begin en die

4/...

4.

oorledene het die appellant by die huis uigestoot en is in die proses die dodelike steekwond toegedien. Waaroor die stryery gegaan het, en wie dit weer begin het, blyk nie uit die Verhoorregter se uitspraak nie.
Die appellant se persoonlike omstandighede is dat hy 31 jaar oud is, standerd 4 geslaag het, 'n vaste werk het en 'n vrou en twee kinders het.
Dit blyk uit die Verhoorregter se verslag wat ingevolge art 320 van genoemde Wet by die verlening van verlof om te appelleer aangevra is, dat die swaar vonnis grootliks te wyte is aan die appellant se vorige veroordelings. Die Verhoorregter sê dat indien die appellant geen vorige veroordelings gehad het nie, hy "h maksimum vonnis van 12 jaar gevangenisstraf, waarskynlik slegs 10 jaar gevangenisstraf" sou opgelê het. Die Verhoorregter sê

5/...
5.

verder in sy verslag dat hy die appellant as 'n gevaar vir die samelewing beskou het en hom gevolglik "so lank as moontlik uit die samelewing (wou) verwyder".
Na my mening het die Verhoorregter die appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon. Die appellant het ongetwyfeld 'n slegte rekord: twee vorige veroordelings vir roof, ses vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee vir gewone aanranding. Vir geen een van die vorige veroordelings is 'n swaarder vonnis as 12 maande gevangenisstraf opgelê nie, wat as 'n aanduiding van die relatiewe geringe aard van die misdade beskou kan word. In die omstandighede van die huidige saak regverdig die appellant se vorige veroordelings, na my mening, nie die oplegging van 'n addisionele 10 of 12 jaar gevangenisstraf nie.

6/...
6.

Omdat hy soveel gewig aan die appellant se vorige veroordelings geheg het, het die Verhoorregter, meen ek, onvoldoende aandag geskenk aan die presiese omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. In S v Soci 1986 (2) SA 14 (A) het hierdie Hof die volgende gesê omtrent 'n Verhoorregter se korrekte benadering voordat 'n vonnis soos die huidige opgelê word (per BOTHA AR op bl 17 I - 18 B) -

"'n Vonnis van 18 jaar gevangenisstraf is 'n
geweldige swaar vonnis. Straftoemeting van hierdie omvang behoort na my mening nie te geskied sonder 'n deeglike en diepgaande ondersoek na al die tersaaklike faktore nie, onder meer die presiese omstandighede waaronder die oortreding gepleeg is. Om so
'n vonnis te vel aan die hand van die karige soort gegewens wat in die huidige geval vorendag gekom het, slegs by wyse van kort

7/...
7.

verklarings gemaak deur en namens 'n beskuldigde, kom my voor onbevredigend en onwenslik te wees. 'n Verhoorregter wat in gedagte het om so 'n swaar straf op te lê, behoort homself te vergewis daarvan dat al die feite in verband met die pleeg van die misdaad behoorlik uitgepluis is, desnoods deur van die Staat te verlang om getuienis voor te lê, waarop die beskuldigde die geleentheid sal hê om te antwoord."

Hierdie benadering is in die huidige saak nie gevolg nie. 'n Verklaring wat die advokaat vir die verdediging blykbaar gemaak het oor hoe die stryery ontstaan het en waaroor dit gegaan het (wat die appellant in sy aansoek aan hierdie Hof vir verlof om te appelleer herhaal het), is gevolglik nooit ondersoek nie. Dit mag wel wees dat so 'n ondersoek 'n
totale ander beeld van die gebeure aan die Verhoorregter sou openbaar het.

8/...

8.

Selfs geoordeel op die grondslag van die feite wat voor die , Verhoorregter was, is die vonnis na my mening,

buitensporig swaar. Dit is omdat, soos ek reeds daarop gewys het, die Verhoorregter die appellant se. vorige veroordelings oorbeklemtoon het. Na my mening sal reg geskied indien 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf in die plek gestel word van die vonnis wat deur die Verhoorregter opgelê is.
Die appel word gehandhaaf. Die vonnis opgelê deur die Hof a guo word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf.

W. VIVIER AR.

KUMLEBEN AR)

Stem saam. EKSTEEN AR)


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1991/8.html