SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 70

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Khumalo en Andere (655/89 ) [1991] ZASCA 70; 1991 (4) SA 310 (AD) (29 May 1991)

.RTF of original document


655/89 N V H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

KENNETH KHUMALO Eerste Appellant
ERIC TROS GUBULA Tweede Appellant
ABEL KUTU Derde Appellant
DAVID LEKHANYANE Vierde Appellant
MYNER GUDLANI BOVU Vyfde Appellant

ZUKO XABENDLINI Sesde Appellant
ANDREW LEKHANYANE Sewende Appellant
ELISHA MATSHOBA Agste Appellant
JUSTICE BEKEBEKE Negende Appellant

ZONGA MOKGATLE Tiende Appellant

RONNIE ZENZILE MASIZA Elfde Appellant

WELLINGTON SEQWELO MASIZA Twaalfde Appellant
BARRY BEKEBEKE Dertiende Appellant

SCALO BOY JAFTA Veertiende Appellant
XOLISWA DUBE Vyftiende Appellant
ELIZABETH BOSTAANDER Sestiende Appellant

EVELINA DE BRUIN Sewentiende Appellant

GIDEON MADLONGOLWANE Agtiende Appellant

ZOLILE YONA Negentiende Appellant

ALBERT TYWILLI Twintigste Appellant

JEPFREY SEKIYA Een-en-Twintigste Appellant

SAREL JACOBS Twee-en-Twintigste Appellant

ROY SWARTBOOI Drie-en-Twintigste Appellant

NEVILLE WITBOOI Vier-en-Twintigste Appellant

IVAN KAZI Vyf-en-Twintigste Appellant

en

DIE STAAT Respondent

/2

2

CORAM: E M GROSSKOPF, SMALBERGER, et

NIENABER, ARR
VERHOORDATUM: 6 - 8 MEI 1991
LEWERINGSDATUM: 29 MEI 1991

UITSPRAAK E M GROSSKOPF, SMALBERGER, et NIENABER, ARR :-

Voortspruitend uit die dood van Lucas Tshenolo Sethwala ("die oorledene") op 13 November 1985 in Paballelowoonbuurt naby Upington, het 26 beskuldigdes (onder wie die appellante) voor BASSON R, en twee assessore in die Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling (Oranje Plaaslike Afdeling) te Upington tereggestaan op 'n aanklag van moord, alternatiewelik, openbare geweld. Die verhoor wat lank en uitgerek was, het op 13 Oktober 1986 'n aanvang geneem. In Julie 1987 is een van die assessore oorlede, en die

/3

3 verhoor is voor die oorblywende lede van die hof voortgesit. Op 27 April 1988 is al die beskuldigdes aan moord skuldig bevind met die uitsondering van beskuldigde 7. Hy is aan poging tot moord skuldig bevind. Daarna is die saak vir 'n geruime tyd uitgestel. Die verrigtinge het weer op 6 Februarie 1989 hervat. Vanaf daardie datum tot 15 Maart 1989 is getuienis met betrekking tot die aanwesigheid al dan nie van versagtende omstandighede deur beide die verdediging en die Staat aan die verhoorhof voorgelê. Die verhoorhof se uitspraak ten opsigte van versagtende omstandighede is op 23 tot 25 Mei 1989 gelewer. In die geval van veertien beskuldigdes (beskuldigdes 1, 2,

4, 5, 6, 8, 10, 11, 13, 15, 18, 19, 20 en , 21) is geen versagtende omstandighede bevind nie, en hulle is gevolglik ter dood veroordeel. Na die aanhoor van verdere getuienis met betrekking tot vonnis is die

/4

4 oorblywende beskuldigdes as volg gevonnis:

a) Beskuldigdes 7 en 9 - elk agt jaar
gevangenisstraf;
b) Beskuldigdes 3, 12, 22 en 23 - elk ses
jaar gevangenisstraf;
c) Beskuldigdes 14, 16, 17, 24, 25 en 26 -
elk ses jaar gevangenisstraf wat in die
geheel voorwaardelik opgeskort is,

insluitende 'n voorwaarde dat hulle elk

1200 uur gemeenskapsdiens moet verrig.

Die aansoek van die beskuldigdes om verlof tot appèl teen hulle skuldigbevindinge en, in sommige gevalle hulle vonnisse, is deur die verhoorregter van die hand gewys. Daarna het die appellante (beskuldigdes 1 - 6 en 8 - 26 by die verhoor) 'n petisie aan die Hoofregter gerig waarin verlof om te appelleer aangevra is. Sodanige verlof is op die volgende grondslag toegestaan:

/5

5

(a)Beskuldigdes 1 - 6, 8 en 11 - 26 is verlof verleen om teen hulle skuldigbevindinge appèl aan te teken -in die geval van beskuldigdes 9 en 10 is sodanige verlof geweier;
(b)In die geval van beskuldigdes 15 - 17, 22 en 24 - 26 is onbeperkte verlof toegestaan;
(c)In die geval van beskuldigdes 1 - 6, 8, 11 - 14, 18 - 21 en 23 is verlof toegestaan op die beperkte basis dat hulle , soos deur die verhoorhof bevind, deel uitgemaak het van die skare buite die oorledene se huis, en klippe na die huis gegooi het;

@ (d) Beskuldigdes 1, 2, 4 - 6, 8 - 13, 15 en

18 - 21 is verlof toegestaan om teen hulle vonnisse te appelleer.

Vir die doeleindes van gerief word na die appellante gesamentlik as "die appellante" verwys; afsonderlik sal na hulle verwys word ooreenkomstig

/6

6
hulle nommers by die verhoor.

Paballelo is 'n swart woonbuurt met 'n

inwonertal van nagenoeg 20 000 mense. Dit het sy eie
stadsraad. Die oorledene was in diens van die

stadsraad as 'n munisipale polisieman. Hy was in die
omgang bekend as JETTA. Hy het saam met sy moeder en
sy jonger susters en broers te huis 405 Pilanestraat
gebly. In die uitspraak van die verhoorhof verskyn
die volgende beskrywing van die omgewing waar die ter=
saaklike gebeure wat die dood van die oorledene
voorafgegaan het, plaasgevind het.

"Die kantore van die stadsraad is buite die woonbuurt geleë langs 'n teerpad wat tot in die swart woonbuurt loop. In die woonbuurt is dit bekend as Kingstraat. Soos 'n mens ongeveer noord met die teerstraat aanry kry 'n

mens aan die linkerkant (die westekant) die biersaal en skuins oorkant aan die anderkant van die pad (die oostekant) 'n hostel. Onmiddellik langs die hostel en aan die

/7

7

noordekant daarvan is 'n sokkerveld, waarna in die getuienis verwys is as Eleven Experience se sokkerveld of sokkervlak. Verder noord langs die sokkerveld is die kliniek wat ook telkens in die getuienis genoem word. Dit staan op die hoek van Kingstraat en Imaliestraat. Op hierdie stadium loop Kingstraat in 'n noord-westelike rigting in die woonbuurt in.

Imaliestraat kruis Kingstraat naasteby reghoekig en die deel van Imaliestraat wat in hierdie saak baie belangrik ís, strek in 'n

noord-oostelike rigting verby die kliniek. Die straat is ook bekend as Kafeestraat. Langs die kliniek en aan die noord-oostelike kant daarvan is die J C Shimanesaal (afgekort as die Shimanesaal). Verder aan in 'n noord-oostelike rigting is 'n oop stuk grond waarvan

h gedeelte bekend is as "die speelgronde". Beide die kliniek en die Shimanesaal is omhein en aan die Imaliestraat kant is daar hekke wat toegang tot die plekke verleen. Aan die suid-oostelike kant van die Shimanesaal is 'n oop area en daarna 'n aantal groen huisies (hierna is ook verwys as die

/8

8

Poskantoorhuisies). Voor die groen huisies (d i aan die noord-oostelikekant) is daar 'n draadheining wat aansluit by die heining van die Shimanesaal. Die getuienis was dat voor die Poskantoorhuisies, verste weg van die saal, die oorledene uiteindelik aan sy einde gekom het.

Aan die oostekant van die Eleven Experience se sokkerveld is daar ook 'n draadheining.
Parallel met Kingstraat aan die noord-oostelike kant loop eers Pilanestraat en dan Davidstraat. Pilanestraat is 'n baie belangrike baken in hierdie gebeure. Brownstraat loop ook parallel met Kingstraat maar aan die suid-westelike kant. Behalwe 'n
gedeelte van Kingstraat was al die ander paaie in Paballelo grondstrate.

Aan die linkerkant van Kingstraat, ongeveer aan die noordekant van die biersaal, is 'n oop

stuk grond met 'n aantal bome
Ongeveer by die hoek van die sokkerveld en die kliniek maak die pad 'n effense draai en daarna loop Kingstraat ongeveer in 'n noord-westelike rigting in die woonbuurt in."

/9
9 Die blyk uit die getuienis dat daar reeds voor November 1985 'n mate van ontevredenheid onder die inwoners van Paballelo geheers het oor 'n aantal probleme in hulle omgewing. Daar was, onder andere, klagtes oor huishuur, insidente van dronkenskap en misdaad in die woonbuurt, en die optrede van die
stadsraad en sy beamptes. Weens probleme in die
onderwys is sekere skole en klasse geboikot. Daar was egter nie gevalle van onrus of steurnis wat teen owerheidsinstellings of -figure gemik is nie. Op die namiddag van Sondag 10 November 1985 is 'n vergadering in die Shimanesaal gehou. By die verhoor was dit in

geskil wie die vergadering belê en gereël het, en wat
die doel van die vergadering was. Wat egter duidelik blyk, is dat die opkoms na die vergadering goed was. Volgens die getuienis was die saal stampvol en almal kon nie toegang verkry nie. Van die beskuldigdes het

/10

10
die vergadering bygewoon. Wat presies op die
vergadering gebeur het, is egter onduidelik. In dié
verband sê die verhoorhof in sy uitspraak:

"Aan die een kant is die getuienis dat dit 'n vreedsame vergadering was waar klagtes van die inwoners oor omstandighede in die woonbuurt bespreek is. Die klagtes moes aan die stadsraad voorgelê word deur 'n
afvaardiging van die inwoners.
Aan die ander kant is daar sterk getuienis wat daarop dui dat dit 'n opruiende vergadering was waar opruiende toesprake gemaak en liedere gesing is. Sekere persone, insluitende die oorledene, se name is genoem as persone aan wie leed aangedoen sou word."

Oor dié verskille in die getuienis het die verhoorhof egter nie uitsluitsel gegee nie.

/11

11

Na die vergadering het 'n groep jeugdiges vanaf die Shimanesaal sing-sing na die sokkerveld van Eleven Experience beweeg waar 'n sokkerwedstryd aan die gang was. Hulle het op die veld gegaan en die wedstryd dermate ontwrig dat spel beëindig moes word. Die polisie het mettertyd daar opgedaag en van
traanrook gebruik gemaak om die groep uiteen te jaag.
Klippe is na die polisie gegooi, en geweld is ontketen wat later tot die aanrig van aansienlike skade gelei het. Talle huise is beskadig en motors is aan die brand gesteek. Die geweld was veral gemik teen die eiendom van diegene wat die gesag moes handhaaf. Die

onluste-eenheid van die plaaslike polisie onder bevel
van kaptein Botha het versterkings van elders aangevra. Hulp is vanuit Kimberley en later ook Pretoria verleen. Die eenheid van Kimberley was onder bevel van kaptein Van Dyk. Hulle (die lede van die eenheid) was die nag

/12

12 van 11 November vir die eerste keer op diens in Paballelo. Alhoewel kaptein Van Dyk sy bereidwilligheid verklaar het om met die oproeriges te onderhandel, het hy vanuit die staanspoor dit duidelik laat blyk dat voorvalle van geweld of onrus deur die polisie met die middele tot hulle beskikking onderdruk
sou word. Dieselfde nag is 'n inwoner van die
woonbuurt tydens 'n onrus-verwante voorval deur die polisie doodgeskiet. Die optrede van die polisie het die oproeriges blykbaar tot bedaring gebring en orde is tot 'n groot mate herstel. Dit is gemene saak dat geen ernstige voorvalle van geweld hulle in die loop van

Dinsdag 12 November voorgedoen het nie, en dat alles in
die woonbuurt tot die volgende oggend vreedsaam verloop het.

Dit bring ons dan by die gebeure van 13 November. Ons beperk ons op hierdie tydstip tot 'n

/13

13 breë oorsig daarvan; later sal daar in groter besonderheid op sekere aspekte gelet word. Vanaf net na ses-uur die oggend het mense, oud en jonk, by die sokkerveld begin vergader. Persone is verhinder om werk toe te gaan en is aangesê om die vergadering by te woon. Tydens die verhoor het van die beskuldigdes aangevoer dat die vergadering deur kaptein Van Dyk belê is. Die verhoorhof het egter bevind dat diê bewering van alle waarheid ontbloot is. Hierdie bevinding is nie op appèl bevraagteken nie. Dit is nie uit die getuienis duidelik wie die vergadering belê het nie. Die appellante is egter bereid om vir die doeleindes van die appèl te aanvaar dat beskuldigdes 10, 11 en 20
met die organisering en beheer daarvan gemoeid was. Met verloop van tyd het nagenoeg 3 000 mense op die sokkerveld byeengekom. Die polisie was in die omgewing teenwoordig. 'n Video-opname van die

/14

14 vergadering is gemaak en dit het voor die verhoorhof as 'n bewysstuk gedien. Die video dui aan dat sake op die sokkerveld aanvanklik heel vreedsaam en ordelik verloop het. Die byeenkoms was egter onwettig daar dit verbied was deur 'n kennisgewing wat deur die Minister van Wet en Orde kragtens die bepalings van artikel
46(3) (a) van die Wet op Binnelandse Veiligheid (Wet 74
van 1982) uitgereik is. Kaptein Botha, wat in bevel van die polisie was, het die aanwesiges deur 'n

luidspreker in kennis gestel dat die byeenkoms onwettig is. Hy het hulle beveel om uiteen te gaan en hulle tien minute gegee om sy bevel te gehoorsaam.

Nieteenstaande hierdie waarskuwing is daar met die

vergadering voortgegaan, en mense is selfs gekeer om te verhoed dat hulle die sokkerveld verlaat. Gedeelte van die skare het Nkosi Sikelele i Afrika gesing -party mense met vuiste omhoog. Daarna is daar

/15

15
blykbaar gebid. Na die verloop van tien minute is die skare in kennis gestel dat die tyd wat hulle gegun is om uitmekaar te gaan, verstryk het. Onmiddellik daarna is traanrook deur die polisie gevuur om die mense uiteen te dryf. Die mense het in verskillende rigtings padgegee. Van hulle het in die rigting van die hostel gehardloop; ander weer het gehardloop in die rigting van 6f die biersaal 6f die Shimanesaal, of die woonbuurt in. 'n Groep persone het 'n muur van die biersaal omgestoot en gepoog om die biersaal aan die brand te steek. 'n Ander groep het in Pilanestraat in die omgewing van die oorledene se huis bymekaar gekom. Lede van hierdie groep het vanuit Pilanestraat en
aangrensende erwe klippe na 'n polisievoertuig (Casspir) gegooi wat in 'n plein in Kingstraat (min of meer in lyn met die oorledene se huis) was. Op hulle beurt het die polisie traanrook in die rigting van Pilanestraat

/16

16

gevuur. Kort hierna is die oorledene se huis deur 'n
groot groep mense aangeval wat klippe na die huis gegooi het. Die aanval op die oorledene se huis, en die gebeure daarna, is breedvoerig beskryf in die getuienis van mev Beatrice Sethwala en haar dogter Magdalene (die oorledene se moeder en suster onderskeidelik), Roseline en Linerose Xaba (die dogters van die skoolhoof, mnr Xaba, wat saam met hulle moeder by die oorledene se huis skuiling gaan soek het na die aanval op hulle eie huis die vorige Sondagaand), en mnr Douglas Khambule (die oorledene se buurman) en sy seun Desmond. Hulle getuienis sal aanstons in meer detail behandel word. Op 'n stadium het die oorledene uit

die huis uit gevlug. Hy het onsuksesvol gepoog om by 'n

naburige huis te skuil. Hy het toe met Pilane- en Imaliestraat langs gevlug in die rigting van die Shimanesaal, en het langs die heining van die saal

/17

17
afgehardloop. Hy is agternagesit. Voor die poskantoorhuisies is hy ingehaal, neergegooi en aangerand. Daarna is petrol oor hom gegiet en hy is aan die brand gesteek. Hy is in die loop van hierdie gebeure dood.

Voorts behandel ons kortliks die getuienis

van die ses staatsgetuies na wie ons reeds verwys het.
Volgens mev Beatrice Sethwala het sy die Dinsdagaand

(12 November) by haar huis saam met haar gesin geslaap.
Mev Xaba en haar twee dogters het ook daar geslaap.
Vanweë die gebeure in die woonbuurt die afgelope paar
dae was almal bang en bevrees en hulle het nie

ordentlik geslaap nie. Die oorledene (nadat hy
ongeveer drie-uur die Woensdagoggend tuisgekom het),
het in die sitkamer op 'n stoel sit en slaap met sy
vuurwapen ('n haelgeweer wat aan hom uitgereik is vir sy

beskerming) op sy skoot. Die Sethwala woning bestaan

/18

18 uit vier vertrekke. Die voorkant van die huis kyk op Pilanestraat uit. Soos gekyk word in die rigting van Pilanestraat bestaan die voorste gedeelte van die huis uit 'n sitkamer aan die linkerkant en 'n klein slaapkamer aan die regterkant. Agter die klein slaapkamer is 'n groot slaapkamer en agter die sitkamer
(langs die groot slaapkamer) is 'n kombuis.
Laasgenoemde twee kamers het nie 'n direkte uitsig oor Pilanestraat nie. Die huis het twee buitedeure - 'n
voordeur wat toegang tot die sitkamer verleen en 'n
agterdeur wat uit die kombuis loop. Voor die huis is

'n struikheining met hekke aan weerskante. Vanaf die

voorkant van die huis na die straat is ongeveer agt
meter.
Die Sethwala woning is redelik na aan die sokkerveld geleë. Mev Sethwala het getuig dat sy gesien het hoedat mense reeds vroeg die Woensdagoggend

/19

19 (13 November) op die sokkerveld byeenkom. Terwyl sy buite die huis by een van die hekke gestaan het, is sy op 'n onmanierlike wyse deur 'n jong seun aangesê om die vergadering by te woon. Sy het egter nie gehoor gegee nie. Sy het die hek waar sy gestaan het met 'n
draad toegedraai. Sy het gehoor hoedat die polisie

die mense op die sokkerveld beveel om uitmekaar te
gaan. Nkosi Sikelele i Afrika is toe gesing, en dit het vir haar gelyk of daar ook gebid word. Nadat 'n
verdere waarskuwing deur die polisie aan die skare gerig is, is traanrook gevuur. Die mense het van die sokkerveld wegbeweeg. Sy is toe haar huis in met haar
kinders omdat sy bang was dat die traanrook hulle sou
affekteer. Terwyl sy binne die huis was, het sy kort-kort uitgekyk en sy het gesien dat daar moeilikheid was tussen die mense en die polisie. Die oorledene was besig om homself te was. Beskuldigdes 18 en 19 het

/20

20 sonder toestemming die erf binne gekom om lappe wat hulle gehad het by clie kraan te kom nat maak. Die oorledene het op 'n ietwat onbeskofte wyse hulle beveel om die erf te verlaat. Toe hulle uit die erf uit is, het beskuldigde 18 vir die oorledene toegesnou "Ons sal jou wys". Volgens mev Sethwala was daar op daardie
tydstip traanrook in die lug maar nie baie sterk nie.
Vanuit haar huis het mev Sethwala gesien hoedat verskeie mense vanaf Pilanestraat en die aangrensende erwe klippe in die rigting van Kingstraat, waar die polisie Casspir gestaan het, gooi. Onder andere het sy beskuldigde 1 sien klippe gooi. In sy linkerhand,

teen sy sy, het hy 'n middelslag glasbottel gehad. In
die bottel was 'n gekleurde vloeistof wat haar laat dink het dat dit moontlik petrol kon wees. Die oorledene het almal in die huis aangesê om na die groot slaapkamer te gaan. Hy was besig om 'n lys op te stel

/21

21
van mense wat hy sien klippe gooi het na die polisie. Terwyl sy in die groot slaapkamer was, hoor sy die oorledene skree dat dit lyk of die mense buite die huis wil aanval. Die huis is egter nie dadelik aangeval nie. Sy het die deur van die groot slaapkamer oopgemaak. Buite het sy mense hoor praat. Hulle het onder mekaar gestry oor hoe hulle moes optree. (Ons kom later weer daarna terug.) Die stryery onder die mense het voortgeduur nadat hulle klippe begin gooi het. Die mense in die huis was vérskrik. Sy en van die ander het gaan skuiling soek onder 'n bed in die groot slaapkamer. Die oorledene, wat die gebeure buite dopgehou het, roep toe uit:

"Mense kom kyk julle hier is 'n persoon wat saam met my werk en dit is die persoon wat ek geglo het my lewe sal red. Hy is een van die persone wat vir my doodmaak." Sy is toe onder die bed uit om te gaan

/22

22
kyk. Teen die tyd was die vensterruite reeds almal stukkend en die gordyne voldoende oop sodat sy na buitekant kon sien. Sy was toe net buitekant die deur van die klein slaapkamer. Die persoon na wie die oorledene verwys het, was beskuldigde 1. Sy het hom gesien by die hek aan die linkerkant d w s naaste aan

die Khambule's. Sy het opgelet dat beskuldigde 1
klippe na die huis gooi. Onder die mense buite die huis het sy herken, afgesien van beskuldigde 1, beskuldigdes 2, 3, 4, 6, 8, 10, 11, 12, 13, 15, 18, 20, 21, 22, 23, 24, 25 en 26. Met die uitsondering van beskuldigde 26, wat sy daardie dag vir die eerste keer
gesien het, het sy al die ander beskuldigdes deur haar

uitgeken 6f by naam 6f van sien geken. Hulle het almal klippe na die huis gegooi. Daar was, volgens haar, altesaam meer as 'n honderd mense buite die huis.

'n Vrouestem het aanhoudend uitgeroep "Jetta is in die

/23

23
huis." Volgens mev Sethwala het "die mense voor die huis" geskree: "Viva. Laat die beriggewer doodgaan." Sy het beskuldigde 18 hoor sê: "Laat die hond uitkom, laat ons die hond lewendig aan die brand steek." 'n Opruiende lied is ook gesing. Verskeie skote is deur die oorledene gevuur - omtrent vier skote volgens haar.
(Dit is gemene saak dat een van dié skote 'n kind buite
die huis getref en gewond het.) Sy het gevrees vir haar lewe. Mettertyd is sy terug na die groot slaapkamer. Later het sy agtergekom dat die oorledene nie meer in die huis is nie. Sy is hande-viervoet na die kombuis om die agterdeur wat oopgestaan het, toe te

maak. Nadat sy dit gedoen het, is 'n klip deur die

agterruit gegooi, en sy het iemand buite hoor hardloop. Sy getuig verder dat die mense buite geraas en geskree het, en dit het geklink of mense die straat afhardloop en iemand of iets jaag. Daar is geskree: "Daar gaan

/24

24

die hond, daar gaan die hond."
Mev Sethwala getuig verder dat Desmond Khambule later by die agterdeur opgedaag het. Hy het haar vertel dat die oorledene doodgemaak is. Hierdie tyding is deur haar dogter, Magdalene, bevestig. Magdalene het vir haar gesê om die huis te verlaat
omdat daar beweer is dat mense haar huis aan die brand
gaan steek. Sy is vinnig by die huis uit maar het teruggekeer om haar beursie, wat sy vergeet het, te gaan haal. 'n Vrouestem buite trek haar aandag. Sy sien toe beskuldigde 18 buite verbystap met gebalde vuiste in die lug, en hoor haar skree: "Daar lê die

hond vrek en brand, Hoekom help sy ma hom nie meer

nie. Hoekom help sy wit hondbroers hom nie meer nie." Sy let toe verder op 'n groep mense wat vanuit die rigting van die Shimanesaal beweeg het. Onder die groep was beskuldigdes 10 en 20. (Onder kruisverhoor

/25

25

het sy gesê dat beskuldigde 11 ook 'n lid van die groep was.) Die groep, insluitende beskuldigdes 10, 11 en 20, het geskree: "Hey, Hey, die hond is dood." Na hierdie groep het beskuldigdes 12, 13 en 15 vanuit dieselfde rigting verbygekom. Hulle het klippe in hul hande gehad. Hulle het in die rigting van haar huis
gekyk, maar geen verdere aanval is op die huis geloods

nie. Sy het ook 'n stem van buite hoor sê. "Gooi petrol op die huis." Sy is daarna uit haar huis uit, en het na die Khambule's gegaan. Later is haar gesin en die Xaba-gesin na die stadsraadskantore geneem.

Mev Sethwala se getuienis oor die gebeure wat

by haar huis plaasgevind het, word in wesenlike opsigte

gestaaf deur haar dogter, Magdalene, en die twee Xaba dogters. Dit is nie nodig om hulle weergawes volledig uiteen te sit nie. Magdalene het tien van die beskuldigdes uitgeken as synde persone teenwoordig

/26

26

in die groep buite hulle huis. Onder die groep mense by die hek aan die regterkant van die huis (soos 'n mens uitkyk) het sy beskuldigdes 5, 13, 15 en 16 herken. Sy het hulle daar opgelet reeds voordat enige klippe gegooi is. Verder het sy ook beskuldigdes 1, 2, 4, 6, 12 en 14 uitgeken. Met die uitsondering van
beskuldigde 16 het die ander beskuldigdes almal klippe
na die huis gegooi. Sy het getuig dat beskuldigde 16 aanvanklik buite geskree het: "Jetta is hier in die huis, hy is hier in die huis." Nadat die kind raakgeskiet is, het beskuldigde 16 herhaalde kere uitgeroep: "Jetta is in die huis, hy het 'n kind

raakgeskiet." Volgens Magdalene was daar vir h

tydlank nadat die kind raakgeskiet is nie klippe gegooi nie. Sy het beskuldigde 4 uitgeken as die persoon wat die erf binnegekom het en 'n klip deur die agterruit gegooi het. 'n Rukkie nadat die oorledene

/27

27

die huis verlaat het, het sy uit die huis uit gegaan. Sy is na die bure agter hulle wat huis 400 bewoon. Sy vra toe vir hulle waar die oorledene is. Hulle wys na 'n plek naby die groen poskantoorhuisies waar daar baie mense bymekaar was. Hulle was besig om die oorledene aan te rand. Onder die mense het sy
beskuldigdes 2 en 10 herken. Later is petrol
blykbaar oor die oorledene gegiet, en hy is aan die brand gesteek. Magdalene het ook getuig dat sy die vorige Sondagmiddag die vergadering in die Shimanesaal bygewoon het. Volgens haar was beskuldigdes 1, 2, 4, 5, 14, 17 en 20 by die vergadering aanwesig.

Beskuldigdes 2, 4 en 5 het mense wat geraas het
stilgemaak. Beskuldigdes 14, 17 en 20 het deelgeneem aan die singery in die saal. Beskuldigde 1 het net gestaan en luister na wat aangaan.

/28

28

Roseline Xaba het altesaam agtien beskuldigdes uitgewys as synde onder die groep mense voor die Sethwala's se huis. Hulle was beskuldigdes 1, 2, 3, 4, 5, 6, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 18, 19, 20 en 21. Sy het hulle destyds almal goed geken. Volgens haar het al agtien beskuldigdes klippe na die
huis gegooi. Voordat klippe gegooi is, het die mense
buite onder mekaar gepraat maar sy het nie gehoor wat hulle gesê het nie. Dit blyk uit haar getuienis dat kort nadat die oorledene die huis verlaat het, is daar buitekant geskree: "Daar is hy, daar is hy." Die persone buite het steeds aangehou om die huis met
klippe te bestook. Eers 'n rukkie later het hulle
wegbeweeg in die rigting van die Shimanesaal. Sy het nie die aanranding op die oorledene waargeneem nie.

/29

29

Linerose Xaba het twaalf beskuldigdes uitgewys as persone wat deel was van die groep voor die Sethwala's se huis en wat klippe na die huis gegooi het. Hulle was beskuldigdes 1, 2, 4, 5, 6, 8, 10, 14, 17-, 18, 19 en 23. Sy het hulle destyds almal goed geken.

Die Khambule's het huis 404 bewoon. Dit

was langsaan die oorledene se huis en aan die Shimanesaal-kant daarvan. Desmond Khambule het getuig oor die oorledene se bewegings nadat hy uit sy huis gevlug het. Hy het ook getuig oor sekere van die gebeure wat voor dit plaasgevind het, onder andere hoe

hy mense gesien klippe gooi het en gehoor het dat
vensters van die Sethwala huis breek en klippe op die dak val. Hy het ook skote gehoor, en daar is gesê dat
'n kind geskiet is. Nadat die skote gevuur is, het die mense 'n entjie van die oorledene se huis af wegbeweeg.

/30

30 Klippe is van voor die Khambule's se huis na die oorledene se huis gegooi. Hy is toe na huis 402 in Imaliestraat na ene Tabo. Hy (Tabo) was egter nie tuis nie en Desmond is toe terug na Pilanestraat na huis 475 - ene Zella se huis. Huis 475 is skuins oorkant die oorledene se huis geleë aan die noord-westelike kant
daarvan. Volgens Desmond was daar op daardie
tydstip nie meer mense by oorledene se huis nie en min mense in Pilanestraat. Toe hy by die oorledene se huis verbystap, sien hy die oorledene spring oor die draadheining in erf 407 in - waar ene Maria Makabane gebly het - en in die huis ingaan. (Erf 407 grens

aan die noordekant aan die oorledene se erf.) Desmond
het onbekende stemme hoor skree: "Daar gaan hy in Makabane se huis in". Maria Makabane het die oorledene aangesê om haar huis te verlaat. Oorledene kom toe uit en spring oor die draadheining in erf 408

/31

31 in. (Erf 408 lê ten ooste van erf 407.) Hy het sy vuurwapen in sy hand gehad. Na 'n rukkie spring die oorledene terug in erf 407 in en hardloop na die hek. Desmond hardloop op sy beurt in Zella se erf in uit vrees vir die oorledene. Hy let toe op dat die oorledene in die plein in Pilanestraat voor huis 407 is. Hy (die oorledene) het normaal, maar vinnig, gehardloop. Hy het met Pilanestraat afgehardloop voor sy huis verby (in die rigting van die Shimanesaal). Voor sy huis het hy 'n skoot skuins in die lug geskiet. Aan die onderpunt van Pilanestraat het hy links gedraai in Imaliestraat. Desmond hoor toe mense skree; "Daar hardloop hy, die koeëls vir sy
wapen is op." Hy hardloop toe agterna om te sien wat gaan gebeur. Hy gaan neem stelling in voor huis 403 in
'n posisie waar hy 'n onbelemmerde uitsig het. Hy sien die oorledene hardloop in die rigting van die groen

/32

32

poskantoorhuisies met beskuldigde 10 wat hom agternasit. Agter beskuldigde 10 het beskuldigde 11 gehardloop, wat op sy beurt deur 'n groot groep mense agtervolg is. Toe hulle verby die groen poskantoorhuisies gaan, het beskuldigde 10 vir die oorledene ingehaal. Hy het die oorledene agter die
nek gevang en hom op die grond neergegooi. Die
oorledene het op sy rug geval. Beskuldigde 10 het die oorledene se vuurwapen van hom afgeneem. Hy vat toe die vuurwapen met beide hande aan die loop en slaan die oorledene twee keer daarmee. Desmond kon nie sê waar die houe die oorledene getref het nie. Toe beskuldigde

10 die vuurwapen weer oplig (blykbaar om 'n verdere hou
daarmee te slaan) val die kolf eenkant, en hy gooi toe die gebreekte vuurwapen weg. Hy skop toe die oorledene op die maag. Teen die tyd was beskuldigde 11 al byderhand en hy het twee steekbewegings na die

/33

33 oorledene uitgevoer. Albei houe het die oorledene getref. Daarna het beskuldigde 11 die oorledene geskop. Beskuldigde 10 tel toe 'n klip op en gooi die oorledene daarmee. Beskuldigde 11 tel ook 'n klip op. Die ander mense het toe bygekom en hulle het die oorledene getrap en geskop. Desmond is toe weg om
vir mev Sethwala te gaan vertel wat gebeur het.
Mnr Douglas Khambule was destyds 'n raadslid van Paballelo. Hy het die Woensdagoggend gesien dat daar 'n vergadering op die sokkerveld was. Nadat die persone op die sokkerveld met traanrook uiteengejaag is, was daar baie mense in Pilanestraat. Onder hulle
was beskuldigde 1. Van die mense het klippe gegooi na
h Casspir wat in die plein in Kingstraat gestaan het. Mnr Khambule het na die hek van sy erf gegaan. Daar het beskuldigde 10 hom genader en hom gevra om vir kaptein Botha te gaan sê dat die polisie uit die

/34

34

woonbuurt moet onttrek. Hy is toe na kaptein Botha (wat by sy Casspir naby die biersaal was), maar laasgenoemde het volstrek geweier om te onttrek. Hy het teruggegaan om aan beskuldigde 10 te rapporteer. Hy hoor toe 'n vuurwapenskoot naby die oorledene se huis. Terwyl hy voortstap kom iemand van voor aan en deel hom mee dat sy oudste seun geskiet is. Hy stap verder aan en vind 'n groot groep mense in Imaliestraat tussen die kliniek en huis 479 wat op die noord-westelike hoek van Pilane- en Imaliestraat geleë is. Aan hulle het hy vertel dat kaptein Botha geweier het om te onttrek omdat hy daar was om wet en orde te handhaaf. Toe hy by sy huis aankom, het hy vasgestel
dat dit nie sy seun was nie maar diê van sy buurman, Mbele, wat geskiet is. Toe hy by sy groot hek ingaan, hoor hy ruite by die oorledene se huis breek en klippe op die dak val. Hy sien toe beskuldigde 4 op die

/35

35

stoep wat agter die oorledene se huis is. Beskuldigde 4 het 'n klip na die huis gegooi wat 'n venster getref het. Daar was ander mense buite die huis wat klippe daarna gegooi het. Hy het die groep persone op meer as twee honderd geskat. Mnr Khambule het getuig dat hy toe na sy huis gegaan het om sy

vuurwapen te gaan haal. Hy was bang omdat hy 'n

_ raadslid was en hy het gesien dat daar klippe gegooi word. Hy gaan toe na huis 403 (dié van sy buurman, Mbele) wat op die noord-oostelike hoek van Pilane- en Imaliestraat geleë is. Van die huis het hy na buite uitgekyk. Hy kon Imaliestraat en die draadheining om

die Shimanesaal sien. Nie lank nadat hy by die huis

aangekom het nie, hoor hy 'n groot geraas buite. Hy hoor mense skree: "Hy hardloop weg, vang hom, maak hom dood." Hy sien toe die oorledene verby die huis hardloop in Imaliestraat met sy vuurwapen in sy

/36

36

regterhand. Hy het van Pilanestraat se kant af gekom. Die oorledene het om die hoek van die heining om die saal, en al langs die saal se heining af, in die rigting van die poskantoorhuisies gehardloop. Beskuldigde 10 het hom agtervolg. Toe hy hulle die eerste keer sien was beskuldigde 10 ongeveer twintig meter agter die oorledene. Beskuldigde 10 het die oorledene ingehaal, hom neergegooi, sy vuurwapen afgeneem, die vuurwapen aan die loop gevat en die oorledene twee keer met die kolf geslaan. 'n Groep van ongeveer een honderd mense wat ongeveer twintig meter agter beskuldigde was, het opgedaag. Van hulle het die oorledene getrap en hom met klippe gegooi. Dit
het ook gelyk asof een persoon na die oorledene steek. Hy kon niemand in die groep uitken nie. Beskuldigde 7 kom toe by hom verby. Hy het 'n wit kan vol vloeistof by hom gehad. Hy het met h

/37

37

drafstap gehardloop na die mense wat by die oorledene was. Die inhoud van die kan is oor die oorledene gegiet en hy is aan die brand gesteek. Daarna het die groep van die oorledene af weg beweeg in die rigting van Imaliestraat, en die mense het met Imaliestraat afgestap.

#

Op 3 Desember 1985 is 'n uitkenningsparade gehou. Die parade is net uit mans saamgestel. Al die manlike beskuldigdes was op die parade (beskuldigdes 16, 17, en 18 was gevolglik nie aanwesig nie). Beskuldigdes 22, 23, 24, 25 en 26 was aanvanklik nie verdagtes nie. Hulle was deel van 'n

aantal persone wat lukraak gekies is om die paradegetal

aan te vul. Met 'n enkele uitsondering wat nie ter sake is nie, is al die manlike beskuldigdes wat deur die ses staatsgetuies in die loop van hulle getuienis uitgeken is, op die parade deur hulle uitgewys.

/38

38

Alhoewel daar gedurende die verhoor kritiek teenoor die verrigtinge by die parade uitgespreek is, het mnr Farlam, wie namens die appellante verskyn het, tydens die appèl toegegee dat die parade reëlmatig geskied het.

Die mediese deskundiges wat getuig het, het

van mekaar verskil aangaande die juiste oorsaak van

die oorledene se dood. Die vernaamste lykskouingsbevindings het getoon dat die oorledene gehad het: wyd verspreide derdegraadse brandwonde; 'n groot wond van die regter voorkop en 'n kneusing van die regter slaap (elk met 'n onderliggende skedelbreuk);

ggk verskeie kneusings van die kopvel; uitgebreide

breinbloeding; en drie steekwonde van die bors (waarvan nie een die borsholte binnegedring het nie). Na aanleiding van sy bevindings het die distriksgeneesheer wat die lykskouing gehou het tot die

/39

39

gevolgtrekking geraak dat die oorsaak van die oorledene
se dood was:

"1. Breinbloeding as gevolg van houe teen die regter voorkop en regter slaap.

2. Verbranding."

Die mediese deskundiges was dit eens dat die twee houe
teen die kop wat skedelbreuke veroorsaak het, fataal was, en gesamentlik of afsonderlik die oorledene se dood kon veroorsaak het. Hulle het egter verskil met betrekking tot of die verbranding ook bygedra het of 'n oorsaak was van sy dood. Die geskilpunt het gegaan

oor hoe lank na die toedien van die houe die dood sou
ingetree het. Aan die een kant is die mening gehuldig dat die oorledene nog geleef het toe hy aan die brand gesteek is. Hierdie mening is hoofsaaklik daarop gebaseer dat daar 'n tydsverloop sou gewees het voordat

/40

40 die oorledene aan sy hoofbeserings sou beswyk het, en sy verbranding binne dié tyd sou geskied het. Aan die ander kant is die mening uitgespreek dat die hoofbeserings met die gepaardgaande skedelbreuke daarop dui dat aansienlike geweld gebruik is, dat die omvang van die beserings sodanig was dat die dood amper
onmiddellik sou ingetree het, en dat die verbranding

dus eers na die oorledene se dood plaasgevind het. Dit is nie nodig om op die redes in te gaan wat voorgehou is om die botsende menings te onderskraag nie. Vanweë hierdie geskil het die verhoorhof tot die slotsom gekom dat dit nie bo redelike twyfel kon

bevind dat die oorledene nog geleef het toe hy aan die

brand gesteek is nie.

Behalwe miskien vir beskuldigde 10 was die identiteit van al die appellante by die verhoor in geskil. Hulle het almal enige deelname aan die

/41
41 voorval op die oorledene se huis, en die latere doodmaak van die oorledene, ontken. Ofskoon van die appellante erken het dat hulle die vergadering op die sokkerveld bygewoon het, het almal alibi's geopper wat minstens die tydperk waarbinne die oorledene se huis aangeval is, en hy gedood is, dek. Die verhoorhof het, behalwe in een opsig (die uitkenning deur Magdalene van beskuldigdes 2 en 10 as deel van die groep wat die oorledene aangerand het daar waar hy gesterf het), die getuienis van die ses staatsgetuies waarna verwys is, en hulle uitkenning van die verskillende appellante as betrokkenes by die gebeure waaroor hulle getuig het, aanvaar. Die appellante se alibi's is almal deur die
verhoorhof verwerp as synde nie redelik moontlik waar nie.
Die verhoorhof het bevind dat al die appellante skuldig was aan moord deurdat hulle, met die

/42

42

opset om te dood, deelgeneem het aan die klipgooiery by die oorledene se huis, of aan die aanrandings by die poskantoorhuisies, of albei. Ons sal later in groter besonderheid ingaan op die hof se bevindings in hierdie verband. Aangesien beskuldigde 7 se bewese handeling op 'n tydstip geskied het toe die oorledene
waarskynlik (of minstens redelik moontlik) reeds dood
was, is hy net aan poging tot moord skuldig bevind.
Ons het vroeër aangedui op watter grondslag die appellante verlof tot appèl verleen is. Die appèl voor ons kan in drie dele ingedeel word. Die eerste deel handel met die sewe beskuldigdes

(beskuldigdes 15, 16, 17, 22, 24, 25 en 26) aan wie
onbeperkte verlof toegestaan is om teen hulle skuldigbevindings te appelleer. Dit gaan hier oor die korrektheid al dan nie van die verwerping van hulle alibi's deur die verhoorhof. Die tweede deel

/43

43

handel hoofsaaklik met die skuldigbevindings aan moord van al die appellante (met die uitsondering van beskuldigdes 9 en 10) wat tereg bevind was om deel te gewees het van die groep mense wát klippe na dié oorledene se huis gegooi het (en, in die geval van beskuldigdes 11 en 20, wat na bewering deel gehad het aan die latere aanranding op die oorledene). Hierdie deel behels regs- en feitevraagstukke voortspruitende uit die sogenaamde leerstuk van gesamentlike opset ("common purpose"). Die derde deel het betrekking op die kwessie van vonnis. Ons behandel voorts die eerste van hierdie dele. Waar 'n beskuldigde 'n alibi opper, rus die
bewyslas op die Staat. Bestaan daar gevolglik 'n redelike moontlikheid dat die alibi's van die beskuldigdes onder bespreking waar kan wees, sal die Staat hom nie van sy bewyslas gekwyt het nie (R v Biya

/44

44 1952(4) SA 514 (A) op 521 D - E). Die korrekte benadering in dié verband is om elke alibi aan die hand van die totaliteit van die getuienis met betrekking daartoe, en die hof se indrukke van die getuies, te oorweeg (R v Hlongwane 1959(3) SA 337 (A) op 341 A). Behalwe in die geval van beskuldigde 15, berus die
uitkennings van die ander ses beskuldigdes op die
getuienis van 'n enkelgetuie - beskuldigde 16 word net deur Magdalene uitgeken, beskuldigde 17 net deur Linerose en beskuldigdes 22, 24, 25 en 26 net deur mev Sethwala. Dit is geykte reg dat die getuienis van 'n enkelgetuie met versigtigheid benader moet word.

Normaalweg word die getuienis van 'n enkelgetuie slegs
aanvaar as dit in elke wesenlike opsig bevredigend is of daar stawing daarvoor is (R v Mokoena 1956(3) SA 81 (A) op 85 - 6; S v Letsedi 1963(2) SA 471 (A) op 473 F; S v Sauls and Others 1981(3) SA 172

/45

45 (A) op 180 E - G). Stawing in dié sin is "bevestigende bewysmateriaal buite die getuienis wat gestaaf word" (Schmidt: Bewysreg : Derde Uitgawe : bl 108). Die stawing hoef nie noodwendig die beskuldigde met die misdaad te verbind nie. Die getuienis van 'n
enkelgetuie, soos HOLMES, AR, in S v Artman and Another

1968(3) SA 339 (A) op 341 A - B opgemerk het, "does not require the existence of implicatory corroboration; indeed in that event she would not be a single witness". Die versigtigheidsreël geld veral in die geval van 'n enkelgetuie ten opsigte van identifikasie vanweë die feilbaarheid van menslike
waarnemings (R v T 1958(2) SA 676 (A) op 678 A - F). Die hof moet tevrede wees dat die uitkennende getuie nie net eerlik is nie, maar ook betroubaar (S v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) op 768 A - B). Eerlikheid op sigself is geen waarborg van betroubaarheid nie.

/46

46

In die verband merk VAN DEN HEEVER, AR, in R v Masemang
1950(2) SA 488 (A) op 493 tereg op:

"The positive assurance with which an honest witness will sometimes swear to the identity of an accused person is in itself no guarantee of the correctness of that evidence."

Gevolglik mag 'n getuie "se eerlikheid en eie oortuiging
nooit toegelaat word om die afsonderlike ondersoek na die betroubarheid van [sy] uitkenning te vertroebel nie" (S v Mlati 1984(4) SA 629 (A) op 632 'n - I). Daar is 'n menigte faktore wat 'n getuie se uitkenningsvermoë kan beïnvloed en wat in gedagte
gehou moet word wanneer die betroubaarheid van sy
uitkenning oorweeg word. Verskeie van hierdie faktore word na verwys in S v Mthetwa (supra) op 768 A - C. (Sien ook in dié verband die onlangse uitspraak van die Geheime Raad in Junior Reid v The Queen [1989] 3 W L R

/47

47

771 op 777-9). Die waarskynlikheid dat 'n uitkenning betroubaar is, word verhoog waar die persoon wat

uitgeken is voorheen aan die getuie bekend was (R v

Dladla and Others 1962(1) SA 307 (A) op 310 C). Maar selfs dan moet daar noukeurig gelet word op die geleentheid wat die getuie gehad het om in die

heersende omstandighede 'n korrekte uitkenning te maak

(R v Dladla and Others (supra) op 310(E) ). Op die ou end bly die toets of daar bewys van skuld bo alle redelike twyfel is, gesien die getuienis in sy geheel insluitende die feit dat 'n beskuldigde òf nie getuienis afgelê het nie (vgl S v Mthetwa (supra) op 769 A-E) òf
'n valse alibi geopper het (wat oor dieselfde kam

geskeer word as 'n versuim om te getuig - sien S v

Nkombani and Another 1963(4) SA 877 (A) op 893 G.

Die verhoorhof was wel deeglik bewus van die toepaslike regsbeginsels by die oorweging van die

/48

48

getuienis van mev Sethwala, Magdalene en Linerose in die gevalle waar hulle enkelgetuies was. Die verhoorhof was ook, aan die hand van die gebeure wat plaasgevind het, gedagtig aan die aanwesigheid van sekere positiewe en negatiewe faktore wat hulle waarnemingsvermoëns en uitkenning kon belnvloed.
Faktore wat uitkenning kon vergemaklik het was, onder
andere, die volgende: die gebeure het helder oordag plaasgevind; die persone daarby betrokke is vanaf 'n
betreklike kort afstand waargeneem; daar was oor die algemeen voldoende geleentheid vir betroubare waarneming; die persone uitgeken, op een uitsondering

na, was voorheen aan die getuies bekend, hetsy by naam
of van sien; van die getuies (byv mev Sethwala) het uitdruklik op die persone wat klippe gegooi het, gefokus ten einde latere uitkenning te vergemaklik. Aan die ander kant was daar verskeie faktore wat nie

/49

49 bevorderlik was vir betroubare uitkenning nie, onder andere die volgende: die getuies was bang en het vir hulle veiligheid en lewens gevrees; daar moes deur stukkende vensters en tussen gordyne geloer word na buite dikwels terwyl daar klippe gegooi is; daar was beperkte geleentheid vir die waarneming van sekere persone; daar was 'n groot getal oproeriges, en die toneel buite die oorledene se huis was 'n bewegende, veranderlike een.

Op appèl is die eerlikheid van die staatsgetuies se uitkennings nie bevraagteken nie. Waar uitkenning tans nog in geskil is, gaan dit suiwer oor hulle betroubaarheid. Soos blyk uit die

verhoorhof se uitspraak, het mev Sethwala in die algemeen 'n baie gunstige indruk op die hof gemaak. Daar is bevind dat sy 'n betroubare en eerlike getuie is; ten opsigte van haar uitkenning van sekere

/50

50

beskuldigdes wat sy by die tweede geleentheid by haar huis sien verbyloop het, het die verhoorhof haar bevind "uiters betroubaar" te wees. Eweneens is Magdalene as 'n getuie betroubaar bevind, en haar uitkennings as "betroubaar en korrek". Met betrekking tot Roseline en Linerose Xaba is bevind "dat hulle albei eerlike getuies is en dat hul uitkenning van die
aanvallers korrek is".
Aan die hand van die voorafgaande word daar nou gekyk na die gevalle van die sewe beskuldigdes aan wie onbeperkte verlof tot appèl verleen is.

Beskuldigde 15
Beskuldigde 15 is deur drie getuies uitgeken - mev Sethwala, Magdalene en Roseline. Al drie het hom baie goed geken. Dit is gemene saak dat hy 'n gereelde besoeker by die Sethwala's se huis was. Mev

/51

51 Sethwala het getuig dat sy hom soos haar eie seun beskou het. Volgens Roseline het hy nog die vorige dag daar gekuier en die oorledene vir 'n sigaret gevra. Beide mev Sethwala en Magdalene het hom die betrokke dag by meer as een geleentheid voor hulle huis gesien. Daar kan geen sprake wees van 'n sameswering onder die
drie getuies om hom valslik te inkrimineer nie - soos
reeds gemeld, is hulle eerlikheid bo verdenking. Al vraag is dan of hulle hulle eerlik kon vergis het. Ons meen dat die redelike moontlikheid daarvan uitgesluit kan word. Daar was voldoende geleentheid vir betroubare uitkenning van beskuldigde 15. Dit is
uiters onwaarskynlik dat die drie getuies hom met
iemand anders kon verwar het (soos die verdediging tydens die verhoor probeer voorgee het). Die feit dat beskuldigde 15 (van alle persone) klippe na die huis gegooi het, sou ongetwyfeld hulle aandag op hom

/52

52

gevestig het, en sy betrokkenheid by die gebeure moes noodwendig 'n blywende indruk op hulle gemaak het. Die Staat se saak teen beskuldigde 15 was gevolglik besonder sterk.

Beskuldigde 15 erken dat hy op 13 November 1985 die vergadering op die sokkerveld bygewoon het.
Hy beweer egter dat hy die vergadering verlaat het toe
daar gebid word en voor die eerste traanrook gevuur is. Hy is toe direk huistoe. Volgens hom het hy destyds 'n vel-uitslag gehad wat deur sweet vererger is. Omdat hy vermoed het dat hy sou moes hardloop (en dus sweet) as die polisie sou skiet, het hy vroeg aanstaltes
gemaak om weg te kom. By die huis aangekom, is hy na
die buitekamer wat sy broer bewoon het. Sy broer was besig om 'n radiokassetspeler reg te maak. Hy het daar gebly tot nadat die gebeure rondom die oorledene se dood verby was. Beskuldigde het sy moeder, mev Sarah

/53

53

Johnson, en sy broer, Blackie Jafta, as getuies geroep om sy alibi te staaf.
Die deurlees van beskuldigde 15 se getuienis laat die indruk na dat hy 'n swak getuie was. Sy getuienis is in baie opsigte onwaarskynlik en nie met sy onskuld te rym nie. Gesien sy hegte verhouding met
die Sethwalas sou geredelik van hom verwag kan word om
sy medelye oor die oorledene se dood aan hulle te gaan betuig. Tog het hy dit nie gedoen nie, en hy kon geen aanvaarbare verduideliking vir sy versuim gee nie. Ofskoon hy reeds op 13 November van die oorledene se dood gehoor het, beweer hy dat hy eers op 27 November

(wat hy later gewysig het na 15 November) verneem het
dat hy gewelddadig gesterf het - ondanks die feit dat hy op 14 November met Timo, die oorledene se broer, in gesprek was. Dit is uiters onwaarskynlik, en dus ongeloofwaardig, dat hy nie vir Timo sou gevra het hoe

/54

54 hoe die oorledene omgekom het nie (tensy natuurlik hy, teenstrydig met sy getuienis, reeds geweet het). Dit is ewe onwaarskynlik dat hy nie vir sy broer van die oorledene se dood sou vertel het nie toe hy op 13 November daarvan te hore gekom het. Wat ook onwaarskynlik is, is dat beskuldigde 15 rustig in sy
broer se kamer sou sit te midde van die woelinge in die
omgewing van hulle huis, en meer bepaald op die veld oorkant hulle huis. (Hierdie onwaarskynlikheid geld ook vir sy moeder en broer, wat kwansuis niks gesien het wat om hulle gebeur nie.) Daar is ook ander voorbeelde in sy getuienis wat daarop dui dat hy h
onbevredigende en leuenagtige getuie was.. Dit is
egter nie vir die doeleindes van hierdie uitspraak nodig om op hulle in te gaan nie.
Met betrekking tot beskuldigde 15 se twee getuies het die verhoorhof soos volg bevind: "Die

/55

55 getuienis van Sarah Jackson en Blackie Jafta is nie van so 'n aard dat 'n mens bloot op hulle getuienis geoordeel kan sê dat dit vals is nie". Hulle getuienis is egter baie vaag. Mev Johnson koppel die aankoms van beskuldigde 15 aan twee skote wat sy gehoor het - sy was nie in staat om die tyd van sy aankoms te gee nie.
Sy beweer dat hy 'n rukkie na die skote afgegaan het by

die huis aangekom het. Dit is duidelik uit die getuienis dat daar verskeie skote dié dag gevuur is. Die twee skote wat sy gehoor het, was nie noodwendig die eerste twee nie. Sy beweer dat sy geen verdere skote gehoor het nadat beskuldigde 15 by die huis

opgedaag het nie. Dit is aanduidend van die feit dat

beskuldigde 15 moontlik eers by die huis aangekom het nadat alles reeds verby was en die oorledene reeds dood was. Indien beskuldigde 15 reeds by die huis was toe die gebeure by die oorledene se huis plaasgevind het,

/56

56

waarom het mev Johnson nie die skote gehoor wat die oorledene afgevuur het nie, gesien die feit dat die huis redelik na aan dié van die oorledene gelee was? Blackie Jafta het wel meer as een keer skote gehoor, en beweer dat beskuldigde 15 by die huis opgedaag het nadat die eerste skote gevuur is. Tot dié mate staaf

hy beskuldigde 15. Maar daar is heelwat kleiner
aspekte waarop beskuldigde 15, mev Johnson en Blackie verskil. Daar word na hulle in die verhoorhof se uitspraak verwys.
Die verhoorhof het tereg, by die oorweging van beskuldigde 15 se alibi, op die getuienis as geheel
gelet, en het tot die slotsom gekom dat beskuldigde 15
se alibi nie redelik moontlik waar kan wees nie. Gesien die sterk Staatsaak, beskuldigde 15 se onbevredigende en onwaarskynlike getuienis, en die vaagheid van sy alibi getuies (veral met betrekking tot

/57

57

tyd), kan dit onses insiens nie gesê word nié dat die verhoorhof fouteer het deur beskuldigde 15 se alibi te verwerp en te bevind dat hy op die toneel aanwesig was en klippe na die oorledene se huis gegooi het. Tot dié mate dus slaag sy appèl nie.

Beskuldigde 16

Beskuldigde 16 word net deur Magdalene uitgeken. Dit is gemene saak dat hulle mekaar goed ken. Magdalene het getuig dat sy beskuldigde 16 op drie verskillende geleenthede gesien het. Die eerste keer was voordat daar klippe na die oorledene se huis

gegooi is - toe omstandighede meer bevorderlik was vir

betroubare uitkenning. Beskuldigde 16 was deel van 'n groep mense onder wie beskuldigdes 5, 13 en 15 ook was. Dié groep was na aan die hek aan die regterkant van die Sethwala's se huis (soos uitgekyk word).

/58

58

Magdalene se getuienis dat beskuldigdes 2 en 10 deel was van die groep persone wat die oorledene voor die poskantoorhuisies aangerand het, is nie deur die verhoorhof aanvaar nie. Die nie-aanvaarding van haar getuienis in dié opsig spruit voort uit haar onvermoë om by 'n inspeksie ter plaatse sekere
beskuldigdes wat aan haar bekend was (onder andere,
beskuldigde 10),en wat gestaan het waar die oorledene gedood is, uit te ken vanaf waar sy na bewering die gebeure naby die poskantoorhuisies op 13 November aanskou het. Ofskoon die omstandighede by die twee geleenthede (d w s die dag van die voorval en dié van

die inspeksie) ietwat mag verskil het, bestaan daar
geen oortuigende rede vir haar onvermoë om behoorlike uitkennings by die inspeksie te doen nie. Gevolglik kon die betroubaarheid van haar uitkenning van beskuldigdes 2 en 10 op 13 November onder die groep

/59

59

mense om die oorledene nie aanvaar word nie. Dit dui daarop dat Magdalene op die betrokke dag tot eerlike vergissing in staat was. Dit is 'n faktor wat in aanmerking geneem moet word by oorweging van die vraag of haar uitkenning van beskuldigde 16 aanvaar kan word as bo alle redelike twyfel betroubaar. In diê opsig
is dit ook opvallend dat Roseline, wat beskuldigde 16
baie goed ken, en vir beskuldigdes 5, 13 en 15 uitgeken het, nie vir beskuldigde 16 gesien het nie tussen die groep mense by die regterkantse hek (onder wie beskuldigdes 5, 13 en 15 was).

Beskuldigde 16 se getuienis was kortliks soos

volg. Sy het op 13 November die vergadering op die
sokkerveld bygewoon. Nadat die traanrook geskiet is, het sy met Kingstraat in die rigting van haar huis gehardloop. Daar het 'n Casspir van voor gekom, en sy hardloop toe in een van die erwe in wat aan Kingstraat

/60

60

grens. Nadat die Casspir verby is, het sy verder met Kingstraat langs huis toe gehardloop. Haar ouma, mev Anna Links, het die deur vir haar oopgemaak toe sy klop. Sy is die huis in en het dit nie oor die relevante tydperk weer verlaat nie. Sy ontken dat sy ooit die betrokke oggend voor die oorledene se huis
was. Mev Links is as getuie geroep om beskuldigde

16 se weergawe te staaf.
Die verhoorhof het bevind dat Magdalene se getuienis tot 'n mate deur Roseline en Linerose gestaaf word aangesien hulle bevestig dat 'n vrouestem in Afrikaans die woorde wat Magdalene aan beskuldigde 16

toeskryf, geuiter het. Namens beskuldigde 16 is
betoog dat hierdie bevinding op 'n mistasting neerkom omdat die getuienis van Roseline en Linerose nie beskuldigde 16 met die gebeure voor die oorledene se huis verbind nie, en gevolglik nie stawing vir

/61

61 Magdalene se getuienis bied nie. Hierdie betoog gaan nie op nie. Soos reeds aangedui, waar stawing gesoek word om die getuienis van 'n enkelgetuie te versterk of onderskraag hoef dit nie noodwendig die beskuldigde met die misdaad te verbind nie. Klaarblyklik het die verhoorhof nie stawing van laasgenoemde aard vereis nie. Die hof was net op soek na bevestigende
bewysmateriaal buite Magdalene se getuienis. Dit was die woorde wat geuiter is wat Magdalene se aandag op beskuldigde 16 gevestig het. Die feit dat ander getuies ook die woorde (of soortgelyke woorde) gehoor het, dien dus as bevestigende bewysmateriaal omdat dit Magdalene se getuienis tot 'n mate meer waarskynlik maak. Gevolglik het die verhoorhof nie in dié opsig misgetas nie.

Waar die verhoorhof egter wel fouteer het, is in sy redes vir die verwerping van beskuldigde 16 se

/62

62

getuienis as leuenagtig. Dit is wel so dat beskuldigde 16 se getuienis dat die polisie die vergadering van 13 November aangekondig het, nie aanvaar kan word nie. Een van die vernaamste redes egter vir die verwerping van beskuldigde 16 se getuienis as leuenagtig het betrekking op haar
getuienis aangaande die Casspir wat sy beweer sy in
Kingstraat teegekom het. Die verhoorhof het blykbaar bevind dat haar getuienis in dié opsig 'n versinsel is. As die getuienis in sy geheel gesien word, is daar egter nie ruimte vir die verwerping van haar getuienis wat dié aspek betref nie. Weliswaar het die

polisiegetuies getuig dat daar destyds net twee

Casspirs in Upington was. Volgens hulle was een, onder bevel van kaptein Botha, die betrokke dag naby die biersaal geparkeer. Die ander, onder bevel van kaptein Van Dyk, het eers die oggend van 13 November by

/63

63

die woonbuurt aangekom nadat die oorledene reeds gedood is. Daar is egter oorweldigende getuienis van die ander staatsgetuies dat daar op 'n sekere tydstip 'n
Casspir (of soortgelyke voertuig) in 'n plein in Kingstraat ongeveer in lyn met die oorledene se huis, gestaan het. Na dié Casspir is klippe vanaf
Pilanestraat gegooi, en vanuit dié Casspir is traanrook
na Pilanestraat geskiet. Die Casspir was klaarblyklik nie dié van kaptein Botha nie. Daar is hoegenaamd geen getuienis nie om aan te dui dat kaptein Botha op enige tydstip sy Casspir na die plein in Kingstraat verskuif het. Trouens, Mnr Khambule

bevestig dat toe hy beskuldigde 10 se boodskap aan
kaptein Botha gaan oordra het, het sy (kaptein Botha se) Casspir nog altyd naby die biersaal gestaan. Op die getuienis moes daar dus nog 'n Casspir (of soortgelyke voertuig) in Kingstraat die oggend gewees

/64

64

het (ofskoon dit onseker is waarvandaan dit gekom het en aan wie dit behoort het). Die redelike moontlikheid kan nie uitgesluit word dat dit hierdie Casspir was wat beskuldigde 16 op pad huistoe teëgekom het nie. Gevolglik kan haar getuienis aangaande die aanwesigheid van 'n Casspir in Kingstraat nie as
leuenagtig afgemaak word nie, en in die belangrike

opsig het die verhoorhof fouteer. In iedere geval is dit uiters onwaarskynlik dat beskuldigde 16 haar getuienis met betrekking tot die Casspir sou versin het aangesien dit haar saak geensins kon bevorder het nie. Ons is nie van voorneme om die verdere punte

van kritiek wat die verhoorhof teen beskuldigde 16 se

getuienis geopper het, te behandel nie. Daar was tydens betoog voor ons oortuigend aangetoon dat die meeste van hulle weinig om die lyf het. Daarbenewens het van hulle geen betrekking op die gebeure van 13

/65

65

November nie. Hulle is klaarblyklik nie sodanig dat hulle sonder meer die algehele verwerping van beskuldigde 16 se getuienis regverdig nie.
Die verhoorhof het bevind dat mev Links se getuienis glad nie dié van beskuldigde 16 staaf nie. Weliswaar was mev Links se getuienis met betrekking tot
tyd vaag. Tot 'n mate is dit seker te wyte aan die
feit dat sy 'n ongeletterde persoon is wat nie tyd kan lees nie. Wat egter wel duidelik uit haar getuienis blyk, is dat beskuldigde 16 kort nadat sy die huis die oggend verlaat het, weer teruggekeer het, en dat sy met haar terugkeer moeg was soos iemand wat gehardloop

het. In die verband gebruik mev Links uitdrukkings
soos "sy was net 'n rukkie weg"; "so oor 'n ruk na sy weg is" en "sy het sommer weer teruggekom", wat almal op 'n betreklike kort tydsverloop dui. Haar getuienis bied dus prima facie stawing van beskuldigde

/66

66

16 se alibi. Dit verhoorhof bevind nie dat sy 'n

leuenagtige getuie was nie. Hy maak ook geen nadelige bevindings ten opsigte van haar houding in die getuiebank nie. Laasgenoemde opmerking geld ook vir beskuldigde 16.
Hierdie is by uitstek 'n grensgeval. Ons is gedagtig aan die voordeel wat 'n verhoorhof bo ons

geniet met die beoordeling van getuienis. Ons aanvaar dat Magdalene in die algemeen 'n betroubare getuie was. Dog is haar getuienis nie smetloos nie. Haar uitkenning van beskuldigdes 2 en 10 is nie aanvaar nie. Dit maak nie noodwendig haar uitkenningsvermoe oor 'n

korter afstand verdag nie. Dit dui net daarop dat, haar eie oortuiging ten spyt, daar ruimte vir eerlike vergissing aan haar kant is. Die verhoorhof het in minstens een belangrike opsig gefouteer in die verwerping van beskuldigde 16 se getuienis as vals.

/67

67

Van sy ander redes oortuig nie. Dit staan ons dus vry om tot ons eie gevolgtrekking te kom. Gesien die tersaaklike getuienis in sy geheel, kan daar onses insiens nie gesê word dat beskuldigde 16 se alibi nie redelike moontlik waar kan wees nie. Die Staat het hom gevolglik nie van sy bewyslas gekwyt nie. Beskuldigde 16 se appèl slaag dus en haar

skuldigbevinding en vonnis moet tersyde gestel word.

Beskuldigde 17

Beskuldigde 17 word net deur Linerose
uitgeken. Dit is gemene saak dat hulle saam op skool
ggk was, en mekaar goed ken. Volgens Linerose het sy haar

aandag op die klipgooiers gespits met die doel om hulle later te kan uitken. Dit verhoorhof het bevind dat Linerose (spesifiek met betrekking tot haar uitkenning van beskuldigde 17) "'n bevredigende en betroubare getuie [was] wie se getuienis sonder aarseling aanvaar kan word". Linerose se eerlikheid is bo

/68

68

verdenking, en haar getuienis is nie vir enige wesenlike kritiek vatbaar nie. Haar getuienis voldoen aan al die vereistes wat aan 'n enkelgetuie gestel word.
Beskuldigde 17 se getuienis is kortliks soos volg. Sy het op 13 November die vergadering op die
sokkerveld bygewoon. Destyds het sy saam met haar
moeder, haar suster Monica en nog ander kinders te 492 Kingstraat gebly. Haar huis was nie baie ver van die sokkerveld geleë nie. Toe sy by die vergadering opdaag, was die mense besig om Nkosi Sikelele i Afrika te sing. Dit moes dus so skuins voor sewe-uur gewees

het. Sy het saam gesing. Toe die traanrook geskiet
is, het sy dadelik direk na haar oupa se huis gehardloop. Sy het haar moeder en Monica daar gekry. Dit was voor half-agt. Sy het daarna vir Monica gehelp om haar oupa se huis skoon te maak. Sy ontken dat sy ooit daardie dag in Pilanestraat was. Nadat sy van die vergadering af teruggekeer het, was sy

/69

69

die heeldag tuist Sy het mev Bostaander (haar moeder) en Monica as getuies geroep om haar alibi te steun.
Soos blyk uit die verhoorhof se uitspraak is beskuldigde 17 se getuienis in verskeie opsigte vatbaar vir kritiek. Dit is nie nodig om op die punte van kritiek in te gaan nie. Ons volstaan daarby om te sê dat die kritiek geldig en behoorlik gegrond is. Die

verhoorhof het dan ook tereg bevind dat sy 'n

onbevredigende getuie was. Die Hof ook tot die slotsom geraak dat beskuldigde 17 se getuies nie haar alibi staaf nie, maar eerder haar hele verweer kelder. Soos later aangetoon sal word, is dit beslis in die geval van Monica waar.
Die belangrike vraag wat opduik, is hoe laat beskuldigde 17 die betrokke oggend by haar oupa se huis aangekom het. Indien dit eers na agt-uur was, stort haar alibi verweer eenvoudig in duie. Dit sou beteken dat sy nie direk van die sokkerveld na haar

/70

70 oupa se huis gegaan het nie, en geleentheid gehad het om aan die gebeure in Pilanestrat mee te doen. Beskuldigde 17 en haar getuies stem ooreen dat beide mev Bostaander en Monica by die oupa se huis was toe beskuldigde 17 daar aankom.

Mev Bostaander het getuig dat sy die

Woensdagoggend reeds voor ses-uur hospitaal toe is om
haar vader in die hospitaal te besoek. Hy het aan tering gely. Die getuienis dui nie aan hoe ver van haar huis die hospitaal is nie, maar dit moes redelik ver gewees het. Sy het nie lank by die hospitaal vertoef nie. Op pad terug het sy gesien dat daar
mense op die sokkerveld was. Sy is eers na haar eie
huis, en daarvandaan na haar vader (beskuldigde 17 se oupa) se huis. Monica was besig om die oupa se huis skoon te maak toe sy daar aankom. Sy was reeds voor sewe-uur tuis. Sy het op die stoep agter die huis

/71

71 gaan sit. Terwyl sy daar sit het sy skote vanaf die kafee se kant gehoor en daarna traanrook geruik. 'n Kort tyd daarna het beskuldigde 17 daar opgedaag. Mev Bostaander was nie seker van haar tye nie want volgens haar was daar nie 'n wekker by haar huis nie. In dié opsig word sy deur beide beskuldigde 17 en Monica
weerspreek. Die vraag kan gevra word waarom sy
hieromtrent gejok het? Was dit dalk omdat sy die korrekte tyd wou verbloem?
Monica het getuig dat beskuldigde 17 die Woensdagoggend reeds ongeveer ses-uur na die vergadering is. Volgens haar het haar moeder net voor

sewe-uur die huis verlaat op pad na die hospitaal.
Haar getuienis in dié opsig klink meer waarskynlik as dié van haar moeder. Monica getuig verder dat haar moeder eers na agt-uur van die hospitaal af teruggekeer het. As sy in die opsig korrek is, beteken dit dat

/72

72

beskuldigde 17 eers na agt-uur teruggekeer het. Al sou Monica onseker wees omtrent haar tye, is dit duidelik vanuit haar getuienis dat (1) mev Bostaander eers 'n geruime tyd ná beskuldigde 17 die huis verlaat het, en (2) meer as 'n uur weg was. As beskuldigde 17 eers kort voor sewe-uur van die huis af weg is, kon mev
Bostaander, wat die huis na haar verlaat het, nie al
reeds voor ses-uur hospitaal toe gegaan het nie. En as sy (mev Bostaander) eers na beskuldigde 17 weg is, kon sy nie voor agt-uur teruggekeer het nie.
Daar is onses insiens geen rede om Monica se getuienis nie te aanvaar nie. In die omstandighede

was die verhoorhof geregtig om Linerose se getuienis te

aanvaar, en dié van beskuldigde 17 te verwerp as synde nie redelik moontlik waar nie. Daar is dus bewys dat sy een van die persone was wat klippe na die oorledene se huis gegooi het. In dié opsig dus slaag haar appèl nie.

/73

73

Beskuldigde 22

Beskuldigde 22 is net deur mev Sethwala uitgeken. Die verhoorhof het gunstige bevindings oor haar as 'n getuie in die algemeen, en haar betroubaarheid in besonder, gemaak. Hoewel sy riie beskuldigde 22 se naam geken het nie, het sy getuig dat

sy hom gereeld voor 13 November in Pilanestraat sien op

en af stap het. Beskuldigde 22 bly in daardie omgewing en ontken nie dat hy gereeld met Pilanestraat langs geloop het nie. Mev Sethwala het dus voldoende voorafkennis van beskuldigde 22 se voorkoms gehad om haar in staat te stel om 'n betroubare uitkenning te

maak. Tydens die gebeure voor haar huis het sy haar

daarop toegespits om mense wat klippe na die huis gooi, te identifiseer. Sy het genoegsame geleentheid gehad om beskuldigde 22 te herken, en haar getuienis rondom haar uitkenning van beskuldigde 22 is nie

/74

74

vatbaar vir wesenlike kritiek nie.
Beskuldigde 22 het altesaam drie verskillende weergawes gegee van waar hy op 13 November was. Aanvanklik het hy aan adjudant-offisier De Waal vertel dat hy op daardie datum in die Transkei was. In 'n

latere verklaring aan de Waal het hy egter erken dat hy

die vergadering op die sokkerveld bygewoon het.
Tydens die verhoor het hy met 'n derde storie vorendag gekom. Hy het toe getuig dat hy op 13 November by sy ouers op Postmasburg was. Hy het sy meisie, Elizabeth Hamutu, as 'n getuie geroep om sy getuienis te staaf. Hulle getuienis is deur die verhoorhof as vals

verwerp - 'n bevinding wat nie op appèl bevraagteken is
nie. Beskuldigde 22 was klaarblyklik 'n leuenagtige getuie, en die verwerping van sy alibi was ten volle geregverdig.

/75

75 Mev Sethwala se getuienis verbind beskuldigde 22 met die aanval op haar huis. Haar getuienis, insoverre dit beskuldigde 22 by die gebeure betrek, is op sigself nie vir kritiek vatbaar nie. As gevolg van die verwerping van sy getuienis as vals is beskuldigde 22 regtens in dieselfde posisie as sou hy
nie getuig het nie. In die omstandighede van die
onderhawige saak onderskraag beskuldigde 22 se leuenagtigheid ipso facto die Staat se saak. Daar is geen getuienis om dié van mev Sethwala te weerlê nie, en dus minder rede om haar getuienis, of die betroubaarheid van haar uitkenning, in twyfel te trek
(vgl S v Snyman 1968(2) SA 582(A) op 588 G - H).
Anders gestel, sy leuenagtigheid verminder die gevaar dat mev Sethwala in haar uitkenning van hom gefouteer het. Afgesien hiervan is sy herhaalde leuenagtigheid in die onderhawige geval aanduidend van 'n skuldbesef

/76

76

en dus van aandadigheid.

In die omstandighede kan daar nie gesê word dat die verhoorhof fouteer het deur mev Sethwala se uitkenning van beskuldigde 22 te aanvaar nie, en te bevind dat hy een van die persone was wat klippe na haar huis gegooi het. Sy appèl teen die verhoorhof se bevinding in dié verband slaag dus nie.

Beskuldigde 24

Beskuldigde 24 is ook slegs deur mev Sethwala

uitgeken. Volgens haar was hy tussen 'n groep mense
aan die linkerkant van haar huis. Hy was ook een van

die klipgooiers. Sy het hom destyds net van sien
geken. In antwoord op die vraag van waar sy hom
ken, het sy geantwoord:

"Van sien, u Edele, hier in Paballelo woonbuurt. Hy beweeg ook op en af in Pilanestraat".
/77

77

In haar hoofgetuienis wy sy nie verder hieromtrent uit
nie. Onder kruisondervraging was sy ietwat vaag
aangaande hoe gereeld of dikwels sy hom voor die
voorval gesien het. Sy het erken dat sy nie voor 13
November rede gehad het om sy gesig noukeurig te beskou
nie. Hy het ook geen besondere kenmerke gehad wat
uitkenning kon vergemaklik nie.

Mev Sethwala se getuienis met betrekking tot

hoe lank sy beskuldigde 24 die betrokke oggend onder oë
gehad het en wat hy presies gedoen het, is ietwat
teenstrydig. Die volgende passasie kom voor in haar
kruisondervraging:

"Did you see him at the stage when he

released a stone from his hand? Yes,
I saw him releasing a stone.
What I want to know is, was that the first
time you saw him, the f irst time your
attention was drawn to him was when he was
releasing a stone from his hand? As
/78
78 he came running towards and then throwing.

So you saw accused no 24 for the first time

before he threw a stone? --- That is
correct.

And after he had thrown the stone did you

keep paying attention to him? --- I
proceeded in the looking for others."

Haar getuienis op daardie tydstip was dus dat sy beskuldigde gesien het voor en toe hy 'n klip gegooi het, en dat sy daarna haar aandag op ander persone gevestig het. Dit kom nie heeltemal ooreen met wat sy effens later tydens haar kruisondervraging gesê het

nie, waar sy haar as volg uitgelaat het:

"Now when you saw accused no 24 did you see him for the first time at the stage that he

released a stone from his hand? --- That
is correct, as all the others I saw no 24 releasing a stone.
/79

79

And you did not pay any attention to him before he released the stone from his hand? --- No.

And after the stone had been released from his hand did you continue to pay attention to

him? --- I paid some attention for some

time on him.

What was he doing? ---- He ran backwards

to look for another stone.

COURT: He ran which way? --- Backwards

to look for another stone.

MR LANDMAN: When he ran backwards are you saying he ran with his face towards you, or
did he turn around and run back? --- He

came back towards the house again.

So were you watching him when he came back

towards the house again? --- That is
correct, with my attention on him to see him well and recognise him."

/80

80

Haar getuienis ten opsigte van beskuldigde 24 is dus vatbaar vir 'n mate van kritiek.
Beskuldigde 24 se verweer was dat hy op 13 November die hele dag by die huis was waar hy na sy siek vader omgesien het. Hy het sy broer, Boetie Swartbooi, as getuie geroep om sy alibi te staaf.
Die verhoorhof het bevind dat beskuldigde 24 en sy
broer mekaar in verskeie opsigte weerspreek het, en dat daar ook heelwat onbevredigende aspekte in beskuldigde 24 se getuienis was. Afgesien hiervan maak die verhoorhof geen geloofwaardigheidsbevindings teen beskuldigde 24 en sy broer nie.

Die weersprekings waarna die verhoorhof

verwys het, is nie een wesenlik nie. Inteendeel, hulle is oor die algemeen heeltemal onbenullig. Voorbeelde daarvan is die volgende: of beskuldigde 24 vir Boetie in die kombuis of in die slaapkamer gevra

/81

81

het waarom hy nie skool toe is nie; of beskuldigde 24 die betrokke dag "kos" en pap, of net pap, gemaak het; wie van beskuldigde 24 en Boetie die oggend eerste opgestaan het. Daar moet in gedagte gehou word dat beskuldigde 24 en sy broer meer as 'n jaar na die gebeure getuig het. In die omstandighede kan verwag
word dat hulle geheue omtrent alledaagse aangeleenthede sou vervaag het, en dat verskille onder hulle kon ontstaan. Dit sou inderdaad vreemd wees as hulle oor alle aspekte ooreengestem het. Aan die ander kant hou ons in gedagte dat beskuldigde 24 se alibi so eenvoudig is dat dit nie maklik weerlê kan
word nie. Daar moet dus noukeurig op verskille gelet word. Maar voordat verskille in die getuienis van twee getuies 'n nadelige afleiding regverdig, moet die verskille sodanig wees dat tot die gevolgtrekking geraak kan word dat hulle op leuenagtigheid of

/82

82

oneerlikheid dui. Die verskille tussen beskuldigde 24 en sy broer is nie van so 'n aard nie. Hulle is ewe vatbaar vir die afleiding dat een van hulle 'n eerlike fout begaan het. Die verskille in hulle getuienis kon dus nie as grondslag dien vir die verwerping van hulle getuienis nie. In die verband is die afwesigheid van nadelige geloofwaardi'gheidsbevindings teen beskuldigde 24 en sy broer ook van belang.

Die sogenaamde onbevredigende aspekte in beskuldigde 24 se getuienis waarna die verhoorhof verwys, het eweneens min om die lyf. Een van hulle gaan oor wie beskuldigde 24 en ander persone beveel het

om 'n tafel en stoele op 'n voertuig te laai die dag van die uitkenningsparade; ander gaan oor waarom hy sy werk by die slagpale laat vaar het en hoekom hy nie 'n
verlore bewysboek vervang het nie. Nie een van

/83

83

hierdie voorbeelde het iets met die gebeure van 13 November of die wesenlike geskilpunte te make nie. Onder hierdie hoof bevind die verhoorhof ook as onwaarskynlik beskuldigde 24 se getuienis dat wat hom betref alles in Paballelo normaal was tussen 10 - 12 November 1985. Beskuldigde 24 se huis is egter nie
geleë in die nabye omgewing van waar die onluste en

aanvalle op verskillende persone se huise en eiendom plaasgevind het nie. Dit tesame met die feit dat hy, volgens hom, besig was oor dié tydperk om sy siek vader by die huis te versorg, kan sy getuienis in die verband verklaar.

Afgesien van die getuienis van mev Sethwala

bestaan daar geen behoorlike grondslag vir die verwerping van beskuldigde 24 en sy broer se getuienies nie. Soos reeds aangedui, was mev Sethala se identifikasie van beskuldigde 24 tydens die klipgooiery

/84

84

bra skrams. By die deurlees van daardie gedeelte van haar getuienis word die indruk geskep dat dit met minder vertroue geskied het as, byvoorbeeld, die uitkenning van beskuldigde 22. Daarenteen is daar geen ernstige kritiek oor die wyse waarop beskuldigde 24 en sy broer getuig het. In dié geval bestaan daar net nie voldoende waarborg van betroubaarheid van mev Sethwala se getuienis dat daar bo redelike twyfel gesê kan word dat sy reg was en dat beskuldigde 24 en sy broer gevolglik verkeerd moes gewees het nie. Dit bring nie haar eerlikheid en betroubaarheid andersins in gedrang nie. Die moontlikheid van 'n eerlike vergissing aan haar kant in dié besondere geval kan nie uitgeskakel word nie - en waar dit die geval is, het die Staat nie daarin geslaag om beskuldigde 24 se skuld bo redelike twyfel te bewys nie. Sy appel moet dus slaag.

/85

85 Beskuldigde 25
In sy geval ook word hy net deur mev Sethwala uitgeken. Volgens haar het sy hom saam met beskuldigdes 4, 8 en 18 in 'n groep aan die regterkant van haar huis gesien. Hy was ook een van die klip-gooiers. Mev Sethwala het getuig dat sy beskuldigde 25 net van sien ken. Sy het hom by geleentheid voor 13 November by haar bure, die Khambule's, opgelet. Sy het hom ook by die kafee gesien, en in die straat sien rondloop. Mev Sethwala het verder getuig dat alhoewel sy nie voor 13 November besondere aandag aan beskuldigde 25 gegee het nie, sy sy gesig goed kon onthou. As een van die klipgooiers het sy haar aandag
op hom gvestig ten einde hom later te kon uitken. Na 13 November het sy hom dikwels by die Khambule's gesien. Daar is niks rondom haar uitkenning van beskuldigde 25 wat die betroubaarheid van haar

/86

86

getuienis enigsins verdag maak nie.
Beskuldigde 25 het ontken dat hy op 13 November in Paballelo was. Hy het beweer dat hy daardie dag by die huis was van sy tante, mev Sarah Daries, in Blikkies, 'n kleurlingwoonbuurt in Upington. Volgens hom is hy die vorige middag (Dinsdag) soontoe, en hy het daar gebly tot die Sondag (behalwe dat hy
vlugtig Donderdag huis toe was). Hy het ene Joseph Seloane, wat hom na bewering die Dinsdag na Blikkies vergesel het, asook sy moeder, mev Dora Goba, as getuies geroep om sy alibi te staaf.
Die Staat het mev Daries as 'n getuie geroep. Soos reeds gemeld, is sy en beskuldigde 25 verwant aan
mekaar. Hy het blykbaar al dikwels in die verlede by haar gekuier, en daar het 'n goeie verhouding tussen hulle bestaan. Op die oog af bestaan daar dus geen rede waarom mev Daries teen beskuldigde 25 valslik sou

/87

87

getuig nie.
Mev Daries het getuig dat sy op Woensdag 13 November om ongeveer half-vier die middag vanaf haar werk tuis gekom het. Sy het vroeër die dag gehoor dat 'n polisieman in Paballelo aan die brand gesteek en
vermoor is. Beskuldigde 25 en 'n maat het later die
middag by haar huis aangekom. Beskuldigde 25 het
aan haar vertel dat sy moeder hom na haar gestuur het
omdat daar probleme in Paballelo was. Volgens mev
Daries het sy die Woensdagaand biduur toe gegaan en
daarna is sy saam met beskuldigde 25 na die huis
langsaan om televisie te gaan kyk. Beskuldigde 25 en

sy maat het die Woensdagaand by haar huis geslaap.
Toe sy Donderdagmiddag van die huis af kom was hulle
nie meer daar nie, maar hulle het later teruggekom en

tot Sondag gebly. Mev Daries se getuienis, indien

aanvaar, weerlê heeltemal beskuldigde 25 se alibi.

/88

88

Die verhoorhof het mev Daries se getuienis as "betroubaar en geloofwaardig" aanvaar. Sy het goeie rede om te onthou dat beskuldigde 25 die Woensdag by haar huis opgedaag het. Sy het op die Woensdag gehoor van die dood van 'n polisieman in Paballelo. (Dit kon net die oorledene gewees het.) Sy koppel beskuldigde 25 se aankoms by haar huis aan die dag wat sy dit gehoor het. Verder onthou sy dat sy die aand van beskuldigde 25 se aankoms biduur toe gegaan het en daarna saam met beskuldigde 25 televisie by haar bure gaan kyk het. Volgens haar word bidure op 'n Woensdag en nie 'n Dinsdag gehou nie. Dit is onwaarskynlik dat sy daaroor 'n fout sou kon maak. Onder
kruisondervraging is pertinent aan haar gestel dat beskuldigde 25 sou sê dat hulle Dinsdagaand televisie by die bure gaan kyk het en meer bepaald na 'n program met die naam "Sondaarspoort". Later het beskuldigde

/89

89

25 onder kruisverhoor toegegee dat "Sondaarspoort" destyds op Woensdagaande en nie Dinsdagaande gedeeldsend was nie. Hy het toe erken dat dit wel Woensdagaand was dat hulle televisie gekyk het. Die rede wat hy aangevoer het waarom hy verkeerde instruksies aan sy advokaat gegee het, was dat hy
daardie tyd nie kon konsentreer of logies dink nie.

Die verhoorhof het tereg opgemerk dat sy verduideliking in die verband "maar power" was.
Namens beskuldigde 25 is betoog dat mev Daries se getuienis dat hy nie die Dinsdagaand by haar huis geslaap het nie, onbevredigend en teenstrydig was,

veral na aanleiding van die volgende passasie in haar
getuienis:

"Het Vlekkie [beskuldigde 25] by jou huis

geslaap daardie Dinsdagaand? --- Vlekkie
het nie by my huis geslaap nie. Ek kan nie onthou of hy daar geslaap het nie.
/90

90

Mevrou, u kan dit onthou dat hy nie daar geslaap het op die Dinsdagaand, is dit reg? --- Ek kan nie onthou nie.

Wel beskuldigde nr 25, Vlekkie, sê dat hy het by jou huis geslaap daardie Dinsdagaand, wat

sê u daarvan? --- Ek kan nie onthou dat

Vlekkie daardie aand by my huis geslaap het

nie."

Op die oog af bevat hierdie passasie botsende antwoorde. Dit is ook tot 'n mate dubbelsinnig. Die passasie moet egter nie in isolasie oorweeg word nie. Herhaalde kere voor en na die aangehaalde passasie het mev Daries bevestig dat beskuldigde 25 eers die
Woensdagaand by haar huis geslaap het. As die passasie gesien word in die lig van haar getuienis in sy geheel, dan is dit heeltemal duidelik dat die

/91

91

strekking van haar getuienis deurgaans was dat beskuldigde 25 eers Woensdagmiddag by haar huis opgedaag het en nie Dinsdagmiddag nie.
Die getuienis van beskuldigde 25 en sy getuies was in verskeie opsigte onbevredigend en onwaarskynlik. Beskuldigde 25 het aanvanklik getuig dat hy na mev Daries gegaan het op aandrang van sy moeder "om uit die onluste in die gebied uit te kom". Dit strook met die verduideliking wat Mev Daries sê hy aan haar gegee het waarom hy soontoe is. Later het beskuldigde 25 egter sy storie ietwat verander. Hy het toe beweer dat sy moeder hom na mev Daries gestuur het omdat sy senuwees op hol was en hy skielik maer
geword het (blykbaar as gevolg van die gebeure in Paballelo). Toe sy moeder getuig, het sy dit bevestig as die rede waarom sy hom weggestuur het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat hy om hierdie rede

/92

92

weg is. Hy het die vorige Sondag nog sokker gespeel en was blykbaar heeltemal gesond. Hy was nie direk deur die onrus geraak nie, en volgens hom was hy heeltemal veilig by sy eie huis. Daar was eintlik geen rede waarom hy ewe skielik ongesteld sou raak en gewig sou verloor nie. Dit is ook onwaarskynlik dat beskuldigde 25 van Sondag tot Dinsdag so maer sou word dat dit kommer sou wek. Oor sy beweerde gesondheidstoestand rep hy geen woord teenoor mev Daries nie. Ewe vreemd is die feit dat toe hy (volgens hom) Donderdag (en later weer Sondag) by die huis kom, doen sy moeder geen navraag oor sy gesondheid nie. Hierdie optrede rym eenvoudig nie met die rede wat sy moeder (en ook hy) gee waarom hy van die huis af weg is nie.
Dit is nie nodig om op verdere onbevredigende aspekte van beskuldigde 25 en sy getuies se getuienis

/93

93

in te gaan nie. Onses insiens was die verhoorhof ten volle geregtig om mev Daries se getuienis te aanvaar en beskuldigde 25 se alibi as vals te verwerp. Met die verwerping van sy alibi en getuienis as leuenagtig bevind beskuldigde 25 hom in basies dieselfde posisie as beskuldigde 22 - daar is geen antwoord op die uitkennende getuienis van mev Sethwala nie. Daarbenewens dui beskuldigde se vlug na Blikkies die Woensdagmiddag, by ontstentenis aan enige ander aanvaarbare verduideliking, onteenseglik op 'n skuldbesef aan sy kant. Om hoofsaaklik dieselfde redes wat geld in die geval van beskuldigde 22 kan daar nie gesê word dat die verhoorhof fouteer het om mev Sethwala se uitkenning van beskuldigde 25 as een van die klipgooiers buite haar huis te aanvaar nie. Ook beskuldigde 25 se appèl slaag dus in die opsig nie.

/94

94

Beskuldiqde 26
Soos in die geval van beskuldigdes 22, 24 en
25 word beskuldigde 26 ook slegs deur mev Sethwala
uitgeken. Sy geval verskil egter van die ander
beskuldigdes. Van die altesaam negentien persone wat
mev Sethwala uitgewys het, is beskuldigde 26 die
enigste wat sy nie voorheen by naam of van sien geken
het nie. Sy het hom die betrokke dag vir die eerste
keer gesien onder 'n groot groep luidrugtige persone wat
rondgemaal en klippe na haar huis gegooi het.
Afgesien daarvan dat hy na bewering een van talle
persone was wat klippe gegooi het, het hy niks gedoen
Ë& om aandag pertinent op homself te vestig nie. Hy

het ook geen uitstaande fisiese kenmerke wat uitkenning van hom kon vergemaklik nie. Die omstandighede wat daardie dag geheers het, en die gemoedstoestand van mev Sethwala, was eenvoudig nie bevordelik vir die

/95

95

betroubare uitkenning van 'n totale vreemdeling nie.

Met verwysing na mev Sethwala se uitkenning

van beskuldigde 26 bevind die verhoorhof soos volg:

"Uit die getuienis as geheel geoordeel kom die hof tot die gevolgtrekking dat Beatrice 'n
fyn waarnemer is met 'n goeie geheue. Dit het ook geblyk uit haar uitkenning van beskuldigdes waarvoor daar baie stawing is."

Uit die aard van die saak kon van mev Sethwala verwag word om, ondanks die moeilike omstandighede, kennis te neem van mense in die skare voor haar huis wat sy voorheen geken of gesien het. Dit is onwaarskynlik dat onder 'n skare waarvan sy baie mense geken het, sy nougeset en doelgerig sou konsentreer op 'n vreemdeling
wie se optrede nie verskil het van 'n menigte ander persone in die skare nie. Dit volg nie dat omdat haar uitkenning van ander beskuldigdes betroubaar was, dié van beskuldigde 26 noodwendig ook betroubaar is nie.

/96

96

Die moontlikheid van 'n eerlike vergissing bestaan nog altyd, en daar moet dus gelet word op die omstandighede van elke afsonderlike geval.

Beskuldigde 26 het aanvanklik 'n valse verduideliking verstrek van waar hy op 13 November was. Hy het beweer dat hy die betrokke dag op Keimoes was.
By sy verhoor het hy erken dat hy die vergadering op die sokkerveld bygewoon het. Hy het egter beweer dat hy onmiddellik nadat die vergadering deur die vuur van traanrook beëindig is, huistoe gegaan en daar gebly het die res van die dag. Hy het ene Lawana Skei as getuie geroep om sy getuienis te ondersteun. Na 'n volledige ontleding van die getuienis

van beskuldigde 26 en Lawana het die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom dat hulle storie opgemaak was en is dit as vals verwerp. Die verhoorhof mag reg gewees het. Selfs al word dit in ag geneem, in die

/97

97

sin dat daar dan niks was om mev Sethwala se getuienis te weerspreek nie, bly haar getuienis, wat beskuldigde 26 betref, en vir die redes reeds vermeld, net nie oortuigend genoeg nie. Gedagtig daaraan dat sy beskuldigde 26 vooraf nie geken het nie, hom in die warboel van die gebeure eintlik maar net vir 'n geringe

tydperk onder 'n groot getal samedrommende mense gewaar het, bestaan die redelike moontlikheid dat sy haar eerlik met hom misgis het. Dit werp nie 'n refleksie op haar getuienis origins nie - dit is net 'n geval waar voldoende waarborg van betroubaarheid ontbreek. Die feit dat mev Sethwala vir beskuldigde 26 by die uitkenningsparade uitgewys het, dra min gewig en
verminder nie die gevaar van 'n eerlike vergissing nie (vgl R v T (supra) op 681H). Dit is gevolglik te verstane waarom mnr van Rensburg namens die Staat, heeltemal tereg, bedenkinge oor die korrektheid van

/98

98

beskuldigde 26 se skuldigbevinding gekoester het. Sy appèl slaag dus ook.
Weens die voorgaande moet beskuldigdes 16, 24 en 26 se appelle teen hul skuldigbevindinge slaag, en moet hulle vrygespreek word. Beskuldigdes 9 en 10 appelleer slegs teen hul vonnisse, en hul skuldigbevindinge aan moord sal bly staan. Ten opsigte van al die ander appellante moet daar nou besluit word of hulle in die lig van die bewese feite korrek aan moord skuldig bevind is.
Om 'n persoon aan moord skuldig te bevind moet daar bewys wees dat hy die opset gehad het om die oorledene te dood (mens rea), en, in die algemeen
gesproke, dat hy die daad (actus reus) gepleeg het wat die oorledene se dood veroorsaak het. In gevalle van gesamentlike optrede soos die onderhawige word daar onder bepaalde omstandighede afgesien van die vereiste

/99
99

dat die beskuldigde self die doodveroorsakende actus reus gepleeg het. Ons kom later weer hierop terug. Die vereiste van mens rea is egter absoluut en is nie onderhewig aan uitsonderings nie. Geen persoon kan aan moord skuldig bevind word as hy nie die opset (in een van sy verskyningsvorms) gehad het om die
oorledene te dood nie.

Die hof a quo het die skuld van die

appellante as volg benader. Na 'n bespreking van die
getuienis bevind die hof dat een of meer van die skare
die oorledene op Woensdagoggend 13 November 1985
gedood het. Die hof stel homself dan die volgende
vrae:

"1. Het die skare 'n opset gevorm om die oorledene te dood?

2. Indien wel, wanneer het hulle die
opset gevorm?

3. Het die beskuldigdes, nadat die opset
om die oorledene te dood gevorm is, 'n bydrae gelewer ter bereiking van
hierdie doel?"

99/

100

Vrae 1 en 2 slaan op die beskuldigdes se opset, terwyl vraag 3 met die actus reus te doen het.

Wat vraag 1 betref, word bevind "dat op die
getuienis as geheel die hof sonder enige twyfel tot
die slotsom moet kom dat die oorledene se huis en
persoon aangeval is met die opset om hom te dood".
Hierdie bevinding word soos volg gemotiveer.

Eerstens hou die hof in gedagte wat by die oorledene se huis en vooraf gebeur het. Die hof som dit soos volg op. Reeds vanaf die voorval op die sokkerveld op Sondag 10 November was daar ernstige onrus in Paballelo, en veral persone in
gesagsposisies soos raadslede en -amptenare en polisie was die skyf van aanvalle. Op 13 November het die mense 'n vergadering belê en die skare op die veld het die polisie se bevele verontagsaam. Geweld

is toe teen die skare gebruik en die skare het op

hulle beurt

100/
101

geweld gebruik, soos die afbreek van die biersaal se
muur en die poging om die biersaal aan die brand te

steek. Daarna was daar die botsing tussen die groep

in Pilanestraat en die polisie in Kingstraat. Toe dit
verby was, het die skare hulle aandag toegespits op
die oorledene en sy huis. Die hof verwys dan na die

staatsgetuienis, en veral dié van mev. Sethwala, oor
die bespreking wat plaasgevind het voordat die
oorledene se huis aangeval is, en bevind soos volg:

"Uit die opmerkings en optrede van die skare blyk dit onteenseglik dat die skare ietterlik agter oorledene se bloed was. Die besluit om die huis met klippe te bestook was duidelik hie soseer om die huis te beskadig nie, alhoewel dit

'n noodwendige gevolg was, maar om oorledene uit die huis te kry. Dit is dus nie soos namens die

verdediging betoog is dat daar van die skare geaarsel het om op te tree nie. Die vraag was net wat die mees effektiewe optrede sou wees."

Die hof verwys dan na die uitdrukkings wat

deur sommige mense in die skare gebruik is, en na die

feit dat die oorledene die indruk gekry het dat die

101/
102

skare die huis wou aanval, wat dan ook gebeur het.
Die hof sê vervolgens:

"Daar kan nie die minste twyfel wees dat die skare met die aanval op die huis beoog het om die oorledene uit die huis te dryf nie en soos verwag kon word, het die skare in hul doel geslaag en oorledene uit die huis gedryf."

Onder die skare wat op tussen 100 en 200 geskat is, was daar ook beskuldigdes wat deelgeneem het aan die aanval op die huis.

Nadat die oorledene uit die huis gedryf was
en die skare dit agtergekom het, is die aanval op die
huis gestaak en is die oorledene agtervolg,
uiteindelik ingehaal en neergevel. Daarna is petrol
oor hom gegooi en aan die brand gesteek.

Die getuienis dui onteenseglik daarop, bevind die hof, dat daar geen onderbreking in die aanval was nie: die skare het slegs effens teruggedeins toe oorledene uit die huis uit geskiet

102/
103

het. Dit was 'n volgehoue en meedoënlose aanval wat
voortgeduur het totdat die doel bereik is. Opsommend
bevind die hof soos volg:

"Uit die optrede as geheel en veral ook die opmerkings gedurende en na die aanval, kan daar maar net een afleiding gemaak word, naamlik dat die skare met die hele optrede slegs een doel gehad het, nl om oorledene dood te maak. Uit die getuienis blyk dit dat dit daardie tyd, die
patroon was dat mense met klippe gegooi word, gejaag word en doodgemaak en aan die brand gesteek word. Die bewysstukke wat op die toneel na die voorval gevind is dui maar net verder op die middele wat gebruik is: petrolkanne, voorwerpe wat gebruik word om petrolbomme te maak, die gebreekte geweer, klippe, ens. Die liggaam toon ook, benewens die twee skedelfrakture en die brandwonde, messteke en baie kneusings.
Die hof moet dus sonder enige twyfel tot die slotsom kom dat die persone wat die oorledene
gedood het, bedoel het, dus die opset gehad het, om die oorledene te dood. Die opsetvorm kan net dolus directus - direkte opset - wees. Die aan die brand steek van die oorledene, al was dit na hy reeds dood was, dui maar net verder aan dat hulle wou seker maak dat hy sterf."
Die hof gaan dan oor na die bespreking van
103/
104

die tweede vraag wat hy gestel het, t.w.: wanneer het
die skare die opset gevorm om oorledene te dood?
Hierdie vraag word soos volg beantwoord:

"Alhoewel daar betoog is dat die opset reeds op Sondag 10 11 85 se vergadering gevorm is en daar baie vir die argument te sê is, meen ons nie dat dit nodig is om daaroor uitsluitsel te gee nie.
Daar kan geen twyfel wees dat die skare of groep
voor oorledene se huis op 13 11 85 besluit het om oorledene dood te maak nie. Daar was 'n beraadslaging en daarna het die aanval begin en dit het voortgeduur totdat die oorledene gedood is."

Die derde vraag, t.w., watter bydrae elke
beskuldigde ter bereiking van die skare se opset om
die oorledene te dood gelewer het, hoef ons nie tans
te bespreek nie: dit is gerieflik om eers net met die

vereiste van opset te handel.
Die hof se bevindinge oor opset kan, meen
ons, soos volg saamgevat word:

1. Daar was een enkele skare wat die oorledene

104/
105 se huis en persoon aangeval het en waarvan die appellante lede was.
2. Hierdie skare het deurgaans net een opset
gehad, nl. om die oorledene te dood.
3. Alles wat die skare gedoen het, vandat hulle
die oorledene se huis met klippe bestook het
totdat hulle sy liggaam aan die brand
gesteek het, was gedoen ter vervulling van
die opset om die oorledene te dood.
Voordat die getuienis oor hierdie aspekte

bespreek word, wil ons net iets sê omtrent die hof a quo se algemene benadering. Die beskuldigdes het voor die hof gestaan as individue, en die hof kon geen

individuele beskuldigde aan moord skuldig bevind tensy daar bo redelike twyfel bewys is dat daardiê beskuldigde die opset om te dood gehad het nie. Die bevinding van opset is deur die hof gemaak op 'n

105/
106

veralgemeende basis: daar is bevind dat al die beskuldigdes die nodige opset gehad het aangesien die skare die opset gehad het. Wat ook al die posisie mag wees in die sielkunde of sosiologie, kan 'n skare as sodanig nie in die strafreg 'n relevante opset hê nie. Waar daar dus gepraat word van die skare se opset in

hierdie verband, word daar eintlik bedoel die opset van elke lid van die skare. In logika kan daar natuurlik nie 'n beswaar wees teen 'n sillogisme wat soos volg lui nie: elke lid van die skare (of kortweg, die skare) het 'n opset om te dood gehad; die beskuldigdes was lede van die skare; derhalwe het die beskuldigdes die opset gehad om te dood. Soortgelyke
woordgebruik en gevolgtrekkinge vind 'n mens byvoorbeeld in sake soos S v. Safatsa and Others 1988(1) SA 868 (A) (kyk veral op bl. 901 H-J) en S v. Motaung and Others 1990(4) SA 485 (A) (kyk veral op

106/
107

bl. 525 D-J). 'n Mens moet egter steeds in gedagte hou dat wat bewys moet word, is die opset van elke beskuldigde. As gepoog word om daardie opset af te lei van die geestesgesteldheid van 'n groter groep mense, kan so 'n afleiding alleen geregverdig word waar die hof geen redelike twyfel het nie dat al die lede
van die groep wel so 'n eensgesinde opset gehad het, en dat die beskuldigde 'n lid van daardie groep was in die sin dat hy daardie opset gedeel het.
Ons gaan nou oor na 'n oorweging van die getuienis om te bepaal of die hof a quo korrek was om te bevind dat die beskuldigdes as lede van die skare die opset gehad het om die oorledene te dood. Soos
die hof a quo gedoen het, begin ons met die voorafgaande gebeure.

Hoewel daar duidelik heelwat ontevredenheid onder die inwoners van Paballelo was, was daar geen

107/

108 openlike onrus voor Sondag 10 November nie. Soos hierbo gemeld, was daar op daardie middag 'n
vergadering in die Shimanesaal wat uitgeloop het op 'n mate van oproer. Gedurende daardie nag is verskeie huise onder die klippe gesteek en brandstigting of pogings tot brandstigting het voorgekom. Die persone wat aldus aangeval is, was 'n munisipale polisieman, 'n
huurmotorbestuurder, die senior stadsklerk, twee onderwysers enh lid van die Suid-Afrikaanse Polisie. Nie een van die persone wat aangeval is, is gedood of, sover dit blyk, beseer nie. Op Maandag het die polisie toegeslaan om die orde te handhaaf, en 'n
persoon is in polisie-optrede dood. Tussen Sondagnag

en Woensdagoggend was daar geen ernstige gevalle van geweldpleging van die kant van inwoners van Paballelo nie.

Die hof a quo het bevind dat, hoewel daar
108/
109

baie te sê is vir die argument dat daar reeds 'n opset by die vergadering op Sondag gevorm is om die oorledene te dood, dit nie nodig is om daaroor uitsluitsel te gee nie. Namens die Staat is daar nie voor ons betoog dat so 'n opset reeds op Sondag gevorm is nie. Dit is dus nie nodig om hierdie moontlikheid
breedvoerig te bespreek nie maar dit is nogtans nodig om 'n paar woorde daaromtrent te sê. Uit die getuienis is dit duidelik dat daar by die inwoners van Paballelo, of sommige van die inwoners, 'n mate van wrewel teen sekere persone, insluitende die oorledene, was, en dat daar by Sondag se vergadering op antagonistiese wyse na hom, onder andere, verwys is.
Dit is sekerlik moontlik dat sommige van die aanwesiges hom leed wou aandoen, en dit is denkbaar dat van hulle nie vir sy moord sou teruggedeins het nie. Daar is egter geen getuienis dat daar toe reeds

109/
110
'n wydverspreide bedoeling was om hom te vermoor nie, en geen bewys hoegenaamd dat enige van, die beskuldigdes so 'n bedoeling gekoester het nie. Inderdaad is niemand in die aanvalle. daardie aand gedood nie, en was die oorledene nie eers 'n skyf nie.

Die volgende belangrike gebeurtenis was die vergadering Woensdagoggend 13 November. Soos reeds gemeld het sommige beskuldigdes getuig dat hierdie vergadering deur kaptein Van Dyk van die Suid-Afrikaanse Polisie belê was, maar die verhoorhof het bevind dat dit nie die waarheid was nie. Hierdie bevinding is tereg nie voor ons aangeveg nie. Ditis
egter duidelik dat baie van die aanwesiges by die vergadering onder die indruk was dat die polisie dit belê het. Mense wat dink dat dit die polisie se vergadering is wat hulle bywoon, is waarskynlik

110/
111

wetsgehoorsame burgers eerder as oproeriges. Ander is oorreed of geïntimideer om die vergadering by te woon, en was daar teen hul sin. Daar is dus geen regverdiging om te veronderstel dat die nagenoeg 3 000 mense wat by die vergadering was, enige onwettige optredê beoog het nie. Inderdaad het die
vergadering vreedsaam verloop totdat die polisie traanrook gevuur het. Wat die oogmerke van die vergadering se organiseerders was, weet 'n mens natuurlik nie. Dit mag wel wees, soos mnr. Van Rensburg namens die Staat betoog het, dat hulle bedoel het om die staatsgesag uit te tart deur 'n omwettige vergadering te hou. Daar was sekerlik uittarting deur
sekere persone nadat die polisie die skare beveel het om uiteen te gaan. Sommige het die aanwesiges aangemoedig om nie gehoor te gee nie, en die meeste mense het aangebly. Kortom: dat daar mense was wat

111/

112 moeilikheid wou maak, kan aanvaar word. Dat hulle die moord van enige persoon beoog het, is egter nie bewys nie. En, wat nog die belangrikste is, daar is geen getuienis dat enige van die beskuldigdes die vergadering georganiseer of bygewoon het met enige moorddadige oogmerke nie. (Slegs beskuldigdes-10 , 11 en 20 word met die organisasie of beheer van die vergadering verbind en daar is nie getuienis dat al die beskuldigdes dit bygewoon het nie).

Wat het dan gelei tot die aanval op die huis van die oorledene en uiteindelik tot sy dood? Om hierdie vraag te beantwoord moet 'n mens probeer afleidinge maak uit die bewese feite. Om mee te

begin: soos reeds gemeld was die vergadering. op die sokkerveld aanvanklik vreedsaam. Die vonk wat die geweld laat ontbrand het, was die gebruik van traanrook deur die polisie. Deur dit te sê bedoel ons

112/

113

nie om die polisie te kritiseer nie - daar was 'n onwettige vergadering wat geweier het om uiteen te gaan, en versuim deur die polisie om op te tree kon moontlik gevaarliker as optrede gewees het. Hoe dit ook al sy, die werklikheid was dat die skare se bui aansienlik versleg het nadát traanrook geskiet is.

Dit blyk duidelik uit die video-opname van die

gebeure. Daarbenewens is dit 'n gewone reaksie op
traanrook. Kaptein Van Dyk, wat ervaring met die
bekamping van onluste het, het dit soos volg gestel:,

"... geweld lok geweld uit, dit is my sienswyse.. Ek kan ... sê feitlik sonder uitsondering waar die polisie opgetree het teen groepe mense en traanrook gebruik het, dan gaan dit oor na algemene geweldpleging in 'n Swart woonbuurt."

Die geweld wat uitgebreek het toe die

traangas geskiet is, is reeds hierbo beskryf. Daar
sal onthou word dat daar onder meer 'n groep in
Pilanestraat in die omgewing van die oorledene se huis

113/
114 bymekaargekom het. Die rede vir die byeenkoms is nie duidelik nie. Namens die appellante is geargumenteer dat Pilanestraat 'n deurgangstraat is, en dat baie lede van die skare op pad huis toe was toe hulle in die gebeure in Pilanestraat vasgevang is. Daar is ook getuienis dat sommige mense nie by hierdie
samedromming gestop het nie, maar verder in
Pilanestraat afbeweeg het. Die groep wat naby die oorledene se huis gebly het, het aanvanklik geen belangstelling in die oorledene getoon nie, maar was in 'n skermutseling met die polisie in Kingstraat betrokke. Dit was eers nadat die polisie in
Kingstraat blykbaar vertrek het, dat die aanwesiges se
aandag op die oorledene gevestig is. Mev. Sethwala.se getuienis hieromtrent is soos volg. Sy vertel dat nadat die skare opgehou het om die polisie met klippe te gooi, die oorledene na 'n rukkie opgemerk het: "Dit

114/

115

lyk vir my die mense wil nou hierdie huis aanval."
Mev. Sethwala se getuienis gaan dan soos volg voort
(ek haal dit in extenso aan want dis van kernbelang
vir hierdie deel van die saak).

"Ja goed, wat gebeur toe daarna? --- Ek het toe

die kamer se deur oopgemaak, u Edele en na ek die deur oopgemaak het, hoor ek die mense daar

praat, want hulle het nie onmiddellik, die huis

met klippe aangeval nie.

Ja, wat het u gehoor? --- Party van die mense

het gesê, ' Kom ons haal hierdie hond lewendig uit en ons sit 'n halssnoer lewendig aan hom. '

Wat beteken hierdie halssnoer? --- Die mense het

gepraat dat dit 'n buiteband halssnoer is.

En as hulle die buiteband dan om hom sit, wat

gebeur dan? --- Dan word hy, die buiteband aan

die brand gesteek en dit is aan hom terwyl hy nog lewe.

Goed, u sê party mense het dit gesê. Was daar ander wat iets anders gesê het? --- En die ander
sê, 'Nee, gooi die huis'. En die ander sê,

'Nee, maar die huis behoort nie aan hom nie, dit is sy ouers se huis.'

Ja en toe? --- Die stryery het 'n tydjie geduur

en op 'n stadium het ek ook gehoor dat die ander sê, 'Hy is nie in die huis nie' en die ander sê,'Nee, Jetta is hier in die huis.'

Ja en toe? --- Net na 'n kort rukkie, u Edele,

het dit vir my gelyk dat die mense wat sê die huis moet met klippe gegooi word het gewen, want

115/

116
hulle het toe onmiddellik begin die huis met klippe gooi."
Onder kruisverhoor het sy verder hierop

uitgebrei:

"Now I want to get on to what was said outside your house before the stones were thrown. Did you hear people speaking outside your house before the stones were thrown? --- Yes.
Now, did it seem to you that some people wanted
to stone the house, whilst other people wanted to pull or grab the deceased out of the house? --- That is correct.
Now, did it sound to you as if there was a strong argument taking place outside the house between those who wanted to stone the house and
those who wanted to grab the deceased out ? ---
Yes, there was such an argument.
And at the time this argument was taking place
where were you? --- I am in the large bedroom.
Were you under the bed at that stage? --- I do
not remember that I was under the bed at that
stage.
Now, do you know how many people were taking
part in this argument? --- I would not know..
Now at some stage you heard a song being sung
outside the house, is that correct? --- That is
right.
Was that song sung before or after or during the
stoning of the house? --- Before or after?
Was the song sung before the stoning took place or after the stones were thrown or whilst the
116/
117

stones were being thrown? --- During this
argument it was not just an argument alone, it was an argument and some are singing and some are doing that viva, and some sing 'Ma puna inja' and all those things.
When they started to throw stones at the house, were they still singing or had the singing

stopped? --- When the stone throwing started
this loud noise, argument and such had not yet stopped it is still continuing. So did it appear to you that there was

disagreement between the people outside the
house? --- Well I think the f inal agreement was
to throw stones at my house.
But whilst the stones were thrown there was
still disagreement is'nt that the case? ---
Because you say the argument continued whilst
the stones were being thrown? --- Your Honour
this whole thing started in this manner there were those that were saying ' let us throw stones at the house' and some would say 'no, it is the old lady's house' and then there were others who would say at the same time ' laat ons die hond lewendig uitkry dat ons hom lewendig aan die
brand steek met 'n tyre necklace om sy nek.'
Then there is this noise Viva. 'Let the news terrier die.'
And did this carry on until after they began throwing stones, whilst they were throwing stones, were they still arguing like this about whether the house should be stoned, about whether the deceased must be brought out of the
house alive? --- Yes, this continued until at a

stage they started throwing stones at the house,

117/

118

whilst the stones were being thrown at the house they started singing 'uma boza jabola maskwela keskwe' and all that."

Hierdie getuienis, meen ons, regverdig die

volgende kommentaar:
a) Dit lyk onwaarskynlik dat die skare voor die oorledene se huis vergader het met die doel om hom aan
te val. Dit was eers nadat die botsing met die polisie verby was dat die mense se aandag na die oorledene gekeer was, en selfs toe was daar 'n pouse voordat die huis aangeval was.
b) Die rede waarom die oorledene die volgende skyf
was is waarskynlik dat hy byderhand was, dat hy h

munisipale polisieman was, en dat daar duidelik

antagonisme teenoor hom onder sekere inwoners van Paballelo was, soos blyk uit die verwysings na hom by die vergadering op Sondag 11 November. Daarbenewens mag die struweling tussen hom en beskuldigdes 18 en 19

118/
119 oor hul gebruik van die waterkraan ten dele bygedra het tot die skare se výandiggesindheid. c) Ten spyte van bogemelde was daar geen eensgesindheid onder die skare oor wat hul optrede behoort te wees nie. Party mense wou bloot klippe gooi. Ander wou die oorledene lewendig uit die huis
haal en verbrand. Sommige het daarop gewys dat die
huis nie aan die oorledene behoort nie, en dat dit dus geen doel sou dien om die huis aan te val nie. Indien hierdie mense die implikasies van hul standpunt deurdink het, sou hulle vermoedelik ten gunste daarvan gewees het dat daar òf niks gedoen word nie, òf dat
die oorledene lewendig uit die huis gehaal moes word
sonder om die huis te beskadig. Ander mense het weer getwyfel of die oorledene hoegenaamd in die huis was. Intussen was daar mense wat geskree, gedans en gesing het.

119/

120 d) Soos blyk uit die aanhalings hierbo, het mev. Sethwala die skare se optrede vertolk as 'n oorwinning vir die faksie wat klipgooiery voorgestaan het. Dit is egter onwaarskynlik dat daar in die algemene harwar wat geheers het, enige eensgesindheid onder die skare was. Die standpunte wat vroeër uitgespreek was, is

vermoedelik steeds gehuldig deur sommige lede van die
skare.
Die passasies uit mev. Sethwala se getuienis wat hierbo aangehaal word vorm die hoeksteen van die hof a quo se bevinding dát die skare voor haar huis 'n eenparige opset gehad het om die oorledene uit te dryf
sodat hy vermoor kon word. Soos ons hierbo aangedui
het, toon die passasies eerder die teendeel - dit toon twyfel, onsekerheid en meningsverskil. En selfs al sou 'n mens veronderstel dat diegene wat klipgooi voorgestaan het, uitêindelik eenparige steun vir hul

120/

121 standpunt verwerf het (wat in so 'n chaotiese situasie onwaarskynlik voorkom), is daar geen getuienis dat die klipgooiers se oogmerk was om die oorledene uit die huis te dryf nie. Klipgooiery alleen was nie bereken om hom uit te dryf nie - die huis het voldoende beskerming teen klippe gebied, en polisie-hulp kon te eniger oomblik verwag word. Hierdie feite moes aan die klipgooiers bekend gewees het, maar hulle het geen stappe gedoen om die huis of die perseel te betree, of om ander maatreels (soos die gooi van petrolbomme) te tref om die inwoners uit die huis te dryf nie. Hoewel sommige mense geskree het dat die oorledene vermoor moet word, is daar geen getuienis dat al die
klipgooiers dit gehoor het, of daarmee saamgestem het nie.

Weens die voorgaande meen ons nie dat die skare se optrede voor en gedurende die klipgooiery

121/
122

aandui dat die hele skare bedoel het om die oorledene uit die huis te dryf sodat hy vermoor kon word nie. Weliswaar het die inwoners gevrees vir hul lewens. Onder die omstandighede was dit verstaanbaar, veral waar daar beslis 'n seksie van die skare was wat die oorledene se dood gesoek het. Daar kan egter nie
onses insiens bevind word dat dit die opset van die
hele skare was nie.
Die volgende vraag is dan of so 'n opset afgelei kan word van die skare se latere optrede. Die getuienis hieromtrent is soos volg.
Dit blyk dat nadat die klipgooiery 'n tyd geduur het, die oorledene 'n paar skote uit die huis
geskiet het. Hy het 'n kind raakgeskiet, gelukkig nie noodlottig nie. Daarna het hy sy huis deur die agterdeur verlaat en na 'n buurvrou (Maria Makabane) se huis gegaan. Die vrou was onwillig om die oorledene

122/

123

skuiling te gee, en hy is toe eers na 'n ander perseel, waarna hy in 'n plein rofweg noordwes van sy huis uitgekom het. Nadat die oorledene reeds sy huis verlaat het, het beskuldigde 4 op die perseel gekom en 'n klip deur die venster gegooi. Sover die getuienis strek, was dit die enigste keer dat een van die aanvallers werklik op die oorledene se perseel was.
Hoewel daar mense was wat uitgeroep het toe die oorledene na erf 407 (Maria Makabane se erf) gegaan het, het niemand hom gevolg nie. (Dit is op sigself 'n aanduiding dat die skare op daardie stadium nie noodwendig die oorledene se dood gesoek het nie). Daar was steeds 'n mate van klipgooiery hoewel
afnemend, en volgens Desmond Khambule het sekere mense weggehardloop toe die oorledene geskiet het, eh het ander mettertyd afbeweeg in die rigting van die Shimanesaal (d.w.s. in rofweg die teenoorgestelde

124

rigting as wat die oorledene gevlug het).
Die getuienis van mnr. Douglas Khambule oor waar die skare op verskillende tye was, is insiggewend. Daar sal onthou word dat mnr. Khambule, wat die oorledene se buurman was, deur beskuldigde 10 genader is om met kaptein Botha te gaan praat. Dit het gebeur terwyl klippe gegooi is na die polisie in Kingstraat, d.w.s. voordat die aanval op die oorledene se huis begin het. Mnr. Khambule het ingestem en na kaptein Botha gegaan. By sy terugkeer het hy 'n groot groep mense in Imaliestraat tussen die kliniek en huis 479 gevind voordat hy die kruising van Pilanestraat en Imaliestraat bereik het. Hy het aan hierdie mense
verslag gedoen. Aangesien dit beskuldigde 10 was wat hom versoek het om na die polisie te gaan, kan 'n mens miskien aflei dat beskuldigde 10 tussen hierdie mense was toe mnr. Khambule met hulle gepraat het. As dit

124/

so was, het beskuldigde 10 in mnr. Khambule se afwesigheid deelgeneem aan die aanval op die oorledene se huis (hieroor is daar die aanvaarde getuienis van inwoners van die huis). Hoe dit ook al sy, mnr. Khambule het aangeloop om die draai na sy huis in Pilanestraat, waar die aanval op die oorledene se huis
sedert sy vertrek 'n aanvang geneem het en by sy terugkeer nog voortgeduur het. Hy sien beskuldigde 4 in die oorledene se agterplaas terwyl beskuldigde 4 'n
klip gooi. Soos ons vroeër gemeld het, was die oorledene toe reeds uit die huis.
Volgens Desmond Khambule se getuienis moes die mense kort daarna in die rigting van Imaliestraat
beweeg het, want toe die oorledene weer in Pilanestraat gekom het, was daar, volgens Desmond, nie meer mense in Pilanestraat nie. Dit verduidelik dan ook waarom die oorledene teruggehardloop het in die

125/
126

rigting van die Shimanesaal (d.w.s. rofweg suid-oos). Sy vlug na huis 407 en verder het hom na die plein aan die noord-westekant van sy huis gebring. Sover ons weet was daar niks wat hom verhinder het om verder in 'n
noord-westelike rigting te vlug nie. As hy in die rigting van die Shimanesaal wou gaan, sou hy egter voor sy eie huis moes verbygaan, en as die skare nog daar was, sou hy sy weg tussen hulle deur moes baan. Selfs met 'n gelaaide geweer sou hy dit nie wou doen nie. Sy optrede bevestig dus Desmond se getuienis dat die straat toe leeg was.

Toe die oorledene die aansluiting van Pilane-en Imaliestrate bereik het, het hy links gedraai.
Daar kan vermoed word dat hy waarskynlik beplan het om regs te draai in 'n poging om by kaptein Botha, wat waarskynlik nog met sy manne naby die biersaal was, aan te sluit. Dit is egter duidelik dat daar 'n klomp mense

/127

127 aan die regterkant van die kruising was min of meer tussen huis 479 en die kliniek, waar mnr. Douglas Khambule hulle vroeër gesien het. Dit is onmoontlik om te bepaal wie almal daar aanwesig was. Uit latere gebeure blyk dit dat daar beslis sommige van die mense was wat vroeer die oorledene se huis aangeval het. Die
verhoorhof het bevind dat beskuldigdes 9,10,11 en 20 aan die uiteindelike doodslag van die oorledene deelgeneem het. (Die bevindinge oor beskuldigdes 9 en 10 is nie onderhewig aan appèl nie, en die gevalle van beskuldigdes 11 en 20 word later behandel). Aan die ander kant is beskuldigde 7, wat die petrol vir die verbranding verskaf het, deur niemand uitgeken onder
die skare wat voor die oorledene se huis was nie. Die getuienis skep dus minstens 'n redelike moontlikheid dat . die skare wat toe in Imaliestraat was, bestaan het uit net sommige van die persone wat vroeër voor die

/128
128

oorledene se huis was, saam met ander persone wat reeds vroeër in Imaliestraat was of wat later by die groep daar aangesluit het. Dit is interessant dat, volgens Mnr. Douglas Khambule, sommige lede van die skare wat die oorledene in Imaliestraat gevolg het, stokke gedra het. Daar was geen getuienis van stokke by die groep
wat klippe gegooi het in Pilanestraat nie - weer eens 'n aanduiding dat daar ook ander persone in Imaliestraat was. In 'n toestand van chaos soos dié wat in Paballelo geheers het, sou dit onrealisties wees om te . veronderstel dat enige skare vir 'n geruime tyd uit dieselfde persone sou bestaan. Om terug te keer na die oorledene: toe hy
die kruising van Imaliestraat bereik, het hy links gedraai, en 'n mens kan vermoed dat hy dit gedoén het om die mense regs af in Imaliestraat te ontwyk. Hy is egter gesien en agtervolg: eers deur beskuldigde 10,

/129
129

wat hom ontwapen en neergevel het, toe (volgens Desmond - ons kom later weer daarby) deur beskuldigde 11, en uiteindelik deur 'n groot groep. Later het beskuldigde 7 op die toneel gekom, en die oorledene, of meer waarskynlik, sy lyk, is aan die brand gesteek. Die oorledene se agtervolgers het uit die skare in Imaliestraat gekom, en daar is dus geen regverdiging vir die verhoorhof se bevinding dat die skare wat die oorledene agtervolg en gedood het presies dieselfde mense was wat sy huis aangeval het nie. Hoewel 'n mens met die hof a guo moet saamstem dat die persone wat die oorledene by die groen poskantoorhuisies aangeval het, die opset gehad het om hom te dood, dui dit nie per se aan wat die opset was van mense wat, volgens die getuienis, niks meer gedoen het as om 'n ruk vroeër klippe na die oorledene se huis te gooi nie. Die skare wat die oorledene gedood het, was waarskynlik 'n ander

/130

1 130
skare as dié wat sy huis aangeval het. Self s al sou dit moontlik wees om te bevind dat elke lid van die skare wat teenwoordig was toe die oorledene daadwerklik gedood is, die opset gehad het om te dood (en sulke getuienis bestaan nie), sou dit nie bewys dat die skare by die steniging van die huis dieselfde opset gehad het nie. Dit volg dus dat die beskuldigdes se opset nie op 'n veralgemeende basis afgelei kan word van hul deelname aan die aktiwiteite van die skare wat die oorledene se huis onder die klippe gesteek het nie. 'n Appellant kan gevolglik alleen skuldig wees aan moord as daar teen hom individueel bewys is dat hy die opset gehad het om
te dood (daarbenewens moet daar natuurlik ook 'n actus reus wees, maar ons konsentreer tans op die opset.)

Teen heelparty van die appellante is daar niks meer bewys as dat hulle die oorledene se huis met klippe bestook het nie. Klipgooiery na 'n bewoonde huis

/131
131

is nie die soort optrede wat in'die normale loop van sake die dood of ernstige beserings veroorsaak nie. In die onderhawige geval is niemand deur die klipgooiery beseer nie. Die huis het voldoende skuiling aan die inwoners verskaf. Daar is na ons mening geen ruimte vir 'n afleiding bloot uit die klipgooiery dat enige van
die beskuldigdes die opset gehad het om te dood nie.
Appellante wat in hierdie kategorie val is beskuldigdes 1, 2, 3, 4, 5, 6, 8, 12, 13, 14, 15, 17, 19, 21, 22, 23, en 25. Weliswaar is daar die getuienis van mev. Sethwala dat beskuldigdes 12,13 en 15 na die dood van die oorledene by haar huis verbygestap het uit die rigting van die Shimanesaal met klippe in hul
hande. Die hof a quo het egter nie uit hierdie getuienis enige afleiding gemaak dat hierdie appellante deelgeneem het aan die daadwerklike aanval op die oorledene by die poskantoorhuisies nie. Hierdie

/132
132 houding is onses insiens heeltemal reg. Die rigting waaruit die betrokke beskuldigdes gekom het, het aangedui dat hulle moontlik teenwoordig kon gewees het by die oorledene se moord, maar het nie bewys bo redelike twyfel daargestel dat hulle inderdaad teenwoordig was nie, en nog minder dat hulle mededaders of medepligtiges tot die aanranding was nie.
Die gevolgtrekking dat die betrokke beskuldigdes verkeerdelik aan moord skuldig bevind was, beteken egter nie dat hulle straffeloos uitloop nie. Die appellante se advokaat het toegegee, na ons mening tereg, dat die persone wat klippe na die oorledene se huis gegooi het, skuldig was aan openbare geweld. Die
bogemelde appellante wat bloot aan klipgooiery by die oorledene se huis skuldig was, se appèlle moet dus onses insiens slaag, en hul skuldigbevindinge verander word van skuldig aan moord na skuldig aan openbare

133

geweld.
Hierdie gevolgtrekking het nie noodwendig toepassing op beskuldigdes 11,18 en 20 nie, wat volgens die getuienis meer gedoen het as blote klipgooiery (ons laat natuurlik beskuldigdes 9 en 10 buite rekening -daar is geen appèl teen hul skuldigbevindinge nie).
Dit is dus nodig om beskuldigdes 11,18, en 20 apart te behandel.

By hiërdie beskuldigdes se appèlle het ons. nie alleen met mens rea te doen nie, maar ontstaan daar ook vrae omtrent die actus reus wat hulle ten laste gelê word. Die onderwerp van misdade gepleeg deur 'n aantal persone met 'n gesamentlike opset is onlangs

behandel in drie beslissings van hierdie hof, t.w., s: v. Safatsa and Others 1988(1) SA 865 (A); S v. Mgedezi and Others 1989(1) SA 687 (A) en S v. Motaung and Others 1990(4) SA 485 (A). Dit is dus nie nodig om

/134

134

weer die beginsels in besonderhede te ontleed nie.
Waar dit kom by die actus reus in sulke gevalle, is die
regsposisie soos volg gestel deur BOTHA WAR in S v.
Khoza 1982(3) SA 1019 (A) op bl. 1052 E-G in 'n passasie
wat goedgekeu