![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGGERGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELlNG
In die saak tussen
ADRIAAN CLEOPHAS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : HEFER, STEYN,ARR et VILJOEN Wrn AR.
AANGEHOOR :16 MEI 1988.
GELEWER : 21 MEI 1988.
UITSPRAAK
HEFER AR :
Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind
aan openbare geweld en gevonnis tot vyf jaar gevangenis-
straf waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort is. Sy
appèl 2
2.
appèl is slegs teen die vonnis gemik.
Volgens die aanvaarde getuienis het 'n aantal
polisiemanne die dag waarop die misdaad gepleeg is, patrol-
liewerk met 'n polisiemotor gedoen in die Belville-suid ge-
bied. Hulle het op 'n skare jeugdiges afgekom wat klippe
in hulle hande gehad het. Die appellant was een van hulle
en klaarblyklik
een van hulle leiers. Hy het 'n klip na
die voertuig gegooi waarop ander
jeugdiges sy voorbeeld ge-
volg het. Slegs die klip wat deur appellant gegooi
is,
het die motor getref en geringe skade aan die enjinkap
aangerig. Twee
van die polisiemanne het uitgespring en
twee traanrookgranate na die skare
gegooi. Dit was genoeg
om die oproeriges op die vlug te laat slaan. Die ap-
pellant is kort daarna weer in die omgewing opgemerk en
ge-
arresteer 3
3. arresteer.
Appellant was tydens die voorval 'n 20 jarige student in sy
eerste jaar aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Tydens die verhoor
het sy
vader egter gesterf met die gevolg dat hy verplig was om sy studies te staak en
werk te gaan soek ten einde sy moeder en familie
te onderhou. Hy was 'n eerste
oortreder.
In hierdie hof is namens appellant aangevoer dat die
verhoorlanddros verskeie mistastings begaan het in sy uitspraak op vonnis. Ek
is
nie van voorneme om die betoog volledig te bespreek nie aangesien, soos ek
aanstons sal aantoon, die opgelegde vonnis in elk geval
nie instand ge-hou kan
word nie.
Die verhoorlanddros het die vraag na 'n gepaste
vonnis 4
4.
vonnis aan die hand van vier faktore benader. Die eerste
was die feit dat
die appellant 'n jeugdige eerste oortreder
was, die tweede dat hy aangebied
het om die skade wat hy
aangerig het te vergoed; die derde was die erns van
die
misdaad en die vierde die belange van die gemeenskap. Wat
die eerste
betref het die landdros opgemerk :
"In u geval gaan die hof die klem baie sterk laat val op die feit dat u jonk is en dat u gelukkig genoeg tot op hierdie stadium nog 'n skoon blaadjie in die lewe gehad het. "
Wat die tweede faktor betref, het hy opgemerk :
"'n Ander baie belangrike faktor wat mnr Mar-low aansny is Hiemstra se houding (en die Hof verstout hom om te sê ook die van die Howe) dat die aanbod om vergoeding as straf-
versagtend gehanteer behoort te word. So 'n aanbod gaan dikwels ook hand aan hand met 'n gevoel van skuld, 'n gevoel van jammerte en spyt oor wat gedoen is."
Ten 5
5.
Ten opsigte van.die erns van die misdaad is die volgende
genotuleer:
"Die Hof kom tot die gevolgtrekking dat,waar ernstig 'n relatiewe term is, die misdaad wat u gepleeg het, potensieël ernstig was. Die Hof het begrip vir mnr Marlow se stel-ling dat wanneer 'n mens kyk na die leer van ernstige misdade en voorvalle en insidente, hierdie nie 'n besondere ernstige een was nie. Die Hof gaan die klem met betrekking tot die erns van die misdaad op hierdie ge-volgtrekking laat val."
Waarom die misdaad as "potensieel ernstig" beskou is,
blyk uit die volgende passasie:
"Die stelling is gemaak dat lewens nie juis in gevaar was nie. Die Hof vind dit moei-lik om die Hof se denke met hierdie stelling te vereenselwig. Wanneer enkele persone in 'n voertuig in 'n straat is waar 'n groep van tussen twintig en veertig persone is en daar-die groep optree soos ander mense normaalweg ten opsigte van 'n giftige slang optree, word 'n potensiële plofbare situasie geskep. Om
sonder 6
6.
sonder meer tot die gevolgtrekking te ge-raak dat daar nie lewensgevaar is nie, is om kort te val met betrekking tot die werk-likhede van die situasie. Die Hof gaan hom nie blindstaar teen die potensiële gevaar waarin die polisie-beamptes was nie. Vanweë hulle optrede, onder andere, het dit geluk-kig sover dit menselewens en gesondheid aan-betref, potensieël gebly.
Dit is dan ook uitsluitlik (as die Hof die getuienis reg verstaan) vanweë die poli-sie-optrede alleen dat die voorval beëindig is sonder dat dit in 'n treurspel ontaard het. Na die oordeel van die Hof sal die Hof ver-keerd wees as die Hof hierdie voorval heelte-mal in isolasie beskou. Die Hof behoort na die oordeel daarvan, dit teen die agtergrond te sien van heersende landsomstandighede.
Dit is nou eenmaal so dat 'n vuurhoutjie wat getrek word, opsigself seker nie gevaar-lik is nie, maar wanneer dit by 'n kruitvat gebring word, verander die omstandighede dramaties."
Wat die belange van die gemeenskap betref, is opgemerk:
"In die finale fase van vonnisoorweging
bly 7
7.
bly die Hof steeds gedagtig daaraan dat dit tradisioneel die houding van die Howe is om gemeenskapsbelange nie so skerp in fokus te draai nie en dat die belange van die beskul-digde baie sterk op die voorgrond moet tree. Die Hof trag om presies dit te doen."
Met geeneen van hierdie opmerkings is enigsins
fout te vind nie. Word die verhoorlanddros se slotop-
merkings daaraan
toegevoeg, word die leemte in die uit-
spraak egter geopenbaar. Dit lui soos
volg:
"Die Hof het baie ernstig nagedink oor die gevolge wat effektiewe gevangenisstraf vir u sal hê. Dit is duidelik uit wat u in getuienis aan die Hof voorgehou het dat direkte gevangenisstraf nie net vir u nie, maar ook veral vir u gesin waarvan u nou
broodwinner is, sal tref .
Nadat die Hof na die oordeel van die Hof niks buite rekening gelaat het nie, meen die Hof dat die volgende 'n gepaste
straf is
Die vonnis is een van VYF (5) JAAR
GEVANGENISSTRAF...8
8.
GEVANGENISSTRAF. Na 'n rype beraad skort die Hof daarvan twee en 'n half jaar gevangenis-straf vir vyf jaar op. Die voorwaarde is---
Wat dadelik opval is dat geen werklike redes ver-strek is vir die besluit om die appellant vir 'n aansien-like tyd na die gevangenis te stuur nie. Vroeër in die uitspraak is te kenne gegee dat dit 'n geval is waarin sterk klem gelê moet word op die beskuldigde se jeugdig-heid en op die feit dat hy 'n eerste oortreder is, en waarin sy belange voorrang moet geniet bo dié van die gemeenskap. Dit was die verhoorhof se eie beskouing net soos wat dit die hof se eie beskouing was dat die aanbod om die aangerigte skade te vergoed (waaraan gevolg gegee is in die opskortingsvoorwaardes) 'n "baie belangrike
faktor" 9
9. faktor" is. En dit was ook die verhoorhof se eie be-skouing dat die misdaad slegs "potensieël ernstig" was en geen werklike ernstige gevolge gehad het nie. Waar-om nogtans besluit is om die appellant enigsins na die gevangenis te stuur, word nie in die uitspraak vermeld nie. 'n Vonnis van 2 1/2 jaar effektiewe gevangenisstraf is boonop sekerlik nie 'n ligte een nie en vra 'n mens jou-self af waarom dit opgelê is nieteenstaande al die (vir die appellant) gunstige bevindings blyk die antwoord nie uit die aangevoerde redes nie. Die hof het nie te kenne gegee dat die erns van die misdaad so'n vonnis reg-verdig nie - trouens, die trant van die uitspraak is dat dit nié ás besonder ernstig beskou is nie. Daar is dus geen denkbare rede waarom dit opgelê is nie en die gevolg-
trekking 10
10.
trekking is onvermydelik dat die landdros sy diskresie by vonnisoplegging nie
redelik of behoorlik uitgeoefen het nie.
Waar dit derhalwe nou die taak van
hierdie hof is om 'n gepaste vonnis op te lê, kan die verhoorhof se
beskouing dat die misdaad
nie besonder ernstig was nie, nie buite rekening
gelaat word nie. Op basis daarvan en van die appellant se persoonlike
omstandighede
waarop ek dit nie nodig ag om uit te wei nie, meen ek dat hy die
keuse van 'n boete gelaat moet word maar dat 'n opgeskorte termyn
gevangenisstraf daáraan toegevoeg behoort te word.
Die appèl
word gehandhaaf tot die mate dat die opgelegde vonnis tersyde gestel word en
vervang word met die volgende:
"Die 11
11.
"Die beskuldigde word gevonnis tot 'n boete van R750 (betaalbaar voor of op 30 Junie 1988) of 1 jaar gevangenisstraf, plus 'n verdere 3 jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde
1. dat die beskuldigde 'n bedrag
van R50 by wyse van vergoeding voor of op 30 Junie 1988 aan die Suid-Afrikaanse Polisie te Bel-ville betaal (indien hy dit nie reeds betaal het nie) en
2. dat hy nie skuldig bevind word
aan openbare geweld of enige an-der misdaad wat geweld teenoor die persoon of goedere van 'n ander as element het en ten op-sigte waarvan hy gevonnis word tot minstens 12 maande gevange-nisstraf sonder die keuse van 'n
boete nie."
J J F HEFER AR. STEYN AR VILJOEN Wrn AR.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/53.html