South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 123

| Noteup | LawCite

Bon Quelle (Edms) Bpk v Munisipaliteit, Otavi (256/87) [1988] ZASCA 123; [1989] 1 All SA 416 (A) (29 September 1988)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

Saak No 256/87

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen*

BON QUELLE (EDMS) BEPERK APPELLANT

EN

DIE MUNISIPALITEIT VAN OTAVI RESPONDENT

CORAM: RABIE Wrn HR, JOUBERT, BOTHA, HEFER et

VIVIER ARR.

AANGEHOOR: 9 SEPTEMBER 1988

GELEWER: 29 SEPTEMBER 1988.

UITSPRAAK

HEFER AR :

Hierdie appèl is gêrig teenïi spoliasiebevel wab MOUTON R in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op aansoek van die
2
huidige respondent teen die appellant verleen het. Die

bevel lui soos volg:

"Die respondent word beveel om onmiddel-lik en ante omnia die vloei van minstens twaalf en 'n half persent (12 ½%) van die water wat uit die Otavifontein op die res-terende gedeelte van die plaas Otavi-fon-tein 794, distrik Grootfontein, soos aan-gewys deur Punt G op Kaart nr. A.61/46 aangeheg by Notariële Serwituut 6/1946, afkomstig is na die reservoir waaruit die applikant se water voorsien word,te herstel."

Dit is onnodig om die feite wat aanleiding gegee het tot die aansoek volledig uiteen te sit. Ek volstaan met wat volg.
Vir etlike dekades voor 1986 het die respondent water gebruik uit die Otavifontein wat op 'n plaas naby die dorp Otavi geleë is. Die water is uit die fontein na 'n opgaartenk gepomp vanwaar dit na die dorp gelei en onder die inwoners versprei is. Gedurende Julie 1986 het die appellant, aan wie die plaas sedert 1982 behoort, die vloei van die water na die opgaartenk afgesny. Dit

3

is waaroor díe respondent hom in die aansoek bekla het.
Sy saak is bondig saamgevat in die slotparagraaf in die
funderende verklaring van die stadsklerk waarin beweer
is dat die appellant

" wederregtelik en onregmatig die reg

in eie hande geneem het, inbreuk maak op die vloei van die water uit die Otavifon-tein na die reservoir waaruit die appli-kant sy water verkry en die applikant ont-neem van sy regte ten opsigte van die water uit die Otavifontein."

Die bevel is toegestaan in die vorm waarin dit aangevra
is. Ek noem dit om aan te dui dat die aansoek, behalwe
vir gedingskoste, bloot was vir 'n spoliasiebevel en niks
meer nie,

Al wat verder genoem moet word, is dat die stads-
klerk se bewering in die funderende verklaring dat die
respondent water uit die fontein gebruik het totdat die
appellant die vloei daarvan afgesny het, nie in appel-

lant se opponerende verklaring betwis is nie maar dat
'n verdere bewering dat die respondent die houer is van

4

'n serwituut wat aan hom die reg op 'n gedeelte van die water van die fontein verleen,wel betwis is.
Die geskil oor die beweerde serwituut het die sen-trale geskilpunt in die betoë in hierdie hof gevorm. Ap-pellant se advokaat het aangevoer dat die bevel, in die afwesigheid van bewys van die serwituut, nie toegestaan moes gewees het nie terwyl respondent se advokaat aange-voer het dat dit onnodig was om dit te bewys.

Vir sy standpunt het respondent se advokaat staat-
gemaak op die bekende beginsel dat die partye se regte,

en, meer bepaald, die applikant se reg op besit, nie ter

sprake is by 'n aansoek om 'n spoliasiebevel nie. In Nino

Bonino v de Lange 1906 TS 120 op 122 is die betrokke be-

ginsel soos volg geformuleer:

"It is a fundamental principle that no man is allowed to take the law into his own hands; no one is permitted to dis-possess another forcibly or wrongfully and against his consent of the posses-sion of property, whether movable or immovable. If he does so the Court

5

will summarily restore the status quo ante and will do that as a preliminary to any inquiry or investigation in-to the merits of the dispute."

Kyk ook bv Greyling v Estate Pretorius 1947(3) S A 514

(W) op 516-517; Shahmahomed v Hendriks and Others 1920
A D 151
op 159, 166; Nienaber v Stuckey 1946 A D 1049
op 1053 en vgl Yeko v Qana 1973(4) S A 735 (A) op 739
D-H. Die mandament van spolie is 'n besitsremediewaar-

van die beperkte en uitsluitlike funksie is om die her-
stel van die statusquo ante te bewerkstellig (ORlodzin-
ski v Oglodzinski 1976(4) S A 273 (D & K ) op 274 F-G)
en daarom kom dit nie daarop aan dat die spoliator %

sterker aanspraak op besit as die gespolieerde mag hê

nie of dat laasgenoemde inderdaad geen reg op besit het

nie. Die beginsel is eenvoudig: spoliatus ante omnia

restituendus est ongeag die partye se daadwerklike

regte op besit. Van Wyk v Kleynhans 1969(1) S A 221

(G W) op 224A: Burger v Van Rooyen en 'n Ander 1961(1)

S A 159 (0) op 161 D-H).

6
Appellant se advokaat het,aangevoer dat die respon-dent sy reg op water uit die fontein nogtans moes bewys omdat dit in die huidige geval nie om die herwinning van die besit van 'n liggaamlike saak gaan nie, maar om die herstel van respondent se beweerde reg. In so 'n geval, lui die betoog, moet die reg waarop na bewering inbreuk gemaak is, bewys word. Ter ondersteuning van hierdie be-toog is ons verwys na die beslissing van JACOBS R (soos hy toe was) in Jansen v Madden 1968(1) S A 81 (NK) en die beslissing in Beukes v Crous en 'n Ander 1975(4) S A 215 (NK) waarin Jansen v Madden gevolg is.

In Jansen v Madden het JACOBS R soos volg geredeneer

(op 83F-84C):

"The argument that the principles applic-able to the granting of a spoliation or-der should be applied here is mainly based on a passage in the judgment of GREENBERG J.A., in Nienaber v Stuckey,1946 A.D.1049, where the learned Judge, after referring to Nino Bonino v de Lange, 1906 T.S. 120, and certain other authorities, says the following on pp. 1055-1056 :

7

'The fact that these authorities state generally, and without any limitation or exception, that the possession of incor-poreal rights is protected against spoli-ation means that the holders of such ser- vitutal rights as rights of way ... are entitled to the relief against disposses-sion by spoliation.

The argument that the principles applicable to spoliation proceedings should be applied in cases such as this is certainly attractive but I do not think it is sound. I could certainly not find 8 reported case,and there are numerous decisions on disputes similar to this one, where those principles have been applied. As I read the passage in Niena-ber's case quoted above it is the servitutal right which is protected against dispossession by spolia-tion and a person claiming such an order must there-fore show that he is the holder of such a right and not merely that he claims such a right. An incor-poreal such as a servitude cannot of course be pos-sessed in the ordinary sense of the word and the possession is represented by the actual exercise of the right with the result that a refusal to allow a person to exerciso the right will amount to a dis-possession of such right.

A person who claims relief against dispossession by spoliation in a case such as the present will, how-ever, have to prove on a balance of probabilities that he was the holder of a servitutal right and it is not sufficient merely to say that he claims such a right and that he was disturbed in the exercise of the right which he claims."

Ek neem aan dat die opmerking dat dit die "servitutal right" is wat beskerm word teen spoliasie nie letterlik

8

bedoel is nie "Die mandament beskerm kennciik geen reg in die sin van 'n subjektiewe reg nie maar handhaaf 'n feite-like toestand of gegewe." (A J van der Walt : Toepassing van die Mandament van Spolie op Onroerende Sake 1986 TSAR 223 op 228. Kyk ook J C Sonnekus: Mandament van Spolie-KraRtiae Remedie by KraRonderbreking? 1985 TSAR 331 op 334). Te oordeel aan sy ander opmerkings en dic gevolgtrekking waartoe hy gekom het, wou JACOBS R waarskynlik slegs daar-mee te kenne gee dat dit die besit van die serwituutreg is wat beskerm word sodat 'n spoliasiebevel nie verleen kan word in die afwesigheid van bewys van die reg nie.

Ek kan hierdie sienswyse nie aanvaar nie. Aanvanklik moet ek daarop wys dat dit nie steun vind in enigiets wat in Nienaber v Stuckey gese is nie. GREEN-BERG AR se dictum wat JACOBS R aanhaal,verskyn in eers-genoemde se behandeling van die vraag of n spoliasie-bevel verleen kan word aan iemand wat nie die uit-sluitlike besit van n gespolieerde saak gehad

9

het uie, en dit moet in daardie samehang verstaan word. Die doel daarvan was bloot om aan te dui dat uitsluitlike besit nie 'n vereiste is nie o a omdat 'n serwituuthouer, "where clearly the person who holds the servitude does not have exclusive possession of the land"(1056),gereg-tig is op die beskerming van die mandament; en dit regver-dig nie die afleiding dat iemand wat die bevoegdhede van 'n serwituuthouer uitoefen maar nie bewys dat hy 'n serwi-tuuthouer is nie, enigsins in 'n ander posisie verkeer nie. Om van so 'n persoon bewys van die serwituut te verg, bring mee, soos ek aanstons sal aantoon, 'n drastiese afwyking van aanvaarde beginsels waarvan daar geen aanduiding in die uitspraak in Nienaber v Stuckey te bespeur is nie. Die teendeel is eerder waar. In die dictum waarna JACOBS R verwys het, het GREENBERG AR bv verwys na die feit dat

"these authorities state that the possession of

incorporeal rights is protected against spoliation".(My kursivering). Op 1053 is opgemerk dat

10

" a spoliation order does not decide

what, apart from possession, the rights of
the parties to the property spoliated were
before the act of spoliation and merely or-
ders that the status quo be restored . "

en op 1059 dat

" it is clear that the appellant was

in possession of the right of access through this gate of which he has been deprived,and the remedy is therefore available."

'n Duideliker formulering van die aanvaarde beginsels van
die mandament van spolie is nouliks denkbaar.

Dat JACOBS R se aandrang op bewys van die serwituut
'n drastiese afwyking van aanvaarde beginsels behels, is

duidelik. Ek het herhaaldelik daarop gewys dat die partye

se regte, en, meer bepaald, die applikant se ius possidendi,

nie ter sake is in 'n aansoek om 'n spoliasiebevel nie. In

Van Wyk v Kleynhans (supra) op 224 A-B is tereg gesê dat

"na die vorige stand van sake herstel is, kan enigeen van die partye, indien nodig, na die hof toe kom om 'n beslissing oor die meriete van die geskil te verkry" ,

en is 'n spoliasiebevel tereg beskryf as 'n "voorspel tot 'n

11

geding oor die meriete van die geskil." (Kyk ook Burger

v Van Rooyen en 'n Ander (supra) op 161 D-H; Wait v Wait

1929 EDL 342 op 345: " it is possible that respondent

may yet satisfy the Court that he is entitled to the ex-

clusive possession which he claims but this he can

do only in subsequent proceedings"). Ek is dit eens met

D G Kleyn se opmerking in sy ongepubliseerde doktorale

proefskrif Die Mandament van Spolie in die Suid-Afrikaanse

Reg op 395 dat

"Indien daar van die applikant vereis word om die bestaan van die reg en die feit dat dit aan hom toekom, te bewys, sal dit mee-bring dat die hof op die meriete van die geskil sal moet ingaan, wat ontoelaatbaar is in die lig van die karakter van die man-dament as besitsremedie."

Kyk ook Ntshwaqela and Others v Chairman,Western Cape Regional Ser-vices Council, and Others 1988(3) S A 218 (K) op 221 G-H waarin HOWIE R, basies weens dieselfde rede, van JACOBS R verskil het; The Law of South Africa Vol 27 par 74 op 67;Three Cases on the Mandament van Spolie deur A J van der Walt 1983

12

SALJ op 6:91; Annual Survey of South African Law 1969 op 179 waar prof Scholtens daarop wys dat die beslis-sing in elk geval strydig is met Bynkershoek Obs. Tum. 2346. (Ek bespreek die uitspraak in Beukes v Crous en 'n Ander waarop appellant se advokaat ook gesteun het, nie afsonderlik nie omdat dit grotendeels op Jansen v Madden gebaseer is.) .
Die vraag is nou hoe 'n geval soos die onder-hawige waar die respondent nie die serwituut waarop hy aanspraak maak, bewys het nie maar tog jarelank die be-voegdhede van 'n serwituuthouer uitgeoefen het, benader moet word. As basiese uitgangspunt moet, myns in-siens, aanvaar word dat 'n reg, hoewel onliggaamlik, nogtans vatbaar is vir besit - wat natuurlik as quasi-besit verstaan moet word. Quasi possessio is 'n begrip wat reeds in die Roméinse reg bekend was. (De Blécourt-Fischer : Kort Begrip van het Oud-Vaderlands Burgerlijk

13

Recht (7de uitg) 128-129; Van Oven: Leerboek van Ro-

meinsch Privaatrecht (3de uitg) par 69): dit is deur skrywers oor die Romeins-Hollandse reg erken (Voet: Comm. 41.2.11 en 43.16.2: De Groot Inl. 2.2.5 ; Van der Kessel: Prael. 2.2.5; Van Leeuwen: R.H.R. 2.8.1 ): en is ingeburger in die Suid-Afrikaánse reg (Van der Merwe: Sakereg op 79 en 94; Law of South Af-rica, Vol 27 par 52; Guman and Another v Latib 1965 (4) S A 715 (A) op 721G-722E). Van Oven merk tereg op (tap):

"Toch gebruiken wij den term nog in dezelf-de beteekenis als de Romeinen deden, en het feit dat hij zoo vele eeuwen praktisch bruikbaar is gebleken, bewijst wel dat hij niet zoo irrationeel is als theoretische juristen wel hebben betoogd."

Die skrywer verduidelik die besit van 'n reg so :

"Immers, wanneer men hem wien een vruchtge-bruik of een erfdienstbaarheid toekomt, ei-genaar noemt van een onlichamelijke zaak, dan kan men hem wien het niet toekomt, maar die het wel feitelijk, te goeder of te kwa-der trouw, uitoefent, bezitter daarvan noe-

14

men, juist zooals men iemand die geen eigenaar is van een lichamelijke zaak, maar wel den eigendom daarop feitelijk uitoefent, den bezitter dier zaak noemt."

'n Onliggaamlike saak soos 'n serwituut is natuurlik nie vatbaar vir fisiese "besit" in dieselfde sin as wat daardie uitdrukking gebruik word met betrek-king tot liggaamlike sake nie, maar wel vir quasi-possessio wat bestaan uit die daadwerklike gebruik van die serwituut. (Waar ek later in hierdie uit-spraak die uitdrukking "besit van 'n reg" gebruik, bedoel ek dit in hierdie sin.) In die samehang van die mandament van spolie neem, soos later sal blyk, die daadwerklike gebruik van 'n beweerde ser-wituut die plek van die besit van 'n liggaamlike saak.

15

In Sonnekus se Sákereg Vonnisbundel op 54 en in sy
artikel waarna hierbo verwys is, huldig die skrywer die
standpunt dat 'n reg nie besit kan word nie. Volgens hom
kan "slegs feitelike besit van 'n liggaamlike saak" met die
mandament van spolie beskerm word en is die hofbeslissings
dat dit ook aangewend kan word -

"waar daar 'n aantasting van regte van die

applikant was uit sowel 'n historiese

as 'n suiwer teoretiese standpunt kwalik regverdigbaar. Die historiese ontwik-keling van die mandament van spolie uit die Kanonieke reg en in besonder uit die canon Redintegranda uit die Decretum Gra-tiani.II causa 3 qu I canon 3) dui daarop dat die aanwending van die remedie inder-daad tot feitelike besitsbeskerming be-perk is." (p 335 van die artikel.)

Ek stem nie saam nie. Uit wat ek reeds gesê het, blyk
dit dat die begrip van die besit van 'n reg in die vorm

van quasi possessio vir eeue reeds aanvaar word en ook

deur hierdie hof aanvaar is. Hieroor kan daar nie ver-

der diskoers gevoer word nie. Dit is juis die quasi

possessio van regte wat die hoeksteen vorm van beslissings

16

soos Nienaber v Stuckey (supra), Nino Bonino v de Lange (supra), Van Wyk v Kleynhans (supra); Jansen v Madden (supra), Painter v Strauss 1951(3) S A 307 (0) op 318 F-H, Sebastian and Others v Malelane IrriRation Board 1950(2) S A 690 (T) op 693-694, Shapiro v South African Savings and Credit Bank 1949(4) S A 985 (W) op 991-992, Bennett Pringle (Pty) Ltd v Adelaide Municipality 1977 (1) S A 230 (0K) op 233 E-F en Froman v Herbmore Timber and Hardware (Pty) Ltd 1984(3) S A 609 (W) op 610 H waarin bevestig is dat die mandament van spolie beskik-baar is vir die herwinning van die verlore besit van 'n reg. Ek stem hoegenaamd nie saam dat hierdie beslis-sings nie histories regverdigbaar is nie. Ongelukkig verwys prof Sonnekus nie na die bron vir sy beskouing oor die manier waarop die mandament ontwikkel het nie. Ek is bewus daarvan dat daar in sommige skrywers se be-handeling van die onderwerp geen verwysing is na onlig-gaamlike sake nie maar uit ander geskrifte blyk dit
duidelik dat die verlore verlies van die besit van sulke

sake wel met die mandament van spolie herwin kan word.

(Kyk bv Vromans (Trac. de Foro Com. 5de uitg p 68, Van Zut-
phen (Prac, sv "possessie" par 14), Wassenaer (Prac. Jud.

14.1) Boey (Woorden-Tolk sv "spolie"), Leyser (Med.(7)
504.1), Muller (Prompt (9) 2756),Nederlandsch Placaat
en Rechtskundig Woordenboek sv "spolie" en die skrywers
aangehaal deur Kleyn (a w) op 242 n 76). Fockema An-
dreae (Het Oud-Nederlandsch BurKerliik Recht verklaar on-
omwonde (op 206) ):

"Naar de theorie die zich in en na de 13de eeuw ontwikkelde, had men de actio spolii-

bij elk onvrijwillig bezitsverlies

Men gaf de actio spolii ook aan den detentor, ook by verlies van roerende, van onlicha-melijke zaken, ja selfs by onttrekking van personen aan de over hen gezaghebbenden."

Op p 218 verwys hy na die instruksies van die Hoogen Raad
en die Hof van Holland oor die "bezitsactie" (vgl Kleyn

aw op 225-226) en vervolg dan:

"En deze kan dan ingevolge de algemeenheid

18

der uitdrukkingen van de instructien -zooals o.a. Vromans opmerkt - worden ingesteld voor alle zaken, die men kan bezitten, roerende en onroerende, licha-melijke en onlichamelijke."

Op dieselfe bladsy beskryf hy die drie aksies wat in die
praktyk beskikbaar was (maintenue, spolie en complainte).
Spolie word beskryf as -

" de actie wegens ontzetting

uit het bezit, ook van roerende, ook van onlichamelijke zaken."

Volgens Van Oven (aw) op 139 -

"Een verdere en zeer belangrijke ontwik-keling heeft de quasi-possessio in het gerecipieerde en middeleeuwsche recht doorgemaakt. Mede onder den invloed van het in de landen der receptie in-heemsche, en vooral van het canonieke recht, is er bescherming ontstaan van het bezit van een zeer groot aantal onlichamelijke zaken, van de feitelijke uitoefening van rechten zonder dat hij die ze uitoefende behoefde te bewijzen, dat zij hem in waarheid toekwamen. Een eigen procedure, die deels uit de Ro-meinsche interdicten, deels uit andere bronnen was ontstaan, diende voor deze bescherming die in de troebele tijden, toen vaak de rechten moeilijk te bewijzen

19

vielen, een uitermate heilzaam middel was voor de verdediging van eenmaal gevestigde verhoudingen tegenover gewelddadige of heimelijke storing."

Ek meen gevolglik nie dat daar enigiets skort met die
historiese fundering van die reeks beslissings waarna hier-
bo verwys is nie en ek aanvaar dit as korrek dat die manda-
ment van spolie wel beskikbaar is vir die herwinning van
die verlore besit van 'n serwituutreg. Dit is die slotsom
waartoe Kleyn (aw op 390) ook gekom het.

In sy Sakereg Vonnisbundel (op 54) wys prof Sonne-
kus daarop dat dit in sommige van die beslissings onnodig
was om die begrip van die besit van 'n reg te gebruik. Dit
was gevalle waar die uitoefiening van 'n reg so nou verbonde
was aan die besit van 'n liggaamlike saak, dat die verlies

daarvan beskou kan word as inbreuk op die besit van die

saak self. (Froman v Herbmore Timber and Hardware (Pty)

Ltd (supra) waar die krag- en watervoorsiening aan 'n huis

afgesny is, was bv so 'n geval. Vgl Naidoo v Moodley 1982

(4) S A 82 (T) op 84 A-B . ) Maar dit is nie altyd so nie,

20

en die feit dat dit in sommige gevalle moontlik is om 'n sooliasiebevel op 'n ander basis te verleen, is onvoldoende rede vir die verwerping van die begrip.
Die toepassing van wat tot dusver gesê is op 'n saak soos die onderhawige, is duidelik: dit is onnodig om die serwituut te bewys. Hierdie gevolgtrekking mag miskien onlogies voorkom omdat bewys van die besit van 'n serwituut logies bewys van die serwituut self sou veronderstel. Dit is nogtans hoe die mandament van spolie ontwikkel het en die logiése beswaar vervaag wanneer in gedagte gehou word dat die mandament gemik is bloot op die herstel van die feitelike toestand wat vantevore bestaan het en wat deur appellant se eiegeregtigeoptrede versteur is. Voor die versteuring het die respondent, onder die indruk dat hy dit uit hoofde van 'n serwituut doen, die bevoegdhede van 'n serwituuthouer uitgeoefen. Dit is die status quo wat herstel moet word totdat dit vasgestel word of die ser-wituut inderdaad bestaan.

21
In appellant se skriftelike betoogpunte is ook aangevoer dat die bevel in elk geval nie toegestaan moes gewees het nie weens respondent se onredelike lang versuim, aldus die betoog, om die aansoek aan die hof te rig. By die verhoor van die appèl het dit egter geblyk dat appel-lant se advokaat hom misreken het met die periode wat ver-loop het. hy het die argument gevolglik nie verder ge-voer nie. Boonop is dit 'n punt wet ook in die hof a quo geopper is. MOUTON R het, in die uitoefening van sy dis-kresie, die bevel verleen ten spyte van die tydsverloop. Niks wat in die skriftelike betoogpunte aangevoer is, het my oortuig dat dit 'n geval is waarin met die uitoefening van die diskresie ingemeng behoort te word nie.

Die appèl word gevolglik van die hand gewys met koste. Dit sluit die koste van twee advokate in.

J J F HEFER AR. RABIE WRN HR ) JOUBERT AR ) BOTHA AR ) Stem saam VIVIER AR )