![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
CG SAAKNOMMER: 533/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
JACQUES COETZEE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, STEYN ARR et NIENABER WAR
AANGEHOOR: 10 MEI 1990 GELEWER: 25 MEI 1990
UITSPRAAK STEYN AR
2
Appellant is op 4 Augustus 1989 in die Rondgaande hof vir die Distrik van
Zoeloeland deur Hugo R en twee assessore skuldig bevind
aan die verkragting van
en moord op die 14-jarige skooldogter, Melissa Clare Peckham, op 21 Julie 1988
te Eshowe. Die hof het voorts
bevind dat daar t.a.v. die moord geen versagtende
omstandighede was nie. Op die verkragtingklag is hy gevonnis tot 10 jaar
gevangenisstraf
en op die moordklag is hy ter dood veroordeel. Met verlof van
die hof a quo appelleer hy nou teen sy skuldigbevinding aan verkragting
en teen
die bevinding dat daar t.a.v. die moord geen versagtende omstandighede was nie
(en klaarblyklik ook teen die daaropvolgende
doodvonnis). Die verlof verleen
t.a.v. die verkragting is egter beperk tot die vraag of dit bo redelike twyfel
bewys is dat Melissa
Peckham lewend was toe sy verkrag is.
Op 21 Julie 1988
was appellant 20 jaar en 8 maande oud (gebore op 15. November 1967) en
Melissa
3
feitlik 14 jaar en 11 maande (gebore op 29 Augustus 1973). Dit was gemene saak dat sy 'n maagd en 'n toegewyde jong Christen was. (Daar sal in die vervolg deurgaans na Melissa as die oorledene verwys word.) Sy en appellant het albei by hul respektiewe ouers op Eshowe ingewoon. Albei moeders was lede van dieselfde kerk, t.w. die "Eshowe Community Church", en appellant se moeder was voor 21 Julie 1988 verskeie keer aan huis by Mev Peckham. Die oorledene was in standerd sewe en het daardie dag oudergewoonte haar moeder om 07h20 gegroet en te voet skool toe vertrek. Die derde skoolkwartaal het pas begin. Haar woning was 2,2 km van die skool af. Die pad van haar woning na en van die skool is 'n teerpad met die naam "Natural Arch Drive", wat rofweg oos-wes deur die Dhlinza bos loop. Dit is 'n baie digte bos wat deel uitmaak van h natuurreservaat in die Eshowe dorpsgebied. "Natural Arch Drive" is die enigste teerpad deur die bos. Amper halfpad soos mens van die skool af na die oorledene
4
se huis met dié pad loop, en in die bos, draai 'n destyds erg
verspoelde grondpad na links (d.w.s. in 'n rofweg suidelike rigting)
uit die
teerpad uit. Hierdie grondpad gaan na die George Hotel wat suid van die bos
geleë is. Dit was deur sekere van die skoolkinders
gebruik as 'n voetpad na
en van die skool. Verder aan in die rigting van oorledene se huis, ook binne-in
die bos, draai 'n steil
en moeilik begaanbare voetpaadjie ook na links uit die
teerpad uit. Die voetpaadjie gaan langs 'n draadheining afdraende vir 'n
distansie
van ongeveer 180 treë tot by 'n moerasagtige stroompie in 'n
laagte in die bos.
Toe sy van die huis vertrek het, was die oorledene gekleed
in haar skool uniform - 'n groen jurk wat voor oopknoop, met 'n gordel
om die
middellyf, skoolkleurbaadjie, wit sokkies en knoopband skoolskoene. Haar
onderklere het bestaan uit 'n brassiere en broekie.
Sy was in goeie gesondheid
maar had haar maandstonde.
5
Om ongeveer 14h30 daardie middag het sy van die skool af huis toe vertrek in die rigting van die "Natural Arch Drive". Sy het nooit by die huis aangekom nie. Laat daardie middag is 'n soektog na haar op tou gesit. Die volgende oggend is haar kleurbaadjie, netjies opgevou, haar brassière, skooldrasak en skoene bymekaar gevind op 'n dig beboste plek ongeveer 5 meter anderkant die stroompie van die voormelde voetpaadjie se kant af. Daar was modder aan die skoene. Die brassière was nie geskeur of gekreukel nie, maar had vlekke op wat soos bloed gelyk het. Die skoenbande was losgeknoop. Daar was egter geen teken van 'n worsteling of ander geweld op daardie toneel nie. Dié plek was in 'n reguit lyn ongeveer 65 treë van die naaste pad - die teerpad. Later dieselfde dag (d.w.s. 22 Julie 1988) is die oorledene se lyk gevind in 'n baie dig begroeide en moeilik begaanbare deel van die Dhlinza bos, ongeveer 80-85 treë van waar haar klere en drasak gevind was en ongeveer 80 treë vanaf
6
die grondpad. Dié plek was onsigbaar van daardie pad af maar binne hoorafstand daarvan. Dit was tussen daardie pad en die plek waar haar kleurbaadjie ens. gevind was. Die lyk was baie deeglik met vars blare en takke bedek en was moeilik sigbaar. Die oorledene het op haar rug gelê. Sy was gekleed in haar skooljurk wat toegeknoop was maar dit was so hoog teen haar bene opgeskuif dat haar broekie daaronder sigbaar was. Die mik van die broekie was bloedbevlek en het haar skaamdele bedek. (Dit het later egter geblyk dat dit nie tot bo opgetrek was nie en nie haar boudjies bedek nie. By die nadoodse ondersoek, wat op die 25ste Julie uitgevoer is, het dit voorts geblyk dat 'n self-klewende maanddoekie binne-in die broekie was en dat die broekie en doekie albei bevlek was met 'n mengsel van bloed en urine.) Die gordel van haar skooljurk was styf om haar nek gedraai en om h stok getol wat as draai-instrument gebruik was om die gordel styf te trek. Haar kouse was net deels aan haar voete en het nie
7
haar hakskene bedek nie. Ongeveer 3 m van die lyk af was 'n borshoogte pyp
wat horisontaal op pilare deur daardie deel van die bos
gaan.
Die voormelde
nadoodse ondersoek is op Durban uitgevoer deur prof Jan Botha, hoof van die
departement van geregtelike geneeskunde
in die mediese fakulteit aan die
Universiteit van Natal en konsultant vir die Natalse Provinsiale Administrasie.
By dié ondersoek
is bevind dat die oorledene soos volg beseer
was:
(1)'n 20 mm-breë kneuswond teen die regter agterkop met 'n klein
onderliggende sub-durale breinbloeding. Prof Botha was van mening
dat dit deur
'n harde hou veroorsaak was wat haar minstens katswink sou geslaan het, dat die
hou met 'n stomp voorwerp (moontlik
'n vuis) toegedien was en dat dit kenmerkend
is van die soort besering wat van agter aan 'n vlugtende met 'n hou teen die kop
toegedien
was deur sy of haar agtervolger;
(2)'n 18 mm-breë afbindmerk ("ligature") reg rondom haar
8
nek wat deur die gordel veroorsaak is. Die gordel was so styf om haar nek met
die stok vasgedraai dat dit nie ontknoop kon word nie
en met 'n sjirurgiese lem
deur prof Botha losgesny moes word;
(3) 'n groot hoeveelheid puntbloedings
aan die oorledene
se gesig, borste, tong, oë, longe en hart, wat
kenmerkend
van versmoring is;
(4) klein bloedings van die sagte weefsel
wat die
onderkaak bedek; dit is volgens prof Botha kenmerkend
van die
geweldadige toedruk van die mond met 'n hand, bv
om krete te smoor;
(5) 'n
15 mm-wye kneuswond aan die linker-agter skaamlip,
wat na prof Botha se
mening deur aanvanklike penetrasie
deur die manlike geslagsorgaan veroorsaak
was. Die
besering van dié skaamlip het egter wyer gestrek as
die
kneuswond self. Prof Botha was van mening dat hierdie
besering so
pynlik moes gewees het dat verdere vrywillige
gemeenskap daarna haas
ondenkbaar is. Binne-in die
9
vagina is manssaad egter gevind, wat na prof Botha se oordeel bewys is van
verdere penetrasie. Die maagdevlies was intak maar oopgerek;
(6) aan die
agterkante van haar kuite en arms was modder en veelvuldige parallelle
lynvormige krap- en skaafmerke, wat volgens prof
Botha aanduidend daarvan was
dat sy na haar dood op haar rug aan die skouers oor takkes of dergelike
voorwerpe gesleep is.
Prof Botha se bevinding was dat die oorsaak van dood
verwurging met die gordel was. Hy het geen tekens gevind van verwurging met die
hand nie, en die tongbeen -'n besering waarvan kenmerkend is van só 'n
verwurging -was ongeskonde. Die besering aan die vagina
was na sy mening baie
kort voor dood toegedien (prof Botha het h tydperk van 5 minute of minder
genoem). Dit is volgens hom selfs
moontlik dat dit kort na die dood veroorsaak
kon gewees het. Prof Botha het die terrein besoek en besigtig waar oorledene se
lyk
en besittings gevind is.
10
Hy was van mening dat indien haar lyk oor daardie oppervlakte gesleep was dit die lynvormige beserings aan haar bene en arms sou veroorsaak het. Daar was geen beserings aan die binnekant van haar dye nie wat volgens prof Botha te verwagte sou wees as haar bene met geweld oopgedruk was. Tydens kruis-ondervraging het prof Botha, in antwoord op vrae deur appellant se advokaat, getuig dat die besering aan die oorledene se agterkop moontlik deur 'n val teen 'n klip, en by verdere, later hernude kruisondervraging, deur 'n val op 'n knoesterige wortel, veroorsaak kon gewees het. In sulke gevalle sou sy volgens hom egter agteroor, en nie vooroor nie, moes geval het, en sou hy grond of blare aan haar hare verwag het - iets wat hy nie gevind het nie. Die voormelde beserings, soos gevind deur prof Botha, was nie deur die verdediging betwis nie.
Die oorledene se moeder het by die verhoor namens die Staat getuig. Sy het die oorledene se vertrek
11
skool toe, hoe sy daardie dag gekleed was en wat haar
toestand toe was,
beskryf soos reeds hierbo uiteengesit.
Sy het bygevoeg dat die oorledene 'n
redelik vriendelike
jong persoon was wat graag eendag 'n welsynwerkster
wou
word, nie veel in sport belanggestel het nie, haar
medemens graag wou
help en verbeter, stigtelike boeke
gelees het wat sy by die kerkbiblioteek
gekry het, en
baie gelowig was. Sy het, sovêr haar moeder geweet
het,
geen seunsvriende gehad nie en was 'n baie gehoorsame
kind. Volgens
appellant, wat ook tydens die verhoor
getuig het, was sy h baie skaam meisie
en seksueel
onervare.
Appellant se agtergrond-beskrywing en weergawe
van
die gebeure op 21 Julie 1988 toe hy op die meriete
getuig het, is soos volg
deur Hugo R in die hof se
uitspraak opgesom:
"The accused testified in his own defence. He testified that during May 1988 he had formed a friendship with the deceased, at first
12
apparently a very platonic one. He says about a week and a half before the 21 st of July he had asked her to be his girlfriend and she had agreed. They met three times between then and the deceased's death. During those meetings no sexual activity had taken place, apart from kissing, and there was no discussion on sexual matters. Both he and she were shy persons and both were sexually inexperienced. On the day in question he met the deceased in a park after school. They kissed, whereupon the deceased suggested that they go to a stream in the forest for more privacy. They had been there before just to talk. they went to the stream and sought a dry spot. Both sat down and, after the deceased had put down her schoolbag and blazer, he started kissing her neck and fondling her breasts through her dress. He suggested sex to her but she demurred saying that it was wrong and he knew that this was because she was a committed Christian. He continued, however, to unbutton her dress down to the level of the belt and pulled it down over her shoulders, however not exposing her breasts. He kissed her shoulders and neck and was not stopped by the deceased. She, however, turned round and tried to push him back with one arm. Later in cross-examination he slightly watered down this action on the part of the deceased. He, however, pushed her down onto her back and started kissing her on her mouth. He says, and this is important, that at this stage he could not stop himself. He then, in his evidence-in-chief, uses a very telling phrase. He said 'Die oorledene sien toe dat
13
dit nie sal help om te keer nie."
The deceased then placed her arms around
his . neck and according to him kissed him back. He asked her if this was her
way of showing
that she was willing to have intercourse, upon which she replied
that she was. He got up, took off his T-shirt while she also got
up and stripped
naked, including her shoes and socks. He, however, kept on his shoes, his
trousers and his underpants, inter alia because he says he was taller
than the deceased and if he had intercourse he would muddy his feet. He arranged
deceased's dress on
the ground and placed his T-shirt on top of it. They lay
down on these items of clothing and commenced to attempt intercourse. The
deceased suffered pain which she expressed both facially and orally. He,
however, explained or tried to explain to her that this
was normal and that the
pain would go away. Despite her expression of pain he proceeded to enter her and
ejaculated almost at once.
She again complained or continued to complain of
pain. He stopped and rolled off her.
When he got up the deceased saw blood on
his penis and became very upset. She felt her own private parts, apparently
getting blood
onto her hands, and she used an item of underclothing to wipe off
the blood from her hands. She started dressing and said that she
would tell her
mother what had been done to her. He says he had heard from, his friends that a
girl would bleed on the first time
she had intercourse and he tried to explain
this to her. She, however, would not listen. He got
14
angry he says because of the fact that she would not listen to him and because, he says, he wanted to continue with the sexual activity inasmuch as he had not enjoyed the first time. He grabbed her by the arm and pulled her towards him. She hit him in the face. This angered him further and he slapped her back. She fell back into a sitting position. He approached, he says, to help her up. She got a fright, jumped up and ran away. At first he left her. Then he saw her blazer and satchel. He put on his T-shirt and followed her. He saw her ahead of him, called to her and she stopped running and commenced walking. He walked alongside her. He tried again to explain to her what had happened and that he would get into trouble if she should tell her mother. She ignored him. He grabbed her. He says he was furious. She hit him again. He leapt forward to strangle her. He says he could not get his hands around her neck properly and demonstrated a loose grip with his fingers round behind the ears and his thumbs over the windpipe. He says he applied very little pressure. In the course of this motion he says he lost his balance, fell against the deceased and they both f ell to the ground. In the process she struck her head against a pipe and fell limply to the ground. He thought she was dead. He took out her belt from the loop in her dress, tied it around her neck, picked up a stick and tightened it. He dragged her a few metres away where he placed her under branches and leaves and left for home. In cross-examination he conceded that at the time he put
15
the ligature around her neck he realised that she might still be alive and strangled her with the ligature to cater for this possibility."
(Alhoewel die verhoorhof se uitspraak
op die meriete in
Engels gelewer is ter wille van die oorledene
se
Engelssprekende ouers, is appellant Afrikaanssprekend en
het hy
deurgaans op Afrikaans getuig. Daarom word
hierdie uitspraak in Afrikaans
gelewer.)
Appellant se voormelde weergawe verskil in
sekere wesenlike opsigte van dié vervat in vroeëre
verklarings
deur hom. Om 16h50 op die dag na die
voorval, d.w.s. 22 Julie 1988, het
appellant kort na sy
arrestasie in 'n bekentenis gemaak aan 'n landdros
op
Eshowe (wat met appellant se toestemming tydens die
verhoor ingehandig
is as bewysstuk E), en op 25 Julie
1988 tydens verrigtinge in die landdroshof op Eshowe
ingevolge art 119 van die Strafproseswet, no 51 van 1977,
beweer dat hy
oorledene met sy hande verwurg het. Tydens
die art 119 verrigtinge het hy
gesê dat sy weens daardie
16
verwurging gesterf het. In albei verklarings het hy gesê dat hy die
lyfband om haar nek gebind het nadat hy haar reeds verwurg
het. In die
landdroshof het hy by herhaling gesê hy het dit gedoen sodat "alles
anderste moet lyk". Toe hy tydens kruisondervraging
daaroor uitgevra is, het hy
die vrae meermale onbeantwoord gelaat, maar tog ook o.a. gesê dat hy
deurmekaar was, nie weet waarom
hy dit gesê het nie en nie kan onthou wat
hy daarmee bedoel het nie. In die bekentenis het hy niks van 'n val gesê
nie.
In die landdroshof het hy slegs beweer dat hulle albei geval het toe hy
besig was om die oorledene te verwurg.
Appêllant se getuienis dat
oorledene teen 'n pyp geval het, verskil ook betekenisvol van die voormelde vrae
namens hom aan prof
Botha. Aan nog A/0 Nicholson, sers A du Preez of kol Ockert
Jonker, almal van die SA Polisie is enige vrae gevra oor dié pyp
of oor
die teenwoordigheid van klippe of wortels op die toneel. A/0
17
Nicholson het foto's geneem van voormelde tonele en van
die lyk soos dit gevind is. Dié foto' s is deur hom
ingehandig as die H-reeks bewysstukke. Hy het pertinent
na daardie pyp
verwys en beduie dat dit sigbaar is op
foto H2. Sers du Preez het die lyk gevind en kol du
Preez het die lyk
besigtig toe dit nog gelê het waar dit
gevind was. Dit was slegs in
antwoord op vrae deur Hugo
R in die loop van hoof-ondervraging dat appellant
vir die
eerste keer beweer het dat oorledene teen 'n pyp geval
het. Dit
sou gebeur het toe hy teen haar geval het
terwyl hy haar losserig aan die
keel beetgehad het.
Tydens kruisondervraging het hy beweer dat dit die
pyp
was wat op foto H2 verskyn. Die verloop van dié
kruisverhoor was so:
"Jy het teen haar geval? -- Dis reg.
Ja. En? -- Toe het sy haar kop teen die pyp
wat agter haar was geslaan.
Die pyp wat op daardie foto verskyn? -- Dis
reg. Dit is dieselfde pyp.
Dit is daardie pyp. Het jy dit vir jou
advokaat vertel? -- Nee."
18
Hy kon daardie versuim nie verduidelik nie en die
verhoorhof het dit onverklaarbaar gevind indien sy
bewering die waarheid was.
Appellant se getuienis is verwerp. In die
uitspraak is die volgende ten slotte daaroor gesê:
"The demeanour of the accused in the witness box was also not of such a nature that it instilled any confidence in his veracity. On numerous occasions he appeared to mouth his answers silently to himself before committing himself to speech. It was as if he was trying to remember the words of a recitation. He was often hesitant and his answers were, in some respects, self-contradictory. We have had little difficulty in deciding that the evidence of the accused must be rejected as being false and unreliable. That, however, is not the end of the matter."
Die geleerde regter het toe gehandel met
die vermanende
opmerkings van hierdie Hof in S v MTSWENI 1985 (1) SA
590
(A) op 593I-594D oor die effek van valse getuienis deur 'n
beskuldigde, en soos volg voortgegaan:
"We are left with circumstantial evidence only as to the events in Dhlinza forest on the 21st
19
of July 1988. The following circumstances are beyond dispute.
The
deceased's blazer was found neatly folded. Her shoes were found unbuckled. There
is not evidence before us of signs of any struggle,
either along the paths or in
the vicinity of where these clothes were found. The deceased's bra had been
removed without apparent
damage to it. These circumstances, to our mind, show
that there may have been some voluntary association with the accused on the
part
of the deceased. Although we find it to be unlikely in the circumstances we must
consider the possibility that there was some
petting between these two people
prior to the intercourse and the death of the deceased and, on the basis only of
it being reasonably
possibly true, we give the benefit of the doubt in this
respect to the accused.
We also know, and this is a circumstance of some
importance, that the deceased was a shy, inexperienced, Christian and obedient
girl
who was also menstruating at the time. These circumstances, to our mind,
make it almost impossible to believe that she would have
consented voluntarily
to intercourse. If one takes, in addition to these circumstances, the conduct of
the accused following upon
the intercourse, the inference is to our mind
inevitable that there was no consent to intercourse. It is possible that the
deceased
was already unconscious at the time of intercourse. The blow to the
back of the head could have caused a loss of consciousness. The
injury to the
vagina was caused shortly before
20
death, but it is not possible to speculate further on that possibility. It is
sufficient to find that the circumstances were such
that we can infer nothing
else than that there was no consent to intercourse.
The accused must,
therefore, be found quilty on the first count.
As far as the second count is
concerned we have the following undeniable circumstances. The deceased was found
with a ligature tightly
wound around her neck tightened with a stick. There was
an injury to the back of her head which probably caused unconsciousness.
She had
been hidden under branches and leaves. There were no signs of manual
strangulation. There were no fingermarks around the
ligature which may have been
expected if a deceased attempts to free herself of the strangulating ligature.
This may be an indication
that the deceased was already unconscious when the
ligature was placed around her neck.
It is argued on behalf of the accused
that the Court should accept his version, namely that he thought that she was
already dead,
and that if a conviction of murder were to follow it should be on
the basis of dolus eventualis in the sense that although he thought
she was dead
he recognised the possibility that she was alive and strangled her knowing of
that possibility. I cannot accede to this
argument. The version related by the
accused is so bizarre as to defy credence. I cannot for a second believe that a
person who believes
that a person has been accidentally killed, would try to
make an accident look like murder. It is conceivable
21
that a person would try to make murder look like an accident, not the other way around. The only inference to be drawn from the fact of this strangulation is that it was done with the intention to cause death. No other inference is open.
I have had some regard to the comparative youthfulness of the accused and his degree of development as I am enjoined to do in the Mtsweni case. I can find nothing in the accused's background, his degree of development, that would make the fact that he lied take a different complexion to the one that I have put on it. The only reason for his having lied, both in respect of the rape charge and of the murder charge, can only be to disguise or lessen his implication in these offences.
The unanimous finding of the Court is that the accused put the ligature around the deceased's neck with the direct intention to kill her. He is found guilty also on the second count as charged."
In sy uitspraak op appellant se aansoek om
verlof om te appelleer het die geleerde regter beslis dat
wat die
verkragting betref daar geen redelike vooruitsig
bestaan dat h ander hof sou
kon vind dat die oorledene
tot gemeenskap toegestem het nie. Hy het egter
soos volg
voortgegaan:
22
"However, as it stands, there is a possibility that the intercourse took place post-mortem, in which case the verdict of guilty of rape would be inappropriate. There being that possibility there is some prospect of success on appeal and leave to appeal is granted in respect of the conviction of rape."
Na my mening bestaan daar geen redelike
moontlikheid dat die oorledene dood was toe sy verkrag
was nie. Appellant
se bewerings was deurgaans dat sy
lewend was toe hy gemeenskap met haar gehad het. Volgens
hom was sy daarna
ook nog in staat om gedeeltelik aan te
trek en op die vlug te slaan. Die
mediese getuienis was
ook tot die effek dat sy lewend was toe sy met
haar
gordel verwurg was. Prof Botha se bevinding was trouens
dat daardie
verwurging die oorsaak van die dood was.
Daar was nooit enige suggestie dat
appellant met haar
geslagsverkeer gehad het eers nadat sy weggehardloop
en
met die gordel gedood is nie. Daar is gevolglik geen
meriete in die
appèl vir sovêr dit teen die
skuldigbevinding aan verkragting
gerig is nie.
23
Drie persone het getuig tydens die ondersoek na die bestaan al dan nie van
versagtende omstandighede t.a.v. die moord, almal ten behoewe
van appellant.
Hulle was appellant self, dr John Dunn, 'n psigiater in privaat-praktyk en prof
Stephen Edwards, professor van Sielkunde
aan die Universiteit van Zoeloeland. Dr
Dunn was een van die twee psigiaters wat op bevel van die landdros van Eshowe
i.t.v. art
77(1) van die Strafproseswet 1977, appellant ondersoek het gedurende
die tydperk 4/8/1988-5/9/1988. Die verslae wat op daardie ondersoek
betrekking
het, is bewysstukke A, wat by die aanvang van die verhoor ingedien is, M ('n
duplikaat van A) N en O, wat deur dr Dunn
ingehandig is. 'n Verslag deur 'n
maatskaplike werkster gedateer 23/8/1983 aangaande appellant, is ook deur sy pro
deo advokaat,
mnr Kemp, ingehandig as bewysstuk P.
Die volgende blyk kortliks
uit hierdie corpus van bewysmateriaal. Appellant se familielewe was nie van
24
die beste nie. Hy het twee ouer broers en 'n jonger sussie. Hy en sy familie het herhaaldelik van woonplek verwissel. (Volgens die verslag, bewysstuk P, was dit weens die werksverpligtinge van sy vader, wat 'n bestendige werker was.) Appellant en een van sy broers het gereeld stokkies gedraai en uiteindelik begin steel. Appellant se ouers was egter deurgaans oor-beskermend teenoor hom. Hy het deur die jare vanaf 11-jarige ouderdom herhaaldelik in die moeilikheid beland. Hy was herhaaldelik na Nywerheidsskole gestuur maar het telkens daaruit gedros. (Bewysstuk P was juis 'n verslag vir doeleindes van drostersverrigtinge ingevolge art 54 van die Kinderwet, no 33 van 1960. ) Telkens het hy by sy oom, Johannes Jacobs, op purban gaan skuil. Die oom was self in die tronk vir motordiefstal en hy en appellant het gereeld saam gedrink en gesteel. Appellant het 'n reeks vorige veroordelings, o.a. vir huisbraak en diefstal, maar geen vir gewelds- of geslagsmisdade nie.
25
Gedurende April 1985 is hy gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf weens
motordiefstal. Hy het sy vonnis uitgedien in die geselskap van
"harde
misdadigers". Daarna is tronkstraf weer aan hom opgelê, dié keer op
Eshowe. Hy is uit die gevangenis ontslaan
op 30 April 1988 en het daarna
werkloos by sy ouers ingewoon tot 22 Julie 1988 toe hy vir die onderhawige
misdade arresteer is. Terwyl
hy verhoorafwagtend in hegtenis was, het hy uit
aanhouding ontsnap maar is spoedig weer aangekeer. Dit blyk uit die sielkundige
verslag,
bewysstuk O, dat appellant slegs std 7 (Tegnies) op skool behaal het en
dat sy intelligensiepeil laag is (IK 71-84), maar dat die
toetsresultaat 'n
onderskatting van sy vermoë is weens sy beskeie opvoedingspeil.
Dr Dunn
en prof Edwards was dit eens dat appellant 'n psigopaat is met 'n uitgesproke
graad van psigopatie. Dit is nie deur die Staat
betwis nie. Hulle was dit ook
eens oor die hoofkenmerke van 'n psigopaat
26
t.w. emosionele onvolwassenheid, gevoelloosheid teenoor ander, onvermoë om deur ondervinding te leer, swak impuls beheer en gebrek aan insig met die daarmee gepaardgaande impulsiwiteit van optrede sonder inagneming van die gêvolge. Hulle het saamgestem dat appellant se intelligensiepeil heelwat laer was as wat van 'n persoon van sy ouderdom verwag kan word. Prof Edwards het dit gestel op dié van 'n 16-jarige, maar het toegegee dat dit 'n "baie rowwe skatting" (very rough estimate) is. Dr Dunn het vir die rede daarin gemeld, saamgestem met die stelling in die verslag, bewysstuk 0, dat die uitslag van die toetse 'n onderskatting van appellant se verstandelike vermoëns was, maar prof Edwards het van hom verskil. Hulle was dit egter eens dat appellant verstandelik tot 'n mate onvolwasse is. Dr Dunn.het getuig dat appellant gedurende die voormelde ondersoektydperk 'n merkwaardige mate van impulsbeheer getoon het en die vermoë het om homself te beheer. Hy was ook van mening dat toe
27
appellant die moord gepleeg het, hy doelgerig gehandel
het en nie
impulsief nie. Prof Edwards het nie daarmee
saamgestem nie. Volgens hom was daar wel h mate van
impulsiwiteit in
appellant se optrede. Dat hy egter
heelwat onsekerheid daaroor gekoester het,
blyk uit die
volgende passasie in sy getuienis toe hy tydens
kruisondervraging deur Hugo R ondervra is:
"HUGO J Isn't the probability Professor that he strangled this girl because of his fear of
the repercussions? --- Yes.
Didn't he consider the repercussions and try and avoid the repercussions by strangling her? Doesn't that show some degree of planning, of
forethought? --- Yes, I would think so.
Isn't that contrary to the normal reaction of
the psychopath?---No, I think a psychopath
often is - does display a lot of forethought and manipulative planning.
Is that what you consider this to have been? --- No, not in this case. I can't see it that way. I don't understand it that way.
How do you see it? I'm not sure what
actually happened and the accused - I've asked the accused and he' s not - he can' t explain it clearly and I don't know whether I can, you know, go by what he's saying."
Dr Dunn was van mening dat appellant se psigopatie geen
28
rol by die pleging van die moord gespeel het nie, maar
prof Edwards het
nie daarmee saamgestem nie. Appellant
het beweer dat hy op die oggend van 21
Julie 1988
"taamlik baie" dagga gerook het, dat hy daardeur kalmeer
was en nog onder
die invloed daarvan was toe hy oorledene
daardie middag ontmoet het. Hierdie
bewering is na my
mening tereg soos volg deur die hof verwerp:
"Wat die invloed van dagga betref was dit 'n klaarblyklik impulsiewe gedagte aan die kant van die beskuldigde toe hy daarna gevra is. Daar is nooit gewag gemaak van dagga of die invloed daarvan tydens sy getuienis nie. Dit is alleenlik heel teen die einde van sy getuienis ter versagting dat hy op h suggestie van die hof dit aangegryp het as 'n moontlikheid. Die invloed van dagga word vir huidige doeleindes genegeer."
Die hof het egter aanvaar dat appellant 'n swak
gesinsagtergrond het en "nie aan die normale voordele van
'n gesonde gesinslewe blootgestel was nie". Die hof het
ook in sy guns aanvaar dat hy 'n lae vlak van
intelligensie het en dat "'n mate van onvolwassenheid" by
29
hom teenwoordig was, alhoewel hy nie die indruk van
onvolwassenheid op die hof gelaat het nie. Appellant se
betreklike
jeugdigheid is ook in ag geneem. Die hof het
egter na oorweging van die
uitspraak in S v PIETERSE 1982
(3) SA 768 (A) bevind dat appellant se psigopatie geen
rol by die pleging
van die moord gespeel het nie. Dit is
ook gevind dat die ander voormelde
faktore nóg
afsonderlik nóg kumulatief appellant se
morele
verwytbaarheid versag of verminder het en gevolglik nie
versagtende
omstandighede was nie. Hierdie bevindings is
soos volg gemotiveer:
"Die beskuldigde se gedrag in die verlede soos uit die getuienis voor ons blyk, is gekenmerk deur anti-sosiale optrede van 'n nie-gewelddadige aard. Daar is geen getuienis voor ons van 'n besondere drang tot of seks óf geweld nie. Inteendeel sy hele geskiedenis, soos aan ons voorgelê, spreek tot die teendeel. Dit is ook die indruk wat ek gekry het van Dokter Dunn se getuienis. Sy lewenswyse in die verlede moes van so 'n aard gewees het dat geweld op die een of ander stadium vir hom h opsie moes gewees het. Hy was blykbaar in staat om dit te bedwing. Voor ons was sy optrede deurgaans
30
kalm en beheersd. Dit is ook die indruk van Dokter Dunn, soos ek sy getuienis
verstaan het. In hierdie saak, soos in die Pieterse saak, meen ons dat
daar geen verband bestaan tussen die beskuldigde se psigopatie en die ten
lasgelegde dade nie. Hierdie was nie
'n impulsiewe uiting van geweld nie. Hoewel
daar geen langdurige vooruitbeplanning was nie was dit tog 'n daad wat gepaard
gegaan
het met 'n berekende optrede aan die kant van die beskuldigde. Hy het die
oorledene se lyfband van haar lyf gehaal, hy het dit om
haar nek vasgebind, hy
het gesoek na, en h voorwerp gekry wat hy kon gebruik om die lyfband styf te
trek. Hy het dit styf getrek.
Alles dié is aanduidend daarvan dat dit 'n
berekende optrede aan sy kant was. Was hierdie 'n geval van 'n verwurging deur
sy hande kon die afleiding moontlik in sy guns gemaak gewees het dat dit 'n
impulsiewe geweld was. Daar is, na ons insiens, geen
aanduiding daarvan nie.
Hoewel hy dus as psigopaat geklassifiseer kan word, hoewel ons nie twis met
daardie bevinding nie, is dit
ons eenparige mening dat die psigopatie irrelevant
was tot die pleging van die huidige misdaad.
Die beskuldigde se IK is
eweneens na ons mening hoewel laag, kousaal irrelevant tot die pleging van
hierdie misdaad.
Die swak gesinsgeskiedenis van die beskuldigde verduidelik
tot 'n mate waarom die beskuldigde tot 'n misdadige lewe oorgegaan het,
maar
verskoon dit na ons mening nie, nog minder het dit enige verband na ons mening,
met die pleging van die huidige misdaad.
31
Na ons mening dus is geeneen van die faktore wat genoem is, individueel gesien, aan te merk as versagtende omstandigheid nie. Ook die kumulatiewe effek van al hierdie faktore is deur ons wel deeglik oorweeg en het ons ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit ook nie as versagtende omstandighede aangemerk kan word nie. Tot die mate dat dit gesê kan word dat hierdie faktore se teenwoordigheid wel 'n rol op die misdaad gespeel het, is ons van oordeel dat daardie mate nie die morele laakbaarheid van die beskuldigde verlaag nie en ons is dus van mening dan daar geen morele verontskuldiging van die beskuldigde kan wees nie. Dit is dus ons eenparige bevinding dat daar geen versagtende omstandighede by die beskuldigde teenwoordig is nie."
Ek kan geen fout met hierdie redenasie vind nie.
Mnr Kemp, wat ook in die appèl voortreflik
namens appellant opgetree het, se betoog is dat die
verhoorhof met sy
evaluering van die appellant se lae
vlak van intelligensie en daarmee
gepaardgaande
onvolwassenheid fouteer het deur te min waarde daaraan
te
heg en 'n wesenlike wanvoorligting begaan het deur te
bevind dat
appellant se psigopatie geen rol by die
pleging van die moord gespeel het
nie. Mnr Kemp het
32
betoog dat die benadering van die verhoorhof verkeerd was. Volgens hom sou die korrekte benadering wees om uit te gaan van die vertrekpunt dat die verkragting van en moord op die oorledene die produk was van 'n onvolwasse persoonlikheid; dat daardie onvolwassenheid 'n weerlegbare vermoede van verminderde verwytbaarheid skep; dat dié vermoede nie deur die feite weerlê is nie; en dat die korrekte bevinding gevolglik moes wees dat appellant se onvolwassenheid 'n versagtende omstandigheid was. Hy het voorts betoog dat appellant se psigopatie op 'n oorwig van waarskynlikheid inderdaad op sy onvolwasse gemoed ingewerk het, sy insig en selfbeheersing verder verswak het, sy verwytbaarheid sodoende verder verminder het en derhalwe h bykomstige versagtende omstandigheid was.
Hierdie betoog gaan nie op nie.
Appellant was reeds op die drumpel van mondigwording toe hy oorledene vermoor het. Sy
33
onvolwassenheid skep geen vermoede van verminderde
verwytbaarheid nie. As
20-jarige het die bewyslas op hom
gerus om op 'n oorwig van waarskynlikheid
te bewys dat sy
graad van onvolwassenheid regtens 'n
versagtende
omstandigheid was. Dié regsposisie is soos
volg
uiteengesit deur Rumpff HR in S v LEHNBERG EN 'n ANDER
1975 (4) SA 553 A op 561 G-H:
"Dit beteken alleen dat 'n tienderjarige prima facie as onvolwasse beskou word en op daardie grond versagtende omstandighede bevind kan word tensy dit blyk dat die boosheid van sy daad sy onvolwassenheid uitskakel. Veral sou jeugdigheid van 'n tienderjarige as versagting geld, indien ander faktore weens sy jeugdigheid sy persoonlikheid beïnvloed het. Dit sou ook beteken dat 'n persoon van 20 jaar of ouer kan aantoon, deur aanvaarbare getuienis, dat hy dermate geestelik onvolwasse was dat sy onvolwassenheid as versagting kan dien."
By die bepaling van die effek van appellant
se
onvolwassenheid en van sy psigopatie moet die verhoorhof
en by appèl, hierdie Hof ook - nie net die.psigiatriese
en
sielkundige getuienis in ag neem nie maar ook die
34
feite op die meriete bewese, die betroubaarheid van die appellant as
getuie en die aard van sy bewese optrede gedurende die relevante
tydperk. Dit is
trouens die taak van die verhoorhof en nie van psigiaters en sielkundiges nie,
om op die bewese feite te besluit
oor die bestaan al dan nie van versagtende
omstandighede. S v HARRIS 1965 (2) SA 340 A 365 B-C; S v
MNGOMEZULU 1972 (1) SA 797 (A) 798G-799A; S v LAUBSCHER 1988 (1) SA
163 (A) 17U-172F en S v VAN DER MERWE 30/3/89 (Appêlhof) op p
50-51.
Die benadering van hierdie Hof tot die vraag of 'n verhoorhof se
bevinding aangaande versagtende omstandighede korrêk of verkeerd
was, is
onlahgs herkonstateer in S v McBRIDE 1988 (4) SA 10 (A) op 18-19. Bondig
gestel is dit dat in die afwesigheid van wanvoorligting of onreëlmatigheid
hierdie Hof alleen
dan met so 'n bevinding sal inmeng as dit een is waartoe geen
redelike hof kon geraak het nie en dat hierdie Hof nie sy
35
eie siening in die plek van die verhoorhof se bevinding kan stel slegs omdat hy nie daarmee saamstem nie. In die onderhawige saak stem ek saam met die bevinding van die verhoorhof en met voormelde motivering daarvan. Daar was geen wanvoorligting of onreëimatigheid nie. Die vraag aangaande die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede moet beslis word deur die waarskynlikhede voortvloeiende uit die bewese feite te oorweeg. Dit is algeheel onwaarskynlik dat die oorledene die voorstel gemaak het dat sy en appellant in die bos moet ingaan. Dit is ewe onwaarskynlik dat sy haar feitlik goedsmoeds "poedelnakend" (appellant se eie woord) voor appellant sou uittrek, veral waar sy haar maandstonde gehad het. Op daardie stadium van hul lewens is die verskil tussen 'n jong man wat amper mondig is en 'n skoolmeisie wat nog nie 15 is nie, baie groot en is dit hoogs waarskynlik dat dit die manlike ouere is, en nie die vroulike jongere nie, wat die leiding sal neem. Ek is tevrede dat dit op die
36
waarskynlikhede inderdaad is wat gebeur het. Appellant se optrede was na my mening deurgaans berekend en doelgerig, al was sy oorspronklike bedoeling denkbaar nie verkragting nie maar slegs 'n intieme vryery. Die feit dat sake na die verkragting vinnig verloop het en binne ongeveer vyf minute afgespeel het, regverdig nie die gevolgtrekking dat appellant toe impulsief opgetree het nie. Hy het inteendeel vinnig 'n aantal berekende alternatiewe opsies oorweeg en toegepas oor hoe om die skielike krisis te hanteer wat vir hom ontstaan het toe die oorledene sê dat sy haar moeder gaan vertel wat hy aan haar gedoen het. Hy het aanvanklik met haar geredeneer en probeer oortuig om dit nie te doen nie. Eers daarna, toe sy op die vlug geslaan het om van hom weg te kom en die onmiddellike gevaar hom in die gesig gestaar het dat sy tog aan haar moeder gaan rapporteer, het hy haar te lyf gegaan en doodgemaak om daardie gevaar te vermy. Deur haar lyk te verberg, het hy doelbewus
37
hy daardeur inderdaad 'n groter kans gestaan om moeilikheid te vermy. Dit was deurgaans berekende, doelgerigte en volwasse optrede. Die kwesbaarhede van sy onvolwassenheid en psigopatie het klaarblyklik geen rol by dié optrede gespeel nie en kon gevolglik nie sy verwytbaarheid verminder nie. Die oorblywende faktore was ook nie genoeg om dit te bewerkstellig nie. Die bevinding van die verhoorhof was op die bewese feite goed gefundeer en moet gevolglik bly staan. Die appèl word afgewys.
M T STEYN AR
VAN HEERDEN AR) NIENABER WAR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1990/52.html