![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
CG SAAKNOMMER: 543/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèL AFDELING)
In die saak tussen:
ALOUISE LEBOHANG MAHARA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, HEFER, et STEYN, ARR. VERHOOR: 18 MEI 1989 GELEWER: 29 MEI 1989
UITSPRAAK STEYN, AR.
2
Hierdie is 'n appèl met verlof van die verhoorhof teen die bevinding
dat daar geen versagtende omstandighede was by die moord
waaraan appellant
skuldig bevind is nie en ook teen die daaropvolgende doodvonnis.
Appellant,
'n 32-jarige swartman, het as beskuldigde no 1 en Alfred Mesani, 'n 64-jarige
swartman, het as beskuldigde no 2 tereggestaan
in die rondgaande hof te Virginia
voor Regter Hattingh en assessore. Daar was twee aanklagtes; die eerste van
aanranding met die
opset om ernstig te beseer en die tweede, van moord. Die
eerste aanklag het betrekking net op appellant en het gelui dat hy op die
aand
van 7 Februarie 1987 op die plaas Mooibloem in die distrik van Theunissen vir
Vincent Maklomekhulu (die oorledene) aangerand
het met die opset om hom ernstig
te beseer deur hom te klap, te skop en met 'n mes verskeie steekwonde toe te
dien. Op die tweede
aanklag, dié van moord, is albei beskuldigdes dit ten
laste gelê dat hulle op die nag van 7 tot 8 Februarie
3
1987 op voormele plaas vir die oorledene vermoor het. Dit is bevind dat die
oorledene keelaf gesny was.
Beskuldigde no 2 is onskuldig bevind en ontslaan.
Appellant is op albei aanklagtes skuldig bevind. Dit is gevind dat daar geen
versagtende
omstandighede was nie en hy is gevolglik ter dood veroordeel op die
moordklag.
Die beserings aan oorledene is beskryf deur Dr J J Venter,
distriksgeneesheer van Theunissen, wat die lykskouing op 11 Februarie 1987
op
die oorledene uitgevoer het. Dit is soos volg: Daar was twee steekwonde op die
linker-skouerspier (deltoid), 'n diep steekwond
van 4 cm diep op die linkerkant
van die nek en vierdens 'n snywond 10 cm lank aan die regterkant van die nek wat
o.a. die hoofslagaar,
die slukderm en die asempyp deursny het. Die oorledene is
dood as 'n gevolg van skok en bloeding. Hy het in werklikheid hom dood
gebloei.
Die getuienis wat deur die hof aanvaar is, het
4
aangetoon dat op die aand van Saterdag, 7 Februarie, die oorledene gekuier het by die vader van appellant, ene Augustinus Mahara. Hulle het buitekant die huis gesit en gesels toe appellant ook daar opgedaag het. Hy het die oorledene aangespreek met die woorde "man, wat soek jy hier?" Die oorledene het geantwoord "Ek kuier by jou pa". Appellant het daarop vir die oorledene te lyf gegaan deur hom met die hand te slaan; of hy hom geklap het of met die vuis geslaan het, kon die vader nie mooi sien nie weens swak gesig en ook swak lig. Daarna het appellant die oorledene met 'n mes aangeval en hom minsténs twee keer gesteek. Die vader het toe vir hulle albei gesê om hulle uit die voete te maak en hy het gesien dat die beskuldigde die oorledene gepak het en weg gesleep het na die oorledene se huis. Wat daarna gebeur het, is te vinde in die getuienis van 'n swart ondérwyseres wat jare lank reeds skool gehou het op daardie plaas. Haar naam is Jemina Molete. Sy het soos
5
volg getuig. Die oorledene was 'n skaapwagter op die plaas en haar buurman.
Ongeveer kwart voor 9 op die aand van Saterdag, 7 Februarie,
het sy die
oorledene na haar om hulp hoor roep. Sy het by haar huis uitgegaan en gevind dat
appellant besig was om die oorledene
met die vuis te slaan aan.die bokant van sy
lyf. Die oorledene het geskree. Appellant het in die loop van die aanranding aan
die
oorledene gesê "ek gaan jou slaan, ek sal jou doodmaak". Jemina het
tussenbeide getree en vir appellant gesê hy moet
die oorledene laat staan,
die oorledene is 'n ou man. Appellant het gehoor gegee. Die oorledene het gestap
na sy huis en appellant
het weggegaan in die rigting van sy huis. Hy het toe
weer teruggekom, hy het daar gebuk, lig gemaak met 'n
vuurhoutjie en na iets
gesoek. Jemina Molete sien toe bloed waar hy kort te vore die oorledene
aangerand het. Dit was voor die oorledene
se huis gewees. Toe hy so gesoek het
in die vuurhoutj ielig het
6
appellant iets opgetel maar sy kon nie sien wat dit was nie. Daarna het hy geloop na die deur van die oorledene se huis. Dit was toe gewees. Hy het aan die deur gestamp met sy hande. Hy wou klaarblyklik die deur oopforseer. Die deur was egter gesluit gewees. Die oorledene was reeds binne in die die huis. Jemina het vir appellant gemaan en gesê hy moet die oorledene los want die oorledene het nou reeds weggehardloop. Appellant het toe geantwoord dat hy die oorledene wou doodmaak. Maar weens die vermaning het hy toe na sy huis gegaan. Daarna het Jemina in oorledene se huis ingegaan en hom gaan verpleeg.
Sy het gemerk dat hy beserings aan die linker skouer gehad het wat gebloei het, en daar was ook 'n
besering onder sy regter arm by sy ribbes wat vir haar sleg gelyk het. Sy het die wonde verbind met dele van oorledehe se hemp wat sy stukkend geskeur het om as verbande te gebruik. Sy het toe vir die oorledene gesê
7
om homself toe te maak en het uitgegaan.
Sy het toe gegaan na appellant se
huis. Sy het hom na buite geroep. Hy het uitgekom en voor haar kom staan. Sy het
hom gevra waaroor
hy met die oorledene baklei het. Hy het toe vir haar
gesê dat Vincent, dit is die oorledene, hom onderskat en ook gesê
dat hy die potte oopgemaak het om kos te kry. (Wat daardeur bedoel was, was dat
Vincent na appellant se huis gegaan het en die potte
daar oopgemaak het en kos
uitgehaal het.) Hy het net daardie twee redes gegee vir die aanranding op die
oorledene. Terwyl sy nog
met hom gepraat het, het die appellant egter gesê
dat hy die oorledene nou gaan klaarmaak, hy gaan hom doodmaak, en toe omgedraai
en geloop. Jemina het hom geroep en hy het teruggekom. Sy het hom klaarblyklik
weer vermaan en hy het toe in sy ouerhuis ingegaan.
Nadat appellant dit gedoen
het, het sy terúggegaan na haar huis. Appellant was volgens haar nie
onder die invloed van drank
nie en sy het geen drank
8
aan hom geruik nie ten spyte van die feit dat hulle baie naby aan mekaar
aangesig tot aangesig gestaan en praat het.
Blykbaar omdat sy ontsteld was
deur die gebeure het Jemina nie daardie aand in haar huis geslaap nie. Sy het
haar huis gesluit, na
die plaasbewoner, 'n sekere Mnr van Rooyen, gegaan, die
voorval aan hom gaan rapporteer nl. dat oorledene met 'n mes gesteek was,
en toe
op 'n naburige plaas gaan slaap.
Die volgende oggend om ongeveer 7 uur het sy
teruggegaan na haar huis toe. Op pad moes sy by die oorledene se huis verby
gaan.
Terwyl sy by oorledene se huis verby geloop het merk sy dat die deur
van sy huis oopgebreek is. Dit is 'n houtdeur. Daar was twee
ysterstawe in die
deur ingedruk en die "eerste plank" van die deur was uit gewees.
Sy het toe omgedraai en weer by Mnr van Rooyen gaan rapporteer. Hulle twee is met sy motor na
9
Augustinus toe en Mnr van Rooyen het aan hom opdrag gegee om die oorledene te
gaan roep. Hy het gegaan, by die huis ingegaan en Mnr
van Rooyen geroep. Die
oorledene was klaarblykiik gevind binne in die huis, en die polisie is toe
ontbied.
Die polisiegetuienis is dat die oorledene op sy maag gelê het,
nakend met sy klere langs hom en dat die hele kamer in 'n chaotiese
toestand
was. Daar was kaarblyklik 'n stoeiery of geveg binne in die die plek voordat die
oorledene dood is.
Appellant het erken in sy getuienis dat hy wel vir die
oorledene by sy vader se huis gesteek het met 'n mes. Sy weergawe was egter
dat
hy daar aangeval was deur die oorledene en dat hy slegs in noodweer opgetree
het, dat hy toe van sy vader se huis reguit na sy
huis is waar hy gaan kosmaak
en slaap het en dat hy die volgende oggend vroeg weg is na 'n betrekking wat aan
hom gebied
10
is op 'n ander plaas by name Stilte. Hy het Jemina Molete se getuienis ontken en het ontken dat hy enigiets weet van die wyse waarop die oorledene dood is.
Beskuldigde no 2 het egter met 'n heel ander storie na vore gekom.
Hy het
getuig dat hy, nadat hy van diens af gekom het daardie Saterdag, na 'n naburige
plaas gegaan het waar hy oudergewoonte saam
met kennisse gesit en drink het. Hy
het tot laatnag daar gebly en het so tussen 1 en 2 uur Sondagoggend huiswaarts
teruggekeer. Op
pad terug het hy vir die appellant raakgeloop wat in die
teenoorgestelde rigting aangekom het. Appellant het daardie Saterdag glad
nie
gewerk nie. En dit was toe die eerste keer dat hy hom gesien het.
Appellant
het omgedraai en toe saam met hom teruggeloop na die plaas waarop hulle albei
woonagtig was. Op pad en terwyl hulle so geloop
het, het appellant aan hom
gesê dat hy gedurende die dag met die oorledene
11
baklei het en hom in die loop daarvan met 'n mes gesteek het en dat hulle
daarna gekeer is.
Beskuldigde no 2 het toe gemeen, volgens hy van die
appellant verstaan het, dat die moeilikheid nou op 'n einde was omdat iemand
hulle
gekeer het.
Op die plaas aangekom wou beskuldigde no 2 eers by die
oorledene aangaan om te gaan sien hoe dit met hom gesteld is. Appellant het
saamgeloop en aan die oorledene se deur geklop. Oorledene het van binne af gevra
wie is dit en appellant het geantwoord dat dit hy
is. Die oorledene het toe die
deur oopgemaak. Beskuldigde no 2 is eerste die deur in gevolg deur appellant.
Oorledene het nog sy
klere aangehad. Hy het 'n broek en 'n hemp aangehad.
Toe hulle ingekom het, het die appellant aan die oorledene gesê "ek het nou gekom". Die oorledene het toe soos volg geantwoord:
"Ag mán, hierdie ding was ons voor gekeer in
12
die dag, gedurende die dag. Ek dog dit is klaar."
Appellant het egter met 'n harde, rasende
stem vir
beskuldigde no 2 beveel om die oorledene te vang.
Beskuldigde no
2 het oor sy skouer teruggekyk na
appellant en gemerk dat hy 'n mes in sy
hand gehad het.
Omdat hy bang was dat hy deur appellant gesteek sou
word,
het hy toe vir die oorledene van agter aan albei
arms
vasgegryp.
Appellant was steeds agter beskuldigde no 2. Hy het, soos
beskuldigde no 2 dit stel, effens agter sy linker skouer te voorskyn gekom
en
die oorledene keelaf gesny. Die oorledene het inmekaar gesak. Beskuldigde no 2
het toe uitgehardloop en gevlug.
Die appellant en beskuldigde no 2 het
daardie nag albei vertrek van die plaas af. Beskuldigde no 2 omdat hy bang was
vir wat gebeur
het. Hy het nog 'n buurvrou van hom gevra om na sy varke en
hoenders om te
13
sien.
Appellant en beskuldigde no 2 het 'n end langs die pad geloop en toe
gaan rus. Omdat beskuldigde no 2 nog nie geslaap het nie, het
hy toe daar langs
die pad aan die siaap geraak. Toe hy wakker word was appellant skoonveld.
In
die loop van die saak het die Staat sonder beswaar aan die kant van die
verdediging 'n sogenaamde "waarskuwingsverklaring" ingehandig
as bewysstuk
E.
In hierdie verklaring het appellant in hoofsaak
die
strekking van sy getuienis herhaal. In die laaste
paragraaf, no 14, het hy
egter die volgende gesê:
"Terwyl ek vas aan die slaap was, het ek wakker geword, ek was van plan om te loop, toe het swartman Mkhoma opgedaag en 'n rapport aan my gemaak dat hy oorledene doódgemaak het."
Dit was blykbaar beskuldigde no 2 waarna
appellant hier verwys het.
Die hof het die staatsgetuienis aanvaar,
16
vernaamlik dié van Jemina Molete, wat 'n baie goeie indruk op die hof gemaak het. Die getuienis van beskuldigde no 2 oor hoe die oorledene gedood is, is blykbaar ook deur die hof aanvaar. Maar weens die algehele aanvaarding van Jemina Molete se weergawe kon die hof nie beskuldigde no 2 se getuienis aanvaar het dat hy en appellant toegang tot oorledene se woning verkry het op die wyse deur hom beweer nie. Die deur van oorledene se woning is volgens Jemina oopgebreek, klaarblyklik met ysterstawe. Dit is algeheel onwaarskynlik dat dit kon gebeur het nadat die oorledene reeds vermoor was. Die deur word van binne met 'n grendel gesluit. Iemand wat sou uitgaan nadat die oorledene gedood was sou dit nie van buite kon gesluit het nie. Selfs indien so iemand die deur van binne sou gesluit het en dan deur 'n venster sou uitgegaan het (waarvan daar geen suggestie is nie), bly die vraag: wie dan later die deur sou wou oopbreek en waarom? Die aanduidings is sterk dat beskuldigde no 2
15
saamgedoen het met die oopbreek van die deur want twee yster draadpale is deur Jemina Molete by die deur gevind. Beskuldigde no 2 se bewering dat die deur nog heel was toe "ons ... dit agtergelaat (het)" is na my mening derhalwe heel onaanvaarbaar en so ook sy beskrywing van wat gebeur het toe hy en appellant by die oorledene se huis ingegaan het. Hy kon nie verklaar hoekom die lyk nakend gevind is nie. Volgens hom was die oorledene, soos reeds genoem, nog geklee toe hy keelaf gesny is. Dit is algeheel onwaarskynlik dat iemand hom daarna sou ontklee het en toe sy klere net so daar gelaat het. Die oorledene was klaarblyklik nakend toe hy vermoor is. Die feit dat daar bloed aan sekere van sy kledingstukke was is nie vreemd nie want daar was baie bloed waar die lyk gelê het en die klere het langs dit gelê. Beskuldigde no 2 se bewering dat hy geen bloed aan die oorledene opgemerk het nie is ewe onaanvaarbaar. Die bloed moes gespuit het toe die oorledene se hoof nekslagaar afgesny
16
is. Omdat die hof egter gevind het dat dit redelik moontlik is dat
beskuldigde no 2 onder dwang opgetree het soos deur hom beweer
is hy onskuldig
bevind en ontslaan. Die vryspraak van beskuldigde no 2 dui daarop dat die
sterrekonjunktuur uiters gunstig vir hom
moes gewees het tydens die verhoor. Die
getuienis van appellant is egter verwerp en hy is skuldig bevind soos reeds
voorheen vermeld.
Dit is bevind dat appellant inderdaad vir die oorledene met
die direkte opset om te moor gedood het.
Appellant het nie ter versagting
getuig nie, en geen ander getuienis daaroor voorgelê nie.
Augustinus
Mahara, wat 'n staatsgêtuie was, het egter op die meriete getuig dat
appellant om ongeveer 19h00 daardie aand onder
die invloed van drank was toe hy
by hom en oorledene opgedaag het. Die rede wat hy vir daardie mening gegee het
is die volgende:
"Hy was gedrink gewees, want sy gewoonte is as ek hom keer met
iets en hy is gedrink, dan luister hy nie vir my nie."
17
Maar hy het ook getuig dat hy nie met appellant kon klaarkom nie en dat hulle
elke dag baklei het omdat appellant "stout" is. Augustinus
het voorts getuig dat
appellant later die nag om ongeveer 04h00 weer by hom ingekom het en dat hy toe
nog steeds onder die invloed
van drank was want hy het hard gepraat soos 'n
beskonkene.
Appellant het tydens sy getuienis op die meriete egter ontken dat
hy daardie Saterdagaand en nag onder die invloed van drank was en
het trouens
gesê dat hy die hele dag niks te drinke gehad het nie. Beskuldigde no 2
het ook getuig dat appellant normaal was
en gêen tekens van drank-inname
getoon het toe hulle mekaar gedurende die nag langs die pad raakgeloop het nie.
Hierby moet
die reedsvermelde getuienis van Jemina Molete oor appellant se
toestand vroeër die nag ook in aanmerking kom.
Appellant het voorts op die meriete getuig dat oorledene 'n soort van "Sotho Dokter" was wat oor
18
toorkragte beskik het. Hy het hom egter nie gevrees nie. Die moeilikheid tussen hom en die oorledene het ontstaan as gevolg vah 'n toormiddel wat oorledene aan hom gegee het teen betaling van R30,00 om hom met 'n dobbelspel te help. Dié middel was 'n kort stukkie hout. Dit was egter nie effektief nie. Appellant het R35,00 op die dobbelspel verloor. Toe hy dié Saterdagaand vir oorledene by sy vader aantref wou appellant hê dat hy die stokkie moes "regmaak". Oorledene wou meer geld hê om dit te doen. Appellant het geen geld meer gehad en kon dit nie doen nie. Toe slaan oorledene hom en hy het ter self-verdediging teruggeveg. Die grootste deel van hierdie "toor-verhaal" is deur die verhoorhof aanvaar, maar dié deel daarvan wat betrekking het op wat by die vader se huis gebeur het, slegs gedeeltelik. Daaroor het Hattingh, R., die volgende gesê in die uitspraak op die meriete:
"Die hof aanvaar wel op sy getuienis dat hy 'n
19
onderonsie met die oorledene gehad het by die huis van sy vader. Dit word egter nie aanvaar dat hy in noodweer opgetree het tydens daardie voorval nie, en word sy vader se getuienis in hierdie verband aanvaar."
(D.w.s. dat appellant toe die aanvaller
was.) Die vader
se getuienis dat appellant om 04h00 daardie nag weer
by
hom was, is egter nie aanvaar nie.
Die verhoorhof het bevind dat daar
geen versagtende omstandighede was nie.
Ten gunste van appellant het die hof
aanvaar dat hy wel daardie aand sterk drank ingehad het. (In die lig van die
bovermelde getuienis
was dit 'n baie tegemoetkomende houding.) Die hof het ook
aanvaar dat appellant vroeër dié aand 'n woordewisseling met
oorledene gehad het weens sy moontlike gegriefdheid oor die oneffektiewe
toormiddel en die geldelike verlies wat hy daardeur gely
het. Die hof het egter
bevind dat geeneen van hierdie twee faktore, wat al was waarop namens appellant
gesteun was, enige versagtende
inwerking op sy
20
gemoed gehad het nie. Die hof het na my mening geensins met daardie bevindings enige fout begaan nie, en Mnr Heymans, wat die appél namens appellant beredeneer het, het dit toegegee. Die drank-aspek spreek vir sigself. Wat die beweerde gegriefdheid betref, noem appellant dit nie aan Jemina Molete nie toe sy hom pertinent gevra het waarom hy met die oorledene baklei het. Hy het reeds die oorledene vroeer die aand ernstig beseer. Geen verdere provokasie het daarna van oorledene se kant gekom nie maar appellant breek nogtans by hom in en vermoor hom op uiters wreedaardige wyse. Moreel gesproke was daar op die getuienis geen verskoning daarvoor nie. Appellant het nie kom sê dat enige oorblywende sterk gegriefdheid hom daartoe beweeg het nie, en die getuienis dui geensins daarop dat dit waarskynlik die geval was nie. Die appél word afgewys.
M T STEYN, AR. HOEXTER, AR.) HEFER, AR.)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/70.html