SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 68

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Shezi (503/88) [1989] ZASCA 68 (29 May 1989)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


Saakno. 503/88 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
ELLIOT MZOTHENI SHEZI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HEFER, VIVIER et EKSTEEN ARR VERHOOR: 15 Mei 1989 GELEWER: 29 Mei 1989

UITSPRAAK

HEFER, AR
Hierdie appèl is gemik teen die doodvonnis wat die appellant in die hof a quo opgelê is weens sy skuldigbevinding aan moord, en in besonder teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie.

Uit die voorgelegde getuienis en appellant se eie
2

erkenning by die verhoor blyk dit dat hy die oorledene,'n
59-jarige vrou vir wie hy as tuinhulp gewerk het, by haar huis
om die lewe gebring het terwyl haar man weg waswerk toe.Hy
het die oorledene 28 steekwonde met 'n jagmes toegedien. Ten minste agt van die wonde was dodelik; vier daarvan het die skedel tot in die brein gepenetreer.
Die bewyslas om versagtende omstandighede te bewys, het natuurlik op die appellant gerus. (S v. Theron 1984(2) SA 868 (A)). Sy getuienis was so deurspek met leuens dat die verhoorhof bevind het dat hy hom nie van die las gekwyt het nie.
In hierdie hof het appellant se advokaat aangevoer dat die verhoorhof misgetas het deur twee faktore in aanmerking te neem wat nie in aanmerking geneem behoort te gewees het by oorweging van die vraag of daar versagtende omstandighede was nie. Die eerste is die feit dat appellant geen berou oor sy optrede getoon het terwyl hy getuig het nie en die tweede is die grusaamheid van die moord.

Ek stem nie saam dat die hof se verwysing na enigeen

3

van hierdie aspekte as 'n mistasting bestempel kan word nie. Na
die gebrek aan berou is bloot verwys in samehang met die belese

regter se opmerking in sy uitspraak dat

"u optrede in kruisverhoor toon in ons mening nie 'n geestelike onvolwassenheid nie maar 'n toonbeeld van bravado."

Daarmee is geen fout te vind nie. En met die verwysing na die
grusaamheid van die moord ook nie (S v. McBride 1988(4) SA 10 (A)
op bl 24 A-D).

Appellant se advokaat het verder aangevoer dat die

kumulatiewe effek van appellant se relatiewe jeugdigheid,
emosionele onrypheid, lae intelligensie, beperkte opvoedings- en
kulturele ontwikkeling en die feit dat die moord met dolus
eventualis gepleeg is, as versagting aangemerk moes gewees het.
Hiermee stem ek ook nie saam nie. Appellant was reeds 23 jaar
oud ten tyde van die moord en die verhoorhof het tereg bevind dat
hy nie onryp of onintelligent was nie. Wat dolus eventualis
betref, hoef ek slegs te sê dat appellant meer as gelukkig was
dat dolus directus nie bevind is nie. Te oordeel aan die.

4

beserings wat hy die oorledene toegedien het, kan ek my nie voorstel dat hy enigiets anders as haar dood gewil het nie. Die verhoorhof het al die faktore waarna ons verwys is, oorweeg en verwerp. Daar bestaan geen rede om met die bevinding in te meng nie.

Die appèl word gevolglik van die hand gewys.

J J F HEFER, AR

VIVIER, AR EKSTEEN, AR Stem saam


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/68.html