![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
394/87
HENDRIK MOTHLE PETRUS DUBE
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
394/87
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
HENDRIK MOTHLE Eerste Appellant
PETRUS
DUBE Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM:
JANSEN, SMALBERGER, ARR, et KUMLEBEN, Wn AR
VERHOORDATUM: 23 FEBRUARIE 1988
LEWERINGSDATUM: 30 MAART 1988
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die twee appellante is in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling deur
STRYDOM, R, en twee assessore skuldig
bevind /
2 bevind aan roof met verswarende omstandighede (klagte 1) en
poging tot moord (klagte 2). In die uitoefening van sy regterlike diskresie
het
die verhoorregter albei appellante op klagte 1 ter dood veroordeel; op klagte 2
het hy hulle elk h vonnis van 12 jaar gevangenisstraf
opgelê. 'n
Mede-beskuldigde, ene Johannes Nkosi ("Nkosi") is as h medepligtige skuldig
bevind aan roof met verswarende omstandighede.
In sy geval is h vonnis van 10
jaar gevangenisstraf opgelê. Verlof aan die twee appellante om appel aan
te teken, is deur die
verhoorregter geweier. Hulle kom nou, met verlof van
hierdie Hof, in hoër beroep teen beide hulle skuldigbevindings
lant, h aansoek om heropening van die saak. Na hierdie
aansoek /
3 aansoek sal daar later weer verwys word.
Die gebeure wat
tot die klagtes teen die appellante aanleiding gegee het, het hulle op die
namiddag van 8 Oktober 1985 te Einel Supermark,
Tweefontein, afgespeel. Die
klaer, ene Smith, wat in diens was van Maizecor as 'n verkoopsverteen=
woordiger, het in die loop van
die betrokke dag by verskeie ondernemings
aangedoen om bestellings te neem en geld in te vorder. Hy was vergesel van
Nkosi, wat as
sekuriteitswag diens gedoen het. Hulle het in 'n wit Toyota
Cressida voertuig gereis. Met hulle aankoms by Einel Supermark het Smith
die
winkel binnegegaan. Hy het sy briewetas, wat nagenoeg
Nkosi het by die deur van die winkel biy staan, oënskynlik op
wag /
4 wag. Nadat hy sy besigheid afgehandel het, het Smith na sy
voertuig teruggekeer. Toe hy by die voertuig kom, het 'n hou hom agter
die kop
getref, en is daar gepoog om sy briewe= tas uit sy hand te ruk. Smith en sy
aanvaller is toe in 'n stoeiery om besit van
die briewetas gewikkel. In die loop
daarvan skiet sy aanvaller hom met 'n vuurwapen. Die skoot tref vir Smith in sy
buik. Nadat Smith
geskiet is, slaag sy aanvaller daarin om die briewetas by hom
af te neem. Hy het ook daarin geslaag om die sleutels van Smith se
voertuig uit
laasgenoemde se baadjiesak te verwyder. Terwyl hierdie gebeure plaasgevind het,
het Nkosi op die stoep bly staan. Daar
was 'n persoon wat by Nkosi gestaan het
en wat voorgegee
het om hom vas te hou. Nadat Smith van sy briewetas
beroof
is/
5 is, het sy aanvaller en dié ander persoon in die Toyota
voertuig gespring en daarmee weggery. Niemand anders op die toneel
was by die
gebeure betrokke nie. As gevolg van sy beserings het Smith 'n tydperk in die
hospitaal deurgebring, en moes hy twee operasies
ondergaan. Smith was nie in
staat om òf sy aanvaller òf die ander persoon op die toneel uit te
ken nie.
Voordat ek die gevalle van die twee appéllante behandel, wil
ek kortliks iets oor Nkosi se skuldigbevinding sê. Daar
is deur die
verhoorhof bevind dat hy medepligtig was tot die roof. Hierdie bevinding berus
hoofsaaklik op 'n bekentenis wat Nkosi
aan luitenant Viljoen van die
Suid-Afrikaanse polisie afgelê het. Die toelaatbaarheid van hierdie
bekentenis is
sonder /
6 sonder sukses by die verhoor aangeveg. Dit blyk uit sy
bekentenis dat Nkosi met twee persone, by name Jerry en Elias, saamgespan
het om
die klaer te beroof. Jerry en Elias het nie self die roof uitgevoer nie, maar
twee van hulle bondgenote gestuur om dit te
doen. Nkosi het op die toneel met
hulle saamgewerk, en die skyn probeer wek dat hy deur die een persoon in bedwang
gehou is terwyl
die ander die klaer beroof het. Nkosi se pistool is ook van hom
geneem. Later het Nkosi R500-00 van Jerry en Elias ontvang as sy
deel van die
buit. By sy verhoor het Nkosi op leuenagtige wyse gepoog om sy beken= tenis af
te water. Hy het in sy getuienis die
eerste appel = lant uitgewys as die persoon
wat die klaer geskiet en beroof het. Hy kon blykbaar aanvanklik nie die ander
persoon
uit ken
nie /
7 nie. Later het hy egter beweer dat dit een van die Staats=
getuies, May Mokone, was. Hy het deurgaans ontken dat die
betrokke persoon die tweede appellant was. Die rede waarom
Nkosi op die
poging tot moord aanklag onskuldig bevind is, is
omdat die verhoorhof twyfel gehad het of Nkosi hom met die
gebruik van 'n vuurwapen tydens die roof vereenselwig
het.
Volledigheidshalwe kan gemeld word dat Nkosi beskuldigde 1 by
die
verhoor was; die twee appellante was onderskeidelik
beskuldigdes 2 en 4.
Elias (Mtsweni) sou beskuldigde 3 ge=
wees het, maar het voor die verhoor die
wyk geneem. Die per=
soon Jerry het voor die verhoor te sterwe gekom.
Die getuienis teen die eerste appellant het uit die
volgende bestaan. Eerstens, sy oorhandiging aan die polisie, kort na
sy /
8
sy inhegtenisneming, van die pistool wat op die dag van die
roof uit Nkosi se besit geneem is; tweedens, h verklaring
wat hy die volgende dag voor 'n landdros afgelê het; derdens,
sekere
uitwysings wat hy aan luitenant Theron gemaak het;
vierdens, die getuienis
van Nkosi dat die eerste appellant
die persoon was wat die klaer aangeval,
geskiet en beroof het.
Die eerste appellant het nie getuig nie.
Die eerste appellant se verklaring lui soos
volg:-
"Mnre. Jerry Magubane en Elias Mtsweni het na my toe gekom. Hulle was saam met 'n ander onbe= kende persoon. Aangesien ek % huurmotor eienaar is het hulle my genader i.v.m. vervoer. Hulle wou na Kwaggafontein toe gaan. Ek het gesê hulle moet wag tot na 9h00. Hulle het toe gesê dat hulle my die volgende dag sou kom sien. Hulle het met Jerry Magubane se kar gery. Hulle
het /
9
het nie die volgende dag gekom nie maar die daaropvolgende week. Hulle het my gevra en ek het hulle per huurmotor na Kwaggafontein geneem. In Kwaggafontein het ons na Elias se huis gegaan. Daarna ongeveer 2 nm het ons gery na n huurmotor= standplaas en die drie (3) het afgeklim. Hulle het naby 'n restuarant afgeklim en vir my 'n plek uitgewys waar ek vir hulle moes wag. Hulle is toe na die restaurant toe. Terwyl ek gewag het het ek gehoor dat mense skree. Ek het omgekyk en gesien dat die drie (3) aangehardloop kom van die mielieland af. Hulle het ingeklim en ek het gery. Hulle het saamgery tot in Mamelodi. In Mamelodi het hulle my R500,00 kontant gegee. Hulle het 'n plastiese sak by hulle gehad. Ek het hulle toe by C4 by 'n winkel afgelaai. Die volgende dag terwyl ek besig was om mense werk toe te vervoer het ek vir Jerry Magubane en Elias en Johannes by die winkel waar ek hulle die vorige dag afgelaai het gekry. Daardie aand het Elias en Jerry na my gekom en 'n vuurwapen vir my gegee om vir hulle te bêre. Later is ek beskuldig dat ek daar by Kwaggafontein iemand sou geskiet het. Dit is hulle wat die persoon geskiet het en nie ek nie.
Die drie /
10
Die drie (3) mans hulle het twee (2) viiurwapens in hulle besit gehad voordat ons Kwaggafontein toe gery het. Jerry en Elias het elkeen 'n vuurwapen gehad."
Soos blyk uit sy verklaring, ontken die eerste
appellant dat hy ooit op
die werklike toneel van die roof was.
Aan luitenant Theron het hy uitgewys
waar. hy die persone,
waarna in sy verklaring verwys is, afgelaai het, en
waar hy
vir hulle gaan wag het en later weer opgelaai het. Hy het
geen
uitwysings op die rooftoneel self gedoen nie. Die uit=
wysing van die pistool
strook met die inhoud van sy verklaring.
Die enigste getuienis wat die eerste
appellant met die gebeure
op die rooftoneel verbind, en in besonder die skiet
van die
klaer, is dié van Nkosi. In dié verband sê die
verhoorhof in
sy uitspraak:
"Die /
11
"Die feit is verder teen hom dat beskuldigde 1, wie se getuienis ons verwerp waar hy probeer om sy bekentenis af te water, maar geen goeie rede vind om te verwerp so ver dit die uitwysing van beskuldigde 2 as die rower en skieter van Smith betref nie (sic). Ons aanvaar beskuldigde 1 se getuienis dat beskuldigde 2 die man was wat Smith aangeval, geskiet en van sy tas en sleutels beroof het."
Die verhoorhof het geen redes verstrek waarom
Nkosi se uitkenning van die
eerste appellant as die persoon
wat die klaer geskiet en beroof het, aanvaar
is nie. Die
feit dat daar geen goeie rede bestaan het om Nkosi se
getuie=
nis in dié verband te verwerp nie, is op sigself geen rede
om
sy getuienis sonder meer te aanvaar nie. Nkosi was 'n mede=
pligtige.
Die verhoorhof het bevind dat hy in sekere opsigte
'n leuenagtige getuie was.
Gevolglik moes sy getuienis met die
nodige / ....
12 nodige omsigtigheid benader word. Dit wil voorkom asof
die verhoofhof twee belangrike aspekte van sy getuienis oor die hoof gesien
het
- aspekte wat die betroubaarheid van sy uitkenning van die eerste appellant
wesenlik raak. Eerstens, het hy valslik beweer dat
die Staatsgetuie May Mokone
die ander persoon op die rooftoneel was; tweedens, het hy valslik
ontken dat
daardie ander persoon die tweede appellant was. Volgens Nkosi was die tweede
appellant aan hom bekend, en sou hy hom kon
uitgeken het as hy op die rooftoneel
was (veral as hy die persoon was wat langs hom gestaan het). Soos later sal
blyk, is daar afdoende
bewys dat die tweede appellant wel een van die twee
persone op die rooftoneel was. Nkosi het dus 'n opsigtelike leuen vertel,
klaarblyklik
om die tweede
appellant /
13 appellant te beskerm. Dit maak sy getuienis aangaande wie
op die rooftoneel was baie verdag. Daarbenewens, indien die eerste appellant
wel
die persoon was wat die klaer geskiet het, sou redelikerwys verwag word dat hy
in besit sou gebly het van die pistool waarmee
die klaer geskiet is. Dog word hy
in besit van Nkosi se pistool gevind. Na aanleiding van die oorwegings waarna
verwys is, behoort
daar aansienlike twyfel by die verhoorhof te bestaan het oor
Nkosi se uitkenning van die eerste appellant, en behoort sy getuienis
in
dié verband nie aanvaar te geword het nie. Die eerste appellant se skuld
moet gevolglik beoordeel word aan die hand van
die verklaring wat hy gemaak het,
wat deel uitgemaak het van die Staat se saak teen hom. Ofskoon die verklaring
nie in alle
opsigte /
14 opsigte met die bewese objektiewe feite ooreenkom nie, raak
die afwykings nie die wese of aanvaarbaarheid van die verkla= ring
nie, en kan
dit dien as basis vir die oorweging van die eerste appellant se skuld.
Die
verklaring kom hierop neer. Die eerste appellant het drie persone, o a Jerry en
Elias, na die roof= toneel vervoer. Hy was daarvan
bewus dat twee van hulle in
besit van vuurwapens was. Hy het hulle 'n ent van hulle bestem= ming afgelaai,
en op 'n ander plek, weg
van die toneel, vir hulle gaan wag. Hierdie optrede is
op sigself uiters verdag. Terwyl hy wag hoor hy hoedat mense skree. Die drie
persone het later aangehardloop gekom, en in sy voertuig geklim. Hulle het "'n
plastiese sak" by hulle gehad. Hy neem hulle toe na
Mamelodi /
15 Mamelodi, waar hy hulle afgelaai het. Daar word R500-00
aan hom oor= handig-'n buitensporige bedrag as dit bloot vergoeding was
omdat hy
hullevervoer het. Later word 'n vuurwapen deur Jerry en Elias aan hom oorhandig
wat hy gewilliglik gaan versteek. Hierdie
feite regverdig net eenafleiding
(veral in die afwesigheid van enige verdere toeligting aan die kant van die
eerste appellant), naamlik
dat die eerste appellant daarvanbewus was dat hulle
op 'n rooftog was, hom ten volle daarmee ver= eenselwighet, en ook later in die
buit gedeel het. Aangesien hy daarvan bewus was dat die persone wat die roof sou
uitvoer in besit van vuurwapens was, is die afleiding
onvermydelik dat hy
subjektief die moontlikheid voorsien het dat die vuurwapens gebruik kon word om
die slagoffer van die roof te
beseer, noodlottig of andersins. Met hierdie
moontlikheid het hy hom versoen.
Hy is /......
16 Hy is dus regtens mede-verantwoordelik vir wat op die
toneel plaasgevind het, en is hy gevolglik tereg skuldig bevind aan beide
roof
(met verswarende omstandighede) en poging tot moord.
Dit sal gerieflik wees
om op hierdie tydstip die eerste appellant se aansoek om heropening van die saak
kortliks te behandel. Die
aansoek is gegrond op 'n verklaring wat Nkosi op 10
Maart 1987 (d w s na die verhoor) te Baviaanspoort Gevangenis aan die eerste
appellant se destydse prokureur en advokaat gemaak het waarin hy verklaar het
dat "the person who shot Mr Smith at Kwaggafontein
is not Hendrik Mothle but
Elias Mtsweni". Die doel van die aansoek was om, met bewys van dié
verklaring, Nkosi se uitkenning
van die eerste appellant ver=
werp /
17 werp te kry. Die aansoek is deur die respondent betwis, en
bestaan
daar hewige feitegeskille op die stukke aangaande die
omstandighede waaronder
die verdere verklaring van Nkosi verkry
is. Omdat daar reeds bevind is dat
Nkosi se uitkenning van die
eerste appellant op die rooftoneel nie aanvaar
kan word nie,
dien die aansoek om heropening, en die gepaardgaande aansoek
om
kondonasie, geen doel nie. Dit is gevolglik nie nodig om
uitsluitsel
oor die meriete van die aansoek en die ónderliggende
feitegeskille te
gee nie. Aangesien die aansoek geen doel dien
nie behoort dit van die hand
gewys te word.
Die tweede appellant se skuldigbevinding is gegrond
op sekere uitwysings en verklarings wat hy op die rooftoneel
op 7 Maart
1986 aan luitenant Coetzee van die Suid-Afrikaanse
polisie /
18
polisie gemaak het. In dié verband het luitenant Coetzee.
die
volgende aangetekenr-
"1. Wys plek uit waar hy en Hendrik Mothle deur Kombi afgelaai. Sou vir kar wag.
2. Wys plek uit waar hy toe gaan staan.
3. Wys plek waar hy vuurwapen by sekuriteitswag sou kry (die wag het saamgewerk). 4. Wys plek uit waar die skietery plaasgevind het. Wit Cressida was daar parkeer. Hendrik Mothle hét die skietwerk gedoen, ek het by die kar bly staan. 5. Wys plek waar hulle Kombi weer gekry het. Ons het toe die geld gaan deel. Ek het Rl 000,00 gekry. 6. Die afdraaipad."
Die aantekeninge is tydens die verhoor ingehandig en bevestig. Die verhoorhof het bevind dat die verklarings vrywilliglik deur die tweede appellant gemaak is, en sy ontkenning dat hy òf enige uitwysings òf enige verklarings gemaak het as "klaarblyklik
vals "/
19 vals" verwerp. Mnr Booyens, namens tweede appellant, het
tydens sy betoog toegegee (myns insiens heeltemal tereg) dat hy nie die
toelaatbaarheid van die verklarings, wat op 'n bekentenis neerkom, kan betwis
nie. Daar is dus afdoende bewys dat die tweede appellant
een van die persone op
die roof= toneel was, en dat hy en sy metgesel'n gemeenskaplike opset gehad het
om die klaer te beroof. In
sy geval ook is die afleiding onvermydelik, gesien
die omstandighede waaronder die roof uitgevoer is, dat hy geweet het dat sy
mededader
'n vuur= wapen besit, en die redelike moontlikheid dat daar van die
vuurwapen gebruik gemaak sou word, voorsien het. Gevolglik is
hy ook tereg
skuldig bevind aan beide klagtes, en kan sy appèl teen sy
skuldigbevindings nie slaag nie.
Wat /
20 Wat vonnisse betref, was die betoë namens die twee
appellante hoofsaaklik teen die oplegging van die dood= straf op klagte
1
toegespits. Dit is geykte reg dat hierdie Hof nie h onbeperkte bevoegdheid het
om met die oplegging van 'n diskressionêre
doodstraf in te meng nie.
Inmenging kan alleen= lik geskied in die geval van 'n mistasting of 'n
onreëlmatigheid, of as hierdie
Hof oortuig is daarvan dat die verhoorregter
nie redelikerwys die doodstraf kon opgelê het nie. Wat die eerste
appellant betref,
het die verhoorhof verkeerdelik bevind dat hy op die
rooftoneel was, en dat hy die persoon is wat die klaer geskiet het. Hierdie
verkeerde bevinding lê ten grondslag van die doodstraf wat hom
opgelê is. Daar bestaan dus in sy geval grondige rede
tot inmenging met sy
vonnis op klagte 1. Wat
die /
21 die tweede appellant betref, het sy aandeel in die gebeure nie
wesenlik verskil van dié van Nkosi nie. Trouens, hulle het
langs mekaar
gestaan toe die klaer beroof en geskiet is. Die verhoorhof se bevinding dat
Nkosi nie die redelike moontlik= heid voorsien
het dat daar van 'n vuurwapen
tydens die roof ge= bruik gemaak sou word nie druis myns insiens teen die
oorweldig= ende waarskynlikhede
in. Ons howe strewe sover moontlik na gelykheid
van vonnisse in die geval van beskuldigdes wat min of meet 'n gelyke aandeel in
die
pleging van 'n misdaad gehad het. Dit sou onredelik en onbillik wees om, wat
vonnis betref, die tweede appellant se posisie te onderskei
van dié van
Nkosi. Op 'n behoorlike beskouing van die omstandighede van die misdaad en die
vergelykbare deelname van Nkosi
en die tweede appellant,
as die /
22
as die doodstraf nie in Nkosi se geval gepas was nie, kon die verhoorregter
dit nie rederlikwys op die tweede appellant opgelê
het nie. Gevolglik is
inmenging met die doodstraf in sy geval ook geregverdig.
Dat die roof wat
gepleeg is ernstig was, is nie te betwyfel nie. Soos reeds aangedui, was die
omvang van die twee appellante se deelname
nie sodanig dat dit die doodstraf
regver= dig nie. Gesien die twee appellante se persoonlike omstandig= hede (met
inbegrip van hulle
vorige veroordelings), die aard van die misdaad en die
gemeenskapsbelang sou 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf op elk van die
appellante op klagte 1 'n gepaste vonnis wees. Daar bestaan geen rede om met die
vonnis op klagte 2 in te meng nie. Omdat die kumulatiewe
uitwerking van
die /
23
die vonnisse op klagtes 1 en 2 egter buitensporig sou wees, behoort daar gelas te word dat deel van die vonnis op klagte 2 saamloop met dié op klagte 1. Bygevolg word die volgende
bevel gemaak:-
1) Die eerste appellant se aansoek om her=
opening van die saak, en die
meegaande aansoek
om kondonasie, word afgewys.
2) Die appèlle van beide appellante teen hulle
skuldigbevindings
word afgewys.
3) Die appèlle van beide appellante teen hulle
vonnisse op klagte 1
slaag; diè teen hulle
vonnisse op klagte 2 word afgewys.
4) Die doodstraf op elk van die appellante op
klagte 1 word ter syde
gestel, en word vervang
met 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf elk.
5) Dit word gelas dat in die geval van elk van
die appellante 6 jaar van
die gevangenisstraf
wat hulle op klagte 2 opgelê is, sal
saamloop
met die vonnis op klagte 1.
JANSEN, AR ) J W SMALBERGER
KUMLEBEN, Wn AR) STEM
SAAM APPèLREGTER
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1988/36.html