![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saak nommer 6/89 E du P
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MXOLISIE NCAPHAYI Eerste Appellant
NONTLOPEKO MADOLO Tweede Appellant
VUZUMSI JACK Derde Appellant
RICHARD YEBE Vierde Appellant
ELVIS NELANI Vyfde Appellant
MAGI SIYOKO Sesde Appellant
SAMSON BOOYSEN Sewende Appellant
BENNET SONAMZI Agste
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: HOEXTER, STEYN et F H GROSSKOPF ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
27 November 1989. 5 April 1990.
2
U I T S P R A A K F H GROSSKOPF AR:
Ek het die voorreg gehad om die uitspraak van my ampsbroeder STEYN te lees en ek stem saam met sy bevindings ten aansien van appellante 1 tot en met 7, asook met sy voorgestelde bevele in paragrawe 1 en 3 ten opsigte van daardie appellante. Wat appellant 8 (hierna beskuldigde 9 genoem) betref, verskil ek egter met respek van sekere van sy bevindings, asook van dievoorgestelde bevel in paragraaf 2 ingevolge waarvan die appèl van beskuldigde 9 van die hand gewys moet word.
Vir die redes hieronder uiteengesit, het die verhoorhof na my oordeel vir beskuldigde 9 ten onregte aan openbare geweld (aanklag 2) skuldig bevind en moet sy skuldigbevinding en vonnis op daardie aanklag tersyde gestel word. Wat aanklag 1 betref, is ek van mening dat beskuldigde 9 tereg aan moord skuldig bevind is, maar vir die redes wat later volg, is ek egter van oordeel dat die verhoorhof
3
fouteer het deur te bevind dat daar nie op 'n oorwig van waarskynlikhede aangetoon is dat daar versagtende omstandighede was nie. Beskuldigde 9 se appèl teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede by die moord was nie, moet myns insiens dus gehandhaaf word. Dit bring verder mee dat 'n gepaste vonnis vir die moord oorweeg moet word.
Die Staat se saak van openbare geweld teen beskuldigde 9 berus op die getuienis van sersant Meyer en konstabel Nelani. Nelani betrek beskuldigde 9 egter veel meer by die pleging van die openbare geweld as wat Meyer doen. Volgens Nelani het hy gedurende die namiddag van 24 Desember 1985 die dorpsgebied van Kwezi agterop 'n bakkie binnegery om die meubels van die oorledene en sy eggenote te gaan oplaai. Sersant Meyer en adjudant-offisier Hattingh het die bakkie in 'n Landrover gevolg. Die bakkie het naby die ingang van die dorpsgebied stilgehou sodat die Landrover hulle kon inhaal. Terwyl hulle daar wag, het Nelani vir
4
beskuldigde 9 na die bakkie sien aangeloop kom. Beskuldigde 9 het 'n knopkierie en 'n fluitjie by hom gehad. Hy het by die venster voor in die bakkie ingeloer waar die oorledene se eggenote gesit het. Nelani het beskuldigde 9 gevra of hy hom met iets kan help, maar beskuldigde 9 het nie geantwoord nie. Hy het omgedraai, die fluitjie geblaas en met die . kierie al swaaiend weggehardloop. Volgens Nelani was die Landrover op daardie stadium slegs ongever 10 tot 12 meter "agter hulle eh moes Meyer vir beskuldigde 9 gesien het. Meyer maak egter geen melding in sy getuienis van so 'n voorval nie. Daar is geen bewering dat Meyer dit nie gesien het nie, en geen verduideliking waarom hy dit sou verswyg het as hy dit wel gesien het nie.
Nog merkwaardiger is die wesenlike verskille wat daar bestaan tussen die weergawes van Nelani enersyds en Meyer andersyds met betrekking tot die omstandighede waaronder beskuldigde 9 by die oorledene se huis opgedaag het. Volgens Meyer se getuienis het hy en beskuldigde 9
5
ongeveer gelyktydig by die oorledene se huis aangekom. Beskuldigde 9 met met 'n knopkierie in die hand uit 'n systraat te voorskyn gekom en in die straat voor die oorledene se huis gedans. Tot sover stem Meyer en Nelani se getuienis ooreen. Nelani getuig egter verder dat beskuldigde 9 aan die voorpunt
van 'n groep volgelinge uit die systraat gekom het, en dat die volgelinge vryheidsliedere gesing het en klippe met hulle saamgedra het. Daarvan maak Meyer geen melding nie.
Daar is ook verdere verskille tussen die onderskeie weergawes van Meyer en Nelani. Nelani, het bv. getuig dat Meyer die hele tyd in die Landrover bly sit het, terwyl Meyer self beweer het dat hy buite die Landrover gestaan het toe hulle daar by die oorledene se huis was.
Die Staat het geen verduideliking vir al hierdie botsende weergawes aangebied nie, en na my mening word die betroubaarheid van hierdie getuienis daardeur geaffekteer. Myns insiens kan daar nie sonder behoorlike stawing met veiligheid op die weergawe van Nelani gesteun word vir sover
6
hy beskuldigde 9 by die pleging van openbare geweld betrek nie. Wat die dansery voor die oorledene se huis betref, steun Meyer en Nelani mekaar egter oor en weer. Beskuldigde 9 het self ook getuig dat hy met 'n kierie by die oorledene se huis opgedaag het, maar hy het die dansery voor die huis ontken. Aangesien Meyer en Nelani mekaar in hierdie opsig staaf, kan dit egter aanvaar word dat beskuldigde 9 wel so opgetree het.
Die afleiding kan gemaak word dat beskuldigde 9 deur middel van hierdie dansery voor die oorledene se huis die skare tot openbare geweld probeer aanhits het, maar na my mening is dit nie die enigste redelike afleiding wat daar van al die getuienis gemaak kan word nie. Dit blyk dat Meyer, Nelani en beskuldigde 9 so te sê gelyktydig by die oorledene se huis arriveer het. Daarna was beide Meyer en Nelani vir 'n geruime tyd saam met beskuldigde 9 op die toneel waar die openbare geweld gepleeg is. Indien beskuldigde 9 inderdaad probeer het om 'n groep oproeriges tot openbare
7
geweld aan te hits, sou mens een of ander vorm van meer doelgerigte optrede aan sy kant verwag het wat onmiskenbaar daarop sou dui. Nòg Meyer nog Nelani maak egter enige
melding van verdere optrede aan die kant van beskuldigde 9 wat hoegenaamd op openbare geweld dui.
Na my oordeel regverdig die aanvaarbare getuienis nie die afleiding, as enigste redelike afleiding, dat beskuldigde 9 die gemeenskaplike doel gehad het om die oorledene se huis aan te val en aan die brand te steek nie. Die getuienis is na my mening eweneens ontoereikend om tot die gevolgtrekking te kom dat beskuldigde 9 'n medepligtige was wat hom bewustelik met die pleging van die misdaad van openbare geweld verenselwig het, of wat bewustelik hulp verleen het om die pleging van daardie misdaad te bevorder. Beskuldigde 9 se appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 (openbare geweld) moet gevolglik gehandhaaf word.
Die verhoorhof se skuldigbevinding van beskuldigde 9 aan openbare geweld was sekerlik 'n verswarende faktor wat teen beskuldigde 9 in aanmerking geneem was toe die vraag na
8
versagtende omstandighede in sy geval oorweeg was. Daardie openbare geweld het die moord van die oorledene voorafgegaan en was immers gerig teen die oorledene, sy huis en sy besittings. Beskuldigde 9 was trouens beskou as een van die hoof aanhitsers tot geweld. Waar hierdie skuldigbevinding aan openbare geweld nou wegval, en nie langer by die beoordeling van versagtende omstandighede enige rol speel nie, moet sy posisie heroorweeg word in die lig van die veranderde omstandighede. Die morele verwytbaarheid van beskuldigde 9 moet, soos in die geval van die ander appellante wie se doodvonnisse tersyde gestel word, beoordeel word teen die agtergrond van die destydse onrus-situasie in die land, en die toestand van verdeeldheid, spanning en vyandigheid wat ten tye van die pleging van die misdaad in die gemeenskap van Kwezi geheers het. Teen daardie agtergrond was daar na my oordeel ook in die geval van beskuldigde 9 versagtende omstandighede aanwesig en hoef die doodvonnis ook nie in sy geval opgelê te word nie. In die
9
lig van beskuldigde 9 se ouderdom (hy was 31 jaar oud toe die misdaad gepleeg is), en die rol wat hy by die pleging van die moord gespeel het, sal dit na my mening egter gepas wees om hom 'n lang termyn van gevangenisstraf op te lê. Beskuldigde 9 se doodvonnis op aanklag 1 (moord) moet gevolglik tersyde gestel word en vervang word met 'n vonnis van 18 jaar gevangenisstraf.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak:
1. Die
appèl van die vierde
appellant
(beskuldigde 5) slaag en sy
skuldigbevindings
en vonnisse op albei
aanklagte word
tersyde gestel;
2. Die appelle van eerste, tweede,
derde,
vyfde, sesde, sewende en agste appellante
(beskuldigdes
1, 2, 3, 6, 7, 8 en 9)
slaag gedeeltelik, en wel soos volg:
2.1 Die skuldigbevindings en
vonnisse van
eerste, tweede, derde, sesde en agste
appellante
(beskuldigdes 1, 2,3, 7 en
9) op die tweede aanklag
(openbare
geweld) word tersyde gestel;
2.2 Die appelle van eerste,
tweede, derde,
vyfde, sesde, sewende en agste
appellante
(beskuldigdes 1, 2, 3, 6, 7, 8 en 9) teen
10
hulle skuldigbevidings op die eerste aanklag (moord) word van die hand gewys;
2.3 Die
appèlle van eerste, derde,
sewende
en agste appellante
(beskuldigdes 1, 3,
8 en 9) teen die
bevinding dat daar in
hulle gevalle geen versagtende
omstandighede
by die moord aanwesig was
nie, en teen
hulle doodvonnisse op die
eerste aanklag
(moord), slaag. Daardie
vonnisse word
tersyde gestel en znet die
volgende
vervang:
Eerste appellant (beskuldigde 1) - 10 jaar gevangenisstraf;
Derde appellant (beskuldigde 3) - 12 jaar
gevangenisstraf;
Sewende appellant (beskuldigde 8) - 15 jaar gevangenisstraf;
Agste appellant (beskuldigde 9) - 18 jaar gevangenisstraf;
2.4 Die
appèlle van tweede, vyfde en
sesde
appellante (beskuldigdes 2, 6 en
7) teen
die vonnisse van 18 jaar
gevangenisstraf
aan elkeen van hulle
opgelê op
die eerste
aanklag (moord) slaag.
Daardie vonnisse
word tersyde gestel en vervang met
vonnisse
van 10 jaar gevangenisstraf elk.
F H GROSSKOPF AR. HOEXTER, AR Stem saam
SAAKNOMMER: 6/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèL AFDELING)
In die saak tussen:
MXOLISIE NCAPHAYI Appellant no1
NONTLOPEKO MADOLO Appellant no 2
VUZUMSI JACK Appellant no 3
RICHARD YEBE Appellant no 4
ELVIS NELANI Appellant no 5
MAGI SIYOKO Appellant no 6
SAMSON BOOYSEN Appellant no 7
BENNET SONAMZI Appellant no 8
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, STEYN et F H GROSSKOPF, ARR.
AANGEHOOR: 3 en 27 NOVEMBER 1989 GELEWER: 5 APRIL 1990
UITSPRAAK
2 STEYN, AR.
Op 4 Mei 1987 het appellante en 'n jong vrou, Nomakula Mnyamana, in die Spesiale Hof te Grahamstad, tereggestaan voor Le Roux Wn.R. en twee assessore, op twee aanklagte, t.w. moord en openbare geweld, wat albei gespruit het uit 'n voorval op die namiddag van 24 Desember 1985 te Kwezi, die swartwoonbuurt by Hanover in die Kaapprovinsie. Ene Martin Holland was, as beskuldigde no 4, saam met hulle aangekla, maar hy was afwesig by die aanvang van die saak en die verhoor het in sy afwesigheid voortgegaan. Hy sou blykbaar later apart verhoor word. Die nommers van die beskuldigdes het egter onveranderd gebly. Appellante 1-3 was onderskeidelik beskuldigdes 1-3 en appellante 4-8, beskuldigdes 5-9. Nomakula Mnyamana was beskuldigde no 10. Geriefshalwe sal steeds na appellante verwys word as beskuldigdes volgens hul bogaande nommers.
3
Dit is beweer dat die beskuldigdes op voormelde datum en plek vir Albert Nkumbi (die oorledene) vermoor (klagte 1) het en openbare geweld (klagte 2) gepleeg het deur onwettiglik met ander persone te vergader en die oorledene se woonhuis te 68 Kwezi opsetlik met klippe en petrolbomme te beskadig ter uitvoering van 'n gemeenskaplike doel om die openbare vrede en sekuriteit te versteur of inbreuk te maak op die regte van andere. Die klagstaat is aangevul deur nadere besonderhede wat op versoek van die verdediging deur die Staat verskaf is.
Die nege oorblywende beskuldigdes was almal verteenwoordig deur mnre Tshabalala en Mncwabe en het almal op albei aanklagte onskuldig gepleit sonder enige pleitverduidelikings ingevolge art 115 van die Strafproseswet, no 51 van 1977. Na afloop van die verhoor is beskuldigde no 10 (Nomakula Mnyamana) op albei aanklagte onskuldig bevind. Die bevindings t.a.v. die ander beskuldigdes was soos volg:
4
Beskuldigdes 1, 2, 3, 7 en 9 skuldig op albei klagtes. Beskuldigde no 5 skuldig aan strafbare manslag op klagte 1 en skuldig op klagte 2. Beskuldigdes 6 en 8 skuldig op klagte 1 en onskuldig op klagte 2.
Dit was gemene saak dat die ouderdomme van dié oorblywende beskuldigdes (die agt appellante) op 24 Desember 1985 die volgende was.
- 18 jaar en 10 maande,
- 19 jaar en 2 maande,
- 21 jaar,
- 26 jaar,
- 19 jaar en 7 maande,
- 18 jaar (geb op 17/12/1967),
- 33 jaar, en
- 31 jaar.
Na aanhoor van getuienis deur mev Evelyn Rasmeni ('n onderwyseres op Kwezi), prof Manganyi en dr Simpson, het die hof bevind dat weens hul ouderdomme daar t.a.v. die
5
moordklag versagtende omstandighede was in die gevalle van beskuldigdes 2, 6 en 7, maar dat geen versagtende omstandighede bewys is t.a.v. beskuldigdes 1, 3, 8 en 9 nie. Die hof het bevind dat beskuldigde no 1 in weerwil van sy jeugdigheid die moord uit inherente boosheid gepleeg het. Op klagte 2 is beskuldigdes 1, 2 en 7 gëvonnis tot 5 jaar gevangenisstraf elk en beskuldigdes 3, 5 en 9 tot 6 jaar. Op die moordklag is beskuldigdes 1, 3, 8 en 9 ter dood veroordeel; beskuldigdes 2, 6 en 7 is elk gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf en beskuldigde 5 tot 5 jaar (vir strafbare manslag), welke vonnisse van gevangenisstraf saamlopend uitgedien moet word met dié opgelê t.a.v. klagte 2. Die beskuldigdes het aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen hul skuldigbevindings en vonnisse en dat h spesiale aantekening op die oorkonde aangebring word ingevolge art 317 (1 ) van die Strafproseswet, no 51 van 1977, en om kondonasie van hul versuim om diê aansoeke betyds te
6
doen. Die aansoeke is aangehoor op 11 April 1988. Die aansoek om kondonasie is toegestaan t.a.v. verlof om teen die skuldigbevindings en vonnisse te appelleer maar geweier t.a.v. die spesiale aantekening. Verlof is daarna toegestaan aan beskuldigde no 1 om teen die doodvonnis aan hom opgelê te appelleer (en gevolglik ook teen die bevinding dat daar in sy geval geen versagtende omstandighede was nie). Origens is die aansoeke om verlof om te appelleer op die meriete geweier. Ek handel later met die gronde vir en verloop van sake t.a.v. die aangevraagde spesiale aantekening. Met verlof van hierdie Hof appelleer die beskuldigdes nou teen hul skuldigbevindings en vonnisse op albei klagtes (en derhalwe ook in die gevalle van beskuldigdes 1, 3, 8 en 9, teen die bevinding dat daar, wat hulle betref, geen versagtende omstandighede was nie).
Tydens die verhoor op die meriete het agt persone namens die Staat getuig. Drie van hulle was lede
7
van die Suid-Afrikaanse Polisie op Hanover, te wete sers Anton Michael Meyer, wat tydelik op Hanover diens gedoen het, en konstabels D M Nelani en Petrus Booysen. Die ander staatsgetuies was dr Renier Basson, distriksgeneesheer vir Richmond en Hanover; Richard Mhlaba, Betty Nkumbi (oorledene se vrou). en Charlotte en William Nkumbi (onderskeidelik 'n suster en 'n broer van die oorledene), almal van Kwezi. (Laasgenoemde drie getuies sal hierna slegs by hul voorname genoem word.) Al die beskuldigdes het getuig, asook twee ander persone, t.w."Shorty" Jantjies van De Aar (namens beskuldigde no 7) en April Favour van Kwezi (namens beskuldigde no 8).
Uit die erkende en onbetwiste feite blyk die volgende. Kwezi is 'n klein gemeenskappie waarvan die meeste lede aan mekaar bekend is. As gevolg van die wydverspreide onrus in die RSA gedurende 1985 het daar ook onderlinge onenigheid en selfs vyandigheid ontstaan tussen die inwoners van Kwezi en is verskeie woonhuise
8
aldaar afgebrand. As gevolg daarvan het die gewese voorsitter van die Kwezi bestuurskomitee (ook die "burgemeester" genoem), ene Mhlaba, met sy volgelinge uit die swartwoonbuurt uitgewyk na 'n gebied nader aan die blanke dorp waar hulle in tente gehuisves is en onder polisie beskerming geplaas is. Dié gebied het as die "tentedorp" bekend geword en die inwoners daarvan as die "tentemense". Onder die inwoners wat in Kwezi agtergebly het was 'n groep wat as die "Comrades" bekend was. Die 25 jarige oorledene was 'n vriend van die "oud-burgemeester", maar aanvanklik het hy en sy familie nie ook na die tentedorp verskuif nie. Sy vrou, Betty, het steeds bly woon in hul woonhuis te 68 Kwezi. Oorledene was werksaam op Secunda in die Oos-Transvaal en het slegs gedurende vakansietye huis toe gekom. In Desember 1985 het hy oudergewoonte huis toe gegaan. Hy het toe besluit om ook
na die tentedorp te verhuis. Op die namiddag van
Dinsdag, 24 Desember 1985, tussen 16h00 en 17h00, het
9
sers Meyer, konstabel Nelani en adjudant-offisier Hattingh, ook van die SA Polisie op Hanover, op versoek van oorledene en sy vrou, met 'n Landrover en 'n bakkie na oorledene se woning in Kwezi gegaan om hulle behulpsaam te wees met die verskuiwing van hul besittings na die tentedorp. Met hul aankoms was daar reeds 'n groep van ±50 mense in die straat voor die huis.
Terwyl hulle besig was om van oorledene se meubels in die straat op die bakkie te laai het die skare vinnig aangegroei. Konstabel Nelani het toe vertrek met die volgelaaide bakkie na die tentedorp. Kort daarna het Hattingh en Meyer ook vertrek om versterkings te gaan haal. Oorledene en sy vrou is by hul huis agtergelaat sonder enige polisiebeskerming. Persone in die skare het hul huis aangeyal met klippe en aan die brand gesteek. Skade ten bedrae van R8 000,00 is daardeur aan die huis en die oorblywende inhoud daarvan berokken. Oorledene het uit die huis gevlug en weggehardloop gevolg op baie
10
kort afstand deur sy broer William, wat by die oorledene se huis opgedaag het net toe oorledene daaruit padgegee het. Hulle is gevolg deur h gedeelte van die skare wat hulle met klippe bestook het. Van die agtervolgers het ook geskree dat oorledene gestop moet word. Uiteindelik - toe oorledene en William reeds buite Kwezi was op pad na die tentedorp - is oorledene neergevel deur 'n klip gegooi deur 'n persoon wat van vooraf te voorskyn gekom het. In William se onmiddellike teenwoordigheid is oorledene verder aangerand deur die klipgooier en ook deur sekere van die voormelde agtervolgers, o.a. met klippe en skerp instrumente, soos bv pangas, terwyl hy op die grond gelê het. Toe dié aanranding nog aan die gang was het William vertrek nadat hy deur 'n vrou daarop attent gemaak is dat hy aan die rug gewond is, iets waarvan hy algeheel onbewus was. (Dit was h steekwond waarvoor hy dieselfde aand op Richmond behandel is en wat chirurgies geheg moes word.)
11
Kort na William se vertrek het sers Meyer die oorledene gevind; hy was nog lewendig en het op sy maag alleen in die veld gelê ongeveer 20 m van die naaste Kwezi woonhuise af. Om hom het 17 klippe van verskillende groottes gelê; meeste van hulle had skerp kante of hoeke, en van hulle was met bloed bevlek. (Hulle is deur Sers Meyer bymekaar gemaak en is tydens die verhoor deur hom ingehandig as Bewysstuk 1.) Meyer het oorledene in die polisievoertuig van die toneel verwyder en hom laat neem na dr Basson se spreekkamer in Hanover waar hy in 'n sterwende toestand deur die geneesheer ontvang is. (dr Basson het gewoon en gepraktiseer op Richmond maar het ook op Hanover 'n spreekkamer gehad waarheen hy twee keef per week gegaan het. Hy was op die punt om na Richmond te vertrek toe die oorledene na hom gebring is.) Daar was nie voldoende fasiliteite op Hanover om die oorledene enigsins effektief te behandel nie en dr Basson het hom onverwyld
12
per ambulans na die hospitaal op Richmond laat vervoer en het in sy eie voertuig saam gery. Oorledene het egter op pad soontoe gesterf; hy was in werklikheid reeds reddeloos toe dr Basson hom op Hanover ontvang het.
Op die volgende dag, kersdag, 25 Desember 1985, is 'n vergadering gehou in die A.M.E. Kerk in Kwezi, waarvan ene eerw Tini die voorsitter was en waarop die aanval op oorledene se huis en sy dood bespreek is. Betty, Charlotte en William was ook daarop teenwoordig.
Op 27 Desember 1985 het dr Basson 'n lykskouing op oorledene uitgevoer en 'n nadoodse verslag opgestel wat hy bevestig en ingehandig het. Dit is Bewysstuk A. Die oorsaak van oorledene se dood was "skok weens bloedverlies weens veelvuldige beserings". Die oorledene was soos volg beseer. Skaaf en kneuswonde aan sy gesig, aan die agterkant van sy regter skouer en van albei hande, asook aan die voorkant van albei bene. Die palms van albei hande en al die vingerpunte was vol klein
13
oppervlakkige laserasies, en daar was 'n fraktuur van die linker middelvinger. Daar was 17 diep laserasies (almal kaphoue) aan die gesig en kop, sommige waarvan deur die skedelbeen gedring het met onderliggende bloedings van die breinweefsel. Dié aan die gesig was soos volg. Tussen die oë, aan die bokant van die neusbrug, was 'n 2 cm x 3 cm laserasie wat nie deur die skedel is nie. Aan die linker voorkop was daar egter h 2 cm x 2 cm laserasie wat die skedel deurdring het, en aan die linkerwang h 3 cm-diep laserasie wat die wangbeen deurboor het en die linker maksillêre sinus vernietig het.
Die kaphoue op die ander dele van oorledene se kop wat ook die skedel deurdring het, was só geleë - een elk agter die regter en linker ore, een aan die linker agterkop en een bo-op die kop. Aan die regterkant van oorledene se rug (aan die agterkant van sy borskas) was ook drie diep kaphoue (elkeen 3 cm x 4 cm en 5 cm diep) wat deur die 9de, 10de en 11de tussen-rib spasies gegaan
14
het, groot bloedvate afgesny het en aldrie tot binne-in die lewer ingedring het. Die deursnyding van die bloedvate het erge bloedverlies tot gevolg gehad. Hierdie drie verwondings was die hoof oorsaak van die dood, maar die kaphoue wat die skedel deurdring het was bydraende oorsake daarvan. Volgens Dr Basson was die ergste aanranding aan die agterkant van oorledene se liggaam en was die kaphoue wat die lewer binnegedring het toegedien met 'n voorwerp wat 'n groot lem had, soos bv 'n panga. Die ander kaphoue is insgelyks toegedien met skerp voorwerpe soos messe of klippe met skerp kante. Oorledene se gebreekte vinger en beserings aan sy hande en vingerpunte was aanduidend van pogings deur hom om houe af te weer en kruipend van sy aanranders weg te kom. Dr Basson se gevolgtrekking t.a.v. die aard van die aanranding op oorledene en die oogmerk van sy aanranders, was die volgende:
"... dit was een van die ergste tipe
15
aanrandings toegedien op 'n mens wat ek nog gesien het in hierdie tydperk wat ek distriksgeneesheer was, en dit is - 'n mens kry die idee dat dit aanhoudend met brutale geweld toegedien is. Die hoofdoel van die geweld wat toegedien is, is om hierdie man te vernietig, met ander woorde, om hom dood te maak. Hierdie gevolgtrekking word bevestig deur die veelvuldige aard van die beserings wat opgelet is en ook deur die mate van geweld wat gebruik is [en] daardie houe wat toegedien is, om dit te veroorsaak."
Hierdie gevolgtrekking en dr Basson se bevindings en
getuienis as geheel, is nie deur die verdediging betwis
nie.
Dit is uit hoofde van die voorgaande duidelik
dat sekere persone inderdaad openbare geweld gepleeg het,
en oorledene vermoor het met die direkte opset om te
dood. Dit was trouens gemene saak tussen die Staat en
die verdediging, soos blyk uit die volgende passasie in
die uitspraak:
"The issue in this case is one of identity. At the outset of his argument, Counsel for the accused stated that it was common cause: (a) That on 24th December, 1985 a crowd of
16
people assaulted the deceased with the common purpose intentionally to kill him.
(b) That on the same day at Kwezi location, persons assembled unlawfully with the common intent forcibly to disturb the public peace or security or to invade the rights of other persons; and that these people acted in concert unlawfully and intentionally damaging the house of Albert Nkumbi by stoning and petrol bombing the said house.
We agree with Counsel.
Counsel also submitted that having regard to
all the evidence the State failed to prove that any one of the accused participated in these
acts."
Die korrektheid van daardie opmerkings is tereg nie tydens die beredering van hierdie appèl bevraagteken nie. Die kernvraag is gevolglik wie by die voorval as daders of medepligtiges betrokke was.
Sekere van die beskuldigdes is anersyds deur Betty en Charlotte as sulks betrek by die aanval op oorledene se huis en andersyds deur Betty, William en Konstabel Nelani by die aanranding op oorledene nadat hy van sy huis af aan die weghardloop was. Die beskuldigdes
17
het almal egter ontken dat hulle enigsins die huis aangeval of oorledene aangerand het. Beskuldigde no 1 het beweer dat hy daardie middag 'n passasier was in 'n voertuig deur Richard Mhlaba (nie die "oud-burgemeester" nie) bestuur, en dat diê hom op sy versoek in die omgewing van die oorledene se huis afgelaai het. Hy wou na sy vriendin gaan. Hy het 'n skare gesien wat naby die oorledene se huis vergader het maar het ontken dat hy soontoe wou gaan of gegaan het of geweet het waarom hulle daar vergader het. Hy het na sy vriendin gaan soek wat in 'n nabygeleë huis gewoon het. Sy was nie tuis nie en hy het toe huistoe gegaan en daar gebly. Hy het beweer dat die skare niks gedoen het terwyl hulle in sy sig was nie, en dat hy niks met die voorval te doen gehad het nie. Beskuldigdes 2, 3, 6 en 9 het weliswaar erken dat hulle daardie middag in die straat voor oorledene se huis was terwyl 'n skare daar vergader het, maar het ontken dat die skare dreigend was of enigiets onwettigs gedoen het
18
terwyl hulle daar was. Hulle het almal beweer dat hulle weer daarvandaan wegbeweeg het terwyl die skare nog heel vreedsaam daar verkeer het en dat hulle ook niks met die voorval te doen gehad het nie. Beskuldigde no 5 het beweer dat hy op 24 Desember 1985 twee kamers in sy huis uitgeverf het en hom daarna tuis so dronk gedrink het met drank deur sy vrou verskaf dat hy sy bewussyn verloor het en eers die volgende oggend, nog steeds ten volle gekleed, op sy bed wakker geword het, en niks met die voorval te doen gehad het nie. Beskuldigdes 7 en 8 het albei ook beweer dat hulle niks daarmee te doen gehad het nie. Albei het beweer dat hulle tydens die voorval nie op Hanover was nie. Beskuldigde no 7 het beweer dat hy gedurende die tydperk 21-27 Desember 1985 by ene "Shorty" Jantjies op De Aar gekuier het, en diè het sy bewering bevestig. Beskuldigde no 8 het beweer dat hy en sy vrou op 23 Desember 1985 na De Aar was om kers-inkopies te doen en op die nag van 23-24 Desember oornag het by die
19
suster van ene April Favour, nadat hulle nie daarin kon slaag om 'n geleentheid terug na Hanover te kry nie. Beskuldigde no 8 het voorts beweer dat hy, sy vrou en April Favour die hele volgende dag gepoog het om so 'n geleentheid te kry maar eers om ongeveer 19h00 op 24 Desember daarin geslaag het, toe hy en sy vrou en April Favour gelyktydig in aparte voertuie opgelaai is. Hulle het eers om ongeveer 20h00 daardie aand in Hanover teruggekom. April Favour het hierdie bewerings gestaaf.
Die verhoorhof het die getuienis van William en konstabel Nelani aanvaar. Die getuienis van Betty en Charlotte is met groot omsigtigheid benader maar is nogtans aanvaar waar dit deur ander betroubare getuienis gestaaf is. Die getuienis van sers Meyer aangaande die teenwoordigheid van sekere van die beskuldigdes in die skare by oorledene se huis is ook aanvaar. Die weergawes van appellante en die twee ander verdedigingsgetuies is egter verwerp. Beskuldigde no 10, wat ook ontken het dat
20
sy daardie middag by oorledene se huis was, is onskuldig
bevind o.a omdat Betty se getuienis dat sy wel daar was
nie gestaaf is nie. (Betty het egter nie beweer dat
beskuldigde no 10 ook aan die aanval op oorledene se huis
deelgeneem het nie.) Beskuldigde no 6 is onskuldig
gevind op die tweede aanklag in weerwil van sy erkenning
dat hy op die toneel was. Die redes daarvoor is soos
volg in die uitspraak uiteengesit:
"As far as accused no. 6 is concerned, Counsel conceded that he was a hopeless witness. So much so that in re-examination Counsel had to elicit evidence that he was unintelligent. Accused no. 6 placed himself on the scene at the house. He also saw nobody there whom he recognised except Constable Nelani. He tried to discredit Nelani but Nelani's evidence took his participation in the crime no further than
he himself did. There is no evidence that accused no. 6 did anything at the house but play his tape recorder. Betty originally
testified that accused no.'s 10 and 6 picked up stones, but did not adhere to that evidence during cross-examination. She only saw accused no. 6 there and she puts him inside the yard. Her evidence in this regard is uncorroborated and we are not prepared to find that accused no. 6 was inside the yard. The possibility of
21
mistaken identity in his case is too great. He was, however, at the scene of the killing. Both Betty and William saw him there. His evidence that he left the scene at the house to go back to his home is rejected. Had he been an innocent bystander it is most improbable that he would have left this unusual scene. The whole incident could not have lasted more than a couple of minutes. His evidence about his meeting with his father and subsequent events are totally unconvincing. Neither his father nor his mother gave evidence on his behalf.
We considered whether the fact that he took part in the assault on the deceased is not sufficient evidence to draw an inference that he made common cause with the crowd at the house. It is, however, possible that he only decided to join in when the chase started. In this regard Mr. Tshabalala referred us to the case of R v CELE & OTHERS, 1958(1) S.A. p. 144 (N) at p. 153 B to C."
Die verhoorhof het om die volgende redes Betty
en Charlotte se getuienis met sulke omsigtigheid benader.
Hulle het hulself en mekaar in sekere materiële opsigte
weerspreek en daar is ook verskille tussen hulle
weergawes en dié van sers Meyer en konst Nelani en in
Betty se geval ook dié van William. Die hoofrede vir die
22
hof se houding was egter die feit dat daar klaarblyklik
wesenlike verskille was tussen hulle getuienis en sekere
belangrike nadere besonderhede tot die klagstaat wat
ongetwyfeld van hul polisieverklarings afkomstig was.
(Dit is onnodig vir doeleindes hiervan om daardie
verskille uiteen te sit.) Dit was gevolglik duidelik dat
daar belangrike verskille was (soos bedoel in S v XABA
1983 (3) SA 717 (A) 729) tussen hulle getuienis en
daardie verklarings. In weerwil daarvan het die
staatsaanklaer nie gemelde verklarings aan die
verdediging beskikbaar gestel nie. In die uitspraak is
die volgende daaromtrent gesê:
"Far more serious is the discrepancy between their evidence regarding the actions of accused no.'s 5 and 7 and the further particulars and the discrepancy between their evidence regarding the stoning of the house and Meyer's evidence that no stoning took place in his presence.
As to the first, one must accept that either one or both, in their original police statements, attributed the throwing of the stone onto the dressing table to accused no. 5.
23
The fact that both now say that accused no. 7 acted in that way, tends to indicate some collusion or discussion. One would have expected the State Prosecutor to disclose a material divergence from the witnesses' statements. He, however, informed the Court that he had not compared the original statements with the Further Particulars. He said in addition that there was no material departure by the witnesses from the statements taken from them in Grahamstown prior to the trial. According to him the latter statements were taken because of the incompleteness of the original statements.
In our view this communication does not assist the State at all. No evidence was led to clarify this aspect and we are left with a doubt as to the credibility of these two witnesses. This is one of the reasons why we should scrutinize their evidence against all the accused with great caution."
(Slegs 'n paar verskille is hier genoem. Hulle is egter
aanduidend van die aard van meeste van die ander,
ongenoemde, verskille.)
Appellante se aansoek om die aanbring van
voormelde. spesiale aantekening is gegrond op die
verhoorhof se besluit om Betty en Charlotte se getuienis
in aanmerking te neem in weerwil van die staatsaanklaer
24
se versuim om hul vorige verklarings aan die verdediging beskikbaar te stel. By die beredenering van die appèl het mnr Tyler, wat namens die Staat opgetree het, betoog dat geen verlof deur hierdie Hof verleen was aan die beskuldigdes om die spesiale aantekening aan te bring nie en dat dit gevolglik nie geopper kan word nie. In die alternatief het hy betoog dat dié aantekening nooit op die oorkonde aangebring is nie en dat daar geen kennisgewing van appèl daaromtrent is nie. Mnr Melunsky, wat, bygestaan deur mnr Tshabalala, die appèl namens appellante beredeneer het, se teenbetoog was dat verlof wel deur hierdie Hof toegestaan is om die spesiale aantekening aan te bring en alternatiewelik, dat die onreëlmatigheid waarteen die aantekening gemik is, so duidelik is ex facie die oorkonde dat dit nie nodig was om die aantekening formeel te doen nie.
Die appèl is aanvanklik beredeneer op 3 November 1989 maar is weens gebrek aan tyd uitgestel tot
25
27 November terwyl mnr Tyler nog aan die woord was. By
hervatting op laasgenoemde datum het hy sy beswaar t.a.v.
die spesiale aantekening tereg laat vaar. Ek het insae
gehad in die aansoek na hierdie Hof om verlof om te
appelleer. Daarin is ook pertinent aansoek gedoen om
kondonasie van bogenoemde versuim en om die aanbring van
die spesiale aantekening. Ten aansien van al die
voormelde aansoeke is algemene en ongekwalifiseerde
verlof verleen om te appelleer teen die skuldigbevindings
en vonnisse.
By die voormelde aansoek aan hierdie Hof is
die aansoek aan die verhoorhof ook ingesluit as 'n
aanhangsel. In laasgenoemde word die onreelmatigheid
waarop die aangevraagde spesiale aantekening gegrond was,
só geformuleer:
"... the failure of the State Counsel to disclose State witnesses' statements when they differed from the evidence ..."
Die motivering van dié aansoek lui o.m. so:
26
"...the evidence of State witnesses differed
materially from the further particulars
furnished by the State.
... in view of the aforegoing one would have
expected State Counsel to disclose a material
divergence from the witnesses' statements.
It is submitted that failure by the State
Counsel to disclose the statements not only
affected the credibility of the State witnesses
but amounted to a failure of justice."
In die aansoek aan hierdie Hof is die volgende
verder daaroor gesê:
"It is further submitted that merely drawing unfavourable inferences against witnesses does not serve to cure the irregularity as actual cross-examination of witnesses on their statements might lead the court to reject the witnesses' testimony in toto."
Die betrokke onreëlmatigheid is, soos reeds genoem,
duidelik ex facie die oorkonde van die saak, en die
grondslag van appellante se beswaar daarteen is ook
duidelik geformuleer in die voormelde aansoeke. In die
lig van die aard en omvang van die verlof aan appellante
deur hierdie Hof verleen, is dit na my oordeel duidelik
dat die voormelde onreëlmatigheid daarby ingesluit is;
27
m.a.w. dat die kondonasie wat ten aansien daarvan
aangevra is, aan appellante verleen is en dat verlof aan
hulle verleen is om ook teen daardie onreëlmatigheid te
appelleer. Dit was gevolglik onnodig om 'n spesiale
aantekening daaromtrent aan te bring. R v NZIMANDE 1957
(3) SA 772 (A) 773-774; R v JANTJIES 1958 (2) SA 273 (A)
275 A-B; S v XABA, supra, op 731 H.
In sy uitspraak t.a.v. die aansoek om
kondonasie en verlof om te appelleer, het die geleerde
regter o.m. die volgende gesê aangaande vermelde
onreëlmatigheid.
"S v XABA 1983 (3) SA 717 (AD) makes it clear that the failure of the State prosecutor to disclose prior inconsistent statements amounts to an irregularity. Although the State prosecutor gave us the assurance that no serious discrepancies appeared from the statements he had taken, one must accept, because of the difference between the evidence and the further particulars, that there are discrepancies between the police statements and the evidence. There was no request at the trial for the state prosecutor to obtain and disclose those statements. However, the
28
possible discrepancies were fully debated insofar as these witnesses were cross-examined on the differences between their evidence and the further particulars.
I cannot speculate at this stage as to what would have happened had those statements been disclosed, but because of these discrepancies, we drew an unfavourable inference against the two State witnesses Charlotte and Betty."
Mnr Tyler (wat nie in die verhoor opgetree het
nie) het betoog dat dit aanvaar kan word dat Betty en
Charlotte van hul polisieverklarings afgewyk het slegs in
die opsigte waarin hulle getuienis van die nadere
besonderhede verskil het. Hy het voorts betoog dat hulle
t.a.v. al daardie verskille deur die verdediging ondervra
is en dat die beskuldigdes gevolglik nie wesenlik
benadeel is deur die versuim van die destydse aanklaer om
dié twee getuies se gemelde verklarings aan die
verdediging beskikbaar te stel nie. Die benadering van
die verhoorhof was derhalwe nie verkeerd nie. Dié betoog
gaan nie op nie. Dit is blote spekulasie, en dus
gevaarlik, om te aanvaar dat daar geen ander afwykings
29
tussen die getuienis van Betty en Charlotte en hul polisieverklarings is nie, en ook om te aanvaar dat hulle genoegsaam kruisondervra is op die verskille wat soos voormeld aan die lig gekom het. Daardie verskille is wesenlik en dit moes vir die aanklaer duidelik gewees het dat hul bron dié twee getuies se oorspronklike verklarings was. Die plig van 'n aanklaer in só 'n geval behoort nou reeds welbekend te wees omdat dit al meermale in duidelike terme oor vele jare deur hierdie Hof uiteengesit is. 'n Aanklaer moet die vorige verklaring van die betrokke getuie aan die verdediging beskikbaar stel sodat die geloofwaardigheid van die getuie behoorlik getoets kan word deur kruisondervraging met behulp van daardie verklaring. In gevalle soos die onderhawige waar dit aan die lig kom dat die wesenlike verskille tussen h getuie se weergawe in die hof en nadere besonderhede tot die klagstaat, te wyte moet wees aan afwykings tussen die getuie se oorspronklike verklaring en sy getuienis tydens
30
die verhoor, is 'n aanklaer nie van sy voormelde plig onthef deur sonder goeie rede te versuim om daardie verklaring na te gaan en met die betrokke nadere besonderhede te vergelyk nie. So 'n versuim sou ten minste op nalatigheid neerkom, en hy kan nie toegelaat word om ten nadele van 'n beskuldigde agter sy eie nalatigheid te skuil nie. 'n Aanklaer is ook nie van daardie plig onthef deur eenvoudig die standpunt in te neem dat daar geen verskil is tussen die getuie se latere verklaring en sy weergawe in die hof nie. In so 'n geval bly staan die afwyking tussen daardie weergawe en die nadere besonderhede, en is dit dan ook duidelik dat die getuie minstens twee verskillende verklarings afgelê het. Blote onvolledigheid van 'n vorige verklaring verduidelik ook nie werklik wesehlike verskille tussen die feitebewerings wat wel in so 'n onvolledige verklaring vervat is en dié in die getuie se latere verklaring en getuienis nie. In so 'n geval (waar daar twee botsende
31
verklarings is) is dit die plig van 'n aanklaer om albei verklarings aan die verdediging te openbaar en beskikbaar te stel. Afwesigheid van 'n versoek deur die verdediging om beskikbaarstelling van die afwykende verklaring (en waar dit die geval is, van onderling botsende verklarings), onthef 'n aanklaer allermins van sy voormelde plig tensy die verdediging bv. bewus gemaak is van die bestaan van sulke verklarings en te kenne gegee het dat beskikbaarstelling daarvan nie verlang word nie. Dit was nie in die onderhawige saak die geval nie.
Geen rede is verstrek vir die aanklaer se versuim om die vorige verklarings van Betty en Charlotte na te gaan en met die betrokke nadere besonderhede te vergelyk nie. Hierdie ontstellende verskynsel noop my om die onlangse samevatting van daardie plig en die bondige uiteensetting van die grondslag daarvan deur Botha AR. in S v XABA, supra, op 728-729 te herhaal in die hoop dat dit sodoende beter inslag onder regslui sal vind as wat
32
blykbaar tot nog toe die geval was. Dit lui so:
"It is clear, therefore, that when a State witness gives evidence from which a serious discrepancy emerges between that evidence and a prior statement made by the witness to the police, the prosecutor has no choice; he is obliged to disclose that fact and apart from special circumstances which are not relevant here, to make the statement available to the defence for the purposes of cross-examination of the witness. It is equally clear that a
prosecutor's duty of disclosure in these circumstances is one of the rules or principles of procedure which must be adhered to in a criminal trial in order to ensure that the accused has a fair trial and that justice is done.
It follows that the failure of a prosecutor to observe this duty is an irregularity in the proceedings for the purposes of s. 317 (1) of the Act. ...
It must be borne in mind that the rationale of the rule reguiring disclosure of a previous inconsistent statement is to provide a safeguard against the danger of an accused being convicted on the evidence of a witness who is not a credible and reliable witness."
33
Daar is in die onderhawige geval geen suggestie van enige spesiale omstandighede wat die nie-openbaarmaking van die betrokke verklarings sou kon regverdig het nie. Die versuim van die aanklaer om die aanvanklike en latere verklarings van Betty en Charlotte aan die verdediging beskikbaar te stel, was gevolglik 'n materiële onreëlmatigheid in die verrigtinge.
Dit is egter moeilik om vas te stel presies wat die geleerde regter se beskouing daaromtrent was. Dit wil my egter voorkom (ook op grond van wat hy gesê het in die hierbo aangehaalde passasie in sy uitspraak t.a.v. die aansoek om verlof om te appelleer), dat dit die volgende was. Daar was inderdaad verskille tussen Betty en Charlotte se getuienis en die nadere besonderhede tot die klagstaat, en daardie verskille was klaarblyklik afkomstig van hul oorspronklike verklarings. Daar was egter geen versoek deur die verdediging om openbaarmaking en beskikbaarstelling van daardie verklarings nie. Die
34
moontlike verskille ("possible discrepancies") tussen die gemelde verklarings en die nadere besonderhede was ten volle gedebatteer ("were fully debated") in dié mate dat Betty en Charlotte kruisondervra was oor diê verskille, en daar kan nie gespekuleer word oor wat sou gebeur het as die verklarings geopenbaar was nie. Hierdie oorwegings affekteer die geloofwaardigheid van dié twee getuies tot so 'n mate dat die hof genoop is om hul weergawes met omsigtigheid te benader. Maar hulle getuienis kan, met daardie voorbehoud, nogtans saam met die ander gelewerde getuienis in aanmerking geneem word. Dit is dan ook wat die verhoorhof gedoen het. Hierdie beskouing is foutief en die geleerde regter het daardeur 'n regsdwaling begaan en hom op die feite wesenlik wanvoorgelig. Sonder om te weet wat in die oorspronklike verklarings staan is dit onmoontlik om te kan sê dat die gemelde verskille "ten volle gedebatteer" is deur middel van dié mate van kruisondervraging waartoe die
35
verdediging in staat was met die beperkte middele tot hul beskikking. Juis omdat daar nie gespekuleer kan word oor wat sou gebeur het (d.w.s. hoe o.a. die kruisondervraging van die getuies sou verloop het) indien die betrokke verklarings beskikbaar gestel was aan die verdediging nie, was dit onmoontlik om te kon bevind dat die getuienis van Betty en Charlotte enigsins aanvaarbaar was. Die redelike moontlikheid kan hie uitgesluit word dat hul geloofwaardigheid vernietig kon word d.m.v. kruisondervraging met behulp van daardie verklarings nie. Hul getuienis behoort gevolglik geheel en al buite rekening gelaat te gewees het by oorweging van die vraag of die Staat daarin geslaag het om die skuld van die beskuldigdes bo redelike twyfel te bewys. Deur dit nie te gedoen het nie het die geleerde regter h wesenlike regsdwaling begaan. Die wyse waarop die aangeleentheid nou benader moet word is ook deur Botha AR. uiteengesit in S v XABA, supra, op 735-736. Onder die omstandighede
36
meen ek dit is gepas om dit ook te herhaal. Dit lui so:
"In considering the appeal regard must be had to the proviso to s. 322 (1 ) of the Act, in terms of which the accused's convictions and sentences are not to be set aside by reason of the irregularity unless it appears to this Court that a failure of justice has in fact resulted from the irregularity. The irregularity in guestion here is not of the kind that per se vitiated the proceedings as in S v MOODIE 1961 (4) SA 752 (A); it is of the kind, as in S v NAIDOO 1962 (4) SA 348 (A), which requires consideration of the guestion whether on the evidence and credibility findings unaffected by the irregularity there was proof of the accused's guilt beyond reasonable doubt in accordance with the test laid down in S v YUSUF 1968 (2) SA 52 (A) at 57 C-D (See MASINDA'S case, supra, [S v MASINDA EN 'n ANDER 1981 (3) SA 1157 (A)] at 1162D-1163C)."
Die geleerde regter moes ook hierdie benadering gevolg
het.
Ek handel nou met die oorblywende (d.w.s. die.
"onaangetaste") getuienis, en sal begin met dié t.a.v.
die tweede aanklag omdat dit betrekking het op die
voorspel tot die moordklag. Soos reeds genoem, is
beskuldigdes 1, 2, 3, 5, 7 en 9 op hierdie klag skuldig
37
bevind. Beskuldigdes 2, 3 en 9 het trouens erken dat hulle by of naby die skare voor oorledene se huis was. Mnr Tyler het nietemin toegegee dat beskuldigdes 1, 2, 3, 5 en 7 nie op die oorblywende getuienis aan openbare geweld skuldig bevind kan word nie. Hy het egter betoog dat die skuld van beskuldigde no 9 op klag 2 steeds op dié getuienis bo redelike twyfel bewys is.
In weerwil van mnr Tyler se toegewing t.a.v. beskuldigdes 1, 2, 3, 5 en 7, handel ek kortliks ook met die getuienis teen dié vyf beskuldigdes op die tweede aanklag om sodoende die verloop van die gebeure behoorlik kronologies in perspektief te stel en omdat daardie getuienis ook van belang is op die moordklag.
Richard Mhlaba het getuig dat terwyl hy met beskuldigde no 1, Mxolisie Ncaphayi, as passasier in sy voertuig pm ongeveer 16h45-16h50 op 24 Desember 1985, op pad terug was van 'n sekere winkel, hulle 'n skare voor oorledene se huis opgemerk het; dit was nie 'n vreedsame
38
skare nie; daar is bv na oorledene se huis deur hulle geskree dat "hy moet uitkom". Hy en beskuldigde no 1 het mekaar afgevra wat daar aan die gang is. Beskuldigde no 1 het hom versoek om stil te hou omdat hy "soontoe wou gaan", beduiende na die skare. Hy het stilgehou. Beskuldigde no 1 het uitgeklim en vinnig in die rigting van die skare aangestap. Richard Mhlaba het toe aangery huis toe, maar nie by die skare verby nie. Weens die houding en gedrag van die skare sou hy nie gewaag het om sy voertuig naby hulle te bring nie. Beskuldigde no 1 was reeds verby die ingange na sy vriendin se woning en was steeds op pad na die skare, toe hy uit Richard se gesig verdwyn het.
Richard Mhlaba is gestaaf deur 'n verklaring wat beskuldigde no 1 op 29 Desember 1985 aan sersant Meyer gemaak het. Die toelaatbaarheid van dié verklaring is betwis. Na 'n tussenverhoor het die hof egter beslis dat dit toelaatbaar is. Dit is bewysstuk C. Die korrektheid
39
van daardie beslissing is nie voor hierdie Hof betwis
nie. Dié verklaring lui só:
"Op 1985-12-24 om ongeveer 17h00 het ek [en] Swartman Richard Mahlaba vanaf Pops motorhawe gekom na my ma se huis te 202 Kwezi, Hanover (K). By die E M E kerk te Kwezi woonbuurt het ek [en] Swartman Richard Mahlaba 'n groot groep mense in die straat gesien, voor swartman Albert Nkumbi se huis, asook 'n Land Rover patrolliewa en 'n 1400 Datsun bakkie. Swartman Richard Mahlaba het toe sy motorkar gaan bêre
en ek het langs die kerk bly staan.
Ek het later gesien dat die Land Rover en die Datsun bakkie gery het. Swartman Vuzumsi Jack het toe na vore gekom en langs die draad voor die huis gaan staan en 'n petrolbom na die huis gegooi, ek het net gesien dat die venster van die huis gebrand het en later het hy en nog ander swartmense die ruite van die huis met klippe stukkend gegooi. Swartman Albert Nkumbi @ Tosman het toe by die huis uitgehardloop gekom en sy suster Swartvrou Nowente Nkumbi het dieselfde tyd met 'n rakplank by die huis uitgekom.
By die hekkie het Tosman se broer Swartman William Nkumbi probeer [om] hom te vang maar Swartman William Nkumbi het gegly en op sy hande en knieë geval met sy gesig na onder toe. Terwyl hy so gestaan het ek gesien dat Swartman Tosman hom twee maal op sy kruis met 'n mes gesteek. Swartman Mokkie Holland het toe die plank by Swartvrou Nowente afgevat. Ek weet nie wat hy daarmee gedoen het nie. Swartvrou
40
Nowente het toe ook probeer om vir Tosman te keer maar hy het haar toe met 'n mes in haar linkerhand gesteek. Swartman Tosman het toe in die straat afgehardloop en 'n hele spul swartmense het hom agterna gesit. Ek het toe na die Swartman Bennet Tini se huis gegaan. Dit is al wat ek kan verklaar."
Die hof het Richard Mhlaba geglo, en het bevind dat beskuldigde no 1 se verklaring, bewysstuk C, hom betrek by die aanval op oorledene se huis. Na my mening is dit nie so nie. Daarvolgens was hy slegs 'n toeskouer (al was dit dan ook volgens Richard, 'n baie nuuskierige een). Daar is niks in dié oorblywende getuienis wat hom met die aanval op die huis verbind nie.
Beskuldigde no 2, Nontlopeko Madolo, het, soos reeds genoem, erken dat sy na oorledene se huis gegaan het en 'n skare daar sien staan het. Haar getuienis was soos volg. Sy het op die namiddag van 24 Desember 1985 na kouse gaan kyk by ene, Nomile Kani, se huis. Terwyl sy daar was het Nomile se seun kom sê dat daar 'n bakleiery buitkant was. Sy en ander daar teenwoordig het
41
uitgehardloop. Sy het mense sien hardloop na oorledene se huis. Sy en dié by haar het ook soontoe gegaan. Sy het by die A.M.E. Kerk, 'n endjie weg van die huis, gaan staan. Daar was 'n groot skare voor oorledene se huis maar geen bakleiery nie. Die skare het net daar gestaan. Sy het geen musiek of singery gehoor nie. Sy het niemand in die skare herken nie. 'n Bakkie en 'n "van" het voor oorledene se huis gestaan. Haar oom, konstabel Nelani, was by die bakkie. Persohe was besig om goed uit oorledene se huis te bring en op die bakkie te laai. Sy het nie vir konstabel Nelani gevra wat aangaan nie omdat dit nie "in haar belang was" om dit te doen nie. Sy het na 'n rukkie alleen weggegaan terwyl die bakkie nog daar gestaan het. Sy is toe na haar oom se huis. Geen ander oorblywende getuienis betrek haar by die gebeure voor oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 3, Vuzumsi Jack, 'n ongeletterde, met 'n treffende, erg verbrande, gesig, het as
42
ghriesjoggie in Bloemfontein gewerk, maar sy mense was in Kwezi. Hy was tuis by hulle vir die 1985 kersvakansie. Op die namiddag van 24 Desember het hy na sy tante gegaan om 'n kersgeskenk ("christmas box") by haar te gaan kry. Op pad soontoe het hy in die straat voor oorledene se huis verby geloop. Twee voertuie, 'n bakkie en 'n "van", was in die straat voor die huis geparkeer. Oorkant die straat was 'n dansende skare. Hy hetook musiek gespeel deur 'n bandmasjien gehoor. Hy het geen notisie van die skare of die huis geneem nie en maar net verbygeloop. Hy het niemand by die voertuie en geen polisie op die toneel gesien nie. Hy ken sy mede-beskuldigdes, maar het geen een van hulle daar gesien nie en niemand in die skare herken nie. Hy het nie ag geslaan op die bui van die skare nie. Hy het aangeloop na sy tante toe. Sy was nie tuis nie maar het na 'n rukkie teruggekom en sy geskenk aan hom gegee. Hy is toe langs 'n ander roete na 'n vrou wat hom geld geskuld het. Sy was ook nie tuis nie en hy
43
is toe maar huistoe en is nie weer na oorledene se huis nie. Geen oorblywende getuienis verbind beskuldigde no 3 met die gebeure by oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 5, Richard Yebe, se weergawe is reeds hierbo uiteengesit. Hy is wel deur sersant Meyer en konstabel Nelani verbind met die gebeure by oorledene se huis, maar slegs tot 'n beperkte mate. Sersant Meyer het getuig dat toe hy om ongeveer 17h00 daardie namiddag in die Landrover by oorledene se huis aangekom het, was beskuldigde no, 5 in die groep van ongeveer 50 mense wat toe reeds daar was. Hy het 'n rooi pet op gehad. Meyer het hom toe reeds vir ongeveer 'n maand geken. Hy het beskuldigde no 5 niks sien doen of hoor sê nie. Van die persone in die skare, wat vinnig tot ongeveer 400 aangegroei het, het egter sersant Meyer en sy kollegas aangesê om binne drie minute daar pad te gee, maar hulle het daar gebly en toegesien dat die eerste vrag meubels in die bakie gelaai word. Daarna het die bakkie vertrek
44
met konstabel Nelani agterop. Meyer en Hattingh het toe in die Landrover gaan sit. Daarna het van die skare die voertuig begin skud, op die dak en teen die kante daarvan geslaan en dit met klippe gegooi. Hy en Hattingh het vertrek om versterkings te gaan haal. Die skare het die voertuig agterna gesit en steeds klippe daarna gegooi. Meyer het beskuldigde no 5 egter nie by hierdie optredes van die skare betrek nie; hy het trouens in verband daarmee glad nie sy naam genoem nie. Meyer het ook getuig dat voor sy vertrek daar nog geen aanval op oorledene se huis was nie.
Konstabel Nelani het getuig dat beskuldigde no 5, met wie se suster hy getroud is, na hom gekom het vanuit die skare en aan hom gesê het dat "julle impimpi's" (d.w.s. berriggewers, verraaiers, ens.) binne drie minute uit Kwezi moet padgee. Die skare het gedans en "vryheidsliedere" gesing, t.w. "die soort liedere wat mense sing as hulle van plan is om die polisie en andere
45
aan te val" (aldus Nelani). Die skare was "onvriendelik", maar het nie toe al gewelddadig opgetree nie. Hy het by die voertuie gestaan om hulle te beskerm. Na 'n rukkie het die bakkie, met meubels gelaai, na die tente dorp vertrek. Nelani het agterop gesit om 'n wakende oog oor die vrag te hou. Met sy vertrek het van die persone in die skare rond gespring en gesê "daar gaan die impimpi weg". Beskuldigde no 5 was egter nie een van hulle nie. Voor Nelani vertrek het was daar nog geen aanval op oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 7, Magi Siyoko, se weergawe is eweneens reeds hierbo uiteengesit. Hy is slegs deur konstabel Nelani verbind met die gebeure by oorledene se huis, en dit ook slegs in die stadium voordat daar enige aanval op die huis was. Nelani het getuig dat terwyl hy by die bakkie voor oorledene se huis gestaan het, was beskuldigde no 6 ook in die skare en het hy musiek op sy bandspeler gespeel (daar sal later, by die oorweging van
46
die getuienis op die moordklag pertinent gehandel word met die getuienis t.a.v. beskuldigde no 6). Nelani het tikkend met sy voet maat gehou met die musiek. Beskuldigde no 7, wat hy reeds meer as 20 jaar ken en met wie hy saam groot geword het (Nelani was tydens die verhoor 30 jaar oud), het vanuit die skare na vore getree en die klankreguleerder van die bandspeler na 'n laer klanksterkte afgedraai met die woorde "geen impimpis sal hier dans nie", blykbaar verwysende na Nelani se maat hou met die musiek. Kort daarna is Nelani weg soos reeds beskryf.
Selfs indien die getuienis van al vyf voormelde beskuldigdes (en in die geval van no 7, ook van "Shorty" Jantjies) verwerp word en die oorblywende staatsgetuienis t.a.v. hulle op klag 2 in toto aanvaar word, is daar na my mening nogtans geen bewys bo redelike twyfel dat beskuldigdes 1, 2, 3, 5 en 7 enige aandeel gehad het aan die geweldpleging by oorledene se huis nie. Die redelike
47
moontlikheid dat hulle slegs toeskouers (al is dit dan ook geesdriftige toeskouers) daarvan was, is nie uitgesluit nie. Hulle skuldigbevindings op die tweede aanklag kan gevolglik nie bly staan nie.
Beskuldigde no 9, Bennet Sonamzi, het soos reeds genoem, ook erken dat hy op die toneel was. Sy weergawe van hoe dit gekom het dat hy daar was is soos volg. Hy het daardie middag 'n kierie gaan haal by ene Nolinge waarmee hy na 'n besnydenisplegtigheid by die woning van 'n sekere Madikane in Kwezi wou gaan. Dit was 'n knopkierie. Mans wat sulke plegtighede bywoon moet volgens volksgewoonte kieries dra. Terwyl hy in Jupiterstraat van Nolinge na Madikane aan die loop was het hy by die Nkumbi ouerhuis verbygegaan. Ene Andries Stadhouer, wat daar besig was met bouwerk, het hom ingeroep en om tabak gevra wat hy hom gegee het. Oorledene se broer, William, was ook daar en was ook met die bouwerk besig. William het vir hom, no 9, daar
48
gesien. Hy het vir ongeveer 15 min daar vertoef en toe weer na Madikane aangeloop met dieselfde straat. Hy het die kierie soos 'n wandelstok vasgehou, met sy hand oor die knop.Hy het twee voertuie en baie mense (±100-150) voor oorledene se huis sien staan. (Later, tydens kruisondervraging, het hy egter gesê dat hy vanuit 'n systraat in Jupiterstraat ingekom het en toe die voertuie en mense voor oorledene se huis gewaar het.) Die voertuie was 'n bakkie en 'n polisievoertuig. Sersant Meyer het agter laasgenoemde voertuig met A/O Hattingh staan en praat. Konstabel Nelani het 'n vuurwapen vasgehou en in die bakkie gesit wat met goed gelaai was. (Vir hom was Nelani 'n "gogga"; hy het hom gevrees omdat Nelani hom tevore al aangerand het i.v.m. 'n aanrandingsaak wat hy, no 9, teen ene Mike aanhangig gemaak het. Hy is daarna valslik daarvan aangekla dat hy Mike se huis aangeval het. Hy was daaraan skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis. Hy was steeds daarvoor in
49
die gevangenis toe hy in die onderhawige saak getuig het.) Hy het nie by oorledene se huis vertoef nie en het in die middel van die straat aangeloop. Terwyl hy so aan die verbyloop was het die bakkie rukkend weggetrek. 'n Onderdeel van 'n gasstoof het afgeval. Hy het dit opgetel en op die bakkie teruggeplaas. Die skare het nie gesing of gedans nie. Hulle het net staan en kyk na die verwydering van die goed uit oorledene se huis. Hy het wel musiek gehoor maar kon nie vasstel of dit van 'n radio of van 'n bandspeler afkomstig was nie. Hy het niemand gevra wat by oorledene aan die gang was nie omdat hy nie daarin belanggestel het nie. Hy ken al die beskuldigdes van sien maar het niemand in die skare herken nie. Hy het aangeloop na Madikane se plek en daar saam met ander gesit en vleis eet. Ongeveer 15 min nadat hy daar arriveer het, het hy gehoor mense in die straat skree dat daar 'n brand is. Hy het uitgegaan en rook gewaar in die rigting van oorledene se huis. Hy het soontoe gegaan.
50
Die huis was aan die brand. Die voertuie was nie meer daar nie. Hy het gemerk dat 'n eetkamervenster gebreek was. Hy het die brand help blus en het gehelp keer dat dit nie na die aangrensende huis versprei nie. Hy het ontken dat hy enigiets met die aanval op oorledene se huis te doen gehad het.
Die oorblywende getuienis teen beskuldigde no 9 op hierdie klag is dié van sersant Meyer en konstabel Nelani. Nelani het getuig dat hy op die namiddag van 24 Desember 1985 agter op die bakkie was toe dit met Betty Nkumbi, wat voor gesit het, op pad was van die polisiestasie in Hanover na oorledene se woning om die meubels en ander besittings daar te gaan oplaai. Nelani was op sy knieë en het vorentoe gekyk. Die bakkie was voor en die Landrover agter. Naby die NG Kerk in Kwezi het die bakkie stilgehou sodat die Landrover dit kon inhaal. Net nadat dit tot stilstand gekom het, het beskuldigde no 9 die bakkie aan die bestuurderskant
51
genader en toe hy langs dit was, bukkend by die kajuit ingeloer. Hy het 'n knopkierie in die een hand gehad en 'n fluitjie in die ander. Nelani het gevra of hulle hom kan help. Beskuldigde no 9 het nie geantwoord nie. Hy het omgedraai in die rigting van 'n ander straat. Hy het op die fluitjie geblaas, die kierie opgehou, dit in die rondte geswaai en in daardie ander straat opgehardloop waar 'n groep mense ongeveer 20-30 treë van hom af gestaan het. Nelani het getuig dat die blaas van só 'n fluitjie destyds die gebruiklike wyse van oproep was aan mense om te vergader. Die bakkie en Landrover het toe aangery na oorledene se huis. By hul aankoms daar was daar reeds 'n skare van "30, 50 tot 80". Kort daarna het Nelani beskuldigde no 9 dansend sien aankom vanuit h systraat voor aan 'n groep mense wat vryheidsliedere saggies gesing het. Hy het steeds die kierie in die rondte geswaai, en hy en die singende groep wat hom gevolg het, het voortbeweeg na oorledene se huis. Sommige van dié groep
52
het klippe in hul hande gehad. Hulle en beskuldigde no 9 het aangesluit by die skare wat reeds by oorledene se huis vergader het. Toe Nelani met die bakkie vertrek het soos reeds beskryf, het dié skare reeds tot ongeveer 250 aangegroei.
Sersant Meyer het getuig dat hy by die oorledene se huis uit die Landrover geklim het en aan die bestuurder se kant daarvan gaan staan het. Hulle het "seker omtrent net stilgehou" toe beskuldigde no 9 vanuit 'n systraat aangekom het met 'n kierie in sy hand. Hy het aangesluit by die skare wat reeds voor oorledene se huis was en daar in die straat met die kierie in sy hand rond gedans. Meyer het later saam met Hattingh vertrek soos reeds genoem. Toe hulle ongeveer 15 min later met twee polisieversterkings weer daar aangekom het was die aanval op oorledene se huis reeds verby. Die vensters aan die voorkant was stukkend en voor die huis het 'n brandende bed gestaan. Hy het toe van 'n onbekende swartvrou 'n
53
be