![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
22/90 N v H
BENJAMIN NTULI en DIE STAAT SMALBERGER, AR-
22/90 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
BENJAMIN NTULI Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, NESTADT, et STEYN, ARR VERHOORDATUM: 22 MAART 1991 LEWERINGSDATUM: 27 Maart 1991
UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-
Die appellant is in die streekhof te Springs
aan verkragting skuldig bevind, en tot tien jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Appél teen sy
skuldigbevinding en vonnis is laat
aangeteken,
hoofsaaklik as gevolg van omstandighede buite sy beheer
en
sonder enige oënskynlike nalatigheid aan die kant
/2
2
van sy regsverteenwoordigers. Gevolglik het die appellant aansoek gedoen om kondonasie vir die laat aantekening van sy appèl. Die aansoek is op 13 Desember 1989 deur DE KLERK, R, in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangehoor. Daar het terselfdertyd 'n aansoek voor die geleerde regter gedien om kondonasie vir die laat aantekening van 'n verdere appel teen die weiering van borgtog aan die appellant hangende sy appèl op die meriete. Die aansoeke is deur net een regter aangehoor omdat daar blykbaar nie beoog is, indien kondonasie toegestaan sou word, om onmiddellik met die aanhoor van die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis voort te gaan,nie (ondanks die feit dat aangesien die hof in reses was die regter a quo streng gesproke by magte sou gewees het om die appèl alleen aan te hoor - kyk artikel 13(5) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959). Hoe dit ookal
/3
3
sy, is die aansoek om kondonasie deur DE KLERK, R, afgewys omrede daar na sy mening geen redelike vooruitsigte van sukses op appêl teen óf die skuldigbevinding òf die vonnis was nie. Dit bring toe mee dat die ander aansoek om kondonasie, en die appèl teen die weiering van borgtog, nie beslis hoef te geword het nie. Die appellant het daarna, soos hy daarop geregtig was, na hierdie hof appél aangeteken
teen die afwysing van sy aansoek om kondonasie (S v
Absalom 1989(3)
SA 154 (A) ).
Afgesien van die vraag oor die bestaan al dan nie van redelike
vooruitsigte van sukses, was dit gemene saak tussen die appellant en
die Staat
tydens die aanhoor van die appèl dat daar aan al die ander vereistes vir
die toestaan van kondonasie voldoen is.
Onder meer is daar voldoende rede
aangevoer waarom die betrokke reëls nie behoorlik nagekom is nie.
Hierdie
/4
4 appèl wentel dus alleenlik om die vraag of redelike
vooruitsigte van sukses aangetoon is - dit synde 'n geykte voorvereiste
vir die
toestaan van kondonasie. Dit is 'n mindere toets as dié wat toegepas word
om te besluit of 'n appèl behoort
te slaag of nie (vgl R v Ngubane and
Others 1945 AD 185 op 187).
Blykens die getuienis het die klaagster en
haar man in 'n kamer in 'n huis te KwaThema tuisgegaan. Die huis het aan die
appellant
se moeder behoort. Die appellant en sy moeder het ook in die huis
gewoon. Die klaagster se man en die appellant is verwant aan mekaar.
Die aand
van 17 Februarie 1989 was die klaagster se man op nagskof. Die appellant se
moeder was ook by haar werk op diens. Die klaagster
en 'n ou dame was aanvanklik
alleen by die huis. Later het die appellant ook opgedaag. Die klaagster se
weergawe van die daaropvolgende
gebeure kan as volg saamgevat word.
/5
5 Sy was in haar kamer; die deur was van binne op knip gesit, Die
appellant het aan die deur geklop, maar die klaagster het nie die
deur oopgemaak
nie. Sy het egter haar klere aangetrek en onder haar komberse gaan lê
want, sê sy, "ek het iets verwag".
Sy het nie gesê wat sy verwag het
nie, en waarom. Die appellant het toe die deur op een of ander manier oopgemaak.
Hy het aanvanklik
met haar oor kos gepraat. Hy gaan toe uit en kom terug met 'n
byl. Hy sê toe, volgens die klaagster, "Ja hy ken my nie, ek
ken hom ook
nie en hy is bereid om vyf jaar gevangenisstraf te gaan dien vir my". Hy gaan
toe weer uit op pad na sy kamer. Die klaagster
was bevrees dat iets met haar sou
gebeur. Sy het met die ou vrou gaan praat en daarna uit die huis uit gevlug. Sy
het uit die perseel
en met die straat af gehardloop. Sy het twee keer geval. Die
appellant, wat kort agter haar was, het haar gevang.
/6
6, Hy het haar teruggeneem na haar kamer. Sy is deur hom
beveel om haar klere uit te trek. Toe sy weier, het die appellant die byl
aan
haar gewys en gedreig om haar stukkend te kap. Sy trek toe haar klere uit omdat
sy bang was. Sy was op daardie tydstip agt maande
swanger. Die appellant het
haar gegryp en daar het 'n
worsteling plaasgevind. Hy het daarin geslaag om
haar op die bed te gooi, en hy het met haar gemeenskap gehad sonder haar
toestemming.
Sy het gehuil en "geluid gemaak" maar die appellant het gesê
sy moenie raas nie. Die appellant het daarna langs haar op die
bed gelê en
aan die slaap geraak. Die klaagster het blykbaar op die bed langs die appellant
bly lê. Eers vroeg die oggend
het sy uit die kamer geglip om haar man
vanaf die bure te gaan bel. Aanvanklik het sy gesê dat sy haar buurvrou
net vertel
het dat die appellant haar aangerand het; later het sy beweer dat sy
aan haar
...../7
7 vertel het dat sy verkrag is. Aan haar man het sy net
oor die telefoon gesê dat hy dadelik huistoe moet kom. Met sy aankoms
het
sy aan hom alles vertel wat met haar gebeur het. Aan die ou dame het sy geen
rapport gemaak nie.
Afgesien van die klaagster het haar man, haar buurvrou en
die ou dame namens die Staat getuig. Haar buurvrou bevestig dat die klaagster
gehuil het toe sy by haar aangekom het. Haar man sê ook dat sy tekens
getoon het dat sy vroeër gehuil het. Die ou dame
het die klaagster se
getuienis in sekere opsigte bevestig, onder andere dat die appellant die
betrokke aand by die huis was. In ander
opsigte het sy haar weerspreek. Dit is
nie nodig vir die doeleindes van hierdie uitspraak om hulle getuienis meer
volledig te behandel
nie.
/8
8
Die appellant was nie regsverteenwoordig nie. Hy het self getuig. Hy het
ontken dat hy die klaagster verkrag het. Trouens, hy het
beweer dat hy die
betrokke nag nie by die huis was nie en eers die volgende oggend daar opgedaag
het. Tydens ondervraging deur die
verhoorlanddros was die enigste rede wat hy
voorgestel het waarom die klaagster hom valslik van verkragting sou beskuldig
dat sy
voorheen teenoor sy moeder gekla het dat hy haar (die klaagster) se hoed
gesteel het, en dat dit tot onmin tussen hulle gelei het.
Die vraag of die
appellant redelike vooruitsigte van sukses op appèl het, moet na aan=
leiding van die volgende geskilpunte
oorweeg word: (1) Is dit bo redelike twyfel
bewys dat die klaagster verkrag is? (2) Indien wel, is daar bo redelike twyfel
bewys
dat die appellant haar verkrag het?
/9
9 (3) Die gepastheid al dan nie van die opgelegde vonnis. Met betrekking tot hierdie geskilpunte is daar hewige kritiek gerig teen die Staat se getuienis, die wyse waarop die verrigtinge gevoer is, . die benadering en bevindings van die verhoorlanddros en die opgelegde vonnis. Ek behandel voorts sodanige kritiek en vrae wat daaruit voortspruit onder verskillende hoofde.
1) Beweerde inherente onwaarskynlikhede in die klaagster se
getuienis
Daar ontstaan, onder andere, die volgende vrae. Hoekom het die
klaagster haar klere gaan aantrek nadat die appellant aan haar kamerdeur
geklop
het? Hoekom het sy nie in die straat buitekant keel opgesit nie toe die
appellant haar na die huis teruggeneem het? Hoekom
het sy langs die
appellant
/10
10 bly lê nadat hy haar verkrag het en daarna aan die slaap
geraak het? Waarom sou die appellant in die kamer gebly het na die
verkragting?
Waarom sou hy die klaagster verkrag het in omstandighede waar hy onmoontlik van
die gevolge van sy daad kon vryspring?
In iedere geval, gesien die verwantskap
tussen die appellant en die klaagster se man, en die huislike reelings, waarom
sou die appellant
hom op hierdie brutale wyse teenoor die klaagster gedra het in
die afwesigheid van enige suggestie dat hy onder die invloed van drank
of
verdowingsmiddels was?
2) Beweerde leemtes in die Staat se saak
Volgens die klaagster was
sy na die voorval deur 'n distriksgeneesheer ondersoek. Sy beweer dat sy geen
beserings gehad het nie. Volgens
haar man het sy gekla dat "haar privaatdele is
ook bloeierig, dit bloei
/11
11
'n bietjie". Waarom is die distriksgeneesheer nie geroep om oor sy bevindings
te getuig nie? Die klaagster is spesiaal as getuie teruggeroep
om van haar te
verneem wanneer sy laas omgang met haar man gehad het. Is daar ooit smere vir
saadtoetse geneem? Indien wel, wat was
die uitslag daarvan? Waarom was die
ondersoekbeampte nie geroep om te getuig of daar merke aan die kamerdeur of
deurkosyn was om
aan te dui dat die deur oopgeforseer was nie? Die
verhoorlanddros het bevind dat die klaagster se man sulke merke opgemerk het
maar
sy getuienis, op 'n behoorlike ontleding daarvan, is nie noodwendig vir so
'n afleiding vatbaar nie. Kan daar, in die afwesigheid van die
distriksgeneesheer en ondersoekbeampte se getuienis, nogtans gesê
word dat
die Staat bo alle redelike twyfel bewys het dat die klaagster verkrag is?
/12
12
3) Die behoorlike toepassing van die
versigtigheidsreël
Hierdie is 'n geslagsmisdaad. . Die versigtigheidsreël was dus van toepassing (S v Snyman 1968(2) SA 582 (A) op 585 D - F). Die verhoorlanddros behoort hiervan bewus te gewees het. Dit val egter op dat hy nêrens in sy ex tempore uitspraak na die versigtigheidsreël verwys nie, of homself uitdruklik maan om die klaagster se getuienis met die vereiste omsigtigheid te bejeën. Die vraag ontstaan of sy beoordeling van die getuienis daarop dui dat hy deurgaans die versigtigheidsreel voor oë gehou het. Of het hy die saak genader soos 'n gewone strafsaak waar die versigtigheidsreël nie geld nie?
/13
13
4) Die ou dame se getuienis
Die klaagster het getuig dat die ou
dame geestelik siek en nie by haar volle verstand was nie. Dit is blykbaar as
gevolg daarvan dat
die klaagster haar nie tot die ou dame om bystand kon wend
nie, of nie 'n rapport aan haar gemaak het nie. Die ou dame het wel getuig.
Met
verwysing na haar bevind die verhoorlanddros: "Alhoewel daarna verwys word dat
sy nou geestelik versteurd is, is dit duidelik
nie die geval nie. Seker maar 'n
kwessie van seniliteit". Hy aanvaar haar getuienis dat die appellant die
betrokke nag by die huis
was. Het hy egter behoorlik ag geslaan op die
weersprekings tussen haar getuienis en dié van die klaagster, asook
sekere belangrike
opsigte waarin sy die klaagster nie staaf nie?
/14
14
5) Die wyse waarop die verrigtinge gevoer is
Luidens die oorkonde
was die appellant ten tyde van sy verhoor 21 jaar oud. Daar is geen aanduiding
van sy geleerdheidspeil nie. Die
waarskynlikhede is dat hy betreklik onopgevoed
en ongesofistikeerd is. In die omstandighede, omdat hy kwalik 'n behoorlike
begrip
van die reg en sy prosesse kon hê, was hy op 'n gepaste mate van
bystand deur die verhoorlanddros met die hantering van sy
saak en die
voorlegging van sy verweer geregtig (vgl S v M 1989(4) SA 421 (T) ) . Die
vraag onstaan of hy die nodige bystand en beskerming ontvang het, en of die
verhoorlanddros nie onnodig
krities was oor aspekte van sy verweer wat eerder op
sy onvermoe om sy verdediging na behore te hanteer as sy ongeloofwaardigheid
of
leuenagtigheid dui. Byvoorbeeld, die appellant het
/15
15 dit pertinent aan die klaagster gestel dat hy nie die betrokke aand by die huis was nie. Sy verweer was dus duidelik. Tog word die aanklaer toegelaat om hom te kruisondervra oor waarom hy nie in sy hoofgetuienis (wat uit nege reëls bestaan en hoofsaaklik op argument neerkom) gesê het dat hy nie tuis was nie. Later, toe hy vir die eerste keer daarna gevra word, sê hy presies waar hy die aand was - by 'n diskoteek met die naam Club 45. Die verhoorlanddros verkwalik hom daarvoor dat hy dit nie vroeër genoem het nie. Maar niemand het hom daarna gevra nie, en die vraag ontstaan waarom hy uit sy eie moes besef het om hierdie detail eerder te verstrek. Die vraag ontstaan ook of die verhoorlanddros hom nie van groter hulp moes gewees het met die kruisondervraging van die staatsgetuies nie, en die voorlegging van moontlike getuienis om sy alibi te staaf.
/16
16
6) Vonnis
Die misdaad, indien bewys, is klaarblyklik 'n ernstige
een. Die klaagster het egter geen ernstige beserings opgedoen nie. Sy dra
blykbaar
ook nie enige sielkundige letsels nie. Die appellant is 'n jong man en
'n eerste oortreder. Die vraag kan tereg gevra word of in
al die omstandighede
'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf nie treffend onvanpas is nie.
Die
geopperde vrae en punte van kritiek ten opsigte van die verrigtinge,
skuldigbevinding en vonnis is nie noodwendig beperk tot dié
wat vermeld
is nie. Dit is egter nie nodig om verder hieroor uit te wy nie. Dit is ook nie
nodig, vir die doeleindes van hierdie
appèl, om uitsluitsel te gee oor
sodanige vrae en punte van kritiek nie, en hulle moontlike uitwerking op die
appellant se
skuldigbevinding en vonnis. Daar kan
/17
17 volstaan word deur te sê dat die geopperde kritiek
in vele opsigte wel meriete het. Soveel so dat hierdie 'n geval is waar
tereg
gesê kan word dat daar redelike vooruitsigte van sukses op appèl
is. Na my mening het DE KLERK R, duidelik fouteer
deur die teendeel te bevind.
Gevolglik moes die appellant se aansoek om kondonasie nie afgewys gewees het
nie, en moet die appèl
teen die afwysing daarvan slaag. Dit kom daarop
neer dat daar 'n behoorlike aangetekende appél is teen die appellant se
skuldigbevinding
en vonnis.
Die verdere vraag ontstaan of hierdie Hof by
magte is om voort te gaan om daardie appèl aan te hoor. Ek meen van nee.
Hierdie
Hof se bevoegdhede, onder andere om strafappèlle aan te hoor, is
beperk tot sy statutêre magte. Dit beskik nie oor sogenaamde
inherente
bevoegdhede nie (Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and
Another 1989(1) SA 821
/18
18
(A) op 834 E; S v Absalom (supra) op 164 C-D). Kragtens artikel
309 (1) (a) van die Strafproseswet 51 van 1977 kan "iemand wat deur 'n'laer hof
aan 'n misdryf
skuldig bevind is teen so 'n skuldigbevinding
na die provinsiale of plaaslike afdeling
appelleer wat regsbevoegdheid
het". Indien sodanige appel misluk kan 'n beskuldigde, met die nodige verlof,
verder na hierdie Hof
appel aanteken. Hy ontleen dié reg aan artikel 21
van die Wet op die Hooggeregshof. Daar bestaan geen voorsiening vir'n
regstreekse
appèl na hierdie Hof teen 'n skuldigbevinding deur 'n
landdros nie (Sweigers v S 1969(1) PH HllO (A); S v Tsedi 1984(1)
SA 565 (A) op 570 B). Hierdie Hof is gevolglik nie by magte om die appellant se
appèl op hierdie tydstip aan te hoor
nie. Die aangeleentheid sal na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling of die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
terugverwys moet
/19
19
word vir die aanhoor van die appèl. Indien die
appèl
slaag, cadit quaestio. So nie sal die appellant^
indien hy die nodige verlof verkry, verder na hierdie
Hof kan appelleer.
Hierdie omslagtige prosedure is
ongelukkig deur die statutêre
beperkings wat hierdie
Hof se magte aan bande lê, veroorsaak.
Die volgende bevel word gemaak:
(a) Die appèl slaag.
(b) Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en met die volgende bevel vervang:
"Die aansoek om kondonasie teen die laat aantekening van appèl word toegestaan."
(c) Die aangeleentheid word terugverwys
na óf die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling óf die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling (na
goeddunke
van die betrokke Regter-President)
vir die aanhoor vem die
appellant
se appèl teen sy skuldigbevinding
en vonnis.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
NETSTADT,) AR
STEYN, ) STEM SAAM
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1991/37.html