![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
/MC Saak nr 18/87.
A.A. ONDERLINGE ASSURANSIE ASSOSIASIE BEPERK (IN LIKWIDASIE) vs
G.M. STRYDOM
JANSEN AR.
Saak Nr 18/87. /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
A.A. ONDERLINGE ASSURANSIE ASSOSIASIE BEPERK
(IN LIKWIDASIE) Appellant
- en -
GERHARDUS MATTHYS STRYDOM Respondent
Coram: JANSEN, HOEXTER, NESTADT ARR et BOSHOFF, STEYN Wn
ARR.
Verhoor: 25 Februarie 1988. Gelewer: 1 Junie 1988.
UITSPRAAK.
JAMSEN AR.
2. JANSEN AR :-
Op 3 Februarie 1983 was die
respondent (hierna "eiser" genoem) 'n passasier op sy eie motorfiets wat toe
deur ene A C van Schalkwyk
bestuur is. Die motorfiets het die pad verlaat en met
'n chevron-bord gebots. Van Schalkwyk is gedood en eiser is ernstig beseer.
Daarop het die eiser teen die appellant (hierna "verweerder" genoem), wat ten
tyde van die ongeluk ingevolge Wet 56 van 1972 die
versekeraar van die
motorfiets was, 'n aksie om skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling ingestel. Die eiser het beweer
dat die ongeluk geheel en al aan die
nalatigheid van Van Schalkwyk te wyte was, dat hy daardeur skade gely het en dat
die verweerder
ingevolge die bepalings van Wet 56 van 1972 aanspreeklik is om
dit
te / ....
3. te vergoed. Twee verwere is in die alternatief geopper: (1)
op grond van die beginsels van middellike aanspreek= likheid moet Van
Schalkwyk
se nalatigheid aan die eiser toegereken word en kan die eiser dus nie slaag nie;
(2) die eiser was self minstens medewerkend
nalatig. Beide verwere is deur die
Hof (McCREATH R) afgewys en 'n ooreen= gekome bedrag van R12,000-00 is aan die
eiser met koste
toegeken. Die Verhoorregter het aan die verweerder verlof
verleen om na hierdie Hof te appelleer.
Die saak is feitlik uitsluitlik op
ooreengekome feite gevoer en slegs een getuie is geroep, nl ene H D Warden wat
ten behoewe van
die eiser getuig het, o a ter weerlegging van die alternatiewe
verweer dat die eiser self ook nalatig was. Wat die hoofverweer betref,
het die
Hof
bevind / ....
4.
bevind dat regtens die toepassing van die beginsels van
middellike aanspreeklikheid wel sou kon meebring dat in
omstandighede soos die onderhawige skuld van die drywer
aan die eienaar-passasier toegereken sou kon word, met
gevolglike mislukking van 'n eis teen die versekeraar. Die
Hof het derhalwe na aanleiding van die saak Braamfontein
Food Centre v Blake 1982(3) SA 248(T) ondersoek "of daar
nie net 'n reg van beheer bestaan het nie, maar ook of daar
h 'physical
right of control' bestaan het en die 'power
to control'" ten opsigte van die eiser teenoor Van Schalkwyk.
Die Hof het
tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie die
geval was nie. Wat die
alternatiewe verweer betref, het
die Hof bevind dat die eiser nie in enige
opsig nalatig
was nie.
Voor / ...
5.
Voor ons is weer eens namens die verweerder aangevoer dat met
toepassing van die beginsels van middellike aanspreeklikheid Van Schalkwyk
se
nalatigheid aan eiser toegereken moet word en dat as daardie nalatigheid die
alleenoorsaak van die ongeluk was, die eiser nie
met sy eis teen die verweerder
kan slaag nie. In die alternatief is daarin volhard dat die eiser self
medewerkend nalatig was en
dat die toegewysde bedrag dienooreenkomstig verminder
moet word.
Ons vind dit egter onnodig om enigsins die beginsels van
middellike aanspreeklikheid te bespreek. Hier gaan dit wesenlik om die
regsverhouding
tussen die eiser en Van Schalk= wyk (of meer korrek sy boedel) en
dit sou nie gesê kon
word dat 'n eis teen Van Schalkwyk op grond van sy nalatigheid
afgewys / ...
6. afgewys sou moes word op grond van die eiser se
"middellike aanspreeklikheid" vir Van Schalkwyk se nalatigheid nie -slegs die
eiser
se eie nalatigheid sou hom kortwiek. Die bepalings van Wet 56 van 1972
(arts 21 en 27) stel die versekeraar in die plek van "die
persoon wat die
motorvoertuig bestuur" en aldus word statutêr 'n soort subrogasie bewerk=
stellig. In die omstandighede kan
die verweerder as ver= sekeraar slegs
dié verwere opper wat Van Schalkwyk as bestuurder sou kon geopper het.
Die kwessie van
middellike aanspreeklikheid is dus in die onderhawige geval nie
ter sake nie. Alhoewel om ander redes, moet die Hof a_ guo se afwysing
van die hoofverweer dus gehandhaaf word.
Wat die alternatiewe verweer van medewerkende
nalatigheid / ...
7. nalatigheid
betref, kan volstaan word met wat deur die
Hof a quo gesê is
:-
"Dit is duidelik volgens die getuienis van Warden dat die eiser nie by magte was om by òf die versneller, en/of die remme of rat = wisselingmeganisme by te kom nie met enige deel van sy liggaam terwyl hy as passasier op die motorfiets gesit het nie. Die vraag ontstaan dan wat hy nog kon gedoen het om sy beheer te kon uitoefen indien daardie beheer inderdaad bestaan het in enige noemenswaardige sin van die woord.
Daar is die ooreengekome feit dat toe die draai in die pad na links genader is die eiser vir die bestuurder van die motorfiets geskreeu het om stadiger te ry, maar dat laasgenoemde nie gehoor hieraan gegee het nie. Na my oordeel was daar op daardie stadium niks verder wat die eiser kon gedoen het nie wat van enige waarde sou wees om die optrede van die bestuurder van die motorfiets sodanig te beheer dat die ongeluk voorkom kon word.
In die loop van betoog word dit namens die verweerder aangevoer dat die eiser die bestuurder
op / ...
8.
op sy skouer kon getik het om aldus blykbaar sy aandag te kry. Na my oordeel is dit on= waarskynlik dat indien die eiser so iets sou gedoen het dit enigsins die gevolge van die bestuurder se optrede, naamlik, om sy snelheid te verminder sou geaffekteer het.
In die lig hiervan is ek van oordeel dat daar nie gesê kan word dat daar enige skuld aan die eiser se kant bestaan het nie en is hy dus geregtig om in die volle bedrag van die ooreengekome skade te slaag."
Hiermee moet saamgestem word.
Die appel word met koste afgewys.
E.L. JANSEN AR.
HOEXTER AR)
NESTADT AR)
Stem saam.
SOSHOEF Wn AR) STEYN Wn AR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/79.html