![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
LL Saak No 141/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
J.D. VAN NIEKERK & GENOTE INGELYF Appellant
en
DIE
ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL Respondent
CORAM: BOTHA, HEFER et STEYN ARR
VERHOORDATUM: 15, 16 EN 17
AUGUSTUS 1988
LEWERINGSDATUM: 30 SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2 BOTHA AR:-
Die appellant is 'n firma wat met regsper-soonlikheid
beklee is en wat praktiseer as elektro-tegniese raadgewende ingenieurs. In Maart
1982 het die appellant, as eiser, in die Witwatersrandse Plaas-like Afdeling h
geding aanhangig gemaak teen die Wes-Randse Administrasieraad,
as verweerder.
Destyds was die verweerder h statutêre lïggaam met
regspersoonlik-heid wat ingestel was en gefunksioneer
het ingevolge die
bepalings van Wet 45 van 1971. Met die aanvang van die verhoor in die Hof a
quo voor VAN DIJKHORST R, op 30 April 1984, het dit geblyk dat die
Wes-Randse Administrasieraad intussen, ingevolge die bepalings van
artikel 3 van
Wet 4 van 1984, vervang was deur h nuwe statutêre liggaam met
regspersoonlikheid, naamlik die Wes-Randse Ontwikkelingsraad.
Die vervanging het
nie enige praktiese uitwerking gehad op die beregting van die geskilpunte in die
saak nie; al wat nodig was, was
om die naam van die verweerder in die
pleitstukke te
3 verander. 'n Aansoek om die wysiging van die pleit-stukke in
dier voege is deur VAN DIJKHORST R toegestaan en die verhoor het op
daardie
grondslag voortgegaan. Na die afloop daarvan, op 25 Maart 1985, het VAN
DIJKHORST R uitspraak gelewer en vonnis ten gunste
van die appellant teen die
verweerder toegestaan ten bedrae van R74 237,93; hy het ook sekere bevele
uitgereik ten aansien van die
betaling van rente en koste, waarna daar later
verwys sal word. Albei partye was onte-vrede met die resultaat. Namens beide van
hulle
is 'n aansoek tot die Verhoorregter gerig om verlof om na hierdie Hof in
hoër beroep te kom. Die Verhoorregter het aan die appellant
verlof verleen
om na hierdie Hof te appelleer en aan die verweerder verlof toegestaan om 'n
teenappèl in te stel. Die appél
en die teenappèl is
behoorlik voortgesit, maar voordat 'n verhoordatum daarvoor toegeken is, is die
voortbestaan van die ver-weerder
deur wetgewing beëindig. Die bepalings van
Wet 75 van 1986 en 'n kennisgewing wat ingevolge artikel
4 3 (2) daarvan in
die Staatskoerant gepubliseer is, het tot gevolg gehad dat die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad afgeskaf is en dat
al sy bates, laste, regte en ver-pligtinge
oorgedra is aan en gevestig het in die Admi-nistrateur van Transvaal.
Vanweë hierdie
gebeure het die appellant 'n aansoek teen die
Administrateur van stapel gestuur, waarvolgens daar by die verhoor van die
appèl
en die teenappel 'n bevel van hierdie Hof aangevra sou word om die
Administrateur in die plek te stel van die Wes-Randse Ontwikkelingsraad,
as die
respondent in die appèl en dieappellant in die teenappèl. Die
aansoek is in Maart vanjaar behoorlik op die Administrateur
bestel. Toe die saak
op 15 Augustus 1988 in hierdie Hof voorgekom het, het mnr Burger die Hof
meegedeel dat hy namens die Administrateur optree en dat hy in besit is van 'n
volmag wat hom aldus magtig. Mnr Muller, namens die appellant, het die
Hof versoek om die aan-soek teen die Administrateur toe te staan en mnr
Burqer het die Hof meegedeel dat die aansoek nie bestry word
5 nie.
Gevolglik het die Hof toe 'n bevel uitgereik wat bepaal het dat die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad vervang word deur die Administrateur
van Transvaal as die
res-pondent in die appèl en die appellant in die teenappèl, en dat
die koste verbonde aan die
appellant se aansoek in hierdie verband koste in die
appèl en die teenappèl sou wees. Daarna is die meriete van die
saak beredeneer.
In wat hierna volg, sal ek verwys na die appellant as "die
eiser", na beide die Wes-Randse Administrasieraad en die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad
as "die verweerder", en na die Administrateur van Transvaal as
"die respondent".
Die dispuut tussen die partye gaan in breë trekke oor
die verweerder (nou die respondent) se aanspreeklikheid om aan die eiser
vergoeding te betaal vir professionele dienste wat die eiser gedurende 1977 aan
die verweerder gelewer het in verband met die destyds
beoogde elektrifisering
van die woongebied wat
6 bekend staan as Groter Soweto. Die
elektrifiserings-projek was van enorme omvang. Dit blyk onder meer uit die feit
dat daar, om
dit baie ruweg te stel, onge-veer 100 000 huise in die gebied was,
waarvan slegs on-geveer 20 000 van elektrisiteit voorsien was,
en uit die feit
dat die eiser se beraming van die koste van die uitvoering van die projek, met
inagneming van eska-lasie, 'n bedrag
van R94 000 000 oorskry het.
Dit is
gemeensaak dat die verweerder op 3 Junie 1977 aan die eiser 'n opdrag gegee het,
wat op 6 Junie 1977 deur die eiser aanvaar
is, om 'n volledige verslag aan die
verweerder te lewer oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto;
dat daar op
28 Julie 1977, terwyl die eiser besig was om te werk aan die
uitvoering van die opdrag, samesprekings plaasgevind het tussen mnr
J D van
Niekerk, die hoofbelanghebbende in die eiser, aan die een kant, en vier
ampsdraers van die verweerder, mnre Mulder, Venter,
Stander en Du Plessis, aan
die ander kant,
7 waartydens daar ooreengekom is dat die eiser se opdrag
verbreed word op so 'n wyse dat die verslag betrekking sou hê op die
gebied van Groter Soweto, dat dit volledig moes wees en benewens tegniese
aspekte besonderhede moes verstrek in verband met kostes,
asook 'n program en
metodes vir die uitvoering van die hele projek, ook met verwysing na die
bedrading van huise, met deeglike inagneming
van die koste-aspek; dat die eiser
die opdrag volgens hierdie verbredingsooreenkoms uitgevoer het, deurdat Van
Niekerk op 23 September
1977 aan die verweerder 'n lywige verslag gelewer het
aangaande h skema vir die elektrifisering van Groter Soweto en huisbedrading,
met gepaardgaande planne, tekeninge, tabelle, grafieke, berekenings van koste,
en so meer; dat die eiser gedurende Oktober 1977 van
die verweerder h opdrag
ontvang het om 'n detail-ontwerp te doên en tender-dokumente op te stel
ten opsigte van die bedrading
van 46 huise van h tipe bekend as 51/9 huise in
Pimville, Soweto; dat die eiser laasgenoemde opdrag
8 uitgevoer het deurdat
Van Niekerk gedurende November 1977 die betrokke dokumente aan die verweerder
gelewer het; en dat die eiser
gedurende die laaste gedeelte van 1977 verskeie
kleiner ad hoc opdragte van die verweerder ontvang het, bv in verband met
die opstel van verslae, die bywoning van vergaderings, en so meer, wat
die eiser
behoorlik uitgevoer het.
Dit is ook gemeensaak dat die verweerder van
owerheidsweë gefnuik is in sy voorneme om met die beplanning van die
elektrifiseringsprojek
voort te gaan en dit uit te voer. Deur wetgewing is h
ander statutêre liggaam in die lewe geroep, naamlik die Swart
Gemeenskapsraad
van Soweto. Hierdie Gemeenskapsraad was gretig om self die
elektrifisering van Groter Soweto aan te pak, en het daarin geslaag om
sowel
magtiging as goedkeuring van Staatsweë te verkry om dit te doen. Die gevolg
was dat die verweerder se betrokkenheid by
die projek tot 'n einde gekom het
(behoudens die verskaffing van huisbedrading in 'n
9 latere stadium). 'n
Verdere gevolg was dat die eiser se dienste in verband met die verdere
beplanning, ontwikkeling en uitvoering
van die projek ook beëindig is. Die
rede daarvoor was dat die Gemeenskapsraad nie gebruik wou maak van die werk wat
die eiser
reeds gelewer het of van sy verdere dienste in verband met die
voortsetting van die projek nie, maar verkies het om self 'n nuwe
konsortium van
ingenieurs aan te stel, genaamd Ecoplan, om van voor af met die beplanning van
die projek te begin.
Van die talle geskilpunte tussen die partye is dit
wenslik om op hierdie stadium drie van die belangrikste daarvan uit te sonder en
net kortliks die strekking daarvan aan te stip.
Die eerste belangrike
geskilpunt is of die verweerder gebonde was aan die verbredingsooreenkoms van 28
Julie 1977 waarna hierbo verwys
is. Die eiser se saak was dat die verweerder met
die aangaan van die ooreenkoms behoorlik verteenwoordig was deur die vier
10
ampsdraers wat hierbo genoem is, mnre Mulder, Venter, Stander en Du Plessis. Die bewerings in die eiser se pleitstukke in hierdie verband is aanvanklik in die verweerder se pleit erken, maar ongeveer 2 maande voor die aanvang van die verhoor in die Hof a quo het die verweerder aansoek gedoen om die erkenning terug te trek en sy pleit in diè opsig te wysig. Die aansoek is toegestaan. Volgens die pleit soos dit toe ge-wysig is, het die verweerder aangevoer dat die vier ge-noemde ampsdraers nie "regtens bevoeg" was om namens die verweerder die verbredingsooreenkoms aan te gaan nie, vanweë sekere bepalings van Wet 45 van 1971 en die regulasies wat daarkragtens uitgevaardig is, waarna later verwys sal word. Die verweerder se saak was dat die genoemde persone nie behoorlik gemagtig was om die verweerder deur die ooreenkoms te verbind nie, om-dat daar nie aan die voorgeskrewe prosedure vir so-danige magtiging voldoen was nie.
Die tweede belangrike geskilpunt, wat ter
11
sprake kom indien die eerste een teen die verweerder besleg sou. word, het betrekking op die grondslag waarvolgens die eiser vergoed sou word vir die dienste wat ingevolge die verbredingsooreenkoms gelewer soú word. Die eiser se saak is dat dit 'n stilswyende bepaling van die ooreenkoms was dat sy vergoeding bereken sou word "volgens die standaardtariewe vir die verslag- en voorlopige ontwerpstadium en gedeeltelike funksies, soos uiteengesit in Vorm 1 van die Modelooreenkoms tussen kliënt en raadgewende ingenieur in verband met ingenieurswerk". Volgens hierdie dokument, waarna ek later weer sal verwys, beweer die eiser dat hy ten opsigte van sy verslag van 23 September 1977, hierbo genoem, geregtig geword het op 30% van die totale gelde wat aan hom verskuldig sou geword het indien sy dienste nie beëindig is nie en hy as ingenieur aangebly het om die detail-ontwerp van die projek te doen en toesig te hou oor die uitvoering daarvan. Die totale gelde sou wees h primêre bedrag
12
van R23 100 plus 5% van die waarde van die projek; laasgenoemde bedrag het
die eiser in sy pleitstukke gestel op R84 860 000, synde
die beraamde koste met
inagneming van eskalasie tot Maart 1979. Volgens die eiser se berekenings het hy
dus ten opsigte van die verslag
van 12 September 1977 geregtig geword op
ver-goeding ten bedrae van R1 279 830. Die verweerder het ontken dat die
verbredingsooreenkoms
die stilswyende bepaling bevat het wat deur die eiser
aangevoer word. Die verweerder se saak was dat die eiser slegs geregtig sou
wees
op vergoeding bereken op 'n tydsbasis, en dit beteken 'n tarief per uur van die
tyd bestee aan die werk, bereken op 'n afsonderlike
grondslag vir 'n direkteur
of vennoot (soos Van Niekerk) en vir ander diensnemers van die eiser. Die
verweerder se standpunt was,
en dit is steeds die standpunt van die respondent,
dat geen vergoeding op 'n tydsbasis egter aan die eiser toegeken kon of kan word
nie, omdat die eiser se vordering nooit op so 'n basis
13 gegrond was
nie.
Die derde belangrike geskilpunt het betrek-king op die eiser se
vergoeding vir die detail-ontwerp wat hy gedoen het van die huisbedrading
van
die 46 huise in Pimville,soos hierbo genoem. Die eiser se saak is dat sy opdrag
ook weer onderhewig was aan 'n stilswyende bepaling
dat hy vir hierdie werk
vergoed sou word volgens die standaardtariewe vervat in Vorm 1 van die
modelooreenkoms reeds vermeld. Hiervolgens,
voer die eiser aan, is hy geregtig
op 70% van die gelde wat uiteindelik by die voltooiing van hierdie gedeelte van
die projek (die
huisbedrading) aan hom betaalbaar sou gewees het. Die eiser se
saak is verder dat sy opdrag was om die detail-ontwerp ten opsigte
van die 46
huise te doen op so h wyse dat dit met geringe aanpas-sings toegepas sou kon
word op al die huise in Groter Soweto wat
nog nie bedraad was nie, en dat hy die
op-drag aldus uitgevoer het. Op hierdie grondslag het die eiser sy vergoeding
bereken met
verwysing na die
14 koste van die huisbedradingsaspek van die
projek ten opsigte van al die onbedrade huise in die gebied, maar met inagneming
en aftrekking
van die 30% vergoeding ten opsigte daarvan wat alreeds ingesluit
is in die vergoeding vir die verslag van 23 September 1977. Op hierdie
wyse het
die eiser sy vergoeding vir hierdie werk gestel op R327 352,54. Daarteenoor was
die verweerder se saak (en is die respondent
s'n) dat die opdrag geen
stilswyende bepaling bevat het soos beweer deur die eiser nie, dat die eiser vir
hierdie werk ook slegs
geregtig sou wees op vergoeding op 'n tydsbasis, d w s 'n
tarief per uur, en dat die eiser in die afwesigheid van 'n vordering op
hierdie
basis geen vergoeding vir hierdie werk kon of kan verhaal nie.
Die totale bedrag van die eiser se vordering teen die verweerder was R1 622
266,47. (Ek verwys nou na die eiser se hoofeis; daar was
alternatiewe eise ook,
waarna daar later verwys sal word.) Hier-die bedrag bestaan uit die twee bedrae
wat reeds hierbo
15 genoem is, R1 279 830 en R327 352,54, tesame met twee
verdere, kleiner bedrae, naamlik R13 210,40 en R1 873,53. Laasgenoemde twee
bedrae kan dadelik en maklik uit die weg geruim word. Die bedrag van R13 210,40
is die vergoeding wat die eiser geëis het vir
die uitvoering van die
kleiner ad hoc opdragte ten opsigte van verslae, vergaderings, en so
meer, soos vroeer gemeld, wat bereken is op 'n tydsbasis, en die bedrag van
R1
873,53 verteenwoordig 'n eis ten opsigte van verhaalbare uitgawes en
uitbetalings. Bykans teen die einde van die verhoor in die
Hof a quo het
die verweerder erken dat hy aanspreeklik is om hierdie twee bedrae, tesame R15
083,93, aan die eiser te betaal, met rente daarop
a tempore morae. Dit is
die enigste bedrae wat nie in geskil is nie. Dit kan verder buite beskouing
gelaat word, tot heel aan die einde van hierdie
uitspraak.
Met die verhoor in die Hof a quo is daar namens die eiser oor h tydperk van etlike weke
16
breedvoerige getuienis aan die Verhoorhof voorgelê oor al die
geskilpunte in die saak, insluitende die drie belangrikes wat
ek reeds aangestip
het. Van Niekerk het dae lank in die getuiebank deurgebring, en het onder meer
in groot besonderhede getuig oor
die samesprekings en onderhandelings wat hy van
tyd tot tyd gevoer het met mnre Mulder, Venter, Stander en Du Plessis van die
verweerder.
Verskeie deskundige getuies is geroep, wat onder meer vir die eiser
gunstige menings uitgespreek het oor die aard, gehalte en omvang
van sy verslag
van 23 September 1977 en sy detail-ontwerp en tenderdokumente van die bedrading
van die 46 Pimville-huise. Die verslag
was bewysstuk D, en ek sal voortaan
daarna verwys as die D-verslag; die huisbedradingsdokumente was vervat in
bewysstuk H8, en ek
sal daarna verwys as die H8-dokumente. Talle ander getuies
het namens die eiser getuig, maar dit is onnodig om nou op daardie getuienis
in
te gaan. Daarbenewens is 'n geweldige massa dokumentêre
17 bewysstukke
aan die Verhoorhof voorgelê; diê wat in die appèl-oorkonde
opgeneem is, beslaan 49 volumes. Ek kom
weldra terug op die bewysstukke.
Aan
die einde van die eiser se saak is daar namens die verweerder aansoek gedoen om
absolusie van die instansie. Die aansoek is van
die hand gewys. Die verhoor is
toe verdaag vir etlike maande. Net voor die hervatting daarvan is daar namens
die verweerder aansoek
gedoen om die wysiging van sy pleitstukke, in verskeie
opsigte. Behalwe in een opsig, is die aansoek van die hand gewys, met koste.
('n
Gedeelte van die verweerder se teenappèl is gerig teen hierdie bevel van
die Verhoorregter; ek sal dit later in hierdie
uitspraak behandel.) Daarna is
daar namens die verweerder die getuienis aangebied van ene Conradie, 'n
deskundige, wat hoofsaaklik
neerhalende menings uitgespreek het oor die gehalte
en omvang van die D-verslag en die H8-dokumente. Nadat Conradie se getuienis
afgehandel is, het die verweerder, sonder om
18 enige verdere getuies te
roep, sy saak gesluit. Dit was 'n verrassing. Toe Van Niekerk getuig het, is
daar met kruisondervraging
aan hom gestel dat Mulder, Venter, Stander en Du
Plessis sy getuienis in bepaalde opsigte sou weerspreek. Ten spyte van die
beskikbaarheid
van hierdie here om te getuig, is hulle nie geroep as getuies
nie. Verskeie deskundige getuies wat die verweerder in die vooruitsig
gestel het
om te roep ten einde die menings van die eiser se deskundiges te weerspreek, is
ook nie geroep nie.
In sy uitspraak het die Verhoorregter ten aansien van die
drie geskilpunte wat ek hierbo aangestip het, tot die volgende bevindings
geraak. Op die eerste punt is daar bevind dat die getuienis voor die Hof, in die
afwesigheid van weersprekende getuienis van die
verweerder se kant, die
afleiding regverdig dat twee van die vier genoemde persone wel gemagtig was om
namens die verweerder die
verbredingsooreenkoms van 28 Julie 1977 aan te gaan;
dat die getuienis nie h
19 voldoende grondslag gebied het vir h betoog dat
daar nie-nakoming was van die prosedure-voorskrifte van die Wet (45 van 1971 )
en die regulasies nie; en dat die verweerder dus gebonde was aan die ooreenkoms.
Op die tweede punt is daar bevind dat die eiser
nie die stilswyende bepaling ten
aansien van vergoeding waarop hy gesteun het, bewys het nie; dat die basis van
vergoeding gesoek
moes word in die bepalings van die reedsgenoemde Vorm 1 van
die modelooreenkoms as sodanig; dat, volgens h behoorlike uitleg van
daardie
dokument, die eiser slegs geregtig was op vergoeding vir die D-verslag op 'n
tydsbasis; dat h berekening op sodanige basis
gedoen kon word op grondslag van
getuienis wat namens die eiser voorgelê is, sonder dat die verweerder
daardeur benadeel sou
word; en dat die eiser se vergoeding, aldus bereken, h
bedrag van R56 704,80 beloop het. Op die derde punt is daar bevind dat die
eiser
volgens Vorm 1 van die modelooreenkoms geregtig was op vergoeding vir die
werk
20 in verband met die H8-dokumente, bereken op 'n persentasiegrondslag,
maar nie ten opsigte van die koste van bedrading van al die
onbedrade huise in
die gebied nie; dat daar 'n toelating gemaak moes word vir die sogenaamde
repetisiefaktor; dat die eiser nie bewys
het wat die betrokke toelating behoort
te wees nie; dat die eiser egter ten minste geregtig was op vergoeding vir
hierdie werk, ook
op 'n tydsbasis bereken; dat die verweerder nie deur 'n
toekenning op so h basis benadeel sou word nie; en dat, volgens 'n berekening
gebaseer op die beskikbare gêtuienis, en op die genoemde basis, die eiser
onder hierdie hoof geregtig was op vergoeding ten
bedrae van R2 449,20. Die twee
bedrae tot dusver genoem, tesame met die erkende bedrag van R15 083,93 wat
vroeër vermeld is,
loop uit op 'n totale bedrag van R74 237,93. Aan die
einde van sy uitspraak het die Verhoorregter 'n bevel gemaak soos volg:
"Vonnis word gegee vir die eiser vir
21
R74 237,93 met rente daarop vanaf 1 Desember 1979 tot 7 Februarie 1985 teen 11% per jaar en vanaf 8 Februarie 1985 tot datum van betaling teen 20% per jaar."
Daarna is die koste van die saak beredeneer. Dit het
toe geblyk dat die
verweerder van tyd tot tyd sekere
inbetalings in die Hof gemaak het, en dat
die laaste
daarvan, op 8 Maart 1985, die totale bedrag van die
inbetalings
opgestoot het tot net bokant die bedrag van
kapitaal en rente wat die
Verhoorregter aan die eiser
toegeken het. Met inagneming van daardie feit
en
ander aspekte aangaande koste wat beredeneer is, het
die Verhoorregter
daarop 'n uitspraak oor die koste-
aspek gelewer, wat afgesluit het met 'n
bevel in die
volgende terme:
"1 . Elke party dra sy eie koste van die uitstel van die verhoor op 19 Oktober 1983.
2. Die verweerder betaal die eiser se koste tot en met 8 Maart 1985 en dit sluit in die koste van die aansoek om absolusie. 3. Die eiser betaal die verweerder se koste vanaf 9 Maart 1985. 4. Die koste sluit in die koste van twee advokate aan elke kant.
22
5. Die volgende persone word noodsaaklike deskundige getuies verklaar: Mnre Van Niekerk, Bester, Pretorius, Dykstra, Kurton en Conradie."
Paragrawe 1 en 4 van hierdie bevel is nie in die
gedrang nie, terwyl
paragrawe 2, 3 en 5 daarvan
onderhewig is aan verandering slegs insoverre
die
bepalings daarvan geraak kan word deur die uitslag van
die
appèl en die teenappèl met betrekking tot die
bedrag van die
vonnis wat ten gunste van die eiser
verleen is.
Ek kom nou terug op die dokumentêre
bewysstukke in die saak. 'n Groot deel daarvan
bestaan uit tekeninge,
sketse, planne, berekeninge en
so meer, waarna dit nie nodig sal wees om te verwys
nie. Aan die ander
kant is daar 'n groot aantal
dokumente wat van wesenlike en trouens
deurslaggewende
belang is in die beslegting van die belangrikste
geskilpunte. Hierdie bewysstukke bestaan hoofsaaklik
uit notules van vergaderings van die verweerder se Raad
en Uitvoerende Komitee en ander vergaderings, en briewe
23
wat geskryf is aan en deur die verweerder, by wyse van sy amptenare. Vir 'n
deeglike beredenering van die oplossing van die geskilpunte
sal dit onvermydelik
wees om herhaaldelik en soms breedvoerig na hierdie dokumente te verwys. Na die
aanhoor van die betoë in
hierdie Hof op die appèl en die
teenappèl, toe ek vir die soveelste keer die bewysstukke nagegaan het,
het dit my opgeval
dat, as hulle in kronologiese volgorde gerangskik word (nogal
'n formidabele taak), hulle eintlik hulle eie verhaal vertel, enersyds
van die
geskiedenis van hoe sake tussen die eiser en die verweerder verloop het, en
andersyds van waar die antwoorde op die geskilpunte
lê. Gevolglik is ek
van voorneme om eers sonder kommentaar 'n kronologiese uiteensetting van die
tersaaklikste bewysstukke
te gee, soms by wyse van opsomming en soms by wyse van
aanhalings daaruit. Dit sal ongelukkig 'n lang uiteensetting moet wees, maar
dit
sal, met behulp van terugverwysing, die latere bespreking van die
24
geskilpunte aansienlik vergemaklik. Alvorens ek die uiteensetting aanpak, en om
aan die bewysstukke hulle volle trefkrag te gee,
is dit egter gerade om eers
sekere verdere aspekte toe te lig van die eerste twee van die drie belangrike
geskilpunte wat reeds vroeër
genoem is.
Met betrekking tot die vraag na
die verweer-der se gebondenheid aan die verbredingsooreenkoms van 28 Julie 1977,
was dit nie die verweerder
se saak dat die sluiting van so h ooreenkoms
buitekant die bevoegd-hede van die verweerder geval het en dus ultra
vires en om daardie rede nietig was nie. Die teendeel is erken in die loop
van die betoog voor hierdie Hof. Die verweerder se saak was
(en die respondent
sh is) dat die ooreenkoms nie in ooreenstemming met die voor-geskrewe
prosedure-maatreëls van die Wet en
die regulasies aangegaan is nie. (Ek
verwys steeds na Wet 45 van 1971.) Die kernpunt van die betoog in die Hof a
guo en in hierdie Hof was dat die vier amptenare
25
van die verweerder wat met die aangaan van die ooreenkoms opgetree het, nie 'n bevoegde orgaan van die verweerder vir dié doel was nie en ook nie behoorlik deur 'n bevoegde orgaan van die verweerder gemagtig was om aldus op te tree nie. Die hoof bestuursorgaan van die verweerder was sy Raad, saamgestel ingevolge artikel 3 van die Wet, wat destyds uit 17 lede bestaan het. Dan het die verweerder 'n Uitvoerende Komitee gehad, wat aangestel was kragtens die bepalings van artikel 7 (1) van die Wet, en wat uit 5 lede bestaan het. Volgens artikel 7 (3) kon die Uitvoerende Komitee al die bevoegdhede van die Raad uitoefen en al sy werksaamhede verrig, onderhewig aan sekere voorbehoude wat nie hier ter sake is nie. Gedurende die tydperk wat ter sake is in hierdie gedihg was Mulder die voorsitter van die Raad en van die Uitvoerende Komitee, en Venter die ondervoorsitter van die Raad en van die Uitvoerende Komitee. Dit is twee van die verweerder se ampsdraers wat by die sluiting
26
van die ooreenkoms betrokke was. Die derde persoon, Stander, was die Hoofdirekteur van die verweerder, wat kragtens artikel 10 (15) van die Wet die hoof-uitvoerende beampte van die raad was. Volgens die getuienis het hy alle vergaderings van die raad en die uitvoerende komitee bygewoon (maar hy was nie 'n lid van die een of die ander nie) en het hy die uiteindelike verantwoordelikheid gedra vir die opstelling van die notules van die vergaderings van daardie organe. Uit die stukke blyk dit dat hy 'n gekwalifiseerde persoon was, met die grade BA, LL.B. Die vierde persoon, Du Plessis, was 'n gekwalifiseerde siviele ingenieur. Hy was die tegniese direkteur van die verweerder. 'n Verdere bepaling van die Wet, wat van besondere belang sal blyk te wees, kom voor in artikel 11 (1) (b): daarkragtens was die Raad bevoeg om uit sy lede een of meer komitees aan te stel en om na goeddunke van sy bevoegdhede aan so 'n komitee oor te dra. Die verweerdér (en die respondent) het sterk gesteun daarop
27
dat in al die notules wat voor die Verhoorhof geplaas is, daar nie een te vinde is waarvolgens 'n onderkomitee aangestel is met magtiging om 'n ooreenkoms soos dié van 25 Julie 1977 aan te gaan nie. Wat die regulasies betref, is daar onder meer aangevoer dat alle besluite van die bestuursorgane genotuleer moes word; dat 'n mosie of voorstel waardeur die uitgawe van die raad geraak sou word, nie aanvaar kon word voordat die Uitvoerende Komitee daaroor verslag gedoen het nie; dat daar vir kapitaaluitgawes 'n begrotingspos in die jaarlikse begroting vereis was; dat sodanige uitgawes nie aangegaan kon word sonder die uitdruklike goedkeuring van die Raad nie; en dat voldoening aan hierdie vereistes ten opsigte van die sluiting van die verbredingsooreenkoms nie bewys is nie.
In verband met die vergoeding waarop die eiser geregtig geword het vir die D-verslag, het die eiser hom beroep op 'n stilswyende bepaling van die verbredingsooreenkoms, waarvolgens die basis van die
28
vergoeding sou wees "volgens die standaardtariewe vir die verslag- en
voorlopige ontwerpstadium en gedeelte-like funksies, sops uiteengesit
in Vorm 1
van die Modelooreenkoms tussen kliënt en raadgewende ingenieur in verband
met ingenieurswerk", soos vroeër vermeld.
Dit is nou nodig om hierdie
dokument van naderby te be-skou, met die oog op die verwysings daarna wat
voorkom in die bewysstukke
wat hieronder uiteengesit sal word. Dit is 'n
gedrukte vorm van kontrak tussen h klient en raadgewende ingenieur, wat uitgegee
is
deur die S-A Vereniging van Raadgewende Ingenieurs, soos blyk uit die dekblad
daarvan. Dit bevat uitvoerige bepalings om die kontraktuele
verhouding tussen
sodanige partye te reel. In die aanhef daarvan is daar oop ruimtes gelaat vir
die invul van die name van die kliënt
en die ingenieur en 'n beskrywing van
die betrokke ingenieurs-projek, en aan die einde daarvan is daar weer ruimtes
voorsien vir
die ondertekening daarvan deur die partye en getuies en die invul
van die betrokke datums.
29 Gedurende 1977 was slegs die Engelse weergawe van
die modelooreenkoms beskikbaar wat in 1976 gepubliseer is, soos blyk uit die
dekblad, en wat tussen die eiser en die verweerder gebruik is, soos sal blyk.
Dié spesifieke dokument is egter nooit ingevul
of onderteken nie. Volgens
die dekblad het "Form 1" van die "Model Form of Agreement between a Client and
Consulting Engineer for
use in connection with Engineering Works" betrekking op
"All Disciplines". Die tersaaklike gedeeltes van die inhoud van die dokument
lui
soos volg:
"3. DUTIES OP CONSULTING ENGINEER -
3.1 NORMAL DUTIES - The normal duties to be performed by the Consulting Engineer are:
3.1.1 REPORT STAGE - The preparation and submission of a report embodying preliminary proposals or feasibility studies and estimates of cost for consideration by the Client including as may be necessary:-
3.1.1.1 Consultation with the Client and/or his authorised representatives. 3.1.1.2 Inspection of the site of the Works. 3.1.1.3 Preliminary investigation, route location, planning and design where any of these are required for establishment of feasibility.
30
3.1.1.4 Consultation with Authorities having
rights or powers of sanction.
3.1.1.5 Advice to the Client as to the need for surveys of any kind, analyses, tests and/or site or other investiga-tions where such are required for the completion of the report and arranging for these to be carried out at the Client's expense.
3.1.1.6 Investigation and collation of avail-able data, drawings and plans relating to the Works.
3.1.1.7 Investigations, as may be required, of
financial implications in relation to
the proposals.
3.1.2 PRELIMINARY DESIGN STAGE - Following the Client's instruction to proceed, the development of the preliminary proposals, or the basic planning of the Works, as may be required by the Client including ás may be necessary :
3.1.2.1 Submission of a basic planning report if reguired by the Client.
3.1 .2.2 Advice to the Client as to the need for any further surveys of any kind, analyses, tests and/or site or other investigations which may be required and arranging for these to be carried out at the Client's expense.
3.1.2.3 Advice to the Client, as may be neces-
sary, upon the appointment and deline-
ation of the duties of other Consult-
ing Engineers, Architects and Special-
ist advisers, arranging such appoint-
ments and consultation with such
advisers in matters affecting the
Works.
3.1.2.4 Design of any process or system or re-
finement of the preliminary process
design, where such process design is a
prereguisite for the design of the
Works.
3.1.2.5 Preparation of preliminary plans,
drawings and estimates reguired for
seeking approval of statutory
31
authorities.
3.1.2.6 Consultation on technical matters
with authorities and
interested
parties other than those having
rights or powers of
sanction.
3.1.2.7 Making modifications to the
preliminary design of the
Works
dictated by or in connection with the
consultations aforesaid.
3.1.3 DETAILED DESIGN STAGE - The
preparation of all
documents
necessary to enable the Works to be
tendered for or otherwise
placed by
the Client including as may be
necessary:-
3.1.3.1 Advice to the Client as to the
necessity for setting out or
staking
out the Works and arranging for such
to be carried out at the
Client's
expense.
3.1.3.2 Preparation of designs, drawings,
specifications and
engineering
schedules of quantities.
3.1.3.3 Drafting or adapting invitations to
tender, tender conditions,
forms of
tender and conditions of contract.
3.1.3.4 Analysis of tenders and submission of
recommendations on the
acceptance of
tenders and estimates of the costs of
the Works.
3.1.4 CONSTRUCTION STAGE - The general
administration of and other
services
in connection with the carrying out
of the Works, including as
may be
necessary:
5. REMUNERATION OF THE CONSULTING
ENGINEER
5.1 NORMAL DUTIES - The remuneration of the Consulting Engineer for the
32
normal duties performed by him under Sub-Clause 3.1 of this agreement shall be as follows:
5.1.1 REPORT STAGE - SUB-CLAUSE 3.1.1:
Fees shall be calculated on a time basis in accordance with the scale in Part IV of the Schedule and shall become due to the Consulting Engineer, unless otherwise agreed, on the submission of the preliminary proposals or feasibility studies to the Client.
5.1.2 SUB-CLAUSES 3.1.2, 3.1.3 and 3.1.4:
Fees shall be calculated on the basis and in the manner set out in Parts I and II of the Schedule and shall become due to the Consulting Engineer, unless otherwise agreed, as follows, provided that when partial duties only are required, the partial fee shall be as set out in Sub-clause 5.1.3.
5.1.2.1 PRELIMINARY DESIGN STAGE - SUB-CLAUSE
3.1.2:
Twenty per cent of the fee when the developed proposals for the construction of the Works have been prepared and submitted to the Client, subject to the Consulting Engineer allowing an appropriate credit for the value of such design work related to the accepted proposals and carried out under Sub-clause 3.1.1 as can be or is utilised in the development of the preliminary proposals.
5.1.2.2 DETAILED DESIGN STAGE - SUB-CLAUSE
3.1.3:
A further forty per cent of the fee when the drawings and other documents necessary to énable the Works to be tendered for or otherwise placed by the Client have been prepared and submitted to the Client provided that, if the Consulting Engineer
33
shall have prepared such drawings and documents as part of the development of the preliminary proposals, the fee under Sub-clause 5.1.2.1 shall be increased to fifty per cent and the fee under Sub-clause 5.1.2.2 shall be reduced to ten per cent.
5.1.2.3 CONSTRUCTION STAGE - SUB-CLAUSE 3.1.4:
(a) CIVIL AND STRUCTURAL
(b) MECHANICAL AND ELECTRICAL
The remaining forty per cent of the fee as and when the construction and/or installation work proceeds in proportion to the value of the work done.
5.1.3 PARTIAL DUTIES - When the Consulting Engineer is required to perform only part of the duties set out in Sub-Clauses 3.1.2, 3.1.3 and 3.1.4 then fees shall be apportioned as follows:
5.1.3.1 Preliminary Design Stage only thirty per cent of the fee subject to an appropriate credit as aforesaid. 5.1.3.2 Preliminary Design Stage and Detailed Design Stage only.
(c) Mechanical and
Electrical
seventy per cent of the fee
subject to an appropriate
credit
as aforesaid.
6. PAYMENTS TO THE CONSULTING ENGINEER
6.1 For the purpose of ascertaining the interim payments due under Sub-clauses 5.1 and 5.2 hereof the value of the Works shall be:
34
6.1.1 The value of the accepted tender or
6.1.2 If no tender is accepted, the value
of the tender recommended as the
most
suitable by the Consulting Engineer
or
6.1.3 If the contract is awarded by
negotiation, the negotiated price
or
6.1.4 If no tenders are invited or if no
suitable tenders are received or
if
no negotiation is concluded, the
mutually agreed estimate.
6.2 Such interim payments shall rank solely towards the total fee ultimately payable which shall be calculated on the final value of the Works as defined in Clause 7 hereof.
11. POSTPONEMENT, CANCELLATION, REDUCTION
OR ABANDONMENT OF WORKS
11.1 If, instructions having been given by
the Client to the Consulting
Engineer
to proceed with any of the stages
referred to in Sub-clauses
3.1.2,
3.1.3 and 3.1.4, the whole or any
part of the works are
postponed,
cancelled, or abandoned, then the
payment to be made to the
Consulting
Engineer for dutiês performed in
respect of that part of
the Works so
postponed, cancelled or abandoned,
shall be determined in
accordance
with Clause 5, plus a surcharge of
one-tenth and with such
other Clause
as may be applicable, in proportion
to the duties performed
prior to the
Works being postponed, cancelled or
abandoned. "
Die "Schedule" tot die vorm dra die opskrif "FEES AND
EXPENSES", en die
eerste gedeelte daarvan het die
opskrif "PART I - WORK OF NORMAL
CHARACTER".
35
Klousule 4.1 daarvan het betrekking op "MECHANICAL AND ELECTRICAL ENGINEERING WORK". Dit bevat vier kolomme met opskrifte en syfers, die effek waarvan is om h wisselende skaal van gelde te bepaal na gelang van die "value of the Works". In die huidige geval is die laaste ry syfers van toepassing: daarvolgens is die gelde betaalbaar waar die waarde van die werk meer is as R2 000 000, die som van 'n "primary fee" van R23 100 en 'n "secondary fee" van 5%, synde 'n "percentage fee calculated on the total value of the Works". Gedeelte IV van die skedule tot die vorm sien soos volg daaruit:
"PART IV - TIME BASIS FEES
The scale of fees on a time basis shall be as follows:-
4.1 A Principal, Partner
or Director per hour
4.2 Technical Staff
At a rate of 15 cents per hour per R100 or part thereof of the annual salary, plus bonus, if any:
provided that these rates shall be deemed to include establishment charges and for time expended by
36
clerical staff which shall, therefore, not be chargeable separately."
In die vorm wat tussen die partye gebruik is, is geen syfer in die blanko spasie hierbo ingevul nie.
Ten opsigte van die stilswyende bepaling waarop die eiser steun, is dit
wenslik om in hierdie stadium kortliks te verwys na h feitlike
bevinding wat die
Verhoorregter gemaak het en wat die kern-grondslag gevorm het van sy verwerping
van die bestaan van die beweerde
bepaling. Ek sal later Van Niekerk se getuienis
in hierdie verband, en die Verhoorregter se uitlatings daaroor, bespreek. Vir
die
huidige noem ek net dat VAN DIJKHORST R bevind het dat dit op die
waarskynlikhede vir hom duidelik was dat Mulder en Venter, wat
die verweerder se
Uitvoerende Komitee tydens die samesprekings op 28 Julie 1977 verteenwoordig
het, "totaal onbewus was daarvan dat
hul met hul verbredingsopdrag die basis van
vergoeding
37. verander na 'n persentasie van 'n beraamde kontraksprys." Ek
meld dit nou omdat die bevinding van kardinale belang is in hierdie
aspek van
die saak en omdat heelwat van die bewysstukke waarna ek gaan verwys 'n treffende
in-werking daarop het.
Ek kom dan nou by die uiteensetting van die bewysstukke. Dit word gedoen in genommerde paragrawe, vir gemak van terugverwysing. Met die oog op die kronologiese rangskikking word die datum van die dokument eerste genoem en dan, in telegramstyl, die aard van die dokument, gevolg deur 'n parafrase of aanhaling van die tersaaklike gedeelte(s) daarvan. Na die verweerder se Raad en Uitvoerende Komitee verwys ek kortweg as "Raad" en "UK". Besonder belangrike passasies of woorde word beklemtoon deur onderstreping.
(1) 21.11.74:) Notule UK en Raad. 5. 12.74:)
"On 18 April 1974 the Board resolved:-
'That the Board agree in principle to
38
extend the provision of high mast area lighting to Meadowlands, Diepkloof and Dobsonville and that the Director : Technical in conjunction with the Director : Finance report in due course on the planning and funding of the project.'
Provision has been made in the draft estimates for 1975/76 f or the commencement of an electrification programme for Soweto, Bekkersdal, Kagiso, Mohlakeng and Dobsonville
The total estimated cost of the scheme is R21 500 000, based on ruling prices at this stage.
RESOLVED:
That it be agreed in principle to introduce
a scheme to provide
electricity in all
houses, and high mast area lighting 'in
Soweto,
Bekkersdal, Mohlakeng, Kagiso and
Dobsonville, at an estimated cost of
R21
500 000
The introduction of such a scheme is the subject of a separate report, and it is necessary for applications for Ministerial approval to be submitted for the various projects."
(2) 2.12.76: Notule UK.
"Since the beginning of this year the Chief Director has been engaged in discussions, initially with the Anglo American Corporation and subsequently with a consortium of bankers in regard to the possibility of assistance by private enterprise in regard to the electrification of the Soweto complex.
Recently it also became clear that the consortium of bankers had been working with a group, Engineering Management Services (Pty) Limited (which is a member of the Murray Roberts Group) and this Company has now completed a preliminary report dealing basically with the technical requirements, financial aspects and details in regard to the project management.
This preliminary report was handed in at a meeting between the Chairman of Engineering
39
Management Services, Mr. J.E.D. Bramwell, and the Chairman and Deputy Chairman of the Board on Friday 26 November 1976.
In essence the plan produced involves a period of 3½ years during which time the electrifi-cation of the Soweto Complex, i.e. Greater Soweto, will be completed at an overall cost of R74m., including provision for escalation of cost at 12 ½ per annum.
The Chief Director and the Directors : Techni-cal and Finance briefly discussed the report but feel that before the West Rand Board can reasonably be expected to consider whether or not the proposal is acceptable, other steps should first take place. Obviously it is essential for this matter to be given the highest priority.
Secondly, it ïs known that the Chairman of the Consortium of Bankers had discussions with the Secretary of Finance in regard to this project and it is understood that certain approvals in principle were obtained. The details of discussions are of course, not available but aparently the Secretary for Finance indicated that the State would be prepared to guarantee any loans negotiated by the West Rand Board in regard to this project.
The Chief Director reported that a preliminary meeting would be held with the Department of Bantu Administration and Development and the Deputy Minister on 3 January 1977. The Board would be represented by the Chairman, the Chief Director, and the Directors : Finance and Technical. A sub-Committee comprising the Chairman, the Vice-Chairman, and the Chief Director was appointed to conduct subsequent discussions with the Minister in regard to the whole question of electrification.
RESOLVED
(f) that a sub-Committee comprising the Chairman, Vice-Chairman and Chief Director be appointed to conduct preliminary
40
discussions with the Minister or Deputy Minister of Bantu Administration and
Development regarding the proposed
electrification scheme."
(3) 10.5.77: Notule UK.
h Lang en breedvoerige bespreking vind plaas van
die sogenaamde EMS-verslag oor die elektrifisering
van Soweto. Talle diepgaande bedenkings word
uitgespreek oor die aanvaarbaarheid en uitvoerbaar-
heid van die verslag. In die besonder word
aandag geskenk aan die behoeftes van die inwoners
van die gebied en hulle vermoëns om by te dra tot
die koste van die verskaffing van elektrisiteit.
Dit blyk dat die Staatsdepartement Tesourie
voorgestel het dat daar van h konsortium banke 'n
lening verkry word van R60 000 000, gewaarborg deur
die Staat, wat deur die verweerder afgelos sou moes
word oor 'n tydperk, en kommer word uitgespreek oor
die las wat daardeur op die verbruikers van
elektrisiteit geplaas sou word. Besware word
geopper teen die uitvoering van die projek deur
41
maatskappye wat gekoppel is aan die EMS-groep. In
die samehang van al die
bedenkings word die vraag
gestel of die verweerder se raad reeds gebonde
is
aan die voorstelle van die EMS-verslag, word die
mening uitgespreek dat
dit nie die geval is nie, en
word daar gesê dat daar versigtig opgetree
moet
word om nie sodanige gebondenheid mee te bring nie.
Die laaste
gedeelte van die notule lui soos
volg:
"It was also deemed advisable to approach other Consulting Engineers to ascertain whether they would be able to advise the Board regarding the technical details of the proposed electrifica-tion project, with a view to determining whether the proposals are the best possible and are practical, and what such advice would cost the Board. It was felt that Mr. Barnard of the Johannesburg Electricity Department would be of assistance to the Board in assessing the advice of Consultants.
The following steps were considered to be necessary at this stage:
(a) Discussions with relevant State Depart-
ments in Pretoria;
(b) representative sample surveys to deter-
mine the views of the residents;
(c) approach to outside Consultants regarding
possibility of second opinion on techni-
cal aspects of project;
(d) meeting of Board's three representatives
on the Joint Management Group, viz.
Chairman, Vice-Chairman and Chief
Director;
42
(e) thereafter, further meeting of Joint Management Group.
However, it was felt that the Board's officials should first go into the whole matter again in the light of the discussion, and submit a further report to the Executive Committee. In the meantime, no further publicity should be given to the matter, from the side of the Board as well.
RESOLVED
That a further report be submitted to the Committee in the light of the
dicussion."
(4) 25.5.77: Notule UK.
Met verwysing na die UK se opdrag van 10 Mei 1977
word daar kortliks verwys na beskikbare syfers oor
Swartes se maandelikse uitgawes op brandgoed. Dan
volg die volgende:
"Die Voorsitter stel voor dat mnr. J.D. van Niekerk en Genote, raadgewende ingenieurs, geraadpleeg moet word oor die tegniese aspekte van die projek in opvolgïng van die Uitvoerende Komitee se opdrag van 10 Mei 1977 in die lig van hulle besondere ondervinding op die gebied.
GOEDGEKEUR"
(5) 3.6.77: Brief verweerder deur Direkteur :
Tegnies
(geteken Du Plessis) aan eiser.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei 1977 besluit het dat u firma h opdrag gegee word om 'n volledige verslag oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voor te lê.
43
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies in dié verband verrig is ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op h tydsbasis volgens Vorm 1 van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs se formules."
(6) 6.6.77: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Direkteur : Tegnies, verweerder.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Die aanstelling soos vervat in u brief gedateer 3 Junie 1977, word met dank aanvaar.
Dit dien gemeld te word dat enige fooie wat gehef word vir hierdie ondersoek, sal dien as gedeeltelike betaling vir projekwerk wat daaruit mag voortspruit.
Wees verseker van ons hartelike samewerking met u en u personeel."
(7) 28.7.77: Notule, onder die volgende opskrif:
"NOTULE VAN VERGADERING GEHOU OP DONDERDAG 28 JULIE 1977 IN VERBAND MET DIE ELEKTRIFISERING VAN SOWETO : LENING"
Onder die verdere opskrif "TEENWOORDIG" verskyn die
name van Mulder, Venter, Stander, Du Plessis en Van
Niekerk.
"Mnr. van Niekerk meld dat dit hom nog twee weke sal neem om sy verslag te voltooi. Heelwat werk is egter reeds klaar en hy wil die volgende puntjies aan die Voorsitter en Ondervoorsitter stel:
44
Dan vrolg daar 9 kort genommerde paragrafies waarin
verskillende moontlikhede in verband met lenings en
sekere aspekte van die elektrifiseringskema genoem
word. Die notule eindig soos volg:
"Die Ondervoorsitter versoek dat die posisie in verband met die aantal koolstowe nagegaan word."
In die linkerhoek onderaan die notule is daar
getik: "AHS/jb
28.7.77."
(8) 28.7.77: Notule, in sy geheel soos volg:
"NOTULE VAN 'N VERGADERING GEHOU OP 28 JULIE 1 977 IN DIE KOMITEEKAMER VAN DIE WRA HOOF-KANTOORGEBOU
TEENWOORDIG:
Lede yan die Sub-komitee wat deur die Raad aangewys is om die elektrifisering van Soweto verder te ondersoek:
Mnre: H.P.P. Mulder C.P. Venter A.H. Stander
Amptenare:
Mnre. P.A. du Plessis J.D. van Niekerk
Die Voorsitter heet almal teenwoordig welkom en sê dat die doel van die vergadering is om te hoor hoe ver mnr. Van Niekerk met die ondersoek gevorder het wat spruit uit sy aanstelling deur die Raad op 25 Mei 1977 as raadgewende inge-nieur vir die elektrifisering van Soweto.
Mnr. Van Niekerk: As uitgangspunt word gewerk
45
op die basis dat die huidige elektriese netwerk in Soweto geïntegreer sal word met die voorge-stelde nuwe projek. So 'n groot mate van integrasie as wat moontlik is behoort die doelwit te wees.
Aangesien daar 20 000 huise reeds van elektri-siteit voorsien is uit 'n uiteindelike totaal van 101 000 wonings, moet 'n mens probeer vasstel wat die verbruikspatroon in die huidige aanlegte is. Alhoewel daarop gelet mpet word dat die teenswoordige elektriese verspreiding nie vir 'n honderd persent gebruik voorsiening maak nie, is dit nietemin waardevol as 'n beginpunt.
Mnr. Vah Niekerk le 'n plan voor waarop aange-toon word welke gedeeltes van Soweto reeds van elektrisiteit voorsien is. Hy verstrek 'n lys van gebiede waarin die metode van aanleg, d.w.s. bogronds of ondergronds, aangedui word asmede die feit of huise in elk van die gebiede bedraad is en hy verwys ook na gebiede waar eletrisiteit nog nie aangelê is nie maar huise reeds bedraad is.
Mnr. Van Niekerk verstrek verder gegewens oor transformators, substasies, kabellengtes, bestaande retikulasie asook straatlengtes.
In sy ondersoek het die raadgewende ingenieur die verbruikspatroon d.w.s. oor 'n tydperk van 24 uur by die Jabavu substasie vasgestel. Die gekonsolideerde toevoer is by Orlando gemeet en wel oor 'n tydperk van 3 dae. Mnr. Van Niekerk noem die spitstye asook die laagtepunte in verbruik.
Rekenaardrukstukke gee mnr. Van Niekerk 'n aanduiding van elektrisiteitsverbruik waarin aangedui word die aantal verbruikers in elke woongebied asmede die hoeveelheid eenhede wat gebruik is. Hy lê ook 'n aantal grafiese voorstellings in verband met verbruik in verskillende woongebiede voor. Tabelle sluit nie in alle gevalle Dobsonville, Meadowlands en Diepkloof in nie. 'n Vergelyking word verstrek van die verbruik tussen April en Julie 1977.
Ten einde te bepaal watter tipe apparaat voorkeur geniet, het die firma 'n monsteropname gedoen. Hieruit word afleidings gemaak in verband met die lasfaktor en die verband daarvan met die totale koste per eenheid. Dit blyk duidelik dat dit voordelig sal wees indien die maksimum aantal aansluitings bewerkstellig
46
kan word.
Na bespreking voel die Komitee dat mnr. Van Niekerk se opdrag aangevul moet word sodat besonderhede verkry word van 'n projek vir die groter Soweto wat daardie gedeeltes insluit wat die Du Randt-kommissie vir inlywing aanbeveel het. Die verslag moet volledig wees, d.w.s. benewens tegniese aspekte moet besonderhede in verband met kostes verstrek word asmede h proqram en metodes vir die uitvoering van die hele proiek. Die verslag moet h aanbeveling bevat in verband met die bedrading van huise aangesien die Komitee begerig is om doeltref-fende diens te verskaf maar met deeglike inaqneminq van die koste-aspek.
A.H. STANDER HOOFDIREKTEUR
31 Julie 1977 AHS/jb"
(9) 23.9.77: Brief eiser (geteken Van
Niekerk) aan
Direkteur : Tegnies, verweerder.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Met verwysing na u brief van 3 Junie 1977 en soos mondelings versoek, het ons 50 afskrifte van die verslag voorberei en dit gaan hiermee saam.
h Afskrif van Vorm 1 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs word hierby aangeheg vir u inligting. Ongelukkig is dit tans slegs in Engels beskikbaar. Die verwagting is egter dat die ooreenkoms en tariewe eers-daags in die Staatskoerant gepubliseer word.
Indien verdere inligting verlang word, sal ons graag tot hulp wil wees."
(10) 23.9.77: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Voorsitter, verweerder.
47
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Ter uitvoering van die opdrag van u Uitvoerende Komitee, is dit vir ons aangenaam om meegaande verslag insake die elektrifisering van Soweto aan u voor te lê vir u oorweging.
Die verslag behels h ondersoek van die huidige stelsel tesame met h analise van die verbruiks-patroon waaruit voortvloei dat die verbruik gestimuleer moet word teneinde die voorgestelde stelsel ekonomies te benut deur h skema vir die verkoop van elektriese apparaat.
Die totale beraamde koste van die elektrifi-sering met insluiting van eskalasie beloop R94 489 667 wat moontlik met die detailontwerp verlaag kan word en bekend sal wees wanneer tenders ontvang word.
Verskeie moontlike stelsels vir retikulasie en huisbedrading is ondersoek en gebruik as basis van die kosteberamings. Met finale detailont-werp sal verdere optimalisering moontlik wees.
(11) 23.9.77: D-verslag.
(a) HOOFSTUK 1 : INLEIDING.
"1.1.00 OPDRAG EN VERBREDING
1.1.01 OPDRAG
Die opdrag soos vervat in die brief gedateer 3 Junie 1977 lees soos volg:
Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei 1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word om 'n volledige verslag oor die tegniese aspekte van die elektri-fisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voor te lê.
1.1.02 VERBREDING VAN OPDRAG
Aangesien die tegniese aspekte van
48
die elektrifisering van Soweto nie in isolasie staan nie, is na bespreking besluit om die verslag so te verbreed dat die teqniese aspekte gekoppel word aan die finansiele sy, sowel as die metodes vir uitvoering van die projek in geheel insluitend huisbedrading met die inagneming van die Groter Soweto soos voorgestel deur die du Randt Kommissie."
(b) HOOFSTUK 7 : KOSTEBERAMINGS
"7.3.11 OPSOMMING VAN BERAAMDE KOSTES
1) 11kV Ring, Miniatuur-
substasies, Laagspan-
ning distribusie R38 314 910,00
2) 11kV Skakelstasies
en toevoerkabels R6 881 537,00
3) 132/11kV Sub-
stasies + 132kV
lyne R10 688 483,00
4) Huisbedrading
(74647 huise) R14 033 636,00
5) Hoëmasbeligting
oorblywende ge-
deeltes R3 000 000,00
6) Lugkartering R350 000,00
7) Professionele fooi, dokumentasie, ver-wante kostes en toesig, volgens Vorm 1 van die Vereniging van Raadgewende In-
geniers R3 150 000,00
R76 418 565,00"
(c) HOOFSTUK 9 : ESKALASIE EN KONTANTVLOEI
"9.4.00 ESKALASIE
49
Die totale bedrag getoon in paragraaf 7.3.11 van R76 418 565 word deur eskalasie verhoog tot R94 489 667 of met 23,65% by die voltooiing van die projek middel 1981 en betaling van die laaste retensiegelde middel 1982."
(12) 12.10.77: Brief verweerder deur Direkteur :
Tegnies (geteken Du Plessis) aan
eiser.
"Ons erken hiermee ontvangs van 50 afskrifte van die verslag oor die elektrifisering van Soweto.
Dit sal waardeer word indien u ons h voorlopige staat van kostes vir die voorbereiding van hierdie verslag kan laat kry."
(13) 8.11.77: Notule UK.
Die D-verslag word bespreek en vergelyk met die EMS-verslag. Aanbevelings
word gemaak, wat op die opvolgende Raadsvergadering met
enkele wysigings aanvaar
word, soos blyk uit die volgende paragraaf.
(14) 17.11.77: Notule
Raad.
Daar word verwys na die EMS-verslag wat in November 1976 verkry is. Talle aspekte van die verslag word uiteengesit.
50
"Dit was duidelik dat deskundige onder-soek oor alle aspekte van die elektrifi-seringsvoorstel onontbeerlik is en gedurende Mei vanjaar is opdrag aan mnre. Van Niekerk en Genote, 'n firma van raadgewende ingenieurs, gegee om verslag uit te bring 'oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto' welke opdrag verbreed is om 'die finansiële sowel as die metodes vir uitvoering van die projek in geheel insluitende huisbe-drading met die inagneming van die Groter Soweto soos voorgestel deur die Du Randt-kommissie', te omvat."
Daarna word verwys na die D-verslag, en h lang
bespreking volg waarin die
verskille tussen die
EMS-verslag en die D-verslag deeglik ondersoek
word.
Die volgende besluite word dan geneem:
"AANBEVEEL :
(a) Dat die aanbod van lening soos
vervat in die aanbod van h
konsor-
tium banke en Engineering Management
Services (Pty.) Ltd., nie
aanvaar
word nie en dat EMS en die konsor-
tium banke
dienooreenkomstig
verwittig word;
(b) dat 'n ad-hoc komitee bestaande uit
die Voorsitter,
Onder-Voorsitter en
die Hoofdirekteur, aangewys word
om
verdere ondersoek te doen oor die
elektrifisering van
Soweto;
(c) dat die elektrifisering van Soweto indringend met die betrokke Staats-departemente bespreek word (d) dat die Ingenieursfirma J.D. van Niekerk en Genote aangestel word as Raadgewende Ingenieurs om die Raad op 'n ad-hoc basis van advies te bedien oor die elektrifiserinq van Soweto.
51
GEWYSIG EN AANVAAR"
(15) 28.11.77: Brief verweerder deur
Direkteur :
Tegnies (geteken Du Plessis) aan eiser.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Tydens die Raadsvergadering van 17 November 1977, soos per aangehegte fotostatiese afdruk, word u firma aangestel as Raadgewende Ingenieurs om die Raad op 'n ad-hoc basis van advies te bedien oor die elektrifisering van Soweto."
(16) 9.12.77: Brief eiser (geteken Van Niekerk)
aan Direkteur :Tegnies, verweerder.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Die aanstelling soos vervat in u skrywe van 28 November, 1977 word met dank aanvaar.
Wees verseker van ons beste samewerking met u en u personeel."
(17) 24.1.78: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris,
Departement
Bantoe-administrasie en
-ontwikkeling.
Die D-verslag word aangestuur. Die
onaanvaar-
bare aspekte van die EMS-verslag word uitgewys.
52
Die aanvanklike opdrag aan die eiser en die latere verbredingsopdrag word aangehaal. Die besluite van 17 November 1977 word vermeld (par (14) hierbo). (18) 24.2.78: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris, Tesourie, Departement van Finansies. Daar word genoem dat die Minister van Finansies ingestem het om 'n afvaardiging van die Raad te woord te staan op 3 Maart 1978 om gedagtes te wissel oor die elektrifisering van Soweto, en dat die Raad verteenwoordig sal word deur die Voorsit-ter, Onder-Voorsitter en Hoofdirekteur. 'n Memorandum word aangeheg waarin uiteengesit word die geskiedenis van die EMS-verslag en die besware daarteen, die verkryging van die D-verslag, waarna verwys word as "'n uitvberige ondersoek", en die moontlikhede, in die lig daarvan, met betrekking tot die verkryging van 'n lening en die metodes vir
53
die delging daarvan.
(19) 24.2.78: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris,
Departement
Bantoe-administrasie en
-ontwikkeling.
Met verwysing na die Minister van
hierdie
Departement, h brief met dieselfde strekking as
die vorige
een.
(20) 3.3.78: Notule van vergadering in kantoor
van Minister van Plurale Betrekkinge en Ontwikkeling (mnr C P Mulder). Teenwoordig is, onder meer, die genoemde Minister, die Minister van Finansies, verskeie amptenare van albei Departemente, die drie verteenwoordigers van die Raad, en Van Niekerk.
Verskeie aspekte van die finansiering van die elektrifiseringsprojek word bespreek. Minister Mulder sê dat die saak na h komitee verwys word vir verdere studie. Die komitee moet op 15
54
April 1978 terugrapporteer.
(21) 8.3.78: Notule van vergadering in
kantore
van Departement Plurale Betrekkinge
en Ontwikkeling. Die Voorsitter is verweerder se Hoofdirekteur, Stander. Teenwoordig is verskeie amptenare van Staatsdepartemente en van die verweerder, asook Van Niekerk. Verskeie aspekte van die finansi-ering van die projek word bespreek.
"BESLUIT:
(a) Dat in beginsel aanvaar word dat Soweto wel geëlektrifiseer gaan word; (b) dat die WRA in oorleg met sy bankiers 'n finansieringspakket vir die skema sal uitwerk wat berus op die volgende beginsels:
(i) Mnr. J.D. van Niekerk se verslag word aanvaar as basis vir die uitvoering en finansiering van die projek;
(22) 15.5.78: Brief Sekretaris Departement Plurale
Betrekkinge en Ontwikkeling aan Hoofdirekteur, verweerder. "2. Dit word graag bevestig dat die
55.
finansieringsvoorstelle soos uit-geklaar deur u Raad en Volkskas en Barclays, asook ander tersaaklike besonderhede rakende die elektrifi-sering van Soweto, aan die Gemeen-skapsraad vir Soweto voorgelê rnoet word vir oorweging. Sodra u Raad die Gemeenskapsraad se reaksie aan die Departement bekend gemaak het, sal die voorstelle vir ministeriële oorweging voorgelê word."
(23) 7.7.78: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"Ek bring dit graag onder u aandag dat ek op 5 Julie 1978 genader is deur 'n dr. L.J. Botha wat vergesel was van D. Thebehali, Voorsitter van die Sowetoraad.
Dr. Botha het my meegedeel dat hy 'n besigheidsadviseur is en dat hy 'n konsortium verteenwoordig van raadgewende ingenieurs in verskillende dissiplines. Mnr. Thebehali het my daarop meegedeel dat die mense van Soweto moet weet wat vir hulle gebied benodig word en dat dit sy Raad se voorneme is om dr. Botha en die konsortium opdrag te gee om ondersoek in te stel na elke moontlike ontwikkeling in Soweto.
Die Direkteur : Tegnies het die twee here meegedeel dat die Raad reeds van verskeie konsultingenieurs gebruik maak in verband met ontwikkelingswerk in Soweto en elders in sy gebied en dat u self reeds volledig verslag gedoen het in verband met die elektrifisering van Soweto ten opsigte waarvan u opdrag van my Raad ontvang het.
Dr. Botha het gesê dat hy nog nooit van u gehoor het nie en dat die afhandeling van die elektrisiteitsprojek in Soweto in elk geval 'n firma met tenminste 100 inge-nieurs sou verg. Daar is ook verduide-lik dat die Voorsitter van die Sowetoraad reeds h afskrif van mnr. Van Niekerk se verslag ter hand het.
My indruk van wat dr. Botha en mnr. Thebehali gesê het is dat daar gepoog
56
word om my Raad te oorreed om die konsor-tium in verband met alle verdere inge-nieursbedrywighede in Soweto aan te stel, insluitend elektrifisering.
Die funksies wat ingevolge Wet 125 van 1977 (kyk artikel (5)) aan die Sowetoraad oorgedra is, sluit nie die voorsiening van dienste soos elektrifisering in nie. Dit sou dus onmoontlik wees vir die Sowetoraad om die konsortium op hul eie opdrag te gee.
(24) 31.10.78:) Briewe Sekretaris Departement Plurale
7.11.78:) Betrekkinge en Ontwikkeling aan Hoofkommissaris, Johannesburg. Die Minister het geen beswaar daarteen dat die Gemeenskapsraad van Soweto sy eie konsultante, die Ecoplan-konsortium, benoem om advies te gee oor die elektrifiseringskema nie, maar daar moet geen herhaling wees van die studies wat gedoen is in die reeds bestaande verslae nie en die vergoeding van die konsultante moet nie 'n maksimum van R6 000 oorskry nie.
(25) 7.11.78: Notule UK.
"Gedurende Mei 1977 is mnre. J.D. van Niekerk & Genote aangestel om verslag uit
57
te bring 'oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto.' In 'n later stadium is die opdrag verbreed om 'die finansiële aspekte sowel as die metodes van uitvoering van die projek in geheel, insluitende huisbedrading, met inagneming van die Groter Soweto soos voorgestel deur die Du Randt-kommissie' te omvat.
Mnr. Van Niekerk se verslag is besonder deeglik opgestel en is grootliks gebaseer op oorspronklike navorsing wat sy firma onderneem het. Die verslag kan in sy huidige vorm as basis gebruik word vir die projek, dit wil se min bykomstige navorsing hoef onderneem te word.
Die Hoofdirekteur is van mening dat mnre. J.D. van Niekerk & Genote nou aangestel behoort te word vir die elektrifiserings-projek vir die Groter Soweto indien die Raad sou besluit om dit te onderneem.
AANBEVEEL:
Dat mnre. J.D. van Niekerk & Genote aangestel word as die Raad se raadgewende ingenieurs vir die uitvoering van die elektrifiserings-projek vir die gebied Groter Soweto, indien besluit word om so h projek te onderneem."
(26) 28.11.78: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"AANSTELLING : ELEKTRIFISERINGSPROJEK
Dit is vir my aangenaam om u mee te deel dat my Raad u op 15 deser aangestel het as sy raadgewende ingenieurs vir die uitvoer-ing van die elektrifiseringsprojek vir Groter Soweto indien besluit word om so h projek te onderneem.
Ek sal u op hoogte hou in verband met verwikkelinge."
(27) 14.12.78: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
58
Hoofdirekteur, verweerder.
"AANSTELLING : ELEKTRIFISERINGS PROJEK : GROTER SOWETO
Die aanstelling vir bostaande werk soos vervat in u skrywe van 28 November 1978, word met dank aanvaar. Die gebruiklike voorwaardes van Vorm I van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs sal van toepas-sing wees.
Graag wil ons u verseker van ons hartlike samewerking met u en lede van u personeel."
(28) 5.1.79: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"Na aanleiding van die toespraak gelewer deur Mnr. David Thebehali ter geleentheid van die besoek van Sy Edele Dr. Koornhof op 13 Desember 1978, wens ons graag kommentaar te lewer op aspekte rakende hierdie firma.
Die bewering deur Mnr. Thebehali dat hierdie firma 'small and relatively inexperienced' is, word verwerp synde beswaddering wat van die Eco-plan Konsor-tium kom.
Ons wil u verder daarop wys dat die verslag en beramings die basiese ontwerp van die stelsel vir die elektrifisering van die Groter Soweto bevat en dat ons nie verwag dat groot wysigings in die detailontwerp nodig sal wees nie.
(29) 6.2.79:) Notule UK en Raad. 21.2.79:)
Die brief in die voorgaande paragraaf genoem word
59
in die notules opgeneem en daarvan word kennis
geneem.
(30) 25.6.79: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"Aangesien daar besluit is om die elektri-fiseringsprojek vir die gebied Groter Soweto te onderneem, sal ons met die basiese beplanning of voorlopige ontwerp van die projek soos bevat in ons verskeie verslae wat deur u Raad aanvaar is as uitgangspunt die dokumente wat nodig is om tenders vir die werke aan te vra opstel ooreenkomstig ons aanbevelings vir die gebied en dele uiteengesit in Hoofstuk 7 van ons verslag gedateer September 1977.
Sekere detail ontwerp is ook reeds bevat in ons verslae en dit sal nie vir ons moeilik wees om by die tydsbepalings van die voorgestelde program (verslag September 1977 bls. 57) te hou nie.
Ons bevestig dat reëlings getref is vir h samespreking op 5 Julie 1979 by u kantore met die verteenwoordigers van u Raad oor sekere aspekte van die verdere uitvoering van die projek."
(31) 5.7.79: Notule UK.
"FOOIE VAN NIEKERK EN GENOTE : ELEKTRIFISERING
(Op uitnodiging sluit mnr. Van Niekerk om 10h15 by die vergadering aan).
Die Hoofdirekteur verwys na die Raad se opdrag aan mnr. Van Niekerk om verslag te doen oor die elektrifisering van Groter Soweto, en dat hy wel 'n volledige verslag ingedien het. Intussen het die Minister egter die verantwoordelikheid vir die elektrifiseringsprojek aan die Swart Rade oorgedra, met die gevolg dat die Raad nie meer die verantwoordelike liggaam is nie.
60
Die Minister het ook die Swart Rade se aanstelling van die Ecoplan Konsortium as Konsultante vir die projek goedgekeur.
Mnr. Van Niekerk verduidelik dat hy die basiese ontwerp van die projek qedoen het, sowel as die finansiele implikasies, en daarvolgens sy verslag aan die Raad voorge-lê het. Volgens die 1976 Standaard Ooreenkoms van die Vereniging van Raad-gewende Ingenieurs wat van toepassing is, word dit as 'gedeeltelike werk' beskou aangesien ander Konsultante nou oorneem. Fases (a) en (b) van die Konsultant se werk soos omskryf in die Standaard Ooreenkoms is egter volqens hom voltooi. Na sy mening beteken dit dat hy geregtig is op 30% van die volle fooi, plus verhaalbare koste. Alhoewel die fooi gewoonlik op finale koste gebaseer word, aangesien die projek nie voltooi is nie, sal sy fooi op beraamde koste gebaseer moet word.
Die Hoofdirekteur huldig die mening dat die omstandighede in hierdie geval soortgelyk is aan die 'kansellasie' van die proiek insoverre dit die Raad betref. Aangesien die Raad nie verder met die projek voort-gaan nie, verval die funksie van sy konsultant ten opsigte van die projek. In die geval van kansellasie bepaal die Standaard Ooreenkoms dat die Konsultant se fooi 20% plus 1/10is. Daar sal vasge-stel moet word of die Raad se Konsultant se fooie op die basis van 'gedeeltelike werk' bepaal moet word volgens die mening van mnr. Van Niekerk, en of dit op die basis van die 'kansellasie' van die projek bepaal moet word. Die posisie is nie duidelik nie. Die Standaard Ooreenkoms sal in hierdie verband bestudeer moet word. Mnr. Van Niekerk onderneem om hierdie aspek op te neem.
(Mnr. Van Niekerk verlaat die vergadering in hierdie stadium om 10h45.)
Die Hoofdirekteur noem dat mnr. Van Niekerk se rekeninq, sodra dit ontvang is en die Raad daarmee akkoord gaan, aan die Minister voorgelê moet word met die versoek dat dit deur die Staat betaal word aangesien die Minister se goedkeuring van die aanstelling van ander Konsultante vir die elektrifi-seringsprojek die effek gehad het om die
61
Raad se opdrag aan mnr. Van Niekerk en sy aanstelling as Konsultant te kanselleer, en die werk wat hy reeds gedoen het oorbodig te maak, aangesien die nuwe Konsultante dieselfde werk ook gedoen het. Die eerste twee fases van die Konsultante se werk is deur die twee Konsultante gedupliseer nl:
(a) Voorlopige verslag (b) Voorlopige ontwerp.
Die fooi waarop mnr. Van Niekerk geregtig is is dus vrugtelose uitgawe, tensy Ecoplan die nuwe Konsultante, ook van mnr. Van Niekerk se werk gebruik maak, in welke geval sy fooi van die algehele koste van die skema verhaal kan word.
BESLUIT :
Dat 'n Memorandumopgestel word oor die kwessie van die fooi van die Raad se elektrifiseringskonsultant, Mnre. van Niekerk & Genote, en aan die Minister voorgelê word met die versoek dat die Minister die Uitvoerende Komitee in hierdie verband te woord staan."
(32) 12.7.79: Memorandum van Hoofdirekteur,
Stander.
"3. GELDE BETAALBAAR AAN D.J. VAN NIEKERK EN GENOTE (RAADGEWENDE ELEKTRO-TEGNIESE INGENIEURS):
Die Wes-Randse Raad het D.J. van Niekerk en vennote op 3 Junie 1977 aangestel om verslag te doen oor die elektrifisering van Soweto. Die aanstelling is later uitgebrei om die Groter-Soweto gebied in te sluit.
Mnr. Van Niekerk se taak was van so h aard dat hy daartoe moes oorgaan om bykomstige personeel aan te stel met die gevolg dat sy firma op 6 Desember 1978 aangestel is as my Raad se raadgewende ingenieurs 'vir die uitvoering van die elektrifiserings-projek vir die gebied Groter-Soweto
62
indien besluit word om so 'n projek te onderneem'.
Die firma het sy verslag op 30 September 1977 ter oorweging voorgelê dit wil sê, 4 maande na aanstelling. Heelwat bykomstige werk moes deur D.J. van Niekerk onderneem word veral met betrekking tot finansiële aspekte van die projek. Daarbenewens het hulle sekere verhaalbare kostes aangegaan wat egter met die afhandel-ing van hul rekening geen probleem sal oplewer nie.
Die Van Niekerk-verslag is 'n omvat-tende dokument van 93 bladsye plus bylaes in die vorm van grafieke, planne en tabelle. In die tarief-skedules vir raadgewende ingenieurs uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Raadgewende Ingenieurs word vier basiese stadiums van werk in verband met proiekte aangedui, te wete:
(a) 'n Voorlopige verslag; (b) voorlopige ontwerp;
(c) detail ontwerp; (d) konstruksie.
Die tariefskedules van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs is so 'n verwarrende dokument dat selfs praktiserende ingenieurs nie heelte-mal seker is van die basis waarop gelde in spesiale omstandighede bereken moet word nie.
Die Hoofdirekteur maak die volgende voorlopige berekening:
Berekening van gelde :
Primêre bedrag betaal-
baar : R23 100,00
+ 5% van R76 418 565 R3 820 928,25
R3 844 028,25
Nota : R76 418 565 is die berekende
63
koste van die projek in 1977.
Item 5.1.3.1.:
Voorlopige ontwerp-
stadium:30% van
R3 844 028,25 = R1 153 208,40
Item 11.1:
Projekte wat afge-
stel word: 1/10
Toeslag op gelde = R115 320,00
R1 268 528,40
Op 28 Maart 1979 is verantwoordelik-heid vir die uitvoer van die elektri-fiseringsproiek aan die drie Gemeen-skapsrade in Soweto oorgedra. Die Van Niekerk-rekening moet eqter nog afgehandel word.
Die Wes-Randse Administrasieraad kan die geld nie teen die projek verhaal nie en versoek dus dat die Departe-ment 'n skenking van die ingenieurs-gelde aan die WRA maak."
(33) 18.7.79: Notule van vergadering in kantoor van
Minister van Departement Samewerking
en Ontwikkeling.
Teenwoordigis die Minister, twee Adjunk-Ministers,
talle amptenare van die Departement, verweerder se
UK, bestaande uit die Voorsitter (Mulder), die
Ondervoorsitter (Venter) en twee ander lede, en
vier van die verweerder se amptenare, insluitende
die Hoofdirekteur (Stander) en die Direkteur :
64
Tegnies (Du Plessis).
Ter aanvang word vermeld:
"'n Memorandum opgestel deur die Hoofdirek-teur dien as basis vir bespreking en word aangeheg as Bylae A."
[Dit is die memorandum genoem in die voorgaande paragraaf, (32)].
"3. GELDE BETAALBAAR AAN J.D. VAN NIEKERK
EN GENOTE (RAADGEWENDE
ELEKTRO-
TEGNIESE INGENIERS)
Met verwysing na die Memórandum is die Minister van mening dat by die oorspronklike oordrag van die verantwoordelïkheid vir elektrifi-sering, dit die gedagte was dat Van Niekerk ook nog h verdere rol moet speel. Mnr. Venter verduidelik dat beide Ecoplan en Van Niekerk dieself-de werk gedoen het, naamlik Fases a) en b) van die Konsultant se werk soos omskryf in die 1976 Standaard Ooreenkoms van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs soos volg:-
a) Voorlopige verslag b) Voorlopiqe ontwerp.
Nadat die werk reeds namens die Administrasieraad deur Van Niekerk gedoen is, is Ecoplan aangewys en het dieselfde werk gedupliseer. Die Raad het binne sy req opqetree om twee iaar qelede sy Konsultant aan te stel, en om hom opdraq te gee om die beplanning en ontwerp te doen.
Twee jaar later het die Swart Raad Ecoplan aangestel. Die destydse Minister het slegs goedgekeur dat 'n bedrag van R6 000 bewillig word om aan Ecoplan opdrag te gee om na die voorstelle van Van Niekerk te kyk en om kommentaar te lewer. Desnie-teenstaande het Ecoplan die Soweto-raad genader met die oog op h volledige ondersoek, en is toe so
65
opgedra deur die Sowetoraad. Ecoplan het toe ook volledig onder-soek ingestel en h beplanning en ontwerp opgestel. Sodoende is die werk van Van Niekerk gedupliseer. As gevolg van die goedkeuring van die aanstelling van Ecoplan ten opsigte van elektrifisering, is albei konsultante gereqtig op fooie vir dieselfde werk.
Mnr. Venter wys voorts daarop dat die oordrag van die verantwoordelikheid vir elektrifisering van die Admini-strasieraad na die Swart Rade, en die erkenning van Ecoplan, die de facto effek gehad het om Van Niekerk te ontslaan en sy werk oorbodiq te maak. Hy moet egter betaal word vir die werk wat hy volqens sy wettige opdrag van die Administrasieraad gedoen het, wat eintlik nou verkwisting van qeld is.
Die Minister huldig die mening dat die projek so groot is dat dit eintlik te groot is vir een konsul-tant en dat daar plek is vir beide Ecoplan en Van Niekerk. Mnr. Venter noem dat een konsultant enige projek wel kan hanteer, ongeag die omvang van die projek, deur ander ingenieurs te betrek.
Die Minister beslis dat die kontrak-tuele verpligtinge van die Admini-strasieraad en die Sowetoraad ten opsigte' van beide Ecoplan en Van Niekerk, bepaal en op 'n vaste grondslag geplaas moet word. Daar moet ook gepoog word om die verant-woordelikhede vir die elektrifiser-ingsprojek tussen die twee konsul-tante te verdeel, en om die verdeling te spesifiseer. Daar moet sonder versuim samesprekings tussen al die betrokke partye gevoer word om die saak uit te klaar. Daarna moet daar aan die Minister teruggerapporteer word."
(34) 20.7.79: Brief Hoofkommissaris, Witwatersrand,
66
Departement Samewerking en Ontwikkel-ing, aan Hoofdirekteur, verweerder.
"SOWETO: ELEKTRIFISERING
1. Ek verwys na die onlangse samesprek-ing met Sy Edele die Minister waartydens daar gevra is dat die Departement presies ingelig moet word oor u Raad se kontraktuele verplig-tinge ten opsigte van mnr. Van Niekerk. Met ander woorde, wat ek verlang is h afskrif van u mandaat aan hom en van enige supplementêre skrywes insake die mandaat en daarteenoor 'n opsomming van die werk reeds gedoen. 2. Ook het die Minister gevra dat u h bespreking reël tussen mnre. Marais en Van Niekerk om te kyk of mnr. Van Niekerk nie in die groter skema betrek kan word nie. 3. Voorts is gevra dat die Gemeenskaps-rade ook in die verband geken word. 4. Die Minister het dringend versoek dat enige stremming in hierdie area ontlont word en daarom ontvang ek u kommentaar so gou doende."
(35) 24.7.79: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK
Hierdie skrywe dien om h mondelinge mededeling aan u aan die einde van Maart vanjaar te bevestig, naamlik dat die elektrifisering van die Groter-Soweto gebied aan die drie betrokke gemeenskaps-rade oorgedra is. Die oordrag van funksies is gedoen ingevolge artikel 5 (1) (n) van Wet 125 van 1977 en die Sekretaris van Samewerking en Ontwikkeling het dit in h skrywe van 3 Mei 1979 soos volg aan die Hoofkommissaris bekend gemaak:
67
'1.1 That the eiectrification for the greater Soweto area comprising the areas of jurisdiction of the Soweto, Diep-Meadow and Dobsonville Councils be undertaken as a joint venture by the three said Councils at the earliest possible date.
1.2 That the responsibility for the electrification scheme for the greater Soweto be transferred from the West Rand Administration Board to the three respective Councils, viz.: The Soweto, Diep-Meadow and Dobson-ville Councils.'
Soos aan u persoonlik meegedeel is, gaan my Raad derhalwe nie voort met die elektrifi-seringsprojek nie. U sal merk dat u aanstelling vir die uitvoering van die projek onderhewig gestel is aan die voorwaarde dat inderdaad besluit word om so h projek te onderneem.
Ek sal dit waardeer as u my nou u rekening sal stuur vir voorlegging aan my Uitvoerende Komitee.
My opregte dank vir die groot taak wat u in verband met die projek gedoen het."
(36) 6.8.79: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Hoofkommis-
saris, Johannesburg.
"ELÉKTRIFISERING : GROTER-SOWETO : J.D. VAN NIEKERK EN GENOTE
U skrywe (22) N9/2/2/26/3 van 20 Julie 1979 verwys. [Dit is par (34) hierbo.]
Op 3 Junie 1977 is 'n brief wat soos volg lui aan mnr. J.D. van Niekerk gerig :
'Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei 1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word om h volledige
68
verslag oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voor te lê.
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies in dié verband verrig is ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op 'n tydsbasis volgens Vorm 1 van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs se formules.'
Hierop het verskeie samesprekings tussen die Uitvoerende Komitee en mnr. Van Niekerk gevolg en daar is besluit om die oorspronk-like opdrag uit te brei sodat sy verslag ook die finansiële aspekte van elektrifi-sering sou dek en die Groter-Soweto gebied sou omvat. Hy is ook versoek om verslag te doen oor die uitvoering van die projek insluitende huisbedrading.
Daar was kontensieuse vraagstukke waarop
die Wes-Randse Raad in daardie
stadium duidelikheid moes verkry. h Ander organisasie het toe reeds kort tevore
h voorstel vir die
elektrifisering van Soweto voorgelê. Daardie voorstel
was nie vir die Raad aanvaarbaar nie omdat dit oog-lopende tekortkominge
bevat
het. Bowendien is die projek so groot en duur dat dit riskant sou wees om
beplanning en uiteindelike besluit op enigiets behalwe
h basiese ontwerp
te baseer.
Die vasstelling van vertroubare kostes het ook 'n noodsaaklikheid geword. Die Sowetoraad was nie bereid om hulle tot die projek te verbind alvorens dit aan inwoners vir hul sienswyse voorgelê is nie. Om daardie rede is mnr. Van Niekerk opgedra om ook die finansiële implikasies van die projek te ondersoek en daaroor verslag te doen. Tewens die banke se aanvanklike voorstel vir die aangaan van lenings is gebaseer op sy berekeninge en tabelle.
Die Van Niekerk-verslag is in September 1977 aan die Raad beskikbaar gestel maar aangesien daar van tyd tot tyd aspekte oor elektrifisering opgeduik het in verband
69
waarmee die Raad geadviseer moes word, is hy op 17 November 1977 aangestel om die Raad op 'n ad hoc basis oor verskeie aspekte in verband met elektrifisering te adviseer.
Mnr. Van Niekerk het tot nog toe nie 'n rekening vir sy dienste gelewer nie. Hy het dit agterweê gehou totdat 'n besluit oor elektrifisering geneem word. Indien hy aangestel sou word, sou die rekening vir die voorbereidende werk deel vorm van sy rekening vir die projek.
Daar was lang oponthoude veral met betrek-king tot die meningspeiling in Soweto en om mnr. Van Niekerk 'n mate van sekerheid te gee, het die Uitvoerende Komitee op 15 November 1978 besluit om hom vir die uitvoering van die projek aan te stel indien besluit sou word om met elektrifi-sering voort te gaan.
In die tariefskedules vir raadgewende ingenieurs uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Raadgewende Ingenieurs word vier basiese stadiums van werk in verband met projekte aangedui, te wete:
(a) 'n Voorlopige verslag; (b) voorlopige ontwerp; (c) detail ontwerp; (d) konstruksie.
Mnr. Van Niekerk se verslag kom tot by stadium (b) hierbo.
Die Raad se kontraktuele verbintenis met mnr. Van Niekerk berus op sy aanstelling per brief as raadgewende ingenieur van die Raad in verband met die elektrifisering van Soweto, welke opdrag tydens h vergadering uitgebrei is soos in die inleidende paragraaf aangedui. By afhandelinq van sy opdrag het 'n ingenieur aanspraak op besoldiging ooreenkomstig die tariefskedule wat die S.A. Vereniging van Raadgewende Ingenieurs voorskryf.
As aanhangsels heg ek hieraan die drie aanstellingsbriewe, 'n uittreksel uit 'n notule oor die uitbreiding van die aanvank-like opdrag, asmede h opsomming van die werk wat mnr. Van Niekerk gedoen het."
70
(37) 23.8.79: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK PROFESSIONELEGELDE : INTERIM REKENING NR. 1
1. BERAAMDE PROJEKKOSTES
Netto beraamde koste
voor eskalasie van die
projek volgens verslag
September 1977
Netto beraamde bedrag R73 268 565,00
Netto beraamde koste
voor eskalasie volgens
aangepaste syfers vir
Maart 1979 soos in
memorandums 1979:03:27
en 1979:06:18 R84 992 000,00
2. PROFESSIONELE GELDE
2.1 Voorlopiqe Ontwerp
Fooi volgens Vorm 1
van die Vereniging van
Raadgewende Ingenieurs,
Klousules 5.1.2.1, 6.1.4
en 6.2
R23 100 + 5% van
R84 992 000 = R4 272 700
Gedeelte tans betaalbaar
vir voorlopige ontwerp
en verslag volgens Klou-
sules 3.1.2 en 5.1.2.1
van Vorm 1
20% van R4 272 700,00 R854 540,00
2.2 Verskeie Verslae, Ver-
gaderings en Same-
sprekinqs R13 210,40
TOTALE BEDRAG TANS
BETAALBAAR R869 498,28"
(38) 4.9.79: Notule UK.
71
Daar word verwys na die besluit van UK van 5 Juliê
1977 (par (31) hierbo) en die samesprekings met
die Minister (par (33)
hierbo). Verder word daar
verwys na onderhandelings tussen
verteenwoordigers
van Ecoplan en die eiser, waaruit dit blyk dat
daar tot
geen vergelyk gekom kon word oor die
samewerking van albei die instansies in
die
elektrifiseringsprojek nie. Ten slotte gaan die
notule voort soos
volg:
"Die kwessie van die rekening is egter nie so eenvoudig nie. Die stuk wat mnr. Van Niekerk aan die Raad voorgelê het beslaan 94 bladsye, benewens tabelle, grafieke, kaarte, en dies meer. Gedeeltes daarvan lyk vir die Hoofdirekteur na h voorlopige ontwerp maar nou is dit so dat daardie gedeeltes nie die hele groter-Soweto betrek nie. Ten minste tot en met Hoofstuk 2 van die verslag moet h mens dit beskou as uit-en-uit h voorlopige verslag. Daar is selfs gedeeltes in die res daarvan wat moontlik slegs voorlopig van aard is.
Omdat die rekening aansienlike verleentheid kan veroorsaak, voel die Hoofdirekteur dat dit liefs aan beoordeling deur h buite-party onderwerp moet word. Die President van die Instituut van Raadgewende Inge-nieurs, mnr. Spence, het te kenne gegee dat hy bereid sou wees om dit te doen.
AANBEVEEL:
(a) Dat mnre. J.D. van Niekerk en Genote se rekening in verband met die elektrifisering van Soweto aan die President van die Instituut van
72
Raadgewende Ingenieurs vir beoordeling voorgelê word;
(b) dat na ontvangs van 'n verslag van die President van die Instituut van Raadgewende Ingenieurs, die Departe-ment van Samewerking en Ontwikkeling meegedeel word dat daar nie tot 'n kompromie geraak kon word in verband met die werk wat Mnr. J.D. van Niekerk en Genote in verband met die elektri-fisering gedoen het nie en dat die bedrag voorgestel in die verslag van die Instituut van Raadgewende Inge-nieurs, aan hom as verefféning aangebied word."
(39) 7.9.79: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"U interim rekening word tans deur my Raad se Uitvoerende Komitee oorweeg en ons tree ter geleë tyd met u daaroor in verbinding."
(40) 19.9.79: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"REKENING : ELEKTRISITEITSPROJEK
Na aanleiding van u skrywe van 24 Augustus en die daaropvolgende telefoongesprek, het ons kennis geneem van die feit dat reken-inge van hierdie aard binne 30 dae afge-handel moet word.
Ek het ongelukkig 'n probleem aangesien u betaal moes word uit die projek as sulks, dit wil sê uit leningsgelde. Op my Raad se begroting vir hierdie jaar bestaan geen voorsiening vir 'n bedrag van die omvang wat nou hierby betrokke is nie. Dit sal derhalwe vir my nodig wees om ministeriële goedkeuring te verkry vir h oorbestedings-pos. Sodra ek dit vra sal die onderhan-delings tussen u firma en die Ecoplan-groep ter sprake kom en soos u weet hang die hele aangeleentheid nog in die lug. Ek het die inhoud van u voorstel op 10 September 1979
73
aan die Eco-mense gestel maar nog nie van hulle verneem nie.
Ek wil dus graag vra dat u my nog twee maande gee om die rekening af te handel.
Ek rig ook weer h skrywe aan die Ecoplan Konsortium in verband met die voorstel en tree daaroor met u in verbinding sodra ek van hulle hoor."
(41) 20.9.79: Notule Raad.
UK se aanbeveling van 4.9.79 (par (38) supra) word
aanvaar.
(42) 1.10.79: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"I/s GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK INTERIM REKENING NR. 1
Met verwysing na u skrywe van 19 September 1979 bevestig ons hiermee dat u Raad aanspreeklikheid aanvaar het vir betaling van ons interim rekening nr 1 en dat ons bereid is om aan u Raad uitstel van twee maande na die datum van daardie skrywe te gee vir betaling van daardie rekening.
(43) 19.10.79: Notule UK.
Daar word besluit om aan te beveel dat die eiser se brief in die voorgaande paragraaf vermeld na die Raad se prokureurs verwys word om 'n konsep antwoord op te stel.
74
(44) 6.11.79: Notule UK.
Die eiser se rekening word bespreek. Die
Hoofdirekteur doen verslag dat Van Niekerk nie
bereid was om een van die drie persone wat deur
die President van die S A Vereniging van Raadge-
wende Ingenieurs voorgelê is, as bemiddelaar te
aanvaar nie. Dan lui die notule soos volg:
"Om die saak heeltemal duidelik te stel behoort mnr. Van Niekerk nou meegedeel te word dat die Raad sy rekening nie aanvaar nie omdat betaling vir die werk wat hy gedoen het, na die mening van die Raad op 'n tydsbasis bereken behoort te word.
Mnr. Van Niekerk se aanvanklike aanstelling lees soos volg:
'Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei 1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word om 'nn volledige verslag oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voorte lê.
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies in dié verband verrig is, ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op h tydsbasis volgens Vorm 1 van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs se formules.'
Tydens h verqadering gehou op 28 Julie 1977 het die Onder-komitee belas met die verdere ondersoek van die elektrifiseringsproiek mnr. Van Niekerk opqedra om besonderhede by te werk vir die groter-Soweto wat daardie
75
gedeeltes insluit wat die Du Randt-kommissie vir inlywing aanbeveel het. Benewens tegniese aspekte moes daar in die verslag besonderhede in verband met koste verstrek word asmede h program en metodes vir die uitvoering van die hele projek. 'n Aanbeveling moes in verband met bedrading van huise verstrek word 'aangesien die Komitee begerig was om doeltreffende diens te verskaf maar met deeglike inagneming van die koste-aspek.'"
(45) 9.11.79: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"ELEKTRIFISERINGSPROJEK : SOWETO
Die Uitvoerende Komitee het nou geleentheid gehad om u interim rekening in die lig van advies wat oor die aangeleentheid inqewin is, te oorweeg. Dit blyk dat u rekening nie volgens u aanstelling opgestel is nie en ten einde die Raad in staat te stel om die bedrag waarop u geregtig is, vas te stel, word u versoek om 'n rekening volgens u aanstelling voor te lê.
Om enige misverstand waaronder u in verband met die aangeleentheid mag verkeer, uit die weg te ruim, herinner ons u nogeens aan die terme van u aanstellinq. U opdrag was om 'n volledige verslag oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voor te lê. U vergoeding sou geskied op 'n tydsbasis volgens Vorm 1 van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs se formules. U word nou gevra om u gedetaileerde rekening te lewer ten opsigte van die vergoeding waarop u volgens die qemelde formule gereqtiq is vir die verslag wat u gelewer het.
Die voorgaande kronologiese rangskikking en uiteensetting van die bewysstukke bring onmiddellik twee
76
merkwaardige aspekte van die verweerder se saak na vore, met betrekking tot die eerste twee van die belangrike geskilpunte wat ek vroeër genoem het. Die eerste is dat toe die verweerder in Februarie 1984 'n wysiging van sy pleit verkry het om die behoorlike magtiging van sy ampsdraers ten opsigte van die sluiting van die verbredingsooreenkoms op 28 Julie 1977 in geskil te plaas, dit nie alleen die heel eerste keer was dat sodanige magtiging bevraagteken is nie, maar ook h verweer geopper het wat lynreg in stryd was met die duidelike standpunt wat die verweerder se bevoegde organe en verteenwoordigers deurgaans ingeneem het soos weerspieël word in die bewysstukke. Die tweede is dat ten opsigte van die vergoeding van die eiser vir die D-verslag op h persentasiebasis, in teenstelling met h tydsbasis, die laaste twee bewysstukke waarna ek verwys het (par (44) en (45)) h verbysterende volte face van die kant van die verweerder openbaar, in die lig van talle van die voorafgaande bewysstukke.
77
Daarby kom nog die verdere oorweging dat daar namens die verweerder geen
getuienis voor die Verhoorhof geplaas is om hierdie twee
dramatiese
frontveranderinge te verduidelik nie. Die vraag is nou of daar enige gronde
daarvoor bestaan.
Wat betref die magtiging om die verbredingsooreenkoms aan
te gaan, moet daar eerstens verwys word na die notule van die vergadering
waarop
daar aan Van Niekerk die verbredingsopdrag gegee is -par (8) hierbo. Volgens
daardie notule het Mulder, Venter en Stander
aan die vergadering deelgeneem as
lede van "die Sub-komitee wat deur die Raad aangewys is om die elektrifisering
van Soweto verder
te ondersoek." Die vermelding van "die Komitee" in die laaste
paragraaf van die notule, waarin die verbreding van die eiser se opdrag
uiteengesit word, kan alleenlik h verwysing wees na die "Sub-komitee wat deur
die Raad aangewys is", soos vermeld in die aanvangsparagraaf
van die notule, d w
s Mulder, Venter en Stander. Onthou
78
sal word dat die Raad kragtens die Wet (artikel 11 (1) (b) ) bevoeg was om
van sy bevoegdhede aan 'n onderkomitee oor te dra, en dat
die Uitvoerende
Komitee met 'n soortgelyke bevoegdheid beklee was (artikel 7 (3)). Op die oog af
beskou, weerspieël hierdie
notule gevolglik dat die verbredingsooreenkoms
namens die verweerder aangegaan is deur een van sy organe wat kragtens die Wet
bevoeg
was om aldus op te tree.
In die Verhoorregter se uitspraak het hy met
verwysing na hierdie notule die volgende opmerking gemaak: "Die status van
dié
dokument is egter verdag". Hy het egter nie daarop uitgebrei nie. In
hierdie Hof is daar namens die respondent verskeie redes aangevoer
waarom die
Verhoorregter se opmerking geregverdig was. Alvorens ek na die betoog in
diê verband verwys, is dit geleë om
eers, duideiikheids-halwe, twee
aangeleenthede te vermeld wat nie afbreuk kan doen aan die gewig wat die
notule dra nie. Die eerste is dat Stander in 'n beëdigde verklaring wat
79
hy gemaak het in verband met die aansoek om die wysiging van
die verweerder se pleitstukke in Maart 1985, nadat die eiser se saak
reeds
gesluit was, sekere bewerings gemaak het in verband met die tydstip en die wyse
van die totstandbrenging van die notule. Die
Verhoorregter het in die loop van
sy uitspraak na dié beëdigde verklaring verwys en bevind dat die
inhoud daarvan nie
toelaatbare bewysmateriaal in die verhoor gevorm het nie,
omdat dit nie deel van die viva voce getuienis was nie; gevolglik moes
dit buite beskouing gelaat word. Na my mening was hierdie benadering
klaarblyklik korrek, en die
respondent se advokaat het tereg ook nie tot die
teendeel betoog nie. Die tweede punt is dat volgens artikel 11 (1) (b) van die
Wet
slegs lede van die Raad op h onderkomitee kon dien, en Stander was nie so 'n
lid nie. In hierdie verband het die Verhoorregter gesê
dat Stander
"prakties" 'n lid van die onderkomitee was, maar nie "regtens" nie, en dat dit
slegs probleme kon laat ontstaan by h
80 "verdeelde stem", wat nie hier die
geval was nie. Hy het bevind dat die feit dat die Hoofdirekteur ook op die
onderkomitee gedien
het nie die onderkomitee kragteloos gemaak het nie. Ook
hierdie benadering was na my mening klaarblyklik korrek, en weer eens is
die
teendeel tereg nie deur die respondent se advokaat aangevoer nie. Verder is
daar, nog eens tereg, niks gemaak nie van die feit
dat die eiser in sy
pleitstukke beweer het dat die verweerder deur vier persone verteenwoordig was,
terwyl net twee van hulle inderdaad
bevoeg was om namens die verweerder op te
tree; die foutiewe bewering is nie van so h aard dat dit die eiser se saak kan
ontsenu
nie.
Namens die respondent is aangevoer dat die notule wel verdag
was, vanweë die inhoud en die vorm daarvan. Vir dié betoog
is daar
gesteun op die bestaan van h ander notule - par (7) hierbo - wat oënskynlik
betrekking het op h ander vergadering wat
gehou is tussen dieselfde persone op
dieselfde dag, en
81
op 'n stukkie getuienis wat afgelê is deur D J Smith, wat in 1977 die hoof-komiteeklerk van die verweerder was en wat deur die eiser geroep is as h getuie. Daar is op gewys dat die twee notules van 28 Julie 1977 (par (7) en (8)), langs mekaar beskou, eintlik geen sin uitmaak nie, omdat hulle oor verskillende fasette van een en dieselfde projek gaan, maar tog voorgee om 'n bespreking tussen dieselfde persone weer te gee. Smith se getuienis was dat geeneen van die twee notules in die vorm wat hulle is geskik was om opgeneem te word in die amptelike stukke van die Raad of die Uitvoerende Komitee nie. Na my oordeel doen hierdie oorwegings egter nie af aan die prima facie uitwerking wat die tersaaklike notule in par (8) op die oog af het, volgens wat dit voorgee om te wees nie. Die bestaan van die twee afsonderlike notules is weliswaar 'n vreemde verskynsel, maar wat ook al die verklaring daarvoor mag wees, kan ek nie insien hoe dit op sigself kan afbreuk doen aan die egtheid of geldigheid van die
82
notule in par (8) nie. Smith het ook niks van dié aard probeer sê nie. Die strekking van sy getuienis as geheel was slegs dat die notules weergawes was van wat hy genoem het "informele vergaderings", en dat dit daarom in die amptelike stukke van die verweerder opgeneem sou kon word slegs indien dit deel gemaak is van h amptelike verslag wat formeel aan die Raad of die Uitvoerende Komitee voorgelê is. Volgens hom sou dit geen ongewone optrede gewees het nie; dit het trouens dikwels gebeur. Volgens hom was dit ook nie vreemd dat Stander self die notules van sulke vergaderings sou versorg het nie. Die letters "AHS/jb" wat links onder op die dokumente verskyn, is ook aanwesig op talle van die erkende amptelike notules van vergader-ings van die Uitvoerende Komitee wat deel vorm van die bewysstukke wat in die bostaande uiteensetting genoem word. Van Niekerk is ondervra oor die twee notules van dieselfde datum, maar hy kon geen lig daarop werp nie. Hy het eers van die bestaan daarvan bewus geword
83
toe die dokumente in die loop van die verhoor vorendag gebring is. Hy het
egter volgehou dat daar net één vergadering
daardie dag
plaasgevind het tussen hom en die ampsdraers van die verweerder. Dit is die
ver-weerder se mense wat die posisie ten
opsigte van die notules kon opgeklaar
het, maar van die verweerder se kant was daar net stilswye. In die omstandighede
moet daar
aan die notule in par (8) die volle gewig geheg word wat dit volgens
voorkoms dra.
Dat daar geen genoegsame rede bestaan om die betrokke notule as
"verdag" te beskou nie, kan aangetoon word deur 'n sprong te neem
na die notule
van h vergadering van die Uitvoerende Komitee wat meer as twee jaar later gehou
is, op 6 November 1979 - par (44) hierbo.
In daardie notule word dit onomwonde
gestel dat die verbredingsopdrag aan Van Niekerk, geformuleer in die woorde van
die gewraakte
notule self (par (8)), tydens h vergadering op daardie datum aan
hom gegee is deur "die Onder-komitee belas met die verdere ondersoek
84 van
die elektrifiseringsprojek". Hier het die Uit-voerende Komitee dus sy eie
stempel van egtheid en geldigheid op die notule afgedruk.
Dit blyk nie uit die
notule in par (44) wie dit was wat op hierdie wyse die notule in par (8) as't
ware goedgekeur het nie, maar
dit kan as waarskynlik aanvaar word dat die
spreker Stander was. In daardie veronderstelling is daar namens die respondent
aangevoer
dat sy "erkenning" nie teen die verweerder toelaatbare getuienis was
nie, vanweë 'n beweerde "beginsel" dat h "erkenning" gemaak
deur een
"agent" van 'n gedingsparty aan h ander "agent" of aan die gedingsparty self nie
teen laasgenoemde toelaatbaar is nie. Dit
is onnodig om op die bestaan of die
trefwydte van die beweerde "beginsel" in te gaan, en ek sê niks daaroor
nie, omdat dit
eenvoudig nie in die onderhawige omstandighede enige aanwending
kan vind nie. Dit gaan nie hier om 'n "erkenning" gemaak deur 'n
indiwidu nie.
Dit gaan om 'n stelling wat in 'n vergadering gemaak word en wat deur die
85
stilswye van al die ander lede van die vergadering met goedkeuring aanvaar word. 'n Mens het gevolglik hier te doen met 'n amptelike standpunt-inname van 'n bestuursorgaan van die verweerder self, soos dit opgeneem is in en weerspieël word deur die notule. Ek kan aan geen rede dink waarom dit nie toelaatbaar sou wees teen die verweerder nie. En die gewig wat dit dra is aansienlik, as daar in ag geneem word dat die verhouding tussen die partye in hierdie stadium alreeds in so h mate versuur het dat die Uitvoerende Komitee regsadvies ingewin het en met betrekking tot die basis van die eiser se vergoeding al h totale ommeswaai van standpunt bereik het.
Die gesamentlike effek van die notules in par (8) en (44) is dat die eiser, op die minste, 'n prima facie saak uitgemaak het dat die verweerder met die sluiting van die verbredingsooreenkoms behoorlik ver-teenwoordig was deur persone wat bevoeg was om hom te verbind. Van die verweerder se kant het daar niks
86
gekom om die eiser se prima facie saak te neutraliseer nie. In betoog is daar egter sterk gesteun op die feit dat die eiser geen notule vorendag gebring het van 'n vergadering van die Raad of die Uitvoerende Komitee om te bewys dat daar ooit 'n benoeming of aanstelling van 'n onderkomitee was soos dié wat genoem word in die notules in par (8) en (44) nie. Met betrekking tot 'n soortgelyke argument wat in die Hof a quo geopper is, het die Verhoorregter bevind dat die verweerder nie bewys het dat al die tersaaklike notules voor die Verhoorhof was nie en dat daar geen grondslag was om tot die gevolgtrekking te kom dat daar geen notule bestaan het waaruit die aanwysing van so 'n onderkomitee blyk nie. Na my oordeel is hierdie bevindings onaanvegbaar. In hierdie Hof het mnr Burger die probleem probeer oorbrug deur te verwys na 'n passasie in die oorkonde waaruit blyk dat die verweerder se destydse senior advokaat, mnr Henning, in die loop van die verhoor, tydens 'n debat tussen die advokate oor
87
blootlegging, die stelling gemaak het dat die eiser se prokureur toegang gehad het tot al die notules van die Raad en die Uitvoerende Komitee, met enkele genoemde uitsonderings ten aansien waarvan bevoorregting geopper is, en dat mnr Muller, wat ook in die Hof a quo namens die eiser opgetree het, nie dié stelling betwis het nie. Na my mening neem dit die saak vir die verweerder en die respondent niks verder nie. Mnr Muller was klaárblyklik in geen posisie om te ontken of te erken dat die verweerder al die tersaaklike notules ter beskikking van die eiser se prokureur gestel het nie. Uit 'n ander passasie in die oorkonde, waarna mnr Muller ons verwys het, blyk die volgende. In die loop van die kruisondervraging van Van Niekerk het mnr Henning getrag om te "boekstaaf" dat al die notules wat aangevra is aan die eiser se prokureurs beskikbaar gestel is. Hierop het mnr Muller beswaar gemaak en gesê dat die Uitvoerende Komitee se notules nooit blootgelê is nie en dat die eiser se prokureur nog
88
steeds besig was om dié wat beskikbaar gemaak was "deur te gaan". Na verdere debat het die Verhoorregter teenoor mnr Henning opgemerk dat dit vir hom lyk of wat mnr Henning te boek wou stel nie gemene saak was nie. Dit is dus duidelik dat daar nie namens die eiser enige erkenning gemaak is dat al die tersaaklike notules voor die Verhoorhof was nie. Die moontlikheid is sekerlik ook nie uitgesluit dat die eiser se prokureurs die tersaaklike notule kon misgekyk het nie (dit lyk waarskynlik dat daar 'n massa van die goed was) . In ieder geval, selfs al sou daar aanvaar word dat daar geen sodanige notule bestaan het nie, kan ek nog nie insien hoe dit die verweerder kon gehelp het nie. Die nie-vermelding van die aanwysing van h onderkomitee in enige notule van die Raad of die Uitvoerende Komitee kon bloot 'n fout, vergissing of versuim gewees het. Per slot van sake was die benoeming van onderkomitees geen buitengewone verskynsel nie, soos blyk uit die getuienis van Smith (en kyk bv par (2), (14) en (18)
89
hierbo). Effektief kon die prima facie bewyskrag van die notules in
par (8) en (44) slegs weerspreek word deur die drie betrokke persone self:
Mulder, Venter en Stander.
Die verweerder het verkies om hulle getuienis van die
Verhoorhof te weerhou. Die respondent kan hom nie op 'n lugleegte beroep om
die
eiser se prima facie saak die hoof te bied nie. By ontstentenis van
weerleggende getuienis het daardie saak h afdoende saak geword.
Op die
grondslag dat Mulder en Venter lede van h behoorlik aangestelde onderkomitee was
wat regtens namens die verweerder kon opgetree
het, is die vraag vervolgens of
die sluiting van die verbredings-ooreenkoms binne die omvang van hulle magtiging
geval het. Daar
was geen direkte getuienis hieroor nie, maar 'n afleiding uit
die bewysstukke dat hulle wel aldus gemagtig was, is onweerstaanbaar.
In die
D-verslag, opsigtelik heel aan die begin daarvan (par (11) (a) hierbo), het Van
Niekerk in onomwonde taal die
90 verbreding van sy opdrag uiteengesit;
niemand kon enige twyfel daaroor gehad het nie. Die feit dat sy bewoording
ietwat anders
gelui het as dié in die notule in par (8) is van geen
belang nie. In die daarop-volgende vergadering van die Uitvoerende Komitee
op 8
November 1977 (par (13)) is Van Niekerk se uiteen-setting van sy verbrede opdrag
aangehaal en aanvaar sonder enige kommentaar,
en tydens die vergadering van die
Raad wat op 17 November 1977 gevolg het, het dieselfde gebeur (par (14)). Op
albei die vergader-ings
was die D-verslag ter tafel vir bespreking, en soos blyk
uit die notule van die Raadsvergadering (par (14)) was dit deeglik ontleed
en is
belangrike besluite op grond daarvan geneem. Die lede van die Uitvoerende
Komitee en van die Raad moes noodwendig kennis geneem
het van die feit dat die
D-verslag juis die uitvloeisel was van die verbredingsopdrag wat Van Niekerk
daarin vooropgestel het, en
dit is ondenkbaar dat die behoorlike magtiging van
verteenwoordigers van
91
die verweerder se bestuursorgane om die verbredings-opdrag aan Van Niekerk te gee nie te berde gebring sou geword het deur iemand nie, indien daar enige twyfel daaroor kon bestaan het. Hier reeds is die afleiding geregverdig dat die lede van die verweerder se bestuursorgane terdeë bewus was daarvan dat die ver-bredingsooreenkoms uit hoofde van behoorlike magtiging namens die verweerder aangegaan was, en dus dat sodanige magtiging inderdaad bestaan het. Daarna word Van Niekerk se formulering van sy verbredingsopdrag sonder meer in talle van die verweerder se stukke opgeneem en aanvaar (bv par (17) en (25)). Daar word ook besluit om die D-verslag as basis vir die uitvoering en finansiering van die projek te aanvaar (par (21 )). Om die kroon op alles te span, is daar die belangrike samesprekings wat op 18 Julie 1979 plaasgevind het tussen die Minister, met sy amptenare, en die verweerder se Uitvoerende Komitee, met sy amptenare (par (33) hierbo). Dit was gebaseer op
92
Stander se memorandum (par (32)), wat 'n uitvloeisel was van die vergadering van die Uitvoerende Komitee op 5 Julie 1979 (par (31)). Die middelpunt van die besprekings was die vergoeding wat aan Van Niekerk betaalbaar was vir die werk wat hy gedoen het. In daardie samehang sit Stander weer eens in sy memoran-dum Van Niekerk se verbredingsopdrag in laasgenoemde se eie woorde uiteen. Teenoor die Minister verklaar Venter, wat klaarblyklik as spreekbuis van die Uitvoer-ende Komitee opgetree het, ten aanhore van die ander lede van die Komitee, dat Van Niekerk betaal moes word vir die werk wat hy, pertinent, volgens sy "wettige opdrag" gedoen het. Dit is klinkklare bewys dat die verbredingsopdrag behoorlik gemagtig was. Maar nog is dit die einde nie. Kort na die samesprekings, op 20 Julie 1979, wil die Minister presiese inligting he oor , die verweerder se kontraktuele verpligtings teenoor Van Niekerk (par (34) hierbo). In Stander se antwoord (par (36)), wat vanweë sy posisie die antwoord van die
93
verweerder daarstel, verklaar hy dat die besluit om die verbredingsopdrag te
gee, wat hy uiteensit, voortgespruit het uit verskeie
samesprekings tussen die
Uitvoerende Komitee en Van Niekerk. Sy verwysing na die Uitvoerende Komitee as
sodanig is weliswaar, streng
gesproke, feitlik nie korrek nie, maar die feit dat
hy hierdie stelling maak, beoordeel in die lig van sy vermelding van die
onderkomitee
op die UK-vergadering van 6 November 1979 (par (44)), toon juis
onteenseglik aan dat die optrede van die onderkomitee met die sluiting
van die
verbredingsooreenkoms geskied het met die volle wete en magtiging van die
Uitvoerende Komitee.
Die afleiding van magtiging wat uit die bewysstukke
volg, bied terselfdertyd die antwoord op die betoog namens die verweerder en die
respondent dat die eiser nie bewys het dat daar aan die voorskrifte van die
regulasies voldoen was nie, soos vroeër vermeld.
Dit was nie vir die eiser
nodig om sodanige
94
voldoening te bewys nie. Wat uit die bewysstukke blyk, is 'n reeks
ondubbelsinnige erkennings gemaak deur bevoegde organe en ampsdraers
van die
verweerder dat die verbredingsopdrag geldiglik gegee was en dat die verweerder
daaraan gebonde was. Daardie erkennings het
die eiser se saak uitgemaak en in
die afwesigheid van enige weerleggende getuienis was dit voldoende om die
verweerder aanspreeklik
te hou. Dit is gevolglik onnodig om verder te verwys na
die strekking of die uitwerking van die regulasies.
Tydens die betoog in
hierdie Hof het die respondent se advokaat, toe die bogenoemde aspekte van die
bewysstukke aan hom gestel was,
meer as een keer die submissie gemaak dat die
verweerder se bestuursorgane en ampsdraers ten tyde van die betrokke uitlatings
en
oënskynlike erkennings net nie gedink het aan die vraag van behoorlike
magtiging nie. Die antwoord op die submissie is dat dit
maar net 'n submissie
is: daar is geen getuienis waarop dit
95
gegrond kan word nie. Blote bespiegeling is nie genoeg om die prima facie bewyswaarde van 'n erkenning ongedaan te maak nie. Maar in ieder geval druis die submissie in teen al die waarskynlikhede. Met die vergadering van die Uitvoerende Komitee op 5 Julie 1979 (par (31 ) ) was die koeël reeds deur die kerk: die Minister het die elektrifiseringsprojek reeds aan die Swart Gemeenskapsrade oorgedra en die verweerder se verantwoordelikheid in dié verband het tot 'n einde gekom. Voordat dit gebeur het, was dit almal se stellige verwagting dat Van Niekerk se vergoeding betaal sou geword het uit die gelde wat vir die projek beskikbaar gemaak sou word. Toe die verwagte bron waaruit die vergoeding sou kom onverwags opgedroog het, was die verweerder in der waarheid in 'n krisis gedompel, wat sy kontraktuele verpligting teenoor Van Niekerk betref. Vandaar juis die vertoë aan die Minister (par (33)). In hierdie omstandighede is dit in die hoogste mate waarskynlik dat die verweerder se
96
organe en amptenare deeglik sou besin het oor die vraag in welke mate die
verweerder regtens aanspreeklik gehou sou kon word teenoor
Van Niekerk. Des te
meer sou dit die posisie gewees het toe die verweerder moes antwoord op die
Minister se navraag oor die presiese
kontraktuele verpligtings van die
verweerder teenoor Van Niekerk (par (34) en (36)). Die waarskynlikheid is dat
daar gesoek sou geword
het na 'n uitkomkans om aanspreeklikheid te vermy. Die
erkennings waarom dit gaan, is gevolglik gemaak in omstandighede wat inherent
nie twyfel laat ontstaan oor die waarheid of die korrektheid daarvan nie. Daarna
het die Uitvoerende Komitee goed besef dat die eiser
se rekening "aansienlike
verleentheid" kan veroorsaak (par (38) hierbo), maar Stander vra slegs tyd om
Ministeriële goedkeuring
vir 'n oorbestedingspos te verkry en om die
rekening af te handel (par (40) hierbo), en ten slotte, nadat regsadvies ingewin
is,
sien ons 'n ommeswaai wat die berekening van die bedrag van die
vergoeding
97 betref, maar nog steeds word daar gebly by h aanvaar-ding van
die geldigheid van die verbredingsopdrag (par (44)).
Om bogenoemde redes is
die Verhoorhof se be-vinding dat die verweerder gebonde was aan die
ver-bredingsooreenkoms onaanvegbaar. Wat
hierdie aspek van die saak betref, moet
die respondent se teenappél dus misluk.
Vervolgens bespreek ek die
geskilpunt aan-gaande die grondslag waarop die eiser se vergoeding vir die
D-verslag bereken moet word.
Dit hou verband met die stilswyende beding van die
verbredingsooreenkoms waarop die eiser hom beroep, soos vroeër vermeld. Op
sy beurt hang dit saam met die bevinding van die Verhoorregter, wat ek
vroeër as van kardinale belang beskryf het, dat Mulder
en Venter met die
aangaan van die ooreenkoms totaal onbewus was van h verandering in die
vergoeding, van 'n tydsbasis na h persentasiebasis.
Om hierdie geskilpunt op te los is dit nodig
98
om aandag te skenk aan Van Niekerk se getuienis en aan die waarskynlikhede. Die twee dinge hang natuurlik saam met mekaar, maar bloot vir gerief bepaal ek my eers net by Van Niekerk se getuienis. Ongelukkig sal ek in h mate van besonderhede daarop moet ingaan, want die Verhoorregter se kommentaar daarop, wat strek oor 'n klomp bladsye van sy uitspraak, was in heelwat opsigte na my mening, met respek gesê, nie geregverdig en korrek nie, soos ek sal probeer aantoon. Ek beperk nietemin my bespreking tot die hoofpunte wat van belang is. Van Niekerk se getuienis kan ter wille van gerief in twee afdelings verdeel word, wat hierdie aspek van die saak betref: eerstens, die gesprekke wat hy met Stander en Du Plessis gevoer het voor die vergadering van 28 Julie 1977, en tweedens, die inhoud van die samesprekings met Mulder, Venter, Stander en Du Plessis op 28 Julie 1977. Ek behandel dit agtereenvolgens.
In sy hoofgetuienis het Van Niekerk verduidelik dat daar verskeie gesprekke
tussen hom en
99 Stander en Du Plessis plaasgevind het terwyl hy besig was om
te werk aan die uitvoering van sy aanvanklike opdrag (dit is die een
van 3 Junie
1977, soos aanvaar op 6 Junie 1977 - par (5) en (6) hierbo). Tydens daardie
gesprekke het Stander en Du Plessis talle
vrae aan hom gestel in verband met
verskillende aspekte van die elektrifiseringsprojek. Hy het in sy getuienis die
aard en strekking
van die vrae uiteengesit, maar dit is nie nodig om daarop in
te gaan nie. Dit het naderhand so ver gegaan, volgens Van Niekerk, dat
hy aan
Stander gestel het dat om antwoorde op die vrae te gee sou "val heeltemal buite
die bestek van die opdrag" wat aanvanklik
aan hom gegee is, dat dit sou "noop
dat ons moet begin ontwerpwerk doen en 'n basiese ontwerp daarstel", wat nie die
gedagte oorspronklik
was nie, en dat hy gedwing sou word om buite sy opdrag te
gaan. Stander het gesê hy sou 'n vergadering reël, maar etlike
weke
het verbygegaan en nog steeds is daar aan hom verdere vrae gevra. Hy het toe aan
Stander gevra,
100
kan ons nou 'n vergadering kry sodat ons die ding kan "deurbespreek". Dit was
toe op sy versoek dat die vergadering van 28 Julie 1977
plaasgevind het. Van
Niekerk sê dat hy meer as een keer aan Stander sowel as Du Plessis
duidelik laat verstaan het dat wat
hulle "soek" gaan baie verder as wat die
oorspronklike opdrag was. Hy het ook aan hulle gesê dat wat hulle soek 'n
"basiese
ontwerp" was, en dat hulle moet besef dat die vergoeding daarvoor gaan
geskied op 'n ander basis as voorheen, nl dit sou moes op
"fooiskale" geskied.
Hy het dit duidelik gestel aan hulle dat as gevolg van die bykomende werk 'n
basiese ontwerp gedoen sou moes
word en dat die vergoeding "basies verander nou
van die tydtarief na die fooi-skaal toe". Hulle het geen kommentaar gelewer
daarop
nie. In 'n latere stadium van sy hoofverhoor het hy dit so gestel, dat in
die gesprekke voor die vergadering hy aan Stander en Du
Plessis gemeld het dat,
aangesien die werk wat hulle vra soveel breër was, sou "die basis verander
en dus
101 tot 'n tariewebasis moet omskakel". Tydens kruis-ondervraging het
Van Niekerk bygevoeg dat vanweë die "diepte" van die antwoorde
wat van hom
verlang was en die oorgaan na 'n basiese ontwerp, hy op verskeie kere gesê
het dat die "hele basis van die aanstelling"
ver-ander; dat die "hele basis" van
die opdrag verander; dat die "hele prentjie verander geheel en al", soos hy dit
voor die vergadering
in die gesprekke gestel het; en dat hy uitgewys het dat
daar nou in 'n area ingegaan word wat glad nie in die opdrag vervat was
nie.
Met die oog op wat later volg, is dit belangrik om te let op wat Van
Niekerk getuig het met betrekking tot die vermelding van Vorm
1 van die
model-ooreenkoms ten tyde van die gesprekke voor die ver-gadering. Soos in die
getuienis, sal ek kortweg daarna verwys
as Vorm 1. Ek het vroeër die
tersaaklike gedeeltes daarvan aangehaal. Die verskeie stadiums van die gewone
pligte van 'n ingenieur
wat daarin genoem word, is in die getuienis dikwels
102
genoem "fases": fase 1 is die verslagstadium (klousule 3.1.1 met sy onderafdelings), waarvoor voorsiening gemaak word vir vergoeding op 'n tydsbasis volgens Deel IV van die Skedule (klousule 5.1.1), en fase 2 is die voorlopige ontwerpstadium (klousule 3.1.2 met sy onderafdelings), ten aansien waarvan vergoeding bereken word op h persentasiebasis (klousule 5.1.2.1). Dit is gelee om nou reeds te noem dat Van Niekerk dwarsdeur sy getuienis dit herhaaldelik beklemtoon het dat Du Plessis reeds kennis gedra het van Vorm 1 (alhoewel hy nie in besit was van een nie en daar tydens die gesprekke en die vergadering nie een beskikbaar was nie) en dat Du Plessis wel bewus was van wat in Vorm 1 vervat was. Dit is teen dié agtergrond dat daar gekyk moet word na Van Niekerk se verwysings na Vorm 1 in sy getuienis in verband met sy gesprekke met Stander en Du Plessis. Reeds in sy aanvanklike uiteensetting daarvan het hy melding gemaak van Vorm 1 , in die samehang van die getuienis wat hierbo vermeld is.
103
Gevra oor die basis van vergoeding, het hy getuig dat
" daar is deur my aan hulle gemeld dat
wat hulle soek is h basiese ontwerp en hulle moet besef dat Vorm 1 is nog steeds van toepassing, maar dit gaan op h ander basis geskied as voorheen. Dit sal moet op fooiskale geskied."
Net daarna is hy verwys na sy
aanstellingsbrief (van 3
Junie 1977) waarin daar gepraat word van Vorm 1:
hy
het bevestig dat die aanstelling verwys na Vorm 1 en
"die tydsbasis", en toe bygevoeg:
"Nou Vorm 1 beskryf ook die ander stadium."
h Rukkie
later het hy getuig dat hy vir Stander en Du
Plessis gesê het dat die
vergoeding "basies verander
nou van die tydtarief na die fooiskaal toe". In
die
samehang gelees, kan daar geen twyfel wees nie dat Van
Niekerk se
stelling aan Stander en Du Plessis, dat Vorm
1 "nog steeds van toepassing" sou wees, niks anders
beteken het as dat die
veranderde grondslag van
vergoeding dit sou wees wat in Vorm 1 bepaal word
vir
"die ander stadium", te wete die voorlopige
ontwerpstadium, fase 2 nie.
Dat dit die mededeling
104
was wat Van Niekerk inderdaad aan Stander en Du Plessis
gemaak het, blyk
in soveel woorde uit wat hy op
verskeie geleenthede tydens sy kruisondervraging gesê
het:
"Julle moet verstaan dat die hele basis van die opdrag gaan hiermee verander, ons gaan 'n basiese ontwerp doen, ons sal in die voor-lopige ontwerpstadium moet ingaan."
" daarby sê dat in die gesprekke en met
hierdie uitbreiding dit duidelik uitgespel is om ten volle te antwoord op al die vrae en probleme wat gestel is, dat ons moet oorgaan tot die voorlopige ontwerp-stadium en 'n basiese ontwerp daar stel en daardie verslag sal dan h beplanningsverslag wees."
"Toe het hierdie dinge gekom, maar die diepte daarvan was nie net die normale gangbaarheid-studie van fase 1 nie."
"Ek het ook in daardie gesprekke, het ek dit verduidelik dat ons sal moet h verdere stadium gaan as wat ons oorspronklik sou gegaan het. Ons sal moet in die tweede fase ingaan en laat die hele basis van die aanstelling verander."
Ek kom nou by Van Niekerk se getuienis oor
wat op die vergadering van 28 Julie 1977 gebeur het.
Hy het 'n vergadering van die Uitvoerende Komitee aange-
vra om die uitbreiding van die opdrag te bespreek, maar
105
toe was dit slegs Mulder en Venter wat bygekom het.
Maar, sê hy,
Mulder en Venter was onderskeidelik die
voorsitter en ondervoorsitter, van
die Raad en die
Uitvoerende Komitee, en hy het aanvaar dat met dié
twee
here daarby "die besprekings wat plaasvind en die
opdragte wat kom
gehee