![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS MATHEUS VAN DER MERWE
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, VIVIER et EKSTEEN ARR.
Datum van verhoor: 7 Maart 1989 Datum van lewering: 30 Maart 1939
UITSPRAAK JOUBERT AR:
/Die
2
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling deur
J.J. STRYDOM R en twee assessore verhoor op die volgende aanklagte,
nl.
Aanklag 1: Moord op sy broer Emanuel. Aanklag 2: Moord op sy vader
Petrus Mathewes
van der Merwe. Aanklag 3: Diefstal van 'n pistool en
ammunisie
asook R1482-48 kontant. Aanklag 4: Verkragting van Charmaine
Delores
Liebenberg. Aanklag 5: Verkragting van Charmaine
Delores
Liebenberg te Silkaatsnek Reservaat. Aanklag 6: Besit van
pistool. Aanklag 7: Besit van ammunisie.
Die misdade waarop aanklagte 1, 2, 3 en 4 betrekking het, sou gepleeg gewees het in 'n woonhuis te Penguinlaan 272,
/3....
3
Wierda Park, Pretoria die oggend van Saterdag 31 Augustus
1985. Die appellant het onskuldig op al die aanklagte
gepleit. Sy verweer was dat hy wel die handelinge gepleeg
het waarop die aanklagte betrekking het maar dat hy tydens
die pleeg
daarvan ontoerekeningsvatbaar was deurdat hy nie
die onderskeidingsvermoë gehad het om die onregmatigheid van
sy handelinge te besef nie of nie die wilsbeheervermoë gehad
het om
ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van
sy handelinge op te tree nie. In die alternatief tot aanklagte
4 en 5 het hy gepleit dat Charmaine tot die geslagsverkeer
toegestem het.
Sy verweer is vervat in Bewysstuk "H"
(Band 15 p 1366-1369). Die appellant is deur die Verhoorregter
en een
assessor skuldig bevind op aanklagte 1, 2, 3 en 4 terwyl
die Verhoorregter en
albei assessore hom op aanklagte 5, 6
en 7 skuldig bevind het. Die Verhoorhof
het bevind dat
daar versagtende omstandighede aanwesig is ten aansien van
/4....
4
die twee aanklagte van moord d.w.s. aanklagte 1 en 2.
Die
Verhoorregter het egter sy diskresie uitgeoefen en die
doodvonnis
opgelê ten aansien van aanklag 1 (die moord op die
appellant
se broer Emanuel). Die volgende vonnisse is die appellant
ten aansien van die ander aanklagte opgelê:
Aanklag 2: 10
jaar gevangenisstraf.
Aanklaq 3: 1 jaar gevangenisstraf.
Aanklag
4: 8 jaar gevangenisstraf.
Aanklaq 5: 3 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 6: 1 jaar gevangenisstraf.
Aanklag
7: 1 jaar gevangenisstraf.
Dit is gelas dat die vonnisse op aanklagte 3,
6 en 7 moet
saamloop en samelopend uitgedien moet word met die vonnis
wat
op aanklag 2 opgelê is. Dit beteken dat 21 jaar
effektiewe
gevangenisstraf opgelê is. Met verlof van die
Hoofregter
kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof teen
/5...
5
al sy skuldigbevindings sowel as die opgelegde
vonnisse.
Ofskoon adv. Hertzog wat vir die appellant verskyn het se
geskrewe betoogshoofde in twee bundels vervat is, het dit tydens sy betoog
duidelik geword dat
die appèl eintlik net oor drie aangeleenthede handel.
Ek sal straks aan hulle aandag skenk.
Ek sal voortaan gerieflikheishalwe na
die vader van appellant as "van der Merwe sr." verwys.
Op 2 September 1985
het dr. Malan, die Staatspatoloog, lykskouings op die lyke van Emanuel en van
der Merwe sr. uitgevoer. Sy bevinding
was dat Emanuel 'n snywond vanaf sy
linkeroor om die voorkant van sy nek tot reg onder sy regter kaakhoek gehad het.
Dit het gestrek
tot aan die nekwerwels met afsnyding van die nek se weefsels
en groot bloedvate. Dit het feitlik daarop neergekom dat Emanuel se keel
van oor
tot oor afgesny is. Daar kon meer
/6....
6
as een sny gewees het. Die snywond kon veroorsaak gewees
het
deur die mes (Bewysstuk 1) wat 'n lem van ongeveer 1 voet
lank het. Die snywond het 'n belemmering van asemhaling
asook erge
bloedverlies teweeggebring. Die oorsaak van
dood was belemmering van
asemhaling as gevolg van die snywond
aan die nek.
Wat van der Merwe sr. betref, het dr.
Malan vasgestel dat sy lyk verskeie
ligte snywonde gehad het,
nl aan die voorkant van die linkerskouer, aan die
linkerkant
van die voorkop van voor na agter asook 'n oppervlakkige
snywond
aan die nek vanaf die regteroor na voor en dan tot onder
die
linkerkaak. Daar was egter 'n steekwond wat deur die linkerlong
en die
hoofslagaar gestrek het. Dit het erge bloeding
veroorsaak. 'n Redelike mate
van geweld was nodig om hierdie
steekwond toe te dien. Die oorsaak van dood was bloedverlies
weens hierdie steekwond in die borskas.
/7....
7
Maandagoggend 26 Augustus 1985 het Emanuel en sy
minnares Charmaine (wat op daardie stadium 'n getroude vrou was) die appellant
met
sy motorkar gaan haal toe die appellant onvoorwaardelik uit die gevangenis
vrygelaat is nadat hy 4 jaar en 10 maande uitgedien het
ten aansien van 'n
vonnis van 6 jaar gevangenisstraf. Hierdie vonnis is hom in 1981 deur 'n
streekshof opgelê vir verkragting
van 'n vrou wat hy met 'n vuurwapen
gedreig het en teenoor wie hy geweld toegepas het. Die appellant is ook in 1979
te Oudshoorn
skuldig bevind aan diefstal van 'n motorkar asook diefstal van R6
waarvoor hy 'n vonnis van 2 ½ jaar gevangenisstraf opgelê
is maar
waarvan helfte voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Toe Emanuel en Charmaine
daardie Maandagoggend die appellant na Penguinlaan
272 neem, was die appellant
eintlik 'n patetiese mislukkeling. Hy was 31 jaar oud met 'n ietwat bo
gemiddelde intellek maar hy het
slegs standerd 6
/8....
8
skoolopleiding gehad. Hy was nie geskool vir enige nering
nie. Hy het ongeveer 26 baantjies gehad voordat hy die
6 jaar gevangenisstraf opgelê is. Hy is kort van gestalte
maar is
fris gebou. Sy selfbeeld was egter swak. Hy
het 'n pankop en geen botande
nie. Hy het dagga gerook,
hy was semi-potent, hy het nooit goeie verhoudings
met persone
van die teenoorgestelde geslag gehad nie en hy het nog sy
bed
natgemaak. Hy het slegs R43 by hom gehad.
Die verhouding tussen die appellant
en van der Merwe sr. was nooit goed nie. Van der Merwe sr. het ontken dat die
appellant sy kind
was. Die appellant het toe totdat hy 7 na 8 jaar oud was by sy
oom Lion Fourie en sy tante (sy moeder se suster) gewoon. Daarna het
hy
'n
deel van sy jeugjare in die destydse Rhodesië deurgebring waar sy ouers
gewoon het. Vir die afgelope 14 jaar voordat hy die
vonnis van 6 jaar
gevangenisstraf opgelê is, was hy
/9.....
9
nooit langer as 'n paar weke of maande by sy ouers aan huis
nie. Van der Merwe sr. was 'n moeilike ou man. Hy was suinig en wou hê
sy
kinders moes swaar kry sodat hulle geld kon waardeer. Emanuel was 'n
verkoopsman. Ofskoon hy met die binnekant van 'n gevangenis
kennis gemaak het,
was hy
'n suksesvolle sakeman. Hy het die huis te Penguinlaan 272 gekoop en
ter beskikking van sy ouers gestel om daarin te woon. Soos verwag
kon word, was
Emanuel die oogappel van van der Merwe sr. Emanuel was geskei en sy seuntjie
(Emanuel jr.) het saam met die familie
in die huis gewoon. Johannes sy jonger
broer, het ook daar gewoon. Daarbenewens het die 13 jarige Cathy Jansen en haar
twee broertjies,
Brian en Troy, ook in die huis gewoon. Hulle was die kinders
van 'n oorlede suster van die appellant.
Gedurende die loop van daardie week
sedert die terugkoms van die appellant het daar konflikte tussen
/10.....
10
hom en van der Merwe sr. ontstaan. Laasgenoemde het die
appellant verwyt dat hy nie 'n werk het om geld te verdien nie. Sy moeder
het
beskermend teenoor die appellant opgetree soos sy altyd geneigd was om te doen.
Daar was by tye spanning tussen die appellant
en van der Merwe sr. maar wanneer
laasgenoemde hom vloek, het die appellant nie teruggepraat nie maar weggestap.
Die appellant was
saggeaard en nie aggressief nie. Hy het veral goed oor die weg
gekom met sy oorlede suster se kinders. Van der Merwe sr. het die
appellant
se plan om 'n rotstuintjie aan te lê, kras veroordeel.
Daar was ook gemoedelike oomblikke tussen hulle soos bv. toe
van der Merwe' sr. hom sy nuwe vuurwapen gewys het. So
ook toe hulle saam
winkel toe gestap het en appellant vir
die gesin lekkers gaan koop het.
Bewysstuk "F" (band 15 p.1361) is 'n sketsplan
van die huis te Penguinlaan 272. Aan die regterkant onder
/11.....
11
is die slaapkamer van die appellant en Troy Jansen. Links
daarvan is die sitkamer terwyl die kombuis links van die sitkamer is. Links
van
die kombuis is die badkamer, en 'n toilet. Aan die regterkant bokant die
appellant en Troy Jansen se slaapkamer is die slaapkamer
van Johannes en Brian
Jansen. Links van laasgenoemde slaapkamer is die eetkamer gevolg van regs na
links deur Emanuel se slaapkamer,
Cathy en Emanuel jr. se slaapkamer en dan die
hoofslaapkamer van die appellant se ouers. Vanuit die eetkamer loop 'n gang na
die
hoofslaapkamer.
Die strekking van die aanvaarbare getuienis van die
appellant se moeder, Cathy Jansen en Charmaine wat vir die Staat getuig het oor
die tragiese gebeurtenisse vroeg die oggend van Saterdag 31 Augustus 1985 was
kortliks soos volg. Tussen 10 en 10.30 nm. het die
appellant se ouers in die
hoofslaapkamer gaan slaap. Cathy het tot na 12 nm.
/12.....
12
in die sitkamer na televisie gekyk. Daarna is sy na haar
slaapkamer waar sy en Emanuel jr. gesels het totdat hulle aan die slaap geraak
het. Die ganglig het die hele nag gebrand. Sy kon tot in die kombuis sien. Sy
het die appellant gesien toe hy uit Emanuel se slaapkamer
kom en na die kombuis
gaan waar hy 'n bier geneem het. Die appellant is eers na sy slaapkamer en toe
terug na Emanuel se slaapkamer.
Sowat 5 minute later kom hy uit Emanuel se
slaapkamer en gaan na die kombuis. Hy staan langs die yskas en kyk na haar
slaapkamer.
Sy hoor hoe 'n laai van die messekas oopgemaak
word, iets daaruit
geneem word en weer toegemaak word.
Die appellant het die kombuis verlaat en na sy slaapkamer
gegaan terwyl hy iets aan sy regtersy gehou het. 'n Rukkie
later gewaar sy die appellant toe hy haar slaapkamer betree.
Hy het 'n
handdoek om sy middellyf gedra. Hy het gesê Emanuel
jr. het net so 'n
groot mond soos sy pa. Hy is toe na die
/13......
13
badkamer. Sy het toe aan die slaap geraak. Cathy se getuienis
is belangrik met die oog op die appellant se getuienis oor die "rock
of fool's
gold" waarvan ek nog melding sal maak.
Charmaine se relaas is dat die
appellant die Vrydagaand 30 Augustus 1985 by haar en Emanuel in laasgenoemde se
slaapkamer was. Hulle
het gesit en gesels. Die appellant het 'n "dumpy" bier
gedrink. Hy het 'n klein plastiese sakkie dagga gaan haal en toe 'n daggasigaret
gedraai wat hulle gerook het. Emanuel het vaak gevoel. Die
appellant was
egter nie vaak nie. Hy wou gesels. Hy
was baie rusteloos en opgewonde. Sy wou slaap en toe verlaat
die appellant die slaapkamer. Sy en Emanuel het in dieselfde
bed geslaap.
Die volgende gebeurtenis is toe Charmaine
wakker word as gevolg van 'n
roggelgeluid van Emanuel. Sy
/14....
14
sien die appellant sit op die bed by Emanuel en was besig om
Emanuel se keel met 'n lang vleismes (Bewysstuk 2) af te sny. Emanuel
het die
lamp van die tafeltjie gegryp en dit teen die muur gestamp. Sy het geskree,
opgespring en die lig aangeskakel. Die appellant
hardloop om die bed en stamp
haar met die mes se hef in haar mond om op te hou om te gil. Die goudvulsel uit
haar tand het uitgeval.
Die appellant se ouers het toe die kamer binnegekom. Die
appellant sê toe vir hulle: "Don't worry, it is only Emanuel, he does
not
feel well." Sy het padgegee na die gang en later toe sien sy van der Merwe sr.
lê op die vloer in die gang en roggel terwyl
daar bloed agter sy skouer
was.
Dit was gemene saak dat die appellant 'n pet op sy kop gedra het toe hy
die misdade in die huis gepleeg het. Mev. van der Merwe en
van der Merwe sr. het
as gevolg van 'n geskree wat net Charmaine s'n kon wees, opgespring
/15....
15
en na Emanuel se slaapkamer gehaas. In die slaapkamer het
Emanuel op die bed gelê. Die appellant het langs die bed gestaan en
Charmaine het by die lig gestaan. Dit het vir haar gelyk of Emanuel se keel
afgesny is. Die appellant het opgemerk: "Emanuel got
hurt, we must get help." Sy
het toe na die kombuis gehardloop. Sy kon nie die kombuisdeur oopmaak nie. Die
appellant het in die kombuis
gekom en haar gewaarsku om nie iets te probeer nie
anders maak hy haar dood. Hy het haar in die gang geneem en digby Cathy se
slaapkamer
het van der Merwe sr. na hulle gestap. Toe sy haar hande na
laasgenoemde uitsteek, waarsku die appellant haar: "Don't touch the dog."
Van
der Merwe sr. het toe in die gang geval en bly lê. Sy het bloed agter sy
rug gesien.
Intussen het Cathy wakker geword. Sy het vanuit haar slaapkamer
gesien hoe die appellant in die
/16....
16
gang vir van der Merwe sr. in sy rug steek. Sy het geskree. Van der Merwe sr. hardloop haar kamer binne. Na 'n rukkie het van der Merwe sr. weer na die gang gegaan waar hy neergeval het. Die appellant en mev. van der Merwe het nader gestap in die gang. Sy hoor die appellant sê vir mev. van der Merwe: "Don't touch that dog." Die appellant het Cathy gewaarsku om stil te bly anders maak hy haar dood. Daarna het die appellant vir mev. van der Merwe sowel as Charmaine na Cathy se slaapkamer gebring. Emanuel jr. het geslaap.
Terwyl mev. van der Merwe, Charmaine en
Cathy in laasgenoemde se
slaapkamer was, het die appellant
by sy moeder die sleutels van sy vader se kas in die
hoofslaapkamer gekry. Hy het teruggekom met sy vader se
vuurwapen en 'n
paar handboeie. Hy het Charmaine en Cathy
met toue vasgemaak. Hy het sy vader
se lyk in Cathy
se slaapkamer ingesleep. Daarna het hy sy moeder, Charmaine
/17....
17
en Cathy na die hoofslaapkamer geneem. Hy het gesê:
"Time is running out."
Die gebeurtenis in die hoofslaapkamer kan baie
kortliks vermeld word. Mev. van der Merwe se hande is geboei en sy is beveel om
op
die bed te lê en na die venster te kyk. Charmaine moes op die vloer
lê en Cathy moes by haar kniel. Die appellant het
die vuurwapen, 'n groot
mes en twee knuppels by hom gehad. Hy het gedreig om 'n knuppel in Charmaine se
private dele te steek. Hy
het haar toe verkrag. Hy het haar ook gedreig om haar
dood te maak indien sy private orgaan weer uit haar glip. Sy was bang en het
versoek dat hy haar hande' lossny. Hy het dit gedoen en sy het hom tot 'n mate
gehelp maar sy het nie toegestem nie. Hy het met haar
volle gemeenskap gehad
terwyl Cathy haar moes soen.
Daarna het hy die boeie van sy moeder se hande losgemaak.
Dit was toe tien minute voor ses-uur. Die appellant was
/18....
18
kalmer maar nog gespanne. Hy het telkens die gordyne oopgemaak
om na buite te kyk. Sy moeder het hom daarop gewys dat hy reeds twee
persone
gedood het en dat hy nie meer persone moes doodmaak nie. Die appellant was spyt
dat hy Emanuel gedood het maar nie dat hy
van der Merwe sr. gedood het nie. Hy
het gesê hy sal gehang word. Hy het toe met sy moeder oor
assuransiepolisse vir haar onderhoud
gepraat. Hy was onseker of hy homself om
die lewe moes bring of nie. Sy het hom daarop gewys dat sy die polisie moes gaan
vertel
wat gebeur het. Sy het hom aangeraai om Rl 700 kontant van van der Merwe
sr. uit die kas te neem en weg te gaan. Sy het toe vir Johannes
ontbyt gemaak en
daarin geslaag om met Cathy, Brian en Troy die huis te verlaat en na die polisie
te gaan.
Die appellant het Emanuel se motorkar geneem en Charmaine gedwing om
saam met hom te gaan. Hulle het na Silkaatsnek Reservaat gery.
Hy het steeds die
vuurwapen
/19.....
19
by hom gehad. Hy het dit teen haar kop gehou terwyl hy weer
met haar geslagsverkeer in die motorkar gehad het. Charmaine
het gehuil en nie toegestem nie. Toe hulle terugry, het
hulle die polisie
in Danville teengekom. Die appellant
wou van haar weet of hy homself moes
doodskiet of oorgee.
Sy het hom aangeraai om homself oor te gee. Hy het
haar
die vuurwapen gegee. Sy het daarmee uitgespring en gehardloop.
Die
appellant is gearresteer. Die vuurwapen (Bewysstuk 3) en die ammunisie
(Bewysstuk 10) is beslag op gelê. In die appellant
se besit is R1 482-43
gevind. Charmaine
was in 'n erge geskokte toestand volgens luitenant de
Bruin.
Die appellant het baie senuweeagtig en bang vir hom voorgekom.
In sy hoofgetuienis het de Bruin soos volg getuig nadat hy
die twee
klagtes van moord en twee klagtes van verkragting
aan die appellant gestel
het:
/20....
20
"Die beskuldigde deel my mee dat hy wel aanspreeklik is vir die dood van sy vader en sy broer. Hy het sy vader gehaat omdat sy vader hom van kleinsaf gehaat het. Ek het hom gevra om watter rede hy sy broer se keel afgesny het. Hy het geen antwoord daarop gehad nie. Hy kon ook geen rede gegee het hoekom hy die klaagster, mev. Liebenberg, aangerand en haar verkrag het nie." (Band 4 p. 296).
Hy het die appellant na Penguinlaan 272 geneem waar die appellant aan hom die
stompie van 'n daggasigaret in 'n snippermandjie in
Emanuel se slaapkamer gewys
het asook die messe, knopkieries en toue wat as bewysstukke ingehandig
is.
Daar sal bemerk word dat daar in die getuienis vir die Staat 'n
lacuna is vanaf die tydstip na middernag toe Cathy aan die slaapgeraak
het totdat Charmaine die appellant gesien het terwyl hy besig was
om Emanuel
se
/21......
21
keel af te sny.
Vrydag 30 Augustus 1985 terwyl Emanuel
gewerk het, het die appellant en Charmaine heelwat tyd in mekaar se geselskap
deurgebring.
Die appellant het selfs by haar toenadering gesoek maar sy het hom
afgewys. Wat vir hom as 'n besonder sensitiewe persoon diep getref
het, was haar
vraag aan hom: "What is wrong with you ?" Hierdie vraag het as tema gedien vir
die geskrif (Bewysstuk L 1 A) wat hom
tot introspeksie gedwing het omdat hy dit
as "a kick between the legs" opgeneem het. "So mentally, physically
and
spiritually I am ruined." Hy spreek die dreigement uit
teenoor Charmaine: "I'll for once in my life truly rape her!"
Hy verlang na die dood en is van voorneme om daarin te slaag
om homself te
dood. Dit was 'n brief aan homself. Bewysstuk
L 1 B is 'n brief wat hy aan Emanuel geskryf het maar nooit
aan Emanuel oorhandig het nie. Daarin verwys hy na dieselfde
/22.....
22
tema: "Your broad surely told me off today." Verder:
"Mentally, spiritually and physically I have something wrong with me." En ook:
"Through & through l'm a failure 1" Hy is 'n lafaard en wil 'n einde aan sy
lewe maak.
Die appellant het getuig dat hy Bewysstuk L 1 A en B gedurende
Vrydagoggend 30 Augustus 1985 geskryf het terwyl die Verhoorhof geneë
was
om te aanvaar dat hy genoeg tyd gehad het om die twee geskrifte te skryf
gedurende die tydperk vroeg Saterdagoggend waarna ek
as die lacuna verwys
het. Al wat met sekerheid aanvaar kan word, is dat hy
die twee geskrifte
geskryf het nadat hy die gesprek met Charmaine
die Vrydagoggend gehad het en voordat hy begin het om Emanuel
te dood.
In sy getuienis het die appellant verduidelik
hoe hy hom besig gehou het gedurende die tydperk van die lacuna.
Hy het op die vensterbank in sy kamer 'n "rock of fool's gold"
/23......
23
met 'n deursnit van ongeveer 6 duim in die maanlig sien
glinster. Dit het hom gefassineer. Hy het die gedagte gekry om almal in die
huis
te dood, die huis af te brand en homself om die lewe te bring. Hy het die klip
geneem en na sy broer Johannes se slaapkamer
gegaan maar hy kon nóg
Johannes nog Brian Jansen daarmee aanrand. So ook vir Troy Jansen in sy eie
slaapkamer. Hy is toe met
die klip na die hoofslaapkamer om sy vader daarmee te
dood en selfs sy moeder indien sy wakker word. Hy kon egter nie die doodslag
pleeg nie. Hy kon homself nie daartoe kry om Cathy se slaapkamer te betree nie.
Hy het Emanuel se slaapkamer binnegegaan maar kon
geen doodslag pleeg nie.
y
is 'n tweede keer na Johannes se slaapkamer. Daar het hy die kombers oor Brian
Jansen se kop getrek om nie te sien nie maar hy kon
nie die aanrandingsdaad
pleeg nie. Daarna het hy 'n knuppel in die eetkamer gekry. In die kombuis het hy
twee messe geneem. Met hierdie
wapens het hy Johannes
/24.....
24
se slaapkamer en die hoofslaapkamer betree sonder om iets te verrig. Hy is met die skerp mes na Emanuel se slaapkamer. In kruisondervraging het hy verklaar dat hy Emanuel se slaapkamer betree het met die bedoeling om hom dood te maak (Band 7 p. 574). In die slaapkamer het hy oorweeg om te steek of te sny. Hy het moeg gevoel en het lus gehad om te gaan slaap. Emanuel het op daardie stadium in sy slaap omgedraai en gehyg. Toe het hy begin om Emanuel aan sy keel te sny. Hy het geen bloed gesien nie. Émanuel skree: "You did it, why ? No." Hy het voortgegaan om Emanuel aan sy keel te sny.
Hy weet nie hoeveel snye nie. In kruisondervraging het
die appellant toegegee dat hy stap vir stap kon verduidelik
wat in Emanuel se slaapkamer gebeur het (Band 6 p. 574).
Desnietemin kon
hy nie verduidelik waarom hy Emanuel se keel
gesny het nie (Band 6 pp.
520,522, Band 7 p. 592). Hy het
ontken dat hy dit gedoen het omdat Emanuel sy
vader se oogappel
/25.....
25
was (Band 7 p. 592).
Toe sy ouers die slaapkamer van Emanuel
binnekom, het die appellant gesien
dat sy vader niks in sy
hande gehad het nie (Band 7 p. 575). Hy het wel
daaraan
gedink dat sy vader sy vuurwapen by hom kon gehad het (Band
6 p.
543). Iemand het opgemerk dat Emanuel dood is.
Toe sy vader omdraai na hom
het hy sy vader aan sy keel gesny
maar hy weet nie waarom nie. In die
kamerdeur of in die
gang het hy sy vader in sy rug met die mes gesteek.
Hy
het ook beweer dat toe sy vader in die gang val, het hy
na hom gehaas en by hom gekniel om te sien wat verkeerd is
(Band 6 p. 526, Band 7 p. 576). Hierdie bewering word
nie deur die ander ooggetuies gestaaf nie en moet as onwaar
verwerp word
veral in die lig van die appellant se haat teenoor
van der Merwe sr.
Insgelyks moet sy ontkenning dat hy ooit
sou gesê het: "Don't touch the
dog" as onwaar verwerp word.
/26
26
Hy het ook verduidelik dat hy die lyk van van der Merwe sr.
vanuit die gang na Cathy se slaapkamer geneem het sodat dit nie gesien
word deur
ander lede van die gesin wanneer hulle wakker word om na die toilet te gaan nie
(Band 6 p. 527).
Behalwe vir die feit dat hy van voorneme was om 'n seksorgie
in die hoofslaapkamer te hou toe hy sy moeder, Charmaine en Cathy daarheen
geneem het en dat hy ook na pornografiese fotos gekyk het, het sy getuienis niks
noemenswaardig van betekenis oor die gebeure in
die hoofslaapkamer opgelewer
nie. Ek sal straks met die twee beweerde verkragtings van Charmaine
handel.
Na sy arrestasie het die appellant Bewysstukke L2 ,
L3 , L4 , L5 en L6 geskryf. Hulle
was 'n koningsdis vir psigiaters. Bewysstuk L4 het as konsep vir sy
getuienis in die verhoor gedien. Daarin het hy vir die
/27.....
27
eerste keer melding van sy optrede met die "rock of fool's
gold" gemaak. Na my oordeel het die Verhoorhof tereg sy getuienis oor die
"rock of fool's gold" verwerp. Dit is onteenseglik 'n verdigsel
wat in pure
fantasie omhul is. Die appellant het geen vermelding daarvan aan de Bruin gemaak
nie. Toe hy de Bruin na Penguinlaan
272 vergesel het om die toneel en
bewysstukke uit te wys, het hy ook nie melding van die "rock of fool's gold"
gemaak nie. Insgelyks
het die appellant toe hy op 2 September 1985 sy pleit van
skuldig in terme van art. 112 van Strafproseswet 51 van 1977 voor
'n
landdros besonderhede verstrek het van die misdade hom ten laste gelê
sonder om enige melding van die "rock of fool's gold"
te maak. Raadpleeg
Bewysstuk B (Band 14 p.1321-1324). Bowendien sou die appellant met die "rock of
fool's gold" van kamer na kamcr
beweeg het voordat hy die twee messe in
die kombuis geneem het. Dog Cathy het gehoor toe hy iets
/28.......
28
in die kombuis neem. Gevolglik was sy nog wakker en moes
sy hom gesien het toe hy met die "rock of fool's gold" in
die gang geloop het (volgens sy relaas) maar sy het geen melding
daarvan
gemaak nie. Dit is ook nie in kruisondervraging
aan haar gestel nie. Ek het
ook reeds gewys op ander aspekte
van die appellant se getuienis wat onwaar
is. Hierdie aspekte
was ook vervat in Bewysstuk L4 . Ongelukkig
het die
psigiatriese deskundiges hul bevindinge gebaseer op
sy
ongekwalifiseerde getuienis in Bewysstuk L4 voordat
die
Verhoorhof uitspraak oor die meriete gegee het.
As eerste
aangeleentheid wat voor hierdie Hof geargumehteer is, behandel ek die
toerekeningsvatbaarheid van die appellant ten tyde
van die pleeg van die
misdade. Daar is 'n weerlegbare vermoede dat elke persoon wat sy
geestes-vermoëns betref, normaal is.
Derhalwe rus die bewyslas op 'n
beskudigde om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys
/29......
29
dat hy ten tyde van die pleeg van die misdaad aan 'n qeestesongesteldheid of 'n geestesgebrek gely het sodat hy ontoerekeningsvatbaar was. Dit is erkende reg. Raadpleeg Rex v Kennedy, 1951(4) SA 431 (A) op p. 435 E-G, Rex v Harris, 1965(2) SA 340 (A) op pp. 345 G-H, 364 C. Daar word onderskei tussen drie soorte funksies van 'n persoon se geestesvermoëns, nl.
1. die kognitiewe funksie (cognitive function) slaan op
'n persoon se intellek wat hom in staat stel om waar te neem, te dink, te begryp, insig te hê. Dit is n
onderskeidingsvermoë om die regmatigheid of onregmatig-
heid van sy handeling in te sien. Hy kan tussen reg en verkeerd onderskei sodat hy kan besef dat hy weder-regtelik optree.
2. die konatiewe funksie (conative or volitional function)
het
betrekking op 'n persoon se wil. Dit is die vermoë
/30.......
30
om 'n wilsbesluit te neem deur 'n vrye keuse te maak om regmatig of onregmatig te handel onderworpe aan sy wil (wilsbeheervermoë). Dit word ook weerstandsvermoë genoem omdat dit die vermoë insluit om weerstand te bied teen die versoeking om wederregtelik te handel. 3. die affektiewe funksie (affective function) het be-
trekking op 'n persoon se emosies of gevoelslewe, soos
haat, woede, jaloesie ens.
Vergelyk Snyman, Strafreg, 2e uitgawe, p. 172-173. Waar
hierdie drie funksies harmonieus en geïntegreerd in 'n persoon
funksioneer, het ons te doen met psigiese normaliteit.
So 'n persoon is regtens normaal en dus toerekeningsvatbaar.
Ontoerekeningsvatbaarheid word deur die
Wetgewer in art. 78(1) van die
Strafproseswet 51 van 1977
soos volg gereël:
"Iemand wat 'n handeling verrig wat 'n misdryf
/31.....
31
uitmaak, en wat ten tyde van so 'n verrigting aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ly wat tot gevolg het dat hy nie oor die vermoë beskik
(a) om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie; of (b) om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree nie,
is nie vir so 'n handeling strafregtelik toerekenbaar nie."
Art 78(1)(a) het betrekking op die kognitiewe funksie, d.w.s. op die onderskeidingsvermoë, terwyl art 78(1)(b) op die
konatiewe fuhksie, d.w.s. op die wilsbeheervermoë (of
weerstandsvermoë), dui waar die betrokke persoon aan 'n
geestesongesteldheid of geestesgebrek ten tyde van die verrigting
van die
betrokke handeling ly. Dit is opvallend dat die
Wetgewer die affektiewe
funksie geheel en al negeer by die
toetse vir ontoerekeningsvatbaarheid. Sedertdien is daar
/32......
32
'n neiging in die moderne psigiatrie te bespeur wat 'n groter
rol aan die affektiewe funksie by die toetse vir ontoerekeningsvatbaarheid
wil
toeken.
Weliswaar omskryf die Wetgewer nie die begrippe
'geesteson-gesteldheid' of 'geestesgebrek' nie maar volgens ons regspraak dui
dit
op 'n sieklike of patologiese versteuring van die
geestes-vermoëns wat van 'n permanente of tydelike aard kan wees.
Raadpleeg S v Mahlinza, 1967(1) SA 408 (A) op p. 417 D-E. Bevind 'n
verhoorhof dat 'n beskuldigde ten tyde van die pleeg van die misdaad vanweë
geestesongesteldheid
of geestesgebrek ontoerekeningsvatbaar was dan word hy in
terme van art 78(6) van die Strafproseswet 51 van 1977 tot 'n pasient van
die
Staatspresident verklaar. 'n Verklaring tot pasient van die Staatspresident moet
egter nie verwar word met sertifiseerbaarheid
ingevolge die Wet op
Geestesgesondheid
/33.....
33
18 van 1973 nie. Raadpleeg S v Mnyanda, 1976(2) SA 751
(A) op p. 764 F.
Dit is ook moontlik dat 'n beskuldigde ten tyde van die
pleeg van 'n misdaad ontoerekeningsvatbaar was weens 'n nie-patologiese toestand
van 'n tydelike aard. In so 'n geval het hy weens 'n nie-patologiese toestand
nie onderskeidingsvermoë of wilsbeheervermoë
(of weerstandsvermoe)
gehad nie. Hy was dan tydelik ontoerekeningsvatbaar ofskoon dit nie aan 'n
patologiese geestesongesteldheid
ofgeestesgebrek gewyt kan word nie. Raadpleeg
S v Laubscher, 1988(1) SA 163 (A) op p. 167 F-G. Die afwesigheid van 'n
patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek bring mee dat hy nie
in terme
van art. 78 (6) van die Strafproseswet 51 van 1977 tot 'n pasient van die
Staatspresident verklaar kan word nie.
/34....
34
In die onderhawige geval is die appellant op 2 September 1985 deur 'n landdros in terme van art. 78(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 na Weskoppies Hospitaal verwys vir observasie en ondersoek na sy geestestoestand ten tyde van die beweerde misdade. Op 30 September 1985 het dr. Verster (Hofpsigiater) en dr. le Roux (Staatspsigiater) ingevolge art. 79(1)(b) 'n eerste psigiatriese verslag (Bewysstuk A band 14 p. 1305-1306) uitgebring. Hul psigiatriese diagnose van die appellant was antisosiale persoonlikheidsversteuring met ook skisosïede en paranoïede
trekke. Volgens hulle was die appellant in staat om
hofverrigtinge te volg en na behore tot sy verdediging mee
te werk. Hulle het verder die volgende bevind:
"Ten tyde van die beweerde misdrywe was hy volgens die beskikbare informasie nie deur 'n geestesversteuring dermate versteurd
/35
35
gewees, dat hy nie die ongeoorloofdheid van sy handelinge kon besef nie. As bogenoemde persoonlikheidsversteuring, sy omstandighede en die moontlikheid dat hy onder die invloed van dagga was, in ag geneem word, was hy waarskynlik minder in staat om volgens genoemde besef te handel."
Op 8 April 1986 het dr. Porten, psigiater vir die appellant, sy eerste
psigiatriese verslag (Bewystuk D , band 14 p. 1330-1333) uitgebring.
Sy diagnose
van die
appellant was : "Schizotypal and borderline personality disorder
(borderline símple, latent, pseudoneurotic
schizophrenia.) Dagga intoxication." Die schizophrenia
het hy bestempel as
synde "of the least malignant end of
the spectrum." Die appellant se
antisosiale gedrag het
hy nie aan "anti-social personality" toegeskryf nie
maar
/36
36
aan "the consequence of his illness." Sy mening was
die
volgende: "He has disturbances of perception, cognition,
affect, conation and volition." Sy gevolgtrekking was:
"1. The possibility exists that the accused will not be able to conduct his defence rationally. 2. At the time of the alleged crime the
accused most probably was not responsible
for his actions as the result of mental illness."
Toe die verhoor aanvanklik voor ESSELEN R en twee assessore op 16 April 1986 gedien het, het adv. Hertzog beweer dat hy geen samehangende instruksies van die appellant kon kry nie. Daar het ook reeds 8 maande verloop sedert dr. Verster en dr. le Roux hul verslag opgestel het. ESSELEN R het die verhoor uitgestel en die appellant verwys na Weskoppies Hospitaal vir observasie en ondersoek ingevolge
/37
37
arts. 77(1) en 78(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 deur
die Geneeskundige Superintendent van Weskoppies Hospitaal, dr. Verster
en dr.
Porten ten einde hul psigiatriese verslae oor die geestestoestand van die
appellant so gou as moontlik uit te bring.
Op 19 Mei 1986 is 'n tweede
psigiatriese verslag (Bewysstuk C, band 14 p. 1328-1329) deur dr. Verster en dr.
le Roux uitgebring. Hulle
het ook gebruik gemaak van die appellant se
handgeskrewe notas soos vervat in Bewysstukke L2 tot L6 .
Raadpleeg band 1 p. 57. Die inhoud van Bewysstuk C was in werklikheid presies
dieselfde as bewysstuk A s'n behalwe vir 'n klein
verandering in bewoording.
Waar daar in Bewysstuk A verwys is na die appellant se anti-sosiale
persoonlikheidsversteuring met ook
skisoïede en paranoïede trekke is
dit in Bewysstuk C vervang deur persoonlikheids-
/38
38
versteuring van gemengde aard met o.a. anti-sosiale,
skisoïede en paranoïede trekke. Hierdie verandering is eintlik gedoen,
soos dr. Verster in sy getuienis verduidelik het, om aan te pas by die
terminologie van die D S M 111 (Diagnostic and Statistical
Manual of Medical
Disorders, uitgegee deur die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging) wat tans
algemeen deur psigiaters in Suid-Afrika
gebruik word. Verder is die
persoonlikheidsversteuring wat Bewysstukke A en C meld nie 'n patologiese
geestesongesteldheid of geestesgebrek
waarna
arts. 77, 78 en 79 van die
Strafproseswet 51 van 1977 verwys
nie (Band 1 p. 30). Die appellant toon trekke asof hy
psigoties is maar in werklikheid is hy dit nie (Band 1 p.
31,33). (Psigoties beteken om aan 'n patologiese
geestesongesteldheid of
geestesgebrek te ly. Psigotiese
toestand het 'n dienooreenkomstige betekenis). Die slotsom
/39
39
was dat die appellant wel in staat was om hofverrigtinge te
volg en om na behore tot sy eie verdediging mee te werk.
Die appellant het
onderskeidingsvermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei ten tyde van
die pleeg van die misdade.
Dr. Porten het op 30 Mei 1986 sy tweede
psigiatriese verslag (Bewysstuk D , band 14 p. 1334) uitgebring wat in samehang
met sy eerste
psigiatriese verslag (Bewysstuk D , band 14 p 1330-1333) gelees
moet word. Hy handhaaf sy vroeëre diagnose en kom tot die volgende
gevolgtrekke:
"1. If it is acceptable to the Court that the accused can follow the factual proceedings and can give to the Court the concrete details of the alleged crimes then the accused can stand trial. 2. At the time of the alleged crime, the
accused could not appreciate the wrongfulness of his action and/or could not act in
/40
40 accordance with such appreciation."
Hy het dus 'n gekwalifiseerde opvatting gehuldig oor die vraag of die
appellant in staat was om hofverrigtinge te volg en om na behore
tot sy eie
verdediging mee te werk. Verder het hy tot die slotsom gekom dat die appellant
ten tyde van die pleeg van die misdade
nie die onderskeidingsvermoë en/of
die wilsbeheervermoë gehad het nie. Volgens hom was die appellant derhalwe
ontoerekeningsvatbaar.
Die appellant het by die aanvang van die verhoor op 11
Augustus 1986 voor STRYDOM R en twee assessore aangedui dat hy verstaan wat
in
die Hof aangaan. Die Verhoorhof het na oorweging van die psigiatriese verslae
asook die getuienis van dr. Verster en dr. Porten
tereg tot die eenparige
bevinding gekom dat die appellant wel oor die vermoe beskik om die
hofverrigtinge dermate te begryp dat hy
sy
/41
41
verdediging na behore kan voer. Trouens dit blyk uit die lang
oorkonde van die verhoor wat bykans drie weke geduur het dat die appellant
telkens in staat was om adv. Hertzog instruksies te gee. Adv.
Hertzog het dan ook tereg sy skriftelike submissie dat die Verhoorhof in
sy genoemde bevinding fouteer het, laat vaar.
Wat betref die appellant se
geestestoestand ten tyde van die pleeg van die misdade, het dr. Verster en dr.
le Roux op versoek van
die Verhoorhof 'n verkorte gesamentlike psigiatriese
verslag (Bewysstuk P band 17 p. 1584-1587) uitgebring. Ongelukkig is dit
opgestel
voordat die aanklaer, adv. de Beer, die appellant onder
kruisondervraging geneem het. Ek verkies derhalwe om te verwys na die
psigiatriese diagnose deur dr. Verster
en dr. le Roux, soos blyk uit hul
/42
42
getuienis wat afgelê is nadat die appellant en sy
getuies getuig het. Ek vind dit net jammer dat die Verhoorregter en die advokate
nie die feit voor oë gehou het nie dat die 'geestesongesteldheid' of
'geestesgebrek' waarna art 78(1)(a) van die Strafproseswet
51 van 1977 verwys 'n
sieklike of patologiese versteuring van die geestesvermoëns van 'n
permanente of tydelike aard is, soos
ek supra aangetoon het.
Dr.
Verster het as hofpsigiater getuig dat die appellant ten tyde van die pleeg van
die misdade wel sy kognitiewe en konatiewe funksies
gehad het sodat hy wel
onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad het. Die
appellant het wel sekere persoonlikheidsafwykings
of persoonlikheidsversteurings
getoon, soos vermeld in Bewysstukke A en C, maar hulle kom nie neer op 'n
geestesversteuring nie sodat
die appellant nie psigoties was nie. Die
appellant
/43
43
was derhalwe nie ontoerekeningsvatbaar nie. Hy kon nie tot 'n pasient van die Staatspresident verklaar word nie. Dit is duidelik af te lei uit dr. Verster se getuienis dat volgens sy psigiatriese diagnose die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade nie aan 'n patologiese geestesgebrek of geestesongesteldheid gely het nie sodat die appellant wel toerekeningsvatbaar was. Dr. Verster het ook getuig dat die appellant tot 'n mate verminderd toerekeningsvatbaar was ten tyde van die pleeg van die misdade deurdat daar 'n vermindering in sy vermoë was om sy wil te beheer (d.w.s sy wilsbeheerver'moe) weens emosïonele aspekte (d.w.s. affektiewe aspekte) soos sy gevoelens, sy frustasies, sy interpersoonlike verhoudings (Band 8 p. 697; band 9 pp. 765, 812, 818, 819; band 10 p. 932). Hierdie verminderde toerekeningsvatbaarheid was nie die gevolg van 'n geestesongesteldheid of 'n geestesgebrek
/44
44
nie (Band 9 p. 772).
In haar getuienis as
staatspsigiatriese van Weskoppies Hospitaal het dr. le Roux met die bevindinge
en diagnose deur dr. Verster ten
aansien van die appellant saamgestem. Sy het
die toegewing gemaak dat daar, soos dr. Porten beweer, skisotipiese
"borderline", paranoïede,
anti-sosiale skisoiede karaktertrekke by die
appellant teenwoordig is (Band 10 pp. 914, 915, 920). Die feit bly egter dat sy
en dr.
Verster daardie karaktertrekke genoem het wat vir hulle die mees
prominente was terwyl dr. Porten
dié genoem hét wat vir hom die mees prominente was (Band 10
p. 919). Háar en dr. Verster se diagnose bly 'n persoonlik-heidsversteuring van 'n gemengde aard met verskillende karaktertrekke, soos in hul gesamentlike psigiatriese verslae aan die Hof vermeld (Band 10 p. 919). Volgens haar was
/45
45
die appellant nie psigoties ten tyde van die pleeg van die
misdade nie (Band 10 p. 927). Vir haar is 'n persoon psigoties indien hy
uit
kontak met die realiteit is (Band 10 p. 917). Sy meen egter dat daar wel 'n mate
van vermindêring van sy vermoë om
homself te weerhou, was (Band 10 p.
927). (Dit beteken dat daar 'n mate van vermindering van sy
weerstandsvermoë was).
Dr. Porten, die verdediging se psigiater, het met
die kliniese sielkundige, dr. Carnie, 'n gesamentlike verslag (Bewysstuk Q Band
17 p. 1588-1591) opgestel. Daarin was hul diagnose van die appellant volgens D S
M 111 se terme "Schizotypal Personality Disorder"
en "Borderline Personality
Disorder" terwyl "Schizotypal" sinoniem met "Simple Schizophrenia" was. In sy
getuienis het hy die volgende
verduideliking gegee:
/46
46
"Now in schizoid and borderline personality disorder a person hovering between darkness and light, between psychosis, between insanity, and sanity, and that is a very grey area, where even at the best person is malfunctioning in life, but it is very often due to susceptibility of such person to the stresses, with this person moving further for a short while from this borderline between sanity and insanity deeper into insanity." (Band 10 p. 937).
Ofskoon hy basies met dieselfde simptone as dr. Verster en
dr. le Roux
handel, verskil sy diagnose van hul sh. Vir
hom is 'n persoon psigoties
indien hy uit kontak met die realiteit
is (Band 10 p. 945 - 946). Volgens hom
was die appellant
vanaf die middel van Vrydag 30 Augustus 1985 tot sy
arrestasie
op Saterdag 31 Augustus 1985 tydelik psigoties (Band 10
p.946).
In kruïsondervraging het hy dit gestel vanaf Vrydag 9 nm.
/47
47
tot Saterdag na die eerste verkragting (Band 11 pp.1000, 1012,
1044) sodat hy nie meer psigoties was toe die tweede verkragting plaasgevind
het
nie (Band 11 pp. 1001, 1032, 1046). Die appellant was matig psigoties met matige
versteurings van al sy funksies toe hy die misdade
gepleeg het met uitsondering
van die tweede verkragting (Band 11 pp.1000, 1024, 1045). Die appellant het nie
die vermoë gehad
om tussen reg en verkeerd te onderskei nie (Band 11 pp.
996, 989, 991). Dit beteken dat die appellant vanweë 'n patologiese
geestesongesteldheid of geestesgebrek nie onderskeidingsvermoë
gehad het
nie. Insgelyks het die appellant nie die "capacity
for control" en "for full
appreciation" gehad nie d.w.s. die wilsbeheervermoë het ontbreek (Band 10
pp. 938, 939, Band 11 p.
1016). Volgens hom was die appellant derhalwe tydelik
ontoerekeningsvatbaar behalwe tydens die pleeg van
/48
48
die tweede verkragting.
Dr. Carnie het op 14 April 1986 'n verslag oor die appellant opgestel
(Bewysstuk M Band 17 p. 1556 -
1572). In sy getuienis het hy die bevindings
en kommentaar van dr. Porten onderskryf (Band 12 p. 1072). Volgens hom het die
appellant
nie 'n onderskeidingsvermoë gehad nie (Band 12 p. 1072). Die
appellant het ook nie die wilsbeheervermoë gehad nie (Band
12 pp. 1075,
1082, 1116). Die gevolg is dat die appellant tydelik ontoerekeningsvatbaar was.
Dit is interessant dat hy die moontlikheid
insien dat die appellant
die twee
geskrifte, bekend as Bewysstuk L1 , kon geskryf het voordat hy
Saterdagoggend die moorde gepleeg het (Band 12 pp. 1087, 1091 - 1092).
Die
Verhoorhof het homself in die posisie bevind dat die appellant ten tyde van die
pleeg van die misdade
/49
49
volgens dr. Verster en dr. le Roux toerekeningsvatbaar was terwyl hy volgens die getuienis van dr. Porten, gesteun deur dr. Carnie, tydelik ontoerekeningsvatbaar was (behalwe toe die tweede verkragting gepleeg is volgens dr. Porten). Volkome tereg het die Verhoorhof die standpunt ingeneem dat dit vir hom nie moontlik was om aan die hand van die deskundige getuienis die geskilpunt oor die toerekeningsvatbarheid of ontoerekenings-vatbaarheid van die appellant te beslis nie (Band 13 pp. 1191, 1192). Die Verhoorhof was nie in staat om te oordeel watter psigiatriese of sielkundige getuienis aanvaarbaar is nie. Met ander woorde, dit was nie in staat om die tweespalt tussen die psigiaters en kliniese sielkundige getuies op te los nie. 'n Geregshof is nie 'n hof van psigiatrie om psigiatriese probleme op te los nie. Hoe nuttig psigiatriese getuienis i.v.m. 'n beskuldigde se geestestoestand soms ookal
/50
50
mag wees, is 'n geregshof nie verplig om dit te aanvaar nie. Art. 78 (4) van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal dan ook uitdruklik dat waar die bevinding van 'n paneeï van psigiaters nie eenparig is nie, of waar die bevinding bestry word, die hof die aangeleentheid i.v.m. ontoerekenings-vatbaarheid na die aanhoor van getuienis moet beslis. Raadpleeg R v Harris, 1965(2) SA 340 (A) per OGILVIE THOMPSON AR op p. 365 B - C:
" it must be borne in mind that
in the ultimate analysis, the crucial issue of appellant's criminal responsibility
for his actions at the relevant time is
a matter to be determined, not by the psychiatrists, but by the Court itself. In determining that issue the Court -initially the trial Court; and, on appeal, this Court - must of necessity have regard not only to the expert medical evidence but also to all the other facts of the
/51
51
case, including the reliability of appellant as a witness and the nature of his proved actions throughout the relevant period."
Verder in dieselfde trant: S v Mnqomezulu, 1972(1) SA 797 (A) op p.
798 G - 799 A, S v Laubscher, supra, p. 171 J - 172 F. Dit was dan
die taak van die Verhoorhof in die onderhawige geval om aan die hand van die
aanvaarbare getuienis,
hetsy leke getuienis, hetsy omstandigheidsgetuienis, te
beslis of die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade vanweë
'n
patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek
ontoerekeningsvatbaar was
al dan nie. Die bewyslas om
ontoerekeningsvatbaarheid aan te toon op 'n oorwig van
waarskynlikhede het op die appellant gerus, soos ek supra
vermeld
het.
Ek het reeds supra verwys na dié aspekte
van die appellant
se getuienis wat na my oordeel tereg deur
/52
52
die Verhoorhof as onaanvaarbaar verwerp is.
Uit die
aanvaarbare getuienis blyk die volgende oor die geestestoestand van die
appellant ten tyde van die pleeg van die misdade:
1. Die appellant was in staat om logies stap vir stap te
getuig hoe hy die
misdade gepleeg het. Hy het alles
onthou omdat hy geweet het wat gebeur het. Hy het later aan de Bruin alles op die moordtoneel gaan uitwys.
2. Toe die appellant die twee vleismesse in die kombuis geneem
het, het hy
hulle lemme bevoel om vas te stel of hul
skerp was en of hul geskik was vir wat hy met hulle wou
doen. Hy was in staat om 'n beslissing oor die moord-wapen te neem.
3. Die appellant was selektief toe hy Emanuel as sy eerste
slagoffer om te
dood, gekies het. Hier was hy ook
/53
53
in staat om 'n beslissing te neem. Daar was geen sprake daarvan dat hy die hele gesin wou vermoor en die huis afbrand nie. Toe hy in Cathy se slaapkamer was en met Emanuel jr. gepraat het, was hy kalm. Hy het toe reeds die kombuis besoek waar hy die laai van die messekas oopgemaak het en die messe geneem het. Die appellant het geduldig gewag totdat die hele gesin slaap voordat hy sy grusame doodslag van Emanuel gepleeg het. 4. Die appellant het nooit die Verhoorhof in sy vertroue geneem wat sy motief was om Emanuel te dood nie. Sy lakonieke antwoord was elke keer: "I don't know." Materiële gewin was dit beslis nie. Met sy groot minderwaardigheidsgevoel en besef dat sy hele lewe 'n mislukking was en dat hy 'n lafaard was, kon dit dalk wees omdat hy homself wou oortuig dat hy tog 'n
/54
54
man van die daad kon wees. Dit kon selfs wees dat hy 'n grief teen Emanuel as jonger broer gehad het weens Emanuel se sukses in die sakelewe en in sy omgang met vroumense. Dit bly egter spekulasie om sy motief te probeer vasstel. Sy motief kon dalk lig werp op sy geestestoestand. Vir skuldigbevinding aan moord is motief egter nie 'n vereiste nie.
5. Die appellant het in kruisondervraging erken dat hy die
slaapkamer van
Emanuel betree het met die opset om hom
te dood (Band 7 p. 574).
6. Volgens die appellant sou die feit dat Emanuel in sy bed
omgedraai en gehyg het as't ware 'n impuls gewees het vir hom om 'n aanvang met die doodslag te maak. Na my oordeel was die appellant net besig om te wag dat Emanuel reg lê sodat hy 'n aanvang met die doodslag kon maak.
/55
55
Dit was nie omdat die appellant besluiteloos was nie. Hy het reeds klaar besluit om Emanuel te dood voordat hy die slaapkamer betree het.
7. Die appellant het getuig dat hy geen bloed gesien het
nadat hy begin
het om Emanuel se keel te sny nie. Hy
was volkome bewus van wat hy besig was
om te doen. Hy
het doelgerig voortgegaan en deur etlike snye Emanuel
se
keel op 'n grusame wyse afgesny. Toe Charmaine
wakker word en gil, het hy
haar dadelik gedreig sodat
sy nie alarm moes maak nie. Hy het geweet wat hy gedoen
het verkeerd was.
8. Toe sy ouers Emanuel se slaapkamer binnekom, het die
appellant hulle
probeer flous dat Emanuel nie wel voel
nie ten einde sy moordaanslag te
probeer verberg. Hy
het geweet wat hy aan Emanuel gedoen het.
/56
56
9. Reeds die vorige Maandag het van der Merwe sr. sy
nuwe
pistool aan die appellant gewys. Dit is van groot
betekenis dat die
appellant gekyk het of sy vader gewapen
was toe laasgenoemde Emanuel se
slaapkamer binnegekom
het. Toe iemand opmerk dat Emanuel dood is, het die appellant dadelik met sy aanval op sy vader begin. Hy het hom eers aan sy keel gesny en toe in die gang in sy rug gesteek. Die appellant was in staat om bewustelik en doelgerig sy aggressiewe moordslag te pleeg.
10. Die appellant het die lyk van sy vader in Cathy se
slaapkamer ingedra en die bloed in die gang met 'n mat
bedek sodat ander lede van die gesin nie onraad bemerk wanneer hulle wakker word en opstaan nie. Dit toon nie alleen dat hy volkome bewus was van die moord op sy vader nie maar ook dat hy realisties kon dink en besluit
/57
57
om die spore van sy moord te verwyder en te bedek.
11. In die hoofslaapkamer het hy berou getoon oor die doodslag van Emanuel maar nie van sy vader nie. Hy het ook te kenne gegee dat hy daarvoor gehang sou word. Hy het besef dat hy verkeerd opgetree het. 12. In Bewysstuk L1 A (Band 15 p. 1381 - 1384) het hy die voorneme om Charmaine te verkrag, uitgespreek:
"I'll for once in my life truly rape her " Hy weet wat verkragting regtens is. In die hoofslaapkamer was hy volkome bewus van die feit dat hy geslagsverkeer met
Charmaine gehad het. Sy optrede was doelgerig. Hy
het Charmaine met die dood gedreig indien sy private orgaan weer uit haar glip. Toe hy die tweede keer met Charmaine in die motprkar geslagsverkeer gehad het, het hy ook geweet wat hy doen en sy optrede was doelgerig.
/58
58
Na my oordeel het die Verhoorhof volkome tereg bevind dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade toerekeningsvatbaar was. Dit blyk na my oordeel bo redelike twyfel uit die aanvaarbare getuienis soos ek supra ontleed het. Dit blyk daaruit bo redelike twyfel dat die appellant onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad het toe hy die misdade gepleeg het. Daar is geen meriete in die appellant se verweer as sou hy tydelik ontoerekenings-vatbaar ten tyde van die pleeg van die misdade gewees het nie.
Ek behandel nou die tweede aangeleentheid
wat voor hierdie Hof geopper is, nl. dat Charmaine toegestem het toe die appellant twee keer met haar geslagsverkeer gehad het. In die Verhoorhof is 'n striemende aanval deur die verdediging op Charmaine se geloofwaardigheid en karakter
/59
59
geloods, nl. dat sy dranksugtig was, dat sy dagga gerook het
en dat sy sedelik losbandig was. Die onomstootlike feit is egter dat
sy Vrydag
die appellant se toenadering afgewys het. Indien sy geslagsverkeer met die
appellant wou gehad het, was daar Vrydag by
die huis baie geleentheid daarvoor.
Desnietemin was sy nie bereid nie omdat sy Emanuel se minnares was. In die
hoofslaapkamer was
sy met toue vasgemaak en die appellant wat pas twee moorde
gepleeg het, was tot die tande gewapen. Onder dwang het sy die appellant
gehelp
om in sy doel te slaag. Wat die tweede insident betref,
het die appellant die
pistool teen haar kop gehou terwyl hy
met haar in die motorkar geslagsverkeer
gehad het. Na my oordeel het die Staat bo redelike twyfel bewys dat Charmaine
nie toegestem
het toe die appellant twee keer met haar geslagsverkeer gehad het
nie. Sy was 'n geloofwaardige getuie
/60
60
wat nie haar getuienis teen die appellant aangedik het
nie.
Na my oordeel is die appellant tereg skuldig bevind deur die Verhoorhof
aan die misdade waarvan hy aangekla is. Hy het die twee moorde
met dolus
directus gepleeg. Die Verhoorhof het bevind dat daar versagtende
omstandighede was by die pleeg van die twee moorde.
Die derde aangeleentheid wat voor hierdie
Hof geopper is, is die diskresionêre oplegging van die
doodvonnis
deur die Verhoorregter t.o.v. aanklag 1, d.w.s.
die moord op Emanuel. Die
Vërhoorregter het by die oorweging
van sy diskresie al die belangrikste
relevante aspekte oorweeg
soos o.a. die appellant se vermindering in verwytbaarheid
uiters gering is, sy vorige veroordeling op 27 Februarie
1981 vir verkagting waarvoor hy 6 jaar gevangenisstraf opgelê
is, die pleeg van hierdie misdade 5 dae na sy ontslag uit
/61
61
die gevangenis, langtermyn gevangenisstraf is oorweeg maar sy prognose vir rehabilitasie is nie goed nie, die afskuwelikheid en wreedheid van sy daad en die belange van die gemeenskap. Alles in ag geneem, is ek van oordeel dat die Verhoorregter sy diskresie redelikerwyse uitgeoefen het toe hy die appellant op aanklag 1 die doodvonnis opgelê het. Vergelyk S v Pieters, 1987 (3) SA 717 (A) op p. 734 E - F.
Die resultaat is dat die appèl teen al die skuldigbevindings en vonnisse afgewys word.
C. P. JOUBERT AR.
VIVIER AR)
EKSTEEN AR) Stem saam.
/62
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/33.html