SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 78

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Administateur-General vir Gebied van Suidwes-Afrika v Clifford Harris (South West) (PTY)LTD (78/88) [1988] ZASCA 78 (1 June 1988)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

DIE ADMINISTRATEUR-GENERAAL VIR DIE
GEBIED VAN SUIDWES-AFRIKA APPELLANT

en

CLIFFORD HARRIS (SOUTH WEST) (PTY) LTD RESPONDENT

CORAM : VILJOEN, HOEXTER, SMALBERGER, STEYN,

ARR et KUMLEBEN, WAR

VEHOORDATUM : 1 MAART 1538 LEWERINGEDATUM : 1 JUNIE 1988

UITSPRAAK

VILJOEN, AR/

1.

VILJOEN, AR

Die respondent (na wie ek sal verwys as die eiser) het kontraktueel onderneem om vir die appellant (na wie ek sal verwys as die verweerder) 'n teerpad te bou tussen Mariental en Maltahohe, Suidwes-Afrika, 'n
afstand van ongeveer 110 km, waar daar voorheen 'n grond-pad bestaan het. Hierdie pad sluit weerskante aan by 'n brug oor die Visrivier. Ten aansien van die uitvoering van hierdie kontrak het heelwat geskille tussen die partye ontstaan waaroor daar voor aparte Regzers in SHA geprosedeer is. Die geskil wat deur die Hof a quo besleg is en wat nou in hierdie Hof 'n nasleep het, was of die eiser "rotsbe-skermingswerk" ooreenkomstig die spesifikasies wat deel van die kontrak tussen die partye was, aan die syhellings

van
2. van die pad gedoen het wat hom geregtig maak op betaling

teen die tarief wat vir sodanige werk in die hoeveelheids-

lyste, 'n ander deel van die kontrak, bepaal is, dan wel
of dit wat gedoen is werk van 'n ander aard was wat teen
'n mindere tarief vergoedbaar was. Vir die werk wat wel
gedoen is, is 'n bedrag van R22 047,66, op 'n grondslag wat
ek later meer volledig op terugkom, betaal. Die Hof a quo
het egter die eiser gelyk gegee dar hy "rotsbeskermings-
werk" soos bedoel in die spesifikasies verrig het en het

ten gunste van die eiser gelas dat die verweerder se inge-

nieurs 'n sertifikaat moet uitreik vir die bedrag van

R800 641,74 (d w s 'n bedrag van R822 689,40 teen die ta-

rief waarteen eiser vir die werk geëis het minus die bedrag

van R22 047,66 wat vir die werk ooreenkomstig 'n ander

tarief/
3. tarief betaal is.) Die eiser het ook 'n bedrag ten aan-

sien van eskalasie van koste geëis. Hierdie eis is egter
deur die Verhoorregter verwerp. Verlof is deur die Hof
a quo aan die verweerder verleen om na hierdie Hof te
appelleer teen die bevel wat teen hom uitgereik is en aan
die eiser is verlof verleen om teen die eskalasie-beslissing
te appelleer. Voor die aanhoor van hierdie appèl is hier-
die Hof egter in kennis gestel dat die eiser nie voortgaan
met laasgenoemde appèl nie.

3ia kontrak tussen die partye wat op 9 Februarie

1978 op Windhoek gesluit is en bekend staan as kontrak

320/1977, het uit 'n aantal dokumente bestaan naamlik die
algemene kontrakvoorwaardes (waarna in stukke en in die
getuienis verwys is as AKV), die spesifikasies, die spe-
siale kontrakvoorwaardes (SK), hoeveelheidslyste, die

cencer-vorm/....

4.

tender-vorm en tekeninge en sekere ander dokumente. Wat
van belang is in die huidige saak, is egter net die AKV,die

SK, die spesifikasies en die hoeveelheidslyste.

Die eiser beweer dat hy al sy verpligtinge

ingevolge die kontrak nagekom het wat insluit rotsbesker-
mingswerk wat hy in opdrag van die verweerder se ingenieur

gedoen het en dat hy geregtig is op die betaling soos geëis.

Hy steun in sy pleitstukke op die volgende bepalings in

die kontrak:

(a) Scesifikasie 11.3.12.1 bepaal:

"Die Ingenieur mag ook die Kontrakteur gelas om opvullings en/of deurgrawings-hellings teen erosie te beskerm deur middel van klipbestrating, rotsbeskerming of massa klip-werk soos in Afdeling 20 (Klipwerk en Ero-siebestryding) van die Spesifikasies beskryf of hy mag die Kontrakteur opdrag gee om goedgekeurde bogrond teen sodanige hellings te plaas sodat die groei van gras bevorder

kan/

5.
'n word. Betaling vir bogrond sal geskied volgens Klousule 7.15 van hierdie Afdeling en betaling vir klip of dergelike maat-reëls volgens die voorskrifte van Afóeling 20 (Klipwerk en Erosiebestryding)."

(b) Spesifikasie 20.3.7:

"Na konstruksie van rotsgevulde slote, mure, plaat heiwerk of sodanige ander beskerming wat benodig word vir die kante van rotsbe-skermingswerke en nadat enige vereiste fil-treerlae geplaas is, moet rots gestort word en moet dit oopgesprei word met grondver-skuiwings- of ander toerusting of op 'n ander goedgekeurde wyse sodat die minimum lugtussen-ruimtes verkry word. Plaaslike ongelykhede

nie driehonderd millimeter (300 mm; oorskry nie."

(c) Spesifikasie 20.3.1:

"Die kritiese individuele klipmassa moet soos volg wees:

(i) Waar die beskerming beskrywe word as 'lig':- vyf-en-twintig kilogram (25 Kg)

(ii).

6.

(ii) Waar die beskerming beskrywe word as 'swaar':- eenhonderd-en-tagtig kilo-gram (180 Kg)"

(Mer "kritiese" neem ek aan word "kricieke" bedoel)

(d) Die hoeveelheidslyste wat 'n tarief van R64,00 per kubieke meter vir ligte ge-storte rotsbeskerming en R69,00 per ku-.bieke meter vir swaar gestorte rotsbe-skerming bepaal.

Die eiser beweer dat verweerder se ingenieur

gedurende of omstreeks April 1978 vir hom in geskrif
opdrag gegee het om addisionele ligte en swaar rotsbe-

skerming aan te bring tussen kettingmetings 107 - 4 30
en 110 + 200 ten aansien waarvan die tarief uiteengesit
in paragraaf (d) hierbo gegeld het. Die geskrif, beweer
die eiser, het bestaan uit opdragte uitgereik tydens

terreinbyeenkoms 3, item 13,9 en terreinbyeenkoms 6,

item 7.7,gelees met terrein-brief MM 101 en MM 77. Hier-

die/
7. die opdragte het hy uitgevoer, beweer die eiser,en is

gevolglik geregtig op betaling teen die gemelde tarief
ten aansien van 8 439 kubieke meter ligte gestorte rots-
beskerming en 4 095 kubieke meter swaar gestorte rots-
beskerming wat 'n bedrag van R822 689,40 beloop. Die in-
genieur, so word verder beweer, het verkeerdelik slegs
betaling ten bedrae van R22 047,66 gesertifiseer in plaas
van die bedrag van R822 689,40.

Die verweerder het in sy verweerskrif verwys

na sekere opdragre war tydens terrein-vergaderings deur
die verweerder se resident-ingenieur gegee is en na brief-
wisseling tussen die partye. Hy gaan dan voort om te
pleit dat die eiser na aanleiding van die opdragte werk
gelykstaande aan onverdigte opvulling of terugstoot van

klas/
8. klas B alternatiewelik Klas A en B materiaal gedoen het

en nie rotsbeskerming soos beoog deur afdeling 20.2
en 20.3 van die spesifikasies nie. Verweerder ontken

uitdruklik dat eiser enige rotsbeskerming soos gedefi-
niëer in afdeling 20, 2 en 3 van die spesifikasies ge-
doen het. In besonder pleit die verweerder dat:

"(i) rots nie gestort is nie;

(ii) rots nie met grondverskuiwinc of ancer toerusting oopgesprei is nie op so 'n wyse dat die minimumlugtussenruimtes verkry is nie;

(iii) plaaslike onceiykhece in cie opperviak 300 mm oorskry;

(iv) die kritieke individuele klipmassa nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie;

(v) die oppervlak voor plasing van die materiaal nie netjies afgewerk is nie en hellings is nie uniform afgeskuins nie;

(vi) Die kante van cie werke is nie beskerm oí gestut nie."

Eiser/....

9. Eiser het in sy replikasie in geding getree

met die verweerder en het origens soos volg gepleit:

"In the event of the above Honourable Court finding that the work executed by the Plain-tiff did not comply with Clauses 2 and 3 of section 20 of the Specification in any one or more of the respects set out in paragraphs (f) (i) to (vi) (all of which are denied) then Plaintiff states that such work deviated from the aforesaid Specifícation as a result of the Engineer's instructions as provided for in clauses 1 and 3 of Section 20 of the Spe-cification, and accordingly that the wcrk complied with the requirements of the Specifi-cation and that such work constituted rock

Die betrokke pad is in kettingreekse verdeel. Die kettingreekse word aangedui vanaf Maltahohe wat O is tot aan die einde van die pad naby Mariental (by die Mariental-Keetmanshoop-kruising) wat aangedui word as

110 + 220. (Die syEers verwys na kilometers en meters.)

Die

10.

Die gedeelte van die pad wat in gedrang is van Malta-
hohe se kant (d w s die westekant) gesien, strek vanaf
kettingreeks (in Engels "stake value" of "chainage")

107 + 400 tot by die brug by 107 + 960 en weer aan die
oostekant in die rigting van Mariental vanaf die brug
tussen kettingreeks 108 + 320 en 110 + 220. Die spesi-

fikasies was in dié opsig nie volledig nie maar dit is
gemene saak dat van die eiser vereis is om oor die ge-
noemde afstande waar die opgevulde oppervlak geteer en
wyer gemaak mces word die bestaande hellings van die

pad af te skuins deur opvulling. Die helling van 'n

opgevulde pad moet altyd teen uitkalwing en erosie deur

rotsbeskermingswerk beskerm word. Dit was veral nodig,

so dui die getuienis aan, waar die pad die Visrivier-brug

nader./...

11.

nader. Waar die voorheen-bestaande opvulling versteur is of vanweë die afskuinsing addisionele opvulling aan-gebring is, was dit nodig om opnuut aandag te skenk aan die rotsbeskerming. Daar is wel aandag daaraan geskenk maar volgens die verweerder het die remediërende maat-reëls nie neergekom op rotsbeskerming nie, terwyl die eiser beweer dat dit wel rotsbeskerming was.
Soos die pad strek van Maltahdhe in die rigring van Mariental is daar, hoewel nie heeltemal akkuraat vol-gens die windstreke nie, in die geruienis gepraat van die suide- en noordekant van die pad waar bedoel is die regter-en linkerkant onderskeidelik.

Die persoon wat van tyd tot tyd opdragte gegee

het aan veral ingenieur Paterson, die terrein-verteen-

woordiger van die eiser, was Polzin, die resident-inge-

nieur. ....
12. nieur van die verweerder. Aangesien daar nie voorsien

is dat enige of noemenswaardige rotsbeskerming nodig
sou wees nie, en rotsbeskerming nie uitvoerig in die

spesifikasies aangedui is of elders,byvoorbeeld in planne,
voorkom nie, het klousule 1.16.7 van die spesifikasies,
wat soos volg lui, gegeld:

"Slegs prys'-items

Waar daar in die Hoeveelheidslys geen hoeveel-heid aangedui word nie maar slegs 'n prys ver-lang word, moet die Kontrakteur 'n tarief of prys invul wat die betaling sal wees vir enige werk war onder so 'n item gedoen mag word. So 'n'slegs prys'-item word gebruik waar dit be-raam word dat min of geen werk onder die item gedoen sal word nie, of waar die item beskou moet word as 'n alternatief vir 'n ander item waar 'n hoeveelheid gegee is, of vir afwykings in die aanwendingskoerse of mengverhoudings waar betaling vir sodanige afwykings gespesi-fiseer is."

Die belangrikste bepalings van die kontrak

wat/
13. wat in hierdie saak ter sprake kom, is aangehaal in

die besonderhede van eis van die eiser. Na sodanige
ander bepalings as wat van belang mag wees, sal ek
verwys in die loop van die relaas van die geskiedenis
van die uitvoering van die kontrak wat in hierdie

saak in geskil is. Ek gaan dus vervolgens daartoe
oor om die geskiedenis te verhaal.

Op 26 Januarie 1978 het die appellant se in-
genieurs Sennett en Wessels (hierna Hessels genoem)
van Pretoria samesprekings wat gehou is met die Direk-
teur van Paaie van die appellant bevestig. Onder die
aangeleenthede wat bevestig is was die aanstelling van
Mnr R W Polzin (hierna Polzin genoem) as die resident-

ingenieur wat vir Wessels op die terrein moes verteen-

woordig/
14. woordig en 'n ooreenkoms dat terrein-vergaderings

met die respondent een keer per maand gehou moes word.
Wat die opvullings betref, is die volgende gekonsta-

teer:

"Die kanthellings van die opvullings by die Visrivierbrug moet op 1 : 2 ontwerp word en die klippe vir die bestaande rots-beskerming moet benut word op so 'n wyse dat die rotsbeskerming op nuwe kanthellings so hoog as moontlik kom."

Op 5 April 1978 het die terrein-verteenwoordiger

Lawrence Williams, blykbaar ook 'n ingenieur, die be-

staande pad geinspekteer en onder andere gekyk na die

bestaande rotsbeskerming op die hellings van die Vis-

rivier-aanlope wat die ingenieurs gemeen het platter

gemaak moes word. Die ingenieurs was bekommerd oor

die/

15.

die materiaal wat vir die bestaande opvulling gebruik

was. Dit was 'n slikkerige ("silty") materiaal. Daar

is toe besluit dat daar addisionele werk gedoen moet word.

[le kontrakteur moes die toe-bestaande rotsbeskerming
op die seksie van die pad van 107 + 4 00 tot ongeveer

107 + 960 en weer van 108 + 320 tot 110 plus 220 aan

beide kante van die pad verwyder en sekere opdragte is

aan Paterson gegee wat in 'n geskrif (MM2) deur Polzin

op 18 April 1978 bevestig is. Hierdie opdrag het die

volgende ingesluit:

"I) Existing fill slopes either side of the Vis River to be flattened to a slope of 1,2 by using a better class of fill mate-rial and benching the new fill well into existing fill. Payment as per section 11-3.6.5.

II) Salvage stones at existing toes for future pitching works. No special payment."

Van/

16.
Van belang vir doeleindes van hierdie saak is

die opdrag in paragraaf II dat die klippe van bestaan-
de tone vir toekomstige bestrating of klippakking be-
waar moet word. Waar die helling van die pad met die
natuurlike oppervlakte in aanraking kom,word daarna
verwys as die toon van die helling. Gewoonlik bestaan
die rotsbeskerming by die toon daarin dat daar by die

hoek gevorm deur die helling en die grondcppervlakte
'n sloot gegrawe word wat dan met klippe gevul word sodat

die helling goed kan vasskcp en die opvulmateriaal nie

afwerk of afskuif nie. Die toon word dan bowendien met

klippe beskerm. Aan hierdie opdrag is gevolg gegee en

die klippe is in hope aan die onderpunt van die hellings

gepak.

Op 25 April is daar 'n terrein-byeenkoms (SM 3)

gehou/
17. gehou waarby daar sekere sake bespreek is. Skriftelik

is daarna in notule bevestig dat die kontrakteur die
werk verbonde aan die herstel van die aanlope na die
bestaande Visrivierbrug as addisionele en nie ekstra
werk beskou nie. Daar is ook qenotuleer dat. "die rots-
beskerming moet weer teruggeplaas word op die sye van
die voltooide opvulling. Filtermateriaal sal nie nodig
wees nie." Filtermateriaal is h laag spesiale materiaal
wat somtyds tussen die opvulmateriaal en die rotsbesker-
ming geplaas word om dreinering te bevorder. Volgens die
eiser se getuienis berus die plasing van filtermateriaal

in die diskresie van die ingenieur. Die terugplasing van
die rotsbeskerming, getuig Paterson, het nie dadelik ge-

skied nie. Daar was 'n vertraging. Op 23 Mei 1978 word

daar/

18.

daar in die terrein-notule aangeteken dat die werk aan
die verbreding van die opvulling "km 110 tot km 105" bevredigend vorder.
Op 1 Augustus 1978 het Polzin skriftelik be-vestig (MM 39) dat hy mondeling opdrag gegee het dat die opvulling tussen km 108,24 (d w s oos van die brug) tot 108,55 aan die linkerkant en 109,05 tot 109,26 ook aan die linkerkant wyer gemaak moes word soos daar oor die ander seksies gedoen is. Die seksie tussen-in, naam-lik 108,55 tot 109,05 aan die linkerkant kon bly soos dit was onderworpe aan n finale besluit deur hoofkantoor d w s die kantoor van Wessels in Pretoria.

By 'n terreinsamespreking wat gehou is op 29 Augus

tus 1978 (SM 6) is daar onder andere die volgende opdrag

gegee:

"7.7/

19.
"7.7 Verbreding van opvulling:

Voltooi suidekant van brug (km 108,2) tot by km 110.

Voltooi noordekant van km 108,6 tot by km 110.

Opvuiling aan westekant van Visrivierbrug is beide kante voltooi. Noordekant vanaf brug (km 108,2) tot by km 108,6 is die opvulling wyd genoeg om fondamentlae van pad te neem en die bestaande rotsbeskerming is nog stabiel.

Hierdie seksie hoef nie herbou te word nie, maar die toon van die bestaande rotsbesker-ming moet afgerond en beskerm word met groter klippe wat afkomstig is van groewe. Op die dele van die opvulling wat reeds wyer gemaak is moet die rotsbeskerming wat voor wyer-making verwyder is, weer teruggeplaas word teen die toon van die opvulling. By in- en uitlate van kleiner kasduikers moet klip-pakking gedoen word."

Hierdie paragraaf behels dus die suide- of
regterkant van die pad van die brug (108,2 tot by km 110)
en ook die noorde- of die linkerkant van die pad vanaf 'n

punt/

20.

punt by 108,6 aan die ooste- of Mariental-kant van die
pad tot naby die end van die pad (110) waar dit aansluit
by die Mariental-Keetmanshoop-pad. Dit blyk verder daar-

uit dat op 'n gedeelte van ongeveer vier kilometer van
die aanloop na die brug die opvulling wyd genoeg is en
dat die bestaande "rotsbeskerming" nog stabiel is. Hier-
die seksie sou nie herbou hoef te word nie maar die toon
van die bestaande "rotsbeskerming" moes afgerond en be-
skerm word met groter klippe wat afkomstig is van groewe.
Die betrokke leengroef was volgens die getuienis by km 105
d w s ongeveer 3 kilometer wes van die brug (na Maltahohe
se kant). Op die dele van die opvulling wat reeds wyer
gemaak was, moes die "rotsbeskerming" wat voor wyermaking
verwyder is, weer teruggeplaas word teen die toon van
die opvulling. Die eiser se getuienis dui aan dat met

hierdie/

21. hierdie opdrag daardie dele aan beide die linker- en

regterkant van die pad oos van die brug (d w s in die

rigting van Mariental) so ver as km 109 + 260 en weer

beide linker- en regterkant van km 190 + 260 tot by

110 + 220 (d w s die hele ent pad oos van die brug tot

by die Mariental-Keetmanshoop-kruising) betrek is. Hier-
die opdrag het, volgens die eiser se getuienis, die vorige

opdrag verander. Waar die vorige opdrag was dat die

voorheen-bestaande rotsbeskerming op die hellings terug-

geplaas moes word, was die cpdrag nou cm rorsbeskerming

aan te bring aan die tone van die hellings nadat hulle

wyer gemaak is.

Paterson beweer dat hy en Polzin op hierdie

stadium begin argumenteer hec. Sy standpunt was dat

die eiser rotsbeskerming doen. Polzin het gemeen dit

is/

22.

is nie rotsbeskerming nie. Die tyd het aangebreek waar-
op Paterson namens die eiser, wat geld nodig gehad het,
'n periodieke betaling geëis het. Daar is toe tussen
hom en Polzin ooreengekom dat die eiser, as 'n tydelike
maatreël totdat die geskil later besleg sou word, be-
taling sou eis vir die werk gedoen as onverdigte opvul-

ling ingevolge item 11 van die hoeveelheidslys. Hierdie

item moet saamgelees word met klousule 11 van die spesi-

fikasies wat voorsiening maak vir die vorming van die

padbodem. Sub voce "Omvang" in klousule 11.1.1 word dit

onder andere bepaal:

"Hierdie afdeling dek alle werk in verband met die bou van deurgrawings en opvullings binne die padprisma insluitende syvore, aansluitings, die verwydering en weggooi van ongeskikte ma-teriaal; bou en verdigting van opvullings met gebruikmaking van gekeurde deurgrawingsmateriaal vanuit die padprisma of van leenmateriaal vanuit

goedgekeurde/

23.
goedgekeurde leengroewe; verdigting van die padbodem; bou van sy-opvullings waar nodig, en die afwerking van deurgrawings en opvul-lings tot by die stadium waar die formasie gereed is vir die bou van die stutlaag en/of kroonlaag en skouers."

Daar word dus voorsiening gemaak vir die
gebruik op ander plekke van materiaal wat op sekere
plekke uitgegrawe of weggewerk word, onder andere vir
opvullingdoeleindes, en vir die weggooi van oortollige
materiaal wat nie benodig word nie. Gewoonlik, so dui
eiser se getuienis aan, word die materiaal in groewe
waar materiaal wat vir padboudoeleindes uitgegrawe word
en dan 'n holte in die grond laat, weggegooi. Van hierdie
weggooi-materiaal kan miskien later, in opdrag van die

ingenieur, weer gebruik word vir ander doeleindes. Vir
die verwydering en weggooi van die materiaal word die

kontrakteur/

24.

kontrakteur betaal en ook vir die gebruik van sodanige
materiaal nadat dit weggegooi is. Materiaal wat aan-getref word by die uitgrawing van deurgrawings en syvore, en die uitgrawing van oortollige en/of ongeskikte ma-teriaal word, volgens die aard daarvan, geklassifiseer
as klas A of klas B materiaal. Klas A materiaal is

indiwiduele rotsblokke van 'n half kubieke meter (½ m3 )

of meer. Alle ander materiaal word as klas B materiaal
beskou. Klousule 11.3.5 van die spesifikasies bepaal
dat die ingenieur mag gelas dat die oortollige materiaal
vanuit uitgrawings gebruik word om opvullings wyer te
maak of om hellings platter te maak. Die gebruik van
weggooimateriaal vir die verbreding van opvullings of
plattermaak van hellings gee nie die kontrakteur enige

reg/

25.

reg vir ekstra betaling anders as vir onverdigte op-
vulling nie.
Dit is aan Paterson gestel dat Polzin se opdrag aan hom was om weggooi-rotse bo-op die bestaande rotsbeskerming te plaas om sodoende die helling platter te maak ("slope correction"). Paterson het ontken dat dit die opdrag was. Die opdrag, sê hy, was om rotsbe-skerming te doen. Om egter betaling van die eis nie te vertraag nie, het hy voorlopig sy eis ingeklee ooreen-komstig item 11 van die hoeveelheidslys vir onverdigte opvulling. Maar selfs wat die eis betref was daar 'n verskil van mening. Polzin se standpunt was dat die eiser dubbel eis.

Op 9 November 1978 skryf Polzin 'n brief aan

die/

26.

die terrein-ingenieur van die respondent (Paterson)

nadat 'n sertifikaat vir betaling aangevra is.

"CERTIFICATE 8 - PAYMENTS FOR PROTECTION OF FILL KM 108,2 to 110,2 AND KM 107,4 TO 107,92
We are not in agreement with your payment request for the stone protection work as carried out on above section. As per our letter MM2 you were instructed to salvage the existing stones on the above fill slopes for pitching. This was done. The request for pitching was changed to a dozer-pushed stone-toe-protection. This was done. Initially it was suggested that due to the change of construction the following payments should be made:
A)For the removal of the stones from the slopes Rl,60 per M under 11.a.
B)For the pushing back of the stone Rl,38 per M under ll-c(l). We considered this payment request not to be too unreasonable. Your latest payment request Rl,60 and Rl,38 for removal of stones and then once more Rl,60 + Rl,38 per M3 for the pushing back oE the stones - we consider to be fairly

unreasonable./

27.
unreasonable. We are not in the position to support this payment request and as a tem-porary settlement we will pay as laid down under A) and B) above."

Polzin bevestig dus dat die opdrag om klippe
op die hellings te bewaar, gedoen is. Die opdrag om
die klippe later te gebruik vir bestrating is verander tot
'n skraper-gestote klipbeskerming van die toon van die
helling ("dozer-pushed stone protection"). Dit, bevestig
Polzin, is gedoen. Die getuienis van die eiser is dat,
afgesien van die bewoording wat daar gebruik is naamlik

"protection of fill" (my onderstreping) in die opskrif,

"stone protection work" en"dozer-pushed stone protection"
in die eerste paragraaf, was die werk self rotsbeskerming
soos gespesifiseer in klousule 20 van die spesifikasies.
Wat die swaar gestorte rotsbeskerming betref, het die

rotse/

28.

rotse wat gebruik is beantwoord aan die vereiste gestel
in die spesifikasies want die rotse was groter as 180 kilo-gram soos vereis deur klousule 20.3.1, getuig Harris (na wie hierna verwys word) namens die eiser. Wat die ligte gestorte rotsbeskerming betref, is dit toegegee dat die materiaal in die algemeen nie voldoen het aan die ver-eiste gestel nie, naamlik, swaarder as 25 kilogram, maar die eiser se standpunt is dat dit nie saak maak nie want dieselfde materiaal wat voorheen vir rotsbeskermingsdoel-eindes gebruik is, is ingevolge die opdrag van die inge-nieur verwyder en weer gebruik as rotsbeskerming.
Die ligte gestorte rotsbeskerming is volgens eiser se getuies gedurende Oktober 1978 voltooi. Dit was met 'n stootskraper oopgesprei. Die swaar gestorte rots-

beskerming/

29.

beskerming is voltooi in November 1978. Wat Polzin se
brief MM77 van 9 November 1978, betref, het Paterson
getuig dat hy nie saamstem nie met die sinsnede: "Ini-
tially it was suggested that due to the change of con-

struction the following payments were made", as dit
vertolk sou word dat hy ingestem het om betaling te aan-
vaar asof die werk onverdigte vulling was ingevolge item

11 (a) en ll(c)(i) van die hoeveelheidslys. Hy beweer
dat hy deurgaans die standpunt teenoor Polzin gehuldig
het dat dit rotsbeskerming is, maar as 'n tydelike maat-

reël het hy,vanweë Polzin se standpunt, betaling geëis
en aanvaar kragtens item 11(a) en 11(c)(i) van die hoe-
veelheidslys.

Tydens November 1978 het n senior bourekenaar,

ene Fagan, van Kaapstad gekom om vir Paterson te help

met/

30.

met die opmeting van die werk wat gedoen is. Paterson
en Fagan het met Polzin die klipwerk bespreek en die standpunt gestel dat wat gedoen is rotsbeskerming is. Polzin het geweier om vir die werk as rotsbeskerming te betaal en aan hulle gesê dat hulle die saak moes opneem met Wessels by hoofkantoor.
In Desember 1978 het Harris (na wie voorheen verwys is), 'n gekwalifiseerde ingenieur, op die terrein aangekom. Hy het destyds 'n belang gehad in die eiser wat deur sy vader gestig is, maar wat sedertdien verkoop is. Hy is gestuur om vir Paterson te help en veral om die dokumentasie en skryfwerk op te knap. Hy het 'n antwoord op MM77 van 9 No-vember 1978 opgestel. Die antwoord is gedateer 31 Januarie 1979 en is geteken deur Paterson. In die antwoord verwys hy

onder andere/

31.

onder andere na MM2 van 18 April 1978 en MM77 van
9 November 1978 asook na notules van terreinbyeenkomste
en vervolg:

"... we are entitled to payment f or this ope-ration as follows:

1) For the removal of and the stockpiling of
the existing Rock Protection material as
included in your letter Ref. MM2, payment
is to be made under item lla, uncompacted

fill.

2) For replacing 8432,6m3 of stockpiled existing
rock protection material as instructed by
item 13,9 of the minutes of site meeting No.

3, payment is to be made under item 20.f.(vi)a. Light dumped rock protection.

39 For the addition of rock protection material to the existing rock protection as instructed by item 7.7 of the minutes of site meeting No. 6, payment is to be made for 3681,Om3 under item 20 f.(vi)b, Heavy dumped rock protection."

Die volgende antwoord (MM101) daarop gedateer

8 Februarie 1979/...

32.

8 Februarie 1979 word van Polzin ontvang:

"with each month that has been passing the stone work on above section shows inflatory increases in payment requests put forward by your office. We do not agree to the payment requests as set out under Sections 1) + 2) and 3) in your letter.

A. Discussions regarding the widening of the above fill and the pushing back of stones go back as far as 28-29/8/78. On those two days the fill widening over above sec-tions was discussed between your Mr. Walker and our Mr. Wessels after some detailed checks carried out on the section between km 108,2 to 109,2 it was established that the formation was wide enough,only the slopes on the LHS were steeper than 1 : 2. It was a proposal by your Mr. Walker that the fill on this section did not require widening, instead the slopes should be corrected and flattened by tipping rock waste along the boe line. This proposal was accepted. Class B material could not be used because it could not be properly compacted.

We wish to clarify this point very strongly - the rock waste tipped was not to be "rock

protection"/

33.

protection" (even so this description is been used several times) but slope correc-tion. All material used along the LHS toe between km 108,2 to 109,2 is rock waste which does not meet the specifications sec-tion 20 - 3.1 f or rock protection material. The payments we have made up to date under the items 11(a) and ll-c(i) for uncompacted rock spoil are therefore correct in terms of the work carried out and requested.

B. The stones pushed back on the widened fill between km 108,2 - 110,2 RHS and 109,2 to 110,2 LHS and 107,4 - 107,9 LHS & RHS was discussed several times. On 10/8/78 we carried out some checks on the slopes of the above fill. It was established that the slopes were flatter than 1 : 2 i.e. be-tween 1 : 2 to 1 : 3.

It was agreed on 29/8/78 that due to the flatter slope pitching was no longer required and a more economical and money saving method would be to push back the stones.Considering this aspect we did agree to "pushing the stones back" on the slopes rather than pitching. First requests by your site engineer Mr. Pater-son suggested payments as set out in our letter MM 77. We considered this to be fair and havc paid you for this work accordingly.

We/

34.

We have also paid you for the increase in fill due to the latter slopes - from 1 : 2 to 1 : 25 - as otherwise on the steeper 1 : 2 slope pitching would have become ne-cessary.
We have inspected the stones and established that the larger amount if not more than 70% of the stones weigh less than the specifi-
cation lay down in section 20-3.1. We are therefore unable to agree to your payment request. Further correspondence in this con-nection should be forwarded to our Pretoria office."

Dit is korrek, getuig Paterson, toe die inhoud
van hierdie brief aan hom gestel is, dat die wyer-
making van die opvulling en die terugplasing van
klippe bespreek is op die twee dae 28 en 29 Augustus
1978. By daardie geleentheid, sê hy, het hy en die
eiser se kontrakbestuurder Walker die eiser verteen-
woordig. Van die verweerder se kant was daar twee

here/

35.

here Diercks en De Klerk en die verweerder se twee in-
genieurs Wessels en Polzin teenwoordig. Hy ontken
egter dat Walker voorgestel het dat die hellings platter
gemaak moes word deur rots-weggooimateriaal langs die
toonlyn te plaas. Wat besluit is, sê hy, was dat die
hellings stabiel genoeg was maar die toon van die hellings
beskerm moes word. Hy het terugverwys na die notule SM6
gedateer 29 Augustus 1978 waarna hierbo verwys is - die
relevante gedeelte waarom ek hier herhaal. Dié notule,
sê hy, is deur Wessels opgestel en die betrokke gedeelte

lui:

"... opvulling wyd genoeg om fondamentlae van pad te neem en die bestaande rotsbeskerming is nog stabiel. Hierdie seksie hoef nie her-bou te word nie maar die toon van die bestaan-de rotsbeskerming moet afgerond en beskerm word met groter klippe wat afkomstig is van groewe. Op die dele van die opvulling wat

reeds/

36.
reeds wyer gemaak is moet die rotsbeskerming
wat voor wyermaking verwyder is, weer terug-geplaas word teen die toon van die opvulling."
Daar is geen voorstel deur Walker gemaak nie,

beweer hy. Die aangeleentheid is bespreek en daar is
so besluit soos wat genotuleer is. Wat gedoen is,was geen
helling-korreksie nie. Hulle is opdrag gegee om groot
rotse in die leengroewe wat weggegooi is ("spoiled"),te
soek en dit teen die toon te stort. Niemand het by ge-

leentheid van daardie terrein-inspeksie beweer dat werk
wat hulle opgedra is om te doen, nie rotsbeskerming is
nie. Wat wel bespreek is, sê hy, is dat dit n makliker
manier sou wees om die klippe met 'n skraper teen die
helling te plaas as om hulle te straat. Paterson ontken
ook dat hy aan die hand gedoen het dat becaling geskied

soos/

36.(a)

soos uiteengesit in Polzin se brief MM77 van 9 September

1978. Hy het, soos hy reeds getuig het, betaling op
daardie basis as 'h tydelike maatreël geëis omdat die
eiser geld nodig gehad het en sodat die betaling nie as
gevolg van 'n dispuut vertraag sou word nie. Paterson
het terugverwys na 'n brief van Polzin gedateer 1 Augustus

1978 (MM39) waarin hy geskryf het:

"The section 108,55 to 109,05 LHS may be left as it is at present depending on final decision by head office."

Die finale besluit is toe geneem, sê Paterson,

tydens die gemelde samespreking op 28 en 29 Augustus 1978.

Dit is die seksie, getuig hy, waarop die swaar rotse ge-

stort is.

Na aanleiding van Polzin se standpunt in die

laaste sin van MM101 het die sekretaris van die eiser

aan/
37. aan Wessels in Pretoria soos volg op 23 Maart 1979 geskryf:

"ROCK PROTECTION TO PARTIALLY COMPLETED SECTION, km 108,2 to km 110,2 and km 107,4 to km 107,9
Further to your letters Ref. MM2 of the 18th April
1978 and MM77 of the 9th November 1978, as well as
the minutes of site meeting no 3 of the 25th April
1978 item 13.9 and site meeting no 6 of the Ist
September 1978 item 7.7 in terms of the Specifica-
tion, we are entitled to payment for this operation
as follows:
1)For the removal of and the stockpiling of the existing Rock Protection material as inszructed in your lettcr ref. MM2, payment is to be made under item lla, uncompacted fill.
2)For replacing 8439.6 M3 of stockpiled exis-ting Rock Protection material as instructed by item 13.9 of the minutes of site meeting no 3, payment is to be made under item 20.f.(vi)a, light dumped rock protection.
3)For the addition of Rock Protection material to the existing Rock Protection as instruc-ted by item 7.7 of the minutes of site meeting No. 6, payment is to be made for 3681.0 m3 under item 20.f (vi)b, heavy dum-

ped/

38. ped rock protection."

In antwoord het die eiser die volgende brief

gedateer 5 April 1979 van Wessels ontvang:

"KONTRAK 320/77, MARIENTAL - MALTAHoHE : VER-
BREDING VAN OPVULLING km 108,2 TOT 110,2 EN
km 107,4 TOT 107,9
Ons verwys na u brief HW/CM van 23 Maart 1979. Nadat die kontrak aan u toegeken was, is u ge-vra om die brugaanlope van die Visrivíer te ver-breed. Die verbreding het tot gevolg gehad dat rotswerk wat teen die sye van die bestaande op-vulling was, eers verwyder moes word en nadat die verbreding voltooi is, weer teruggeplaas moes word. Tydens inspeksies op die terrein is oor-eengekom met u dat die rots slegs teruggestoot sou word met 'n stootskraper, aangesien die rots andersins verlore sou gaan en mee weggedoen sou word. Die idee was nooit om "klipbestrating" of
"rotsbeskerming" soos omskryf in Afd. 20, klou-sules 2 en 3, aan te bring nie en u is ook nooit gevra om die werk volgens die voorskrifte van hierdie klousules uit te voer nie. Aangesien u gevra was om die klip wat teen die sye van die opvulling bestaan het, af te skraap na voorraad-hope en later weer terug te plaas deur dit bloot met 'n stootskraper op te stoot, kan ons nie saam-

stem dat hierdie werk wat u gedoen het, rotsbe-

skerming/

39.

skerming is waarvoor betaal moet word onder items 20.f (vi)(a) en 20.f (vi)(b) nie. Die feit dat die woord 'rotsbeskerming' gebruik is in die notules van 25 April 1978 en 1 September 1978, moet nie vertolk word as 'n weergawe van die werk wat u gedoen het en waarvoor u betaling eis nie, en moet bloot beskou word as termino-logie wat streng gesproke nie korrek gebruik is nie. Woorde soos 'rotswerk', 'klipwerk', 'rots-opvulling', 'massaklipwerk', 'rotsbekleding' ens. sou byvoorbeeld dieselfde bedoeling hê by die no-culering van die samesprekings. Die werk wat in werklikheid gedoen was, is slegs vergelykbaar met die werk verbonde aan onverdigte opvulling van klas B materiaal, aangesien die klippe wat op die sye van die opvulling bestaan her, nie soliede rots was nie en bestaan het uit rotspartikels wat deurgaans kleiner is as 0,5m3 (Sien Afd. 11, klou-sule 2.2(a) van die Spesifikasies).

'n Ander moontlikheid sou wees om die werk in sy geheel te beskou as massaklipwerk soos beskryf in klousule 6 van Afdeling 20, in welke geval daar geen tarief in die hoeveelheidslys bestaan nie en u dus 'n tarief vir ekstra werk sou moes voorlê.

Die Resident Ingenieur het in sy brief MM77, van 1978-11-09 u oorspronklike versoek van betaling van Rl-60/m vir die verwydering van ophoping van

die/

40.

die bestaande klipwerk onder item 11(a) plus 'n tarief van Rl-38/m onder item 11(c) as rede-lik aanvaar. Daarna het u gevra dat daar betaal word vir die verwydering van die klip @ Rl-60 onder item ll-(a) plus Rl-38 onder item ll-(c) en dat dieselfde tariewe weer betaal word vir die terugstoot van die materiaal.

In lig van bogaande is ons bereid om betaling van die werk teen die volgende tariewe te magtig:

1) vir die verwydering en ophoping van die be-

staande klipwerk teen die tarief vir onver-

3 digte opvulling in item 11 (a) naamlik Rl-60/m .

2)Vir die terugstoot van die opgehoopte materiaal en die byvoeging van addisionele materiaal teen die toon en sye van die opvulling teen die ta-rief van onverdigte opvulling in item 11 (a) naamlik Rl-60/m3
3)'n Ekstra oor betaling teen die tarief van Rl-38/m vir klas A materiaal soos in item ll-c(l) slegs

waar rotsstukke groter as 0,5m3 voorsien en op-

gestoot is.

As alternatief, indien hierdie tariewe nie aanvaar-baar is nie, is ons bereid om betaling volgens klou-sules 55(b) en (c) van die Algemene Voorwaardes te oorweeg, in welke geval u onmiddellik die nodige state en opgawes wat vereis word in klousule 55(c),

moet/

41.

moet voorlê.

Die werk wat reeds gedoen is en waarvoor u aanspraak maak op betaling as rotsbesker-ming kragtens Afdeling 20 van die Spesifi-kasies, voldoen hoegenaamd nie aan enige vereistes van die betrokke spesifikasies nie en u aanspraak op betaling teen items 20.f (vi)(a) en 20.f (vi)(b) soos uiteen-gesit in punte (2) en (3) van u brief, kan dus nie aanvaar word nie. Betaling sal dus slegs geskied teen die tariewe soos hierbo uiteengesit as volle vergoeding vir die werk wat u versoek was om te doen en wat u wel gedoen het."

Die rotswerk wat verwyder moes word waarvan Wessels melding maak in die eerste paragraaf was rots-beskerming gewees. Die terugplasing kon dus ook niks

anders/
42. anders wees as rotsbeskermingswerk wat op die ver-

brede opvulling aangebring moes word nie. Die oor-
spronklike opdrag dat dit by wyse van klipbestrating
teruggeplaas moes word, is 'n bevestiging daarvan dat
dit rotsbeskermingswerk was. Dit blyk vir die eerste
keer uit Polzin se brief MM101 van 8 Februarie 1979
dat op die verandering na terugstoot met 'n stootskraper

besluit is omdat rotsbeskerming nie meer nodig was op daardie seksies nie. Daar is niks in die terrein-notules en korrespondensie wat 'n afleiding regverdig dat die klippe teruggeplaas moes word bloot om die op-gehoopte klippe uit die weg te kry nie. Daar is ook

nooit/
43. nooit spesifiek skriftelik aangedui dat toe die eiser

opdrag gegee is om die klippe met 'n stootskraper op
te stoot in plaas van klipbestrating te doen, die doel
van die werk verander het van rotsbeskerming na iets
anders nie. Dat hierdie sienswyse ook deurgaans die
standpunt van die eiser was, blyk uit 'n brief gedateer

21 April 1979 wat die eiser se sekretaris aan Wessels
geskryf het in antwoord op laasgenoemde se brief van

5 April 1979. Die brief lui:

"CONTRACT 320/77 : MARIENTAL - MALTAHoHE : ROCK
PROTECTION TO PARTIALLY COMPLETED SECTION KM
108,2 TO KM 110,2 AND KM 107,4 TO KM 107,9

Further to your letter Ref. SW/1/P(K) Vol. 1, of 5th April, 1979, we cannot accept your attempt to pay at a reduced rate for work instructed and performed as defined by a section of the Specifi-cation by theoretically fragmenting the work into other non-relevant sections of the Specification.

Furthermore, for it now to be maintained that it was not the idea or intention for rock protection work

as/

44.

as detailed in Section 20 to be undertaken, is both incorrect and unacceptable. The same applies to the attempt of hiding behind a cloak of seman-tics by stating that the use of certain other descriptions would have had the same meaning.

It is obvious that the intention was for the exis-ting rock protection to be replaced as rock pro-tection as defined under Section 20 of the Speci-fication, after the flattening of the fill batters had been completed.

The fills in question were constructed by the South West African Administration with light dumped rock protection placed at the toe of the fill.

Your minutes of Meeting No.3 on the 25th April, 1978, Item 13.9 and Meeting No. 6 on the 29th August, 1978 Item 7.7, clearly confLrm this.

In Site letter MM2 of the 18th April, 1978, we were instructed to remove and stockpile the existing rock protection material that had been provided by the S.W.A. Administration at the toe of the fills, for future use and, to flatten the fill batters with a better class of fill material.

At Meeting No. 3 on the 25th April, 1978, as re-corded under Item 13.9, we were instructed to re-place the existing rock protection material at the

toe/

45.

toe of the fills after the flattening of the batters had been completed. Furthermore, we were informed that filter material would not be required. This instruction is strictly in accordance with Section 20.3.7 "Dumped Rock Protection", and is confirmed in the Minutes of Meeting No. 6 on the 29th August, 1978 under Item 7.7.

Site letter MM77 confirms that:

a)Rock protection work was carried out by us.
b) The recovery and stockpiling of the existing rock protection material was carried out by us.
c) The replacement of the existing rock protection material was instructed by you and carried out by us in accordance with the method as de-tailed under Section 20.3.7. of the Specifica-
tion.

At meeting No. 6 on the 29th August, 1978, we were instructed to protect the existing light rock pro-tection over the length of a certain section of the fill with heavy rock protection. This was done.

We therefore require immediate payment to be made for this work under the pertinent sections oc the

Specification/

46.
Specification as detailed in our letter of the 23rd March, 1979."
Daarna, op 21 en 22 Mei 1979, is daar 'n same-

spreking gehou waarop verskeie van die eiser se eise,wat
in geskil was,bespreek is. Teenwoordig was onder andere
sekere verteenwoordigers van die verweerders, Ilse, Harris
en Walker wat die eiser verteenwoordig het en Wessels en
Polzin, die verweerder se ingenieurs. 'n Opsomming van
die samespreking is aan die eiser verstrek in 'n brief
van Wessels gedateer 30 Mei 1979. Wat die eis vir rots-
beskerming betref, verskyn die volgende in die brief:

"ROTSBESKERMING
Die Kontrakteur grond sy eis daarop dat die meting gedoen is, dat daar 'n tarief is en eis dienoor-eenkomstig betaling. Punte wat in vorige korres-pondensie aangehaal is word weer bespreek.
Die Kontrakteur eis vergoeding vir gestorte rots-beskerming soos beskrywe in klousule 20/3.7, en

verklaar/

47.

verklaar dat dit gedoen is in ooreenstemming met notules van terreinvergaderings. Die Raadgewende Ingenieur wys daarop dat dit oorspronklik wel die bedoeling was dat die klip teruggeplaas moes word soos wat dit was maar dat die instruksies op terrein verander is ná die ge-noemde terreinvergaderings en voordat die werk uitgevoer is. Op terrein is by daardie geleent-heid met die Kontrakteur ooreengekom dat rots-beskerming nie meer nodig sou wees nie as gevolg van die platter kanthellings van die opvulling en dat die opgehoopte klip bloot teen die toon van die opvulling teruggestoot moet word om te voor-kom dat die klip vermors word. Dit is dan ook soos die werk uitgevoer is. Die betaling vir hier-die werk is soos oorspronklik ooreengekom tussen die Resident Ingenieur en die Terreinagent en word nog steeds beskou as billik en redelik.

Die Resident Ingenieur wys daarop dat die groter

rotsblokke wat van elders ingebring is, nie uit

leengroewe gehaal is nie maar dat hy met die
Voorman gereël het dat materiaal wat rondgelê het
en buitendien verwyder moes word, teen die toon

van die opvulling afgelaai sou word.

Die Kontrakteur stem nie saam nie en hou vol dat hy geregtig is op betaling vir gestorte rotsbe-skerming. Die Direkteur voel dat die Kontrakteur

vergoed/

48.
vergoed behoort te word vir werk wat hy werklik gedoen het.

Besluit: Die Ingenieur en die Kontrakteur moet die aangeleentheid weer op die terrein bespreek en afhandel. 'n Finale uitwy-sing word dus nie nou gegee nie."

Wat opmerklik is, is dat Paterson, aan wie
die opdragte gegee is en met wie die beweerde ooreenkoms
aangegaan is, nie teenwoordig was nie. Uit die aard van
die saak sou Harris en Walker weet wat tussen Polzin en
Paterson ooreengekom is en sou eersgenoemde twee here,
neem ek aan, die standpunt gestel het wat deur Paterson
aan hulle oorgedra is. Dit was egter 'n belangrike ge-

skilpunt of dit ooreengekom is tussen Polzin en Paterson
datrotsbeskerming nie meer nodig sou wees vanweë die

platter/

49.

platter kanthelling nie, dat die opgehoopte klip bloot teen die toon van die opvulling teruggestoot moes word om te voorkom dat die klip vermors word en dat op betaling vir die werk ooreengekom is deur Pa-terson en Polzin. Paterson se getuienis, soos ek hier-bo daarop gewys het, was dat so 'n ooreenkoms nooit tussen hom en Polzin aangegaan is nie. Die verweerder het geen getuienis tot die teendeel gelei nie. Wat die inbring van die groter rotsblokke betref, het Paterson getuig dat die oorgrote meerderheid verkry is uit 'n leengroef by ongeveer 105 km, dit is in die sek-sie wes van die brug in die rigting van Maltahöhe.

Daar was verdere samesprekings onder andere in Wessels se kantoor op 10 Julie 1979 tussen Ilse en

Harris/
50. Harris wat die eiser verteenwoordig het en Loedolff

en Wessels van Wessels se firma. Wat rotsbeskerming
betref, herhaal Loedolff namens Wessels in h brief
gedateer 12 Julie 1979, die vorige weergawe van wat
daar gebeur het tussen Polzin en Harris, soos volg:

"ROCK PROTECTION (Widening of Fish River bridge approaches)
We reiterate that it had been decided on site at the time of construction to merely push back the rock removed from the existing fill in or-der to save time, effort and cost and that in the spirit of that decision it was agreed that the contractor will be compensated for the work actually carried out (e.g. under rates for un-compacted fill etc. originally agreed to be-tween the Resident Engineer and Site Agent). It was only afterwards that a claim was sub-mitted for payment under another item of the Schedule of Quantities. The matter will again be discussed between Messrs. Harris and Wessels at the next site meeting."

Op/

51. Op 7 Augustus 1979 het Wessels in 'n brief aan

die eiser na samesprekings wat gehou is by Wessels se
kantoor tussen Harris en Paterson wat die eiser ver-
teenwoordig het en Wessels, Loedolff en Polzin van
Wessels se firma verwys. In paragraaf 3 van die brief

is daar sv "Verbreding van Visrivieraanlope : Rotswerk"
soos volg geskryf:

"Die aangeleentheid is tevore by verskeie ge-leenthede bespreek en dit dien geen nut om al die argumente weer te herhaal nie. Die Raad-gewende Ingenieur bepaal dat betaling soos volg sal geskied-
a)Afstoot van die bestaande klipbestrating teen Rl-60/m (Item 11(a) in die Hoeveel-heidslys).
b)Terugstoot van die betrokke materiaal teen Rl-60/m3 (item 11(a) in die Hoeveelheids-lys)
c)Leen van groter rotsblokke teen Rl-60/m . (Item 11(a)) plus bykomende trek indien van toepassing plus Rl-38m3 (Item 11 (c)

in/

52.

in die Hoeveelheidslys).

Oor die hoeveelhede wat betrokke is, is reeds ooreengekom.
U neem kennis van die beslissing.
Die beslissing van die Ingenieur word bevestig
deur die Direkteur en dit word dus beskou as die finale besluit."

Na verstryking van 'n periode waarin dit van
die eiser verlang is om sekere uitstaande werk te vol-
tooi, het die Sekretaris van Vervoer namens die ver-
weerder onder dekking van die volgende brief, gedateer

11 November 1986, 'n finale sertifikaat van aanvaarding
van die werk en bevredigende uitvoering van die kontrak,

uitgereik:

"CONTRACT 320/77 : MR 34 MARIENTAL - MALTAHöHE MAINTENANCE CERTIFICATE
A Einal inspection of the above contract was held on 21 May 1982 and was attended by your Mr. Blo-

merus/

53.
merus together with Messrs. Wessels and Wieffering from Sennett & Wessels and Messrs. Detering and Poolman from this department.
The work is accepted as being satisfactorily completed and maintained and in terms of clauses 53 and 62 of the General Conditions of Contract the maintenance certificate may now be released and is attached hereto.
In terms of clause 17 of the General Condi-tions the surety bond may now be released and is attached.
The retention money has already been approved for payment according to clause 61."

Dus, hoewel die geskil ten aansien van betaling bly bestaan het, is die werk wat gedoen is goedgekeur en aanvaar.

Soos ek reeds daarop gewys het, het verweerder

geen getuienis aangevoer nie. Herhaaldelik is daar, in die loop van kruisondervraging deur verweerder se.advokaat,aan Paterson gestel dat hy Polzin as getuie gaan oproep

om/
54. om die getuienis van Paterson teen te spreek dat laas-

genoemde deurgaans die standpunt gehandhaaf het dat
wat eiser doen rotsbeskerming is en dat hy alleen as
n tydelike maatreël bereid was om betaling vir die werk
as onverdigte opvulling te aanvaar. Verder is dit in
kruisondervraging voorgehou dat Polzin sou getuig, eer-

stens, dat die opdrag om die ligte klippe te bewaar om

later bestrating (wat rotsbeskerming is) daarmee te

doen,verander is omdat rotsbeskerming nie meer nodig

geag is nie en die terugstoot slegs gedoen is om ontslae

te raak van die opgehoopte klippe en om die verweerder

geld te bespaar; tweedens, dat die toon van die hellings

met klippe bedek is om helling-korreksie ("slope correc-

tion") te doen en nie om rotsbeskerming te doen nie.

Behalwe vaé sinspelings in die korrespondensie wat be-

staanbaar/

55.

staanbaar is met die saak van die verweerder op die
geskilpunt of Paterson wel met Polzin ooreengekom het dat betaling volgens klousule 11 van die spesifikasies sou geskied, of nie, is daar niks in enige skriftelike stuk wat opgestel is ten tyde van die beweerde ooreenkoms wat dit onomwonde bevestig nie. Polzin se getuienis is nie ter bevestiging aangebied nie. Wat die ander ge-skilpunte betref, is daar geen getuienis van die ver-weerder se kant nie. Daar is ook niks in die vroeëre korrespondensie en geskrifte, soos terrein-notules en briewe, wat as bevestiging dien nie. Soos blyk uit die geskrewe stukke waarna ek hierbo verwys het, is die bewerings eers op 'n laat stadium gemaak en wek dit die indruk van 'n uitvlug waaraan later eers gedink is.

Soos ek hierbo aangedui het toe ek na die bewerings

in/

56.
in die pleitstukke verwys het, het die verweerder spe- sifiek ontken dat eiser enige rotsbeskerming soos ge-definieer in klousules 2 en 3 van afdeling 20 van die spesifikasies gedoen het. Daar is onder andere ge-pleit dat die kritieke individuele klipmassa nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Soos blyk uit spe-sifikasie 20.3.1 waarna in die eiser se besonderhede van eis verwys word en wat hierbo aangehaal word,moet die klippe wat gebruik word vir ligte gestorte rotsbesker-ming ten minste 25 kg elk weeg en is die vereiste vir swaar gestorte rotsbeskerming 180 kg. Volgens die eiser se getuienis het die swaar gestorte rotsbeskerming wel aan die vereiste voldoen. Wat die ligte rotsbeskerming betref, was die opdrag van die ingenieur om dieselfde

klippe/

57.

klippe te gebruik wat voorheen as rotsbeskerming ge-
dien het en dit is gedoen. Ten aansien van die ver-
eiste van minimumlugtussenruimtes, het Harris toegegee
dat daar areas mag wees wat nie daaraan voldoen nie
maar hy beweer dat dit moeilik is om die plaaslike on-
gelykhede onder 300 mm te handhaaf omdat die rotse wat
volgens die opdrag van Polzin gebruik moes word tot n
half kubieke meter groot en soms groter was. Harris en
Paterson het getuig dat die werk wat hulle gedoen
het,aanvaar is en dat hulle daarom geregtig is op be-
taling vir rotsbeskermingswerk wat hulle gedoen het.

Die verweerder het in die Hof a guo, soos ook

in hierdie Hof, egter betoog dat wat uiteindelik aan-
vaar is, is, juis vanweë die nie-nakoming van die ver-

eistes/....

58.

eistes van afdeling 20 van die spesifikasies, nie rots-
beskerming nie. Die betoog is dat Wessels dit nooit as rotsbeskerming beskou het nie en die werk ook nie as rotsbeskermingswerk aanvaar en goedgekeur het nie.
Alhoewel die ingenieurs van die verweerder nie die werk as rotsbeskermingswerk geag het nie - Polzin, wat betaling betref, van die begin (hoewel hy opdrag gegee het dat die eiser rotsbeskermingswerk moes doen) en Wessels later - is die werk later goedgekeur. Die goedkeuring het geskied, nie op die basis dat iets anders as wat opgedra is, gedoen is nie, maar juis op die basis dat wat opgedra is bevredigend afgehandel is.
Ek kan nie saamstem met die betoog dat, omdat die werk van die verweerder nie stiptelik voldoen aan

die/

59.

die presiese voorskrifte van die spesifikasies, die
eiser se eis daarom nie kan slaag nie. Die spesifi-
kasies is een van die kontraksdokumente tussen die partye. Soos blyk uit die aanhef "algemeen" is die be-doeling van die partye met klipbeskermingwerke om uit-kalwing en erosie van,onder andere,padopvullings te voorkom. Dit is wat die eiser beweer gedoen is. Daar is talle bepalings in die kontrakdokumente waarin dit duidelik gemaak word dat die betrokke ingenieur kan afwyk van die rigiede vereistes van die spesifikasies. Dit is wat Polzin, volgens die eiser se getuies, gedoen het. Dit is ook wat die eiser in sy replikasie gepleit het. Hy het, na my oordeel, nie 'n ander saak gestel in sy replikasie nie. Ek kan die verweerder nie gelyk gee,

soos/
60. soos betoog is, dat die eiser 'n "baster-estoppel" ge-

pleit het in sy replikasie nie.

'n Deskundige op die gebied van ingenieurskon-
trakte, professor Hugo, het getuig, nie alleen dat rots-
beskerming, ( "rock protection", woorde wat oorvloedig
deur Polzin gebruik is) in ingenieurskontrakte 'n teg-
niese betekenis het nie, maar ook dat die werk wat werk-

lik gedoen is rotsbeskerming is. Professor Hugo het,
wat die gehalte van die werk,wat hy self besigtig het,
betref, sekere kritiek gehad, maar soos hy tereg getuig
het, was die verweerder se regsmiddel om, voordat die
werk finaal goedgekeur is, te eis dat die werk behoorlik
gedoen word. Ondanks die gebreke is die werk egter
goedgekeur.

Die/
61. Die appèl word gevolglik afgewys, met koste, wat insluit die koste van twee advokate. Die advokate het ooreengekom dat die koste van die teenappèl koste in die appèl sal wees.

APPèLREGTER

HOEXTER, AR) SMALBERGER, AR) STEYN, AR) Stem saam

KUMLEBEN, WAR)


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/78.html