![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
655/89 N V H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
KENNETH KHUMALO Eerste Appellant
ERIC TROS GUBULA Tweede
Appellant
ABEL KUTU Derde Appellant
DAVID LEKHANYANE Vierde
Appellant
MYNER GUDLANI BOVU Vyfde Appellant
ZUKO XABENDLINI Sesde Appellant
ANDREW LEKHANYANE Sewende
Appellant
ELISHA MATSHOBA Agste Appellant
JUSTICE
BEKEBEKE Negende Appellant
ZONGA MOKGATLE Tiende Appellant
RONNIE ZENZILE MASIZA Elfde Appellant
WELLINGTON SEQWELO MASIZA Twaalfde Appellant
BARRY
BEKEBEKE Dertiende Appellant
SCALO BOY JAFTA Veertiende Appellant
XOLISWA DUBE Vyftiende
Appellant
ELIZABETH BOSTAANDER Sestiende Appellant
EVELINA DE BRUIN Sewentiende Appellant
GIDEON MADLONGOLWANE Agtiende Appellant
ZOLILE YONA Negentiende Appellant
ALBERT TYWILLI Twintigste Appellant
JEPFREY SEKIYA Een-en-Twintigste Appellant
SAREL JACOBS Twee-en-Twintigste Appellant
ROY SWARTBOOI Drie-en-Twintigste Appellant
NEVILLE WITBOOI Vier-en-Twintigste Appellant
IVAN KAZI Vyf-en-Twintigste Appellant
en
DIE STAAT Respondent
/2
2
CORAM: E M GROSSKOPF, SMALBERGER, et
NIENABER, ARR
VERHOORDATUM: 6 - 8 MEI
1991
LEWERINGSDATUM: 29 MEI 1991
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, SMALBERGER, et NIENABER, ARR :-
Voortspruitend uit die dood van Lucas Tshenolo Sethwala ("die oorledene") op 13 November 1985 in Paballelowoonbuurt naby Upington, het 26 beskuldigdes (onder wie die appellante) voor BASSON R, en twee assessore in die Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling (Oranje Plaaslike Afdeling) te Upington tereggestaan op 'n aanklag van moord, alternatiewelik, openbare geweld. Die verhoor wat lank en uitgerek was, het op 13 Oktober 1986 'n aanvang geneem. In Julie 1987 is een van die assessore oorlede, en die
/3
3 verhoor is voor die oorblywende lede van die hof voortgesit. Op 27 April 1988 is al die beskuldigdes aan moord skuldig bevind met die uitsondering van beskuldigde 7. Hy is aan poging tot moord skuldig bevind. Daarna is die saak vir 'n geruime tyd uitgestel. Die verrigtinge het weer op 6 Februarie 1989 hervat. Vanaf daardie datum tot 15 Maart 1989 is getuienis met betrekking tot die aanwesigheid al dan nie van versagtende omstandighede deur beide die verdediging en die Staat aan die verhoorhof voorgelê. Die verhoorhof se uitspraak ten opsigte van versagtende omstandighede is op 23 tot 25 Mei 1989 gelewer. In die geval van veertien beskuldigdes (beskuldigdes 1, 2,
4, 5, 6, 8, 10, 11, 13, 15, 18, 19, 20 en , 21) is geen versagtende omstandighede bevind nie, en hulle is gevolglik ter dood veroordeel. Na die aanhoor van verdere getuienis met betrekking tot vonnis is die
/4
4 oorblywende beskuldigdes as volg gevonnis:
a) Beskuldigdes 7 en 9 - elk agt jaar
gevangenisstraf;
b) Beskuldigdes 3, 12, 22 en 23 - elk ses
jaar gevangenisstraf;
c) Beskuldigdes 14, 16, 17, 24, 25 en 26 -
elk ses jaar gevangenisstraf wat in die
geheel voorwaardelik opgeskort is,
insluitende 'n voorwaarde dat hulle elk
1200 uur gemeenskapsdiens moet verrig.
Die aansoek van die beskuldigdes om verlof tot appèl teen hulle skuldigbevindinge en, in sommige gevalle hulle vonnisse, is deur die verhoorregter van die hand gewys. Daarna het die appellante (beskuldigdes 1 - 6 en 8 - 26 by die verhoor) 'n petisie aan die Hoofregter gerig waarin verlof om te appelleer aangevra is. Sodanige verlof is op die volgende grondslag toegestaan:
/5
5
(a) Beskuldigdes 1 - 6, 8 en 11 - 26 is verlof verleen om teen hulle skuldigbevindinge appèl aan te teken -in die geval van beskuldigdes 9 en 10 is sodanige verlof geweier; (b) In die geval van beskuldigdes 15 - 17, 22 en 24 - 26 is onbeperkte verlof toegestaan; (c) In die geval van beskuldigdes 1 - 6, 8, 11 - 14, 18 - 21 en 23 is verlof toegestaan op die beperkte basis dat hulle , soos deur die verhoorhof bevind, deel uitgemaak het van die skare buite die oorledene se huis, en klippe na die huis gegooi het;
@ (d) Beskuldigdes 1, 2, 4 - 6, 8 - 13, 15 en
18 - 21 is verlof toegestaan om teen hulle vonnisse te appelleer.
Vir die doeleindes van gerief word na die appellante gesamentlik as "die appellante" verwys; afsonderlik sal na hulle verwys word ooreenkomstig
/6
6
hulle nommers by die verhoor.
Paballelo is 'n swart woonbuurt met 'n
inwonertal van nagenoeg 20 000 mense. Dit het sy eie
stadsraad. Die
oorledene was in diens van die
stadsraad as 'n munisipale polisieman. Hy was in die
omgang bekend as
JETTA. Hy het saam met sy moeder en
sy jonger susters en broers te huis 405
Pilanestraat
gebly. In die uitspraak van die verhoorhof verskyn
die
volgende beskrywing van die omgewing waar die ter=
saaklike gebeure wat die
dood van die oorledene
voorafgegaan het, plaasgevind het.
"Die kantore van die stadsraad is buite die woonbuurt geleë langs 'n teerpad wat tot in die swart woonbuurt loop. In die woonbuurt is dit bekend as Kingstraat. Soos 'n mens ongeveer noord met die teerstraat aanry kry 'n
mens aan die linkerkant (die westekant) die biersaal en skuins oorkant aan die anderkant van die pad (die oostekant) 'n hostel. Onmiddellik langs die hostel en aan die
/7
7
noordekant daarvan is 'n sokkerveld, waarna in die getuienis verwys is as Eleven Experience se sokkerveld of sokkervlak. Verder noord langs die sokkerveld is die kliniek wat ook telkens in die getuienis genoem word. Dit staan op die hoek van Kingstraat en Imaliestraat. Op hierdie stadium loop Kingstraat in 'n noord-westelike rigting in die woonbuurt in.
Imaliestraat kruis Kingstraat naasteby reghoekig en die deel van Imaliestraat wat in hierdie saak baie belangrik ís, strek in 'n
noord-oostelike rigting verby die kliniek. Die straat is ook bekend as Kafeestraat. Langs die kliniek en aan die noord-oostelike kant daarvan is die J C Shimanesaal (afgekort as die Shimanesaal). Verder aan in 'n noord-oostelike rigting is 'n oop stuk grond waarvan
h gedeelte bekend is as "die speelgronde". Beide die kliniek en die Shimanesaal is omhein en aan die Imaliestraat kant is daar hekke wat toegang tot die plekke verleen. Aan die suid-oostelike kant van die Shimanesaal is 'n oop area en daarna 'n aantal groen huisies (hierna is ook verwys as die
/8
8
Poskantoorhuisies). Voor die groen huisies (d i aan die noord-oostelikekant) is daar 'n draadheining wat aansluit by die heining van die Shimanesaal. Die getuienis was dat voor die Poskantoorhuisies, verste weg van die saal, die oorledene uiteindelik aan sy einde gekom het.
Aan die oostekant van die Eleven Experience se sokkerveld is daar ook 'n
draadheining.
Parallel met Kingstraat aan die noord-oostelike kant loop eers
Pilanestraat en dan Davidstraat. Pilanestraat is 'n baie belangrike
baken in
hierdie gebeure. Brownstraat loop ook parallel met Kingstraat maar aan die
suid-westelike kant. Behalwe 'n
gedeelte van Kingstraat was al die ander
paaie in Paballelo grondstrate.
Aan die linkerkant van Kingstraat, ongeveer aan die noordekant van die biersaal, is 'n oop
stuk grond met 'n aantal bome
Ongeveer by die hoek van die sokkerveld en
die kliniek maak die pad 'n effense draai en daarna loop Kingstraat ongeveer in
'n noord-westelike
rigting in die woonbuurt in."
/9
9 Die blyk uit die getuienis dat daar reeds voor November 1985 'n mate
van ontevredenheid onder die inwoners van Paballelo geheers
het oor 'n aantal
probleme in hulle omgewing. Daar was, onder andere, klagtes oor huishuur,
insidente van dronkenskap en misdaad
in die woonbuurt, en die optrede van
die
stadsraad en sy beamptes. Weens probleme in die
onderwys is sekere
skole en klasse geboikot. Daar was egter nie gevalle van onrus of steurnis wat
teen owerheidsinstellings of -figure
gemik is nie. Op die namiddag van Sondag 10
November 1985 is 'n vergadering in die Shimanesaal gehou. By die verhoor was dit
in
geskil wie die vergadering belê en gereël het, en wat
die doel
van die vergadering was. Wat egter duidelik blyk, is dat die opkoms na die
vergadering goed was. Volgens die getuienis was
die saal stampvol en almal kon
nie toegang verkry nie. Van die beskuldigdes het
/10
10
die vergadering bygewoon. Wat presies op
die
vergadering gebeur het, is egter onduidelik. In dié
verband
sê die verhoorhof in sy uitspraak:
"Aan die een kant is die getuienis dat dit 'n vreedsame vergadering was waar klagtes van die inwoners oor omstandighede in die woonbuurt bespreek is. Die klagtes moes aan die stadsraad voorgelê word deur 'n
afvaardiging van die inwoners.
Aan die ander kant is daar sterk getuienis wat daarop dui dat dit 'n opruiende vergadering was waar opruiende toesprake gemaak en liedere gesing is. Sekere persone, insluitende die oorledene, se name is genoem as persone aan wie leed aangedoen sou word."
Oor dié verskille in die getuienis het die verhoorhof egter nie uitsluitsel gegee nie.
/11
11
Na die vergadering het 'n groep jeugdiges vanaf die Shimanesaal sing-sing na
die sokkerveld van Eleven Experience beweeg waar 'n sokkerwedstryd
aan die gang
was. Hulle het op die veld gegaan en die wedstryd dermate ontwrig dat spel
beëindig moes word. Die polisie het
mettertyd daar opgedaag en
van
traanrook gebruik gemaak om die groep uiteen te jaag.
Klippe is na die
polisie gegooi, en geweld is ontketen wat later tot die aanrig van aansienlike
skade gelei het. Talle huise is beskadig
en motors is aan die brand gesteek. Die
geweld was veral gemik teen die eiendom van diegene wat die gesag moes handhaaf.
Die
onluste-eenheid van die plaaslike polisie onder bevel
van kaptein Botha
het versterkings van elders aangevra. Hulp is vanuit Kimberley en later ook
Pretoria verleen. Die eenheid van Kimberley
was onder bevel van kaptein Van Dyk.
Hulle (die lede van die eenheid) was die nag
/12
12 van 11 November vir die eerste keer op diens in
Paballelo. Alhoewel kaptein Van Dyk sy bereidwilligheid verklaar het om met die
oproeriges te onderhandel, het hy vanuit die staanspoor dit duidelik laat blyk
dat voorvalle van geweld of onrus deur die polisie
met die middele tot hulle
beskikking onderdruk
sou word. Dieselfde nag is 'n inwoner van
die
woonbuurt tydens 'n onrus-verwante voorval deur die polisie doodgeskiet.
Die optrede van die polisie het die oproeriges blykbaar tot
bedaring gebring en
orde is tot 'n groot mate herstel. Dit is gemene saak dat geen ernstige
voorvalle van geweld hulle in die loop
van
Dinsdag 12 November voorgedoen het nie, en dat alles in
die woonbuurt tot
die volgende oggend vreedsaam verloop het.
Dit bring ons dan by die gebeure van 13 November. Ons beperk ons op hierdie tydstip tot 'n
/13
13 breë oorsig daarvan; later sal daar in groter
besonderheid op sekere aspekte gelet word. Vanaf net na ses-uur die oggend het
mense, oud en jonk, by die sokkerveld begin vergader. Persone is verhinder om
werk toe te gaan en is aangesê om die vergadering
by te woon. Tydens die
verhoor het van die beskuldigdes aangevoer dat die vergadering deur kaptein Van
Dyk belê is. Die verhoorhof
het egter bevind dat diê bewering van
alle waarheid ontbloot is. Hierdie bevinding is nie op appèl bevraagteken
nie.
Dit is nie uit die getuienis duidelik wie die vergadering belê het
nie. Die appellante is egter bereid om vir die doeleindes
van die appèl
te aanvaar dat beskuldigdes 10, 11 en 20
met die organisering en beheer
daarvan gemoeid was. Met verloop van tyd het nagenoeg 3 000 mense op die
sokkerveld byeengekom. Die
polisie was in die omgewing teenwoordig. 'n
Video-opname van die
/14
14 vergadering is gemaak en dit het voor die verhoorhof as
'n bewysstuk gedien. Die video dui aan dat sake op die sokkerveld aanvanklik
heel vreedsaam en ordelik verloop het. Die byeenkoms was egter onwettig daar dit
verbied was deur 'n kennisgewing wat deur die Minister
van Wet en Orde kragtens
die bepalings van artikel
46(3) (a) van die Wet op Binnelandse Veiligheid
(Wet 74
van 1982) uitgereik is. Kaptein Botha, wat in bevel van die polisie
was, het die aanwesiges deur 'n
luidspreker in kennis gestel dat die byeenkoms onwettig is. Hy het hulle beveel om uiteen te gaan en hulle tien minute gegee om sy bevel te gehoorsaam.
Nieteenstaande hierdie waarskuwing is daar met die
vergadering voortgegaan, en mense is selfs gekeer om te verhoed dat hulle die sokkerveld verlaat. Gedeelte van die skare het Nkosi Sikelele i Afrika gesing -party mense met vuiste omhoog. Daarna is daar
/15
15
blykbaar gebid. Na die verloop van tien minute is die
skare in kennis gestel dat die tyd wat hulle gegun is om uitmekaar te gaan,
verstryk het. Onmiddellik daarna is traanrook deur die polisie gevuur om die
mense uiteen te dryf. Die mense het in verskillende
rigtings padgegee. Van hulle
het in die rigting van die hostel gehardloop; ander weer het gehardloop in die
rigting van 6f die biersaal
6f die Shimanesaal, of die woonbuurt in. 'n Groep
persone het 'n muur van die biersaal omgestoot en gepoog om die biersaal aan die
brand te steek. 'n Ander groep het in Pilanestraat in die omgewing van die
oorledene se huis bymekaar gekom. Lede van hierdie groep
het vanuit Pilanestraat
en
aangrensende erwe klippe na 'n polisievoertuig (Casspir) gegooi wat in 'n
plein in Kingstraat (min of meer in lyn met die oorledene
se huis) was. Op hulle
beurt het die polisie traanrook in die rigting van Pilanestraat
/16
16
gevuur. Kort hierna is die oorledene se huis deur 'n
groot groep mense
aangeval wat klippe na die huis gegooi het. Die aanval op die oorledene se huis,
en die gebeure daarna, is breedvoerig
beskryf in die getuienis van mev Beatrice
Sethwala en haar dogter Magdalene (die oorledene se moeder en suster
onderskeidelik), Roseline
en Linerose Xaba (die dogters van die skoolhoof, mnr
Xaba, wat saam met hulle moeder by die oorledene se huis skuiling gaan soek
het
na die aanval op hulle eie huis die vorige Sondagaand), en mnr Douglas Khambule
(die oorledene se buurman) en sy seun Desmond.
Hulle getuienis sal aanstons in
meer detail behandel word. Op 'n stadium het die oorledene uit
die huis uit gevlug. Hy het onsuksesvol gepoog om by 'n
naburige huis te skuil. Hy het toe met Pilane- en Imaliestraat langs gevlug in die rigting van die Shimanesaal, en het langs die heining van die saal
/17
17
afgehardloop. Hy is agternagesit. Voor die
poskantoorhuisies is hy ingehaal, neergegooi en aangerand. Daarna is petrol oor
hom gegiet
en hy is aan die brand gesteek. Hy is in die loop van hierdie gebeure
dood.
Voorts behandel ons kortliks die getuienis
van die
ses staatsgetuies na wie ons reeds verwys het.
Volgens mev Beatrice Sethwala
het sy die Dinsdagaand
(12 November) by haar huis saam met haar gesin geslaap.
Mev Xaba en haar
twee dogters het ook daar geslaap.
Vanweë die gebeure in die woonbuurt
die afgelope paar
dae was almal bang en bevrees en hulle het nie
ordentlik geslaap nie. Die oorledene (nadat hy
ongeveer drie-uur die
Woensdagoggend tuisgekom het),
het in die sitkamer op 'n stoel sit en slaap
met sy
vuurwapen ('n haelgeweer wat aan hom uitgereik is vir sy
beskerming) op sy skoot. Die Sethwala woning bestaan
/18
18 uit vier vertrekke. Die voorkant van die huis kyk op
Pilanestraat uit. Soos gekyk word in die rigting van Pilanestraat bestaan
die
voorste gedeelte van die huis uit 'n sitkamer aan die linkerkant en 'n klein
slaapkamer aan die regterkant. Agter die klein slaapkamer
is 'n groot slaapkamer
en agter die sitkamer
(langs die groot slaapkamer) is 'n
kombuis.
Laasgenoemde twee kamers het nie 'n direkte uitsig oor Pilanestraat
nie. Die huis het twee buitedeure - 'n
voordeur wat toegang tot die sitkamer
verleen en 'n
agterdeur wat uit die kombuis loop. Voor die huis is
'n struikheining met hekke aan weerskante. Vanaf die
voorkant van die huis na die straat is ongeveer agt
meter.
Die Sethwala
woning is redelik na aan die sokkerveld geleë. Mev Sethwala het getuig dat
sy gesien het hoedat mense reeds vroeg
die Woensdagoggend
/19
19 (13 November) op die sokkerveld byeenkom. Terwyl sy buite
die huis by een van die hekke gestaan het, is sy op 'n onmanierlike wyse
deur 'n
jong seun aangesê om die vergadering by te woon. Sy het egter nie gehoor
gegee nie. Sy het die hek waar sy gestaan
het met 'n
draad toegedraai. Sy
het gehoor hoedat die polisie
die mense op die sokkerveld beveel om uitmekaar te
gaan. Nkosi Sikelele i
Afrika is toe gesing, en dit het vir haar gelyk of daar ook gebid word. Nadat
'n
verdere waarskuwing deur die polisie aan die skare gerig is, is traanrook
gevuur. Die mense het van die sokkerveld wegbeweeg. Sy is
toe haar huis in met
haar
kinders omdat sy bang was dat die traanrook hulle sou
affekteer.
Terwyl sy binne die huis was, het sy kort-kort uitgekyk en sy het gesien dat
daar moeilikheid was tussen die mense en die
polisie. Die oorledene was besig om
homself te was. Beskuldigdes 18 en 19 het
/20
20 sonder toestemming die erf binne gekom om lappe wat hulle
gehad het by clie kraan te kom nat maak. Die oorledene het op 'n ietwat
onbeskofte wyse hulle beveel om die erf te verlaat. Toe hulle uit die erf uit
is, het beskuldigde 18 vir die oorledene toegesnou
"Ons sal jou wys". Volgens
mev Sethwala was daar op daardie
tydstip traanrook in die lug maar nie baie
sterk nie.
Vanuit haar huis het mev Sethwala gesien hoedat verskeie mense
vanaf Pilanestraat en die aangrensende erwe klippe in die rigting van
Kingstraat, waar die polisie Casspir gestaan het, gooi. Onder andere het sy
beskuldigde 1 sien klippe gooi. In sy linkerhand,
teen sy sy, het hy 'n middelslag glasbottel gehad. In
die bottel was 'n
gekleurde vloeistof wat haar laat dink het dat dit moontlik petrol kon wees. Die
oorledene het almal in die huis
aangesê om na die groot slaapkamer te
gaan. Hy was besig om 'n lys op te stel
/21
21
van mense wat hy sien klippe gooi het na
die polisie. Terwyl sy in die groot slaapkamer was, hoor sy die oorledene skree
dat dit lyk
of die mense buite die huis wil aanval. Die huis is egter nie
dadelik aangeval nie. Sy het die deur van die groot slaapkamer oopgemaak.
Buite
het sy mense hoor praat. Hulle het onder mekaar gestry oor hoe hulle moes
optree. (Ons kom later weer daarna terug.) Die stryery
onder die mense het
voortgeduur nadat hulle klippe begin gooi het. Die mense in die huis was
vérskrik. Sy en van die ander
het gaan skuiling soek onder 'n bed in die
groot slaapkamer. Die oorledene, wat die gebeure buite dopgehou het, roep toe
uit:
"Mense kom kyk julle hier is 'n persoon wat saam met my werk en dit is die persoon wat ek geglo het my lewe sal red. Hy is een van die persone wat vir my doodmaak." Sy is toe onder die bed uit om te gaan
/22
22
kyk. Teen die tyd was die vensterruite reeds almal
stukkend en die gordyne voldoende oop sodat sy na buitekant kon sien. Sy was toe
net buitekant die deur van die klein slaapkamer. Die persoon na wie die
oorledene verwys het, was beskuldigde 1. Sy het hom gesien
by die hek aan die
linkerkant d w s naaste aan
die Khambule's. Sy het opgelet dat beskuldigde 1
klippe na die huis gooi.
Onder die mense buite die huis het sy herken, afgesien van beskuldigde 1,
beskuldigdes 2, 3, 4, 6, 8, 10,
11, 12, 13, 15, 18, 20, 21, 22, 23, 24, 25 en
26. Met die uitsondering van beskuldigde 26, wat sy daardie dag vir die eerste
keer
gesien het, het sy al die ander beskuldigdes deur haar
uitgeken 6f by naam 6f van sien geken. Hulle het almal klippe na die huis gegooi. Daar was, volgens haar, altesaam meer as 'n honderd mense buite die huis.
'n Vrouestem het aanhoudend uitgeroep "Jetta is in die
/23
23
huis." Volgens mev Sethwala het "die
mense voor die huis" geskree: "Viva. Laat die beriggewer doodgaan." Sy het
beskuldigde 18 hoor
sê: "Laat die hond uitkom, laat ons die hond lewendig
aan die brand steek." 'n Opruiende lied is ook gesing. Verskeie skote
is deur
die oorledene gevuur - omtrent vier skote volgens haar.
(Dit is gemene saak
dat een van dié skote 'n kind buite
die huis getref en gewond het.) Sy
het gevrees vir haar lewe. Mettertyd is sy terug na die groot slaapkamer. Later
het sy agtergekom
dat die oorledene nie meer in die huis is nie. Sy is
hande-viervoet na die kombuis om die agterdeur wat oopgestaan het, toe te
maak. Nadat sy dit gedoen het, is 'n klip deur die
agterruit gegooi, en sy het iemand buite hoor hardloop. Sy getuig verder dat die mense buite geraas en geskree het, en dit het geklink of mense die straat afhardloop en iemand of iets jaag. Daar is geskree: "Daar gaan
/24
24
die hond, daar gaan die hond."
Mev Sethwala getuig verder dat Desmond
Khambule later by die agterdeur opgedaag het. Hy het haar vertel dat die
oorledene doodgemaak
is. Hierdie tyding is deur haar dogter, Magdalene,
bevestig. Magdalene het vir haar gesê om die huis te verlaat
omdat daar
beweer is dat mense haar huis aan die brand
gaan steek. Sy is vinnig by die
huis uit maar het teruggekeer om haar beursie, wat sy vergeet het, te gaan haal.
'n Vrouestem buite
trek haar aandag. Sy sien toe beskuldigde 18 buite verbystap
met gebalde vuiste in die lug, en hoor haar skree: "Daar lê die
hond vrek en brand, Hoekom help sy ma hom nie meer
nie. Hoekom help sy wit hondbroers hom nie meer nie." Sy let toe verder op 'n groep mense wat vanuit die rigting van die Shimanesaal beweeg het. Onder die groep was beskuldigdes 10 en 20. (Onder kruisverhoor
/25
25
het sy gesê dat beskuldigde 11 ook 'n lid van die groep was.) Die
groep, insluitende beskuldigdes 10, 11 en 20, het geskree:
"Hey, Hey, die hond
is dood." Na hierdie groep het beskuldigdes 12, 13 en 15 vanuit dieselfde
rigting verbygekom. Hulle het klippe
in hul hande gehad. Hulle het in die
rigting van haar huis
gekyk, maar geen verdere aanval is op die huis
geloods
nie. Sy het ook 'n stem van buite hoor sê. "Gooi petrol op die huis." Sy is daarna uit haar huis uit, en het na die Khambule's gegaan. Later is haar gesin en die Xaba-gesin na die stadsraadskantore geneem.
Mev Sethwala se getuienis oor die gebeure wat
by haar huis plaasgevind het, word in wesenlike opsigte
gestaaf deur haar dogter, Magdalene, en die twee Xaba dogters. Dit is nie nodig om hulle weergawes volledig uiteen te sit nie. Magdalene het tien van die beskuldigdes uitgeken as synde persone teenwoordig
/26
26
in die groep buite hulle huis. Onder die groep mense by die hek aan die
regterkant van die huis (soos 'n mens uitkyk) het sy beskuldigdes
5, 13, 15 en
16 herken. Sy het hulle daar opgelet reeds voordat enige klippe gegooi is.
Verder het sy ook beskuldigdes 1, 2, 4, 6,
12 en 14 uitgeken. Met die
uitsondering van
beskuldigde 16 het die ander beskuldigdes almal klippe
na
die huis gegooi. Sy het getuig dat beskuldigde 16 aanvanklik buite geskree het:
"Jetta is hier in die huis, hy is hier in die huis."
Nadat die kind raakgeskiet
is, het beskuldigde 16 herhaalde kere uitgeroep: "Jetta is in die huis, hy het
'n kind
raakgeskiet." Volgens Magdalene was daar vir h
tydlank nadat die kind raakgeskiet is nie klippe gegooi nie. Sy het beskuldigde 4 uitgeken as die persoon wat die erf binnegekom het en 'n klip deur die agterruit gegooi het. 'n Rukkie nadat die oorledene
/27
27
die huis verlaat het, het sy uit die huis uit gegaan. Sy is na die bure agter
hulle wat huis 400 bewoon. Sy vra toe vir hulle waar
die oorledene is. Hulle wys
na 'n plek naby die groen poskantoorhuisies waar daar baie mense bymekaar was.
Hulle was besig om die
oorledene aan te rand. Onder die mense het
sy
beskuldigdes 2 en 10 herken. Later is petrol
blykbaar oor die oorledene
gegiet, en hy is aan die brand gesteek. Magdalene het ook getuig dat sy die
vorige Sondagmiddag die vergadering
in die Shimanesaal bygewoon het. Volgens
haar was beskuldigdes 1, 2, 4, 5, 14, 17 en 20 by die vergadering aanwesig.
Beskuldigdes 2, 4 en 5 het mense wat geraas het
stilgemaak. Beskuldigdes
14, 17 en 20 het deelgeneem aan die singery in die saal. Beskuldigde 1 het net
gestaan en luister na wat
aangaan.
/28
28
Roseline Xaba het altesaam agtien beskuldigdes uitgewys as synde onder die
groep mense voor die Sethwala's se huis. Hulle was beskuldigdes
1, 2, 3, 4, 5,
6, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 18, 19, 20 en 21. Sy het hulle destyds almal
goed geken. Volgens haar het al agtien
beskuldigdes klippe na die
huis
gegooi. Voordat klippe gegooi is, het die mense
buite onder mekaar gepraat
maar sy het nie gehoor wat hulle gesê het nie. Dit blyk uit haar getuienis
dat kort nadat die oorledene
die huis verlaat het, is daar buitekant geskree:
"Daar is hy, daar is hy." Die persone buite het steeds aangehou om die huis
met
klippe te bestook. Eers 'n rukkie later het hulle
wegbeweeg in die
rigting van die Shimanesaal. Sy het nie die aanranding op die oorledene
waargeneem nie.
/29
29
Linerose Xaba het twaalf beskuldigdes uitgewys as persone wat deel was van die groep voor die Sethwala's se huis en wat klippe na die huis gegooi het. Hulle was beskuldigdes 1, 2, 4, 5, 6, 8, 10, 14, 17-, 18, 19 en 23. Sy het hulle destyds almal goed geken.
Die Khambule's het huis 404 bewoon. Dit
was langsaan die oorledene se huis en aan die Shimanesaal-kant daarvan. Desmond Khambule het getuig oor die oorledene se bewegings nadat hy uit sy huis gevlug het. Hy het ook getuig oor sekere van die gebeure wat voor dit plaasgevind het, onder andere hoe
hy mense gesien klippe gooi het en gehoor het dat
vensters van die
Sethwala huis breek en klippe op die dak val. Hy het ook skote gehoor, en daar
is gesê dat
'n kind geskiet is. Nadat die skote gevuur is, het die
mense 'n entjie van die oorledene se huis af wegbeweeg.
/30
30 Klippe is van voor die Khambule's se huis na die
oorledene se huis gegooi. Hy is toe na huis 402 in Imaliestraat na ene Tabo. Hy
(Tabo) was egter nie tuis nie en Desmond is toe terug na Pilanestraat na huis
475 - ene Zella se huis. Huis 475 is skuins oorkant
die oorledene se huis
geleë aan die noord-westelike kant
daarvan. Volgens Desmond was daar op
daardie
tydstip nie meer mense by oorledene se huis nie en min mense in
Pilanestraat. Toe hy by die oorledene se huis verbystap, sien hy die
oorledene
spring oor die draadheining in erf 407 in - waar ene Maria Makabane gebly het -
en in die huis ingaan. (Erf 407 grens
aan die noordekant aan die oorledene se erf.) Desmond
het onbekende stemme
hoor skree: "Daar gaan hy in Makabane se huis in". Maria Makabane het die
oorledene aangesê om haar huis
te verlaat. Oorledene kom toe uit en spring
oor die draadheining in erf 408
/31
31 in. (Erf 408 lê ten ooste van erf 407.) Hy het sy
vuurwapen in sy hand gehad. Na 'n rukkie spring die oorledene terug in
erf 407
in en hardloop na die hek. Desmond hardloop op sy beurt in Zella se erf in uit
vrees vir die oorledene. Hy let toe op dat
die oorledene in die plein in
Pilanestraat voor huis 407 is. Hy (die oorledene) het normaal, maar vinnig,
gehardloop. Hy het met
Pilanestraat afgehardloop voor sy huis verby (in die
rigting van die Shimanesaal). Voor sy huis het hy 'n skoot skuins in die lug
geskiet. Aan die onderpunt van Pilanestraat het hy links gedraai in
Imaliestraat. Desmond hoor toe mense skree; "Daar hardloop hy,
die koeëls
vir sy
wapen is op." Hy hardloop toe agterna om te sien wat gaan gebeur. Hy
gaan neem stelling in voor huis 403 in
'n posisie waar hy 'n onbelemmerde
uitsig het. Hy sien die oorledene hardloop in die rigting van die groen
/32
32
poskantoorhuisies met beskuldigde 10 wat hom agternasit. Agter beskuldigde 10
het beskuldigde 11 gehardloop, wat op sy beurt deur
'n groot groep mense
agtervolg is. Toe hulle verby die groen poskantoorhuisies gaan, het beskuldigde
10 vir die oorledene ingehaal.
Hy het die oorledene agter die
nek gevang en
hom op die grond neergegooi. Die
oorledene het op sy rug geval. Beskuldigde
10 het die oorledene se vuurwapen van hom afgeneem. Hy vat toe die vuurwapen met
beide
hande aan die loop en slaan die oorledene twee keer daarmee. Desmond kon
nie sê waar die houe die oorledene getref het nie.
Toe beskuldigde
10 die vuurwapen weer oplig (blykbaar om 'n verdere hou
daarmee te slaan)
val die kolf eenkant, en hy gooi toe die gebreekte vuurwapen weg. Hy skop toe
die oorledene op die maag. Teen die
tyd was beskuldigde 11 al byderhand en hy
het twee steekbewegings na die
/33
33 oorledene uitgevoer. Albei houe het die oorledene getref.
Daarna het beskuldigde 11 die oorledene geskop. Beskuldigde 10 tel toe
'n klip
op en gooi die oorledene daarmee. Beskuldigde 11 tel ook 'n klip op. Die ander
mense het toe bygekom en hulle het die oorledene
getrap en geskop. Desmond is
toe weg om
vir mev Sethwala te gaan vertel wat gebeur het.
Mnr Douglas
Khambule was destyds 'n raadslid van Paballelo. Hy het die Woensdagoggend gesien
dat daar 'n vergadering op die sokkerveld
was. Nadat die persone op die
sokkerveld met traanrook uiteengejaag is, was daar baie mense in Pilanestraat.
Onder hulle
was beskuldigde 1. Van die mense het klippe gegooi na
h
Casspir wat in die plein in Kingstraat gestaan het. Mnr Khambule het na die hek
van sy erf gegaan. Daar het beskuldigde 10 hom genader
en hom gevra om vir
kaptein Botha te gaan sê dat die polisie uit die
/34
34
woonbuurt moet onttrek. Hy is toe na kaptein Botha (wat by sy Casspir naby
die biersaal was), maar laasgenoemde het volstrek geweier
om te onttrek. Hy het
teruggegaan om aan beskuldigde 10 te rapporteer. Hy hoor toe 'n vuurwapenskoot
naby die oorledene se huis.
Terwyl hy voortstap kom iemand van voor aan en deel
hom mee dat sy oudste seun geskiet is. Hy stap verder aan en vind 'n groot groep
mense in Imaliestraat tussen die kliniek en huis 479 wat op die noord-westelike
hoek van Pilane- en Imaliestraat geleë is. Aan
hulle het hy vertel dat
kaptein Botha geweier het om te onttrek omdat hy daar was om wet en orde te
handhaaf. Toe hy by sy huis aankom,
het hy vasgestel
dat dit nie sy seun was
nie maar diê van sy buurman, Mbele, wat geskiet is. Toe hy by sy groot hek
ingaan, hoor hy ruite by
die oorledene se huis breek en klippe op die dak val.
Hy sien toe beskuldigde 4 op die
/35
35
stoep wat agter die oorledene se huis is. Beskuldigde 4 het 'n klip na die huis gegooi wat 'n venster getref het. Daar was ander mense buite die huis wat klippe daarna gegooi het. Hy het die groep persone op meer as twee honderd geskat. Mnr Khambule het getuig dat hy toe na sy huis gegaan het om sy
vuurwapen te gaan haal. Hy was bang omdat hy 'n
_ raadslid was en hy het gesien dat daar klippe gegooi word. Hy gaan toe na huis 403 (dié van sy buurman, Mbele) wat op die noord-oostelike hoek van Pilane- en Imaliestraat geleë is. Van die huis het hy na buite uitgekyk. Hy kon Imaliestraat en die draadheining om
die Shimanesaal sien. Nie lank nadat hy by die huis
aangekom het nie, hoor hy 'n groot geraas buite. Hy hoor mense skree: "Hy hardloop weg, vang hom, maak hom dood." Hy sien toe die oorledene verby die huis hardloop in Imaliestraat met sy vuurwapen in sy
/36
36
regterhand. Hy het van Pilanestraat se kant af gekom. Die oorledene het om
die hoek van die heining om die saal, en al langs die saal
se heining af, in die
rigting van die poskantoorhuisies gehardloop. Beskuldigde 10 het hom agtervolg.
Toe hy hulle die eerste keer
sien was beskuldigde 10 ongeveer twintig meter
agter die oorledene. Beskuldigde 10 het die oorledene ingehaal, hom neergegooi,
sy
vuurwapen afgeneem, die vuurwapen aan die loop gevat en die oorledene twee
keer met die kolf geslaan. 'n Groep van ongeveer een honderd
mense wat ongeveer
twintig meter agter beskuldigde was, het opgedaag. Van hulle het die oorledene
getrap en hom met klippe gegooi.
Dit
het ook gelyk asof een persoon na die
oorledene steek. Hy kon niemand in die groep uitken nie. Beskuldigde 7 kom toe
by hom verby.
Hy het 'n wit kan vol vloeistof by hom gehad. Hy het met h
/37
37
drafstap gehardloop na die mense wat by die oorledene was. Die inhoud van die kan is oor die oorledene gegiet en hy is aan die brand gesteek. Daarna het die groep van die oorledene af weg beweeg in die rigting van Imaliestraat, en die mense het met Imaliestraat afgestap.
#
Op 3 Desember 1985 is 'n uitkenningsparade gehou. Die parade is net uit mans saamgestel. Al die manlike beskuldigdes was op die parade (beskuldigdes 16, 17, en 18 was gevolglik nie aanwesig nie). Beskuldigdes 22, 23, 24, 25 en 26 was aanvanklik nie verdagtes nie. Hulle was deel van 'n
aantal persone wat lukraak gekies is om die paradegetal
aan te vul. Met 'n enkele uitsondering wat nie ter sake is nie, is al die manlike beskuldigdes wat deur die ses staatsgetuies in die loop van hulle getuienis uitgeken is, op die parade deur hulle uitgewys.
/38
38
Alhoewel daar gedurende die verhoor kritiek teenoor die verrigtinge by die parade uitgespreek is, het mnr Farlam, wie namens die appellante verskyn het, tydens die appèl toegegee dat die parade reëlmatig geskied het.
Die mediese deskundiges wat getuig het, het
van mekaar verskil aangaande die juiste oorsaak van
die oorledene se dood. Die vernaamste lykskouingsbevindings het getoon dat die oorledene gehad het: wyd verspreide derdegraadse brandwonde; 'n groot wond van die regter voorkop en 'n kneusing van die regter slaap (elk met 'n onderliggende skedelbreuk);
ggk verskeie kneusings van die kopvel; uitgebreide
breinbloeding; en drie steekwonde van die bors (waarvan nie een die borsholte binnegedring het nie). Na aanleiding van sy bevindings het die distriksgeneesheer wat die lykskouing gehou het tot die
/39
39
gevolgtrekking geraak dat die oorsaak van die oorledene
se dood was:
"1. Breinbloeding as gevolg van houe teen die regter voorkop en regter slaap.
2. Verbranding."
Die mediese deskundiges was dit eens dat die twee houe
teen die kop wat
skedelbreuke veroorsaak het, fataal was, en gesamentlik of afsonderlik die
oorledene se dood kon veroorsaak het.
Hulle het egter verskil met betrekking tot
of die verbranding ook bygedra het of 'n oorsaak was van sy dood. Die geskilpunt
het gegaan
oor hoe lank na die toedien van die houe die dood sou
ingetree het. Aan
die een kant is die mening gehuldig dat die oorledene nog geleef het toe hy aan
die brand gesteek is. Hierdie mening
is hoofsaaklik daarop gebaseer dat daar 'n
tydsverloop sou gewees het voordat
/40
40 die oorledene aan sy hoofbeserings sou beswyk het, en sy
verbranding binne dié tyd sou geskied het. Aan die ander kant is
die
mening uitgespreek dat die hoofbeserings met die gepaardgaande skedelbreuke
daarop dui dat aansienlike geweld gebruik is, dat
die omvang van die beserings
sodanig was dat die dood amper
onmiddellik sou ingetree het, en dat die
verbranding
dus eers na die oorledene se dood plaasgevind het. Dit is nie nodig om op die redes in te gaan wat voorgehou is om die botsende menings te onderskraag nie. Vanweë hierdie geskil het die verhoorhof tot die slotsom gekom dat dit nie bo redelike twyfel kon
bevind dat die oorledene nog geleef het toe hy aan die
brand gesteek is nie.
Behalwe miskien vir beskuldigde 10 was die identiteit van al die appellante by die verhoor in geskil. Hulle het almal enige deelname aan die
/41
41 voorval op die oorledene se huis, en die latere doodmaak van die
oorledene, ontken. Ofskoon van die appellante erken het dat hulle
die
vergadering op die sokkerveld bygewoon het, het almal alibi's geopper wat
minstens die tydperk waarbinne die oorledene se huis
aangeval is, en hy gedood
is, dek. Die verhoorhof het, behalwe in een opsig (die uitkenning deur Magdalene
van beskuldigdes 2 en
10 as deel van die groep wat die oorledene aangerand het
daar waar hy gesterf het), die getuienis van die ses staatsgetuies waarna
verwys
is, en hulle uitkenning van die verskillende appellante as betrokkenes by die
gebeure waaroor hulle getuig het, aanvaar. Die
appellante se alibi's is almal
deur die
verhoorhof verwerp as synde nie redelik moontlik waar nie.
Die
verhoorhof het bevind dat al die appellante skuldig was aan moord deurdat hulle,
met die
/42
42
opset om te dood, deelgeneem het aan die klipgooiery by die oorledene se
huis, of aan die aanrandings by die poskantoorhuisies, of
albei. Ons sal later
in groter besonderheid ingaan op die hof se bevindings in hierdie verband.
Aangesien beskuldigde 7 se bewese
handeling op 'n tydstip geskied het toe die
oorledene
waarskynlik (of minstens redelik moontlik) reeds dood
was, is hy
net aan poging tot moord skuldig bevind.
Ons het vroeër aangedui op
watter grondslag die appellante verlof tot appèl verleen is. Die
appèl voor ons kan
in drie dele ingedeel word. Die eerste deel handel met
die sewe beskuldigdes
(beskuldigdes 15, 16, 17, 22, 24, 25 en 26) aan wie
onbeperkte verlof
toegestaan is om teen hulle skuldigbevindings te appelleer. Dit gaan hier oor
die korrektheid al dan nie van die
verwerping van hulle alibi's deur die
verhoorhof. Die tweede deel
/43
43
handel hoofsaaklik met die skuldigbevindings aan moord van al die appellante
(met die uitsondering van beskuldigdes 9 en 10) wat tereg
bevind was om deel te
gewees het van die groep mense wát klippe na dié oorledene se huis
gegooi het (en, in die geval
van beskuldigdes 11 en 20, wat na bewering deel
gehad het aan die latere aanranding op die oorledene). Hierdie deel behels regs-
en feitevraagstukke voortspruitende uit die sogenaamde leerstuk van gesamentlike
opset ("common purpose"). Die derde deel het betrekking
op die kwessie van
vonnis. Ons behandel voorts die eerste van hierdie dele. Waar 'n beskuldigde 'n
alibi opper, rus die
bewyslas op die Staat. Bestaan daar gevolglik 'n
redelike moontlikheid dat die alibi's van die beskuldigdes onder bespreking waar
kan wees, sal die Staat hom nie van sy bewyslas gekwyt het nie (R v
Biya
/44
44 1952(4) SA 514 (A) op 521 D - E). Die korrekte benadering
in dié verband is om elke alibi aan die hand van die totaliteit
van die
getuienis met betrekking daartoe, en die hof se indrukke van die getuies, te
oorweeg (R v Hlongwane 1959(3) SA 337 (A) op 341 A). Behalwe in die geval
van beskuldigde 15, berus die
uitkennings van die ander ses beskuldigdes op
die
getuienis van 'n enkelgetuie - beskuldigde 16 word net deur Magdalene
uitgeken, beskuldigde 17 net deur Linerose en beskuldigdes 22,
24, 25 en 26 net
deur mev Sethwala. Dit is geykte reg dat die getuienis van 'n enkelgetuie met
versigtigheid benader moet word.
Normaalweg word die getuienis van 'n enkelgetuie slegs
aanvaar as dit in
elke wesenlike opsig bevredigend is of daar stawing daarvoor is (R v Mokoena
1956(3) SA 81 (A) op 85 - 6; S v Letsedi 1963(2) SA 471 (A) op 473 F;
S v Sauls and Others 1981(3) SA 172
/45
45 (A) op 180 E - G). Stawing in dié sin is
"bevestigende bewysmateriaal buite die getuienis wat gestaaf word"
(Schmidt: Bewysreg : Derde Uitgawe : bl 108). Die stawing hoef nie
noodwendig die beskuldigde met die misdaad te verbind nie. Die getuienis
van 'n
enkelgetuie, soos HOLMES, AR, in S v Artman and Another
1968(3) SA 339 (A) op 341 A - B opgemerk het, "does not require the existence
of implicatory corroboration; indeed in that event she
would not be a single
witness". Die versigtigheidsreël geld veral in die geval van 'n enkelgetuie
ten opsigte van identifikasie
vanweë die feilbaarheid van
menslike
waarnemings (R v T 1958(2) SA 676 (A) op 678 A - F). Die hof
moet tevrede wees dat die uitkennende getuie nie net eerlik is nie, maar ook
betroubaar
(S v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) op 768 A - B). Eerlikheid op
sigself is geen waarborg van betroubaarheid nie.
/46
46
In die verband merk VAN DEN HEEVER, AR, in R v Masemang
1950(2) SA
488 (A) op 493 tereg op:
"The positive assurance with which an honest witness will sometimes swear to the identity of an accused person is in itself no guarantee of the correctness of that evidence."
Gevolglik mag 'n getuie "se
eerlikheid en eie oortuiging
nooit toegelaat word om die afsonderlike
ondersoek na die betroubarheid van [sy] uitkenning te vertroebel nie" (S v
Mlati 1984(4) SA 629 (A) op 632 'n - I). Daar is 'n menigte faktore wat 'n
getuie se uitkenningsvermoë kan beïnvloed en wat in
gedagte
gehou
moet word wanneer die betroubaarheid van sy
uitkenning oorweeg word. Verskeie
van hierdie faktore word na verwys in S v Mthetwa (supra) op 768 A
- C. (Sien ook in dié verband die onlangse uitspraak van die Geheime Raad
in Junior Reid v The Queen [1989] 3 W L R
/47
47
771 op 777-9). Die waarskynlikheid dat 'n uitkenning betroubaar is, word verhoog waar die persoon wat
uitgeken is voorheen aan die getuie bekend was (R v
Dladla and Others 1962(1) SA 307 (A) op 310 C). Maar selfs dan moet daar noukeurig gelet word op die geleentheid wat die getuie gehad het om in die
heersende omstandighede 'n korrekte uitkenning te maak
(R v Dladla and Others (supra) op 310(E) ). Op die ou end bly
die toets of daar bewys van skuld bo alle redelike twyfel is, gesien die
getuienis in sy geheel insluitende
die feit dat 'n beskuldigde òf nie
getuienis afgelê het nie (vgl S v Mthetwa (supra) op 769
A-E) òf
'n valse alibi geopper het (wat oor dieselfde kam
geskeer word as 'n versuim om te getuig - sien S v
Nkombani and Another 1963(4) SA 877 (A) op 893 G.
Die verhoorhof was wel deeglik bewus van die toepaslike regsbeginsels by die oorweging van die
/48
48
getuienis van mev Sethwala, Magdalene en Linerose in die gevalle waar hulle
enkelgetuies was. Die verhoorhof was ook, aan die hand
van die gebeure wat
plaasgevind het, gedagtig aan die aanwesigheid van sekere positiewe en negatiewe
faktore wat hulle waarnemingsvermoëns
en uitkenning kon
belnvloed.
Faktore wat uitkenning kon vergemaklik het was, onder
andere,
die volgende: die gebeure het helder oordag plaasgevind; die persone daarby
betrokke is vanaf 'n
betreklike kort afstand waargeneem; daar was oor die
algemeen voldoende geleentheid vir betroubare waarneming; die persone uitgeken,
op een uitsondering
na, was voorheen aan die getuies bekend, hetsy by naam
of van sien; van
die getuies (byv mev Sethwala) het uitdruklik op die persone wat klippe gegooi
het, gefokus ten einde latere uitkenning
te vergemaklik. Aan die ander kant was
daar verskeie faktore wat nie
/49
49 bevorderlik was vir betroubare uitkenning nie, onder andere die volgende: die getuies was bang en het vir hulle veiligheid en lewens gevrees; daar moes deur stukkende vensters en tussen gordyne geloer word na buite dikwels terwyl daar klippe gegooi is; daar was beperkte geleentheid vir die waarneming van sekere persone; daar was 'n groot getal oproeriges, en die toneel buite die oorledene se huis was 'n bewegende, veranderlike een.
Op appèl is die eerlikheid van die staatsgetuies se uitkennings nie bevraagteken nie. Waar uitkenning tans nog in geskil is, gaan dit suiwer oor hulle betroubaarheid. Soos blyk uit die
verhoorhof se uitspraak, het mev Sethwala in die algemeen 'n baie gunstige indruk op die hof gemaak. Daar is bevind dat sy 'n betroubare en eerlike getuie is; ten opsigte van haar uitkenning van sekere
/50
50
beskuldigdes wat sy by die tweede geleentheid by haar huis sien verbyloop
het, het die verhoorhof haar bevind "uiters betroubaar"
te wees. Eweneens is
Magdalene as 'n getuie betroubaar bevind, en haar uitkennings as "betroubaar en
korrek". Met betrekking tot
Roseline en Linerose Xaba is bevind "dat hulle albei
eerlike getuies is en dat hul uitkenning van die
aanvallers korrek
is".
Aan die hand van die voorafgaande word daar nou gekyk na die gevalle van
die sewe beskuldigdes aan wie onbeperkte verlof tot appèl
verleen is.
Beskuldigde 15
Beskuldigde 15 is deur drie getuies uitgeken - mev
Sethwala, Magdalene en Roseline. Al drie het hom baie goed geken. Dit is gemene
saak dat hy 'n gereelde besoeker by die Sethwala's se huis was. Mev
/51
51 Sethwala het getuig dat sy hom soos haar eie seun beskou
het. Volgens Roseline het hy nog die vorige dag daar gekuier en die oorledene
vir 'n sigaret gevra. Beide mev Sethwala en Magdalene het hom die betrokke dag
by meer as een geleentheid voor hulle huis gesien.
Daar kan geen sprake wees van
'n sameswering onder die
drie getuies om hom valslik te inkrimineer nie -
soos
reeds gemeld, is hulle eerlikheid bo verdenking. Al vraag is dan of
hulle hulle eerlik kon vergis het. Ons meen dat die redelike moontlikheid
daarvan uitgesluit kan word. Daar was voldoende geleentheid vir betroubare
uitkenning van beskuldigde 15. Dit is
uiters onwaarskynlik dat die drie
getuies hom met
iemand anders kon verwar het (soos die verdediging tydens die
verhoor probeer voorgee het). Die feit dat beskuldigde 15 (van alle
persone)
klippe na die huis gegooi het, sou ongetwyfeld hulle aandag op hom
/52
52
gevestig het, en sy betrokkenheid by die gebeure moes noodwendig 'n blywende indruk op hulle gemaak het. Die Staat se saak teen beskuldigde 15 was gevolglik besonder sterk.
Beskuldigde 15 erken dat hy op 13 November 1985 die vergadering op die
sokkerveld bygewoon het.
Hy beweer egter dat hy die vergadering verlaat het
toe
daar gebid word en voor die eerste traanrook gevuur is. Hy is toe direk
huistoe. Volgens hom het hy destyds 'n vel-uitslag gehad wat
deur sweet vererger
is. Omdat hy vermoed het dat hy sou moes hardloop (en dus sweet) as die polisie
sou skiet, het hy vroeg aanstaltes
gemaak om weg te kom. By die huis
aangekom, is hy na
die buitekamer wat sy broer bewoon het. Sy broer was besig
om 'n radiokassetspeler reg te maak. Hy het daar gebly tot nadat die gebeure
rondom die oorledene se dood verby was. Beskuldigde het sy moeder, mev Sarah
/53
53
Johnson, en sy broer, Blackie Jafta, as getuies geroep om sy alibi te
staaf.
Die deurlees van beskuldigde 15 se getuienis laat die indruk na dat hy
'n swak getuie was. Sy getuienis is in baie opsigte onwaarskynlik
en nie met sy
onskuld te rym nie. Gesien sy hegte verhouding met
die Sethwalas sou
geredelik van hom verwag kan word om
sy medelye oor die oorledene se dood aan
hulle te gaan betuig. Tog het hy dit nie gedoen nie, en hy kon geen aanvaarbare
verduideliking
vir sy versuim gee nie. Ofskoon hy reeds op 13 November van die
oorledene se dood gehoor het, beweer hy dat hy eers op 27 November
(wat hy later gewysig het na 15 November) verneem het
dat hy gewelddadig
gesterf het - ondanks die feit dat hy op 14 November met Timo, die oorledene se
broer, in gesprek was. Dit is uiters
onwaarskynlik, en dus ongeloofwaardig, dat
hy nie vir Timo sou gevra het hoe
/54
54 hoe die oorledene omgekom het nie (tensy natuurlik hy,
teenstrydig met sy getuienis, reeds geweet het). Dit is ewe onwaarskynlik
dat hy
nie vir sy broer van die oorledene se dood sou vertel het nie toe hy op 13
November daarvan te hore gekom het. Wat ook onwaarskynlik
is, is dat beskuldigde
15 rustig in sy
broer se kamer sou sit te midde van die woelinge in
die
omgewing van hulle huis, en meer bepaald op die veld oorkant hulle huis.
(Hierdie onwaarskynlikheid geld ook vir sy moeder en broer,
wat kwansuis niks
gesien het wat om hulle gebeur nie.) Daar is ook ander voorbeelde in sy
getuienis wat daarop dui dat hy h
onbevredigende en leuenagtige getuie was..
Dit is
egter nie vir die doeleindes van hierdie uitspraak nodig om op hulle
in te gaan nie.
Met betrekking tot beskuldigde 15 se twee getuies het die
verhoorhof soos volg bevind: "Die
/55
55 getuienis van Sarah Jackson en Blackie Jafta is nie van
so 'n aard dat 'n mens bloot op hulle getuienis geoordeel kan sê
dat dit
vals is nie". Hulle getuienis is egter baie vaag. Mev Johnson koppel die aankoms
van beskuldigde 15 aan twee skote wat sy
gehoor het - sy was nie in staat om die
tyd van sy aankoms te gee nie.
Sy beweer dat hy 'n rukkie na die skote
afgegaan het by
die huis aangekom het. Dit is duidelik uit die getuienis dat daar verskeie skote dié dag gevuur is. Die twee skote wat sy gehoor het, was nie noodwendig die eerste twee nie. Sy beweer dat sy geen verdere skote gehoor het nadat beskuldigde 15 by die huis
opgedaag het nie. Dit is aanduidend van die feit dat
beskuldigde 15 moontlik eers by die huis aangekom het nadat alles reeds verby was en die oorledene reeds dood was. Indien beskuldigde 15 reeds by die huis was toe die gebeure by die oorledene se huis plaasgevind het,
/56
56
waarom het mev Johnson nie die skote gehoor wat die oorledene afgevuur het nie, gesien die feit dat die huis redelik na aan dié van die oorledene gelee was? Blackie Jafta het wel meer as een keer skote gehoor, en beweer dat beskuldigde 15 by die huis opgedaag het nadat die eerste skote gevuur is. Tot dié mate staaf
hy beskuldigde 15. Maar daar is heelwat kleiner
aspekte waarop beskuldigde
15, mev Johnson en Blackie verskil. Daar word na hulle in die verhoorhof se
uitspraak verwys.
Die verhoorhof het tereg, by die oorweging van beskuldigde
15 se alibi, op die getuienis as geheel
gelet, en het tot die slotsom gekom
dat beskuldigde 15
se alibi nie redelik moontlik waar kan wees nie. Gesien
die sterk Staatsaak, beskuldigde 15 se onbevredigende en onwaarskynlike
getuienis,
en die vaagheid van sy alibi getuies (veral met betrekking tot
/57
57
tyd), kan dit onses insiens nie gesê word nié dat die verhoorhof fouteer het deur beskuldigde 15 se alibi te verwerp en te bevind dat hy op die toneel aanwesig was en klippe na die oorledene se huis gegooi het. Tot dié mate dus slaag sy appèl nie.
Beskuldigde 16
Beskuldigde 16 word net deur Magdalene uitgeken. Dit is gemene saak dat hulle mekaar goed ken. Magdalene het getuig dat sy beskuldigde 16 op drie verskillende geleenthede gesien het. Die eerste keer was voordat daar klippe na die oorledene se huis
gegooi is - toe omstandighede meer bevorderlik was vir
betroubare uitkenning. Beskuldigde 16 was deel van 'n groep mense onder wie beskuldigdes 5, 13 en 15 ook was. Dié groep was na aan die hek aan die regterkant van die Sethwala's se huis (soos uitgekyk word).
/58
58
Magdalene se getuienis dat beskuldigdes 2 en 10 deel was van die groep
persone wat die oorledene voor die poskantoorhuisies aangerand
het, is nie deur
die verhoorhof aanvaar nie. Die nie-aanvaarding van haar getuienis in dié
opsig spruit voort uit haar onvermoë
om by 'n inspeksie ter plaatse
sekere
beskuldigdes wat aan haar bekend was (onder andere,
beskuldigde
10),en wat gestaan het waar die oorledene gedood is, uit te ken vanaf waar sy na
bewering die gebeure naby die poskantoorhuisies
op 13 November aanskou het.
Ofskoon die omstandighede by die twee geleenthede (d w s die dag van die voorval
en dié van
die inspeksie) ietwat mag verskil het, bestaan daar
geen oortuigende rede
vir haar onvermoë om behoorlike uitkennings by die inspeksie te doen nie.
Gevolglik kon die betroubaarheid
van haar uitkenning van beskuldigdes 2 en 10 op
13 November onder die groep
/59
59
mense om die oorledene nie aanvaar word nie. Dit dui daarop dat Magdalene op
die betrokke dag tot eerlike vergissing in staat was.
Dit is 'n faktor wat in
aanmerking geneem moet word by oorweging van die vraag of haar uitkenning van
beskuldigde 16 aanvaar kan
word as bo alle redelike twyfel betroubaar. In
diê opsig
is dit ook opvallend dat Roseline, wat beskuldigde 16
baie
goed ken, en vir beskuldigdes 5, 13 en 15 uitgeken het, nie vir beskuldigde 16
gesien het nie tussen die groep mense by die regterkantse
hek (onder wie
beskuldigdes 5, 13 en 15 was).
Beskuldigde 16 se getuienis was kortliks soos
volg. Sy het op 13 November die vergadering op die
sokkerveld bygewoon.
Nadat die traanrook geskiet is, het sy met Kingstraat in die rigting van haar
huis gehardloop. Daar het 'n Casspir
van voor gekom, en sy hardloop toe in een
van die erwe in wat aan Kingstraat
/60
60
grens. Nadat die Casspir verby is, het sy verder met Kingstraat langs huis
toe gehardloop. Haar ouma, mev Anna Links, het die deur
vir haar oopgemaak toe
sy klop. Sy is die huis in en het dit nie oor die relevante tydperk weer verlaat
nie. Sy ontken dat sy ooit
die betrokke oggend voor die oorledene se
huis
was. Mev Links is as getuie geroep om beskuldigde
16 se weergawe te staaf.
Die verhoorhof het bevind dat Magdalene se
getuienis tot 'n mate deur Roseline en Linerose gestaaf word aangesien hulle
bevestig dat
'n vrouestem in Afrikaans die woorde wat Magdalene aan beskuldigde
16
toeskryf, geuiter het. Namens beskuldigde 16 is
betoog dat hierdie
bevinding op 'n mistasting neerkom omdat die getuienis van Roseline en Linerose
nie beskuldigde 16 met die gebeure
voor die oorledene se huis verbind nie, en
gevolglik nie stawing vir
/61
61 Magdalene se getuienis bied nie. Hierdie betoog gaan nie
op nie. Soos reeds aangedui, waar stawing gesoek word om die getuienis
van 'n
enkelgetuie te versterk of onderskraag hoef dit nie noodwendig die beskuldigde
met die misdaad te verbind nie. Klaarblyklik
het die verhoorhof nie stawing van
laasgenoemde aard vereis nie. Die hof was net op soek na
bevestigende
bewysmateriaal buite Magdalene se getuienis. Dit was die woorde
wat geuiter is wat Magdalene se aandag op beskuldigde 16 gevestig
het. Die feit
dat ander getuies ook die woorde (of soortgelyke woorde) gehoor het, dien dus as
bevestigende bewysmateriaal omdat
dit Magdalene se getuienis tot 'n mate meer
waarskynlik maak. Gevolglik het die verhoorhof nie in dié opsig misgetas
nie.
Waar die verhoorhof egter wel fouteer het, is in sy redes vir die verwerping van beskuldigde 16 se
/62
62
getuienis as leuenagtig. Dit is wel so dat beskuldigde 16 se getuienis dat
die polisie die vergadering van 13 November aangekondig
het, nie aanvaar kan
word nie. Een van die vernaamste redes egter vir die verwerping van beskuldigde
16 se getuienis as leuenagtig
het betrekking op haar
getuienis aangaande die
Casspir wat sy beweer sy in
Kingstraat teegekom het. Die verhoorhof het
blykbaar bevind dat haar getuienis in dié opsig 'n versinsel is. As die
getuienis
in sy geheel gesien word, is daar egter nie ruimte vir die verwerping
van haar getuienis wat dié aspek betref nie. Weliswaar
het die
polisiegetuies getuig dat daar destyds net twee
Casspirs in Upington was. Volgens hulle was een, onder bevel van kaptein Botha, die betrokke dag naby die biersaal geparkeer. Die ander, onder bevel van kaptein Van Dyk, het eers die oggend van 13 November by
/63
63
die woonbuurt aangekom nadat die oorledene reeds gedood is. Daar is egter
oorweldigende getuienis van die ander staatsgetuies dat
daar op 'n sekere
tydstip 'n
Casspir (of soortgelyke voertuig) in 'n plein in Kingstraat
ongeveer in lyn met die oorledene se huis, gestaan het. Na dié
Casspir is
klippe vanaf
Pilanestraat gegooi, en vanuit dié Casspir is
traanrook
na Pilanestraat geskiet. Die Casspir was klaarblyklik nie
dié van kaptein Botha nie. Daar is hoegenaamd geen getuienis nie
om aan
te dui dat kaptein Botha op enige tydstip sy Casspir na die plein in Kingstraat
verskuif het. Trouens, Mnr Khambule
bevestig dat toe hy beskuldigde 10 se boodskap aan
kaptein Botha gaan
oordra het, het sy (kaptein Botha se) Casspir nog altyd naby die biersaal
gestaan. Op die getuienis moes daar dus
nog 'n Casspir (of soortgelyke voertuig)
in Kingstraat die oggend gewees
/64
64
het (ofskoon dit onseker is waarvandaan dit gekom het en aan wie dit behoort
het). Die redelike moontlikheid kan nie uitgesluit word
dat dit hierdie Casspir
was wat beskuldigde 16 op pad huistoe teëgekom het nie. Gevolglik kan haar
getuienis aangaande die aanwesigheid
van 'n Casspir in Kingstraat nie
as
leuenagtig afgemaak word nie, en in die belangrike
opsig het die verhoorhof fouteer. In iedere geval is dit uiters onwaarskynlik dat beskuldigde 16 haar getuienis met betrekking tot die Casspir sou versin het aangesien dit haar saak geensins kon bevorder het nie. Ons is nie van voorneme om die verdere punte
van kritiek wat die verhoorhof teen beskuldigde 16 se
getuienis geopper het, te behandel nie. Daar was tydens betoog voor ons oortuigend aangetoon dat die meeste van hulle weinig om die lyf het. Daarbenewens het van hulle geen betrekking op die gebeure van 13
/65
65
November nie. Hulle is klaarblyklik nie sodanig dat hulle sonder meer die
algehele verwerping van beskuldigde 16 se getuienis regverdig
nie.
Die
verhoorhof het bevind dat mev Links se getuienis glad nie dié van
beskuldigde 16 staaf nie. Weliswaar was mev Links se
getuienis met betrekking
tot
tyd vaag. Tot 'n mate is dit seker te wyte aan die
feit dat sy 'n
ongeletterde persoon is wat nie tyd kan lees nie. Wat egter wel duidelik uit
haar getuienis blyk, is dat beskuldigde
16 kort nadat sy die huis die oggend
verlaat het, weer teruggekeer het, en dat sy met haar terugkeer moeg was soos
iemand wat gehardloop
het. In die verband gebruik mev Links uitdrukkings
soos "sy was net 'n
rukkie weg"; "so oor 'n ruk na sy weg is" en "sy het sommer weer teruggekom",
wat almal op 'n betreklike kort
tydsverloop dui. Haar getuienis bied dus
prima facie stawing van beskuldigde
/66
66
16 se alibi. Dit verhoorhof bevind nie dat sy 'n
leuenagtige getuie was nie. Hy maak ook geen nadelige bevindings ten opsigte
van haar houding in die getuiebank nie. Laasgenoemde
opmerking geld ook vir
beskuldigde 16.
Hierdie is by uitstek 'n grensgeval. Ons is gedagtig aan die
voordeel wat 'n verhoorhof bo ons
geniet met die beoordeling van getuienis. Ons aanvaar dat Magdalene in die algemeen 'n betroubare getuie was. Dog is haar getuienis nie smetloos nie. Haar uitkenning van beskuldigdes 2 en 10 is nie aanvaar nie. Dit maak nie noodwendig haar uitkenningsvermoe oor 'n
korter afstand verdag nie. Dit dui net daarop dat, haar eie oortuiging ten spyt, daar ruimte vir eerlike vergissing aan haar kant is. Die verhoorhof het in minstens een belangrike opsig gefouteer in die verwerping van beskuldigde 16 se getuienis as vals.
/67
67
Van sy ander redes oortuig nie. Dit staan ons dus vry om tot ons eie gevolgtrekking te kom. Gesien die tersaaklike getuienis in sy geheel, kan daar onses insiens nie gesê word dat beskuldigde 16 se alibi nie redelike moontlik waar kan wees nie. Die Staat het hom gevolglik nie van sy bewyslas gekwyt nie. Beskuldigde 16 se appèl slaag dus en haar
skuldigbevinding en vonnis moet tersyde gestel word.
Beskuldigde 17
Beskuldigde 17 word net deur Linerose
uitgeken. Dit is
gemene saak dat hulle saam op skool
ggk was, en mekaar goed ken. Volgens
Linerose het sy haar
aandag op die klipgooiers gespits met die doel om hulle later te kan uitken. Dit verhoorhof het bevind dat Linerose (spesifiek met betrekking tot haar uitkenning van beskuldigde 17) "'n bevredigende en betroubare getuie [was] wie se getuienis sonder aarseling aanvaar kan word". Linerose se eerlikheid is bo
/68
68
verdenking, en haar getuienis is nie vir enige wesenlike kritiek vatbaar nie.
Haar getuienis voldoen aan al die vereistes wat aan
'n enkelgetuie gestel
word.
Beskuldigde 17 se getuienis is kortliks soos volg. Sy het op 13
November die vergadering op die
sokkerveld bygewoon. Destyds het sy saam met
haar
moeder, haar suster Monica en nog ander kinders te 492 Kingstraat gebly.
Haar huis was nie baie ver van die sokkerveld geleë
nie. Toe sy by die
vergadering opdaag, was die mense besig om Nkosi Sikelele i Afrika te sing. Dit
moes dus so skuins voor sewe-uur
gewees
het. Sy het saam gesing. Toe die traanrook geskiet
is, het sy dadelik
direk na haar oupa se huis gehardloop. Sy het haar moeder en Monica daar gekry.
Dit was voor half-agt. Sy het daarna
vir Monica gehelp om haar oupa se huis
skoon te maak. Sy ontken dat sy ooit daardie dag in Pilanestraat was. Nadat sy
van die vergadering
af teruggekeer het, was sy
/69
69
die heeldag tuist Sy het mev Bostaander (haar moeder) en Monica as getuies
geroep om haar alibi te steun.
Soos blyk uit die verhoorhof se uitspraak is
beskuldigde 17 se getuienis in verskeie opsigte vatbaar vir kritiek. Dit is nie
nodig
om op die punte van kritiek in te gaan nie. Ons volstaan daarby om te
sê dat die kritiek geldig en behoorlik gegrond is. Die
verhoorhof het dan ook tereg bevind dat sy 'n
onbevredigende getuie was. Die Hof ook tot die slotsom geraak dat beskuldigde
17 se getuies nie haar alibi staaf nie, maar eerder
haar hele verweer kelder.
Soos later aangetoon sal word, is dit beslis in die geval van Monica
waar.
Die belangrike vraag wat opduik, is hoe laat beskuldigde 17 die
betrokke oggend by haar oupa se huis aangekom het. Indien dit eers
na agt-uur
was, stort haar alibi verweer eenvoudig in duie. Dit sou beteken dat sy nie
direk van die sokkerveld na haar
/70
70 oupa se huis gegaan het nie, en geleentheid gehad het om aan die gebeure in Pilanestrat mee te doen. Beskuldigde 17 en haar getuies stem ooreen dat beide mev Bostaander en Monica by die oupa se huis was toe beskuldigde 17 daar aankom.
Mev Bostaander het getuig dat sy die
Woensdagoggend reeds voor ses-uur hospitaal toe is om
haar vader in die
hospitaal te besoek. Hy het aan tering gely. Die getuienis dui nie aan hoe ver
van haar huis die hospitaal is nie,
maar dit moes redelik ver gewees het. Sy het
nie lank by die hospitaal vertoef nie. Op pad terug het sy gesien dat
daar
mense op die sokkerveld was. Sy is eers na haar eie
huis, en
daarvandaan na haar vader (beskuldigde 17 se oupa) se huis. Monica was besig om
die oupa se huis skoon te maak toe sy daar
aankom. Sy was reeds voor sewe-uur
tuis. Sy het op die stoep agter die huis
/71
71 gaan sit. Terwyl sy daar sit het sy skote vanaf die kafee
se kant gehoor en daarna traanrook geruik. 'n Kort tyd daarna het beskuldigde
17
daar opgedaag. Mev Bostaander was nie seker van haar tye nie want volgens haar
was daar nie 'n wekker by haar huis nie. In dié
opsig word sy deur beide
beskuldigde 17 en Monica
weerspreek. Die vraag kan gevra word waarom
sy
hieromtrent gejok het? Was dit dalk omdat sy die korrekte tyd wou
verbloem?
Monica het getuig dat beskuldigde 17 die Woensdagoggend reeds
ongeveer ses-uur na die vergadering is. Volgens haar het haar moeder
net
voor
sewe-uur die huis verlaat op pad na die hospitaal.
Haar getuienis in
dié opsig klink meer waarskynlik as dié van haar moeder. Monica
getuig verder dat haar moeder eers
na agt-uur van die hospitaal af teruggekeer
het. As sy in die opsig korrek is, beteken dit dat
/72
72
beskuldigde 17 eers na agt-uur teruggekeer het. Al sou Monica onseker wees
omtrent haar tye, is dit duidelik vanuit haar getuienis
dat (1) mev Bostaander
eers 'n geruime tyd ná beskuldigde 17 die huis verlaat het, en (2) meer
as 'n uur weg was. As beskuldigde
17 eers kort voor sewe-uur van die huis af weg
is, kon mev
Bostaander, wat die huis na haar verlaat het, nie al
reeds
voor ses-uur hospitaal toe gegaan het nie. En as sy (mev Bostaander) eers na
beskuldigde 17 weg is, kon sy nie voor agt-uur
teruggekeer het nie.
Daar is
onses insiens geen rede om Monica se getuienis nie te aanvaar nie. In die
omstandighede
was die verhoorhof geregtig om Linerose se getuienis te
aanvaar, en dié van beskuldigde 17 te verwerp as synde nie redelik moontlik waar nie. Daar is dus bewys dat sy een van die persone was wat klippe na die oorledene se huis gegooi het. In dié opsig dus slaag haar appèl nie.
/73
73
Beskuldigde 22
Beskuldigde 22 is net deur mev Sethwala uitgeken. Die verhoorhof het gunstige bevindings oor haar as 'n getuie in die algemeen, en haar betroubaarheid in besonder, gemaak. Hoewel sy riie beskuldigde 22 se naam geken het nie, het sy getuig dat
sy hom gereeld voor 13 November in Pilanestraat sien op
en af stap het. Beskuldigde 22 bly in daardie omgewing en ontken nie dat hy gereeld met Pilanestraat langs geloop het nie. Mev Sethwala het dus voldoende voorafkennis van beskuldigde 22 se voorkoms gehad om haar in staat te stel om 'n betroubare uitkenning te
maak. Tydens die gebeure voor haar huis het sy haar
daarop toegespits om mense wat klippe na die huis gooi, te identifiseer. Sy het genoegsame geleentheid gehad om beskuldigde 22 te herken, en haar getuienis rondom haar uitkenning van beskuldigde 22 is nie
/74
74
vatbaar vir wesenlike kritiek nie.
Beskuldigde 22 het altesaam drie
verskillende weergawes gegee van waar hy op 13 November was. Aanvanklik het hy
aan adjudant-offisier
De Waal vertel dat hy op daardie datum in die Transkei
was. In 'n
latere verklaring aan de Waal het hy egter erken dat hy
die vergadering op die sokkerveld bygewoon het.
Tydens die verhoor het hy
met 'n derde storie vorendag gekom. Hy het toe getuig dat hy op 13 November by
sy ouers op Postmasburg was.
Hy het sy meisie, Elizabeth Hamutu, as 'n getuie
geroep om sy getuienis te staaf. Hulle getuienis is deur die verhoorhof as
vals
verwerp - 'n bevinding wat nie op appèl bevraagteken is
nie.
Beskuldigde 22 was klaarblyklik 'n leuenagtige getuie, en die verwerping van sy
alibi was ten volle geregverdig.
/75
75 Mev Sethwala se getuienis verbind beskuldigde 22 met die
aanval op haar huis. Haar getuienis, insoverre dit beskuldigde 22 by die
gebeure
betrek, is op sigself nie vir kritiek vatbaar nie. As gevolg van die verwerping
van sy getuienis as vals is beskuldigde 22
regtens in dieselfde posisie as sou
hy
nie getuig het nie. In die omstandighede van die
onderhawige saak
onderskraag beskuldigde 22 se leuenagtigheid ipso facto die Staat se
saak. Daar is geen getuienis om dié van mev Sethwala te weerlê nie,
en dus minder rede om haar getuienis,
of die betroubaarheid van haar uitkenning,
in twyfel te trek
(vgl S v Snyman 1968(2) SA 582(A) op 588 G -
H).
Anders gestel, sy leuenagtigheid verminder die gevaar dat mev Sethwala in
haar uitkenning van hom gefouteer het. Afgesien hiervan
is sy herhaalde
leuenagtigheid in die onderhawige geval aanduidend van 'n skuldbesef
/76
76
en dus van aandadigheid.
In die omstandighede kan daar nie gesê word dat die verhoorhof fouteer het deur mev Sethwala se uitkenning van beskuldigde 22 te aanvaar nie, en te bevind dat hy een van die persone was wat klippe na haar huis gegooi het. Sy appèl teen die verhoorhof se bevinding in dié verband slaag dus nie.
Beskuldigde 24
Beskuldigde 24 is ook slegs deur mev Sethwala
uitgeken. Volgens haar was hy tussen 'n groep mense
aan die linkerkant van
haar huis. Hy was ook een van
die klipgooiers. Sy het hom destyds net van sien
geken. In antwoord op die
vraag van waar sy hom
ken, het sy geantwoord:
"Van sien, u Edele, hier in Paballelo woonbuurt. Hy beweeg ook op en af in Pilanestraat".
/77
77
In haar hoofgetuienis wy sy nie verder hieromtrent uit
nie. Onder
kruisondervraging was sy ietwat vaag
aangaande hoe gereeld of dikwels sy hom
voor die
voorval gesien het. Sy het erken dat sy nie voor 13
November rede
gehad het om sy gesig noukeurig te beskou
nie. Hy het ook geen besondere
kenmerke gehad wat
uitkenning kon vergemaklik nie.
Mev Sethwala se getuienis met betrekking tot
hoe lank sy beskuldigde 24 die betrokke oggend onder oë
gehad het en
wat hy presies gedoen het, is ietwat
teenstrydig. Die volgende passasie kom
voor in haar
kruisondervraging:
"Did you see him at the stage when he
released a stone from his hand? Yes,
I saw him releasing a stone.
What I want to know is, was that the first
time you saw him, the f irst time your
attention was drawn to him was when he was
releasing a stone from his hand? As
/78
78 he came running towards and then throwing.
So you saw accused no 24 for the first time
before he threw a stone? --- That is
correct.
And after he had thrown the stone did you
keep paying attention to him? --- I
proceeded in the looking for others."
Haar getuienis op daardie tydstip was dus dat sy beskuldigde gesien het voor en toe hy 'n klip gegooi het, en dat sy daarna haar aandag op ander persone gevestig het. Dit kom nie heeltemal ooreen met wat sy effens later tydens haar kruisondervraging gesê het
nie, waar sy haar as volg uitgelaat het:
"Now when you saw accused no 24 did you see him for the first time at the stage that he
released a stone from his hand? --- That
is correct, as all the others I saw no 24 releasing a stone.
/79
79
And you did not pay any attention to him before he released the stone from his hand? --- No.
And after the stone had been released from his hand did you continue to pay attention to
him? --- I paid some attention for some
time on him.
What was he doing? ---- He ran backwards
to look for another stone.
COURT: He ran which way? --- Backwards
to look for another stone.
MR LANDMAN: When he ran backwards are you saying he ran with his face
towards you, or
did he turn around and run back? --- He
came back towards the house again.
So were you watching him when he came back
towards the house again? --- That is
correct, with my attention on him to
see him well and recognise him."
/80
80
Haar getuienis ten opsigte van beskuldigde 24 is dus vatbaar vir 'n mate van
kritiek.
Beskuldigde 24 se verweer was dat hy op 13 November die hele dag by
die huis was waar hy na sy siek vader omgesien het. Hy het sy
broer, Boetie
Swartbooi, as getuie geroep om sy alibi te staaf.
Die verhoorhof het bevind
dat beskuldigde 24 en sy
broer mekaar in verskeie opsigte weerspreek het, en
dat daar ook heelwat onbevredigende aspekte in beskuldigde 24 se getuienis was.
Afgesien hiervan maak die verhoorhof geen geloofwaardigheidsbevindings teen
beskuldigde 24 en sy broer nie.
Die weersprekings waarna die verhoorhof
verwys het, is nie een wesenlik nie. Inteendeel, hulle is oor die algemeen heeltemal onbenullig. Voorbeelde daarvan is die volgende: of beskuldigde 24 vir Boetie in die kombuis of in die slaapkamer gevra
/81
81
het waarom hy nie skool toe is nie; of beskuldigde 24 die betrokke dag "kos"
en pap, of net pap, gemaak het; wie van beskuldigde 24
en Boetie die oggend
eerste opgestaan het. Daar moet in gedagte gehou word dat beskuldigde 24 en sy
broer meer as 'n jaar na die
gebeure getuig het. In die omstandighede kan
verwag
word dat hulle geheue omtrent alledaagse aangeleenthede sou vervaag
het, en dat verskille onder hulle kon ontstaan. Dit sou inderdaad
vreemd wees as
hulle oor alle aspekte ooreengestem het. Aan die ander kant hou ons in gedagte
dat beskuldigde 24 se alibi so eenvoudig
is dat dit nie maklik weerlê
kan
word nie. Daar moet dus noukeurig op verskille gelet word. Maar voordat
verskille in die getuienis van twee getuies 'n nadelige afleiding
regverdig,
moet die verskille sodanig wees dat tot die gevolgtrekking geraak kan word dat
hulle op leuenagtigheid of
/82
82
oneerlikheid dui. Die verskille tussen beskuldigde 24 en sy broer is nie van so 'n aard nie. Hulle is ewe vatbaar vir die afleiding dat een van hulle 'n eerlike fout begaan het. Die verskille in hulle getuienis kon dus nie as grondslag dien vir die verwerping van hulle getuienis nie. In die verband is die afwesigheid van nadelige geloofwaardi'gheidsbevindings teen beskuldigde 24 en sy broer ook van belang.
Die sogenaamde onbevredigende aspekte in beskuldigde 24 se getuienis waarna die verhoorhof verwys, het eweneens min om die lyf. Een van hulle gaan oor wie beskuldigde 24 en ander persone beveel het
om 'n tafel en stoele op 'n voertuig te laai die dag van die
uitkenningsparade; ander gaan oor waarom hy sy werk by die slagpale laat
vaar
het en hoekom hy nie 'n
verlore bewysboek vervang het nie. Nie een van
/83
83
hierdie voorbeelde het iets met die gebeure van 13 November of die wesenlike
geskilpunte te make nie. Onder hierdie hoof bevind die
verhoorhof ook as
onwaarskynlik beskuldigde 24 se getuienis dat wat hom betref alles in Paballelo
normaal was tussen 10 - 12 November
1985. Beskuldigde 24 se huis is egter
nie
geleë in die nabye omgewing van waar die onluste en
aanvalle op verskillende persone se huise en eiendom plaasgevind het nie. Dit tesame met die feit dat hy, volgens hom, besig was oor dié tydperk om sy siek vader by die huis te versorg, kan sy getuienis in die verband verklaar.
Afgesien van die getuienis van mev Sethwala
bestaan daar geen behoorlike grondslag vir die verwerping van beskuldigde 24 en sy broer se getuienies nie. Soos reeds aangedui, was mev Sethala se identifikasie van beskuldigde 24 tydens die klipgooiery
/84
84
bra skrams. By die deurlees van daardie gedeelte van haar getuienis word die indruk geskep dat dit met minder vertroue geskied het as, byvoorbeeld, die uitkenning van beskuldigde 22. Daarenteen is daar geen ernstige kritiek oor die wyse waarop beskuldigde 24 en sy broer getuig het. In dié geval bestaan daar net nie voldoende waarborg van betroubaarheid van mev Sethwala se getuienis dat daar bo redelike twyfel gesê kan word dat sy reg was en dat beskuldigde 24 en sy broer gevolglik verkeerd moes gewees het nie. Dit bring nie haar eerlikheid en betroubaarheid andersins in gedrang nie. Die moontlikheid van 'n eerlike vergissing aan haar kant in dié besondere geval kan nie uitgeskakel word nie - en waar dit die geval is, het die Staat nie daarin geslaag om beskuldigde 24 se skuld bo redelike twyfel te bewys nie. Sy appel moet dus slaag.
/85
85 Beskuldigde 25
In sy geval ook word hy net deur
mev Sethwala uitgeken. Volgens haar het sy hom saam met beskuldigdes 4, 8 en 18
in 'n groep aan die
regterkant van haar huis gesien. Hy was ook een van die
klip-gooiers. Mev Sethwala het getuig dat sy beskuldigde 25 net van sien
ken. Sy
het hom by geleentheid voor 13 November by haar bure, die Khambule's, opgelet.
Sy het hom ook by die kafee gesien, en in
die straat sien rondloop. Mev Sethwala
het verder getuig dat alhoewel sy nie voor 13 November besondere aandag aan
beskuldigde 25
gegee het nie, sy sy gesig goed kon onthou. As een van die
klipgooiers het sy haar aandag
op hom gvestig ten einde hom later te kon
uitken. Na 13 November het sy hom dikwels by die Khambule's gesien. Daar is niks
rondom
haar uitkenning van beskuldigde 25 wat die betroubaarheid van haar
/86
86
getuienis enigsins verdag maak nie.
Beskuldigde 25 het ontken dat hy op 13
November in Paballelo was. Hy het beweer dat hy daardie dag by die huis was van
sy tante, mev
Sarah Daries, in Blikkies, 'n kleurlingwoonbuurt in Upington.
Volgens hom is hy die vorige middag (Dinsdag) soontoe, en hy het daar
gebly tot
die Sondag (behalwe dat hy
vlugtig Donderdag huis toe was). Hy het ene Joseph
Seloane, wat hom na bewering die Dinsdag na Blikkies vergesel het, asook sy
moeder,
mev Dora Goba, as getuies geroep om sy alibi te staaf.
Die Staat het
mev Daries as 'n getuie geroep. Soos reeds gemeld, is sy en beskuldigde 25
verwant aan
mekaar. Hy het blykbaar al dikwels in die verlede by haar
gekuier, en daar het 'n goeie verhouding tussen hulle bestaan. Op die oog
af
bestaan daar dus geen rede waarom mev Daries teen beskuldigde 25 valslik sou
/87
87
getuig nie.
Mev Daries het getuig dat sy op Woensdag 13 November om
ongeveer half-vier die middag vanaf haar werk tuis gekom het. Sy het vroeër
die dag gehoor dat 'n polisieman in Paballelo aan die brand gesteek
en
vermoor is. Beskuldigde 25 en 'n maat het later die
middag by haar huis
aangekom. Beskuldigde 25 het
aan haar vertel dat sy moeder hom na haar
gestuur het
omdat daar probleme in Paballelo was. Volgens mev
Daries het
sy die Woensdagaand biduur toe gegaan en
daarna is sy saam met beskuldigde 25
na die huis
langsaan om televisie te gaan kyk. Beskuldigde 25 en
sy maat het die Woensdagaand by haar huis geslaap.
Toe sy Donderdagmiddag
van die huis af kom was hulle
nie meer daar nie, maar hulle het later
teruggekom en
tot Sondag gebly. Mev Daries se getuienis, indien
aanvaar, weerlê heeltemal beskuldigde 25 se alibi.
/88
88
Die verhoorhof het mev Daries se getuienis as "betroubaar en geloofwaardig"
aanvaar. Sy het goeie rede om te onthou dat beskuldigde
25 die Woensdag by haar
huis opgedaag het. Sy het op die Woensdag gehoor van die dood van 'n polisieman
in Paballelo. (Dit kon net
die oorledene gewees het.) Sy koppel beskuldigde 25
se aankoms by haar huis aan die dag wat sy dit gehoor het. Verder onthou sy dat
sy die aand van beskuldigde 25 se aankoms biduur toe gegaan het en daarna saam
met beskuldigde 25 televisie by haar bure gaan kyk
het. Volgens haar word bidure
op 'n Woensdag en nie 'n Dinsdag gehou nie. Dit is onwaarskynlik dat sy daaroor
'n fout sou kon maak.
Onder
kruisondervraging is pertinent aan haar gestel
dat beskuldigde 25 sou sê dat hulle Dinsdagaand televisie by die bure gaan
kyk
het en meer bepaald na 'n program met die naam "Sondaarspoort". Later het
beskuldigde
/89
89
25 onder kruisverhoor toegegee dat "Sondaarspoort" destyds op Woensdagaande
en nie Dinsdagaande gedeeldsend was nie. Hy het toe erken
dat dit wel
Woensdagaand was dat hulle televisie gekyk het. Die rede wat hy aangevoer het
waarom hy verkeerde instruksies aan sy
advokaat gegee het, was dat hy
daardie
tyd nie kon konsentreer of logies dink nie.
Die verhoorhof het tereg opgemerk dat sy verduideliking in die verband "maar
power" was.
Namens beskuldigde 25 is betoog dat mev Daries se getuienis dat
hy nie die Dinsdagaand by haar huis geslaap het nie, onbevredigend
en
teenstrydig was,
veral na aanleiding van die volgende passasie in haar
getuienis:
"Het Vlekkie [beskuldigde 25] by jou huis
geslaap daardie Dinsdagaand? --- Vlekkie
het nie by my huis geslaap nie. Ek kan nie onthou of hy daar geslaap het nie.
/90
90
Mevrou, u kan dit onthou dat hy nie daar geslaap het op die Dinsdagaand, is dit reg? --- Ek kan nie onthou nie.
Wel beskuldigde nr 25, Vlekkie, sê dat hy het by jou huis geslaap daardie Dinsdagaand, wat
sê u daarvan? --- Ek kan nie onthou dat
Vlekkie daardie aand by my huis geslaap het
nie."
Op die oog af bevat hierdie passasie botsende antwoorde. Dit is ook tot 'n
mate dubbelsinnig. Die passasie moet egter nie in isolasie
oorweeg word nie.
Herhaalde kere voor en na die aangehaalde passasie het mev Daries bevestig dat
beskuldigde 25 eers die
Woensdagaand by haar huis geslaap het. As die
passasie gesien word in die lig van haar getuienis in sy geheel, dan is dit
heeltemal
duidelik dat die
/91
91
strekking van haar getuienis deurgaans was dat beskuldigde 25 eers
Woensdagmiddag by haar huis opgedaag het en nie Dinsdagmiddag nie.
Die
getuienis van beskuldigde 25 en sy getuies was in verskeie opsigte onbevredigend
en onwaarskynlik. Beskuldigde 25 het aanvanklik
getuig dat hy na mev Daries
gegaan het op aandrang van sy moeder "om uit die onluste in die gebied uit te
kom". Dit strook met die
verduideliking wat Mev Daries sê hy aan haar
gegee het waarom hy soontoe is. Later het beskuldigde 25 egter sy storie ietwat
verander. Hy het toe beweer dat sy moeder hom na mev Daries gestuur het omdat sy
senuwees op hol was en hy skielik maer
geword het (blykbaar as gevolg van die
gebeure in Paballelo). Toe sy moeder getuig, het sy dit bevestig as die rede
waarom sy hom
weggestuur het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat hy om hierdie
rede
/92
92
weg is. Hy het die vorige Sondag nog sokker gespeel en was blykbaar heeltemal
gesond. Hy was nie direk deur die onrus geraak nie,
en volgens hom was hy
heeltemal veilig by sy eie huis. Daar was eintlik geen rede waarom hy ewe
skielik ongesteld sou raak en gewig
sou verloor nie. Dit is ook onwaarskynlik
dat beskuldigde 25 van Sondag tot Dinsdag so maer sou word dat dit kommer sou
wek. Oor
sy beweerde gesondheidstoestand rep hy geen woord teenoor mev Daries
nie. Ewe vreemd is die feit dat toe hy (volgens hom) Donderdag
(en later weer
Sondag) by die huis kom, doen sy moeder geen navraag oor sy gesondheid nie.
Hierdie optrede rym eenvoudig nie met
die rede wat sy moeder (en ook hy) gee
waarom hy van die huis af weg is nie.
Dit is nie nodig om op verdere
onbevredigende aspekte van beskuldigde 25 en sy getuies se getuienis
/93
93
in te gaan nie. Onses insiens was die verhoorhof ten volle geregtig om mev Daries se getuienis te aanvaar en beskuldigde 25 se alibi as vals te verwerp. Met die verwerping van sy alibi en getuienis as leuenagtig bevind beskuldigde 25 hom in basies dieselfde posisie as beskuldigde 22 - daar is geen antwoord op die uitkennende getuienis van mev Sethwala nie. Daarbenewens dui beskuldigde se vlug na Blikkies die Woensdagmiddag, by ontstentenis aan enige ander aanvaarbare verduideliking, onteenseglik op 'n skuldbesef aan sy kant. Om hoofsaaklik dieselfde redes wat geld in die geval van beskuldigde 22 kan daar nie gesê word dat die verhoorhof fouteer het om mev Sethwala se uitkenning van beskuldigde 25 as een van die klipgooiers buite haar huis te aanvaar nie. Ook beskuldigde 25 se appèl slaag dus in die opsig nie.
/94
94
Beskuldiqde 26
Soos in die geval van beskuldigdes 22, 24 en
25
word beskuldigde 26 ook slegs deur mev Sethwala
uitgeken. Sy geval verskil
egter van die ander
beskuldigdes. Van die altesaam negentien persone
wat
mev Sethwala uitgewys het, is beskuldigde 26 die
enigste wat sy nie
voorheen by naam of van sien geken
het nie. Sy het hom die betrokke dag vir
die eerste
keer gesien onder 'n groot groep luidrugtige persone
wat
rondgemaal en klippe na haar huis gegooi het.
Afgesien daarvan dat hy
na bewering een van talle
persone was wat klippe gegooi het, het hy niks
gedoen
Ë& om aandag pertinent op homself te vestig nie. Hy
het ook geen uitstaande fisiese kenmerke wat uitkenning van hom kon vergemaklik nie. Die omstandighede wat daardie dag geheers het, en die gemoedstoestand van mev Sethwala, was eenvoudig nie bevordelik vir die
/95
95
betroubare uitkenning van 'n totale vreemdeling nie.
Met verwysing na mev Sethwala se uitkenning
van beskuldigde 26 bevind die verhoorhof soos volg:
"Uit die getuienis as geheel geoordeel kom die hof tot die gevolgtrekking dat Beatrice 'n
fyn waarnemer is met 'n goeie geheue. Dit het ook geblyk uit haar uitkenning van beskuldigdes waarvoor daar baie stawing is."
Uit die
aard van die saak kon van mev Sethwala verwag word om, ondanks die moeilike
omstandighede, kennis te neem van mense in die
skare voor haar huis wat sy
voorheen geken of gesien het. Dit is onwaarskynlik dat onder 'n skare waarvan sy
baie mense geken het,
sy nougeset en doelgerig sou konsentreer op 'n
vreemdeling
wie se optrede nie verskil het van 'n menigte ander persone in
die skare nie. Dit volg nie dat omdat haar uitkenning van ander beskuldigdes
betroubaar was, dié van beskuldigde 26 noodwendig ook betroubaar is
nie.
/96
96
Die moontlikheid van 'n eerlike vergissing bestaan nog altyd, en daar moet dus gelet word op die omstandighede van elke afsonderlike geval.
Beskuldigde 26 het aanvanklik 'n valse verduideliking verstrek van waar hy op
13 November was. Hy het beweer dat hy die betrokke dag
op Keimoes was.
By sy
verhoor het hy erken dat hy die vergadering op die sokkerveld bygewoon het. Hy
het egter beweer dat hy onmiddellik nadat die
vergadering deur die vuur van
traanrook beëindig is, huistoe gegaan en daar gebly het die res van die
dag. Hy het ene Lawana
Skei as getuie geroep om sy getuienis te ondersteun. Na
'n volledige ontleding van die getuienis
van beskuldigde 26 en Lawana het die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom dat hulle storie opgemaak was en is dit as vals verwerp. Die verhoorhof mag reg gewees het. Selfs al word dit in ag geneem, in die
/97
97
sin dat daar dan niks was om mev Sethwala se getuienis te weerspreek nie, bly haar getuienis, wat beskuldigde 26 betref, en vir die redes reeds vermeld, net nie oortuigend genoeg nie. Gedagtig daaraan dat sy beskuldigde 26 vooraf nie geken het nie, hom in die warboel van die gebeure eintlik maar net vir 'n geringe
tydperk onder 'n groot getal samedrommende mense gewaar het, bestaan die
redelike moontlikheid dat sy haar eerlik met hom misgis het.
Dit werp nie 'n
refleksie op haar getuienis origins nie - dit is net 'n geval waar voldoende
waarborg van betroubaarheid ontbreek.
Die feit dat mev Sethwala vir beskuldigde
26 by die uitkenningsparade uitgewys het, dra min gewig en
verminder nie die
gevaar van 'n eerlike vergissing nie (vgl R v T (supra) op 681H).
Dit is gevolglik te verstane waarom mnr van Rensburg namens die Staat, heeltemal
tereg, bedenkinge oor die korrektheid
van
/98
98
beskuldigde 26 se skuldigbevinding gekoester het. Sy appèl slaag dus
ook.
Weens die voorgaande moet beskuldigdes 16, 24 en 26 se appelle teen hul
skuldigbevindinge slaag, en moet hulle vrygespreek word. Beskuldigdes
9 en 10
appelleer slegs teen hul vonnisse, en hul skuldigbevindinge aan moord sal bly
staan. Ten opsigte van al die ander appellante
moet daar nou besluit word of
hulle in die lig van die bewese feite korrek aan moord skuldig bevind is.
Om
'n persoon aan moord skuldig te bevind moet daar bewys wees dat hy die opset
gehad het om die oorledene te dood (mens rea), en, in die
algemeen
gesproke, dat hy die daad (actus reus) gepleeg het wat die
oorledene se dood veroorsaak het. In gevalle van gesamentlike optrede soos die
onderhawige word daar onder bepaalde
omstandighede afgesien van die vereiste
/99
99
dat die beskuldigde self die doodveroorsakende actus
reus gepleeg het. Ons kom later weer hierop terug. Die vereiste van mens
rea is egter absoluut en is nie onderhewig aan uitsonderings nie. Geen
persoon kan aan moord skuldig bevind word as hy nie die opset
(in een van sy
verskyningsvorms) gehad het om die
oorledene te dood nie.
Die hof a quo het die skuld van die
appellante as volg benader. Na 'n bespreking van
die
getuienis bevind die hof dat een of meer van die skare
die oorledene
op Woensdagoggend 13 November 1985
gedood het. Die hof stel homself dan die
volgende
vrae:
"1. Het die skare 'n opset gevorm om die oorledene te dood?
2. Indien wel, wanneer het hulle die
opset gevorm?
3. Het die beskuldigdes, nadat die opset
om die oorledene te dood gevorm
is, 'n bydrae gelewer ter bereiking van
hierdie doel?"
99/
100
Vrae 1 en 2 slaan op die beskuldigdes se opset, terwyl vraag 3 met die actus reus te doen het.
Wat vraag 1 betref, word bevind "dat op die
getuienis as
geheel die hof sonder enige twyfel tot
die slotsom moet kom dat die oorledene
se huis en
persoon aangeval is met die opset om hom te dood".
Hierdie
bevinding word soos volg gemotiveer.
Eerstens hou die hof in gedagte wat by die oorledene se huis en vooraf gebeur
het. Die hof som dit soos volg op. Reeds vanaf die voorval
op die sokkerveld op
Sondag 10 November was daar ernstige onrus in Paballelo, en veral persone
in
gesagsposisies soos raadslede en -amptenare en polisie was die skyf van
aanvalle. Op 13 November het die mense 'n vergadering belê
en die skare op
die veld het die polisie se bevele verontagsaam. Geweld
is toe teen die skare gebruik en die skare het op
hulle beurt
100/
101
geweld gebruik, soos die afbreek van die biersaal se
muur
en die poging om die biersaal aan die brand te
steek. Daarna was daar die botsing tussen die groep
in Pilanestraat en die polisie in Kingstraat. Toe dit
verby was, het die
skare hulle aandag toegespits op
die oorledene en sy huis. Die hof verwys dan
na die
staatsgetuienis, en veral dié van mev. Sethwala, oor
die bespreking
wat plaasgevind het voordat die
oorledene se huis aangeval is, en bevind soos
volg:
"Uit die opmerkings en optrede van die skare blyk dit onteenseglik dat die skare ietterlik agter oorledene se bloed was. Die besluit om die huis met klippe te bestook was duidelik hie soseer om die huis te beskadig nie, alhoewel dit
'n noodwendige gevolg was, maar om oorledene uit die huis te kry. Dit is dus nie soos namens die
verdediging betoog is dat daar van die skare geaarsel het om op te tree nie. Die vraag was net wat die mees effektiewe optrede sou wees."
Die hof verwys dan na die uitdrukkings wat
deur sommige mense in die skare gebruik is, en na die
feit dat die oorledene die indruk gekry het dat die
101/
102
skare die huis wou aanval, wat dan ook gebeur het.
Die hof
sê vervolgens:
"Daar kan nie die minste twyfel wees dat die skare met die aanval op die huis beoog het om die oorledene uit die huis te dryf nie en soos verwag kon word, het die skare in hul doel geslaag en oorledene uit die huis gedryf."
Onder die skare wat op tussen 100 en 200 geskat is, was daar ook beskuldigdes wat deelgeneem het aan die aanval op die huis.
Nadat die oorledene uit die huis gedryf was
en die skare dit
agtergekom het, is die aanval op die
huis gestaak en is die oorledene
agtervolg,
uiteindelik ingehaal en neergevel. Daarna is petrol
oor hom
gegooi en aan die brand gesteek.
Die getuienis dui onteenseglik daarop, bevind die hof, dat daar geen onderbreking in die aanval was nie: die skare het slegs effens teruggedeins toe oorledene uit die huis uit geskiet
102/
103
het. Dit was 'n volgehoue en meedoënlose aanval
wat
voortgeduur het totdat die doel bereik is. Opsommend
bevind die hof
soos volg:
"Uit die optrede as geheel en veral ook die opmerkings gedurende en na die aanval, kan daar maar net een afleiding gemaak word, naamlik dat die skare met die hele optrede slegs een doel gehad het, nl om oorledene dood te maak. Uit die getuienis blyk dit dat dit daardie tyd, die
patroon was dat mense met klippe gegooi word, gejaag word en doodgemaak en aan die brand gesteek word. Die bewysstukke wat op die toneel na die voorval gevind is dui maar net verder op die middele wat gebruik is: petrolkanne, voorwerpe wat gebruik word om petrolbomme te maak, die gebreekte geweer, klippe, ens. Die liggaam toon ook, benewens die twee skedelfrakture en die brandwonde, messteke en baie kneusings.
Die hof moet dus sonder enige twyfel tot die slotsom kom dat die persone wat die oorledene
gedood het, bedoel het, dus die opset gehad het, om die oorledene te dood. Die opsetvorm kan net dolus directus - direkte opset - wees. Die aan die brand steek van die oorledene, al was dit na hy reeds dood was, dui maar net verder aan dat hulle wou seker maak dat hy sterf."
Die hof gaan dan oor na die bespreking van
103/
104
die tweede vraag wat hy gestel het, t.w.: wanneer het
die
skare die opset gevorm om oorledene te dood?
Hierdie vraag word soos volg
beantwoord:
"Alhoewel daar betoog is dat die opset reeds op Sondag 10 11 85 se vergadering gevorm is en daar baie vir die argument te sê is, meen ons nie dat dit nodig is om daaroor uitsluitsel te gee nie.
Daar kan geen twyfel wees dat die skare of groep
voor oorledene se huis op 13 11 85 besluit het om oorledene dood te maak nie. Daar was 'n beraadslaging en daarna het die aanval begin en dit het voortgeduur totdat die oorledene gedood is."
Die derde vraag,
t.w., watter bydrae elke
beskuldigde ter bereiking van die skare se opset
om
die oorledene te dood gelewer het, hoef ons nie tans
te bespreek nie:
dit is gerieflik om eers net met die
vereiste van opset te handel.
Die hof se bevindinge oor opset kan,
meen
ons, soos volg saamgevat word:
1. Daar was een enkele skare wat die oorledene
104/
105 se huis en persoon aangeval het en waarvan die appellante lede was.
2. Hierdie skare het deurgaans net een opset
gehad, nl. om die oorledene te dood.
3. Alles wat die skare gedoen het, vandat hulle
die oorledene se huis met klippe bestook het
totdat hulle sy liggaam aan die brand
gesteek het, was gedoen ter vervulling van
die opset om die oorledene te dood.
Voordat die getuienis oor hierdie aspekte
bespreek word, wil ons net iets sê omtrent die hof a quo se algemene benadering. Die beskuldigdes het voor die hof gestaan as individue, en die hof kon geen
individuele beskuldigde aan moord skuldig bevind tensy daar bo redelike twyfel bewys is dat daardiê beskuldigde die opset om te dood gehad het nie. Die bevinding van opset is deur die hof gemaak op 'n
105/
106
veralgemeende basis: daar is bevind dat al die beskuldigdes die nodige opset gehad het aangesien die skare die opset gehad het. Wat ook al die posisie mag wees in die sielkunde of sosiologie, kan 'n skare as sodanig nie in die strafreg 'n relevante opset hê nie. Waar daar dus gepraat word van die skare se opset in
hierdie verband, word daar eintlik bedoel die opset van elke lid van die
skare. In logika kan daar natuurlik nie 'n beswaar wees teen
'n sillogisme wat
soos volg lui nie: elke lid van die skare (of kortweg, die skare) het 'n opset
om te dood gehad; die beskuldigdes
was lede van die skare; derhalwe het die
beskuldigdes die opset gehad om te dood. Soortgelyke
woordgebruik en
gevolgtrekkinge vind 'n mens byvoorbeeld in sake soos S v. Safatsa and Others
1988(1) SA 868 (A) (kyk veral op bl. 901 H-J) en S v. Motaung and
Others 1990(4) SA 485 (A) (kyk veral op
106/
107
bl. 525 D-J). 'n Mens moet egter steeds in gedagte hou dat
wat bewys moet word, is die opset van elke beskuldigde. As gepoog word
om
daardie opset af te lei van die geestesgesteldheid van 'n groter groep mense,
kan so 'n afleiding alleen geregverdig word waar
die hof geen redelike twyfel
het nie dat al die lede
van die groep wel so 'n eensgesinde opset gehad het,
en dat die beskuldigde 'n lid van daardie groep was in die sin dat hy daardie
opset gedeel het.
Ons gaan nou oor na 'n oorweging van die getuienis om te
bepaal of die hof a quo korrek was om te bevind dat die beskuldigdes as
lede van die skare die opset gehad het om die oorledene te dood. Soos
die hof
a quo gedoen het, begin ons met die voorafgaande gebeure.
Hoewel daar duidelik heelwat ontevredenheid onder die inwoners van Paballelo was, was daar geen
107/
108 openlike onrus voor Sondag 10 November
nie. Soos hierbo gemeld, was daar op daardie middag 'n
vergadering in die
Shimanesaal wat uitgeloop het op 'n mate van oproer. Gedurende daardie nag is
verskeie huise onder die klippe gesteek
en brandstigting of pogings tot
brandstigting het voorgekom. Die persone wat aldus aangeval is, was 'n
munisipale polisieman, 'n
huurmotorbestuurder, die senior stadsklerk, twee
onderwysers enh lid van die Suid-Afrikaanse Polisie. Nie een van die persone wat
aangeval is, is gedood of, sover dit blyk, beseer nie. Op Maandag het die
polisie toegeslaan om die orde te handhaaf, en 'n
persoon is in
polisie-optrede dood. Tussen Sondagnag
en Woensdagoggend was daar geen ernstige gevalle van geweldpleging van die kant van inwoners van Paballelo nie.
Die hof a quo het bevind dat, hoewel daar
108/
109
baie te sê is vir die argument dat daar reeds 'n opset
by die vergadering op Sondag gevorm is om die oorledene te dood, dit
nie nodig
is om daaroor uitsluitsel te gee nie. Namens die Staat is daar nie voor ons
betoog dat so 'n opset reeds op Sondag gevorm
is nie. Dit is dus nie nodig om
hierdie moontlikheid
breedvoerig te bespreek nie maar dit is nogtans nodig om
'n paar woorde daaromtrent te sê. Uit die getuienis is dit duidelik
dat
daar by die inwoners van Paballelo, of sommige van die inwoners, 'n mate van
wrewel teen sekere persone, insluitende die oorledene,
was, en dat daar by
Sondag se vergadering op antagonistiese wyse na hom, onder andere, verwys
is.
Dit is sekerlik moontlik dat sommige van die aanwesiges hom leed wou
aandoen, en dit is denkbaar dat van hulle nie vir sy moord sou
teruggedeins het
nie. Daar is egter geen getuienis dat daar toe reeds
109/
110
'n wydverspreide bedoeling was om hom te vermoor nie, en geen bewys hoegenaamd dat enige van, die beskuldigdes so 'n bedoeling gekoester het nie. Inderdaad is niemand in die aanvalle. daardie aand gedood nie, en was die oorledene nie eers 'n skyf nie.
Die volgende belangrike
gebeurtenis was die vergadering Woensdagoggend 13 November. Soos reeds gemeld
het sommige beskuldigdes getuig
dat hierdie vergadering deur kaptein Van Dyk van
die Suid-Afrikaanse Polisie belê was, maar die verhoorhof het bevind dat
dit
nie die waarheid was nie. Hierdie bevinding is tereg nie voor ons aangeveg
nie. Ditis
egter duidelik dat baie van die aanwesiges by die vergadering
onder die indruk was dat die polisie dit belê het. Mense wat dink
dat dit
die polisie se vergadering is wat hulle bywoon, is waarskynlik
110/
111
wetsgehoorsame burgers eerder as oproeriges. Ander is oorreed
of geïntimideer om die vergadering by te woon, en was daar teen
hul sin.
Daar is dus geen regverdiging om te veronderstel dat die nagenoeg 3 000 mense
wat by die vergadering was, enige onwettige
optredê beoog het nie.
Inderdaad het die
vergadering vreedsaam verloop totdat die polisie traanrook
gevuur het. Wat die oogmerke van die vergadering se organiseerders was,
weet 'n
mens natuurlik nie. Dit mag wel wees, soos mnr. Van Rensburg namens die Staat
betoog het, dat hulle bedoel het om die staatsgesag
uit te tart deur 'n
omwettige vergadering te hou. Daar was sekerlik uittarting deur
sekere
persone nadat die polisie die skare beveel het om uiteen te gaan. Sommige het
die aanwesiges aangemoedig om nie gehoor te gee
nie, en die meeste mense het
aangebly. Kortom: dat daar mense was wat
111/
112 moeilikheid wou maak, kan aanvaar word. Dat hulle die moord van enige persoon beoog het, is egter nie bewys nie. En, wat nog die belangrikste is, daar is geen getuienis dat enige van die beskuldigdes die vergadering georganiseer of bygewoon het met enige moorddadige oogmerke nie. (Slegs beskuldigdes-10 , 11 en 20 word met die organisasie of beheer van die vergadering verbind en daar is nie getuienis dat al die beskuldigdes dit bygewoon het nie).
Wat het dan gelei tot die aanval op die huis van die oorledene en uiteindelik tot sy dood? Om hierdie vraag te beantwoord moet 'n mens probeer afleidinge maak uit die bewese feite. Om mee te
begin: soos reeds gemeld was die vergadering. op die sokkerveld aanvanklik vreedsaam. Die vonk wat die geweld laat ontbrand het, was die gebruik van traanrook deur die polisie. Deur dit te sê bedoel ons
112/
113
nie om die polisie te kritiseer nie - daar was 'n onwettige vergadering wat geweier het om uiteen te gaan, en versuim deur die polisie om op te tree kon moontlik gevaarliker as optrede gewees het. Hoe dit ook al sy, die werklikheid was dat die skare se bui aansienlik versleg het nadát traanrook geskiet is.
Dit blyk duidelik uit die video-opname van die
gebeure. Daarbenewens is dit 'n gewone reaksie op
traanrook. Kaptein Van Dyk, wat ervaring met die
bekamping van onluste het, het dit soos volg gestel:,
"... geweld lok geweld uit, dit is my sienswyse.. Ek kan ... sê feitlik sonder uitsondering waar die polisie opgetree het teen groepe mense en traanrook gebruik het, dan gaan dit oor na algemene geweldpleging in 'n Swart woonbuurt."
Die geweld wat uitgebreek het toe die
traangas geskiet is, is reeds hierbo beskryf. Daar
sal onthou word dat daar onder meer 'n groep in
Pilanestraat in die omgewing van die oorledene se huis
113/
114 bymekaargekom het.
Die rede vir die byeenkoms is nie duidelik nie. Namens die appellante is
geargumenteer dat Pilanestraat 'n
deurgangstraat is, en dat baie lede van die
skare op pad huis toe was toe hulle in die gebeure in Pilanestraat vasgevang is.
Daar
is ook getuienis dat sommige mense nie by hierdie
samedromming gestop
het nie, maar verder in
Pilanestraat afbeweeg het. Die groep wat naby die
oorledene se huis gebly het, het aanvanklik geen belangstelling in die oorledene
getoon nie, maar was in 'n skermutseling met die polisie in Kingstraat betrokke.
Dit was eers nadat die polisie in
Kingstraat blykbaar vertrek het, dat die
aanwesiges se
aandag op die oorledene gevestig is. Mev. Sethwala.se getuienis hieromtrent is soos volg. Sy
vertel dat nadat die skare opgehou het om die polisie met klippe te gooi, die
oorledene na
'n rukkie opgemerk het: "Dit
114/
115
lyk vir my die mense wil nou hierdie huis aanval."
Mev. Sethwala se getuienis gaan dan soos volg voort
(ek haal dit in extenso aan want dis van kernbelang
vir hierdie deel van die saak).
"Ja goed, wat gebeur toe daarna? --- Ek het toe
die kamer se deur oopgemaak, u Edele en na ek die deur oopgemaak het, hoor ek die mense daar
praat, want hulle het nie onmiddellik, die huis
met klippe aangeval nie.
Ja, wat het u gehoor? --- Party van die mense
het gesê, ' Kom ons haal hierdie hond lewendig uit en ons sit 'n halssnoer lewendig aan hom. '
Wat beteken hierdie halssnoer? --- Die mense het
gepraat dat dit 'n buiteband halssnoer is.
En as hulle die buiteband dan om hom sit, wat
gebeur dan? --- Dan word hy, die buiteband aan
die brand gesteek en dit is aan hom terwyl hy nog lewe.
Goed, u sê party mense het dit gesê. Was daar ander wat iets
anders gesê het? --- En die ander
sê, 'Nee, gooi die huis'. En
die ander sê,
'Nee, maar die huis behoort nie aan hom nie, dit is sy ouers se huis.'
Ja en toe? --- Die stryery het 'n tydjie geduur
en op 'n stadium het ek ook gehoor dat die ander sê, 'Hy is nie in die huis nie' en die ander sê,'Nee, Jetta is hier in die huis.'
Ja en toe? --- Net na 'n kort rukkie, u Edele,
het dit vir my gelyk dat die mense wat sê die huis moet met klippe gegooi word het gewen, want
115/
116
hulle het toe onmiddellik begin die huis met klippe gooi."
Onder kruisverhoor het sy verder hierop
uitgebrei:
"Now I want to get on to what was said outside your house before the stones were thrown. Did you hear people speaking outside your house before the stones were thrown? --- Yes.
Now, did it seem to you that some people wanted
to stone the house, whilst other people wanted to pull or grab the deceased out of the house? --- That is correct.
Now, did it sound to you as if there was a strong argument taking place outside the house between those who wanted to stone the house and
those who wanted to grab the deceased out ? ---
Yes, there was such an argument.
And at the time this argument was taking place
where were you? --- I am in the large bedroom.
Were you under the bed at that stage? --- I do
not remember that I was under the bed at that
stage.
Now, do you know how many people were taking
part in this argument? --- I would not know..
Now at some stage you heard a song being sung
outside the house, is that correct? --- That is
right.
Was that song sung before or after or during the
stoning of the house? --- Before or after?
Was the song sung before the stoning took place or after the stones were thrown or whilst the
116/
117
stones were being thrown? --- During this
argument it was
not just an argument alone, it was an argument and some are singing and some are
doing that viva, and some sing 'Ma
puna inja' and all those things.
When they
started to throw stones at the house, were they still singing or had the
singing
stopped? --- When the stone throwing started
this loud noise, argument and
such had not yet stopped it is still continuing. So did it appear to you that
there was
disagreement between the people outside the
house? --- Well I think the f
inal agreement was
to throw stones at my house.
But whilst the stones were
thrown there was
still disagreement is'nt that the case? ---
Because you
say the argument continued whilst
the stones were being thrown? --- Your
Honour
this whole thing started in this manner there were those that were
saying ' let us throw stones at the house' and some would say 'no,
it is the old
lady's house' and then there were others who would say at the same time ' laat
ons die hond lewendig uitkry dat ons
hom lewendig aan die
brand steek met 'n
tyre necklace om sy nek.'
Then there is this noise Viva. 'Let the news
terrier die.'
And did this carry on until after they began throwing stones,
whilst they were throwing stones, were they still arguing like this
about
whether the house should be stoned, about whether the deceased must be brought
out of the
house alive? --- Yes, this continued until at a
stage they started throwing stones at the house,
117/
118
whilst the stones were being thrown at the house they started singing 'uma boza jabola maskwela keskwe' and all that."
Hierdie getuienis, meen ons, regverdig die
volgende kommentaar:
a) Dit lyk onwaarskynlik dat die skare voor die oorledene se huis vergader het met die doel om hom aan
te val. Dit was eers nadat die botsing met die polisie verby was dat die mense se aandag na die oorledene gekeer was, en selfs toe was daar 'n pouse voordat die huis aangeval was.
b) Die rede waarom die oorledene die volgende skyf
was is waarskynlik dat hy byderhand was, dat hy h
munisipale polisieman was, en dat daar duidelik
antagonisme teenoor hom onder sekere inwoners van Paballelo was, soos blyk uit die verwysings na hom by die vergadering op Sondag 11 November. Daarbenewens mag die struweling tussen hom en beskuldigdes 18 en 19
118/
119 oor hul gebruik van die
waterkraan ten dele bygedra het tot die skare se výandiggesindheid. c)
Ten spyte van bogemelde
was daar geen eensgesindheid onder die skare oor wat hul
optrede behoort te wees nie. Party mense wou bloot klippe gooi. Ander wou
die
oorledene lewendig uit die huis
haal en verbrand. Sommige het daarop gewys
dat die
huis nie aan die oorledene behoort nie, en dat dit dus geen doel sou
dien om die huis aan te val nie. Indien hierdie mense die implikasies
van hul
standpunt deurdink het, sou hulle vermoedelik ten gunste daarvan gewees het dat
daar òf niks gedoen word nie, òf
dat
die oorledene lewendig uit
die huis gehaal moes word
sonder om die huis te beskadig. Ander mense het
weer getwyfel of die oorledene hoegenaamd in die huis was. Intussen was daar
mense
wat geskree, gedans en gesing het.
119/
120 d) Soos blyk uit die aanhalings hierbo, het mev. Sethwala die skare se optrede vertolk as 'n oorwinning vir die faksie wat klipgooiery voorgestaan het. Dit is egter onwaarskynlik dat daar in die algemene harwar wat geheers het, enige eensgesindheid onder die skare was. Die standpunte wat vroeër uitgespreek was, is
vermoedelik steeds gehuldig deur sommige lede van die
skare.
Die
passasies uit mev. Sethwala se getuienis wat hierbo aangehaal word vorm die
hoeksteen van die hof a quo se bevinding dát die skare voor haar
huis 'n eenparige opset gehad het om die oorledene uit te dryf
sodat hy
vermoor kon word. Soos ons hierbo aangedui
het, toon die passasies eerder die
teendeel - dit toon twyfel, onsekerheid en meningsverskil. En selfs al sou 'n
mens veronderstel
dat diegene wat klipgooi voorgestaan het, uitêindelik
eenparige steun vir hul
120/
121 standpunt verwerf het (wat in so 'n
chaotiese situasie onwaarskynlik voorkom), is daar geen getuienis dat die
klipgooiers se oogmerk
was om die oorledene uit die huis te dryf nie.
Klipgooiery alleen was nie bereken om hom uit te dryf nie - die huis het
voldoende
beskerming teen klippe gebied, en polisie-hulp kon te eniger oomblik
verwag word. Hierdie feite moes aan die klipgooiers bekend gewees
het, maar
hulle het geen stappe gedoen om die huis of die perseel te betree, of om ander
maatreels (soos die gooi van petrolbomme)
te tref om die inwoners uit die huis
te dryf nie. Hoewel sommige mense geskree het dat die oorledene vermoor moet
word, is daar geen
getuienis dat al die
klipgooiers dit gehoor het, of
daarmee saamgestem het nie.
Weens die voorgaande meen ons nie dat die skare se optrede voor en gedurende die klipgooiery
121/
122
aandui dat die hele skare bedoel het om die oorledene uit die
huis te dryf sodat hy vermoor kon word nie. Weliswaar het die inwoners
gevrees
vir hul lewens. Onder die omstandighede was dit verstaanbaar, veral waar daar
beslis 'n seksie van die skare was wat die
oorledene se dood gesoek het. Daar
kan egter nie
onses insiens bevind word dat dit die opset van die
hele
skare was nie.
Die volgende vraag is dan of so 'n opset afgelei kan word van
die skare se latere optrede. Die getuienis hieromtrent is soos volg.
Dit blyk
dat nadat die klipgooiery 'n tyd geduur het, die oorledene 'n paar skote uit die
huis
geskiet het. Hy het 'n kind raakgeskiet, gelukkig nie noodlottig nie.
Daarna het hy sy huis deur die agterdeur verlaat en na 'n buurvrou
(Maria
Makabane) se huis gegaan. Die vrou was onwillig om die oorledene
122/
123
skuiling te gee, en hy is toe eers na 'n ander perseel, waarna hy in 'n plein
rofweg noordwes van sy huis uitgekom het. Nadat die
oorledene reeds sy huis
verlaat het, het beskuldigde 4 op die perseel gekom en 'n klip deur die venster
gegooi. Sover die getuienis
strek, was dit die enigste keer dat een van die
aanvallers werklik op die oorledene se perseel was.
Hoewel daar mense was wat
uitgeroep het toe die oorledene na erf 407 (Maria Makabane se erf) gegaan het,
het niemand hom gevolg nie.
(Dit is op sigself 'n aanduiding dat die skare op
daardie stadium nie noodwendig die oorledene se dood gesoek het nie). Daar was
steeds 'n mate van klipgooiery hoewel
afnemend, en volgens Desmond Khambule
het sekere mense weggehardloop toe die oorledene geskiet het, eh het ander
mettertyd afbeweeg
in die rigting van die Shimanesaal (d.w.s. in rofweg die
teenoorgestelde
124
rigting as wat die oorledene gevlug het).
Die getuienis
van mnr. Douglas Khambule oor waar die skare op verskillende tye was, is
insiggewend. Daar sal onthou word dat mnr.
Khambule, wat die oorledene se
buurman was, deur beskuldigde 10 genader is om met kaptein Botha te gaan praat.
Dit het gebeur terwyl
klippe gegooi is na die polisie in Kingstraat, d.w.s.
voordat die aanval op die oorledene se huis begin het. Mnr. Khambule het
ingestem
en na kaptein Botha gegaan. By sy terugkeer het hy 'n groot groep mense
in Imaliestraat tussen die kliniek en huis 479 gevind voordat
hy die kruising
van Pilanestraat en Imaliestraat bereik het. Hy het aan hierdie mense
verslag
gedoen. Aangesien dit beskuldigde 10 was wat hom versoek het om na die polisie
te gaan, kan 'n mens miskien aflei dat beskuldigde
10 tussen hierdie mense was
toe mnr. Khambule met hulle gepraat het. As dit
124/
so was, het beskuldigde 10 in mnr. Khambule se
afwesigheid deelgeneem aan die aanval op die oorledene se huis (hieroor is daar
die
aanvaarde getuienis van inwoners van die huis). Hoe dit ook al sy, mnr.
Khambule het aangeloop om die draai na sy huis in Pilanestraat,
waar die aanval
op die oorledene se huis
sedert sy vertrek 'n aanvang geneem het en by sy
terugkeer nog voortgeduur het. Hy sien beskuldigde 4 in die oorledene se
agterplaas
terwyl beskuldigde 4 'n
klip gooi. Soos ons vroeër gemeld
het, was die oorledene toe reeds uit die huis.
Volgens Desmond Khambule se
getuienis moes die mense kort daarna in die rigting van Imaliestraat
beweeg
het, want toe die oorledene weer in Pilanestraat gekom het, was daar, volgens
Desmond, nie meer mense in Pilanestraat nie.
Dit verduidelik dan ook waarom die
oorledene teruggehardloop het in die
125/
126
rigting van die Shimanesaal (d.w.s. rofweg suid-oos). Sy vlug
na huis 407 en verder het hom na die plein aan die noord-westekant van
sy huis
gebring. Sover ons weet was daar niks wat hom verhinder het om verder in 'n
noord-westelike rigting te vlug nie. As hy in die rigting van die
Shimanesaal wou gaan, sou hy egter voor sy eie huis moes verbygaan,
en as die
skare nog daar was, sou hy sy weg tussen hulle deur moes baan. Selfs met 'n
gelaaide geweer sou hy dit nie wou doen nie.
Sy optrede bevestig dus Desmond se
getuienis dat die straat toe leeg was.
Toe die oorledene die aansluiting van Pilane-en Imaliestrate bereik het, het
hy links gedraai.
Daar kan vermoed word dat hy waarskynlik beplan het om regs
te draai in 'n poging om by kaptein Botha, wat waarskynlik nog met sy
manne naby
die biersaal was, aan te sluit. Dit is egter duidelik dat daar 'n klomp
mense
/127
127 aan die regterkant van die kruising was min of meer
tussen huis 479 en die kliniek, waar mnr. Douglas Khambule hulle vroeër
gesien het. Dit is onmoontlik om te bepaal wie almal daar aanwesig was. Uit
latere gebeure blyk dit dat daar beslis sommige van die
mense was wat vroeer die
oorledene se huis aangeval het. Die
verhoorhof het bevind dat beskuldigdes
9,10,11 en 20 aan die uiteindelike doodslag van die oorledene deelgeneem het.
(Die bevindinge
oor beskuldigdes 9 en 10 is nie onderhewig aan appèl nie,
en die gevalle van beskuldigdes 11 en 20 word later behandel). Aan
die ander
kant is beskuldigde 7, wat die petrol vir die verbranding verskaf het, deur
niemand uitgeken onder
die skare wat voor die oorledene se huis was nie. Die
getuienis skep dus minstens 'n redelike moontlikheid dat . die skare wat toe
in
Imaliestraat was, bestaan het uit net sommige van die persone wat vroeër
voor die
/128
128
oorledene se huis was, saam met ander persone wat reeds
vroeër in Imaliestraat was of wat later by die groep daar aangesluit
het.
Dit is interessant dat, volgens Mnr. Douglas Khambule, sommige lede van die
skare wat die oorledene in Imaliestraat gevolg het,
stokke gedra het. Daar was
geen getuienis van stokke by die groep
wat klippe gegooi het in Pilanestraat
nie - weer eens 'n aanduiding dat daar ook ander persone in Imaliestraat was. In
'n toestand
van chaos soos dié wat in Paballelo geheers het, sou dit
onrealisties wees om te . veronderstel dat enige skare vir 'n geruime
tyd uit
dieselfde persone sou bestaan. Om terug te keer na die oorledene: toe hy
die
kruising van Imaliestraat bereik, het hy links gedraai, en 'n mens kan vermoed
dat hy dit gedoén het om die mense regs
af in Imaliestraat te ontwyk. Hy
is egter gesien en agtervolg: eers deur beskuldigde 10,
/129
129
wat hom ontwapen en neergevel het, toe (volgens Desmond - ons kom later weer daarby) deur beskuldigde 11, en uiteindelik deur 'n groot groep. Later het beskuldigde 7 op die toneel gekom, en die oorledene, of meer waarskynlik, sy lyk, is aan die brand gesteek. Die oorledene se agtervolgers het uit die skare in Imaliestraat gekom, en daar is dus geen regverdiging vir die verhoorhof se bevinding dat die skare wat die oorledene agtervolg en gedood het presies dieselfde mense was wat sy huis aangeval het nie. Hoewel 'n mens met die hof a guo moet saamstem dat die persone wat die oorledene by die groen poskantoorhuisies aangeval het, die opset gehad het om hom te dood, dui dit nie per se aan wat die opset was van mense wat, volgens die getuienis, niks meer gedoen het as om 'n ruk vroeër klippe na die oorledene se huis te gooi nie. Die skare wat die oorledene gedood het, was waarskynlik 'n ander
/130
1 130
skare as dié wat sy huis aangeval het. Self s al sou dit
moontlik wees om te bevind dat elke lid van die skare wat teenwoordig
was toe
die oorledene daadwerklik gedood is, die opset gehad het om te dood (en sulke
getuienis bestaan nie), sou dit nie bewys dat
die skare by die steniging van die
huis dieselfde opset gehad het nie. Dit volg dus dat die beskuldigdes se opset
nie op 'n veralgemeende
basis afgelei kan word van hul deelname aan die
aktiwiteite van die skare wat die oorledene se huis onder die klippe gesteek het
nie. 'n Appellant kan gevolglik alleen skuldig wees aan moord as daar teen hom
individueel bewys is dat hy die opset gehad het om
te dood (daarbenewens moet
daar natuurlik ook 'n actus reus wees, maar ons konsentreer tans op die
opset.)
Teen heelparty van die appellante is daar niks meer bewys as dat hulle die oorledene se huis met klippe bestook het nie. Klipgooiery na 'n bewoonde huis
/131
131
is nie die soort optrede wat in'die normale loop van sake die
dood of ernstige beserings veroorsaak nie. In die onderhawige geval
is niemand
deur die klipgooiery beseer nie. Die huis het voldoende skuiling aan die
inwoners verskaf. Daar is na ons mening geen
ruimte vir 'n afleiding bloot uit
die klipgooiery dat enige van
die beskuldigdes die opset gehad het om te dood
nie.
Appellante wat in hierdie kategorie val is beskuldigdes 1, 2, 3, 4, 5,
6, 8, 12, 13, 14, 15, 17, 19, 21, 22, 23, en 25. Weliswaar
is daar die getuienis
van mev. Sethwala dat beskuldigdes 12,13 en 15 na die dood van die oorledene by
haar huis verbygestap het uit
die rigting van die Shimanesaal met klippe in
hul
hande. Die hof a quo het egter nie uit hierdie getuienis enige
afleiding gemaak dat hierdie appellante deelgeneem het aan die daadwerklike
aanval op die
oorledene by die poskantoorhuisies nie. Hierdie
/132
132 houding is onses insiens heeltemal reg. Die rigting waaruit die
betrokke beskuldigdes gekom het, het aangedui dat hulle moontlik
teenwoordig kon
gewees het by die oorledene se moord, maar het nie bewys bo redelike twyfel
daargestel dat hulle inderdaad teenwoordig
was nie, en nog minder dat hulle
mededaders of medepligtiges tot die aanranding was nie.
Die gevolgtrekking
dat die betrokke beskuldigdes verkeerdelik aan moord skuldig bevind was, beteken
egter nie dat hulle straffeloos
uitloop nie. Die appellante se advokaat het
toegegee, na ons mening tereg, dat die persone wat klippe na die oorledene se
huis gegooi
het, skuldig was aan openbare geweld. Die
bogemelde appellante
wat bloot aan klipgooiery by die oorledene se huis skuldig was, se
appèlle moet dus onses insiens slaag,
en hul skuldigbevindinge verander
word van skuldig aan moord na skuldig aan openbare
133
geweld.
Hierdie gevolgtrekking het nie noodwendig
toepassing op beskuldigdes 11,18 en 20 nie, wat volgens die getuienis meer
gedoen het as
blote klipgooiery (ons laat natuurlik beskuldigdes 9 en 10 buite
rekening -daar is geen appèl teen hul skuldigbevindinge nie).
Dit is
dus nodig om beskuldigdes 11,18, en 20 apart te behandel.
By hiërdie beskuldigdes se appèlle het ons. nie alleen met mens rea te doen nie, maar ontstaan daar ook vrae omtrent die actus reus wat hulle ten laste gelê word. Die onderwerp van misdade gepleeg deur 'n aantal persone met 'n gesamentlike opset is onlangs
behandel in drie beslissings van hierdie hof, t.w., s: v. Safatsa and Others 1988(1) SA 865 (A); S v. Mgedezi and Others 1989(1) SA 687 (A) en S v. Motaung and Others 1990(4) SA 485 (A). Dit is dus nie nodig om
/134
134
weer die beginsels in besonderhede te ontleed nie.
Waar
dit kom by die actus reus in sulke gevalle, is die
regsposisie soos
volg gestel deur BOTHA WAR in S v.
Khoza 1982(3) SA 1019 (A) op
bl. 1052 E-G in 'n passasie
wat goedgekeu