SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 69

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Moremi and Others (68/88) [1988] ZASCA 69 (27 May 1988)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


DAVID MOREMI 1ste Appellant
ZACHARIA MOREMI 2de Appellant
GEORGE MOKHELE 3de Appellanr
DAVID MAQHUBU 4de Appellant
SAREL MECHANIC MALOKASE 5de Appellant
en
DIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID=AFRIKA (APPELAFDELING) In die saak tussen:
DAVID MOREMI 1ste Appellant

ZACHARIA MOREMI 2de Appellant
GEORGE MOKHELE 3de Appellant
DAVID MAQHUBU 4de Appellant
SAREL MECHANIC MALOKASE 5de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: HOEXTER, VIVIER , ARR et BOSHOFF, Wn AR Verhoor: 16 Mei 1988 Gelewer: 27 Mei 1988

UITSPRAAK

BOSHOFF, Wn AB:
Die vyf appellante was op Christiana in die Mestelike Rondgang Plaaslike Afdeling vcor Harrzenberg R en twee assessore daarvan aangekla dat hulle op 1 April 1986 naby Christiana,op aanklag l,vir Daniel Ramogobeng Segaetsho, hierna genoem die oorlecene, verr.cor het en, op aanklag 2, die oorledene van 'n onbekende hoeveelheid kontantgeld beroof het. Slegs die vyfce appellant, Beskuldigde 5 in die hof benede, is aan moord skuldig be= vind en omdat geen versagtende omstandighede bevind is nie, is hy die doodstraf opgelê. Al vyf die appellante is skuldig bevind aan poging tot roof met verswarende omstandighede. Die vyfde appellant is gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf en die ander appellante elk

tot /3

=3=

tot vier jaar gevangenisstraf.

Die vyfde appellant was ook daarvan aangekla en is skuldig bevind dat hy in onwettige besit was van 'n vuurwapen (aanklag 3) en ammunisie (aanklag 4). Hier= die twee aanklagte is saamgeneem vir vonnisdoeleindes en hy is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf.

Al die appellanre kom nou in hoër beroep teen hulle skuldigbevindings en vonnisse op aanklag 2 en die vyfde appellant ook teen sy skuldigbevinding op aanklag 1 en,in die alternatief, teen die bevinding dat daar nie versagtende omstandighede was nie.

Die /4

=4=
Die eerste, tweede, derde en vierde appellante was onderskeidelik beskuldigces i, 2, 3 en 4 in die hof benede. As beginpunt is dit nuttig om eers te verwys na die feite wat gemene saak is of nie bestry word nie en wat inderdaad die raamwerk vorm van aanklagte 1 en 2.

Die eerste vier appellante is busdrywers op Thaba'Nchu en die tweede en vierde appellante is neefs van die eerste appellant. Die vyfde appellant is ook van Thaba Nchu en volgens die eerste appellant is hy 'n vriend van hulle omdat hy altyd hulle voertuie herstel.

Op 1 April 1986, het die vyf appellante met 'n motorkar, wat die eerste appellant van 'n familielid

geleen /5
=5=
geleen het, vanaf Thaba'Nchu in Bophuthatswana na Christiana in die Transvaal gereis. Die derde en vyfde appellante het daar by die spoorwegstasie op 'n bus geklim wat op pad was na Jan Kempdorp. Die derde appellant het eerste die bus besryg en nie ver van agter in die bus gaan sit nie. Die vyfde appellant het nie langs hom gaan sit nie, alhoewel daar plek vir hom was, maar op 'n sitplek agter hom. Daarna het hy opgestaan en heeltemal agter gaan sit. Kort nadat die bus by die Swartwoonbuurt van Christiana verby is, en terwyl die bus in beweging was het die vyfde appellant, gevolg deur die derde appellant voor na die busdrywer gegaan waar daar 'n woordewisseling oor geld was. Die

vyfde /6

=6=
vyfde appellant het 'n vuurwapen te voorskyn gebring en drie skote is afgevuur na die busdrywer. Sy sitplek was onkant regs voor in die bus en is afgeskort met traliewerk. Daar is 'n luikgat waardeur hy die busgeld

van passasiers ontvang het en die traliewerk strek nie voor
tot heeltemal teen die voorruit van die bus nie. Dit is
moontlik vir 'n persoon om deur die opening war so gelaat
is in die kajuit in te kom. Dit is nie moontlik om die
stuurwiel van die bus buite die kajuit by te kom nie.

Twee /7

=7=
Twee van die skote is van buite die kajuit in die rigting van die oorledene afgevuur en het die bokant van die deur van die kajuit aan die regterkant van die bus getref. Die derde skoot het die busdrywer voor in die bors getref en sy dood veroorsaak. Dir mag net hier genoem word dat die geneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing gehou het nie self getuie= nis afgelê het nie en dat die appellante, ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet no 51 van 1977, die feite en bevindings soos deur hom gerapporteer as korrek erken het. Ten opsigte van die koeëlwond verskyn die volgende in sy verslag:

"1. Ingangskoeëlwond ± 0,8 cm L toraks

anterior /8

=8=

anterior tussen 2e en 3e ribbes ±2 cm vanaf anterior oksellyn in rigting van R skouerblad. Kruit brandmerke om wond.

2. Uitgangskoeëlwond ± 1 ½ cm R toraks posterolateraal tussen 5e en 6 ribbes."

Dit was ook namens die appellante erken dat die koeëlwond op die oorledene se liggaam korrek aangedui word op twee foto's wat by die verhoor ingehandig is.

Volgens die uitspraak van die verhoorhof toon die fotc's dat die ingangswond aan die linkerkanr tussen die tweede en derde ribbes was en dat die uitgangswond aan die regterkant tussen die vyfde en sesde ribbes was. Klaarblyklik het die verhoorhof die foto's verkeerd

gelees /9

=9=

gelees want dit blyk baie duidelik uit die foto's dat albei die wonde heeltemal aan die oorledene se regrerkanc was. Die verhoorhof was skynbaar mislei deur die verkeerde aantekening op die regsgeneeskundige lykskouingsverslag. Die "L" in die aangehaalde paragraaf 1 daarvan moes 'n "R" gewees het indien die veronderstelling reg is dat "L" 'n aanduiding van "links" was.

Na die derde skoot het die oorledene omgeval na die linkerkant en die vyfde appellant het die stuur gevat en so die bus beheer totdat dit tot stilstand gekom het. Op daardie stadium was hy binne die busdrywer se kajuit. Na die eerste skoot afgevuur is, het van

die /10
=10= die passasiers al uit die bus begin vlug deur van die ruite te breek en ook voor by die deur uit te hardloop. Beide die derde en die vyfde appellant is ook uit die bus uit en van die passasiers het die bosse langs die pad ingevlug. Die eerste, tweeóe en vierde appellante was kort daarna met die motorkar waarin hulle gereis het op die toneel. Die vyfde appellant het toe nog die vuurwapen in sy hand gehad. Hy en die derde appellant het in die motorkar geklim toe dit stilhou en hy het vir die bestuurder gesê om om te draai en te ry. Hulle het toe teruggery na Thaba'Nchu. Na die voorval in die bus het die oorledene R42 in sy kleingeldmasjien gehad. In sy hempsak was R149. Op die vloer aan die voorkant

van /11

=11 =

van die oorledene se sitplek was daar R29,72. Buitekant langs die bus was.'n blou sak met R348,05 daarin, gevind. Die blou sak was gewoonlik deur die oorledene voor by hom in die kajuit gehou om geld daarin te sit. 'n Totale bedrag van R 568,77 was so by die bus gevind. 'n Busdrywer moet in h vragbrief 'n aantekening maak van die aantal passasiers wat hy vervoer en die geld wat hy met die buskaartjies verdien. Volgens die aantekeninge wat die oorledene die betrokke dag gemaak het, moes hy in besit van slegs R459,25 gewees het.

Dit is nou nodig om na die betrokke getuienis te kyk. Die Staat het net drie getuies geroep om te getuig oor die gebeure in die bus. Die belangrikste

een /12
= 12= een van die drie is Gilbert Moila, 'n konstabel van die Bophuthatswanase polisie. Hy was 'n passasier in die bus en het in die sewende sitplek van voor, omtrent 8 meter van die busdrywer af, gesit. Daar was sekere aspekte in sy getuienis waaroor hy onseker was maar die verhoorhof het die buitengewone omstandighede waarin hy hom skielik bevind het in aanmerking geneem en sy getuienis in die algemeen aanvaar. Hy was van plan om na Jan Kempdorp toe te reis en het Rl,80 vir sy buskaartjie betaal. Op pad het die derde en vyfde appellante na die busdrywer

geloop en aan hom gesê dat hulle geld soek. Onmiddellik daarna het die vyfde appellant 'n vuurwapen uitgehaal en op die

busdrywer /13
= 13 = busdrywer gerig. Die busdrywer wou van hulle weet watter geld hulle soek. Die vyfde appellant het toe twee skote in sy rigting deur die traliewerk afgevuur. Hy het toe deur die opening langs die traliewerk in die kajuit ingegaan

en skuins voor die busdrywer gestaan. Hy het hom daar van vooraf raak geskiet, die stuurwiel gevat en die stuur van die bus oorgeneem. Na die eerste skoot het van die passasiers die agterste ruit van die bus uitgeslaan en daardeur gevlug. Van die passasiers is voor by die bus uit. Daar was toe 'n groot lawaai in die bus en Gilbert kon nie hoor wat die derde en vyfde appellante en die busdrywer vir mekaar sê nie. Gilbert het eers

by /14

= 14 = by die voordeur probeer afklim en,ná die busdrywer geskiet is,by die agterste venster uitgeklim. Van buite af het hy gesien dat die vyfde appellant die drywer se blou sak uit die kajuit neem. Buite die bus het hy iets daaruit gehaal en in sy sak gesit. Die derde appellant het na die tweede skoot vir die vyfde appellant gesê om die busdrywer te skiet en self uit die bus gevlug. Die vyfde appellant het uit die bus geklim met die vuurwapen in sy hand. Die derde appellant was saam met hom toe hy die vuurwapen op passasiers daar in die pad rig en hulle die veld injaag. 'n Motorkar het op die toneel opgedaag. Gilbert het 'n geleentheid gesoek om by die naaste polisiestasie uit te kom en het sy hand opgesteek om die motorkar te probeer stop. Die insittendes het net vir hom

gelag /15
= 15 = gelag en by hom verby gery. Die motorkar het by die derde en vyfde appellante stilgehou en hulle opgelaai en weggery.

Nona Malepe was ook op die bus en het op die tweede sitplek reg agter die drywer gesit. Volgens haar het die derde appellant eerste na die busdrywer gegaan en aan hom gesê dat hy geld soek. Die busdrywer het gevra watter geld. Die vyfde appellant het hom toe daar by die derde appellant aan= gesluit en aan die busdrywer gesê om aan die derde appellant geld te gee. Die busdrywer het weer verneem watter geld dit is wat hulle soek. Die derde appellant het daarop na agtertoe beweeg en vir die vyfde appellant gesê om die busdrywer te skiet. Die vyfde appellant het toe 'n skoot afgevuur. Sy het eers gesê dat sy nie kon sien in watter rigting hy geskiet

het /16
= 16= het nie maar later het sy in antwoord op 'n direkte vraag of hy die vuurwapen op die busdrywer gerig her ,bevestigend geantwoord Na die skoot afgevuur is,was daar 'n lawaai in die bus en sy het na die agterkant van die bus gevlug. Sy kon toe nie sê wat daarna tussen die twee appellanre en die busdrywer gebeur het nie. Sy kon selfs nie eers sê hoeveel skote afgevuur was nie. Sy het nie enige rede gehad om juis op te let wie eerste na die busdrywer geloop het nie en dit is verder ook duidelik dat sy geskrik her en angsbevange was. Sy het uiteindelik by die voordeur afgeklim toe die bus tot stilstand gebring is. Volgens haar het die vyfde appellant die bus tot stilstand gebring en was hy toe in die kajuit. Sy het in 'n kamp langs die pad ingevlug.

Die /17
= 17 = Die derde getuie Samuel Leagile, skynbaar 'n skolier, het op die agterste sitplek van die bus gesit. Sy ge= tuienis is nie veel werd nie. Volgens hom was hy besig om te gesels met die passasier langs hom toe hy 'n slag hoor. Hy het gedink 'n band van die bus het gebars. Passasiers het na die agterste deel van die bus gevlug en 'n groot lawaai gemaak. Hy het twee persone voor by die busdrywer gesien en kon nie hoor wat hulle vir mekaar sê nie. Dit skyn duidelik te wees dat meeste van die dinge waaroor hy aan die begin getuig het van wat hy in die bus sou gesien en gehoor het nie werklik deur hom gesien en gehoor is nie.

Slegs die eerste, derde en vyfde appellante het

namens /18
= 18= namens die verdediging getuienis afgelê.

Die getuienis van die vyfde appellant kom kortliks daarop neer dat 'n Blanke hom gevra het om vir hom diamante te soek en dat hy met die eerste appellant gereël het om hom na Lesasaneng naby Jan Kempdorp te neem waar hy diamante met die hulp van 'n sekere Samuel wou koop. Hy het van ander gehoor van die risiko wat daaraan verbonde is en het 'n vuurwapen, wat hy van 'n persoon vanuit Lesotho geleen het, saam geneem. Hy was van plan om 2 diamante te koop en het Rl 500 saamgeneem. Hy en die ander 4 appellante is toe met 'n motorkar tot op Christiana waar die eerste appellant hom by die spoorwegstasie afgelaai het. Hy moes van daar 'n

bus /19
= 19 = bus neem na Jan Kempdorp. Die eerste appellant wou na 'n plek bekend as Molelema gaan om geld te kry wat 'n persoon aan hom geskuld het. Omdat die vyfde appellant die plek waar hy die diamante sou kry nie geken het nie, her hy die derde appellant gevra om saam met hom te gaan. Die derde appellant het geen geld by hom gehad nie. Toe hulle die bus bestyg het die derde appellant voor geloop en die vyfde appellant het gevolg met 'n R10 noot in sy hand om daarmee hulle busgeld te betaal. Omdat die vyfde appellant nie geweet het wat die busgeld sou bedra nie het hy 'n R20 noot uitgehaal en die twee buskaartjies gekoop. Die busdrywer het vir hom geen kleingeld uitgekeer nie. Hy het net gesê hy het nog

nie /20
= 20= nie geld nie of hy het nie kleingeld nie. Die vyfde appellant het in die bus gaan sit. Nadat die bus by die Swartwoongebied passasiers opgelaai het, het hy gedink dat die busdrywer genoeg geld sou hê om sy kleingeld aan hom te gee. Hy het vcrentoe geloop, vir die busdrywer sy twee buskaartjies gewys en sy kleingeld gevra. Die busdrywer het geantwoord dat hy nie kleingeló het nie. Alhoewel hy gesien het dat n buskaartjie na Jan Kempdorp Rl,10 kos,het hy self nie eers met kruisondervraging geweet watter bedrag kleingeld hy moes uitgekry het nie. Hy het aan die busdrywer probeer verduidelik dat hy vir twee persone betaal het en naderhand vir die derde appellant na vore geroep om die busdrywer te wys

vir /21
=21 = vir wie hy betaal het. Die busdrywer het volgehou dat hy nie die vyfde appellant se geld het nie. Die derde appellant het aan die busdrywer gesê om vir die vyfde appellant sy geld te gee. Hy het ook aan hom gesê om die bus tot stilstand te bring. Die vyfds appellant het aangedring op sy kleingeld en die busdrywer het aan= gehou weier. Die twee het naderhand met mekaar hard gepraat en om te wys dat hy kwaad word, het hy die vuur= wapen te voorskyn gebring en 'n skoot in die rigting van die busdrywer, maar voor naby hom verby, afgevuur. Die vyfde appellant was toe ongeveer lm van die busdrywer af. Hy het aangehou om sy geld te eis en die enigste reaksie wat hy van die busdrywer gekry het was dat hy vorentoe

en /22

=22=
en agtertoe begin beweeg het en gesê her dat die vyfde appellant maar moet skiet, hy sal nooit die geld kry nie. Hy het toe weer 'n skoot in dieselfde rigring afgevuur en steeds dieselfde reaksie gekry. Die vydóe appellant het meer na vore beweeg en nog 'n skoot afgevuur. Op daardie stadium het die busdrywer na vore beweeg en die skoot het hom getref. Met kruisondervraging het hy gesê dat hy agter die busdrywer gemik het toe hy die skoot afgetrek het. Tydens die prosedure ingevolge art 119 van die Strafproseswet (51 van 1977) in die landdroshof het die vyfde appellant verklaar dat hy die derde skoot langs die busdrywer wou skiet en dat die busdrywer toe vorentoe gebuig het om 'n harde omslag te vat en dat

die /23

= 23=

die vyfde appellant hom toe per abuis raakgeskiet het. In kruisondervraging het hy ontken dat hy vorentoe gebuig het om 'n harde omslag te vat. Met die aanvang van die verhoor in die hof benede het die vyfde appellant se advokaat ter pleitverduideliking verklaar dac die busdrywer op 'n stadium vorentoe beweeg het en so in die pad van 'n koeël beland het wat gelei het tot sy dood.

Na die skoot die busdrywer getref het, het hy teen die netwerk geval en die vyfde appellant het die bus onder beheer gebring deur sy hand deur die opening tussen die traliewerk en die voorruit te steek en die stuurwiel vas te vat en die bus te stuur.

Na die bus tot stilstand gekom het,het hy afgeklim.

Buite /24

=24=

Buite op die pad was daar baie mense. Hy het in die rigting van Christiana geloop en 'n motorkar sien aankom. Die motorkar het stilgehou en toe hy by die motorkar kom, was die derde appellant reeds daar. Dit was die eerste, tweede en vierde appellante. Hy het ingeklim en gesê dat hulle moet omdraai en nie verder moet gaan nie. Hulle het omgedraai en is terug na Thaba Nchu.

Die derde appellant het getuig oor sy rol in die noodlottige tog. Volgens hom het die eerste appellant hom gevra om saam te ry na Pampierstad waar hy sy familie= lede wou gaan besoek. Hy en die eerste appellant het by dieselfde plek gewerk en hy wou graag sien waar Pampierstad is waar die eerste appellant vandaan kom.

Die /25
=25= Die 5 appellante is saam weg vanaf Thaba'Nchu en op Christiana het die vyfde appellant by die spoorwegstasie afgeklim om 'n bus te haal na 'n plek waar hy diamante sou kry. Die res van hulle sou na Molelema gaan. Die vyfde appellant het vir hom gevra om saam met hom te gaan. Die derde appellant wou weet of hy ook diamante sal kan kry. Vyfde appellant het geantwoord dat hy wel sal kan kry as hy met die persone daar kan ooreenkom. Hy het toe besluit om saam te gaan. Hy het nie geld by hom gehad nie en het vir vyfde appellant gevra om sy busgeld te betaal. Derde appellant het voor die vyfde appellant die bus bestyg en agter in die bus gaan sit. Die vyfde appellant het gevolg met 'n

R10 /26

=26=

R10 noot in sy hand en vir homself en die derde appellant betaal.

Die vyfde appellant het agter hom gaan sit. In verskeie belangrike opsigte verskil sy getuienis van dié van die vyfde appellant oor wat in die bus gebeur het. Volgens hom het die vyfde appellant, voor hy gaan sit het, vir die derde appellant gevra om hom te herinner dat die busdrywer hom kleingeld skuld. Toe die vyfde appellant lateraan opstaan en voor na die busdrywer toe loop, het hy aan derde appellant gesê dat hy sy kleingeld gaan haal. Terwyl die vyfde appellant voor by die busdrywer was, het daar 'n rusie ontstaan en die derde appellant is toe

deur /27
=27= deur die vyfde appellant geroep. Die rusie het daaruit bestaan dat die vyfde appellant sy geld vra en die busdrywer antwoord dat hy nie sy kleingeld het nie en daarom is hy na vore geroep sodat hy die busdrywer kon oorreed om die vyfde appellant sy kleingeld te gee. Toe die vyfde appellant die vuurwapen uithaal het die derde appellant hom gevra waarom hy dit doen as hy sê hy wil geld hê. Hy het gesien die vuurwapen word op die busdrywer gerig en was bang dat die busdrywer in 'n botsing betrokke mag raak en het hom gevolglik gevra om stil te hou sodat die saak uitgepraat kan word. Hy getuig ook dat die vyfde appellant sy hand voor by die traliewerk verby gesteek het

om /28

=28=

om die stuurwiel te gryp en die bus te stuur.

'n Groot gedeelte van hierdie getuienis strook ook nie heeltemal met 'n verklaring wat hy voor 'n landdros in Bloemhof gemaak het nie. In die verklaring het hy gesê dat David (eerste appellant) die motorkar geleen het om in die distrik Christiana en Jan Kempdorp te kuier. Mechanic (vyfde appellant) het cesê hulle sal na 'n plaas in Jan Kempdorp gaan om sy 2 diamante daar te gaan haal. In Christiana het hy en vyfde appellant afgeklim om 'n bus te haal. Vyfde appellant het gesê dat die derde appellant miskien ook 'n diamant kan kry. In die bus het die vyfde appellant aan hom gesê dat hy nie sy klein= geld gekry het nie en dat die busdrywer gesê het dac hy

nie /29

=29=
nie kleingeld het nie en dar hy dit later sal gee. Toe die rusie ontstaan,het die busdrywer gesê dat hy hom sy kleingeld gegee het. Die derde appellant het toe opge= staan om die vyfde appellant te gaan haal en te keer maar hv wou nie luister nie. Vvfde appellant het die vuurwapen uitgehaal en op die busdrywer gerig. Derde appellant het die bus= drywer gevra om stil te hou maar hy het geweier. Na die tweede skoot het die vyfde appellant "by die sif ingegaan en na die bestuurder gekom. Mechanic het toe die stuurwiel van die bus vasgehou en na die bestuurder geskiet en hom getref. Op daardie tydstip was die bus alreeds uit die pad uit. Mechanic het probeer om die bus terug op die pad te stuur."

Die /30
= 30= Die getuienis van die eerste appellant is dat vyfde appellant vir hom gevra het om vervoer te reël omdat hy weet waar hulle diamante kan kry. Die plek was 'n plaas naby Jan Kempdorp. Hy het toe vervoer gereël en die derde appellant gevra om saam met hulle te gaan. Die plan was om oor Christiana te ry na sy familie op Pampierstad en daar te oornag. Hulle moes die vyfde appellant op Christiana aflaai sodat hy van daar 'n bus kon neem na Jan Kempdorp. Hy sou hulle dan die volgende dag op Pampierstad weer kry. Die eerste appellant het vir die tweede en vierde appellante ook genooi om saam te ry want hulle het ook familie op Pampierstad.

Die reëling het beide die eerste en vyfde appellante

gepas /31
= 31 = gepas en hulle twee het toe vir die brandstof van die motorkar gesorg. Op Christiana-stasie het die vyfde appellant vir die derde appellant genooi om saam met hom te gaan want daar was n moontlikheid dat hy ook iets mag raakloop waarin hy belangstel soos 'n diamant. Op Christiana het dit die eerste appellant skynbaar bygeval dat daar 'n man op Molelema is wat aan hom ongeveer R113 skuld. Hy besluit toe om eers soontoe te ry. Ongeveer tussen sewe en tien kilometers weg het die vierde appellant, wat toe die motorkar bestuur het, bedenkinge gehad of daar genoeg brandstof in die motorkar was om die draai na Molelema te ry. Hulle besluit toe om terug te ry na Christiana om brandstof in te neem.

By /32

= 32=
By die vulstasie het die tweede appellant 'n "ouboet"' van die persoon wat die geld aan die eerste appellant skuld en ook op Molelema woon, ontmoet en hy het hom vertel dat die skuldenaar nie meer op Molelema woon nie maar op Lesasaneng werk. Na hulle iets te eet en te drink gehad het, het hulle besluit om maar met die Jan Kempdorp= pad na Pampierstad te ry. Langs die pad het hulle toevallig op die bus afgekom langs die pad. Die passasiers was besig om weg te hardloop en van hulle het die motorkar probeer stop. Die motorkar wou eers nie stilhou nie maar toe hulle die derde en vyfde appellante sien het hulle stil= gehou. Die vyfde appellant het n vuurwapen in sy hand gehad en net gesê hulle moet omdraai en terugry, 'n fout

is /33
=33= is begaan en skade is berokken. Volgens hom het hy gevra waarom hulle moet omdraai en terug ry maar die derde en vyfde appellante het nie geantwoord nie. Laasgenoemde het egter later gesê dat die vyfde appellant 'n persoon geskiet het en dat dit gegaan het oor kleingeld.

Die eerste appellant het ook 'n verklaring wat ietwat verskil van sy getuienis aan 'n landdros op Bloemhof gemaak. Volgens hierdie verklaring het die vyfde appellant aan hom gesê dat daar 'n diamant is wat hy moet gaan haal en dat hy nie vervoer het nie. Eerste appellant het 'n motorkar geleen en hulle het toe na Christiana gery. By Christiana het hulle besluit dat die vyfde

appellant /34

= 34=

appellant met die bus sal ry. Sonder om name te noem, sê hy "ons" het na Molelema gery. Nadat hulle 5 km gery het, het hulle besluit om eers terug te ry na Pam= pierstad en dan na Molelema. Hulle het toe omgedraai. Hulle was bewus daarvan dat Mechanic (vyfde appellant) en George (derde appellant) met die bus gery het. Op pad het hulle mense gesien aangehardloop kom. Hulle het niks geweet nie en aangehou ry tot waar hulle vir George en Mechanic gekry het. Albei het in die motorkar geklim. Mechanic het gesê: "manne draai om en ry terug ek het skade gedoen."

Dit dan is die aard en strekking van die tersaaklike getuienis wat voor die verhoorhof gelê is.

Die /35
= 35 = Die verhoorhof het Gilbert se getuienis aanvaar. Volgens hom was daar geen sprake van kleingeld nie. Die vyfde appellant het aan die busdrywer gesê hy soek geld en het sy vuurwapen op hom gerig. Die busdrywer wou weet watter geld. Gilbert is deur Nona op hierdie punt gestaaf. Wat van uiterste belang in Gilbert se getuienis is, is dat hy gesien het dat die vyfde appellant in die kajuit ingaan en die busdrywer van vooraf raak skiet en die stuurwiel oorneem. Die foto's van die busdrywer se lyk toon dat die skoot hom aan sy regterkant voor getref het. Die busdrywer kon nie so 'n wond opge= doen het onder die omstandighede wat deur die vyfde en derde appellante beskryf is nie. Nona staaf ook

vir /36

= 36=
vir Gilbert dat die vyfde appellant in die kajuit was. Die beste stawing van Gilbert se getuienis dat hy gesien het dat die vyfde appellant die blou sak waarin die geld was hanteer in die kajuit, is vanselfsprekend feit dat die blou sak,watnormaalweg in die kajuit gehou word, na die gebeure buitekant die kajuit langs die bus gevind is. Mnr Geldenhuys namens die appellante was gedurende sy betoog genoodsaak om toe te gee dat onder al die omstandig= hede wat daar geheers het, die vyfde appellant die enigste moontlike persoon is wat die blou sak uit die kajuit kon geneem het. Gilbert het getuig dat hy gesien het dat vyfde appellant iets uit die blou sak neem en in sy sak sit. Die feit dat daar meer geld op die toneel was as wat volgens

die /37
= 37 = die vragbrief daar moes gewees het,bewys eintlik niks nie. Dit is nie duidelik wanneer die vragbrief opgeskryf word nie of wat die posisie met die busdrywer se eie geld was nie. 'n Mens weet ook nie wat die vyfde appellant verhinder het om meer geld te neem nie. Volgens beide Gilbert en Nona het die derde appellant ook vir die bus= drywer gesê om aan die vyfde appellant geld te gee.

Die vyfde en die derde appellante se getuienis oor die hele aangeleentheid van die kleingeld is teenstrydig en onbevredigend. Dit is heeltemal onwaarskynlik dat die vyfde appellant R20 aan die busdrywer sou oorhandig sonder om te vra wat die buskaartjies kos of sonder om reëlings te tref t o v sy kleingeld as hy nie sy kleingeld

kry /38

= 38=
kry nie. Trouens, as die bedrag kleingeld wat op die betrokke oomblik uitgekeer moes word te veel was,het hy ten minste 'n R10 noot gehad om aan te bied in stede van die R20 noot. Die derde appellant sê dat die vyfde appellant 'n R10 in sy hand gehad het. Die vyfde appellant erken dit maar sê dat hy gedink het dat dit te min mag wees en dat hy toe h R20 uitgehaal het. As hy nie vir die busdrywer gevra het wat die buskaartjies kos nie, kon hy dit op die buskaartjie self gesien het. Die kaartjie het Rl,10 gekos en dit is onwaarskynlik dat hy sou gedink het dat R10 te min mag wees. Hy het klaarblyklik in sy getuienis n bedrag van R20 in die saak bygehaal 'n sterker rede te skep waarom hy so ontsteld sou wees

oor /39

=39=
oor sy sogenaamde kleingeld. Wat opvallend is, is dat die vyfde appellant nie eers geweet het watter kleingeld hy moes kry nie en dat die derde en vyfde appellante nie aan die ander appellante in die motorkar by die eerste geleentheid vertel het dat die busdrywer nie aan die vyfde appellant sy kleingeld wou gee nie. Die derde en vyfde appellante het ook nie langs mekaar in die bus gesit nie. Daar kan geen onskuldige rede voor wees nie. Dit strook beslis nie met hulle getuienis dat die vyfde appellant die derde appellant kort van te vore oorgehaal het om saam met hom die skynbaar maklik bekombare diamante te gaan kry nie. 'n Mens sou verwag dat die derde appellant heelwat daaroor sou wou weet en dat hulle twee net om daardie

rede /40
=40 =
rede langs mekaar in die bus sou sit. Bloot die feit
dat hulle nie langs mekaar gesit het nie toon dat daar
geen diamante—plan was nie. Die getuienis daar=
oor is teenstrydig en vaag. Dit wissel van 'n diamant
gaan haal, diamante kry met behulp van 'n sekere Samuel
by 'n onbekende persoon by 'n onbekende plek, twee diamante
koop en die moontlikheid dat derde appellant 'n derde dia=
mant sal kan kry. sonder geld en slegs deur sy eie reëlings
te tref. Dan is daar ook 'n verdere aspek dat daar 'n
risiko aan verbonde sou wees wat dit vir die vyfde
appellant nodig gemaak het om 'n vuurwapen saam te neem.
Saam met die diamante-plan was daar die besoek

aan die familie op Pampierstad, beide waarvan daar niks van

gekom /41
= 41 = gekom het nie. Indien daar inderdaad 'n twis oor kleingeld

was en dit die oorsaak van die moeilikhede op die bus
was,is dit moeilik om te begryp waarom die eerste appellant
wat die motorkar geleen het, bygedra het tot die brandstof
en tweede en derde appellante saam geneem het om familie
op Pampierstad te besoek, die opdrag van die vyfde appel=

lant om terug te draai so gelate aanvaar het sonder om

eers volle besonderhede van die oorsaak van die skielike

besluit van die vyfde appellant te verneem. Die versuim

om navraag te doen dui daarop dat die verskyning van die

motorkar op die kritieke oomblik om die derde en vyfde

apcellante /42
=42= appellante van die toneel te verwyder nie so toevallig was as wat voorgestel word nie. Trouens, die verskyning van die motorkar net na die bus stilgehou het, volg op gebeure wat net so eienaardig toevallig was.

Die verhoorhof was ten volle geregtig om die getuienis van die derde en vyfde appellante as vals te verwerp en te bevind dat hulle op die bus was om die busdrywer met 'n vuurwapen van geld te beroof. Indien hierdie bevinding korrek is dan is dit duidelik dat die motorkar daar was om hulle te help ontsnap na die roof gepleeg is.

Die /43
= 43 = Die reëlings om na Christiana te gaan is met die eerste appellant getref en hy het die motorkar verskaf vir die nodige vervoer. Hy was dus direk betrokke by die beplande roof. Daar is niks in die getuienis wat die tweede en vierde appellante direk of selfs indirek met die pleeg van die roof verbind nie. Al getuienis wat daar is,is dat hulle familie van die eerste appellant is en dat hy hulle gevra het om saam te gaan om familie op Pampierstad te besoek. Afgesien van die feit dat hulle in die motorkar was toe die nodige gedoen is om die derde en vyfde appellante so gou moontlik van die toneel van die beplande roof weg te kry, is daar geen getuienis van wat hulle twee ten opsigte van die roof

moes /44

= 44 = moes of sou doen nie. Mnr Malan namens die Staar het gevoiglik tereg tegegee dat hulle twee nie deur die verhoorhof skuldig bevind moes gewees het nie.Mnr

te bevind dat die twis in die bus nie oor kleingeld

was nie en van die redes van die verhoorhof gekritiseer.

Ek is egter nie deur hom oorreed dat die bevinding verkeerd

was nie.

Mnr Geldenhuys het toegegee, na my mening tereg,

dat die vyfde appellant, op sy eie weergawe, die nodige

opset by moontlikheidsbewussyn gehad het en dat hy gevolglik

korrek skuldig bevind is aan moord. Volgens die vyfde

appellant het hy die derde skoot in dis rigting van die oorledene
gevuur om hom skrik te maak en om hom te oorreed om die geld te

oorhandig. Voordat hy die skoor gevuur het, het hy gesier.

dat/....

45.

dat die oorledene vorentoe en agtertoe in sy sitplek beweeg. Hy het die derde skoot after die rug van die oorledene verby gemik terwyl laasgenoemde besig was om vorentoe te beweeg. Die vyfde appellant was op daardie stadium ongeveer een meter vanaf die oorledene, en dit op 'n bewegende bus. Op sy eie getuienis het hy die moontlikheid voorsien dat hy die oorledene kon dood en het hy onverskillig daaromtrent die derde skoot

gevuur.

Ek is van mening dat die getuienis onvoldoende is om

'n bevinding te regverdig dat die vyfde appellant, voor hy die

derde skoot gevuur het, voor om die afskorting gegaan en die

oorledene toe tromp-op van voor geskied het. Dat die vyfce

appellant op 'n stadium wel voor in die bestuurder se kajuit

was, is duidelik. Dit is egcer nie so duidelik dat hy daar

was/...

46.

was toe hy die derde skoot gevuur het nie. Daar is geen getuienis hoegenaamd oor die betekenis van die kruitmerke om die ingangswond nie en daasonder is geen afleiding daarvan geregverdig nie. Ek dink ook dat dit gevaariik is om van die posisies van die ingangs- en uitgangswonde af te lei waar die vyfde appellant gestaan het toe hy die derde skoot gevuur het. 'n Bevinding dat die vyfde appellant die oorledene met

die direkte opsek om te dood, geskiet het, is gevolglik nie geregverdig nie.

Oie argument dat die verhoorhof gefouteer het deur
nie versagtsnde omstandighede ta bevind nie was ook ge =
baseer op 'n veronderstalling dat daar 'n volgehoue weier=
ing aan die kant van dis busdrywer vas om aan die vytde

appellant sy kleingeld te gee en dat daar geen vooraf

beplanning/...

4

beplanning was om hom dood te maak nie. Met die bevind=

ing dar daar 'n beplande roof was en dat die busdrywer doodgeskied is tydens die pleeg van die roof onder die omstandighede waarna hierbo verwys word bestaan daar geen gronde vir inmenging met die bevinding van die- verhoorhof

nie.

Wat die vonnisse ten opsigte van die poging tot roof betref kon mnr Geldsnhuys nie aantoon dat die verhoodregter

enigsins misgetas het nie of dat hy 'n vonnis opgelê het wat geen hof redelikerwys kon opgelê het nie.

Die slotsom gevolglik is dat die appèl, (a) van die vyfde appellant teen sy skuldigbevinding aan moord op aanklag 1 en die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is nie,

van /48

= 48 =
van die hand gewys word; (b) van die tweede en vierde
appellante teen hulle skuldigbevindings . aan poging tot
roof en vonnisse op aanklag 2 slaag; en (c) van die
eerste, derde en vyfde appellante teen hulle skuldigbevindings
en vonnisse aan poging tot roof op aanklag 2 van die hand
gewys word.

Waarnemende Appêlregter

HOEXTER, AR )
stem saam VIVIEB, AR )


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/69.html