![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
DAMON WILLEHSE EN ANDERE Appellante en
DIE STAAT Respondent
Saaknommer SS 2/87 cg
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPêLAFDELING)
In die saak tussen:
1. DAMON WILLEMSE (BESK. 1) 2. JAPIE SAMUELS (BESK. 2) 3. WILLEM LEWIS (BESK. 3) Appellante 4. ABRAHAM KOELMAN (BESK. 6) 5. CHARLIE BOLSOM (BESK. 8)
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: HEFER, SMALBERGER, et STEYN
ARR
VERHOOR: 15 Maart 1988
GELEWER: 13 Mei 1988
UITSPRAAK
STEYN, AR
2.
STEYN, AR
Op 5 Januarie 1987 het die vyf appellante en drle
mede-beskuldigdes, In die Kaapse Hooggeregshof voor Lategan, R en twee assessore
tereggestaan op vier aanklagtes wat almal betrekking het op misdade gepleeg op
dle plaas Koornlandsdrif in die distrik van Malmes=
bury op Saterdagnag, 28
Desember 1985. Hulle is almal jong Kleurling mans of seuns. Om verdere verwysing
na hulle te vergemaklik
sit ek hul besonderhede tábelge= wyse uiteen. Ek
gee eers die nommer van elkeen as be= skuldigde tydens die verhoor, dan elkeen
se naam, ouder= dom ten tyde van die verhoor, en nommer as appellant. Hul
mede-beskuldigdes word ook ingesluit. Beskuldigde no 1
: Damon Willemse, 25 :
Appellant no 1 Beskuldigde no 2 : Japie Samuels, 22 : Appellant no 2 Beskuldigde
no 3 : Willem Lewis, 21 :
Appellant no 3
Beskulidgde ...
3.
Beskuldigde no 4 : Jan Ceylon, 19
Beskuldigde no 5 : Ernest
Hendricks,± 19
Beskuldigde no 6 : Abraham Koelman, 21 : Appellant no
4
Beskuldigde no 7 : Frans Konstabel, 13
Beskuldigde no 8 : Charlie
Bolsom, 15 : Appellant no 5
Die eerste aanklag was huisbraak met die opset om
'n misdryf aan die aanklaer onbekend te pleeg deurdat hulle met daardie opset by
die woning van Mev Hester Anna Johanna Heydenrych ingebreek het.
Die tweede
aanklag was verkragting van die gemelde Mev Heydenrych.
Die derde aanklag was
roof met verswaren= de omstandighede deurdat hulle Mev Heydenrych van geld, 'n
polshorlosie, alkoholiese drank
en tabak beroof het.
Die vierde aanklag was een van moord op
Mev Heydenrych deurdat hulle haar wederregtelik en op= setlik gedood het deur haar te skop, te trap of andersins
aan
4.
aan te rand.
By die aanvang van die verhoor was daar
nege beskuldigdes. Voordat hulle
gevra is om te pleit het die Staat egter al die aanklagtes teen die negende
beskuldigde, Booi Adonis,
teruggetrek. Die oorblywende agt beskuldigdes het
daarna onskuldig geplelt. Hulle was deur pro deo advokate verdedig. Die
saak het toe voortgegaan teen die agt. Beskuldigdes 1 tot 6 en 8 is op
aanklagtes 1, 2 en 4 skuldig bevind
soos aangekla maar op aanklag 3 slegs aan
diefstal van die betrokke goed. Beskuldigde no 7 is op al die klagtes onskul=
dig bevind.
Die rede daarvcor is dat die hof bevind het dat hy op 28 Desember
1985 slegs 12 jaar oud was en dat in weerwil daarvan dat dit bo
redelike twyfel
bewys is dat hy aan al vier die misdade deelgeneem het dit nie ook bewys is dat
hy toe doli capax was nie.
Nie een van die oorblywende beskuldigdes
het na skuldigbevinding getuig ter bewys van versagtende
omstandighede ...
5. omstandighede nie. Na aanhoor van argumente en van die getuienis van Mev M
L Dearham, 'n proefbeampte van die Departement van Gesondheidsdienste
en Welsyn
in die
Administrasie van die Raad van Verteenwoordigers, wat deur die Staat
geroep is om te getuig m.b.t. beskuldig= des 3, 4 en 5, het die
hof egter bevind
dat daar t.a.v. die moord versagtende omstandighede was in die gevalle van
beskuldigdes 4, 5 en 8. Na aanhoor van
verdere ge= tuienis deur Mev Dearham
t.a.v. beskuldigdes 3 en 6 en die inhandiging van die verslag van 'n ander
proefbeampte, Mnr
Titus, aangaande beskuldigde no 8, is die beskuldigdes soos
volg gevonnis: beskuldigdes 1, 2, 3 en 6 klagte 1 (huisbraak) : 6 maande
gevangenisstraf klagte 2 (verkragting): die doodstraf klagte 3 (diefstal) : 6
maande gevangenisstraf
klagte 4 (moord) : die doodstraf.
beskuldigdes ...
6.
beskuldigdes 4 en 5
klagte 1 : 3 maande gevangehisstraf
klagte 2 : 10 jaar
gevangenisstraf
klagte 3 : 3 maande gevangenisstraf
klagte 4 : 10 jaar
gevangenisstraf
beskuldigde no 8
klagte 1 : 3 maande gevangenisstraf
klagte 2 : 5 jaar
gevangenisstraf
klagte 3 : 3 maande gevangenisstraf
klagte 4 : 5 jaar
gevangenisstraf
Geeneen van die vonnisse aan beskuldigdes 4, 5 en
8
opgelê is samelopend nie.
Met verlof van die geleerde
verhoorregter kom beskuldigdes 1, 2, 3 en 6 nou in hoër beroep teen hul
skuldigbevindings en vonnisse
en beskuldigde 8 teen die vonnisse aan hom
opgelê. Beskuldigdes 4 en 5 het nie aan= soek gedoen om verlof om te
appelleer nie.
Die deelname van beskuldigde no 6 word by die oorweging van die
meriete ook behandel weens die effek daarvan op sy strafwaardigheid.
Gerieflikheidsonthalwe sal ek in hierdie uitspraak na appellante en hul eertydse mede-beskuldigdes
bly
7. bly verwys as beskuldigdes met die nommers wat aan hulle as sulks
gedurende die verhoor toegeken was, en waar dienlik ook op hul
name noem.
Die
hieropvolgende uiteensetting is ge= grond op feite wat erken, onbetwis of nie
wesenlik in geskil is nie.
Koornlandsdrif is 'n geskiedkundige Bolandse plaas
geleë aan die wesoewer van die Bergrivier ongeveer 4 km van die dorpie
Hermon
af in die distrik van Malmesbury en die wyk Riebeeck-Wes. Die huidige
eienaar daarvan is 'n sekere Mnr Heydenrych wat dit sedert
1975 bewoon en
bewerk. Hy is bygestaan in die boerdery deur sy brcer, Albsrtus Petrus
Heydenrych (Albertus), wat ook sedert daardie
jaar daar woon. Gedurende ongeveer
1977 het hulle moeder, Mev Hester Anna Johanna Heydenrych, ook daar kom woon.
Die moeder en haar
twee seuns het elk 'n eie huis op die plaas bewoon.
Sy het die oorspronklike opstal betrek
en
8.
en alleen daarin gebly. Dlt is 'n ou T-vormige Kaaps-Hollandse
gewelhuis. Die staangewel bokant die voor= deur dra die datum 1841.
Aan die sy-
en agtervleuels
is wolwegewels. As mens by die voordeur staan en na die huis
kyk is die uitleg daarvan soos volg (sien plan, bewysstuk D). Die voordeur
gee
toegang direk tot die voorhuis (of sitkamer). Links daarvan, in die huis se
linkervleuel, is die kombuis en regs 'n slaapkamer
in die regtervleuel, met 'n
"kelderkamer" weer regs daarvan, wat net van buite bereik kan word. Deure gee
direk uit die voorhuis
toegang tot die kombuis en dié slaapkamer. In die
endmuur van die huis se linkervleuel onder die linkerkantste wolwegewel
is twee
klein venstertjies. Die een naaste aan die agterkant is die venster van die
spens wat in die linker agterhoek van die kombuisvertrek
ingebou is. Die ander
venstertjie, naaste aan die voor= kant van die huis, is die kombuisvenster.
(Hierdie venstertjie is gemerk
met die letter C op die plan,
bewysstuk
9. bewysstuk D en op foto's, bewysstuk C4 - van die blnne=
kant van die kombuis, en C10 - van die endmuur onderkant die linker wolwegewel).
Hierdie venstertjie is ongeveer 18 duim hoog en 15 duim breed en is redelik hoog
(onge= veer 5½ voet)bo die grond . 'n Deur
in die agtermuur van die
linkervleuel gee toegang uit die kombuis na die badkamer wat aan die buitekant
in die hoek van die linker-
en agtervleuels van die huis ingebou is. Reg oorkant
die voordeur in die agterste muur van die voor= huis is 'n deur wat direk uit
die voorhuis toegang ver= leen tot 'n slaapkamer in die huis se agtervleuel. Dit
was Mev Heydenrych se slaapkamer. Aan die agterkant
daarvan was 'n verdere kamer
wat as 'n pakkamer deur haar gebruik was. 'n Deur in hul gemeenskaplike
skeidings= muur het hierdie
twee kamers direk met mekaar verbind. Mev Heydenrych
se bed, wat al bed in haar slaapkamer was, het in die regter agterhoek van haar
kamer gestaan oorlangs teen die agtermuur met diekoppenent teen
die
10. die buitemuur d.w.s. skuins na regs oorkant die deur na die
voorhuis.
Dwars voor die ou opstal verby loop 'n openbare grondpad langs die
Bergrivier op van Hermon na Wellington, tussen die opstal en rivier.
Die pad
gaan o.a. na die plaas Botmasdrif (onder die plaasarbeiders ook bekend as
"Bosmansdrif"). Regs voor die ou opstal en ongeveer
150 tree van die rivier af
is 'n padaansluit= ing waar 'n plaaspaadjie uit die openbare pad afdraai in die
rigting van die rivier.
Die plaaspaadjie gaan tot by 'n put. Vandaar af verander
dit in 'n voetpad wat tot by die oewer van die rivier gaan en aan die ander=
kant in 'n oostelike rigting voortgaan in die rigting van die plaas Eikeboom.
Die put is 5,5 m diep en die water daarin staan op
1,5 m van onder. Die put is
geleë ongeveer 300 m padlangs van die ou opstal af. Dit is beskerm deur 'n
borswering met 'n hoogte
van 900 mm bo grondvlak,met 'n deksel daarop wat
bestaan uit vyf beton
plate
11.
plate. Elk van hierdie plate is 2,1 m lank, 630 mm breed en, soos hulle
vertoon op die foto, bewysstuk C8, omtrent 100 mm dik. Elke
plaat weeg 240
kg.
Albertus se woning is ongeveer 200 m van dié van sy mocder. Op
Saterdag, 28 Desember 1985, het hy die boerdery alleen behartig
want sy broer
was toe met vakansie. Nadat hy daardie aand die plaaswerk klaargemaak het, is hy
na sy moeder. Sy was toe 67 jaar oud
maar nog redelik gesond. Aan die begin van
Desember het sy egter geval en 'n spierbesering aan haar been opgedoen. Die
gevolg daarvan
was dat sy op daar= die Saterdag nog baie swaar en met behulp van
'n kierie geloop het. Hy het by haar gekuier en gesels en is on=
geveer 6.30 nm
daar weg. Sy broer se hond was bedags by sy moeder. Om ongeveer 8 nm is hy terug
na haar om nag te sê en die
hond na sy afwesige broer se huis te neem en
daarin te gaan toesluit. Die hond moes die huis oppas omdat daar vantevore al
daar ingebreek
was.
Met
12. Met sy vertrek was alles by sy moeder se huis in orde. Hy het
gewag totdat sy die vensters toegemaak het en die voordeur gesluit
het. Die
voordeur het 'n sifdeur
aan die buitekant gehad en die groter vensters het
"blindings gehad wat kon grendel", maar die klein kom= buisvenster was blykbaar
net 'n opening in die muur met 'n ruit daarin sonder diefwering.
Pas nadat
Albertus van sy moeder af weggetrek het,tref hy een van sy plaaswerkers, Jonas
Carolus, aan in die openbare grondpad voor
en ongeveer 50 m van haar huis af. By
Jonas was Japie Samuels (be = beskuldigde no 2). Albertus het Japle herken want
hy het hom
ook 'n paar dae tevore, op 24 Desember, op die plaas gesien terwyl hy
besig was om 'n skaap wat Jonas gekoop het op te saag by 'n
koelkamer waarin die
plaas= werkers se vleis gehou word. Albertus het vir Samuels gestuur om Jonas se
ma te vra hoe sy die vleis
gesaag wou hê. Op die aand van die 28ste
Desember was Jonas
redelik
13. redelik onder die invloed van drank toe Albertus hom op die
pad teengekom het, maar beskuldigde 2 het toe vir hom nugter voorgekom.
Albertus
het vir Jonas gevra waarheen hy op pad was. Hy het geantwoord dat hy na die
buurplaas gaan. Jonas sê toe vir Albertus
dat Samuels met hom wou praat.
Toe Albertus hom vra waar= oor hy wou praat, antwoord Samuels dat dit "allright"
is, hy het niks te
sê nie. Albertus het toe aangery. Hy kon die twee op
die pad goed sien want volgens die getuienis was dit toe net by sononder
en die
daglig was nog helder.
Teen ongeveer half-agt die volgende oggend het
Albertus voor sy moeder se woning stilgehou en gemerk dat alhoewel die sifdeur
toe
was die voordeur oopgestaan het. Hy het ingegaan. Die gordyne was nog
toegetrek en dit was redelik donker binne-in dle huis. Maar
hy het sy moeder se
pantoffels in die voorhuis sien lê. Haar kierie het ook in die huis
gelê. Haar
bed
14. bed was deurmekaar, hy het haar handsak onder haar bed kry
lê en daar was sleepmerke op die gepoleerde houtvloer van die
voorhuis.
Die ruit van die kombuisvenstertjie (venster C) "was uitgebreek en sy moeder was
nêrens te Vind nie. Hy het onraad
gemerk en die polisie van Riebeeck-Wes
ontbied. Hy het sy plaaswerkers bymekaar gemaak en aan die soek gesit na sy
moeder,maar aanvanklik
sonder welslae.
Toe kom Mnr Jacobus Mostert,van die WP
Kooperasie op Hermon,daar op die openbare pad verby gery om ongeveer 8 vm. Sy
vrou was by hom
en hy was op pad na die plaas Brakfontein van 'n Mnr Buckle wat
met vakan= sie was. Hy moes die plaasarbeiders daar gaan wyn gee.
Albertus het
hom in die pad gestop, hom vertel wat gebeur het en hom gevra om met die soektog
te help. Mostert het ingewillig en
begin help soek saam met die plaas= werkers.
'n Plaaswerker het hom geroep en 'n sleepsel gewys in die afdraaipad na die
rivier.
Hy het daar nog
sleepmerke ....
15. sleepmerke gekry en hulle padlangs gevolg in die
rigting van die rivier. Ongeveer 3 meter van die put af het die
sleepmerke
weggeraak. Mostert merk toe dat die lang gras wat rondom die put gegroei
het,teenaan die put plat= getrap was. By nadere
ondersoek sien hy 'n
bloedspatsel teen een van die beton plate van die put se deksel. Hy het dit
probeer wegskuif maar kon dit nie
roer nie. Dit was te swaar. Die plaaswerker
wat saam met hom was,het toe ook hand bygesit maar die twee van hulle kon die
plaat nog
nie beweeg nie. Nog twee werkers het bygekom en die vier van hulle het
toe daarin geslaag om die plaat 'n entjie weg te skuif. Dit
was klaarblyklik 'n
endplaat. Mostert het deur die skreef afgeloer in die put. Hy het iets in die
water sien dryf wat vir hom soos
"'n opblaas-plastieksak" gelyk het. Hulle het
die plaat verder oopgeskuif. Mostert sien toe dat dit die liggaam van "n vrou is
wat
gesig-ondertoe in die water dryf. Net die nek en rug was bokant die water.
Met behulp van 'n leer
en
16.
en 'n plaaswerker wat in die put afgelaat is,het hulle die liggaam versigtig uit die put uitgehaal sonder om merke daaraan te laat. Dit was die lyk van Mev Heyden= rych, Albertus se moeder (van nou af aan verwys ek na haar as die oorledene).
Sy was nakend behalwe vir 'n frokkie van 'n baie fyn wit materiaal wat om haar nek en een skouer was. Daar was baie kneusplekke aan haar liggaam en "bloed het onder (by) haar geslagsdele uitgevloei".
Die volgende dag, Maandag, 30 Desember, is 'n lykskouing op oorledene uitgevoer deur Dr Martin Muller, distriksgeneesheer van Paarl. Sy vernaam= ste bevindings was die volgende:
(a) intra- en ekstra serebrale bloeding aan die posterior en temporale gedeeltes van die grootharsings (dit beteken dat daar bloeding binne-in die harsings was en ook aan die buitekant daarvan); (b) fraktuur van al die linkerribbes en van al die
regterribbes ...
17.
regterribbes behalwe rib no 1 - almal lateraal;
(c) fraktuur van twee rugwerwels - T4 en T12 - wat
saamhang met die ribbreuke;
(d) (1) verbrokkeling (masserasie) van die
lewer;
(ii) breuke in die milt;
(e) Die keel- en asemhalingsorgane is soos volg beseer:
(i) In die slukderm en middelvlles tussen die
longe (mediastinum) was daar 'n uitsypeling van bloed uit die gekneusde weefsel; (ii) In die hooflugpyp (trachea) en longpype (bronchi) was daar bloederige skuim: (iii) Die regterlong was gekneus, met veelvuldige laserasies, en daar was 380 ml bloed in die regter longholte;
Die linkerlong was ook gekneus, met veelvul= dige laserasies, en daar was 250 ml bloed in die linker longholte;
(f) daar was positiewe tekens van geslags-trauma; die
vaginale
18. vaginale slymvlies aan die agterkant van die skede was heeltemal weggestroop met kneusing van die
perineum, en bloed was in die geslagsdele teen= woordig - die slymvlies is vas aan die spierlae en was heeltemal daarvan weggestroop, en daar was ook kneusings tot in die diepspiere;
(g) daar was 300 ml vry bloed in die buikholte en veel= vuldige kneusings van die dermlusse;
(h) die liggaam was oortrek van kneusings en skaafwonde, sommige nadoods, en daar was ook nog ander beserings. Hierdie veelvuldige verdere letsels is soos volg deur Dr Muller beskryf in 'n aanhangsel tot sy lyk= skouingsverslag, bewysstuk B, die inhoud waarvan deur die verdediging erken is maar wat die genees= heer nietemin tydens sy getuienis bevestig en toege= lig het: "1.. Veelvuldige voordoodse skaafwonde gesig en kop met aaneenlopende kneusings,met disseksie
onderhuids ....
19. onderhuids blootgelê 3x4 cm tot 2x6 cm.
2. Kneusing beide lippe met bloeding. 3. Kneusing anterior ½ tong met lasserasies en bloeding. 4. Bloeding in neus gevind. 5. Longitudinale skaafwonde rug en boude asook beide bene. Hierdie letsels is nadoodse beletsel= ing. 6. Skaafwonde beide skouers posterior links 6x4 cm en regs 4x4 cm. 7. Die kneusings in nek is baie prominent anterior en lateraal,in die diepspiere blootgelê met dis= seksie. Dle hioied been is ook gefraktuur.
(Dr Muller het verduidelik dat die hioiedbeen die boonste beentjie van die lugweg in die keel is.)
8. Die regter humerus is ook gefraktuur (boonste 1/8).
(D.w.s. die regter
bo-arm was gebreek.) Beide
arms
20. arms is oortrek met kneusings en by beide polse is diepspier bloedings waargeneem. 9. Daar is ook nadoodse skaafwonde op buik en
beide bobene gevind. Die op beide bobene anterior, het 'n geruite patroon.
10. Voordoodse skaafwonde beide knieë.
11. Kneusings, diepspier bloedings en skaafwonde beide onderbene veral lateraal en anterior, hierdie trauma is diffuus en aaneenlopend met disseksie gevind.
12. Die bobene mediaal: (sien sketse)
(a) Regs: kneusing mediaal 4x5 cm.
(b) Links: 2 krapwonde 1,8x0,0 cm en 1,7x0,1 cm.
(c) Links: 2 prominente kneusings ovaalvormig
1x2 cm en 1x1 cm.
13. Die (R) hand vinger naels 1,2 en 3 is afgebreek. 14. Met disseksie van die toraks en abdomen is gevind:
(a)
21.
(a) Regs 8-12 kneusings tot in diepspier lae ± 5x8 cm in omvang waarvan sommige aan= eenlopend is. Hierdie letsels lê veral in die laterale lyn asook anterior en stem ooreen met inwendige trauma soos met disseksie gevind (fraktuur ribbes en mas= serasie van lewer). (b) Links 15-18 kneusings sommige aaneenlopend en diffuus verspreid oor laterale lyn oor= eenstemmend met trauma gevind (fraktuur ribbes asook ruptuur milt)."
Dr Muller se gevolgtrekking was dat 'n "groot mate van omvattende geweld op verskillende van die oorledene se orgaansisteme toegepas was"; waarskynlik in die vorm van "stompgeweld" soos bv. die toediening van skoppe en houe met vuiste of knuppels. Sy opinie aan= gaande die effek van die vernaamste beserings op die oorledene se kanse op oorlewing was soos volg: -
Met .
22. Met soveel gebreekte ribbes kon daar nie meer vir die longe 'n
vakuum geskep word nie en kon sy
nie meer asemhaal nie. Hy het getuig dat
selfs 'n normale gesonde (en klaarblyklik veel jonger) persoon die breek
van
soveel ribbes nie vir langer as 'n kort tydjie sou kon oorleef nie.
Die
brein-, long-, milt- en lewerskade kon elkeen op sigself die dood veroorsaak
het. Weens die kumulatiewe effek van al die beserings
was haar kanse op
oorlewing nul gewees.
Daar was geen vog in die oorledene se longe nie. Sy het
derhalwe nie verdrink nie. Toe sy in die put gegooi is,het sy gevolglik nie
meer
asem gehaal nie. Met inagneming van die beserings wat Dr Muller as "nadoods"
beskrywe het, was hy van mening dat die oorledene
òf sterwend òf
reeds dood was toe sy in die put gegooi is. (Indien sy toe sterwend, maar dus
nog lewend was, sou sy
weens die effek van die gebreekte
ribbes
23. ribbes in elk geval nie meer kon asemhaal nie en der= halwe
ook nie vog in die longe kon kry nie.)
Toe hy die oorledene se woning
deursoek het, het Albertus die volgende items vermis: haar goue
mans-polshorlosie met 'n silwer band
en haar beursie met ongeveer R60,00 in
geldnote daarin. Uit die pakkamer aan die agterkant van haar slaapkamer is 'n
vol karton wat
12 bottels brandewyn bevat het, vermis. Uit die "kelderkamer" is
ongeveer R60,00-R70,00 vermis. Daar= die kamer is eintlik die plaaskelder.
Daarin word groot kanne wyn, bekend as "swartvarkies", gestoor, asook
vuurhoutjies, tabak, sigaretpapier vir die draai van sigarette,
en dies meer.
Albertus kon nie vasstel of daar enigiets anders behalwe die geld daaruit vermis
was nie. Die oorledene het 'n spaarsleutel
vir daardie kamer gehou in 'n
glasbakkie op 'n lessenaar in die voorhuis.
Die ondersoekbeampte, kaptein Willem Neethling van die Suid-Afrikaanse Polisie op Malmesbury,
het
24.
het tussen 10 vm en 11 vm op Sondagoggend, 29
Desember, by die oorledene se woning aangekom. (Hy was destyds
nog 'n
luitenant maar was met die verhoor reeds kaptein. Ek sal in hierdie uitspraak
hom op die hoër rang noem.) Tydens sy ondersoek
het kaptein Neethling
stukkies glas gevind binne en buite die kombuisvenstertjie, maar hulle was
gesamentlik heelwat minder as die
glas van die ver= miste ruit. In die oorledene
se slaapkamer het 'n stoel omgelê by die lessenaar langs haar bed. Die
beddegoed
op die bed was deurmekaar en op die tapyt was daar twee nat kolle
langs die bed aan die voetenent daarvan. Die aard van daardie kollekon
egter nie
vasgestel word nie. Daar was ook twee hangkaste in die slaapkamer. In een van
hulle het kaptein Neethling 'n bloedbevlekte
kussing gevind. Hy het die
oorledene se pantoffels aangetref waar Albertus hulle vroeër die oggend
gekry lê het. Een van
hulle het gelê op die drumpel van die deur
tussen die voorhuis en die slaapkamer en die ander een ongeveer
1,5 m
25. 1,5 m daarvan af op die vloer van dle voorhuls. Hy het ook 'n
stel sleepmerke ongeveer 2 voet uitmekaar op die vloer van die voorhuls
waargeneem. Hulle het van die slaapkamer se kant gekom;
Die deur van die
kelderkamer was gesluit en die spaarsleutel wat deur oorledene gehou is soos
voornoemd, was weg. Die lig in die kelder
was afge= skakel. Aan die kelderdeur
was daar merke by die slot= gedeelte wat daarop gedui het dat iemand die deur
van buite af probeer
oopbreek het. Daar was geen dergelike tekens aan die
voordeur van die opstal nie.
'n Paar dae later was oorledene se twee
skoondogters besig om haar woning aan kant te maak en haar besittingste.pak. Een
van hulle
ontdek toe 'n bloedbevlekte kussing wat deels op 'n koffer en deels
teen die agterste muur gelê het. Dit het voorgekom asof
dit daar gegooi
was. Die bloed op dié kussing en op die een wat kaptein Neethling gevind
het, was van
groep
26. groep "O",wat dieselfde is as die van oorledene. Die tweede
kussing is klaarblyklik in die pakkamer gegooi tydens die geweldpleging
op
oorledene. Daar is nie deur Neethling gesoek vir 'n nagrok of ander
kledingstukke bo en behalwe die frok,wat die oorledene op
die nag van 28-29
Desember kon aangehad het nie, en daar is geen getuienis dat enige sulke
kledingstukke gevind was nie. Kaptein
Neethling het later een van dle put se
beton dekselplate laat verwyder om dit te gaan weeg. Dit was so swaar dat die
gesamentlike
kragte van agt plaas= werkers nodig was om dit op te tel en op 'n
vragmotor te laai.
Op Maandag, 30 Desember, het 'n plaaslike kleurlingvrou,
Hendrika Marianna Joubert, wat toe op die naburige plaas Botmasdrif gebly
het,
'n rapport ge= maak aan Albertus Heydenrych. Hy het op dieselfde dag die polisie
daarvan verwittig. Die gevolg daarvan was dat
beskuldigdes 1-7 in die vroeë
oggendure van 31 Desember
1985 .
27.
1985 deur kaptein Neethling gearresteer is op die ver= skeie plase waar hulle in die Wellingtonse omgewing gewoon het. Daardie plase is, met die plaaslike voet= paaie langs, 15-18 km van Koornlandsdrif af. Die be= skuldigdes is almal na Malmesbury geneem vir die ver= kryging van hul vingerafdrukke en daarna vervoer na verskillende polisiestasies in die omgewing waar hulle apart van mekaar aangehou is. Die destyds 14-jarige beskuldigde no 8, Charlie Bolsom, is op 19 Februarie 1986 aangehou. Die volgende dag is die destyds 15-jarige kleurlingseun, Booi Adonis, ook aangekeer. Hy was aan= vanklik die negende beskuldgde.
Beskuldigde no 2, Japie Samuels, 'n ge= troude man met twee kinders, het destyds 'n buite-egtelike liefdesverhouding gehad met 'n dogter van Gert Fortuin, wat gedurende 1985 'n plaaswerker op Koornlandsdrif was en daar gebly het. Samuels het haar heel dikwels daar gaan besoek. Dit is gemene saak dat beskuldigdes 1-7
op
28. op voorstel van Samuels per trein op Saterdagmiddag, 28 Desember
1985, vanaf Malan Stasie noord van Wellington, gereis het na
Hermon met die doel
om by Gert Fortuin (wat ook "Pang" geheet het) se woning te gaan kuier en die
naweek daar te dans en jolyt te
maak. Hulle het met daardie doel voor oe
beskuldigde no 5, Ernest Hen= dricks, se radio en platespeler saamgeneem. Voor
hul vertrek
het hulle "Oom Tas" (Tassenberg wyn) gedrink, en sommige van hulle
ook bier, maar geeneen van hulle was dronk nie. Na aankoms op
Hermon is hulle om
en by 6 nm deur spoorweg baanman JP Theunissen met sy bakkie teen 'n fooi van
R1,00 elk na Koornlandsdrif vervoer
en daar afgelaai. Hulle is toe na Gert
Fortuin se huis.
Dit was nie 'n gelukklge samesyn nie. Sake het vir hulle daar skeef geloop en hulle het nie lank daar vertoef nle. Die redes wat vir die onenigheid aangevoer is, was egter uiteenlopend. Volgens Gert Fortuin was hy onwillig dat hulle, sommige van wie hy
nie
29.
nie geken het nie, sy rus en vrede daar kom verstoor. Hy het getuig dat hy hulle terstond verwilder het. Sekere van die beskuldigdes het egter getuig dat alhoe= wel "Pang" ontevrede was met hul koms, hy op versoek van beskuldigde no 2 hulle nogtans toegelaat het om 'n tydjie daar te vertoef, musiek te maak en te dans. Ander het beweer dat beskuldigde no 2 met sy nooi Pang se dogter - in 'n slaapkamer"op die kooi"gaan lê het, dat dit vir hulle te stil daar was, dat daar ook nie wyn was nie, dat hulle toe uit eie beweging vertrek het en dat beskuldigde no 2 daarna by hulle aangesluit het. Almal van hulle behalwe beskuldgide no 7, wat nie getuig het nie, het egter beweer dat hulle van Gert Fortuin af direk teruggeloop het na hulle verskillende woonplekke naby Wellington en eers na middernag daar tuisgekom het. Hulle het ontkendat hulle by die oorledene se huis was of enige van die ten laste gelegde misdade gepleeg het.
Beskuldgde ....
30.
Beskuldgide no 8, Charlie Bolsom, het in sy getuienis ontken
dat hy daardle Saterdagaand eniglets met beskuldigdes 1-7 te doen gehad
of
geslen het. Hy het beweer dat hy destyds op die plaas Eikeboom gewerk het en
daardle middag op versoek van sy vrlend, Bool Adonis,
wat ook daar gewerk het,
na dié se moeder op Koornlandsdrlf is en 'n wyle daar gekuier het. Toe is
hulle terug na Eikeboom
om die koeie te gaan melk. Daar= na is hulle weer na
Adonis se moeder. Sy het vir hulle aandete gegee. Toe is die twee van hule na
'n
vrpllkheid op "Bosmansdrlf" waar hulle gedans het. Laten is hulle saam met
sekere van dle meisies wat ook daar was terug na Koornlandsdrif.
Hy en Adonis
het toe gaan slaap by die huis van Adonis se moeder.
Dle Staat het die
16-jarige Bool Adonis as getuie geroep. Voordat hy getuig het is dle effek van
art. 204(1) van die Strafproseswet
aan hom verduide= lik. Hy het toe getuig. Sy
weergawe van die gebeure
daardie
31. daardle Saterdagaand was die volgende.
Hy en sy ouers het gewoon op Koornlands drlf maar hy het op die plaas Eikeboom, oorkant die Berg= rivier, gewerk. Op Saterdagaand, 28 Desember 1985, het hy en beskuldigde no 8 lank na sononder by die rivier aan die Koornlandsdrif kant, geslt en wyn uit 'n bottel drink naby die put. Terwyl hulle so in die donkerte ge= sit en drink het,kom 'n groep mense by hulle verby. Dit was beskuldigdes 1-7. Boy en Japie (beskuldlgdes 2en 3) , vir wle Adonis reeds geken het, het hulle twee met dreige = mente van mesgeweld gedwing om saam met die groep te gaan na "die ou vrou se huis" om daar "te gaan inbreek". Daar aangekom het "Boy" (beskuldigde no 3, Willem Lewis), dle kombuisvenstertjie se ruit stukkend gekap en die kleln Frans Konstabel (beskuldigde no 7) het toe deur die opening ingeklim en die voordeur vir hulle gaan oop= maak. Almal het ingegaan. 'n Lig het in oorledene se slaapkamer gebrand en almal het daar ingegaan. Sy was
aan
32,
aan die slaap onder die komberse. Sy het wakker geskrik en
geskreeu. Beskuldlgdes 1 en 3 het die twee bedkusslngs gevat en haar geslg
daarmee toegedruk. Van die beskuldig= des het dle komberse van haar afgetrek en
haar nagrok van haar lyf afgeskeur. Sy het gestoei,
maar is oorwel= dig en op
die bed vasgedruk deur no's 1, 2, 3 en 4,
Beskuldlgde no 1 het toe haar bene
vasge= hou en Frans Konstabel is deur beskuldgide np 3 aangesê om haar "op
te klim". Hy het
haar toe verkrag. Daar= na het Charlie Bolsom (beskuldlgde no
8) haar verkrag, en toe hy self (Booi Adonis). Daarna het al die ander
beskuldlgdes haar ook verkrag in dlé volgorde - no's 6, 5, 4, 3, 2 en
1.
Daarna is die oorledene deur sekere van die beskuldigdes van die bed
afgetrek. Sy het haar teen= gesit en gestoei en geskree. (In
dié proses
is die stoel by die lessenaar langs haar bed omgegooi.) Sy het op haar
knieë op die vloer te lande gekom.
Almal het haar
toe
33. toe geskop en met hul vuiste geslaan totdat sy bewuste= loos op
die mat gelê het. Toe het beskuldlgda no 3 haar goue polshorlosie
van haar
arm afgehaal en vir homself geneem. Hy en no's 1 en 2 het haar ult die huis uit
na die put toe gesleep omdat hulle bang
was dat sy moontlik een van die
beskuldides sou kon uitken. Op pad na die put het no 3 haar arm agter haar rug
omgedraai. Al die
ander beskuldlgdes het saamgegaan put toe,en met hul vertrek
het beskuldlgde no 4 die slaapkamerlig afgéskakel. By die put
aangekom
het hulle opaandrang van no 1 almal vir haar weer met hul geskoende voete oral
op haar lig= gaam geskop en almal het haar
weer verkrag. Toe hulle daarmee klaar
was het no's 2 en 3 gesê hulle moet oor= ledene in die put afgooi. Hy
(Bool Adonis) en
beskuldig= des 1, 4, 5, 6, 7 en 8 het toe een van dle beton
plate van die put se deksel "afgelig". Toe is sy nog lewend in die put
afgegooi
deur beskuldigdes 2 en 3. Die dek= selplaat is daarna weer teruggeplaas. No 2
het vir no 3
gesê
34. gesê om sy hande te gaan was. Daar was van oorledene
se bloed aan sy hande. Hy (Booi Adonls),en no's 6 on 7 het in dlé
tyd,
nadat oorledene in die put afgegooi is, daar gesit en rook.
Op aandrang van
no's 2 en 3 is almal van hulle toe terug.na die kelderkamer om geld en wyn daar
te gaan soek. Beskuldigde no 1 het
die sleutel daarvan gaan haal en oopgeslult.
Almal van hulle het ingegaan. Daar was geld op 'n tafeltjie in die kamer. No's
1, 2
en 3 het die geld gevat en dit onder al die ander beskuldig= des behalwe no
8 en Booi Adonis uitgedeel. Almal het egter wyn en tabak
gevat. Daarna het almal
vertrek, beskuldigdes 1 tot 7 per voet na Welllngton en Adonis en no 8 na Adonis
se ouerhuls waar hulle oornag
het.
Dle volgende dag, Sondag, 29 Desember, is
hy en sy maat "Stukkle" Bolsom (beskuldigde no 8) deur kaptein Neethling
gearresteer en
oor die voorval ondervra. Hy (en blykbaar ook no.8) het alle
kennis
daarvan . . ....
35.
daarvan ontken Hulle is toe albei weer vrygelaat later
dleselfde dag. Sewe weke daarna is hy egter weer in hegtenls geneem. Hy het
sy
aandadigheid aan die mlsdade toe erken en 'n bekentenis gaan maak aan landdros
van Houwellngen van Malmesbury.
Tydens kruisondervraging het Adonls hom= self
in sekere opsigte weerspreek en telkens dle inhoud van sy bekentenis en van sy
aanvanklike
getuienis (d.w.s. dié wat hy in hoofondervraging gegee het)
in sekere be = sonderhede aangevul of gewysig. So het hy bv. in
sy bekentenis
gesê dat dit Charlie Bolsom was wat die oor= ledene se goue polshorlosle
gevat het. Daarin het hy ook gesê
dat die oorledene in die huis gewurg
was, maar tydens kruisondervraging kon hy nle onthou dat dit ooit gebeur het
nie. Volgens sy
aanvanklike getuienis het beskuldigdes 2 en 3 oorledene met 'n
kussing gedemp; later getuig hy egter dat dit no's 2 en 3 was wat
haar met twee
kussings gedemp het. Di-t was bv. ook eers
tydens
36.
tydens kruisondervraging dat Adonis getuig het dat die
oorledene van die bed afgetrek is en in die slaapkamer
geslaan en geskop is. 'n Onwaarskynilke aspek van sy
getuienis is dat hy ook gedwing was om die oorledene
te verkrag. Weens dle aard van die manlike wese se
deelname aan die
geslagsdaad is dit moeilik om so 'n
bewering te glo. Die verhoorhof het dan
ook sterk daar=
aan getwyfel. Booi Adonis was klaarblyklik nie,'n ge=
tuie
op wie se weergawe 'n hof sonder meer sou kon staat
maak nle. Die verhoorhof
het dit ook nie gedoen nie.
Op grond van die getuienis van Gert Visser, wat
des=
tyds op Koornlandsdrif gewoon en gewerk het, het die
verhoorhof ook
getwyfel aan Adonis se bewering dat hy
deurgaans 'n onwillige deelnemer aan
die betrokke ge=
beure was.
Gert Visser het vir die Staat getuig.
Hy het Japie en Boy
(beskuldigdes 2 en 3 respektlewelik)
wie hy geken het, laat op die namiddag
van 28 Desember
op
37.
op Koornlandsdrif sien arriveer in Theunissen se bakkie saam met ander persone wat hy nie geken het nie. Hy het die groep na "Pang" sien gaan en hoe dié vir hulle terstond verwilder het. Hy het hulle toe sien loop "al met die pad op Botmasdrif toe" en dat Japie Samuels hulle later van agter af ingehardloop het. Op pad terug van Botmasdrif, waar hy die aand gaan kuier het, het Gert Visser tussen 10 en 11 nm in die helder maan= lig 'n groep mense op Koornlandsdrif gewaar wat op pad rivier toe was. Hulle was toe ongeveer 8 m van die put af en het in die rigting daarvan beweeg. Hulle het 'n "wit ding" gesleep. Weens die feit dat hy te vêr van hulle af was en dat hulle "in 'n bolling" be= weeg het kon hy nie sien wie hulle was of wat die "wit ding" is nie. Hy het vir hulle geskree en gevra waar= heen hulle gaan maar het nie 'n antwoord gekry nie. Terwyl hy die groep nog so gadegeslaan het gewaar hy twee persone wat hy geëien het as Booi Adonis en Charlie
Bolsom.
38,
Bolsom. Hulle het gekom vanaf die rigting van dle "ou stoor"
op die werf van die oorledene se opstal. Hulle het deur die "plaasdraad"
gekruip. Hy het huile gevra waarheen hulle gaan maar ook van hulle geeh ant=
woord gekry nie. Nadat hulle deur die draad is, het
hulle "agter die span" met
die wit ding aangegaan. Gert Visser was seker dit was Adonls en Bolsom wat hy
gesien het. Hy het erken
dat hy "'n doppie ingehad het"maar het beweer dat
"daardie dopple het al so halfpad uitgetrek" toe hy hulle geslen het. Ek handel
later weer met hierdie uitkenning.
Uit wat vroeër in hierdie uitspraak
omtrent haar gesê is, het dit reeds geblyk dat Hendrika Joubert 'n
belangrike bron
van inligting was oor dle identiteit van die mlsdadigers. Sy was
inderdaad 'n kardinaal belangrike staatsgetuie. Hier volg 'n same=
vatting van
haar relaas.
Op daardie Saterdagaand het sy gaan kuier
op dle plaas Eikeboom, oorkant die rivier van Botmasdrif
en
39.
en Koorniandsdrif af. Sy het om ongeveer 10 nm terug= gekeer en met die voormelde voetpad langs opgeloop nadat sy dle rivier oorgesteek het. Toe gewaar sy in die helder maanlig vyf manspersone en 'n vrou by die put (volgens die kalender vir 1985 was dit volmaan op 27 Desember). Sy het gaan staan en na hulle gekyk om uit te vind wat aan die gang was. Sy was alleen en het naby 'n boompie gestaan. Daar was niks tussen haar en die groep nie en sy kon hulle goed sien. Sy was van mening dat sy vir hulle ook sigbaar sou gewees het indien hulle in haar rigting sou gekyk het. Die vrou het teen die put gelê en kreun. Sy was gekleed in 'n kort wit kledingstuk. Hendrika kon nie uitmaak of sy 'n blanke of 'n kleurling was nie maar kon aan haar borste sien dat sy 'n vrou was. Sy hoor een van die groep roep "Booi". Sy het gemeen dat dit beskuldigde no 8 se kwaai oom Booi was wat geroep word. Toe kyk sy waar hy is, want sy was baie bang vir hom en het
gedink
40. gedink hy Is met sy vrou aan die baklei. Sy het hom nie
opgemerk nie, maar sien en herken toe vir "Boy" -beskuldigde no 3 - en
vir
"Japie" - beskuldgde no 2 -wat sy albei geken het. Sy het getuig dat sy ongeveer
10 treë van die groep af was,maar toe sy
gevra is om dle afstand in die hof
aan te toon het sy 'n distansle van 6 treë uitgewys. Dit is duidelik dat sy
deurgaans te
kenne gegee het dat sy baie naby aan hulle was. Een van die groep
het die vrou aan haar regterhand vasgehou. Langs dié een
het 'n ander lid
van die groep gestaan. Die "twee kleintjies" was by die put en beskuldlgde no 1
het langs hulle twee ge= staan.
Sy het hulle almal in die hof uitgeken as
beskuldigdes 1, 2, 3, 6 en 7. Op 'n stadium het Hendrika deurmekaar geraak met
die nommers
van die beskuldlgdes soos hulle in die beskuldigdebank geplaas was.
Maar nadat sy die geleentheid gegun was om nie alleen die nommers
op die
beskulóLigdebank nie, maar
ook
41. ook die nommers op die beskuldigdes self, na te gaan, het sy
daarby gehou dat die vyf wat sy by die put gesien het, dié
was wat hierbo
genoem is. Omdat sy só bang was vlr "Oom Booi" en gedink het "netnou'is
dit iemand wat hulle verkrag en as
ek daar verby kom dan kry hulle vir my ook
beet", het sy besluit om nie langer daar te vertoef nie en haar maar liewer uit
die voete
te maak. Toe hoor sy een van die groep sê dat hy die bloed van
sy hande gaan afwas. Dit het haar laat skrik en sy het onmiddellik
padgegee
terug Eikeboom toe waar sy oornag het.
Die Sondagaand eers het sy van haar.
ma verneem van die moord op oorledene. Sy het toe op Maandag aan Albertus
Heydenrych gaan vertel
wat sy by die put gesien het. Twee van haar broers was
ook vir 'n tyd as verdagtes aangehou, maar sy het ontken dat sy die betrokke
beskuldigdes valslik by die ge= beure betrek het om haar broers te beskerm.
Weens
kommer .
42. kommer oor haar persoonlike veiligheid het die polisie nie
'n uitkenningsparade gehou waarop sy die betrokke beskuldigdes sou
kon uitgewys
het nie. Sy het hulle slegs in die hof uitgewys terwyl sy besig was om te
getuig.
Alhoewel beskuldigde no 8 nie deur Hen= drika Joubert by die gebeure
betrek is nie, het die getuie Flip Heyns dlt wel gedoen. Hy was
ook 'n staats=
getuie. Gedurende Desember 1985 - Januarie 1986 het hy gewoon en gewerk op die
plaas Vredenhof naby Hermon. Hy het
getulg dat gedurende Januarie 1986
beskuldlgde no 8 'n goue polshorlosie aan hom te koop aangebied het vir R25,00.
Die aanbod is
aan hom gemaak naby dle win= kel op Hermon "by die boom waar
voertuie mense oplaai". Flip Heyns het die aanbod geweier en beskuldigde
no 8
het die horlosie toe in sy sak teruggesit en weg beweeg. Charlie Bolsom het
ontken dat hy ooit so 'n aanbod aan Heyns gemaak
het.
Geen
43, Geen vingerafdrukke, spore, merke, voor= werpe of ander
soortgelyke bewysmiddele wat die beskul= digdes met die pleeg van die
misdade
sou kon verbind het, is op die toneel gevind nie. Beskuldigdes 2-8 het hulself
egter direk daarmee verbind by wyse van beken=
tenlsse wat hulle aan landdroste
te Malmesbury gemaak het. Die volgende tabel dui aan deur wie, wanneer en aan
wie daardie bekentenise
gemaak is. Beskuldigde no 2 : 01.01.1986 : Landdros de
Roubaix Beskuldigde no 3 : 01.01.1986 : Landdros de Roubaix Beskuldigde no
4 :
02.01.1986 : Landdros van Houwelingen Beskuldigde no 5 : 31.12.1985 : Landdros
van Houwelingen Beskuldgide no 6 : 31.12.1985
: Landdros van Houwelingen
Beskuldigde no 7 : 31.12.1985 : Landdros van Houwelingen Beskuldlgde no 8 :
19.02.1986 : Landdros van
Houwellngen Elkeen se verhaal het in sekere opsigte
verskil van dlé van die ander maar in hooftrekke het hulle merkwaardiglik
met mekaar en met die weergawe van Booi Adonis ooreengekom.
Die .
44.
Die toelaatbaarheid van al die bekentenisse is betwis in 'n
uitgerekte tussenverhoor waarln die betrok= ke beskuldigdes ook self getuig
het.
By die aanvang van die hoofverhoor het beskuldige no 7, die jeugdlge Frans
Konstabel, wat later onskuldig bevind is soos hierbo
vermeld, formeel by monde
van sy advokaat, Mnr Berthold, erken dat hy sy bekentenls vrywilllglik gemaak
het. Mnr Berthold het egter
voorbehoude gehad oor die korrektheld van die inhoud
daarvan. Die bekentenls is nietemin met sy instemming toe deur die aanklaer,
Mnr
Theron, ingehandig as bewysstuk H. Op 'n later stadium van die verhoor is
beskuldgde no 7 se erkenning terug= getrek en is die
toelaatbaarheid van sy
bekentenis ook betwis.
Omdat die beskuldigdes almal hul bekente= nisse voor
landdroste gemaak het, is die bewyslas inge= volge die bepalings van art. 217(1)
van die Strafproses= wet, no 51 van 1977, op hulle om "op 'n oorwig van
waar=
skynlikhede ...
45. skynlikhede te bewys dat daardie bekentenisse nle vry=
williglik deur hulle gemaak is nie,
In die tussenverhoor het elkeen yan hulle
dan ook getuig en beweer dat hulle op die een of ander wyse deur die polisle
aangerand is
om hulle daardeur te dwing om valslik hul skuld te beken. Almal
behalwe beskuldigde no 6 het beweer dat die polisie met voor= noemde
doel ook
traangas op hulle gebruik het. Hulle het almal beweer dat hulle a.g.v. daardie
aanrandings. inderdaad gedwing is om valslik
hul skuld te beken. Hulle het egter
ook beweer dat hulle deur dle polisie voorgesê is wat om in hul
bekentenisse te sê.
Beskuldigde no 2 het o.a. getuig dat hy twee keer
voor dieselfde landdros gebring is. Die eer= ste keer was op 31 Desember 1985.
Hy
was voor en na hierdie geleentheid deur die polisie aangerand. Hulle het hom
o.a. geslaan en met elektrisiteit geskok terwyl sy hande
geboei was,en hom
toegesluit in 'n bakkie vol
traangas
46.
traangas. Hulle het hom ook vertel wat om aan die landdros te
sê. Die eerste keer het hy in weerwil van die aanrandings en voorsegging
nogtans aan die landdrps gesê dat hy nie weet wat om te verklaar nie. Na
ver= dere aanrandings,wat so erg was dat sypolse gebloei
het en dat die rande
van sy moue, sy trui en sy broek be= bloed geraak het, het hy besluit om aan die
landdros sy skuld te gaan beken
soos deur die polisie aan hom voorgesê.
Toe hy weer voor dieselfde landdros gebrlng is op die volgende dag was hy steeds
bebloed
en het hy sigbaar gebewe. Wat hy toe beken het was deels sy eie
opmaaksels en deels wat die polisie hom voorgesê het.
Beskuldigde no 3 het o.a. beweer dat die polisie aan hom gesê het om die landdros mee te deel dat hy berou had. Hulle het egter nie gesê waar= oor nie en hy wis nie wat "berou" beteken nie. Hy het dit nogtans aan die landdros gesê maar geen rede daar= voor gegee nie. Sy bekentenis, bewysstuk M, eindig
met
47.
met die sin "Ek het berou oor die ou vrou wat hulle
doodgemaak het". Hy het ontken dat hy daardie woorde gebruik het en het beweer
dat dielanddros dlt self opge= maak het.
Beskuldigde no 4 het o.a. beweer dat
hy met blou-geslane oë, 'n geswelde gesig en "'n klein gaatjie" in sy kop
wat gebloei het,
op die 1ste Januarie voor 'n landdros met snor en bril gebring
was en aan hom vertel het dat hy só deur die polisie aangerand
is en
voorge= sê is om valslik skuld opdie moord te beken. Hy het sy
aanrander,wat buitekant "by die kar gestaan het teen die
pad",ook aan die
landdros uitgewys. Die landdros het dit alles neergeskryf. Daarna is hy weer
deur die polisie aangerand. Op die
2de Januarie het hy toe voor 'n ander
landdros, die een met die baard, (Mnr van Houwelingen), verskyn en 'n bekentenis
gemaak in
die terme soos deur die polisie.aan hom voorgesê. Voor die
tweederlanddros het hy nog effens gebewe, alhoewel
hy
48. hy hom probeer styf hou het, en die landdros kon sy gebewe
moontlik geslen het (sý blou-geslaande oë van die vorige
dag moes
sekerllk toe ook nog duidelik sig= baar gewees het).
Beskuldigde no 5 het
o.a. beweer dat hy herhaaldelik deur die polisie gemartel is met traán=
gas, skoppe, getrap en houe. As
gevolg van die her= haalde blootstelling aan en
brand deur die traangas is die vel aan die eenkant van sy gesig afgestroop van
agter
sy oor tot onder by sy nek, en toe hy voor die landdros verskyn het, was
dié besering nog sigbaar. Hy het ook daarmee volgehou
dat wat hy in sy
bekentenis gesê het onwaar is en deur dle polisie aan hom voorgesê
is. Hy het vir die landdros gesê
dat hy deur die po= lisie gedreig en
aangerand is. Die landdros was ver= baas om dit te hoor maar het versuim om dit
aan te teken.
Dié beskuldlgde het later beweer dat
die
49.
die landdros.hom gedwing het om die bekentenis te maak, maar
het daarna weer daardie aantyglng teruggetrek.
Beskuldigde no 6 het ook o.a.
beweer dat hy met twee duidellk slgbare dlkgeswelde, blou-ge= slane oë voor
die landdros verskyn
het weens die pollsie se volgehoue aanrandings op hom en
dat die landdros sy "blou oe" sekerllk gesien het. Hy het egter geen navrae
daaroor gedoen nie. Hy het ook beweer dat hy deur die polisie voorgesê is
wat om voor die landdros te verklaar. Daar was egter
in verskeie opsigte
verskille tussen wat hy na bewerlng voorgesê is en wat in sy bekentenis
staan. So het hy bv. gesê
dat alhoewel die speurder aan hom gesê het
om nie te sê wie die brandewyn gevat het by oorledene se huis nie, hy in
sy
bekentenis gesê het dat "Boy en die ander man" dit gevat het., Sy
verduideliking was dat hy "dit sómmer opgemaak (het)
dat die verklaring
kan klaarkom".
Beskuldigde no 8 het o.a. beweer dat hy
met
50.
met 'n "rubber snorkel" waarmee hy duik en wat hy in sy
kamer gehou het,
deur sersant Haarhoff van die Suld^
Afrikaanse Polisie geslaan is; en dat hy
later her=
haaldelik toegesluit is in 'n kamer waarin die pollsie
toe
traangas gespuit het. Hy is ook met die vuis in
die gesig geslaan en
voorgesê wat om aan die landdros
te verklaar. In sy verklaring moes hy
o.a. die naam
"Japie" genoem het; hy het dié naam vergeet en die
naam "Boy" toe
in die plek daarvan gebrúik.
Die betrokke polisiebeamptes en twee
landdroste het ook getuig en hulle
het almal die be=
skuldlgdes se bewerings sover dit hulle
respektiewelik
aangaan, ontken. Die polisie het egter erken dat hulle
nie
altyd die voorskriftevir die in-en-uitneem van die
beskuldigdes na en van die
polisieselle waarin hulle
by die verskillende polisiestasies weg van mekaar
aan=
gehou is, nagekom het nie. Hulle het ook nagelaat om
die beskuldigdes
binne 48 uur na aanhouding voor 'n
geregshof
51.
geregshof te bring (soos geverg by art. 50 van die Strafproseswet). Kaptein
Neethllng wat, soos reeds genoem, in bevel van dle ondersoekspan
was, het ver=
duidelik dat die versuim om dlt te doen te wyte was aan 'n bona fide
misverstand wat veroorsaak is deur 'n foutlewe departementele instruksle dat
waar dit 'n perlodieke hof is waar 'n aangehoudene voorgebring
moet word, die
polisle hom voor dié hof moet bring by die eerste sitting daarvan al vind
so 'n sltting plaas meer as 48 uur
na dle aanhouding. Die beskuldigdes is ook
nooit deur 'n distriksgeneesheer ondersoek om vas te stel of hulle enige tekens
van aanranding
toon nie.
Die geleerde verhoorregter was aandagtig aan die
kritiek op die modus operandi van die onder= soekspan en het dit as
geldige kritiek beskou wat aan= dag verdien. Hy het nietemin tot die slotsom
geraak dat daar
niks sinisters is in die gebrekkige optrede van die polisie nie
en dat die tekortkominge in dle
werkswyse
52. werkswyse van dle ondersoekspan te wyte was aan dle druk
waaronder hulle moes werk en aan die redelik onervarend= heid van die
span wat
só 'n tipe ondersoek betref. Met ultsondering van beskuldigde no 4 is al
die ander be= trokke beskuldigdes egter
klaarblyklik binne 48 uur na hul
onderskeie arrestasles voor die genoemde landdroste gebring en het hulle toe hul
bekentenisse gemaak
soos voormeld. Die effek van die versuim om hulle formeel
binne daardie tydperk voor 'n hof te bring is, wat die bekentenisse betref,
derhalwe grootliks getemper. Die geleerde regter het dle getulenis van dle
betrokke po= lisiebeamptes en twee landdroste aanvaar
dat die be= skuldigdes nie
aangerand of voorgesê is nie en dat hulle normaal voorgekom het toe hulle
voor die land= droste
verskyn het en geen tekens van enige aanrandings getoon
het nie. Sersant Haarhoff se reaksie van ver= baasde en laggende ontkenning van die aantyglng dat hy vir
Bolsom met die snorkel sou aangerand het is bv.
deur
53.
deur die geleerde regter gesien en aanvaar as die op= regte
reaksie van 'n inderdaad onskuldige persoon. Hy het die beskuldigdes se
bewerings verwerp en gevind dat hulle nie daarin geslaag het om hulle van die
be= wyslas te kwyt dat hul bekentenisse nie vrywillig
en ongedwonge deur hulle
gemaak is nie? Hy het pertinent ook bevind dat die beskuldigdes self die bron
was van die inhoud van hul
verklarings en dat hulle nie voor= gesê is wat
om daarin te verklaar nie.
Die geleerde regter het só besluit op grond
van sy bevindings aangaande die geloofwaardigheid van die betrokke getuies. Dit
is oorbekende reg dat 'n hof van appel slegs in uitsonderlike gevalle sal.
inmeng met 'n verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindings.
Vide bv. REX v
DHLUMAYO AND ANOTHER 1948 (2) SA 677 (A) op 701 en 705-706, en S v
ROBINSON AND OTHERS 1968 (1) SA 666 (A) op 675 G-enduit.
Na my mening kan
daar nie fout gevind word met die geleerde regter se geloofwaardigheidsbe=
vindings op die onderhawige aspek nie.
Hý het nie misgetas of hom in
enige ter saaklike opsig wanvoorgelig nie. Afgesien van wat ek reeds aangaande
hul weergawes
gesê
54. gesê het, was die beskuldigdes almal in vele
opsigte hoogs onbevredigende getuies. Die inhoud van hul ge= tuienis is in
belangrike opsigte só onwaarskynlik dat dit klaarblyklik onwaar is. Die
inhoud van iedereen se bekentenis is bv. van só
'n aard en verskil in
soveel kleiner besonderhede van mekaar dat dit, om die minste daarvan te
sê, hoogs onwaarskynlik is dat
dit die resul= taat van voorsegging kan
wees. En dit is onmoontlik om te glo dat 'n landdros geen aantekening sou maak
van die sigbare
beserings aan of onthutsing van sekere van die beskuldigdes wat
deur die polisie voor hulle ge= bring is met die klaarblyklike doel
om
bekentenisse aan hulle te maak nie. Die betrokke twee landdroste het ook ontken
dat enige van die beskuldigdes twee keer voor
hulle verskyn het. Daar is na my
mening niks in die getuienis van dié landdroste wat die verwerping van
hul weergawes sou
regverdig nie.
Die geleerde verhoorregter het, soos reeds
genoem, die polisiegetuienis met omsigtigheid oorweeg. Ek kan geen fout vind met
sy hantering
van die betrokke polisiegetuienis nie. Sy bevinding dat die
bekentenisse van die beskuldigdes toelaatbaar is
kan
55. kan na my mening derhalwe nie aangeveg word nie.
Die sleutelvraag wat
nou egter beantwoord moet word is of die skuldigbevindings van die betrokke
beskuldigdes regtens korrek was.
Dit gaan hier slegs oor die identiteit van die
misdadigérs en nie ook oor die pleeg van die misdade nie, want dat die
oorledene
inderdaad deur iemand verkrag en vermoor is en dat goedere uit haar
huis gesteel is, is nie in geskil nie.
Booi Adonis is 'n mededader en
daarbenewens nie in alle opsigte 'n bevredigende getuie nie. Daar is gevolglik
'n dubbele rede om sy
getuienis met versigtig= heid te benader. Die verhoorhof
het dit besef en die getuienis van Booi Adonis op daardie grondslag benader
en
deeglik oorweeg.
Die verhoorhof het na my mening tereg stawing vir Adonis se
getuienis gevind in diebekentenisse van beskuldigdes 2, 3, 4, 5, 6 en
8. Dit het
trouens ook tereg bevind dat daar, wat hul bekentenisse betref, vol= doen is aan
albei vereistes van art. 209 van die
Straf= proseswet, te wete, dat hul
bekentenisse nie alleen in wesenlike opsigte bevestig is nie maar ook dat daar
deur ander getuienis
as hul bekentenisse bewys is dat die
betrokke
56.
betrokke misdrywe inderdaad gepleeg is.
Die geleerde regter het in sy uitapraak op die meriete na my mening tereg
opgemerk dat waar daar stawing vir getuienis wat 'n beskuldigde
by die pleeg van
'n misdaad betrek, geverg word, daar beswaarlik beter stawing daarvoor kan wees
as 'n bekentenis deur so 'n beskuldigde
waardeur hy homself by die pleeg van die
betrokke misdaad inkrimineer.
Die verhoorhof het verdere wesenlike stawing
vir Adonis se getuienis in albei voornoemde opsigte gevind in die getuienis van
Hendrika
Joubert t.a.v. beskuldigdes 1, 2, 3, 6 en 7. Laasgenoemde beskuldigde
kan egter nou buite rekening gelaat word. Ten aansien van beskuldigde
no 1 is
haar getuienis al stawing vir Booi Adonis se bewering dat beskuldigde no 1 ook
aan die pleeg van die misdade deelgeneem het,
want hy is die enigste van die
beskuldigdes wat nie 'n bekentenis gemaak het nie.
Daar is vier hoofredes
waarom haar ge= tuienis met besondere versigtigheid bejeën moet word. Sy
het beskuldigde no.l nie tevore
geken nie, sy het hom in die nag en slegs met
behulp van maanlig uitgeken,
en
57. en geen uitkenningsparade is gehou waarop sy hom sou
kon uitwys nie,
en twee van haar broers was ook as ver=
dágtes aangehou. Hierdie is almal grondige oorwegings.
Die
verhoorhof was daarvan bewus en het hulle inaggeneem.
Dit is welbekende reg dat uitkennings=
getuienis om verskeie
redes nie altyd betroubaar is nie,
al is die uitkennende getuie heeltemal
eerlik, en dat
sulke getuienis besondere gevare inhou wat verg dat
dit baie sorgvuldig
benader en oorweeg moet word voor=
dat dit aanvaar word. Vide bv. R v
MPUTING 1960 (1) SA
785 (T) op 786 H - 789 H; S v MEHLAPE 1963 (2)
SA 29
(A) op 32 A - 33 B; S v MTHETWA 1972 (3) SA 766 (A) op
768
A-D; S v MLATI 1984 (4) SA 629 (A) op 632 F - 633 D;
en Hoffmann and
Zeffert : THE SA LAW OF EVIDENCE, 3de
uitgawe (1981) 478 - 479.
Die verhoorhof het besondere aandag gewel
aan die aanvaarbaarheid van
Hendrika Joubert se getuienis
en het tot die slotsom gekom dat sy 'n
geloofwaardige,
d.w.s. eerlike en betroubare, getuie was. Sy was sekerlik
so
58.
so naby aan die groep beskuldigdes dat sy 'n mens na wie
sy doelbewus gekyk het sou kon uitken in die lig van
die feitlik nog volle
maan. En sy het sò na hulle, in=
sluitend beskuldigde no 1, gekyk. Sy het hom aan sy
lengte, sy donkerbruin velkleur en sy gesig uitgeken.
Die verhoorhof het
haar aanvanklike verwarring aangaan=
de die nommers van die beskuldigdes in
ag geneem asook
die rede daarvoor en het bevind dat sy nogtans geglo
moet
word. In sy uitspraak het die geleerde regter
die hof se bevinding so
geformuleer:
"Ons is bewus van al hierdie kritiek teen haar getuienis, maar aan die einde van die dag is ons tevrede, as ons in-gedagte hou die besondere stewige en be= troubare indruk wat hierdie vrou gemaak het en die beslistheid en sekerheid waarmee sy beskuldigde no 1 hier in die hof uitgeken het, dat sy die waarheid gepraat het en 'n betroubare rekolleksie het van die feit dat sy no 1 daar gesien het."
Haar uitkenning van
beskuldlgdes 2, 3 en 6 is ewe eens
deur die verhoorhof aanvaar.
Tydens
59.
Tydens die beredenering van die appêl
is Hendrika Joubert se geloofwaardigheid aangeveg op 'n verdere grond nl. dat sy te kenne gegee het dat sy by"'n boompie" gestaan het toe sy die groep beskuldigdes by die put betrag het, térwyl kaptein Neethllng getuig het dat daar nie bome so naby aan die put was as waar sy gesê het sy sou gestaan het nie. Hy het egter nie van boompies of struike in daardie nabye omgewing ge= praat nie en Hendrlka het nie gaan uitwys presies waar sy gestaan het nie, en is noolt deur enigiemand gevra om dit te doen nie. Kaptein Neethling het egter wel soos volg getuig: "Ek sal sê waar sy beduie het, daar is bome in die bmgewing." Hierdie aspek was nooit tydens die verhoor deurtastend ondersoek nle en na my mening kan dit nle gesê word dat daar nie "'n boompie" was waar sy gestaan het nle. Daar is gevolgllk geen meriete in hierdie verdere beswaar teen haar geloof= waardigheid nie.
Flip
60.
Flip Heyns se getuienis oor die aanbod van die
goue horlosie aan hom deur beskuldigde no 8 is na verwys deur die geleerde
regter in
sy uitspraak, Alhoewel hy nie laat blyk het of die hof Flip Heyns ge=
glo het nie, is daar geen rede om daaraan te twyfel dat sy
getuienis inderdaad
aanvaar is nie. Bolsom het dus ook geldelike voordeel uit die pleging van die
misdade probeer put.
Soos reeds hierbo opgemerk, het die ver= hoorhof
getwyfel oor die waarheid van Booi Adonis se bewering dat hy en Charlie Bolsom
(beskuldigde
no 8) gedwing was om aan die misdade deel te neem. Die hof het
verdere regverdiging vir sy houding gevind en Gert Visser se bewering
dat dit
Adonis en Bolsom was wat agter die groep wat die "wit ding" gedra het, aangegaan
het. Nog Adonis in sy getuienis nòg
Bolsom in sy
bekentenis ...
61 bekentenis het egter beweer dat hulle by die opstal
agtergebly het en die groep later gevolg het Maar beskuldigde no 2, Japie
Samuels,
het in sy bekentenis, bewysstuk L, beweer dat hy en "Toensie"
(beskuldglde no 6, Abraham Koelman) kelder toe is toe die ander beskuldigdes
die
oorledene put toe geneem het en dat hulle twee later agter "die span"
aangehardloop het en by hulle aangesluit het net voordat
hulle die put bereik
het. Dit mag gevolgllk wees dat Gert Visser hom vergis het oor die identiteit
van die twee wat agter die groep
aangehardloop het. Die verhoorhof het nietemin
in Adonis se guns bevind dat dit wel so mag wees dat hy en Bolsom aanvanklik
onder
dwang by die groep aangesluit het en dat hy eers later "toe hy reeds in
die ding was ... met 'n redelike mate van oorgawe daaraan
deelgeneem het".
'n
Hof van appèl sal alleenlik met 'n skuldigbevinding deur 'n verhoorhof
inmeng as dit oortuig
is
62.
is dat die skuldigbevinding verkeerd is. Uit hoofde van die voorafgaande
breedvoerige uiteensetting is ek nie daarvan oortuig nie.
Ek is trouens tevrede
dat die skuldigbevindings regtens. korrek is. Booi Adonis se beskrywing van die
wyse waarop die misdade gepleeg
is word treffend gestaaf deur die toestand van
die lyk en die voorkoms van die toneel, selfs betreffende wat eintllk as die
fyner
besonderhede daarvan beskou kan word, soos bv sy latere getuienis dat twee
kussings gebruik was om die oorledene te demp en dat die
dek= selplaat van die
put só swaar was dat sewe van hulle
nodig was om dit te skuif. Maar
die bekentenisse van
die betrokke beskuldigdes en die getuienis van Hendrika Joubert
is die werklik kardinale stawing vir Adonis se getuienis
dat die
beskuldigdes die betrokke misdade gepleeg het.
Uit hoofde van die bogaande kan daar na
my oordeel gevolglik nie met die
skuldigbevindings inge=
meng word nie.
Dit
63.
Dit is nie nodig om wyd uit te wei oor die verhoorhof se bevinding dat
daar, wat dle moord betref, geen versagtende omstandighede
t.a.v. beskuldigdes
1, 2,
3
64.
3, en 6 (appellante 1-4) is nie. Daar is geen fout
daarmee
te vind nie. In S v MONGESI EN ANDERE 1981 (3) SA 204
(A) het Joubert
AR die volgende gesê op g07 C - 208 1ste reël:
"Die bewyslas om die bestaan van verság= tende omstandighede op 'n oorwig van waar= skynlikhede vas te stel, rus op 'n beskul= digde. Ten einde dit te kan doen, moet daar 'n feitebasis vir die Verhoorhof wees waarvan die bestaan van die versagtende dmstandighede afgelei kan word. (S v NDLOVU 1970 (1) SA 430 (A) te 433H.) 'n Versagtende omstandigheid is 'n baie wye begrip omdat dit dui op 'n feit of omstandigheid, aanwesig by die pleeg van die moord, wat die morele skuld, die ver= wytbaarheid, van die beskuldigde ten op= sigte van die dood van die oorledene verminder of minder laakbaar maak. (S v PETRUS 1969 (4) SA 85 (A) te 94 in fine-95A.) Die benadering wat deur 'n Hof in 'n bepaalde geval gevolg moet word by 'n ondersoek om die bestaan van versagtende omstandighede vas te stel, is deur hier= dle Hof soos volg neergelê:
(1) of daar omstandighede is wat op die geestesvermoëns of die gemoedstoes= tand van die beskuldige betrekking kon gehad het, indien wel (2) of sodanige omstandighede in die be= paalde geval die geestesvermoëns of gemoedstoestand van die beskuldigde subjektief beïnvloed het, en
(3) of die subjektlewe beinvloeding van
die
65.
die beskuldigde se geestesvermoëns
of gemoedstoestand van so 'n aard was
dat die beskuldigde se optrede ten
opsigte van die dood van die oorledene
volgens die objektiewe oordeel van
dle Hof daardeur minder laakbaar of
verwytbaar word. (S v BABADA 1964
(1) SA 26 (A) te 27H-28A; S v VAN
DER BERG 1968 (3) SA 250 (A) te 252
F-G.)
Dit is bekende reg dat dit in die eerste
plek 'n Verhoorhof se taak is om oor die
bestaan al dan nie van versagtende omstan=
dighede te beslis en dat die bevoegdheid
van hlerdie Hof om 'n Verhoorhof se bevind=
ing dat daar nie versagtende omstandighede
is nie te wysig streng beperk is. Soos
dit gestel is in S v BOWERS 1971 (4) SA
646 (A) te 649 A:
'Hierdie Hof kan alleen ingryp en sy eie mening vir dié van die Verhoorhof substitueer indien die Verhoorhof 'n mlstasting of ander onreëlmatigheld begaan het, of indien sy bevinding in die lig van al die getuienis be= oordeel, van so 'n aard is dat dit nie redelikerwyse daartoe gekom kon ge= wees het nie.'"
Dle betrokke beskuldigdes het, soos reeds
genoem, nie self aangaande die
bestaan aldan nie van
versagtende omstandighede getuig nie en het hulle
ver=
laat slegs op argumente deur hul advokate. Die hof het'
nogtans, soos
dit moet, gekyk "na die geheelbeeld van
die
66.
die getuienis en al die omstandighede omringend tot die pleging van die misdryf wat op elkeen [van die beskuldigdes] betrekking het". Daar is tereg gevind dat drank geen rol "by enige van hulle gespeel het toe hulle laat daardie aand die vrou verkrag en vermoor het nie". Die hof het tereg na my mening bevind dat daar ook nie in hulle ge= valle enige beïnvloeding deur hul mede-beskuldigdes om die moord te pleeg bewys is nie, maar dat hulle inteen= deel "gesamentlik as 'n groep op pad na hulle huise besluit het om liewer om te draai om by die dame se huis te gaan inbreek". Die feit dat een van hulle so 'n voorstel ge= maak het en dat die ander daarmee ingeval het is nie na my mening iets wat die morele verwytbaarheid van hul dade sonder meer kan verminder of versag nie. Die hof het ook tereg bevind dat alhoewel hulle nie lank tevore reeds oor hul optrede besluit het nie, dit nogtans oor= woë en beplande optrede was. Wat die ouderdomme van die betrokke beskuldigdes betref het die verhoorhof
die
67.
die volgende bevind:
"Daar is ook oor dle jeugdlgheid van die beskuldigdes deur elke advokaat namens elke beskuldigde gewag gemaak. Nr's 1, 2, 3 en 6 is volwasse manne. Hulle kom ons opsigtellk as geharde grootmense voor en kan in ons oordeel in geen sin as jeugdiges aangemerk word nie, alhoewel hulle maar net pas oor 20 is. In ons oordeel is hulle jeugdigheid wat hler aan= gemerk is, geen faktor om opsigself of in enlge sin as versagting te dien nie."
Daar is geen rede om van hierdie
oordeel te verskil nie.
Dit was 'n volgehoue en ulters ernstige geweldpleging
op die oorledene. Die wyse waarop dle oorledene beseer en in die put afgegool
is
laat geen ruimtevir'n bevinding dat die beskuldigdes nle haar dood as hul
direkte doel beoog het nie. Die opsetvorm van dolus eventualls is
gevolglik nie hier ter sprake nie.
Die moord is een van die kwade gevolge van
'n inbraak wat minstens weens hebsug gepleeg is. Daar is geen suggestie dat die
beskuldigdes
deur brood=
gebrek
68.
gebrek of geldnood daartoe beweeg is nie. Hulle het trouens
ook vir wyn gaan soek.
Na my oordeel is dit gevolglik duidelik dat daar geen
sprake van versagtende omstandighede in die geval van beskuldgdes 1, 2, 3 en
6
kan wees nie. Die verhoorhof was derhalwe verplig om die doodstraf aan hulle op
te lê vir die moord.
Die doodstraf wat aan hulle vir die verkragting
opgelê is verg 'n ander benadering. Dit was 'n vonnis waarop die geleerde
regter
in die uitoefen= ing van sy diskresie besluit het. Dit is ge= ykte reg
dat hierdie Hof met so 'n vonnis sal inmeng
alleenlik indien dit oortuig is
dat dit verkeerdelik opgelê is, of anders gestel, "dat hierdie Hof op
appèl daarvan oortuig
(is) dat die uitoefening van die diskresie op
onbehoorlike of onredelike wyse geskied het" - per Botha AR in S v
PIETERS 1987 (3) SA 717 (A) op 728 B-C.
By die besluit of die doodstraf vir die
verkragting ...
69.
verkragting in hierdie geval aan die betrokke beskuldiges
opgelê behoort te word het die geleerde regter gesê dat in sy
oordeel "val hierdie verkragting in die ernstigste moontlik denkbare kader van
seksuele aanranding op 'n vrou." Dit is baie sterk
gestel. Uit hoofde van die
grusame beserings aan die oorledene, veral van dié aan haar
geslagsorgane, en met inagneming van
hoe die be= skuldigdes met haar te werk
gegaan het,is ek genoop om te bevind dat die geleerde regter grondige redes vir
sy siening
gehad het. En die toets van dle sg. "uit= erste geval" by die
oorweging of 'n doodstraf vir ver= kragting opgelê 'n gepaste
vonnis is
aldan nie, is in elk geval deur Rabie HR oorboord gegooi in S v TSHOMI EN 'n
ANDER 1983 (3) SA 662 (A) op 666 C-end.
Die geleerde verhoorregter het
nie uit= druklik oorweging geskenk aan 'n lang termyn van gevange= nisstraf as
'n gepaste alternatiewe
bestraffing nie. Dit beteken egter nie dat hy inderdaad
nie oorweging
daaraan
70.
daaraan geskenk het en daarteen besluit het nie. Die
oorweging dat so 'n
termyn van gevangenisstraf moontlik
nie 'n opvallend onaanvaarbare vonnis sou
gewees het nie
is ook nie beslissend nie. Vide: S v PIETERS,
supra,
op 728 I - 729 F. In daardle saak het Botha AR "die
grondbeginsel
wat alle appèlle teen vonnis beheers"
soos volg op 727 F - 728 C
toegelig:
"Met betrekklng tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklem= toon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis omdat dit so is kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van 'n Verhoor= regter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike of redellke wyse uitgeoefen het nie. Om dit andersom te stel: daar is ruimte vir hierdie Hof om 'n Verhoorregter se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorllke of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbegin= sel wat alle appelle teen vonnis beheers. Met die toepassing van daardie beginsel in indivlduele gevalle word daar in die uitsprake van hierdle Hof van tyd tot tyd verskillende toetse, hulpmiddels en maat= stawwe geformuleer en aangewend om, na
gelang
71.
gelang van die besondere omstandighede wat onder behandeling is, te
bepaal of ingryping geregverdig sou wees. Wat dlt betref, is daar
soms verskille
in die bewoording wat in verskillende uit= sprake aangetref word. Sulke
verskille moet met omsigtlgheld benader word,
want dit sou verkeerd wees om -
soos advokate te dikwels genelgfis om te doen - 'n oën= skynlik algemene
stelling, wat toepaslik
is in die samehang van dle besondere feite wat behandel
word, uit die verband van 'n uitspraak as geheel te neem en te probeer, amper
asof dit die krag van 'n statutêre voorskrif hetof'n wet van Mede en Perse
is, om dit op 'n andersoortige stel feite toe te
pas waarop dit in der waarheid
nie toepasllk is hle. Dlt is daarom dat.ék hierbo weer eens dle grond=
beginsel beklemtoon
het: per slot van sake is dit daardie beginsel wat uitein=
delik en altyd van deurslaggewende beiang is. In verband met daardie beginsel
sou ek nog ne.t een verdere oorweging wou by= voeg. Hlerbo het ek verwys na
gevalle waar 'dit blyk' dat die Verhoorregter sy diskresie
op 'n onbehoorlikeof
onredelike wyse uitgeoefen het. Dit moet verstaan word in die sin dat hlerdie
Hof op appél daarvan oortuig
moet wees dat die uit= oefenlng van die
diskresie op onbehoor= like of onredelike wyse geskied het. Na my mening spreek
dit eintllk
vanself, want, juis omdat hierdie Hof nie sonder meer 'n eie
diskresie het om uit te oefen nie, sou daar sonder sodanige oortuiging
geen vol=
doende rede bestaan om in te gryp nie."
Ter
72.
Ter samevatting van sy oorsig het Botha AR die volgende gesê op 735 H-J:
"Terselfdertyd is dit noodsaaklik om weer eens te beklemtoon dat die uitein= delike, deurslaggewende vraag steeds bly: kon die Verhoorregter redelikerwyse die doodstraf opgelê het? Dit sou gevolglik alleenlik sin hê vir hierdie Hof om 'n bevinding te boekstaaf dat hy in die eerste instansie nie die doodstraf sou opgelê het nie, indien die omstandighede van die saak van so 'n aard is dat daardie bevinding aanleiding gee tot die verdere bevinding dat hierdie Hof oortuig is daar= van dat die Verhoorregter nie redeliker= wyse die doodstraf kon opgelê het nie. In die afweslgheid van sodanige verdere bevinding sou dit onnodig en selfs on= wenslik wees vir hierdie Hof om hom uit te laat oor watter vonnis hy in die eer= ste instansie sou opgelê het."
Verkragting is uiteraard 'n ernstige en
vernederende vergryp teen 'n vrou.
Weens die skade en
lyding wat dit aan die slagoffer berokken, is dit
'n
misdaad wat in alle beskaafde gemeenskappe met afkeer
bejeën en
gedug bestraf word. Maar soos in die geval
van feitlik alle ander misdade is
daar groot verskille
in
73.
in die wyse waarop dit gepleeg kan word en dus ook wat die erns daarvan
betref.
In dle onderhawige geval was dit 'n veel = vuldlge bendeverkragtlng
("gang rape") wat met groot gepaardgaande geweld en wreedheld
op 'n weerlose en
kreupele ou dame gepleeg is. Die verhoorhof het gemeen dat sy reeds dood was
tydens dle tweede verkragting. Daardie
slenlng is gegrond op die redelik
tentatiewe menlng van Dr Muller. Maar die hof het klaarblykllk Hendrlka Joubert
se getuienis uit
dle oog verloor dat die vrou (d.w.s. die oorledene) nog by die
put lê en kreun het en gevolglik toe nog lewend was, asook dié
van
Booi Adonis dat sy nog gelewe het toe sy in die put afgegooi is. Hoe dit ookal
sy, dit was nogtans 'n grusame en wrede verkragting,
selfs al moet dit beperk
word tot wat in haar slaapkamer aan haar gedoen was.
As ek derhalwe aan
myself dle vraag stel of die verhoorregter redelikerwyse die doodstraf kon
opgelê
74. opgelê het moet my antwoord na my beskeie mening be= vestigend
wees. Daar is gevolglik geen gronde waarop daar regtens met
die doodvonnis aan
die beskuldigdes vir die verkragting opgelê ingemeng kan word nie.
Met
die vonnisse aan beskuldigde no 8 opgelê is dit egter anders gesteld. Die
kumulatiewe effek van die vonnisse aan hom vir
die moord en ver= kragting is 10
jaar gevangenisstraf, en saam met dié vir die inbraak en diefstal,
10½ jaar.
Die geleerde Regter het weliswaar na my mening tereg bevind
dat Adonis sy vriend Bolsom tot 'n mate wou beskerm en sy getuienis vir
daardie
doel in sy guns aangepas het. Maar Bolsom was n kind van/ slegs 14 jaar toe hy
die misdade gepleeg het. Om aan so n jong
kind 'n effektiewe vonnis van 10½
jaar tronk= straf op te lê is 'n heel uitsonderlike bestraffing. Indien 'n
mens, gedagtig
aan die oneindige skakerings van menslike boosheid, moet aanvaar
dat daar denkbaar
redes
75.
redes mag wees wat só 'n bestraffing kan regverdig, is
sulke redes nietemin nie in die onderhawige geval te
vind nie.
By vonnisoplegging het die geleerde
regter inderdaad faktore wat
'n sterk strafversagtende
uitwerking het, in ag geneem ten gunste vah
beskuldigde
no 8 maar nietemin op die voormelde bestrafflng besluit.
Die
redes daarvoor het hy soos volg uiteengesit:
"BESKULDIGDE NR 8, jy was maar 14 jaar oud toe jy hlerdle ding gedoen het. Maar nou moet ek dadelik sê dat 'n 14-jarige seun genoeg verstand het om baie goed te besef, veral die mlsdrywe wat jy gepleeg het, hoe verkeerd dit is. Dit is so dat jy klaarblyklik as jongste lid van die groep beïnvloed was deur die res en nie net beïnvloed nle, maar dat daar 'n hoë mate van druk aan die begin op jou ge= plaas was. Dit het ons uit die getuie= nis'van jou vriend Adonis. Maar dit was, soos ek reeds vroeër in my uitspraak ge= sê het, ook vir ons duidelik dat alhoewel daar aan die begin waarskynlik druk was, julle twee bale lustig saamgedoen het toe julle eers op stryk gekom het. Ek het dit oorweeg, soos die proefbeampte aanbeveel, om jou na 'n verbeteringskool
te
76.
te stuur, maar myns insiens sal dit nie genoegsame sensuur wees vir jou optrede nie. In elk geval het jy nie 'n lang geskiedenis van misdadigheid voor jou nie. Verder is ek as Regter van hierdie hof bewus daarvan dat daar gedurig te enige tyd groot getalle mense wat na verbe= terlngskole gekommitteer is, ontsnaptes is en in die samelewing rondloop om verder kwaad te doen. Ek is ook bewus van die feit dat bende-aktiwiteite en aan= sporing tot misdadigheid tot feitlik net so 'n mate in die verbeteringskool botvier as wat dit in die tronke doen. Ek sien nie kans om die kans te vat dat 'n man wat gedoen het wat jy gedoen het, dat jy miskien ook maar soos die ander, want dit is blykbaar maklik om uit 'n verbeter= ingskool weg te loop, feitlik na wille= keur sal wegloop en dat jy, met reeds 'n moord en 'n verkragting feitlik tot dode toe op jou kerfstok, jouself binne= kort in die gemeenskap begewe nie. Ek neem al jou omstandighede in ag, jou jeugdigheid en die faktore wat ek hierbo genoem het."
Charlie Bolsom is gebore op 25 Maart 1971
volgensdiewebsynsverslag oor hom
wat deur 'n proefbeampte,
Mnr E W Titus, opgestel is en by ooreenkoms tussen
die
partye as bewysstuk ingehandig is. Daardie datum is
geensins
77.
geensins deur enigiemand in twyfel getrek nie. Bolsom
was gevolglik 14
jaar en 9 maande ten tyde van die
pleeg van die misdade. Alhoewel die geleerde Regter
korrek was in sy opmerking dat 'n 14-jarige seun genoeg
verstand het om te
besef dat dit verkeerd is om misdrywe
soos dié hier ter sprake te pleeg, het hy blykbaar
Rumpff HR se
opmerkings in S v LEHNBERG EN 'n ANDER
1975 (4) SA 553 (A) op 561 A
uit die oog verloor, te
wete:
"Vanselfsprekend is daar grade van vol= wassenheid by tienderjariges, maar uiter= aard het geen tienderjarige die rypheid van 'n volwassene nie. Jeugdigheid is onvolwassenheid, gebrek aan lewenserva= ring, onbesonnenheid, en veral 'n geestes= toestand van vatbaarheid vir beïnvloed= ing, veral deur volwassenes."
Al is 'n 14-jarige seun
reeds tot mlsdaad in staat, sal
hy weens sy onrypheid dikwels nie oor die
insig, self=
beheersing en oordeel beskik om homself daarvan te
weerhou
nie. Dit sal veral die geval wees waar hy
deur ouer persone ten kwade
beïnvloed word. In weerwil
van
78
van die geleerde regter se bevinding dat beskuldlgde
no 8
aldus beïnvloed was, het hy nogtans nie gehoor
gegee aan die
proefbeampte, Mnr Titus, se aanbeveling
dat Bolsom na 'n verbeterlngskool
verwys word nie. Die
proefbeampte se aanbeveling was in die volgende
terme
(bewysstuk W, paragraaf 10.7 en 10.8):
"Wanneer daar op die aard van die mis= daad, die beskuldigde se jeugdlge ouder= dom asookdie feit dat dit sy eerste oortreding is, gelet word, blyk dit dat verwysing na 'n Verbeteringskool as ge= paste vergeldings- en hervormingsmaat= reël aangewend kan word. Die beskuldigde sal sodoende aan konse= kwente dlssiplinêre maatreëls onderworpe wees asook die geleentheid gebied word om hom beter te bekwaam vlr die ope ar= beidsmark om hom sodoende tot 'n meer sosiaal aanvaarbare leefwyse te motiveer."
Die skepping van verbeteringskole vir
die aanhoudlng van veroordeelde
jeugdigesis.klaarblyklik
te wyte aan die besef dat sulke instelllngs 'n
minder
skadelike inwerking op jeugdiges het as tronke. Die
geleerde regter
het dit blykbaar "besef, soos afgelel
kan
79. kan word van sy opmerking "dat bende-aktlwiteite en aansporing
tot misdadigheid tot feitlik net ,so 'n mate in die verbeteringskool
botvier as
wat dit in die tronke doen". Daardeur gee hy heel duidelik te kenne dat al=
hoewel sulke skadelike aktiwiteite ook in
verbeterlng= skole voorkom, dieselfde
vlak darem nie daar bereik word as in gevangenisse nie.
Wat egter by die
geleerde regter die meeste getel het was klaarblyklik sy bewustheid van dle
omvang van ontsnappings uit verbeteringskole.
Die mate van die geleerde regter
se kennis daaromtrent soos deur homself beskryf, regverdig na my mening nie sy
gevolgtrekking dat
dit blykbaar maklik is om feitlik na willekeur van
verbeteringskole weg te loop nie. Vir doeleindes hiervan aanvaar ek egter die
betroubaarheid van sy inligting dat ontsnappings
uit verbeteringskole gereeld
voorkom en dat hy van sy kennis daarvan as regter gebruik kon maak. Die feit van
sulke ontsnappings
is
80
is egter na my mening nie 'n genoegsame rede om so 'n jong persoon soos
beskuldigde no 8 tronk te stuur nie. Ontsnappings mag wel
meer dikwels in verbe=
teringskole as in tronke voorkom, maar is nogtans dáár ook 'n
redelik bekende verskynsel waarvan
die be = staan van die "Airforce" tronkbende
(die wat "wegvlieg") so
duidelik
81.
duidelik getuig. In 'n verbeteringskool kom 'n veroor= deelde jeugdige gewoonlik met minder ervare en minder geharde misdadigers in aanraking as in die tronke, In 'n verbeteringskool is hy in die geselskap van mede-jeugdiges, in die tronke is hy in die geselskap van volwassenes, vele waarvan reeds geharde en deurtrapte misdadigers is. So 'n omgewing is uiteraard meer be= nadelend vir 'n jeugdige as dié van 'n verbeteringskool. Die geleerde regter se aandag was heel= waarskynlik nie gevestig op die saak van S v THERON 1986 (1) SA 884 (A) nie. Daar het Botha AR gehandel met die bestraffing van 'n persoon wat aan 'n verkragting, wat hy 18 jaar tevore op 16-jarige ouderdom gepleeg het, eers in Augustus 1984 skuldig bevind was. Na aanlelding van die verhoorregter se mening dat indien die beskuldigde in 1966 tereggestaan het hy waarskyn= lik 'n periode van gevangenlsstraf opgelê sou gewees het, het die geleerde Appèlregter op 897 F-G die volgende
gesê:
82.
gesê:
"Geoordeel bloot aan die hand van die beskikbare inligting, is ek van mening dat dit onwaarskynlik is dat die appel= lant, as 'n seun van sê 16 jaar, gevange= nisstraf opgelê sou gewees het, vanweë die welbekende en verstaanbare ongeneent= heid van regterlike amptenare om kinders bloot te stel aan die nadele van tronk= straf. Die voor-die-hand-liggende en waarskynlike wyse van optrede teenoor die appellant sou gewees het om hom na 'n verbeterlngskool te verwys."
Na my mening behoort
beskuldide no 8 ongetwyfeld na 'n verbeteringskool verwys te gewees het. Die
geleerde regter het gevolglik fouteer
deur hom tronkstraf op te lê, want
'n ontkennende antwoord moet in hierdie geval gegee word op die vraag of die
geleer= de
regter redelikerwyse die vonnis van gevangenisstraf kon opgelê
het.
Die koeël is nou egter as't ware deur die kerk omdat Bolsom reeds
vir meer as 'n jaar in die gevangenis is en dit nie meer enige
nuttige doel sal
dien om hom nou na 'n verbeteringskool te verwys nie.
Weens
83.
Weens die oorwegings waarna hierbo ver= wys is, meen ek egter dat 'n effektiewe vonnis van 10½ jaar gevangenisstraf in hierdie geval skokkend onvanpas is, selfs met inagneming van die ernstige en grusame misdade waaraan beskuldigde no 8 aandadig was. Daar is geen suggestie dat hy die misdade uit "inherente boosheid" gepleeg het nie. Hy was tot 'n mate die slagoffer van omstandighede. Die geleerde regter het inderdaad be= vind dat hy aanvanklik by die groep booswigte aange= sluit het weens die "hoë mate van druk" wat deur som= mige van hulle op hom geplaas is, en dat hy daarna onder invloed van die lede van daardie groep "lustig saamgedoen het". Sy strafwaardlgheid behoort bepaal te word met insigryke begrip vir die kwesbaarhede voortsprultend uit sy onvolwassenheid.
Toe hy gevonnis is was hy nog onder 16 jaar. Hy kon derhalwe ingevolge die bepalings van art. 290(1)(d) van die Strafproseswet verwys gewees
het
84.
het na 'n verbeteringskool, waar hy ingevolge
art.
291(1)(a) sou moes bly totdat hy die ouderdom van 18 jaar bereik het. Hy
sou gevolglik vir ietwat meer as 2 jaar in aanhouding gebly
het. Weens die aard
van sy oortredings en die omstandighede waaronder hulle gepleeg was, is dit
hoogs onwaarskynlik dat hy voor bereiking
van daardie ouderdom vrygelaat sou
gewees het. Diè aanhoudingstydperk van 2 jaar behoort na my oordeel as
maatstaf te dien
vir dle bepaling van die tydperk van sy werklike aanhouding in
'n gevangenis. Maar om hom na vrylating te help om nie weer in misdadigheid
te
verval nie, behoort die spreekwoor= delike Swaard van Damocles oor sy kop gehou
te word in die vorm van bykomstige opgeskorte
tydperke van ge= vangenisstraf.
Hierdie doel sal bereik word deur die vonnisse opgelê vir die inbraak en
diefstal in die geheel
voorwaardelik op te skort, 3 jaar van elk van die
vonnisse opgelê vir die moord en verkragting ook
voorwaardelik ...
85.
voorwaardelik op te skort en te beveel dat die onop= geskorte
gedeeltes van laasgenoemde twee vonnisse saamlopend uitgedien moet word.
Dit sal
tot gevolg hê dat beskuldigde no 8 dan 'n effektiewe tydperk yan 2 jaar
tronkstraf opgelê word.
Geen betoë is namens die ander appellante
aan ons gerig m.b.t. die vonnisse aan hulle opgelê vir die huisbraak en
diefstal
nie. Daar is na my mening geen fout met daardie vonnisse te vind
nie.
Die volgende bevele word gemaak:
1. Die appelle van appellante 1 tot 4 word afgewys. 2. (a) Die appèl van die vyfde appellant teen die
vonnisse aan hom opgelê slaag gedeeltelik. (b) Daardie vonnisse word soos volg gewysig: Klagte 1:
3 Maande gevangenisstraf, wat in die geheel vir 'n tydperk van 4 jaar opgeskort word op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan die misdryf van huisbraak gepleeg binne die tydperk van die opskorting nie. Klagte 2:
5 .
86.
5 Jaar gevangenisstraf, waarvan 3 jaar opgeskort word vir n tydperk van 4
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan die misdryf
van verkragting gepleeg binne die tydperk van opskorting nie. Klagte
3:
3 Maande gevangenisstraf, wat in die ge= heel opgeskort word vir 'n
tydperk van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word aan
die misdryf van diefstal gepleeg binne die tydperk van opskorting nie. Klagte
4: 5 Jaar gevangenisstraf, waarvan 3 jaar opgeskort word vir 'n tydperk van
4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan die misdryf
van moord of aan enige ander misdryf waarvan aanranding element is en waarvoor
hy gevonnis word tot gevangenisstraf
sonder die keuse van 'n boete,gepleeg binne
die
tydperk ......
87. tydperk van opskorting nie. 3. Dit word beveel dat die
onopgeskqrte gedeeltes van die vonnisse aan die beskuldigde opgelê
op
Klagtes 2 en 4 saamlopend uitgedien word.
M T STEYN,AR
HEFER, AR)
SMALBERGER, AR)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/44.html