![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
LL Saak No 88/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOHNNY ABRAHAM MOHANE Eerste Appellant
en
ALMOND
NOFEMELA Tweede Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER et KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM: 3
MEI 1989 LEWERINGSDATUM: 22 MEI 1989
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2.
Omstreeks 4 nm op 11 September 1986 is wyle J.H. Lourens net buite sy
plaashuis in die distrik van Brits vermoor. Hy is vyf steekwonde
toegedien, drie
waarvan hom in die nek getref het. Kort daarna is sy lyk aangetref en het dit
toe ook geblyk dat die geweldenaar
of geweldenaars kaste in die huis deursoek
het. Laaie was oopgetrek en van die inhoud daarvan op die vloer gegooi. Niks is
egter
vermis nie.
Voortspruitende uit hierdie gebeurde het die appellante in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling tereggestaan op o a 'n aanklag van
moord op
die oorledene. Beide is op hierdie aanklag skuldig bevind en by ontstentenis aan
'n bevinding dat versagtende omstandighede
aanwesig was, is hulle ter dood
veroordeel. Met die nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen die
skuldigbevindings
gerig.
Gerieflikheidshalwe gee ek eers die weergawes van die beskuldigdes weer.
Beide getuig dat hulle op die betrokke dag 'n lokval vir
ene Lawrence wou
stel.
3. Die tweede appellant was 'n polisieman en wou vir Lawrence betrap
dat hy dagga verkoop. Omdat hy aan Lawrence bekend was, is gereël
dat die
eerste appellant dagga met 'n R2 noot sou koop waarna die tweede appellant vir
Lawrence sou arresteer. Met dié doel
voor oë het hulle vanaf
Skeerpoort in die rigting van die huis van Klaas Bongomo geloop. Daardie huis
was naby dié van
die oorledene geleë en blykbaar het die tweede
appellant vir die eerste appellant gesê, aldus, hul weergawes, dat hy
Lawrence
aldaar sou aantref.
Vanaf die tydstip dat hulle Klaas se huis genader het, verskil die appellante
se getuienis hemelsbreed. Die eerste appellant sê
dat hulle saam na Klaas
se huis gegaan het, dat daar niemand was nie, en dat hulle toe na die oorledene
se huis geloop het. Aldaar
het die oorledene na hulle aangehardloop gekom en met
die tweede appellant geraas. Die eerste appellant kon nie hoor wat hulle
sê
nie. Die oorledene en die tweede appellant het mekaar vasgegryp
4.
en daar het bloed by eersgenoemde se sy uitgevloei. Die eerste appellant sien
toe dat die tweede appellant
'n mes in sy hand het. Hy het die tweede
appellant probeer keer waarop laasgenoemde hom op sy pols gesteek het. Hy het
die tweede
appellant gevra: "wat maak jy?". Die enigste reaksie was dat hy moes
stilbly. Die eerste appellant het omgedraai om te vlug maar
die tweede appellant
het gesê dat hy moes terugkom. Die oorledene het toe reeds op die grond
gelê en die tweede appellant
het 'n vuurwapen by hom gehad. Hierna het die
eerste appellant vir die tweede appellant probeer wys dat laasgenoemde hom
verwond
het, maar die reaksie was weer eens slegs dat hy moes stilbly. Die
tweede appellant het toe 'n deur van die huis oopgeskop en vir
die eerste
appellant gesê dat hy moes ingaan. Dit het laasgenoemde gedoen,.gevolg
deur die tweede appellant. In die huis het
die eerste appellant se hand baie
gebloei en het hy in pyn verkeer. Die tweede
appellant het 'n hangkas in die kamer geskop, klere wat
I
5. in die kas gehang het aan die brand gesteek en 'n kers wat in die
kamer gebrand het op 'n bed gegooi. Hulle is toe daar weg.
Die tweede
appellant ontken dat hy na Klaas se huis gegaan het. Hy sê dat hy by 'n
plek langs 'n
rivier sit en wag het terwyl die eerste appellant na Klaas se
huis gestap het. Na 20 minute het die eerste appellant teruggehardloop
gekom uit
die rigting van die oorledene se huis. Daar was bloed aan sy hand en hy het
gesê dat dit deur 'n draad beseer was.
Gevra hoekom hy so lank weg was,
het hy gesê dat Lawrence nie by Klaas se huis was nie en dat hy toe gaan
kyk het of hy mense
kon vind by wie hy navraag na Lawrence kon doen. Hoewel die
tweede appellant suspisieus was, het hy nie vir die eerste appellant
verder
uitgevra nie, Hulle het toe teruggekeer "huistoe". Later die middag het hy
geparkeerde voertuie by die oorledene se huis opgemerk.
Hy is na die huis waar
hy die lyk van die oorledene gesien het. Hy het na die spore in die
i
omgewing van die lyk gekyk en homself vergewis dat dié nie spore van
die eerste appellant was nie. Hy was toe tevrede dat die
eerste appellant nie by
die moord betrokke was nie en daarom het hy nie die eerste appellant se vroeere
suspisieuse optrede aan die
polisie gerapporteer nie.
Na sy inhegtenisneming
het die tweede appellant aanvanklik ontken dat hy enigiets van die moord geweet
het. Hy het egter later in
'n verklaring aan luit Viljoen van deuntjie verander.
Hy het toe gesê dat hy "kak gemaak het voor die Here" en dat die Here
hom
sou straf. Daarna het hy vertel dat hy en die eerste appellant die betrokke
middag op pad na Lawrence by die oorledene se huis
verby geloop het. Die
oorledene het opgestaan, geskreeu "julle bloody kaffers, wat soek julle op my
plaas", en op hulle afgestorm.
Die eerste appellant het 'n mes uitgehaal en die
oorledene verskeie steekwonde toegedien. Die tweede appellant het die mes by die
eerste appellant
7. afgeneem en in die proses vir laasgenoemde op sy linkerpols verwond.
Hierna is die eerste appellant die huis in, gevolg deur die
tweede appellant. In
die huis het die eerste appellant goed aan die brand gesteek waarna hulle
weggehardloop het. Gevolglik het hulle
nooit by Lawrence uitgekom nie.
Toe
Viljoen getuig het, is namens die tweede appellant die volgende aan hom gestel:
Viljoen het voordat die verklaring gemaak is aan
die tweede appellant gesê
dat die eerste appellant hom impliseer en toe voorgestel dat die tweede
appellant op sy beurt, die
blaam op die eerste appellant moes plaas "sodat hy
uit die ding kon uitkom". Viljoen het dit ontken en gesê dat hy 'n
bandopname
van sy gesprek met die eerste appellant gemaak het.
Laasgenoémde se advokaat het toe om 'n verdaging gevra en later
gesê
dat hy instruksies verkry het om nie verdere vrae aangaande die
gesprek aan Viljoen te stel nie.
Toe hy getuig het, het die tweede appellant
8.
nie gepoog om bogenoemde stelling te fundeer nie. Hy
het ook nie Viljoen se weergawe van die gesprek ontken nie. Maar, het hy gesê, wat hy aan Viljoen vertel het, was nie die waarheid nie. Sy verduideliking was soos volg: Viljoen het vir hom gesê dat hy die waarheid moes vertel. Hierna was hy in 'n kantoor waarin daar baie Swart polisiemanne was. Hulle het vir hom gesê dat die eerste appellant beweer dat hy die oorledene doodgemaak het, en het aan die hand gedoen dat hy op sy beurt die skuld op die eerste appellant moes plaas. Daarna het hy valslik vir Viljoen vertel dat hy teenwoordig was toe die eerste appellant die oorledene met 'n mes gesteek het.
Viljoen het ook getuig dat hy 'n verdere bandopname gemaak het van 'n gesprek tussen die appellante nadat hulle gearresteer was. Twee getuies het na die bandopname geluister en transkripsies daarvan gemaak. Ene Mbatha het eerste getuig en gesê dat die gesprek in Zulu gevoer was. Sy weergawe van h
9.
vertaalde snit van die gesprek lui soos volg (die
tweede
appellant is aan die woord):
"Ai, weet jy wat meen ek? (onduidelik
baie saggies) Maar jy weet die ding
wat my worry, ek, ek het 'n mens doodgemaak."
Nadat Mbatha getuig het, het die hof gelas
dat die hoftolk ook 'n transkripsie van die gesprek moes
maak. Hy het die
tweede appellant se woorde soos volg
vertaal:
"Ai! Jy weet wat, eich - maar die ding wat my worry is ek het 'n mens doodgemaak."
Die tweede appellant het nie ontken dat hy en die eerste appellant die gesprek gehad het of dat hy melding van die doodmaak van 'n mens gemaak het nie. Maar, het hy gesê, die aangehaalde gedeeltes van die transkripsies gee nie sy woorde getrou weer nie. Wat hy wel gesê het, was dat dit hom gepla het dat mense sê dat hy 'n persoon doodgemaak het.
Die verhoorhof het bevind dat albei appellante leuenagtige getuies was. Hul
getuienis dat
10.
die tweede appellant 'n lokval vir Lawrence wou stel,
is
verwerp, en so ook die tweede appellant se verduide-
liking waarom hy
'n valse verklaring aan Viljoen sou
gemaak het. Wat die transkripsies betref,
is bevind
dat die aangehaalde gedeeltes daarvan stawing gebied.
het vir
die eerste appellant se getuienis dat die
tweede appellant die primêre
geweldenaar was. Die hof
se uiteindelike konklusie was dat die oorledene in
die
loop van 'n voorgenome roof tog gedood is en dat die
eerste appellant
beseer is omdat hy die oorledene
vasgehou het terwyl die tweede appellant hom
met 'n mes
gesteek het. Gevolglik het hulle gesamentlik
diê
oorledene se dood veroorsaak.
Hierdie bevindings is op
appèl aangeveg maar daar steek weinig pit in die desbetreffende
betoë. Die tweede appellant was
verbonde aan die veiligheidstak van die
Suid-Afrikaanse Polisie en was destyds met verlof. Dit was nie deel van sy
pligte om daggahandelaars
aan te keer of te probeer betrap nie en
11 .
dit is dus onaanneemlik dat hy skielik sou besluit het
om 'n lokval vir
Lawrence te stel. (Die getuienis toon
bowendien aan dat Klaas geen kennis van
'n persoon met
die naam van Lawrence gehad het nie.) Die tweede
appellant
het egter gepoog om die beweerde lokval met
sy pligte te verbind. Hy sê
naamlik dat hy van sy
broer gehoor het dat sekere persone die betrokke
dag
vir Lawrence vuurwapens sou wys wat nie in Suid-Afrika
bekombaar is
nie. Die uiteindelike doel van die
lokval was dus om nadat Lawrence vir
handeldryf in
dagga gearresteer was verdere ondersoek na die
vuurwapens te doen.
Betreffende hierdie verduideliking hoef slegs
op die volgende gewys te word. Op geen stadium voor
die verhoor, en
spesifiek nie aan Viljoen nie, is enige
melding van vuurwapens gemaak nie.
Vir hierdie
versuim kon die tweede appellant nie 'n
aanneemlike
verduideliking verskaf nie. Tweedens is dit
onaanvaarbaar dat die tweede appellant terwyl hy met
12. verlof was die hulp van 'n privaat persoon sou inroep in verband met
'n ondersoek na wapens wat volgens sy aangevoerde inligting
waarskynlik van
terroristiese oorsprong was. 'n Mens sou juis verwag het dat hy die inligting
onmiddellik aan sy bevelvoerder sou
oorgedra het. Derdens is dit onaanvaarbaar
dat hy by die rivier sou sit en wag het terwyl die eerste appellant na Klaas se
huis geloop
het. Volgens die tweede appellant was Lawrence nie by Klaas se huis
woonagtig nie en hy moes dus voorsien het dat teen die tyd dat
die eerste
appellant na die rivier teruggekeer het, Lawrence homself reeds uit die voete
kon gemaak het.
Wat betref die verklaring wat die tweede appellant aan
Viljoen gemaak het, is daar geen fout te vind met die verhoorhof se verwerping
van die tweede appellant se bogenoemde verduideliking nie. Daar is geen twyfel
nie - trouens, die tweede appellant het dit erken
- dat hy aan sy advokaat
gesê het dat Viljoen hom oorreed het om die blaam op die eerste appellant
te
13.
plaas. Eers nadat dit geblyk het dat 'n bandopname van
die gesprek gemaak
is, het hy beweer dat die voorstel
van onbekende Swart polisiemane afkomstig
was. Sy
enigste verduideliking vir hierdie frontverandering was
dat hy nie
mooi kon onthou wat gebeur het nie.
Dit val in elk geval nie in te sien
waarom, ten einde die eerste appellant te betrek, die tweede appellant homself
op die toneel sou
wou plaas nie. Die weergawe wat hy in die hof gegee het, sou
immers ook die vinger na die eerste appellant laat wys het.
Betreffende die
gesprek tussen die appellante waarvan 'n bandopname gemaak is, het die tweede
appellant se advokaat tereg daarop gewys
dat hy tydens die gesprek op 'n hele
aantal geleenthede te kenne gegee het dat hy "fokol" geweet het en dat hy nie
iets kon beken
waarvan hy geen kennis gedra het nie. Hierdie gesprek moet egter
vertolk word in die lig van die feit dat die tweede appellant teenoor
Viljoen
erken het dat hy wel teenwoordig was toe die oorledene gesteek is en
14. dat
hy dit nie sou gedoen het indien hy inderdaad nie daar was nie. Hy het dus
geweet wat gebeur het en die passasies waarop sy
advokaat gesteun het, is
gevolglik
slegs vereenselwigbaar met 'n verkondigde voorneme om 'n
verweer
te opper dat hy niks van die voorval geweet het nie.
Ek kom dan by die
uittreksel waaraan die verhoorhof gewig geheg het. Nou is dit waar dat volgens
Mbatha die tweede appellant wel iets
onhoorbaar sag gesê het alvorens hy
erken het dat hy 'n mens doodgemaak het. Die hoftolk het egter getuig dat daar
niks gesê
was tussen "Ai! Jy weet wat, eich" en "maar die ding wat my
worry is ek het 'n mens doodgemaak". Maar al het Mbatha dit reg gehad,
is die
transkripsies net nie te rym nie met die tweede appellant se weergawe van wat hy
wel gesê het. Onthou sal word dat volgens
hom hy gesê het: "Wat my
pla, is dat hulle sê dat ek 'n
persoon doodgemaak het". Beide Mbatha en die hoftolk was dit egter eens dat
direk nadat die tweede appellant
15. verwys het na dit wat hom gepla het, hy
gesê het dat hy
'n mens doodgemaak het. Die bandopname was ongetwyfeld
tot die beskikking van die tweede appellant en dit is dan ook insiggewend dat
hy
nooit aangevoer het dat dit by 'n terugspeel van die bandopname blyk dat hy
tussen die sinsnedes "maar die ding wat my worry"
en "ek het 'n
mens
doodgemaak" nog iets onhoorbaars gesê het nie.
Hoewel die verhoorhof tereg bevind het dat die eerste appellant
ongeloofwaardige verontskuldigende getuienis gegee het, hoef sy getuienis
dat
die tweede appellant die oorledene die steekwonde toegedien het nie summier
verwerp te word nie. Dit moet beoordeel word in die
lig van die feit dat die
tweede appellant 'n
valse verduideliking gegee het waarom hy die betrokke
middag op of naby die oorledene se plaas was; dat hy
in die verhoorhof valslik ontken het dat hy teenwoordig
was toe die oorledene aangeval is, en dat sy meermaal
genoemde erkenning dat hy 'n mens doodgemaak het slegs
op die oorledene betrekking kon gehad het. Gevolglik
16.
is daar geen fout te vind nie met die verhoorhof se bevinding dat dit die
tweede appellant was wat die oorledene die meswonde toegedien
het. En aangesien
die geweldenaar ongetwyfeld moes beoog het om die oorledene te dood, is die
tweede appellant tereg op die moordklag
skuldig bevind.
Ek kom by die
appèl van die eerste appellant. In sy geval is daar verdere getuienis wat
daarop dui dat hy na die oorledene
se plaas gegaan het met die oogmerk om te
steel. Ene Makosi getuig naamlik dat hy die oggend van die dag waarop die
oorledene vermoor
is verby 'n motorhawe op Skeerpoort gery het. Die eerste
appellant, 'n vriend van hom, het hom gestop en gesê dat hy met hom
wou
praat. Hy het toe voorgestel dat "ons" geld moes gaan haal op die plaas van
Lawrence. Makosi het onmiddellik gesnap dat die eerste
appellant gedoel het op
die plaas waarop die oorledene (Lourens) en sy broer gewoon het. Makosi het
egter gesê dat hy 'n afspraak
op Brits moes nakom.
17. Op daardie
stadium het die tweede appellant naby die motor gestaan maar Makosi was nie
seker of hy gehoor het wat die eerste appellant
gesê het nie.
Die
eerste appellant het dié weergawe betwis en ontken dat hy Makosi die
betrokke oggend gesien het. Hy het hom wel 'n paar
dae latër ontmoet en toe
vertel van die "ongeluk" wat plaasgevind het, dat hy huis toe wou gaan en dat
daar 'n persoon was (klaarblyklik
die tweede appellant) wat hom gekeer het. Uit
sy verdere getuienis is dit duidelik dat, volgens hom, hy vir Makosi vertel het
dat
die tweede appellant die oorledene met 'n mes gesteek het.
Die verhoorhof het bevind dat Makosi 'n indrukwekkende getuie was en het sy
getuienis aanvaar.
Op appèl is hierdie bevinding aangevjeg omdat
Makosi ook
getuig het dat hy die aand van die dag waarop hy met
die eerste appellant gepraat het, gearresteer is terwyl
dit eers ongeveer 'n week na die dood van die oorledene
gebeur het. Hierdie betoog is gegrond op die getuienis
18.
van adjudant-offisier Mentz dat hy vir Makosi op 22 September 1986 ontmoet het en Makosi se getuienis dat hy na sy arrestasie vir ongeveer twee dae aangehou was, terwyl die oorledene op 11 September vermoor is. Mentz het egter na Makosi getuig en die oënskynlike
teenstrydigheid wat uit sy getuienils en dié van Makosi
blyk, is dus nooit aan laasgenoemde gestel nie. Hoe dit ook al sy, Mentz se
getuienis toon hoogstens aan dat Makosi in die war was
aangaande die datum
waarop hy gearresteer is. Indien dit die eerste appellant se saak was dat die
gesprek waaroor Makosi getuig wel
plaasgevind het, maar op 'n ander dag, sou die
verwarring moontlik van betekenis gewees het, maar hy ontken nou juis dat daar
ooit
so 'n gesprek was. Makosi se getuienis word bowendien gestaaf deur die
tweede appellant wat bevestig dat Makosi en die eerste appellant
die betrokke
oggend by die vulstasie op Skeerpoort met mekaar gepraat het. En dan erken die
eerste appellant dat hy wel die oggend
by die vulstasie
19. was - juis die
plek waar volgens Makosi die gesprek plaasgevind het.
Ek het reeds genoem dat
die binnekant van die huis van die oorledene na sy dood in 'n bra wanordelike
toestand aangetref is. Laaie
was uitgetrek en van die inhoud daarvan het
verstrooid gelê. Die eerste appellant erken dat hy in die huis was en dit
is ook
duidelik dat hy daarin rondbeweeg het. Bloedspatsels wat slegs van sy
beseerde hand afkomstig kon wees, is naamlik in verskeie kamers
aangetref. Sy
weergawe dat hy as't ware onder dwang van die tweede appellant opgetree het en
dat hy nie gesien het dat laaie oopgetrek
is nie, is so onwaarskynlik dat dit
tereg deur die verhoorhof verwerp is. Om redes wat reeds genoem is, is die
eerste appellant se
getuienis dat daar beplan is om die betrokke dag 'n lokval
vir Lawrence te stel ook geheel en al onaanvaarbaar. In die lig van Makosi
se
getuienis en bogenoemde oorwegings het die verhoorhof dus tereg bevind dat
die
20. appellante na die oorledene se plaas gegaan het om te
steel of te
roof.
Die eerste appellant se advokaat het egter
aan die
hand gedoen dat nie bewys is dat hy voorsien
het dat die oorledene in die
uitvoer van die
gemeenskaplike oogmerk kon sterf nie. Nou is dit
natuurlik onbekend presies wat die appellante in
gedagte gehad het toe hulle na die plaas vertrek het.
So bv weet 'n mens nie of hulle van meet af verwag het
dat hulle teenstand
sou moes oorbrug ten einde hul
voorneme uit te voer nie. Die kardinale vraag
is
egter wat die eerste appellant beoog of voorsien het
nadat
hulle die oorledene buite die huis aangetref het.
Die eerste appellant se
weergawe van die
aanval op die oorledene is uiters onbevredigend. Hy sê dat hoewel hy 'n steekbeweging gesien het, hy nie gemerk het dat die oorledene raakgesteek word nie. Tog weet 'n mens dat die oorledene vyf verskillende wonde toegedien is. Net so onbevredigend is sy
21.
getuienis oor die wond wat hy opgedoen het. Eers sê
hy dat hy gesien
het hoe daar bloed by die oorledene se
sy uitkom en dat toe hy vir die tweede appellant
probeer keer het
laasgenoemde hom op sy pols verwond
het. Later getuig hy egter dat na die
aanvanklike
steekbeweging die tweede appellant en die oorledene op
die
grond geval het en dat die tweede appellant toe oor
die oorledene gerol het.
Hoe hy in hierdie kort
tydsbestek verwond is terwyl die tweede appellant
se
aandag op die oorledene toegespits was, verduidelik hy
nie.
Die onaanvaarbaarheid van die eerste
appellant se weergawe dat die aanval op die oorledene vir hom as 'n verrassing gekom het, word onderstreep deur sy gedrag daarna. Hy is toe saam met die tweede appellant die huis in en die afleiding is onafwendbaar dat hulle gesamentlik die huis deursoek het. Veral verwerplik is sy getuienis dat hy nie na die gebeure vir die tweede appellant enige vrae gevra het nie
22.
vanweë die "manier" hoe die tweede appellant gelyk het.
Na my mening
het die verhoorhof tereg bevind dat daar slegs. een verduideliking is vir die
wond wat die tweede appellant opgedoen
het, en dit is dat dit per ongeluk
toegedien is terwyl die eerste appellant die oorledene vasgehou het of wou
vashou sodat die tweede
appellant met die mes sy teenstand kon neutraliseer. Op
daardie stadium het die eerste appellant ongetwyfeld voorsien dat die oorledene
kon sterf en het hy onverskillig teenoor die intrede van daardie gevolg gestaan.
Trouens, daar is veel te sê vir die konklusie
dat hy, netsoos die tweede
appellant, toe beoog het om die' oorledene te dood. Ook die eerste appellant is
gevolglik tereg skuldig
bevind.
Die appèlle word afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
VIVIER AR
STEM SAAM KUMLEBEN AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/57.html