![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saak No. 594/87 /CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ANDRIES PETRUS JACOBUS
COETZEE APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: HEFER,
NESTADT et MILNE ARR
DATUM VERHOOR: 7 MAART 1989
DATUM
GELEWER: 23 MAART 1989
UITSPRAAK
2/
2.
NESTADT, AR:
Gedurende die oggend van 9 Augustus 1986 was appellant
en 'n sekere Geoffrey Sillibane (die oorledene) die bestuurders van twee
verskillende
motorkarre naby Klerkskraal in die Wes Transvaal. Hulle het in
dieselfde rigting gery. As gevolg van oorledene se beweerde gevaarlike
wyse van
bestuur het appellant op 'n stadium toe beide hy en die oorledene by 'n
toegeeteken gestop het, sy motor verlaat en na oorledene
se motor, wat agter
syne was, gestap. Volgens appellant wou hy hom berispe oor sy optrede. 'n Rusie
het toe tussen hulle ontstaan.
Tydens die rusie het appellant die oorledene met
'n vuurwapen geskiet, met noodlottige gevolge. Hy is in die regter nekgebied
getref.
Hierdie voorval het aanleiding gegee tot appellant
se vervolging in 'n streekhof te
Potchefstroom op 'n aanklag
van strafbare manslag. Sy verweer van noodweer is
verwerp
en hy is skuldig bevind. 'n Vonnis van twee jaar
gevangenisstraf is hom opgelê. Hy kom tans in hoër beroep
3/
3.
teen beide die skuldigbevinding en vonnis nadat 'n appèl na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling afgewys is.
Twee persone het namens die
Staat getuig. Die een was oorledene se vrou. Die ander was Colin Malinda. Hy was
'n passasier in 'n voertuig
wat kort voor die voorval agter oorledene se
voertuig tot stilstand gekom het. Ter ondersteuning van sy verweer het appellant
self
ook getuig.
Dit is onnodig om elke getuie se weergawe
afsonderlik uiteen te sit. Alhoewel dit nie
heeltemal
duidelik is nie, wil dit voorkom asof die verhoorhof die
saak
hoofsaaklik op grond van appellant se relaas beslis het.
Appellant se
weergawe het trouens nie veel van dié van
Malinda verskil nie. Vir
sover daar wel sulke verskille
bestaan, het die landdros Malinda se getuienis
verkies. In ag
genome hierdie feitebevindings van die landdros (wat nie
voor
ons aangeveg is nie) kan die feite soos volg saamgevat
word.
Appellant was kwaad toe hy uit sy motor geklim het en
oorledene se
motor genader het. Toe hy by die oorledene se
4/.....
4.
voertuig gekom het, het hy die bestuurder se deur geskop.
Oorledene het toe uitgeklim. Appellant het agteruit na sy
eie motor beweeg. Oorledene het hom gevolg. Toe appellant
omtrent by die agterkant van sy motor was, het hy sy pïstool
te voorskyn gebring en dit gespan terwyl oorledene nog
vorentoe beweeg
het. Terselfdertyd het hy oorledene
gewaarsku dat hy hom gaan skiet as hy
nader kom. Oorledene
het hierdie waarskuwing egter geïgnoreer. Hy het
tot by die
regter agterdeur van appellant se motor gekom en dit op
sy
beurt geskop. Op daardie stadium was appellant omtrent by
die punt van
sy deur wat oop was. Hy het toe twee skote in
die grond geskiet en oorledene
weer gewaarsku dat as hy "dit
weer doen (d w s die motor weer skop) dan skiet
ek jou".
Oorledene se reaksie was om die agterdeur vir 'n tweede keer
te
skop. Appellant beskryf wat toe gebeur het soos volg:
"En op daardie stadium het ek in my deur in beweeg toe wil ek ry toe gryp hy die deur vas en hy druk hom en ek het met my rug in die deur gestaan. Ja? -- En met my linkerhand het ek die deur probeer oop forseer.
5/
5.
Ja? -- Maar hy het die deur so geweldig gedruk ek
kon hom nie oop kry nie.
Ja? -- Hy het my vasgedruk in die deur."
Alhoewel hulle op geen stadium met mekaar handgemeen geraak
het nie, was dit vir hom duidelik dat oorledene hom wou
aanrand. Hy het bedreig gevoel. Daarbenewens was hy
besorg oor sy vrou en
twee jong kinders wat ook in die motor
was. Dit is toe dat hy die derde en
noodlottige skoot
afgevuur het. Hy het dit bewustelik gedoen. Hy het
egter
nie bedoel om oorledene raak te skiet nie. Dit was slegs om
hom af
te skrik: "Ek wou hom tot besinning bring". Hy wou
die skoot oor oorledene se
kop in die lug skiet maar "in die
gestoei oor die deur het die patroon
verkeerde kant toe
getrek". Oorledene het terug gesteier. Appellant het in
sy
kar gespring en die toneel verlaat.
Appellant was klaarblyklik nie in alle opsigte h
bevredigende getuie nie. Ek het alreeds aangedui dat die
landdros sekere
aspekte van sy weergawe verwerp het waar dit
met Malinda se getuienis gebots
het. Afgesien daarvan,
bestaan daar myns insiens onwaarskynlikhede in
appellant se
6/
6.
relaas. Ek betwyfel byvoorbeeld die egtheid van sy bewering
dat hy nie
bedoel het om oorledene raak te skiet nie. So ja,
sou hy moord gepleeg het. Daar is verskeie ander aspekte
van appellant se
getuienis wat vir kritiek vatbaar is, maar
dit terloops. Soos vroeër
gesê, is appellant se bewerings,
insluitend sy ontkenning dat hy oorledene wou tref, as
redelik moontlik
waar aanvaar.
Die eerste vraag wat aandag verg, is of appellant
se optrede regmatig of wederregtelik was. As dit
eersgenoemde was, moes hy
onskuldig bevind gewees het. Die
vraag moet beantwoord word op die grondslag
dat appellant
geregtig was om die derde skoot af te vuur.
Alhoewel
appellant die oorspronklike aggressor was, het oorledene
daarna
tot die aanval oorgegaan. Hy het appellant gevolg
toe laasgenoemde na sy
motor begin retireer het; hy het
appellant se motor twee keer geskop; hy het
appellant in die
deur vasgedruk, blykbaar om te verhoed dat appellant
wegkom.
Dit het op 'n wederregtelike aanranding van appellant
7/
7.
neergekom. En dit is ook hoe appellant dit beskou het.
Hy getuig: "(V)ir my was dit duidelik hy wou my aanrand ...
Hy is 'n bedreiging vir my en hy reageer op geen waarskuwings
nie
Edelagbare". Appellant was gevolglik geregtig om
oorledene se aanval af te
weer. 'n Noodweersituasie het
bestaan. Die afweermiddel wat appellant sou
aangewend het,
was om 'n derde waarskuwingskoot af te vuur. Myns insiens
het
die Staat nie bewys dat dit buite verhouding tot die
dreigende gevaar
was nie. Die korrektheid van appellant se
bewering dat "ek het net nie 'n
ander metode gesien op daardie
stadium nie", is nie weerlê nie. Oorledene se aanval op hom
was 'n
voortgesette een. Hy het daarin volhard, ongeag die
eerste twee skote. Soos
De Wet en Swanepoel, Strafreg, 4e
uitgawe, 79 dit stel:
"Waar verdediging noodsaaklik is en die aanvaller deur matige afweermiddels nie afgeskrik word nie, mag die aangevallene die aanval afweer, desnoods met die kragtigste middels."
Dit volg egter nie dat appellant se optrede
8/
8.
regmatig was nie. Inteendeel, dit is duidelik dat appellant
nie geregtig
was om oorledene raak te skiet nie. Trouens,
hy het dit self uitdruklik
toegegee. Hy sê in dié verband
(tydens kruisondervraging):
"Meneer sê u met ander woorde dit was nie nodig om
hom
te skiet nie? -- Nie om raak te skiet nie
Edelagbare.
Dit is op geen stadium nodig om die man raak te
skiet nie? -- Nee."
Daar bestaan geen rede om hom nie by sy woord te hou nie. Sy
siening van die situasie kan in dié verband as korrek aanvaar
word. Soos alreeds gesê, dit was nooit appellant se
bedoeling om
oorledene te skiet nie; in sy eie woorde sê hy:
"op geen stadium was
dit my bedoeling om hom te skiet nie
Edelagbare". Hy voeg by dat hy ook nie
voorsien het dat hy
die oorledene (wie ongewapen was) sou raakskiet nie.
Na my mening het appellant wederregtelik gehandel.
Alhoewel hy geregtig was om die derde skoot af te vuur, het
die gevolge
daarvan meegebring dat hy die perke van noodweer
9/
9.
oorskry het. Sy optrede was skadeliker as wat nodig was om
die aanval af
te weer. Anders gestel, en soos later sal
blyk wanneer ek met die
skuldelement handel, was die wyse
waarop appellant opgetree het, objektief
beskou, onredelik.
Hy kon en behoort die gevolge van die derde skoot te vermy
het.
Dit beteken egter nie dat appellant strafregtelik
aanspreeklik is nie. Daar moet verder oorweeg word of aan
die
skuldvereiste voldoen is. Dit is voor-die-hand-liggend
dat skuld in die vorm
van dolus ontbreek. Hy was onbewus
dat sy gedrag wederregtelik was of
dat dit op oorledene se
dood kon uitloop. Maar was hy nie nalatig nie (in die
sin
dat hy redelikerwys behoort te voorsien het dat hy die perke
van
noodweer oorskry en dat die derde skoot oorledene kon
dood)? Die landdros het
geen bevinding in hierdie verband
gemaak nie, maar, na my mening is die
antwoord duidelik
bevestigend. Alhoewel hy in die lug geskiet het, gee hy
toe
dat hy nie eers sy vuurwapen gemik het of gekyk het
10/
10.
waarheen hy skiet nie; en dit ongeag dat sy vuurwapen
"moontlik reguit in sy (oorledene se) rigting gewys het".
Op 'n stelling
dat hy meer versigtig moes gewees het en dat
dit sy plig was om te kyk
waarnatoe hy die skoot gaan skiet,
sê hy:
"Nee Edelagbare hoekom (moet) mens versigtig probeer wees onder sulke omstandighede. Mens doen wat moontlik te doen is ... As mens met iemand stoei hoe kan jy kyk waarheen jy skiet Edelagbare jy kan mos nie kyk nie."
Dit is onaanvaarbaar. Sonder om die gebeure
soos 'n
studeerkamerkritikus te beoordeel, is ek tevrede dat in
die
omstandighede waarin hy verkeer het, hy meer versigtig kon
en moes
gewees het. Sodoende kon hy vermy het dat oorledene
raak geskiet word. Ek
stem met die volgende opmerking van
die hof a quo saam:
"Aangesien dit volgens die appellant nie nodig was om die oorledene te skiet nie en hy dit ook nie wou gedoen het nie, spreek dit vanself dat hy verplig was om 'n groot mate van versigtigheid aan die dag te lê waar hy met 'n pistool in sy hand gestaan het en waar hy doelbewus die sneller getrek het om te verhoed dat die oorledene per ongeluk of nalatiglik getref word."
11/
11.
(per DE KLERK R met wie KRIEGLER R saamgestem het).
Uiteindelik was
appellant nie in staat om te verduidelik
hoekom hy oorledene raakgeskiet het
nie. Sy tersaaklike
getuienis lui:
"Maar ek vind dit moeilik as jy gesê het jy wou oor
sy
kop skiet dan weet jy mos in watter rigting jou
wapen gewys het? -- Ek het gereken hy wys so, ja
Edele in die gespook wou ek die skoot in die lug in
aftrek Edelagbare.
Maar wat se gespook
is daar jy het mos vryheid van
beweging van jou hande hy druk jou net vas? --
Nee
Edelagbare ek het die vryheid van hierdie hand
gehad maar hierdie een
nie, hierdie een het ek die
deur probeer oopdruk hy het my vasgeknyp in die
deur u weet en ek.
Met watter hand het u geskiet? -- Ek het met
hierdie hand geskiet Edelagbare.
Jou regterhand? — Dit is reg Edelagbare.
En met die linkerhand het jy probeer oopdruk jy het
mos 'n
vry beweging van jou regterhand gehad met die
wapen in? -- Maar in die
gespook, mens spook nou
Edelagbare weet dit is nie laat ek stilstaan
en
hierdie hand kan maak wat ek wil nie. As 'n mens
druk Edelagbare dan is
'n mens se liggaam gespanne
en jou spiere trek saam jy het nie die
vrye
beweging van hierdie hand as jy baie krag op
hierdie hand uitoefen
nie nie in die posisie wat
ek was nie.
Jy kon hom geskiet het net waar jy wil hy is by
12/......
12.
jou? -- Ja as ek wou Edelagbare want ek meen ek kon die pistool teen sy kop gedruk het."
Wat ook belangrik is, is dat appellant,
wat 38 jaar oud was, erken het dat hy "absoluut ... vertroud met die hantering
van vuurwapens
(was)".
Om dan saam te vat, is ek die mening toegedaan dat
deur die derde skoot af te vuur op die wyse wat hy dit wel gedoen het, het
appellant
wederregtelik opgetree en het hy die nodige mens rea in die
vorm van culpa gehad. Appellant was gevolglik tereg aan strafbare manslag
skuldig bevind.
Dit bring my by die vonnis. Vanweë 'n mistasting
wat die landdros begaan het, het die hof a quo vonnis opnuut
oorweeg. Dieselfde vonnis is egter gevel. Na 'n verwysing
na S vs Karg 1961(1) S A 231(A) sê DE KLERK R die volgende:
"Na my mening waar die appellant in staat was om die. pistool na die grond te mik of heeltemal op te tel alvorens hy doelbewus die sneller getrek het en in die afwesigheid van getuienis dat hy gestamp is
13/
13.
of geval het of dat sy arm geruk is en op daardie manier die pistool na die oorledene gewys het toe hy doelbewus die sneller getrek het, is ek van mening dat hier inderdaad veral gedagtig daaraan dat 'n vuurwapen in sy aard 'n dodelike wapen is 'n ernstige mate van nalatigheid aan die dag gelê is deurdat die appellant nie seker gemaak het dat niemand getref word deur die skoot wat hy doelbewus aftrek nie en, na my mening, is 'n vonnis van twee jaar gevangenisstraf nie ontoepaslik vir sodanige optrede nie."
Voor ons het mnr Kruger namens
appellant aan die hand gedoen
dat die vonnis buitensporig swaar is. Hy het
veral klem
gelê op die toestand van nood waarin appellant was, asook
dat
hy 'n gesinsman is wat geen vorige veroordelings het nie. Hy
het
aangevoer dat periodieke gevangenisstraf meer van pas sou
gewees het. In die
alternatief het hy gevra dat die vonnis
nie verskerp word nie. Die
moontlikheid dat dit gedoen
word, het ontstaan as gevolg van 'n kennisgewing
wat aan
appellant se prokureurs en die Staat gegee is dat hierdie
Hof
argumente wil aanhoor waarom die vonnis nie verswaar behoort
te word
nie.
14
14.
Alhoewel hy aanvanklik heeltemal verkeerd opgetree het, het 'n mens 'n sekere
mate van begrip vir die situasie waarin appellant hom
uiteindelik bevind het. Sy
persoonlike omstandighede tel in sy guns. Aan die ander kant is die misdaad wat
hy gepleeg het 'n ernstige
een. Ons howe het dikwels gewaarsku dat vuurwapens te
maklik gebruik word. Ek stem saam met DE KLERK R dat appellant ernstig nalatig
was. In al die omstandighede, beskou ek die vonnis as te lig. Maar ek het tot
die slotsom geraak dat dit nie gesê kan word
dat dit so lig is dat dit
afgelei kan word dat die hof a quo nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen
het nie. Tensy dit
bevind word is ons nie by magte om in te meng nie (S
v
Anderson 1964(3) S A 494(A) op 495 H). Bygevolg moet die vonnis bly
staan.
Die appèl word afgewys.
NESTADT, AR
HEFER, AR )
) STEM SAAM MILNE, AR )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/23.html