SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 61

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Sehloho (290/87) [1988] ZASCA 61 (26 May 1988)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


290/87

IN DIE HOOGGEREGSIIOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
JOSEPH SEHLOHO Appèlant

en DIE STAAT Respondent
CORAM: GROSSKOPF, STEYN, ARR et VILJOEN, Wn AR
VERHOOR: 20 Mei 1968
GELEWER: 26 Mei 1988

U I T S R R A_A_K GROSSKOPF, AR

Dic appèllant is in dio Oranjo-Vrystaatso Provin-siale Afdeling skuldig bevind aan moord mot versagtende om-

standighede

2 standighede en gcvonnis tot vyftien jaar gcvangcnisstraf. Met die nodigg verlof kom hy nou in hoër beroep teen sy von-nis.
Die feite is soos volg. Die appeliant is 'n 38 jarige huurmotorbestuurder. Hy het geen relevante vorige veroordelings nie. Gedurende 1984 is hy en die oorledene wettig getroud. Sy was toe ong veer 25 jaar oud. Teen die middcl van 1985 het sy hom verlaat en by haar ouers gaan woon. Die appellant was ongelukkig hieromtrent on het ver-skeie pogings aangewend om 'n versoening te bewerkstellig, maar sonder sukses. Hulle het geen kinders gehad nie, en die appellant was onder die indruk dat hy steriel was.

Voor haar huwelik het die oorledenc 'n verhoudjng

gehad
3 gehad met ene Walter Mpolongoane. Gedurende die tyd wat sy hom verlaat het, het die appellant gerugte gehoor dat sy weer haar verhouding met Walter hervat het. Dit hot sy jaloesie aangewakker.
Op die aand van 16 Novomber 1985 het Walter by 'n smokkelhuis langs die woning van die appellant se ouers ge-drink. Toe hy wou huis toe gaan het hy die oorledene by haar ouerhuis gesien, en hulle het oor die grensheining go-sels.
Die appellant het ook daardie aand gedrink. Later het hy ook opgedaag by die woning van sy skoonouers waar die oorledene en Waltor gesels het. Waarskynlik het hy vir die oorlodeno kom bosoek. Die appèllant het gosê dat hy met die

oorledene
4 oorledene wou praat, en Walter het opsygestaan. Die ap-pellant en die oorledene het langs mekaar weggestap en ge-praat. Na 'n rukkie het die oorledene geskree: "Walter, Walter, kom help my, ek gaan dood." Hulle was toe ongeveer 150 treë ver weg en nog binne Walter se sig. Walter het nader gehardloop on gesien dat die appellant besig was om die oorledene met 'n mes te steek. Hy het die appellant met klip-pe gegooi en hom verwilder. Die oorledene het in Walter se arms neergesak en is vermoedelik kort daarna dood. Hy het haar daar neergeplaas en hulp gaan soek. Sy het agt stook-wonde gehad, waarvan twee tot in die borskasholte en die long-weefsel gestrek hot. Een van hulle hot die linker hoofslag-oar van die long beseer. Dit was waarrskynlik die noodlottiqe

wond

5 wond hierdie. Sommige van die wonde sou 'n redelike mate van geweld geverg het terwyl ander met minder geweld toege-dien kon gewees het.
As vorsagtende omstandighede het die hof" a quo aangemerk die jaloesie wat die appellant teenoor Walter ge-koester het, welke jaloesie waarskynlik vererger was deur die feit dat hy gemeen het dat hy self steriel was; sy huweliksprobleme en pogings om sy vrou terug te kry; en die feit dat die moord 'n onbeplande een was. Twee faktore wat die hof nie in ag geneem het as versagtende omstandighede nie was die appellant se drankinname en di c feit (soos deur die hof bevind in sy uitspraak op skuldigbovinding) dat die moord gepleeg is met dolus eventualis as opsetvorm.

By

6 By strafoplegging het die verhoorregter in die ap-pellant se guns die faktore in ag geneem wat reeds as versag-tende omstandighede aangemerk is. Die appellant is as 'n eerste oortreder behandel. Die hor het egter bevind dat daar ook verswarends omstandighede was. Die appellant het, so is bevind, 'n genadelose, volgehoue, gewelddadige aanval op die oorledene geloods. Sy was niksvermoedend, on so was Walter. Daarbenewens het die hof verwys na die gesindheid waarmee die appellant die oorledene van Walter weggelok het, maar hierop kom ek later terug. Die hof het daarop klem gelê dat 'n vrou haar man moet kan verlaat sonder om in lewens-grvaar te verkeer. Die appellant, se die hof, het geen berou getoon nie, maar inderdaad by die verhoor volhard in 'n valse

alibi

7 alibi. Die hof was van moning dat dit 'n grensgeval was, en dat die versagtende omstandighede baie gering was. 'n Vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf is gevolglik opgelê.
Mnr Van Rooyen, wat namens die appellant opgetree het, het betoog dat die hof verskeie mistastings begaan het ten opsigte van vonnisoplegging. Ten eerste het hy betoog dat die hof gefouteer het deur nie te bevind dat die appellant se drankgebruik op die betrokke dag onder die omstandighede van die saak versagtend ingewerk het nie. Die getuienis hieromtrent was die volgende. Die appellant het getuig dat hy op die betrokke Saterdag gewerk het tot twee- uur. Daar-na het hy 'n paar take verrig, en toe na sy broer en skoon-suster gegaan. Daar het hy 'n kwart bottel brandewyn en een

of
8 of twee kwarte bier" gedrink. Hy is toe na ene Meshack. Daar het hy en Meshack saam ses kwarte bier gedrink in go-lyke hoeveelhede, d.w.s., drie kwarte elk. Hy is daar weg, volgens hom ná tienuur die aand. Meshack stel dit heelwat vroeër, naamlik tussen nege- en tienuur. Volgens Walter het die appeliant tussen nege- en tienuur by sy skoonouers se huis aangekom, wat ongeveer 'n halfuur se loop van Meshack se huis af is. Die oorledene se vader stol dit nog vroeër. Ek moet egter byvoeg dat al hierdie getuies taamlik onseker was oor die tyd. Al wat 'n mens met redelike sekerheid kan se is dat die drinkery 'n ruk na twee-uur begin het en ten laaste tussen tien- en elfuur, maar waarskynlik vroeër, op-gehou het. Oor die hoeveelheid drank wat die appellant in-

geneem
9 geneem het, het die verhoorhof die appellant se onbetwiste getuienis aanvnar.
Die staatgetuies Meshack en Walter het nie tekens van dronkenskap by die appellant waargeneem nie. Die ap-pellant se eie getuienis was soos volg. In hoofverhoor in sy getuienis op die meriete het hy gesê dat die drank wat hy by sy skoonsuster gedrink het, veroorsaak het dat hy "net matig gedrink" was. Toe hy weg is van Meshack, sê hy: "Ek was maar net matig gedrink, ek was nie baie aangetas nie, maar ek het honger gevoel." In getuienis ter versagting het hy effens hierop uitgebrei. Hy sê dat deur sy vorige ge-tuiends "het ek bedoel dat die drank my dronk gemaak hot, want ek was ook honger ... my kop het gedraai ... maar ek het

ook
10

ook nie geslinger nie".

Die hof a quo se bevinding dat die appellant se

drankinname nie as versagtonde omstandigheid aangemerk kon
word nie, is soos volg gemotivoer:

"Die Staat se getuienis is dat die beskuldigde hoe-genaamd nie enigsins deur drank aangetas was nie. Hy het wel vroeër die middag by sy suster gedrink, en die getuienis het ons nie verwerp in ons uit-spraak op die meriete nie, en hy het later aan ge-drink by Meshack. Die drank wat hy gedrink hot, naamlik 'n kwark bottel brandewyn by sy suster en een of twee 'quarts' bier en later dan drie 'quarts' bier by Meshack, is oor so 'n lang tyd, dit wil sê vanaf die vroeë middag tot die laat aand, gedrink dat dit sy gemoed hoegenaamd nie kon beïnvloed het nie. Trouens, op die meriete het die beskuldigde by herhaling gesê dat die drank hom nie geaffekteer hot nie.
Die boskuldigde is 'n gesette sterk man wat ge-woond is om te drink, wat soggens hardloop vir oefening, wat agt en dertig jaar oud is, en daar-
die

11

die drank kón hom oor die lang tydperk waartydens dit gedrink is, onmoontlik sodanig beïnvloed het dat dit sy geestelike vermoëns sodanig geraak het dat daar gese kan word dat sy wandaad met minder verwyt bejeen moet word as wat dit bejeen sou ge-wees het indien dit dour 'n volkome nugter man ge-pleeg was.
Bowendien het die beskuldigde, nadat hy Meshack se huis verlaat het, 'n afstand afgele wat op 'n vinnigo pas minstcns dertig minute sou geneem het om van Meshack se huis tot by die huis te kom waar hy die oorledene ontmoet het. Al het die drank wat hy stadig die hele middag gedrink het en stadig saam met Meshack gedrink het, "n geringe invloed op hom gehad, dan sou dit mot daardic wandeling seer sekerlik aansienlik afgeneem het, indien dit nie heeltemal verdwyn het nie.
Die beskuldigde se optrede voor, tydens en na die moord dui ook onteenseglik daarop dat drank geen rol hoegenaamd by die pleging daarvan gespeel het nie. Hy wou dieoorledene weggehad het waar sy gestaan en gesels het met Waltor. Hy het haar heel vriendelik en normaal gevra om hom te vergesel aan-gesien hy met haar wil praat, wat sy qedoen het. Hy het haar toe aangeval, haar by herhaling wroed

gesteek

12
gesteek, hom nie laat keer deur die feit dat sy geskree het, en hy is eers gekeer deur die klippe wat Walter na hom gegooi het. En toe Walter vir hom sê: 'Ek ken vir jou, jy is Schloho', het hy baie goed geweet waaroor dit gaan en hom vinnig uit die voete gemaak sonder om daaroor te stry of eers enigiets aan Walter te sê, of na Walter toe om te draai. Hy het geweet hy is herken deur die enigste ooggetuie van hierdie moord, en hy het hom vinnig uit die voete gemaak met die bedoeling dat daardie ooggetuie nie nog 'n beter kans sal kry om 'n tweede keer na hom te kyk nie.
Dit alles is nie die optrede van iemand wat onig-sins deur drank aangetas is nie. Vir die redes so pas genoem, vorwerp ons die betoog dat drank so-danig 'n rol gespeel het dat dit as versagtende omstandigheid in aanmerking geneem kan word."
Dit is duidelik uit al die getuienis, insluitende

die appellant s'n, dat die appellant nie slingerdronk was nie
en dit is dus nie vroemd dat die staatsgetuies geen opsigte-

like tekens van dronkenskap opgemerk het nie. Dit is egter

verkeerd
13 verkeerd om to sê dat die appellant by herhaling gesê het dat die drank hom nie geaffokteer het nie. Ek het sy ge-tuienis hierbo aangehaal, en die algemene strekking daarvan was dat hy wel matig deur die drank gealfekteer was. Klaar-blyklik was sy graad van dronkenskap nie sodanig dat hy nie in staat was om die eenvoudig handelinge van die moord en wat dit voorafgegaan het, te verrig of te begryp nie. Dit be-teken egter nie dat hy glad nie deur die drank aangetas was nie. Ons het hier te doen met 'n misdaad, waarskynlik uit jaloesie gebore, wat in die hitte van die oomblik gepleeg is ('n aspek waarop ek later weer terugkom). Dit is juis die soort geval waar selfs 'n matige hoeveelheid drank 'n wesent-like vermindering van 'n mens so selfbeheersing of oordeels-

vermoë
14 vermoë kan veroorsaak. En daar is niks in die getuienis om aan te toon dat die hoeveelhoid drank wat die appellant ingeneem het, nie sodanige uitwerking kon gehad het nie. In besonder was daar geen deskundige getuienis om die verhoor-hof se afleidings ten opsigte van die appellant se liggaamsbou, krag, toleransie vir alkohol, ouderdom, die tydperk wat ver-stryk het en die afstand wat die appellant geloop het, te regverdig nie. Dit is nie aangeleenthode hierdie waarvan 'n hof, behalwe in baie duidelike gevalle, regterlike kennis kan neem nie. As 'n mens na mediese handboeke kyk, wil dit voorkom dat deskundige getuienis moontlik sou aangetoon het dat sommige van die verhoorhof se beskouinge inderdaad ver-keerd was. So blyk dit dat oefening nio dio uitskeiding

van

15 van alkohol wesentlik versnel nie. Sien Gordon, Turner en Price, Medical Jurisprudence, 3 de uitg., bl. 768-9. Die afstand wat die appellant van Meshack na sy skoonouers se woning geloop het, blyk dus nie 'n relevante faktor te wees nie. En wat die appellant se toleransie betref, is dit blyk-baar 'n baie wispelturige caktor. Gemelde skrywers sê, op bl. 773: "Tolerance to alcohol varies in the same person from time to time and also varios in different persons". Hierdie feit is trouens so welbekend dat 'n hof moontlik reg-terlike kennis daarvan kan neem.
Om op te som: daar was geen deskundige getuienis om aan te toon dat die appellant se drankinname nie 'n invloed op sy gemoedstoestand kon gehad het toe hy die moord gepleeg

het

16 het nie. As 'n mens in ag noem dat hy wel heelwat gedrink het, dat hy self getuig dat hy tot 'n mate aangetas was, en dat die misdaad blykbaar in 'n emosionele uitbarsting plaas-gevind het (waarop ek later terugkeer), is dit myns insiens waarskynlik dat sy selfbeheersing en oordeelsvermoë wel deur die drank verminder was. Die aard van die misdaad spreek myns insiens nie hierteen, soos bevind deur die hof nie, maar is myns insiens eerder stawend hiervan. Die appellant pleeg die misdaad binne sigafstand van Walter, wat 'n paar minute vantevore gesien het hoe hy die oorledene nader en met haar wegloop. As die appellant heeltemal nugter en by sy volle positiewe was moes hy tog geweet het dat Walter hom later sou kon uitken. Aa hy Walter se skree nodig gehad het om dit by

hom

17 hom tuis te bring, soos die hof a guo bevind het, is dit vir my 'n aanduiding van 'n benewelde verstand eerder as 'n nugter een.
Weens al hierdie redes meen ek dat die hof a quo gefouteer het deur te bevind dat drank nie 'n rol by die mis-daad gespeel het nie, en behoort die hof die appellant se toestand van redelike dronkenskap onder die omstandighede as 'n versagtende omstandigheid aan te gemerk het.
Die tweede mistasting gaan oor die appellant se gemoedstoestand toe hy die oorledene die aand genader het. In die hof a guo se uitspraak met betrekking tot vorsagtende omstandighede word die volgende bevinding gemaak:

"Die moord wat die beskuldigde gepleeg hot was na

alle
18
alle waarskynlikheid 'n onbeplande een. Dit kan nie bevind word dab die beskuldigde na sy skoon-ouerhuis gegaan het met die bedoeling om die oor-ledene daar te kry en haar dan dood te steek nie. Oie waarskynlikheid bestaan ook dat hy daar ge-gaan het om met haar te gesels en dat hy eers op die ingewing van die oomblik en nadat hy vir haar daar by Walter weggeneem het, gesteek het. En gevolglik kan daar op die waarskynlikhede bevind word dat die moord wat die beskuldigde gepleeg het, op die ingewing van die oomblik gepleeg is en nie 'n beplande moord was nie."
Hierdie baie duidelike bevinding word myns insiens

ten volle deur die getuienis en die waarskynlikhede geregver-
dig. Desnieteenstaande sê die verhoorregter tydens vonnis-
oplegging, met verwysing na die feit dat nóg die oorledene
nóg Walter moeilikheid verwag het, die volgende:

"As jy enigsins die aanduiding gcgcc hct dat jy kwaad is of dat jy veglustig is, of dat jy haar

leed

19
leed wou aandoen, dan sou sy nooit die erf verlaat het nie en Malter sou heel anders opgetree het. Jy het haar dus daar weggelok terwyl jy op daardie stadium alreeds bose gedagtes gekoester het,want dit is binne die bestek van 'n paar tientalle treë wat jy daartoe oorgegaan hee om haar te steek." (onderstreping aangebring).

Die onderstreepte woorde is duidelik beenstrydig met die hof se bevinding, hierbo aangehaal, met betrekking tot versagtende omstandighede. In hierdie opsig het die ver-hoorhof dus myns insiens 'n verkeerde benadering by vonnisop-legging gevolg.
Dan is daar betoog dat die verhoorhof gefouteer het om nie die bewese opseb van dolus eventualis, of, meer korrek, die afwesigheid van dolus directus, as 'n versagtende omatandigheid te beskou nie. Ek is nie oortuig dat hierdie

betoog
20 betoog korrek is nie. Dolus eventualis is 'n elastiese be-grip - aan die een uiterste kan dit grens aan nalatigheid, veral culpa lata, en aan die ander kant aan dolus directus. Sien S. v. Mienies 1978(4) SA 560 (A) op bl. 562 A. Of die afwesigheid van dolus directus as 'n versagtende omstan-digheid beskou kan word, hang af van al die omstandighede, insluitende die graad van voorsienbaarheid dat die dood mag intree, d.w.s., die subjektiewe boskouing van die dader toe hy die handeling begaan hct, of hy die moontlikheid as 'n vae
of sterk moontlikheid beskou het (S v. Dladla en Andere
1980(1) SA 1 (A) op bl. 3 F-H). Hierdie beskouing moet na-tuurlik in 'n geval soos die huidige van die omstandighede af-gelei word. Selfs al sou 'n mens egter alles moontlik in die

appellant
21 appellant se guns in ag neem, meen ek dat die hof geregtig was om af te lei dat hy besef heb dat sy aanranding feitlik noodwendig tot dic oorledcne se dood sou lei, en dat hy on-verskillig daarteenoor gestaan het. En myns insiens was die hof geregtig om te bevind dat, onder die omstandighede van hierdie saak, so 'n gesindheid aan die kant van die ap-pellant nie as n onafhanklike grond van versagting aangemerk behoort te word nie.
Weens die mistastings waarna ek hierbo verwys het is hierdie hof geregtig om in te gryp en sy eie vonnis te substitueer vir dié van die verhoorhof. Dit is nie vir my nodig om al die feite wat vir vonnisoplegging ter sake is, weer te herhaal nie. Hulle word hierbo uiteengesit. As

ek
22

ek al die versagtende omstandighede, sowel dié deur die ver-hoorhof bevind en dié wat ek meen hy behoort te bevind het, opweeg teen die verswarende omstandighede meen ek dat 'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf gepas sou wees.
Die appèl word gehandhaaf. Die vonnis word ter syde gestel en vervang met tien jaar gevangenisstraf.

E M GROSSKOPF, AR

STEYN, AR ) VILJOEN, WN AR)Stem saam


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/61.html