SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 85

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Windvogel and Others (689/87) [1988] ZASCA 85 (1 September 1988)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


Saak No 689/87

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen

FREEK WINDVOGEL Eerste Appellant

FLIPPIE BOTHA Tweede Appellant

MTHETHEZI GLADMAN DAYIMANI Derde Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, STEYN ARR et VILJOEN Wrn AR AANGEHOOR: 26 Augustus 1988 GELEWER: 1 September 1988

UITSPRAAK HEFER AR:

Die appellante kom in hoër beroep teen die doodvonnis wat hulle in die hof a quo opgelê is weens hulle skuldigbevinding
2. aan moord sonder versagtende omstandighede. (Afsonderlike vonnisse is opgelê weens hulle skuldigbevinding op 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse op daardie aanklag is egter nie vir huidige doeleindes ter sake nie.)
Die skuldigbevinding spruit uit die dood van ene Mnr Hayden wat op 24 Oktober 1985 op 'n plaas naby Port Eliza-beth om die lewe gebring en beroof is. By die verhoor het die appellante aanvanklik hulle aandadigheid aan die voorval ontken en selfs onder eed getuig dat hulle niks daarmee te doen gehad het nie. Maar nadat hulle skuldig bevind is, het hulle ter versagting getuig en hulle aandadigheid erken hoewel hulle te kenne gegee het dat hulle onder dwang gehandel het.
Die enigste vraag wat in hierdie hof beredeneer is, is of die verhoorhof tereg bevind het dat daar nie versagtende omstandighede was nie. Volgens appellant se advokaat was daar wel. Die faktore waarna hy in sy betoog verwys het, is egter ook in die hof a quo geopper waar dit oorweeg en verwerp

/3
3.

is hoofsaaklik omdat die hof nie bereid was om appellante se getuienis ter versagting te aanvaar nie. Hulle het getuig dat hulle onder dwang gehandel het. Die verhoorhof het hier-die getuienis as leuenagtig verwerp. Hulle het verder beweer dat hulle tydens die voorval onder die invloed van drank en dagga was. Die verhoorhof het bevind dat hulle beskrywing van hulle toestand erg oordrewe was. Appellante se advokaat het aanvanklik 'n halfhartige poging aangewend om twyfel te werp op die korrektheid van die verhoorhof se bevindings maar was later verplig om toe te gee dat dit volkome geregverdig en kor-rek is. Hierdie toegewing was onvermydelik. Appellante het klaarblyklik leuens vertel en daar is geen rede om te aanvaar dat hulle óf onder dwang gehandel het óf noemenswaardig onder die invloed van drank of dagga was nie.

Ewe onaanvaarbaar is hulle advokaat se betoog dat die moord nie vooraf beplan is nie en dat hulle slegs indi-rekte opset gehad het om die oorledene te dood. Hulle is nou wel nie na die plaas met die oorledene se dood as oogmerk

/4
4. nie - hulle doel was om hom te beroof. Maar dat geweld ge-bruik sou moes word om hom aan hulle wil te onderwerp, was voorsienbaar. Of hy hom verset het is onbekend maar wat wel bekend is, is dat hulle inderdaad geweld gebruik het deur hom o a minstens vyf maal met 'n onbekende voorwerp in lewensgevaarlike dele van die liggaam (agter die nek en in die linker borskas) te steek. Minstens een van die steek-wonde is toegedien terwyl die oorledene in 'n erg beseerde toestand hulpeloos op die kombuisvloer gesit het. Daarna is hy na sy motorhuis gesleep waar hy sterwend agter 'n voer-tuig versteek is. Daar is klaarblyklik nie sprake van in-direkte opset nie.

Al wat oorbly is die appellante se jeugdigheid. Gedagtig aan die manier waarop die moord gepleeg is, aan die feit dat dit gepleeg is met roof as motief en die afwesigheid van beinvloeding deur enigiemand anders, is ek nie bereid om te verskil van die verhoorhof se oordeel dat hulle nie minder strafwaardig is weens hul jeugdigheid nie.

/5
Die appèl word afgewys.

J J F HEFER AR. STEYN AR VILJOEN Wrn AR


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/85.html