South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 147

| Noteup | LawCite

L T A Construction Bpk v Administrateur van Transvaal (112/90) [1991] ZASCA 147; 1992 (1) SA 473 (AD); [1992] 3 All SA 1007 (AD) (14 November 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPELAFDELING

In die saak tussen:

L T A CONSTRUCTION BPK Appellant
en
DIE ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL Respondent

Coram: JOUBERT, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF ARR

et VAN COLLER Wnd AR. Verhoor: 17 September 1991 Gelewer: 14 November 1991

UITSPRAAK JOUBERT, A R :

/Hierdie .....
2

Hierdie is 'n appèl teen die afwysing deur Mc CREATH R van die appellant se teenaansoek in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Die uitspraak van die Hof a guo is gerapporteer as Administrasie van Transvaal v Oosthuizen en 'n Ander, 1990 (3) SA 387 (W). Met verlof van die Hof a quo kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof.
Die relevante feite wat die agtergrond tot die appèl vorm, kan gerieflikheidshalwe soos volg geskets word. Die Wes-Randse Ontwikkelingsraad, die voorganger van die Transvaalse Administrasie, ("die Administrateur") het as bouheer gedurende 1979 twee skriftelike kontrakte met die appellant ("L T A Construction Bpk") as bouaannemer gesluit. Kontrak nr 473/79 het betrekking gehad op die oprigting van 'n reservoir te Dobsonville, Soweto, terwyl kontrak nr 513/79 die oprigting van twee watertorings en 'n pompstasie ten doel

/3
3

gehad het. Beide kontrakte was beheer deur dieselfde 'General conditions of contract 1972. Works of Civil Engineering Construction' as algemene voorwaardes.
Ten tyde van die uitvoering van beide kontrakte het daar egter geskille ontstaan wat agtereenvolgens verwys is na die ingenieur, die bemiddelaar en die arbiter (ene Oosthuizen). Na aanleiding van hierdie geskille het die Administrateur 'n aansoek in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling teen Oosthuizen as eerste respondent en L T A Construction Bpk as tweede respondent aanhangig gemaak. L T A Construction Bpk het die aansoek bestry. Die regshulp wat die Administrateur aangevra het, word in die uitspraak van die Hof a quo vermeld (p 391 D-E). Die Hof a quo het hierdie regshulp toegestaan (p 398 A). Die appèl is nie gemoeid met die meriete van die aansoek nie.

Die appèl handel oor die teenaansoek van

/4
4

L T A Construction Bpk teen die Administrateur wat deur die Hof a quo afgewys is.
Die grondslag van die teenaansoek is soos volg. L T A Construction Bpk het gedurende Julie 1981 die werk ingevolge kontrak nr 473/79 voltooi maar vermelde geskille tussen die partye het die betalings vertraag. Op 15 Oktober 1987 het Oosthuizen as arbiter onder kontrak nr 473/79 die volgende toekennings gemaak :

1.'n Kapitale bedrag van R63 080-30 soos op 30 Julie 1981 verskuldig.
2.h Kapitale bedrag van R57 750-00 soos op 23 Augustus 1983 verskuldig.
3.Rente teen prima bankkoers op R63 080-30 vanaf 30 Julie 1981 tot datum van betaling.
4.Rente teen prima bankkoers op R57 750-00 vanaf 23 Augustus 1983 tot datum van betaling.
/5
5

Voorsiening vir die betaling van gemelde rente word in die algemene voorwaardes van die twee skriftelike kontrakte gemaak.
Op 24 Desember 1987 het die Administrateur 'n bedrag van R241 660-60 aan L T A Construction Bpk betaal wat volgens Aanhangsel "J" tot die aansoek soos volg saamgestel is:

1.Kapitale toekenning R63 080-30.
2. Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R63 080-30.
3.Kapitale toekenning R57 750-00.
4. Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R57 750-00.

Dit blyk hieruit dat die Administrateur die twee kapitale toekennings van R63 080-30 en R57 750-00 tesame met rente gelykstaande aan hierdie twee kapitale toekennings aan L T A Construction Bpk betaal het. Volgens L T A Construction

/6
6

Bpk het die rente op die kapitale toekenning van R63 080-30
vanaf 30 Julie 1981 tot 23 Desember 1987 egter die bedrag
van R138 593-21 beloop terwyl die rente op die kapitale
toekenning van R57 750-00 vanaf 23 Augustus 1983 tot 23 Desember

1987 die bedrag van R63 021-25 bedra het. Hiervolgens
was die Administrateur op 23 Desember 1987 'n totale bedrag
van R322 444-76 aan L T A Construction Bpk verskuldig terwyl
die Administrateur op 24 Desember 1987 slegs 'n bedrag van
R241 660-60 aan L T A Construction Bpk betaal het, latende
h balans van R80 784-16. Volgens sy teenaansoek eis

L T A Construction Bpk betaling van R80 784-16, synde die

balans van die verskuldigde rente, plus rente daarop wat

vanaf 24 Desember 1987 tot 30 April 1989

R18 920-16 beloop asook rente daarop vanaf 1 Mei 1989 tot

datum van betaling. In sy repliserende beëdigde verklaring

het die Administrateur o.a. die standpunt ingeneem dat L T

/7
7

AConstruction Bpk nie geregtig is om rente te verhaal wat die kapitale bedrag van die toekennings oorskry nie. Die Hof a quo het die Administrateur se standpunt gehandhaaf en derhalwe die teenaansoek van die hand gewys.
Die vraag is vervolgens of opgehoopte rente regtens verhaal kan word insoverre dit die kapitaalsom oorskry.
Laat ons die regsbronne raadpleeg. Die Romeinse reg.
Dit word algemeen aanvaar dat die tydperk van die klassieke Romeinse reg van ongeveer 150 voor Chr. tot 250 A D gestrek het. Gedurende hierdie tydperk het die Romeine 'n bloeiende ekonomie met h goed ontwikkelde geldwese en geldhandel gehad. "De bankier (argentarius) vervult voortaan een belangrijke functie. Hij moge in den beginne alleen het wisselbedrijf hebben uitgeoefend, weldra zien

/8
8

we hem de meest uiteenloopende bankoperaties verrichten. Hij financiert ondernemingen in en buiten Italië. Hij leent geld tegen rente aan burgers, aan provinciesteden en aan staatshoofden. Via zijn vertegenwoordigers komen door zijn bemiddeling betalingen elders tot stand ten behoeve van zijn cliënten. Hy blijft borg (receptum argentarii), int vorderingen en neemt geld á deposito. Het bankwezen naar grieksch voorbeeld word te Rome tot een aanzienlijk bedrijf." Aldus Hermesdorf, Schets der Uitwendige Geschiedenis van het Romeinsch Recht, 2e druk, p 186.
Rente (usurae, faenus, fenus, foenus) was geld wat vir die gebruik van die uitgeleende kapitaalsom (sors of pecuniae creditae) betaal word: pro usu pecuniae creditae. Brissonius (1531-1591) in sy De Verborum Significatione seu Dictionarium Juridicum, 1743, s.v. Usura, noem rente quasi merces et pensio pecuniae. Eintlik is

/9
9

rente fructus civiles wat regtens die opbrengs van uitgeleende
geld is (D 6.1.62 pr, Voet 22.1.1). Die rentebetaler heet
usurarius (D 22.1.7).

In die klassieke tyd is verbruikleen (mutuum)

aangewend om geldlenings aan te gaan. Daarmee kon egter

slegs die uitgeleende kapitaalsom teruggeëis word. Geen
rente kon uit hoofde daarvan geëis word nie.

D 19.5.24 : - - - respondit pecuniae guidem creditae usuras nisi in stipulationem deductas
non deberi.
(Watson et alii se vertaling: "He responded that interest is not owed on money which is lent unless this is reduced to a stipulation").

Rente kon slegs geëis word indien dit uitdruklik in 'n stipulatio beding was. Die stipulatio was 'n negotium stricti luris wat aanleiding tot 'n condictio certae pecuniae of 'n actio certae pecuniae creditae gegee het. Soos verwag kan word,

/10
10

het dit gebruiklik geword om die geldlening sowel as die rente in dieselfde stipulatio te beding (stipulatio credendi causa). D 45.1.126.2. 'n Dergelike stipulatio is dikwels in 'n skriftelike bewysstuk (cautio) beliggaam wat die praktiese bruikbaarheid daarvan aansienlik bevorder en vergemaklik het. In die na-klassieke Romeinse reg het die solemniteitsvereistes verdwyn. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie nodig om in verdere besonderhede die lotgevalle van die stipulatio in die ontwikkeling na h algemene verbintenisskeppende ooreenkoms te behandel nie.
Van oudsher is rente deur die owerheid op verskillende maniere beperk weens ekonomiese oorwegings wat daarop gerig was om die geldgierigheid van geldskieters in te kort en sodoende h mate van beskerming of verligting aan rentebetalers te verleen. Bowendien met die vestiging van die Christelike Kerk vanaf die 4e eeu A D in die Romeinse

/11
11

ryk het dit op godsdienstige gronde h verbete stryd teen rente gevoer. Raadpleeg Zimmermann, The Law of Obligations, Roman Foundations of the Civilian Tradition, 1990, p 166-170. Een van die metodes wat aangewend is, was om van tyd tot tyd die rentekoers vas te pen. In die klassieke tyd was die rentekoers 12% (usurae centesimae) terwyl Justinianus dit in 528 A D vir gewone mense op 6% (usurae semisses) gestel het. (Cod 4.32.26.2). Rente wat aan die opgelegde koerse voldoen, heet usurae legitimae. (D 22.2.4 pr.). 'n Tweede metode was om die heffing van rente op rente (usurae usurarum) te verbied. (D 12.6.26.1, D 22.1.29, D 42.1.27, Cod 4.32.28). Die derde metode was die verbod op rente in duplum waarop ons vervolgens moet ingaan.
Die verbod op usurae in duplum het betrekking op rente wat die kapitaalsom oorskry. Dergelike rente word in die Corpus Juris Civilis ook usurae supra duplum

/12
12

(D 12.6.26.1), usurae ultra duplum (D 22.2.4.1) of usurae ultra alterum tantum (D 22.1.9 pr.) genoem. Die woord duplum omvat die uitgeleende kapitaalsom sowel as die rente daarop. Sien die Middeleeuse glossa ad "duplum", D 22.2.4.1 : Connumerata summa sortis cum usuris in fine anni. Eintlik sou dit meer korrek wees om te praat van 'n renteverbod ultra sortem.
Die regsbeginsels wat uit die relevante tekste van die Digesta vir die klassieke tydperk vasgestel kan word, is die volgende:

1. 'n Beding om rente teen die wettige rentekoers van 12% per jaar op die kapitaalsom te betaal (usurae centesimae) was geldig en afdwingbaar. Dit het immers op wettige rente (usurae legitimae) betrekking gehad. Rente wat beding is teen 'n rentekoers bo 12% per jaar was egter onwettig en onafdwingbaar
/13
13

insoverre dit die usurae legitimae oorskry het. Word rente betaal wat die usurae legitimae oorskry, kon betaling daarvan wat die oorskryding betref, teruggevorder word. D 12.6.26 pr., D 22.1.29. 2. Die verbod op rente in duplum het tot gevolg gehad dat rente insoverre dit die kapitaalsom oorskry onwettig en onopeisbaar was. Agterstallige usurae legitimae kon oploop en was nog steeds wettig en afdwingbaar tot 'n maksimum bedrag gelykstaande aan die kapitaalsom. Sodra die rente egter die wettige perke van die bedrag van die kapitaalsom oorskry het (supra modum usurarum licitum), was die oorskryding onwettig en onafdwingbaar. Word die rente betaal wat die kapitaalsom oorskry dan kon betaling daarvan insoverre dit oorskry, teruggevorder word. D 12.6.26.1, D 22.1.9 pr,

/14
14
D 22.1.44., D 22.2.4.1.

Wat die klassieke tydperk betref, kry
ons in Cod 4.32.10 'n constitutio van Keiser Antonius (212-
217 A D), ook bekend onder sy bynaam Caracalla, wat soos
volg lui:

Usurae per tempora solutae non proficiunt [reo] ad dupli computationem. tunc enim ultra sortis summam usurae non exiguntur, quotiens tempore solutionis summa usurarum excedit eam computationem. Scott se vertaling: "Where the interest paid at different times amounts to double the principal, this will be of no advantage to the debtor; for it is only when the interest at the time of payment amounts to more than the principal that it cannot be collected."

Hierdie verordening is in ooreenstemming met die Romeinse

reg van die klassieke tydperk. Betalings van rente wat in
die verlede gemaak is, kom nie tot voordeel van die rentebetaler

/15
15

die berekening van die verbod op rente in duplum nie. In
die klassieke tydperk is dit die oploop van agterstallige
wettige rente wat by die berekening of rente die kapitaalsom
oorskry, in ag geneem word teneinde die verbod op rente in
duplum toepaslik al dan nie te maak.

Onder invloed van die Christelike godsdiens

was Justinianus rente geensins goedgesind nie. In 529 A D
het hy in Cod. 4.32.27. 1 en 2 soos volg verorden:

Sl Cursum insuper usurarum ultra duplum minime procedere concedimus, nec si pignora quaedam pro debito creditori data sint, guorum occasione quaedam veteres et ultra duplum usuras exigi permittebant.

(Scott se vertaling: "We by no means permit more than double interest to be collected, not even where pledges have been given to the creditor to secure the debt, under which circumstances certain ancient laws authorized more than double the interest to be collected."

/16
16

Hier bevestig Justinianus die renteverbod in duplum en skaf
'n uitsondering daarop, wat in die klassieke tydperk t.o.v.
pandgewing toegelaat is, af.

S2 Quod et in bonae fidei iudiciis ceterisgue omnibus in quibus usurae exiguntur censemus. (Scott se vertaling : "We decree that this rule shall be observed in all bonae fidei contracts, and in all other cases in which interest can be collected.").

Justinianus verorden hier dat sy constitutio op alle bonae fidei uitsprake en in alle gevalle waar rente geëis word van toepassing is.

Justinianus het in Novellae 121 en 138 by die berekening van die renteverbod in duplum verorden dat gedeeltelike betalings (solutiones per partes) van rente ook in ag geneem moes word. Die effek daarvan was dat

/17
17

'n kapitaalsom in totaal nie meer rente kon voortbring as die omvang van die kapitaalsom nie. Dit geld vir betaalde sowel as agterstallige rente. Latere juriste sou verskeie strydvrae oor gemelde Novellae voer. Raadpleeg Von Gluck (1755-1831), Ausfuhrliche Erlauterung der Pandecten, band 21, 1820, S 1134 p 106-115. Die Middeleeuse reg.
By die Glossatore kon ek geen noemenswaardige bydrae tot die renteverbod in duplum vind nie. Hul benadering was om die rente jaarliks te bereken om vas te stel of dit die kapitaalsom oorskry of nie. Vivianus (helfte van die 13e eeu) in sy Casus ad Cod 4.32.10 stel dit soos volg: - - - imo cuiuslibet anni per se & facta sic computatione, debet perpendi an usura excedat sortem, an non. 'n Dergelike benadering negeer heeltemal enige beperking van die rentekoers self.

/18
18

Ongelukkig weens gebrek aan tyd kon ek nie die Kommentatore raadpleeg nie. Die 17e eeuse Italiaanse juris Fachinaeus vermeld in sy Controversiarum Iuris lib X cap LXV die opvattinge van sommige Kommentatore oor Cod 4.32.10 wat deur Novella 121 afgeskaf is.
Die uitstaande aspek van die Middeleeuse reg is die feit dat die Kanonieke reg die heffing van rente as 'n doodsonde beskou het en dit op Bybelse gronde verbied het. Sien Zimmermann, op.cit., p 170-172, De Blécourt-Fischer, Kort Begrip van het Oud-Vaderlandse Burgerlijk Recht, 6e druk, p308-309 en Brissaud, A History of French Private Law, 1912, S S 385-387. Die Nederlanders het gebruik gemaak van regsfigure soos rentekoop (de Groot 3.14.13-19, van der Keessel ad Gr. 3.14.13-19, de Blécourt-Fischer, op.cit., p 198, 308-309) en lijfrente (de Groot 3.14.20, van der Keessel ad Gr. 3.14.20, de Blécourt-Fischer, op.cit.,

/19
19

p 310) wat nie deur die Kanonieke verbod geraak is nie.

In Latyn heet rentekoop emptio annui reditus en die jaarlikse
rente annuus reditus. Sien van der Keessel, Theses Selectae
632, en ad Gr. 3.14.13 (band 4 p 361).
Duitse iuriste.
Von Gail (1526-1587) verkondig in sy Practicarum Observationum lib 2 obs 5 nr 2 dat rente ook in ander kontrakte as geldlening gehef kan word. Rente kan beding word betreffende interesse damni emergens maar nie t.o.v. interesse lucri cessantis nie (nr 16). Interesse is skadevergoeding. Verder meen hy dat usurae moderatae wel gevorder kan word (nr 17).
Carpzovius (1595-1666), Definitiones Forensis 2.30.28 wys op verskeie uitsonderings waar die invordering van rente wat in duplum oorskry, toegestaan word. Een van die uitsonderings het op skadevergoeding (interesse)

/20 .....
20

betrekking.
In die eerste helfte van die 17e eeu het Sigismund Finkelthaus (1580-1669) in sy Observationes Practicae, Obs XL, Resolutio Dubiorum, nr 14 die volgende opmerking gemaak:
Legitimarum enim usurarum etiam ultra duplum hodie moribus nostris est permissus. Die betrokke fragment is deur die regsverteenwoordigers van L T A Construction Bpk by wyse van h fotokopie bekom van Finkelthaus se aangehaalde werk wat in Parys opgespoor is. Ek sal straks aandag aan Finkelthaus bestee. Die Romeins-Hollandse reg.
Keiser Karel V (1515-1555) het in art 8 van die Ewige Edik 4 Oktober 1540 ( 1 Groot Placaet-Boek 317) alle koopliede wat "alleenlijcken Coopmanschap met gelde" doen, gelas om " niet en zullen mogen gheven gelt op fruict

/21
21

of gewin, hooger dan den Pennick twaelve op 't honderd voor
een Jaar." Verder verklaar hy "alle Contracten ende
Obligatien, by de welcke men soude mogen nemen grooter ghewin
dan voorsz is voor woeckerye, ende over sulcks nul ende van
onwaerden." In art 9 word nie-koopliede verbied om hul
geld aan gemelde koopliede te gee "om seecker bewint te hebben
alle Jare, opte peyne van confiscatie van 't voorschreven
gelt, ende boven dien gehouden ende gheacht te worden openbare
Woeckeraers, ende over sulcks gestraft ende ghecorrigeert."
Volgens van der Keessel (1738-1816) ad Gr 3.10. 9 et 10 het
art 9 in onbruik geraak. Van owerheidsweë is die rentekoerse
van tyd tot tyd vasgestel. Voet 22.1.3.

Rente se oorsprong kan verskil. Voet

(1647-1713) ad Gr 3.3.10 wys daarop :

Usurae regulariter, nunc non nisi ex pacto debentur, vel post litem contestatam ex mora, sive sint negotia
/22
22
bonae fidei sive stricti juris, excepta venditione praediorum, et obligatione legatorum aut fideicommissorum, ac deposito, saltem si graphiarius nummos depositos in suos usus converteret. (Vertaling deur Van Warmelo en Visser: "Rente word nou as 'n reël nie verskuldig nie, behalwe ingevolge h ooreenkoms, of na litis contestatio, op grond van versuim of regshandelinge wat op die goeie trou of die onwrikbare reg berus; (verder ook) by die verkoop van erwe en kragtens die verbintenis tot (lewering van) legate en fideicommissa, asook by die bewaargewing; (ook) minstens as die griffier die gelde wat in bewaring gegee is vir sy eie gebruik sou aanwend.").

In die Romeins-Hollandse reg is alle geoorloofde kontrakte as verbintenisskeppende ooreenkomste afdwingbaar. Vir alle praktiese doeleindes het die onderskeid tussen kontrakte stricti iuris en kontrakte bonae fidei byna verdwyn sodat alle kontrakte as bonae fidei beskou is behalwe vir twee uitsonderinge soos vermeld in Bank of Lisbon and

/23
23

South Africa Ltd v De Ornelas and Another, 1988(3) SA 580
(A) op p 601 F-J. Rente kan in beginsel in enige geoorloofde kontrak beding word. Groenewegen ad Cod 4.32.22, Van Leeuwen C F 1.4.4.17, Voet 22.1.7 in fine.
Die vraag ontstaan of die renteverbod in duplum opgeneem is in die Romeins-Hollandse reg wat in Provinsie Holland en Wes-Friesland gegeld het.
Die mees bekende Hollandse juriste verkondig die resepsie van die renteverbod in duplum soos dit in die Romeinse klassieke tydperk bekend was, nl. dat die oploop van agterstallige rente (interessen) ophou sodra dit die kapitaalsom oorskry. Novellae 121 en 138 se bepalings oor gedeeltelike betalings is nie opgeneem nie. Raadpleeg Groenewegen (1613-1652) ad Cod 4.32.27 nrs 1 en 2; Van Leeuwen (1626-1682) C F 1.4.4.35; Voet (1647-1713) 22.1.19; Lybrechts (ob. 1758), Aanmerkingen over het Redeneerend Vertoog over

/24
24

het Notaris Ampt, 2e deel, 1778, 51ste Aanmerking, p 652; Van der Keessel (1738-1816), Theses Selectae 549, ad Gr 3.10. 9 & 10 (band 4 p 239); Van der Linden (1756-1835), 1.15.3 nr 3. Voet 22.1.19 wys op die volgende:
"It was therefore regarded in our customs as not unfair for the obligation for interest to last until the principal sum had been repaid, even though the interest should overtop three times or four times the amount of the principal sum, provided that it were paid piecemeal." (Gane se vertaling). So ook Groenewegen ad Cod 4.32.27 nr 3.
'n Uitsondering op die renteverbod in duplum wat toegelaat is, is jaarlikse rente (annuus reditus) uit hoofde van 'n rentekoop (emptio annui reditus) waarna ek supra verwys het. Groenewegen ad Cod 4.32.27 nr 3.

h Tweede uitsondering volgens de Haas (1685-1760) in voetnoot 1 op Van Leeuwen C F L.4.4.35 is i(3

/25
25

quod hodie titulo ejus quod interest percipitur (d.w.s. compensatoriae usurae) met 'n beroep op Stockmans, Decis. 78. Dog Stockmans was 'n juris van Suid-Nederland wat in sy Decisiones Brabantiae nr 78 op 'n beslissing van die Grote Raad van Mechelen van Februarie 1644 steun. Die Grote Raad van Mechelen het sy appèlbevoegdheid t.o.v. Noord-Holland in 1582 verloor toe die Hooge Raad van Holland, Seeland en Wes-Friesland te Den Haag ingestel is.
Schorer (1717-1800) het in sy Aanteekeningen op de Groot 3.10.10 noot 29, soos vertaal uit Latyn deur Austen in 1797, 'n minderheidsopvatting gehuldig, nl. dat agterstallige rente wat die kapitaalsom oorskry wel teruggevorder kon word. As gesag hiervoor beroep hy hom op Stockmans se Decisiones Brabantiae nr 78 waarna ek supra verwys het. Hy steun ook op die 17e eeuse Duitse juris Finkelthaus, Observationes Practicae, 1662, Obs. XL, van wie ek supra

/26
26

melding gemaak het. Finkelthaus se gesag is die 16e eeuse

Italianer Surdus, die Duitser Zangerus (1557-1607) en twee
minder bekende Duitsers, te wete (Petrus Fredericus) Mindanus
en (Ernest) Cothmann. Met allé respek vir Schorer kan sy
afwykende standpunt nie opweeg teen die gesaghebbende standpunt
van die mees bekende Hollandse juriste nie.

De Haas in sy noot(e) tot Merula, Manier
van Procederen, 1741, 4.37.2, vermeld gevalle waar namptissement

(provisionele vonnis) deur die Hof van Holland gevel is op
'n obligatie (skulderkenning) asook 'n rentebrief vir agterstallige

rente wat die kapitaalsomme oorskry het. Van der Keessel

ad Gr 3.10. 9 & 10 (band 4 p 240) se kommentaar hieroor (soos

vertaal deur Gonin) is soos volg :

"Ek sê dat ek nie begryp hoe dit met die beginsels van die reg te verenig is nie, tensy die Raadshere van die Hof miskien van mening was dat daar by namptissement of 'n aksie om provisionele vonnis
/27
27
nie met daardie regsreël rekening gehou moes word nie, maar dat dit tot die beslegting van die hoofaksie moes oorstaan. Maar so h standpunt sou ek nouliks kan goedkeur, aangesien 'n verweer van daardie aard, wat uit 'n vaste regsreël geput is, allesins duidelik is."

Oor die betekenis van rentebrief raadpleeg Kersteman, Hollandsch,Rechtsgeleert Woordenboek, 1768, s.v. Kustingbrief p 244.
In provinsie Friesland is die Romeinse reg se renteverbod in duplum, soos beperk deur Justinianus in sy Novellae 121 en 138, geresipieer. Die Friese wetgewer het egter deur wetgewing in 1613 die Romeinse reg van die klassieke tyd ingevoer. Sande (1568-1638), Decisiones Frisicae, 1635, 3.14.5; Huber H.R. 3.37.39. Sodoende is die reg van provinsie Friesland wat die renteverbod in duplum betref in lyn gebring met die reg van provinsie Holland en

/28
28

Wes-Friesland.
In provinsie Gelderland het die renteverbod in duplum nie gegeld nie. Schomaker (1685-1767) Selecta Consilia et Responsa Juris, 1738-1765, band 5 cons. 6 nrs 15,16.
In 't kort my gevolgtrekking is die volgende: Na my oordeel is die renteverbod in duplum (meer korrek ultra sortem), soos dit in die klassieke tydperk van die Romeinse reg t.o.v. die oploop en invordering van agterstallige rente tot die bedrag van die kapitaalsom gegeld het, wel in provinsie Holland en Wes-Friesland geresipieer. Sien ook 1 Observationes Tumultuariae 267 waar die Hooge Raad na aanleiding van concursus creditorum in h insolvente boedel die volgende bevel t.o.v. rente op die bewese skuldeise verleen het : Etiam respectu omnium creditorum hoc iudicatum in hac lite, ne usurae sortem excedant. Dit is h toepassing van die renteverbod in duplum.

/29
29

Ons regspraak.
In die Suid-Afrikaanse regspraak is die renteverbod in duplum dat agterstallige rente bo die kapitaalsom nie verhaalbaar is nie in h lang reeks gerapporteerde gewysdes toegepas. Hulle het in 1830 begin met Niekerk v Niekerk, 1 Menz. 452 en strek tot Stroebel v Stroebel, 1973 (2) SA 137 (T). Onder hierdie gewysdes is daar twee Volle Hof beslissings van Transvaal, te wete Union Government v Jordaan's Executor, 1916 T P D 411 (de Villiers R P, Wessels en Curlewis R R wat aldrie hoofregters geword het) en Van Coppenhagen v Van Coppenhagen, 1947 (1) SA 576 (T) (Millin, Malan en Neser R R).

Na my oordeel het die Hof a quo tereg bevind dat geen gesag voorhande is wat aantoon dat die renteverbod in duplum deur abrogasie afgeskaf is nie (p 397 E). Die onderhawige geval is in die lig van die lang reeks

/30
30

gewysdes te onderskei van die posisie in Davehill (Pty) Ltd
& Others v Community Development Board, 1988(1) 290 (A)
op p 298 G-J waar hierdie Hof bevind het dat die gemeenregtelike
regsreël wat die verhaalbaarheid van saamgestelde rente (usurae
usurarum) verbied het in die regspraktyk in onbruik geraak
het en sodoende deur abrogasie afgeskaf is.
Adv. Burman, namens L T A Construction Bpk, het betoog dat hierdie Hof die renteverbod in duplum behoort af te skaf omdat dit 'n anachronisme is wat teen die openbare beleid is deurdat rente nie meer immoreel is soos die Middeleeuse Kanonieke reg dit bestempel het nie. Hierdie betoog is onaanvaarbaar. Die renteverbod in duplum is alles behalwe h anachronisme. Dit vorm deel van ons daaglikse ekonomiese lewe. Dit vervul 'n ekonomiese funksie om skuldenaars wat hul in finansiële verknorsing bevind, te help. Soos Huber in sy Praelectiones ad D 22.1.28 dit

/31
31

stel :

Nam, ut antea diximus, Legislator in moderantis usuris id inprimis spectat, ne homines angusta & inclinata re, destruantur; guales solent esse, qui usuras solvere negueunt, creditoribus guidem raro cunctantibus exigere : Qui autem usuras prompte solvunt, non sunt in eo statu, ut egeant hoc levamine : Sic igitur nihil est causae, quemobrem usurae solutae cursum usurarum solitum abrumpere debeant.

Rente is die lewensbloed van die handelsverkeer. Die afskaffing van die renteverbod in duplum is in die huidige omstandighede nie die funksie van hierdie Hof nie. Hierdie Hof het geen bevoegdheid om 'n nuttige geldende gemeenregtelike regsreël af te skaf nie. Dit is 'n aangeleentheid vir die wetgewer. Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Regskommissie reeds in Junie 1974 die afskaffing van die renteverbod in duplum voorgestel het, het die wetgewer tot

/32
32

hede dit nie gedoen nie.

Adv. Burman het ook betoog dat die renteverbod in duplum slegs op geldlenings betrekking het en daarom nie in die onderhawige geval toepaslik is nie. Die partye het met mekaar 'n kontrak vir die totstandbringing van werke deur L T A Construction Bpk teen vergoeding gesluit. In die algemene voorwaardes van die kontrak is daar voorsiening vir rente op die kontrakprys gemaak. Wat hierdie betoog uit die oog verloor en daarom onaanvaarbaar is, is dat die renteverbod in duplum glad nie tot geldlenings beperk is nie. In beginsel geld dit vir alle kontrakte uit hoofde waarvan 'n kapitaalsom verskuldig is wat onderhewig aan 'n bepaalde rentekoers is, soos supra aangetoon is.

/33
33

Die appèl word derhalwe afgewys met koste wat die koste van twee advokate insluit.

C P JOUBERT AR.

E M GROSSKOPF AR
VIVIER AR Stem saam.

F H GROSSKOPF AR
VAN COLLER Wn AR