South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 13
| Noteup
| LawCite
De La Rey NO v Pieterse and Another (13/1988) [1988] ZASCA 13 (17 March 1988)
Download original files |
JACOBUS HERKULAAS DE LA REY N O
Appellant
en
JOHANNES HERMANUS PIETERSE
BEULAH ELISE PIETERSE
lste Respondent 2de Respondent
(gebore Fourie)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die saak tussen:
JACOBUS HERKULAAS DE LA REY N O
Appellant
en
JOHANNES HERMANUS PIETERSE
BEULAH ELISE PIETERSE
lste Respondent 2 de Respondent
(gebore FOURIE)
Coram; RABIE, Wn HR, JANSEN, VAN HEERDEN, SMALBERGER, ARR, et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor: 19 Februarie 1988 Gelewer: 17 Maart 1988
UITSPRAAK
BOSHOFF, Wn AR :
Die appellant kom in hoër beroep teen die
uitspraak /2
-2-
uitspraak van die Transvaalse Provinsiale Afdeling (McCreath, Stafford, RR en Myburgh Wn R) waarin 'n appèl teen die uitspraak van Kriegler R in genoemde afdeling gehandhaaf is en namptissement beveel is op 'n verband-akte wat die appellant ten gunste van die respondente laat registreer het.
Die verbandakte is geregistreer ten gevolge
van 'n skriftelike koopkontrak waarin die respondente
hulle plaas en sekere plaasimplemente en toerusting
aan die appellant verkoop het vir R306 000 welke bedrag
soos volg betaalbaar was:
"5.1 Die som van R50 000,00 (VYFTIG- DUISEND RAND) in kontant met tekening
hiervan /3
-3-
hiervan aan Prokureurs Maritz en Warmenhoven. Die partye magtig ge-noemde firma om die deposito ten behoewe van die Koper te belê by 'n Bougenootskap op aanvraag en met registrasie van transport aan die Koper, met opgehoopte rente, oor te betaal;
5.2 Die som van R100 000,00 (EENHONDERD DUISEND RAND) in kontant teen regis-trasie van transport; 5.3 Die balans van R156 000,00 (EENHON-DERD SES-EN-VYFTIGDUISEND RAND)
in halfjaarlikse paaiemente van R6 000,00 (SESDUISEND RAND) met die eerste betaling 6 (ses) maande na datum van tekening ' hiervan, be-houdens dat die volle balans afge-los moet word binne 3 (drie) jaar gereken vanaf datum van tekening hiervan."
Ten opsigte van hierdie laasgenoemde bedrag van R156 000 het die koopkontrak soos volg bepaal:
"Vir /4
-4-
"7.Vir die behoorlike terugbetaling
van die balans van R156 000,00 moet die Koper, gelyktydig met die regis-trasie van transport, 'n eerste ver-band passeer en registreer oor die Plaas ten gunste van die Verkopers, op die terme en voorwaardes van die konsep verbandakte wat hierby aan-geheg is, deur die partye onderteken is vir doeleindes van identifikasie, en geag word deel hiervan uit te maak."
Daar was inderdaad 'n konsepverbandakte en
konsepprokurasie om die verbandakte te verly aan die
koopkontrak geheg, wat saam met die koopkontrak deur die
partye geparafeer en onderteken is.
Daarna het Mnr P M Jacobs, 'n transportbesorger,
ingevolge /5
-5-
ingevolge die prokurasie as verteenwoordiger van die
appellant voor die registrateur van aktes verskyn en
'n verbandakte ooreenkomstig die genoemde konsepverband-
akte geregistreer.
In die verbandakte verklaar hy dat die appel-
lant aán die respondente die bedrag van R156 000 waarlik
eh wettiglik verskuldig is en dat die appellant onder-
neem om aan die respondente die bedrag te betaal in half-
jaarlikse paaiemente van R6 000 met die eerste betaling
binne 6 maande gereken vanaf 7 Februarie 1984 behoudens
dat die volle kapitaal afgelos moet word
binne /6
-6-
binne 3 jaar gereken vanaf 7 Februarie 1984
Klousule VII van die verbandakte bepaal as volg:
"VII. Ingeval sy Prinsipaal in gebreke bly of versuim om enige som of somme ver-skuldig en betaalbaar onder hierdie Verband stiptelik te betaal op die res-pektiewe vervaldae of om enige van die ander voorwaardes en stipulasies van hierdie Verband na te kom sal die Hoofsom met rente en alle ander somme hieronder verskuldig, onmiddellik verskuldig en betaalbaar wees sonder enige kennisgewing (nieteenstaande enige voorwaarde hierin vervat wat daarmee in stryd is."
Die respondente (eisers in die hof van eerste
instansie) beweer in hulle dagvaarding vir namptissement
dat 'n bedrag van R150 000 kragtens klousule VII van die
verbaridakte /7
-7-
verbandakte, 'n afskrif waarvan aan die dagvaarding geheg
was, opeisbaar en betaalbaar geword het andat die appellant (ver-
weerder in die hof van eerste instansie) versuim het om betaling
te maak van die bedrag van R6 000 voor of op 7 Februarie 1985.
Dit is gemene saak dat die bedrag van R6 000 nie voor of op 7 Februarie 1985
betaal is nie. Die appellant beweer egter dat hy 'n respyt
van 14 dae gehad het
en die
geld binne daardie tyd betaal het en gevolglik nie in
gebreke was
nie en dat die respondente hom nie kon aanspreek nie. Volgens hom word daar in
klousule 17 van die kocpkontrak voorsiening
gemaak vir 'n respyt van 14 dae en
weens 'n fout, as gevolg waarvan die gemeenskaplike bedoeling van die partye nie
weergee word
nie, is daar nie in klousule VII
van /8
-8-
van die verbandakte vir die respyttýdperk voorsiening
gemaak nie.
Dit is natuurlik so dat indien 'n geskrewe
kontrak weens 'n fout nie die gemeenskaplike bedoeling
wat die partye in die kontrak wou beliggaam het, weergee
nie, so 'n kontrak reggestel kan word. In hierdie verband
het De Wet HR in die saak Meyer v Merchants' Trust Ltd
1942 AD 244 op 253 die volgende verklaar:
"Proof of an antecedent agrëement may be the best proof of the common intention which the parties intended to express in their written contract, and in many cases would be the only proof available, but there is no reason in principle why that common intention should not be proved
in /9
-9-
in some other manner, provided such proof is clear and convincing."
Indien 'n beroep op rektifikasie sou slaag,
sal die appellant 'n goeie verweer teen die respondente
se vordering op die verband hê. Dit dien egter daarop
gelet te word dat waar namptissement aangevra word die
volgende vereiste gestel word:
"the defendant must raise a substantial probability that he will succeed in the principal case before he is entitled to have provisional sentence refused on a liquid document;"
Sien /10
-10-
Sien Marshall and Another v Bull Quip (Pty) Ltd 1983(1)
SA 23 (A) op 30 OD en ook Rich and Others v Lagerwey
1974(4) SA 748 (A) op 760 F-H-
Klousule 17 van die koopkontrak bepaal soos volg;
"17. KONTRAKBREUK
17.1 Indien enige van die partye enige bepalir. hiervan nie nakom of verbreek en in gebreke bly vir 'n tydperk van 14 (veertien) dae na skriftelike kennisgewing waarin sodanige party versoek word om die versuim te her-stel, (behoudens dat geen kennisge-wing nodig is in geval waar die Koper versuim om die deposito te lewer nie), of indien enige party die oor-eenkoms repudieer, sal die ander party, in sy keuse, die reg hê -17.1.1 om te dagvaar vir spesifieke nakoming van enige of al die
verpligtinge /11
-11-
verpliginge van die party wat in versuim is, ongeag of sodanige verpligting ingevolge die kontrak afdwingbaar of bpvordefbaar is;
17.1.2 of hetsy as alternatief tot
die eis vir spesifieke nakoming, of indien sodanige eis laat vaar word, om hierdie oor-eenkoms te kanselleer; 17.2 Skriftelike kennisgewing van kansel-
lasie sal gegee word aan die party
wat in versuim is en sal van krag
word met die gee van sodanige
kennisgewing; 17.3 Indien die Verkopers die kontrak
kanselleer ingevolge die vooraf-
gaande sub-paragraaf -17.3.1 sal alle bedrae geld wat
deur of namens die Koper in-gevolge hierdie ooreenkoms betaal is, aan die Verkopers verbeur word, tensy die Ver-kopers verkies om skadever-goeding te eis in die plek
van /12
-12-
van verbeurdverklaring in welke laasgenoemde geval -
17.3.2 sal die verkopers geregtig wees om sodanige bedrae geld te behou afwagtend die vasstel van die skade deur onderlinge ooreenkoms, Hof-uitspraak, of andersins ; 17.3.3 indien die skade soos vasge-stel meer of minder is dan die geld gehou deur die Verkopers, sal die verskil betaal word deur een party aan die ander party wat daarop geregtig is.
17.4 Die Koper sal verplig wees om on-middellik na kansellasie die Plaas te ontruim;
17.5 Indien die Koper enige verbeterings op die Plaas aangebring het, sal die Verkopers nie aanspreeklik wees om die Koper daarvoor te vergoed nie, en sal sodanige verbeterings sonder vergoeding die eiendom van die Verkopers word;
17.6 Die remedies wat in terme van die
voorafgaande /13
-13-
voorafgaande klousules aan die ver-kopers gegee word is sonder benadeling van enige ander regshulp waarop die Verkopers regtens aanspraak kan maak."
Mnr Cloete, namens die appellant, betoog dat die bepalings van hierdie klousule toon dat daar 'n sterk waarskynlikheid bestaan dat dit die gemeenskaplike bedoel-ing van die partye was dat, in die geval van so 'n belang-rike versuim soos die wat die vervroeging van betaling van die balans van die koopprys meebring, dit ook 'n voorvereiste moet wees dat daar eers 14 dae skriftelike kennis gegee moet word dat die versuim herstel moet word. Klousule VII van die verbandakte moes gevolglik soos volg gelees het:
"VII. Ingeval /14
-14-
"VII. Ingeval sy Prinsipaal in gebreke bly of versuim om enige som of somme ver-skuldig en betaalbaar onder hierdie verband stiptelik te betaal op die res-pektiewe vervaldae, of om enige van die ander voorwaardes en stipulasies van hierdie Verband na te kom sal die Hoofsora met rente en alle ander somme hieronder verskuldig, verskuldig word mits die prosedure in klousule 17 van die koop-kontrak gevolg is."
In hierdie verband lê Mnr Cloete besondere klem op die betreklike belangrikheid van die twee onderskeie aktes. Volgens hom word die aanspreeklikheid van die partye deur die koopkontrak geskep en geld die verbandakte slegs om sekerheid daarvoor testel. Dit volg derhalwe dat die partye nie sou bedoel het dat die bepalings ten opsigte van kennisgewing in die koopkontrak deur
die /15
-15-
die bepalings van die verbandakte oorheers word
of dat die bepalings van die verbandakte daarvan verskil
nie. Hy doen aan die hand dat daar steun te vinde is
vir hierdie standpunt in die sake Taylor v Cape Importers
1938 CPD 362 en Grobler v Scholtz 1953(3) SA 175 (T), maar
inderdaad is die feite van daardie twee sake
heeltemal te onderskei van die feite in die huidige
saak. In die eersgenoemde saak was die prokurasie
om die verband te passeer en die verbandakte nie deel
van die koopkontrak nie. Die prokurasie is toe daarna
foutiewelik deur die prokureur van die verbandnemer
opgestel en ook foutiewelik deur die verbandgewer geteken
met terme wat in stryd was met diè van die koopkontrak.
Die /16
-16-
Die feite in die laasgenoemde saak is amper soortgelyk,
Hy steun ook op die beantwoordende eedsverklaring van
die appellant waarin hy beweer dat dit te alle saaklike tye die
gemeenskaplike bedoeling van die kontrakterende partye was dat daar
eers 14 dae skriftelike kennis gegee moet word cm enige versuim
onder die kontrak te herstel voordat enige stappe daaromtrent gedoen
kan word, en dat daar weens 'n gemeenskaplike fout nie in die verband-
akte vir die voorvereiste van 'n skriftelike kennisgewing voorsiening
gemaak is nie.
Die appellant meld geen feite waarcp hy hierdie algemene
bewerings grond nie maar mnr Cloete meld vix oorweging dat hierdie
gemeenskaplike bedoeling by die verhoor van die hoofsaak uit die
cmringende omstandighede sal blyk.
Mnr /17
-17-
Mnr Maritz, namens die respondente, wys, myns insiens
tereg, daarop dat die terme en voorwaardes van die konsepverbandakte
uitdruklik by die koopkontrak ingelyf is en dat daar in die geval
van kontrakbreuk 'n groort verskil ganaak word tussen die terme van
die koopkontrak aan die een kant en die van die verbandakte aan die
ander kant. Wat klousule 17 van die koopkontrak betref,word daar
voorsiening gemaak vir 'n vordering vir spesifieke nakoming en,
in die alternatief, vir kansellering van die koopkon-
trak met verbeuring deur die appellant van die betaalde
gelde indien skadevergoeding nie gevorder word nie.
Die verbandakte daarenteen handel slegs oor die balansvan die
koopprys en sekere verpligtinge wat eie aan die verband-
akte is en klousule VII maak voorsiening vir 'n vervroeging
van /18
-18-
van betaling van die balans van die koopprys. Trouens
die terme van klousule 17 met betrekking tot terugtreding kon normaal-
weg nie in 'n verbandakte vocr nie en sou in die huidige geval daarin
vreemd voorkcm. Hulle was wel van toepassing solank as wat die
transportakte nie geregistreer was nie. Met die registrasie van
die verbandakte is sekerheid gestel vir die betaling van die balans
van die koopprys en gelyktydig daarmee het die eiendoms-
reg van die eiendom met die registrasie van die transport-
akte na die appellant oorgegaan. Enige versuim ter. op-
sigte van die betaling van die balans van die koopprys
was van daardie comblik af deur die verbandakte gedek
en gereël - Die verbandakte en terugtransportering van die
beswaarde /19
-19-
beswaarde eiendom nie.
In hulle eedsverklarings volhard die respondente in hulle standpunt dat die
koopkontrak tesame met die aangehegte konsepverbandakte
'n juiste weergawe van
hulle ooreenkoms is. Hulle ontken dat hulle ooit ooreengekom het of dat dit die
gemeenskaplike bedoeling van
die partye was dat die terme van klousule 17 of
enige deel daarvan
ook op die konsepverbandakte van toepassing sou wees.
Mnr Maritz voer ook,myns insiens tereg,aan dat die appel-
lant in sy beantwoordende eedsverklaring net die blote bewering maak dat dit te alle tersaaklike tye die ge-meenskaplike bedoeling van die partye wasdat die voorvereiste van
skriftelike kennisgewing in klousule 17.1 by die konsepverbandakte
ingesluit /20
-20-
ingesluit sou word. Hy plaas hoegenaamd geen feite voor die hof om aan te toon waarop hy hierdie bewering baseer nie. Indien dit wel die gemeenskaplike bedoeling sou gewees het, plaas hy ook geen verduideliking of feite voor die hof an aan te toon hoe die fout gekam het dat die genoemde voorvereiste nie:ook in klousule VII van die konsepverbandakte ingevoeg is nie.
Daar is ook geen aanduiding in die stukke van enige omringende om-standighede wat mnr Cloete se betoog in hierdie verband kan steun nie.
Soos hierbo aangedui, beroep mnr Cloete han in die eerste plek op die aard van die terme in klousules 17.1 en VII en wat volgens hcm op 'n sogenaamde teenstrydigheid neerkom en maak dan op grond daarvan 'n afleiding dat dit onwaarskynlik is dat die partye so 'n teenstrydigheid kon bedoel het. Na my mening is daar weens die verskil in die
aard /21
-21-
aard van die transaksies wat onderskeidelik deur die
koopkontrak as sulks en die verbandakte beoog word geen
sodanige teenstrydigheid wat enige afleiding regverdig nie
Die partye het die koopkontrak en die aanhangsels onder-
teken en sodoende hulle wilsooreenstemming te kenne gegee.
Op die oog af het die partye inderdaad aandag aan die
terme en voorwaardes van die verbandakte geskenk aangesien hulle
die konsepverbandakte in die koopkontrak geparafeer en onderteken het.
Daar is geen feite voor die hof gelê nie waarop
die hof kan bevind dat daar 'n oorwig van waarskynlikhede
bestaan dat die appellant in die hoofsaak sal kan bewys
dat weens 'n fout, as gevolg waarvan die gemeenskaplike bedoeling
van die partye nie weergee word nie, die voorvereiste inklousule
17.1 /22
-22-
17.1 nie by klousule VII ingelyf is nie en dat klousule
VII verander moet word soos deur mnr Cloete hierbo
vocrgestel.
Mnr Cloete se betoog moet derhalwe verwerp
word.
Alhoewel mnr Cloete erken dat dié verbandakte
likiede dokument is, het hy desnieteenstaande met die aan-
vang van hierdie appèl die tegniese beswaar teen die dag-
vaarding geopper dat afskrifte van die prokurasie en die
besluit, wat die appellant gemagtig het om die prokurasie
te teken, verkeerdelik nie saam met 'n afskrif van die ver-
bandakte aan die dagvaarding geheg was toe die dagvaarding
beteken.; /23
-23-
beteken is nie. Hierdie beswaar is nie in die howe
benede geopper nie. Hy het, myns insiens tereg, gou
weer die beswaar laat vaar en daarom word geen verderé
aandag daaraan geskenk nie.
Bygevolg is die slotsom:
Die appel word afgewys met koste.
Wn Appelregter
RABIE, Wn HR )
JANSEN, AP. )
stem saam VAN HEERDEN, AR )
SMALBERGER, AR )