![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saaknommer: 663/87
whn
ALEXANDER MATZOPOULOS Appellant
en
B E C ENGINEERING Respondent
JOUBERT AR
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
ALEXANDER MATZOPOULOS Appellant
en
B E C ENGINEERING
Respondent
Coram: JOUBERT, HEFER, STEYN, EKSTEEN A RR et NICHOLAS Wn AR
Verhoor: 22 Mei 1989 Gelewer: 29 Mei 1989
UITSPRAAK
JOUBERT AR:
/In
2
In die Transvaalse Provinsiale Afdeling het KIRK-COHEN R aan die appellant as eiser teen die respondent as verweerder provisionele vonnis vir die betaling van die bedrag van R50 000-00 verleen. Die appellant se eis was gebaseer op 'n onteerde tjek, gedateerd 28 Februarie 1986, deur die respondent as trekker getrek op Barclays Nasionale Bank, Tzaneen, ten gunste van ene Bredenkamp as nemer vir die bedrag van R50 000-00. Op die voorkant van die tjek 'was 'n kruising met die woorde "Nie verhandelbaar nie. Rekening nemer alleen" met 'n stempel aangebring. Die woorde "Payment Stopped" is handgeskrewe aangebring. Dit was gemene saak dat die tjek op 26 Maart 1986 onteer is toe die appellant dit by Barclays Bank vir betaling gedeponeer het omdat die respondent betaling daarvan gestop het. Aan die agterkant van die tjek verskyn die handtekening van Bredenkamp as 'n blanko endossement. . Daarbenewens is daar die geskrewe
/3
3
woord "Beeste".
Nadat die appellant sekuriteit de restituendo
verskaf het, het die partye tot die hoofgeding oorgegaan
om die
onderliggende verhouding tussen hulle te besleg.
Die appellant se dagvaarding
vir provisionele vonnis het as
gekombineerde dagvaarding gestaan terwyl die
respondent 'n
verweerskrif geliasseer het. In sy verweerskrif het
die
respondent die volgende verweer geopper, nl. :
"2.7.1 The chegue was drawn in favour of one F. Bredenkamp; 2.7.2 The cheque was given to the said Bredenkamp on the express condition that it would only be presented for payment upon the receipt of certain funds by the Defendant, alternatively one C.A. Prinsloo;
2.7.3 Defendant, alternatively C.A. Prinsloo
never received the funds;
2.7.4 The condition was never fulfilled;
2.7.5 Plaintiff was at all relevant times aware
/4
4
of this condition; 2.7.6 In the premises neither Plaintiff nor
the said Bredenkamp was entitled to
present the cheque for payment."
Die verhoor het voor HEYNS R plaasgevind.
Na afloop van
die verhoor het hy die appellant se eis van die hand
gewys
met koste. Met verlof van die hof a quo kom die appellant
nou
in hoër beroep na hierdie Hof teen die uitspraak van
HEYNS R.
Die strekking van die appellant se getuienis
was dat hy deur middel van Pusela Wholesalers (Pty) Ltd as
groothandelaar
in boumateriaal en metaalware besigheid te
Tzaneen gedoen het. Sy besigheid
was te koop. Donderdag
27 Februarie 1986 het ene Bredenkamp hom besoek.
Hulle
het onderhandel oor die verkoop van die besigheid, appellant
se
aandele en leningsrekening, die voorraad en die
/5
5
klandisiewaarde. Die totale koopprys was'ongeveer R200 000-00. 'n Deposito van R50 000-00 sou betaalbaar wees by ondertekening van die koopbrief. Bredenkamp het hom verwittig dat hy beeste vir R50 000-00 aan die respondent verkoop het wat as deposito kon dien. Verder sou ene Prinsloo, die besturende direkteur van die respondent, borg wees vir die betaling van die balans van die koopprys. Die volgende oggend (Vrydag 28 Februarie 1986) is die appellanf met Bredenkamp na Prinsloo se kantoor waar Prinsloo bevestig het dat hy die beeste van Bredenkamp vir R50 000-00 gekoop het. Prinsloo het onderneem om die R50 000-00 direk aan die appellaht te betaal as deposito op die verkoop van die besigheid aan Bredenkamp. Prinsloo was ook bereid om borg vir die balans van die koopprys van die besigheid te wees.
Maandag 3 Maart 1986 is 'n skriftelike koopkontrak deur die appellant en Bredenkamp onderteken.
/6
6
h Deposito van R50 000-00 was onmiddellik betaalbaar (klousule 6.1) terwyl Prinsloo borg en mede-hoofskuldenaar vir die balans van die koopprys sou wees (klousule 9.1). Bredenkamp het die appellant verwittig dat hy die R50 000-00 enige oomblik van Prinsloo verwag. Die appellant het die besigheid aan Bredenkamp oorhandig en hom touwys daarmee gemaak. Die appellant was nie bekommerd nie omdat hy geweet het dat Prinsloo 'n ervare sakeman was.
Die middag van 10 Maart 1986 het Prinsloo voor die Pusela besigheidsplek stilgehou. Prinsloo oorhandig aan die appellant 'n tjek met die woorde "Here is your cheque, Alec". Prinsloo het geen voorwaardes betreffende die deponering van die tjek genoem nie. Eers toe die appellant na die Pusela besigheidsplek terugkeer, bemerk hy dat dit die respondent se tjek vir R50 000-00 betaalbaar aan Bredenkamp was. Hy het Bredenkamp gevra om dit te endosseer wat
/7
7
Bredenkamp gedoen het deur sy handtekening agterop te plaas.
Die appellant het die tjek huis toe geneem en dit in sy brandkluis
geplaas.
Die volgende oggend 8 vm (11 Maart 1986) het Prinsloo buite die
Pusela besigheidsplek stilgehou. Hy versoek die appellant om nie die tjek
te deponeer nie maar om dit vir 'n week of so te hou omdat hy geld verwag
van
helikopters wat hy verkoop het. Die appellant het daarmee ingestem.
Daarna het die appellant af en toe vir Bredenkamp gevra of Prinsloo
se geld
gekom het.
Die middag van 26 Maart 1986 tussen 3
en 3.10 nm het die
appellant die tjek by Barclays Bank,
Tzaneen, vir betaling gedeponeer. Hy het
gevoel dat hy
Prinsloo genoeg tyd gegee hêt om voorsiening vir fondse
te
maak. Later daardie middag het hy 'n berig van Barclays
Bank ontvang
dat betaling van die respondent se tjek gestop
/8.......
8
is.
Die volgende dag (27 Maart 1986) het
Bredenkamp die appellant meegedeel
dat hy sonder Prinsloo se ondersteuning nie met die koop kon voortgaan nie. Die
gevolg was dat
die appellant eventueel die koop gekanselleer het en die
besigheid teruggeneem het.
Ek gaan nou daartoe oor om aandag te skenk aan die
getuienis van Prinsloo en Bredenkamp wat vir die respondent getuig het. Prinsloo
is 'n ervare sakeman wat reeds 13 jaar besigheid doen. Hy en Bredenkamp is ver
langs neefs. Bredenkamp het gedurende Desember 1984
vanaf Rhodesië na die
Republiek van Suid-Afrika met sy stoetkudde Brahman beeste gekom. Op 'n stadium
was hy R85 000-00 vir
sy beeste aangebied. Deurdat die getuienis van Prinsloo en
Bredenkamp mekaar op wesentlike aspekte weerspreek, is dit wenslik om
dit in
hooftrekke toe te lig.
/9
9
Op Vrydag (28 Februarie 1986) het Bredenkamp sy beeste vir R50 000-00 te koop aan Prinsloo aangebied om die deposito op die koop van die appellant se besigheid te -betaal. Prinsloo is op hoogte gebring van die mondelinge ooreenkoms wat Bredenkamp met die appellant bereik het. Prinsloo het Bredenkamp verwittig dat hy nie op die oomblik fondse het nie maar hy verwag enige oomblik die geld vir die helikopters wat hy verkoop het. Prinsloo beweer dat hy telekse aahgaande die transaksie i.s. die helikopters aan Bredenkamp getoon het maar laasgenoemde het dit tydens kruisondervraging ontken. Prinsloo het getuig dat hy Bredenkamp se beeste vir R50 000-00 voorwaardelik gekoop het nl. op voorwaarde dat hy die geld vir die verkoop van die helikopters kry. Daarenteen het Bredenkamp getuig dat dit 'n onvoorwaardelike koop was. Prinsloo het 'n tjek vir R50 000-00 ten gunste van Bredenkamp uitgemaak. Volgens
/10
10
Prinsloo het hy die tjek aan Bredenkamp oorhandig maar hom meegedeel dat hy nie die tjek kon gebruik voordat Prinsloo die geld vir die helikopters gekry het nie. Prinsloo het getuig dat hy die tjek teruggevat het, die woord "Beeste" daarop geskryf het en dit in die brandkluis geplaas het. Hy sou dit hou totdat hy die geld vir die helikopters gekry het. Tydens kruisondervraging het Prinsloo verskeie redes aangevoer waarom hy besluit het om die tjek te hou. Daarenteen het Bredenkamp getuig dat, nadat Prinsloo die tjek aan hom oorhandig het, hy.dit aan Prinsloo teruggegee het omdat die tjek vir hom nutteloos was voordat die geld vir die helikopters deurkom. Heel paradoksaal getuig Bredenkamp dat Prinslóo vir hom gesê het Bredenkamp kon nie die tjek deponeer voordat die geld vir die helikopters gekom het nie. Dit klink by die deurlees van die getuienis asof Bredenkamp 'n refrein geleer het maar dit op die verkeerde plek opgesê het. Beide getuig dat
/11
11
ongeveer 17 Maart 1986 het die appellant en Bredenkamp vir Prinsloo op kantoor besoek. Die appellant was ontevrede oor die gewag vir die tjek. Prinsloo beweer dat hy die hele posisie aan die appellant verduidelik het. Hy het die tjek uitgehaal en oor die tafel vir Bredenkamp gestoot. Hy het hulle egter laat verstaan dat hulle nie die tjek kon deponeer alvorens die geld vir die helikopters deurgekom het nie. Hy het die geld enige dag verwag. In kruisondervraging het Prinsloo verkondig dat die tjek nie verhandel kon word nie en gevolglik kon die appellant dit nie deponeer nie. Bredenkamp se getuienis oor hierdie ontmoeting was baie bondig. Volgens Bredenkamp het Prinsloo hom die tjek gegee wat hy in Prinsloo se teenwoordigheid aan die appellant oorhandig het. Prinsloo het dit egter baie duidelik aan die appellant gestel dat die tjek net gedeponeer kon word wanneer die helikopter se finansies kom. Dat
/12
12
Bredenkamp nie die tjek in Prinsloo se teenwoordigheid aan die appellant oorhandig het nie blyk uit Prinsloo se getuienis oor die gebeure op 26 Maart 1986. Volgens Prinsloo het hy Bredenkamp die oggend van 26 Maart 1986 gebel om die tjek terug te bring. Daardie middag gaan Bredenkamp, sy vrou, sy boekhouer en Prinsloo in le Postilon Restaurant eet. Daar het Bredenkamp hom meegedeel dat hy die tjek geteken het en aan die appellant oorhandig het. In kruisonder-vraging was hy nie seker of Bredenkamp hom die oggend vertel het dat hy die tjek aan die appellant oorhandig het nie. Hulle het Prinsloo gevra om betaling van die tjek te gaan stop. Omdat Prinsloo nie vir die beeste kon betaal nie het hy en Bredenkamp besluit om nie meer met die koop van die beeste voort te gaan nie. Prinsloo het 2.15 nm na Barclays Bank gegaan en betaling van die tjek gestop. Hy het dit bevestig toe 'n bankbeampte hom later daardie middag
/13
13
bel en meedeel dat die tjek voor hom lê. Prinsloo het
bevestig dat hy betaling van die tjek wou stop. Bredenkamp het getuig
dat hy die
appellant daardie middag meegedeel het dat hy uit die koop van die besigheid
tree omdat dit nie volgens sy groothandel-lisensie
gedryf word nie. Die
appellant se reaksie was dat hy die tjek gaan deponeer.
Die bevinding van
HEYNS R was dat beide Prinsloo en Bredenkamp onindrukwekkende getuies
(unimpressive witnesses) was en waar hul getuienis
strydig met die appellant s'n
is hy laasgenoemde se getuienis verkies (Oorkonde band 3 p 258). Dit is nie vir
my duidelik wat die
Verhoorregter met "unimpressive" bedoel nie. Indien hy dit
op houding ("demeanour") wou baseer dan moes hy rekening gehou het met
die
omsigtigheid waarmee hy te werk moes gaan, soos blyk uit die beslissings in
Estate Kaluza v Braeuer, 1926 AD 243 op bl 266 en S v Kelly
1980(3) SA 301 (A) op bl 308 B-G.
/14
14
Dit was die plig van die Verhoorregter om die getuienis
van
die appellant, Prinsloo en Bredenkamp te evalueer o.a. in
die lig van
die toepaslike inherente waarskynlikhede met
vermelding van sy bevindings en
sy redes dáarvoor. Raadpleeg
Schoonwinkel v Swart's Trustee,
1911 T P D 397 op bl 401:
"This Court, as a court of appeal, expects the Court below not only to give its findings on the facts, but also its reasons for those findings. It is not sufficient for a Magistrate to say 'I believed this witness, and I did not believe that witness'. The court of appeal expects the Magistrate, when he finds that he cannot believe a witness to state his reasons why he does not believe him. If the reasons are, because of inherent improbabilities, or because of contradictions in the evidence of the witness, or because of his being contradicted by more trustworthy witnesses, the Court expects the Magistrate to say
/15
15
so. If the reason is the demeanour of the witness, the Court expects the Magistrate to say that; and particularly in the latter case the Court will not lightly upset the Magistrate's finding on such a point."
Hierdie dictum is met goedkeuring aangehaal in S v
Guess,
1976(4) SA 715 (A) op bl 718 F-G.
Ek keer straks terug na die evaluasie
van die getuienis in die onderhawige
geval.
Die Verhoorregter beslis met verwysing
na die getuienis van Prinsloo en
Bredenkamp soos volg
(Oorkonde band 3 p 258):
"But they both testified that on 26 (28 ?) February 1986 when the chegue, Exhibit B was issued to Bredenkamp, payment of that cheque was made subject to the
/16
16
condition that it could only be presented for payment after defendant had received the purchase price of two helicopters which Prinsloo had offered for sale. There is nothing to gainsay this - - -
En dan weer in aansluiting hierby (Oorkonde band 3 p 259):
"That evidence comes from Prinsloo and Bredenkamp and even if they are unimpressive witnesses and even if I would prefer Mr Matzopoulos's evidence against theirs there is nothing to contradict them when they say the cheque was issued subject to that condition."
Uit die samehang van hierdie twee dicta is dit duidelik dat
/17
17
die Verhoorregter twee mistastings begaan het, nl.
1. Die feit dat die getuienis van Prinsloo en Bredenkamp
op hierdie aspek nie deur die appellant weerspreek
kon word nie omdat hy nie op 28 Februarie 1986
teenwoordig was by die bespreking tussen Prinsloo
en Bredenkamp nie bring geensins mee dat die onweerspreekte getuienis van Prinsloo en Bredenkamp sonder meer aanvaar moes word nie. Dit was die plig van die Verhoorregter om hierdie getuienis aan die inherente waarskynlikhede te toets maar hy het versuim om dit te doen. Raadpleeg Siffman v Kriel, 1909 T S 538 op bl 543, Nelson v Marich, 1952(3) SA 140 (A) op bl 149 A-B, Shenker Brothers v Bester, 1952(3) SA 665 (A) op bl 670 E-G.
2. Die Verhoorregter verloor uit die oog dat volgens die appellant se getuienis het Prinsloo die tjek
/18
18
aan hom die middag van 10 Maart 1986 oorhandig sonder
vermelding van enige voorwaardes hoegenaamd.
Die volgende oggend op 11 Maart 1986 het Prinsloo
die appellant versoek om die tjek vir 'n week of
so terug te hou. Dit was bloot 'n versoek en
nie 'n voorwaarde nie.
Om terug te keer na die evaluasie van die getuienis
wat die Verhoorregter nagelaat het om te doen. Die getuienis van die appellant
is nie alleen logies nie maar dit bots ook geensins met die inherente
waarskynlikhede nie. Dit dra die stempel van waarheid, betroubaarheid
en
geloofwaardigheid wat dit op 'n oorwig van waarskynlikhede aanvaarbaar maak.
Dieselfde oorwegings geld egter nie vir die getuienis
van Prinsloo en Bredenkamp
nie wat albei baie swak in kruisondervraging gevaar het. Die getuienis van
Prinsloo was soms vergesog
en selfs belaglik sodat hy
/19
19
dikwels klei getrap het, bv. die uitvlug wat hy probeer soek het waarom hy die tjek op 28 Februarie 1986 nie aan Bredenkamp oorhandig het nie nl. dat Bredenkamp nie 'n brandkluis gehad het nie. Ek het reeds hierbo verwys na sommige van die ernstige weersprekings tussen die getuienis van Prinsloo en Bredenkamp. Dit kom as uiters onwaarskynlik en onaanvaarbaar voor dat 'n ervare sakeman soos Prinsloo die tjek vanaf 28 Februarie 1986 tot 17 Maart 1986 in sy besit hou en dit dan aan Bredenkamp oorhandig terwyl hy dit steeds in sy besit kon gehou het totdat die fondse vir die helikopters hom bereik het. As geheel beskou, dra die getuienis van Prinsloo en Bredenkamp na my oordeel nie die stempel van waarheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid sodat dit op 'n oorwig van waarskynlikhede aanvaar kon word nie. Na my oordeel moes HEYNS R die getuienis van Prinsloo en Bredenkamp as leuenagtig verwerp het waar dit bots met die appellant se
/20
20
getuienis.
Dit volg dat die respondent na my oordeel hom
nie van die bewyslas gekwyt het oor die voorwaarde soos in sy verweerskrif
vervat nie.
Daar was tydens die verhoor van die appèl verwys na
bykomstige aspekte soos strafbeding en roukoop maar daar was geen feitebasis
om
die grondslag daarvoor te lê of dit te onderskraag nie, soos Mnr
Kemp verplig was om namens die respondent toe te gee.
Uit die
aanvaarbare getuienis is dit duidelik dat die appellant te alle relevante tye 'n
houer vir waarde van die tjek was ooreenkomstig
die omskrywing van "houer" in
art 1 asook die bepalings van arts 6(1) en 31(1) van die Wisselwet No 34 van
1964.
Dit volg dat die appèl moet slaag.
Die volgende bevele word verleen:
/21
21
1. Die appèl slaag met koste.
2 Die bevel van die Hof a quo word deur die volgende bevel
vervang :
"Vonnis word ten gunste van die Eiser verleen in die bedrag van R50 000-00 tesame met rente daarop teen 'n koers van 20% per jaar bereken vanaf 26 Maart 1986 tot datum van betaling. Verweerder word gelas om Eiser se koste te betaal."
C. P. JOUBERT AR.
HEFER AR )
STEYN AR ) Stem saam.
EKSTEEN AR )
NICHOLAS Wn AR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/69.html