SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 74

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Nieuwoudt (267/87) [1990] ZASCA 74; 1990 (4) SA 217 (AD) (6 June 1990)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


Saak No 267/87 (CPD)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen

ADRIAAN ALETTUS NIEUWOUDT APPELLANT

en

DIE STAAT . . RESPONDENT

CORAM : HEFER, NESTADT et VIVIER ARR. AANGEHOOR :2, 3, 4, 7, S, 9, 10 en 21 MEI 1990. GELEWER :6 JUNIE 1990.

UITSPRAAK

J J F HEFER AR /
HEFER AR :
Op verskeie geleenthede gedurende die tydperk van-af ongeveer Desember 1979 tot Desember 1981 het drie werk-nemers van Consolidated Diamond Mines (Edms) Beperk ("CDM") by name Van Zyl, Cilliers en Otto ongeslypte diamante by die maatskappy se myn op Oranjemund gesteel. Die dief-stal het gedurende Julie 1932 op die lappe gekom toe Van Zyl deur die polisie in 'n diamant lokval betrap is en hy dit genoem het aan Majoor Meintjies, die Kaaplandse bevel-voerder van die Diamant- en Goudtak. Hy het Majoor Mein-tjies vertel dat die huidige appellant, 'n boer van die plaas Rondawel naby Garies, die stelery aangestig het en dat hy die diamante na elke diefstal aan appellant verkoop het. As gevolg van hierdie inligting is besluit om'n

/2

2. lokval met Van Zy1 se medewerking vir die appellant te stel.
Die aand van 23 Julie 1982 is Van Zyl per motor na Rondawel met 17 ongeslypte diamante wat hy opgedra was om aan die appellant te gaan verkoop terwyl die polisie by die Geloftefeesterrein ongeveer 9 kilometers vanaf die plaas gewag het. Wat daardie aand in die huis op Rondawel tus-sen Van Zyl en die appellant plaasgevind het, is in geskil maar toe Van Zyl weer by die Geloftefeesterrein opgedaag het, was hy sonder die diamante en was daar R5 400 in sy motor. Saam met die polisie is hy terug na Rondawel waar hy in appellant se teenwoordigheid te kenne gegee het dat hy die diamante vir R5 400 aan laasgenoemde verkoop het. Appellant het die bewering ontken. 'n Soektog in die huis

/3

3. na die diamante was vrugteloos: eers veel later is dit buite op die grasperk gevind.
Hoewel die appellant die aand van 23 Julie 1982 gearresteer is op 'n aanklag van onwettige diamant-handel is hy, weens redes waarna later verwys sal word, nie aangehou nie. Op 29 Julie 1982 het hy sy opwag-ting by die kantore van die Diamant- en Goudtak in Kaapstad gemaak waar hy aanvanklik vir Kaptein Pool en later vir Majoor Meintjies in Kaptein Pool se teen-woordigheid gespreek het. Hoe, hierdie gesprekke ver-loop het, is grotendeels ook in geskil. Dit is egter gemene saak dat die naam van ene De Beer te berde ge-bring is en dat appellant ingewillig

/4

4. het om behulpsasm te wees met 'n diamant lokval wat vir De Beer gestel sou word. Ten einde Majoor Meintjies in staat te stel om magtiging vir so 'n lokval te kry, het appellant daarop 'n sg beriggewers-verklaring afgelê wat op band op-
geneem is. Daarin het hy o a beweer dat hy op verskeie geleenthede oor 'n tydperk van twee jaar ongeslypte diamante aan De Beer verkoop het.
Nadat appellant hierdie verkiaring afgelê het, het hy deelgeneem aan die beplanning van De Beer se lokval wat daartoe gelei het dat iaasgenoemde op 31 Augustus 1982 be-trap is toe hy ongeslypte diamante in appellant se teen-woordigheid in 'n hotel in Kaapstad van Luilenant Van Dyk gekoop het, en gearresteer is. Voor die transaksie het

/5

5.
appellant met sy motor vir De Beer na die hotel geneem. De Beer het R100 000 in sy besit gehad. Hoewel die ooreengekome prys van die diamante R90 000 was, is dit onderweg besluit om die verkoper slegs R28 000 aan te bied. Hierdie bedrag is verwyder uit die koffer waarin die R100 000 was en na die hotelkamer geneem waar dit aan luitenant Van Dyk betaal is vir die diamante. Die oorblywende R72 000 is in die koffer in appellant se motor gelaat. Volgens ooreenkoms met Majoor Meintjies en ten einde te verhoed dat De Beer bewus word van appellant se rol in die lokval, is laas-genoemde saammet De Beer gearresteer dog kort daarna weer vrygelaat. Na sy vrylating is'hy terug na sy plaas niet die R72 000 tot sy wete, maar sonder dat die polisie of De Beer

/6

6.

daarvan geweet het, nog steeds in sy kar.

Die klagtes waarop appellant later in die Kaap die Goeie
Hoop Provinsiaie Afdeling voor FRIEDMAN R en assessore teregge-
staan het, was -
EERSTENS : Diefstal gedurende die tydperk vanaf Desember 1979 tot

Desember 1981 van ongeveer 25 vuurhoutjiedosies vol

nuwe of ongeslypte diamante die eiendom van of in

die regmatige besit van C D M;
TWEEDENS : Oortreding van art 84(1 )(b) gelees met arts 1, 84(3)

en 106 van Wet 73 van 1964 soos gewysig, deurdat hy

gedurende die tydperk van Deserrber 1979 tot Maart 1982
te of naby die plaas Rondawel en te of naby Mar-
gate wederregtelik ruwe of ongeslypte diamante met 'n massa

van ongeveer

/7
7. 5 000 karaat verkoop het of vir handelsdoel-eindes van die hand gesit of afgelewer het (hierdie aanklag verwys na diamante wat ap-pellant na bewering aan De Beer verkoop het); DERDENS: Oortreding van art 84(1)(a) gelees met art 1, 84(3) en 106 van Wet 73 van 1964 soos gewysig, deurdat hy op of omtrent 23 Julie 1982 en te of naby die plaas Rondawel wederregtelik 17 ruwe of ongeslypte diamante met 'n. massa van 27,51 karaat gekoop of in verband daarmee sake gedoen het of dit by wyse van ruil, pand of andersins ontvang het (hierdie aanklag het betrekking op die lokval op Rondawel);

/8

VIERDENS: Diefstal op of omtrent 31 Augustus 1982 te Kaapstad van R72 000 in kontant, die eiendom van Hendrik Petrus Smuts, Anna Cecelia Smuts en Sarel Johannes Snyman en in die regmatige besit van Frederick Coenraad De Beer. (Dit is onnodig om te verwys na sekere alternatiewe klagtes tot klagtes 1 en 3.)
By die verhoor het appellant onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind, op al die klagtes. Wat klagte 1 betref het die verhoorhof bevind dat die appellant gesteelde diamante waarvan die presiese hoeveelheid nie bepaal kon word nie van Van Zyl ontvang het welwetende dat dit gesteel was; dat hy dit vir eie voordeel wou aanwend en dat hy

/9

9. derhalwe skuldig is aan diefstal. Met verlof van die verhoorregter het hy nou in hoër beroep gekom teen die skuldigbevindings op al die klagtes maar nie teen die vonnisse van gevangenisstraf wat hom op elkeen daar-van opgelê is en wat effektief 11 jaar in totaal be-loop nie.
Afgesien van 'n spesiale verweer wat hy ten opsigte vvan die tweede klagte geopper het (wat tereg deur die verhoorhof verwerp is en geen verdere vermel-ding verdien nie aangesien daarmee nie volhard is in hierdie hof nie) het appellant se verweer op klagtes 1, 2 en 3 'n ontkenning van al die wesenlike feitebewe-rings teen hom behels. Wat die vierde aanklag betref,

/10

10. het hy erken dat hy wetens met die R72 000 weggery het. Hy het egter ontken dat hy bedoel het om die geld te steel en beweer dat hy dit later aan De Beer terugge-gee het. De Beer het hierdie bewering ontken. Hoe-wel regsvrae ten aansien van die toelaatbaarheid van sekere getuienis tydens die verhoor ontstaan het, was appellant se skuld op elke aanklag geheel afhanklik van die aanvaarbaarheid van die staatsgetuienis in die lig van die weerspreking daarvan in belangrike opsigte deur die appellant en sy getuies. Die verhoorhof het die getuienis van die vernaamste staatsgetuies aanvaar en dié van die appellant en die verdedigingsgetuies in elke wesenlike opsig as ongeloofwaardig verwerp. In

/11
11.

hierdie hof is die aanval op die skuldigbevindings hoof-saaklik toegespits op die geloofwaardigheidsbevindings. In die lig hiervan is dit onvermydelik dat in hierdie uitspraak betreklik breedvoerig verwys sal word na die getuienis. Dit moet egter bygevoeg word dat die ge-tuienis 'n groot aantal insidente dek wat oor 'n tydperk van meer as twee jaar gestrek het en in die fynste be-sonderhede uitgepluis is. Die verhoor het 150 hof-dae in beslag geneem en die oorkonde beslaan bykans 12 000 bladsye. Ten einde die uitspraak binne redelike perke te hou, sal derhalwe gepoog word om niks meer as die kern-aangeleenthede op te haal nie. Gerieflikerwys word

/12

12.
klagtes 1 en 3 eers behandel en daarna klagtes 2 en 4. (In die behandeling
van die betoog op sommige van die klagtes sal opgemerk word dat daar soms
na die appellant en soms na sy advokaat verwys word. Die rede is dat ap-
pellant die betoog in hierdie hof aanvanklik persoonlik behartig het en
dat Mnr De Villiers eers vanaf die vierde dag as sy advokaat verskyn het.)

Die belangrikste staatsgetuie ten opsigte van klagtes 1 en 3 was
Van Zyl, die werknemer van CDM na wie vroeër verwys is. Ten tyde van ap-
pellant se verhoor was hy in die gevangenis na sy skuldigbevinding aan die
diefstal van die diamante by CDM. Die verhoorregter het die relevante
gedeelte van sy getuienis soos volg opgesom:

"Van Zyl het getuig dat hy teen die einde van 1979, tydens 'n biduur op sy pa se plaas, Rooiheuwel, deur beskuldigde genader was, deur homgevra was om ongeslypte diamante van CDM te steel en aan hom te lewer en hy het ingewillig. Van Zyl het egter nie in sy hoedanigheid as sekuriteitsbeampte direkte kontak met diamante gehad nie. Hy het derhalwe sy vriend Cilliers, wat in die finale herwinningsaanleg waar die diamante finaal van die

/13

13.

konsentraat geskei word, gewerk het en wat gevolg-lik toegang tot diamante gehad het, oorreed om hom behulpsaam te wees. Die reëling wat tussen hulle getref was,was dat Cilliers diamante sou steel en dit in vuurhoutjiedosies vir Van Zyl op voorafbe-spreekte plekke binne die myngebied sou laat. In sy hoedanigheid as sekuriteitsbeampte het Van Zyl vrye toegang tot die myngebied gehad en kon hy der-halwe die vuurhoutjiedosies wat aidus deur Cilliers vir hom geiaat was, verwyder. Van Zyl het die vuurhoutjiedosies met die diamante daarin inder-daad so verwyder en hulle aan beskuldigde op Ron-dawel gelewer. Beskuldigde het hom per gewig vir die diamante betaal en Van Zyl het op sy beurt deel van die geld wat hy ontvang het, aan Cilliers be-taal vir sy dienste.
Aan die einde van April 1981 het Van Zyl as sekuriteitsbeampte bedank en na Kaapstad verhuis. Hy het egter vir Otto gekry om sy plek in te neem maar hy het nog 'n skakel in die skema gebly en het voortgegaan om steeds alleen die diamante na be-skuldigde te neem. Otto was dan ook deur hom vir

sy dienste vergoed

Aan die einde van Februarie 1982 het Cilliers uit die diens van CDM bedank en na die Strand

/14

14.

verhuis. Daar was toe niemand om diamante in die myngebied te bekom nie.

Volgens die gevalle wat Van Zyl kan onthou,

het hy --- by nege geleenthede altesame 22 vuur-
houtjiedosies met diamante plus 'n aantal los dia-mante in 'n sokkie van Cilliers en Otto ontvang, wat hy alles aan beskuldigde gelewer het. Die inhoud van die drie dosies wat hy in Januarie 1981 ontvang het, het hy egter in twee dosies gegooi; gevoiglik het hy al altesaam 21 dosies plus 'n aan-tal los diamante in 'n sokkie aan die beskuldigde gelewer. Aangesien hy die diamante wat hy die laaste keer voor sy vertrek uit Oranjemund in twee verdeel het en afsonderlik aan beskuldigde gelewer het, het Van Zyl inderdaad van 10 geleent-hede getuig waarop hy 'n totaal van 25 vuurhoutjie-dosies diamante plus 'n aantal los diamante in 'n sokkie aan beskuldigde gelewer het gedurende die tydperk vanaf Desember 1979 tot Desember 1981-----
Op 11 Julie 1982 is Van Zyl gearresteer as gevolg van 'n lokval wat op hom uitgevoer was deur ene Mtke Grace. Grace het sewe diamante aan Van Zyl oorhandig wat hy op sy beurt na sy swaer, Johan Robertson, van Oudtshoorn, geneem het. Robertson sou die diamante aan 'n koper te Victoria Wes ver-koop het. Onmiddellik na sy arrestasie het Van Zyl

/15

15.

'n bekentenis ten opsigte van die aangeleentheid, voor 'n landdros afgelê. Hy het die polisie toe na Oudtshoorn en Victoria Wes vergesel, waar ver-dere ondersoek ingestel is. Daarvandaan het hy ha sy huis te Bellville teruggekeer. Met sy ar-restasie het kaptein Pool vir Van Zyl gevra waarom hy nie die diamante aan beskuldigde verkoop het nie, maar Van Zyl het in daardie stadium ontken dat hy vantevore enige diamante aan beskuldigde verkoop het.
Op 19 Julie 1982 het Van Zyl na die kantore van die Goud- en Diamanttak van die Suid-Afrikaanse Polisie gegaan, waar hy 'n gesprek met kolonel Mein-tjies gehad het. Daar het hy vir Meintjies vertel-van die diamante wat van CDM gesteel is, van die rol wat Cilliers en Otto gespeel het en van sy tran-saksies met beskuldigde. Van Zyl het ook 'n verkla-ring te dien effekte voor Meintjies afgelê wat as 'n beriggewersverklaring ten opsigte van beskuldigde sou dien en wat deur die polisie gebruik sou word om verlof van hulle hoofkantoor te verkry om'n lok-val vir beskuldigde te stel. Van Zyl was versoek en het homself bereid verklaar om in 'n polisie-op-trede teen beskuldigde op te tree.

Op 22 Julie 1982 het Van Zyl beskuldigde vanaf die kantore van die Goud- en Diamanttak te Kaapstad geskakel .

/16

16.

Die transkripsie van hulle telefoongesprek wat deur Pool op band opgeneem was en wat as deel van Bewysstuk D.l dien, toon dat Van Zyl deur be-
skuldigde gevra was of hy 'n 'slagding' wou hê, waarop Van Zyl bevestigend geantwoord het. Die verwysing na 'n 'slagding' was die kode wat hulle gebruik het om na 'n diamanttransaksie te verwys. Die 22ste Julie 1982 was 'n Donderdag en hulle het gereël dat Van Zyl beskuldigde oor die naweek sou besoek. Die volgende dag, dit wil sê Vrydag,23 Julie 1982, het Van Zyl met sy eie motor na Vreden-dal gery,vergesel van luitenant Joubert. Gene-raal Neethling, brigadier Erasmus, Meintjies, Pool en adjudant-offisier Spamer het met polisievoertuie gery.
By die kantore van die Goud- en Diamanttak te Vredendal het Neethling 'n vuurhoutjiedosie met 17 diamante daarin aan hom oorhandig. Hy het later verneem dat die diamante met 'n vloeistof behandel was. Die diamante was tussen watte verpak met vuurhoutjies bo-op. Die polisie het hom opdrag gegee om die diamante aan beskuldigde te gaan ver-koop. Voordat die diamante aan hom oorhandig was, washy en sy motor deursoek om vas te stel of hy nie enige ander ongeslypte diamante in sy besit gehad het nie. Hy het toe met sy eie motor in

/17

17.

die rigting van beskuldigde se plaas gery, weer eens vergesel van Joubert. Die ander polisie-amptenare het hom in twee motors gevolg. Om-trent agt km vanaf beskuldigde se plaas het die konvooi van die pad afgedraai en by 'n plek ge-noem die Geloftefeesterrein, stilgehou. Van Zy1 het toe verder alleen na Rondawel gery.
Voor sy vertrek het Pool 'n bandmasjien op sy persoon geplaas. Die bandmasjien as sulks was onder sy hemp en onder sy lyfband versteek, terwyl 'n mikrofoon wat daaraan verbonde was on-der die band van sy horlosie aan sy linkerarm, geplaas was. Die mikrofoon was deur middel van 'n draad wat onder die mou van sy hemp deurgeloop het, aan die bandmasjien verbind. Pool het die bandmasjien aangeskakel en Van Zyl is toe alleen in sy motor weg na beskuldigde se plaas waar hy tussen 10.30 en 10.45 nm aangekom het. Daar het hy aan die deur geklop en beskuldigde het dit oop-gemaak en hom ingelaat.
Nadat hulle 'n drankie in die kombuis geniet het, is hulle deur beskuldigde se slaapkamer, waar beskuldigde se vrou in die bed was, na die studeer-kamer waar die diamante met beskuldigde se skaal geweeg is. Hulle het op 'n prys van R5 4000 vir die diamante ooreengekom, wat beskuldigde in banknote

/18

18.

aan Van Zyl betaal het. Beskuldigde het die dia-mante in 'n sokkie in die sak van sy slaapbaad-jie geplaas. Van Zy1 het die geld wat hy ontvang het in 'n plastiese sak verpak en agter in sy motor geplaas.

Van Zyl het toe weer in sy motor geklim en na die Geloftefeesterrein teruggery waar die band-masjien deur Pool van sy persoon verwyder was. Van Zyl het aan die polisie verslag gedoen en hulle het toe weer teruggery na beskuldigde se plaas. Van Zyl, Pool en Joubert het ín Van Zyl se motor gery enhet eerste op die plaas aangekom. Van Zyl het aan die deur geklop en beskuldigde versoek om hom brandstof te gee sodat hy kon terugry Kaap toe, maar beskuldig de wou nie die deur oopsluit nie en wou hom ook nie brandstof gee nie. Nadat Pool homself geidentifi-seer het en hom versoek het om die deur oop te maak, het beskuldigde die deur oopgemaak. Die polisie het die huis deursoek en geen diamante gevind nie. Later egter het beskuldigde en Pool van buite-af met die sokkie met diamante daarin, aangekom. "

Hierdie opsomming bied 'n betreklik volledige uit-

eensetting van die Staat se saak op klagtes 1 en 3. Sekere

/19

19. byvoegings sal egter gemaak moet word ten einde die omvang van die getuienis teen die appellant vollediger.te beskryf. Klagte 3 word eers behandel. Klagte 3.
In die opsorrming is verwys na Generaal Neethling en Brigadier Erasmus. Eersgenoemde was ten tyde van die lokval die bevelvoerder van die polisie se Forensiese Weten-skaplaboratorium in Pretoria en laasgenoemde die landwye bevelvoerder van die Diamant- en Goudtak. Voordat die dia-mante wat in die lokval gebruik is aan Van Zyl oorhandig is, het Generaal Neethling dit met 'n stof bekend as Cal-cofluoor behandel. Die stof vertoon 'n kenmerkende blou-wit fluoressensie in ultra violet lig en versprei maklik

/20
20.

van een voorwerp na 'n ander. Word 'n voorwerp wat daar-mee behandel is bv hanteer, versprei dit na die hanteer-der se hand en vertoon die hand dieselfde fluoressensie in ultra violet iig. Op hierdie manier het Generaal Neethling verwag om later te bepaal of die appellant die diamante hanteer het. Brigad'ier Erasmus het die generaal vergesel aangesien dit die eerste keer was wat Calcofluoor in 'n diamant lokval gebruik sou word en hy persoonlik wou sien hoe effektief dit was.
Nadat Majoor Meintjies, Kaptein Pool en Adjudant-offisier Joubert die huis binnegegaan het is hulle reguit na appellant se slaapkamer waar Mev Nieuwoudt nog in die bed was. Van Zyl is ook na die slaapkamer gebring.

/21

21. Daar het hy op Majoor Meintjies se navraag beweer dat hy die diamante in die studeerkamer vir R5 400 aan die ap-pellant verkoop het en dat laasgenoemde dit in 'n sokkie in sy slaapbaadjiesak gesteek het. Appellant het die bewering ontken maar Majoor Meintjies het hom gearres-teer op 'n klag van onwettige diamanthandel. Daarna is al die aanwesiges na Van Zyl se motor waar Van Zyl 'n plastiese drasak met geld uitgewys het. Almal is weer terug die huis in. Terwyl Kaptein Pool besig was om die geld in die kombuis te tel,het Generaal Neethling en Brigadier Erasmus opgedaag. Pool het aan hulle ver-slag gedoen van wat tot dusver gebeur het. Daarna is die geselskap na die studeerkamer waar Van Zyl 'n wyndoos uit-

/22
22.

gewys het waarin 'n skaal gevind is waarop diamante geweeg

kon word. Appellant is na die spens geneem en Generaal
Neethling het sy hande onder 'n ultra violet lamp onder-soek. Duidelike fluoressensies is aan sy regterhand gevind en aan hom uitgewys. Een van die pannetjies van die skaal het dergeiike tekens getoon. Appellant het nog-tans volhard met sy ontkenning dat hy die aand enigiets met diamante te doen gehad het. Intussen is vrugteloos in die huis na die diamante gesoek. Tydens die soektog is op 'n aansienlike bedrag kontantgeld afgekom en, ofskoon appellant heftig geprotesteer het, is beslag daarop gelê. Majoor Meintjies het hom laat verstaan dat dit gedoen word omdat die diamante nog soek was. Om diesêlfde rede het

/23
23.

die polisie op 'n stadium gedreig om Mev Nieuwoudt ook te arresteer; maar die diamante het daarna nog lank soek gebiy. Oor hoe dit gekom het dat dit uiteindelik op die grasperk gevind is, bestaan daar 'n hewige geskil. Kaptein Pooi se weergawe - wat grotendeels deur Meintjies ondersteun word - is dat,toe dit geblyk het dat nog die besiagieg-ging op die geld nog die dreigement om Mev Nieuwoudt te arresteer voldoende was om die appellant te oorreed om te openbaar waar die diamante was, grepe uit die bandop-name van appellant en Van Zyl se gesprek vroeër die aand aan hom voorgespeel is en dat hy daarna weer versoek is om saam te werk. Na 'n ruk het hy gesê dat hy sou gaan wys waar hy sou soek as hy 'n speurder was. Hy het Pool

/24
24.

gevra om saam met hom na buite te gaan. Terwyl hulle

uitstap, het hy gesê dat hy sou gaan wys waar die dia-
mante was mits Pooi nie in die hof oor die uitwysing ge-

tuig nie. Majoor Meintjies het die opmerking gehoor en

gesê dat hulle (verwysende na homseif en Kaptein Pool)

net die waarheid sou vertel. Rool is toe met 'n flits

in die hand saam met appellant buitetoe. Appellant het
koers gekies na die grasperk en vir Pool beduie waar om

te lig. Daar het appellant die gras weggekrap en
die diamante blootgelê met die woorde: "Daar is dit. Vat

jy dit self. Ek wil nie daaraan raak nie." Dit was toe-
geknoop in die beengedeelte van 'n manskous waarvan die af-
gesnyde voetgedeelte vroeër in die studeerkamer aangetref

/25

25. was.
Ten einde die appellant se weergawe van die terug-vind van die diamante te begryp, is dit nodig om sy ge-tuienis oor die gebeure vroeër die aand te beskryf. Vol-gens hom het hy by geleentheid vleis aan Van Zy1 verskaf en was hy, na die telefoongesprek van 22 Juiie 1982, onder die indruk dat Van Zyl die komende naweek weer vleis op die plaas sou kom haal. Toe iaasgenoemde die Vrydagaand (d w s die aand van 23 Julie) op Rondawel opgedaag het, het hy die appellant egter om'n lening van R5 400 gevra om 'n tydelike geldtekort te oorbrug. Appellant het inge-willig om hom die geld te leen en hulle is saam na die studeerkamer waar die geld aan Van Zyl oorhandig is. Toe

/26
26.

hy 'n rukkie later die huis daarmee verlaat het, het Van Zyl nie dadelik gery nie; deur die kombuisvenster het appellant gesien dat sy kar nog op die werf staan en dat 'n persoon wat hy aangeneem het Van Zyl was van die gras-perk in die rigting van die motor beweeg, inklim en wegry. Appellant het weer gaan lê maar nie lank daarna nie het iemand weer aan die kombuisdeur geklop. Dit was Van Zyl wat brandstof wou hê. Appellant het die versoek vreemd gevind aangesien hy onder die indruk was dat Van Zyl, toe hy kort tevore vertrek het, op pad was na sy pa se plaas enkele kilometers van Rondawel af. Hy het gevolglik ge-weier om Van Zyl met brandstof te help of om die deur oop te maak. Op daardie stadium het hy nie geweet dat daar

/27
27.

polisiemanne saam met Van Zyl was nie maar toe Kaptein Pool hom versoek het om oop te maak, het hy dit gedoen en die polisie binnegelaat. Wat daarna gebeur het is reeds beskryf. Wat die terugvind van die diamante be-tref, erken appellant dat grepe uit 'n bandopname later aan hom voorgespeel is wat na bewering sy gesprek met Van Zyl bevat het. Hy kon hoor dat twee persone op die band oor diamante redeneer maar volgens hom het hy geweet dat hy en Van Zyl nie oor so-iets gepraat het nie en het hy vermoed dat laasgenoemde die diamante wat hy kwansuis aan hom sou verkoop het, iewers op die grasperk gelaat het en besig was om die polisie 'n rat voor die oë te draai. Hy

/28
28.

het egter niks gesê nie pmdat hy van Van Zyl verwag het
om self met die waarheid vorendag te kom. Later het hy
gehoor dat Van Zyl dronk was. Sy getuienis oor wat daar-
na gebeur het, is soos voig opgesom in die verhoorhof se
uitspraak :

"Hy het op 'n stadium aángedui dat hy alleen met Pool wou praat. Op hierdie stadium het hy besef dat Van Zyl te dronk was om na vore te kom en hy het derhalwe besluit om Pool eenkant toe te neem en hom te sê wat hy vermoed. Hy en Pool het toe by die agterdeur uitgestap en hy het toe aan Pool gesê waar hy Van Zyl gesien beweeg het en wat sy vermoedens was. Pool het voorgestel dat hulle saam gaan kyk en hulle het toe in die rigting van die swembad gestap. Beskuldigde het 'n flits in sy hand gehad en het in die rigting van die swem-bad gelig. Pool het egter met sy hand beduie en gesê: 'Lig nou net gou weer hier' en toe beskul-digde lig waar Pool aangedui het, het hy.'n sokkie op die gras sien lê; dit het los bo-op die gras

/29
29.

gelê en was nie versteek nie. Pool het dit op-getei, dit gedruk en gesê: 'Dit is die diamante'. Hulle is toe reguit terug na die kombuis waar Mein-tjies aan Pooi gevra het waar hy dit gekry het waar-op Pool geantwoord het: 'Ek het dit buite op die gras opgetel' ."

Vervolgtens moet kortliks verwys word na die getuie-
nis oor die bandopname wat na bewering gemaak is van die
gesprek tussen Van Zyl en die appellant. In die getuie-
nis word na die band as bew 10 verwys. Die een kant (waar-
na voortaan as bew 10A werwys word) bevat volgens die Staat
se bewering die gesprek tussen appellant en Van Zyl en die
ander kant (die sg B kant) 'n gedeelte van die gebeure van-
dat die polisie later met Van Zyl by appellant se huis op-
gedaag het. Die egtheid van die B kant (waarna in die

/30

30.
getuienis en hierinlater verwys word as die arrestasie-band) is nie betwis nie. Oor die egtheid van bew 10A het daar eg-ter 'n geskil ontwikkel wat die verhoor en die betoë in hierdie hof oorheers het en wat blykbaar sy oorsprong ge-hadhet in'n gesprek wat die appellant en sy broer Gert na bewering kort na 23 Juiie 1982 met Van Zyl gehad het. Vol-gens appellant wou hy by Van Zyl uitvind wat aan die gang was. VahZyl het op daardie stadium in'n uitbreiding van Bell-ville gewoon en daarom het appellant en sy broer soontoe geryiwaar hulle hom in 'n hotel ontmoet het. Daar het Van Zyl toe verduidelik dat hy in 'n diamantlokval betrap was en dat die polisie beloof het om hom nie aan te kla nie indien hy sou saamwerk om die appellant in 'n dergelike

/31

31.

lokval te betrap. Hy het erken dat hy die diamante die

betrokke aand op die grasperk gegooi en vir die poiisie

vertel het dat hy dit aan appellant verkoop het. Voorts

het hy vir appellant vertel dat hy vooraf 'n bandopname van
'n sg smokkeltransaksie gemaak het wat hy die aand van die

lokval met die bandmasjien in sy motor oorgeklank het op

die band in die polisie se masjien terwyl hy by appellant

in die huis was. Hy het appellant egter gerusgestel dat

die band nie as eg bewys sou kon word nie. Appellant se

getuienis in hierdie verband iui soos volg:

"Maar hy het gesê in die begin van daardie opname wat aan die polisie oorhahdig is, het hy met hom-self sit en praat, reg aan die begin toe hy weg-getrek het, en daar het hy met homself sit en praat en hy het dinge gesê- hy het nie vir my

/32
32.

gesê wat hy gesê het nie - wat vir my - ek kan net luister na die begin van daardie band, dit

sal my oortuig van die posisie waaronder hy dit gedoen het en hoe hy dit gedoen het en dít sal my hele saak vir my reg stel, die woorde wat hy gebruik het."

Gerieflikerwys kan op hierdie stadium aangedui word

dat bew 10A begin met 'n stilte wat ongeveer 3 minute duur.

Die eerste identifiseerbare geluid is dié van 'n motor wat

reeds aan die ry is. Volgens Kaptein Pool het hy die

eerste gedeelte van die opname uitgewis omdat dit 'n gesel-

sery bevat het tussen die polisiemanne op die Geloftefees-

terrein voordat Van Zyl vertrek het, wat nie ter sake was

nie. In die proses is die gedeelte waarop gehoor kon
word hoedat Van Zyl se motor wegtrek per abuis ook uitgewis.

/33

33. Die hoorbare geluid van die motor wat ry duur ongeveer 5 1/2 minute waartydens die stem van 'n sanger duidelik hoorbaar is. (Die Staat se bewering is dat Van Zy1 na 'n liedjie op die kassetspeler in sy motor geluister het.) By tye is die praatstem van 'n manspersoon ook vaagweg hoorbaar maar dit is weens die agtergrondklanke van die bewegende voertuig en die musiek uiters moeilik om meer as 'n enkele woord hier en daar uit te maak. (Hoewel die Staat be-weer dat hierdie stem dié van Van Zyl is wat met homself sit en praat het, is daar niks te hore van enigiets wat enigsins ooreenstem met sy beweerde mededeling aan appel-lant en sy broer nie. ) Op een plek word die geluid van die bewegende voertuig opmerklik sagter en kort daarna

/34

34. weer harder. In die getuienis word na hierdie plek as DOP verwys en wat dit beteken sal later verduide-lik word. Die res van die band is volgens die Staat 'n opname van Van Zyl se aankoms op Rondawel, sy ge-sprek met die appellant, sy latere vertrek en 'n gedeel-te van sy rit terug na die plek waar die polisie ge-wag het. Wat die gesprek betref, is dit voldoende om te sê dat dit gemene saak is dat, indien dit inder-daad tussen Van Zyl en die appellant gevoer is, daar geen twyfel bestaan dat Van Zyl diamante vir 'n bedrag van R5 400 aan appellant verkoop het nie.

Majoor Meintjies, Kaptein Pool en Adjudant-offisier Joubert het getuig dat hulle geluister het

35

35.

na grepe uit die band op die opnamemasjien waarmee Van Zyl na Rondawei gestuur is, toe hy weer daarmee by die Geloftefeesterrein opgedaag het. Eater die aand in die huis op Rondawei het hulle weer saam met Gene-raal Neethling en Brigadier Erasmus na dele van die band geluister en 'n paar dae later het Meintjies en Pool na die hele opname geiuiister. Daarna het Pool bew 10 aan Kolonel Jansen in Pretoria gestuur waar dit getranskribeer is. Meintjies, Pool, Joubert en Brigadier Erasmus het getuig dat díe band waarna hulie die aand van 23 Julie geiuister het

/36
36.

bew 10A was. (Generaal Neethiing kon by die verhoor nie veel onthou van wat hy op die band gehoor het nie.) Ap-peilant daarenteen het getuig dat daar in die grepe wat die aand aan hom voorgespeel is sekere woorde was wat nie in bew 10A voorkom nie. Volgens hom was die opname waar-na daardie aand geluister is nie bew 10A nie.
Afgesien van hierdie getuies was daar vier deskun-diges wat oor die egtheid van die band getuig het. Kolo-nel Jansen is verbonde aan die polisie se Forensiese Weten-skaplaboratorium. Hy het hom uitgespreek ten gunste van die egtheid van die opname.
Vir die verdediging het drie deskundiges getuíg. Hulle was Mnr Atkinson, 'n elektriese ingenieur verbonde

/37
37.

aan 'n maatskappy in Kaapstad wat oudiovisuele- en tele-visieprograrrme vir die handel vervaardig; Mnr Pretorius, hoof van die Departement Drama aan die Universiteit van Stellenbosch, en Mej Keen, die hoof van die Departement Spraakterapie aan die Universiteit van Kaapstad. Atkin-son het aanvanklik getuig dat geen gedeelte van bew 10A eg is nie. Later het hy sy getuienis oor die rygedeelte aansienlik afgewater maar volgehou dat die gedeelte daar-na nie 'n egte opname is nie. Pretorius het dieselfde mening gehuldig oor die opname van die gesprek. Mej Keen se getuienis was daarop toegespits om aan te toon dat die persoon wat voorgegee het Van Zyl in die opname te wees, nie aan 'n stemaandoening ly soos Kolonel Jansen beweer het

/38
38.

nie. ( Hierdie aspek van die getuienis het niks bygedra tot die oplossing van die geskil oor die egtheid van die band nie en word nie verder ín hierdie uitspraak bespreek nie.)
Soos vantevore aangedui, het die verhoorhof die getuienis van die vernaamste Staatsgetuies aanvaar en dié van die appeiiant en sy getuies verwerp. Wat die derde aanklag in besonder betref het die hof -EERSTENS die getuienis verwerp van dié drie deskundiges wat vir die verdediging getuig het oor die egtheid van die bandopname; en so ook die getuienis van die appellant en sy broer oor die beweerde gesprek met Van Zyl in die hotel

/39
39.

in Bellville;

TWEEDENS Kolonel Jansen se getuienis oor die egtheid van die bandopname aanvaar;

DERDENS Van Zyl se getuienis dat hy die diamante aan appellant verkoop het aanvaar en appellant se weergawe van wat tussen hom en Van Zyl plaas-gevind het, verwerp;

VIERDENS geen spesifieke bevinding genotuleer met be-trekking tot appellant se geloofwaardigheid teenoor dié van Kaptein Pool en Kolonel Mein-tjies ten opsigte van die terugvind van die diamante nie maar te kenne gegee dat die twee offisiere bevredigende en geloofwaardige getuies /40

40.

was en dat

"waar ook al deur die loop van die hele saak, die getuienis van Pool en/of Mein-tjies teenstrydig is met dié van die be-skuldigde, word hulle weergawe aanvaar en dié van die beskuldigde verwerp."

Die hof se algemene benadering was dat Van Zyl se

getuienis, hoewel dit weens verskeie redes wat later ge-

noem sal word, met "buitengewone versigtigheid" beoordeel
moes word, nogtans aanvaarbaar was waar dit deur aanvaar-

bare getuienis gestaaf word, en dat daar voldoende stawíng

daarvoor in bew 10A was. In die lig van die geskil oor

die egtheid van die band is die hof se uitspraak, wat die

derde aanklag betref, hoofsaaklik aan daardie geskilpunt

en in besonder aan die deskundige getuienis gewy. Hoewel

/41
41.

hiermee nie fout te vind is nie verkies ek om minder pro-
minensie aan die deskundige getuienis te verleen, en om

die aandag liewer op die getuienis as geheel toe te spits,

omdat, nie die egtheid van dieband as sulks nie, maar die

aard van die transaksie tussen Van Zyl en appellant die pri-
mêre geskiipunt is. Wat hierdie geskilpunt betref, is

dit, afgesien van die band, Van Zyl se woord teenoor dié van

die appellant en hulle getuienis moet op sigself behoorlik

ondersoek word. Ek behandel eers die appellant s'n.

Die verhoorregter het hom soos volg uitgelaat oor

die appellant as getuie:

"Die beskuldigde was altesame 22 dae in die getuie-bank en die Hof het dus die geleentheid gehad om hom oor 'n betreklike lang tydperk onder observasie te hê. Hy is 'n intelligente persoon wat in staat

/42

42.

is om die wese van 'n vraag wat aan hom gestel word en die gevare wat dit vir hom inhou, vin-nig te snap. Waar dit vir hom nodig was om reddingspogings aan te wend, het hul egter geheel en al misluk. Hy het nie gehuiwer om moeilike vrae te probeer ontwyk nie, of 'n lang monoloog

te lewer wat op die ou end nie die vraag beant-

woord nie en wat niksseggend en soms selfs on-sinnig was. 'n Verdere merkbare eienskap van sy getuienis, was die tendensie wat hy deur-gaans getoon het om sy antwoorde op vrae so in te klee dat hy daardeur die agterdeur ooplaat

om hom in staat te stel om uit moontlike moei-

like situasies te probeer ontsnap. Kortom bevind die Hof dat die beskuldigde 'n geslepe, maar nogtans deursigtige leuenaar is, wie se getuienis so onbetroubaar is dat geeh peil daar-opgetrekkan word hie."

Hierdie opmerkings oor diêappellant en die aard van sy getuienis endie sterk taal wáarin die hof se finale oor-deel uitgedruk is, was myns insiens volkome geregverdig. Ter illustrasie van sy neiging om vrae te probeer ontwyk,

/43
43.

kan verwys word na díe manier waarop hy gereageer het toe
hy in kruisondervraging gevra is of hy, nadat hy die aand
van die lokval na dele van die bandopname geluister het,
aan die polisie te kenne gegee het dat dit nie sy stem
op die band was nie. Die ondervraging en sy antwoorde
op hierdie eenvoudige vraag het soos volg verloop:

"Maar het u vir hulle daar gesê dit is nie ek wat hier praat nie? -- U Edele, ek het my nie gesteur aan die band niê. My houding was dat ek het wel daardie een stuk geluister en dit is net heel moontlik dat ek vir hulle sou - ek kan nou nie presies onthou wat my woorde was nie, maar dit is tog logies dat ek nie vir hulle gesê het dit is ek wat daar praat nie.

Nee, ek vra nie dit vir u nie. Ek vra vir u, het u vir generaal Neethling en Erasmus daar gesê, maar dit is nie ek wat hier praat nie, man? -- U Edele, hoe ek dit uitgedruk het, maar dit is tog baie duidelik dat ek ook nie

/44

44.

gesê het dit is nie ek nie u Edele.
Het u vir hulle te kenne gegee dat dit op een
of ander manier, mondeling of skriftelik, datdit nie
u is wat op die band praat nie. Daar in die sit-
kamer? -- U Edele, wat ek baie duidelik iewers
daardie aand gesê het, dat dit is julle band. Dit
is woorde wat ek gebruik het en my houding was
baie duidelik dat ek nie sê dat dit ek is wat daar
praat nie
Het u vir brigadier Erasmus of vir generaal Neethling gesê en laat verstaan toe hulle die band vir u gespeel het, dat dit nie u stem is dié nie? -- U Edele, hoe ek dit gestel het, kan ek nie vandag onthou nie, maar dat ek dit beslis vir hulle sou laat verstaan het, dit is baie seker.

Dat u dit beslis sou vir hulle laat verstaan het? -- Dat dit nie ek is nie.

Dit is baie seker? -- Dat ek niks met hulle band uit te waai het nie, dit is hulle band.

Nou vra ek vir u, het u pertinent vir hulle gesê dit is nie u stem nie? -- U Edele, ek kan nie...
Dit is tog so maklik soos dit om te antwoord mnr Nieuwoudt? -- U Edele, woorde wat ek daar ge-bruik het, kan ek nie presies onthou nie, maar dat

/45
45.

ek dit heel moontlik vir hulle gesê het, dit kan so wees." Ek gaan na slegs een verdere voorbeeld verwys van die talle wat aangehaal kan word om die manier te illustreer waarop die ap-peilant vrae hanteer het wat hy klaarblyklik nie na ware kon be-antwoord sonder om in die moeilikheid te beland nie. Aange-sien die betrokke getuienis ook betrekking het op die waarskyn-likhede wat later behandel word, haal ek dit volledig aan. Dit is reeds genoemdat die diamante uiteindelik gevind is toe appellant vir Kaptein Pooi na buite geneem het. Volgens die appellant het hy van die begin af vermoed dat Van Zyl dit by die swerrbad gelaat het. Sy versuim om Pool vroeër in te lig oor sy vermoede sal aanstons behandel word. Waarna ek nou verwy, is sy ondervraging oor'n insident kort nadat die soektog na die

/46

46.

diamante vroeër die aand in die studeerkamer begin het.

Terwyl die polisie daarmee besig was, het die appellant
met Pooi begin gesels en, nadat Pool beaam het dat die

diamante aan Van Zyl oorhandig is, aan hom gesê: "Dan

kan julle maar bietjie gaan kyk waar hy dit gelaat val het
Ek noem dit net vir jou. Jy kan dit vat vir wat dit
werd is ." Pool het met 'n bondige "Ja" geantwoord
waarop een van die ander polisiemanne opgemerk het: "Jy
moet net onthou alles wat jy nou sê kan teen jou in die

hof gebruik word." In kruisondervraging is hy gevra
wat hy met "gelaat val het" bedoel het. Sy antwoord was:

"Nee, Edeie, wat ek daarby bedoel het, is soos wat ek toe in my gedagte gehad het. Dat Van Zyl het daardie diamante definitief iewers net iets mee

/47

47.gemaak in daardie tyd nadat hy uit die huis uit is."

Die volgende vraag en antwoord het soos volg gelui:

" Ek sien, so wat u hierby bedoel het is dat Van Zyl het iewers met daardie diamante iets gemaak

nadat hy uit die huis uit is? Ja Edele, ek

het tog toe al die gedagte gehad wat ek later die aand aan kaptein Pool oorgedra het, dat wat ek eintlik hier op 'n stadium wou aan hom oordra, maa^_ek_venmoed_maa^_hoekom_ek_n^e_endu^^_gegaan het nie was omdat ek gedink het ek moet maar bietie wag

(Aandag word gevestig op die gedeelte van die antwoord
wat ek beklemtoon het en op die beklemtoonde gedeeltes van

die latere vrae en antwoorde wat nou volg):

Ja en as dit dan nou so was dat u suspisieus was

dat hy dit moontlik in die swembad gegooi het of agter die swembad versteek het, hoekom het u dit

nie so gesê nie?---Maar Edele, ek het dit vir

kaptein Pool gesê later.

/4S

48.

Nie hier by hierdie oomblik nie. Hier toe u gesê het kyk waar hy dit laat val het. Hoe-kom het u nie toe gesê maar julle moet gaan kyk

daar by die swembad? U Edele, soos wat ek dit
onthou, was dit maar 'n situasie waar ek en kap-tein Pool vir 'n kort oomblik, wat hy persoonlik my - want ek het al die tyd 'n - ek het duídelik gesien kaptein Pool is in beheer van die ding en ek het dit vroeër in die aand toe probeer kyk, of ek nie met hom - sy gedagte in daardie rig-i ting kan laat gaan nie. Ek sien mos die mense wil nou my huis hier omkeer en ek weet mos wat ek waargeneem het en ek wou dit aan hom oordra en ek het op daardie besluit ek los dit

maar eers . Netnou kan die man tog maar eerder
self dit se. Dit was wat my gedagte was u Edelè. Dit was my houding deur daardie hele tyd.

Ek vra vir u hoekom het u nie hier gesê gaan kyk by die swembad of hy dit nie in die swembad gegooi het of agter die swembad wegge-steek het nie. Hoekom het u dit nie so gesê nie? --- Maar u Edele, ek het dit nie daar so

gesê nie. Ek wou eers my vermoede aan

kaptein Pool oordra .Ek wou mos eers gehad het

hy moet vir Van Zyl konfronteer daarmee.Ek

wou gehat het Van Zyl moet,as hy iets daar

/49

49.

gedoen het wat hy nie eerlik vir die polisie ge-sê het nie ,wou ek vir Van Zyl die geleentheid

gegee het om dit self vir die polisie te sê. Dit

is hoekom ek maar bebreid was om daardie bietjie

ongerief uit te staan want ek het geweet ek het

nie diamante nie en wat ook al kon ontstaan het, dit was nie in my gedagte dat ek skuldig bevind kon word oor daardie diamante nie, want ek het hulle nie gekoop nie en dit is my houding tot vandag toe u Edeie.

Ek verstaan, u wou eintiik soort van nie vir Van Zyl betrek het nie. Hy moet self uit-gekom het met die ding?---Wat ek vermoed het

ook al, wou ek redelik eers wag,om te sie of

die man nie wil self later ,as hy nou sien wat

hier aangaan of hy nie wil self uikom en sê

vir die kaptein nie of iemand.

Nou hoekom wag u dan toe nie. Hoekom wag u dan toe nie. Hoekom sê u dan toe hier reg aan die begin, kyk 'n bietjie waar hy dit laat val het? -- U Ede-le, soos ek dit vermoed het, was dit 'n passasie in daardie band, as die Hof daarna luister, sal dit 'n passasie wees waar die ander polisie begin geraas maak en waar ek met kaptein Pool - dit is soos ek dit naastenby onthou. Dat ek met kaptein

/50

50.

Pool daar omtrent alleen gepraat het.

Ja, maar kaptein Pooi is tog deel van die

polisie. --- Ja Edeie, maar dit is tog my hou-

ding, soos ek mos later die aand dit duidelik laat verstaan het. Ek wil met kaptein Pool

want ek was duidelik bewus daarvan dat hy in beheer van die situasie is en ek het gevoel hy moet eers vir Van Zyl loop konfronteer met wat ek waageneem het en dit kon dalk vir Van

Zyl oorreed het om self na die diamante ,dan

nou uit te wys ,want hy het mos geweet waar hulle is.

HOF : Hoe sou kaptein Pool daarvan geweet het,

as u nie vir hom gesê het nie?--- Nee, ek moes

hom eers sê ú Edele.

Maar het u vir hom gesê? --- Ek het begin,

hier op daardie passasiers wat - wou ek dit tot 'n mate -het ek begin om dit vir hom te wil deur skeme, maar ek het nie enduit daarmee gehaal
vir hom veel gesteur het daaraan wat ek sê nie en toe het gedink nee wag , laat ek maar eers wag. Dit was my eerlike opinie. MNR VAN ZYL: Mnr Nieuwoudt, u wou hê kaptein

Pool moet vir Bernard van Zyl gaan konfronteer, regT --- Ja Edele.

/51

51.

Dat Van Zyl kan uitkommet die ding en dan is u mos nou heeltemal uit die transaksie uit,

is dit reg? --- Ja Edele en kon dit nou doen voor

die polisie nou heeltemal my huis nou omkeer of ek kon maar 'n bietjie wag.

Nou vra ek vir u, hier begin die ding op u

eie storie, om dit vir kaptein Pool te sê? ---

Ja u Edele.
Hier impliseer u nou eintlik alreeds vir Van Zyl, want u s kyk 'n bietjie waar hy dit laat val het. 'Ek noem dit vir jou, jy kan dit vat vir wat dit werd is'? --- Dit is reg u Edele en ...
Hoekom op hierdie stadium, sê u nie vir kap-tein Pool, man ek het nie die diamante gekoop nie, maar ek het die man hier sien beweeg en ek vermoed sterk dat hy dit in die swembad gegooi het of ag-ter die swembadjie neergesit het. Voor julle nou my hele huis hier omkeer, julle tyd mors, my tyd mors, my vrou ontstig, my kinders ontstig, gaan konfronteer Van Zyl hiermee? --- U Edele ...

Hoekom doen u dit nie hier nie? --- Die situ-
asie daar by my huis, is 'n hemelsbreë verskil as die situasie wat ons by hierdie hof ontstaan. Dit is nie dieselfde polisie as ek dit so kan uit-druk, wat in hierdie hof nou sit, wat daar by my

/52

52.

huis was nie. Wat jy sê steur hulle hulle nie

aan nie . U kan oplet op hierdie band en as die

bant gespeel word, sal u agterkom dat wat ek daar

gesê het, hulle hulle omtermt nie aan gesteur

het nie. Hulle idee was, man jou woord beteken niks nie. Ek dink dit staan iewers op hierdie dinges.

Ja, u woord wat geld aanbetref beteken niks, heeltemal korrek, maar ek vind dit eienaardig en ek sal later vir die Hof so betoog, dat u nie op hierdie stadium waar u nou vir Bernard van Zyl duidelik impliseer volgens u, dat u nie toe vir kaptein Pool gesê het. Hom selfs eenkant toe gevat het en vir hom gesê het kyk man, dit i s die posisie. Los nou my huis uit, los my vrou en my kinders uit. Dit is die posisie. Hoekom hef u
dit nie gedoen nie? --- U Edele, maar die is mos
baie duidelik op die bant ,dat ek op haar daardie sta-

dium hom net 'n floute aanduiding wou gegee het .
Dat ek wou net gehad het hulle moet - ek wil net

sy gedagte in 'n ander rigting gestuur het. Ek

was nog nie op daardie stadium bereid om heeltemal nou standpunt in te neem en vir hom presies - ek
wou net sy gedagte in 'n ander rigting ook stuur,

dat hy self van sy offisiere moet sê ons moet 'n

/53
53.

bietjie kyk waar van Zyl dit ook kon laat val het. Dit was maar my gedagte daar Edele.

Ek sien, so u wou nou maar die klein bietjie

inligting soort van die polisie...? --- Dit

is reg Edele.

Beheer wil ek amper sê? ---Ja Edele.

Dit is wat u gedagte is? - Ek wou darem net

gehad het hulle moet in 'n ander rigting - ek wou

gehat het hy moet van Zyl konfronteer.

Maar u nek is op die lyn hier. U is die man

wat in die moeilikhied is, maar u speel hier met

die polisie rond. Gee vir hulle sulke bietjie in-

ligting en kyk of hulle goeie speurders is om dit

op te volg? --- U Edele, my nek kan op die lyn ge-

wees het, maar in my gedagte was hy nie op die lyn

nie, want ek het nie diamante by Bernard gekoop

nie. Ek het nie diamante by Bernard gekoop nie.

Daarom sou ek dit nie so dodelik beskrywe soos u

nou nie.

So u het vir kaptein Pool hierdie klein bietjie in-ligting gegee en nou gaan u terugsit en kyk wat

maak hy daarmee? --- U Edele, hy het hom nie ge-

steur aan my nie.

Maar u wou,dit was u idee gewees. Om te kyk wat hy daarmee gaan maak? --- U Edele, dit was

54.
54.

my idee om te kyk of ek hom nie kan oonreed, maar

toe ek begin praat met die man, toe sien ek hy

steur hom nie aan aan my nie. Toe dink ek nou maar

dan steur ek ook nie aan jou nie . Toe dink ek nou maar

gedagte .Dit was my houding gewees deur die aand Edele. Ek het my gedistansieer van al hierdie goed U Edele.

Nee, ek wil aan u stel dat as u 'n vermoede gehad het dat Bernard van Zyl daardie diamante by die swembad gegooi het of agter die swembadjie ver-steek het, u dit, indien nie veel vroeër nie, maar

reeds hier aan kaptein Pooi sou oorgedra het? ---

U Edele, nee dit is hoegenaamd nie, elke mens tree verskillend op en dit is soos ek daar opgetree het, so is dit. Ek sal onder enige omstandighede so optree Edele.

Ek wil verder aan u stel dat indien u storie waar moes gewees het, dat u geld net geleen het en dat hy die goed geplant het op u en dat u dit ook vermoed het, dan sou u hier vir kaptein Pool gesê het, nie dat hy moet kyk waar hy dit laat val het nie. U sou vir hom gesê het, kyk 'n bietjie waar hy dit geplant het. Hy was hier alleen en hy was daar alleen, hy was daar alleen en moontlik sou u ook in die proses gesë het, kyk hy was buite

/55
55.

kant ook alleen? --- U Edele, ek het later die

aand duidelik vir kaptein Pool gesê wat my sus-pisie was en wat ek vermoed het. Ek het nie op daardie stadium vir hom duidelik gesê nie.

Ja? --- Ek het begin om te praat en toe het

ek dit gelos

Nou goed, die polisie keer nou u huis om.

Hulle soek in die vleis, in die vrieskas? ---Ja

Edele.

En in die kombuis neem ek aan. In die slaap-kamer en orals soek hulle nou. 'n Hele horde po-lisiemanne? --- Ja Edele.

Hulle ontstig u vrou en hulle ontstig u kin-

ders? --- Hulle het nie op daardie stadium die kin-

ders ontstig nie, Edele, hulle was net van voor-neme om dit te doen. Hulle het nie 'n kind uit-die bed uitgehaal nie.

Ek sien, maar die potensiaal was daar. Dit is ontwrigting vir die huishouding, die klomp po-

lisie wat hier in die huis rondgrawe?--- Ja Edele,

dit is reg.

En boonop nog in al u persoonlike goed ook?

--- Ja Edeie, ek was daaroor ontsteld gewees.

Hulle was seker in die hangkaste en goed ge-wees, neem ek aan? --- Ja wat Edele, hulle het orals

/56

56.

gesoek.

Ook in u vrou s'n? ---— ]a Edele, hulle het orals gesoek.

Wat was u vrou se reaksie op hierdie optrede? --- Nee, sy was ontevrede u Edele.

Sy was hoogs ontevrede sou ek aanneem? ---

Ja Edele.

Ontsteld? --- Ja Edele.
En u laat hulle aangaan vir hoe lank? Voor

u vir kaptein Pool uitvat? --- U Edele, ek het níe

duidelik herinneringe daaraan nie, maar dit is darem seker die beste part van twee en 'n half ure of twee ure. Ek is nie nou baie seker nie.
En ïn daardie twee en 'n half ure, behaiwe vir hierdie stukkie wat u aanvanklik gesê het, julle moet kyk waar hy dit laat val het, sê u niks ver-

der vir kaptein Pool van u vermoedens nie? --- Nee

Edele, ek het nou gereken goed, laat die water oor die akker loop. Laat hulle self hulle diamante kry. Ek het dit nie. Dit was my houding.

U sien ook hierdie saadjie wat u geplant het, soos u nou sê hier by kaptein Pool om te kyk of hy nie dan sal slim word en vir Bernard gaan kon-fronteer nie, dié saadjie wil nie opkom nie? ---

Edele ,ek het sommer vroeg,toe ek daar begin praat

/57

57.

het ,toe sien ek maar die man steur hom nie aan

my nie .Toe dink ek nou maar goed, soek jou dia-

mante."

In herondervraging is sy aandag gevestig op die
opmerking dat hy moes onthou dat wat hy sê in die hof ge-
bruik sal word, en gevra of hy daarop wou konrnentaar lewer.
Sy antwoord was die volgende:

"U Edele, dit bevestig net wat ek - toe ek nou wil -op daardie stadium was dit 'n stadium wat ek en kap-tein Pool, soos ek dit onthou, 'n bietjie eenkant gesels het. Die manne soek nou daar, U Edele, en daar het dit toe gekom dat ek vir hom wou begin 'n aanduiding van my vermoede gee, maar toe ek nou

met hom begin praat. U Edele, toe kom ek agter maar die man stel nie belang in wat ek van Van Zyl wil

sê nie, hy het dit nog altyd net met my te doen

ek toe het ek dit gelo, U Edele. Hy het daar

ook toe net weer begin om my te beskuldig en my

te konfronteer, toe het ek hom gelos, U Edele , want ek sê nou - soos dit nou hier op die band ook staan

/58
58.

dan hy dan toe nou sê vir my gebruik word , en

toe het ek gedink wag, ek los dit nou,U Edele.

Hy het duidelik nie belang gestel dat die ding na Van Zyl se kant toe moet gaan nie, hy het in my beiang gestel en op daardie stadium het ek dit toe eers gelos, U Edele."

Sy advokaat was blykbaar nie tevrede met die antwoord nie.
Hy het aangehaal uit appellant se vroeëre getuienis dat

die ander polisiemanne altyd sarkastiese opmerkings gemaak

het. Appellant het toe soos volg geantwoord:

"Dit is so, U Edele. Dit het so gewerk. As 'n mens - hulle - jy probeer om nou eenkant met ie-mand tussen hulle te praat, dan is daar altyd een wat iets - soos ek nou sal sê intjip U Edele. Dit is so. Ek het nou nie die presiese woorde wat my die indruk gegee het nou daardie tyd onthou nie, maar hier staan dit mos nou op die band.

Die is die tipe ding wat my nou verhinder het

om verder te praat daar, U Edele."

/39

59.
Van groter belang as die blote manier waarop appel-lant getuig het, is egter die inherente waarde van sy ont-kenning dat hy die diamante gekoop het en sy bewering dat hy die R5 400 aan Van Zyl geleen het, gemeet op die waar-skynlikhede aan die hand van sy gedrag nadat díe polísie die aand op die toneel verskyn het. Ek verwys in hierdie verband na die volgende:

Appellant se optrede toe Van Zyl hom gevra he om

Wat gebeur het toe Van Zyl met die polisie by die agterdeur opgedaag en geklop het, is voor-heen kortliks beskryf. Die volle verhaal word vertel deur die arrestasie=band waarop gehoor kan

/60

60.

word hoe die appellant van agter die toe deur soos

volg met Van Zyl praat:
Appellant:. Wie's daar
Van Zyl: Dis ek.
Appellant: Wat is dit? Wie's ek?
Van Zyl: Bernard
Appellant: Wat is dit?
Van Zyl : Man ek het nie genoeg petrol om Van Rhyns-

dorp te haal nie. Ek sien nou my kar is

leeg. (Stilte)

Appellant: Jong maar dis mos nou nag en ek slaap

nou

Van Zyl : Hê?

/61

61.
Appellant: Dis nou nag en ek slaap nou jong
Van Zyl : Jesus maar het jy nie net 'n paar liters

vir my nie? (Lang stilte)

Van Zyl : Hê?

(Stilte)

Appellant: Jong nee maar mens mag mos seker nie

petrol verkoop nie. (Stiite)

Van Zyl : Nou dan sal ek maar ry en kyk hoe ver

ek kom.

Appellant: Ja-nee. Jy moet maar so maak. (Lang stilte)

Van Zyl : O K
Appellant: O K

/62

62.
Hierdie gesprek, moet onthou word, was tussen vriende wat mekaar van kindsbeen af geken het en gewoond was om oor en weer te kuier. Van Zyl was trouens 'n persoon wat, volgens appellant self, daardie naweek 'n "slagding" by hom sou kom haal het en minder as 'n uur vantevore die huis uit is met R5 400 wat appellant hom met groot vrymoedigheid geleen het. Daarom kan gevra word: Vanwaar nou appellant se skielike kilheid en vanwaar sy deur-sigtige verskonings? Waarom word hierdie vriend in nood nie gehelp nie? Appellant se antwoord by die verhoor dat hy onder die indruk was dat Van Zyl van hom af na sy pa se nabygeleë plaas sou ry

/63

63.
en dat hy nie kon verstaan waarom Van Zyl na hom gekom het vir petrol nie , is eenvoudig nie aanvaaT-baar nie. Selfs al het appellant die versoek vreemd gevind, waarom maak hy dan nie minstens die deur oop ommet sy vriend te praat eh uit te vind wat aan die gang is nie? Wat meer is : Van Zyl het gesê dat hy nie genoeg petrol het om Van Rhyns-dorp - meer as 'n honderd kilometer daarvandaan -te haal nie. Waarom vra appellant nie vir hom nie : Maar wat praat jy nou van Van Rhynsdorp, ek dag dan jy ry na jou pa toe? Of : Waarom wil jy nou hierdie tyd van die nag terugry Van Rhyns-dorp toe; wat nou van jou vleis? So onnatuurlik

/64

64.
was sy reaksie en so onaanvaarbaar is sy verduide-

liking daarvoor dat dit op sigseif reeds 'n groot

vraagteken oor sy geloofwaardigheid plaas. Selfs

hy moes dit besef het want, hoewel hy aanvanklik

te kenne gegee het dat hy "op die aarde" nie ver-
moed het dat Van Zyl dalk saam met die polisie was

nie, het hy later getuig:

"Daardie polisie het nie doodstil daar ander-kant die deur gestaan nie. Dit is heel moont-lik dat ek, alhoewel ek dit nie noukanonthounie, dat onder daardie omstandighede wat werklik plaasgevind het, dat daar toe al iets was wat ek verder nie kon verstaan as net die petrol."

Op Van Zyl se weergawe is die hele insident ver-

staanbaar. Volgens hom het hy die appellant in

/65

65.

hulle vroeëre gesprek gesê dat hy nog Van Rhyns-dorp toe moes ry waar die persoon van wie diamante kom, vir hom gewag het. Op sy weergawe is dit dus verstaanbaar dat appellant sy bewering dat hy
te min petrol gehad het om daardie dorp te haal,
nie bevraagteken het nie. En, indien Van Zyl se
bewering korrek is dat appellant vroeër die aand
diamante by hom gekoop het, is appellant se lugtig-
heíd om die deur oop te maak ook te begrype veral
omdat die polisie vantevore probeer het om hom in
'n diamant lokval te betrap. (Volgens bew 10A was
appellant deur gaans bedag op 'n lokval - op een sta-
dium praat hy selfs van wat hy vir "die magistraat"

/66

66.

sal sê "as dit nou 'n 'trap' is." )

2.Appellant se optrede toe Majoor Meinties beweer het

dat hy 17 diamante vir R5 400 gekoop het.

Nadat die polisie diehuis binnegegaan het, het

Majoor Meintjies die appellant gevra of hy die 17 dia-

mantewat hy vir R5 400 gekoop het, wou oorhandig. Ap-

pellant het dit nie betwis niedat sy reaksie volgens

die arrestasie-band soos volg was:

"Daar bestaan nie so 'n bedrag nie. Nee wat, daar

bestaan nie so Neeman daar bestaan nie so

'n bedrag. Ek het nie diamante gekoop nie."

Wat opsigtelik afwesig is, is 'n mededeling dat

die R5 400 aan Van Zyl geleen het en die vraag is:

waarcm het appellant nie onmiddellik toe die polisie

/67

67.

met Van Zyl by die huis opgedaag en beweer het dat hy diamante vir daardie bedrag gekoop het, openbaar

dat hy die geld aan Van Zyl geleen het nie? Sy versuim gaan nog verder. Kort daarna het Van Zyl
in appellant se teenwoordigheid beweer dat hy die diamante aan hom verkoop het en dat appellant die R5 400 waarop hulle ooreengekom het, aan hom gegee hetOngevraag was appellant se reaksie weereens: "Daar bestaan nie so 'n ding nie." Toe Van Zyl daarna getalm het om te antwoord op 'n vraag oor wat appellant met die diamante gemaak het, het laasgenoemde, weereens ongevraagd, tussenbei gekom met 'n opmerking: "Ou maat as hulle 'n saak teen jou

/68

68.

ondersoek, moet jy jou bek hou, dis al." Weereens ontstaan die vraag: waarom het appellant nie onmid-
dellik vir Van Zyl gesê dat hy lieg en dat hy die R5 400 geleen het nie? En waarom het hy hom pro-beer verhoed om te vertel wat van die diamante ge-word het?
By die verhoor het appellant ongetwyfeld besef dat sy versuim om die polisie in te lig oor die lening teen hom sou tel,en het hy getuig dat hy dit inderdaad gedoen het. Hy moes egter ook be-sef het dat so 'n mededeling nêrens in die opname wat van 'n deel van die verrigtinge gemaak is, ver-skyn nie. Sy getuienis was aanvanklik dat hy nie

/69

69.
kon onthou op watter stadium hy dit gesê het nie. Sy aandag is toe daarop gevestig dat Majoor Meintjies se verslag aan Generaal Neeth-ling en Brigadier Erasmus oorwat voor hulle aan-koms gebeur het, opgeneem is en dat dit uit die opname blyk dat hy Meintjies se verslag aange-vui het deur oa by te voeg dat hy niks erken of ontken het nie omdat 'n saak teen hom ondersoek word; en dat Pool hom in die rede geval het toe hy verder bygevoeg het: "Wat die geld aanbe-

tref " (Hy het die sin nooit voltooi nie.)

Nadat hy herinner is aan sy onvoltooide verwy-sing na die geld het hy aanvanklik te kenne

/70
70. gegee dat dit die geleentheid was waarop hy die generaal van die lening vertel het. Sy ge-
tuienis op hierdie stadium was dat

" ek (het) daar beslis gesê wat

die geld aanbetref, is geld wat ek aan Van Zyl geleen het. Dit is soos ek dit onthou. Ons kan die band speel. As dit my stem daar is wat daar praat, moet hy op daardie omstandighede, moet hy dit sê, want vir die generaai het ek gesê dat dit geld is wat ek vir Van Zyl geleen het."

Die bewering dat hy sou gesê het"is geld wat ek aan

Van Zyl geleen het" word deur die arrestasie-band

weerlê; daarvolgens het hy net gesê "wat die geid

aanbetref'en het hy stilgebly toe Pool hom in die

/71

71.

rede gevai het. Of die appellant besef het dat

sy getuienis nie staande sou bly nie en of hy weer -

in die woorde van die verhoorregter - vir homself
'n agterdeur wou ooplaat, is moeilik om te sê maar

hoe hy daarna gereageer het op vrae oor die stadium
waarop hy die generaai van die lening sou vertel

het, blyk uit die volgende passasies:

"U sê op hierdie punt het u gesê wat die geld

aanbetref? Op daardie punt u Edele, het -

ek het dit vír die generaal gesê. Ek kan mis-kien verkeerd wees dat dit dalk op 'n ander sta-dium - maar vir generaal Neethling het ek dit daar gesê. Dit is seker dat ek dit ontken, die diamante en in daardie omstandighede daar in daardie tyd, het ek definitief op die laas-te, het ek gesê."
" U Edele, ek het 'n vermoede dat dit die sta-dium is waar ek gesê het wat die geid aanbe-

/72

72.

tref, het ek die geid vir Van Zyl geleen. Ek het 'n vermoede dat dit is - want ek weet ek het dit iewers gesê en ek het dit gesê in die
tyd wat generaal Neethling daar was,u Edele. Aan hom is dit gesê. So, ek het 'n vermoede dat dit daar in dié omstandighede is, u Edele, maar ek kan nie met sekerheid vir die Hof sê nie. Maar wat ek wel toe al mos geweet het is dat hulie nou teen my nou die saak onder-soek, dat dit nie ... Dat Bernard ... Ek het toe al 'n duidelike aanduiding gekry van wat nou hier aan die gang is. Bernard het toe

al mos nou rapporte gemaak, toe weet ek, kyk, _

hulle dink nou ek het diamante gekoop, u Edele."

(Die laaste gedeelte van die tweede passasie is een van vele dergelike onsinnige afwykings wat in sy getuienis voorkom.)

Voorafgaande is nie die enigste punte van kritiek wat ingebring kan word teen appellant se bewering dat hy die polisie van die lening vertel

/73.

73.
het nie; die verhoorregter het as volg na verdere
aspekte verwys en aangedui wat die hof se bevinding

was :

"Beskuldigde se getuienis of hy ooit vir die polisie die aand van die lokval van die be-weerde lening aan Van Zyl gesê,is totaal on-bevredigend. In sy getuienis in hoof het hy geen melding daarvan gemaak nie. Onder kruis-ondervraging begin hy deur te sê dat hy dit 'iewers daardie aand'gesê het (4312) Dan sê hy op bladsy 4314 dat hy dit vir Neethling gesê het en op 4318 getuig hy dat hy dit ook vir sy regsverteenwoordigers gesê het. Later egter, op bladsy 4765, getuig hy dat hy het vroeër die aand 'vir van die polisie gesê en ek dink dit was die generaal.' In antwoord op 'n vraag deur die Hof, het hy gesê dat hy feitlik seker is dat hy dit aan die generaal gesê het. Kort daarna het hy getuig dat dit kon tot Pool se ore gekom het. In antwoord op die direkte vraag:

'Het u aan kaptein Pool daardie aand gesê

/74

74.

dat u die geld geleen het aan die getuie van hulle en dat dít is waar die geld van-daan kom? ' getuïg beskuldigde soos volg:

'U Edele, ek het net baie duidelik vir kap-tein Pool gesê, hy het dit baie duidelik geweet dat ek nie die diamante gekoop het nie. Dit het ek aan hom gesê Edele.' Beskuldigde se getuienis oor hierdie aangeleent-heid is klaarblyklik leuenagtig. Die Hof be-vind dat beskuldigde nooit op die aand van die lokval aan enigeen van die polisie gesê het dat Van Zyl by hom geld geleen het nie."

Hiermee is ek dit volkome eens. Dit is opmerklik

dat dit aan geeneen van die staatsgetuies gestel

is dat appellant enigeen van hulle van die beweerde

lening vertel het nie,en ,dat hy in sy iaaste aantwoord

erken het dat hy nie eens vir Pool - die persoon wat in
beheer van die ondersoek was en wat hy blykbaar deurgaans

/75

75.

beskou het as iemand met wie hy vertroulik kon ge-sels - daarvan gese het nie. In ag genome die erns van die saak, die situasie waarin hy homself bevind het en die afwesigheid van 'n verklaring van sy kant, is dit moeilik om tot 'n ander gevolg-trekking te kom as dat daar eenvoudig nie 'n lening was waarvan hy die polisie kon vertel nie.

3 Appellant se versuim om om die polisie in te lig oor

sy vermoede dat Van Zyl die diamante op die gras-

perk gelaat het.

Dit is gemene saak dat die soektog na die dia-

mante ure lank geduur het en dat appellant aanvank-

lik niks gedoen het om die polisie daarmee te help

/ 76

76.

nie ten spyte van die dreigement om sy vrou te ar-resteer en die beslaglegging op sy geld, waarmee hy alles behalwe tevrede was. Op sy eie weergawe het hy nie voordat hy en Pool uiteindelik buite na die grasperk is sy vermoede dat Van Zyl die diamante daar gelaat het, openbaar nie. Sy onbevredigende getuienis oor sy opmerking in die studeerkamer dat die polisie maar moes kyk waar Van Zyl dit laat val het, is reeds aangehaal en dit is onnodig om uit te wei oor sy wisselende verduidelikings vir sy versuim om Pool volledig in te lig. Hierdie ge-tuienis sluit aan by 'n ander bewering van hom nl dat hy deurgaans 'n "neutrale houding" ingeneem

/77

77. het wat hy soos volg beskryf het:

"....my houding daar was, die mense ondersoek 'n saak op my. Daar nou, kon ek dit tog duide-lik agterkom. Ek het dit dan gesê ook en ek wou nie in 'n konfrontasie met die polisie betrok-ke raak oor enigiets nie. Ek het 'n neutrale houding daar ingeneem Edele. Dit is die Staat se diamante. Dit is die Staat se polisie-of-fisiere wat deur die Staat betaal word. Dit is die Staat se bande wat hulle daar mee in my huis ingekom het en my hele houding was, ek het met juile niks te doen nie, maar ek kan hul-le mos nou nie uit my huis uitjaag nie, hulle is dan daar."

Later het hy getuig:

"Ek het vroeër vir die Hof gesê ek wou nie met 'n redenasie met die polisie betrokke raak nie en ek het nie belanggestei in - my houding was dit is húlle diamante, dit is húlle band, dit is húlle saak, hulle moet maar kyk wat hulle kan regkry. Ek het nie belanggestél nie."

/78

78.
Hierdie neutrale houding en gebrek aan belang-stelling (wat, volgens appellant, ook die rede was waarom hy nie eens behoorlik geluister het toe grepe uit die bandopname aan hom voorgespeel is nie) is nie te rymmet sy heftige beswaar toe die polisie beslag gelê het op sy geld nie. Hy het nie geskroom om hieroor in 'n hewige konfrontasie met Meintjies en Pool betrokke te raak nie. Nog minder is dit verstaanbaar waarom hy na ure van belangelose swye terwyl die polisie besig was om sy huis deur te snuffel, eindelik besluit het om sy vermoede oor waar die diamante was, te openbaar. Volgens hom het hy dit gedoen omdat hy gehoor het dat Van Zyl

/79

79.

dronk en nie in staat was om die polisie die waar-heid te vertel nie. Hierdie verduideliking is egter 'n klaarblyklike nagedagte; Dit is nog aan Van Zyl nog aan enige van die ander staatsgetuies gesuggereer dat eersgenoemde hom aan drank te buite gegaan het, en boonop het appellant self sy mond verby gepraat toe hy op een stadium van sy ge-tuienis te kenne gegee het dat hy verwag het dat Pool vir Van Zyl sou gaan konfronteer toe appel lant hom vertel het vanwaar hy Van Zyl vroeer die aand sien kom het en die diamante op die grasperk gevind is. Later moes hy selfs erken dat Van Zyl nadergeroep is om die diamante te identifiseer toe

/8O

80.

dit gevind is. Ek stem saam met die verhoorhof
dat
" beskuldigde se getuienis in verband met wat hy gesê het of nie gesê het nie terwyl die po-lisie vir die diamante in sy huis gesoek het, asook sy getuienis oor sy beweerde houding van neutraliteit, distansiëring en gebrek aan
belangstelling, so onwaarskynlik en on-
indrukwekkend is "
dat dit as onwaar verwerp moes word.

Wanneer die appellant se optrede vandat die polisie sy huis die aand van die lokval binnegegaan het totdat die diamante uiteindelik gevind is, beoordeel word in die lig van die opmerkings in paragrawe l,2en3hierbo, is die verhoorhof se gevolgtrekking dat hy "besig was om homself te beskerm"; dat hy"klaarblyklik onverhoeds gevang (is)

81
81.

toe die polisie opgedaag het" en dat hy nie geweet het "watter kant toe om te spring nie", ongetwyfeld korrek. Vat die waarskynlikhede rakende die gebeure die betrokke aand betref, wil ek kortliks na enkele verdere aangeleenthede verwys. Die eerste het betrekking op ap-pellant se opmerking in die studeerkamer dat die polisie moes gaan kyk waar Van Zyl die diamante "gelaat val, het." In hierdie hof het appellant aangevoer dat hierdíe opmerk-ing in ooreenstemming is met die feit dat die diamante later oop en bloot bo-op die gras gevind is. Ek weet nie wat hy met hierdie argument beoog het nie. Afgesien daarvan dat die diamante volgens Pool weggesteek gevind is onder die gras, het appellant oor die hoof gesien dat

/ 82
82.

hy getuig het dat sy bedoeling met "gelaat val het" bloot was dat Van Zyl iets daarmee gedoenhet buite die huis.

En hy kon beswaariik iets anders bedoel het sonder om te openbaar dat hy vooraf geweet het dat die diamante buite op die gras gelê het - wat natuurlik verdoemend vir hom sou gewees het.
Die tweede aangeleentheid het betrekking op appel-lant se bewering dat hy na die telefoongesprek van 22 Juiie onder die indrukwas dat VanZyl vleis op Rondawel sou kom haal. Van Zyl was die eerste staatsgetuie. Dit is op-Vallend dat daar niks in kruisondervraging aan hom gqstei is oor enige verwysing in die gesprek die aand van 23 Julie na vleis nie sooswat mens sou verwag indien appellant se

/83

83.

beweerde indruk inderdaad bestaan het. Appellant het egter getuig dat sy vrou(wat nie 'n getuie was nie) hom sedert

Van Zyl se kruisondervraging daaraan herinner het dat sy daar-die aand kort na Van Zyl se aankoms in die kombuis was en vir Van Zyl gevra het of sy die vleis moes inpak, en dat hy gesê het dat dit nie nodig was nie. In kruisondervraging het appellant te kenne gegee dat, hoewel hy kon onthou dat sy vrou indie kom-buis was, hy nie die gesprek oor die vleis kon onhou nie. Dit was, volgens hom, die rede waarom Van Zyl nie daaroor gekruisvra is nie. Dit is onverstaanbaar, indien hierdie ge-tuienis waar is,(wat moeilik is om te aanvaar) waarom die verdediging nie aansoek gedoen het vir Van Zyl se herroeping nie. Die resultaat is dat die enigstegetuienis dat daar

/S4

84.

die aand van 23 Juiie enigsins na vleis verwys is, appel-lant se bewering is oor wat sy vrou hom vertel het van 'n gesprek wat hy self nie kon onthou nie.
Die derde aangeleentheid is die feit dat appel-lant en Van Zyl die aand van die 23ste, nadat hulle 'n drankie ín die kombuis geniet het, saam na die studeer-kamer is waar die R5 400 aan Van Zyl oorhandig is. Cm in die studeerkaner te kom, is hulle eers deur 'n slaap-kamer waar een van die kinders geslaap het en toe deur appeilant en sy vrou se kamer waar laasgenoemde in die bed was. Volgens Van Zyl is hierdie optrede verstaan-baar omdat die skaal waarop die diamante geweeg moes word, imdie studeerkamer was. (Word na bew 10A geluister is dit
85.

dan ook hoorbaar hoe Van Zyl vra waar die skaal is en, toe

appellant vir hom sê dat dit in die "kantoor - van aile

piekke" is, opmerkdat hulle.daremseker by appeilant se vrou

sai verbykom.) In appellant se weergawe kan egter geen

rede gevind word waarom Van Zyi saam is na die studeerkamer

nie. Volgens appellant het hy kom geld leen en waarom hy

- deur Mev Nieuwoudt se siaapkamer nogai - saam is om die

geld te gaan haai weet nugter alleen. In kruisondervra-

ging is appeliant hieroor gevra. Die vraag was :

"Maar op u verhaal verstaan ek dit was 'n ietwat on-gewone stap van hom gewees om saammet u deur te loop, deur die vrou se kamer?"

En sy antwoord:

"Dit is reg u Edele. Ek het nie verwag hy kom
/86
86.
Saam nie. Ek het nie opgelet die man kom saam."

Dit moet onthou word dat die afgesnyde stuk sokkie in

die studeerkamer gevind is. Volgens appellant moes

Van Zyl dit daar gelaat het. Daarom, soos die Staat

se advokaat tereg aan appellant uitgewys het, was dit

belangrik vir sy saak dat Van Zyl in die studeerkamer
moes gewees het, selfs al sou dit beteken dat hy hom
moes gedra het op 'n manier waarop appellant self nie

van hom verwag het nie.

Die vierde aangeleentheid het betrekking op die ge-

beure in appellant se huis die aand van die 23sternadat die

diamante gevind is. Dit is gemene saak dat die polisieman

ne daarna 'n drankie saam met appellant gedrink het en heel

/87
87.

gemoedelik met hom verkeer het. In hierdie hof het appei-lant aangevoer dat dit was omdat almal besef het dat die
lokvai misluk het; anders, het hy aangevoer, sou hy neer-slagtig gewees het en, instede daarvan om saam met die po-lisie te drink, voorbereidings begin tref het vir sy aan— houding. Daar steek niks in hierdie betoog nie. Dit is ondenkbaar dat enigeen van die aanwesiges, insluitende appellant self, onder die indruk kon gewees het dat die lokval misluk het nadat die Calcofluoor aan appellant se hand en in die een skaalbakkie gevind is en nadat gedeeltes uit die bandopname voorgespeel is.waaruit almal kon hoor hoe 'n diamant transaksie beklink is. Selfs al het die appellant, soos hy beweer, vir Pool vertel van sy vermoede oor

/88
88.

Van Zyl en selfs al was die diamante gevind soos hy beweer dit gevind is, volg dit geensins dat die polisie daardeur oortuig moes gewees het van sy onskuld en Van Zyl se dub-belhartigheid nie. Appellant was nog steeds die persoon wat.Pool gelei het na die omgewing waar die diamante gevind is en Pool sou net sy woord gehad het dat dit Van Zyl was wat dit daar gelaat het. In die lig van díe ander inkrimi-nerende getuienis teen hom en Generaal Neethling se duidelik uitgesproke mening dat hy die diamante moes hanteer het,is dit nouliks denkbaar dat sy bewering enigiemand sou bein-druk het. Gedagtig hieraan, is appellant se gasvryheid teenoor die polisie en sy gemoedeiikheid nie vatbaar vir die vertolking wat hy daaraan geheg wil hê nie.

/89
89.

Die vyfde aangeleentheid het betrekking op die terug-

vind van die diamante. Dit is gemene saak dat Kaptein Pool

nie díe gebeure buite die huis op die band opgeneem het nie

hoewel hy vroeër die aand minder belangrike uitwysings op-

geneem het,soos die geld in Van Zyl se motor en die wyndoos
waarin die skaal was. Dit is ook gemene saak dat hy nie

die plek waar die diamante gevind is aan sy kollegas uit-

gewys het of appellant gevra het om dit te doen nie. Ap-

pellant het betoog dat Pool se versuim om enigiets van die

voorafgaande te doen sterk daarop dui dat hy'nie die waar-

heid praat nie. Ek kan appellant nie gelyk gee nie. Die

strekking van Pool se getuienis is duidelik dat hy nie be-

dag was op die belangrikheid van die uitwysing van die

/90

90. diamante nie en dat hy op daardie stadium angstig was om dit terug te vind eerder as om met verdere verdoemende getuienis teen die appellant vorendag te kom. Appellant het self getuig dat "die hoofdoel van die polisie daar was om die diamante te vind".
Sesdens is daar die stuk kous waarin die diamante gevind is. Dit sal onthou word dat dit in die beengedeelte was en dat die voetgedeelte in die stu-deerkamer aangetref is. Die beengedeelte was aan die een punt toegeknoop terwyi die ander punt - waarskynlik omdat dit te kort was vir nog 'n knoop - met 'n stukkie wol vasgemaak was. Appellant het aangevoer dat dit Van Zyl se werk moes gewees het en dat

/91
41.

hy die ander stuk in die studeerkamer gelaat het. Voigens

hom sou dit onsinnig vir hom (appellant) gewees het om nie

die voetgedeelte te gebruik nie en nog meer onsínnig om

daardie stuk in sy studeerkamer te laat lê . Hy het aan

die hand gedoen dat Van Zyl die diamante buite die huis in

die beengedeelte toegeknoop het toe hy besef het dat hy

die verkeerde stuk in die studeerkamer laat lê het,en dat

hy 'n stukkie wol moes gebruik het omdat hy niks anders by

hom gehad het nie. Appellant se vindingrykheid beïndruk
my wel, maar nie sy argument nie. Indien dit vir hom on-

sinnig sou wees om nie die voetgedeelte te gebruik nie,

sou dit ewe onsinnig vir Van Zyl gewees het. Dit is veels

te vergesog om te vermoed dat Van Zyl 'n fout gemaak het

/92
92.

deur die verkeerde stuk saam te neem buitetoe omdat dit eenvoudig nie aanvaar kan word dat hy in die donker in staat sou wees om 'n string wol uit die kous te rafel en dit dan daarmee vas te bind nie. Boonop is dit onverklaar-baar waarom Van Zyl die diamante sou verwyder het uit die vuurhoutjiedosie en dit in die stuk kous sou gesit het. Hiervoor is appellant se verklaring dat Van Zyl geweet het dat hy op een of ander manier moes bewerkstellig dat die Calcofluoor aan appellant se hande kom; daarom moes hy eers sy eie vingers daarmee besmet deur dit op die watte in die dosie te druk en die stof dan oordra na 'n glas waar-aan appellant ook sou vat; maar die dosie het intussen weens die klarrmigheid gedisintegreer; daarom moes Van Zyl

/93
93.

die stuk kous gebruik. Dat daar perke is aan appellant se vindingrykheid blyk uit hierdie suggestie. Dit is waar dat dit by die verhoor geblyk het dat die Caicufluoor in-derdaad vanaf Van Zyl se hand oorgedra kon gewees het na die glas waaruit hy gedrink het en vandaar weer na appellant se hand, maar appellant se suggestie veronderstel dat Van Zyl vooraf bewus moes gewees het van so 'n moontlikheid -wat geheel onaanvaarbaar is. Boonop veronderstel dit dat Van Zyl vooraf moes geweet het dat die dosie sou disinte-greer (waarom anders sou hy die kous saamgebring het?). So 'n mate van versiendheid aan.Van Zyl se kant is nog meer onaanvaarbaar. Die waarskynlikhede voortspruïtende uit die feit dat die diamante gevind is in die stuk kous, toe-

/94
94.

geknoop en vasgebind soos dit was, dui veel eerder daarop dat dit nie Van Zyl kon gewees het wat dit daarin geplaas het nie. En indien dit nie hy was nie, wie anders as die appellant kon dit gewees het?
Laastens is daar die Calcofluoor wat aan appellant se hand gevind is. Generaal Neethling het toegegee dat die stof moontlik aan sy hand kon gekom. toe hy 'n glas han-teer het waaraan Van Zyl reeds met besmette vingers gevat het. Die verhoorhof het gevolglik bevihd dat die aanwe-sigheid daarvan aan sy hand nie as enigste redelike aflei-ding die gevblgtrekking regverdig dat hy die diamante han-teer het nie. Boonop het die generaal getuig dat die stof wat in die een skaalpannetjie gevind is, nie genoeg was

/95

95.
vir chemiese analise nie (hoewel hy oortuig was dat dit tog Calcofluoor was). Daarom is die aanwesigheid van 'n fluoressensie in die pannetjie tereg nie eens in die uit-spraak genoem nie. Appellant het egter aangevoer dat die verhoorhof fouteer het deur nie te bevind nie dat daar 'n groter mate van besmetting aan sy hand moes gewees het in-dien hy die diamante hanteer het. Hierdie betoog hou ook nie steek nie. Appellant se bespiegelings ín die loop van sy argument oor hoe hy die diamante sou moes hanteer het, bly inderdaad niks meer as blote bespiegeling nie; en in die afwesigheid van iets meer tasbaars kan geen aflei-ding gemaak word oor die graad van besmetting wat aan sy hand moes gewees het nie. Dieselfde geld vir sy betoog

/96
96.

dat die feit dat die stof in die pannetjies nie genoeg was vir 'n analise nie, daarop duí dat die besmette día-mante nie daarin was nie. Sy bespiegeling ook in hier-die opsig dra geen gewig niê.
In die lig van die voorafgaande is dit reeds duide-lik dat appellant se weergawe van die gebeure die aand van 23 Julie beswaarlik waar kan wees. Soos voorheen ge-meld, is sy getuíenis en dié van sy broer Gert oor Van Zyl se beweerde mededelings in die hotel in Bellvilie 'n paar dae na die lokval ook verwerp. Ek vind dit nie nodig om breedvoerig in te gaan op al die redes vir die verwerping daarvan nie en volstaan met die belangrikstes. Dit sal onthou word dat die bewering was dat Van Zyl te

/97
97.

kenne gegee het dat hy 'n voorafvervaardigde opname van
wat voorgegee het 'n diamanttransaksie tussen hom en die appellant te gewees het, met die kassetspeler in sy motor oorgeklank het op die polisie se band terwyi hy ên die appeliant in die huis was. Die verhoor-hof het egter daarop gewys (en hierdie aspek sal later meer volledig behandel word) dat die moontlikheid dat Van Zyl so 'n opname kon voorberei het, vir alle prak-tiese doeleindes uitgeskakel is. Soos later sal blyk, was hierdie gevolgtrekking onvermydelik. Dit beteken dat, indien appellant se bewering die waar-heid is, Van Zyl om die een of ander rede vir hom 'n leuen vertel het. Waarom hy dit sou doen, val

/98
98.

moeilik te begryp. En dit sou boonop nie die enig-ste leuen gewees het nie. Dit is ondenkbaar dat Van Zyl - aan die begin van die opname nogal waar dit on-middellik gehoor sou word - iets sou sê wat daarop op-geneem sou word en waaruit die onegtheid daarvaa. sou biyk. Hy was juis die persoon wat bereid was, nie alleen om'n vals opname voor te berei nie, maar om die stuk kous en die diamante in en buite die huis te plant en om te bewerkstelling dat die Calcofluoor aan appel-lant se hand kom. Volgens appellant se eie weergawe was hy dus daarop uit om te alle koste die skyn te skep dat die lokval geslaag het. Waarom sou hy dan alles ongedaan maak met 'n paar selfverdoemende

/99
99.

woorde op die band? Meer nog: waarom sou hy aan appellant vertel het dat hy dit gedoen het en hom met so 'n deursigtige leuen probeer gerusstel? Ek vind dit nie verbasend nie dat appellant toe hy oor Van Zyl se mededelings getuig het, herhaaldelik be-klemtoon het dat hy nie self kon instaan vir die waarheid daarvan nie. Wat wel verbasend is, is dat hy te kenne gegee het dat hy Van Zyl hoegenaamd nie uitgevra het nie weens dieselfde gebrek aan be-langstelling wat hy die aand van 23 Julie teenoor die polisie openbaar het.

Wat die tweede rede betref, moet gemeld word dat

/100

100.

appellant en Van Zyl na die lokval aanvanklik saam aange-

kla is van die diefstal van diamante by CDM. Hulle het

saam 'n prokureur op Citrusdal (Mnr Burger) geraadpleeg en

die verklaring wat Van Zyl met die oog op hulle verdediging

in appellant se teenwoordigheid aan Mnr Burger gemaak het,

is aan die verhoorhof voorgelê. Daarin beweer Van Zyl
wel dat hy die diamante waarmee hy na die appellant gestuur

is, op die grasperk neergegooi het en nie aan appellant ver-

koop het nie, maar daar is geen melding in die verklaring

van die beweerde voorafvervaardigde bandopname nie. Die
verswyging op daardie stadium van so 'n belangrike aangeleent-
heid het die verhoorhof tot die gevolgtrekking genoop dat
appellant toe nog nie "aan hierdie storie gedink het nie".

/101

101
Die gevolgtrekking dat dit 'n nagedagte was, word versterk deur twee verdere faktore. Die eerste is dat appellant se getuienis oor wat Van Zyl vir hom sou gesê het, verskil van stelliings wat vroeër in kruisondervraging aan Van Zyl ge-maak is, en die tweede, dat appellant niks gesê het van Van Zyl se beweerde openbaring in die gesprekke wat hy op 29 Julie 1982 met Majoor Meintjies en Kaptein Pool gehad het nie. Volgens hom het hy Pool op die 29ste gevra oor die R5 400 en het laasgenoemde gesê dat Van Zyl volhou dat hy die diamante aan appellant verkoop het. Maar hy erken dat hy Pool niks vertel het van Van Zyl se onthulling aan hom oor die vervalste band nie en ook nie dat die opname as oneg bewys kon word deur bloot na die eerste gedeelte daarvan

/102
102.

te luister nie. Hy het goed besef dat dit Van Zyl se vol-

gehoue bewering was wat in die weg gestaan het van die terug-

betaling van die R5 400, en dat hy boonop moontiik nog aan-

gekla sou word. Nogtans het hy verkies om Pool nie in te

lig oor Van Zyl se verraderiike optrede nie. Dit is nie
onvanpas nie om aan te dui hoe hy gereageer het toe hy ge-

kruisvra is oor sy versuim deur die volgende vraag en ant-
word aan te haal:

"Mnr Nieuwoudt, ek sê vir - ek wil aan u stel dat enige mens sou onder daardie omstandighede, waar hy nou gekonfronteer word met 'n situasie dat hier nog 'n saak teen hom kan kom vir onwettige diamant-handel, duidelik gebaseer, volgens hom, op vaise inligting en selfs op 'n nagemaakte band, hy sou duidelik daar onmiddellik gesê het: 'Nou man, hoe kan Van Zyl volhou? Hierdie band is 'n nagemaakte band.' --- U Edele, ek het dit nie so gedoen nie.

/103
103.

As die advokaat wil stel dat enige mens dit sou gedoen het, dan is ek nie enige mens nie. Ek het dit nie gedoen nie, U Edele.

U het ook nie vir hom gesê: 'Die man het by my kom geld leen, dis hoekom hy daar was en dit is

waar die R5 400,00 vandaan kom' nie.--- U Edele,

ek het darem aangeneem dat kaptein Pool dit toe al geweet het, want ek het dit daardie aand iewers in die huis, het ek dit gesê. En ek het aangeneem kaptein Pool weet dat dit dit is wat ek sê.

Kan u onthou dat u dit pertinent vir Pool ge-

sê het? --- Nee, ek kan nie dit getuig in die hof,

dat ...

Nou hoekom neem u aan dat hy daarvan weet, as u

dit êrens in die huis vir iemand sou gesê het? ---

Maar U Edele, die polisie praat tog seker met mekaar en ek het aangeneem - en hy kon dit ook gehoor het. Dis nie - maar ek het dit nooit vir kaptein Pool ge-sê nie."

Sy verduideliking eldecs dat hy nie wou inmeng met
moontlike optrede teen Van Zyl nie oortuig my net so min

as wat dit die verhoorhof oortuig het. Daar bestaan myns

/104

104. insiens geen gronde vir inmenging met die hof se verwer-ping van sy getuienis oor die beweerde gesprek met Van Zyl nie. Die redes vir die verwerping daarvan geld ten dele ook vir die getuienis van Gert Nieuwoudt. Laasge-noemde was boonop 'n getuie met so 'n totaal gebrekkige geheue dat hy van die hele gesprek weinig meer kon ver-tel as die essensie van die gedeelte wat appellant ten goede gestrek het. Volgens hom het hy sy eie "hof ge-hou ", waarmee hy te kenne wou gee dat hy inderdaad self wou vasstel of appellant betrokke was by 'n diamant transaksie met Van Zyl. Nogtans het hy sy swak herin-nering en versuim om Van Zyl uit te vra op punte waaroor daar nie helderheid was nie probeer verskoon met 'n

/105
105.

bewering dat hy nie in die gesprek wou inmeng nie. Hy was klaarblyklik so 'n onindrukwekkende getuie dat sy ge-tuienis tereg verwerp is.
Voortspruitende uit die beweerde gesprek met Van Zyl is daar Mog 'n aspek van appellant se getuienis wat vermelding verdien. Volgens hom het hy sy prokureur in-gelig oor die gesprek en die gevolg was dat laasgehoemde saammet hom in Kaptein Pool se kantoor gaan luister het na bew 10A waar hy daarop aangedring het om die begin van die opname te hoor. Dat hy dit gedoen het, is gemene saak. Appellant het aangevoer dat sy aandrang om na die begin van die opname te luister steun bied vir sy bewering oor wat Van Zyl aan hom gesê het. Die verhoorregter het

/ 106
106.

daarop gewys dat Van Zyl getuig het dat hy nie voordat hy bp Rondawel aangekom het, geweet het dat die opnemer reeds aangeskakel was nie, en dat hy inderdaad op pad soontoe met homself sit en praat het. Soos vantevore aangedui, kan dit nie vasgestel word wat hy gesê het nie maar 'n skel-woord is tog hoorbaar waarmee hy bes moontlik sy misnoeë te kenne gegee het oor die feit dat hy op pad was om 'n vriend te verraai. Toe hy en die appellant later saam aangekla is, het hulle mekaar dikwels gesien en gesament-like konsultasies bygewoon. (Appellant het selfs 'n be-drag van R20 000 beskikbaar gestel vir Van Zyl se verdedi-ging.) Volgens appellant het Van Zyl hom by een van hier-die geleenthede ingelig oor die Calcofluoor wat in die

/107
107.

lokval gebruik is en dit is waarskyniik dat hy ook inge-
lig is oor die inhoud van die bandopname, insluitende Van Zyl se alleenspraak op pad na Rondawel. In die lig hier-van dra sy beiangsteiling in die begin van die opname nie die gewig wat hy daaraan geheg wil hê nie.
Ek wend my vervolgens tot Van Zyl se getuienis. Dit is nie nodig om veel hieroor te sê nie aangesien, soos vantevore aangedui, die verhoorhof slegs bereid was om dit te aanvaar tot die mate wat dit deur ander aanvaarbare inkriminerende getuienis gestaaf is. Vir hierdie benadering was daar verskeie redes. In die eerste plek was daar Van Zyl se bewering in sy verklaring aan prokureur Burger waarna vroeër verwys is, dat hy die diamante op die gras-

/108
108.

perk gelaat het en dat sy mededeling aan die polisie dat
hy dit aan appellant verkoop het nie die waarheid was nie. In die tweede plek het Van Zyl onskuldig gepleit by sy eie verhoor waarin hy aangekla is van die diefstal van diaman-te by CDM en onder eed getuig dat hy, na sy eie lokval, bewerings van Majoor Meintjies en Kaptein Pool dat hy dia-mante aan die appellant verkoop het, aanvanklik ontken maar later erken het omdat die polisie gedreig het om hom aan te kla weens sy optrede in die lokval indien hy nie saamwerk nie. By appellant se verhoor het hy getuig dat sy getuienis by sy eie verhoor vals was in 'n poging om homself te verskoon. In die derde plek het Kaptein Pool erken dat hy spesiale gunste aan Van Zy1 bewys het

/109
109.

deur hom op verskeie geleenthede sg onder polisie bewaking
uit die gevangenis te neem en hom dan toe te laat om diie nag by sy vrou deur te bring. Dit is gedoen, het Pool erken, om Van Zyl se medewerking te behou.
Beide by die verhoor en in hierdie hof het die verdediging tereg sterk gesteun op die fundamentele ver-skille tussen Van Zyl se getuienis en wat hy vantevore getuig of verklaar het, en op die wesenlike moontlikheid dat hy sy seile na die wind gespan het deur die appellant te inkrimineer im 'n poging om homself te bevoordeel. Maar dit is juis die rede waarom die verhoorhof aangedring het op stawing. indien daar bevredigende stawende getuie-nis is, vervai die gevaar wat andersins aan sy alleen-

/110

110. staande bewerings verbonde sou gewees het. Op grond hiervan het die appellant toegegee dat die skuldigbevin-ding op die derde aanklag gehandhaaf moet word indien die verhoorhof se bevinding oor die egtheid van bew 10A korrek was. Daarby moet natuurlik gevoeg word dat Van Zyl se bewerings oor die aard van die transaksie wat die aand van 23 Julie beklink is, sterk gesteun word deur ap-pellant se optrede soos hierbo beskryf.

Dit bring my by bew 10A.
By die verhoor en in die skriftelike betoogpunte wat in hierdie hof ingehandig is, is gewag gemaak van die verskil in benadering tussen die beslissings in S v Singh and Another 1973(1) S A 330 (N) en S v Ramgobin and Others

/111
111.

1986(4) S A 117 (N) aan die een kant, en S v Baleka and Others (1) 1986(4) S A 192 (T) en S v Baleka and Others (3) 1986(4) S A 1005 (T) aan die ander kant. Kortliks kom die verskil daarop neer dat in die twee Natalse be-slissings vereistes gestel is vir die toelaatbaarheid van 'n bandopname wat uitdruklik verwerp is in die Baleka sake. Wesenlik gaan dit oor die vraag of bewys van die egtheid van so 'n opname wat as getuienis aangebied word, voorvereiste is vir die toelaatbaarheid daarvan. In Natal is die vraag bevestigend beantwoord; in Transvaal ontkennend omdat, volgens VAN DIJKHORST R in die Baleka sake, onderskei moet word tussen die oorspronklikheid van 'n op-name en die egtheid daarvan - oorspronklikheid affekteer

/112
112.

wel toelaatbaarheid maar egtheid nie aangesien laasge-noemde slegs die bewyswaarde yan die band beinvloed (Baleka (1) op 195H ).
In die huidige saak het die verhoorhof die Singh benadering gevolg. Hoewel die egtheid van beww 10A dus beoordeel is met die oog op die toelaatbaarheid daarvan, is daar nie 'n binneverhoor gehou nie: die Staat het, met instemming van die verdediging, voortgegaan om al sy getuienis op die meriete - insluitende getuienis oor die egtheid van die band - voor te lê, waarna die ver-dediging dieselfde gedoen het. Die egtheid van bew 10A is eers in die slotbetoë beredeneer en in die hof se finale uitspraak behandel. Hierdie prosedure was

/113

113.

ongetwyfeld die mees praktiese omdat die egtheid van die band ten nouste verbonde was aan die geloofwaardigheid van 'n hele aantal getuies wat ten beste geoordeel kon word na aanhoor van al die getuienis.
Vir huidige doeleindes is dit onnodig om te be-
sluit of bewys van die egtheid van bew 10A inderdaad voor-
vereiste was vir die toelaatbaarheid daarvan - hoewel ek
moet sê dat die benadering in die Baleka sake vir my meer
aanneemlik lyk. Daar is nietemin sekere uitlatings in
die Natalse beslissings wat van belang is by die beoorde-
ling van die egtheid van bew 10A en waaraan gevolglik aan-
dag gegee moet word. In die Singh saak het LEON R ge-
sê (op 333 F et seg) :

/114

114.

"As pointed out by Hoffman, supra,the use of tape recordings has given rise to some difficulties. One of these is that

'tapes can be easily edited or altered, so as to make the person whose voice has been recorded seem to say something qúite different'.

In R.v. Stevenson and Others, (1971) I All E.R. 678, where the issue of a possible fabrication was raised, the following rules were laid down:

1. Before the Court would admit them in evi-
dence it had to be established that they
were the original recordings; if suffi-
cient doubt was raised by the defence to
indicate that it was likely that they were
not the originals, and so not the primary
and best evidence, the Court had no alter-
native but to reject them.

2. Accordingly if there is evidence that some
interference with the tape recordings might.
have taken place they are not admissible .

in evidence. (My beklemtoning.)

With regard to 2 above 1 would prefer to say that, if on the evidence as a whole there exists a rea-sonable possibility of such interference, then the tape recordings would not be admissible in evidence."

/115

115. Hoewel MILNE RP (soos hy toe was) in die Ramgobin

saak getwyfel het of dit in alle gevalle slegs die

oorspronklike opname is wat toelaatbaar is, het hy hom-

self gebonde geag aan die beslissing in Singh wat deur

twee regters beslis is. f Gevolglik, het hy op 135
C-D gesê:

" for these recordings, to be admissible,

it must be proved that the exhibits sought to be put in (a) are the original recordings and (b) that, on the evidence as a whole, there ex-ists no reasonable possibility of 'some interfe-rence'."

Hieraan het hy egter bygevoeg (op 135 G-I) :

"The requirements laid down in Singh's case are not the only requirements for admissibility be-cause, as I have already stated, I do not think that in that case the Court intended to lay down

/ 116
116.

an exhaustive set of rules for admissibility. In my view, the State must also prove that the tape recordings do relate to the occasion to which it is alleged they relate, and that they are faithful, and prove the identity of the speakers. These requirements overlap to some extent but they are not identical. There may be proof that the tape has not been altered, added to, edited or in any waý interfered with, but the tape may not be accurate because it fails to reflect faithfully what it purports to reflect. For example, it may fail to re-flect material portions of what it purports to record by reason of deliberate or inadver-tent conduct on the part of the person or per-sons involved in the recording process, or be -cause of some malfunction in thé recording ap-paratus."

Afgesien daarvan dat ek MILNE RP se bedenkings
oor die korrektheid van die eerste reël - nl dat slegs
'n oorspronklike opname toelaatbaar is - onderskryf, is
daar 'n ander aspek van hierdie uitlatings wat korrmentaar

/117
117.

verg.

Volgens die tweede "reël" soos deur LEON R gefor-muleer, is 'n opname ontoelaatbaar indien daar 'n redelike moontlikheid bestaan van "some interference" daarmee, Met "interference" het die belese regter klaarblyklik steurings soos die uitwissing of vervanging van be-staande gedeeltes en die invoeging van nuwe gedeeltes in gedagte gehad. Ongelukkig het hy egter nie uitgewei oor die begrip "some interference" nie. Letterlik , slaan sy woorde op enige steuring, ongeag die wesen-likheid en oorsaak daarvan sodat bv die onopsetlike uit-wissing van 'n enkêle woord, of dit van wesenlike belang i s of nie, die ontoelaatbaarheid van die opname tot gevolg

/ 118
118.

sal hê. Dat dit blykbaar is hoe MILNE RP dit verstaan

het, blyk uit sy slotopmerking in Ramgobin op 179 C-E:

dat -

" the issues I háve been concerned with

are whether the State has proved, and, what is more, proved beyond reasonable doubt:

(1)
(2)

(3) that the tapes are the original recordings
and have not been interfered with in any
way - whether by mistake or otherwise -
since the original recordings were made."

(Nogtans verwys hy in die vorige aanhaling uit sy uit-spraak na die weglatings van "material poftions of what it purports to record.")

Selfs al sou aanvaar word dat bewys van egtheid'n voorvereiste is vir die toelaatbaarheid van 'n opname

/119
119.

meen ek nie dat dit uitgesluit kan word van die getuie-nis bloot op grond daarvan dat steurings daarin voorkom nie. Inteendeel, wanneer in gedagte gehou word dat die gevaar waarteen gewaak moet word, die toelating is van 'n opname ten opsigte waarvan daar 'n redelike moontlik- heid bestaan dat dit 'n verwronge weergawe van die werk-likheid is, is dit vanselfsprekend dat elke steuring nagegaan moet word ten einde te bepaal of daar inder-daad so 'n moontlikheid bestaan. Enige steuring dui irrmers nie noodwendig - of selfs waarskynlikerwys - op onegtheid nie: dit sal onsinnig wees om bv 'n opname

waarin 'n gedeelte van 'n gesprek per ongeluk uitgewis is, bloot weens hierdie gebrek uit te sluit. Natuurlik

/120 *

120.

mag die getuieniswaarde daarvan, afhangende van die wesenlikheid van die vermiste gedeelte, geaffekteer wees maar ek kan my nie voorstel wat die beswaar teen die toelaatbaarheid van die opname kan wees waar daar geen sweem van onegtheid is nie. Dieselfde geld vir opsetlike steurings. Hoewel ek uít die aard van die saak aanvaar dat sulke steuríngs met die eerste blik agterdogwekkend is, kan ek my weereens nie voorstel wat die beswaar kan wees teen die toelaatbaarheid bv van 'n opname waarvan 'n gedeelte doelbewus uitgewis is sonder om daardeur die oorblywende gedeelte te verwring nie. In so 'n geval bly laasgenoemde nog steeds toelaatbare getuienis (tensy dit op ander

/121
121.

gronde ontoelaatbaar is) hoewel die getuieniswaarde daarvan minder mag wees as wat dit andersins sou ge-wees het. Die probleem sal natuurlik wees dat die verhoorhof nie eerstehandse kennis dra van wat presies uitgewis is nie en nie met die mate van sekerheid wat sulke kennis meebring, kan oordeel of die oorblywende gedeelte nie 'n verwronge beeld skep nie. Maar hier-die probleem is nie onoorkomelik nie aangesien die in-houd van die vermiste gedeelte op die gewone manier deur aanvaarbare getuienis bewys kan word.
Ek het pertinent na opsetlike uitwissings ver-wys in die lig van Kaptein Pool se opsetlike uitwissing van die eerste gedeelte van bew 10A. Die vraag is:

/122

122.

wat presies was daar op die band voordat hy dit uitge-

wis het? Gedagtig aan appellant se getuienis oor Van

Zyl se beweerde mededeling dat die onegtheid van die

opname sou blyk uit sy opmerkings In die motor aan die

begin van sy rit na Rondawel, is dit te verstane dat

Pool se getuienis dat hy slegs die irrelevante geselse-

ry tussen die polisiemanne voor en tydens Van Zyl se

vertrek en die aanvangsgedeelte van die rit uitgewis

het, 'n hewige geskil by die verhoor en in hierdie hof

ontlok het. Pool het getuig dat hy die opnemer by die

Geloftefeesterrein onder Van Zyl se krlene versteek

het terwyl sy kollegas naby hulle gestaan en gesels

en skerts het. Nadat hy die opnemer getoets het,

/123

123.

het hy dit aangeskakel waarop Van Zyl in sy kar gekiim en vertrek het. Ek het reeds aangedui dat grepe uit die opname later die aand by Van Zyl se terugkoms en weer in die huis op Rondawei gespeel is en dat Pool weer na die hele opname geluister het voordat hy dit aan Kolonel Jansen gestuur het vir transkribering. Volgens Pool het hy by laasgenoemde geleentheid ge-hoor dat die geselsery en geskerts opgeneem is. Hy het oa gehoor hoe Majoor Meintjies vir Generaal Neeth-ling 'n "coffee royal" - blvkbaar koffie waarby sterk drank gevoeg,is - aanbied. Omdat hy gemeen het dat hierdie aanbod verleentheid kon skep en dat die ge-deelte van die opname voor Van Zyl se vertrek in elk

/124

124.

geval nie ter sake was nie, het hy Majoor Meintjies ge-raadpleeg en daardie gedeelte uitgewis. In die proses het hy egter te.ver gegaan sodat die eerste gedeelte van Van Zyl se rit ook verlore gegaan het. Hy het die Hof verseker dat Van Zyl nie in die uitgewiste gedeel-te gepraat het nie. (Volledigheidshalwe moet gemeld word dat, hoewel die totale uitgewiste gedeelte onge-veer 3 minute beloop, dit gemene saak is dat die ge-deelte waarin die aanbod van die "coffee royal" en die aanvang van die rit volgens Pool hoorbaar was,op die uiterste 18 sêkondes kon geduur het.)

Hoewel Pool en Meintjies in kruisondervraging erg gekapittel is oor die uitwissing het die verhoorhof

/125

125.

Pool se getuienis oor wat presies hy uitgewis het, aan-vaar en die verdediging se suggestie verwerp dat "daar iets sinister steek in die feit dat Pool 'n stukkie van die bandopname uitgewis het". In hierdie hóf het die appellant en sy advokaat in 'n striemende aanval op Pool (en Meintjies) se getuienis oor die uitwissing en die verhoorhof se aanvaarding daarvan, gepoog om aan te toon dat Meintjies nie vir Generaal Neethling 'n "coffee royal" aangebied het hie, of selfs al sou hy dit gedoen het, dat sy aanbod nie opgeneem sou gewees het nie. Ek is nie van voorneme om hierdie betoog in besonderhede te be-handel nie. Niks wat appellant of sy advokaat gesê het, het my oortuig dat daar enigiets skort met Pool se

/126

126. verduideliking van die uitwissing of die aanvaarding daar-van nie. Ek aanvaar derhalwe nie die betoog dat Pool se optrede meebring dat die res van die opname met agterdog bejeën moet word. nie.
By die verhoor en in hierdie hof is verder aange— voer dat die egtheid van bew 10A nie bewys is nie.op grond, eerstens, van appellant se getuienis dat sekere grepe uit die opname wat die aand van die lokval aan hom voorgespeel is, nie in bew 10A voorkom nie en, tweedens, op grond van die deskundige getuienis van Atkinson en Pretorius. Wat appellant se getuienis betref, hoef slegs verwys te word na sy eie bewering dat hy nie belang gestel het in wat aan hom voorgespeel is nie en nie eens behoorlik geluister

/ 127
127.

het nie. Hoe ongelooflik hierdie bewering ook al mag wees, kan hy in die lig daarvan nie verwag dat peil ge-trek moet word op sy bewering oor wat daar toe op die band was nie.
Voordat Atkinson en Pretorius se getuienis behandêl word, is daar eers 'n paar inleidende opmerkings wat ek wil maak.

Ek het vroeër aangedui dat die geskil oor die egt-heid van bew 10A blykbaar sy oorsprong gehad het in Van Zyl

se beweerde onthulling aan appellant en sy broer dat hy vooraf 'n vals opname voorberei het. Ek het ook aangedui dat die verhoorhof bevind het dat die moontlikheid dat bew 10A vooraf voorberei kon gewees het vir alle praktiese

/128
128.

doeleindes uitgeskakel is. Hierdie bevinding was onver-
mydelik. Van Zyl was op 22 Julie 1982 in Kaapstad toe

die moontlikheid van 'n lokval vir die appellant die eerste
maal geopper is. Die volgende middag het hy die polisie

op Malmesbury ontmoet vanwaar die geselskap eers na Vreden-

dal en later na Rondawel is. Indien hy vooraf 'n verval-

s te opname gemaak het, moes hy dit op Maimesbury reeds

gereed gehad het. In ag genome, afgesien van die tyd
wat die vervaardiging van die opname self in beslag sou

geneem het, dat Van Zyl eers 'n geskikte persoon sou moes

vind om die appellant se rol te vertolk en boonop iets in

die vorm van 'n draaiboek met gepaste byklanke sou moes

voorberei, is dit, om die minste te sê, hoogs te betwyfel

/129
129.

of hy betyds 'n opname gereed kon gehad het. (Atkinson het self getuig

dat dit ongeveer twee dae sou neem om die opname in sy huidige vorm
voor te berei en dat twee of drie dae nodig sou gewees het vir die
vooraf beplanning daarvan. Hy het toegegee dat die grootste deel van
die vervalsing voor die lokval moes gereed gewees het.) Boonop is daar
geen getuienis, en is dit ook nie in kruisondervraging aan Van Zyl ge-

suggereer nie, dat hy vooraf geweet het dat hy met 'n opnamemasjien na
appellant gestuur sou word nie. Dit laat die vraag ontstaan hoe dit dan
gekomhet dat hy enigsins daaraan gedink het om 'n vals opname voor te
berei. En selfs al sou dit, strydig met al die waarskynlikhede, nog-

tans aanvaar word dat hy betyds 'n opname gereed kon gekry het, kon dit
onmoontlik bew 10A gewees het aangesien daar dinge in bew 10A voorkcm
waarvan hy nie vooraf geweet het nie. So bv was die geld waarmee hy by

die Geloftefeesterrein opgedaag het presies saamgestel soos die bedrag

waarvan op die band gepraat word;

/130
130.

enwas die totale gewig van die diamante,en die afsonderlike
gewig van een besondere steen wat in die lokval gebruik is, feitlik identies aan dié van die stene waarna op die band verwys word. Van Zyl het die diamante eers op Vredendal ontvang toe hy reeds sy beweerde vais opname gereed moes gehad het. En dan is daar nog Van Zyl se verwysing op twee geleenthede in bew 10A na die tyd: eers sê hy:"Dit is nou kwart voor elf" en later weer: "Dit is nou elfuur." Hy kon onmoontlik vooraf geweet het dat dit juis die tyd sou wees waarop hy inderdaad by appellant op Rondawel sou wees.

Die probleem wat hierdie gevolgtrekking vir die ver-dediging geskep het, 18 voor die hand. Dit is gemene saak

/131
131.

dat die polisie die aand van 23 Julie met 'n opname op Ron-dawel opgedaag het waaruit grepe voorgespeel is en wat op daardie stadium reeds van so 'n aard was dat dit almal be-halwe appellant (volgens hom) oortuig het dat daar 'n dia-mant transaksie plaasgevind het. Waar het daardie opname dan vandaan gekom indien dit nie, soos die staatsgetuies beweer, die een was waarmee Van Zyl by die Geloftefeester-rein opgedaag het nie? Appeilant se saak is dat dit nie bew 10A was nie maar Van Zy1 se voorafvervaardigde vals opname waarin toe nie alles voorgekom het wat tans in bew 10A voorkom nie, en dat bew 10A die resultaat is van 'n verdere vervalsing. Die suggestie is dat die opname na die lokval óf in die geheel vervang is met 'n ander

/132
132.

vervalsing of verbeter en aangesuiwer is, met of sonder Van Zyl se medewerking en moontlik selfs met behulp van ander opnames van appellant se stem. Laasgenoemde moontlikheid is geopper in die lig van appellant se toegewing by die verhoor dat dié Nieuwoudt-stem op bew 10A soveel na syne klink dat dit besonder goed nagemaak moes gewees het deur iemand wat bekend is met sy stem en sy maniér van praat
en vloek en selfs met uitdrukkings wat hy dikwels ge-bruik, en dat hy een opmerking wat in die opname voorkom inderdaad op 'n geleentheid wat hy nie kon onthou nie gemaak het.

Een oomblik van nadenke openbaar egter hoe onrea-listies hierdie suggestie is. Dit veronderstel as basiese

/133

133. beginpunt dat daar 'n voorafvervaardigde vals opname was wat,

soos reeds aangetoon, hoogs onwaarskynlik is bloot weens 'n

gebrek aan tyd en van kennis aan Van Zy1 se kant dat die

polisie beplan het om'n bandopnemer in die lokval te ge-

bruik. Maar dit is nie al nie. Dit moet verder oorweeg
word waarom Van Zyl enigsins met 'n vals opname na appellant .

sou gegaan het. Die enigste denkbare verklaring is dat

hy beoog het om die polisie 'n rat voor die oë te draai.
Maar indien dit so was, is sy optrede teenoor die appellant

onverklaarbaar. Op appellant se weergawe het Van Zyl by

sy aankoms op Rondawel geweet dat hy vrylik kon praat.
Waarom het hy appellant dan nie gewaarsku en nie vertel
wat aan die gang was nie? Waarom het hy met die voor-

/134

134. wendsel gekom dat hy geld wou leen? En waarom het hy sy niksvermoedende vriend nog verder betrek met die Calco-fluoor en die stuk kous en die diamante op dle gras? Na-tuurlik moes hy teenoor die polisie die skyn skep dat hy die diamante verkoop het maar waarom hy die appellant ook sou bedrieg het in stede van sy optrede in oorleg met ap-pellant in te rig, is onverstaanbaar.
Boonop veronderstel die verdediging se suggestie 'n tweede vervalsing wat alleenlik kon geskied het, hetsy met of sonder Pool en Meintjtes se aktiewe samewerking, maar minstens met hulle medewete. Die eerste onbeantwóorde vraag is: waarom sou so 'n vervalsing enigsins nodig gewees het indien die eerste een reeds voldoende was om almal te

/135
135.

oortuig? En die tweede een is: is dit enigsins denkbaar
dat hierdie twee offisiere dit sou waag om die opname te vervals nadat Generaal Neethling en Brigadier Erasmus reeds na die belangrikste dele daarvan geluister het? In die besef dat so-iets te vergesog is om te aanvaar, was die ap-pellant verplig om te betoog dat al diê polisiemanne - van die hoogste tot die laagste rang - saam in 'n "span getrek het" as partye tot 'n gruwelike komplot om hom te inkrimi-neer. So-iets is rnog meer onaanvaarbaar. Dat daar 'n basis is vir so 'n suggestie teen Pool en Meintjies wat klaarblyklik ten nouste saamgewerk het en vertrouelinge was wat vantevore ohsuksesvol was in 'n poging om appellant in 'n lokval te betrap, kan argumentshalwe aanvaar word.

/136
136.

Daar is egtergeen rede om te vermoed dat die twee offisiere wat van Pretoria af gekom het, tot so 'n peil sou daal nie. (Brigadier Erasmus, mag ek meld, het ten tyde van die ver-hoor reeds afgetree en daar was geen verklaring van hom in die polisiedossier nie.)
Ek vind die betoog oor die vervalsing van bew 10A. en 'n komplot tussen die belangrike staatsgetuies nog meer verbasend in die volkome afwesigheid van gepaste stellings aan enige van hulle in kruisondervraging. Van Zyl is boon-op nie eens gekruisvra oor sy bewegings nadat hy die poli-sie op 22 Junie 19&2 verlaat het ten einde vas te stel of dit moontlik vir hom was om 'n vals opname voor te berei nie. Mnr de Villiers se verduideliking dat die verdediging op

/137
137.

die stadium toe hulle getuig het nog nie oor volledige in-ligting oor 'n vervalsing van Atkinson beskik het nie, gaan nie op nie. Die getuies kon herroep word en geen poging is aangewend om dit te doen nie.

Dit bring my by Atkinson en Pretorius se getuienis.
Die hoofredes waarom Atkinson die opname as oneg be-stempel het, is eerstens dat sekere handelinge wat in bew 10A voorkom nie binne die tyd of op die manier verrig kon gewees het waarbinne en waarop dit voigens die opname ver-rig is nie; tweedens dat daar tekens is van sg "edits" -die plekke waar daar met die band gepeuter is en wat aan-duidend is van invoegings of weglatings; en derdens dat geluide of woorde daarin voórkom wat óf oneg klink óf nie

/138
138.

daarin hoort nie, en dat geluide of woorde wat daarin be-
hoort te gewees het, nie daarin voorkom nie. Sy derde rede is deur Pretorius ondersteun. Ek is nie van voor-neme om hulle getuienis in besonderhede te bespreek nie. Die verhoorregter het elke punt van kritiek wat hulle teen bew 10A gehad het, in die uitspraak behandel en sommige daarvan was so klaarblyklik ongegrond dat dit nie verdere vermelding verdien nie. Atkinson was boonop daarop uit om elke plek waar die geluide of woorde in die opname nie volkome hoorbaar of verstaanbaar is nie, uit te buit deur allerlei denkbeeldige moontlikhede te opper, waardeur hy, so kom dit my voor, 'n atmosfeer van agterdog en twyfel probeer skep het. Heelwat van die bewerings wat hy aan-

/139
139.

vankiikmet groot vertroue gemaak het, het egter in die slag gebly toe
hy onder kruisondervraging moes toegee dat dit ongegrond was.
Een van die geskilpunte wat wel uitgesonder kan word vir be-spreking is Atkinson eh Pretorius se bewering dat daar op vier plekke 'n stem in bew 10A voorkomwat nie dié van enigeen van die "akteurs" kan wees nie. (Hierdie bewering moet gesien word in die lig van hulle . getuienis dat bew 10A'n opname van 'n toneelspel tussen twee akteurs is.) Die woorde wat op vier plekke voorkcm, is kort, moeilik hoorbare sin-snedes. Daar was nie eenstenmigheid tussen die getuies oor wat dit is wat daar gesê ís en oor wie dit was wat dit ge-sê het nie; selfs Atkinson en Pretorius was dit nie altyd met mekaar eens nie. Die probleem is vererger deurdat beide Atkinsonen Jansen getuig het dat hulle nie elke keer wanneer

/140
140.

hulle na die opname geluister het, dieseifde woorde gehoor het nie. Dit was die verhoorhof se ondervinding ook; toe die lede van die hof daarna geluister het, het hulle, dan die een getuie se weergawe, dan die ander getuie s'n ge-hoor, en soms was hulle ook nie eensgesind nie. Uiteinde-lik is Jansen se weergawe aanvaar en op grond daarvan het die hof tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie 'n vreemde stem op die band was nie.
In hierdie hof het Mnr De Villiers weer die moont-likheid van 'n vreemde stem geopper en aangevoer dat die egt-heid van die opname nie bewys is nie omdat hierdie moontiik-heid nie uitgeskakel is nie. Sy betoog het daarop neerge-kom dat Jansen se getuienis verwerp, en die van Pretorius en Atkinson

/141

141. aanvaar moes gewees het. Laasgenoemde het, net soos Atkin-son, getuig dat daar op al vier plekke 'n vreemde stem hoor-baar is maar wat sy getuienis besonders maak, is dat hy twee uitdrukkings gehoor het op plekke waar Atkinson en Jansen slegs een kon hoor. So bv het die persoon met die Nieuwoudt-stem op een stadium oor geld gepraat. Jansen het een van sy op-merkings aanvanklik getranskribeer as "die geld i s in die melkerykamer" maar, nadat hy weer na die opname geluister het, het hy getuig dat die opmerking "die geld is in die bankrekening" is. Atkinson het saamgestem dat die betrokke woord "bankrekening" is maar beweer dat dit vir hom geklink het asof daardie woord oor iets anders gesê is. Volgens Pretorius sê die Nieuwoudt-stem "die geld is in die bank-

/142
142.

rekening" maar onmiddellik voor "bankrekening" sê iemand anders in 'n

fluisterstem "melkerykamer". Die gefluisterde woord is vol-

gens hom nóg in die Van Zyl-stem nóg in die Nieuwoudt-stem. Die

ander plek waar Pretorius twee uitdrukkings hoor, is teen die
einde van die dialoog. Hier, het hy getuig, hoor hy "Ou Attie" of

"Attie" in 'n vreemde stam agter die woorde "so afleen-alleen" .
wat in die Nieuwoudt-stemhoorbaar is. Aan die einde van die verhoor
was dit gemene saak dat "alleen-alleen" wel daar voorkom maar dit was

net Pretorius wat die vreemde stemdaaragter kon hoor (hoewel Atkinson

ook hierdie gedeelte van die opname betwyfel het en lede van die hof

aanvanklik "Ou Attie dankie" gehoor het waar hulle later oortuig was

"so alleen-alleen" voorkom).

Mnr De Villies het aangevoer dat die blote feit dat verskeie luisteraars, waaronder lede van die hof, minstens

/143
143.

op een stadium die woorde gehoor het wat volgens Pretorius
op die betrokke plekke voorkom, sterk steun vir iaasgenoemde bied en, word dit aanvaar dat daardie woorde inderdaad daar voorkom, kon dit nie deur een van die"akteurs"gebruik gewees het nie.
Wat die ander twee plekke betref waar die vreemde stem volgens Atkinson en Pretorius hoorbaar is, is dit bloot 'n geval waar daar 'n geskil is oor wat dié woorde werklik is en deur wie dit geuiter is. Waar Atkinson op die een plek in 'n vreemde stem "Sersant-majoor" of "majoor" hoor en Pre-torius "kan jy my hoor", is die woorde volgens Jansen "ja nee wat" in die Nieuwoudt-stem; en waar Atkinson op die ander plek in 'n vreemde stem "wag julle is te góu" en

/144
144.

Pretorius "wag dis te gou" hoor, is die woorde volgens Jan-sen "wag die geld is te goed" in die Nieuwoudt-stem. In beide gevalle het di.e verhoorhof voorkeur verleen aan Jan-sen se weergawe.
Die geskil oor wat op hierdie vier plekke in die opname voorkom, bring twee vrae na vore. Die eerste is hoe die verhoorhof die geskil moes besleg en hoe hierdie hof dit nou moet beoordeel; die tweede is wat die effek is indien dit nie bevredigend ten gunste van een van die partye kon , en tans kan besleg word nie. Wat beide vrae betref is dit van belang dat die betrokke woorde en die identiteit van die persoon wat dit gebruik het, nieteen-staande Pretorius se aanspraak dat hy dit sonder moeite kon

/145

145. vasstel, uiters moeilik bepaalbaar is. Nadat ek herhaal-delik aandagtig na die opname geluister het, kan ek met rede-like beslistheid sê dat ek op drie plekke van Pretorius en op die vierde plek van Jansen verskil, maar daar is nie een-sterrmigheid tussen my en my kollegas oor al vier punte nie. Soos vantevore aangedui, was dit ook die geval met die lede van die verhoorhof: dit blyk duidelik uit die oorkonde dat hulle nie altyd eensterrmig was toe die opname in die hof ge-speel is nie en dat die uiteindelike bevinding - wat nie in alle opsigte ooreenkom met lede se vroeëre waarnemings hie -grootliks op Jansen se getuienis gebaseer is. Daarom is die huidige nie 'n geval waar die geskil deur eie waarneming deur die verhoorhof kon, en tans deur hierdie hof,kan besleg

/146

146. word nie.
Daarenteen is ek nie bereid om'n submissie wat Mnr De Villiers op een stadium gemaak het (klaarblyklik sonder dat hy self veel geloof daarin gehad het) te aanvaar nie nl dat daar slegs gelet moet word op wat deskundige ge-tuies se waarnemings was. Om te hoor watter woorde in hier-die soort opname voorkom, verg geen deskundigheid nie en 'n geregshof kan in elk geval nie sy funksie aan die getuies de-legeer nie. Natuurlik moet ag geslaan word op die getuie-nis; maar uiteindelik is dit die hof se taak om te bepaal wat die woorde is en deur wie hulle gebruik is.

Ek stem ook nie saam met Mnr De Villiers se verdere submissie dat bew 10A verwerp moet word indien dit sou blyk

/147
147.

dat die moontlikheid van 'n vreemde stem nie uitgeskakel kan

word bloot deur daarna te luister en bloot deur oorwging

van die deskundige getuienis nie . Indien die opname vol-
kome duidelik was, sou die verhoorhof se persoonlike waar-nemings natuurlik afdoende gewees het en gevalle mag denkbaar voorkom waar, hoewel die opname nie dermate duide- lik is nie, die deskundige getuienis van so 'n aard is dat die inhoud daarvan met redelike sekerheid bepaal kan word. Maar waar, soos in die onderhawige geval, die opname ondui-delik is en die deskundiges niks meer kan bydra as hulle persoonlike waarnemings nie, neem hulle getuienis die saak eintlik nie veel verder nie omdat hulle waarnemings vanself-sprekend mank gaan aan dieselfde gebrek as dié wat aan die

/148
148.

verhoorhof s'n kleef. Dit beteken egter nie noodwendig dat

daar in so 'n geval nie tot 'n bevinding geraak kan word oor

die egtheid van die.opname nie. Die rede hiervoor is dat

die ondersoek na die egtheid daarvan nie beperk is tot die

verhoorhof se eie waarnemings en die getuienis van deskun-

diges oor die inhoud daarvan nie. Klaarblyklik moet alle

ander faktore wat enersyds op egtheid en andersyds op onegt-

heid dui ook in aanmerking geneem word en uiteindelik moet
'n besluit oor die egtheid geneem word aan die hand van die

getuienis as geheel. Die kernvraag is oí die Staat die

redelike moontlikheid van 'n vals opname uitgeskakel het.
Daardie vraag moet aan die hand van die kumulatiewe effek

van al die beskikbare aanduidings beantwoord word sonder

/149
149.

dat dit van die Staat verwag word om elke afsonderlike fak-
tor wat in appellant se guns mag tel, uit te skakel (Rex_v De Villiers 1944 A D 493 op 508-509; S v Shabalala 1986(4)
S A 734 (A) op 750 E-F). Daarom moet die hof se onvermoë om deur eie waarneming en met behulp van die deskundige ge-tuienis te bepaal of daar 'n vreemde stem in bew 10A voorkom, tesame met alle ander relevante faktore, as deel van die totaliteit van die getuienis oorweeg word ten einde te be-paal of die redelike moontlikheid van 'n vals opname uitge-skakel is.
In die lig van hierdie opmerkings kan ek die ver-hoorhof se bevinding dat daar nie 'n vreemde stem is nie, nie ondersteun op die basis waarop dit uitgebring is nie. Ek

/150
150.

meen nie dat Jansen se getuienis oor hierdie aspek van die
egtheid van bew 10A meer oorredend is as dié van Pretorius nie; en selfs al sou dit wees, bly daar altyd die probleem met die swak hoorbaarheid van die betrokke gedeeltes wat 'n vanselfsprekende nadelige effek op die waarde van sy getuie-nis het. Dieselfde geld natuurlik vir Pretorius se getuie-nis. Daarom kan dit ook nie bloot op sy getuienis aanvaar word dat daar inderdaad 'n vreemde stem in die opname is of dat daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat dit daarin voor-kom nie. Dit sal later aangedui word waarom Atkinson se getuienis oor hierdie aspek en oor ander aspekte nie aan-vaarbaar is nie.

Vervolgens word gelet op die getuies se algemene

/151
151.

geioofwaardigheid oor die egtheid van die band. Dit is duide-
lik, soos die verhoorregter tereg opgemerk het, dat Kolonel Jansen nie behoorlik aandag gegee het a